SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número2Ubuntu values: societal and educational expectationsThe constitution, education authorities and the road ahead for single medium Afrikaans schools índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.59 no.2 Pretoria jun. 2019

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n2a7 

AKTUEEL: DEBAT

 

Redakteursnota

 

 

Voortbouend op die gelyktydige bekendstelling van verskillende en/of aanvullende gesigspunte oor bepaalde kwessies in vorige uitgawes, word Leopold Scholtz se repliek op Riaan Eksteen se artikel oor die voortslepende Brexit-vraagstuk in hierdie afdeling geplaas.

In die artikel word indringend gekyk na die verreikende ekonomiese en politieke nagevolge van Brexit. Drie jaar na die referendum waarin Britse kiesers gestem het om van die Europese Unie te onttrek - en na talle mislukte pogings onder leiding van eerste minister Theresa May om sodoende die ideaal van Britse soewereiniteit te verwesenlik - is daar steeds geen onderhandelde skikkingsooreenkoms bereik tussen enersyds die Verenigde Koninkryk as die voornemende wegbreekstaat en andersyds die Europese Unie bestaande uit 'n alliansie van 27 lidlande nie.

Onversetlike standpunte aan beide kante dui volgens Riaan Eksteen onder meer op die invloed wat binnelandse aangeleenthede op buitelandse betrekkinge kan uitoefen: "Waar Brexit vir die Europese Unie (EU) 'n ernstige buitelandse beleidsonderwerp is, gaan dit vir die Verenigde Koninkryk (VK) amper meer oor 'n oorlewingstryd om binnelandse politieke mag en die voortbestaan van die VK as 'n politieke eenheid". In hierdie verband is dit veral die huidige en toekomstige rol van die Europese Geregshof (EG) wat aanleiding gee tot sowel eerste minister Theresa May se ononderhandelbare voorwaardes of rooilyne, as die EU-onderhandelaars se eweneens onbuigbare standpunte oor die kernrol van die Europese Geregshof binne die Europese Unie.

In sy repliek vestig Leopold Scholtz veral die aandag op die historiese aanloop tot die stigting van die Europese Ekonomiese Gemeenskap (EEG) en daarna die Europese Unie (EU). Aanvullend tot die problematiese aspekte van die onderhandelinge wat in die artikel uitgelig word, verskaf die repliek die nodige historiese reliëf vir die ingesteldheid van die EU teenoor die VK se pogings om verlore soewereiniteit terug te wen.

Die ekonomiese en politieke nagevolge van Brexit betreffende die VK én die EU word oortuigend geskets in sowel die navorsingsartikel as die repliek daarop. Sonder twyfel sal ook Suid-Afrika nie kan ontsnap aan die uitkringende effek daarvan nie - iets wat moontlik in verdere artikels ondersoek kan word?

Die redaksie rig hiermee weer eens 'n ope uitnodiging aan belangstellende lesers om gesigspunte en standpuntinnames in hierdie rubriek te deel, hetsy by wyse van 'n korter stuk, of ook 'n volwaardige artikel.

 

Ina Wolfaardt-Gräbe

Mei, 2019

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons