SciELO - Scientific Electronic Library Online

vol.57 issue2-2Using hemispheric integration and film (Fiela se kind) as teaching strategy to improve readingDrama chronicle 2008-9 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand



Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.57 n.2-2 Pretoria Jun. 2017 



Die psigososiale omstandighede van straatkinders en hulle behoeftes in 'n lewensvaardigheidsprogram


The psycho-social circumstances and needs of street children: A needs assessment



Elzahne SimeonI; Alida HerbstII; Herman StrydomIII

IMaatskaplike Werk, Noordwes-Universiteit,Potchefstroom. E-pos:
IISkool vir Psigososiale Wetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom. E-pos:
IIIMaatskaplike Werk, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom. E-pos:




Die straatkindverskynsel het dwarsoor die wêreld ʼn maatskaplike probleem geword en kan aan heelwat faktore toegeskryf word soos swak ekonomiese toestande, werkloosheid en gesinsprobleme wat in die gemeenskap ervaar word. Hierdie kinders verbeur dikwels die voorregte en bydraes tot ontwikkeling wat deur ʼn gesonde gesinslewe teweeg gebring word, en daar word onvoldoende in hulle basiese behoeftes voorsien. Hierdie situasie strem hul normale ontwikkeling en hulle openbaar dikwels ernstige psigososiale nagevolge, soos wantroue in mense, ʼn gebrek aan selfvertroue en swak interpersoonlike verhoudings.
Die studie se teoretiese uitgangspunt is die sterkte- en bemagtigingsperspektiewe wat aanvullend in maatskaplike werk benut kan word. Min literatuur is beskikbaar oor die psigososiale behoeftes en omstandighede van straatkinders in Suid-Afrika. Die doel van die studie behels
ʼn behoeftebepaling ten opsigte van die psigososiale omstandighede en behoeftes van straatkinders by die Thakaneng Kinder- en Jeugsorgsentrum (TKJS) in Potchefstroom ten einde inligting te versamel wat benut kan word in ʼn lewensvaardigheidsprogram. Die gemengde navorsingsmetode is benut deurdat kwalitatiewe sowel as kwantitatiewe navorsingstegnieke en -metodes binne die verkennende en beskrywende navorsingsontwerpe benut is. Vir die deel van die studie waaroor in hierdie artikel verslag gedoen word, is data deur middel van ʼn self-gestruktureerde vraelys ingesamel. Vanuit die verkreë data kon die behoefte vir, en moontlike temas van belang vir ʼn lewensvaardigheidsprogram, geïdentifiseer word.
Van die belangrikste lewensvaardighede wat die navorser vanuit die behoeftebepaling en die literatuur kon identifiseer, is selfkennis; selfvertroue en selfhandhawing; interpersoonlike verhoudings en vertroue; algemene en emosionele hanteringmeganismes; toekomsbeplanning en besluitneming; gesondheid en
ʼn gesonde leefstyl; kommunikasievaardighede; probleemoplossing en konflikhantering; tydsbestuur; finansiële bestuur en sekere ander aangeleenthede, soos die gevare verbonde aan die misbruik van middels, die voorkoming van MIV en ander oordraagbare geslagsiektes, asook kinderregte. Hierdie vaardighede word deur die kwantitatiewe sowel as kwalitatiewe data bevestig.

Trefwoorde: lewensvaardighede, kinder- en jeugsorgsentrum, gemengde metode navorsing, program, straatkinders, bemagtiging, sterkteperspektief, bemagtigingsprogram, psigososiale omstandighede, behoeftes


The phenomenon of street children has become a world-wide problem, which can be attributed to many causes that are experienced in the community at large, such as economic difficulties, joblessness and family discord. These children lose out on the privileges of a healthy family life and their basic needs are in general not fulfilled. This has a detrimental effect on street children's development and often has serious psychosocial consequences, such as distrust in people, a lack of self-confidence and negative interpersonal relationships. Life on the street is characterised by various psychosocial challenges such as abuse, prostitution, substance abuse, gangsterism, crime and human rights violations. Children are often not capable of controlling these injustices against them and therefore they are dependent on other people to act on their behalf.
The strengths- and empowerment perspectives were used as the theoretical foundation of the study. Limited literature is available on the psychosocial needs and circumstances of street children in South Africa. The role of social work can be seen as assisting clients to identify their own strengths and those of their communities, in order to solve their psychosocial problems and to enhance their circumstances. Empowerment can be described as a self-help activity that assists people to take control of their lives and to develop strategies to overcome their adversities. The aim of the study was to do a needs assessment of the psychosocial circumstances and needs of street children at the Thakaneng Child and Youth Care Centre in Potchefstroom in order to obtain information which can be utilised in a life skills program.
Mixed-method research was utilised for the purpose of this study, where quantitative and qualitative techniques were used in combination within the exploratory and descriptive research designs. For the part of the study reported on in this article, data was collected by means of a self-structured questionnaire. From the data obtained a number of possible themes relevant to a life skills programme could be identified. The total population of Thakaneng, namely 50 street children, were recruited as participants in this study. The social worker from Thakaneng acted as a gatekeeper for the project. All applicable ethical issues were taken into consideration in this study, such as the principle of no harm, voluntary participation, written-informed consent, steps to avoid misleading participants, anonymity, confidentiality and privacy. The risks and advantages for participants in the study were ethically calculated. Validity and reliability of the quantitative data as well as trustworthiness of the qualitative data were taken into consideration.
It was found that time management, self-knowledge, knowledge about mutual trust, self-assertive behaviour, and decision-making skills were the skills of which the participants were most in need. All the participants scored more than 94% on these items. The middle group (all between 86% and 92%) included needs in terms of health and a healthy lifestyle, problem-solving skills, knowledge on career choices, coping with changes, knowledge on children's rights, and future planning. Other needs among this group include belief in the self, knowledge on HIV and Aids, how to apply for a job, how to achieve aims for daily living, how to control emotions, how to develop communication skills, how to apply financial management and to learn more on interpersonal relationships.
The group of needs with the lowest score (all between 74% and 80%) involved needs such as skills to handle stress, anxiety, anger, grief and bereavement, and to manage conflict. Although all these constructs measured lower than the rest, their importance is still high and thus they should be dealt with. The most important life skills were identified by means of the needs assessment and verified by both the quantitative and qualitative data as well as the literature study. These needs can be grouped into a number of topics that can eventually be incorporated into an empowerment programme for street children, namely self-knowledge, self-confidence and self-assertive behaviour; interpersonal relationships and trust; coping and dealing with emotions; future planning and decision making; health and a healthy life style; communication skills; problem solving and conflict management; time management; financial management; and specific other issues such as the danger of using drugs, the prevention of HIV and other transferable sexual diseases, and children's rights.

Key words: life skills, child and youth care centre, mixed-methods research, programme, street children, empowerment, strengths perspective, empowerment programme, psycho-social circumstances and needs




Die straatkindverskynsel is ʼn kenmerkende maatskaplike probleem (Benghait 2002:34; Lefeh 2008:10; Ward 2007:35). Idemudia, Kgokong en Kolobe (2013:164) bevestig dat daar min literatuur beskikbaar is oor die psigososiale behoeftes en omstandighede van straatkinders in Suid-Afrika. In hierdie artikel val die fokus op ʼn ondersoek na die psigososiale omstandighede van straatkinders by die Thakaneng Kinder- en Jeugsorgsentrum (TKJS) in Potchefstroom en hulle behoeftes met betrekking tot lewensvaardighede.



Daar is 'n groot debat oor die definisie van straatkinders. Die term straatkind is 'n sambreelterm wat gebruik word vir verskeie groepe kinders in moeilike lewensomstandighede, maar die definisies verskil van land tot land en van outeur tot outeur (Serrokh 2006:1). Die Gauteng Street Children Shelters Act, 16 of 1998 beskryf straatkinders as kinders wat in tydelike versorging is, kinders wat gereeld van een plek na 'n ander trek of kinders wat in institusionele sorg is weens die feit dat hul nie 'n ander heenkome gehad het nie en die risiko bestaan dat hulle weer op straat kan beland. Hanbury (2002:3) beskryf straatkinders as kinders wat op straat leef en werk; kinders wat by die huis slaap, maar die meeste van hul tyd op straat spandeer asook kinders wat in nagskuilings slaap. Die Children's Act, 38 of 2005 sluit hierby aan deur straatkinders te beskryf as kinders wat op straat leef of werk as gevolg van mishandeling, verwaarlosing, armoede of enige ander rede. Cox en Pawar (2006:326) definieer straatkinders soos volg: "...streetchildren are those who spend most of their time on the streets whether working or not; have tenuous ties, or no ties at all, with their families; and have developed specific survival strategies". Verskeie outeurs beskryf ook straatkinders in verskillende kategorieë soos byvoorbeeld kinders van die straat, kinders op die straat en kinders in skuilings of institusionele versorging (Altanis & Goddard 2004; Mitchell, Nyakake & Oling 2007; Tolfree, 2003;7). Dit is dus duidelik dat daar nie eenstemmigheid is rakende ʼn definisie vir straatkinders nie. Die deelnemers was ten tyde van hierdie studie inwonend by die TKJS, maar daar is nie ʼn waarborg dat hulle nie weer op straat gaan beland nie. Dus vir eenvormigheid in hierdie artikel word die term straatkind gebruik, maar die outeurs erken wel dat daar nie uitsluitsel is rakende die definisie nie.

Die straatkindverskynsel het dwarsoor die wêreld ʼn groot maatskaplike probleem geword. Volgens skattings was daar alreeds in 2004 meer as 100 miljoen straatkinders in die wêreld (Kit 2004:1; Louw 2008:3). ). Hierdie verskynsel het ook in Suid-Afrika oor die jare drasties toegeneem (Lefeh 2008:10). Volgens Ward (2007:55) het die mees resente statistiek daarop gedui dat daar in 2000 reeds meer as 10 000 straatkinders in Suid-Afrika was. Daarteenoor het Benghait (2002:34) in 2001 geskat dat daar meer as 50 000 kinders in Suid-Afrika op straat leef. Dit is egter moeilik om resente, betroubare statistiek rakende die straatkindverskynsel in Suid-Afrika te verkry omdat dit moeilik is om kontrole te hou van presies hoeveel kinders op straat leef en werk. Daar is gevolglik ook ʼn gebrek aan resente literatuur rakende hierdie verskynsel.

Die straatkindverskynsel kan aan heelwat faktore toegeskryf word, soos swak ekonomiese toestande, werkloosheid en gesinsprobleme wat in die gemeenskap ervaar word (Ashoka 2004:1; Thakaneng Kinder- en Jeugsorgsentrum 2014:4). Hierdie kinders verbeur dikwels die voordele wat ʼn gesonde gesinslewe vir ontwikkeling inhou en daar word gebrekkig in hulle basiese behoeftes voorsien. Hierdie faktore strem hulle normale ontwikkeling (Schimmel 2006:222). Kinders het gewoonlik vanaf geboorte ʼn groot behoefte daaraan om 'n band met hulle primêre versorgers te vorm (Schultz 2002:17; Thomas 2005:19; Zastrow & Kirst-Ashman 2016:335) en ʼn gebrek aan hierdie binding kan ernstige psigososiale nagevolge vir die straatkind inhou, soos ʼn wantroue van mense, ʼn gebrek aan selfvertroue en swak interpersoonlike verhoudings (Zastrow & Kirst-Ashman 2016:335; UNICEF 2002; Ward 2007:233-246). Straatkinders toon ook dikwels tekens van depressie, angstigheid, regressiewe gedrag en ʼn gebrek aan ʼn eie identiteit (Kaime-Atterhog & Ahlberg 2008; Mufune 2000; Richter 1991; Richter & Van der Walt 2003; Ward 2007). Hierdie situasie kan moontlik toegeskryf word aan die trauma wat straatkinders ervaar as gevolg van mishandeling en ʼn gebrek aan ouerlike liefde en versorging (Blaustein & Kinniburgh 2010; Saxe, Eliss & Kaplow 2007; Schore & Schore 2008). Uiteindelik word die straatkind se totale psigososiale funksionering hierdeur beïnvloed.

Barker (2014:345) en Faul (1995:159) verduidelik psigososiale funksionering as die individu se gedragspatrone in die verskillende lewenstadiums, lewenstake, rolle en sisteme waarvan hy/sy deel vorm. Optimale psigososiale funksionering veronderstel dat die positiewe kragte sterker sal wees as die negatiewe kragte. Die lewe op straat word egter gekenmerk deur psigososiale omstandighede soos mishandeling, verwaarlosing, prostitusie, dwelmmisbruik, bende-aktiwiteite, misdaad, swak interpersoonlike verhoudings en menseregteskendings (Barette 1995:11; Idemudia et al. 2013:162; Pearce 2009:20; Shaw 2001:1; Shook & Finn 2009:xiii; Wexler 2008:546). Die begrip psigososiale omstandighede dui op die straatkinders se psigologiese en maatskaplike omstandighede. Die psigologiese omstandighede fokus op die individu se interne prosesse soos byvoorbeeld hoe hy reageer op uitdagings en stres (Weiten 2007:2), terwyl die maatskaplike omstandighede dui op eksterne omstandighede in die individu se omgewing wat sy psigososiale funksionering kan beïnvloed. Kinders is dikwels nie in staat om die ongeregtighede wat teenoor hulle gepleeg word, te beheer nie en daarom is hulle afhanklik van ander om namens hulle die regte stappe en besluite te neem.

Die taak van die maatskaplike werker is in hierdie opsig baie belangrik. Dit is die taak van die maatskaplike werker in besonder om, sover moontlik, voorkomende programme te loods om te voorkom dat kinders in nood hulle tot die strate wend. ʼn Lewensvaardigheidsprogram kan straatkinders help om suksesvol in die samelewing te funksioneer en om hul psigososiale funksionering te bevorder.

Daar is ʼn gebrek aan gepubliseerde navorsing oor die behoeftes van straatkinders in Suid-Afrika. Idemudia et al. (2013:164) bevestig dat daar baie min literatuur beskikbaar is rondom die behoeftes van straatkinders in Suid-Afrika. Behoeftes van die straatkinders kan aangepak word met behulp van 'n gepaste lewensvaardigheidsprogram wat die straatkinders met vaardighede sal bemagtig om uitdrukking en betekenis te gee aan hul materiële, liggaamlike, geestelike, maatskaplike en godsdienstige verwagtinge, behoeftes en eise. 'n Lewensvaardigheidsprogram sal verder straatkinders moontlik kan help om die eise van hul psigososiale omstandighede beter te hanteer.

Uit die voorafgaande word die volgende navorsingsvraag geformuleer:

Wat is die psigososiale omstandighede en behoefte aan lewensvaardighede van straatkinders by die Thakaneng Kinder- en Jeugsorgsentrum in Potchefstroom?



Om die psigososiale omstandighede en behoeftes van straatkinders by die Thakaneng Kinder- en Jeugsorgsentrum (TKJS) in Potchefstroom rondom lewensvaardighede te identifiseer.



Die straatkindverskynsel word meestal as ʼn negatiewe verskynsel in die samelewing beskou en daar word dikwels teenoor hierdie kinders gediskrimineer (Zastrow 2010:409). Die teoretiese begronding waarop hierdie studie berus is die sterkte-en bemagtigingsperspektiewe wat aanvullend in maatskaplike werk benut word (Saleebey 2013:110; Zastrow 2010: 409). Alle mense het sterkpunte en die mens se vermoë om hierdie sterkpunte te identifiseer en te ontwikkel bevorder persoonlike groei en 'n positiewe uitkyk op die lewe (Hassim & Herbst 2016: 208). Hiervolgens is die rol van die maatskaplike werker om kliënte te help om sterkpunte binne hulself en hul omgewing te identifiseer ten einde hul psigososiale probleme op te los en sodoende hul omstandighede te verbeter. Die sterkteperspektief daag maatskaplike werkers uit om nie op die kliënte se probleme of swakpunte te fokus nie, aangesien dit kan bydra daartoe dat die kliënt se potensiaal om te groei nie raakgesien word nie (Zastrow 2014:52). Maatskaplike werkers moet eerder kliënte bemagtig om hul eie sterkpunte tot voordeel van hulself en hul omstandighede aan te wend. Potgieter (1998:216) en Zastrow (2010:409) beskryf bemagtiging as ʼn selfhelpaktiwiteit wat behels dat daar beheer geneem word en dat instaatstellende aktiwiteite en strategieë aangebied word, om hulpeloosheid en magteloosheid teë te werk.

Maatskaplike werk as 'n professie fokus daarop om kliënte se sterkpunte te ontwikkel deur die toepassing van die beginsels van die sterkteperspektief in hulpverlening aan die kliëntsisteem. Deurdat kliënte gehelp word om hul sterkpunte te ontwikkel, word hulle ook sodoende bemagtig. Dit kan onder meer gedoen word deur die kliëntsisteem aktief te betrek in byvoorbeeld lewensvaardigheidsprogramme wat hulle in staat sal stel om lewensuitdagings beter te hanteer.



Aangesien die straatkinders by die TKJS met mekaar kontak het, kon kontaminasie die beantwoording van die vrae en die verloop van die studie beïnvloed het. Die deelnemers kon ook moontlik die navorsing gemanipuleer het, veral wat die beantwoording van die kwalitatiewe vrae betref.



Die gemengde navorsingsmetode is vir die doeleindes van hierdie studie benut deurdat beide kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingstegnieke en -metodes in die studie toegepas is (Creswell 2014:228). Die ontwerp wat gevolg is, is beide verkennend en beskrywend van aard (Rubin & Babbie 2011:133). ʼn Self-gestruktureerde vraelys met ʼn aantal geslote- en oop vrae is ontwerp om die psigososiale omstandighede van die straatkinders te ondersoek en hul behoeftes aan lewensvaardighede te identifiseer. Die vraelys was oorwegend kwantitatief van aard, vergesel van ʼn bykomende kwalitatiewe skedule met enkele oop vrae. Op hierdie wyse kon triangulering van data bereik word (Thyer 2010:612-616). Die vraelys is aangevul met prente, om dit meer kindervriendelik te maak. Die doel van die vraelys was om die straatkinders se kennis en behoeftes rakende lewensvaardighede te bepaal asook om ʼn agtergrond te kry oor hulle persoonlike omstandighede. Die vraelys is aanvanklik in Engels opgestel, waarna dit vertaal is in Setswana omdat dit die meeste straatkinders se moedertaal was. Die benutting van ʼn tussenganger (die maatskaplike werker van die TKJS) en ʼn tolk het die voltooiing daarvan vergemaklik. Hulle was ook deurentyd teenwoordig om instruksies te gee en om die kinders te help om die vrae te verstaan.

Die totale populasie van TKJS se 50 inwonende straatkinders het die deelnemers van hierdie studie uitgemaak. Al 50 was seuns tussen 10 en 17 jaar oud. Die maatskaplike werker van TKJS het as tussenganger opgetree om ingeligte, skriftelike toestemming van die straatkinders te verkry. Welwillendheidstoestemming is ook van die bestuur van die TKJS verkry om die studie te onderneem, sowel as ingeligte skriftelike toestemming van die wettige voog of ouer van elke kind. Die Noordwes-Universiteit se etiekkomitee het ook goedkeuring vir die projek verleen. Etiese aspekte wat veral in ag geneem is, sluit in: skadevermyding, vrywillige deelname, ingeligte skriftelike toestemming, ware, korrekte en volledige inligting aan deelnemers, anonimiteit, vertroulikheid, privaatheid, verwerking en vrystelling van inligting, sowel as moontlike risiko's en voordele verbonde aan deelname aan die studie (Babbie 2013:32-39; Brinkmann & Kvale 2008:272; Plowright 2011:156; Strydom 2011:114). Die maatskaplike werker van die TKJS was deurlopend betrokke om kinders met ontlonting by te staan indien enige emosionele probleem sou ontwikkel. Die volgende kriteria is gebruik vir in- en uitsluiting tot die studie:


Alle inwonende straatkinders van TKJS ten tyde van die studie

Seuns in die ouderdomsgroep van 10-17jaar

Straatkinders wat toestemming gegee het om aan die studie deel te neem

Straatkinders wat Afrikaans of Engels kan verstaan en praat

Die kwantitatiewe deel van die vraelysis met behulp van rekenaarsagteware (Paswin 2000) van Perspektief Opleidingskollege verwerk (Faul & Hanekom 2007), terwyl die kwalitatiewe deel tematies deur die navorser verwerk is volgens Tesch se benadering (Creswell 2014:198; Poggenpoel 1998:334-353). Data is nie in terme van tabelle en figure weergegee nie, aangesien daar net 50 deelnemers was en die tabelle as oorvereenvoudig beskou sou kon word. Dus is die persentasies bloot van hoog na laag aangebied en verder bespreek.

Die aspekte van vertrouenswaardigheid is in ag geneem in die verwerking van die kwalitatiewe data (Bothma 2010:232-235; Nieuwenhuis 2007:80). Geloofwaardigheid is verseker deurdat die navorser betrokke was in die navorsingsproses, self die behoeftebepaling gedoen, en deurlopend van observasie gebruik gemaak het (Babbie & Mouton 2010:276-278). Die feit dat die navorser die veelvuldige metode toegepas het en triangulering verseker het, bevorder die vertrouenswaardigheid van hierdie navorsing (Creswell 2014:201). Oordraagbaarheid is verkry deur die proses deurgaans te monitor en skriftelik daaroor verslag te doen. Vertroubaarheid is bereik deur die ouditering van alle data soos bandopnames, prosesnotas, veldnotas asook opsommings en teoretiese notas. Bevestigbaarheid is bereik deurdat alle datastelle geoudit is vir die "hoe" en "wat" van die bevindinge (Schurink, Fouché & De Vos 2011:422).



7.1 Kwantitatiewe bevindinge

Die kwantitatiewe bevindinge word vervolgens bespreek ten opsigte van drie afdelings, naamlik biografiese inligting van deelnemers, psogososiale omstandighede en behoefte aan lewensvaardighede. Na afhandeling van die kwantitatiewe data word die kwalitatiewe bevindinge in ʼn aantal temas bespreek.

7.1.1 Biografiese inligting

Al die deelnemers was manlik, in ooreenstemming met die literatuur wat aantoon dat seuns meer geneig is as dogters om hulself tot die straat te wend vir oorlewing (Mufune 2000:233; Volpi 2003:1-30). Die meerderheid deelnemers se eerste taal was Setswana, maar baie van die deelnemers kon ook Engels of Afrikaans praat en verstaan. Die ouderdomsverspreiding van die deelnemers was 10 tot 17 jaar, met die meeste deelnemers (24%) wat 16 jaar oud was en die tweede grootste groep (22%) wat 15 jaar oud is. Daar kan dus afgelei word dat die meeste deelnemers in die adolessente en middelkindjare, lewensfase is (Louw & Louw 2014:221).

Wanneer die vlak van skoolopleiding in ag geneem word, is dit duidelik dat die meeste deelnemers (64%) in grade een tot sewe is. 20% van die deelnemers is in grade agt tot twaalf, terwyl die res (16%) nog nooit skool bygewoon het nie. Straatkinders is oor die algemeen nie gemotiveerd om skool by te woon nie en gevolglik is hul motivering om hul skoolloopbaan suksesvol te voltooi, baie laag (Scott 1994:28).

7.1.2 Psigososiale omstandighede

Die psigososiale omstandighede van die straatkinders is ondersoek en sal vervolgens bespreek word:

Die meerderheid van die straatkinders by die TKJS het voorheen op die straat geleef of gewerk. Hulle is op straat as gevolg van faktore soos ouers wat oorlede is, ouers wat substansafhanklik is, mishandeling tuis, konflik tussen ouers, onbeheerbare gedrag van die kinders en armoede (Thakaneng 2014). Al hierdie faktore word in die literatuur bevestig (Ennew 2004; Lewis 2004; Motale & Smith 2003; Wargan & Dreshem 2009). Die kinders beskryf hul verhoudings met hul ouers as swak of dat daar geen verhouding is nie. Die meeste kinders het ook genoem dat hulle slegs kan staatmaak op die personeel van die TKJS,wat volgens die kinders die enigste mense is wat vir hulle omgee. Hierdie kinders voldoen aan die Children's Act, 38 of 2005 se beskrywing van kinders wat sorg en beskerming benodig.

Baie van die kinders by die TKJS misbruik een of ander substans (Louw & Louw 2014:426). Die meerderheid deelnemers (38%) het genoem dat hulle rook, wat ooreenstem met Van Rooyen en Hartell (2002:191) se bevinding dat die rook van tabak en dagga gewild is onder straatkinders. Die meerste deelnemers (40%) het genoem dat hulle die meeste van die tyd alkohol gebruik, terwyl slegs 24% van die deelnemers vermeld het dat hulle nog nooit alkohol gebruik het nie. Die meerderheid deelnemers (42%) het genoem dat hul nog nooit gom gesnuif het nie, teenoor 30% wat vermeld het dat hulle dit die meeste van die tyd doen en 28% wat soms gom snuif. Van Rooyen en Hartell (2002:190) is van mening dat straatkinders voorkeur gee aan middels wat ingeasem word soos gom. Sommige skrywers (Louw & Louw 2014:426; Malindi & Theron 2010:319) verduidelik dat straatkinders middels gebruik om van die werklikheid te probeer ontvlug en middels as ʼn hanteringsmeganisme gebruik. Gom is relatief goedkoop en maklik verkrygbaar, terwyl alkohol en dwelmmiddels vir minderjariges moeiliker is om te bekom.

Die deelnemers moes drie (3) uit 12 moontlike gevoelens identifiseer wat hulle meestal ervaar. Die volgende gevoelens is oorwegend deur deelnemers ervaar: gelukkigheid (64%), skaamheid (40%), ongelukkigheid (36%), liefdevolheid (32%) en vrees (28%). Die gevoelens van gelukkigheid en liefdevolheid kan moontlik toegeskryf word aan die deelnemers se verblyf by die TKJS, waar hulle liefdevol hanteer word, voel dat hulle iewers behoort en waar daar in die meeste van hul behoeftes voorsien word. Die gevoelens van skaamheid kan mootlik met 'n lae selfbeeld verband hou en die gevoel van ongelukkigheid kan aan verskeie faktore soos byvoorbeeld swak interpersoonlike verhoudings en konflik met ouers of vriende en personeel van die TKJS toegeskryf word.

7.1.3 Behoeftes rakende lewensvaardighede

Hierdie gedeelte van die vraelys het gepoog om die deelnemers se behoeftes rondom spesifieke lewensvaardighede te bepaal. Dit was ʼn ja/nee-vraelys, waar die deelnemers kon aandui of hulle meer van ʼn spesifieke vaardigheid wou leer of nie. Die bevindinge toon duidelik dat die straatkinders wel ʼn behoefte het aan elk van die betrokke lewensvaardighede, alhoewel sekere behoeftes groter is as ander.

Tydsbestuur (98%), selfkennis (96%), kennis oor wedersydse vertroue (96%), selfhandhawende gedrag (94%) en besluitnemingsvaardighede (94%) kan as die grootste behoeftes van deelnemers beskou word. Tydsbestuur is belangrik vir ʼn suksesvolle lewe (Sasson 2015:2; Van Heerden 2015:11) en dit is noodsaaklik dat straatkinders gehelp word om hul tyd effektief te bestuur ten einde op die belangrikste sake te kan fokus en sodoende tyd optimaal te kan benut (Atkinson 2008:195; Van Heerden 2015:15). Selfkennis is belangrik vir identiteitsvorming, om jou plek in die lewe in te neem en om die gevoel van behoort te ervaar, ten einde ʼn produktiewe lewe te kan lei (Hanbury 2002:7; Louw & Louw 2014:360; Thoburn, Chand & Procter 2008:23; Thompson 2009:3).

Wedersydse vertroue is ʼn belangrike faset van die lewe en kinders wat voorheen aan trauma blootgestel was, kan later in hul lewe sukkel om ander te vertrou (Bademci, Karadayi & De Zulueta 2015:21). Selfhandhawende gedrag beteken om vas te staan by dit wat jy glo en ook om selfrespek en respek vir ander mense te bevorder (Thompson 2009:39; Van Heerden 2005:65). Besluitnemingsvaardighede by kinders is belangrik omdat hulle soms oorweldig voel deur al die moontlikhede wat beskikbaar is (Louw & Louw 2014:354). Doeltreffende besluitneming kan ʼn bydrae lewer tot ʼn gesonde lewenstyl, aangesien goeie besluitnemingsvaardighede die individu kan help om onafhanklik te funksioneer (Strydom 1994:82).

Ander behoeftes wat in die middelgroep na vore getree het, is gesondheid en ʼn gesonde lewenstyl (92%), hoe om probleme op te los (92%), kennis oor loopbaankeuses (92%), om verandering te kan hanteer (92%), kennis oor kinderregte (92%) en toekomsbeplanning (92%). Hierdie vyf (5) behoeftes het almal met dieselfde persentasie na vore gekom, terwyl geloof in hulleself (90%), kennis oor MIV en Vigs (90%), hoe om vir werk aansoek te doen (90%), om lewensdoelstellings daar te stel (90%), om emosies te kan beheer (90%), om kommunikasievaardighede te bekom (88%), om finansiële bestuur te kan toepas (86%) en om meer te leer oor interpersoonlike verhoudings (86%) ook in die middelgroep geplaas kan word.

Die behoefte aan kennis oor gesondheid en ʼn gesonde lewenstyl is vir enige kind belangrik. Straatkinders het dikwels ʼn gebrek aan kennis omtrent gesondheid, veral weens die omstandighede waaraan hulle op straat blootgestel word, wat ʼn nadelige impak op hul gesondheid kan hê (Heineman & Ehrensaft 2006:24; Louw & Louw 2014:426). Straatkinders is dikwels nie gemotiveerd om van mediese fasiliteite gebruik te maak nie of hulle kan probleme ervaar om toegang tot sodanige fasiliteite te verkry. Probleemoplossingsvaardighede is ʼn verdere kernvaardigheid waaroor die jeug moet beskik (International Youth Foundation 2014:8). Hierdie vaardighede is nie ingebore nie, maar moet doelbewus ontwikkel word in gesonde lewensomstandighede sodat die individu suksesvol kan funksioneer (Bedell & Lennox 1997:163; Little 2015:2).

Die meerderheid deelnemers wil meer leer oor loopbaankeuses. Dit kan moontlik daaraan toegeskryf word dat die meeste straatkinders graag ʼn beter lewe wil hê as wat hulle tans het (Louw & Louw 2014:374). Die behoefte om verandering te kan hanteer val ook in die middelgroep behoeftes en kan moontlik teruggevoer word na die feit dat die meeste straatkinders van ʼn jong ouderdom af op straat was en daarom sukkel om aan te pas met die struktuur en dissipline by die TKJS (Bogatsu, 25 Junie 2015). Die aanleer van gesonde hanteringsmeganismes by straatkinders is belangrik, sodat hulle hul gevoelens kan hanteer en geleenthede kan benut wat hul voordoen (Greenglass & Fiksenbaum 2009:29; Tartakocsky 2015:1).

Deelnemers het ook aangedui dat hulle graag meer oor kinderregte wil weet omdat hulle dikwels slagoffers is van geweld en menseregteskendings (Wexler 2008:546). Straatkinders moet ook deeglik kennis neem daarvan dat verantwoordelikhede met regte gepaardgaan (Louw & Louw 2014:462). Die behoefte aan kennis aangaande toekomsbeplanning en toekomsperspektief is ook geïdentifiseer (Panday et al. 2009:26). Die behoefte om in die self te glo hang nou saam met ʼn gesonde selfbeeld en selfvertroue (International Youth Foundation 2014:8; Tracy & Tracy-Stein 2012:12) en is veral vir straatkinders belangrik.

Die voorkoming van MIV en Vigs is ʼn behoefte by hierdie kinders, veral omdat hulle dikwels op straat uitgelewer is aan hierdie probleem (Nelson Mandela Children's Fund 2006:1; Van Heerden 2015:89). Kennis oor hoe om vir ʼn betrekking aansoek te doen, is nog ʼn behoefte wat deur die deelnemers uitgespreek is (Atkinson 2008:195; Van Heerden 2015:253). Hulle ervaar ook ʼn behoefte om lewensdoelstellings daar te stel en te bereik - dit is veral belangrik om realistiese doelwitte te hê (Hargie 2006:43). Voorts het die deelnemers aangetoon dat hulle die behoefte het om emosies te kan beheer (Bademci et al. 2015:21; Louw & Louw 2014:439). Die verbetering van kommunikasievaardighede ten einde beter interpersoonlike verhoudings te kan handhaaf, is ook as ʼn behoefte geïdentifiseer (Thompson 2009:102).

Finansiële bestuur het as ʼn behoefte na vore getree. Straatkinders se ekonomiese omstandighede is normaalweg swak en hulle verlang daarna om hul materiële behoeftes te bevredig (OECD 2014:16; Semeelo 25 Junie 2015). Positiewe interpersoonlike verhoudings is ook as ʼn behoefte deur deelnemers aangedui en kan as ʼn belangrike deel van alledaagse funksionering beskou word (Heineman & Ehrensaft 2006:25; Louw & Louw 2014:454; Van Heerden 2005:73).

Vaardighede vir die hantering van stres (74%), angs en woede (beide 76%), hartseer (78%) en konflik (80%) is die behoeftes wat die laagste persentasie behaal het, alhoewel dit steeds as hoog beskou kan word. Die behoefte aan streshanteringmeganismes het na vore gekom juis omdat straatkinders stres ervaar as gevolg van hul omstandighede en hul pogings om te oorleef op straat (Bademci et al. 2015:20; Van Rooyen & Hartell 2002:191). Die behoefte om angs en woede te kan hanteer is ook by straatkinders aanwesig juis omdat hul fisiese omgewing veel te wense oorlaat (Bademci et al. 2015:22; Mukherjee 2005:3-4).

As gevolg van die moeilike omstandighede waaraan straatkinders blootgestel word, is gevoelens soos hartseer en hulpeloosheid ʼn algemene verskynsel (Mukherjee 2005:3-4). Die behoefte aan konflikhanteringmeganismes is deur deelnemers uitgespreek juis omdat effektiewe konflikhantering straatkinders sal bemagtig om verskille met ander konstruktief te hanteer en persoonlike groei te bevorder (Zastrow 2010:175).

7.2 Kwalitatiewe bevindinge

In die kwalitatiewe bevindinge, wat met meer diepte en gesprek as die kwantitatiewe data plaasgevind het, wou die navorsers uitvind of daar raakpunte met die kwantitatiewe data is. Die volgende temas kan uitgelig word na aanleiding van die vrae rakende die sake waarvan deelnemers meer wou leer. Die volgende vyf temas kan uitgesonder word en stem ooreen met die kwantitatiewe bevindinge wat ook aangetoon het dat deelnemers meer oor die volgende aspekte wil leer:

7.2.1 Toekomsbeplanning

Die volgende narratiewe kan as verteenwoordigend beskou word van die opinies oor toekomsbeplanning.

- "Ek wil meer leer oor ʼn beter toekoms."

- "Ek wil skool bywoon en ʼn goeie werk kry."

- "Ek begeer om eendag ʼn polisieman te word."

- "Ek wil van vreemde goed leer wat ek nie ken nie sodat ek baie in die lewe kan bereik."

Uit die bogenoemde direkte aanhalings van deelnemers is dit duidelik dat die deelnemers toekomsdrome het, terwyl sommige ook onrealistiese verwagtings koester.

7.2.2 Interpersoonlike verhoudings

Die volgende aanhalings kan uitgelig word.

- "Ek wil positiewe verhoudings met ander mense hê".

- "Ek wil graag leer om meer vriende te maak."

- "Ek wil nie meer van ander mense steel of hulle seermaak nie - ek wil ʼn goeie vriend wees."

- "My gesin moet beter na my omsien en vir my lief wees."

Volgens die terugvoer van die deelnemers wil hulle op ʼn verskeidenheid vlakke goeie interpersoonlike verhoudings bou en handhaaf. Hierdie bevinding is positief en word ondersteun deur die literatuur (Heineman & Ehrensaft 2006:25; Van Heerden 2015:70).

7.2.3 Gevoelens / Emosies

Die deelnemers het die volgende bydraes gemaak oor gevoelens en emosies.

- "Ek wil hê dat ander mense my moet liefhê."

- "Ek wil leer hoe om op te tree as ek wil huil en seergemaak voel."

- "Wil graag leer om woede te beheer."

- "Ek wil weet hoe ek moet optree as ander kinders met my baklei en lelik is."

Vanuit die narratiewe is dit duidelik dat die deelnemers nie oor die vaardighede beskik om hulle gevoelens of emosies te hanteer nie. Die literatuur bevestig dat straatkinders sukkel om hulle emosies effektief te reguleer (Bademci et al. 2015:21; Louw & Louw 2014:439).

7.2.4 Gesonde lewenstyl

Die volgende opmerkings kan as verteenwoordigend gesien word van die standpunte oor gesonde lewenstyl.

- "Ek wil Vigsvry leef en my nie by seksuele aktiwiteite laat betrek nie."

- "Ek wil gesond leef en baie oud word."

- "Beide my liggaam en gees moet gesond wees - sonder die een beteken die ander nie veel nie."

Dit is belangrik dat straatkinders geleer moet word om ʼn gesonde leefstyl te handhaaf (Heineman & Ehrensaft 2006:24). Hierdie behoefte is ook met die kwantitatiewe data uitgelig en word dus as belangrik beskou.

7.2.5 Besluitneming

Die volgende opmerkings kan aangehaal word.

- "Ek wil sterk staan en nie rook nie - dit maak jou liggaam klaar."

- " moet sterk staan as vriende jou probeer verlei om verkeerde dinge te doen."

- "As ek klaar is met die straatlewe wil ek nie weer daarin beland nie."

Om besluite te neem en om daarby te bly, is twee verskillende sake en nie altyd maklik uitvoerbaar teen ʼn agtergrond van portuurgroepdruk nie. Louw en Louw (2014:354) en Ministry of Youth Development (2015:1) is van mening dat dit normaal is vir kinders om soms te sukkel met besluitneming, maar dat dit noodsaaklik is om hierdie vaardigheid te bemeester.



Die bevindinge van hierdie studie het aangetoon dat die meerderheid deelnemers in die adolessente lewensfase is en dat dit in ag geneem moet word in alle aktiwiteite wat vir hierdie teikengroep beplan word. Sommige deelnemers bevind hulle in die middelkindjare fase en dit behoort ook in die beplanning in ag geneem te word. Die doelstelling van hierdie artikel fokus op ʼn behoeftebepaling na die psigososiale omstandighede en behoefte aan lewensvaardighede van straatkinders. Baie adolessente sukkel om vaardighede soos die vorming van ʼn eie identiteit, selfaanvaarding, effektiewe besluitneming, interpersoonlike verhoudings, beroepskeuse, konflikhantering en die hantering en aanvaarding van verantwoordelikheid onder die knie te kry (Behr, Cilliers & Meyer 1996:84). Die navorser is van mening dat straatkinders hierdie oorgang na volwassenheid selfs moeiliker kan ervaar omdat hulle geen of min gesonde volwasse ondersteuningsisteme het nie en geneig is om hulleself te wend tot risikogedrag soos substansmisbruik, geweld, oneerlikheid en misdaad. Uit die navorsing is dit duidelik dat straatkinders ʼn gebrek het aan basiese lewensvaardighede, wat hul effektiewe funksionering in die gemeenskap belemmer. Van die belangrikste lewensvaardighede wat die navorser vanuit die behoeftebepaling en die literatuur kon identifiseer, word vervolgens uiteengesit. Hierdie bevindinge behoort maatskaplike werkers en ander dissiplines van riglyne te voorsien wanneer programme met ʼn fokus op lewensvaardighede vir straatkinders beplan word.

8.1 Selfkennis, selfvertroue en selfhandhawing

Hierdie drie behoeftes kan saam aandag geniet, aangesien dit oor die persoon self handel, interafhanklik van mekaar is en mekaar wedersyds beïnvloed. ʼn Eie identiteit kan ook hieraan gekoppel word. Die meeste van die deelnemers is in die fase van adolessensie en volgens Van Heerden (2015:21) is dit juis tydens hierdie lewensfase uiters belangrik om 'n eie identiteit te ontwikkel. Die vorming van ʼn identiteit kan bydra tot ʼn positiewe selfbeeld en selfvertroue bevorder (Louw & Louw 2014: 360; Zastrow & Kirst-Ashman 2016:336-337).

8.2 Interpersoonlike verhoudings en vertroue

Die behoefte aan interpersoonlike verhoudings het herhaaldelik na vore gekom in die kwantitatiewe sowel as die kwalitatiewe bevindinge. Wedersydse vertroue loop hand aan hand met interpersoonlike verhoudings en kan in kombinasie behandel word. Dit is belangrik dat straatkinders geleer moet word hoe om positiewe verhoudings met ander te kweek. Kinders in die middelkindjare en adolessensie het ʼn intense behoefte om iewers te behoort (Zastrow & Kirst-Ashman 2016:335-340). Vertroue in ander en positiewe interpersoonlike verhoudings is dus vir hulle baie belangrik (Louw & Louw, 2014:454). Interpersoonlike verhoudings is belangrik omdat dit die mens help om sy emosies en sosiale interaksies te reguleer (Van Heerden 2015: 70).

8.3 Hantering van emosies

Die omstandighede waaraan straatkinders blootgestel word, maak dit belangrik dat hulle hanteringmeganismes moet aanleer, veral om hulle in staat te stel om die verskillende emosies wat hulle ervaar beter te hanteer. Die behoefte aan hierdie vaardighede kom sterk na vore vanuit die bevindinge. Die literatuur bevestig dat kinders wat voorheen blootgestel was aan trauma en nie liefde en sorg van hul ouers ontvang het nie, moontlik kan sukkel om hul emosies te reguleer (Bademci et al. 2015:21; Louw & Louw 2014:439).

8.4 Toekomsbeplanning en besluitneming

Nog ʼn belangrike ontwikkelingstaak van kinders in die middelkindjare en adolessensie is om vir die toekoms te beplan (Zastrow & Kirst-Ashman, 2016:335-337). Die behoeftes aan toekomsbeplanning en beter besluitneming is herhaaldelik in die studie geïdentifiseer. Daar is besluit om hierdie twee vaardighede in die program in te sluit, asook om dit te kombineer en saam te hanteer.

8.5 Gesondheid en ʼn gesonde lewenstyl

Die behoefte aan kennis oor gesondheid en die handhawing van ʼn gesonde lewenstyl het by die kwantitatiewe sowel as die kwalitatiewe data na vore gekom. Literatuur bevestig ook die belangrikheid dat straatkinders ingelig moet word oor gesondheid en ʼn gesonde leefstyl (Heineman & Ehrensaft 2006:24; Van Heerden 2015:85).

8.6 Kommunikasievaardighede

Die behoefte aan effektiewe kommunikasie het herhaaldelik na vore gekom vanuit die bevindinge. Effektiewe kommunikasie behoort straatkinders se psigososiale funksionering in die samelewing te bevorder (International Youth Foundation 2014:8; Thompson 2009:102).

8.7 Probleemoplossing en konflikhantering

Die behoeftes aan probleemoplossing en konflikhantering blyk duidelik uit die bevindinge. Dit is noodsaaklike vaardighede waarmee straatkinders toegerus behoort te word (International Youth Foundation 2014; Little 2015; Van Heerden 2015; Zastrow 2010).

8.8 Tydsbestuur

Die behoefte aan effektiewe tydsbestuur het in al die datastelle na vore gekom en word ook deur die literatuur as belangrik beskou (Atkinson 2008; Sasson 2015; Van Heerden 2015).

8.9 Finansiële bestuur

Die kwantitatiewe en kwalitatiewe data toon albei die behoefte aan finansiële bestuur by die deelnemers. Die literatuur bevestig ook dat kennis aangaande finansiële bestuur belangrik is vir straatkinders omdat hulle nooit geleer het om met geld te werk en te begroot nie (Atkinson 2008:195; OECD 2014:16).

8.10 Ander aangeleenthede

Afgesien van die behoeftes wat hierbo aangestip is, behoort straatkinders ook oor die gevare van die misbruik van middels ingelig te word, asook oor die voorkoming van MIV en ander oordraagbare geslagsiektes. Kinderregte is nog ʼn aangeleentheid wat aandag behoort te geniet. Hierdie onderwerpe kan afsonderlik behandel word of by een van die bestaande onderwerpe ingesluit word.



Hierdie studie het duidelik bevind dat die straatkinders by die TKJS kwesbaar is en ʼn behoefte aan sekere lewensvaardighede het. Maatskaplike werkers en persone uit aanverwante dissiplines behoort hieraan aandag te gee in die beplanning van programme en intervensies wat daarop gemik is om straatkinders te bemagtig, hulle psigososiale omstandighede te verbeter en hulle in staat te stel om lewensuitdagings beter te hanteer. Vanuit die data wat ingesamel is, was dit duidelik dat die straatkinders se psigososiale omstandighede swak is en nie bevorderlik is vir gesonde ontwikkeling nie. Baie van die kinders was blootgestel aan traumatiese ervaringe by hul ouerhuise of op straat. Die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat die deelnemers aan hierdie ondersoek sorg en beskerming nodig het, en dat daar gepoog moet word om in hul wye reeks behoeftes te voorsien. ʼn Lewensvaardigheidsprogram vir straatkinders word in die vooruitsig gestel, om hulle met vaardighede te bemagtig en hul psigososiale funksionering in geheel te bevorder.



Ashoka. 2004. Helping the street children of South Africa: Profile of Ashoka fellow David Fortune. [8 Maart 2004].         [ Links ]

Atkinson, M. 2008. Aging out of foster care: Towards a universal safety net for former care youth. Harvard Civil Rights/Civil Liberties Law Review, 43:183-212.         [ Links ]

Altantis, P. & Goddard, J. 2004. Street children in contemporary Greece. Children & society, 18:299-311.         [ Links ]

Babbie, E. 2013. The practice of social research. 9th ed. Belmont: Wadsworth.         [ Links ]

Babbie, E. & Mouton, J. 2010. The practice of social research.Cape Town: Oxford University Press.         [ Links ]

Bademci, H.O., Karadayi, E.F. & De Zulueta, F. 2015. Attachment intervention through peer-based interaction: Working with Instanbul's street boys in a university setting. Children and Youth Services Review, 49:20-31.         [ Links ]

Barette, M.J. 1995. Street children need our care. Pretoria: Kagiso.         [ Links ]

Barker, R.L. 2014. The social work dictionary. 6th ed. Washington: NASW Press.         [ Links ]

Bedell, J.R. & Lennox, S.S. 1997. Handbook for communication and problem-solving skills training: A cognitive-behavioral approach. New York: Wiley & Sons.         [ Links ]

Behr, B., Cilliers, E. & Meyer, C. 1996. Tiener in die kol: Opleiding aan gesprekgroepleiers. Pretoria: Dikubeng.         [ Links ]

Benghait, L. 2002. Hoop vir Benoni se straatkinders. Lig, 67(1):34-35.         [ Links ]

Blaustein, M.E. & Kinniburgh, K.M. 2010. Treating traumatic stress in children and adolescents: How to foster resilience through attachment, self-regulation, and competency. New York: The Guilford Press.         [ Links ]

Bogatsu, P. 2015. Persoonlike onderhoud met maatskaplike werker by Thakaneng, Potchefstroom. [Datum van onderhoud: 25 Junie 2015].         [ Links ]

Bothma, K. 2010. Trustworthiness in qualitative research. Potchefstroom: North-West University, Department of Psychology.         [ Links ]

Botma, Y., Greeff, M., Mulaudzi, F.M. & Wright, S.C.D. 2010. Research in health sciences. Cape Town: Pearson Education.         [ Links ]

Brinkmann, S. & Kvale, S. 2008. Ethics in qualitative psychological research. In Willig, C. & Staiton-Rogers, W. (eds). The Sage handbook of qualitative research in psychology. Thousand Oaks, CA: Sage, pp. 263-279.         [ Links ]

Creswell, J.W. 2014. Research design: Qualitative, quantitative & mixed methods approaches. 4th ed. Thousand Oaks, CA: Sage.         [ Links ]

Ennew, J. 2004. Street and working children: A guide to planning. London: Jacob Bowley Limited.         [ Links ]

Faul, A.C. 1995. Scale development in social work. Johannesburg: Rand Afrikaans University. (Dissertation - PhD).         [ Links ]

Faul, A.C. & Hanekom, A.J. 2007. Ecometric assessment: An introduction. Potchefstroom: Perspective Training College.         [ Links ]

Greenglass, E.R. & Fiksenbaum, L. 2009. Proactive coping and positive affect and well-being. European Psychologist, 14(1):29-39.         [ Links ]

Hanbury, C. 2002. Life skills: An active learning handbook for working with street children. Malaysia: Macmillan.         [ Links ]

Hargie, O. 2006. The handbook of communication skills. London: Routledge.         [ Links ]

Hassim, T. & Herbst, A. 2016. Strenghts-based interventions in trauma counselling. (In Herbst, A. & Reitsma, G. Trauma Counselling: Principles and Practice in South Africa today. Cape Town:Juta, pp. 205-230).         [ Links ]

Heinemann, T.V. & Ehrensaft, D. 2006. Building a home within: Meeting the emotional needs of children and youth in foster care. Baltimore: Paul Brooks Publishers.         [ Links ]

Idemudia, E.S., Kgokong, K. & Kolobe, P. 2013. Street children in Mafikeng, North West Province: A qualitative study of social experiences. Journal of Social Development in Africa, 28(1):162-164.         [ Links ]

International Youth Foundation. 2014. Strengthening life skills for youth: A practical guide to quality programming. [25 September 2015].         [ Links ]

Kaime-Atterhog, W. & Ahlberg, B.M.2008. Are street children beyond rehabilitation? Understanding the life situation of street boys through etnographic methods in Nakuru, Kenya. Children and Youth Services Review, 30:1345-1354.         [ Links ]

Kit, L. 2004 Street children: Overview [13 August 2012].         [ Links ]

Lefeh, N.R. 2008. South African government responses to the plight of street children: An analysis of policy development and implementation in Johannesburg. Johannesburg: University of Witwatersrand. (Dissertation - MA).         [ Links ]

Lewis, H.P. 2004. Also Gods children: Encounters with street children. Cape Town: Ihilihili Press.         [ Links ]

Little, E. 2015. Problem-solving with teenagers. [25 September 2015].         [ Links ]

Louw, D.A. & Louw, A.E. 2014. Die ontwikkeling van die kind en adolessent. 2de uitg. Boemfontein: Psychology Publication.         [ Links ]

Louw, S. 2008. 'n Ekologiese perspektief op die straatkindverskynsel. Bloemfontein: Universiteit van die Vrystaat. (Proefskrif-PhD).         [ Links ]

Malindi, M.J. &Theron, L.C. 2010. The hidden resilience of street youth. South African Journal of Psychology, 40(3):318-326.         [ Links ]

Ministry of Youth Development (New Zealand). 2015. Youth participation in decision-making. [27 September 2015].         [ Links ]

Mitchell, K., Nyakake, M. & Oling, J. 2007. How effective are street youth peer educators? Lessons learned from an HIV/AIDS prevention programme in urban Uganda. Health education, 107(4):364-375.         [ Links ]

Motale, S. & Smith, I. 2003. Exposed to risk: Girls and boys living on the streets. Agenda, 17(56):62-72.         [ Links ]

Mufune, P. 2000. Street youth in Southern Africa. International Social Science Journal, 52(164):233-243.         [ Links ]

Mukherjee, N. 2005. Towards evolving a rights-based participatory monitoring tool for sustainable human development and reduction of vulnerability of street children in urban South Asia. Paper presented at UNICEF-New School University, New York. [25 April 2005].         [ Links ]

Nelson Mandela Children's Fund. (2006). Report on multiple vulnerabilities: Qualitative data from the study of orphans and vulnerable children in South Africa. Pretoria: Nelson Mandela Children's Fund.         [ Links ]

Nieuwenhuis, J. 2007. Qualitative research designs and data gathering techniques. In Maree, K. (ed). First steps in research. Pretoria: Van Schaik, pp. 69-97.         [ Links ]

OECD. 2014. Financial education for youth: The role of schools. Paris: OECD Publishing.         [ Links ]

Panday, S., Makiwane, M., Ranchod, C. & Letsoalo, T. 2009. Teenage pregnancy in South Africa: With a specific focus on school-going learners. Pretoria: Department of Basic Education.         [ Links ]

Paswin. 2000. Computer software. Potchefstroom: Perspective Training College.         [ Links ]

Pearce, J.J. 2009. Young people and sexual exploitation: It's not hidden, you aren't looking. New York: Routledge.         [ Links ]

Plowright, D. 2011. Using mixed methods: Frameworks for an integrated methodology. Thousand Oaks, CA: Sage.         [ Links ]

Poggenpoel, M. 1998. Data analysis in qualitative research. In De Vos, A.S., Strydom, H., Fouché, C.B. & Delport, C.S.L. (eds). Research at grass roots: For the social sciences and human service professions. Pretoria: Van Schaik, pp. 334-353.         [ Links ]

Potgieter, M.C. 1998. The social work process: Development to empower people. South Africa: Prentice Hall.         [ Links ]

Richter, L.M. 1991. Children living and working in the street in South Africa: Children living and working in the street in rich and poor countries. Child Care Worker, 9:5-7.         [ Links ]

Richter, L.M. & Van der Walt, M. 2003. The psychological assessment of South African children living and working in the street. Children, Youth and Environments, 13(1):11-19.         [ Links ]

Rubin, A. & Babbie, E. 2011. Research methods for social work. Belmont: Brooks/Cole.         [ Links ]

Saleebey, D. 2013. Strengths perspectives in social work practice. 6th ed. University of Kansas: Pearson.         [ Links ]

Sasson, R. 2015. Success consciousness mental tools for a great life. Importance of time management.[26 September 2015].         [ Links ]

Saxe, G.N., Ellis, B.H. & Kaplow, J.B. 2007. Collaborative treatment of traumatized children and teens. New York: Guilford Press.         [ Links ]

Schimmel, N. 2006. Freedom and autonomy of street children.The International Journal of Children's Rights, 14(3):211-234.         [ Links ]

Schore, J.R. & Schore, A.N. 2008. Modern attachment theory: The central role of affect regulation in development and treatment. Clinical Social Work Journal, 36(9):9-20.         [ Links ]

Schultz, R. 2002. In the best interest of a child: A practical model. Pretoria: Christelike Maatskaplike Raad.         [ Links ]

Schurink, W., Fouché, C.B. & De Vos, A.S. 2011. Qualitative data analysis and interpretation. In De Vos, A.S., Strydom, H., Fouché, C.B. & Delport, C.S.L. (eds). Research at grassroots for the social sciences and human service professions.4thed. Pretoria: Van Schaik, pp. 397-423.         [ Links ]

Scott, M. 1994. The motivation to learn with special reference to squatter and street children. Paidonomia, 18(2):24-33.         [ Links ]

Semeelo, M. 2015. Persoonlike onderhoud met die hoof van Thakaneng, Potchefstroom. [Datum van onderhoud: 25 Junie 2015].         [ Links ]

Serrokh, B. 2006. Microfinance and street children: is microfinance an appropriate tool to address the street children issue? Brussels: Free University of Brussels. (Thesis-PhD.         [ Links ]).

Shaw, G.B. 2001. Street children - Community children. [30 July 2010].         [ Links ]

Shook, J.J. & Finn, J.L. 2009. Childhood, youth and social work transformation: Implications for policy & practice. New York: Columbia University Press.         [ Links ]

South Africa. 2005. Children's Act no 38 of 2005. Pretoria: Government Printers.         [ Links ]

South Africa. 1998. Street children Act, 16 of 1998. Pretoria: Government Printers        [ Links ]

Strydom, H. 2011. Ethical aspects of research in the social sciences and human service profession. In De Vos, A.S., Strydom, H., Fouché, C.B. & Delport, C.S.L.(eds). Research at grass roots: For the social sciences and human service professions. Pretoria: Van Schaik, pp. 113-130.         [ Links ]

Strydom, I. 1994. Besluitnemingsvaardighede: 'n Sielkundige-andragogiese perspektief. Pretoria: Universiteit van Pretoria. (Verhandeling-MA).         [ Links ]

Tartakovsky, M.S. 2015. Techniques for teens: How to cope with your emotions. [27 September 2015].         [ Links ]

Thakaneng Kinder- en Jeugsorgsentrum. 2014. Besigheidsplan 2013/2014. Potchefstroom.[Ongepubliseer].         [ Links ]

Thyer, B. 2010. The handbook of social work research methods. Los Angeles: SAGE, pp. 612-616.         [ Links ]

Thoburn, J., Chand, A. & Procter, J.2008. Foster children's emotional needs: Child welfare services for minority ethical families: The research reviewed. London: Jessica Kingsley.         [ Links ]

Thomas, N. 2005. Social work with young people in care. New York: Palgrave Macmillan.         [ Links ]

Thompson, N. 2009. People skills.3rd ed. New York: Palgrave Macmillan.         [ Links ]

Tolfree, D. K. 2003. Community based care for separated children. Stockholm: Save the children Sweden.         [ Links ]

Tracy, B. & Tracy-Stein, C. 2012. Kiss that frog: 12 great ways to turn negatives into positives in your life and work. San Francisco: Berett-Koehler.         [ Links ]

UNDP. 2000. Human development report. [8 June 2010].         [ Links ]

UNICEF. 2002. State of the world's children 2002: Child participation. New York: UNICEF.         [ Links ]

Van Heerden, E. 2005. Life skills: My journey, my destiny. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

Van Heerden, E. 2015. Life skills: My journey, my destiny. 2nd ed. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

Van Rooyen, L. & Hartell, C.G. 2002. Health of street child: The relationship between life-style, immunity and HIV/AIDS: A synergy of research. South African Journal of Education, 22(3):188-192.         [ Links ]

Volpi, E. 2003. Children living and working in the street: Promising practices and approaches. Child, Youth and Environments, 13(1):1-30.         [ Links ]

Ward, C.L. 2007. Monitoring the well-being of street children from a rights perspective. In Dawes, A., Bray, R. & van der Merwe, A. (eds). Monitoring child well-being: A South African rights-based approach. Pretoria: HRSC Press, pp. 233-246.         [ Links ]

Wargan, K. & Dreshem, L. 2009. Don't call me a street child: Estimation and characteristics of urban street children in Georgia. [15 February 2016].         [ Links ]

Weiten, W.2007. Psychology themes and variations. 7th ed. Belmont, Calif.: Thomson Wadsworth.         [ Links ]

Wexler, L.P. 2008. Street children and U.S.immigration law: What should be done: Cornel International Law Journal, 41(2):545-575.         [ Links ]

Zastrow, C. 2010. Introduction to social work and social welfare: Empowering people. 9th ed. New York: Thompson Brooks/Cole.         [ Links ]

Zastrow, C. 2014. Introduction to social work and social welfare: Empowering people. 11thed. Canada: Brooks/Cole Cengage Learning.         [ Links ]

Zastrow, C. & Kirst-Ashman, K. 2016. Understanding human behavior and the social environment. Tenth edition. Boston: Cengage Learning.         [ Links ]




ELZAHNE SIMEON verwerf die BMW-graad (Cum Laude) in 2008 aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Sy werk as maatskaplike werker by die Departement Gesondheid en Maatskaplike Ontwikkeling se Afdeling Kinder- en Gesinsorg vanaf 2008 tot 2010. In 2011 aanvaar sy ʼn betrekking as lektor in die Vakgroep Maatskaplike Werk aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Sy verwerf haar meestersgraad in Maatskaplike Werk in dieselfde jaar. Sy is tans ʼn senior lektor in hierdie vakgroep, met kundigheid in kindersorgaangeleenthede, en spesifiek kindersorgwetgewing. Me. Simeon is tans ʼn ingeskrewe doktorale student en beurshouer van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die fokus van haar studie is op straatkinders en spesifiek die ontwikkeling en evaluering van ʼn lewensvaardigheidsprogram vir straatkinders aan die hand van die lewenskaarttegniek. Sy het alreeds twee artikels in geakkrediteerde tydskrifte gepubliseer en gee ook studieleiding aan ʼn aantal magisterstudente. Sy het ook ʼn verskeidenheid konferensie-aanbiedinge gedoen en is ʼn bestuurslid van Thakaneng, ʼn geregistreerde kinder- en jeugsorgsentrum in Potchefstroom.
ELZAHNE SIMEON obtained her BSW degree (Cum Laude) at the Potchefstroom Campus of the North-West University in 2008. She was employed as a social worker at the Child and Family Welfare division of the Department of Health and Social Development from 2008 to 2010. In 2011 she accepted a position as a lecturer in the Subject Group of Social Work at the Potchefstroom Campus of the North-West University. She obtained her master's degree in social work in the same year. She is currently a senior lecturer in this subject group, specialising in child welfare matters, and in child care legislation in particular. Ms Simon is currently a registered doctoral student and bursary holder of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The focus of her study is on street children and specifically the development and evaluation of a life skills programme for street children on the basis of the life map technique. She has already published two papers in refereed journals and she is also supervising a number of master's students. She has made a variety of conference presentations and is a board member of Thakaneng, a registered child and youth care centre in Potchefstroom.



ALIDA HERBST is ʼn medeprofessor in Maatskaplike Werk en direkteur van die Skool vir Psigososiale Gedragswetenskappe aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Sy het uitgebreide praktykervaring in geneeskundige maatskaplike werk en dienslewering aan kinders en gesinne in nood. Haar navorsing fokus op die psigososiale gesondheid van individue, groepe en gemeenskappe. Die klem val op intervensies waar narratiewe benut word in die ondersteuning van persone wat uitdagings ervaar. Sy het in haar doktorale studie ʼn groepwerkprogram ontwikkel en geëvalueer waar lewenskaarte benut is om jong volwassenes met MIV te ondersteun. As outeur en mede-outeur het sy alreeds 18 bydraes in nasionale en internasionale tydskrifte asook ʼn aantal hoofstukke in handboeke oor narratiewe hulpverlening en maatskaplikewerkbestuur gepubliseer. Sy het ook aanbiedings by 41 nasionale en 14 internasionale konferensies gedoen. Haar mees onlangse bydrae was om as redakteur van ʼn Suid-Afrikaanse handboek oor traumaberading op te tree. Sy lewer op ʼn deurlopende basis bydraes by kongresse van die South African Association of Health Educationalists en die Association of Medical Educators in Europa. Sy dien op die redaksie van die vaktydskrif The Social Work Practitioner-Researcher en tree ook op as keurder van bydraes vir ʼn aantal nasionale en internasionale vaktydskrifte. Hierbenewens tree prof. Herbst jaarliks as gasdosent op by die internasionale dae van Thomas Moore en Leuven Universiteite in België.
ALIDA HERBSTis an associate professor in Social Work and director of the School of Psychological and Behavioural Sciences at the Potchefstroom Campus of the North-West University. She has extensive experience of the practice of medical social work and services provided to children and families in need. Her research focuses on the psychosocial health of individuals, groups and communities. The emphasis is on interventions where narrative is utilised in the support of people who are experiencing challenges. In her doctoral studies, she developed and evaluated a group programme where life maps are used to support young adults with HIV. She has already published 18 contributions as author or co-author in national and international journals, as well as a number of chapters in books on narrative counselling and social work management. She also made presentations at 41 national and 14 international conferences. Her most recent contribution was as editor of a South African textbook on trauma counselling. She regularly makes contributions at congresses of the South African Association of Health Educationalists and the Association of Medical Educators in Europe. She serves on the editorial board of the journal The Social Work Practitioner-Researcher and also acts as a reviewer of contributions for a number of national and international journals. In addtition, prof. Herbst is an annual guest lecturer at the international days of Thomas Moore and Leuven Universities in Belgium.



HERMAN STRYDOM was vanaf 1972 tot middel 1987 verbonde aan die Departement Maatskaplike Werk aan die Universiteit van Pretoria, waarna hy aangesluit het by die Skool vir Psigososiale Gedragswetenskappe aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Sy belangstelling in vakverband fokus veral op veroudering, MIV en Vigs en navorsingsmetodologie. Prof. Strydom is outeur en mede-outeur van 126 artikels in geakkrediteerde tydskrifte, asook outeur en mede-outeur van 44 hoofstukke in verskillende handboeke en verwante publikasies. Hy het alreeds 82 aanbiedinge gedoen by nasionale en 96 by internasionale konferensies. Onder sy leiding as studieleier/medestudieleier het 46 magisterkandidate afstudeer, terwyl hy as promotor/medepromotor vir 35 doktorale studente opgetree het. Hy tree ook gereeld op as eksterne eksaminator vir nagraadse studente van die meeste Suid-Afrikaanse Universiteite, en as keurder vir ʼn aantal binnelandse en buitelandse tydskrifte. Hy het alreeds 108 artikels vir hierdie tydskrifte geëvalueer en is by die Nasionale Navorsingstigting as navorser gegradeer sedert 2001. Hy is lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en bestuurslid van die Potchefstroomtak van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Prof. Strydom het ook die Stalsprys vir Maatskaplike Werk van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang in 2005, asook die Distinguished Educator Award van Asaswei (Association of South African Social Work Education Institutions) in 2013.
HERMAN STRYDOM was attached to the Department of Social Work at the University of Pretoria from 1972 until the middle of 1987, whereafter he joined the School of Psychological and Behavioural Sciences at the Potchefstroom Campus of the North-West University. His interests are primarily focused on aging, HIV and AIDS and research methodology. Prof. Strydom is the author/co-author of 126 articles in refereed journals, as well as the author/co-author of 44 chapters in various textbooks and related publications. He has already made 82 presentations at national and 96 at international conferences. 46 master's students graduated under his guidance as supervisor/co-supervisor, while he acted as promoter/co-promoter for 35 doctoral students. He also regularly acts as external examiner for postgraduate students at most South African universities, and as reviewer for a number of local and international journals. He has already reviewed 108 articles for these journals and has been an NRF-graded researcher since 2001. He is a member of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns and an executive member of the Potchefstroom branch of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Prof. Strydom also received the Stals Prize for Social Work from the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in 2005, as well as the Distinguished Educator Award from Asaswei (Association of South African Social Work Education Institutions) in 2013.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License