SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue3HERFSLEWE author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.60 n.3 Pretoria Sep. 2020

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n3a21 

BOEKBESPREKING/BOOK REVIEW

 

 

Titel: Die trekos en trektoerusting in Suid-Afrika: 'n historiese perspektief
Outeur: C. Marius Oosthuizen
Uitgewer: Protea Boekhuis, Pretoria
ISBN: 978-1-4853-1127-0 (gedrukte boek)
Aantal bladsye: 250 plus 24 bladsye fotoseksie

Hierdie boek is 'n geskiedkundige en kultuurhistoriese juweeltjie. Baie selde kom handwerkers by skryf uit, en gevolglik word baie van die kundigheid en vaardigheid van hele praktiese beroepe en ondernemings nooit geboekstaaf nie. As dit nie vir die enkele dagboek van Louis Trichard was nie, het ons min geweet van die lewe op die Groot Trek. Die togryer-era en bedryf waarby honderde duisende betrokke was het nie 'n enkele eerstehandse verslag nagelaat nie, net die geromantiseerde en erg verwronge "Jock of the Bushveld." Onder dié omstandig-hede is 'n dokument soos hierdie 'n rare aanwins.

Marius Oosthuisen is nog van die laaste generasie wat die praktiese aanwending van die trekos beleef het. Nie net dit nie, maar hy het 'n leeftyd lank naas sy boerdery inligting versamel uit die literatuur, maar ook van tydgenote wat self nog osdrywers, velverwerkers, tuie-makers en sweepvlegters was. Daarby is hy as boer by uitstek prakties, en het duidelik self alle tegnieke rondom die trekosbedryf op die proef gestel en bemeester. Sy beskrywings is nie net teoreties volledig nie, dis duidelik eerlike praktyk.

In sy inleiding kla die outeur dat vorige literatuur oor die trekos dikwels mank gaan aan die hebbelikheid om die klem op die outeur se spesifieke belangstelling te plaas. Dit is onvermydelik, en ook nie afwesig in sy eie werk nie. Sy liefde vir leer en rieme kom byvoorbeeld in drie hoofstukke aan die beurt. Maar dit is dan ook waar elke outeur sy besondere kundigheid en entoesiasme deel, en daar is niks fout mee nie.

Vir my was daar ook deurleefde juweeltjies in die breedvoerige bespreking van lig-gaamsmate as meet-instrument by al hierdie veld-ambagte, en die skatkis van kennis oor tradisionele gebruike van 'n os: letterlik van die beendere tot by die vel.

Dit is maklik om 'n handwerker en boer se skryfwerk te kritiseer, maar enige tekortkominge vergewe mens dan ook graag. Tewens, die ietwat deurmekaar uitleg en gevolglike herhaling is eerder 'n fout van die redaksie, en so ook die swak foto-reproduksies. So iets is vreemd, gesien die beskikbaarheid van vandag se foto-opkikkerprogramme. 'n Ander ding wat pla, is die soms hoogdrawende taal (dalk die promotor se invloed?), en 'n effe karige oorsig oor die genetika waaruit die trekosse geteel is. (Bos primigenus word byvoorbeeld voorgestel as 'n derde tipe bees, maar is eintlik die uitgestorwe voorvader van die ander twee).

Só 'n boek bring mens weereens onder die indruk van wat 'n wonderlike ding boeke is. Hier word 'n man se hele lang lewe en belangstelling, en wat hy van dosyne ander geleer het, vir 'n paar rand jou eie en generasies vorentoe s'n!

Erik Holm

E-pos: Erikholm1945@gmail.com

Aug 2020

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License