SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue3Constitutional propriety in the 21st centuryThe constitutional requirements and processes to remove a president of the USAfrom office: The case of president Donald Trump in a politically charged atmosphere author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.60 n.3 Pretoria Sep. 2020

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n3a3 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS / RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

 

Substantiewe beleidsimplementering en die erosie van kiesersvertroue as faktore in die konsolidering van die Suid-Afrikaanse demokrasie

 

Substantive policy implementation and the erosion of voter trust as factors in the consolidation of the South African democracy

 

 

Ilse Rieder; Herman van der Elst

Politieke Wetenskap, Noordwes-Universiteit, Vaaldriehoekkampus, Vanderbijlpark. Suid-Afrika; E-pos: compmark.hok@gmail.com en; herman.vanderelst@nwu.ac.za

 

 


OPSOMMING

As vertrekpunt vir hierdie artikel word Suid-Afrika beskryf as 'n ontwikkelingstaat, tans onderworpe aan 'n proses van demokratiese konsolidasie. Hierdie onafgehandelde proses word direk verbind aan die oorgang vanaf 'n ou (apartheids-) na 'n nuwe (demokratiese) bedeling. In hierdie opsig word Suid-Afrika dan ook ingesluit onder die definisie van 'n transformasionele staat. Die term "transformasionele demokrasie" verwys vervolgens na 'n demokrasie wat tot stand gekom het as gevolg van 'n bevrydingstryd, en getransformeer het vanaf 'n outokratiese of koloniale regime na 'n konstitusionele staatsorde.
Daar word geargumenteer dat daar in vele opsigte voldoen is aan die vereistes van prosedurele transformasie ná 1994, met die aanvaarding van die grondwet in 1996 en die instelling van konstitusioneel-demokratiese strukture en instansies, en veral die hervorming van die regstelsel en die instelling van vrye en regverdige verkiesings. In terme van substantiewe transformasie bly die proses egter nog onafgehandel. Dit is juis hierdie gebrek aan substantiewe transformasie wat gelei het tot 'n afname in kiesersdeelname en kiesersvertroue. Teen hierdie agtergrond is die oogmerk van die artikel om die effek van die erosie van kiesersvertroue op die politieke landskap en die uiteindelike proses van sowel historiese as huidige demokratiese konsolidasie in Suid-Afrika te bepaal. Ten einde hierdie doel te bereik word daar eerstens, op 'n holistiese wyse, gefokus op die rol van die staat in moderne ontwikkelende demokrasieë. Tweedens word die artikel vernou tot die aard van kiesersvertroue in gevestigde en trans-formasionele demokrasieë. Teen hierdie kontekstuele agtergrond word derdens gefokus op die Suid-Afrikaanse situasie. Hier word spesifiek verwys na die stygende trajek van onder-steuning vir die ANC in nasionale en plaaslike verkiesings tussen 1994 en 2004, met daarteenoor die moontlike oorsake vir die afname in ondersteuning vir die ANC-regering ná 2004. Terselfdertyd word die afname in stemopkoms reeds sedert die verkiesing in 1999 in teenstelling tot die groeiende stemouderdompopulasie (SOP) tot en met die nasionale verkiesing in 2019 onder die soeklig geplaas. Met die oog op die projeksie van 'n toekoms-scenario rakende politieke konsolidasie word die daling in stemopkoms en die onderliggende erosie van kiesersvertroue in die Suid-Afrikaanse politieke landskap, ter afsluiting, in verband gebring met mislukkings in die bereiking van veral substantiewe ontwikkelingsdoelwitte en -uitkomste.

Trefwoorde: demokrasie, kiesersvertroue, erosie, transformasie, substantiewe beleidsimplementering, rol van die staat, stempatrone, ondoeltreffendheid, korrupsie, legitimiteit, ontwikkelingsuitkomste


ABSTRACT

Internationally, voter trust in political systems is recognised as key to successful democratic governance and the effective co-ordination of collective interaction between government and civil society. For the purposes of this article, it is inferred that voter trust is largely based on the ability of the government to bring about successful transformation in a developmental society - within a period of time. Voter trust in the ANC originally showed increased levels in the first decade of democracy. However, after the 2004 election levels of voter trust started eroding in the ANC; in fact, since the 1999 elections voter trust has been consistently eroding in the South African democracy as a whole. In order to identify the nature and causes of this phenomenon, this article will focus primarily on the following narrative: the failure of transitional governments to implement effectively election promises in the substantive dimensions of the democracy and the effect of said failure on voter behaviour and trust. Based on these guidelines, the purpose of the article is therefore to identify the causes of the erosion of voter trust in the macro (ethical and moral), meso (economic) and application (social) dimensions of the democracy. The primary objective will be to establish the influence such erosion of voter trust has had on the ruling party, election outcomes and the democratic consolidation process generally in South Africa.
To illustrate the trajectory of the erosion in voter trust, voting patterns from the post-1994 period to 2016 are discussed. The results ofvarious analytical studies regarding voting patterns were applied to substantiate the argument that the trajectory of voter trust in the ANC government at first reflected an increase, as opposed to the erosion thereof in the second decade of democracy and beyond. The analysis of voting patterns, especially under the so-called "born free" generation, revealed voter apathy, low political efficacy and the erosion of trust in the governing party, leaders, institutions and democratic processes. Various studies revealed that participation of the VAP (Voting Age Population) in elections from 1994 to 2004 was already on a downward trajectory since 1999 through to 2016. Urbanisation and the change in socio-economic needs of voters, as well as the ideological shift in their viewpoint from democratic ideals (freedom and equality) to bread and butter issues, coupled with the government's inability to eliminate poverty, rendered the original election message of liberation and the ANC as the only legitimate government, increasingly irrelevant in the last decade of democracy.
Analysis of the implementation of election promises, as stipulated in the ANC manifestos, show that there were successes at procedural level in terms of the establishment of democratic institutions, but that the ANC was mostly ineffective in its management thereof (substantive implementation), and therefore failed in the establishment of socio-economic and interventional programmes and policies. The appearance of corruption, clientelism, maladministration and state capture is manifest not only in the ANC government structures, but also in democratic institutions, State Owned Enterprises (SOE's) and Nongovernmental Organisations (NGO's). Voter trust in a democracy follows a dynamic process where political (moral) trust is initially high, shifting to institutional trust (economic) in the transitional phase along with interpersonal trust (social), as democratic consolidation and acceptance of democratic principles (as the only legitimate form of government) are being established. Delay in democratic consolidation places the focus on interpersonal trust as voters become more concerned over issues such as basic service delivery, poverty alleviation, housing and jobs (personal wellbeing). In this article it is assumed that a downward turn in voter trust negatively affects democratic consolidation. All three dimensions of voter trust are required in equal balance for the democracy to consolidate successfully within a set period of time. In conclusion, recommendations are made, including a vision towards future trends in voter trust in the aftermath of the 2019 national/provincial elections.

Key words: democracy, voter trust, erosion, transformation, substantive policy implementation, role of the state, voting patterns, ineffectiveness, corruption, legitimacy, developmental outcomes


 

 

1. INLEIDING

Die lae stemopkoms in die jongste Suid-Afrikaanse nasionale verkiesing (9 Mei 2019) beklemtoon die integrale rol wat kiesersvertroue in die demokratiseringsproses sowel as die konsolidasie van die transformasionele demokrasie vertolk. Keele (2004:29) verwys na kiesersvertroue as die sogenaamde "barometer" vir politieke prestasie en regeringsrespons op openbare behoeftes. In 'n demokrasie kan kiesersvertroue dus beskou word as 'n omvattende aanwyser van 'n bevolking se persepsie (en interpretasie) van die prestasie van 'n regering. Kiesersvertroue word deur Fukuyama (1996:7) beskryf as 'n inherente komponent van 'n nasie se ekonomiese welsyn:

One of the most important lessons that we can learn from an examination of economic life is that a nation's wellbeing as well as its ability to compete, is conditioned by a single pervasive cultural characteristic: the level of trust inherent in society.

In die Suid-Afrikaanse politieke landskap het kiesersvertroue in die ANC, wat aanvanklik in die eerste dekade van demokrasie hoog was, ná 2004 begin erodeer - dermate dat die legitimiteit van die huidige regering, insluitende regeringsbeleid en -prestasie, sowel as die doeltreffende funksionering van bestaande demokratiese instansies en prosesse soos onderskryf in die grondwet, tans onder verdenking is. Daarbenewens het stemopkoms in verkiesings sedert die bevrydingsverkiesing ook met 37% teenoor SOP (stemouderdompopulasie) gedaal. Vervolgens word daar dus holisties gekyk na die rol wat die staat speel in die suksesvolle bestuur van die transformasionele proses, veral wat die bereiking van substantiewe ontwikkelingsdoelwitte aanbetref.

 

2. DIE ROL VAN DIE STAAT IN 'N MODERNE ONTWIKKELINGSDEMO-KRASIE

Die staat se rol in die ekonomiese aktiwiteite van die moderne ontwikkelingsdemokrasie sentreer rondom ekonomiese groei, en die bevordering van vennootskappe tussen die staat en die vernaamste ekonomiese belangegroepe (Heywood 2013:68). Meyer en Van Der Elst (2014:76) beklemtoon dat die rol wat die staat speel in lyn moet wees met die bevolking se unieke sosio-ekonomiese en politieke samestelling. Volgens Woo-Cummings (in Fritz & Menocal 2007:532-534) word ontwikkelingstate nie geassosieer met spesifieke beleide nie. Op verskillende tye en onder verskillende omstandighede word verskillende beleidsprogramme aangewend om sosiale en ekonomiese veranderinge teweeg te bring. Die staat speel dus 'n leierskapsrol en tree op as koördineerder van die makro-ekonomiese beleid om suksesvolle ekonomiese groei en ontwikkeling te stimuleer.

2.1 Die staat as legitieme uitvoerder van die sosiale kontrak1

In die Westerse demokratiese tradisie is die regering se fundamentele rol om die regte en vryhede van die bevolking te beskerm. Meer kontemporêre benaderings soos dié van Rawls en Kant (Vorster 1984:433) hou 'n doktrine voor van "die staat gebaseer op die reg"; die staat is 'n vereniging van mense onder die reg en die sosiale kontrak is dus gegrond op die beginsels van die reg (soos per die grondwet) en toesegging van regte en pligte (soos per verkiesings-beloftes en doelwitte). Vir Gauthier (Fiezer & Dowdon 2017) is die sosiale kontrak 'n morele ooreenkoms van vertroue, met rasionaliteit en selfbelang as die faktore wat die partye tot die kontrak verbind. Dames (2007) wys daarop dat die sosiale kontrak gebaseer is op 'n wedersydse vertrouensverhouding tussen die regering en burgers en dus as 'n "vertrouenskontrak" beskou kan word.

2.2 Bevordering van polities-ekonomiese groei en stabiliteit in die makro-omgewing van die demokrasie

In transformasionele demokrasieë waar sosiale kwessies soos werkloosheid en armoede hoogty vier, beïnvloed die makro-ekonomiese beleid ook die politieke en sosiale sfeer, aangesien dit aspekte soos werkskepping, maatskaplike welsyndienste en uitgawes insluit (Schoeman 2014:227). Die ingrypende rol van die staat vereis spesifiek dat die regering welsyngerigte programme moet implementeer om sodoende arm en ekonomies-agtergeblewe2 gemeen-skappe se lewenstandaard te verbeter. Die verhouding tussen politieke stabiliteit en ekonomiese bestuur word deur Schoeman (2014:215) gedefinieer as die "politieke ekonomie," en tipeer die manier waarop rykdom/welvaart binne die gemeenskap versprei en/of aangewend word. Ekonomiese sukses en stabiliteit bevorder ook die samewerking en vertroue tussen die gemeenskapslede, wat weer die ekonomie stimuleer (Inglehart 1999:93). Vooruitgang maak mense optimisties en optimisme bevorder vertroue (Uslaner 1999:142). Blind beskryf die sterk verhouding wat tussen die bou van vertroue en ekonomiese vooruitgang bestaan soos volg:

Both processes, however, feed into each other: increasing social and political trust facilitates the process of economic restructuring - sound economic policymaking and institution building, in turn, enhances social and political trust. (Blind 2006:17)

Adebayo (2016) voer aan dat die regering doeltreffend moet wees in die uitvoering van pligte en dienslewering in die prosedurele en substantiewe dimensies van die demokrasie. Hierdie aspekte word hiernaas uitgelig.

2.3 Doeltreffende regering as vereiste vir suksesvolle demokratisering: Rolspelers, magswisseling en dienslewering

Volgens Heywood (2013:356) is doeltreffende regering die "uitset" van die politieke proses: die "wat" "hoe" en "wanneer", en het dit 'n direkte impak op die vlakke van kiesersvertroue, namate kiesers regeringsprestasie assosieer met beloofde verkiesingsbeloftes en uitkomste. Uit die bostaande definisie is dit duidelik dat die verhouding tussen demokrasie en vertroue 'n komplekse en multidimensionele verbintenis is. Vertroue en wantroue word gebalanseer deur etiese beginsels en demokratiese meganismes soos stemreg, vryheid van spraak en assosiasie, en die verdeling van magte, waardeur die vertrouensverhouding voortdurend gekonfronteer word (Warren 1999:2). Politieke vertroue lei tot doeltreffende regering, wat weer lei tot politieke legitimiteit. Dus word legitimiteit deur die kieserskorps aan die regering toegesê. Blind definieer hier die primêre determinante van legitimiteit as sosiale vertroue, ekonomiese doeltreffendheid en voortreflike regering wat demokratiese regte ondersteun (Blind 2006:16-17). Sodanige proses van legitimering word deur die verskillende rolspelers in die demokrasie bestuur.

2.3.1 Rolspelers in die uitvoering van staatspligte; en demokratiese beleid en proses

Blind (2006:16) en Venter (2014b:96) beskou die rolspelers in die uitvoering van demokratiese beleid as die staat, burgerlike gemeenskap en assosiasies insluitende kiesers, en die privaat en openbare sektore. Die suksesvolle politieke, ekonomiese en onderlinge sosiale interaksie tussen hierdie groepe bevorder vertroue. Die verhoudinge tussen hierdie rolspelers is dinamies en word weerspieël in die aard en kwaliteit van die dienste wat gelewer word, soos byvoorbeeld gesondheidsdienste, opvoeding, onderhoud van infrastruktuur, polisiëring, verdediging, wateren elektrisiteitsvoorsiening, asook omgewingsbestuur. Die demokraties-verkose amptenare se taak is om, in ooreenstemming met die grondwet, regeringsbeleid op prosedurele en substantiewe vlak uit te voer (Venter 2014b:93). Hul posisie in die demokratiese gemeenskap is dus afhanklik van die kieserspubliek se ondersteuning en vertroue. Menocal (2007:10) verwys na die strukturele faktore, soos die onderliggende ekonomiese, sosiale en institusionele toestande, wat 'n beduidende invloed uitoefen op die vooruitsig van demokratiese konsolide-ring, en beklemtoon Przeworski se definisie van demokratiese konsolidering as die aanvaarding van 'n demokratiese kultuur deur alle rolspelers as "the only game in town".

2.3.2 Magswisseling tussen politieke partye as vereiste vir legitieme demokrasie

Demokrasie skep en bevorder ruimte vir opposisiepartye om aan die politieke proses deel te neem sodat magswisseling tussen partye binne 'n kultuur van vertroue3 plaasvind (Inglehart 1999:98,105). Inglehart noem dit "societal trust" en beskou dit as die basis van die burgerlike kultuur en 'n noodsaaklike voorvereiste vir 'n sterk burgerlike gemeenskap en legitimiteit van die demokrasie (Inglehart 1999:104). Offe (1999:44) identifiseer vier aspekte van vertroue:

Horisontale vertroue van burgers in mekaar - non-elite4

Vertroue van burgers en gemeenskappe in politieke en elite-groepe

Horisontale vertroue tussen elite-groepe soos ondernemings, geloofsinstansies en akademici

Vertikale vertroue wat die vertroue tussen elite en die massa-publiek (non-elite) verteenwoordig.

Blind (2006:14) dui aan dat die aard van politieke vertroue in die huidige era van globalisering 'n metamorfose ondergaan en dat 'n nuwe burgerlike gemeenskap aan die ontwikkel is. Hierdie nuwe gemeenskaplike kultuur heg eiewaarde aan politieke geloofwaardigheid en vertroue en beskou dit nie bloot as 'n gebruiksmiddel tot 'n politieke doel nie. Die vertrouensvlak tussen landsburgers en politici raak persoonliker, kiesers wil meer insae in regeringsake hê en die regering se resultate van nader ontleed en monitor. Blind (2006:15) definieer hierdie verskynsel as "the changed expectations of citizens", en globalisering lei gevolglik tot 'n herdefiniëring van die staat se funksies en rol. Burgers se definisie van vertroue word beskou as 'n noodsaaklike bestanddeel in die bou van 'n bevoegde staat en 'n kultuur van vertroue. Voortreflike regering5kan dus slegs toegepas word indien al die rolspelers in die proses mekaar vertrou en die demokrasie versterk deur doeltreffende interaksie en samewerking op sosio-ekonomiese vlak.

2.3.3 Doeltreffende dienslewering as vereiste vir suksesvolle demokratisering

Suksesvolle demokratisering vereis dat uitkomste binne die raamwerk van vooraf-ingestelde demokratiese reëls bepaal sal word. Demokratiese konsolidasie is 'n proses en volgens Menocal et al. (2008:32) behels die uitdaging vir transformasionele regerings dat demokratiese konsolidering binne ' n sekere tydperk moet kan plaasvind. In hierdie proses van transformasie moet prosedurele en substantiewe beleidsformulering en -implementering, in lyn met die behoeftes van die gemeenskap, die kapasiteit van die staat en die bronne tot hul beskikking aangewend word. Hierdie omstandighede noodsaak dat transformasionele beleid eienskappe van verskillende demokratiese bedelings insluit: die staat moet 'n liberaal ekonomiese aanslag hê om investering aan te moedig, maar 'n intervensionele beleid in die ontwikkeling van menslike kapitaal, en infrastrukturele ontwikkeling navolg (Meyer & van der Elst 2014:77). Die rol van die staat om beloofde beleidsprogramme suksesvol uit te voer, binne 'n sekere tydperk en in lyn met verkiesingsbeloftes, is nou verbonde aan die konsep van sosio-ekonomiese dienslewering aan gemeenskappe. Wanneer kiesers vertroue begin verloor in die regering as gevolg van die ondoeltreffende implementering van basiese dienste, korrupsie en wanadministrasie, hou dit die potensiaal in dat die demokrasie nie kan konsolideer nie.

 

3. DIE AARD VAN KIESERSVERTROUE AS MULTIDIMENSIONELE VERANDERLIKE IN DEMOKRATIESE BEDELINGS

Die kieserspubliek se interpretasie van demokrasie as 'n vorm van kollektiewe magsdeling, aktiewe deelname in politieke prosesse en gelykheid voor die reg, word deur Patterson (1999:158) beskou as kriteria vir vertroue in 'n demokratiese gemeenskap. Die uitdaging vir demokratiese regerings is om institusies te skep wat voldoen aan die verwagtinge van "die mense"6 en 'n kultuur van vertroue op alle vlakke van die demokrasie te vestig (Canovan 2008:359).

3.1 Die aard van kiesersvertroue in gevestigde demokrasieë

Volgens Warren (1999:3) is vertroue ook bevorderlik vir die bestuur en legitimering van regeringsaksies. Kiesersvertroue gee 'n duidelike aanduiding van kiesers se persepsies rakende regeringsprestasie en die legitimiteit wat die kieserskorps toewys aan die regering-aan-bewind. Vir Fukuyama (1996:26) is vertroue kultureel van aard en oorgeërf van bestaande gemeen-skappe met gedeelde norme en waardes, en sluit dit die verwagting van doeltreffende koör-dinering van kollektiewe interaksie tussen regerings en burgerlike gemeenskappe in. In 'n gevestigde demokrasie waarborg vertroue die legitimiteit van die staat in die uitvoering van beleid en proses. Mense is meer gewillig om na die regering te luister en beleid te ondersteun en help implementeer. Gevestigde demokrasieë word gekenmerk deur sterk deelname aan sosiale en gemeenskapsprogramme, en hoë vlakke van kiesersdeelname in verkiesingstyd. Ekonomiese vooruitgang en stabiliteit in die demokrasie word ook verseker deur deelname van alle belanghebbendes aan demokratiese prosesse.

3.2 Die aard van kiesersvertroue in transformasionele demokrasieë

In postkoloniale demokrasieë, waar daar transformasie (vanaf 'n outokratiese bestel na demokratiese regering) plaasvind of plaasgevind het, behels die regering se mandaat uitgebreide politieke en sosio-ekonomiese intervensie. In dergelike ontwikkelende demokrasieë moet die staat dikwels 'n ingrypende rol speel om ekonomiese en burgerlike hervorming te verseker en welvaartprogramme te implementeer. Aspekte soos gelyke menseregte, armoedeverligting, werkverskaffing en verbeterde dienslewering word vooropgestel deur kiesers en die nuwe regering word aanspreeklik gehou vir die nakoming van verkiesingsbeloftes. Mhone (in Gumede 2014:180) beklemtoon die vooropstelling van 'n pro-aktiewe ekonomiese en sosiale ontwikkelingsagenda. Ramphele (2012) toon aan dat die transformasie na 'n ware oop gemeenskap en 'n veelparty-demokrasie behels dat leiers die bevrydingsmotief moet aflê ten gunste van werklike sosio-ekonomiese hervorming, waar die behoeftes van die bevolking sentraal geplaas word in die politieke proses. Hier word verwys na mislukte sosio-ekonomiese programme en beloofde doelwitte wat nie bereik word nie. In die geval van transformasionele demokrasieë is die oorskakeling vanaf vryheidsbeweging na 'n doeltreffende en verteen-woordigende demokratiese regering nie onmiddellik suksesvol nie, aangesien die uitdagings van demokratiese staatsbestuur dikwels bots met die vereistes en beginsels van die oorspronk-like vryheidstryd (Clapham 2012:8). Offe (1999:85) verduidelik dat voortreflike regering vertroue bou "if institutions and procedures generate an impeccable record in terms of truth-telling, promise-keeping, fairness and solidarity ... here the formula is that good government and good laws make good citizens". Die bevrydingsregering word gevolglik toenemend deur kiesers beoordeel volgens prestasie op multidimensionele vlakke van die demokrasie.

3.2.1 Die eienskappe van kiesersvertroue op multidimensionele vlakke van die trans-formasionele demokrasie

Kiesersvertroue kan op drie vlakke of dimensies van die transformasionele demokrasie ontleed word, naamlik die makro-, meso- en toepassingsvlakke.

Politieke vertroue (makrovlak): behels vertroue in en tevredenheid met demokrasie in die makro-omgewing, vertroue in demokratiese regte en vryhede, etiese en morele aspekte van politieke leierskap, die persepsie van korrupsie onder staatsinstansies en -leiers, sowel as vertroue in politieke en gemeenskapsleiers (vervat morele vertroue).

Institusionele vertroue (mesovlak): behels vertroue in institusies (meso-omgewing), die vertroue wat kiesers plaas in instansies soos die howe, polisie, parlement, staatsbeheerde- en privaat ondernemings, en die ekonomie (vervat ekonomiese en algemene vertroue). Die impak van regeringsbeleid en -prosesse sowel as die uit-komste van regeringsaksies en -optrede is bepalend vir die vlakke van institusionele vertroue.

Interpersoonlike vertroue (toepassingsvlak): Kiesersvertroue op toepassingsvlak behels die interpersoonlike aspekte van die individu se besluitnemingsprosesse in verhouding tot die verbetering van persoonlike welsyn, lewenstandaard en sosio-ekonomiese behoeftes. Persepsies van leiers se geloofwaardigheid, vertroue in mense en groepe (sosiale vertroue) en die responsiwiteit van veral plaaslike regeringsampte-nare word hierby ingesluit.

Die konsolidering van die demokrasie is die einddoel van die demokratiseringsproses. Kotze (2015:20) wys op die noodsaaklikheid van veral staatskapasiteit en die rol van 'n funksionerende regeringstruktuur met 'n geïnstitusionaliseerde ekonomiese gemeenskap wat ekonomiese ontwikkeling en herdistribusie kan fasiliteer as 'n sleutelelement van demokratiese konso-lidering. Hierdie proses behels die uitvoering van prosedurele en substantiewe verpligtinge van die staat op alle vlakke van die demokrasie. Prosedurele verpligtinge sentreer rondom die uitbouing en konsolidering van die demokrasie deur die beskerming van demokratiese prosedures en instellings soos die grondwet en die implementering van regeringsprogramme. In die substantiewe dimensie word die regte en vryhede van burgers beskerm en vind die sosio-ekonomiese uitbouing en opheffing van die gemeenskap plaas.

3.2.2 Die vestiging van kiesersvertroue in transformasionele demokrasieë

In transformasionele demokrasieë is dit noodsaaklik dat die normatiewe demokratiese ideale van vryheid en gelykheid verwesentlik7 word deur in openbare behoeftes soos behuising, werkskepping en basiese dienste te voorsien. Die klem val op substantiewe aspekte soos armoedeverligting, werkverskaffing en gelyke regte wat, veral in die geval van die onsukses-volle demokratisering in Afrika-state, as 'n deurslaggewende faktor gesien word (Adegboye 2013:246). Die verhoudinge tussen die rolspelers is dinamies en word weerspieël in die aard en kwaliteit van die dienste wat gelewer word, soos byvoorbeeld gesondheidsdienste, opvoeding, onderhoud van infrastruktuur, polisiëring, verdediging, water- en elektrisiteits-voorsiening, en omgewingsbestuur. Die verkose amptenare se taak is om, in ooreenstemming met die grondwet, regeringsbeleid prosedureel en substantief uit te voer (Venter 2014b:93). Leiers se posisie in die demokratiese gemeenskap is dus afhanklik van die kieserspubliek se ondersteuning en vertroue.

 

4. DIE TRAJEK VAN KIESERSDEELNAME EN STEUN IN NASIONALE VERKIESINGS BINNE DIE SUID-AFRIKAANSE KONTEKS

Ná demokratisering in 1994 het 'n tendens in Suid-Afrika ontstaan in terme van die stempatrone van kiesers, wat Russon (2012:95) 'n "bell curve" noem - met groei aan die begin van die demokratiese bedeling en 'n afname daarna. Tussen 1994 en 2004 groei ondersteuning vir die regerende party, maar Russon identifiseer 'n keerpunt in die tydperk tussen 2007-2009 met ANC-stemgetalle wat in die nasionale verkiesing van 2009 reeds 'n afname toon (Russon 2012:95). In die verkiesing van 2004 stem 70% van kiesers vir die ANC terwyl daar 'n duidelike afname is na 66% in die verkiesing van 2009 vyf jaar later. Teen 2014 wen die ANC slegs 62% van geldige stemme en in die onlangse verkiesing net 58% (ENCA 2019) soos hiernaas aangedui. Die ANC se ondersteuning is slegs 28% van die SOP in 2019.

 

 

Die verkiesingsuitslae in die verskeie metro's in die nasionale en plaaslike verkiesings van onderskeidelik 2014 en 2016 dui, volgens Booysen (2014a:164), op die kern van die saak: kiesers ondersteun, veral in die metro's, nie meer die ANC se bevrydingsmotief of die beweging se potensiaal om bevrydingsbeloftes na te kom nie. Kiesers se veranderende behoeftes noodsaak die verbetering van die gemeenskappe se sosio-ekonomiese welsyn en die lewering van basiese dienste. In die stedelike gebiede verloor die ANC ondersteuning te midde van die kwessies rondom swak regering, ondoeltreffende verteenwoordiging en die kompromittering van leierskap en beleid (Booysen 2014a:164). Verder is vertroue in die meeste van die regerings-institusies sedert 2012 aan die afneem. Ontleding van kiesers se persepsie van politieke insluiting en deelname toon dat kiesers se vertroue in hul vermoëns om institusies te beïnvloed ook laag is (politieke doeltreffendheid). 62,3% van respondente stem saam met die stelling dat "leiers nie gepla is met mense soos ek nie"; 51,6% stem saam dat daar geen manier is om openbare amptenare te laat luister nie (Fakir et al. 2014:20).

Die geleidelike afname in kiesersdeelname (kyk Figuur 2) in verhouding tot die groeiende stemouderdompopulasie (SOP) is aanduidend van 'n onderliggende afname in vertroue in en ondersteuning van demokratiese prosesse. In die twee nasionale verkiesings (2009 en 2014) het die ANC meer as 200 000 kiesers verloor, terwyl die kiesersbevolking met 2,5 miljoen gegroei het. Die lae stemopkoms in die afgelope 2019 nasionale verkiesing (49% van die SOP) beklemtoon weereens die integrale rol wat kiesersvertroue in die demokratiseringsproses speel. Terwyl vertroue in die regerende party hoog vertoon teen 2004 en die ANC as dominante party voorkom, voorspel die stelselmatige afname in kiesersdeelname reeds merkbaar in die verkiesing van 2004 dat daar wel groeiende ontevredenheid onder kiesers voorkom, wat kiesersvertroue in die regering en die demokrasie erodeer. Die onafhanklike verkiesingskom-missie (OVK) rapporteer dat terwyl 26 779 025 kiesers vir die verkiesing van 2019 geregistreer het om te stem, ('n toename van 5,48% vergeleke met 2014), 983 155 minder kiesers in die verkiesing van 2019 gestem het as in die verkiesing van 2014. Dit beteken dus die stemopkoms het afgeneem van 73% in 2014 tot 65% in 2019 - dít in vergelyking met 1999, waar 89% van die geregistreerde kiesers gestem het.

 

 

Bron: Schulz-Herzenberg (2014a:4). Aangepas soos per 2019-verkiesingsuitslae.

Eloff (2015:13) verklaar in sy boek The Turning Point dat Suid-Afrika belas is met vele uitdagings waarvan wydverspreide armoede en werkloosheid die grootste is. Die ekonomie is swakker as ooit tevore, daar is rassespanning en wydverspreide studente-onrus, protes oor dienslewering is 'n alledaagse gebeurtenis en groot kommer heers oor die vermoëns en vaardighede van verkose leiers en die staatsdiens. Ondersteuning vir populistiese partye soos die EFF en BFLF-beweging (Black First Land First) neem toe voor die nasionale verkiesing van 2019 te midde van eskalerende regeringsretoriek met beloftes van "radikale ekonomiese transformasie" om jonger kiesers se steun te probeer werf. Die ANC belowe om universiteits-geledere te takel en grondhervorming aktief te begin toepas. Terwyl die ANC-party mag en invloed aanwend om sommige lojale kaders in sleutelposte te behou, word die hegemonie van die party toenemend gekonfronteer as gevolg van tekorte aan staatskapasiteit en die ontbloting van korrupsie in die openbare en privaat sektore.

Die ontleding van stempatrone in die tydperk 1994 tot 2019 skep 'n duidelike trajek van aanvanklike toename in ondersteuning vir die ANC in die eerste dekade, maar 'n afname in ondersteuning ná 2004. Die geleidelike afname in stemopkoms sedert die vryheidsverkiesing is ook duidelik en teen hierdie agtergrond kan moontlike redes vir die erosie van kiesersvertroue in die Suid-Afrikaanse konteks uitgelig word.

 

5. substantiewe verklarings vir die erosie van kiesersver-troue en die invloed daarvan op die suid-afrikaanse politieke landskap

Przeworski (in Wang 2002:17) beklemtoon dat die onvermoë van 'n regering om die basiese staatsfunksies suksesvol tot uitvoer te bring tot gevolg het dat burgers vertroue in die regime verloor - maak nie saak hoe demokraties die staat is nie. Demokrasie is beide 'n ideologie en 'n vorm van regering. Demokrasie in 'n staat-in-oorgang bestaan dus uit twee prosesse (Rose & Shin 2001:333): die proses van transformasie van 'n niedemokratiese regime na 'n meer demokratiese een, (die demokratiese ideaal) sowel as die proses van staatsbou (die demokratiese realiteit), wat die doeltreffende bestuur van territoriale gebied, stabiele infrastruktuur, betroubare staatsbronne en instellings omsluit (Wang 200211:7). Suksesvolle demokratisering is dus afhanklik van die suksesvolle verwesenliking van ontwikkelingsuitkomste. Hierdie stelling word gevolglik krities bespreek, ter ondersteuning van die argument dat die ANC-regering nie hul ontwikkelingsdoelwitte, soos in verkiesingsmanifeste vervat, in die substantiewe dimensies van die demokrasie verwesenlik het nie. Bydraende faktore hier is, onder andere, die hegemoniese karakter en denkwyse van die ANC wat die persepsie skep dat die demokrasie in die verkeerde rigting beweeg (IPSOS 2016). Swak dienslewering en korrupsie dra by tot 'n verlies aan legitimiteit. Booysen (2015:184) beskou ook die "opwaarts-mobiele" swart middelklas, 'n byproduk van die ANC se transformasionele agenda, as 'n bedreiging vir die ANC, aangesien hierdie kiesers nie gedwonge voel om vir die ANC te stem nie. Kwessies soos die stadige tempo van ekonomiese transformasie en hoë lewenskostes dra meer gewig as die ideologiese boodskap van bevryding en het dus 'n direkte impak op die trajek wat kiesersvertroue in die Suid-Afrikaanse demokrasie volg.

5.1 Prosedurele hervormings ná 1994

Ná die bevrydingsverkiesing van 1994 is grootskaalse konstitusionele hervormings geïm-plementeer, tydens die aanvaarding van die grondwet in 1996 wat die Handves van Menseregte insluit, en die instelling van 'n reeks wetlike institusies (die "Hoofstuk 9"-institusies) om demokratiese strukture te vestig wat burgers se regte en vryhede beskerm (Graham 2015:111). Nuwe wette is geïmplementeer wat werkers beskerm, gelyke beregtiging is bevorder, en sosiale programme is geloods wat hierdie grondwetlike beginsels in die demokratiese strukture vestig (Husy 1999). Prosedureel is uitgebreide hervormings geïmplementeer wat Suid-Afrika se politieke landskap getransformeer het in 'n konstitusionele demokrasie en die raamwerk geskep het vir die doeltreffende bestuur van staats- en demokratiese institusies soos die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK), die polisie, 'n onafhanklike regstelsel en 'n hervormde staats-diens. Investering in infrastrukturele projekte soos behuising en skole vind plaas, anti-korrupsiestrukture word daargestel en die doeltreffende bestuur van provinsiale en plaaslike rade sowel as die staatsdiens word ooreenkomstig die beginsel van "Batho Pele"8geïmplementeer.

5.2 Die impak van stemapatie onder jonger kiesers op verkiesingsuitslae

Wêreldwyd, en veral in ontwikkelende state, bestaan die tendens dat jonger kiesers apaties raak teenoor politieke prosedures,9 wat 'n afname in stemregistrasie onder jonger burgers tot gevolg het. In die Suid-Afrikaanse konteks assosieer jonger kiesers, veral die "vrygeborenes" (ná 1994 gebore) minder met die bevrydingsideologie van die ANC (Potgieter & Lutz 2014:10,19,25). Jonger kiesers toon 'n groter voorkeur vir die bevrediging van sosio-ekonomiese behoeftes soos opleiding en werksgeleenthede as dryfkrag tot politieke besluitneming, teenoor die toenemende irrelevante strydpolitiek van 20 jaar gelede. In die 2019-verkiesing het 9,8 miljoen stemgeregtigdes nie geregistreer om te stem nie. Ongeveer 6 miljoen van hulle was jonger as 30 jaar. Jonger kiesers wend hulle eerder tot toenemende protesaksie as alternatiewe politieke deelname oor 'n breë spektrum van griewe, van grondhervorming en dienslewering, tot die lamlê van die onderwyssektor met die "Fees must Fall"-veldtog in 2015/2016 en die vernietiging van 24 skole in Limpopo in 2016.

5.3 Die ANC se ontwikkelingsagenda sedert 2004

Om te bepaal tot watter mate die ANC-regering ondoeltreffend was in die implementering van hul verkiesingsbeloftes en beleidsverklarings moet die belangrikste ontwikkelingsdoelwitte van die regering in oënskou geneem, en teen ontwikkelingsuitkomste in die substantiewe dimensie gemeet word. Substantief fokus doelwitte en pligte op die beskerming van burgers se regte en vryhede, uitbouing van die ekonomie, en die verbetering van gemeenskappe se welsyn, soos in Tabel 1 uiteengesit word. Substantiewe hervorming behels die doeltreffende bestuur van prosedurele strukture om die ontwikkelingsagenda te dryf. Die bekamping van korrupsie en die bevordering van deursigtigheid en aanspreeklikheid onder regeringsampte-nare word vooropgestel (sien Tabel 1). Die toepassing van die beginsels van vryheid en gelyk-heid soos in die grondwet uiteengesit, word in die substantiewe dimensie van die demokrasie getoets.

 

 

Mseleku (2016) is van mening dat die fokus vir die ANC op magstryd en nie dienslewering is nie en dat die ANC sy ontwikkelingsagenda oorbeklemtoon, terwyl daar nie die politieke wil is om in die belang van kiesers nie, maar eerder in die belang van die president en regerende elite op te tree. Fikeni (in Pillay 2014) wys daarop dat kiesers die ANC se vlak van toewyding en eerlikheid bevraagteken en maak die stelling dat die ANC in terme van die uitvoering van verkiesingsbeloftes tekort skiet: "the ANC are lacking at the track record of implementation". Volgens Pillay (2014) het die ANC as gevolg van onvervulde beloftes nie daarin geslaag om gedurende die nasionale verkiesing van 2014 vertroue by kiesers te bou nie.

5.3.1 Die beskerming van die regte en vryhede van burgers

Waarskynlik die sterkste wapen om die regte van burgers in 'n demokratiese staat te beskerm, is die grondwet. Die Suid-Afrikaanse Grondwet, wat veronderstel is om veelparty-kompetisie te bevorder, word volgens Mattes (2002:23) egter oorskadu deur eenparty-dominansie en beperkte toerekenbaarheid van regeringsamptenare.

5.3.2 Uitbouing van die ekonomie: Armoedeverligting en die uitwissing van sosio-ekonomiese ongelykhede

Die ANC se welsynsbeleid het tot 'n groot mate daarin geslaag om die vlakke van bestaande armoede te verlaag en teen 2014 word welsynstoelae aan 12,5 miljoen mense uitbetaal (Statistics SA, 2014:35). Die ANC maak dus aanspraak op sukses, maar die realiteit is dat die meeste swart burgers 25 jaar ná die instelling van demokrasie steeds nie ekonomies bemagtig is nie en grotendeels ontevrede is met die stadige pas van ekonomiese vooruitgang. Statistics SA (2014:51) bevind dat blanke huishoudings steeds vyf keer meer as swart huishoudings verdien. Teen 2018 word Suid-Afrika se Gini-koëffisiënt as 0.95 gerapporteer - en Suid-Afrika as die mees ongelyke samelewing ter wêreld. Modise (in Thomas 2014:100) beklemtoon die tekort aan betekenisvolle transformasie en die duidelike gaping wat nog tussen ryk en arm hier te lande bestaan.

Terwyl die instelling van demokratiese institusies dus hervormings op prosedurele vlak meebring, is die bestuur en onderhoud van die meerderheid van hierdie instansies teen 2018 grootliks 'n mislukking. Volgens Terreblanche (1999) was die implementering van die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) vanuit die staanspoor problematies en oorambisieus, aangesien regeringsdepartemente nie daarin kon slaag om aan die program se vereistes te voldoen nie. Fiskale en organisatoriese beperkings, en 'n tekort aan doeltreffende openbare diensleweringskapasiteit, het die totale onvermoë van die nuwe regering om die nodige staatskapasiteit te bou, bevestig. Gedurende 1996 word die HOP "vervang" met die Growth, Employment and Redistribution program (GEAR), waarmee die regering, wat ekonomiese beleid betref, ideologies van koers verander het om liberale, fiskale en monetêre hervorming teweeg te bring. Volgens Gumede (2015:236) het GEAR egter meeste van sy doelwitte nie bereik nie en volgens meerdere kritici (o.a. COSATU) die pas van sosiale ontwikkeling vertraag. Gevolglik het 'n magdom probleme ontstaan, soos 'n toename in werkloosheid as gevolg van bevolkingsgroei en toenemende verstedeliking. Werkloosheid onder die jeug word 'n toenemende bekommernis (52,5%, die vyfde hoogste ter wêreld) met tweederdes tussen 18-29 jaar (News24, 2015).

Die NOP wat in 2011 bekendgestel is, slaag ook nie daarin om die beplande ontwik-kelingsdoelwitte wat uiteengesit is te verwesenlik nie. Die NOP spesifiseer as een van sy ontwikkelingsdoelwitte dat die werkloosheidsyfer teen 2020 op 14% moet staan (Peyper 2017). Tans staan werkloosheid op 29% in die 2de kwartaal van 2019 (Trading Economics 2019) -die jongste syfers soos vrygestel deur Statistiek SA - en die situasie is in die parlement deur president Ramaphosa as 'n krisis beskryf (Strydom 2014). In onderwys bly kwaliteit en uitkomste 'n probleem en daar is geen kontinuïteit in die voorsiening van basiese dienste nie. Die beheer van protesaksie is 'n daaglikse gebeurtenis; misdaad en korrupsie ruk handuit en sosiale kohesie in gemeenskappe is swak. Die eerste kwartaal van 2017 se BBP-data toon dat die ekonomie in 'n tegniese resessie is en 2019-data bevestig dat die BNP in die eerste kwartaal van 2019 met 3,2% afgeneem het, die grootste kwartaallikse afname in 10 jaar (Mathe 2019).

Die breë basis swart ekonomiese bemagtiging (BB-SEB) het die totstandkoming van 'n klein, maar polities-verbonde swart elite beteken, wat hoofsaaklik voordeel getrek het uit polities-onderhandelde en staatsgefinansierde oordrag van korporatiewe eienaarskap (Habib 2013:7).

5.3.3 Die uitbouing van 'n deelnemende politieke kultuur

McEwan (2003:480) beklemtoon dit dat die prosesse van demokratiese transformasie nog besig is om in Suid-Afrika te ontvou en dat die land nog worstel met die ontwikkeling van nasionale eenheid, burgerskap, 'n ondersteunende politieke kultuur en sosiale kohesie onder die verskillende gemeenskappe. In Suid-Afrika is die bou van 'n nasionale identiteit gebaseer op die beginsel van "unity in diversity" (Kotze 2015b:248). Kotze bevind egter die huidige ondersteuning vir demokrasie is hoofsaaklik pragmaties van aard - Suid-Afrikaanse burgers verbind die waardes van demokrasie aan die verbetering in hul persoonlike omstandighede (Kotze 2015b:256). Vir baie Suid-Afrikaners beteken demokrasie dus die lewering van sosiale en ekonomiese goedere en welvaart, wat prioriteit neem oor die ideologiese beloftes van vryheid en gelykheid.

5.3.4 Bevordering van deursigtigheid en toerekenbaarheid

Ingevolge Artikel 195 van Wet 108 van 1996 word openbare verantwoordingspligtigheid of toerekenbaarheid ("accountability") beklemtoon as een van die demokratiese beginsels wat deur die verkose regering nagestreef moet word (Pretorius 2006:121). Daar is dus verskeie wette aanvaar en instansies in die lewe geroep wat, volgens Pretorius, deursigtigheid en toerekenbaarheid onder politieke ampsdraers en openbare amptenare bevorder en bestuur. Dié Hoofstuk 9-institusies word beskerm deur wetgewing om onafhanklik en onpartydig op te tree en geen persoon of openbare institusies mag met hul werksaamhede inmeng nie. Die onderskeie howe, spesiale ondersoekeenhede, parlementêre komitees, die media, en drukgroepe het ten doel om openbare amptenare tot verantwoording te roep (Pretorius 2006:212). Hierdie ondersoekeenhede kan slegs doeltreffend optree indien hulle onafhanklik hul werksaamhede kan uitvoer, wat volgens Pretorius nie die geval is nie. Pretorius wys daarop dat interne ouditeenhede en kantore van die Ouditeur-generaal dikwels oor onvoldoende fondse beskik en 'n gebrek aan kapasiteit vir die tydige beskikbaarstelling van ouditverslae ervaar. Beslissings deur die Openbare Beskermer geneem word in 2019 deur die konstitusionele hof en die Noord-Gauteng hooggeregshof as nalatig en foutief gekritiseer, maar die Openbare Beskermer is steeds in die pos. Terwyl die Zondo-kommissie van ondersoek reeds in Augustus 2018 deur die regering geloods is om aantygings van staatskaping te ondersoek, is nog geen individue tot verantwoording geroep nie. Die Zondo-kommissie ondersoek korrupsie en wanadministrasie in onder meer ESKOM, Transnet, die SAUK, Denel, Nasionale Vervolgingseenhede en die Vrede-Suiwelplaasdebakel. Verskeie projekte waarby die Gupta-broers betrokke was, het ook reeds korrupsie en geldwassery deur individue, staats- en openbare maatskappye oopgevlek, en die verwagting is dat verskeie partye en individue wel ter boek gebring sal word.

In die laaste dekade is daar ook pogings deur die regering aangewend om die media te beperk deur middel van die Wet op Inligting.10 Ingevolge Artikel 16(1) van Wet 108 van 1996 beskik elke ingesetene oor die reg op vryheid van uitdrukking, insluitende die pers en ander media. Die Grondwet onderskryf ook die vryheid van die media (punt 16.1a). Suid-Afrika se media-omgewing word egter as "gedeeltelik vry" geklassifiseer terwyl die Internetomgewing as "vry" geklassifiseer word (FOTP 2017).

5.3.5 Bekamping van korrupsie en wanadministrasie

Kotze en Du Toit (2005:328) kom dus tot die gevolgtrekking dat 'n afname in vertroue 'n negatiewe invloed op die konsolidering van die Suid-Afrikaanse demokrasie het. Hierdie verlies in vertroue word oorgedra in negatiewe gevoelens oor die demokratiese proses in geheel in wat Kotze (2015b:255) beskryf as demokratiese vermoeidheid ("democratic fatigue") - die resultaat van te veel leë beloftes gemaak aan kiesers. Fikeni (in Pillay 2014) wys daarop dat kiesers die ANC se vlak van toewyding en eerlikheid bevraagteken, en maak die stelling dat die ANC in terme van die uitvoering van verkiesingsbeloftes tekort skiet: "the ANC are lacking at the track record of implementation".

 

6. AANBEVELINGS OM DIE EROSIE VAN KIESERSVERTROuE IN DIE ANC EN DEMOKRATIESE PROSESSE TE BEKAMP EN 'N KULTUUR VAN VERTROUE TE BEVORDER

Dit is dus in die ANC se belang om die erosie van kiesersvertroue in die ANC en Suid-Afrikaanse demokrasie aan te spreek. Aanbevelings lê hoofsaaklik klem op kritieke aspekte soos etiese leierskap en aanspreeklikheid, die verandering in die denkwyse en praktyke rondom die uitskakeling van hegemoniese mag, die verbetering in die lewensomstandighede van agtergeblewe gemeenskappe deur doeltreffende implementering van ingrypende programme, die skep van 'n kultuur van vertroue en die herstel van die vertrouensverhouding tussen belangegroepe in die demokrasie.

6.1 'n Terugkeer na etiese en morele leierskap, toerekenbaarheid en respek vir die grondwet as basis vir suksesvolle demokratisering

Die oproep tot leiers om terug te keer na die oorspronklike beginsels van demokrasie word daagliks in die media bespreek. Volgens Mkosana (in Dames 2008) kan die beginsels van etiek nie verwyder word van die daaglikse lewe nie. Leiers, en veral etiese leierskap, funksioneer op grond van, en word versterk deur, die horisontale en vertikale interaksie wat plaasvind in gemeenskappe. Heydenrych (2016:130) beklemtoon dat leiers 'n beter begrip van die grondwet en sy betekenis as 'n transformasionele konsep moet vorm. Respek vir die grondwet moet herstel word. Politieke kommentator Malala (in Eloff 2014:215) waarsku teen politici wat die grondwet wil verander "instead of lifting themselves and the people up to meet the expectations of the constitution". Die gees van die grondwet is net so belangrik soos die wetlike detail

(Eloff 2014:216).

6.2 Die uitskakeling van hegemoniese mag: leiers se denkwyse moet verander en politieke leiers moet aanspreeklik gehou word

Die denkwyse van bevrydingsbewegings word beskou as een van die hoofredes waarom demokratisering in sub-Sahara Afrika-state grootliks misluk het. Ramphele (2012) verwoord hierdie argument soos volg: die onverdraagsaamheid vir verskille in opinie binne en buite die bevrydingsbeweging en die onwilligheid om politieke leiers wat die wet oortree en konstitusie minag aanspreeklik te hou, vorm die kern van die onversoenbaarheid tussen bevrydings- en demokratiese politiek. Du Plessis (in Kotze 2015:265) maak die stelling dat terwyl die ANC steeds dominansie in verkiesings behou, die hegemonie van die party gekonfronteer word - "not in parliament, but on the pavements" - wat 'n fundamentele verskuiwing in die politieke kultuur teweeg kan bring. Alhoewel dominant in die kort termyn, is Du Toit en De Jager (2014:113) van mening dat die ANC tans die vertroue van kiesers verloor, en sien die afname in ondersteuning vir die ANC as 'n positiewe ontwikkeling wat daartoe kan bydra dat Suid-Afrika se politieke landskap meer kompeterend raak. Groter toerekenbaarheid en meer doeltreffende beleidsimplementering word hierdeur gegenereer, tot voordeel van die gemeenskap, aangesien opposisiepartye ook meer inspraak lewer.

6.3 Transformasie van die openbare sektor en plaaslike regerings moet plaasvind -die beginsels van "Batho Pele" moet toegepas word

Terreblanche (1999) beskou die tekort aan staatskapasiteit as een van die grootste probleme wat die transformasionele regering moet oorkom. Volgens Terreblanche het die nuwe regering net aanvaar dat die nodige staatskapasiteit beskikbaar sou wees om hul ontwikkelingsagenda uit te voer en die ekonomie en breë gemeenskap te hervorm (Graham 2015:112). Die Grondwet bepaal dat die staatsburokrasie verteenwoordigend moet wees van die breë samelewing, met personeelbestuurspraktyke wat gebaseer is op vermoë, objektiwiteit, billikheid en die behoefte om die wanbalanse van die verlede reg te stel ten einde breë verteenwoordiging te bewerkstellig. Hierdie reël is deur die ANC geïnterpreteer as die grondslag vir die sogenaamde kaderont-plooiingsrasionaal. Du Toit en De Jager (2014:98) is van mening dat hierdie beleid van die ANC deurslaggewend was in die vestiging van ANC-dominansie in die openbare sektor. Volgens Naidoo (2005:76) moet die openbare sektor terugkeer na die beginsels van "Batho Pele" soos in die Witskrif vir die Lewering van Openbare Dienste van 1997 vasgestel is en met integriteit dienste aan gemeenskappe lewer. Toerekenbaarheid, deelname en deursigtigheid dien as sleutel tot die herstel van openbare vertroue in die burokrasie wat deur die doeltreffende aanwending van menslike en finansiële bronne op nasionale, plaaslike en provinsiale vlak aan burgers gelewer kan word (Naidoo 2005:76-77).

6.4 Fokus op sosio-ekonomiese ontwikkeling: Die NOP moet doeltreffend toegepas word om ontwikkelingsdoelwitte te bereik, veral wat werkskepping aanbetref

Oosthuizen (2016a) is van mening dat ekonomiese beleid nie net op een spesifieke ideologie gebaseer hoef te wees nie en beklemtoon dat 'n toekomstige ekonomiese beleid in Suid-Afrika interafhanklik moet wees van geleenthede en strukture binne die arbeidsmark en die ontwikkeling van vermoëns.

Suid-Afrika se neo-liberale ekonomiese beleid het toenemend die elite bevoordeel, ten koste van 'n ongeskoolde arbeidsmag. Gewone burgers was tot op hede op die staat aangewese vir armoedeverligting, eerder as die sakesektor. Die gevolg was dat ekonomiese groei plaasgevind het sonder die uitbreiding van die arbeidsmark. Die NOP sluit egter ontwik-kelingsdoelwitte en -programme in, soos onderwys, gesondheid, behuising, sekuriteit en landelike ontwikkeling, wat op grondvlak die welsyn van burgers aanspreek. Doeltreffende implementering van hierdie programme, ook in die area van die bekamping van korrupsie, kan die lewenskwaliteit van agtergeblewe gemeenskappe aansienlik verbeter en ook eko-nomiese vooruitgang bewerkstellig (Tamukamoyo et al. 2013). Eloff (2014:226) wys daarop dat Suid-Afrika se probleem nie die ontwikkeling van beleid is nie, maar die implementering daarvan. Ekonomiese groei en werkverskaffing is bo aan die lys. President Ramaphosa beskou werkloosheid onder die jeug as die enkele grootste sosio-ekonomiese probleem en is van mening dat die jeug die kern moet uitmaak van ekonomiese ontwikkeling. Die jeug moet toegang hê tot werksgeleenthede, opleiding, ondervinding en entrepeneursgeleenthede (Strydom 2014).

6.5 'n Nuwe kultuur in die ANC-regering moet gevestig word: Deelname van alle belanghebbendes en klem op politieke en sosio-ekonomiese kohesie

Die konsolidering van die demokrasie hang ook af van die betrokkenheid en deelname van kiesers tydens en tussen verkiesings, sowel as die deelname van outonome burgerlike organisasies - die organe van direkte demokrasie (Suttner 2004:769). Volgens Suttner bestaan hierdie organisasies op 'n ongelyke vlak in die huidige demokrasie weens die ANC se onduidelike siening oor pluralisme, wat die gevoel onder lede skep dat die betrokkenheid in sosiale bewegings waargeneem kan word as dislojaal. Suttner (2004:769) beklemtoon dit dat die bestaan van selfbemagtigde organe van direkte en deelnemende demokrasie 'n manifestasie van pluralisme is, en burgers word gemobiliseer om deel te neem omdat hulle 'n aandeel in die politieke stelsel het. Veelparty-deelname (poliargie) word deur teoretici soos Held en Dahl as voorvereistes vir suksesvolle demokrasie beklemtoon. Die intervensionele rol van die staat behels ook die beskerming van individuele regte, die deelname van minderheidsgroepe aan politieke en ander assosiasies, wat bydra tot die uitbouing van 'n kultuur van vertroue. Hierdie eienskappe ontbreek grotendeels in Suid-Afrika - namate die ontevredenheid onder kiesers transformeer in xenofobiese aanvalle en gewelddadige onrusvoorvalle. Suid-Afrika se sosio-ekonomiese kultuur kort kohesie (die vermoë om op 'n gemeenskaplike basis saam te werk) en een van die belangrikste elemente van suksesvolle regering - politieke, ekonomiese en sosiale vertroue. In Suid-Afrika is die vertrouensverhouding tussen die verskillende rassegroepe en kulture swak, en die strukture wat sosiale kapitaal bou ondoeltreffend. Die dominante posisie van die ANC benadeel die vorming van sosiale bande onder die verskillende bevolkingsgroepe, wat ook op ekonomiese vlak 'n impak het, aangesien ekonomiese aktiwiteit die sosiale samewerking van individue en groepe vereis. Volgens Eloff (2014:223) is 'n nuwe kultuur in die ANC en regering nodig om suksesvolle demokratiese konsolidering te bereik. Lekalake wys daarop dat Suid-Afrikaanse burgers se aanvanklike positiewe opinie van demokrasie sedert 2011 tot so 'n mate afgeneem het dat Suid-Afrika tans onder die Afrika-gemiddeld vir "pro-demokratiese"-houdings geklassifiseer word (Lekalake 2016:2).

 

7. GEVOLGTREKKING

In hierdie artikel is gepoog om die omvang van die huidige regering se onvermoë in die uitvoering van beleid en die realisering van ontwikkelingsdoelwitte uit te wys, en die impak daarvan op kiesersvertroue en die konsolidering van die Suid-Afrikaanse demokrasie te beklemtoon. Kiesersvertroue word onlosmaaklik verbind aan die houdings, gedrag, waardes en belange van al die deelnemers in die demokrasie en die erosie daarvan en dus oorsaaklik beskou as deurslaggewend ten opsigte van die onsuksesvolle demokratiese konsolidering, veral in post-koloniale Afrika-state. In die geval van Suid-Afrika se transformasionele proses was die demokratiese ervaring vir die grootste deel van die bevolking nie een van vryheid, gelykheid en voorspoed soos deurgaans in die ANC-manifeste verkondig nie. Die feit dat die gaping tussen ryk en arm steeds een van die grootste uitdagings vir die ANC-regering bly, het hoofsaaklik gelei tot demokratiese vermoeidheid wat beslis te bespeur is, veral onder kiesers in die ouderdomsgroep 18-29 jaar (Kotze 2015b:255). Die afname in stemgetalle, voorvalle van onrus en veral ook die groeiende ondersteuning van meer populistiese partye soos die EFF, is die resultaat van kiesers se ontevredenheid met die manier waarop demokratiese prosesse bestuur word. Die boodskap van die meer populistiese partye vind aanklank by die arm en werklose gemeenskappe en kan beslis 'n deurslaggewende rol speel in toekomstige verkiesings en die verdere groei van opposisiepartye.

Die trajek wat demokratiese konsolidering in 'n transformasionele staat volg, is die gevolg van 'n evolusionêre proses waardeur demokratiese waardes en strukture oor 'n tydperk gevestig word. Die sosiale kontrak, wat die basis van die grondwetlike ooreenkoms tussen regering en burgers vorm, kan slegs suksesvol tot uitvoer gebring word deur die toepassing van die beginsels van voortreflike regering en die uitvoering van verkiesingsbeloftes. Die kern van die regering se substantiewe verpligtinge teenoor kiesers word saamgevat as die beskerming van hul regte en vryhede, die betroubare voorsiening van basiese dienste, die verbetering van burgers se sosio-ekonomiese omstandighede en die uiteindelike konsolidasie van die demokrasie. Die rol van die staat in die proses is om die gestelde ontwikkelingsdoelwitte op doeltreffende wyse tot uitvoer te bring. Die rol van kiesersvertroue in die demokrasie is dus om legitimiteit aan regeringsaksies te verleen deur toenemende deelname van kiesers aan demokratiese prosesse. Konsolidering van die demokrasie kan slegs binne 'n kultuur van vertroue plaasvind, waar 'n gebalanseerde vertrouensverhouding tussen alle belangegroepe op makro-, meso-, en toepassingsvlak van die demokrasie bestaan.

In die Suid-Afrikaanse demokrasie, 25 jaar in die nuwe dispensasie, ontbreek steeds die kapasiteit om werklike verdieping van die demokrasie en demokratiese konsolidasie teweeg te bring, sodat die ideale van vryheid en gelykheid op alle vlakke van die demokrasie gevestig kan word. Totdat die ANC-regering op substantiewe vlak werklike transformasie op 'n doeltreffende wyse deurvoer, word Suid-Afrika steeds beskou as 'n ontwikkelingstaat wat nog op pad is na demokratiese konsolidasie en waarvan die uitkoms nog nie 'n gegewe is nie.

 

BIBLIOGRAFIE

Adebayo, W. 2017. Governance and legitimacy crisis in Africa in the 21st century. Witten: Herdecke University.         [ Links ]

Adegboye, A.A. 2013. Consolidating participatory democracy in Africa: The challenges and the way forward. European Scientific Journal, 9(2):241-251.         [ Links ]

Afrobarometer. 2014. Malawi Round 6 survey results. 2nd Release: August 20. http://afrobarometer.org/sites/default/files/media-briefing/malawi/mlw_r6_presentation2_econ_trust.pdf. [Datum van toegang: 7 Sept. 2017].         [ Links ]

ANC. 2004. (African National Congress). Election manifesto. http://www.anc.org.za/documents/Manifestos/. [Datum van toegang: 10 Mei 2016].         [ Links ]

Blind, P.K. 2006. Building trust in government in the 21st century: Review of literature and emerging issues. Paper presented at the 7th Global Forum on Reinventing Government. Vienna, Austria, p. 1-31.         [ Links ]

Booysen, S. 2014a. Election 2014 and the ANC's duet of dominance and decline. Journal of African Elections, 14(1):7-34.         [ Links ]

Booysen, S. 2015. Dominance and decline: The ANC in the time of Zuma. Johannesburg: Wits University Press.         [ Links ]

Canovan, M. 2008. The people. In Dryzek, J.S., Honig, B. & Phillips, A. eds. The Oxford handbook of political theory. Oxford: Oxford University Press, pp. 349-362.         [ Links ]

Clapham, C. 2012. From liberation movement to government: Part legacies and the challenge of transition in Africa. Discussion Paper 8. Johannesburg: The Brenthurst Foundation.         [ Links ]

Du Toit, P. & De Jager, N. 2014. South Africa's Dominant-Party System in Comparative Perspective. Taiwan Journal of Democracy, 10(2):93-113.         [ Links ]

Eek, D. & Rothstein, B. 2005. Exploring a causal relationship between vertical and horizontal trust. QOG Working Paper Series. Gothenburg: Gothenburg University.         [ Links ]

Eloff, T. 2017. Turning Point - South Africa at a crossroads. Cape Town: Tafelberg.         [ Links ]

ENCA 2019 election results. 11 May 2019. https://www.enca.com/election-results-2019. [Datum van toegang: 10 Nov 2019].         [ Links ]

Fakir, E., Holland, W. & Kotler, K. eds. 2014b. South Africa 2014 election updates: The final issues -private funding of political parties, youth participation and new political entrants.         [ Links ]

EISA (Electoral Institute for Sustainable Democracy in Africa). South Africa, Election updates. Issue 9.         [ Links ]

Fiezer, J. & Dowden, B. eds. 2017. Social contract theory. www.iep.utm.edu/soc-cont. [Datum van toegang: 25 Mei 2017].         [ Links ]

Fritz, V. & Menocal, R. 2007. Developmental states in the new millennium: Concepts and challenges for a new aid agenda. Development Policy Review, 25(5):531-552.         [ Links ]

FOTP. 2017. Freedom of the Press. South Africa's media now rated 'partly free' as it drops in freedom rankings. Business Live, 4 May. https://www.businesslive.co.za/rdm/news/2017-05-04-south-africas-press-now-rated-partly-free-as-it-drops-in-freedom-rankings/. [Datum van toegang: 5 Feb. 2018].         [ Links ]

Fukuyama, F. 1996. Trust: The social virtues and the creation of prosperity. New York, NY: Free Press Paperbacks.         [ Links ]

Graham, V. 2015. The birth of a constitutional state. In De Jager, N. ed. 2015. South African politics: An introduction. Cape Town: Oxford University Press Southern Africa, pp. 95-120.         [ Links ]

Gumede, V. 2014. Public policy making in South Africa. In Venter, A. & Landsberg, C. eds. Government and politics in South Africa. 4th ed. Pretoria: Van Schaik, pp. 165-183.         [ Links ]

Gumede, V. 2015. Economic policy in post-apartheid South Africa. In De Jager, N. ed. South African Politics: An introduction. Cape Town: Oxford University Press, pp. 226-246.         [ Links ]

Habib, A. 2013. South Africa s suspended revolution: Hopes and prospects. Johannesburg: Wits University Press.         [ Links ]

Held, D. ed. 2006. Models of democracy. 3rd ed. Stanford: Stanford University Press.         [ Links ]

Heydenrych, P.W. 2016. Constitutionalism and coloniality: A case of colonialism continued or the best of both worlds? In Van Eeden, E.S. ed. 2016. New Contree, A journal of historical and human sciences for Southern Africa, 75: 116-134 (July). Pretoria: Bontshi Business Services.         [ Links ]

Heywood, A. 2013. Politics. 4th ed. London: Palgrave Macmillan.         [ Links ]

Husy, D. 2000. Growth, poverty and inequality. http://www.socialwatch.org/node/10709. [Datum van toegang: 20 Apr. 2016].         [ Links ]

Inglehart, R. 1999. Trust, wellbeing and democracy. In Warren, M E. ed. Democracy and trust. Cambridge: Cambridge University Press, pp. 88-120.         [ Links ]

IPSOS. 2016a. The country is going in the wrong direction. Flash Poll. Mar. 2016. http://www.ipsos.co.za/SitePages/. [Datum van toegang: 21 Apr. 2016].         [ Links ]

Keele, L. 2004. Social capital, government performance, and the dynamics of trust in Government. Oxford: Nuffield College and Oxford University.         [ Links ]

Kotze J.S. 2015a. Introduction: The theory and practice of democratic development. Cape Town: Oxford University Press Southern Africa, p. 2-20.         [ Links ]

Kotze, J.S. 2015b. Political culture in South Africa. In De Jager, N. ed. South African politics: An introduction. Cape Town: Oxford University Press Southern Africa, pp. 247-272.         [ Links ]

Lekalake, R. 2016. Support for democracy in South Africa declines amid rising discontent with implementation. Afrobarometer Dispatch No. 71. The Institute for Justice and Reconciliation. Cape Town.         [ Links ]

Mathe, T. 2019. SA's GDP slumps to its lowest in a decade. Mail & Guardian, 4 June, 2019. https://mg.co.za/article/2019-06-04-sas-gdp-slumps-to-its-lowest-in-a-decade/.         [ Links ]

Mailovich, C. 2019. Business Day, 26 June. Only 18 municipalities got clean audits in 2017/2018. https://www.businesslive.co.za/bd/national/2019-06-26-only-18-municipalities-got-clean-audits-in-20172018/. [Datum van toegang: 15 Jan. 2020].         [ Links ]

Marais, H. 2015. South Africa pushed to the limit: The political economy of change. Claremont: UCT Press.         [ Links ]

Mattes, R. 2002. South Africa: Democracy without the people. Journal of Democracy, 13(1):22-36.         [ Links ]

Mattes, R. 2011. The 'Born free's': The prospects for generational change in Post Apartheid South Africa. Afrobarometer Working Paper No. 131.         [ Links ]

McEwan, C. 2003. Bringing government to the people: Women, local governance and community participation in South Africa. Geoforum, 34(4):469-481.         [ Links ]

Menocal, A.R., Fritz, V. & Raknerc, L. 2008. Hybrid regimes and the challenges of deepening and sustaining democracy in developing countries. South African Journal of International Affairs, 15(1):29-40.         [ Links ]

Menocal, A.R. 2007. Analysing the relationship between democracy and development: Defining basic concepts and assessing key linkages. Background note (1) prepared for the Wilton Park Conference on Democracy and Development, 23-25 October 2007.         [ Links ]

Meyer, F. & Van der Elst, H. 2014. The interventionist role of the state: Socio-economic and political development in democratic South Africa, 1994-2014. Mediterranean Journal of Social Sciences, 5(7):74-84.         [ Links ]

Morlino, L. 2002. What is a "Good" Democracy? Theory and empirical analysis. Paper delivered at the conference on: the European Union, Nations State, and the quality of democracy. Lessons from Southern Europe. University of California. Berkeley University of Florence (Italy) & Institute for International Studies. Stanford University.         [ Links ]

Mseleku, Z. 2016. The ANC empty promise behind political vote. News24, 3 Aug. 2016. www.news24.com/mynews24/the-anc-empty-promise-behind-political-vote-20160803. [Datum van toegang: 23 Mei 2018].         [ Links ]

Naidoo, G. 2005. Leadership and governance for a sustainable public service. The case for selected South African public service organizations. Pretoria: University of Pretoria. (Thesis - partial fulfilment of the requirements for the degree PhD).         [ Links ]

Offe, C. 1999. How can we trust our fellow citizens? In Warren, M.E. ed. 1999. Democracy and trust. Cambridge: Cambridge University Press, pp. 42-87.         [ Links ]

Oosthuizen, M. 2016a. South Africa in 'cluster of crises': Nowhere to go except social unrest? Fin 24.City Press, 23 Nov. www.fin24.com/BizNews/south-africa-in-cluster-of-crises-nowhere-to-go-except-social-unrest-chilling-analysis-20161123. [Datum van toegang: 10 Jun. 2018].         [ Links ]

Oosthuizen, M. 2016b. Why South Africa can't deliver on the social contract set out in its constitution. https://theconversation.com/why-south-africa-cant-deliver-on-the-social-contract-set-out-in-its-constitution-69119. [Datum van toegang: 10 Jun. 2018].         [ Links ]

Patterson, O. 1999. Liberty against the democratic state: On the historical and contemporary sources of American distrust. In Warren, M.E. ed. 1999. Democracy and trust. Cambridge: Cambridge University Press, pp. 151-207.         [ Links ]

Pillay, V. 2014. ANC manifesto: Broken trust and Zuma a hindrance. Mail & Guardian, 13 January. https://mg.co.za/article/2014-01-13-anc-manifesto-broken-trust-and-zuma-a-hindrance. [Datum van toegang:16 Aug. 2016].         [ Links ]

Potgieter, E. & Lutz, B.F. 2014. South African Youth: Politically apathetic? EISA (Electoral Institute for Sustainable Democracy in Africa), South Africa, Election Updates, Issue 8. https://www.eisa.org.za/eu/2014eu9editorial2.htm. [Datum van toegang: 19 Mei 2016].         [ Links ]

Peyper, L. 2017. SA unemployment rate rises to 14-year high. Daily Maverick, 1 June. www.dailymaverick.co.za/article/2017-06-01-sa-unemployment-rate-rises-to-14-year-high/. [Datum van toegang: 18 Mei 2016].         [ Links ]

Pretorius, M.C. 2006. Teorie en praktyk van deursigtigheid in die openbare sektor. Vrystaat: Universiteit van die Vrystaat. (Verhandeling - Magistergraad).         [ Links ]

Ramphele, M. 2012. Drop struggle politics. The Sunday Times. 30 Sept. http://www.leader.co.za/article.aspx?s=23&23&f=1&a=4024. [Datum van toegang: 15 Aug. 2016].         [ Links ]

Rose, R. & Shin, D. C. 2001. Demoratization backwards: The problem of Third Wave Democracies. British Journal of Political Science, 31(2):331-354.         [ Links ]

Russon, R.D. 2011. Ten years of democratic local government elections in South Africa: Is the Tide Turning? Journal of African Elections, 10(1):74-98.         [ Links ]

Schoeman, M. 2014. The political economy of South Africa in a global context. In Venter, A. & Landsberg, C. eds. 2014. Government and politics in the new South Africa. 4th ed. Pretoria: Van Schaik, pp. 213-229.         [ Links ]

Schulz-Herzenberg C. 2014a. Voter participation in the South African elections of 2014. ISS (Institute for Security Studies) Policy Brief 61.         [ Links ]

Statistiek SA. 2014. kyk Statistics SA. 2014.         [ Links ]

Statistics SA. 2014. Poverty trends in SA. https://www.gov.za/sites/default/files/Poverty_Trends_03April2014.pdf. [Datum van toegang: 14 Apr. 2016].         [ Links ]

Strydom, N. 2014. Maroela media, 10 Junie 2014. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/ramaphosa-werkloosheid-onder-die-jeug-is-grootste-uitdaging/. [Datum van toegang: 10 Jan 2020].         [ Links ]

Suttner, R. 2004. Democratic transition and consolidation in South Africa. The advice of experts. Current Sociology, 52(5):755-773.         [ Links ]

Tamukamoyo, H., Mtshali, M. & Mofana, R. 2013. Why the national development plan benefits South Africa's working class. ISS (Institute for Security Studies). http://www.polity.org.za/article/why-the-national-development-plan-benefits-south-africas-working-class-2013-05-21. [Datum van toegang: 10 Mei 2018].         [ Links ]

Thomas, A. 2014. Media-reported corporate governance transgressions in broad-based black economic empowerment deals in the South African mining sector. African Journal ofBusiness Ethics, 8(2):89-107.         [ Links ]

Trading Economics. https://tradingeconomics.com/south-africa/unemployment-rate. [Datum van toegang: 31 Oct. 2019].         [ Links ]

Uslaner, E.M. 1999. Democracy and social capital. In Warren, M.E. ed. 1999. Democracy and trust. Cambridge: Cambridge University Press. pp. 121-150.         [ Links ]

Venter, A. 2014. Administering national government. In Venter, A. & Landsberg, C. eds. 2014. Government and politics in the new South Africa. 4th ed. Pretoria: Van Schaik Publishers, pp. 80-99.         [ Links ]

Warren, M.E. ed. 1999. Democracy and trust. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

Wang, S. 2002. State Effectiveness and Democracy: Asia Cases. CUHK (Chinese University of Hong Kong).         [ Links ]

 

 

Ontvang: 2020-02-05
Goedgekeur: 2020-06-28
Gepubliseer: September 2020

 

 

 

Ilse Rieder is tans 'n PhD-student in politieke studies aan die Vaaldriehoek-kampus van die Noordwes-Universiteit (NWU). In 1979 ontvang sy die grade BA in Kommunikasiekunde en Honneurs, albei aan die Universiteit van die Vrystaat (UV). Hierna beklee sy poste in Reklame en Menslike Hulpbronne in die industrie. Sy dien ook op die direksie (hoof- uitvoerende beampte) van haar eie maatskappy, wat spesialiseer in stelselontwikkeling en inligtingstegnologie. Sy voltooi haar Meestersgraad in politieke studies, cum laude, aan die NWU in 2018. Haar onderwerp handel oor die erosie van kiesersvertroue as faktor in die Suid-Afrikaanse demokrasie. In haar huidige navorsing fokus Ilse op die verdieping van demokrasie en magsverhoudinge in ontwikkelde en ontwikkelingsdemokrasieë, waar substantiewe politieke gelykheid 'n demokratiese vereiste is.
Ilse Rieder is currently a PhD student in political studies at the Vaal Triangle campus of the North West University (NWU). In 1979 she completed her BA Degree in Communication Studies and her Honour's Degree in 1981, both at the University of the Free State (UFS). Thereafter, she held positions in Advertising and Human Resources within industry and served as CEO of her own company, which specialises in system development and information technology. She completed her Master's Degree in political studies, cum laude, in 2018 at the NWU. The subject of her dissertation dealt with the erosion of voter trust as factor in the contemporary South African democracy. In her current research Ilse focuses on the deepening of democracy and power relations in developed as well as developmental democracies, where substantive political equality is a requirement of democracy.

 

 

Herman van der Elst is 'n medeprofessor en dosent in Politieke Wetenskappe by die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU). In 2000 verwerf hy 'n Magistergraad in Internasionale Politiek aan die Universiteit van Pretoria (UP) en in 2008 'n PhD in Openbare Bestuur en Regering by die Potchefstroomkam-pus van die NWU, met 'n tesis getiteld "Grond-hervorming in Suid-Afrika en die oogmerke van post-vestiging: Die ontwerp van 'n bestuursmodel vir volhoubare ontwikkeling". 'n Gedeelte van sy navorsing is by die Vrije Universiteit van Amsterdam (VU) gedoen. Hy is outeur van 'n aanlal artikels in nasionale en internasionale vakwetenskaplike tydskrifte, asook hoofstukke in boeke met 'n fokus op volhoubare ontwikkeling in die kontemporêre transformerende Suid-Afrikaanse, en Afrika politieke landskap.
Herman van der Elst is an associate professor and lecturer in Political Sciences at the Vaal Triangle campus of the North West University (NWU). He obtained a Master's degree in International Politics at the University of Pretoria (UP) in 2000, followed by a PhD in Public Manage-ment and Governance at the Potchefstroom campus of the NWU in 2008. The title of his thesis was "Post settlement land reform objectives in South Africa: Towards a management model for sustainable development". Part of his research was completed at the Vrije Universiteit van Amsterdam (VU). He is the author of a number of articles in local and international academic journals, as well as chapters in books with a focus on sustainable development in the contemporary transforming South African, and African, political landscapes.
1 Die sosiale kontrak word soos volg deur Held (2006:47) beskryf: "The government is the result of an agreement among the citizenry and is legitimate only to the extent to which it fulfills the instruction of the general will" (Held 2006:47).
2 Transformasionele demokrasieë dra die gevolge van koloniale verdrukking en moet die unieke uitdagings van sosio-ekonomiese en soms rassekonflik bylê om ongelykhede op alle vlakke van die samelewing te verwyder. In die Suid-Afrikaanse konteks verwys agtergeblewe gemeenskappe na die erfenis van die apartheidsregime en gemeenskappe wat onder hierdie dispensasie nie deel gehad het aan die ekonomiese opheffing in Suid-Afrika nie.
3 Blind (2006:15) beskryf 'n kultuur van vertroue as volg: "A trust culture is where citizens feel they have a more or less equal and potential chance of making a difference in the political decisionmaking. This is where good governance comes in as the indispensable corollary of the trust culture".
4 Non-elite- en elite-groepe: Kwessies rondom die regte van minderheidsgroepe en die invloed van korporasies en elite-groepe beïnvloed die konstitusionaliteit en doeltreffendheid van demokratiese prosesse, wat die vertikale en horisontale vlakke van kiesersvertroue kan skaad. Vertikale vertroue verwys na vertroue tussen outoriteit (regering, elite-groepe) en burgers, en horisontale vertroue verwys na vertroue tussen groepe en individue (non-elite) (Eek & Rothstein 2005:3).
5 Die term "voortreflike regering" ("good governance") word deur Morlino gedefinieer as 'n demokrasie gegrond in prosedures, inhoud en resultate (Morlino 2002:3).
6 Ackerman (in Canovan 2008:357) beskou "die mense" as 'n toevallige mobilisering van onafhanklike individue wat tydelik as kiesers in 'n politieke liggaam bymekaarkom om politieke mag toe te pas.
7 Wnuk-Lipinski en Fuchs (2005:52) stel dié vraag: "What is the driving force behind transition to democracy?" en kwalifiseer dit verder deur die ideaal van vryheid en gelykheid uit te lig as die hoofdryfveer en doelstelling van transformasie. Dominant in die vroeë fases van die oorgangsproses is bevryding, en die populêre idealistiese geloof dat vryheid 'n klomp ander waardes ook sal waarborg. Wanneer mense begin besef dat vryheid nie ander voordele waarborg nie, begin gelykheid 'n rol speel as 'n mobiliserende mag - as 'n ideologiese veronderstelling sowel as 'n pragmatiese oogmerk. Die onderliggende frustrasie is altyd die omstandighede rondom sosiale verarming - die rykes bly ryk en die armes bly arm.
8 Ook bekend as die "Batho Pele"-Witskrif, wat beteken "die mense eerste", is die doelwit van hierdie beleidsdokument om standaarde te stel vir die lewer van voortreflike kliëntediens aan die gebruikers van regeringsbronne. Die Witskrif dien, volgens Naidoo (2005:95) as basis van die oorgangsregering se doelwitte om die wanbalanse en ongelykhede in dienslewering te herstel.
9 Afrobarometer-studies (2014/2015) in ontwikkelende state (Afrika) toon dat jonger kiesers (18-35 jaar) laag meet in terme van politieke doeltreffendheid (Potgieter & Lutz 2014:16) a.g.v. die werkloosheidskrisis in Afrika.
10 Op 12 November 2013 is die Wet op Informasie goedgekeur in die nasionale vergadering met 225 stemme teenoor 88. Die wet is hewig teengestaan deur verskeie burgerlike organisasies en politieke partye, hoofsaaklik omdat dit die publiek se toegang tot inligting sou beperk, sowel as die vermoë van joernaliste en fluitjieblasers om korrupsie bloot te lê (Du Toit & De Jager 2014:108).

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License