SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número3A missiological investigation of the value of autogenous cultureThe Cultural-Historical Activity Theory (CHAT) as a lens to study school principal leadership styles índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.57 no.3 Pretoria Set. 2017

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n3a8 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS RESEARCH AND REVIEW ARTICLES (2)

 

"Apostoliese tye as onherhaalbaar en uniek": Pinksterkerke en Lukas-Handelinge

 

"Apostolic times as nonrepeatable and unique": Pentecostals and Luke-Acts

 

 

Marius Nel

Navorsingsleerstoel: Ekumene, Pentekostalisme en Neo-Pentekostalisme, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom. E-pos: marius.nel@nwu.ac.za

 

 


OPSOMMING

Sommige Christene se wetenskaplik-geïnformeerde wêreldbeeld laat min ruimte vir bonatuurlike verskynsels of ingrypings buite die aanvaarde sisteem van verklaarbare oorsaak-en-gevolg. Hulle verwag nie ʼn bonatuurlike/goddelike ingryping nie omdat dit buite hulle verwysingsraamwerk val. Sommige in dié groep is die sogenaamde "cessationists", wat inter alia die Handelinge 2-gebeure van Pinksterdag en die daaropvolgende Geestesdoopervarings (Hand 4:31; 8:14-17; 9:17; 10:44-48; 11:15-16; 13:52; 19:2-6) asook die voorkoms van Geestesgawes in die vroegste Kerk (1 Kor 12-14; Rom 12:6-8; Ef 4:11-13; 1 Pet 4:10-11) beperk tot apostoliese tye. Hierteenoor verwag klassieke Pinkstergelowiges dat die bonatuurlike hulle steeds sal verras en dat die gebeure van Pinksterdag sowel as die werking van die Gees wat die lewe van die apostels en eerste gemeentes gekenmerk het, herhaal word in hulle midde. Trouens, hulle interpreteer en modelleer die huidige werklikheid aan die hand van Bybelse narratiewe en veral Lukas-Handelinge speel ʼn bepalende rol as "geskiedenis" van Jesus en die vroegste Kerk. Pinksterteoloë gebruik dan ook verskeie aspekte van die Lukaanse narratief om aan te dui dat die skrywer gebeure beskryf met die duidelike doel om lesers aan te moedig om hulle praktyk aan die hand daarvan te modelleer teenoor die "cessationist" standpunt dat Lukas se narratiewe vanuit die teologie in Paulus se leerredes geïnterpreteer moet word. Dié interpretasies van Lukas-Handelinge word kortliks beskryf voor enkele aspekte daarvan krities bespreek word.

Trefwoorde: Pinksterkerke; Lukas-Handelinge; Pauliniese perspektief op Nuwe Testament; Lukaanse perspektief op Nuwe Testament; hermeneusis; herhaalbaarheid van Pinkstergebeure; wêreldbeeld; epistemologie


ABSTRACT

Some Christians' scientifically-informed worldview leave little room for supernatural phenomena or divine interventions outside the accepted system of explainable cause and effect. They do not expect a supernatural/divine intervention because it falls outside their frame of reference. A part of these believers are the "cessationists" who inter alia limit the Acts 2 events of Pentecost and the other incidents of the outpouring of the Holy Spirit (Acts 4:31; 8:14-17; 9:17; 10:44-48; 11:15-16; 13:52; 19:2-6) as well as the prevalence of charismata or spiritual gifts in the early church (1 Cor 12-14; Rom 12:6-8; Eph 4:11-13; 1 Pet 4:10-11) to New Testament or apostolic times. On the other hand, classical Pentecostal believers expect that the supernatural would continually surprise them and that the events of the Day of Pentecost as well as the operation of the Spirit that characterized the life of the apostles and first assemblies as described in Acts would be repeated in their midst. In fact, they interpret and model their current reality on the basis of biblical narrative and especially Luke-Acts plays a decisive role as the replicable "history" of Jesus and the early Church. Pentecostal theologians use various aspects of the Lukan narrative to indicate that the author describes events with the clear aim and intention to encourage readers to model their practice on the basis thereof contra the cessationist view that interpret Luke's narrative about the Spirit from the theology in Paul's letters where he responds to specific situations in congregations to teach about the Spirit. These interpretations of Luke-Acts are then briefly described and analysed in contrast to the cessationist view that the events in Acts are unique and nonrepeatable before some aspects of the Pentecostal viewpoint are discussed critically. Pentecostals argue that Jesus' and Peter's sermon in respectively Luke 4:16-30 and Acts 2:14-41 intentionally provides an introduction to the two books in order to emphasize the important role that the Spirit plays in the ministry of Jesus and his disciples. Luke's unique reference to the mission of 70/72 disciples also serves as the fulfillment of Moses' plea that all the Lord's people may be prophets and equipped with the Spirit which is then demonstrated systematically and intentionally in the way Acts unfolds the history of the early Church. Cessationist theology responds to Luke's version of the baptism in the Spirit by interpreting Luke in Pauline terms, when Spirit baptism is limited to the event of initiation of the faithful into the Body of Christ, while Pentecostal theology chooses to describe it as a further experience in the lives of believers, in distinction from the first experience of salvation and the second experience of sanctification. It bases its view on what it perceives to be Luke's presentation of the term "filled with / baptized in the Spirit" as equipment with power in order to be effective witnesses unto the ends of the earth (Acts 1:8). Some object that doctrine or didactic conclusions cannot be based on biblical narrative; Pentecostal theologians argue that they do not base their dogma on the narratives found in the Bible alone but primarily on the continuity of charismatic experiences witnessed in the Bible and repeated in the contemporary situation. However, the danger is that a door is left open for heresies that threaten the church because it allows for charismatic interpretation of scriptures as well as extrabiblical revelations. The issue of the underlying a-scientific worldview that underpins Pentecostal theology has not been discounted adequately. And Pentecostals' ecstatic experiences are difficult to describe; although contemporary descriptions borrow language from the Bible in order to describe these experiences, it is impossible, methodologically speaking, to place the historical and contemporary side by side in an undifferentiated analogous manner. To compare literary and contemporary spirituality with each other is impossible because of the differences in worldview, language and culture.

Key words: Pentecostal churches; Luke-Acts; Pauline perspective on New Testament; Lukan perspective on New Testament; hermeneutics; repeatability of Pentecost events; worldview; epistemology


 

 

1. INLEIDING

Dat onderskeie teologiese tradisies by verskillende standpunte uitkom oor onder andere die praktyk van die doop en nagmaal, die leerstellings van uitverkiesing en verbond, en hoe die erediens ingerig behoort te word, hang van onder andere historiese faktore, leerstellige verskille asook ʼn verskil in hermeneutiese benadering af. So is aanhangers van die Christelike geloof volgens die "cessationist" tradisie1 geneig om ʼn studie van die Bybel te doen met die doel om inligting oor God en sy handelinge met mense te bekom, terwyl Bybellesers vanuit die Klassieke Pinkstertradisie2 die Bybel met ʼn ander doel en verwagting lees: dat die vertelling van Bybelse gebeure in die kontemporêre kerk asook lidmate se lewe herhaal word (Dayton 1987:24; Neve 2011:35).3 Die kontras tussen die twee tradisies staan veral uit wanneer die Nuwe Testament gelees word. "Cessationists" aanvaar dat die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag en die daaropvolgende werking van die Gees in die vroeë Kerk (Hand 2:43; 4:30; 5:12; 6:8; 8:6; 10:46; 14:3; 15:12; 19:6; 1 Kor 12:10, 28, 30;13:8; 14:5-6, 18, 21-23, 39) uniek en dispensasioneel beperk was tot apostoliese tye (Morris 1960:63-64; Stibbs & Packer 1967:33; Busenitz 2014:63). Hierteenoor bely die (klassieke) Pinkstertradisie dat die uitstorting van die Gees steeds gepaardgaan met buitengewone verskynsels, insluitende die spreke in tale as inisiële teken, en dat die verkondiging van die evangelie bevestig word deur hedendaagse wonders en tekens wat verband hou met wat die vroeë Kerk beleef het (bv. Hand 3:2-8; 4:30; 8:6-7; Menzies 2013:26, 121).

Onderliggend aan die twee tradisies funksioneer onderskeie wêreldbeelde, met "cessationists" wat hoofsaaklik ʼn wetenskaplik-geïnformeerde wêreldbeeld volg wat min ruimte laat vir bonatuurlike verskynsels of ingrypings buite die aanvaarde sisteem van verklaarbare oorsaak-en-gevolg (Lataster 2013:31). Die standpunt dat die Geestesgawes beperk was tot apostoliese tye (sg. "cessationist theology" of streepteologie) sluit hierby aan (bv. Kuyper 1941:189; Warfield 1953:6; Van der Walt 1961:95-96; Müller 1964:105; Calvin 1965:236; Bock 2007:188; MacArthur 2013:252-261). Hierteenoor verwag Pinkstergelowiges dat die bonatuurlike hulle steeds sal verras (Olson 1999:491; Storms 2012 bied ʼn oorsig van argumente dat Geestesgebeure in die vroeë Kerk bedoel is om as patroon vir die latere Kerk te dien). Hulle God-gesentreerde wêreldbeeld is gebou op die siening dat alle dinge in verband met God staan en dat Hy by alles en almal betrokke is, en dat die natuurlike wêreld potensieel as werktuig vir ingrype van die bonatuurlike dien (Johns 1995:73-96).

'n Implikasie is dat Bybelse narratiewe ʼn baie belangriker rol in Pinkstergeledere speel; die huidige werklikheid word aan die hand van Bybelse narratiewe geïnterpreteer en gemodelleer. Veral Lukas-Handelinge speel ʼn bepalende rol in Pinkstergeledere4 (Hollenweger 1972:336) omdat dit ʼn beskrywing van "geskiedenis" (in eerste-eeuse sin van die woord) van Jesus en die vroegste Kerk bevat in terme van die Gees se werking sodat Yong (2005:27) kan argumenteer dat Lukas-Handelinge vir Pinkstermense as model of templaat (Ward 1975:112 se term) dien om in die wêreld van die vroeë Kerk in te gaan, en navorsing toon dat buitengewone aandag hieraan in Pinksterkringe verleen word (vgl. Bruner 1970; Lederle 1988; Dunn 1993; Jacobsen 2003; Mittelstadt 2010). Die Pinksterkerke regverdig hulle bestaan as restorasie van die primitiewe kerk (McClung 2012:4).5 Onderliggend aan die verskille tussen die "cessationist" en Pinksterkerke se standpunte lê twee veronderstellings.

Die eerste veronderstelling word met die "cessationist" standpunt geassosieer wat nie aanvaar dat die Handelingenarratief (asook die apostoliese kerk van die eerste eeu) as model vir die moderne kerk dien nie (Hutten 1954:395; Van der Walt 1961:95-96; Molenaar 1963:11, 18, 27; Hacking 2006:200), terwyl die Pinksterkerke doelbewus hulle eredienste asook evangelisasie-uitreike aan die hand hiervan (probeer) modelleer (Archer 2009:140-156). "Cessationists" aanvaar meestal dat die skrywer van Handelinge ʼn (redelik) akkurate weergawe van die evangelie wat die vroeë Kerk bied asook ʼn historiese weergawe van die Kerk se ervarings weergee, maar die historiese narratiewe verteenwoordig ʼn unieke (apostoliese sending-)era in die Kerk se bestaan wat nie gedupliseer kan/behoort te word nie (Müller 1964:105; Ruthven 1993:41-111), terwyl die charismatiese aspekte van Lukaanse teologie as "an oddity," sekondêr en selfs abnormaal (Stott 1976:33, 48-49) beskou word, moontlik geïnfekteer deur primitiewe bygeloof (Stronstad 2012:ix). Die apostoliese era het verbygegaan toe die apostels (of die dissipels van die apostels) sterf en kan nie as model vir opeenvolgende geslagte dien nie (Witherington 1998:132; Hacking 2006:201; Bock 2007:189-190). Handelinge verskaf dus die inhoud van die Kerk se boodskap maar die metodes en evangelisasietegnieke van die vroeë Kerk kan nie in latere geslagte toegepas word nie omdat die Heilige Gees nie (meer) op dieselfde manier werk nie (Green 1987:113). Die wonderwerke van Jesus en die apostels is uniek en kan slegs in daardie tyd voorgekom het (Hacking 2006:200).

Die tweede veronderstelling hou verband met ʼn tendens om die Nuwe Testament vanuit ʼn oorwegend Pauliniese perspektief te interpreteer (Menzies & Menzies 2000:38-42 bespreek hoe Luther en Calvyn byna eksklusief Paulus se briewe beklemtoon wanneer hulle oor die leerstelling van regverdiging deur geloof en God se soewereiniteit skryf, sodat dit byna as ʼn kanon binne die kanon funksioneer; vgl. Mittelstadt 2010:1). Leerstelling kan nie op narratiewe gegrond word nie, redeneer Stott (1976:15), omdat dit unieke gebeure weergee wat nie (noodwendig) bedoel is om gerepliseer te word nie. Die gevolg is dat teoloë in dié tradisie dan Lukas6 se beskrywing van die uitstorting en werk van die Heilige Gees interpreteer in die terme wat Paulus oor die werk van die Gees in sy briewe gebruik en die implikasie is dat die gebeure op Pinksterdag ook in "Pauliniese" terme geïnterpreteer moet word. Daarom beskou dié teoloë die Pinksterervaring as die gelowige se wyse van toetrede tot die nuwe era van die koninkryk, hulle inisiasie in die verbondslewe (Dunn 1970:43). Die gebeure van Pinksterdag (Hand 2) verteenwoordig dan die geboorte van die kerk, wanneer die nuwe verbond vir gelowiges bekragtig word (Green 1987:113). Hierteenoor funksioneer die standpunt van Pinksterteoloë dat die gebeure in die Handelinge-narratiewe duidelik en doelgerig bedoel is om as model vir die latere Kerk te dien; die Pinksterdaggebeure kan en moet weer en weer herhaal word, sodat gelowiges van elke geslag met krag toegerus kan word om as getuies te dien (Luk 24:40; Hand 1:8).7 Die Kerk ná die eerste eeu benodig dieselfde krag om die evangelie effektief te versprei as die vroegste Kerk, en derhalwe het hulle die doping met die Gees ook nodig. Die klem val op Petrus se woorde in Handelinge 2:38-39 dat mense wat vergifnis beleef die gawe van die Heilige Gees sal ontvang, en dat die belofte van die Gees ook vir daaropvolgende geslagte geld (ὑμῖν γάρ ἐστιν ἐπαγγελία καὶ τοῖς τέκνοις ὑμῶν καὶ πᾶσι τοῖς εἰς μακρὰν).

Teenoor die Pauliniese perspektief met sy dogmatiese inhoud wat "cessationists" beklemtoon, kies Pinksterteoloë vir ʼn Lukaanse perspektief met sy narratiewe. "In contrast to magisterial Protestantism, which tends to read the New Testament through Pauline eyes, Pentecostalism reads the rest of the New Testament through Lukan eyes, especially with the lenses provided by the book of Acts" (Dayton 1987:23).

Teenoor die standpunt dat die Pinkstergebeure asook wonderwerke rondom die vroeë Kerk uniek en onherhaalbaar is (Dunn 1970:53; Witherington1998:132), gebruik Pinksterteoloë verskeie aspekte van die Lukaanse narratief om aan te dui dat die skrywer gebeure beskryf met die doel om lesers aan te moedig om hulle praktyk aan die hand daarvan te modelleer. Dié interpretasie van Lukas-Handelinge word vervolgens beskryf voor die standpunt bespreek word dat Lukas-Handelinge met Lukaanse oë eerder as Pauliniese gelees moet word (Macchia 1994:32-33). Daarna word enkele aspekte van dié standpunte krities bespreek.

 

2. LUKAS-HANDELINGE AS MODEL VIR DIE KERK

Pinksterteoloë gebruik verskeie argumente om aan te voer dat die skrywer van Lukas-Handelinge doelbewus ʼn model voorhou waarvolgens lesers hulle lewe, bediening en gemeentelewe moet inrig, waarvan die belangrikste hier bespreek word (vgl. Dunn 1970; Hacking 2006; Woods 2001:40-48; Poloma 2003; Menzies 1991:114-279; 2010:73-82; 2013:20-39) sodat die vroeë Kerk as paradigma vir die sending van die kerk dien:

2.1 Lukas 4:16-30 en Handelinge 2:14-41 as inleiding tot die onderskeie boeke

Waar die ander twee Sinoptiese Evangelies die vertelling oor Jesus in die Nasaret-sinagoge later in Jesus se bediening plaas (Mark 6:1-6; Matt 13:53-58), gebeur dit volgens die Lukasevangelie as inleiding tot sy bediening (vgl. Luk 3:23 waar Jesus se bediening eers 'n aanvang neem). Dit is duidelik dat die skrywer in sy beplanning om die Evangelie neer te pen doelbewus hierdie gebeure aanwend om sy teologiese doel met die Evangelie te dien, skryf Menzies (2013:89). Lukas (4:18-19) gebruik Jesus se aanhaling uit Jesaja 61:1-2; 58:6 om Jesus se bediening in te lei, met sy opmerking dat dié woorde in sy bediening vervul word (sy spesifieke doel bereik, realiseer, herstel word of werklik gebeur: Reiling & Swellengrebel 1993:204; Luk 4:21 Σήμερον πεπλήρωται γραφὴ αὕτη ἐν τοῖς ὠσὶν ὑμῶν). Die Jesaja-profesie dien dus as model vir Jesus se bediening (Menzies 2013:28).

Lukas bied in Handelinge ʼn soortgelyke paradigmatiese inleiding, in die vorm van Petrus se preek (Hand 2:14-41) wat ten opsigte van belangrike aspekte Jesus se woorde in Lukas 4 weerspieël. Petrus gebruik ook ʼn verwysing na die Hebreeuse Bybel (Joël 2:28-32) as basis vir sy preek, en verklaar dat dié woorde in sy hoorders se ore vervul word (Hand 2:16 τοῦτό ἐστιν τὸ εἰρημένον διὰ τοῦ προφήτου Ἰωήλ; Pervo 2009:75). Soos Jesus met die Gees gesalf is om sy taak te vervul, word Jesus se dissipels gesalf om hulle taak as profete van die laaste dae te verrig (Hand 2:17 ἔσται ἐν ταῖς ἐσχάταις ἡμέραις) deur die krag van die Gees (ἐκχεῶ ἀπὸ τοῦ πνεύματός μου ἐπὶ πᾶσαν σάρκα). Op dié wyse bied Lukas se Evangelie die verhaal van Jesus as unieke charismatiese8 Profeet terwyl sy Handelingeverhaal die verhaal van die dissipels as ʼn gemeenskap van charismatiese profete vorm. Daarom staan Handelinge 2:22 en 2:43 met die verwysing na wonders en tekens direk in verband met mekaar.

Soos in die geval van die Jesaja-aanhaling, redigeer die skrywer ook die Joël-profesie om sy doel te dien en temas te beklemtoon wat in sy narratief belangrik is. In albei gevalle speel die Gees die belangrike rol om die bediening te fasiliteer.

Markus het ses verwysings na die Gees,9 Matteus twaalf10 teenoor Lukas se sewentien.11 Die verwysings in Markus en Matteus kom in Lukas voor terwyl Lukas se beskrywing van Jesus se geboorte- (1:5-2:52) en inhuldigingsnarratiewe (3:1-4:44) verdere verwysings oor die Gees bevat wat uniek is en volgens Pinksterteoloë aantoon dat die tema van die Gees vir Lukas histories en teologies meer van waarde is as vir die ander evangeliste.12

2.2 Lukas 10:1-16 en die uitsending van die 70/72

Terwyl al drie Sinoptiese Evangelies die uitsending van die twaalf apostels asook Jesus se instruksies aan hulle beskryf (Matt 10:5-42; Mark 6:7-13; Luk 9:1-6), is dit slegs Lukas wat vertel van ʼn verdere uitsending, van 70 (of 72) dissipels (Luk 10:1-16). Eksterne manuskripbewyse is naastenby gelykop verdeel tussen 70 en 72 as die getal van die dissipels en interne oorwegings bied ook nie ʼn oortuigende gevolgtrekking nie sodat Metzger (1960:299-306) tot die gevolgtrekking kom dat die getal nie met enige sekerheid vasgestel kan word nie.13

Indien Jesus 70 dissipels roep en stuur, het die getal in navolging van Jesus se keuse van twaalf apostels simboliese betekenis. Die twaalf apostels verwys duidelik na die twaalf aartsvaders en stamme van Israel (Gen 35:23-26) en die keuse van 70 of 72 dissipels hou waarskynlik ook met die Hebreeuse Bybel verband,14 waarskynlik met Numeri 11:24-30 wat verduidelik hoe JHWH ʼn deel van die Gees wat op Moses gerus het, neem en op die 70 leiers van die volk plaas, wat veroorsaak dat hulle begin profeteer (וַיִּֽתְנַבְּא֖וּ בַּֽמַּחֲנֶֽה). Eldad en Medad het nie saam met die ander na die tent van ontmoeting gegaan nie; tog begin hulle terselfdertyd profeteer. Wanneer Josua hiervan verneem, versoek hy Moses om dit te verbied en Moses reageer: "Is jy jaloers oor my posisie? Mag JHWH gee dat die hele volk van JWHJ profete was, en dat Hy sy Gees op almal mag lê" (Num 11:29 הַֽמְקַנֵּ֥א אַתָּ֖ה לִ֑י וּמִ֨י יִתֵּ֜ן כָּל־עַ֤ם יְהוָה֙ נְבִיאִ֔ים כִּי־יִתֵּ֧ן יְהוָ֛ה אֶת־רוּחֹ֖ו עֲלֵיהֶֽם).

Daar was 70 leiers, alhoewel dit eintlik 72 was (12 stamme x 6). Wat die verskil maak, is die toerusting met die Gees, ʼn tema in Lukas-Handelinge wat ʼn belangrike komponent van die skrywer se teologiese doel vorm (Peerbolte 2015:5). Dat die twaalf apostels nou uitgebrei word sodat 70/72 dissipels die evangelie van die koninkryk gaan aankondig, hou verband met Moses se versugting dat die hele volk maar profete sou wees, toegerus met die Heilige Gees (Menzies 2010:77-78), wat vervul word in Handelinge wanneer die evangelie byvoorbeeld na Samaria (Hand 8:14-17), Caesarea (Hand 10:44-48), Antiogië (Hand 11:27), Siprus (Hand 13:4), Ikonium, Listre en Derbe (Hand 14), Masedonië (Hand 16:9-10) en Efese (Hand 19:1-7) uitgedra word (Nickle 2000:117). Lukas-Handelinge verduidelik dat ʼn deel van die Gees wat op Jesus gerus het, nou op sy dissipels kom (Luk 24:45-49; Hand 1:4-8; Jes 49:6) om hulle toe te rus (Hand 2:17-21; 4:31) sodat hulle as profete getuienis oor Jesus aflê.

2.3 Handelinge 2:17-21 en die Pinkstergebeure

Petrus se toespraak op Pinksterdag verwys na Joël 2:28-32 en volgens vers 19 voeg die skrywer enkele woorde by wat nie in Joël voorkom nie: "Ek sal tekens bo in die lug [en wonders] onder op die aarde gee" (Joël 2:30 וְנָֽתַתִּי֙ מֽוֹפְתִ֔ים בַּשָּׁמַ֖יִם וּבָאָ֑רֶץ). Die rede vir die toevoeging is duidelik wanneer die volgende vers gelees word: "Jesus van Nasaret wat God aan julle bekend gestel het deur kragtige dade en wonders en tekens wat God Hom in julle midde laat doen het" (Hand 2:22). Lukas verbind "wonders en tekens" (τέρασι καὶ σημείοις) met Jesus se bediening, asook die bediening van die vroeë Kerk (bv. Hand 2:43). Nege van die sestien verwysings in die Nuwe Testament na "wonders en tekens" kom trouens in Handelinge (2:19, 22, 43; 4:30; 5:12; 6:8; 7:36; 14:3; 15:12) voor, in antwoord op die gebed, "Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus" (Hand 4:30). Die gebed word verhoor, met die mededeling dat daar deur die apostels baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind het (Hand 5:12; Pervo 2009:74) asook deur Stefanus (Hand 6:8) en Paulus en Barnabas (Hand 14:3). Op dié manier verbind die skrywer doelbewus die kosmiese tekens waarvan Joël praat aan die wonderwerke wat Jesus sowel as die vroeë Kerk verrig, wat die laaste dae kenmerk (Hand 2:17).

Daarom beskou Pinksterteoloë nie die gebeure op Pinksterdag as die geboorte van die Kerk of die dissipels se toetrede tot ʼn nuwe eskatologiese era nie (Dayton 1987:26); dit is eerder die vervulling van Moses se versugting (Num 11:29), as toerusting vir sending. En Lukas beklemtoon die kontinuïteit tussen Jesus se sending en dié van sy kerk as "one history of Jesus Christ" (Hengel 1979:59). Wat Jesus begin doen en leer het (Hand 1:1), word voortgesit met wat sy kerk doen en leer (Twelftree 2009:30). Indien Pinksterdag nie die geboorte van die Kerk verteenwoordig nie, wanneer het die Kerk ontstaan? Twelftree (2009:28) redeneer dat dit gebeur het toe Jesus die twaalf apostels gekies en aangestel het vir ʼn bediening wat aanvanklik gelyklopend met Syne verloop en voortgesit word wanneer Hy ná die opstanding na sy Vader gaan.

 

3. PAULUS EN LUKAS OOR DIE HEILIGE GEES

Tradisioneel het "cessationists" die Geestesdoop in terme van bekering geïnterpreteer en met inskakeling in die liggaam van Christus geïdentifiseer (bv. Stott 1976:23; Peerbolte 2015:4). Ná John Wesley (1703-1791) se bydrae tot die gesprek in die agtiende eeu oor heiliging ("sanctification") word Geestesdoop deur sommige in verband gebring met heiliging (Dayton 1974:475; Jonker 1981:212). Twintigste-eeuse Pentekostalisme as sintese tussen negentiende-eeuse dispensasionele en heiligheidsteologie identifiseer Geestesdoop met ʼn ekstatiese ervaring gekenmerk deur talespraak, as kragtige toerusting vir dienswerk en getuienis (Holdcroft 1979:120). Vanaf die sestigerjare van die vorige eeu het die charismatiese beweging wat gebore is uit die huwelik tussen tradisionele Lutheraanse, Katolieke en Gereformeerde teologie en ʼn Pinksterervaring die Geestesdoop herinterpreteer as ʼn aktualisering van die Gees (McDonnell 1975:82).

Aan die hart van die verskil oor die interpretasie van die Geestesdoop lê fundamentele hermeneutiese metodologiese verskille wat verband hou met onderskeie literêre genres (Fee 1991:110-111). Paulus se teologie word afgelei van briewe; Lukas skryf in narratiefvorm watter rol die Gees in die geskiedenis vervul het. Die verskil tussen brief en narratief lei tot ʼn fundamentele metodologiese verskil in hoe oor die Gees geskryf word (Zwiep 2007:134).

Pentekostaliste aanvaar ʼn kontinuïteit tussen die gebeure waaroor Lukas in sy evangelie skryf en gebeure in die vroegste Kerk in Handelinge (teenoor bv. Conzelmann 1961:150; Minear 1966:124; Gasque 1975:294 wat teologiese homogeniteit veronderstel). In die proses is hulle geneig om die teologiese karakter van die narratiewe te beklemtoon ten koste van hulle historiese uniekheid, terwyl "cessationists" weer die historiese karakter van die narratiewe uitlig ten koste van hulle teologiese karakter (Stronstad 2012:6). Dit lei tot Farrell (1963:5) se stelling dat die historiese vertellings in Handelinge "a flimsy foundation" bied waarop Pentekostaliste hulle leer van die Christelike lewe bou sodat hy met stelligheid kan skryf dat "no directives for normative Christian experience are contained in these passages." Hierteenoor staan die standpunt van Pentekostaliste dat "the events that occurred on the day of Pentecost are held to be the pattern for centuries to come" (Holdcroft 1979:110).

Paulus se eie teologiese werkswyse ondermyn ʼn duidelike dichotomie tussen narratief en leerskrif wanneer hy historiese narratiewe gebruik om didaktiese gevolgtrekkings te maak, soos hy in Romeine 15:4 verduidelik ("alles wat vooraf opgeteken is, is neergeskryf om ons te leer"). Indien Paulus die historiese narratiewe van die Ou Testament aanwend om didaktiese uitsprake te motiveer, is dit logies om te aanvaar dat Lukas, wat sy historiografie doelbewus op Ou-Testamentiese historiografie baseer (Marshall 1970:56; Hengel 1979:51-52), die verhale van die Kerk vir didaktiese redes aanwend. Marshall (1970:52) stel die vraag of geskiedenis en teologie teenoor mekaar staan en antwoord dat Lukas sy taak beskou as om geskiedenis weer te gee, gekleur deur sy teologiese siening. Hy gebruik geskiedenis om sy boodskap te illustreer. Die implikasie is dat sy narratiewe meer as beskrywings of feite bevat omdat dit ondergeskik gestel word aan sy teologiese belange. ʼn Dichotomie tussen geskiedkundige en didaktiese materiaal in Lukas-Handelinge is derhalwe kunsmatig en arbitrêr. Daarom is Lukas se narratiewe ʼn belangrike en geldige bron vir sy leer van die Gees wat normatiewe implikasies vir die Kerk se sending en religieuse belewenis inhou.

Om Lukas se historiese narratiewe oor die Geesteswerking in Pauliniese terme te interpreteer, is ʼn "illegitimate identity transfer" (Barr 1961:222). Dit gebeur wanneer didaktiese gedeeltes voorkeur bo historiese narratiewe geniet en Handelinge vanuit 1 Korintiërs gelees en geïnterpreteer word (Dunn 1970:15; Green 1975). 1 Korintiërs 12:13 beskryf Geestesdoop as inisiasie en inkorporasie in die liggaam van Christus (Dunn 1970:129-130) en Stott (1976:23) interpreteer dan Lukas 3:16 en Handelinge 1:5; 11:16 (βαπτισθήσεσθε ἐν πνεύματι ἁγίῳ) in dieselfde terme wat aan Lukas ʼn Pauliniese interpretasie bied. Die gevolgtrekking hieruit is dat die Geestesdoop nie ʼn tweede-fase-belewenis verteenwoordig nie maar na die inisiasie-ervaring verwys (Green 1975:141-142). En Lukas se term ("vervul met die Gees," bv. Luk 1:15 πνεύματος ἁγίου πλησθήσεται) word dan ook in terme van Efesiërs 5:18 (πληροῦσθε ἐν πνεύματι) geïnterpreteer sodat Paulus se eenmalige benutting van die frase normatief gemaak word vir Lukas se nege verwysings daarvan (Stott 1976:43-51). Hierteenoor staan die Pinksterstandpunt dat Lukas ʼn historikus-teoloog in eie reg is wat doelbewus sy leer oor die Gees onafhanklik ontwikkel. Lukas se charismaties-profetiese pneumatologie (Turner 2000:8), bestaan dus naas Paulus se soteriologiese teologie van die Gees (Menzies 2007:112).15

 

4. KRITIESE BESPREKING VAN ENKELE ASPEKTE VAN DIE PINKSTERSTANDPUNT

4.1 Leerstelling vanuit narratief formuleer

Stott (1976:15) sien raak dat Pinksterteoloë se verskuiwing vanaf Paulus na Lukas 'n verskuiwing vanaf didaktiese tekste na narratiewe binne Pinkstereksegese en -hermeneutiek verteenwoordig wanneer Pinkstermense hulle teologie en praxis definieer (Lord 2016:2). Hy meen dis 'n groot tekortkoming want narratiewe tekste verleen hulleself nie gemaklik tot teologiese gevolgtrekking en leerstellingvorming soos in die geval van didaktiese tekste nie. Leerstelling verskaf die konseptuele raamwerk waarsonder narratief in die Skrif nie geïnterpreteer kan word nie (McGrath 1990:59).

Feit is egter dat Pinkstergelowiges die Bybel, insluitend Handelinge, met 'n ander doelwit voor oë lees as om leerstelling daaruit te formuleer. Wat Stott miskyk, is dat Pinksterteoloë nie hulle teologie primêr of in die eerste plek bou op wat in die Skrif voorkom nie. Hulle doel is om in die Skrif 'n presedent (of argetipe) te kry wat in die lewe van die kontemporêre gelowige herhaal moet word voor dit sin maak (Archer 2009:140-156). Daarom definieer hulle nie primêr leerstelling uit die narratiewe oor die vroeë Kerk nie maar gebruik die narratiewe as 'n model vir wat hulle verwag om self te beleef. Hulle subjektiverende hermeneutiek vereis en benodig dat die heilsgebeure weer verorden word (Olson 1999:491). Daarom speel kennis van die Bybel in die vorm van teologie en leerstelling 'n ondergeskikte rol. Wat saak maak, is dat gelowiges beleef wat in die Bybelse narratief beskryf staan. En die Geestesdoop op Pinksterdag is 'n ervaring wat God vir Petrus se toehoorders asook hulle nageslag belowe (Hand 2:38-39; Menzies 1971:9). Die nie-sistematiese Pinkstertradisie met sy klem op ervaring staan in kontras tot die sistematies-teologiese tradisie van Katolieke skolastiese teoloë asook meeste Gereformeerdes (Campos 1989:1, 4-5).

Die risiko verbonde aan 'n subjektivistiese hermeneutiek is dat dwaalleringe gemaklik in die kerk ingedra kan word omdat buitebybelse openbarings naas charismatiese interpretasie van Bybelse tekste ruimte daarvoor laat. Alhoewel Pinksterkerke klem plaas op die belang dat alle "openbarings" aan die Bybelse gegewens gemeet moet word, gebeur dit nie altyd nie en daarom kom dwalinge soos die Jesus Only-leer, kultiese invloede deur die lering van E.W. Kenyon, voorspoedteologie en 'n oorbeklemtoning van engele gereeld voor (Enyinnaya 2008:146).

4.2 Pinksterwêreldbeeld

Die tipiese Pinksterepistemologie kan as naïef gekritiseer word omdat dit onkrities 'n eerste-eeuse wêreldbeeld met al sy logiese uitvloeisels aanvaar, gebou op 'n transendente woord wat belangriker geag word as alle menslike woorde en 'n dosetiese siening van die Bybel verteenwoordig (in die terme wat Cargal 1993:173-174 gebruik). Dit vereis dat 'n positivisties-meganistiese wetenskapsbeeld en rasionalisties-modernistiese filosofiese paradigma versaak moet word om ruimte te laat vir goddelike ingrypings in die natuurlike orde (Vondey & Green 2010:247).16

Hierteenoor kan die positivistiese epistemologie van modernisme wat op die Verligting se belangrike epistemologiese vooronderstelling van objektiwiteit in diens van 'n historistiese siening van betekenis gebaseer is (Bosch 1992:342-345), gekontrasteer word met postmodernisme as kritiek op die hegemonie van 'n modernistiese wêreldbeskouing. Postmodernisme kritiseer nie rede en rasionaliteit per se nie, maar die hegemonie van rasionalisme as die enigste maatstaf om die wêreld en menslike lewe te interpreteer (Kärkkäinen 1998:90). Pentekostalisme sluit hierby aan as dit objektiewe kategorieë stel teenoor 'n bonatuurlike werklikheid wat hulle glo (en meen om te beleef) in hulle werklikheid ingryp (Robeck 1988:635; Jacobsen 1999:90-107).

Die Pinksterparadigma informeer sy hermeneutiek met 'n epistemologie wat gebaseer is op persoonlike openbaring en die menslike reaksie daarop (Johns 1995:92). In Pinksterteologie kan rasionalisme of empirisme nooit voldoende as bronne van kennis dien nie. Hulle laat ruimte vir direkte openbaringskennis wat nie noodwendig rede of sensoriese ervaring ontken nie. 'n Openheid vir transendensie vorm die doelbewuste metodologiese veronderstelling (Stuhlmacher 1977:84-85; 1979:125-132). Die rol van die "ervaring" van die interpreteerder in die hermeneutiese sirkel word beklemtoon, na aanleiding van Ricoeur se beklemtoning van die dialektiese beweging tussen Verstehen en Erklären. Interpretasies gebaseer op die Bybel moet altyd Pinksterondervinding impakteer en hierdie persoonlike en korporatiewe ervarings informeer die Pinksterhermeneutiese proses (Cargal 1993:178). Die plek van Geeservaring in die hermeneutiese onderneming is in die ontologiese lokus van die interpreteerder in die konteks van "die wêreld," volgens Gadamer se analise. Pinksterondervinding is deel van die horison van die interpreteerder wat mede-bepaal wat as horison van die teks beleef word. Op dié manier verskaf die horison van die teks en die divergensie van die ervaring van God 'n begrip van gemeenskaplikheid (Israel, Albrecht & McNally 1993:145).

4.3 Ervaringsgerigtheid

Die implikasies van die Pinksterbeklemtoning van persoonlike ervaring verduidelik waarom die narratiewe van die Bybel belangrik is vir Pentekostaliste (White 1973:121) en waarom hulle die rol van affeksies waardeer wanneer hulle die Bybel interpreteer (Baker 1995:34-38), teenoor 'n (meer) affeksielose, objektiewe Westerse begrip van kennis.

Verskeie onderskeidings moet in gedagte gehou word wanneer kontemporêre spirituele ervaring analoog aan Bybelse spirituele ervaring beskou word omdat dit belangrike verskille ignoreer. Ekstatiese ervarings verleen hulleself moeilik tot beskrywing en alhoewel kontemporêre beskrywings die taal aan die Bybel ontleen om dit te beskryf, is dit onmoontlik, metodologies gesproke, om die historiese en kontemporêre ongedifferensieerd analogies langs mekaar te plaas (Lombaard 2011:211-225). Daar bestaan geen wyse om literêre en ervaringsuitdrukkings van spiritualiteit met mekaar te vergelyk nie omdat die verskille in wêreldbeeld, taal en kultuur dit onmoontlik maak (Lombaard 2015:93).

 

5. GEVOLGTREKKING

Teenoor "cessationists" wie se wêreldbeeld nie ruimte laat vir goddelike ingrypings nie, verwag Pinkstergelowiges dat die wonders en tekens waarvan die Evangelies en Handelinge vertel steeds gebeur. Hulle modelleer die kontemporêre werklikheid aan die hand van Lukas-Handelinge en redeneer dat Lukas 4:16-30 en Handelinge 2:14-41 doelbewus as inleiding tot die twee boeke dien om die belangrike rol wat die Gees in die bediening van Jesus en sy dissipels speel, te beklemtoon. Lukas se unieke verwysing na die sending van 70/72 dissipels dien ook as vervulling van Moses se versugting dat die hele volk profete sou wees, toegerus met die Gees, wat dan in Handelinge sistematies gedemonstreer word. "Cessationist" teologie reageer hierop deur Lukas se weergawe van die Geestesdoop in Pauliniese terme te interpreteer as inisiasie van die gelowige in die liggaam van Christus, terwyl Pinksterteologie dit as 'n tweede ervaring in die lewens van gelowiges beskryf, in onderskeid van die ervaring van vergifnis. Die beswaar dat leerstelling nie op narratief gebou kan word nie is ook bespreek en die gevolgtrekking is dat Pinksterteoloë hulle dogma nie op Bybelse narratiewe alleen baseer nie maar op die kontinuïteit van charismatiese ervarings waarvan die Bybel getuig en in die kontemporêre situasie herhaal word. Die gevaar is egter dat dit 'n deur vir dwaalleringe ooplaat. Die kwessie van die onderliggende a-wetenskaplike wêreldbeeld wat Pinksterteologie ten grondslag lê sal verder verdiskonteer moet word.

 

BIBLIOGRAFIE

Anderson, R.M. 1979. Vision of the disinherited: The making of American Pentecostalism. Peabody: Hendrickson.         [ Links ]

Archer, KJ. 2009. A pentecostal hermeneutic: Spirit, scripture and community. Cleveland: CPT.         [ Links ]

Atkinson, W. 2006. Angels and the Spirit in Luke-Acts. Journal of the European Pentecostal Association, 26(1):76-90.         [ Links ]

Baker, R.O. 1995. Pentecostal Bible reading: Toward a model of reading for the formation of Christian affections. Journal of Pentecostal Theology, 7:24-39.         [ Links ]

Barr, J. 1961. The semantics of Biblical language. London: Oxford University Press.         [ Links ]

Bezuidenhout, M.E.J. 1980. Pauliniese kriteria ten opsigte van die beoefening van die charismata - ʼn eksegetiese studie van 1 Kor 12-14. DD-verhandeling, Universiteit van Pretoria.         [ Links ]

Bock, D.L. 1996. Luke 9.51-24.53. Baker Exegetical Commentary of the New Testament. Grand Rapids: Baker Academic.         [ Links ]

Bock, D. 2007. Acts. Baker Exegetical Commentary of the Bible. Grand Rapids: Baker.         [ Links ]

Bosch, D. 1992. Transforming mission: Paradigm shifts in theology of mission. Maryknoll: Orbis.         [ Links ]

Brueggemann, W. 1978. The prophetic imagination. Minneapolis: Fortress.         [ Links ]

Bruner, F.D. 1970. A theology of the Holy Spirit: The pentecostal experience and the New Testament witness. Grand Rapids: Eerdmans.         [ Links ]

Busenitz, N.A. 2014. Are tongues real foreign languages? A response to four continuationist arguments. Master's Seminary Journal, 25(2):63-84.         [ Links ]

Cargal, T. 1993. Beyond the fundamentalist-modernist controversy: Pentecostals and hermeneutics in a postmodern era. Pneuma, 15(2):163-187.         [ Links ]

Calvin, J. 1965. The Acts of the Apostles 1-3. Calvin's New Testament commentaries, 6. Grand Rapids: Eerdmans.         [ Links ]

Campos, B.L. 1989. From experience to pentecostal theology. Unpublished paper presented to the Encuentro Pentecostal Latinoamericano, Buenos Aires, Argentina. Tr. by J. Beaty & S.J. Land.         [ Links ]

Conzelmann, H. 1961. The theology of St Luke. Tr. by G. Bushwell. Second edition. New York: Harper & Row.         [ Links ]

Dayton, D.W. 1974. Holiness movement, American. In Douglas, J.D. (ed.). The New International Dictionary of the Christian Church, 475. Grand Rapids: Zondervan.         [ Links ]

Dayton, D. 1987. Theological roots of pentecostalism. Peabody, MA: Hendrickson.         [ Links ]

Duffield, G.P. & Van Cleave, N.M. 1983. Foundations of Pentecostal theology. Los Angeles: Foursquare.         [ Links ]

Dunn, J.G. 1970. Baptism in the Holy Spirit: A re-examination of the New Testament teaching on the gift of the Spirit in relation to Pentecostalism today. Studies in Biblical theology, 15. London: SCM.         [ Links ]

Dunn, J. 1993. Baptism in the Spirit: A response to pentecostal scholarship on Luke-Acts. Journal of Pentecostal Theology, 3:3-27.         [ Links ]

Dunning, H.R. 1988. Grace, faith, and holiness: A Wesleyan systematic theology. Kansas City: Beacon Hill.         [ Links ]

Edgar, T.R. 1996. Satisfied by the promise of the Spirit. Grand Rapids: Kregel.         [ Links ]

Enyinnaya, J.O. 2008. Pentecostal hermeneutics and preaching: An appraisal. Ogbomoso Journal of Theology, 13(1):144-153.         [ Links ]

Evans, C. 1990. Luke. NIBC. Peabody: Hendrickson.         [ Links ]

Farrell, F. 1963. Outburst of tongues: The new penetration. Christianity Today, September 13:5.         [ Links ]

Fee, G.D. 1991. Gospel and Spirit: Issues in New Testament hermeneutics. Grand Rapids: Baker Academic.         [ Links ]

Gasque, W.W. 1975. A history of the criticism of the Acts of the Apostles. Grand Rapids: Eerdmans.         [ Links ]

Gee, D. 1949. The Pentecostal movement: Including the story of the war years (1940-1947). London: Elim.         [ Links ]

Green, J.B. 1987. How to read the Gospels and Acts. Downers Grove: InterVarsity.         [ Links ]

Green, J. 1997. The Gospel of Luke. NICNT. Grand Rapids: Eerdmans.         [ Links ]

Green, M. 1975. I believe in the Holy Spirit. Grand Rapids: Eerdmans.         [ Links ]

Hacking, K.J. 2006. Signs and wonders, then and now: Miracle-working, commissioning, and discipleship. Nottingham: IVP/Apollos.         [ Links ]

Hengel, M. 1979. Acts and the history of earliest Christianity. Tr. by J. Bowden. London: SCM.         [ Links ]

Holdcroft, L.T. 1979. The Holy Spirit: A pentecostal interpretation. Springfield: Gospel Publishing.         [ Links ]

Hollenweger, W.J. 1972. The Pentecostals. Peabody: Hendrickson.         [ Links ]

Hutten, K. 1954. Ehthusiasten. Stuttgart: Quell-Verlag der Evangelische Gesellschaft.         [ Links ]

Israel, R.D., Albrecht, D.E. & McNally, R.G. 1993. Pentecostals and hermeneutics: Texts, rituals and community. Pneuma, 15(2):136-161.         [ Links ]

Jacobsen, D. 1999. Knowing the doctrines of the Pentecostals: The scholastic theology of the Assemblies of God, 1930-55. In Blumhofer, E., Spittler, R. & Wacker, G. (eds). Pentecostal currents in American Protestantism, 90-107. Urbana: University of Illinois Press.         [ Links ]

Jacobsen, D. 2003. Thinking in the Spirit: Theologies of the early pentecostal movement. Bloomington: Indiana University Press.         [ Links ]

Johns, J. 1995. Pentecostalism and the postmodern worldview. Journal of Pentecostal Theology, 7:73-96.         [ Links ]

Jonker, W.D. 1981. Die Gees van Christus. Wegwysers in die Dogmatiek. Pretoria: NG Kerkboekhandel.         [ Links ]

Kärkkäinen, V.-M. 1998. Spiritus ubi vult spirat: Pneumatology in Roman Catholic-Pentecostal Dialogue (1972-1989). Schriften der Luther-Agricola-Gesellschaft 42. Helsinki: Luther-Agricola Society.         [ Links ]

Keener, C.S. 2011. Miracles: The credibility of the New Testament Accounts. Vol. 1. Grand Rapids: Baker Academic.         [ Links ]

Kuyper, A. 1941. The work of the Holy Spirit. Grand Rapids: Eerdmans.         [ Links ]

Lataster, R.C. 2013. There was no Jesus, there is no God: A scholarly examination of the scientific, historical, and philosophical evidence & arguments for monotheism. Create Space Independent Publishing Platform.         [ Links ]

Lederle, H.I. 1988. Treasures old and new: Interpretations of "Spirit-baptism" in the charismatic renewal movement. Peabody: Hendrickson.         [ Links ]

Lombaard, C. 2011. Biblical spirituality and interdisciplinarity: The discipline at cross-methodological intersection. Religion & Theology, 18:211-225.         [ Links ]

Lombaard, C. 2015. And never the twain shall meet?: Post-secularism as new unfolding religio-cultural phase and wisdom as ancient Israelite phenomenon. Spiritualities and implications compared and contrasted. Journal of Theology for Southern Africa, 152:82-95.         [ Links ]

Lord, A. 2016. Gospel shaped church: David Watson's charismatic ecclesiology. Cyber journal for Pentecostal-charismatic research 22. http://www.pctii.org/cyberj/cyberj22/lord1.html. Accessed 27 August 2016.         [ Links ]

MacArthur, J. 2013. Strange fire. Nashville: Thomas Nelson.         [ Links ]

Macchia, F.D. 1999. A North-American response. Journal of Pentecostal Theology 4:32-33.         [ Links ]

Marshall, I.H. 1970. Luke: Historian and theologian. Contemporary Evangelical Perspectives. Grand Rapids: Zondervan.         [ Links ]

Marshall, I.H. 1978. The Gospel of Luke: A commentary on the Greek text. NIGCT. Grand Rapids: Eerdmans.         [ Links ]

McClung, G. 2012. "Introduction: 'Try to get people saved': Azusa Street missiology" In McClung, G. (ed.). Azusa Street & beyond: Missional commentary on the global Pentecostal/charismatic movement, 1-22. Alacua: Bridge-Logos.         [ Links ]

McDonnell, K. 1975. The Holy Spirit and Christian initiation. In McDonnell, K. (ed.).The Holy Spirit and power: The Catholic charismatic renewal, 57-85. Garden City: Doubleday.         [ Links ]

McGee, G.B. 2006. Taking the logic 'a little further': Late nineteenth-century references to the gift of tongues in mission-related literature and their influence on early Pentecostalism. Asian Journal of Pentecostal Studies, 9: 99-125.         [ Links ]

McGee, G.B. 2007. Brought into the sphere of the supernatural: How speaking in tongues empowered early Pentecostals. Encounter 4(1):1-16. http://www.agts.edu/encounter/articles/2007_fall/mcgee.htm. Accessed 10 May 2016.         [ Links ]

McGrath, A. 1990. The genesis of doctrine. Oxford: Blackwell.         [ Links ]

Menzies, R. 1991. The development of early Christian pneumatology with special reference to Luke-Acts. JSNTSSup 54. Sheffield: Sheffield Academic Press.         [ Links ]

Menzies, R.P. 2007. Luke's understanding of baptism in the Holy Spirit: A pentecostal perspective. Penteco Studies, 6(1);108-126.         [ Links ]

Menzies, R.P. 2010. The language of the Spirit: Interpreting and translating charismatic terms. Cleveland: CPT.         [ Links ]

Menzies, R.P. 2013. Pentecost: This story is our story. Springfield: Gospel Publishing House.         [ Links ]

Menzies, W. 1971. Anointed to serve. Springfield: Gospel Publishing.         [ Links ]

Menzies, W.W. & Menzies, R.P. 2000. Spirit and power: Foundations of pentecostal experience. Grand Rapids: Zondervan.         [ Links ]

Metzger, B. 1960. Seventy or seventy-two disicples? New Testament Studies, 5:299-306.         [ Links ]

Metzger, B.M. 1968. Historical and literary studies: Pagan, Jewish, and Christian. Leiden: Brill.         [ Links ]

Minear, P.S. 1966. Luke's use of the birth stories. In Keck, L.E. & Martyn, J.L. (eds). Studies in Luke-Acts: Essays presented in honor of Paul Schubert, 111-130. Nashville, New York: Abingdon.         [ Links ]

Mittelstadt, M.W. 2010. Reading Luke-Acts in the pentecostal tradition. Cleveland: CPT.         [ Links ]

Molenaar, D.G. 1963. De doop met de Heilige Geest. Kampen: J.H. Kok.         [ Links ]

Möller, F.P. 1975. Die diskussie oor die charismata soos wat dit in die Pinksterbeweging geleer en beoefen word. Braamfontein: Evangelie.         [ Links ]

Morris, L. 1960. Spirit of the living God: The Bible's teaching on the Holy Spirit. London: Inter-Varsity.         [ Links ]

Müller, J.J. 1964. Jesus Christus as Doper met die Heilige Gees. Oorvloedige lewe, Junie 1964:105.         [ Links ]

Neve, L.R. 2011. The Spirit of God in the Old Testament. Centre for Pentecostal Theology Studies Classics Series. Cleveland: CPT.         [ Links ]

Nickle, K.F. 2000. Preaching the Gospel of Luke: Proclaiming God's royal rule. Louisville: Westminster John Knox.         [ Links ]

Nolland, J. 1993. Luke 9.21-18.34. WBC. Dallas: Word.         [ Links ]

Olson, R.E. 1999. The story of Christian theology: Twenty centuries of tradition & reform. Leicester: Apollos.         [ Links ]

Peerbolte, B.J.L. 2015. 'Do not quench the Spirit!' The discourse of the Holy Spirit in earliest Christianity. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 71(1):1-9. doi: 10.4102/hts.v71i1.3098.         [ Links ]

Pervo, R.I. 2009. Acts: A commentary. Hermeneia. Minneapolis: Fortress.         [ Links ]

Poloma, M.M. 2003. Main Street mystics: The Toronto Blessing and reviving pentecostalism. Walnut Creek: Alta Mira.         [ Links ]

Reiling, J. & Swellengrebel, J. L. 1993. A handbook on the Gospel of Luke. New York: United Bible Societies.         [ Links ]

Robeck, C.M. 1988. National Association of Evangelicals. In Burgess, S.M. & McGee, G.B. (eds). Dictionary of Pentecostal and charismatic movements. Grand Rapids: Zondervan, pp. 634-636.         [ Links ]

Ruthven, J. 1993. On the cessation of the charismata: The Protestant polemic on postbiblical miracles. Journal of Pentecostal Theology Supplement Series 3. Sheffield: Sheffield Academic Press.         [ Links ]

Stibbs, A.M. & Packer, J.I. 1967. The Spirit within you: The church's neglected possession. Christian Foundations. London: Hodder & Stoughton.         [ Links ]

Storms, S. 2012. The beginner's guide to spiritual gifts. Ventura: Regal.         [ Links ]

Stott, J.R.W. 1976. Baptism and fullness: The work of the Holy Spirit today. Second edition. Downers Grove: InterVarsity.         [ Links ]

Stronstad, R. 2012. The charismatic theology of St. Luke: Trajectories from the Old Testament to Luke-Acts. Second edition. Grand Rapids: Baker Academic.         [ Links ]

Stuhlmacher, P. 1977. Historical criticism and theological interpretation of Scripture: Toward a hermeneutics of consent. Philadelphia: Fortress.         [ Links ]

Stuhlmacher, P. 1979. Vom Verstehen des Neuen Testaments: Eine Hermeneutik. Gottingen: Vandenhoeck & Ruprecht.         [ Links ]

Synan, V. 1997. The holiness-Pentecostal tradition: Charismatic movements in the twentieth century. Second edition. Grand Rapids: William B. Eerdmans.         [ Links ]

Synan, V. 2006. The origins of the Pentecostal movement. http://www.oru.edu/library/special_collections/holy_spirit_research_center/Pentecostal_history.php. Accessed 2 May 2015.         [ Links ]

Thiselton, A.C. 2000. The First Epistle to the Corinthians. New International Greek Testament Commentary. Grand Rapids: Zondervan.         [ Links ]

Turner, M. 2000. Does Luke believe reception of the 'Spirit of prophecy' makes all 'prophets'? Inviting dialogue with Roger Stronstad. Journal of the European Pentecostal Association, 20:3-24.         [ Links ]

Twelftree, G.H. 2009. People of the Spirit: Exploring Luke's view of the church. Grand Rapids: Baker.         [ Links ]

Van der Walt, S.P. 1961. Dwaling en waarheid. Potchefstroom: Pro-Rege.         [ Links ]

Vondey, W. & Green, C.W. 2010. Between this and that: Reality and sacramentality in the Pentecostal worldview. Journal of Pentecostal Theology, 19(2):243-264.         [ Links ]

Wacker, G.A. 1999. Travail of a broken family: Radical evangelical responses to the emergence of Pentecostalism in America, 1906-16. In Blumhofer, E.L. et al. Pentecostal currents in American Protestantism. Urbana: University of Illinois Press, pp. 23-49.         [ Links ]

Ward, H.S. 1975. The Ami-Pentecostal Argument. In Synan, V. (ed.). Aspects of Pentecostal-Charismatic Origins. Plainfield: Logos International, pp. 101-22.         [ Links ]

Warfield, B.B. 1953. Miracles: Yesterday and today, true and false. Grand Rapids: Eerdmans.         [ Links ]

Wenk, M. 1995. Reconciliation and reversal: John's pneumatic ministry. Journal of the European Pentecostal Association, 14:5-22.         [ Links ]

White, H. 1973. Metahistory. Baltimore: John Hopkins.         [ Links ]

Witherington, B. 1998. The Acts of the Apostles: A socio-rhetorical commentary. Grand Rapids: Eerdmans.         [ Links ]

Woods, E.J. 2001. The "finger of God" and pneumatology in Luke-Acts. JSNTSSup 205. Sheffield: Sheffield Academic Press.         [ Links ]

Yong, A. 2005. The Spirit poured out on all flesh: Pentecostalism and the possibility of global theology. Grand Rapids: Baker Academic.         [ Links ]

Zwiep, A.W. 2007. Luke's Understanding of Baptism in the Holy Spirit An Evangelical Perspective. Penteco Studies 6(2):127-149.         [ Links ]

 

 

 

MARIUS NEL beklee die navorsingsleerstoel ter uitvoering van die navorsingsprojek Ekumene: Pentekostalisme en Neo-Pentekostalisme by die Potchefstroomkampus van Noordwes-Universiteit. Sy spesialiseringsterreine sluit in apokaliptiek in die Ou en Nuwe Testament, geskiedenis van die Pinksterbeweging asook Pinksterhermeneutiek. Hy is die outeur of medewerker van 30 publikasies en 70 wetenskaplike artikels asook medewerker aan Die Boodskap, Multivertalingbybel, Nuwe Lewende Vertaling asook Die Bybel: Direkte Vertaling. Hy is betrokke by die AGS se teologiese opleiding en is lid van die Ou Testamentiese Werksgemeenskap van SA, die Kerkhistoriese Werksgemeenskap van SA en die Society of Biblical Literature.
MARIUS NEL holds the research chair in the project Ecumenics: Pentecostalism and Neo-Pentecostalism at North-West University. His focus areas include apocalypticism in the Old and New Testament, history of the Pentecostal movement as well as Pentecostal hermeneutics. He is the author or collaborator of 30 publications and 70 scientific articles and he collaborated in Die Boodskap, Multivertaling bybel, Nuwe Lewende Vertaling as well as Die Bybel: Direkte Vertaling. He is involved with theological education in the AFM and is also a member of the Old Testament Society of SA, the Church Historical Society of SA and the Society of Biblical Literature.
1 Die artikel kies as gespreksgenote twee tradisies, die Gereformeerde en Pinkstertradisie, wat albei divers is sodat dit derhalwe moeilik is om oor standpunte binne die tradisie te veralgemeen. Die Gereformeerde tradisie word gekwalifiseer en beperk tot die "cessationists" terwyl die Pinkstertradisie beperk word tot klassieke Pinksterteoloë en die redelike konsensus wat daar tussen hulle bestaan oor die onderwerpe hier ter sprake, terwyl in gedagte gehou moet word dat daar ook onderlinge verskille tussen "cessastionists" en "klassieke Pinksterteoloë" is.
2 Die artikel is geskryf vanuit die perspektief van klassieke Pentekostaliste wat verwys na die groep wat hulle ontstaan wyt aan gebeure rondom die begin van die twintigste eeu en spreke in tale as "inisiële" teken van die Geestesdoop beskou.
3 Vgl. Keener (2011:96-106) se bespreking van Westerse skeptisisme oor bonatuurlike verskynsels wat veroorsaak dat antieke beskrywings van wonderwerke as fiktief en mitologies afgemaak word en wat geen ruimte laat vir enige verskynsels wat nie volgens natuurwetenskaplike wêreldbeeld, 'n Erklärung-paradigma, verklaar kan word nie. Hy dui aan dat dié dogmatiese standpunt deur Westerse kulturele beperkings gekenmerk word wat nie stand hou wanneer dit vergelyk word met perspektiewe en aansprake van ander kulture en post-Erklärung-kritiek nie.
4 Mittelstadt (2010:156-157) erken dat Pinkstergelowiges hoofsaaklik Handelinge as "'bread and butter' text" gebruik maar dan ook slegs op beperkte Skrifgedeeltes konsentreer. Jesus se reis na en instruksie op pad na Jerusalem, sy lyding en opstanding asook die bediening van Paulus (vanaf Hand 13) geniet min(der) aandag. Die klem val op Handelinge 2, 8-10 en 19. Ná Handelinge 19:6 is die enigste verdere verwysing na die Gees die profetiese woord dat Paulus in Jerusalem gevange geneem sal word. Dit verklaar hoekom Pinkstergelowiges meer klem op die eerste deel plaas.
5 Daar is 'n redelike konsensus onder Pinksterteoloë dat die Pinksterbeweging sy bestaan regverdig as primitivisties-restoratiewe beweging van die vroegste kerk en dat Lukas-Handelinge se beskrywing van die vroegste kerk om dié rede 'n beslissende rol in hulle verkondiging en strategiese beplanning speel.
6 "Lukas" word gebruik om na die verteller/skrywer van die Lukas-Handelinge te verwys sonder om by die debat oor die identiteit (of geslag) van die skrywer betrokke te raak. Die artikel veronderstel wel dat Lukas-Handelinge (hoofsaaklik) die produk van
ʼn enkele skrywer is omdat dit wyd in Pinksterkringe so aanvaar word (Atkinson 2006:76; Mittelstadt 2010:44).
7 Die verskil in benadering tot Lukas-Handelinge kan deels verklaar word aan die hand van die kontemporêre Pinkstergelowiges se eie tasbare ervaring van wat hulle meen in die gebeure voorkom waarvan Lukas-Handelinge vertel (Stronstad 2012:xiv) teenoor die suspisie waarmee meeste Gereformeerdes enige charismatiese ervaring bejeën (Dunn 1970:54).
8 Hier in die letterlike sin van die woord bedoel, as Geesvervuld en -begaafd.
9 Markus 1:8; 1:10; 1:12; 3:29; 12:36; 13:11.
10 Matteus 1:18-20; 3:11; 3:16; 4:1; 10:20; 12:18; 12:28; 12:31-32; 22:43; 28:19.
11 Lukas 1:15; 1:17; 1:35; 1:41; 1:67; 2:25-27; 3:16; 3:22; 4:1; 4:14; 10:21; 11:13; 12:10; 12:12.
12 Dit dien dan vir Pinksterteoloë as regverdiging vir hulle voorkeur van die Lukaanse korpus.
13 Meeste navorsers stem met Metzger saam alhoewel dit moontlik is dat die getal 72 meer waarskynlik is soos wat die Siriese teksgetuienis suggereer (Metzger 1968:71), gebaseer op die beginsel dat die moeiliker lesing meer waarskynlik is (Bock 1996:994; Marshall 1978:415; Green 1997:409; Evans 1990:172, teenoor Nolland 1993:546 wat kies vir 70).
14 Verskeie voorstelle is al gemaak (Metzger 1968:71-74): daar is 70 nasies op aarde (volgens Gen 11), alhoewel die Septuagint dit op 72 stel; Moses stel 70 oudstes of ouderlinge aan om hom by te staan (Num 11:16-17, 24-25); die Talmoed (B. Shabbat 88b) verduidelik dat elke gebod wat God aan Moses by die Sinaiberg gegee het, verdeel het en in 70 tale gehoor kon word; die Alfabet van Rabbi Akiba (Othioth de-rabbi Akiba),
ʼn mistieke traktaat uit die vroeë post-Talmoediese era, noem dat Moses veertig dae op Sinai deurgebring het en die 70 aspekte van die Tora in 70 tale geleer is; die Zohar (Zohar I:104a; Zohar hadash fol. 8b) gaan verder en verduidelik dat die 70 aspekte vir die onuitputlike totaliteit van die goddelike Tora staan; die Brief van Aristeas (seksies 46-50) verduidelik dat ses oudstes uit elk van die twaalf stamme gekies is om die Griekse vertaling van die Tora te behartig, ʼn vertaling wat dan ook in 72 dae voltooi is; Josefus (Antiquitates XII.ii.5:49-57) herhaal die inligting maar beperk die aantal vertalers tot 70; 70 bulle is tydens die Loofhuttefees ten gunste van heidene geoffer sodat reën oral op aarde kon val (Bemidbar Rabba 21); Jerubbaäl (Rig 7:2) en Agab (2 Kon 10:1) het elk 70 seuns en Bel het 70 priesters (Bel en die Draak, 10); 1 Henog 89.59 noem dat die Jode tussen 70 (engel-) herders verdeel is terwyl 3 Henog 17.18; 18.2 die getal prinse op 72 stel; 2 Esdras 14:46 noem dat Esra 70 (apokriewe) boeke versteek; die Jerusalem Targoem noem dat 70 engele JHWH vergesel wanneer Hy afgaan om na die toring van Babel te gaan kyk; en die Koptiese Evangelie van Filippus vermeld dat JHWH 72 kleure in die vat van Levi se kleurstof-werke gooi. Die getalle 70 en 72 speel dus vir seker ʼn rol in antieke Joodse denke.
15 Lukas skryf heelwat later as Paulus, waarskynlik rondom 70 nC, en kan moontlik as omkering van en korrigering op Pauliniese pneumatologiese tendense beskou word (Atkinson 2006:89). Vanuit Suid-Afrikaanse geledere het twee proefskrifte vanuit Pinkstergeledere gekom wat op 1 Korintiërs 12-14 gebaseer is: Möller (1975) skryf oor die charismata soos wat dit in die Pinksterbeweging beoefen word in vergelyking met wat die Korintebrief daaroor leer en Bezuidenhout (1980) oor Pauliniese kriteria ten opsigte van die beoefening van die charismata, ook aan die hand van 1 Korintiërs 12-14. In beide gevalle word eksegese van Paulus se beskrywing van die charismata gedoen sonder om verder in te gaan op Paulus se siening van die Geestesdoop,
ʼn onderwerp wat deur latere Pinksterteoloë in meer besonderhede ondersoek is.
16 Cargal (1993:173) redeneer dat Pinksterepistemologie gewortel en gegrond moet word in die kriteria van empiries-verifieerbaar sensoriese ervaring wat nie die samehang van rasionele kategorieë ontken nie, alhoewel hy toegee dat dit moeilik is om 'n epistemologie en wêreldbeskouing van die eerste eeu enigsins te regverdig.

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons