SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número3The contractual dimension of constitutions: new challenges for South Africa? índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.57 no.3 Pretoria Set. 2017

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n3a1 

Redakteursnota

 

 

Welke onderrigtaal op watter stadium optimaal in die behoeftes van leerders en studente kan voorsien, bly steeds 'n brandende kwessie óók, en miskien verál, binne die Suid-Afrikaanse onderwysopset. In die Tydskrif vir Geesteswetenskappe is in die afgelope jare allerlei aspekte rondom die belangrikheid van moedertaalonderrig, met name die posisie van Afrikaans as onderrigtaal, in verskeie artikels en spesiale uitgawes nagevors.

In die onderafdeling hier onder skets Rinelle Evans, self hooglereaar in opvoedkunde, by wyse van 'n persoonlike narratief die uitwerking van die keuse van taalonderrig op haar eie en haar sibbe se belewing van hulle skooljare en latere loopbane. Anders as die meeste ander studies - ook dié waar persoonlike response op vrae verbatim aangehaal en kwalitatief verwerk word - is dat die waarde van 'n bepaalde onderrigtaal hier retrospektief as 't ware van binne uit beskou word. 'n Verdere interessante perspektief is die feit dat dit hier om tweetaligheid gaan, aangesien die outeur en haar sibbe aan sowel Afrikaans as Engels in hulle huislike omgewing blootgestel is.

Die vrae wat die outeur aan die einde van die persoonlike narratief formuleer, figureer in mindere of meerdere mate ook in die twee ander artikels in hierdie onderafdeling. Lindiwe Tshuma en Michael le Cordeur ondersoek die verband tussen onderwysers se taalvermoë en wiskunde-onderrig en bevind dat "intermediêre fase onderwysers nie voldoende toegerus is om taal te gebruik as 'n hulpbron in wiskunde-onderrig en -leer nie". Wenke en strategieë word aan die hand gedoen waardeur onderwysers Engelse Tweedetaal Leerders sou kon help om "wiskunde effektief te leer". In die laaste artikel bespreek Elirea Bornman, Koos Pauw, Petrus H Potgieter en Hermanus H Janse van Vuuren die redes wat Unisastudente aanvoer vir hulle keuse om op tersiêre vlak in Afrikaans onderrig te word.

Lesers word uitgenooi om, soos in die debat oor staat en samelewing in hierdie uitgawe, ook by wyse van menings en/of volwaardige artikels deel te word van besinning oor die belangrikheid van taalonderrig op skool- en universiteitsvlak.

INA WOLFAARDT-GRÄBE

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons