SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue2Innovative public sector education and training in a developing South Africa: the impact of and responses to globalisation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.58 n.2 Pretoria Jun. 2018

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n2a1 

 

Kontrastiewe en komparatiewe perspektiewe op die Afrikaanse en Nederlandse taal- en literatuurstudie

 

 

Redakteursnota

'n Kongres van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN), met ondersteuning van die Nederlandse Taalunie, is vanaf 29 Junie tot 3 Julie 2017 op die Potchef-stroomkampus van die Noordwes-Universiteit aangebied. Die kongrestema, Kontrapunt: Kontrastiewe en komparatiewe perspektiewe op die Afrikaanse en Nederlandse taal- en literatuurstudie, word in die oproep om bydraes verder omskryf: dit gaan naamlik om "kontra-puntale samehang", waar beoog word om "binne die konteks van die komparatisme die kontraste sterker te belig, maar [tog] steeds met aandag aan ooreenkomste en gemene delers".

Die organiseerders van die kongres, proff. Adri Breed (taalkunde) en Phil van Schalkwyk (letterkunde) van die Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, het die vyf hoofreferate vir publikasie voorgele aan die Tydskrif vir Geesteswetenskappe. In hierdie afdeling word drie uitgebreide en herbewerkte artikels, opnuut onderwerp aan eweknie-evaluering, oor Afrikaanse en Nederlandse taalstudie ingesluit. Ons beoog om in die Septembernommer twee artikels oor literatuurstudie te plaas.

 

Ina Wolfaardt-Gräbe

Mei 2018

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License