SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número2NP van Wyk Louw: Opstelle vir 'n oorgangstyd ('n voorwoord) índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.60 no.2 Pretoria jun. 2020

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n2a1 

REDAKTEURSNOTA

 

Redakteursnota

 

 

Op 18 Junie vanjaar is dit die vyftigste herdenking van die sterfdatum van NP van Wyk Louw en dit is daarom gepas dat daar in die Junienommer van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe opnuut besin word oor die nalatenskap van " ... 'n man wat volgens sommige die Nobelprys vir Letterkunde vir sy lewenswerk moes ontvang het, maar terselfdertyd ook 'n man wie se beskouings tydens sy lewe en veral ná sy dood dikwels uit verskillende, opponerende oorde kritiek (en by geleentheid kritiek-met-oogklappe) ontlok het" - aldus Ronél Johl, gasredakteur vir hierdie temanommer.

Vir Johl is 'n voor die hand liggende vraag die aard en relevansie van (literêre) kritiek in die hedendaagse samelewing - 'n vraag wat aan die hand van "uiteenlopende uitgangspunte" en vanuit "verskillende dissiplines" in hierdie temanommer benader word:

die biografiese geskiedskrywing (Jaap Steyn) en benaderings tot die historiografie (met verwysing na die vertaal- en romankunde - Hennie van Coller);

die teaterresepsiekunde (met poststrukturalistiese invloede - Marisa Keuris);

die regswetenskap (Derek van der Merwe) en die filosofie (met verwysing na Johan Degenaar en dekoloniale denkers soos Franz Fanon, Walter Mignolo en Kwasi Wiredu - Louise du Toit; en na Friedrich Nietzsche en Michel Foucault, veral laasgenoemde se opvattings oor "limiete" en "transgressie" - Benda Hofmeyr);

die postkolonialisme (met verwysing na die Karibiese skrywer Édouard Glissant se postkoloniale opvattings oor kreolisering - Hein Viljoen);

die ekokritiek en dierestudies (met verwysing na Martin Heidegger, Jacques Derrida en Frans de Waal - Johann Lodewyk Marais);

taalkunde, pragmatiek en kognitiewe semantiek (Jac Conradie, Nerina Bosman en Willem J Botha);

getuienisgeskiedenis (Anastasia de Vries);

klassieke genrestudies (Heilna du Plooy);

die vergelykende literatuurwetenskap en die stipleestradisie (Helize van Vuuren);

inligtingskunde, kanonstudies en literatuurkritiek (Ronél Johl); en

poëtiese onuitputlikheid (Joan Hambidge).

Hierdie bydraes, alhoewel nie in dieselfde formaat nie, vorm ook deel van die reeks oor huldigings aan Hertzogpryswenners, waarvan Jacques van der Elst eindredakteur is. Die publikasie van die TGW (in elektroniese en hardekopie-formaat) gaan gepaard met die aanbieding van die jaarlikse NP van Wyk Louw-gedenklesing, wat die Departement Afrikaans van die Universiteit van Johannesburg in samewerking met die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns vanjaar, 2020, op Litnet se platform aanbied en beluisterbaar is op https://www.litnet.co.za/

INA WOLFAARDT-GRÄBE EN JACQUES VAN DER ELST

Mei 2020

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons