SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.60 no.1 Pretoria mar. 2020

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n1a20 

TAALRUBRIEK

 

Duwweltjies en verantwoordelikheid

 

 

Min Afrikaanssprekendes sal seker ontken dat Afrikaans, spesifiek Standaardafrikaans, deesdae onder groot druk is. In sy hoër funksies -byvoorbeeld in ons howe (Engels moet die taal van rekord wees), tersiêre instellings, die handel en nywerheid, die owerheidswese - word Afrikaans toenemend 'n bedreigde spesie. Dit wil vir hierdie skribent voorkom asof party mense - dikwels aanbieders van klets- of tydskrifprogramme en diegene met wie hulle praat, om nie van sportafrigters en spelers te praat nie - dit as benede hulle beskou om goeie Afrikaans te praat, asof dit "onkoel" is,gewis nie polities korrek nie. Dit lyk soms asof daar 'n soort kollektiewe skuldgevoel oor Afrikaans is weens apartheid in die algemeen en dalk gebeure soos Soweto 1976.

Beteken die veranderde politieke bedeling en die druk op Afrikaans dat 'n mens jou nie teen onsinnige politieke korrektheid en verloedering mag uitspreek nie?(Ek weet verloedering is eintlik 'n Nederlandse woord, maar een van die WNT se betekenisonderskeidings is presies wat ek bedoel: "Door onzorgvuldige behandeling, verwaarloozing, slordigheid in een minderen staat gebracht worden".) Moet ons maar net gedwee toesien en dankie sê dat iets darem nog in Afrikaans is, in welke vorm ook al?

Verlede jaar het die DStv-kanaal kykNET sy 20ste bestaansjaar gevier, 'n merkwaardige prestasie; Afrikaanssprekendes kan met reg dankbaar daaroor en trots daarop wees. Tydens die vieringe het talle mense ook getuig van hoeveel kykNET bygedra het tot die kunste, die vermaaklikheidsbedryf en so meer; dit is ongetwyfeld so.

Hoeveel sal dit egter op die ou end tot die koste van enige produksie of program bydra as die vervaardigers 'n kundige persoon kry om seker te maak dat hulle titels, veral die slottitels, aan Afrikaans se spelreëls voldoen? Sal kykNET minder programme kry of sal dit hom meer kos as hy vereis dat alle skriftelike Afrikaans in sy programme minstens aan Standaardafrikaans se spelreëls voldoen?

Die slottitels van party programme/reekse is beter as ander s'n, maar sonder uitsondering is daar foute in, veral wat vas of los skryf betref. Dit lyk amper asof die hantering van samestellings volkome lukraak is, want wat los, vas of met 'n koppelteken vas geskryf word, is heeltemal onsistematies. Dikwels staan van ondergenoemde voorbeelde direk by mekaar.

Die volgende voorbeelde kom uit die slottitels van drie onlangse kykNET-reekse wat na my mening baie goeie reekse was.Dié reekse, soos wat deesdae skynbaar deurgaans gedoen word, is van Engelse subtitels voorsien, maar daarin, ironies genoeg, het ek nog selde of nooit sulke blatante flaters gesien nie.

n Mens darem kan verwag dat basiese spelreëls van Afrikaans gevolg word. Naas n noodsaaklike hulpbron soos die AWS, is daar ook Leon van Nierop se lys met sulke terme-getiteld Wat is in 'n naam?: Die betekenis van slottitels in rolprente. Daar is dus geen verskoning vir sulke slordige taalgebruik nie.

Adverteerders en hulle reklamemaatskappye is ewe skuldig. 'n Groot Afrikaanse jeug-beweging het onlangs 'n groot kleuradvertensie op 'n koerantvoorblad gehad wat lui: "Kinders wie kamp, is gelukkiger 'n Bekende mynmaatskappy het 'n radioadvertensie gehad waarin die stemkunstenaar verkondig: "Ons gaan net plekke toe as jy plekke gaan!". Tans het 'n groot (voorheen hoofsaaklik Afrikaanse) versekeringsmaatskappy 'n radioadvertensie waarin gesê word hy sal kan help "as die weer lelik draai". Behoed ons!

 

 

Daar is nog talle eenvoudige tweeledige samestellings wat verkeerdelik los geskryf is, soos

*drama kinders, *fokus tegnikus, * assistent regisseur, *kamera assistent, *kleur menger, *dialoog redigeerder.

As 'n mens nie Engels ken nie, sal jy nie sulke Afrikaans verstaan nie. Is daar dan niemand by die adverteerders wat die reklamekopie taalkundig kan nagaan nie? Kan die stemkunstenaars nie sê dis on-Afrikaanse goed wat julle hier opdis nie?

My betoog is dat almal vir wie Afrikaans van belang is, by die betrokkenes en in die openbaar beswaar maak teen dié soort verloedering van Standaardafrikaans. Dit is en bly ons verantwoordelikheid.

JD (Tom) McLachlan

E-pos: tommcl@whalemail.co.za

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons