SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue2-2Gebroke land: armoede in die afrikaanse gemeenskap sedert 1902 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.57 n.2-2 Pretoria Jun. 2017

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-2a11 

AKTUEEL: DEBAT

 

Redakteursnota

 

 

Die volgende aflewering van die debat oor politieke, regsfilosofiese en gemeenskapsaspekte van die moderne staat is Danie Strauss se respons op veral Danie Goosen se repliek wat in die Desemberuitgawe van 2016 verskyn het. Die outeur beplan om in opvolgbydraes bepaalde raak- en verskilpunte met sowel Danie Goosen as Koos Malan se standpunte breër uit te werk. Hierbenewens sal 'n verdere bydrae van Andries Raath ook in die September 2017-uitgawe geplaas word.

Ter inligting word die vorige bydraes tot die debat hieronder kortliks geskets:

In die Junie 2016-nommer van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe het Andries Raath, in 'n diskoers met Danie Goosen en Koos Malan, die politieke en regsfilosofiese implikasies van politieke kommunitarisme van nader bekyk.

In die September 2016-nommer tree Danie Strauss toe tot die debat deur aan te voer dat die tekortkominge van sowel individualistiese (atomistiese) as universalistiese (holistiese) benaderings ondervang kan word "indien erns gemaak word met die ontiese beginsels van soewereiniteit-in-eie-kring en universaliteit-in-eie-kring".

In Desember 2016, in die tweede boek, lewer sowel Danie Goosen as Koos Malan repliek op die vorige twee standpunte, soos verwoord deur Andries Raath (Junie 2016) en Danie Strauss (September 2016) onderskeidelik.

Alle lesers van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe word weer eens hartlik uitgenooi om deel te neem aan die debat. Beperk u debatsbydraes tot hoogstens 2 000 woorde. Indien u sou verkies om liewer uitvoeriger by wyse van 'n navorsingsartikel te reageer, sal dergelike bydraes aan die gewone keuringsprosedure onderhewig wees, maar steeds in die afdeling AKTUEEL geplaas word.

 

INA WOLFAARDT-GRÄBE

Mei 2017

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License