SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número1"Who is speaking here?" The role of the adapter in adapting a novel into a youth theatre production that includes cultural and geographical translocationsTranslation and adaptation as interpretation and strategy: My Seuns by Christo Davids against the background of All My Sons by Arthur Miller índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.60 no.1 Pretoria Mar. 2020

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n1a11 

RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

 

Max-Neef en die strukturele kwesbaarheid van dagloners in Mbombela en Emalahleni, Suid-Afrika

 

Max-Neef and the structural vulnerability of day labourers in Mbombela and Emalahleni, South Africa

 

 

Rinie SchenckI; Derick BlaauwII; Marianne MattheeIII

IDWI/NNS/WNNR - Leerstoel: Afval en Samelewing, Universiteit van Wes-Kaapland. Suid-Afrika. E-pos: cschenck@uwc.ac.za
IISkool vir Ekonomiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit. Potchefstroom, Suid-Afrika. E-pos: derick.blaauw@nwu.ac.za
IIIGordon Institute of Business Science (GIBS), Universiteit van Pretoria. Suid-Afrika. E-pos: mattheem@gibs.co.za

 

 


OPSOMMING

Binne die konteks van die groterwordende werkloosheid en armoede in Suid-Afrika is dit belangrik om die kwesbaarheid van persone wat 'n lewe probeer maak in die informele sektor te bepaal, sodat ondersteunende beleid en strukture in plek gestel kan word. Die doel van die artikel was om die strukturele kwesbaarheid van dagloners te ondersoek deur n vergelyking te tref tussen twee gevallestudies. Dagloners in Emalahleni, 'n sosiaal-ekonomies kwynende myngemeenskap, en die meer sosiaal-ekonomies stabiele hoofstad Mbombela, in die provinsie Mpumalanga in Suid-Afrika, is hiervoor gebruik. Honderd-en-tien (110) vraelyste is voltooi met dagloners in die twee stede, die data is ontleed en die resultate met mekaar vergelyk. Max-Neef se fundamentele menslike behoefte (FMB)-matriks is gebruik om die multidimen-sionele analises te maak, te orden en te beskryf. Die resultate het duidelik aangedui dat die dagloners in Emalahleni meer struktureel kwesbaar is as die dagloners in Mbombela, met minder ondersteuningsisteme tot hul beskikking. Maatskaplike diensprofessies sal ernstige aandag daaraan moet skenk om veiligheidsnette te ontwikkel vir werkloses, beleid te formuleer wat werks- en inkomstemoontlikhede kan open en gesindhede en perspektiewe te verander van diegene wat hul bestaan in die informele sektor maak.

Trefwoorde: dagloners, werkloosheid, strukturele kwesbaarheid, sosiale geregtigheid, fundamentele menslike behoeftes


ABSTRACT

Within the context of growing unemployment and poverty in South Africa, it is important to investigate the vulnerability of people that make a living in the informal sector in order to develop supportive policies and structures.
The aim of the article was to explore the structural vulnerability of day labourers by comparing two case studies of day labourers in Emalahleni, a mining community in relative socio-economic decline, and the more socio-economically stable capital, Mbombela, in the province of Mpumalanga in South Africa.
Structural vulnerability, according to Du Toit (2005), is embedded in the social, political and economic organisation of a society, with the result that it will be extremely difficult for the person to escape poverty. The person will be unemployed, without any income, without any assets and thus very little social capital. The structurally vulnerable will also be exposed to unequal power relationships, social injustices, marginalisation and restrictive policy frameworks.
A comparable multi-case study research design was used in the study. Hundred and ten questionnaires were completed with the day labourers in the two cities, subsequently these were analysed and the results of the two case studies were then compared with each other. Max-Neef's matrix consisting of the finite nine Fundamental Human Needs (FHN) was used to be able to conduct a multidimensional analysis and to order and describe the data. The following results emerged:
SUBSISTENCE: The results show that 47% of the day labourers in both Mbombela and Emalahleni are exposed to food insecurity and go without food between 1-21 days per month. An NGO is available in Mbombela where food can be accessed but the day labourers in Emalahleni do not have access to other sources of food. Some individuals will provide food at times though
PROTECTION: In general, the day labourers in Mbombela experienced supportive relationships with the police, employers and public. In Emalahleni the day labourers experienced greater harassment from the police. They indicated that due to the fact that there are more immigrants, police will search and interrogate them for documents. Both groups experience that people look down on them as unemployed and dirty
UNDERSTANDING: As in other studies in South Africa, this study confirms the fact that a limited number of day labourers completed their schooling due to factors such as poverty, family problems, behavioural issues, and lack of documentation. It was interesting to note that more day labourers (24%) in Emalahleni completed schooling as opposed to 11% only in Mbombela. The reason may be sought in the fact that mines employ people with at least a matric
THE AFFECTION: Day labourers in Mbombela have to support 3,5 people on average and in Emalahleni on average 3,8 people are dependent on the day labourer. More day labourers in Mbombela are residing with their families while in Emalahleni most day labourers are not staying with their families and do not have the support of their families. One of the most significant forms of support is the support the day labourers receive from each other
CREATION: Day labourers in Mbombela are standing between 5-6 days per week on the curb sides waiting to be picked up for a job to earn an income while the relatively more desperate day labourers in Emalahleni wait between 6-7 days per week for work. In the previous week before the interviews the results also show that 48% of the day labourers in Mbombela were hired while only 38% of the day labourers in Emalahleni were hired during the week before the interviews
LEISURE: On the one hand day labourers do not have time for constructive leisure time if they stand between 5-7 days per week on the street corner, however it can also be argued that they have too much time while they wait for long hours. They indicated that although they know that they may not get a job, they still come with the hope that they may access a work and an income
FREEDOM: Day labourers have limited freedom, being unemployed, no income, in unequal power relationships and the pressure to be the provider of their families. For them standing on the street is a matter of "not having other options " and choices
PARTICIPATION: Being unemployed and standing on the streets to look for work give the day labourers very little bargaining power. Their participation level with the employers was directly related to their level of desperation. In Mbombela more day labourers indicated that they negotiate their wages, while the more desperate day labourers in Emalahleni tend to not negotiate wages
IDENTITY: Having the identity as the provider of the family, the day labourers experienced that they fail as provider if they are not able to access work. Not being able to access work and income result in some sleeping rough not to face the hungry family
The results indicated that the day labourers in Emalahleni are relatively more structurally vulnerable than the day labourers in Mbombela. They have less support systems and are more desperate and exposed to exploitation and harassment. Serious consideration should be given by all levels of government and the social service professions to create safety nets for the unemployed, formulate policy which can open employment and income opportunities and change the perspectives towards those making a living in the informal sector.

Key words: day labourers, unemployment, structural vulnerability, social justice, Max-Neef, fundamental human needs, Emalahleni, Mbombela


 

 

INLEIDING

Namate Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer (29%) groei (Statistics South Africa 2019) en die informele sektor uitbrei (Fourie 2018), is die implikasie dat die kwesbaarheid van werkloses toeneem, want hul kanse om enige formele werk te kry raak al hoe skaarser. Tienduisende mans (en in sommige gevalle vrouens) staan elke dag op die straathoeke van Suid-Afrika se dorpe en stede in die hoop om 'n tydelike werk vir 'n dag as 'n dagloner te kry. Heelwat is al geskryf oor dagloners in Suid-Afrika (Blaauw et al. 2018; Theodore et al. 2018; Mapendere 2019; Xweso 2019). Uit hierdie studies het dit duidelik geword dat die dagloner kwesbaar en gemarginaliseer is en baie min of geen steun van die staat en gemeenskap ontvang nie (Xweso 2019:148; Mapendere 2019:113). Daar bestaan basies geen sisteme en netwerke wat hulle ondersteun nie. Inteendeel, hulle is in sekere opsigte meer kwesbaar omdat hulle uitgebuit kan word deur byvoorbeeld die weerhouding van betaling nadat werk verrig is (Theodore et al. 2018:2). Hulle kan dus nie noodwendig staatmaak op sosiale geregtigheid nie (Fourie 2018).

Hierdie artikel het gepoog om te kyk na wat strukturele kwesbaarheid van dagloners behels. Twee groepe dagloners uit twee stede in Mpumalanga is gebruik as twee gevallestudies om te bepaal hoe die sosiaal-ekonomiese verskille van die twee dorpe die dagloners se kwesbaarheid beïnvloed. Die benadering van Max-Neef is gebruik as raamwerk vir die ontleding van die data om die strukturele kwesbaarheid van die dagloners holisties te verstaan; en om beleid en praktiese optrede voor te stel wat dagloners in staat kan stel om in hul eie behoeftes en dié van hul gesinne en ander afhanklikes te voorsien met die waardigheid en geregtigheid waarop hulle volgens die Grondwet geregtig is.

 

STRUKTURELE KWESBAARHEID

Volgens van Dillen (2002:64) word kwesbaarheid gesien as die toestand waar mense aan hoë risiko's blootgestel is en aan vorms van weerhouding wat hul welstand en/of selfs oorlewing bedreig. Chambers (2006:34) het daarin geslaag om die kompleksiteit van kwesbaarheid te beskryf as die situasie wanneer die persoon se bestaansmiddele bedreig word. Hy fokus op die analisering van die fisiese, finansiële, sosiale, persoonlike en omgewingskwesbaarhede asook die institusionele en beleidsaspekte wat kwesbaarhede en dus armoede kan vergroot. Hoe meer dimensies van die persoon of gemeenskap kwesbaar is, hoe minder gaan die bestaansmiddele volhoubaar wees. Strukturele kwesbaarheid verwys dus na n komplekse multidimensionele proses.

Volgens Du Toit (2005:14) is strukturele kwesbaarheid in die sosiale, politieke en ekono-miese organisasie van die gemeenskap gesetel en dit veroorsaak dat die persoon baie moeilik, indien ooit, uit armoede sal kan kom. Behalwe dat die persoon werkloos en dus inkomsteloos is, nie bates het nie, dalk ongeskoold mag wees, en min sosiale kapitaal het, is hy/sy ook blootgestel aan ongelykhede, sosiale ongeregtighede, marginalisering en beperkende beleids-raamwerke en instellings.

Strukturele kwesbaarheid word vererger deur die manier hoe ons oor mense praat wanneer hulle gesien word as byvoorbeeld lastig, krimineel, lui en vuil. Sodoende word die persoon gedevalueer en sy menswaardigheid afgetakel. Die struktureel kwesbare bly stemloos en onsigbaar (Freire 1998:104; Quesada et al.2011:340).

 

TEORETIESE RAAMWERK: MANFRED MAX-NEEF1 SE FUNDAMENTELE MENSLIKE BEHOEFTES (FMB)-BENADERING

Om ons in staat te stel om holisties en multidimensioneel na die strukturele kwesbaarheid van dagloners te kyk, is daar gebruik gemaak van Max-Neef (1991) se matriks in sy FMB-benadering. Pelenc (2014:2) is van mening dat Max-Neef se FMB-benadering help om holistiese inligting ten opsigte van die moontlike behoeftes en kwesbaarhede te weerspieël. Max-Neef was 'n Chileense ekonoom en omgewingskundige wat van mening was dat die ekonoom wat in armoede-omgewings werk, letterlik en figuurlik kaalvoet in die modder moet kan staan om te begryp wat die multidimensionaliteit van die kwesbaarhede van individue behels - vandaar die verwysing na Max-Neef as die "kaalvoet ekonoom" (Max-Neef 1992).

Max-Neef het die onderstaande matriks (sien Tabel 1) bestaande uit behoeftes en eksistensiële kategorieë ontwikkel waarvolgens mense se konteks en behoeftes holisties geanaliseer kan word.

 

 

Volgens Max-Neef (1991) is die FMB begrens en identifiseerbaar, en alle mense het hierdie basiese behoeftes. Dit is egter die bevredigers van die behoeftes wat uniek is en verskil van mens tot mens. Die bevredigers word bepaal deur die individu en sy/haar konteks (gesin, kultuur, geloof). Dikwels word bevredigers verwar met die behoefte. Om 'n motor te wil besit is nie 'n behoefte nie, maar om 'n motor te hê, kan 'n bevrediger van die behoefte aan identiteit, vryheid, ontspanning, skepping en selfs beskerming wees. Dit hang van die individu en sy konteks af. Van kritieke belang is dat in teenstelling met Maslow, die benadering van Max-Neef (1991) behoeftes nie sien as hiërargies nie (Pelenc 2014:3).

 

METODE

Die metode wat in die studie gevolg is, is 'n meervoudige gevallestudie-navorsingsontwerp (Baxter & Jack 2008) wat die navorsers die geleentheid gegee het om onderskeid en vergelykings te tref tussen die twee groepe dagloners in die twee stede in Mpumalanga. Mpumalanga is n provinsie met n verskeidenheid ekonomiese aktiwiteite soos onder andere mynbou, landbou en toerisme. Die rede vir die navorsing oor die dagloners in dié twee stede is gebaseer op die kwynende omvang van mynbou in stede soos Emalahleni. Die kwynende bydrae van mynbou tot die plaaslike ekonomie het 'n belangrike impak op kwesbare individue soos dagloners. Vandaar die fokus op die sosio-ekonomiese posisie van dagloners en die kwesbaarheid wat hulle daagliks ervaar. In die proses is onderhoude gevoer met 110 dagloners in die hoofstad van Mpumalanga, naamlik Mbombela en Emalahleni (die myngemeenskap).

In die onderhoude het ons gebruik gemaak van beide kwantitatiewe en verklarende kwalitatiewe vrae. n Vraelys, wat kwalitatiewe en kwantitatiewe vrae bevat, wat herhaaldelik in vorige landswye studies oor dagloners gebruik is (Blaauw et al. 2018;Theodore et al. 2018), het die basis gevorm van die metodologie van die studie. Vrae is geformuleer om die sosio-ekonomiese profiel van die dagloners te bepaal. Dit sluit onder andere die volgende in: inkomste, daaglikse strategieë wat hulle volg om werk te bekom en die interaksie met hulle families, werkgewers, publiek en mede-dagloners. Etiese klaring vir die studie is verkry van die Universiteit van Wes-Kaapland se Senaatsnavorsingskomitee. Daar is gebruik gemaak van afgestudeerde Maatskaplike Werk-studente van die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) wat in die twee stede woonagtig is en nog nie werk bekom het nie.2 Studente van Unisa wat in die stede bly, is dus die tale wat die dagloners praat, magtig, en kon gemaklik gesprekke met die dagloners in hulle eie taal voer en die vraelyste voltooi. Die veldwerkers is vooraf deeglik opgelei om die vraelyste in te vul. Die navorsers het saam met die veldwerkers beweeg om onsekerhede uit te klaar wat dalk na vore mag kom en om die veiligheid van die veldwerkers te verseker, aangesien sommige areas waar die dagloners staan nie altyd as veilig ervaar mag word nie. Die veldwerkers was grootliks vroulik. Die veldwerk vir die studie is voltooi gedurende Oktober 2018. In Emalahleni is 58 vraelyste voltooi terwyl 52 vraelyste in Mbombela voltooi is. Die vraelyste is deur die navorsers nagegaan vir moontlike foute of onduidelike antwoorde en in Excel opgeteken. Beide die kwalitatiewe en kwantitatiewe data is oorspronklik volgens die temas van Max-Neef ontleed. Uiteindelik is beide die kwantitatiewe en kwalitatiewe resultate aanvullend en ondersteunend/verklarend tot mekaar tematies aangebied.

 

PLEKKE VAN NAVORSING

Mbombela (voorheen Nelspruit) is die hoofstad van Mpumalanga en is geleë aan die noordoostekant van die provinsie in die warmer laeveld-gebied. Al die administratiewe staatskantore van die provinsie is dus daar geleë. Toerisme is as een van die hoofbronne van inkomste in die omgewing gesien. Volgens City of Mbombela (n.d.) is die bevolking van Mbombela 95% swart met 'n werkloosheidsyfer van 24.8% (2017), wat laer is as die nasionale werkloosheidsyfer.

Emalahleni, voorheen Witbank, is geleë op die Hoëveldstreek van Mpumalanga en het tot stand gekom vanweë die steenkoolmyne in die area. Daar is tans 22 steenkoolmyne in 'n radius van 40 kilometer rondom Emalahleni. Volgens die Munisipaliteit se 2017-Geïntegreerde Ontwikkelingsplan was tot soveel as 60% van die plaaslike ekonomie direk en indirek afhanklik van mynboubedrywighede en die opwekking van elektrisiteit vanuit steenkool (Emalahleni Municipality 2017). Die moontlike uitputting van hierdie hulpbronne is dan ook een van die grootste risiko's vir die Emalahleni-munisipaliteit. Volgens dié munisipaliteit het die stad se werkloosheidskoers van 27.3% in 2011 afgeneem tot 23.2% in 2015 (Emalahleni Municipality 2017).

 

RESULTATE

Die resultate is aangebied volgens die geïdentifiseerde temas en gekoppel aan die relevante FMB.

 

BESKRYWING VAN DIE DAGLONER

Uit die studies van Blaauw et al. (2018), Valenzuela et al. (2006), Theodore et al. (2018), Xweso (2019) en Mapendere (2019) blyk duidelik dat die dagloner in Suid-Afrika sowel as in die Verenigde State van Amerika relatief jonk is en gebruik word om harde hande-arbeid te verrig in onder andere die konstruksiebedryf, tuinwerk, plaaswerk en die op- en aflaai van trokke.

Die resultate in die studie het gewys dat die dagloners in beide stede almal swart mans is met n gemiddelde ouderdom van 37 jaar, met die oudste 57 en die jongste 19. Interessant is die feit dat die dagloners se gemiddelde ouderdom in Mbombela 40 teenoor die jonger 34 in Emalahleni is.

Die resultate dui verder aan dat 29,3% van die dagloners in Emalahleni en 11,2% in Mbombela immigrante is, wat proporsioneel baie minder is as byvoorbeeld die 56% van die dagloners in Tshwane wat immigrante is (Theodore et al. 2018:5).

Die analise van die Suid-Afrikaners se provinsie van herkoms mag iets aandui van binnelandse migrasie. Emalahleni het veel meer interne migrasie as Mbombela. 'n Kwart kom uit Limpopo na Emalahleni, maar net 7.3 % uit Limpopo na Mbombela. Laasgenoemde is feitlik almal binne Mpumalanga gebore (92.7%).

In totaal kom 39% van die Suid-Afrikaansgebore dagloners in Emalahleni uit ander provinsies. Die invloed van die mynbousektor verklaar dit. Histories was mynbou die sektor wat op trekarbeiders staatgemaak het (Theodore et al. 2018:2) en dit bied dalk nog die moontlikhede vir immigrante.

Werkloosheid en identiteit as versorger

Om werkloos (FMB 7) te wees, nie geld en kos huis toe te bring nie, staan lynreg teenoor die dagloner, in besonder swart mans, se identiteit en verpligting as broodwinner en versorger (Malinga 2015:128; Schwartz & Bhana 2009:14). Volgens Malinga (2015:185) is dit die dagloner se identiteit (FMB 8) as man, seun, versorger en vader wat hulle kwesbaarheid vergroot. As werkloses kan hulle nie hulle verpligtinge as versorgers ten volle nakom nie en is hulle nie die rolmodel wat hulle graag wil wees nie. Die rol as versorger het ook duidelik in hierdie studie na vore gekom:

.... omdat ek die broodwinner is. Ek is die een wat na die familie moet omsien nadat my pa oorlede is; en

Ek is die voorsiener van die gesin.

Mhlongo (2019:12) het in sy boek oor die bespreking van "Black Tax" aangedui dat in die Afrika-kultuur die verantwoordelikheid op veral die oudste kind rus om inkomste te genereer as die ouers nie daartoe in staat is nie.

In Mbombela het die dagloners aangedui dat gemiddeld 3,5 persone van hulle inkomste afhanklik is terwyl die gemiddelde in Emalahleni 4,8 was. Die minimum was die versorging van een persoon en die maksimum was tot 18 persone wat afhanklik was van die dagloner en sy inkomste. Afhanklikes van die dagloners sluit onder andere hul lewensmaats, eie en ander familielede se kinders in en dan ook uitgebreide familie soos ouers, sibbe en selfs neefs en niggies en ooms en tantes. Hierdie syfers is in ooreenstemming met die huishoudinggroottes in Suid-Afrika wat gemiddeld 3,3 is (Statistics South Africa 2019).

In gesprekke met die dagloners het dit duidelik geword dat die rol van versorger ernstig opgeneem word en dat hulle soms nie huis toe gaan (afhangende waar huis is) alvorens hulle die dag/maand/jaar geld verdien het nie. Hulle kan nie die teleurstelling of die honger gesin in die oë kyk nie. Hulle weet die kans om werk te kry is min, maar die dagloner kom daagliks na die straathoek om aan die afhanklikes te wys dat hulle wel 'n poging aanwend (FMB7). Die proses van werk soek word hierna bespreek.

Die werksoekproses/-strategie van die dagloners

Die kwantitatiewe resultate het dan ook hulle poging om werk te bekom, bevestig (FMB 7). Mbombela se dagloners staan gemiddeld vyf dae per week langs die straat op soek na werk, terwyl die dagloners in Witbank gemiddeld ses tot selfs sewe dae staan. Hierdie resultate verwys dan ook na die vele leë ure waarin daar nie gewerk of ontspan kan word nie (FMB 9). Die dae hou eerder spanning in aangesien hulle telkens teleurstelling ervaar as hulle nie werk kry nie.

Dit blyk verder dat in Mbombela die dagloners gemiddeld 4,5 jaar al langs die pad staan op soek na werk, terwyl die dagloners in Emalahleni gemiddeld reeds 5,4 jaar staan en steeds 'n dagloner is.

Om as voorbeeld uit te lig hoe min die dagloners in werklikheid in diens geneem word, is die volgende tabelle insiggewend. Die vraag wat aan die dagloners gevra is, is om aan te dui hoeveel kere hulle werk in die voorafgaande week gekry het:

 

 

Slegs 48% (25 uit 52) van die dagloners in Mbombela het enige vorm van werk gehad die vorige week. Dit is opmerklik dat die respondente wat meer dae werk gehad het, die dagloners is wat meer vaardighede het soos om teël-, verf- en elektriese werk te kan doen. Diegene wat nie spesifieke vaardighede het nie, kry klaarblyklik minder werk.

In Emalahleni het slegs 38% (22/58) van die dagloners werk gekry die vorige week wat hulle gestaan het, wat 10 persentasiepunte minder is as dié wat in Mbombela gestaan het. Dit beteken dat 62% van die dagloners in Emalahleni nie daardie bepaalde week in diens geneem is nie. Dit is weereens 'n verdere illustrasie van die strukturele kwesbaarheid van die dagloners. Hierdie kwesbaarheid is relatief groter in gemeenskappe soos Emalahleni wat hoofsaaklik afhanklik is van 'n kwynende mynboubedryf, teenoor Mbombela wat staatmaak op meer diverse ekonomiese aktiwiteite.

Verdere resultate het aangedui dat 63.4% van die dagloners in Mbombela en 71% van die dagloners in Emalahleni voorheen 'n formele werk gehad het. Interessant is dat nie minder nie as 37% van die dagloners in Emalahleni wat wel 'n werk gehad het, hul werk verloor het, direk as gevolg van n afname in mynboubedrywighede. Die impak van strukturele werkloosheid en die gepaardgaande strukturele kwesbaarheid op die dagloners in Emalahleni is in hierdie resultate te sien. Strukturele werkloosheid word veroorsaak deur industriële herorganisering. Die gevolg is dat werkers se vaardighede uitgedien en oorbodig raak (McConnell et al. 2009).

 

 

Ten spyte van die feit dat die dagloner nie n groot kans het om werk te kry nie, het hulle in ons studie dit duidelik gestel dat:

Ek kom eerder as om tuis te bly

Dit is beter om hier te kom as om by die huis te bly

Uit waarnemings het dit geblyk dat die dagloners na die groot druk van werk soek verby is, nie altyd huiswaarts keer nie, maar sal aanbly in die hoop dat nog n werk vir die dag of die volgende dag inkom. By sommige bouhandel-winkels sal hulle wag tot die winkel toemaak voor hulle huiswaarts keer.

Die inkome en bestaansmiddele van die dagloners

In Emalahleni verdien dagloners minder as hul eweknieë in Mbombela. Dagloners is in beide stede gevra om aan te dui hoeveel hulle in die maand voor die opname verdien het. In Emalahleni was die gemiddeld R1 357.50 en die mediaan R525. Hierteenoor was die gemiddeld in Mbombela R1 502.16 en die mediaan R1 000. Selfs in maande wat deur die dagloners as "slegte maande" beskryf word, vaar die dagloners in Emalahleni swakker. Hier is hul gemiddelde inkome dan R652 met 'n mediaan van R300. In Mbombela is die gemiddeld R706 en die mediaan R450, onderskeidelik. Die dagloners in Emalahleni is dus struktureel meer kwesbaar ook in terme van inkome (FMB 1). Die gebrek aan werk en inkome het direk tot gevolg dat die dagloners nie in die FMB ten opsigte van bestaansbehoefte (FMB 1) kan voldoen nie, soos voedsel en behuising.

Die gebrek aan die basiese bestaansmiddele is baie duidelik in beide die stede. Uit die totale 110 respondente het 47% aangedui dat hulle tussen een en 21 dae in 'n maand al sonder kos moes gaan slaap. Daar is ook nie voldoende familie- en/of gemeenskapsondersteuning-sisteme om veiligheidsnette te vorm nie. Die dagloner is dikwels die enigste broodwinner en as hy nie 'n inkomste kry nie, sal die gesin ook honger ly. Malinga (2015:114) het in haar kwalitatiewe studies van die dagloners hierdie aspek bevestig.

Uit die twee groepe dagloners blyk die verskil wat kerke en/of nie- regeringsorganisasies (NRO's) kan maak duidelik, soos Rooderick et al. (2016) in Soweto gevind het, naamlik dat die betrokkenheid van NRO's 'n betekenisvolle verskil maak aan die bestaan van die kwesbare gesinne. Mbombela het n middestad-bediening wat voedsel voorsien aan haweloses en die dagloners kan ook daagliks daar 'n middagete gaan geniet. Daar is wel gevind dat die dagloners wat op straathoeke te ver van die kerk staan, dalk nie altyd die staanplek wil verlaat nie omdat hulle n werksgeleentheid mag mis, of dis net te ver om daarheen te loop. In Emalahleni het die dagloners geen aktiewe organisasie aangedui wat hulle ondersteun nie. Enkeles het gemeld dat daar enkele individue is wat vir hulle soms kos sal gee.

Somtyds gee goeie mense vir ons kos

Partykeer sal die motoriste stop en vir ons kos gee

Die gebrek aan toegang tot iets so basies soos voedsel is egter kommerwekkend en toon dat kollektiewe ubuntu-samelewings nie meer geredelik beskikbaar is nie (FMB 3). Max-Neef (1992) het sy wesenlike kommer uitgespreek oor die sogenaamde ontwikkelde samelewings wat kollektiewe versorging vernietig het. Daarbenewens meld Sekudu (2019:106) dat onder andere kolonialisme en materialisme Afrika en in besonder Suid-Afrika verdeel het en mense in vrees laat lewe vir mekaar. Daar is nie meer die strewe na eenheid en kollektiewe versorging nie. Kwesbare mense word in besonder negatief geraak deur die gebrek aan toegeneentheid (FMB 3) en deelname (FMB 5).

Om toegeneentheid (FMB 3) en deelname (FMB 5) te eksploreer is 'n verdere vraag aan die dagloners gestel, naamlik of hulle deel is van n groep mededagloners wat na mekaar omsien. In Mbombela het 90% van die dagloners aangedui dat dit wel die geval is, teenoor die 74% wat in Emalahleni voel dat hulle deel van 'n groep is waarop hulle kan steun. In beide stede ondersteun hulle mekaar om werk te kry en deel hulle wel voedsel en soms inkomste (FMB 1). Die dagloners het ook verduidelik dat as een werk of kontak met 'n werkgewer het, sal hulle dié wat hulle ken ook voorstel om in diens geneem te word. Die vriende wat hulle saamnooi, volgens Mapendere (2019), is dan gewoonlik uit die vriendekring of van dieselfde land of provinsie van herkoms.

Uit ons studie is die volgende gedeel:

As my werkgewer nog 'n persoon benodig, dan kies ek een van hulle (met verwysing na sy mededagloners van Zimbabwe).

Verstommend is hul bereidheid om wel geld te leen of te deel indien hulle het:

Ek gee geld as hulle dit nodig het... en voeg hy by... as ek het.

Dit lyk dus of die gees van Ubuntu steeds onder die dagloners te vinde is (FMB 1,3, 8). Sekudu (2019:107) verduidelik dat die begrip Ubuntu in die Nguni-tale in Suid-Afrika vertaal kan word met die woord menslikheid/medemenslikheid. Hierdie medemenslikheid verwys na die positiewe eienskappe van wat dit beteken om n mens te wees, soos om te behoort, onselfsugtigheid, mededeelsaamheid, nederigheid en respek. Ubuntu word gesien as een van die karaktertrekke van die Afrika-samelewings. Ubuntu impliseer dat elke persoon aan 'n gemeenskap behoort en die verantwoordelikheid het om na mekaar se welstand om te sien.

Die dagloners se gebrek aan behoorlike behuising (FMB 1) het ook na vore gekom.

Taylor en Triegaardt (2018:113) dui aan dat Suid-Afrika se bevolkingsgroei tussen 2000-2015 slegs 1,4% was, van die laagstes in Afrika, maar die bevolking het in absolute terme met 10 miljoen mense toegeneem as gevolg van migrasie uit hoofsaaklik ander Afrikalande as gevolg van politieke en ekonomiese onstabiliteit in die lande van oorsprong (Theodore et al. 2018:2). Daarbenewens is immigrasie en verstedeliking deel van die politieke en sosio-ekonomiese landskap van Suid-Afrika. In besonder het die histories gedwonge migrasie en verskuiwings onder die apartheidsregering ook bygedra tot verstedeliking, gesegregeerde woongebiede en tekort aan behuising (FMB 3,8). Arm immigrante woon dan ook gewoonlik in die buitestedelike (peri-urban) informele woongebiede onder moeilike omstandighede (Taylor & Triegaardt 2018:121). Dit is dus insiggewend dat die dagloners in Mbombela grootliks in baksteen-geboude sosiale behuising (71.2%) woon teenoor die meer informele soorte behuising (91,4%) waarbinne die dagloners in Emalahleni woon. Slegs 8.6% van die dagloners in Emalahleni woon in baksteenhuise. Een van die moontlikhede in Emalahleni is dat dit, omdat dit 'n myndorp is, moontlik persone op soek na werk lok. Dit was ook tydens die studie sigbaar dat daar in die een gebied waar dagloners teenwoordig was, n informele nedersetting is wat die dagloners maklike toegang gegee het na die meer gegoede buurt waar hulle gestaan het met die hoop om werk te bekom.

Opvoeding en Opleiding

Volgens The Economist (2017) word Suid-Afrika vandag gesien as n land met een van die swakste onderwysstelsels ter wêreld. Volgens The Economist (2017) kan 27% van die leerlinge wat vir ses jaar skoolgegaan het, steeds nie lees nie. Slegs 37% van die kinders wat skool begin het, slaag matriek en slegs 4% ontvang n universiteitsgraad.

Gegewe Suid-Afrika se werkloosheidskrisis is dit baie moeilik vir iemand sonder goeie kwalifikasies om werk in die formele sektor te kry. Die vlak van skoolopleiding van die dagloners is oor die algemeen laag en is een van die vernaamste redes waarom hulle in die informele arbeidsmark n kwesbare bestaan probeer voer.

Net meer as 11.6% van die respondente in Mbombela het hul matriek geslaag, met drie (5.8%) dagloners wat ook n naskoolse kwalifikasie voltooi het. Een dagloner het geen skoolopleiding nie, met onderskeidelik 15.4% en 7.7% wat gedeeltelike laerskoolopleiding en graad 7 voltooi het. Feitlik ses uit elke tien respondente (57.7%) het slegs gedeeltelike hoërskoolopleiding voltooi.

In Emalahleni is die vlakke van skoolopleiding eweneens nie goed nie, maar merkbaar beter as dié van Mbombela. Ongeveer 8.6% van die respondente het gedeeltelike laerskoolopleiding; een uit elke tien (10.4%) dagloners het graad 7 voltooi; ongeveer 57% het hulle hoërskoolopleiding gedeeltelik voltooi en minder as n kwart (24.1%) van die respondente het matriek geslaag.

Uit die vraag na waarom hulle skool verlaat het alvorens hulle graad 12 klaar gemaak het, is die volgende temas soos vervat in Tabel 4 geïdentifiseer, wat klem lê op die gebreke in die FMB 2, 4, 8 en 9):

 

 

Hierdie aspekte, soos in die tabel vervat, het al herhaaldelik ook in die vorige studies van die dagloners in Suid-Afrika (Blaauw et al. 2018; Mapendere 2019; Xweso 2019) na vore gekom.

Die dagloners se opmerkings moet ook gesien word teen die agtergrond van die MIV/ vigs-pandemie wat vele kinders wees gelaat het en steeds sy tol eis. Tans lewe 7,7 miljoen Suid-Afrikaners met MlV/vigs (Taylor &Triegaardt 2018:37). Vele gesinne waar die ouer kind die rol as die hoof van die gesin moet oorneem, het kinders gedwing om die skool te verlaat en werk te soek. Onrusbarend is weer die verwysing dat daar geen vangnet in die gemeenskappe bestaan wat die kinders kon opvang en voorthelp op hulle ontwikkelingspad nie (FMB 2,3.4). In die studie van Lombe en Ochumbo (2008:684) is ook bevind dat dit nie slegs die gebrek aan Ubuntu is wat die kinders onversorgd laat nie, maar dat in sekere, veral arm, gemeenskappe n versadigingspunt bereik is om kinders op te neem en te versorg.

In die studies oor dagloners (vgl. Blaauw et al. 2018:7) is gevind dat die dagloners nie graad 12 slaag nie en nie kan bekostig om nog n jaar terug te gaan skool toe nie. Die familie verwag dan dat die kind inkomste moet begin genereer wat aansluit by die "Black Tax"-gedagte van Mhlongo (2019). Die swak skoolsisteme soos reeds uitgewys (The Economist 2017) dra daartoe by dat sukkelende leerders nie ondersteun en beskerm kan word nie (FMB 2,3,4).

Schwartz en Bhana (2009:6) beklemtoon dat in die onderhoude wat gevoer is met jongmans wat kinders verwek het terwyl hulle op skool was, genoem is dat hulle verplig word en voel om te gaan werk om vir die kind te sorg. Volgens Malinga (2015:114), moet jy as jy n man is, verantwoordelikheid neem vir die betaling van die "skade" wat aangerig is (FMB 8).

Toegeneentheid, geborgenheid en deelname

Een van die vrae wat gevra is, het gehandel oor hulle blootstelling aan en verhouding met die polisie, verkeerspolisie en die publiek.

In Mbombela was die ervaringe van die polisie en verkeerspolisie oor die algemeen positief en het die respondente aangedui dat hulle toegelaat word om op die straathoeke te staan en hulle in vrede gelaat word. Wat veral van belang is, is opmerkings soos:

Die polisie respekteer ons en kyk of ons veilig is;

Hulle (die polisie) soek net mense wat hulle nie gedra nie; en

Die polisie is vriendelik en laat ons toe om hier te staan.

Een dagloner wat in die omgewing van 'n polisiestasie gestaan het, het aangedui dat:

Die polisie gee vir ons water en laat ons toe om hulle toilette te gebruik.

Dit beteken dat daar tog n ervaring is dat daar vir hulle omgegee word en hulle veiligheid in ag geneem word (FMB 2,3).

In teenstelling met die algemene positiewe ervaring van die polisie in Mbombela, is die ervaringe van die dagloners met die polisie in Emalahleni meer negatief. Dit kan onder andere te make hê met die feit dat daar meer buitelanders in Emalahleni teenwoordig is en die polisie op soek is na onwettige of ongedokumenteerde immigrante. Opmerkings soos die volgende bevestig dit:

Die polisie behandel my sleg omdat ek nie 'n ID het nie;en

Die polisie behandel ons sleg, want hulle wil ons paspoorte sien.

Die polisie behandel ons sleg, veral wanneer hulle ons paspoorte wil sien. Hulle gooi dit neer nadat ons dit vir hulle gegee het.

Die dagloners het ook opgemerk dat hulle gesien en behandel word as moontlike dwelmsmokkelaars omdat hulle vuil is en/of as kriminele beskou word:

Die polisie vra waarom ons hier staan en hulle deursoek jou veral as jy lelik en vuil is. Hulle (die polisie) vra wat ons doen, hulle soek of ons dwelms het vir onsself of om te verkoop.

Die polisie van die munisipaliteit neem my pamflette en my kos.

Die opmerkings dui op die misnoeë en vernedering waarmee die dagloner behandel word, maar tog het van hulle aangedui dat hulle ervaar dat

die polisie ons beskerm.

Uit van die opmerkings wat die dagloners gemaak het oor hul verhouding met die gemeenskap, is daar aanduidings van relatief goeie verhoudings, maar tog ervaar hulle steeds dat hulle onsigbaar is:

hulle gaan verby en kyk nie eers na ons nie.

hulle behandel ons nie sleg nie, maar sien neer op ons.

Goed, sommige sal selfs vir ons kos koop; ander is vrygewig; en hulle respekteer ons en gee R20 om kos te koop.

Daarteenoor is ook die kwetsende gedrag van die publiek soos:

Hulle (die publiek) kyk na ons asof ons ape of mal is. Hulle praat nie met ons nie; hulle lag vir ons, en omdat daar inbrake in die omgewing is, hou die mense nie daarvan dat ons hier staan nie.

Hulle praat nie met ons nie

Die publiek lag vir my omdat ek nie 'n behoorlike werk het nie.

Die dagloners is ook gevra wat hul ervaringe is van hoe die werkgewers hulle behandel. Die antwoorde het gewissel van:

Goed, tot baie goed, ek kry bonusse tot sommige is sleg en ongeskik, goed, maar ander betaal ons nie al het ons die werk gedoen

tot meer negatiewe ervaringe soos

hulle betaal ons nie goeie lone nie.

Die dagloners in beide stede se kommentaar oor die werkgewers was oor die algemeen meer positief as negatief, maar nie sonder die gruverhale soos deur die dagloners met Xweso (2019) en Mapendere (2019) gedeel oor kere waar hulle soms onbetaald gelaat word nie (FMB 3).

Interessant genoeg het 85% van die dagloners in Mbombela voldoende selfvertroue gehad om met die werkgewer oor n loon te onderhandel voordat hulle in diens geneem word (FMB 5,9). Meer van die dagloners het dus die selfvertroue om te onderhandel, wat hulle minder kwesbaar maak vir uitbuiting.

In Emalahleni is die prentjie anders. Hier het slegs ongeveer die helfte (51%) van die dagloners aangedui dat hulle wel voor die tyd oor n loon onderhandel. Dit is n verdere weerspieëling van die relatief swakker ekonomiese situasie in Emalahleni en gevolglike groter magteloosheid en strukturele kwesbaarheid van dagloners in Emalahleni. Hulle is so desperaat om in diens geneem te word dat hulle nie die risiko wil neem om dalk n werksgeleentheid te verloor in n poging om vir hulle loon te onderhandel nie (FMB 9).

Dit maak dan ook sin dat slegs 22% van die dagloners in Emalahleni, teenoor die 29% dagloners in Mbombela, n moontlike werk vir die dag weggewys het. Dit is weereens toe te skryf aan die relatief beter ekonomiese toestande in Mbombela in vergelyking met dié in Emalahleni.

In die gevalle waar die dagloners redes gegee het waarom hulle wel werk weggewys het, het dit by uitstek gegaan oor swak betaling deur die werkgewers. Die identiteit en selfwaarde van die dagloner word behou wanneer hulle onderhandel (Malinga 2015).

Die negatiewe houding van die werkgewers, polisie en publiek en boonop swak betaling, laat die dagloner in 'n magtelose verhouding (FMB 5) en dra by tot die strukturele kwesbaarheid van die dagloners (Du Toit 2005; Quesada et al. 2011; Xweso 2019). Taylor en Triegaardt (2018:65) stel dit duidelik dat die kwesbaarheid van die persoon verhoog wanneer hulle magteloos is teenoor viktimisasie.

n Finale vraag het van die dagloners gevra om hul subjektiewe welstand op n skaal van 1 tot 10 aan te dui. Op hierdie skaal verteenwoordig 1 die mees ongelukkige welstandsvlak, en 10 die beste moontlike vlak.

 

 

Die mediaan van beide verspreidings is 3. Die gemiddelde waarde van subjektiewe welstand is 3.4 vir Emalahleni en 3.6 vir Mbombela se dagloners. Die verspreiding van die waardes wat dagloners aan hul subjektiewe welstand toeken, spreek tot die strukturele kwesbaarheid wat hulle ervaar gegewe hul onsekere sosiaal-ekonomiese bestaan en status. Uit die verspreiding wil dit lyk asof die dagloners in Emalahleni hul vlakke van welstand as relatief swakker beleef in vergelyking met hul eweknieë in Mbombela. Nie minder nie as 38.6% van die dagloners in Emalahleni beskryf hul subjektiewe welstand as 1 (die laagste moontlike kategorie) teenoor 27% vir dieselfde kategorie in Mbombela. Dit is n verdere weerspieëling van die relatief swakker ekonomiese toestande in Emalahleni, waar die dagloners ook die impak beleef van myne en verwante bedrywe wat sluit teenoor die meer gediversifiseerde ekonomie van Mbombela.

Welstandservaringe word ook gekoppel aan geborge verhoudings (Diener et al. 2003:418), wat kennelik tot n mindere mate deur die dagloners ervaar word. Om daagliks ure langs die pad te wag sonder om werk te kry en enige inkomste te verdien kan ook deel van die verklaring wees. Blaauw et al. (2019:10) het in hulle studie na die welstandservarings van die afval-herwinnaars gevind dat toegang tot afval, wat verhoogde inkomste lewer, toegeneentheid en geborgenheid skep wat direk verband hou met positiewe welstandservaringe. So ook was subjektiewe welstandservaring van die dagloners wat beter inkomste verdien het beter as dié van dagloners wat minder toegang tot werk en verdienste het, soos vervat in Blaauw et al. (2018). Dit hou dan ook direk verband met die moontlikheid en hulle gevoel van manlikheid om vir hulle afhanklikes te kan sorg (Malinga 2015:115).

In die vraelys is die vraag aan die dagloners gevra waarom hulle nog steeds op die straathoek staan ten spyte van die feit dat hulle so min werk bekom soos onder FMB 7 aangedui:

Die hoop waarmee die dagloner lewe was verbysterend, veral dié in Emalahleni wat nog meer kwesbaar is. Slegs 6% van die dagloners in Mbombela, maar 49% van die dagloners in Emalahleni het egter steeds aangedui dat dit vir hulle beter is om hier te kom staan omdat hulle steeds hoop het:

Ek dink dat miskien eendag sal ek 'n werk kry

Hou aan om te hoop dat dinge eendag sal uitwerk

Ek kan nie hoop verloor nie

Afgesien van die feit dat daar 'n gesin is wat versorg moet word, is dit nog hoop wat hulle dra, al gaan hulle meeste van die dae met leë hande huis toe.

Max-Neef (1991) beskou vryheid (FMB 9) as 'n belangrike aspek vir die mens se welstand - om self keuses te kan maak om die lewe te kan lei wat jy graag sou wou. Die lae indikasie van welstandservaring kan ook tekenend wees van die strukturele kwesbaarheid en gebrek aan ervaring van vryheid en keuses wat die dagloners ervaar, soos een dan ook tereg opgemerk het:

Ek het geen keuse as om hier te staan. Ek het nie ander opsies nie.

 

GEVOLGTREKKING

Quesada et al.(2011:340) beskou strukturele kwesbaarheid wanneer makro-strukture direk 'n invloed op die kwesbaarheid van die individue het. Chambers (2006:38) en Du Toit (2005:26) verwys ook na die komplekse eksterne faktore wat mense verhoed om uit armoede te kom om geen veiligheidsnette te hê nie, blootgestel te word aan uitbuiting, ongebalanseerde magsverhoudings, beleidsraamwerke en instansies wat eerder beperkend as bevrydend is. Die resultate het die strukturele kwesbaarheid van die dagloners uitgelig en die matriks van Max-Neef se raamwerk het gehelp om hierdie ontleding multidimensioneel aan te dui.

Die doel van die artikel was dan ook om n vergelyking te tref tussen die kwesbaarhede van die dagloners in Mbombela en dié van dagloners in die kwynende myndorp Emalahleni. Dit het uit die resultate duidelik geblyk dat die dagloners in Emalahleni in n swakker sosio-ekonomiese posisie is en dan ook meer kwesbaar is. Hulle kry minder werk, minder inkomste, is meer desperaat, onderhandel minder vir hul loon, woon in swakker omstandighede, en ervaar minder geborgenheid. Beide groepe het min of geen veiligheidsnette in die gemeenskap, ondersteunende instansies en fasiliterende beleidsraamwerke nie. Onder sommige dagloners is hulle mekaar se ondersteuningsisteem.

Ernstige aandag sal geskenk moet word deur onder andere maatskaplike diens-professies om veiligheidsnette te ontwikkel vir persone wat 'n bestaan in die informele ekonomie probeer maak, deur beleid te formuleer wat werks- en inkomstemoontlikhede kan open en gesindhede en perspektiewe verander teenoor diegene wat hul bestaan in die informele sektor maak. Die menswaardigheid en self-waarde van die dagloner is hiervan afhanklik, sowel as die samehorigheid van die gemeenskappe en die welstand van die breër samelewing. Suid-Afrika smag na kaalvoetpolitici, beleidmakers, en akademiese en professionele persone.

 

ERKENNING#

Marianne Matthee erken hiermee ondersteuning van die Nasionale Navorsingstigting van Suid-Afrika (Beursnommer 118762) vir die navorsingsprojek. Enige mening, bevinding en gevolgtrekking of aanbeveling in hierdie studiemateriaal is dié van die outeurs en die NNS aanvaar geen verantwoordeikheid daarvoor nie.

 

BIBLIOGRAFIE

Baxter, P. & Jack, S. 2008. Qualitative case study methodology: Study design and implementation for, novices. The Qualitative Report, 13(4):544-559.         [ Links ]

Blaauw, D., Viljoen, K. & Schenck, R. 2011. "Life is not pap en Vleis": Poverty in Child Headed Households in Gauteng. Social Work/Maatskaplike Werk, 47(2):138-154.         [ Links ]

Blaauw, P.F., Botha, I. & Schenck, C.J. 2018. The subjective well-being of day labourers in South Africa: The role of income and geographic location. South African Journal of Economic and Management Sciences, 21(1):1-11.         [ Links ]

Blaauw, P., Pretorius, A., Viljoen, K. & Schenck, R. 2019. Adaptive expectations and subjective well-being of landfill waste pickers in South Africa's Free State Province. Urban Forum, DOI 10.1007/s12132-019-09381-5.         [ Links ]

Chambers, R. 2006. Vulnerability, Coping and Policy (Editorial Introduction). Institute for Development Studies (IDS) Bulletin, 37(4):33-40.         [ Links ]

City of Mbombela. n.d. Draft Integrated Development Plan (IDP) 2017-2022, https://www.mbombela.gov.za/draft%20idp%20for%202017-2022.pdf[28 Julie 2019].         [ Links ]

Diener, E., Oishi, S. & Lucas R.E. 2003. Personality, Culture, and Subjective well-being: Emotional and Cognitive Evaluations of Life. Annual Reviews, 54(1):403-425.         [ Links ]

Du Toit, A. 2005. Chronic and structural poverty in South Africa: Challenges for action and research. University of the Western Cape (UWC), Programme for Land and Agrarian Studies (PLAAS) Working Paper 6.         [ Links ]

Emalahleni Municipality. 2017. Intergrated [sic] Development Plan (IDP) 2017/18-2021/22. https://cogta.mpg.gov.za/IDP/2017-22IDPs/Nkangala/Emalahleni2017-22.pdf[26 Julie 2019].         [ Links ]

Fourie, F.C.v N. 2018. Creating jobs, reducing poverty 1: Why the informal sector should be taken seriously and enabled properly. http://www.econ3x3.org/article/creating-jobs-reducing-poverty-i-why-informal-sector-should-be-taken-seriously-and-enabled [26 Julie 2019].         [ Links ]

Freire, P. 1998. Pedagogy of Freedom: Ethics, Democracy and Civic Courage Boston: Rowman and Littlefield.         [ Links ]

Lombe, M. & Ochumbo, A. 2008. Sub-Saharan Africa's orphan crisis: Challenges and opportunities. International Social Work, 51(5):682-698.         [ Links ]

Malinga, M. 2015. Precarious employment and fathering practices among African men.Unpublished PhD thesis, University of South Africa, Pretoria.         [ Links ]

Mapendere, P. 2019. Exploring risks and resilience experienced by day labourers at a hiring site in Cape Town. Unpublished Master dissertation, University of the Western Cape, Cape Town.         [ Links ]

Max-Neef, M. 1991. Human Scale Development: Concepts, Applications and Reflections. New York: The Apex Press.         [ Links ]

Max-Neef, M. 1992. From the outside looking in: Experiences in 'Barefoot Economics''.http://www.daghammarskjold.se/wp-content/uploads/2014/08/From_the_outside_looking_in.pdf[26 Julie 2019].         [ Links ]

McConnell, C.R., Brue, S.L. & Macpherson, D.A. 2009. Contemporary Labor Economics. New York: McGraw-Hill.         [ Links ]

Mhlongo, N. 2019. Black Tax: Burden or Ubuntu. Cape Town: Jonathan Ball.         [ Links ]

Pelenc, J. 2014. Combining the capability approach and Max-Neef's needs approach for a better assessment of multidimensional well-being and inequalities: A case study perspective with vulnerable teenagers of the region of Paris (France). Munich Personal RePec Archive, Paper 66278.         [ Links ]

Quesada, J., Hart, L.K. & Bourgois, P. 2011. Structural Vulnerability and Health: Latino Migrant Laborers in the United States. Medical Anthropology, 30(4):339-362.         [ Links ]

Rooderick, M., Blaauw, P.F. & Schenck, R. 2016. The economic impact of NGOs on the well being of extended households in Soweto. Social Work Practitioner Researcher, 28(3):221-235.         [ Links ]

Schwartz, S. & Bhana, A. 2009. Teenage Tata: Voices of young fathers in South Africa. Pretoria: HSRC Press.         [ Links ]

Sekudu, J. 2019. Ubuntu. In van Breda, A. & Sekudu, J. (eds). Theory for decolonial Social Work practice. Cape Town: Oxford University Press.         [ Links ]

Statistics South Africa. 2019. Quarterly Labour Force Survey Q2 2019. Pretoria: Regeringsdrukkers.         [ Links ]

Taylor, V. & Triegaardt, J.D. 2018. The Political Economy of Social Welfare in Africa: Transforming policy through practice. Cape Town: Oxford University Press.         [ Links ]

The Economist. 2017. South Africa has one of the world's worst education systems: Why is it the bottom of the class? 7th January. https://www.economist.com/middle-east-and-africa/2017/01/07/south-africa-has-one-of-the-worlds-worst-education-systems[26 Julie 2019].         [ Links ]

Theodore, N., Pretorius, A., Blaauw, D. & Schenck, C. 2018. Informality and the context of reception in South Africa's new immigrant destinations. Population, Space and Place, 24(3):1-10,e 2119. https://doi.org/10.1002/psp.2119.         [ Links ]

Valenzuela, A., Theodore, N., Meléndez, E., Gonzales, A.L. 2006. On the corner: day labor in the United States. Unpublished report, Centre for the Study of Urban Poverty, UCLA, Los Angeles.         [ Links ]

Van Dillen, S.A. 2002. A measure of vulnerability.Geographiva Helvetica, 57:64-77.         [ Links ]

Xweso, M.P. 2019. Challenges and lived experiences of day labourers in East London. Unpublished Masters Dissertation, University of the Western Cape.         [ Links ]

 

 

Ontvang: 2019-08-12
Goedgekeur:
2020-01-20
Gepubliseer: Maart 2020

 

 

 

Rinie Schenck beklee tans die DWI/NNS/ WNNR-Leerstoel in Afval en die Samelewing aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy is ook 'n NNS gegradeerde navorser. Voordat sy by UWK begin werk het, was sy 25 jaar aan Unisa en 6 jaar aan die Universiteit van Pretoria (UP) verbonde. Haar navorsing is gerig op armoede, werkloosheid en in besonder op die persone wat 'n bestaan probeer maak in die informele ekono-mie. Professor Schenck en haar navorsingspan gee veral aandag aan die dagloners en vullisher-winners. Sy het reeds wyd in nasionale en inter-nasionale tydskrfte gepubliseer oor die bepaalde onderwerp.
Rinie Schenck holds the DST/NRF/CSIR Chair in Waste and Society at the University of the Western Cape. She is also a NRF rated researcher. Prior to UWC she lectured at Unisa for 25 years and 6 years at the University of Pretoria (UP). Her research focus is on poverty, unemployment and in particular on people who are making a living in the informal economy, including day labourers and waste pickers. She has published extensively in national and international journals.

 

 

Derick Blaaitw is 'n professor in die Skool vir Ekonomiese Wetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom-kampus). Voor sy huidige pos het hy ekonomie aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) gedoseer asook aan die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) en die Soweto- en Bloemfontein-kampusse van Vista Universiteit. Professor Blaauw se navorsing is hoofsaaklik op arbeids- en ontwikkelingseko-nomie gerig. Sy huidige werk is toegespits op die sosio-ekonomiese dinamika van kwesbare groepe in die informele ekonomie, insluitend karwagte, dagloners en vullisherwinners. Ander navorsings-terreine sluit die rol van arbeidsmakelaars in Suid-Afrika se arbeidsmark in. Professor Blaauw het reeds wyd in geakkrediteerde plaaslike en inter-nasionale joernale gepubliseer sowel as in kon-ferensie- en navorsingspublikasies by plaaslike en internasionale geleenthede. Hy het tans 'n C3 NNS-gradering.
Derick Blaauw is professor in the School of Economic Sciences at the North West University in Potcefstroom. Prior to taking up this position, he lectured economics at the University of Johannesburg (UJ), Rand Afrikaans University (RAU) and at the Soweto and Bloemfontein Campuses of Vista University. Professor Blaauw's research interests are mainly in the field of labour and development economics. His current work focusses on the socio-economic dynamics of vulnerable groups in the informal economy, such as car guards, day labourers and waste pickers. Other areas of research include the role of labour brokers in South Africa's labour market. Professor Blaauw has an extensive list of publications in accredited national and international journals, as well as conference and research papers presented at local and international events. He currently holds a C3 NRF rating.

 

 

Marianne Matthee is 'n Professor en voltydse falkulteitslid by die Universiteit van Pretoria se Gordon Institute of Business Science (GIBS). Sy bied makroekonomie aan en is by nagraadse studieleiding betrokke. Marianne het in Oktober 2018 by GIBS aangesluit. Voorheen het sy vir 12 jaar by Noordwes-Universiteit beide Ekonomie en Internasionale Handel aangebied. Sy het daar ook as programleier vir Internasionale Handel gedien. Marianne se navorsingsfokus is in inter-nasionale handel, spesifiek die bestudering van uitvoer op 'n firma-vlak. Sy het tans 'n C3 gradering van die NNS.
Marianne Matthee is a Professor and fulltime faculty member at the Gordon Institute of Business Science (GIBS) of the University of Pretoria. She lectures in macroeconomics and is involved in postgraduate supervision. Prior to joining GIBS in October 2018, Marianne lectured at North-West University for 12 years in both Economics and International Trade where she also served as the programme leader for International Trade. Her research focus is on the field of international trade, particularly studying exports on firm-level. Marianne holds a C3 rating from the NRF.
1 Hierdie artikel word opgedra aan Max-Neef wat op 8 Augustus 2019 oorlede is tydens die skryf van die artikel.
2 Unisa is n oop- en afstandsgebaseerde hoëronderwysinstelling in Suid-Afrika.

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons