SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número2Challenges of the diversity of languages in churches: The unity of the church and language índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.59 no.2 Pretoria Jun. 2019

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n2a1 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS  RESEARCH AND REVIEW ARTICLES (1)

 

Moedertaal in die kerk: Die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika (AGS van SA) en Afrikaans as 'n illustrasie van die rol van moedertaal in die kerk

 

Mother tongue in the church: The Apostolic Faith Mission of South Africa (AFM of SA) and Afrikaans as an illustration of the role of mother tongue in the church

 

 

Marius Nel

Navorsingsleerstoel: Ekumene: Pentekostalisme en Neo-Pentekostalisme Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. E-pos: marius.nel@nwu.ac.za

 

 


OPSOMMING

Die artikel word geskryf vanuit die perspektief van 'n Afrikaanssprekende Christen en gebruik die Apostoliese Geloof Sending van Suid-Afrika (AGS) as 'n gevallestudie van moedertaal wat apartheidstrukture (waarskynlik onbewustelik) perpetueer. Die AGS ontstaan in 1908 as 'n veelrassige, Engelstalige kerk onder leiding van twee Amerikaanse sendelinge, John G. Lake en Thomas Hezmalhalch, wat vanuit hulle betrokkenheid by die Azusastraatherlewing in Los Angeles (vanaf 1906) die boodskap na Afrika bring van die uitstorting van die Gees. Veral Lake is vasbeslote dat eredienste veelrassig bly en sy bediening word deur verskeie botsings hieroor met wit gelowiges gekenmerk, veral oor sy noue verhouding met Elias Letwaba, 'n prominente swart leier. Nog voor hulle vertrek na Amerika, wanneer Pieter L. le Roux as eerste Suid-Afrikaanse president verkies word, verval die kerk reeds in patrone van gemeentevestiging wat ooreenstem met die bestaande patrone wat die Suid-Afrikaanse samelewing gekenmerk het, en segregasie tussen rasse institusionaliseer. Leiding hierin het veral van Afrikaanssprekende wit leiers gekom. In 1996 verenig die voormalige vier afdelings van die AGS in al sy strukture maar steeds bestaan die meeste gemeentes volgens taal en geografiese area in segregasie, alhoewel meerdere vergaderings en konferensies in die kerk veelrassig is en in Engels plaasvind. Slegs enkele Engelstalige gemeentes asook wit Kaapse Afrikaanstalige gemeentes wat enkele van die gemengde-rasbevolking insluit, het veelrassig geword. Ná 'n historiese bespreking vra die artikel na die uitdagings wat taaldiversiteit inhou en die houdbaarheid daarvan om die diversiteit wat die kerk verteenwoordig in die plaaslike gemeente gestalte te laat kry. Verskeie voorstelle word gemaak wat wit Afrikaanssprekende AGS-lidmate se taalsentimente akkommodeer terwyl dit ook 'n bydrae lewer om die mense van Suid-Afrika as 'n reënboognasie te vestig.

Trefwoorde: eenwording, veelrassigheid, Afrikaans, segregasie, dogterkerke, saamgestelde afdeling, verenigde kerk, Apostoliese Geloof Sending van Suid-Afrika


ABSTRACT

The article is written from the perspective of an Afrikaans-speaking Christian and uses the Apostolic Faith Mission of South Africa (AFM of SA) as a case study of language, specifically mother tongue, that (probably unconsciously) perpetuates apartheid structures. The AFM originated in 1908 as a multiracial church led by two American missionaries, John G. Lake and Thomas Hezmalhalch, who from their involvement in the Azusa Street revival (since 1906) in Los Angeles came to Africa to proclaim the message of the outpouring of the Spirit. In particular, Lake was determined that worship remains multiracial and his ministry was characterised by several clashes with white believers, especially surrounding his intimate relationship with Elias Letwaba, a prominent black leader. When Pieter L. le Roux was elected as first South African president of the AFM, the church organised itself in patterns of congregations that matched the existing racial grid that characterised the South African society, by institutionalizing segregation between races by means of its church order. Especially Afrikaans-speaking whites took the lead in organising the church along racial lines. In 1996, the former four divisions of the AFM, black, Indian, white and mixed race-population churches, united in all its structures, but most congregations today still exist according to the formerly segregated appearance of languages and geographical areas, although leadership meetings and conferences within the church are multiracial with English as medium of communication. Some neighbourhoods have become multiracial but even in these the worship services still remain arranged mostly in terms of race, with the exception of English-speaking congregations and formerly white Afrikaans-speaking congregations in the Cape Province that included some of the mixed race population. However, most Afrikaans-speaking and black congregations are exclusively based on racial foundations. After a historical survey of the situation in the AFM, the article discusses the challenges that language diversity in the church implies and the sustainability to represent the diversity of the church in the local congregation. Various suggestions are being made that can accommodate the language sentiments of white Afrikaans-speaking members of the AFM, while also contributing to establishing the people of South Africa as a rainbow nation.

Key words: unification, multiraciality, Afrikaans, segregation, daughter churches, composite division, united church, Apostolic Faith Mission of South Africa


 

 

INLEIDING

Die Apostoliese Geloof Sending van Suid-Afrika (AGS) ontstaan in 1908 wanneer twee Amerikaanse sendelinge, John G. Lake en Thomas Hezmalhalch, ná hul besoek aan die Azusastraatherlewing in Los Angeles geroepe voel om die evangelie na Afrika te bring. Die eerste gemeentes van die kerk is veelrassig en Engelstalig (Paul 2006:78) en vir die sendelinge is dit belangrik dat alle rasse die eredienste bywoon, ten spyte van heftige weerstand van sommige wit gelowiges. Engels as gebruikstaal in die eredienste akkommodeer die hele bevolking.

Onder leiding van Pieter L. le Roux wat as leier verkies word wanneer Lake in 1913 na die VSA terugkeer, verander die situasie en vestig gemeentes hulle in ooreenstemming met heersende patrone wat die Suid-Afrikaanse samelewing kenmerk. Segregasie of skeiding tussen rasse word kerklik geïnstitusionaliseer en later ook in die konstitusies (kerkordes) van die vier onderskeie afdelings, die swart, gemengde-ras-, Indiër- en wit afdelings, gereflekteer.1 Eredienste is in die onderskeie tale van die gemeenskappe, Afrikaans, Engels en swart inheemse tale. Alhoewel taalsentiment 'n belangrike faktor in die kerk is, word die skeiding tussen gemeentes egter eerder op geografiese grense geskoei, wat polities geïnspireer is.

Alhoewel die vier afdelings apart funksioneer, neem die wit afdeling leiding deur die leierskap van die ander drie afdelings vir hulleself op te eis. Dit veroorsaak dat meerdere vergaderings in die "swart" afdeling aanvanklik meestal in Afrikaans gehou is omdat die wit leiers Afrikaanssprekend was.

Na verskeie pogings wat oor verskeie dekades strek, verenig die AGS in 1996 in al sy strukture. Op die vlak van die plaaslike gemeente het eenwording egter baie min effek gehad en meeste gemeentes bestaan steeds volgens taal en geografiese area in segregasie. Alhoewel meerdere vergaderings in die kerk in Engels plaasvind om die gemene faktor te akkommodeer, sluit meeste Afrikaanssprekende en swart gemeentes steeds mense van ander tale en kulture uit, met uitsondering van 'n deel van die gemengde-rasbevolking.2 Ná 'n bespreking van ontwikkelinge in die kerk rondom taal en segregasie, en die eenwording van die kerk, val die kollig op die uitdagings van taaldiversiteit en die invloed wat dit op die diversiteit van die AGS het. Voorstelle word gemaak wat wit Afrikaanssprekende AGS-lidmate se taalsentimente kan akkommodeer terwyl dit ook 'n bydrae lewer om die mense van Suid-Afrika as 'n reënboognasie te vestig.

 

ONTWIKKELING VAN VIER KERKE IN EEN

John G. Lake en Thomas Hezmalhalch kom na Afrika om "sendingwerk" te doen, wat in daardie tyd verstaan is as evangelisasie onder nie-witmense. 'n Klein inheemse gemeente ontstaan in Doornfontein deur hulle werk (Du Plessis 1977:105-6; Nel 1996:245-6; Burger 1987:177-8). Kort voor lank begin wit werkgewers van swart lidmate van die gemeente die eredienste bywoon omdat Lake 'n reputasie as genesingsbedienaar opbou. Dan word die twee sendelinge as't ware deur 'n inheemse Sionistegemeente met 'n kerk in Breëstraat, Johannesburg, "gekaap" nadat hulle Amerikaanse sendeling (Daniel Bryant) deur John A. Dowie na Zion Christian City in Lake County, Illinois terruggeroep is (Burger 1987:111; Blumhofer 1988:20). Die Breëstraatgemeente was hoofsaaklik swart en eredienste is in Engels aangebied (Du Plessis 1986:42; Lake 1994:xxiv). Die gemeente groei vinnig en Afrikaanssprekende mense sluit weldra ook aan, terwyl Sionistegemeentes in Benoni en Krugersdorp ook by die Pinksterwerk aansluit. Gedurende die eerste paar maande word wit en nie-wit saam gedoop en die kerk bestaan in rasseharmonie (Horn 1991:5). Wanneer Lake egter tydens 'n erediens in 1909 'n swart medewerker, Elias Letwaba, omhels en eer vir sy prestasies as evangelis onder sy eie mense in die Waterbergdistrik, toon sommige witmense met wolwefluite en beledigings hulle afkeur. Lake reageer deur die gemeente uit te daag dat indien hulle meen swartmense is nie in die kerk tuis nie, hy saam met hulle loop (Burger & Nel 2008:46). Afrikaanse witmense poog egter om "anderskleuriges" binne die eredienste te isoleer. Kort nadat die eerste Uitvoerende Raad gevorm is, slaag hulle daarin om eers die doop van nie-witmense ná die doop van wittes te hou, en die volgende jaar om afsonderlike doopdienste vir wit- en nie-witmense af te dwing. Reeds in Februarie 1909 besluit die Raad ook dat die opsiener oor die sendingwerk onder die inheemse bevolking wit moet wees (Kgatle 2016:330).

Vier afdelings

Ná Lake se vertrek in 1913 terug na die VSA verkies die jong kerk vir Pieter Louis le Roux as leier. Le Roux het met aansporing van Ds. Andrew Murray (jnr.) en onder leiding van die Nederduitse Gereformeerde Kerk as sendeling onder swartes in Wakkerstroom gewerk, totdat hy by Bryant se Sionistebeweging aansluit. Nou vestig gemeentes van die AGS regdeur die land, en omdat die Suid-Afrikaanse samelewing gesegregeerd in aparte woonbuute gevestig is, reflekteer die gemeentes die gemeenskap (Paul 2006:78). Dit het aanvanklik natuurlik ontwikkel, soos die geval met ander kerke ook was. Selfs die Engelssprekende gemeentes van die AGS was eksklusief wit. Die skeiding tussen gemeentes was eerder vir geografiese redes wat polities gemotiveer was as om taal- en kultuursentimente te akkommodeer (Chandomba 2007:23), alhoewel die kerk se groei waarskynlik hoofsaaklik aan haar taaldiversiteit toegeskryf kan word omdat dit belangstellendes in eie idioom en kulturele vorms bedien het (Kgatle 2017:2).

Waar wit Engelssprekendes in die eerste jare die AGS se leierskap oorheers het, sluit al meer Afrikaanssprekendes weldra by die kerk aan (Wessels 1992:378). Hulle speel 'n al belangriker leiersrol sodat dié groep vanaf die twintigerjare van die twintigste eeu die oorwig in die blanke afdeling vorm.

Die konstitusie van die onderskeie afdelings bepaal dat slegs lidmate wat tot die onderskeie rassegroepe behoort aan gemeentes van die betrokke afdeling mag behoort (Burger 1987:208).3 Rassegrense is as deel van God se skeppingsordening beskou en die Bybel is gebruik om aan te toon dat dit God se wil is dat onderskeie rasse gesegregeerd bestaan (Welty 2005:46). Die swart afdeling bestaan egter uit gemeentes wat volgens inheemse tale ingerig is; gemeentes wat dieselfde taal gebruik se eredienste en liturgiese gebruike vertoon dikwels ook onderskeie kulturele kenmerke wat van ander taalgroepe verskil. Tog word alle gemeentes wat swart inheemse tale gebruik volgens die heersende politieke rasse-ideologie bymekaar geplaas om die swart afdeling te vorm.

Leierskap in die nie-wit afdelings word deur die konstitusie aan die sendingdirekteur toegeken wat deur die wit afdeling aangestel word; sendingdirekteurs is tot in 1996 almal blanke mans. Witmense dien as trustees vir die drie afdelings om hulle belange te behartig (Dubow 1989:1). Dit veroorsaak dat die kommunikasietaal tussen die vier afdelings sowel as die taal by meerdere vergaderings van al vier afdelings meestal Afrikaans was, totdat Edgar Gschwend as sendingdirekteur aangestel word, 'n pos wat hy van 1971 tot 1996 beklee.

Waar die AGS - soos die res van die Pinksterbeweging - hom nie veel aan politieke aktiwiteite gesteur het nie vanweë hulle sterk eskatologiese verwagtings (Hollenweger 1977:259-260), oefen die AGS nou selde kritiek uit op regeringsbeleid, insluitend apartheidswetgewing en -praktyke; onder leiding van die sendingdirekteur geld dit ook van die ander afdelings waar alle kritiek in die kiem gesmoor word.

Eenwording: moeisame proses

Eenwording in die kerk het tot groot emosionele storms gelei wat talle pastore en gemeentes se aandag opgeneem het en waarvan slegs enkele draaipunte hier bespreek kan word, veral waar dit belang het vir die bespreking van die taalkwessie. Die eerste pogings tot eenwording binne die kerk kom in 1974 voor as die wit afdeling riglyne optrek vir verdere moontlike samewerking met en "ontwikkelinge" in die sogenaamde "dogterkerke" (Millard 1991:265). Die dokument se paternalistiese inslag word gedemonstreer in die verwysing na die wit afdeling se opsig- en toesigtaak teenoor die ander drie afdelings. Die volgende jaar neem die Sentrale Sendingkomitee4 die besluit dat die gemengde-rasafdeling binne die voorsiene toekoms parallel aan die wit afdeling moet ontwikkel om een Uitvoerende Raad te vorm (Notule van die Sentrale Sendingkomitee, 28 November 1974, 1).5 Die feit dat hierdie afdeling hoofsaaklik Afrikaanssprekend was, het as oorsaak gedien hoekom die wit afdeling hulle bo die ander twee nie-wit afdelings bevoorreg het (Lapoorta 1996:92).

Tot op datum was alle leiers in al vier afdelings wit mense, soos bepaal deur die onderskeie konstitusies wat die produk van die wit afdeling se inmenging in die sake van die ander drie afdelings was. In 1976 kry die gemengde-rasafdeling toestemming om sy eie distrikvoorsitters te kies (Van Staden 1980:12), wat beteken dat die gemengde-rasafdeling vir die eerste keer die reg kry om besluite oor hulleself te neem. In 1978 word dieselfde reg aan die Indiërafdeling toegeken (Algemene Sendingraad, 26 Jul 1978) en in 1980 aan die swart afdeling (Algemene Sendingraad, 26 Nov 1980). Die implikasie is dat die onderskeie Uitvoerende Rade van dié afdelings nou namens hulle eie mense (en in die taal van hulle voorkeur) mag praat; voorheen het blankes op die Sentrale Sendingkomitee namens die ander drie afdelings alle besluite geneem, en dit in Afrikaans. Die sendingdirekteur wat deur die wit Uitvoerende Raad aangestel is en altyd 'n wit pastoor was, het egter steeds as moderator en voorsitter van die onderskeie Uitvoerende Rade gedien. Wanneer pastoor Gschwend verkies word, hou hy vergaderings in Engels wat reeds veel spanning in die ander drie afdelings verlig.

In 1977 gee die wit Uitvoerende Raad teësinnig toe aan eise van leiers van die gemengde-rasafdeling om te oorweeg om 'n gesamentlike Uitvoerende Raad te skep wat die wit en gemengde-rasafdeling proporsioneel insluit en gemeenskaplike sake kan hanteer (Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 22 Nov 1977, 8895; Burger & Nel 2008:406), as eerste stap om die AGS te verenig.6 Proporsionele verteenwoordiging sou beheer in die wit afdeling se hande behou omdat hulle by verre die meerderheid is. Die 1977-Werkersraad van die wit afdeling verwerp egter die voorstel met 'n groot meerderheid (Burger & Nel 2008:406). Die feit dat beide afdelings hoofsaaklik Afrikaanssprekend is, beïndruk nie die wit afdeling nie omdat hulle die apartheidsideologie van wit meerderwaardigheid onderskryf. Later die jaar ontmoet die wit en gemengde-rasafdelings se Uitvoerende Rade by Sarepta Bybelskool in die Kaap (Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 19 Sep 1977, 8857). Die gemengde-rasafdeling beklemtoon dat die bestaan van vier afdelings in die AGS as afsonderlike regspersoonlikhede geheel onaanvaarbaar is en dat kerkskeiding op grond van taal en kultuur onbybels is (Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 19 Aug 1980; Yong 2006:22).

Eers in 1980 word verdere vordering gemaak wanneer die Indiër-, gemengde-ras- en wit Uitvoerende Rade ontmoet om oor eenwording te besin (Notule van die Wit Werkersraad 1976, 336). Op dié stadium sluit hulle samesprekings die swart afdeling uit, in ooreenstemming met die regering se Driekamerparlement wat juis nou ingestel word (Giliomee 2004:555). Die vergadering besluit dat eenheidsbeginsels "ter gelegener tyd" in terme van die swart afdeling oorweeg sal word (Burger & Nel 2008:407). In die gesprek verskans die wit afdeling sy outonomie deur te verklaar dat slegs geestelike sake soos die opleiding van pastore en gesamentlike konferensies deur 'n gesamentlike raad hanteer sal word. Nog 'n raad sal mettertyd gevestig word wat aankoop en verkoop van eiendom hanteer. Die wit Uitvoerende Raad vra terselfdertyd die gemengde-ras Uitvoerende Raad vir meer geduld oor moontlike eenheid wat vir wit mense vir politieke redes gekompliseerd en sensitief is (Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 31 Okt 1979, 9209), gegewe die politieke en ekonomiese klimaat in die land in reaksie op swart protes. Die ekonomiese mag in die land is in witmense se hande en wit AGS-lidmate se finansiële bydraes oortref by verre dié van die ander afdelings, wat daardie afdelings verleë maak vir subsidiehulp vanaf die wit afdeling en die mag van die wit afdeling versterk (Nel 2012:139).

Aan die einde van 1979 aanvaar die wit Uitvoerende Raad die beginsel dat daar nie skeiding in die kerk gebaseer op ras mag bestaan nie maar terselfdertyd ook dat die beginsel in die huidige politieke opset 'n ideaal is wat vir praktiese redes nie onmiddellik verwesenlik kan word nie. Die Raad besluit dat die pas waarteen eenheid voltrek word, deur kontak en kommunikasie met die ander afdelings bewerkstellig moet word terwyl wit mense se vrese ook aangespreek moet word (Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 21 Nov 1979, 9224-5). Dit beklemtoon ook dat lidmate die reg moet behou om in hulle moedertaal te aanbid en dat eventuele samewerking met die ander afdelings wat in die toekoms voorsien word, nie die reg tot aanbidding in eie taal en in terme van eie kultuur mag benadeel nie.

Spanning tussen die afdelings in die kerk bereik 'n hoogtepunt in 1979 wanneer die Amerikaanse evangelissanger, Jimmy Swaggart, Suid-Afrika besoek en die wit afdeling besluit dat mense van ander rasse nie sy dienste by die kerk se konferensiegronde by Maranatapark in Johannesburg mag bywoon nie, omdat die konferensiegronde nie die nodige afsonderlike toiletgeriewe vir die onderskeie rasse sou hê nie (Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 26 Sep 1979, 9194). 'n Versoek van Rhema Bybelkerk om in 1980 veelrassige dienste daar te hou, word vir dieselfde rede geweier (Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 17 Sep 1980, Resolusie 1.14). Die Werkersraad van die gemengde-rasafdeling reageer woedend op dié verwikkelinge en besluit om alle onderhandelings met die wit afdeling te staak (Burger & Nel 2008:409).

Oop lidmaatskap

'n Volgende krisis ontstaan in 1982 wanneer die gemengde-rasafdeling die wit afdeling vra om lidmaatskap oop te stel vir alle lidmate. Die afdeling aanvaar dat mense eredienste sal bywoon waar taal hulle akkommodeer; hulle eis dat geen verdere verhindering op lidmaatskap geplaas mag word nie. Tot op datum is lidmate van die dogterkerke as "aanhangers" ("adherents") van die AGS beskou en slegs wit lidmate was kerkregtelik lidmate (Kgatle 2015:195). In plaas daarvan om die saak met die gemengde-rasafdeling te bespreek, reageer die wit afdeling deur die integriteit van die gemengde-rasafdeling in die openbaar in twyfel te trek deur te beweer dat dit nie aandag gee aan belangrike geestelike sake nie maar moedswillig op kerkregtelike sake konsentreer. Die breuk tussen die twee groepe loop wyd en ontspoor alle verdere gesprekke (Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 24 Nov 1982, Resolusie 82/25.1.1). Wanneer die Indiërafdeling in 1982 navraag doen oor vordering met die afhandeling van 'n nuwe konstitusie, moet hulle hoor dat die proses gestaak is oor die "negatiewe ingesteldheid" van die gemengde-rasafdeling (Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 9 Jun 1982, Resolusie 311.A 82/16.3). Die gemengde-rasafdeling eis nou ook om sy eie moderator aan te stel. Die wit Uitvoerende Raad besluit dat dit "onder geen omstandighede" toegelaat sal word nie (Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 24 Nov 1982, Resolusie 747/82/25.2.3).

In 1983 aanvaar die wit Werkersraad dat diversiteit binne die kerk van Christus beklemtoon moet word te midde van die ideaal van eenheid (Studiestuk, Algemene lidmaatskap, LEL 095/11/3/1983; Resolusie WR/029/30/3/83, 1983 Werkersraad). Die studiestuk beklemtoon dat kulturele en taaldiversiteit vereis dat beginsels soos goeie orde, gemeenskaplike aanvaarding en liefde, opbouing van mekaar en die uitbreiding van die koninkryk gehandhaaf word. Die wit afdeling se Werkersraad gee nou aan lokale kerkrade die mandaat om oor aansoeke vir lidmaatskap oor rasgrense te besluit; hulle word egter daaraan herinner dat hulle verantwoordelik is om deur hulle besluitneming goeie orde in die gemeente te handhaaf.7 Die kerk besluit ook dat die werklikheid aanvaar moet word dat mense afsonderlik kan aanbid omdat taal en kultuur dit vereis terwyl hulle steeds die eenheid van die liggaam van Christus ervaar en demonstreer.

So loop die verwikkelde lyn van eenwording in die AGS oor 22 jaar (Erasmus 1996:128), met die wit afdeling wat in Augustus 1984 toegee dat die AGS met een konstitusie moet verenig maar dat die Indiër- en gemengde-rasafdelings nie die proses moet probeer verhaas nie, terwyl die swart afdeling nie deel van die proses kan wees nie omdat hulle as burgers van "tuislande" nie onder die jurisdiksie van die Suid-Afrikaanse AGS val nie (Burger & Nel 2008:413). Die ander twee afdelings teken ernstig beswaar aan omdat die swart afdeling nie ingesluit word nie maar die wit afdeling volg regeringsbeleid wat bepaal dat swartes wat in Suid-Afrika leef burgerlike asook stemreg in tuislande of onafhanklike state het en derhalwe nie as burgers van Suid-Afrika kwalifiseer nie (Notule van die Wit Werkersraad, 1 Apr 1985, 4-5, 8a).

In 1986 word 'n Eenheidskomitee gevestig wat al vier afdelings verteenwoordig, wat 'n waterskeiding vir die AGS vorm.8 Die Eenheidskomitee struikel egter wanneer die wit afdeling aandring dat verpanding van eiendom nie sonder die wit afdeling se goedkeuring mag plaasvind nie, soos dit nog altyd die geval was (Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 16 Sep 1986, 568, Resolusie 326). Dit is duidelik dat die wit leiers nie die ander afdelings en hulle vermoëns om besigheid te bedryf, vertrou nie. Op 19 November 1986 stel die Eenheidskomitee 'n interimkonstitusie voor. Die ander drie afdelings se Werkersrade aanvaar dit maar die wit afdeling verwerp dit beslissend (Burger & Nel 2008:414) omdat die wit afdeling nie gemaklik is met die magte wat aan die voorgestelde Presbiterie, 'n inklusiewe raad, toegeken word nie. Wit lidmate het geredeneer dit gaan op oorheersing deur die meerderheid neerkom.

Eenheid tussen die drie afdelings

Die drie afdelings gebruik die interimkonstitusie in 1987 om 'n Presbiterie op 12 Mei 1988 te konstitueer ten spyte daarvan dat die wit afdeling weier om deel daarvan te wees. Verrassend genoeg verkies die Saamgestelde Afdeling Edgar Gschwend as leier met M. George Mahlobo as sekretaris (Anderson 1992:78-82).

Intussen tree die leier van die wit AGS, dr F.P. Möller, af en die jong Isak Burger word in sy plek as leier verkies. In 'n belangrike sin beteken dit dat heelwat grond van vooraf gedek moes word en dat vertroue opnuut tussen die leiers van die onderskeie afdelings gevestig moet word. Burger oortuig egter sy wit kollegas dat eenheid die enigste pad vir die wit afdeling is en dat swart leiers se integriteit onvoorwaardelilk vertrou moet word (Persoonlike onderhoud, I. Burger, 10 Nov 2007).

Intussen berei die wit afdeling voor vir 'n moontlike eenwording deur regspersoonlikheid na die plaaslike gemeente af te wentel, om eiendomsreg op plaaslike vlak te beskerm teen 'n moontlike "swart oorname" (Persoonlike onderhoud, M.G. Mahlobo, 5 Des 2007; Horn, 2006:236). Dit bots met die verenigde kerk se gesentraliseerde beginsels.

Nou bestaan die AGS in twee afdelings, 'n Saamgestelde Afdeling en 'n Enkelafdeling (Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 11 Aug 1992, 42, Resolusie 240.047). Die Enkelafdeling beleef baie spanning oor die rol wat die president van die Saamgestelde Afdeling, Frank Chikane, op politieke terrein vervul. Vroeg in 1994 besluit die wit Uitvoerende Raad om oor die volgende twee jaar die twee afdelings op grondvlak te laat ontmoet terwyl 'n gesamentlike raad gesels oor sake wat die wit afdeling pla, soos die Saamgestelde Afdeling se betrokkenheid by die SA Raad van Kerke, standpunt teenoor bevrydingsteologie en die intergeloofbeweging en pastore se betrokkenheid by partypolitiek, spesifiek met verwysing na Chikane (Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 24 Feb 1994, 30-1).

Eenheid met die Enkelafdeling

Teen die begin van 1995 spreek die Saamgestelde Afdeling sy frustrasie uit met wat hulle beleef as die Enkelafdeling se vertragingstaktieke om eenwording uit (af) te stel en noem dat hulle op die punt is om alle gesprekke op te skort (Burger & Nel 2008:429). Chikane red egter die dag deur die Saamgestelde Afdeling te oortuig om aan te hou met samesprekings. Dit is in hierdie tyd dat die Ned. Geref. Kerk verskoning vra vir sy deelname aan die vestiging en onderhoud van apartheid (sien Botha 2010:37-48 vir 'n historiese oorsig). Vanuit die Saamgestelde Afdeling kom ook die aandrang dat die kerk sy skuld moet bely. Chikane neem weer leiding en argumenteer dat die AGS nooit amptelik apartheid ondersteun het nie maar dat die kerk in verskeie opsigte die slagoffer van die apartheidstelsel was en dat sodanige belydenis derhalwe onnodig is (De Klerk 1975:220-2, 252-5, 259-60; Persoonlike onderhoud M.G. Mahlobo, 5 Des 2007).9

Die twee afdelings se Uitvoerende Rade ontmoet in November 1995 en bespreek wittes se besware teen swart pastore se politieke betrokkenheid, vrese dat eenwording mense se taalregte sal ondermyn, dat nie alle gemeentes hulle statutêre verpligtinge teenoor die kerk sal nakom nie, die uitdaging om streekrade te verenig en die vraag oor wie die eerste gesamentlike Werkersraad sal lei indien die kerk tot by eenwording vorder (hulle besluit dat Isak Burger en Fred Joseph dit gesamentlik sal doen) (Wit Uitvoerende Raad, 13 Nov 1995, 2-3, Resolution 216). By die volgende gesamentlike vergadering op 30 en 31 Januarie 1996 besluit die leiers dat die AGS sal verenig.10

Intussen kook spanning in die Enkelafdeling oor en dit lyk of 'n skeuring onafwendbaar is. Talle witmense glo dat die kerk nou deur die meerderheid regeer en beheer sal word, dat wit gemeentes se eiendomsreg bedreig word en dat die AGS nou 'n Engelse kerk gaan word, en sommige bedank uit die AGS. Burger besoek stelselmatig alle streekrade voor die Eenheidswerkersraad om water op die vlamme te gooi (Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 7 Maart 1996, 12, Resolusie 58.11). Hy kry dit reg om meeste se vrese te besweer.

Die Werkersrade van die Gesamentlike en Enkelafdelings hou aparte vergaderings op 1 en 2 April 1996 en dan 'n gesamentlike sitting op 3 April in Engels (Notule van die Gesamentlike Werkersraad, 3 April 1996, Notule C). By die gesamentlike vergadering is meer as 70 persent van afgevaardigdes uit die Saamgestelde Afdeling. Die verenigde raad keur die mosie van strukturele eenheid goed (Erasmus 1996:89-92) en beskryf dit as 'n "wonderwork" (Notule van die Werkersraad, 2 April 1996, 466, Resolusie 11; Mathole 2005:252). Eerste op die agenda is die verkiesing van nuwe nasionale ampsdraers vir die verenigde AGS. Teen verwagting in word Burger as president met nominasie verkies, Chikane as visepresident, Mahlobo as hoofsekretaris en Peter de Witt (wat in dié hoedanigheid in die Enkelafdeling gedien het) as hooftesourier.

Op Goeie Vrydag, 5 April 1996, hou die AGS 'n eenheidsviering by Centurion Krieketstadion waar die adjunk-president, Thabo Mbeki, die kerk gelukwens. Die AGS is die eerste hoofstroomkerk wat sy rasseskeiding ná 1994 oorkom en verenig (Paul 2006:81). Burger vra dan sonder voorbedagte rade voor die kerk (wat ook op nasionale televisie gebeeldsend is) vir Chikane (as verteenwoordiger van die land se swartmense) om vergifnis vir die onreg wat wit AGS-lidmate oor jare teen hulle swart broers en susters gepleeg het. Burger het nie die toestemming of mandaat van enige raad gehad nie en sy optrede lei tot talle lidmate se instemming met die belydenis terwyl ander hom veroordeel.

Vervolgens begin die proses om streke te verenig, wat voor die vergadering van die Werkersraad in 1997 voltooi word (Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 22 Aug 1996, 29, Resolusie 62/08/96). Tans is daar 43 nasionale streke met meer as 50 persent van die leierskap wat swart is (Report of the General Secretary, Minutes of the General Business Meeting of the AFM of SA, 9-13 Sep 2018, 33).

 

WERKLIKE EENHEID?

Die eenheidsproses was 'n leerkurwe waar mense van verskillende rasse en kulture moes leer om na mekaar te luister, mekaar te vertrou en te verstaan. Teen sommige se verwagting in het die proses egter redelik goed afgeloop. Talle wit lidmate moes die spoke van die bedreiginge van meerderheidsbeheer, magsoorname en gevolglike onderdrukking van minderhede en minderheidstale besweer. Een van die belangrikste gevolge van die eenheidsproses was dat mense oor grense heen bymekaar uitgekom het, na mekaar begin luister het en geleer het om hulle broers en susters van verskillende kulturele agtergronde te vertrou.

'n Belangrike oorweging vir Afrikaanssprekende witmense wat telkens op agendas opgeduik het, was dat hulle eie taal en kultuur in die eenheidsproses beskerm moes word. Dit is direk aan hulle identiteit gekoppel. Soos vir alle lidmate insluitende gemeentes wat ander inheemse tale gebruik, is dit vir Afrikaanssprekendes belangrik om in hulle moedertaal te aanbid en geloofsgemeenskap te hou. Op geen stadium in die eenheidsgesprek is die moontlikheid geopper dat plaaslike gemeentes aan taalreëlings onderwerp sou word nie.11 Die gevolg daarvan is dat gemeentes steeds op grond van inheemse tale (asook Engels) gevestig gebly het. Woonbuurte het stadig geïntegreer maar dit het nie enige werklike verskil in die samestelling van gemeentes gemaak nie. Die nuwe swart middelklas het by Engelssprekende gemeentes ingeskakel of (in meeste gevalle) na inheemse gemeentes in oorwegend swart woonbuurte gegaan. En swart gemeentes is ook eksklusief gewy aan mense van hulle eie taal- en kultuurgroep.12

Eenheid bestaan op streek- asook nasionale vlak en ook in kerklike departemente in terme van meerdere vergaderings waar die kommunikasietaal Engels is, as "a middle ground for almost everyone" (Chandomba 2007:41). Engels blyk egter tot 'n belangrike mate 'n struikelblok te wees omdat slegs 'n kleiner deel van deelnemers Engels as moedertaal gebruik.13 Dit inhibeer dikwels mense om aan besprekings deel te neem, veroorsaak dat hulle nie hulleself na wense kan uitdruk nie, veroorsaak dat misverstande dikwels ontstaan wat dan as opinieverskille geïnterpreteer word of dat mense hulle vrymoedigheid verloor om aan die gesprek deel te neem.14

Op grondvlak het eenheid egter tot 'n groot mate nog nie plaasgevind nie, en taal en kultuur is die verdelende faktor (Kgatle 2017:9). Kultuurverskille lei daartoe dat die onderskeie rasse- asook inheemse groepe se eredienste van mekaar verskil wat liturgiese inkleding asook aanbidding- en sangstyle en selfs kleredrag betref. Waar talle swart gemeentes tydens die gemeentesang dans, is wittes se eredienste meer ordelik en minder liggaamlik ekspressief. Dit veroorsaak kultuurskok wat dit moeilik vir lidmate maak om oor kultuurgrense heen gemeentes te besoek. 'n Ander oorweging kan wees dat (veral sommige konserwatiewe plattelandse) Afrikaanssprekende gemeentes moontlik doelbewus taal vir politieke motiewe aanwend om mense van ander kulture uit hulle eredienste te weer.

Dit gebeur selde dat iemand van 'n ander ras 'n Afrikaanssprekende erediens bywoon of as prediker genooi word. Gegewe die oortuiging by talle lidmate dat die kerk die regte weg ingeslaan het met eenwording, bestaan daar genoeg welwillendheid in die AGS, na my mening, dat plaaslike gemeentes opnuut kan kyk na maniere waarop die eenheid van die kerk op grondsoolvlak gedemonstreer kan word, soos wat hier gemeen word belangrik en noodsaaklik is, sonder om moedertaalaanbidding te bedreig.

Tydens strategiese beplannings in 2002 en weer in 2006 het die nasionale leierskap tot die gevolgtrekking gekom dat indien eenheid op grondsoolvlak nie gevestig kan word nie, die persepsie van eenheid in die kerk leeg en hol gaan bly. Die kerk se jaarlikse konferensie, wat 'n goeie geleentheid was vir mense om oor rassegrense heen oor Paasnaweek saam te aanbid, kon nie slaag nie en is afgestel. Intussen word ook gereeld geëis dat hulpbronne op regverdige wyse verdeel moet word sodat gemeentes wat histories benadeel was 'n groter deel sou kry. Die persepsie het gegroei dat eenheid eers sal gebeur wanneer dit op pastorale en plaaslike vlak plaasvind.

Alhoewel die nasionale leierskap aanvaar het dat taal en kultuur as faktore wat identiteit vorm vir lidmate belangrik is, het hulle ook besef dat taal eerder funksioneel is en 'n voorwaarde vir kommunikasie. Die kerk besef dat onderskeie persepsies oor eenheid bestaan en beklemtoon dat dit tot verskillende verwagtings by lidmate en geloofsgemeenskappe aanleiding gee. Sommige eis dat totale integrasie 'n basiese voorwaarde vir eenwording is terwyl ander bedreig voel deur integrasie wat na hulle mening tot 'n verlies van identiteit sou lei, gedefinieer in terme van taal en kultuur. Om God in eie taal en kultuur te aanbid, word steeds deur die AGS as 'n voorwaarde vir 'n gesonde geloofsgemeenskap beskou (Kgatle 2017:9). Dit kan nie weggeredeneer word nie dat taal- en kultuurverskille in aanbiddingstyle tussen swart en wit gemeentes bestaan wat moeilik oorbrugbaar is. Sodanige identifikasiemerkers van groepe moet eerbiedig en beskerm word, het die kerk besluit. Selfs die register van Afrikaans wat soms in gemengde-rasgemeentes van die AGS gebruik word, veroorsaak dat ander Afrikaanssprekendes vervreemd voel.

Die kerk se leierskap het al herhaaldelik beklemtoon dat lidmate opgevoed moet word in reduksie van vooroordele, vestiging van kulturele interaksie, kulturele sensitiwiteit en diversiteit, en waardering van kulturele verskille (Kgatle 2017:9). Lidmate moet die geleentheid gebied word om betrokke in mekaar se lewens te word deur hulpbronne met mekaar te deel. Voorstelle is gemaak dat gemeentes in arm gebiede wat finansieel swaarkry, deur sterker gemeentes aangeneem moet word en dat plaaslike gemeentes doelgerig in gemeenskapsontwikkelingsprojekte betrokke gemaak moet word (Strategie vir Meesterplan, Sewende NLF Werkswinkel, Notule van die Nasionale Leierskapsforum, 26-29 Aug 2002).15 Die resultaat sal onder andere wees dat mense oor gemeenskaps- en rasgrense by mekaar betrokke raak. Dit gebeur egter na meer as twee dekades van vereniging slegs as hoogste uitsondering.

Ek meen dat alhoewel die nasionale leierskap as deel van 'n nasionale proses van versoening en rekonsiliasie die AGS se aandeel in die seer- en swaarkry van rassevooroordeel bely het, dit na die vlak van plaaslike gemeentes afgewentel moet word. Plaaslike kerkrade se leierskap moet vanaf nasionale leiersvlak toegerus en gemotiveer word om gemeentestrukture en lidmate betrokke te maak by gelowiges van AGS-gemeentes van ander rasse en tale. Plaaslike gemeentes kan aangemoedig word om gereelde gesamentlike eredienste, insluitend eredienste tydens kerklike feestye, te reël waar hulle mekaar se kerkgeboue om die beurt op 'n maandelikse of kwartaallikse basis besoek en mekaar bedien. Armsorgprojekte kan tussen gemeentes gedeel word. Besondere geleenthede soos evangelisasie-uitreike met bekende predikers kan gesamentlik deur gemeentes gereël word en lidmate kan aangemoedig word om dit oor rassegrense te ondersteun. Kers- en ander projekte om na behoeftige mense uit te reik, kan ook gesamentlik beplan en aangepak word. Geleenthede moet doelbewus geskep word waar lidmate oor gemeentegrense heen saamwerk sodat eenheid op plaaslike vlak kan begin gebeur wanneer mense mekaar ontmoet en saamwerk.

Terwyl vertikale versoening, tussen God en mens, hoog op die agenda van die kerk moet bly, kan die kerk as 'n getuienis van God se liefde vir mense nie ten volle realiseer indien dit nie doelgerig versoening tussen mense bewerkstellig nie. En feit is: swart en wit in Suid-Afrika is nie versoen bloot deur saam deel te neem aan demokratiese verkiesings nie. Versoening gaan eers gebeur wanneer mense in mekaar se huise kom en saamkuier, wanneer hulle kinders vriende word en saam die Here dien. Terwyl die plaaslike samestelling van die samelewing tot 'n groot mate steeds die segregasiebeleid van voor 1994 weerspieël, sal die kerk op ander maniere moet staatmaak om lidmate aan mekaar voor te stel. Selfs ten spyte daarvan dat die AGS die eerste tien jaar van die een-en-twintigste eeu as 'n Dekade van Versoening uitgeroep het, het kruiskulturele kommunikasie en aanvaarding steeds hoofsaaklik beperk gebly tot nasionale leierskap, en tot 'n mate op streeksvlak. Lidmate sal toegerus moet word in kulturele sensitiwiteit om mekaar en mekaar se kulturele en taalerfenisse te waardeer. Dit is selfs nodig dat die kerk oor grense heen op plaaslike vlak genesingsdienste hou waar lidmate die geleentheid kan kry om die pyn te verwoord wat hulle (aan alle kante van die spektrum) onder apartheid gely het sodat versoening tussen rasse plaasvind. Dit is die voorwaarde dat pyn en woede wat steeds onder die oppervlak by talle slagoffers van apartheid funksioneer, genees sal word.

Die plaaslike gemeente is volgens kerkbeleid direk verantwoordelik dat geleenthede geskep word om verhoudings tussen gelowiges van onderskeie kulture uit te bou (Notule van die Nasionale Leierskapsforum, 26-29 Aug 2002, Bylaag 8.1). Indien dit nie hier gebeur nie, sal die reënboognasie nie realiseer in die een plek waar dit bedoel was om te slaag nie: die kerk as die alternatiewe polis wat kontrakulturele en kontrakonvensionele gemeenskappe skep waar 'n "familie" van mense bymekaar kom om oor grense heen te bestaan as 'n kontrageskiedenis, kontra-etiek en kontra-ontologie tot die mite van sekularisme (Yong 2010:228). Die AGS het 'n rol te speel in die nuwe Suid-Afrika en die skepping van ubuntu. Sy eenwording het hom in 'n posisie gestel waar hy leiding aan die kerkewêreld kan gee. Die tyd het aangebreek dat die kerk eenheid afwentel tot waar dit kan gebeur, op voetsoolvlak as 'n lewende demonstrasie van die krag van die evangelie om te versoen en te verenig.

 

BIBLIOGRAFIE

Adonis, J.C. 2001. ...in the "black" churches, in Hofmeyr, J.W., Lombaard, C.J.S. & Maritz, P.J. (eds). Perspectives on Christianity. 1948 + 50 years. Theology, Apartheid and Church: Past, Present and Future. Pretoria: University of Pretoria, pp. 128-147.         [ Links ]

Anderson, A. 1992. Bazalwane: African Pentecostals in South Africa. Pretoria: University of South Africa Press.         [ Links ]

Blumhofer, E.L. 1988. Apostolic Faith Mission, in Burgess, S.M. & McGee, G.B. (eds). Dictionary of Pentecostal and Charismatic movements. Grand Rapids: Zondervan, pp. 19-20.         [ Links ]

Botha, D.P. 2010. Eenheid, paternalisme en "Geen gelykstelling" - die wesenskenmerke van die verhouding van die NG Kerk tot die NG Sendingkerk soos beliggaam in die Sinodebesluite van die NG Kerk van 1857-1880, Ned. Geref. Teologiese Tydskrif, 51:1-2, 36-49.         [ Links ]

Burger, I.S.v.d.M. 1987. Geloofsgeskiedenis van die Apostolilese Geloofsending van Suid-Afrika 1908-1958. Johannesburg: Evangelie Uitgewers.         [ Links ]

Burger, I.S.v.d.M. 1997. A historical perspective on the origin of the Apostolic Faith Mission of South Africa, in Gräbe, P.J. & Hattingh, W.J. (eds). The reality of the Holy Spirit in the church. In honour of F.P. Möller. Pretoria: J.L. van Schaik, pp. 175-191.         [ Links ]

Burger, I. & Nel, M. 2008. The Fire falls in Africa. A History of the Apostolic Faith Mission of South Africa. Vereeniging: CUM.         [ Links ]

I. Burger, Persoonlike onderhoud, 10 Nov 2007.         [ Links ]

Chandomba, L. 2007. The history of the Apostolic Faith Mission and other Pentecostal Missions in South Africa. Milton Keynes: Authorhouse.         [ Links ]

Czegledy, A. 2008. New Christianity in a New South Africa: Charismatic Christians and the post- apartheid order. Journal of Religion in Africa 38(1):284-311.         [ Links ]

Du Plessis, D. 1977. A man called Mr. Pentecost. As told to Bob Slosser. Plainfield: Logos.         [ Links ]

Du Plessis, D.J. 1986. In McClung, L.G. (ed.). Azusa Street and beyond. Pentecostal missions and church growth in the twentieth century. South Plainfield: Bridge, pp. 38-43.         [ Links ]

De Klerk, W.A. 1975. The Puritans in Africa. A story of Afrikanerdom. Hammondsworth: Penguin.         [ Links ]

Dubow, S. 1989. Racial segregation and the origins of apartheid in South Africa, 1919-1936. Oxford: Macmillan.         [ Links ]

Du Toit, F., Hofmeyr, H., Strauss, P. & Van der Merwe, J. 2002. Moeisame pad na vernuwing. Die NG Kerk se pad van isolasie en die soeke na 'n nuwe relevansie. Bloemfontein: Barnabas.         [ Links ]

Erasmus, L.J. 1996. Theological education in the Apostolic Faith Mission of South Africa. DTh dissertation, University of South Africa.         [ Links ]

Giliomee, H. 2004. Die Afrikaners. 'n Biografie. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Giliomee, H. & Mbenga, B. 2007. New History of South Africa. Cape Town: Tafelberg.         [ Links ]

Hollenweger, W.J. 1977. Volkschristentum und Volksreligion im Pazifik: Wiederentdeckung des Mythos für den christlichen Glauben. Frankfurt: Lembeck.         [ Links ]

Horn, N. 1991. Crossing racial borders in Southern Africa a lesson from history. Cyber-Journal for Pentecostal-Charismatic Research, http://www.pctii.org.cyberj/index.html        [ Links ]

Horn, N. 2006. Power and empowerment in the political context of some Afrikaansspeaking Pentecostals in South Africa. Studia Historiae Ecclesiasticae 32(3):225-253.         [ Links ]

Howard, D.C. 2006. An analysis of black power and black consciousness philosophies and the use of Christian religion as a tool for empowerment and social protest. PhD thesis, Howard University, Washington, DC.         [ Links ]

Kgatle, M.S. 2015. Servant leadership in Mark 10:35-45 applied to African Pentecostal Christianity, DD dissertation, University of Pretoria.         [ Links ]

Kgatle, M.S. 2016. The influence of Azusa Street Revival in the early developments of the Apostolic Faith Mission of South Africa. Missionalia 44(3):321-335.         [ Links ]

Kgatle, M.S. 2017. A socio-historical analysis of the sections in the Apostolic Faith Mission of South Africa from 1908 to the present. Verbum et Ecclesia 38(1), a1668. https://doi.org/10.4102/ve.v38i1.1668.         [ Links ]

Lake, J. G. 1994. John G. Lake. His life. His sermons. His boldness of faith. Fort Worth: Kenneth Copeland Publications.         [ Links ]

Lapoorta, J.J. 1996. Unity or division? The unity struggle of the black churches within the Apostolic Faith Mission of South Africa. Published PhD dissertation, University of the Western Cape. Kuils River: J.J. Lapoorta.         [ Links ]

Lubbe, J.J. 2001. Toward 1948, in Hofmeyr, J.W., Lombaard, C.J.S. & Maritz, P.J. (eds). Perspectives on Christianity. 1948 + 50 years Theology Apartheid and Church: Past, Present and Future. Pretoria: University of Pretoria, pp. 1-10.         [ Links ]

M.G. Mahlobo, Persoonlike onderhoud, 5 Des 2007.         [ Links ]

Mathole, E.M.K. 2005. The Christian witness in the context of poverty with special reference to the South African Charismatic Evangelicals. PhD thesis, University of Pretoria.         [ Links ]

Millard, J.A. 1991. Christianity in South Africa since 1948, in Pillay, G.J. & Hofmeyr, J.W. (eds). A History of Christianity in South Africa. 1. Pretoria: HAUM Tertiary, pp. 251-197.         [ Links ]

Minutes of the General Business Meeting of the AFM of SA, 9-13 Sep 2018.         [ Links ]

Nel, M. 1996. Eva Stuart - woman pioneer in the Pentecostal movement, in Landman, C. (ed.). Digging up our foremothers. Stories of women in Africa. Studia Originalia 18. Pretoria: Unisa, pp. 243-260.         [ Links ]

Nel, M. 2012. The process of unification of the Apostolic Faith Mission of South Africa. Studia Historiae Ecclesiasticae 38(2):121-141.         [ Links ]

Notule van die Gesamentlike Vergadering van die Uitvoerende Rade, 30-31 Jan 1995.         [ Links ]

Notule van die Gesamentlike Werkersraad, 3 April 1996.         [ Links ]

Notule van die Nasionale Leierskapsforum, 26-29 Aug 2002.         [ Links ]

Notule van die Sentrale Sendingkomitee, 28 November 1974.         [ Links ]

Notule van die Sentrale Sendingkomitee, 20 Mei 1976.         [ Links ]

Notule van die Uitvoerende Raad, 28-31 Jul 1997.         [ Links ]

Notule van die Uitvoerende Raad, 28-30 Okt 1997.         [ Links ]

Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 19 Sep 1977.         [ Links ]

Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 22 Nov 1977.         [ Links ]

Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 26 Sep 1979.         [ Links ]

Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 31 Okt 1979.         [ Links ]

Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 21 Nov 1979.         [ Links ]

Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 19 Aug 1980.         [ Links ]

Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 17 Sep 1980.         [ Links ]

Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 9 Jun 1982.         [ Links ]

Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 24 Nov 1982.         [ Links ]

Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 16 Sep 1986.         [ Links ]

Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 11 Aug 1992.         [ Links ]

Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 24 Feb 1994.         [ Links ]

Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 7 Maart 1996.         [ Links ]

Notule van die Wit Uitvoerende Raad, 22 Aug 1996.         [ Links ]

Notule van die Werkersraad, 2 April 1996.         [ Links ]

Notule van die Wit Werkersraad 1976.         [ Links ]

Notule van die Wit Werkersraad, 1 Apr 1985.         [ Links ]

Paul, S.A. 2006. Deconstructing a South African narrative of oppression: The influence of religion in public policy: Christianity in South Africa 1948-2004; exploring the African narrative of Ubuntu. PhD thesis, Fuller Theological Seminary.         [ Links ]

Pillay, G.J. & Hofmeyr, J.W. (eds). 1991. Perspectives on church history. An introduction for South African readers. Pretoria: HAUM Tertiary.         [ Links ]

Richardson, L.K. 2013. What has Pentecostalism to do with race relations? A study of the Apostolic Faith Mission in South Africa. Ann Arbor, MI: Regent University Press.         [ Links ]

Shubane, K. 2007. The Black Consciousness Movement; The Soweto uprising of 1976, in Giliomee, H. & Mbenga, B. New History of South Africa. Cape Town: Tafelberg, pp. 353-357.         [ Links ]

Studiestuk, Algemene lidmaatskap, LEL 095/11/3/1983; Resolusie WR/029/30/3/83, 1983 Werkersraad.

Van der Watt, P.B. 1987. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1905-1975. Pretoria: NG Kerkboekhandel Tvl.         [ Links ]

Van Staden, A.J. 1980. Die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika. Hulle leer getoets aan die Skrif. Pretoria, Kaapstad: HAUM.         [ Links ]

Welty, E.E. 2005. Liberation or domestication?: An examination of the role of religion during apartheid in South Africa. MA dissertation, American University, Washington, DC.         [ Links ]

Wessels, W.J. 1992. Skrifgebruik en samelewing: Die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika. In die Skriflig, 26(3):369-384.         [ Links ]

Yong, A. 2006. Justice deprived, justice demanded: Afro-Pentecostalism and the task of world Pentecostal theology today. Journal of Pentecostal Theology 15(1):1-26. https://doi.org/10.1177/0966736906069260        [ Links ]

Yong, A. 2010. In the days of Caesar: Pentecostalism and political theology, William B. Eerdmans, Grand Rapids.         [ Links ]

 

 

 

MARIUS NEL beklee die navorsingsleerstoel ter uitvoering van die navorsingsprojek Ekumene: Pentekostalisme en Neo-Pentekostalisme by die Potchefstroomkampus van Noordwes-Universiteit. Sy spesialiseringsterreine sluit in apokaliptiek in die Ou en Nuwe Testament, geskiedenis van die Pinksterbeweging asook Pinksterhermeneutiek. Hy is die outeur of medewerker van 30 publikasies en 70 wetenskaplike artikels asook medewerker aan Die Boodskap, Multivertalingbybel, Nuwe Lewende Vertaling asook Die Bybel: Direkte Vertaling. Hy is betrokke by die AGS se teologiese opleiding en is lid van die Ou Testamentiese Werksgemeenskap van SA, die Kerkhistoriese Werksgemeenskap van SA en die Society of Biblical Literature.
MARIUS NEL holds the research chair for the implementation of the research project Ecumene: Pentecostalism and Neo-Pentecostalism at the Potchefstroom Campus of North-West University. His specialisation areas include apocalyptics in the Old and New Testament, history of the Pentecostal movement and Pentecostalism. He is the author or associate of 30 publications and 70 scientific articles. He is involved in the theological education of the AFM and is a member of the societies of Old Testament, Church History and Practical Theology Societies and the Society of Biblical Literature.
1 Kgatle (2017:2) definieer "segregasie" as 'n komplekse amalgamasie van politieke, ideologiese en administratief-wetlike strategieë ontwerp om wit oppergesag op alle terreine te handhaaf en verskans. Suid-Afrikaanse segregasie het om meer as rasse-onderwerping gegaan. Onderliggend daaraan was gedwonge afskeiding van swartmense in alle sfere van die lewe, insluitend die werk, skole, blyplekke en die kerk (Czegledy 2008:289).
2 Die term "gemengde-rasbevolking" word verkies bo "gekleurdes" of "Kleurlinge".
3 Dit verteenwoordig die Suid-Afrikaanse praktyk en regeringsbeleid. In 1957 aanvaar die Parlement die Inheemse Bevolking Wysigingswet (as opvolger vir die berugte Natives Law van 1937) wat alle nie-wit mense beperk tot kerkbywoning in nie-wit kerke. Hulle mag nie eredienste in enige kerk bywoon in "wit aangewese" woongebiede nie.
4 Die Sentrale Sendingkomitee bestaan uit verteenwoordigers van die drie nie-wit afdelings met blanke leierskap in alle leiersposisies.
5 Die Uitvoerende Raad bestaan uit leiers van distrikte (distrikvoorsitters) waarin die kerk verdeel is en bestuur die kerk wanneer die Algemene Werkersraad nie in sitting is nie. Die Werkersraad het alle gemeentes van 'n spesifieke afdeling verteenwoordig (Notule van die Sentrale Sendingkomitee, 20 Mei 1976, 1). Sedert 1993 is distrikte "streke" genoem en hulle leiers is streekvoorsitters (Kgatle 2017:4).
6 Dit is 'n betekenisvolle tyd vol politieke woelinge, met die Soweto-opstande wat op 16 Junie 1976 begin wanneer 20 000 leerlinge teen die gedwonge gebruik van Afrikaans in hulle skoolopvoeding protesteer (Van der Watt 1987:116; Pillay & Hofmeyr 1991:295; Giliomee & Mbenga 2007:320). Op daardie stadium spandeer die regering vyftien keer meer op wit kinders se skoolopvoeding as swart kinders (Giliomee 2004:457), met R644 wat jaarliks aan wit leerders se opvoeding spandeer is en R42 wat begroot is vir elke swart leerder. Die swart jeug kom landwyd in opstand, ook teen hulle ouers se politieke letargie, en 'n nuwe swart bewussynsbeweging onder skoolleerders ontstaan wat verreikende gevolge vir Suid-Afrika se toekoms inhou (Shubane 2007:355). Die gemengde-rasafdeling dring daarop aan dat hulle soveel in gemeen met die wit afdeling het dat dit sin maak dat hulle saam besin oor sake wat albei afdelings raak.
7 Die probleem van "mense met politieke agendas wat vir lidmaatskap in wit gemeentes aansoek doen" word beklemtoon en plaaslike kerkrade word gevra om die saak sensitief maar beslissend te hanteer.
8 Dit is dieselfde tyd dat die Algemene Sinode van die gemengde-ras-"dogterkerk" van die Ned. Geref. Kerk die Belharbelydenis aanvaar, op 6 Oktober 1986, wat 'n status confessionis op apartheid plaas en dit as 'n dwaalleer verdoem (Adonis 2001:131, 142-4; Du Toit et al. 2002:214; Lubbe 2001:5).
9 Die verenigde AGS se nuwe Uitvoerende Raad maak wel in 1997 'n voorlegging aan die Waarheids- en Versoeningskommissie waarin die kerk verklaar dat dit binne die parameters van die verlede opgetree het deur die aggressiewe stelsel van apartheid te ondersteun of nie aktief te ondermyn nie (Notule van die Uitvoerende Raad, 28-31 Jul 1997, 31, Resolusie 12.4). Die voorlegging lei tot verskeie bedankings van die kant van wit lidmate (Notule van die Uitvoerende Raad, 28-30 Okt 1997, Resolusie 15/10/97).
10 Die vergadering neem ook die kontroversiële besluit dat Chikane toestemming kry om 'n aanstelling in die Presidensie in adviserende hoedanigheid te aanvaar (Notule van die Gesamentlike Vergadering van die Uitvoerende Rade, 30-31 Jan 1995).
11 Die konstitusie het ook geen rassekwotas of beperkende bepalings wat die AGS post-1994 sruktureer nie (Richardson 2013:31).
12 Wat verder oor Afrikaanssprekende gemeentes gesê word, geld ook vir swart gemeentes wat een (of meer) inheemse tale in hulle eredienste gebruik en hulleself so posisioneer.
13 Engels word as eerste taal deur minder as 10 persent van die bevolking gebruik. Van die elf amptelike tale in Suid-Afrika is die sprekers soos volg ingedeel: Zoeloe (22.7%), Xhosa (16%), Afrikaans (13.5%), Engels (9.6%), Sepedi (9.1%), Setswana (8%), Sesotho (7.6%), Tsonga (4.5%), SiSwati (2.5%) en Venda (2.4%) (https://www.sa-venues.com/sa_languages_and_culture.htm; gelees op 2019-01-19).
14 Engels is die taal in die wêreld wat deur die meeste mense as 'n tweede taal gepraat word. Van die ongeveer 1.5 miljard mense wat Engels gebruik, is slegs 400 miljoen eerste-taalsprekers (https://www.weforum.org/agenda/2016/11/which-countries-are-best-at-english-as-a-second-language-4d24c8c8-6cf6-4067-a753-4c82b4bc865b/; gelees op 2019-01-19).
15 Howard (2006:143) bereken dat teen die einde van die twintigste eeu, witmense 87 persent van Suid-Afrika se rykdom en grond besit het. Die diskrepansie in ekonomiese bronne tussen wit en swart gemeenskappe word gedemonstreer in die ongelykheid tussen rassegroepe wat deur die Wêreldbank as die grootste in die wêreld beskou word en ekonomiese groei ondermyn (https://data.worldbank.org/country/south-africa; gelees op 2019-01-19)

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons