SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue4Prejudice against female school leadership within the context of multiple deprivations: Threats, approaches, survivalThe move away from a moderate to a radical land redistribution approach as transformation priority in South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.57 n.4 Pretoria Dec. 2017

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n4a5 

RESEARCH AND REVIEW ARTICLES (1)

 

Oliver Tambo en die kommunisme

 

Oliver Tambo and communism

 

 

Leopold Scholtz; Ingrid Scholtz

Navorsingsgenote, Navorsingsfokusgebied Sosiale Transformasie, Noordwes-Universiteit. Potchefstroomse kampus. E-pos: leoscholtz@yahoo.com

 

 


OPSOMMING

Oliver Tambo word dikwels deur die ANC/SAKP-alliansie en historici afgeskilder as ʼn gelowige Christen wat slegs om pragmatiese redes met die SAKP saamgewerk het. Sy houding teenoor die kommunisme word hier nou vir die eerste keer akademies ondersoek. Die basiese gevolgtrekking is dat Tambo sy boodskap vir verskillende gehore aangepas het. Voor Westerse gehore was hy ʼn gematigde sosiaal-demokraat; voor Derdewêreldse gehore het hy die sosialisme geprys, en by kommuniste was hy byna ortodokser kommunisties as die Kremlin. Uiteindelik word bevind dat Tambo se politieke idees formeel slegs nuanseverskille met dié van die ortodokse Marxisme-Leninisme vertoon het, ofskoon ʼn mens die indruk kry dat sy idees in dié opsig in sekere sin opportunisties was.

Trefwoorde: Oliver Tambo, ANC, SAKP, struggle, USSR, kommunisme, apartheid


ABSTRACT

Oliver Tambo, who led the ANC/SACP alliance throughout the difficult struggle era, is often portrayed as a religious Christian who, not being a member of the SACP, allied himself only for pragmatic reasons with that party. This is the narrative spread by the alliance itself, but also by his biographer, Luli Callinicos and certain other historians. Tambo's political views with regard to communism have, however, never been independently investigated. This article seeks to fill in that lacune. Firstly, the general relationship between the ANC and the SACP is broadly analysed. The conclusion is that the SACP's ideological and political domination of the ANC grew through the years until Party members filled almost all leading positions by the 1980's. Tambo's public pronouncements during the exile years are then subjected to analysis. It is shown that Tambo tailored his message according to the audience he was addressing. When speaking to Western audiences, he spoke like a moderate social democrat. Before Third World audiences, he extolled the virtues of socialism. And in the presence of communist audiences, he sounded almost more communist than the Kremlin. In the conclusion, it is taken into account that his main task had to be to keep the fractious alliance together, and that the alliance was very dependent on the USSR and other communist powers, so that he could not very well stray too far from the beaten communist path. Nevertheless, it is shown that Tambo's political and socio-economic ideas differed formally only marginally from those of the SACP, although one gets the impression that his attitude towards communism was, to a certain extent, opportunistic.

Key terms: Oliver Tambo, ANC, SACP, struggle, USSR, communism, apartheid


 

 

INLEIDING

Wat presies was die verhouding tussen die ANC en die kommunisme? Anders gestel, was die ANC ʼn kommunistiese organisasie, of minstens een waarvan die leiding deur ortodokse kommuniste oorheers is?

Deur die jare heen het ʼn verwoede politieke en akademiese debat hieroor geheers. Die beskuldiging dat die ANC ʼn kommunistiese organisasie is, was een van die sentrale elemente van die Nasionale Party-regering se propaganda van voor 1990.1 Daarteenoor het die ANC dit self altyd ontken. In sy gepubliseerde memoires het Nelson Mandela byvoorbeeld toegegee dat die ANC en die SA Kommunistiese Party (SAKP) noue bande in hul gemeenskaplike stryd teen apartheid gehad het, maar volgehou dat laasgenoemde nie die ANC oorheers het nie:

I was prepared to use whatever means necessary to speed up the erasure of human prejudice and the end of chauvinistic and violent nationalism. I did not need to become a communist in order to work with them. I found that African nationalists and African communists generally have far more to unite them than to divide them ...The cynical have always suggested that the communists were using us. But who is to say that we were not using them?2

Mandela het ook verskeie kere in sy lewe pertinent ontken dat hy ooit lid van die SAKP was.3 Die laaste jare het dit egter bekend geword dat dit wel deeglik die geval was, sy dit slegs tydelik rondom 1960.4 Ook wys ʼn ontleding van Mandela se openbare en geheime geskrifte uit die jare vyftig tot tagtig dat hy - in dié tyd altans - ʼn ortodokse aanhanger van die Marxisme-Leninisme was, al het sy pragmatisme wel gegroei.5

Tog is dit ná sy vrylating en aktiewe najaag van versoening nooit teen Mandela gehou nie. Selfs wittes, sy mees verbete teenstanders in die apartheidstyd, het hom dit klaarblyklik vergewe.

Oliver Tambo het minder kans gehad om in die harte van die wittes te kruip; hy is kort ná sy terugkeer uit ballingskap in 1993 oorlede. Maar onder die swartes was hy wel deeglik 'n held. Toe die Johannesburgse Internasionale Lughawe in Oktober 2006 na Tambo hernoem is, het oudmin. Kader Asmal baie mense se gevoel verwoord toe hy geskryf het dat Tambo saam met Nelson Mandela "the principal architect of our freedom" was. "Like his friend and comrade Mandela, Tambo gave us many gifts: humility, belief in the capacity of people to be their own saviours and the kind of leadership which we can today contrast with the stridency and opportunism of those who desire to be our new heroic leaders."6 In sy memoires het Asmal na Tambo verwys as "profoundly religious", as iemand wat gehoorsaam was aan die Christelike opdrag "not to surrender to the forces of evil and not to be deflected from the path of righteousness".7

Tambo het in 'n gelowige Christelike ouerhuis grootgeword en 'n Christelike opvoeding in Metodiste- en Anglikaanse skole ontvang. Hy het lidmaat van die Anglikaanse Kerk geword, maar het ekumenies oor kerke gedink.8

Onder akademici is daar ook 'n konsensus dat Tambo, formeel gesproke, geen kommunis was nie. Mandela se biograaf, Anthony Sampson, het Tambo saam met die skrywer Nadine Gordimer "a devout Christian" genoem "who was never a Communist."9 Luli Callinicos, skrywer van 'n biografie van Tambo, gee toe dat Tambo in ballingskap 'n deeglike studie van die Marxisme-Leninisme gemaak het, maar meen dat "the materialist philosophy was at odds with Tambo's own Christianity". Tog, "it was their [die kommuniste se] vision of an egalitarian society, which valued people above property, that he found both inspiring and powerful, conferring an added meaning to the ANC's rather more general version of African nationalism".10 Dit herinner enigsins aan die houding van Christelike sosialiste in veral Latyns-Amerika wat 'n Marxistiese revolusie gesteun het.11

Dit staan soos 'n paal bo water dat Tambo - in teenstelling met Nelson Mandela - nooit 'n ingeskrewe lid van die SAKP was nie. Maar dit is verreweg nie al wat oor sy houding teenoor die kommunisme gesê kan word nie. 'n Ontleding van sy geskrifte en toesprake as leier van die ANC in die ballingskap-jare bring 'n aansienlik genuanseerder beeld na vore.

Maar voordat dié beeld in besonderhede behandel word, eers dié vraag: Waarom nou, 'n kwarteeu ná Tambo se dood, ou koeie by wyse van spreke uit die sloot opgrawe? Die antwoord is eenvoudig. Die geskiedskrywing hou nie van wit vlekke nie. Oor Mandela se houding ten opsigte van die kommunisme is die wit vlek genuanseerd ingevul.12 Dit moet ook met Oliver Reginald Tambo gebeur. Daardeur kan ook 'n bydrae gelewer word tot ons kennis oor die verhouding tussen die ANC en SAKP in die struggle-era.

 

DIE ANC EN DIE SAKP

In sowel die ANC as die SAKP is altyd weggeskram van enigiets wat sou dui op die oorheersing van die ANC deur die SAKP. So het Tambo in 1987 voor die studente van die Georgetown-universiteit in Amerika gesê die ANC het sy eie agenda en program. "There is no conflict because the Communist Party has accepted the programme of the ANC. What the Communist Party may want to do in the future, well, that's something it will want to tell a democratic people of South Africa and try to convince them, if it is able to."13 En in 1989 het Mandela aan die destydse pres. P.W. Botha verduidelik: "As members of the ANC engaged in the anti-apartheid struggle, their [die kommuniste se] Marxist ideology is not strictly relevant. The SACP has throughout the years accepted the leading role of the ANC, a position which is respected by the SACP members who join the ANC."14

Dit was nie die onvervalste waarheid nie; die situasie was ingewikkelder as dit. Die verhouding tussen die ANC en die SAKP kan nie los van die stryd teen apartheid gesien word nie. Apartheid was die bindende faktor wat die twee bewegings bymekaar gebring en gehou het.

Die ANC het sy lewe in 1914 begin, diep beïnvloed deur die Britse liberalisme. Mandela het later getuig: "Britain exercised a tremendous influence on our generation, at least, because it was British liberals, missionaries, who started education in this country." Sy biograaf, Anthony Sampson, voeg by: "At another occasion he said that without the English missionaries there would be no Robert Mugabe, no Seretse Khama, no Oliver Tambo. And on Robben Island he had long and intense debates with Trotskyites who denied the worth of the English liberals."15

Die ANC se aanvanklike verset teen segregasie en dié se opvolger, apartheid, is inderdaad tot diep in die jare vyftig deur dié liberalisme bepaal.

Die inspirasie vir die SAKP (aanvanklik was sy naam Kommunistiese Party van Suid-Afrika of KPSA) se verwerping van rassediskriminasie het daarteenoor uit ʼn heel ander oord gekom, te wete die ortodokse Marxisme-Leninisme. In 1928 het die Komintern - die internasionale organisasie van kommunistiese partye, maar in wese ʼn front van die Kremlin16 - die KPSA dié opdrag in 'n uitvoerige dokument17 gegee: "The Party should pay particular attention to the embryonic national organisations among the natives, such as the African National Congress. The Party, while retaining its own independence, should participate in these organisations, should seek to broaden and extend their activity. Our aim should be to transform the African National Congress into a fighting nationalist revolutionary organisation against the white bourgeoisie and the British imperialists ... developing systematically the leadership of the workers and the Communist Party in this organisation."

Die eerste leier van die Sowjetunie, Wladimir Lenin, se beleid het neergekom op ʼn revolusie in twee fases. In die eerste infiltreer die Kommuniste ʼn geskikte strydbare nasionalistiese beweging (in dié geval die ANC) en neem allengs die meeste leidende posisies oor. Dié beweging word dan as stormram gebruik om die bewind omver te werp (bekend as die nasionaal-demokratiese revolusie). Wanneer dit gebeur het, is die kommuniste eintlik reeds in beheer, en dan kan die tweede fase - die sosialistiese revolusie - naatloos en sonder geweld volg.18

Die opdrag is in verskeie fases uitgevoer. Die eerste was in die jare vyftig, toe die SAKP sy geloofwaardigheid by die ANC gevestig het deur sy aan sy met die ANC teen apartheid en rassediskriminasie te veg. Nadat die ANC in 1960 verbied is, het Kommuniste ideologies steeds meer invloed in die beweging gekry. Die rigtinggewende dokument Strategy and Tactics of the ANC wat op die beweging se raadgewende konferensie van 1969 te Morogoro aanvaar is en wat deur Joe Slovo en Joe Matthews (albei Kommuniste) opgestel is, was deurdrenk van 'n ortodokse Marxisties-Leninistiese wêreldbeskouing.19

Dié ideologiese oorheersing is toenemend opgevolg met ʼn organisatoriese dominansie. In 1970 het die SAKP besluit "to assert its ideology and the leadership of the working class. At the same time the Party will maintain and build its separate and independent political existence." Die opdrag was dat Partylede primêr trou aan die SAKP verskuldig was, nie aan die ANC nie.20 Die Party moes sy leierskap van die revolusie herbevestig, nie bloot deur die teenwoordigheid van partylede in die ANC nie, maar as party. Partylede sou verantwoordelik wees aan die Sentrale Komitee, ongeag watter posisies hulle in ander organisasies (lees: die ANC) beklee. Partylede mog nie hul Party-aktiwiteite aan nie-lede bekend maak nie. Die beste en intelligentste revolusionêre kaders moes vir die Party gerekruteer word.21

Uit die SAKP se interne stukke blyk dat partylede in die alliansie die plig gehad het "to discuss and decide collectively on their common approach to all matters which affect the basic direction and content of the revolutionary struggle, and to ensure that they advance and support such decision in any organ in which the matter rises". Voorts was elke partylid "accountable to the Party collective". Dissiplinêre stappe kon gedoen word teen diegene wat dié beleid verbreek. Hulle moes egter nie só optree dat dit lyk of hulle besluite aan ander opdwing nie.22 Partylede mog dus apart en in die geheim op 'n kollektiewe standpunt besluit wat op ANC-byeenkomste ingeneem word, en al die lede moes dit dan steun. Die nie-lede mog egter nie daarvan weet nie. Soos die party se hoofsekretaris, Moses Mabhida, dit op ʼn vertroulike SAKP-vergadering in 1983 in Lusaka gestel het: "Only if [the] P[arty] is strong it can influence the ANC decisively."23

Dié beleid het vrugte afgewerp, want die invloed van die SAKP in die ANC het stelselmatig gegroei. Teen Junie 1985, toe die ANC sy tweede raadplegende konferensie te Kabwe, Zambië, gehou het, is ʼn uitgebreide Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) van 30 man aangewys. Vooraf het Tambo ʼn lys name laat sirkuleer. Afgevaardigdes is aangemoedig om uit dié lys te kies. Van die 30 wat aangewys is, was geeneen nié op die lys nie.24 Minstens 25 van die 30 lede was ook lid van die SAKP, en volgens ʼn SAKP-dokument is die volledige politburo van die party - met die uitsondering van Josiah Jele - tot die NUK verkies. Bowendien is Jele ʼn jaar later tog gekoöpteer. Dit ondanks die feit dat die Party as sodanig teen 1989 slegs 340 lede gehad het, wat wys dat hy die room van die ANC in sy geledere had.25 Chris Hani se biograwe praat van "[t]he blurring of the political lines between the ANC and the SACP".26

Aangesien die SAKP regdeur sy bestaan tot 1990 ideologies besonder nougeset agter die Kremlin se leiding aangeloop het, beteken dit dat ook die ANC se ideologiese benadering grotendeels deur die Leninisme bepaal is.

Kabwe het dus beteken dat die SAKP die ANC nie slegs ideologies oorheers het nie, maar ook organisatories en magspolities.27 Dit het beteken dat die SAKP eindelik die opdrag wat hy in 1928 ontvang het, tot uitvoering kon bring. "There is no question that the Party's influence, in the years of exile, far outweighed its numerical size," is die oordeel van Mark Gevisser, Thabo Mbeki se biograaf.28 Stephen Ellis stem basies saam: "Soviet thinking influenced the ANC deeply. For South African communists, the USSR was a guide to thought and action to the extent that one of them [Garth Strachan] described it as 'a kind of pro-Soviet hysteria' ... The Party imported into the ANC this loyalty to the USSR and all it stood for."29 Ons sal sien hoe Oliver Tambo deel van dié lojaliteit geword het.

(Billikheidshalwe moet bygevoeg word dat die Britse historikus Hugh Macmillan dié vertolking betwis. "The SACP was in fact more of an intellectual pressure group within the ANC in exile than a controlling cabal," skryf hy. Hy baseer dié mening op ontkennings van prominente SAKP-lede soos Chris Hani, Joe Slovo en Jack Simons, asook die "indruk" wat hy uit SAKP-notules kry.30 Dit is egter ʼn mening wat nie deur die getuienis gesteun word nie.)

 

OLIVER TAMBO

Ofskoon Tambo geen ingeskrewe lid van die SAKP was nie, het dit die SAKP goed gepas om ʼn nie-kommunis - formeel gesproke - as front aan die buitewêreld te toon. Tambo was geen sterk en dinamiese leier soos byvoorbeeld Nelson Mandela nie. Hy was ʼn minsame, vriendelike mens wat nie van konfrontasie gehou het nie. Sy oorkoepelende doel tydens die era van ballingskap was om die middelpuntvliedende kragte in die ANC/SAKP in toom te hou en ʼn skeuring te voorkom, iets waarin hy goed geslaag het.31 Sy dubbelpratery voor uiteenlopende gehore, wat hieronder behandel word, het ongetwyfeld hierby gehelp.

Stephen Ellis se enigsins onvleiende beskrywing van hom lui: "Tambo was the perfect frontman, since he was not a communist, his manner was disarmingly mild, and he could generally be relied upon to deliver whatever speech was put in front of him by his aides, of whom Thabo Mbeki was the most important."32 (Ofskoon, dit moet gesê word dat Hugh Macmillan, wat die ANC-narratief taamlik nougeset volg, Ellis besonder hiervoor verkwalik.33)

Tog het die ANC se houding met Tambo as leier deur die jare steeds meer in ʼn ortodokse Marxisties-Leninistiese rigting ontwikkel. Dit blyk onder meer uit die feit dat die ANC in 1968 prinsipieel die Sowjetunie se kant gekies het toe dié die "Praagse Lente" in Tsjeggo-Slowakye beëindig het deur die land met geweld militêr te beset. In ʼn verklaring wat onder die naam van die ANC se sekretaris-generaal, Duma Nokwe, uitgereik is, is verwys na 'n "dangerous situation" in Tsjeggo-Slowakye "which was deliberately engineered by right-wing counter-revolutionaries with the support of imperialism". Die Sowjet-ingryping "will protect and consolidate the achievements" van die revolusie en die twee lande in staat stel "to march arm-in-arm to fulfill the objectives of international socialism".34

Dit blyk voorts uit die rigtinggewende beleidsdokument Strategy and Tactics of the ANC, wat in 1969 op die konferensie van Morogoro aanvaar is. Die dokument se eerste paragraaf lui in woorde wat nie vir misverstand vatbaar is nie: "The struggle of the oppressed people of South Africa is taking place within an international context of transition to the Socialist system, of the breakdown of the colonial system as a result of national liberation and socialist revolutions, and the fight for social and economic progress [tipies Marxistiese jargon vir ʼn Marxisties-Leninistiese stelsel] by the people of the whole world."35

Wanneer Tambo met buitestaanders oor die ANC se betrekkinge met die SAKP gepraat het, het hy die amptelike standpunt daaroor getrou weergegee. Om maar ʼn voorbeeld te noem: Toe hy en ander ANC-leiers in 1985 met ʼn groep invloedryke Suid-Afrikaanse sakemanne onder leiding van Gavin Relly, voorsitter van Anglo-American, beraadslaag het, het hy gesê: "In all frankness, I have great respect for those members of the SACP who are members of the ANC. I feel that they have absolute loyalty to the ANC, despite the fact that they are members of the SACP as well." Hy het bygevoeg: "It is not possible to say that the fight is for a capitalistic state or a communistic state - the fight is simply to be free." Bowendien, het hy voortgegaan, maak die SAKP geen aanspraak daarop dat hy die bevrydingsalliansie lei nie - die Party erken die ANC se leiersrol in die bevrydingstryd. Tog het Tambo ʼn tipe nasionalisering van "monopolieë" voorgestel waarvolgens die staat 51% van die aandele neem.36

ʼn Ontleding van Tambo se uitsprake gedurende die jare van ballingskap toon ewenwel dat sy denke skaars nuanseverskille met dié van die SAKP en die Sowjetunie vertoon.

In Desember 1977 het hy byvoorbeeld in Luanda voor die eerste kongres van die MPLA, die regerende party in Angola, die tipiese tweefase-benadering van die SAKP gebruik toe hy gepraat het oor die doel "of translating our liberation into a genuine people's liberation, leading to the radical social transformation of our country". Wat die situasie ná die bevryding betref, het hy gesê die doel is om seker te maak "that no elements of the enemy's fascist State machinery, including his armed forces, remain as organised units within the new society".37

Waarop die ANC volgens Tambo dus uit was, was 'n totale oorwinning, sonder enige sprake van 'n kompromis. Dit het ingepas by die SAKP se houding, soos geformuleer in dié se eie rigtinggewende program uit 1962, The Road to South African Freedom, dat "a vigorous dictatorship must be maintained by the people against those who would seek to organise counter-revolutionary plots, intrigues and sabotage, against all attempts to restore White colonialism and destroy democracy".38

In 1981 het hy by die viering van die SAKP se 60ste bestaansjaar daarop gewys dat die verhouding tussen die ANC en die SAKP "is not an accident of history, nor is it a natural and inevitable development Ours is not merely a paper alliance Our alliance is a living organism that has grown out of struggle."39 Dit was woorde wat hy in 1985 by 'n ander geleentheid feitlik net so herhaal het.40

Oliver Tambo se versamelde toesprake en boodskappe uit ballingskap aan die Suid-Afrikaanse bevolking41 bied fassinerende bronnemateriaal vir 'n ontleding van die ANC se ideologiese houding teenoor die kommunisme. Soos politici maar is, het hy verskillende boodskappe vir verskillende gehore gehad. Voor Westerse gehore was hy ʼn gematigde sosiaal-demokraat, voor mederevolusionêre bewegings in die Derde Wêreld het hy vaagweg ten gunste van ʼn algemene soort sosialisme gepraat en negatiewe dinge oor Amerika gesê. Maar wanneer hy voor Oosblok-gehore opgetree het, was hy 'n ortodokse Leninis en by wyse van spreke Roomser as die Pous. Soos Dale McKinley, 'n ortodokse kommunistiese skrywer, dit stel: "[T]he ANC was content to adopt the tactic of talking to its different constituencies with different voices."42

Voor Westerse gehore

Toe hy in 1985 getuienis gelewer het voor die buitelandse-sake-komitee van die Britse laerhuis, is Tambo onder meer gevra of hy die kapitalistiese stelsel wil vernietig. Nee, was sy antwoord, die Vryheidsmanifes voorsien slegs "a mixed economy". Die motief daarvoor is "a more equitable distribution of the wealth of the country", iets wat hy "a pragmatic point of view" genoem het.43 Dit was 'n taamlik onskuldige standpunt wat waarskynlik deur talle van sy toehoorders, veral dié in die gematig-linkse Arbeidersparty, gedeel is.

In 'n toespraak by die Georgetown-universiteit in Amerika het hy vroeg in 1987 eweneens verwys na "burning questions as freedom from hunger, disease, ignorance, homelessness and poverty". Dit kon slegs bereik word deur die "equitable distribution of wealth", wat op sy beurt teweeg gebring kon word deur "a mixed economy". Tambo het ook gesê die ANC is verbind tot "a society in which all democratic freedoms would be guaranteed, including those of association, of speech and religion, the press, and so on. We wish to guarantee the rule of law and ensure the protection of the rights of the individual as a fundamental feature of any constitutional arrangement."44

'n Paar weke later het hy hom in soortgelyke trant by die La Trobe-Universiteit in Melbourne, Australië, uitgelaat. Daar het hy eksplisiet gesê die ANC "will allow various political parties to exist, to operate, and to put their case before the people". Hy het wel daaraan toegevoeg dat "racist political formations in terms of their constitutions or in terms of their objectives will not be allowed".45

Dit is trouens bevestig deur die grondwetlike riglyne wat die ANC in Julie 1988 uitgereik het, ingevolge waarvan slegs "rassistiese" politieke partye nie toegelaat sou word nie.46

Voor Derdewêreld-gehore

Wanneer hy met die ANC of ander bondgenote in die Derde Wêreld gepraat het, was Tambo minder gematig. Dan het hy gepraat van "the confrontation between the liberating theory and practice of socialism and the oppressive, exploitative and anti-human system of capitalism".47 Dan het hy pres. Ronald Reagan en Amerika daarvan beskuldig dat hulle, "[l]ike Hitler's Germany", hul voorberei "for world conquest and world domination"48 en dat hulle gedryf word deur "the same suicidal urge for world domination as was Adolf Hitler".49 Daarteenoor was Fidel Castro, diktator van Kuba, "[a]n outstanding leader", "this hero of the liberation struggle, this hero of the people",50 en "the tried and tested leader of the victorious Cuban Revolution".51

Wanneer hy met sy eie aanhangers gepraat het, het Tambo - byvoorbeeld in 1972 - gewys op die veelbewoë geskiedenis van die twintigste eeu: "Within this 60 years and before our very eyes, the Great October Socialist Revolution broke out to change the course of human history of all time."52 In 'n ander boodskap het hy in die herinnering geroep dat die wêreld se eerste kommunistiese staat vyf jaar ná die stigting van die ANC ontstaan het: "Today, a powerful world socialist system exists and the principles upon which it is founded win growing acceptance as man develops from his past to his future". Elders in die boodskap is hy nog meer eksplisiet wanneer hy vertel hoe die "forces of independence, democracy and peace" die oorhand in die wêreld kry: "The mainstay of this world revolutionary process are the socialist countries We too are part and parcel of this revolutionary stream "53

In 1975 het hy voor die NUK gesê: "Let me invoke the revolutionary genius, discipline, determination, vision and sheer hard work which went into the Great October Socialist Revolution" om die taak wat voorlê, uit te voer, naamlik "the conquest of power for the people from the high concentrate of racists, capitalists, colonialists and imperialists".54

Wanneer hy na die beoogde nuwe Suid-Afrika verwys het, het hy - soos in 1987 - nie bloot 'n gemengde ekonomie in die vooruitsig gestel nie; "the question of ownership, control and direction of the economy as a whole" moet aangepak word. "The transfer of power to the people must therefore be accompanied by the democratisation of the control and direction of the economy " Wat die demokrasie betref, het hy herhaal dat verskillende politieke partye mag bestaan, maar die beperkings het verder gegaan as wat hy voor Westerse gehore wou toegee: "But as a people and a government, we must state it clearly that democracy in our country cannot succeed if it permits the organised propagation of ideas of fascism, racism and ethnicity".55

Volgens dié definisie sou alle blanke partye in die ou Suid-Afrika, met inbegrip van die NP, die KP en dalk selfs die PFP, onder 'n ANC-regering verbied gewees het.

Voor Oosblok-gehore

Die mees openlike ontboesemings het Tambo egter gelaat vir geleenthede waar hy met gehore uit die Oosblok gepraat het. Toe hy die kongres van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie (KPSU) in 1971 toegespreek het, het hy volgens die Russiese notule daarop aanspraak gemaak dat die ANC die massa na die revolusie lei vir die "omverwerping van die fascistiese regime", asook die gryp van die mag en die bou van 'n "sosialistiese samelewing'". Die USSR se hulp, het hy gesê, "is ʼn deurslaggewende faktor in die vasberade opmars van die revolusionêre stryd van die verdrukte en uitgebuite mense van Suid-Afrika teen fascisme en aggressie in ons land, vir nasionale bevryding en sosiale emansipasie". (Vir enigiemand wat die Marxistiese jargon ken, is dit duidelik dat Tambo hiermee die SAKP se tweefaserevolusie bedoel het.) Hy het voortgegaan: "Lank lewe die groot party van Lenin. Die magtige USSR is tans in die sentrum van die wêreld se sosialistiese gemeenskap van volke en marsjeer aan die voorpunt van die stryd vir internasionale bevryding en vrede regdeur die wêreld."56

'n Paar jaar later het hy dié woorde by die 60ste herdenking van die Russiese Revolusie geëggo deur te praat van die "onsterflike leiding en onvergelyklike genialiteit van Wladimir Iljitsj Lenin". Hy het sy toespraak só afgesluit: "Lank lewe die Kommunistiese Party van die Sowjetunie - die Party van Lenin! Lank lewe die Groot Oktober- Sosialistiese Revolusie!"57

Ter geleentheid van die 26ste kongres van die Sowjetunie se Kommunistiese Party het die ANC-leiding in 1981 'n verklaring uitgereik waarin gesê is al rede waarom die "oppressed peoples of the former colonial world" die juk van kolonialisme kon afwerp, is die "achievements of the Great October Socialist Revolution and inspired Leninist leadership of the Bolshevik Party". Ná die revolusie van 1917, het die verklaring voortgegaan, "the infant socialist state demonstrated beyond any doubt the superiority of scientific socialism over the anarchy and corruption of monopoly capitalism ..." Lenin, lui die verklaring, was 'n "brilliant theoretician and far-sighted strategist" (ons kursivering).58

Naas gereelde lowende verwysings na die Russiese Revolusie van 191759 het Tambo in toesprake verwys na die "revolutionary world process" en die "final victory over all forces of imperialism, colonialism, racism, Zionism and exploitation of man by man".60 Die "sphere of imperialist domination" is aan die taan, mede deur die sosialistiese lande, wat die "mainstay of this world revolutionary process" is. Die "revolutionary transformations" wat in Afrika aanskou kan word, is deel van die stryd teen "the dark forces of imperialist domination over the world and of the exploitation of man by man" (kommunistiese jargon vir die kapitalisme).61 Tambo het die vordering van die revolusionêre stryd van die ANC uitdruklik gekoppel aan die "successes and the consistent foreign policy of the socialist community of countries and above all, of the USSR - the stronghold of peace in the world, the selfless friend of all fighting peoples".62

Met die dood van die Sowjet-leier Leonid Brezjnjef in 1982 het Tambo hom geloof as 'n "outstanding son of the Soviet people" wat 'n verlies nie net vir die USSR is nie, maar ook vir die ANC. Sy naam sal vir ewig geskryf staan in die annale van die geskiedenis "as a selfless and indomitable fighter for the emancipation from the shackles of imperialism and fascism". Hy het byna uitasem geraak: "At this hour of grief for the Soviet people, we lower our banners in respectful memory of the late comrade president Brezhnev ... we extend our deeply felt condolences ... his memory and the example he set will live for ever and the cause for which he lived and sacrificed will triumph."63

Die hoogtepunt was egter waarskynlik toe hy in 1987 in Moskou voor die KPSU by die 70ste herdenking van die Russiese Revolusie gepraat het:

The unfading significance of the days of Red October seventy years ago rests precisely on the fact that the victory the working class scored in this country in 1917 resulted in the emergence on the world scene of a reliable base and spearhead in the struggle against imperialist, colonial and racist domination, against imperialist reaction and war.

True to the behest of the great Lenin, the first socialist state in the world has never deviated from the foreign policy course of a consistent struggle for world peace, for social progress and happiness of mankind

The 70-year revolutionary course blazed by the Great October Socialist Revolution has not only changed the geopolitical face of our planet but has also irreversibly altered the world balance of forces in the interests of mankind's social progress. The socialist system now embraces one-third of the world's population; the colonial system as all but collapsed

The spirit engendered by the 70th anniversary of the Great October Socialist Revolution must reinforce this historic task. The lead given by the Soviet Union provides humanity with a noble example to emulate.64

Vir enigiemand wat objektief daarna probeer kyk, kan dit nie klink soos die woorde van iemand wat nie werklik in die kommunisme glo nie.

Tog sou billikheidshalwe aangevoer kon word dat die ANC militêr en polities van die USSR en die Oosblok se steun afhanklik was, en dat Tambo dus uit die oogpunt van realpolitik kommunistiese geluide móés maak. Daar is egter getuienis wat dit in twyfel trek.

In Oktober 1978 het ʼn afvaardiging van ANC- en SAKP-leiers Viëtnam besoek om te sien hoe dié kommunistiese staat die magtige Amerika verslaan het. Volgens Thabo Mbeki se biograaf, Mark Gevisser, het Tambo sterk onder die indruk gekom van die rol wat die Marxisties-Leninistiese ideologie in die proses gespeel het. Veral die feit dat Viëtnam (anders as die Sowjetunie en China) nie godsdiens bestry het nie, het hom as gelowige Christen beïndruk. Joe Slovo, ʼn leidende figuur in die SAKP en doktrinêre kommunis, het die gaping gevat en Tambo oortuig van die noodsaak dat die ANC uiteindelik openlik uit die kas as Marxisties-Leninistiese beweging moes klim. Mbeki het egter heftig beswaar gemaak, en die idee is laat vaar.65 (Terloops, die Viëtnamese het vertel van hul eie strategie om ʼn stelselmatige reeks sluipmoorde op prominente politieke ondersteuners van hul kapitalistiese teenstanders te pleeg. Volgens Thula Simpson, wat dit op ʼn dagboek van Tambo baseer, was die doel "to spread the influence of the revolutionary forces in the locality, since such actions would demonstrate that the revolutionaries were strong enough to deal with the enemy". Onder leiding van Tambo is besluit om die Viëtnamese voorbeeld in Suid-Afrika te volg.66)

Teen bogenoemde agtergrond is ʼn omvattende beleidsdokument na aanleiding van die Viëtnam-besoek opgestel, die sogenaamde "Green Book". Uit die dokument blyk dat daar 'n debat was oor die "extent to which the ANC, as a national movement, should tie itself to the ideology of Marxism-Leninism and publicly commit itself to the socialist option." Die uiteindelike besluit, luidens die verslag, het daarop neergekom dat só iets die maatskaplike grondslag van die revolusie kon vernou en dat daar juis 'n noodsaak was "to attract the broadest range of social forces amongst the oppressed to the national democratic liberation". Die ANC se openlike verbintenis tot die sosialisme "may undermine its basic character as a broad national movement". Dan volg 'n veelseggende sin: "It should be emphasised that no member of the Commission had any doubts about the ultimate need to continue our revolution towards a socialist order; the issue was posed only in relation to the tactical considerations of the present stage of our struggle." In 'n bylae word dan ook erken dat "real national liberation and social emancipation" ('n eufemisme vir die twee fases van die revolusie) slegs bereik kan word indien "the dominant part is played by the oppressed working people" ('n eufemisme vir die SAKP).67

Overgezet zijnde: Almal is ten gunste van die kommunisme, maar om pragmatiese redes - die noodsaak om die maksimum steun vir die revolusie te kry - kan dit nie openlik gesê word nie. Onder die name van die groep wat die dokument opgestel het, kom ook dié van Oliver Tambo voor.

Dit word verder bevestig deur wat Slovo in 1984 aan Wladimir Sjoebin vertel het nadat eersgenoemde voorsitter van die SAKP geword het: "Tambo welcomed Slovo's words that perhaps in the future the ANC and SACP would merge in one organisation of a socialist character." En met sy laaste besoek aan die Kremlin in 1989 het Tambo opnuut na die "national democratic revolution" - die eerste fase in die SAKP se tweefaserevolusie - verwys. "There are long-term goals as well," het hy betekenisvol bygevoeg. "We are not pushing them."68

Siedaar 'n meesterlike opsomming van die SAKP se houding uit die mond van iemand van wie graag voorgehou word dat hy geen ingeskrewe lid van die party was nie. Maar, soos Stephen Ellis en "Tsepo Sechaba" (skuilnaam vir Oyama Mbandla) opmerk, "it suited the [Communist] Party to have a relatively weak non-communist president of the ANC serving as the symbolic leader of the triple alliance of the ANC, the Party and SACTU [die vakbondfederasie wat saam met die ANC en SAKP in ballingskap was]."69

 

GEVOLGTREKKING

Dit staan vas dat Oliver Tambo geen ingeskrewe lid van die SAKP was nie. Tog, as sy uitsprake en oortuigings deur die jare goed ontleed word, verskil dit (meestal) in feitlik geen opsig van dié van sy makkers in die Kommunistiese Party nie. ʼn Mens soek dan ook vergeefs in sy toesprake en ander uitlatings op kritiek - selfs by implikasie - op die Sowjetunie en die kommunisme. Dis natuurlik waar dat Tambo se groot taak was om die ANC/SAKP-alliansie deur beproewende tye in ballingskap bymekaar te hou, wat sy beweegruimte beperk het. Daarmee was hy in uiters moeilike omstandighede suksesvol. Hy moes ook daarmee rekening hou dat verreweg die leeue-aandeel van die alliansie se praktiese hulp van agter die Ystergordyn, veral die Sowjetunie, gekom het. Hy kon gevolglik moeilik - sê maar - in Moskou of Havana skerp kritiek op die kommunisme gaan uitspreek.

Daar is ook ʼn alternatiewe vertolking. Dit is dat Tambo bloot ʼn swakkerige opportunis was wat sy seile na die wind gespan het. Wat die vraag laat ontstaan hoe diep sy oortuigings rakende die kommunisme was. Dit is ʼn vraag waarop ʼn antwoord moeilik te gee is.

Tambo was uiteraard instrumenteel in die bevordering van die eerste fase van die Leninistiese tweefaserevolusie, die sogenaamde Nasionaal-Demokratiese Revolusie (die begrip leef vandag by die ANC voort, maar sonder sy destydse ideologiese lading). Tambo het egter slegs soms by implikasie daarna verwys. Nietemin het dit - altans na buite - deel van sy lewens- en wêreldbeskouing gevorm.

In September 1985 het ANC-afgevaardigdes op ʼn ontmoeting in Zambië aan verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse private sektor verduidelik': "In all our dealings with the Socialist countries we have not once experienced a situation where they have tried to influence our views or tell us what to do."70 Ronnie Kasrils, ʼn leidende figuur in die ANC/SAKP en latere minister, bevestig dit in sy memoires: "I never came across or heard of a situation where strings were attached to assistance we received, as Party or the ANC, nor influence directed away from the primary goals of an independent, non-racial and democratic South Africa."71

Dit is uitsprake wat uiteraard, soos elke uitspraak van enige politikus, met ʼn knippie sout geneem moet word. Tog klink die hoofelement - dat die Sowjetunie nie aktief gedetailleerde voorskrifte aan die ANC/SAKP gegee het nie - korrek. Met ʼn manipuleerbare leier soos Oliver Tambo, wat hom in byna elke relevante opsig besonder na aan die Sowjet-weergawe van die kommunisme geposisioneer het, was dit in elk geval nie nodig nie. Soos Irina Filatova en Apollon Davidson dit stel: "There was no need for the Soviet government to attach any strings to Soviet assistance to the ANC and SACP ... the ANC itself was ideologically very close to the Soviet leadership."72

Tambo het duidelik nie ʼn groot rol gespeel om gebeure te bepáál nie; hy het eerder die gebeure om hom heen weerspieël. Ook Mandela het soms taktiese onwaarhede gebesig, maar hy het veel sterker as Tambo vóór geloop. Tambo was die formele leier van die ANC/SAKP-alliansie, maar hy is in groot mate deur die ontwikkelinge en die mense om hom heen gelei. Juis daardie eienskap, saam met sy minsame en sagmoedige karakter, het gehelp om die middelpuntvliedende kragte in die alliansie genoeg vryheid te gee sodat ʼn breekspul vermy kon word.

Nelson Mandela is in 1990 vrygelaat, enkele weke ná die val van die Berlynse Muur en die snelle verkrummeling van die kommunisme as internasionale magsfaktor, waardeur die belangrikste ideologiese en magspolitieke rigsnoer van die ANC-Kommunistiese alliansie daarmee heen was. As vrye politikus, sowel voor as ná sy bewindsaanvaarding in 1994, moes Mandela dus opereer in 'n praktiese wêreld binne die grense van die sogenaamde Washington-konsensus, die liberaal-demokratiese vrye mark. Dit was die politieke werklikheid waarmee hy moes werk, en hy het hom uitstekend daarby aangepas.

Tambo het nooit daardie kans gekry nie, en gevolglik is sy erfenis veel meer deur die kommunisme bepaal as dié van Mandela. Tog, selfs as 'n mens dit in aanmerking neem, is dit duidelik dat Tambo in alles behalwe naam op die allerminste baie sterk deur die kommunisme beïnvloed is. Voor Westerse gehore het hy dit klaarblyklik om taktiese redes weggesteek, maar wanneer hy voor sosialiste of kommuniste gepraat het, het hy openlik vir sy oortuigings uitgekom. Wie weet wat sou gebeur het as Tambo, soos Mandela, nog 'n rol van betekenis in die Suid-Afrika van ná 1990 kon gespeel het? Moontlik sou hy, soos Mandela, afstand van 'n belangrike deel van sy vroeëre ideologiese oortuigings moes gedoen het.

Tambo is in 1993 aan die nagevolge van 'n beroerte oorlede. Ons sal nooit weet of hy Mandela se voorbeeld sou gevolg het nie.

 

 

 

LEOPOLD SCHOLTZ het aan die Universiteit van Stellenbosch, die ou Randse Afrikaanse Universiteit en die Universiteit van Leiden gestudeer, waar hy in 1978 in die geskiedenis gepromoveer het. Hy was onder meer adjunkredakteur van Die Burger en Europa-korrespondent vir die Media-24- koerante. Hy was lid van die Raad van die SA Akademie, asook buitengewone professor aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy sy verbintenis as navorsingsgenoot voortgesit en later vir die Noordwes-Universiteit verruil het. Hy is tans - op papier - afgetree, maar gaan voort as akademikus en ontleder van die internasionale politiek saam met sy vrou.
LEOPOLD SCHOLTZ studied at the University of Stellenbosch, the former Rand Afrikaans University and the University of Leiden, where he received a PhD in history in 1978. He was, inter alia, deputy editor of Die Burger and Europe correspondent for the Media24-newspapers. He was a member of the Council of the SA Academy, as well as professor extraordinaire at the University of Stellenbosch, where he continued as research fellow, before he exchanged it for the Northwest University. He is presently - on paper - retired, but he continues as academic and analyst of international politics together with his wife.

 

INGRID SCHOLTZ het aan die Universiteit van Leiden gestudeer, waar sy in 1974 met die graad Doctorandus Historiae afgestudeer het. Sy was dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, die Universiteit van Stellenbosch en redakteur van Wêreldburger, 'n bylae oor die internasionale politiek tot Die Burger. Sy is tans afgetree, maar gaan voort as akademikus saam met haar man. Sy is tans navorsingsgenoot aan die Noordwes- Universiteit.
INGRID SCHOLTZ studied at the University of Leiden, where she graduated in 1974 as Doctorandus Historiae. She was a lecturer at the University of the Western Cape, the University of Stellenbosch and editor of Wêreldburger, a supplement of Die Burger, focussing on international politics. Currently retired, she continues her academic work together with her husband. She is currently a research fellow at the Northwest University.
1 Vgl. Anthea Jeffery: People's War. New Light on the Struggle for South Africa (Johannesburg, Jonathan Ball, 2009), p. xxxii.
2 Nelson Mandela: Long Walk to Freedom (Londen, Abacus, 1994), pp. 138-139.
3 Vgl. bv. Nelson Mandela:The Struggle is my Life. His Speeches and Writings, 1944-1990 (Mayibuye, Bellville, 1994), pp. 91-92.
4 Martin Meredith:Nelson Mandela. A Biography (Londen, Penguin, 1997), pp. 182-183; Paul Trewhela: "Unreliable Friend" (London Review of Books, 11.11.1999); Padraig O'Malley:Shades of Difference. Mac Maharaj and the Struggle for South Africa (Viking, New York, 2007), p 63; Stephen Ellis:External Mission. The ANC in Exile 1960-1990 (Hurst, Londen 2012), pp. 17 en 20-23; Irina Filatova en Appollon Davidson:The Hidden Thread. Russia and South Africa in the Soviet Era (Jonathan Ball, Johannesburg, 2013), pp. 300-301; Gareth van Onselen: "Yes, he was a Communist, say ANC, SACP" (Sunday Times, 8.12.2013).
5 Leopold en Ingrid Scholtz: "Nelson Mandela se houding teenoor die kommunisme" (Historia 59/2, November 2014, pp. 79-83).
6 Kader Asmal: "The author of our political morality" (Sunday Times, 23.10.2006).
7 Kader Asmal: Politics in My Blood. A Memoir (Auckland Park, Jacana, 2011), p. 1457.
8 Luli Callinicos: Oliver Tambo. Beyond the Engeli Mountains (Claremont, David Philip, 2004), pp. 30, 44, 48-59.
9 Nadine Gordimer en Anthony Sampson: "President Mbeki's career" (The New York Review of Books, 47/18, 16.11.2000).
10 Callinicos: Oliver Tambo, pp. 308-309 en 357.
11 Vgl. hieroor bv. Gustavo Gutierrez en Gerhard Ludwig Müller: On the Side of the Poor. The Theology of Liberation (New York, Orbis, 2015).
12 Leopold en Ingrid Scholtz: "Nelson Mandela se houding teenoor die kommunisme" (Historia, 59/2, November 2014, pp. 79-93).
13 "Speech by Oliver Tambo at Georgetown University", 27.1.1987 (www.anc.org.za/content/speech-oliver-tambo-georgetown-university. Laaste keer opgeroep op 27.4.2017). Vgl. verder Andrew Masondo: "The struggle will intensify" (Dawn, Junie 1982, p. 13).
14 Mandela: The Struggle is my Life, p. 204 (Mandela - P.W. Botha, 5.7.1989).
15 Anthony Sampson: Mandela. The Authorised Biography, pp. 15-16.
16 Richard Pipes: Communism. A brief History (Londen, Weidenfeld & Nicolson, 2001), p. 94.
17 South African Communist Party: South African Communists Speak. Documents from the History of the South African Communist Party 1915-1980 (Londen, Inkululeko, 1981) "Resolution on 'The South African Question' adopted by the Executive Committee of the Communist International held in Moscow in August and September 1928", pp. 91-96.
18 Vgl. Irina Filatova: "South Africa's Soviet connection" (History Compass, 6/2, 2008, pp. 389-403).
19 "First National Consultative Conference: Report on the Strategy and Tactics of the African National Congress", 26.4.1969 (www.anc.org.za/content/first-national-consultative-conference-report-strategy-and-tactics-african-national-congress. Laaste keer opgeroep op 27.4.2017).
20 Ben Turok: Nothing but the Truth, p. 312.
21 "Central Committee, Inner-Party Bulletin Number 1", Julie 1970, (www.aluka.org/action/doBrowse?t=646865&sa=xst&br=tax-collections|part-of|collection-minor&p=5. Laaste keer opgeroep op 27.4.2017).
22 "Special resolution: Party work in the fraternal organisations", November 1981 (www.aluka.org/action/showPDF?doi=10.5555/AL.SFF.DOCUMENT.LET19811100.026.021.000&type=img. Laaste keer opgeroep op 27.4.2017),
23 Gail M. Gerhart en Clive L. Glaser (reds.): From Protest to Challenge, Volume 6: Challenge and Victory, 1980-1990 (Bloomington, Indiana University Press, 2010), p. 524 (Notule van vergadering van die SAKP se Eenheid 7, Lusaka, 15.9.1983).
24 Stephen Ellis en "Tsepo Sechaba": Comrades against Apartheid.The ANC & the South African Communist Party in Exile(London, James Currey, 1992), pp. 148-150.
25 Ellis: External Mission, p. 219; Mark Gevisser: Thabo Mbeki. The Dream Deferred (Johannesburg, Jonathan Ball, 2007), p. 465; Janet Smith en Beauregard Tromp: Hani. A Life too Short (Johannesburg, Jonathan Ball, 2009), p. 160.
26 Janet Smith en Beauregard Tromp: Hani. A Life too Short, p. 161.
27 Vir 'n breë behandeling van die verhouding tussen die ANC en die SAKP, vgl. Leopold en Ingrid Scholtz: "Die oorsprong en ontwikkeling van die SA Kommunistiese Party se tweefaserevolusiemodel", twee dele (Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 45/3 en 45/4, Oktober en Desember 2005).
28 Gevisser: Thabo Mbeki, p. 466.
29 Ellis: External Mission, p. 281.
30 Hugh Macmillan: The Lusaka Years 1963 to 1994. The ANC in Exile in Zambia (Auckland Park, Jacana, 2013), pp. 284-286.
31 Stephen Ellis: External Mission. The ANC in Exile 1960-1990 (Londen, C. Hurst, 2012), pp. 79 en 102.
32 Ellis: External Mission, p. 219.
33 Macmillan: The Lusaka Years, p. 10.
34 Duma Nokwe: "Statement of the ANC (SA) on the situation in Czechoslovakia", 19.9.1968 (Mayibuye, 27.9.1968, p. 13).
35 "First National Consultative Conference: Report on the Strategy and Tactics of the African National Congress", 26.4.1969 (www.anc.org.za/content/first-national-consultative-conference-report-strategy-and-tactics-african-national-congress. Laaste keer opgeroep op 27.4.2017).
36 Macmillan: The Lusaka Years, p. 202; Callinicos: Oliver Tambo, pp. 582-583.
37 Address by Oliver Tambo to the first congress of MPLA", 12.12.1977 (www.anc.org.za/content/address-oliver-tambo-first-congress-mpla. Laaste keer opgeroep op 27.4.2017).
38 SACP: South African Communists Speak. Documents from the History of the South African Communist Party 1915-1980, "The Road to South African Freedom', programme of the South African Communist Party adopted at the fifth national conference of the Party held inside the country in 1962", p. 316.
39 "Speech by Oliver Tambo to observe the 60 anniversary of the South African Communist Party", 30.7.1981(www.anc.org.za/content/speech-oliver-tambo-meeting-observe-60th-anniversary-south-african-communist-party.Laaste keer opgeroep op 27.4.2017).
40 "The alliance born in struggle" (Umsebenzi, 1/1985, p. 2).
41 Te vinde by www.anc.org.za/documents/Speeches/any-author/1977.
42 McKinley: The ANC and the Liberation Struggle, p. 57.
43 "Evidence before the Foreign Affairs Committee of the House of Commons: Oliver Tambo", 29.10.1985 (www.anc.org.za/content/evidence-foreign-affairs-committee-house-commons-oliver-tambo.Laaste keer opgeroep op 27.4.2017). 'n Verkorte weergawe van die getuienis verskyn in Gerhart en Glaser (reds.): From Protest to Challenge, Volume 6: Challenge and Victory, 1980-1990, pp.580-587. Die aanhaling kom voor op p. 583.
44 "Speech by Oliver Tambo at Georgetown University", 27.1.1987 (www.anc.org.za/content/speech-oliver-tambo-georgetown-university.Laaste keer opgeroep op 27.4.2017).
45 "Address by Oliver Tambo at the La Trobe University", 3.4.1987 (www.anc.org.za/content/address-oliver-tambo-la-trobe-university. Laaste keer opgeroep op 27.4.2017).
46 Sheridan Johns en R. Hunt Davis, Jr. (reds.): Mandela, Tambo and the African National Congress. The Struggle against Apartheid 1948-1990. A Documentary Survey (Oxford, Oxford University Press, 1991), pp. 302-305 ("Constitutional guidelines for a democratic South Africa", Julie 1988).
47 Address by Oliver Tambo to the first congress of MPLA", 12.12.1977 (www.anc.org.za/content/address-oliver-tambo-first-con"Speech by Oliver Tambo at the opening session of the first Conference of the Women's Section of the ANC", 10.9.1981 (www.anc.org.za/content/speech-oliver-tambo-opening-session-first-conference-womens-section-anc.Laaste keer opgeroep op 27.4.2017).
49 "Speech by Oliver Tambo to the OAU Liberation Committee", 10.2.1983 (www.anc.org.za/content/speech-oliver-tambo-oau-liberation-committee.Laaste keer opgeroep op 27.4.2017).
50 "Speech by Oliver Tambo at the Sixth Conference of the Heads of State or Government of Non-Aligned Countries, Havana, Cuba", 3.9.1979 (www.anc.org.za/content/speech-oliver-tambo-behalf-national-liberation-movements-opening-session-sixth-conference.Laaste keer opgeroep op 27.4.2017).
51 "Speech by Oliver Tambo on behalf of the liberation movements, at the opening session of the Sixth Conference of the Heads of State or Government of Non-Aligned Countries, Havana, Cuba," 3-9.1979" (www.anc.org.za/content/speech-oliver-tambo-behalf-national-liberation-movements-opening-session-sixth-conference.Laaste keer opgeroep op 27.4.2017).
52 "Statement of the National Executive Committee on the occasion of the 60 anniversary of the ANC", 8.1.1972 (www.anc.org.za/content/statement-national-executive-committee-occasion-60th-anniversary-anc.Laaste keer opgeroep op 27.4.2017).
53 "Statement of the National Executive Committee on the occasion of the 70 anniversary of the ANC", 8.1.1982, (www.anc.org.za/content/statement-national-executive-committee-occasion-70th-anniversary-anc.Laaste keer opgeroep op 27.4.2017).
54 "Statement by Oliver Tambo to the extended meeting of the National Executive Committee of the African National Congress", 1.4.1975 (www.anc.org.za/content/statement-oliver-tambo-extended-meeting-national-executive-committee-african-national. Laaste keer opgeroep op 27.4.2017).
55 "Statement of the National Executive Committee on the occasion of the 75 anniversary of the ANC", 8.1.1987 (www.anc.org.za/content/statement-national-executive-committee-occasion-75th-anniversary-anc.Laaste keer opgeroep op 27.4.2017).
56 Shubin: ANC. A View from Moscow, p. 361; Filatova en Davidson: The Hidden Thread, pp. 239 en 361.
57 Filatova en Davidson: The Hidden Thread, p. 239.
58 UK-bilioteek, BC 1981 (P9.2), ANC: "Statement of the African National Congress of South Africa on the occasion of the 26 Congress of the Communist Party of the Soviet Union", ongedateer.
59 "Statement of the National Executive Committee on the occasion of the 60 anniversary of the ANC", 8.1.1972 (www.anc.org.za/content/statement-national-executive-committee-occasion-60th-anniversary-anc. Laaste keer opgeroep op 27.4.2017); "Speech by Oliver Tambo on the occasion of the award of an honorary Doctorate to Nelson Mandela by the Karl Marx University of the German Democratic Republic", 11.11.1987 (www.anc.org.za/content/speech-oliver-tambo-occasion-award-honorary-doctorate-nelson-mandela-karl-marx-university. Laaste keer opgeroep op 27.4.2017); "Speech by Oliver Tambo at the meeting of representatives of the parties and movements participating in the celebration of the 70th anniversary of the 'Great October Socialist Revolution'", 4-5.11.1987 (www.anc.org.za/content/speech-oliver-tambo-meeting-representatives-parties-and-movements-participating-celebration.Laaste keer opgeroep op 27.4.2017); "Speech by Oliver Tambo on the occasion of the award of an honorary Doctorate to Nelson Mandela by the Karl Marx University of the German Democratic Republic", 11.11.1987 (www.anc.org.za/content/speech-oliver-tambo-occasion-award-honorary-doctorate-nelson-mandela-karl-marx-university.Laaste keer opgeroep op 27.4.2017).
60 "All roads led to Berlin" (Sechaba, Jan. 1981), p. 29.
61 "Statement of the National Executive Committee on the occasion of the 70 anniversary of the ANC", 8.1.1982, (www.anc.org.za/content/statement-national-executive-committee-occasion-70th-anniversary-anc. Laaste keer opgeroep op 27.4.2017).
62 "Anti-imperialist solidarity"(Sechaba, Sept. 1979, pp. 26).
63 "Pres. Brezhnev - ANC statement" (Mayibuye, Nov. 1982, p. 3).
64 "Speech by Oliver Tambo at the meeting of Representatives of the parties and movements participating in the celebration of the 70th anniversary of the 'Great October Socialist Revolution'", 4-5.11.1987 (www.anc.org.za/content/speech-oliver-tambo-meeting-representatives-parties-and-movements-participating-celebration. Laaste keer opgeroep op 27.4.2017).
65 Gevisser: Thabo Mbeki, pp. 462-463.
66 Thula Simpson: Umkhonto we Sizwe. The ANC's Armed Struggle (Kaapstad, Penguin, 2016), pp. 240-241.
67 Thomas G. Karis en Gail M. Gerhart (reds.): From Protest to Challenge, Volume 5: Nadir and Resurgence, 1964-1979 (Pretoria, Unisa Press, 1997), pp. 724-725 ("Report of the Politico-Military Strategy Commission to the ANC National Executive Committee", Aug. 1979) en 726 ("Annexure 'B' - Summarized Themes on Our Strategic Line").
68 Shubin: ANC: A View from Moscow, pp. 361-362.
69 Ellis en Sechaba: Comrades against Apartheid, pp. 52 en 59.
70 Gerhart en Glaser: From Protest to Challenge, Volume 6: Challenge and Victory, 1980-1990 ("Summary of Discussions between certain Representatives of Big Business and Opinion-Makers in South Africa and the ANC", ANC-memorandum, 14.9.1985), p. 580.
71 Ronnie Kasrils: Armed & Dangerous. From Undercover Struggle to Freedom (Bellville, Mayibuye, 1993), p. 273.
72 Irina Filatova en Apollon Davidson: The Hidden Thread. Russia and South Africa in the Soviet Era (Johannesburg, Jonathan Ball, 2013), pp. 238-239. Vgl. ook pp. 310-311.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License