SciELO - Scientific Electronic Library Online

vol.59 número4"Eventually I ended up on the street; it's a hard life": Challenges experienced by vulnerable women who abuse alcohol or drugsBook reviews índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados



Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.59 no.4 Pretoria Dez. 2019 



Die probleem van vaderafwesigheid in Suid-Afrika: 'n Moontlike oplossing gegrond op Bybelse riglyne


The problem of father absenteeism in South Africa:A possible solution according to Biblical guidelines



Fazel Freeks

Fakulteit Teologie, Noordwes-Universiteit. Potchefstroom E-pos:




'n Oplossingsgerigte benadering word voorgestel as moontlike bydrae om die maatskaplike probleem van vaderafwesigheid in Suid-Afrika te probeer bekamp. Gebroke gesinne is een van die grootste oorsake en gevolge wat lei tot die verhoogde kwesbaarheid van kinders. Kinders in nood, veral as hulle in sorg geplaas word, maak deel uit van 'n uiters kwesbare groep persone wat nie genoegsame ondersteuning kry nie. Artikel 150 van die Kinderwet bepaal juis dat 'n kind die sorg, beskerming en ondersteuning van beide ouers benodig, anders openbaar die kind gedrag wat nie beheer kan word nie en kan sy of haar fisieke, geestelike en maatskaplike welsyn ernstig hierdeur benadeel word. Daarom is dit kritiek belangrik om te verstaan dat die afwesigheid van ʼn ouer binne ʼn gesinstelsel ʼn vakuum in die ouerskaprol veroorsaak, ʼn negatiewe invloed op die gesin het en veral kwesbare kinders se vermoë om doeltreffend te funksioneer nadelig beïnvloed.
In Suid-Afrika is die uitdaging van vaderafwesigheid 'n maatskaplike probleem wat in die meeste gemeenskappe voorkom. Die belangrikheid van vaderskap in die samelewing word egter dikwels nie belangrik geag nie. Daarom is dit geensins verbasend dat die afwesigheid van 'n vader in 'n gesin
ʼn toenemende verskynsel en neiging in baie gemeenskappe is nie, nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd.

Trefwoorde: Bybelse riglyne, families, vaderafwesigheid, vaderbetrokkenheid, vaderteenwoordigheid, rol, Suid-Afrika


In this paper a solution-orientated approach is proposed as a suggested contribution to help fight the social problem of father absenteeism in South Africa, since the issue of absent fathers is becoming a serious local problem. Increasingly, children are growing up without a father figure and as a result become vulnerable in society. Broken families and absent fathers are major causes and effects resulting in children's vulnerability - the state of exposure to the possibility of being harmed, self-harmed and contemplating suicidal thoughts. Examples of vulnerable children are those who do not receive the love and care of one or both parents, who may, therefore, struggle with basic skills such as how to handle emotions, trust and interpersonal relationships. Moreover, they may lack self-knowledge and engage in risky behaviour.
The absence of a parent within a family system causes a vacuum in the parenthood role and has a negative influence on the ability of the family to function efficiently. The number of children living without their fathers has increased unabatedly during the almost two decades of democracy in South Africa. The absence of a father has been constructed as socially detrimental and a dilemma for most children in South Africa, as the lack of a father figure means the child has no positive male role model. Father absence not only has a severe impact on family life, but constitutes a social trend of widespread concern, akin to major diseases such as HIV/Aids.
Research has shown that a dysfunctional family life is a major societal problem, with father absence and fatherlessness at the centre thereof. The following statistics reflect disturbing factors related to father absence in South Africa: 63% of suicides originate from fatherless homes; 70% of juveniles in state-operated institutions come from fatherless homes; 80% of rapists motivated by displaced anger grew up in fatherless homes; 40% of all children in the country do not live with their biological fathers; 85% of children with behavioural problems come from homes where the father is absent; 90% of homeless children originate from fatherless homes; and 71% of children who do not finish school have absent fathers.
Father absence is a tendency and world-wide phenomenon in many communities. Statistically, there is a tendency akin to a "fatherhood disease" globally and a rapid increase in single-parenting. Fathers' absence is the ultimate cause for the rising incidence of single mothers, vulnerable children and child-headed households in South Africa. Single-parent households have become the norm in South Africa where the "typical" child is raised by the mother only.
The abovementioned problems are devastating to families, who may blame God for ills and misfortunes in their lives. Parents are a gift from God to children, but numerous children have been raised in families where fathers have been neglecting their responsibilities. The society in South Africa at present seemingly is unable to acknowledge the importance of fatherhood. However, father absence holds many negative consequences for families and communities, and many families experience a difficult family life because of it.
Themes such as Biblical parenting, mentors and mentoring, Christian values, missional fatherhood, fatherhood from a Biblical perspective, the views of mothers and adolescents on the important role of the father within a family context were examined with regard to the problem of father absence.
The findings arrived at in the context of these themes contributed towards a practical component, namely the Fatherhood Training and Equipping Programme "Dad become fully you", which was developed in 2011 to be utilised in the field of community engagement. The programme was compiled from my research and studies in collaboration with FAMSA (Families South Africa). The programme constituted one of the strengths and core responsibilities of the research because the main aim thereof was to train and equip fathers and to restore the indispensable role of the father within the family context. In 2015, the same programme with a different theme, "A life beyond iron bars", was started at the Potchefstroom Remand Detention Facility (Potchefstroom Correctional Services). The aim of the programme was to train and equip, motivate, inspire and empower fathers in prison, according to the following guideline in the White Paper on Corrections in South Africa, Chapter 3 (3.3.7): "
creation of an environment in which offenders are encouraged to discard negative and destructive values and replace them with positive and constructive values."
The programme consists of seven themes: the concept of fathering; self-image; character; labelling; disappointments; the father as developer; and becoming fully you. From 2015 to 2018, approximately 150 inmates (fathers) were trained and equipped by means of the programme.
In my opinion, the Fatherhood Training and Equipping Programme should strongly be considered for future research as a proposed solution to the problem of father absence in South Africa. Father absence constitutes a huge challenge in the South African context, and in order to address this challenge, Biblical guidelines are suggested for families who are confronted with this growing problem. The Biblical guidelines will serve as a supplement for and a new point of view compared to previous studies with regard to the problem of father absence. The implementation of Biblical guidelines towards the role of the father is essential for the family, and Biblical presentation of fatherhood should be the basis in dealing with issues such as father absence and what the role of the man in the home should be.

Key Concepts: Biblical guidelines, families, father absence, father involvement, father presence, role, South Africa




In hierdie afdeling, veral teen die agtergrond van die ernstige probleem van vaderafwesigheid in Suid-Afrika, word na vorige studies en moontlike oplossings deur die navorser en ander navorsers verwys om die dringendheid van die probleem uit te lig. Vaderafwesigheid in enige gesinstelsel word as negatief en nadelig vir kinders beskou (Freeks 2004:34-60, 63, 74). Hierdie probleem is 'n saak van groot kommer, aangesien die probleem nie net fisieke implikasies inhou nie, maar ook geestelike newe-effekte het en skade aan kinders, veral kwesbare kinders, berokken (Freeks & Lotter 2009:523). Daar is ook bevind dat dié geestelike newe-effekte ernstige pyn en lyding onder kinders veroorsaak (Freeks & Lotter 2009:520-523).

As gevolg van hierdie newe-effekte, word mentorskap, Bybelse berading en goeie Christelike waardes in die geval van onbetrokke vaders as deel van ʼn moontlike oplossing vir die probleem gesien (Freeks 2004:81-85; Freeks 2011a:129-130, 134-137; Freeks 2015b:30-31). Kinders kan groot voordeel daaruit trek wanneer hul vaders, vaderfigure of mentors betrokke is in hul lewe en as rolmodelle optree om waardes oor te dra, liefde te gee en identiteit te vorm (Freeks 2013:75-77; Freeks 2018a:7; Freeks, Greeff & Lotter 2015:24; Grobler 2010:389). Uit die genoemde studies en navorsing blyk dit dat Skrifgefundeerde vaderskap ʼn moontlike antwoord kan wees vir die probleem van vaderafwesigheid (Hendrix 2011:478) en by name deur die beginsel van Sola Scriptura - deur die Skrif alleen en Christosentries, met die Skrif as die Woord van God, waarin Christus geopenbaar word. Skrifgefundeerde vaderskap geld nie net vir die biologiese vader nie, maar ook vir die mentor, vaderfiguur, grootouer, ouderling, pastoor, predikant en dies meer, wat die rol van 'n vader kan vervul as die biologiese vader afwesig is. Selfs in die kerk kan Christene as vaderfiguur optree vir kinders wat nie 'n vader het nie.

'n Vaderskapsopleiding- en toerustingsprogram is saamgestel om vaders op te lei en toe te rus om die uitdaging van vaderafwesigheid en vaderloosheid in die samelewing die hoof te bied, siende dat beide daarvan toenemend probleme in ons gemeenskappe word. Werkswinkels is in narratiewe formaat in Potchefstroom aangebied om die identiteitskrisis wat mans ervaar, op te los en die probleem dat hulle koers verloor het omdat hulle minderwaardig teenoor vroue voel, te bowe te kom (Freeks 2017a:89-97).

Alhoewel vaderafwesigheid ʼn wêreldwye verskynsel is (Dobbs 2013:2; Popenoe 1996; Williams 2014), speel vaderskap steeds ʼn unieke rol in die lewens van kinders wanneer dit kom by aspekte soos lewenskeuses, verhoudings, gedrag, identiteitsvorming en onvoorwaardelike liefde (Freeks 2017b:1; Globler 2010:389).

Die kwesbaarheid van kinders wat die sorg van ʼn liefdevolle vader benodig, is van kritieke belang en daarom is navorsing gedoen om vas te stel hoe adolessente op die onontbeerlike rol van die vader reageer (Freeks et al. 2015:49-55). Die bevindinge het daarop gedui dat vaders die rots en anker in die gesin is. Daar is egter vele vaders wat nie die rots of anker van die gesin is nie, maar gewelddadig optree of hul kinders verwaarloos. Ten spyte daarvan kan kinders baat vind by die teenwoordigheid van ander betekenisvolle mansfigure in hul lewens. Dit is verder belangrik dat ʼn vader God moet raadpleeg om hom te help in sy rol om sy gesin te rig en te lei (Freeks 2017b:1-7).

In ʼn ander studie is moeders uitgevra oor die fundamentele rol van vaders in die gesin (Freeks 2018a). Die bevindinge het daarop gedui dat 'n vader deurlopend teenwoordig behoort te wees aangesien hy ʼn belangrike rol het om binne die gesinsomgewing te vervul.

In onlangse studies en navorsing is Bybelse ouerskap as die ideale model vir vaders sowel as moeders voorgehou as buffer teen die toenemende probleem van vaderafwesigheid (Freeks 2018b:154). Hiervolgens bied verskeie eietydse vorme van gesinstrukture, soos enkelouergesinne, sogenaamde "child-headed" huishoudings, kinders wat deur grootouers of voogde grootgemaak word, gesinne met enkel geslag/homoseksuele ouers en gesinne wat deur egskeiding, stieffamilie en feminisme geraak word, uitdagings vir vaderskap in die samelewing1 (Freeks 2017c:177-178, 184-187).

Voorts het Freeks (2018:159) aangedui dat missionale vaderskap ʼn buffer teen vaderafwesigheid kan wees, aangesien missionale vaders hulself ter wille van hul gesinne opoffer. Missionale vaderskap impliseer dat vaders 'n spesifieke rol aanvaar en volg. Hulle leef dus 'n opofferende lewe ter wille van hul gesinne en voorsien in die behoeftes van andere. Verder is hul harte verbind tot 'n Godgegewe doel waar hulle die liefde van Christus in die harte van hul kinders modelleer en inkorporeer (Waresak 2016). Missionale vaderskap kan ook ʼn regstellende maatreël wees om vaderafwesigheid te bekamp omdat ʼn Skrifgefundeerde vader ʼn Christus-gefokusde, Gees-geleide lewe lei en verantwoordelikheid aanvaar om sy kinders se wêreldbeskouings vanuit ʼn Bybelse perspektief te vorm (Freeks 2018b:166).

Die doel van die artikel is om Bybelse riglyne voor te stel vir die toenemende probleem van vaderafwesigheid.



Hierdie artikel is gebaseer op navorsing wat uit 'n meer omvattende studie vloei (vgl. Freeks 2004). Metodologies is die navorsing uitgevoer deur middel van 'n literatuurstudie, deurdat bronne, teorieë en tersaaklike literatuur met betrekking tot vaderafwesigheid, onbetrokke vaders en die essensiële rol van 'n vader nagevors en bestudeer is. Databasisse is verkry uit ATLAS; RSAT; ERIC; NEXUS; DATABASE SYSTEM; TYDSKRIFTE en INTERNET om temas ten opsigte van die model wat gebruik is, te bou.

In die vorming van basisteorieë is hoofsaaklik eksegeties te werk gegaan deur die Skrif te ondersoek. Met basisteorie word bedoel die ontginning van teologiese vertrekpunte vanuit die Skrif (Reinecke 2001:14; Heystek 2000:24). Hierdie literatuur is veral bestudeer volgens die grammaties-historiese metode (Coetzee & Floor 1990:15-32). Op metateoretiese gebied is toepaslike inligting bestudeer wat verkry is vanuit Psigologiese, Sosiologiese en Maatskaplike Werk.Metateorie is 'n teorie wat raakvlakke met ander vakke deel en dui aan dat teorieë vanuit verskillende wetenskaplike vertrekpunte hanteer word, in hierdie geval Psigologie, Sosiologie en Maatskaplike Werk.

Die model wat dus gebruik word in die artikel is uit bogenoemde literatuurstudies gebou en saamgestel om as buffer teen vaderafwesigheid te dien.

Die volgende navorsingsvrae het die navorsing gerig:

Hoe kan vaderafwesigheid, wat gesinne nadelig beïnvloed, bekamp word?

Hoe kan 'n vader wat nie betrokke en fisies teenwoordig is by sy gesin nie, ondersteun word om sy rol behoorlik te vervul?

Die doel van die studie is om deur middel van literatuur en teorieë Bybelse riglyne of praktyk-teoretiese beginsels (in hierdie geval die navorser se eie Bybelse model) voor te stel vir die probleme van vaderafwesigheid, onbetrokke en nieteenwoordige vaders met betrekking tot die kwesbaarheid van kinders.

Die sentrale teoretiese argument van hierdie artikel is dat die rol van vaders deur, onder andere, Bybelse riglyne positief verander kan word.



In die artikel word 'n Bybelse benadering voorgestel as 'n moontlike oplossing vir die maatskaplike probleem van vaderafwesigheid in Suid-Afrika. Bybelse riglyne vir nieteenwoordige en onbetrokke vaders word aan die hand gedoen, insluitende sekere bevindinge en aanbevelings met betrekking tot die verskynsel.

Kolonisasie en verstedeliking het gesinsaspekte in die 20ste eeu in Suid-Afrika omvattend verander, om nie eers die rol wat ouers speel, veral die essensiële rol van die vader, te noem nie (Richter, Chikovore & Makusha 2010:361-362). Die kompleksiteit van gesinne was die afgelope paar dekades ʼn dringende en belangrike debatsonderwerp oor die wêreld heen, sowel as in Suid-Afrika (Clark & Clark 2010:37), met vaderafwesigheid wat ʼn wêreldwye verskynsel en neiging in gemeenskappe geword het (Dubery et al. 2019:69; Dobbs 2013:2; Williams 2014).

Suid-Afrika is nege jaar gelede (in 2010) gesien as een van die lande met die hoogste syfers van vaderafwesigheid ter wêreld (Richter et al. 2012:2). As gevolg van hierdie toenemende probleem en die kwyning van tradisionele gesinstrukture word daar voortdurend navorsing gedoen oor die vader in die gesin (Botha & Meyer 2019:56; Carstens 2014:9-11). Vaderafwesigheid blyk ʼn algemene verskynsel in die Suid-Afrikaanse samelewing te wees en kan lei tot finansiële, sosiale en maatskaplike probleme sowel as armoede (Spjeldnaes, Moland, Harris & Sam 2011:5-6; Viljoen 2011:316; Statistics South Africa 2010).

Die oorsaak van baie sosio-ekonomiese probleme en uitdagings wêreldwyd is juis die afwesigheid van vaders (Munroe 2008). Vaderafwesigheid kan ook gesien word as 'n moontlike aspek wat kan bydra tot ander dringende sosiale probleme soos misdaad, tienerswangerskappe, kindermolestering, mishandeling en gesinsgeweld (Dobbs 2013:2). Verdere gevolge van vaderafwesigheid in Suid-Afrika is enkelouerskap, alkohol- of dwelmmisbruik, finansiële uitdagings en oorbewoning (Freeks 2011:87; Freeks 2013:8). Vaderafwesigheid kan inderdaad beskou word as die vernaamste oorsaak van agteruitgang in kwesbare kinders se welstand (Dobbs 2013:2).

Die Bybelse riglyne wat vervolgens bespreek word, berus op die model wat in Freeks (2004) saamgestel is. Hierdie model kan dien as moontlike riglyn vir en buffer teen die probleme van vaderafwesigheid en die gevolglike verhoogde kwesbaarheid van kinders in Suid-Afrika.



Die rol van vader kan behoorlik vervul word deur die basiese beginsels waar sy teenwoordigheid en betrokkenheid tydens die verskillende lewensfases van die kind begin, na te volg.

4.1 Die vader se rol teenoor die baba

'n Vader se rol tydens die moeder se swangerskap en by die geboorte van die kind is van groot belang. Hy moet betrokke wees wanneer die moeder geboorte skenk. Hierdie teenwoordigheid en ondersteuning van die vader versterk sy band met die moeder sowel as die kind. Sy fisieke kontak en aanraking met die kind is belangrik aangesien die band tussen die vader en kind daardeur versterk word. Sodanige betrokkenheid bring verryking wanneer hy sy verantwoordelikheid met betrekking tot die versorging van die baba nakom (Feeney et al. 2001:210-212; Walker & McGraw 2000:563).

'n Vader se betrokkenheid by die baba sowel as by die moeder skep unieke kwaliteite, soos ʼn hegte band tussen die vader en die kind. Hy moet in die kind se babastadium speletjies met die baba speel, waardeur die kind sal leer om byvoorbeeld gesigsuitdrukkings te identifiseer. Hy moet genoegsame tyd met sy kinders deurbring, selfs al neem sy werk ʼn groot deel van sy dag in beslag. As hy gedurende die week nie baie van sy kinders sien nie, moet hy sorg dat hy gedurende die naweek en vakansies tyd saam met hulle deurbring (Smit & Smith 1995:79; Chapman & Campbell 1997:59-65).

4.2 Die vader se rol teenoor die kleuter

'n Vader se gedrag teenoor sy kleuter speel ʼn baie belangrike rol in die ontwikkeling van die kind, sodat die kind met ʼn gesonde selfbeeld en ʼn hoopvolle toekomsuitkyk kan opgroei. As die vader oormatig streng en krities is, sal die kind onwaardig voel en ʼn swak selfbeeld ontwikkel. Die vader en die moeder moet albei betrokke wees by die opvoeding van die kind. Dit is essensieel dat kinders moet opgroei met die wete dat beide ouers belangstelling in hul opvoeding toon (Smit & Smith 1995:78; Stafford & Bayer 1993:40-42).

'n Vader moet altyd onthou dat hy die kind se rolmodel is, aangesien kinders uit die gedrag en houding van hul ouers leer. Verder moet hy sy seun leer hoe om eendag ʼn man te wees, maar ook aan die dogter spesiale en betekenisvolle aandag gee sodat sy eendag as vrou haar plek met selfvertroue kan volstaan. Dogters is geneig om beter met mans te assosieer wanneer hulle met die liefde en goedkeuring van 'n vader opgegroei het (Williams & Radin 1999:329; Staples 1999:195).

4.3 Die vader se rol teenoor die hoërskool- of tienerkind

Dieselfde gesindheid en houding wat die vader vanaf die baba- tot die kleuterstadium getoon het, moet ook teenoor sy tienerkind gehandhaaf word. Vaders moet hul tienerkinders soms uitneem vir 'n ete, vermaak of opvoedkundige aktiwiteite, soos om ʼn goeie gesinsfliek te kyk of geleenthede wat deur verskillende instansies of die tiener se skool aangebied word, by te woon (McGraw 2000:563-565).

'n Vader moet gereeld vergaderings met sy gesin hou, waar samesprekings kan help om sekere probleemsituasies waarin die tiener hom of haar bevind, op te los. Hy moet nie net streng wees en sy outoriteit op sy tiener afdwing nie, maar ook ʼn vriend en selfs ʼn held vir die tiener wees. Hy moet ook sy tiener se foute kan uitwys en saam met die moeder leiding aan die tiener gee om nie dieselfde foute te begaan nie (Ferreira 1994:61-68).

By tieners ontstaan soms 'n gevoel waar een kind mag voel dat 'n ander een bo hom of haar bevoorreg word. By sodanige situasies moet die vader regverdig en liefdevol optree. Hy moet sy tienerkind prys vir goeie uitslae en goeie prestasie. Voorts moet hy hom daarvan weerhou om in die teenwoordigheid van sy tienerkind in ʼn geskil of konfrontasie met die moeder betrokke te raak. Die rede hiervoor is dat tieners baie maklik emosioneel raak en hul emosies in afsku of haat kan laat ontaard. Die vader moet eerder wys dat hy konflik kan hanteer sodat sy kinders op hul beurt hul eie konflik kan leer hanteer (Staples 1999:195; Marsiglio 1999:47-48).

Vaders moet nie net tugtig wanneer daar oortree is nie, maar ook liefde en lof in oormaat gee. Die vader, saam met sy tienerkind en die moeder, moet ʼn gedugte span in enige probleemsituasie vorm en saam moet hulle ʼn oplossing vir die probleem vind. Behalwe die sekuriteit wat die vader aan sy tienerkind verskaf, is emosionele en fisiese stabiliteit essensieel, waar die vader liefde en simpatie betoon in situasies waar die tiener vriendskapsverhoudings, teleurstellings en ander ervarings beleef. Hy kan belangstelling in sy tienerkind toon deur oor die kind se werk of vordering by die skool navraag te doen. Tieners het ʼn behoefte aan ʼn "mens-pa" en nie ʼn "god-pa" wat altyd reg of volmaak gebalanseerd is nie; inteendeel, hy moet ook foute kan maak, dit erken, emosies wys en die situasie kan hanteer (Chapman & Campbell 1997:7; Forster 1993:5).

'n Vader moet verder om vergifnis kan vra wanneer hy verkeerd teenoor die kind of die moeder opgetree het. Hy moet besef dat hy ook ʼn Vader in die hemel het teenoor wie hy verantwoordelik is. Die rol wat hy in die lewe van sy tienerseun speel, verskil van dié in sy tienerdogter se lewe. Teenoor sy dogter moet 'n vader baie beskermend optree, net soos teenoor sy vrou. Hy moet met sy dogter speel, aangesien spel tussen ouer en kind groot geborgenheid kan teweegbring. By die seun is die rol van 'n vader meer dié van rolidentifikasie. 'n Seun volg dus die voorbeeld van sy vader as dit kom by sekere verantwoordelikhede in die gesin. Die moeder moet ook die rol van die vader by die tiener versterk deur ʼn goeie beeld van hom aan die kind voor te hou (Updegraff et al. 2001:655; Williams & Radin 1999:329).



In diagram 1, word die verhouding van beide ouers teenoor God, wat afwentel na die kind se geloof in God, verduidelik. Die kind ontwikkel later self 'n geloof in God en versterk sy of haar verhouding met God die Vader deur die werking van die Heilige Gees.

Diagram 1 dui op die optrede van God toe Hy die mens geskape het en sy rolverwagtinge uiteengesit het. Die vader en moeder staan in 'n verhouding met God en die effek van hul geloof wentel af na die kind, waardeur die kind se verhouding met en geloof in God verder verdiep word deur die werking van die Heilige Gees. Sowel die vader as die moeder se geloofslewe beïnvloed die kind om God se aangesig te soek. Soos God die Vader van alle vlees is, volgens Jeremia 32:27, so behoort die vader se rol betekenisvol in sy gesin te wees.

Hy is deur God aan die gesin toevertrou om as leier op te tree en die verantwoordelikhede van die gesin te dra. Hy is verder ook aanspreeklik voor God om sy gesin met opofferende liefde te lei. Die grootste gawe of geskenk wat ʼn vader aan sy kinders kan gee, is om hul moeder lief te hê. Verder sal hy normaalweg sy kinders voor God liefhê. Kinders verstaan die konsep van God die Vader beter as hulle hul aardse vaders verstaan en daarom moet vaders hul kinders onderrig of leer by die instruksie van enige taak of situasie deur as voorbeeld op te tree.

'n Vader moet sy lewenswyse vanuit die Bybel beoefen en dit op ʼn praktiese wyse in die daaglikse lewe van sy kinders toepas. Hy moet kwantiteittyd sowel as kwaliteittyd aan sy kinders bestee. Hy moet ʼn goddelike karakter demonstreer en sekere eienskappe, soos nederigheid, sagmoedigheid en geduld teenoor sy kinders openbaar. Verder moet hy ʼn navolger van die Here Jesus Christus wees, soos wat in 2 Timotheus 2 verduidelik word. Die vader moet ʼn model wees om liefde vir God en sy Woord asook sy vrou en kinders te kweek en huisgodsdiens hou (vgl. Mal. 4:6, Ef. 6:4, Kol. 3:20; Deut. 6:4-9; 1 Tim. 3:4-5, 5:8).



In diagram 2 oor die rol van die ontbrekende vaderfiguur, word die vader se deugde in die gesin voorgestel. Hierdie enkele deugde kan as essensieel in die raamwerk van die gesin beskou word. Dit sou ideaal wees as 'n vader hierdie deugde nastreef om sy rol in die gesin te vervul.

6.1 Aanspreeklikheid

Die vader is aanspreeklik voor God om sy gesin in opofferende liefde te lei. Hy is die hoof van die huis, asook priester, profeet en koning, maar nie die baas nie. As priester moet hy sy gesin geestelik voor die Here bring, hulle in die waarheid leer en onderrig en vir sy gesin bid. As profeet is dit sy taak om as voorloper by die Here in te tree en as middelaar op te tree om sy gesin na die Here toe te lei. As koning moet die vader voorstaan en vir sy gesin veg teen die wêreld met sy verleidings (Bergh 2002:60-61).

6.2 Verantwoordelikheid

Die grootste verantwoordelikheid wat ʼn vader in die huis dra, is om as voorstelling van Jesus op aarde op te tree. Daarom neem die verantwoordelikheidsrol van die vader reeds 'n aanvang wanneer hy sy eie ouers verlaat om sy vrou aan te kleef. Die vader bly dus in alle gevalle die verantwoordelike ouer om sy gesin gesond en wellewend te hou. Verantwoordelikheid verseker dat die rol van die vader ernstig voor God opgeneem moet word; wanneer dit gebeur, seën God juis hierdie verantwoordelikheid in die beskerming van die gesin (Gross 1999:69; vgl. ook Gen. 2:24).

6.3 Outoriteit

'n Vader se gesag is van groot belang, want daardeur word ouerlike verantwoordelikheid teweeggebring. Die vader, as gesagsfiguur, moet sorg dat dissipline, orde, etiese norme, beginsels, standaarde, waardes en gedragskodes binne die konteks van die gesin geïmplementeer word. Hy staan nie net in die amp van vaderskap nie, maar hy is ook die gesagsfiguur wat as regeerder, opvoeder en bestuurder van sy gesin optree (Skolnick & Skolnick 1992:24).

6.4 Modellering

Volgens Johannes 8:19-20 en 10:19-30 asook Kolossense 1:18 was Christus die model van God. Analogies hieraan moet elke vader ʼn model wees om sy gesin in alle opregtheid, eerbied, waarheid, liefde en ander Christus-fasette na God toe te bring. Wanneer die vader afwesig is in die gesin, is dit baie moeilik vir die moeder om alleen as rolmodel op te tree en die kinders in alle opregtheid voor God te lei. Die vader is 'n rolmodel vir sy kinders omdat hulle uit sy gedrag en houding leer. Hy behoort verder ook ʼn rolmodel vir ander vaders te wees deur die wyse waarop hy sy kinders help en hulle bystaan in hul huiswerk en ander aktiwiteite. As kinders sonder die betrokkenheid en teenwoordigheid van die vader opgroei, verloor hulle die nodige dissipline en sosialisering van die vader as rolmodel (Sharpe 1994:124).

6.5 Beskerming

'n Vader is nie net die heerser, priester, opvoeder en bestuurder van sy gesin nie, maar ook hul aardse beskermheer in tye van gevaar. Veiligheidsmaatreëls met betrekking tot die gesin moet te alle tye deur die vader nagekom word. Die beskerming wat die vader aan sy dogters bied, is van groot belang, omdat meisies dikwels die teiken van misdadigers word. Sy voltydse betrokkenheid by sy gesin verminder die risiko waaraan die kinders blootgestel word. Die welstand van kinders kan beskerm word deur hul vader se versigtigheid, onvoorwaardelike liefde, ontferming en toewyding (Tizard & Phoenix 1993:25-38).

6.6 Voorsiening

'n Vader se voorsieningsrol begin reeds tydens die moeder se swangerskap en veral wanneer sy geboorte skenk. Hierna word sy rol van voorsiening oorgedra na die baba, die kleuter en later die tiener (Zulu 2002:26).

6.7 Intimiteit

Die vader, moeder en kind staan in ʼn nou verhouding wat geïdentifiseer word deur liefde en intimiteit. Sy teenwoordigheid en betrokkenheid by sy gesin word omskep in liefde, eerbied, aanraking en tevredenheid. Die primêre verantwoordelikheid van die vader binne die raamwerk van die gesin is om sy vrou lief te hê. Hier moet die vader se gesindheid intiem wees en sy liefde moet deur gehaltetydsbesteding bewys word. Met liefde en intimiteit word bedoel dat die vader die inisiatief neem om sy vrou as ʼn geskenk van God te dien, te versorg en te eer. Sekondêr is hy verplig om sy kinders lief te hê, te onderhou, te vertroos en by te staan (Bergh 2002:81-86).

6.8 Leiding

Die navorser is deeglik daarvan bewus dat sowel die vader as die moeder leiding kan gee aan hul gesin, maar is daarvan oortuig dat die vader die een is wat die inisiatief moet neem in hierdie leidingsrol. God het die vader in die posisie van ouerskap aangestel, waar hy veral leiding neem om sy kinders op te voed en te dissiplineer. Die vader voed nie net sy kinders op volgens die Woord van God nie, maar hy onderrig hulle en wys hulle die pad wat hulle moet volg. Hy neem verder leiding waar hy pligte uitvoer en oplossings in probleemgevalle, krisisse en probleemsituasies moet bied. Waar dit emosionele aspekte en probleme van 'n geestelike aard aangaan, neem hy leiding, waar hy God en sy Woord raadpleeg (Mack 1991:3-5; vgl. ook Spr. 27:17).

Hy moet verder ook leiding aan sy seun gee om aan sekere aspekte in die huis aandag te gee, soos om voorwerpe te herstel. Aan sy dogter gee hy leiding om sekere take in die huis baas te raak, soos om kos voor te berei wanneer die moeder ongesteld of afwesig is. Aan die moeder gee die vader leiding om die gesin in sy afwesigheid (as gevolg van sy werk en dringende take) te bestuur en te lei (Freeks 2004:106).

Die vader se rol as leier, op welke wyse hy dit ook al beoefen, mag nie gekritiseer word nie. As hy byvoorbeeld goeie waardes en norme in sy huis voorstel, byvoorbeeld as sy kinders nie toegelaat word om geleenthede en partytjies waar drank en ander nadelige elemente betrokke is, by te woon nie, mag sy leidingsrol nie veroordeel word nie, maar moet die moeder hom ondersteun. Die vader en die moeder moet situasies waar hulle van mekaar verskil liefs privaat bespreek, en nie voor die kinders nie. Sy primêre rol in hierdie verband is om leiding te gee en morele ondersteuning en motivering te bied met die oog op sy kinders se toekomstige loopbane (Freeks 2004:106).



Die Bybel het ʼn regmatige plek in die formulering van vaderskap. Daarom moet die Bybel gelees word om Christus te vind, en die leiding van die Heilige Gees moet in probleemsituasies gevolg word (Bowker 2003). Hier kan die vader groot betekenis oordra oor die karakter van God as hemelse Vader in die gesin. God het sy Woord gegee om veral Christene te help om sekere situasies, soos vaderafwesigheid, te kan hanteer (Freeks 2016:9).

Die Bybel is die sentrum en die fundering wat riglyne vir lewensprobleme bied. Die mens sal meer in harmonie met God lewe as hy of sy die Bybel as maatstaf sou aanwend wanneer dit kom by uitdagings, lewensprobleme en geloofsaspekte. Vrede en harmonie word egter versteur as gevolg van die sonde, wat ook veroorsaak dat die vader en sy kind vervreemd word van mekaar as gevolg van vaderafwesigheid of etiese en morele probleme (Van der Walt 2010:35-42).

Die Bybel bied riglyne vir die vader om hom goed voor te berei en ten volle toe te rus vir elke goeie daad wat God wil hê hy moet doen (vgl. 2 Tim. 3:1; 1 Pet. 2). God die Vader se besorgdheid oor die mens is vir ewig (Mal. 3:17), want Hy het ʼn Vaderhart wat sy kinders daadwerklik help en ondersteun (Ps. 68:5). Die volgende Bybelse riglyne kan spesifiek van toepassing gemaak word op gesinne wat die toenemende probleem van vaderafwesigheid ondervind.

Die Vaderskap van God word in Jesus geproklameer: Dit is duidelik dat God nie ʼn "vêraf" God is nie, want as Skepper laat vaar Hy nie die werke van sy hande nie (Hoepfner 2009:6). Dus kan elke aardse vader by God aanklop deur Jesus Christus.

God as enigste Vader: Jesus sê in Johannes 8:41 dat God die enigste Vader is wat ons almal het en ons is sy ware kinders. Johannes 17:3 praat ook van God as die enigste ware God, en as die aardse vader God eerste stel in sy plig as vader, sal die vader en sy gesin die ewige lewe beërwe.

Die Vaderskap van God is ewig: Paulus verduidelik in Efesiërs 3:15 dat vaderskap sy oorsprong in God het. Menslike vaderskap is dus die afbeelding van die ewige Vaderskap in God (Grobler 2010:391).

God as Vader vereis ʼn persoonlike verhouding met sy kinders: dit is belangrik dat elke gesin moet weet dat God in ʼn verhouding met sy kinders wil staan (Hoepfner 2009:61).

Die belangrikheid van aardse vaderskap: Die belangrikheid van aardse vaderskap word deur Paulus beskryf as om tot eer van God te lewe; daarom moet die vader en sy gesin daarna strewe om God te behaag (2 Kor. 6:11; Gal. 4:19-20) en versorging en voorsiening vir sy gesin (Swartz, Bhana, Richter & Versfeld 2013).

God se Vaderskap gee sinvolle betekenis aan die vader se belangrike rol: Die belangrikheid van God se Vaderskap word in die gestalte van Jesus Christus verduidelik (Hoepfner 2009:62; Joh. 8:19-20). Die vader, binne die gesin, het dus ʼn verantwoordelikheid om sy vrou en kinders te wys op die Vaderskap van God deur hulle te onderrig en die pad te wys wat hulle moet volg.

God die Vader se eienskappe moet beoefen word deur die aardse vader: Jesus Christus bring die eienskappe van God, volgens Mattheus 7:7-11, in konteks met wat aardse vaders eintlik moet doen. Wanneer die vader sy vaderskap uit die Bybel beoefen en God se eienskappe in die gesin toepas, kan sy vaderskap baie sinvol wees.

God se mees kenmerkende eienskap is sy goedheid: Hy is die Vader en Gewer van alle goeie gawes en daarom moet die aardse vader ook weet om goeie dinge aan sy kinders te gee as hulle dit vra (Luk. 11:9-13). Die goeie gawes wat God as Vader gee, maak God ʼn besondere Vader vir die mens weens sy oorvloedigheid in goedheid, verdraagsaamheid en geduld (Rom. 2:4, 11:22).

Kenmerke uit die Bybel wat spreek van God die Vader se genade en hoe die aardse vader daardeur kan baat: Genade, barmhartigheid, liefde en vrede kom oorvloedig van God (2 Joh. 3). Dieselfde genade is ook van toepassing op die aardse vader om dit uit te leef en toe te pas binne die konteks van sy gesin (Freeks 2016:14).



Die volgende bevindinge word uit die artikel gemaak:

Die vader se rol is van belang reeds in die puberteitstadium van die kind, waar waardes en selfbeeld vasgelê word. Hierdie rol vloei veral uit die model. Vaders wat nie by hul gesin betrokke is nie, se rol kan weer herstel word deur, onder andere, Bybelse berading. Kinderverwaarlosing en die verhoogde kwesbaarheid van kinders kom grootliks voor as gevolg van die afwesigheid van die biologiese vader. Die kerk of Christene kan 'n vaderfiguur wees vir kinders met 'n afwesige vader. Die grootste verantwoordelikheid wat ʼn vader in sy huisgesin dra, is om Jesus Christus na te volg. Die Vaderskap van God maak dit vir die vader moontlik om sy rol en funksie binne die gesin te vervul en in die gemeenskap uit te leef.



Omdat die probleem van vaderafwesigheid so 'n deurslaggewende uitwerking en soveel negatiewe gevolge kan hê, soos die verhoging van kinders se kwesbaarheid, kan die volgende voorstelle gemaak word om as buffer te dien teen hierdie probleem:

9.1 Die opleiding en toerusting van vaders

ʼn Vaderskapsopleiding- en toerustingsprogram aan vaders, soos reeds genoem in die geval van gevangenes, sal onder andere die volgende behels: omskrywing van die konsep "vaderskap"; Bybelse en geloofsbegeleiding; riglyne om ʼn positiewe rolmodel vir sy eie asook ander kinders te wees; geestelike leiding aan die gesin; en effektiewe betrokkenheid by die verskillende lewensfases van die kind.

9.2 Die plaaslike kerk se hulp en ondersteuning

Dit is van groot belang dat plaaslike kerke en moontlike mentorshulp en ondersteuning in die vorm van, byvoorbeeld, Bybelstudie en gesinsprojekte aan veral vaders verskaf. Hierdie hulp en ondersteuning kan deur middel van seminare, werkswinkels en konferensies verskaf word.

9.3 Samewerking met plaaslike organisasies in die gemeenskap

Samewerking met nieregeringsorganisasies, soos Famsa (Families Suid-Afrika), is ideaal vir gesinne en kinders. Famsa verskaf opleiding en doen betekenisvolle maatskaplike werk in gemeenskappe, waar veral gesinne en kinders die fokuspunt is.



Daar is konsekwent aangedui watter negatiewe impak en ernstige gevolge vaderafwesigheid by gesinne en gemeenskappe teweegbring. Die probleem van vaderafwesigheid is wel in vorige navorsing uitgewys, maar met hierdie artikel word gepoog om Bybelse riglyne deur middel van 'n model vir gesinne as 'n moontlike oplossing tot die probleem neer te lê. Vaders weet dat hulle die rol van gesagsfiguur het en deur God geroep is om hierdie rol en roeping binne die raamwerk van die gesin uit te leef. Opleiding, toerusting en bemagtiging deur middel van Bybelse vertrekpunte en riglyne is van groot belang vir vele gesinne in Suid-Afrika wat met die toenemende probleem van vaderafwesigheid te kampe het. Die vaders in die Potchefstroomse gevangenis sal baat vind by die aanbieding van die Vaderskapsopleiding- en Toerustingsprogram.



Bartlett, E. 2013. Die impak van afwesige vaders op adolessente meisies se psigososiale welstand. Potchefstroom: Noord-Wes-universiteit. (Skripsie - Hons BA).         [ Links ]

Bergh, S.J. 2002. Gesinsbediening as ʼn geïntegreerde deel van die opbou van die gemeente. Bloemfontein: UOVS. (Proefskrif - DTh).         [ Links ]

Botha, L. & Meyer, L. 2019. Onderwysers se persepsies oor die moontlike impak van die afwesige vader op kinderontwikkeling. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 59(1):54-66.         [ Links ]

Bowker, J. 2003. The Oxford dictionary of world religions. Oxford: University Press.         [ Links ]

Carstens, C. 2014. The world needs a father: A trainers' guide. Cape Town: Paarl Media Printers.         [ Links ]

Chapman, G. & Campbell, R. 1997. The five love languages of children. Chicago, IL: Northfield Publishing.         [ Links ]

Clark, D. & Clark, C. 2010. Connecting and serving today's adolescent: Six new realities that impact our work with kids. Christian Counselling Today, 18(2):37-39.         [ Links ]

Cleophas, M.M. 2001. The experiences of street children at community-based home schools. Stellenbosch: University of Stellenbosch. (Dissertation - MEd).         [ Links ]

Coetzee, J.C. 1990: Die Skrif en die wetenskap: Hermeneutiese reëls. In Floor & Coetzee (eds). Die Skrif en die wetenskap. Potchefstroom: PU vir CHO.         [ Links ]

Dobbs, P. 2013. The impact of fatherlessness on the way one relates to God as Father. Dunedin: University of Otago. (Dissertation - MTh). [5 April 2019].         [ Links ]

Dubery, M., Strydom, C. & Strydom, H. 2019. Die behoeftes van kinderversorgers in privaat plekke van tydelike versorging in Suid-Afrika. Maatskaplike Werk, 55(1):69-86.         [ Links ]

Eddy, G. & Holborn, L. 2011. Fractured families: a crisis for South Africa.[31 May 2019].         [ Links ]

Edwards, J. & Parson, J. 2019. Re-animating vulnerable children's voices through secondary analysis of their play therapist's interview narratives. The Arts in Psychotherapy, 63:77-83.         [ Links ]

Feeney, J.A., Hohaus, L., Noller, P. & Alexander, R.P. 2001. Becoming parents. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

Ferreira, W.A. 1994. The parent-adolescent relationship in the realization of educational authority: An empirical perspective. Educare, 23(1):59-68.         [ Links ]

Forster, B. 1993. The biblical omen and evidence for the nurturance of children by Hebrew males. Judaism, 42(3):321.         [ Links ]

Freeks, F.E. 2004. Die rol van die ontbrekende vaderfiguur in die Suid-Afrikaanse konteks. 'n Prakties-teologiese studie. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit. (Verhandeling - MA).         [ Links ]

Freeks, F.E. 2008. Manual for course facilitators: LIFEPLAN®. Potchefstroom: North-West University. Africa Unit for Transdisciplinary Health Research.         [ Links ]

Freeks, F.E. 2011a. The role of the father as mentor in the transmission of values: a pastoral-theological study. Potchefstroom: North-West University. (Thesis - PhD).         [ Links ]

Freeks, F.E. 2011b. The fatherhood training and equipping manual for fathers: Dad - becoming fully you. Potchefstroom: Ivyline.         [ Links ]

Freeks, F.E. 2013. Dad is destiny: The man God created to be. Potchefstroom: Ivyline Technologies.         [ Links ]

Freeks, F.E. 2016. Die noodsaak van Skrifgefundeerde vaderskap as antwoord op die voortslepende probleem van vaderskapafwesigheid in Suid-Afrika. Tydskrif vir Christelike Wetenskap, 52(1&2):1-27.         [ Links ]

Freeks, F.E. 2017a. Responding to the challenge of father absence and fatherlessness in the South African context: A case study involving concerned fathers from the North-West Province.Stellenbosch Theological Journal, 3(1):89-113.         [ Links ]

Freeks, F.E. 2017b. Responses of adolescents regarding the indispensable role of the Christian father as mentor within the family: A qualitative study. In die Skriflig, 51(1), a2255.         [ Links ]

Freeks, F.E. 2017c. A pastoral-theological view on the fundamental role of the father in variance with contemporary family structures and its adverse challenges for fatherhood: A literature review. Journal for Christian Scholarship, 53(3&4):177-192.         [ Links ]

Freeks, F.E. 2018a. Views of mothers on the fundamental role of the Christian father as mentor in a nuclear family environment. In die Skriflig, 52(1), a2365.         [ Links ]

Freeks, F.E. 2018b. A missional evaluation of the LIFEPLAN® Training and Equipping Programme for youth in rural areas. A case study of its impact in the Christiana district of South Africa. Potchefstroom: North-West University. (Thesis - PhD).         [ Links ]

Freeks, F.E. & Lotter, G.A. 2009. 'n Prakties-teologiese ondersoek na die uitwerking van afwesige vaders: 'n verkennende kwalitatiewe ondersoek in die Promosa-gemeenskap. Koers, 74(3):519-534.         [ Links ]

Freeks, F.E., Greeff, M. & Lotter, G.A. 2015. Views of Christian fathers of their role as mentors in the transmission of values within the family context. Journal for Christian Scholarship, 51(1):21-45.         [ Links ]

Freeks, F.E., Strydom, C. & Bartlett, E. 2015. Die impak van afwesige vaders op adolessente dogters se psigososiale welstand. Health SA Gesondheid, 20(1):45-89.         [ Links ]

Grobler, H.B. 2010. The role of God in the father/son relationship during identity formation - a gestalt theoretical perspective. Koers, 75(2):387-403.         [ Links ]

Gross, S. 1999. Intersexuality and scripture. Theology and Sexuality, 11:65-74.         [ Links ]

Hendrix, S.H. 2011.Sola Scriptura. In McFarland et al. (eds). The Cambridge dictionary of Christian theology [electronic resource]. New York, NY: Cambridge University Press.         [ Links ]

Heystek, P.H. 2000. ʼn Prakties-teologiese ondersoek van die "mekaar"-opdragte in die Corpus Paulinium met die oog op kerklike geloofsgemeenskap. Potchefstroom: PU vir CHO. (Proefskrif - ThD)        [ Links ]

Hoepfner, H.G. 2009. Die betekenis van die vaderskap van God in die pastorale begeleiding van aangenome kinders. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit (Proefskrif - PhD).         [ Links ]

Louw, D.A. & Louw, A.E. 2014. Die ontwikkeling van die kind en adolessent. 2de uitg. Bloemfontein: Psychology Publication.         [ Links ]

Mack, W.A. 1991. Your family, God's way: Developing and sustaining relationships in the home. Phillipsburg, NJ: P&R.         [ Links ]

Marsiglio, W. 1995. Fatherhood: Contemporary theory, research and social policy. Thousand Oaks, CA: Sage.         [ Links ]

Morgan, D.H.J. 1996. Family connections: An introduction to family studies. Cambridge: Polity Press.         [ Links ]

Munroe, M. 2008. The fatherhood principle: Priority, position, and the role of the male. New Kensington, PA: Whitaker House.         [ Links ]

Popenoe, D. 1996. A world without fathers. Wilson Quarterly, 20(2):12-16.         [ Links ]

Ratele, K., Shefer, T. & Clowes, L. 2012. Talking South African fathers: A critical examination of men's constructions and experiences of fatherhood and fatherlessness. South African Journal of Psychology, 42(4):553-563.         [ Links ]

Reinecke, M.R. 2001. Self-destruktiewe gedrag: ʼn Bybelse beoordeling en terapie. Potchefstroom: PU vir CHO. (Verhandeling - MA).         [ Links ]

Richter, L., Chikovore, J. & Makusha, T. 2010.The status of fatherhood and fathering in South Africa. Childhood Education, 86(6):360-365.         [ Links ]

Richter, L., Desmond, C., Hosegood, V., Madhavan, S., Makiwane, M., Makusha, T., Morrel, R. & Swartz, S. 2012. Fathers and other men in the lives of children and families. Paper presented at Strategies to Overcome Poverty and Inequality, the "Towards Carnegie III" Conference at the University of Cape Town. 3-7 Sept. the%20lives%20of%20children%20and%20families.pdf [30 April 2019].         [ Links ]

Salami, I.A. & Okeke, C.I.O. 2018. Absent fathers' socio-economic status and perceptions of fatherhood as related to developmental challenges faced by children in South Africa. South African Journal of Childhood, 8(1):1-7.         [ Links ]

Sharpes, S. 1994. Fathers and daughters. London: Routledge.         [ Links ]

Simeon, E.J. 2016. Die gebruik van die lewenskaartetegniek in die ontwikkeling van 'n lewensvaardigheidsprogram vir straatkinders. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit. (Proefskrif - PhD).         [ Links ]

Skolnick, A.S. & Skolnick, J.H. 1992. Family in transition. New York, NY: Harper Collins Publishers.         [ Links ]

Smit, A.G. & Smith, G. 1995. Illegitimate children's perceptions of fathers. South African Journal of Education, 15(2):79-84.         [ Links ]

Spjeldnaes, I.O., Moland, K.M., Harris, J. & Sam, D.L. 2011. Being man enough: Fatherhood experiences and expectations among teenage boys in South Africa. Fathering, 9(1):3-21.         [ Links ]

Stafford, L. & Bayer, C.L. 1993. Interaction between parents and children. Newbury Park, CA: Sage.         [ Links ]

Staples, R. 1999. The black family. Belmont, CA: Wadsworth Publishing.         [ Links ]

Statistics South Africa. 2010. Strategic plan 2010/11-2014/15. Pretoria. [31 May 2019].         [ Links ]

Swartz, S., Bhana, A., Richter, L. & Versfeld, A. 2013. Promoting young fathers' positive involvement in their children's lives.[10 September 2019].         [ Links ]

Tizard, B. & Phoenix, A. 1993. Black, white or mixed race: Race and racism in the lives of young people of mixed parentage. London: Routledge.         [ Links ]

Tosato, A. 1990. On Genesis 2:24. Catholic Biblical Quarterly, 52:389-409.         [ Links ]

Updegraff, K.A., Mchale, S.M., Crouter, A.C. & Kupanoff, K. 2001. Parents involvement in adolescents' peer relationships: A comparison of mothers' and fathers' roles. Journal of Marriage and the Family, 63(3):655-668.         [ Links ]

Van der Walt, B.J. 2010. At home in God's world: A transforming paradigm for being human and for social involvement. Potchefstroom: The Institute for Contemporary Christianity in Africa.         [ Links ]

Viljoen, S. 2011. 'Papa don't preach': Fatherhood in a South African Christian men's magazine. South African Journal for Communication Theory and Research, 37(2):308-331.         [ Links ]

Walker, A.J. & Mcgraw, L.A. 2000. Who is responsible for responsible fathering? Journal of Marriage and the Family, 62(2):563-569.         [ Links ]

Waresak, T.J. Missional fatherhood. [30 April 2019].         [ Links ]

Williams, E. & Radin, N. 1999. Effect of father participation in child rearing: Twenty-year follow-up. American Journal of Orthopsychiatry, 69(3):328-336.         [ Links ]

Williams, R.B. 2014. The male identity crisis and the decline of fatherhood. Psychology Today. [30 April 2019].         [ Links ]

Zastrow, C.H. & Kirst-Ashman, K. 2016. Understanding human behaviour and the social environment. 10th ed. Boston, MA: Cengage Learning.         [ Links ]

Zulu, M. 2002. Celebrity dads. Pace, 26-28.         [ Links ]




FAZEL EBRIHIAM FREEKS is 'n dosent en bestuurder in gemeenskapsverbintenis in die Fakulteit Teologie aan die Noordwes-Universiteit. Sy navorsingsfokus is gerig op vaderskap, veral die rol van die vader, vaderafwesigheid, gemeenskapsverbintenis, waardes en karakterbou. Hy het 'n vaderskapsprogram in 2011 ontwikkel en bied dit sedert 2015 tot hede by die Potchefstroomse Korrektiewe Dienste aan.
FAZEL EBRIHIAM FREEKS is a lecturer in and manager of community engagement in the Faculty of Theology at the North-West University. His research focus is on fatherhood, especially the role of the father, father absence, community engagement, values and character building. He developed and compiled a fatherhood programme in 2011 and has been presenting it at Potchefstroom Correctional Services since 2015.
1 Die navorser bedoel nie dat hierdie gesinne onaanvaarbaar is nie, maar dui slegs aan dat vaderskap in die Bybelse konteks so beskou word.
2 Hierdie afdeling is gebaseer op Freeks (2004: 89 e.v.) soos aangepas vir heersende omstandighede.
3 Hierdie afdeling is grotendeels gebaseer op die model wat voorgestel word in Freeks (2004: 95 e.v.).
4 Hierdie afdeling behandel aspekte soos diagrammaties voorgestel in Freeks (2004: 98 e.v.).

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons