Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Tydskr. geesteswet. vol.58 no.3 Pretoria Set. 2018
http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n3a13
AKTUEEL
Navorsing oor ekokritiek en die Afrikaanse letterkunde verteenwoordig 'n opwindende nuwe veld van ondersoek in Afrikaans. Artikels deur Susan Smith en Susan Meyer is reeds in vorige uitgawes van die TGW geplaas. In hierdie afdeling reageer Susan Meyer op Carien Smith se ekokritiese herlees van Riana Scheepers se kortverhaal "Katvoet", wat in die Junienommer van die tydskrif gepubliseer is. Nog 'n respons op Smith se artikel word voorsien vir die Desembernommer, waar daar ook geleentheid sal wees vir 'n antwoord deur Carien Smith.
Voortgesette diskoers skep die geleentheid vir teoretiese omlyning van die veld, wedersydse slyping van standpunte en perspektiewe, asook die ontwikkeling van toepaslike terminologe in Afrikaans.
Die redaksie rig hiermee 'n ope uitnodiging aan belangstellende lesers om deel te neem aan die diskoers oor ekokritiek.
Ina Wölfaardt-Gräbe
Augustus 2018