SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número4Women in mining towns: A case study from EmalahleniThe problem of father absenteeism in South Africa:A possible solution according to Biblical guidelines índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.59 no.4 Pretoria Dez. 2019

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/V59N4A16 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS / RESEARCH AND REVIEW ARTICLES (3): KWESBAARHEID IN DIE SUID-AFRIKAANSE SAMELEWING

 

"Ek het uiteindelik op straat beland; dis ʼn harde lewe": Uitdagings van kwesbare vroue wat alkohol of dwelms misbruik

 

"Eventually I ended up on the street; it's a hard life": Challenges experienced by vulnerable women who abuse alcohol or drugs

 

 

Ilze Slabbert

Departement Maatskaplike Werk, Universiteit van Stellenbosch. E-pos: islabbert@sun.ac.za

 

 


OPSOMMING

Daar is wêreldwyd ʼn toename in die misbruik van alkohol- en/of dwelms. Dit is veral kwesbare vroue wat alkohol of dwelms misbruik, wat gespesialiseerde behandeling benodig. Die doel van die studie was om die uitdagings wat hierdie groep vroue die hoof moet bied, te ondersoek. Die ekologiese perspektief is as teoretiese raamwerk gekies. ʼn Kwalitatiewe studie met ʼn eksplorerende en beskrywende aard is gedoen om dié doel van die studie te bereik. Vyftien deelnemers is gewerf as steekproef vir die studie deur ʼn nieregeringsorganisasie. Die onderhoude wat met hulle gevoer is, is getranskribeer en in vyf temas verdeel, naamlik traumatiese kinderjare, teenspoed in die volwasse lewe, uitdagings in die omgewing, gebruik van alkohol of dwelms om die lewe te hanteer, en hoop. Data-verifikasie is ook gedoen. Etiese klaring is vir die studie verkry.
Die gevolgtrekking van die studie is dat kwesbare vroue wat alkohol of dwelms misbruik, verskeie uitdagings in die gesig staar en gespesialiseerde intervensie benodig. Daar word aanbeveel dat meer navorsing gedoen word oor hierdie kwessie.

Trefwoorde: Vroue, alkohol- of dwelmmisbruik; kwesbaarheid; ekologiese perspektief; mikrovlak; mesovlak; makrovlak; kwalitatiewe navorsing; uitdagings; trauma in kinderjare; teenspoed in volwasse lewe


ABSTRACT

There are a significant number of people who live under the breadline in South Africa. Especially women and children are vulnerable when they end up on the streets, owing to a number of reasons such as economic hardship and unemployment. Women are also often caregivers of their young children and to seek fulltime employment is not always feasible. Several of these vulnerable women resort to alcohol or drug abuse as a means to at least temporarily cope with their problems. It is usually social workers who render services to vulnerable groups and in this instance to vulnerable women. The aim of this study was to explore the challenges experienced by vulnerable women who abuse alcohol or drugs, in order to improve service rendering by social workers.
There is an increase worldwide in the abuse of harmful substances. Although statistics indicate that more men than women succumb to substance abuse, affected women often do not seek help, owing to several factors such as the stigma attached thereto, and the lack of sufficient services to assist them. Research indicates that economic hardship could contribute to substance abuse. Little research has been done on the unique challenges facing vulnerable women who are prone to substance abuse. These women often end up on the street, heightening the risks of their falling prey to violence and sexual assault.
The ecological perspective was chosen as a theoretical framework for this study as the different systems could shed light on the research question: "What are the challenges of vulnerable women who resort to substance abuse?" Stressful situations could contribute to a life of substance abuse. Especially women who leave their families for a life on the streets are suffering emotional stress. The three levels of the ecological perspective that were utilised were the micro, meso and macro levels.
A qualitative approach of an exploratory nature was chosen to meet the goal of the study, namely to explore the challenges facing vulnerable women succumbing to alcohol and drugs as a last resort. An NGO was approached to collect a sample of 15 participants. Criteria for inclusion were that the participants had to be women; over 21 years old; had to have used alcohol and/or drugs during the course of the study or six months prior to the study; had to be sober during the interviews; and had to be clients of the NGO that delivered the sample.
Data were collected by means of a semi-structured interview guide. The interviews were recorded with the permission of the participants and transcribed by the researcher. Ethical clearance was obtained for the study.
The data were analysed and categorised into relevant themes. Data verification was also done by member checking and the use of an independent coder. The study was limited in that only a small sample was used and that it was done only in the Western Cape.
Theme 1 concerned a traumatic childhood. All participants had lived through a traumatic childhood and still struggled in adulthood to work through different issues. Significantly, a number of the participants' own family members were directly or indirectly responsible for the childhood trauma. Theme 2 pertained to difficulties in adulthood varying from subjecting to violence, being cheated on, having been victims of rape, serving jail terms, living on the streets, and attempting suicide. Closely related to theme 2, are challenges in the environment (theme 3). Notable stumbling blocks pertained to participants living with sickness, relationship challenges, gang violence, hunger and conflict with the police. The abuse of alcohol or drugs, as well as the misuse of pain killers as a coping mechanism was identified as theme 4. One of the participants also struggled with a dual diagnosis of bipolar disorder and substance use disorder. Hope was identified as the 5th theme. Despite the listed challenges, some participants still retained a flicker of hope and resilience, wishing to improve their lives and reclaim custody of their children.
It can be concluded that vulnerable women who abuse alcohol or drugs face several challenges and that specialised intervention is needed to help them to come to terms with childhood trauma, adversities in adult life, challenges in the environment and, in addition to all of the above, with substance dependency. More research is recommended, specifically focused on vulnerable women who succumb to substance abuse.

Keywords: Women; substance abuse; vulnerable; ecological perspective; micro level; meso level; macro level; qualitative study; challenges; childhood trauma; adversities in adult life


 

 

1. INLEIDING

Ekonomiese sorge neem toe, met armoede ʼn groot werklikheid in Suid-Afrika. Volgens Gous (2018) leef meer as die helfte van Suid-Afrikaners onder die nasionale armoedelyn van R992 per maand. Baie mense beland op straat, omdat hulle nie meer die stygende lewenskoste kan behartig nie, met veral vroue en kinders wat uiters kwesbaar is. Baie van hierdie vroue het nie ʼn hoë opvoedingspeil nie, wat die kanse op werk verskraal. Kwesbare vroue vir die doeleindes van hierdie studie, het betrekking op vroue wat arm en werkloos is of ʼn karige inkomste verdien. Sommige wend hulle tot alkohol- of dwelmmisbruik in ʼn wanhopige poging om van hul sorge te vergeet. Hulle is dikwels so gestroop van menswaardigheid dat hulle feitlik op die rand van volslae oorgawe is (Baird, Campanaro, Eisele, Hall & Wright 2014).

Hulle pogings om van dag tot dag te oorleef, eis ʼn tol: fisies, emosioneel, sosiaal en sielkundig. Van hierdie vroue in nagskuilings of op straat, ken die wrede werklikheid van die straatlewe, van mishandeling, aanranding, verkragting en roof. Baird et al. (2014) en Poole, Dobson, en Pusch (2017) is van mening dat alkohol en dwelms vir hierdie vroue ʼn tydelike verligting van hulle sorge en swaarkry bied.

Die navorsing van onder meer Chandra, Herrman, Fisher, Kastrup, Niaz, Rondon en Okasha (2009) en Martin en Bryant (2001) toon dat ʼn beduidende aantal vroue wat reeds kwesbaar is, alkohol of dwelms misbruik en dat dit meestal maatskaplike werkers is wat dienste aan diesulkes lewer. In hierdie studie word gepoog om meer duidelikheid te verkry oor die spesifieke probleme van hierdie kwesbare groep, sodat dienslewering kan verbeter. Die doel van die studie was dus om die uitdagings van kwesbare vroue wat alkohol of dwelms misbruik, te ondersoek ten einde dienslewering aan hulle te verbeter.

 

2. KONSEPTUALISERING EN TEORETIESE BESPREKING

ʼn Toename in die misbruik van alkohol of dwelms kan lei tot middelgebruikstoornis, ʼn geestesversteuring wat op die "Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders" (DSMV) geklassifiseer is (American Psychiatric Association 2013). Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) (2019) het 35 miljoen mense ʼn middelgebruikstoornis, en benodig behandeling vir hulle afhanklikheidsprobleem. Alhoewel die tendens van middelgebruikstoornis groter is by mans as vroue, beleef vroue unieke uitdagings wat dikwels nie die nodige aandag kry nie (WGO 2019).

Aspekte soos trauma, emosionele swaarkry, geestesgesondheidsprobleme, gebrekkige gesondheid en stigma speel alles ʼn rol. Dit hang grootliks af van ʼn vrou se persoonlike, kulturele, ideologiese, ekonomiese en sosiale agtergrond hoe sy probleme en stres sal hanteer. Navorsers soos Poole et al. (2009), Fries, Fedock en Kubiak (2014) toon aan dat ʼn beduidende aantal vroue wat voor uitdagings te staan kom, hulle tot alkohol of dwelms wend. In ooreenstemming hiermee bevind Myers, Carney, Browne en Wechberg (2018) se studie dat feitlik ʼn kwart van jong vroue in Suid-Afrika alkohol van tyd tot tyd oormatig gebruik. Verdere studies in Suid-Afrika (Marinus 2015; Parry 2005) toon dat vroue alkohol of dwelms misbruik om hulle te help om negatiewe emosies te hanteer, wat gepaard gaan met trauma en simptome wat geassosieer is met trauma. Ongelukkig lei hierdie ongesonde en gevaarlike gedrag dikwels tot hoë-risiko seksuele gedrag, wat tot HIV as gevolg van inkonsekwente kondoomgebruik kan lei. Volgens Myers et al. (2018) het al die deelnemers alkohol of dwelms misbruik om trauma van die verlede te hanteer asook om van hul huidige probleme te probeer ontsnap. Baie vroue het genoem dat hulle sodoende hul skuldgevoelens, verleentheid en ander negatiewe emosies probeer hanteer. Dit is interessant dat deelnemers aan Myers et al. (2018) se studie erken het dat die misbruik van dwelms bygedra het tot ander uitdagings in hulle lewens. Die bogenoemde outeurs het bygevoeg dat ʼn hele aantal vroue bereid was tot prostitusie, want "jy doen wat jy moet doen om dwelms te kry".

Vroue met ʼn sielkundige versteurings- of ander geestesongesteldheid, is meer kwesbaar om ʼn middelgebruikstoornis te ontwikkel as mans. Baie vroue meld nie aan as hulle ʼn middelgebruikstoornis ontwikkel nie, vanweë die moontlike stigma wat daaraan gekoppel is. Verskeie vroue voel ook vasgevang in hul huise, gemeenskappe en kultuur en om hulp te soek, is dikwels nie ʼn opsie nie (Baird et al. 2014; Myers et al. 2018). Ander navorsers (Fries et al. 2014; Gous 2018) bevind ook dat finansiële probleme stresvlakke verhoog wat weer kan lei tot middelgebruikstoornisse. Ten spyte van hierdie studies is daar steeds ʼn leemte aan navorsing spesifiek oor die uitdagings van hierdie groep vroue.

Gibbs, Jewkes, Willan en Washington (2018) het bevind dat voedselgebrek en trauma in kinderjare dikwels tot alkohol- of dwelmmisbruik lei, en ook tot geestesgesondheidsprobleme by volwassenes aanleiding kan gee. Dit is dan veral vroue in hierdie kategorie wat dikwels deur hul lewensmaats mishandel word (Barkhuizen & Pretorius 2005). Gibbs et al. (2018) voeg by dat daar dikwels by dergelike vroue ʼn verband te bespeur is tussen alkohol- of dwelmmisbruik en posttraumatiese stresversteuring en depressie. Die bykomende las van armoede dra ook by tot ʼn komplekse situasie waar vroue hulle telkens tot alkohol of dwelms wend in ʼn poging om te ontsnap van ʼn allesoorweldigende stresvolle situasie (Baird et al. 2014; Myers et al. 2018).

Die ekologiese perspektief is gebruik as teoretiese raamwerk vir hierdie studie, aangesien die verskillende sisteme wat gemeld word in hierdie perspektief lig sal werp op die navorsingsvraag soos hier onder uiteengesit word.

Soos reeds gemeld, lei die spanning wat hierdie vroue ervaar dikwels tot ʼn soeke na ontvlugting in alkohol of dwelms (Oduru, Swartz & Arnot 2012:278). Begrip van die sosiale omgewing en konteks waarin kwesbare vroue funksioneer, is noodsaaklik. Die interaksie en transaksies tussen die verskillende ekosisteme het ʼn groot invloed op mense. Daar bestaan ook ʼn interafhanklikheid tussen die verskillende sisteme in ʼn persoon se lewe. Hierdie onvermydelike, wedersydse verhouding tussen ʼn persoon en haar omgewing vorm ʼn integrale deel van die ekologiese perspektief. ʼn Persoon se gedrag word beïnvloed deur die omgewing, en die omgewing word geaffekteer deur mense se optrede. Waar ʼn kwesbare vrou byvoorbeeld alkohol misbruik, word haar interaksie met ander gesinslede of betekenisvolle ander persone (sosiale omgewing) ook beïnvloed. Wanneer kwesbare vroue nie meer by hul gesinne woonagtig is nie en op straat moet oorleef, lei dit onafwendbaar tot emosionele stres, wat op sy beurt kan lei tot verdere alkohol- of dwelmmisbruik - ʼn bose kringloop. Volgens die Geïntegreerde Diensleweringsmodel (Departement van Maatskaplike Ontwikkeling 2006:10), behoort mense in nouer kontak met mekaar en hul sosiale omgewing te verkeer in terme van besluitneming, beplanning en ander aspekte in hul lewens, soos die reg om veilig te lewe.

Vir die doeleindes van hierdie studie is drie vlakke van die ekologiese perspektief (Bronfenbrenner 1979) benut om die kwesbare vroue se probleme te eksploreer, naamlik die mikro-, meso- en makrovlak. Op die mikrovlak speel genetiese faktore ʼn rol waar vroue dikwels oor geslagte heen alkohol of dwelms misbruik. Zhang, Li, Liu, Quio, Su en Zhou (2017) asook Rassool (2011) bevind dat ʼn familiegeskiedenis van alkohol- of dwelmmisbruik ʼn beduidende rol speel ten opsigte van ʼn persoon se verslawing. In die kerngesin wat deel vorm van die mikrovlak speel faktore soos oorbesetting van woonplek, armoede en gesinskonflik ook hierin ʼn rol.

Op die mesovlak beleef kwesbare vroue gewoonlik stres vanweë gemeenskappe wat onsimpatiek teenoor hulle staan. In die navorsing van onder meer Piat, Polvere, Kirst, Veronka, Zabkiewicz en Plante (2015) is bevind dat vroue op straat talle struikelblokke moet oorkom soos stigmatisering, verkragting en ander gewelddadige optrede. Op die makrovlak ervaar hulle dikwels dat daar nie genoegsame hulpbronne is nie en dat dienslewering telkemale nie voldoende is nie (Pardeck 2015; Piat et al. 2015). Vroue met ʼn middelgebruikstoornis wat kom aanklop om hulp vir hulle afhanklikheidsprobleem word selde gou gehelp. Die waglyste is gewoonlik lank, tot twee jaar en langer, en die meeste behandelingsentrums bied nie dienste aan vroue nie. In die Wes-Kaap is daar slegs een staatsinrigting wat rehabilitasie aan dergelike vroue bied en daar is slegs twee semi-gesubsidieerde behandelingsentrums (Myers et al. 2018).

Maatskaplike werkers lewer daagliks dienste aan kwesbare vroue wat blootgestel is aan verskeie risikofaktore soos armoede en middelgebruikstoornis. Dit is noodsaaklik vir die Maatskaplike Werk-professie om meer insigte te bekom oor hierdie groep, ten einde meer doeltreffende dienste te lewer en hulle welstand te verbeter.

 

3. PROBLEEMSTELLING

Uit bogenoemde bespreking is dit duidelik dat kwesbare vroue unieke uitdagings rondom alkohol- en dwelmmisbruik ondervind. Alhoewel heelwat navorsing (Ampdeo & López 2013; Marinus 2015; Meyers et al. 2018) reeds gedoen is oor algemene alkohol- of dwelmmisbruik, is daar nie veel gedoen oor spesifiek vroue en veral kwesbare vroue nie. Volgens die Nexus-databasis is min studies oor die afgelope vyf jaar gedoen oor kwesbare vroue wat alkohol of dwelms misbruik. Maatskaplike werkers lewer gewoonlik dienste aan hierdie groep en as groter insig in hulle unieke omstandighede verkry kan word, kan dienste meer doeltreffend gelewer word.

 

4. NAVORSINGSMETODOLOGIE

Die navorsingsvraag wat vir hierdie studie geformuleer is, lui: "Watter uitdagings ondervind kwesbare vroue wat alkohol of dwelms misbruik?" Soos reeds gemeld, was die doel van die studie om die uitdagings wat hierdie groep vroue ervaar, te ondersoek ten einde dienslewering te verbeter.

Om die navorsingvraag aan te spreek, is ʼn kwalitatiewe benadering gekies met ʼn eksplorerende en beskrywende aard. 'n Nieregeringsorganisasie is genader om die steekproef van 15 deelnemers te vind. Dataversadiging is bereik. Daar is gebruik gemaak van doelbewuste steekproefneming (De Vos, Strydom, Fouché & Delport 2011).

Die volgende kriteria vir insluiting was van toepassing vir die steekproef. Die deelnemers moes:

vroulik wees en bo 21 jaar;

dwelms of alkohol misbruik het tydens die studie, of minder as ses maande voor aanvang van die studie;

nugter gewees het tydens die duur van die onderhoud;

kliënte wees van die nieregeringsorganisasie wat genader is om die deelnemers te werf. (Die organisasie lewer spesifiek dienste aan persone wat nie ʼn heenkome het nie en dus finansieel nie kop bo water hou nie.)

Die instrument wat gebruik is om data in te samel, was ʼn semi-gestruktureerde onderhoudskedule. Toestemming is verkry van die hoof van die organisasie alvorens onderhoude gevoer is. Deelname aan die studie was vrywillig en deelnemers het toestemmingsvorms voltooi voor onderhoude gevoer is. Die organisasie het ʼn informele werkskeppingsprogram aangebied vir kwesbare volwassenes, uit wie vroue geselekteer is vir deelname. Onderhoude is vroegoggend gevoer voor die deelnemers uitgegaan het om te gaan werk, en onderhoude het gemiddeld 45 minute lank geduur. Dit was moeilik om deelnemers te vind vir die studie want, soos reeds gemeld, is vroue huiwerig om aan te klop vir hulp vanweë moontlike stigmatisering (Beaulaurier, Seff, Newman & Dunlop 2007). Navorsing soos dié deur Gibbs et al. (2018) toon ook dat die werklike aantal kwesbare vroue veel groter mag wees, maar dat hulle dikwels nie sal meld dat hulle probleme ervaar ten opsigte van alkohol of dwelms nie.

Ryk data is verkry. Die onderhoude is opgeneem en getranskribeer deur die navorser, en die data is veilig in die navorser se kantoor geberg. Elektroniese data is op die navorser se skootrekenaar gestoor, met ʼn persoonlike wagwoord wat slegs aan die navorser bekend is. Die data is in vyf temas geanaliseer soos uiteengesit onder punt 5. Etiese klaring is verkry vir die studie (Cresswell & Poth 2018; De Vos et al. 2011).

Lincoln en Guba (1985:290) se riglyne is gevolg om die geloofwaardigheid, oordraagbaarheid, betroubaarheid en bevestiging van die studie te verseker. Vier deelnemers het deur hulle getranskribeerde onderhoude gelees om te verseker dat dit ʼn ware weergawe van hul onderhoude was. Daar is ook gebruik gemaak van ʼn onafhanklike kodeerder om die temas te bevestig (Cresswell & Poth 2018).

Sekere beperkinge het gegeld vir die studie, naamlik dat die studie net in die Wes-Kaap uitgevoer en deelnemers slegs by een organisasie gewerf is. Dit was ook ʼn klein steekproef, aangesien daar nie baie vroue aangemeld het by die organisasie nie.

 

5. BEVINDINGE

Soos genoem, het 15 vroue deelgeneem aan die studie. Die meeste van hulle was werkloos, of het ʼn minimale inkomste verdien. Ouderdomme van deelnemers het gewissel van 23 tot 55 jaar. Die meeste het kinders en drie van die deelnemers het ook kleinkinders. Van die deelnemers se kinders is uit hul sorg verwyder en gesinsherenigingsdienste word aan hulle gelewer. Sekere deelnemers sorg self vir hulle kinders en maak staat op familie om hulle te help om na die kinders om te sien. ʼn Paar deelnemers se kinders is volwassenes en dus nie meer van hulle afhanklik nie. ʼn Beduidende aantal van die deelnemers het al op straat gewoon of woon nog steeds op straat, behalwe in koue nagte wanneer hulle in nagskuilings slaap. Die gewildste soort dwelm wat deur die deelnemers gebruik is, het gewissel van dagga, alkohol, metamfetamien tot Mandrax. Dit blyk dat die meeste deelnemers alkohol misbruik het, dikwels saam met ander dwelms. Navorsing (Fisher & Harrison 2013) toon ook dat ʼn groot aantal persone wat verslaaf raak, meer as een middel misbruik. Dit is ook noemenswaardig dat die gebruik van dagga dikwels die gebruik van sterker dwelms soos metamfetamien en Mandrax voorafgegaan het.

Die data is in die volgende 5 temas verdeel:

Tema 1: Trauma in die kinderjare

Tema 2: Teenspoed in die volwasse lewe

Tema 3: Uitdagings in die omgewing

Tema 4: Gebruik van alkohol of dwelms om die lewe te hanteer

Tema 5: Hoop

5.1 Tema 1: Trauma in die kinderjare

Navorsers soos Gibbs et al. (2018) en Macy en Goodburn (2012) bevind dat trauma in kinderjare kan lei tot alkohol- of dwelmmisbruik in die volwasse lewe. Al die deelnemers het berig dat hulle traumatiese kinderjare beleef het. Sommige is mishandel, almal het arm grootgeword en die meeste het nie hul skoolopleiding voltooi nie. Dit is duidelik dat die deelnemers aan hierdie studie nog steeds as volwassenes die letsels dra van trauma in hul kinderjare, soos gesien kan word uit die onderstaande narratiewe.

"Ek was in ʼn ernstige motorongeluk toe ek 15 jaar oud was. As gevolg van die ongeluk kon ek nie my skool klaarmaak nie. Van toe af het dinge net slegter geword."

"Ek het net graad 6 klaargemaak op skool. Ek het moeilike kinderjare gehad. Ons was tien kinders. Ek was die tweede oudste. My Pa is dood toe ek 14 was. My ma het ʼn nuwe 'boyfriend' gekry wat nie van my gehou het nie. Ek het weggeloop van die huis af toe ek 15 jaar oud was."

"My kinderjare was nie so lekker nie. My Pa het ons gelos toe ek ses jaar oud was. My ma het toe klomp kêrels gehad. Ek is seksueel gemolesteer toe ek agt jaar oud was deur my oom. My ma het my nie geglo nie. Niemand het my geglo nie. Ek kry nou nog nagmerries."

"Ek was ses toe ek seksueel gemolesteer is. Dit was deur beide my ooms. My broer is dood toe hy vier was. My ma het altyd vir my gesê sy dat sy gewens het dat ek eerder dood is as hy. Ek het altyd verwerp gevoel. Ek het klomp keer gepluk op skool, oor die nonsens met my ooms. Ek was 13 jaar oud toe ek skool verlaat het."

Uit bostaande narratiewe is dit duidelik dat die deelnemers traumatiese kinderjare ervaar het. Soos deur navorsing (Gibbs et al. 2018; Myers et al. 2018) bevestig, lei trauma in die kinderjare as dit nie verwerk word nie, tot stres in die volwasse lewe wat weer aanleiding kan gee tot alkohol- of dwelmmisbruik. Dit is insiggewend dat die meeste deelnemers nie hul skoolopleiding voltooi het nie. ʼn Studie gedoen deur Cilezis en Drotez (2014) dui ʼn korrelasie aan tussen traumatiese kinderjare, ʼn lae opvoedingspeil en armoede soos gesien uit die laaste narratief. ʼn Lae sosio-ekonomiese status impliseer gewoonlik ʼn gebrek aan hulpbronne wat kan veroorsaak dat kinders nie hulle skoolopleiding kan voltooi nie en dan vasgevang bly in die web van armoede en werkloosheid (Cilezis & Drotez 2014).

Op die mikrovlak is dit duidelik dat die meeste deelnemers nie ondersteuning van volwassenes in hul kinderjare ontvang het nie. Dikwels het ʼn ouer se optrede gelei tot die trauma, soos byvoorbeeld ongewenste mansvriende van die moeder. Een deelnemer se mededeling dat niemand haar wou glo oor haar seksuele molestering nie, dui aan hoe familie, vriende en dalk ook mense in die gemeenskap haar gefaal het. Die meeste deelnemers dra nog die wonde van ongelukkige kinderjare. Soos aangetoon deur navorsers soos Marotta (2017) en Myers et al. (2018), lei moeilike kinderjare dikwels tot ʼn alkohol- en dwelmprobleem in ʼn poging om onopgeloste trauma te hanteer. Op die mesovlak bied gemeenskappe dikwels nie ondersteuning aan kinders wat trauma ervaar nie, wat dan saamgedra word in die volwasse lewe. Gemeenskappe bied byvoorbeeld nie ʼn veilige omgewing vir kinders om in rond te beweeg sonder die gevaar van molestering of geweld nie. Jacobs en Slabbert (2019) wys daarop dat sekere gemeenskappe geteister word deur bendes en bendegeweld waar ʼn beduidende aantal kinders moet grootword. Poole et al. (2017) se studie bevestig dat traumatiese kinderjare dikwels tot depressie kan lei in die volwasse lewe, wat dan ook alkohol- of dwelmmisbruik in die hand werk. Op die makrovlak bestaan daar dikwels ʼn tekort aan maatskaplike werkers om effektiewe dienste te lewer aan kinders wat trauma beleef (Groenewald & Bhana 2016).

5.2 Tema 2:Teenspoed in die volwasse lewe

Baie vroue ervaar teenspoed in hul volwasse lewens. Veral vroue in die laer inkomstegroepe is meer kwesbaar, omdat hulle toegang tot hulpbronne en ander hulp beperk is. Dit is veral by alkohol- of dwelmafhanklikheid waar hierdie vroue aan die kortste ent trek. Soos reeds gemeld, is daar nie genoeg behandelingsentrums nie en private behandelingsentrums is nie bekostigbaar vir die meeste kwesbare vroue nie. Daar is ook buite-pasiënte dienste, maar dit is dikwels nie toeganklik nie, vanweë gebrekkige openbare vervoer en by dié wat nauurs oop is, vrees vroue vir hul veiligheid. Verskeie navorsers, soos byvoorbeeld Baird et al. (2018), Fries et al. (2014), Gibbs et al. (2018) en Myers et al. (2018) meen dat vroue wat alkohol of dwelms misbruik gespesialiseerde behandeling benodig, en dat hul unieke behoeftes spesifieke intervensies vereis. Talle faktore soos hormone, geestesversteurings en kwesbaarheid speel ook ʼn rol. Die volgende narratiewe dui op die tipes teenspoed wat deur deelnemers ervaar is.

"My hele lewe is ʼn gemors. Ek is een aand verkrag deur vier mans. Hulle het my gelos as dood, maar ek het oorleef. Ek het nog die littekens op my lyf waar hulle my gesteek het ek kry nog steeds nagmerries van dit al was dit 25 jaar gelede"

"Ek was vier maal in die tronk. Daar was daardie keer wat ʼn ander vrou seks met my wou gehad het in die tronk... ek het haar 'gedonder'."

"My eerste man het my verneuk. My tweede man het my mishandel. Ons het 'buttons' (Mandrax) is saam gebruik."

"My 'boyfriend' het my met ʼn hokkiestok geslaan Ek was byna dood. Die dokters het aan my gesê dat dit ʼn wonderwerk is dat ek nog lewe. My kopbeen was gekraak"

"Ek het ook twee maal probeer selfmoord pleeg [huil hartverskeurend]. Ek glo dat ek ʼn doel het in hierdie lewe, anders sou ek dood gewees her. Ek het ʼn oordosis pille geneem. My familie het my nie eens gehelp nie. Die tweede keer het ek my polse gesny. My stiefpa het my net uit die huis gejaag. Ek het erg gebloei en flou geval. Dit was die bure wat my na die hospitaal geneem het."

"Ek het uiteindelik op straat beland. Ek was nege jaar op straat. Dit is ʼn harde lewe. Ek het opgeland in prostitusie net om te oorleef. Die 'pimps' het my geld gesteel en was baie goor met my. Ek was op 'rock' ('crack' kokaïen) en alkohol. Ek is amper doodgemaak. Baie mans het my verniel en verkrag."

Uit bostaande narratiewe is dit duidelik dat vroue wat moeilike tye beleef dikwels nie oor die nodige kapasiteit en lewensvaardighede beskik om teenspoed te hanteer nie. Dit is ook duidelik dat hierdie vroue finansieel uiters kwesbaar is, met ʼn groot gebrek aan emosionele en finansiële ondersteuning. Op die mikrovlak was daar ʼn spesifieke verloop van geen of weinige ondersteuning nie. Die moontlikheid bestaan dat sommige deelnemers vanweë hul gebrekkige lewensvaardighede bygedra het tot konflik in familieverhoudinge, maar ʼn lewe op straat is vol uitdagings soos weerspieël in die laaste narratief. Baird et al. (2014) en Doweiko (2012) vind dat veral vroue kwesbaar is op straat, vanweë die feit dat hulle dikwels fisiek of seksueel aangerand word. Op die mesovlak is die vrylike beskikbaarheid van alkohol of dwelms duidelik. Fisher en Harris (2013), en Myers et al. (2018) dui ʼn verband aan tussen die misbruik van alkohol of dwelms, en swaarkry soos mishandeling wat die meeste van hierdie vroue ervaar het. Op die makrovlak het heelwat van die deelnemers die dienste van maatskaplike werkers gebruik. Sommige se kinders is verwyder uit hulle sorg, en herenigingsdienste word gelewer. Die deelnemers het aangedui dat al die teenspoed dit vir hulle moeilik maak om stabiliteit in hulle lewe te hê. Alhoewel ʼn paar los werkies gedoen het, het die meeste nie ʼn voltydse werk gehad nie, byvoorbeeld vanweë ʼn lae opvoedingspeil en swak ekonomiese omstandighede. Myers et al. (2018) se studie bevestig dat fisieke en seksuele trauma soos deur baie van die deelnemers beleef, ʼn toename in alkohol- of dwelmmisbruik tot gevolg het, asook ʼn groter blootstelling aan HIV. Marotta (2017) noem dat daar ʼn korrelasie is tussen vroue wat in die tronk is (soos een deelnemer aangedui het), trauma in die kinderjare en die misbruik van alkohol of dwelms.

5.3 Tema 3: Uitdagings in die omgewing

Hierdie tema sluit nou aan by die vorige tema, soos uit die onderstaande narratiewe gesien kan word. Volgens die ekologiese perspektief (Bronfenbrenner 1979; Pardeck 2015) is daar ʼn konstante wisselwerking tussen ʼn persoon en haar omgewing. As die omgewing nie ondersteunend is nie en vyandig is, veroorsaak dit stres soos die volgende narratiewe aandui:

"Ek het ʼn'boyfriend' hier ontmoet by die werk. Hy is nie altyd so 'nice' nie, maar ons het mekaar nodig. Hy het hierdie 'control' ding, hy wil weet waarheen ek gegaan het en word baie jaloers as ek nie genoeg aandag aan hom gee nie. Ek wou al ʼn 'protection order' teen hom gekry het."

"My kind is baie siek. Sy het 'TB'. Hulle het aan my gesê sy het nie meer lank om te leef nie. Ek sal na haar kyk tot die einde. Sy het ʼn klein seuntjie. Ek sal na hom kyk as sy nie meer daar is nie."

"Ek het baie stres. My huwelik was vol geweld en ongelukkigheid. Ek het ʼn sielkundige gaan sien, want dinge het net te veel vir my geraak. Ek het maar begin drink, want dit was ʼn manier om te vergeet."

"Die polisie was al ʼn hele paar keer by ons plek as die bakleiery te veel raak. En die bure kla. My ma raak ontsteld as ek drink, maar dis hoe ek 'cope'. My broer is ook op 'drugs'.

"Ek woon in ʼn nagskuiling, maar wil graag ʼn plekkie van my eie hê. Die lewe is maar swaar. Ek is baie maal honger"

"Ek het onder ʼn brug geslaap. ʼn 'Gang' het gekom en my aangeval. Ek het baie seer gekry en moes hospitaal toe gaan. As jy op straat woon, kan jy nooit ontspan nie, want jy kan enige tyd 'gerob' word, of 'gerape' word of aangerand word. Jy weet nie wie om te 'trust' nie."

Dit is duidelik uit bogenoemde narratiewe dat daar talle uitdagings in die omgewing is wat bydra tot kwesbare vroue se sielkundige stres. Op ʼn mikrovlak was die gevolge van ʼn gebrek aan voldoende kos en huisvesting duidelik sigbaar in baie deelnemers se lewens. Sommige deelnemers was ook blootgestel aan fisieke geweld, as gevolg van ʼn lewe op die straat (soos ook reeds genoem onder Tema 2), wat dus ʼn gevaarlike lewensruimte geword het (mesovlak). Dit korreleer met ʼn studie gedoen deur Riger, Bennet en Sigurvinsdottir (2014) wat toon dat kwesbare vroue dikwels aan geweld onderwerp word.

Weybright, Caldwell, Wegner, Smith en Jacobs (2016) toon aan dat probleme in die omgewing soos ʼn gebrek aan hulpbronne kan lei tot alkohol- of dwelmmisbruik wat op die makrovlak kwesbare vroue negatief beïnvloed (Crane, Schlauch, Hawes, Mandel & Easton 2014; Pardeck 2015; Straussner & Isralowitz 2013).

5.4 Tema 4: Gebruik van alkohol of dwelms om die lewe te kan hanteer

Soos reeds genoem, is daar ʼn toename wêreldwyd in die misbruik van alkohol of dwelms (WHO 2019). Baie deelnemers het op straat beland as gevolg van ʼn middelgebruikstoornis en ander ekonomiese faktore soos werkloosheid. Baie van hulle het dikwels honger gaan slaap, wat op die mikrovlak aandui hoe moeilik dit is om nie genoeg ondersteuning te ontvang nie. As gevolg van die omstandighede van ʼn onstabiele lewe is ʼn paar van die deelnemers se kinders uit hul sorg verwyder. Soos alreeds genoem, toon statistieke dat meer mans as vroue alkohol of dwelms misbruik. Daar is egter heelwat vroue wat alkohol of dwelms misbruik, maar dit nie altyd aanmeld of hulp soek nie (McHugh, Votaw, Sugerman & Greenfield 2018). Die volgende narratiewe dui aan hoe deelnemers alkohol of dwelms misbruik het in ʼn poging om hul lewens te hanteer.

"Ek het op straat beland. Ek het 'tik' gebruik. Ek het geld gesteel om 'tik' in die hande te kry en het tronk toe gegaan."

"Ek het ook verslaaf geraak aan 'Grandpa's'. Ek het 10 'Grandpa's' per dag geneem. Dit het my gesondheid baie geraak. Ek moes hospitaal toe gaan om ʼn operasie te kry, want my maag was 'opgeneuk'. Ek neem nou net dagga en rook ook."

"Ek drink om my te help vergeet van al die pyne en hartseer. As ek dink waardeur ek alles is, begin my gedagtes te maal. Ek dink nie ek kan met al die emosies nou 'deal' nie."

"Ek drink ook te veel. Dit help my om al die 'sad' goed te vergeet."

"Ek is gediagnoseer met 'bipolar'. Toe my oupa dood is, het dinge buite beheer geraak. Ons was baie 'close'. Dit was traumaties vir my. Ek het 'tik' ook begin gebruik. Om 'bipolar' te wees, is baie moeilik vir my. Die medikasie laat my ook nie lekker voel nie. Ek drink om van my pyn te vergeet."

Hierdie narratiewe bring die pyn en emosionele verwarring van die deelnemers aan die lig. Navorsing (Weybricht et al. 2016) dui aan dat daar ʼn toename in metamfetamienafhanklikheid in die Wes-Kaap is, wat korreleer met die eerste narratief. Hierdie toename is grotendeels daaraan te wyte dat die dwelm relatief goedkoop en wyd beskikbaar is. Die studie toon ook dat naas dagga, metamfetamien die primêre keuse van dwelm onder jeugdiges is. Uit die narratiewe hier bo kan afgelei word dat die deelnemers hulle gewend het tot alkohol, pynpille of ander dwelms om hul pyn te verdoof. Een van die deelnemers het ʼn tweeledige diagnose van geestesversteuring en middelgebruikstoornis gehad en het haar moeilike pad beskryf. Navorsers soos Swann (2010), Van Zyl en Geyer (2019) en Weiss (2004) bevind ʼn beduidende toename in tweeledige diagnoses.

Dit is betekenisvol dat op die mikrovlak, die meeste deelnemers aanhou met alkohol- of dwelmmisbruik, ten spyte van gesondheids- en ander risiko's. Weybright et al. (2016) se navorsing bevind verder dat die misbruik van dwelms, en dan spesifiek metamfetamien, dikwels kan lei tot psigose en aggressie wat ook gespanne verhoudings in die gesin tot gevolg het. Op die mesovlak is dwelms vrylik beskikbaar in die meeste gemeenskappe, wat ernstige nadelige gevolge inhou (Jacobs & Slabbert 2019). Op die makrovlak is die gevaar van HIV as gevolg van onveilige seks ook ʼn gesondheidsrisiko vir ander persone, met nadelige gevolge vir die gesondheidsektor in die geheel (Myers et al. 2018).

5.5 Tema 5: Hoop

Dit is belangrik om ten spyte van moeilike omstandighede, nie die oorlewingskapasiteit van mense te onderskat nie. Dit is verblydend dat die meeste deelnemers aangedui het dat hulle tog hoop gehad het, ʼn droom waarna hulle gestreef het ten spyte van traumatiese kinderjare, teenspoed in die volwasse lewe en uitdagings in die omgewing. Die volgende narratiewe illustreer dit.

"Ek droom vir ʼn beter toekoms vir myself. Ek wil hê my kinders moet ʼn beter lewe as ek hê as wat ek gehad het."

"Ek wil eendag graad 10 klaarmaak. Dan wil ek ʼn 'job' as ʼn 'cashier' hê waar ek voltyds kan werk en ʼn salaris verdien. My droom is om my eie huis te hê eendag.. ja, ek wil eendag ophou drink. Ek weet dit is nie goed vir my kinders om my so te sien nie. Ek wil ʼn goeie ma wees vir hulle. Ek wil eintlik my 'boyfriend' los, want hy is 'bad news'. Eendag wil ek meisies en vroue help wat deur dieselfde is as ek."

"My droom is om my kinders terug te kry. Hulle is 16, 14 en 11. Hulle wil ook graag by my kom bly."

"Ek wil graag eendag 'awareness talks' doen om vir mense die gevare van dwelm te vertel. Ook van alkohol ek was in die modder, maar het op my knieë gekom, val partykeer weer in die modder, maar ek hou aan veg. Eendag sal ek weer op my eie voete kan staan."

"Ek wil ʼn plek van my eie hê waar ek kan rus en ook kan kosmaak. Ek wil hê my dogter moet naweke vir my kom kuier. Ek wil haar 'hero' wees. Ek wil haar nie in die steek laat nie, soos ek deur my eie familie 'gedrop' is."

Sommige deelnemers het dus ʼn sprankie van hoop getoon, ten spyte van moeilike omstandighede, soos gesien kan word in die bogenoemde narratiewe. Die meeste van hulle het gesmag na ʼn plekkie van hul eie, weg van die gevare en swaarkry op straat. Op die mikrovlak wou sommige deelnemers weer self omsien na hulle kinders. Op die mesovlak was ook deelnemers wat hulle opvoedkundige kwalifikasies wou verbeter. Uit navorsing van Poole et al. (2017) en Rall en Nelson (2007) blyk dit dat hoop en veerkragtigheid by baie mense wat swaar tye beleef teenwoordig is. Dit is veerkragtigheid wat mens laat uithou ten spyte van moeilike omstandighede. Poole et al. (2017) dui verder aan dat veerkragtigheid as ʼn buffer kan dien teen depressie en struikelblokke in die volwasse lewe en dus kan bydra tot hoop in mense se lewens. Op die makrovlak speel dienslewering ʼn groot rol om hoop aan kwesbare vrouens te bied. Dienslewering, veral wat volhoubaarheid bevorder, is van nut soos byvoorbeeld werkskeppingsgeleenthede (Lewis, Dana & Blevins 2011).

 

6. GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Uit bogenoemde bespreking is dit duidelik dat kwesbare vroue wat alkohol of dwelms misbruik, verskeie uitdagings ervaar en dit is veral hulle wat gespesialiseerde behandeling benodig. Moeilike kinderjare kan gesien word as ʼn risikofaktor, aangesien trauma in die kinderjare dikwels tot uitdagings in die volwasse lewe bydra.

Konflik in verhoudinge in die volwasse lewe is ook ʼn risikofaktor. Aspekte soos lae opvoedingspeil en ekonomiese uitdagings hou ʼn verdere bedreiging in vir kwesbare vroue se welstand.

Verskeie uitdagings ook in die omgewing, plaas baie druk op kwesbare vroue wat kan lei tot spanning en die misbruik van alkohol of dwelms. Hierdie vroue misbruik dikwels alkohol of dwelms net om die uitdagings van die lewe te hanteer. Die vrye toegang tot alkohol of dwelms dra ook by tot misbruik van ander chemiese middels. Armoede dra ook dikwels by tot emosionele spanning. Gebrekkige hulpbronne en dienslewering aan kwesbare vroue bied ʼn verdere uitdaging. Vroue wat afhanklik raak van alkohol of dwelms het dikwels nie genoegsame hulpbronne tot hulle beskikking nie en dienslewering is onvoldoende weens ʼn tekort aan maatskaplike werkers.

Ten spyte van talle uitdagings, is daar tog ʼn mate van hoop by sommige van hierdie vroue te bespeur. ʼn Verblydende aantal deelnemers het die wens uitgespreek om weer herenig te raak met hulle kinders. Daar is ook die versugting uitgespreek om ʼn woonplek en gereelde inkomste te verkry.

Die volgende aanbevelings word gemaak:

Trauma in die kinderjare moet nie onderskat word nie en meer ondersteuning deur professionele persone soos maatskaplike werkers moet gegee word aan kinders en volwassenes wat trauma gedurende kinderjare beleef het.

Meer navorsing behoort gedoen te word oor vroue wat alkohol of dwelms misbruik, aangesien vroue unieke uitdagings ervaar.

Die stigma gekoppel aan vroue wat alkohol of dwelms misbruik kan verminder word.

Dienslewering aan vroue behoort meer gespesialiseerd te wees, veral in die veld van alkohol- of dwelmmisbruik.

Die toename in tweeledige diagnose is ʼn verdere knelpunt, veral onder kwesbare vroue wat reeds gebrekkige dienslewering ervaar. Korrekte diagnoses word dikwels nie gemaak nie.

Die veerkragtigheid van ʼn kwesbare groep moenie onderskat word nie en sulke groepe kan benut word om ander kwesbare groepe te bemagtig.

Daar word aanbeveel dat ʼn kwantitatiewe studie gedoen word, asook van kwesbare vroue se uitdagings in ander dele van die land.

 

BIBLIOGRAFIE

American Psychiatric Association. 2013. Diagnostic and statistical manual of mental disorders (5th ed.). Washington DC: American Psychological Association.         [ Links ]

Ampdeo, M. & López, L.M. 2013. Alcohol and drug problems: Practice Interventions. Encyclopedia of Social Work. [Intyds] Beskikbaar: //socialwork.oxfordre.com/view/10.1093/acrefore/9780199975839.013.516 / [5 Augustsu 2019].         [ Links ]

Baird, A.F., Campanaro, C.S., Eisele, J.L., Hall, T. & Wright, J.D. 2014. "How Can We Stay Sober?" Homeless Women's Experience in a Substance Abuse Treatment Centre. Social Science and Public Policy, 51(404-407).         [ Links ]

Barkhuizen, M. & Pretorius, R. 2005. Professional women as victims of emotional abuse within marriage or cohabiting relationships: A victimological study. Acta Criminologica, 18(1):10-20.         [ Links ]

Beaulaurier, R.L., Seff, L.R., Newman, F.L. & Dunlop, B. 2007. External barriers to help seeking for older women who experience intimate partner violence. Journal of Family Violence, 22(8):747-755.         [ Links ]

Bronfenbrenner, U. 1979. The ecology of human development. Cambridge, MA: Harvard University press.         [ Links ]

Cilezis, S. & Drotez, S.M. 2014. High-poverty urban High School students' plans for Higher Education: Weaving their own safety nets. Urban Education, 51(1):3-31.         [ Links ]

Chandra, P.S., Herrman, H., Fisher, J.E., Kastrup, M, Niaz, U., Rondon, M. & Okasha, A. 2009. Contemporary topics in women's mental health: Global perspectives in a changing society. New York: Wiley.         [ Links ]

Crane, C.A., Schlauch, R.C., Hawes, C.S., Mandel S.W. & Easton, D.L. 2014. Legal factors associated with change in alcohol use and partner violence among offenders. Journal of Substance Abuse Treatment, 47:1(151-159).         [ Links ]

Cresswell, J.W. & Poth, C.N. 2018. Qualitative inquiry and research design: choosing among five approaches.Thousand Oaks: Sage.         [ Links ]

De Vos, A.S., Strydom, H., Fouché, C.B. & Delport, C.S.L. 2011. Research at grassroots: For the social sciences and human service professions (3de Uitgawe). Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

Departement van Maatskaplike Ontwikkeling. 2006. Integrated Service Delivery Model. Pretoria. [Intyds] Beskikbaar:www.dsd.gov.za/index2.php?option=comdocman&task=doc_view&gid=187&Itemid=39[1 Augustus 2019].         [ Links ]

Doweiko, H.E. 2012. Concepts of chemical dependency. (8th ed) Belmont: Brooks/Cole Cengage Learning.         [ Links ]

Fisher, G.L. & Harrison, T.C. 2013. Substance abuse: Information for school counsellors, social workers, therapists and counsellors. (5th ed) Boston: Pearson Education.         [ Links ]

Fries, L., Fedock, G. & Kubiak, S.P. 2014. Role of gender, substance use, and serious mental illness in anticipated post-jailhomelessness. Social Work Research, 38(2):107-116.         [ Links ]

Gibbs, A., Jewkes, R., Willan, S. & Washington, L. 2018. Associations between poverty, mental health and substance use, gender power, and intimate partner violence amongst young (18-30) women and men in urban informal settlements in South Africa: A cross-sectional study and structural equation model. PLoS ONE 13(10):1-19.         [ Links ]

Gous, N. 2018. SA most unequal country in the world: Poverty shows Apartheid's enduring legacy. Times Live [Intyds] Beskikbaar:www.timeslive.co.za/news/south-africa/2018-04-04-poverty-shows-how-apartheid-legacy-endures-in-south-africa/ [7 Augustus 2019].         [ Links ]

Groenewald, C. & Bhana, A. 2016. Substance abuse and the family: An examination of the South African policy context. Drugs: Education, Prevention and Policy, 25(2):148-155.         [ Links ]

Jacobs, T. & Slabbert, I. 2019. Factors that could contribute to substance misuse and criminal activity amongst adolescents: An Ecological Perspective. Social Work / MaatskaplikeWerk, 55(2):223-235.         [ Links ]

Lewis, J.A., Dana, R.Q. & Blevins, G.A. 2011. Substance abuse counselling. (4th ed.) Belmont: Brooks / Cole Cengage Learning.         [ Links ]

Lincoln, Y.S. & Guba, E.G. 1985. Naturalistic inquiry. Beverly Hills, CA: SAGE. In Denzin, N.K. & Lincoln, Y.S. (eds). Handbook of qualitative research. Thousands Oaks, CA: SAGE.         [ Links ]

Macy R.J. & Goodburn, M. 2012. Promoting successful collaborations between domestic violence and substance abuse treatment sectors: A review of the literature. Trauma, Violence and Abuse, 13(4): 234-251.         [ Links ]

Marinus, D.R. 2015. Adolescents' experience and coping strategies with parental substance addiction within a rural farming community: A social work perspective. Pretoria: UNISA (Meestersgraad).         [ Links ]

Marotta, P.M. 2017. Childhood Adversities and Substance Misuse Among the Incarcerated: Implications for Treatment and Practice in Correctional Settings. Substance Use and Misuse, 52(6):717-733.         [ Links ]

Martin, S.E. & Bryant, K. 2001. Gender differences in the association of alcohol intoxication and illicit drug use amongst persons arrested for violent and property offenses. Journal of Substance Abuse, 13:563-581.         [ Links ]

McHugh, R.K., Votaw, V.R., Sugerman, D.E. & Greenfield, S.F. 2018. Sex and gender differences in substance use disorders. Clinical Psychology Review, 66:12-23.         [ Links ]

Myers, B., Carney, T., Browne, F.A. & Wechsberg, W.M. 2018. Development of trauma-informed substance use and sexual risk reduction intervention for young South African women. Patient Preference and Adherence, 12(1):1997-2006.         [ Links ]

Oduru, G. Y., Swartz, S. & Arnot, M. 2012. Gender-based violence: Young women's experiences in the slums and streets of three sub-Saharan African cities. Theory and Research in Education, 10(3): 275 -294.         [ Links ]

Pardeck, J.T. 2015. An ecological approach for social work practice. The Journal of Sociology & Social Welfare, 15(2):133-142.         [ Links ]

Parry, C.H.D. 2005. Substance abuse intervention in South Africa. World Psychiatry, 4(1):34-35.         [ Links ]

Piat, M., Polvere, L., Kirst, M., Veronka, W., Zabkiewicz, A. & Plante D. 2015. Pathways into homelessness: Understanding how both individual and structural factors contribute to and sustain homelessness in Canada. Urban Studies, 52(13):2366-2382.         [ Links ]

Poole, J.C., Dobson, K.S. & Pusch, D.K. 2017. Neglect, Childhood adversity and adult depression: The protective role of psychological resilience. Childhood Abuse and Neglect, 64, 89-100.         [ Links ]

Rall, C.R. & Nelson, J.C. 2007. Partner Abuse and Women's Substance Problems: From Vulnerability to Strength. Affilia: Journal of Women and Social Work, 22(4):334-346.         [ Links ]

Rassool, G.H. 2011. Understanding addiction behaviours: Theoretical & clinical practice in health and social care. Hampshire: Palgrave Macmillan.         [ Links ]

Riger, S., Bennet, L.W. & Sigurvinsdottir, R. 2014. Barriers to addressing substance abuse in domestic violence court. Society for Community Research and Action, 53(1):208-217.         [ Links ]

Straussner, S.L.A. & Isralowitz, R. 2013. Alcohol and drug problems: Overview. Encyclopedia of Social Work. [Intyds]. Beskikbaar: http://socialwork.oxfordre.com/view/10.1093/acrefore/9780199975839.013.515/ [7 August 2019].         [ Links ]

Swann, A.C. 2010. The Strong Relationship between Bipolar and Substance-use Disorder: Mechanisms and Treatment Implications. Annals of the New York Academy of Sciences, 1187:276-293.         [ Links ]

Van Zyl, K. & Geyer, S. 2019. Dual diagnosis: How Adults diagnosed with Bipolar Disorder experience In-patient Substance Abuse Treatment for Stimulant Disorder. Social Work / MaatskaplikeWerk, 55(2):205-222.         [ Links ]

Weybright, E.H., Caldwell, L.L., Wegner, L., Smith, E. & Jacobs, J.J. 2016. The state of methamphetamine ("tik") use among youth in the Western Cape, South Africa. HHS Public Access, 106(11):1125-1128.         [ Links ]

Weiss, R.D. 2004. Treating Patients with Bipolar and Substance Dependence: Lessons Learned. Journal of Substance Abuse Treatment, 27:307-312.         [ Links ]

World Health Organisation. 2019. Forum on alcohol, drugs and addictive behaviours. [Intyds]. Beskikbaar: www.who.int/substance_abuse/activities/fadab/2019/en/ [5 Augustus 2019].         [ Links ]

Zhang, C., Li, X., Liu, Y., Quio, S., Su, S., Zhang, L. & Zhou, Y. 2017. A Pedigree-based Proxy Measure of Genetic Predisposition of Drinking and Alcohol Use among Female Sex Workers in China: A Cross-Sectional Study. Aids Care, 29(2):223-225.         [ Links ]

 

 

 

ILZE SLABBERT is verbonde aan die Departement Maatskaplike Werk aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy is ʼn lektor in alkohol- en dwelmgebruik, gevallewerk en gesondheidsorg en tree op as studieleier vir nagraadse studente. Sy was voorheen ʼn senior maatskaplike werker. Dr. Slabbert het navorsing gedoen oor intieme geweld, alkohol- en dwelmgebruik, reflektiewe leer en gesondheidskwessies. Sy het artikels oor hierdie onderwerpe in vaktydskrifte gepubliseer en ook verskeie aanbiedings by vakkonferensies gedoen.
ILZE SLABBERT is a lecturer in the Department of Social Work at the University of Stellenbosch; included in her teaching are topics such as substance use, casework and health care. She also supervises post-graduate students. She was previously employed as a senior social worker. Dr Slabbert focuses in her research on domestic violence, substance use, reflective learning and health issues. She has published articles on these topics in scholarly journals and has also presented several papers at professional conferences.

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons