SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número2Ou woorde in nuwe omstandighede índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.60 no.2 Pretoria Jun. 2020

 

UITNODIGING

 

Oproep om artikelbydraes: Spesiale tema Godsdiens en die reg

 

 

Die aktualiteit van 'n gesprek oor godsdiens en die reg was nog nooit so relevant soos juis nou nie. Die onlangse Weermag-herrie oor die Moslem-kopdoek, verskeie ander godsdienstige dispute in die werkplek en in skole, en onwettige optredes deur kerkleiers het die soeklig opnuut laat val op die plek van godsdiens in ons samelewing en op die spanning tussen godsdiens en die reg, wat hom op vele ander lewensterreine afspeel. Daar is gereeld onmin tussen mense en gemeenskappe oor verskillende godsdienstige praktyke en rituele. Ons lees van pogings om kerke en godsdiens in Suid-Afrika te reguleer, maar ook van verskeie godsdiensgroepe wat ander se regte onherroeplik aantas in die naam van godsdiens. Die howe word by godsdiensdispute ingesleep, wat ook weer die reg op godsdiensvryheid ter sprake bring en die steeds moeilike verhouding tussen kerk en staat in Suid-Afrika uitlig.

Bydraes wat op die verhouding tussen godsdiens en die reg fokus, sal verwelkom word uit verskillende vakgebiede (die regte, teologie, filosofie, opvoedkunde en ander) en uit ander jurisdiksies, soos België en Nederland.

Hierdie temanommer sal vroeg in 2021 verskyn en bydraes moet die gasredakteur teen einde Julie 2020 bereik.

Die gasredakteur is prof. Helena van Coller en bydraes, of voornemens om bydraes te lewer, kan gestuur word aan h.vancoller@ru.ac.za. Enige navrae kan ook aan haar gerig word.

Bydraes vir hierdie temanommer kan in Afrikaans of Nederlands geskryf word. Beide moet egter taalversorg word. Die algemene voorskrifte vir skrywers kan gevind word op die volgende skakel: http://tgwsak.co.za/

Belangrike datums:

Maart 2020 - Julie 2020: Indiening van artikels.

Einde Julie 2020: Finale manuskrip moet aan die gasredakteur, prof. Helena van Coller, gestuur word by h.vancoller@ru.ac.za.

April - Augustus 2020: Keuringsproses en finalisering van bydraes (kan korter of langer duur, afhangende van die aard en omvang van her- of bywerking wat deur keurder(s) voorgestel word).

Bydraers kan moontlik ook genader word om as keurders van artikels op te tree.

September/Oktober 2020: Gefinaliseerde manuskrip (goedgekeurde en taalversorgde artikels, tesame met alle keurdersverslae) terug by die redakteur.

Vroeg 2021: Verskyning van temanommer.

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons