SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número4The profile of the adult male as a mentor for adolescent boys from the West coastSwartskaap: Odette Schoeman índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.59 no.4 Pretoria Dez. 2019

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n4a8 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS RESEARCH AND REVIEW ARTICLES (2): AFRIKAANS

 

Redakteursnota

 

 

Met die ter perse gaan van die Desembernommer het ons verneem dat prof Réna Pretorius oorlede is.

Aangesien dit in hierdie afdeling om "die storie van Afrikaans" gaan, is dit gepas dat prof Pretorius se lewenslange toewyding aan die Afrikaanse taal- en letterkunde juis hier vermeld word.

Tydens haar akademiese loopbaan het sy bekendheid verwerf as 'n gedugte navorser en streng, maar ook toegewyde, dosent. Sy het terselfdertyd respek afgedwing vir haar bewonderenswaardige vermoë om sogenaamd "moeilike" poësie, soos byvoorbeeld NP van Wyk Louw se Groot Ode, te "stiplees".

Haar jarelange betrokkenheid as Akademielid in verskeie hoedanighede is uiteindelik bekroon met erelidmaatskap. Maar dit is veral haar betrokkenheid as redaksielid van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe wat hier besondere vermelding verdien. Op 'n persoonlike noot, was dit Réna wat my oorreed het om die redakteurskap van die tydskrif te aanvaar; en dit was ook Réna wat behulpsaam was met 'n oriëntering van aspekte van die akademiese en administratiewe bestuur van die joernaal, insluitende die lees van geliasseerde keurdersverslae ten einde die aard en gehalte van eweknie-evaluering te verken.

Haar onskatbare bydrae tot die voortbestaan van Afrikaans - ook as wetenskapstaal - "weerklink" nog in uitgebreide navorsingsprojekte, waarvan Wannie Carstens en Edith Raidt se tweedelige Die storie van Afrikaans - uit Europa en van Afrika in hierdie afdeling deur Ernst Kotze onder die loep geneem word. Volgens die resensent verteenwoordig die werk onteenseglik 'n hoogtepunt in die geskiedskrywing oor Afrikaans en "weerspieël die komplekse aard van die taalproblematiek in die land, nie alleen deur die oopvlekking van die historiese dimensie met nuwe perspektiewe nie, maar ook deur 'n ingeligte beoordeling van die huidige tydsgewrig en die uitdaging wat die taal en sy sprekers in die gesig staar" (598).

Dit is juis een so 'n hedendaagse uitdaging, naamlik die voortbestaan van Afrikaans as wetenskapstaal, wat deur François Durand getakel word in sy verkenning van die internet as 'n nog grotendeels onontginde hulpbron vir onderrig in en deur Afrikaans.

 

Ina Wolfaardt-Gräbe

November, 2019

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons