SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número2-1A revaluation of Eben Venter's Wolf, wolf within the context of his oeuvreS.J. Naudé's The alphabet of birds (2011) - A hybrid between the novel and the short story volume. (Part 2) índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.57 no.2-1 Pretoria jun. 2017

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-1a12 

ARTICLES

 

S.J. Naudé se Alfabet van die voëls (2011) - 'n Hibried tussen die roman en die kortverhaalbundel. (Deel 1)1

 

S.J. Naudé's The alphabet of birds (2011) - A hybrid between the novel and the short story volume. (Part 1)

 

 

Joanita Erasmus-AltI; H.P. Van CollerII

IDepartement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, Universiteit van die Vrystaat. E-pos: joanitaerasmus@gmail.com
IIDepartement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, Universiteit van die Vrystaat. E-pos: vcollerh@ufs.ac.za

 

 


OPSOMMING

Die sosiokulturele en -politieke verband wat daar tussen literatuur en die samelewing bestaan, plaas postmoderne literatuur in 'n direkte verhouding met die moderne wêreldbeskouing waarvolgens daar 'n toenemende behoefte na en tendens van grensoorskryding is. In Naudé se kortverhaalbundel Alfabet van die voëls (2011) kom grensoorskryding op al drie vlakke van die narratologie (storie, verhaal en vertelproses) voor. Aangesien die individuele verhale in Naudé (2011) se bundel langer as die normale kortverhaal is, is daar wat die afsonderlike verhale betref 'n grensoorskryding tussen die kortverhaal en die roman. Die afsonderlike verhale in Naudé se bundel fokus ook nie altyd, soos wat dikwels in kortverhale gebeur, net op een karakter, een plek, 'n spesifieke tyd of draaipunt nie. Alhoewel die afsonderlike verhale in S.J. Naudé se kortverhaalbundel Alfabet van die voëls (2011) as selfstandige verhale gelees kan word, lei die feit dat dieselfde temas deurlopend in die verhale aanwesig is, dat dieselfde karakters in meer as een verhaal optree, asook die feit dat die sewe verhale min of meer dieselfde struktuur, aanbiedingswyse en eienskappe met betrekking tot fokus, perspektief en tyd vertoon, daartoe dat die verhale op subtiele wyse op mekaar inspeel en mekaar aanvul. In feite is dit tipies van die prosasiklus wat een sentrale tema ontwikkel en herhaal. Die gevolg is dat die ontologiese grense tussen verhale bevraagteken word. Op grond hiervan word daar in die artikel uitgegaan van die hipotetiese aanname dat daar in Naudé se teks bepaalde normverskuiwings op die vlak van die genre waargeneem kan word. Vernuwing is uiteraard 'n belangrike kriterium in die beoordeling van letterkundige werke en speel ook 'n groot rol in die resepsie daarvan. Ten slotte is een van die doelwitte van hierdie studie dus ook om implisiet te oordeel oor die feit dat dié bundel - wat selfs internasionaal wyd bekroon en gewaardeer is - nooit die Eugène Maraisprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (in wese 'n aanmoedigingsprys vir 'n debuutwerk of vroeë publikasie) ontvang het nie.

Trefwoorde: S.J. Naudé, Alfabet van die voëls, Grensoorskryding, Genre-grense, Eenheidsbundel, Kortverhaalreeks, Kortverhaalroman, Kortverhaalsekwens, Kortverhaalsamestelling, Kortverhaalsiklus


ABSTRACT

The socio-cultural and political relationship between literature and society implies that postmodern literature - like contemporary world views - reflects an increasing inclination to cross boundaries. Ratiani (2007) is of the opinion that the literary work is an intermediary liminal object or rather a transitional stage between the real world and that of the imagination. Due to the fact that the literary work is a link between these two worlds, the crossing or elimination of boundaries is relevant for literature. When seminal texts within the Afrikaans literary field, especially of the last decade, are scrutinised it becomes clear that the crossing or elimination of boundaries is also an important feature. One of these seminal texts is the volume of short stories by S.J.Naudé, Alfabet van die voëls (2011), translated by the author as The alphabet of birds (2015). The crossing of boundaries takes place on al three of the traditional narratological levels (cf. Rimon-Kenan 1983; Brink 1989): story, discourse and narration. In studies that concentrate on the crossing of borders, there is usually reference to the concept of liminality - a concept introduced by Arnold van Gennep in his publication Les rites de passage (1908). On the webpage border poetics, liminality is defined in the following terms:
[
] liminal refers to a transitory, in-between state or space, which is characterized by indeterminacy, ambiguity, hybridity, potential for subversion and change (border poetics s.j.).
Although the individual short stories in Naudé's book can be read as relatively autonomous entities, there are several reasons why they should rather be seen as interlinked, repeating and developing a central theme - typical of prose cycles. The same theme, or rather thematic node, is present in all the different stories. Many characters appear in more than one story and the same liminal space is present in all of the stories. Seven of these stories are structured in the same way and are even alike as far as narration (focus, perspective and presentation) and time structure are concerned. Several reviewers allude to this as a musical structuring due to the subtle repetitions and variations of a dominant theme. One of the effects is that the ontological boundaries between stories ánd that between a novel and a volume of short stories are questioned and even challenged. In this article one of the central hypotheses is that Naudé's text is unique in Afrikaans literature as an aesthetic revolt against stringent genological boundaries. The separate stories are much longer than what is usually expected of short stories and do not adhere to other ingrained expectations: they do not always concentrate on one character or space and in actual fact are sometimes more akin to the novel. Naudé's novel received several literary prizes and accolades and in its translated form was hailed as remarkable, even in an international context. None of the other prose texts (nor poetical texts for that matter) nominated for one of the most prestigious literary prizes for literary debuts in Afrikaans, the Eugène Marais Prize, awarded by the literary commission of Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (The South African Academy for Arts and Sciences) was hailed internationally as texts of international status. Yet Naudé's text did not receive this prize. This article is therefore also an implied reassessment of that decision.

Keywords: S.J. Naudé,The alphabet of birds, Boundaries, Hybrid genres, Unified volume of short stories, Short story series, Composite novel, Short story sequence, Short story composite, Short story cycle


 

 

1. INLEIDING

Van Coller (1992:153) het in die kielsog van die Grensoorlog opgemerk dat "menswees [binne die Suider-Afrikaanse werklikheid] vir die afgelope jare direk of indirek" deur die gewapende konflik bepaal word: "Hierdie gewapende konflik staan van meet af vir die Suid-Afrikaner in die teken van die grens." Alhoewel die grenssituasie aanvanklik bloot topologies is, verruim dit, volgens Van Coller (ibid.), "bykans altyd (in letterkundige werke) tot 'n situasie waarin die grens metafories simbool word van die geskiedenis van mense (Strachan); lewe en dood (Krüger); geslagtelikheid (Prinsloo) [en] buitestaanderskap [sic] (Van Heerden) []". Hoewel hierdie konflik lank reeds verby is, staan grense binne die eietydse filosofie én letterkunde steeds sentraal (kyk Erasmus-Alt 2016).

Een teks waarin grense en grensoorskryding sentraal staan, is S.J. Naudé se kortverhaalbundel Alfabet van die voëls (2011), 'n kortverhaalbundel wat deur baie kritici gesien word as 'n kruis tussen 'n roman en kortverhaalbundel. In die beoordeling van letterkundige werke is dit veral belangrik om op vernuwings- of tradisie-argumente te let en daarom is vernuwing, ook ten opsigte van genre, uiteraard 'n belangrike kriterium in die beoordeling van dergelike werke.

In beide Smuts (2005) en Van Coller (2010) se bespreking van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se literêre prystoekennings, word veral gefokus op die belangrikste literêre toekenning, naamlik die Hertzogprys vir Letterkunde. Desondanks is ook die Eugène Maraisprys ('n prys vir 'n eerste of tweede werk) 'n besonder belangrike prys. Dit beoordeel nie net (anders as die Hertzogprys) al drie die tradisionale hoof-genres (poësie, prosa en drama) gelyktydig nie, maar deurdat dit gesien word as 'n "aanmoedigingsprys" (Bonthuys 2016:121) word dit ook wyd beskou as 'n "voorspellende prys"; die vroeë sinjalering van besondere literêre talent. Van Coller (2010:499) voel dat "swak" toekennings soms voorkom omdat "werklike belofte dikwels laer ingeskat is as die sogenaamde afgerondheid van werke. Hy beskou die politieke atmosfeer dus nie as 'n bepalende faktor nie" (Bonthuys 2016:122).

In 1994 is die Eugène Maraisprys toegeken aan die knap novelle Die reuk van appels (Mark Behr 1993) en Skoop (1993), die eweneens goeie digbundel van Ronel de Goede. Terugskouend kan egter gevra word of die negering van Eben Venter se roman Foxtrot van die vleiseters (1997) in die lig van laasgenoemde se latere literêre status, nie dalk moontlik beskou sou kon word as 'n dwaling nie.

Daar is al beweer dat 'n terugskouende oordeel wetenskaplik eenvoudig en presies is; literêre gehalte is egter nie iets bloot intrinsieks nie, maar berus óók op ekstrinsieke maatstawwe, wat onder meer verband hou met poëtikale en ideologiese voorkeure. Keurkomitees beoordeel werke op 'n gegewe moment binne 'n bepaalde verband én dinamiek. Die bekroning van Sonja Loots se roman Sirkusboere (2011) kan daarom nie gesien word as 'n fout nie.2 In die lig van die wye internasionale erkenning wat S.J. Naudé se bundel Alfabet van die voëls ontvang het, sou die vraag egter met reg geopper kon word of sy werk nie straks die wenner moes gewees het nie.

'n Redelike aantal resensies het as resepsieprodukte na aanleiding van Naudé se teks verskyn. Kritici is deur die bank vol lof vir hierdie debuutbundel. In 'n boekbespreking van Maroela Media (2011) word Alfabet van die voëls as bakenverskuiwend bestempel. Van den Berg (2011:7) beskryf dit as "'n debuutbundel wat enige ernstige leser opgewonde maak oor die toekoms van die kortverhaal in Afrikaans". Volgens Viljoen (2011b:6) gebeur dit min dat "'n mens 'n debuut met hierdie graad van rypheid en afronding te lese kry". Ferreira (2012) beskou dit as 'n "buitengewone debuut" en spreek die ironiese hoop uit dat "[d]iegene wat moet toesien dat die mediawet-in-wording behoorlik nagekom word [] 'n streng oog op hierdie talentvolle skrywer moet hou". Van Niekerk (2012:167) beskou Naudé se debuutwerk as "een van die min produkte van grade in kreatiewe skryfkunde wat 'n mens werklik opgewonde maak oor wat hierdie nuwe skrywer nog verder gaan oplewer".

Op die agterblad van Alfabet van die voëls (2011) skryf André P. Brink soos volg:

Die verbysterende verskeidenheid verhale in SJ Naudé se merkwaardige bundel Alfabet van die voëls tel onder die bestes in Afrikaans, gebou op terugkerende motiewe en gegewens soos musiek; vertrek en reis; sprokies en mites; siekte, aftakeling, sterwe en dood; stede; 'n soeke na herkomste en oorspronge; vergeet en onthou; instink en rede; dit wat beskryf of gesê is teenoor dit wat vir altyd onuitgespreek of onbeskryfbaar bly; of die plek of gedaantes van die liefde in menslike verhoudings dit alles vorm op 'n manier 'n herbesoek aan Willem van der Berg se Reisigers na nêrens (1946) in die post-apokaliptiese toonaard van die 21ste eeu. Vir enige leser wat wil bybly by wat op die voorpunt van die Afrikaanse literatuur gebeur, is hierdie bundel werklik onmisbaar. (Brink in Naudé 2011:agterblad)

Dit is onvermydelik dat die lofbetuiging deur so 'n rolspeler binne die literêre veld ook op die kritiek van ander resensente 'n effek kon hê.

In 2015 is Naudé se eie vertaling van Alfabet van die voëls as The alphabet of birds deur die uitgewer And Other Stories uitgegee. Hieroor berig Ivan Vladislavić, skrywer van The restless supermarket (2001) en Double negative (2011), soos volg:

This is fiction attuned to the 'borderless world' inhabited by the 'lapsed South Africans' of the post-apartheid era. Naudé's debut was acclaimed in the Afrikaans literary world, marking the arrival of a questioning, cosmopolitan writer. This English translation will bring him the wider readership he deserves. (Vladislavić 2014 [Vladislavić se vetdruk])

'n Groot aantal Engelse resensies verskyn ook as resepsieprodukte na aanleiding van hierdie vertaling. Damon Galgut, skrywer van Arctic summer (2014), beskryf die werk as "[c]ool and intelligent, unsettling and deeply felt, Naudé's voice is something new in South African writing" (Galgut 2014b). Igoni Barret van The Africa Report (2015) beskryf Naudé se bundel as "a work of contemplative mastery" (Barret 2015), terwyl Carli Coetzee van Africa in Words (2015) Naudé as 'n "extraordinary intellect" beskryf: "[] and he is worth reading in whichever language version you can get hold of or access" (Coetzee 2015). Patrick Flanery beskryf die verhale in Naudé se kortverhaalbundel as "'[b]eautifully shaped and often heartbreaking [...] this collection announces the arrival of a writer of great humanity and style" (Flanery aangehaal op die Webblad van And Other Stories Publishing 2015). Allison Kelly van die Times Literary Supplement wys op die wyse waarop Naudé met komplekse vrae omgaan: "Naude's [sic] honest confrontation of [complex] questions is unsettling the response he is guiding us towards in these disturbing yet uplifting stories is openness" (Kelly aangehaal op die webblad And Other Stories Publishing 2015). Neel Mukherjee, skrywer van The lives of others (2014), is ook vol lof: "Here is the beginning of something extraordinary. Profound, complex, luminously written, and brilliantly orchestrated, SJ Naudé's first collection establishes him indubitably as a writer who will reshape the contours of South African literature in years to come" (Webblad van And Other Stories Publishing 2015).

Ook in talle ander resensies word The Alphabet of Birds (2015) deur kritici hoog aangeslaan:

The Alphabet of Birds is a marvellously dense book and rewarding for that ... Naudé has composed such beautiful, honed prose that it drives you passionately and cerebrally from page to page, from story to story. []." (Schimke 2014).

Anneke Rautenbach van die L.A. Review of Books beskryf die teks as kompak:

[] it lends itself to moments rather than histories, to nuance and detail rather than 'skimming over the surface of this country,' []. The stories themselves seem palpably to search for a new mode of expression, at least intermittently: music, dance, noise, and mathematics are just some of the avenues his characters explore in a place where language seems increasingly limited (Rautenbach 2015).

Naudé skillfully evokes a brave new world where everywhere is everywhere and nothing is as certain as it might once have been. []. It's a uniquely South African spin on a universal battle: the fight to understand who you are and what your place in the world might be" (McIndoe 2014).

SJ Naudé's simple but elegant prose creates stories that are incredibly realistic yet atmosphere is such that the reader experiences a slowly building terror of everything being on the verge of falling apart that these characters' lives are as fragile and brittle as the bones of birds, and possibly as hollow. []. It's this kind of desperation to find communication and connection that makes these stories such a profoundly affecting read" (Ley-Lange 2015).

Naudé's cool, incisive prose acts as a scalpel, laying bare the sinews and tendons of the stories he is telling. The Alphabet of Birds, translated here from the original Afrikaans by Naudé himself, is not a collection for the faint of heart but it does not leave us entirely without hope. The protagonists are ever searching for more in the face of disaster. And sometimes in this accelerating world of cascading information, we need to cut through the noise to get at the heart of the matter. In Naudé, we have an able surgeon (Hay 2015).

Throughout The Alphabet of Birds, Naude [sic] manages to use individual stories to explore political situations, and therefore illuminates without preaching. []. The stories in The Alphabet of Birds maintain a consistently high quality, managing to be coherent in tone whilst also featuring enough diverse subject matter and locations to ensure that interest levels don't drop. Overall, the collection exceeded my expectations [] (Cuell 2015).

Hard to describe then why it seems so satisfying. The quality of the writing, creative and distinct, must be part of the reason. And the fact that life is often nasty, brutish and yet seems to go on forever may be another. Naudé's work is compelling and I hope to see more of it (Johnson 2015).

Naudé has a beautiful way with his prose that makes these stories feel consoling rather than avoiding uncomfortable dilemmas or feelings (Oates 2015).

Think Leonard Cohen without the 'Hallelujah', think Naudé. Your brain will have images emblazoned on it for some time to come. [] Lyrical, powerful and intensely moving. You will not readily forget this book (Dickson 2015).

South African expats confront dislocation and illness in this soulful, well-written debut story collection [] whether examining the corrupt health-care system of South Africa or the 'borderless world's financial elite' in places such as London and Dubai, Naudé remains a breathtaking, tender writer (Carter s.j.).

The collection of short stories offers an informed insider's exploration of the country's politics through its ostracized sub-cultures and communities Themes of origins and travel, among others, are what link these otherwise diverse stories that are intelligent yet simple (Charlesworth aangehaal op die webblad And Other Stories Publishing 2015).

There is no limbo here; only the sharp edge of a knife, and on each side equally strange realities. Naudé's The Alphabet of Birds displays a dizzying array of textures, refracting the various facts and facets of our microcosmos. Naudé's book becomes a meditation on the nature of loss, a striking series of portraits that reflects, with full honesty, without sentimentality, the constancy of the human condition (Zuckerman aangehaal op die webblad And Other Stories Publishing 2015).

Elliptical and ambitious, these stories communicate more through the silence of what isn't said or revealed than through elaborate explication (Kirkus Reviews s.j.).

Voorafgaande lowende oordele is inderwaarheid seldsaam vir 'n Afrikaanse skrywer, veral een wat met die verskyning van sy teks onbekend was. Daarom is dit kwalik vreemd dat Naudé se Alfabet van die voëls met verskeie toekennings bekroon is:

2012: Die Universiteit van Johannesburg se debuutprys

2012: Die Jan Rabie Rapport-Prys

2012: 'n Sala-toekenning (South African Literary Award) in die debuut-kategorie (Burger 2012).

2014: Die Jan Rabie en Marjorie Wallace-Skryfbeurs - die grootste toekenning vir kreatiewe skryfwerk in Suid-Afrika (And Other Stories Publishing 2015).

Die feit dat Naudé reeds met sy debuut 'n vernuwende bydrae tot die kortverhaalgenre gelewer het, word in bykans elke (Afrikaanse) bespreking genoem en daar bestaan nogal 'n verskil van mening oor presies hoe hierdie bundel getipeer sou kon word: 'n kortverhaalbundel met sterk onderlinge skakeling, 'n verhale-siklus, 'n verkapte roman? Dit lyk daarom gewens om hierdie bundel te bespreek eers ná 'n kort (genologiese) oorsig van moontlike tipes verhaalbundels.

 

2. 'N OORSIG VAN TIPES KORTVERHAALBUNDELS MET 'N BESONDERE SAMEHANG

In 'n artikel getiteld Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 1: Teoretiese uitgangspunte (2011) verskaf Botes en Cochrane 'n waardevolle en uitgebreide uiteensetting oor die strukturering van en verskille "tussen die tipe bundel wat in die Afrikaanse tradisie as eenheidsbundel bekend staan en die genre wat in internasionale genrekritiek 'n kortverhaalsiklus genoem word" (Botes & Cochrane 2011:118 [Botes en Cochrane se kursivering]). In die Amerikaanse literatuurgeskiedenis identifiseer Smith (2011:1) en Morell (2005), benewens die term kortverhaalsiklus, ook die volgende benaminge vir kortverhaalbundels waarin daar 'n tipe kohesie tussen die verhale bestaan:

'n Kortverhaalreeks

'n Narratief van verwante verhale

'n Sirkel van verhale

'n Verhaalkring

'n Verhaalkruising

'n Verenigde kortverhaalversameling

'n Saamgestelde roman

'n Roman in stories

'n Kortverhaalsekwens.

Botes en Cochrane (2011) struktureer hul artikel rondom twee sambreelterme, die eenheidsbundel en die kortverhaalsiklus. Die probleem waarvoor die genoemde skrywers te staan kom, is of "die term eenheidsbundel as sambreelterm geskik is om te verwys na bundels waarin daar bloot ooreenkomste tussen verhale aangedui kan word - dikwels deur tematiese verwantskappe tussen verhale of deur herhalende motiewe [] aan die een kant en bundels [] waarin verhale so dig verweef is deur 'n verskeidenheid tegnieke dat die interpretasie van die korter tekste gewysig word deur die spesifieke plasing daarvan binne bundelverband" (Botes & Cochrane 2011:117).

Strydom (1976:13) se onderskeid tussen die siklus, waarin 'n tema in 'n kontinue van tyd en ruimte ontwikkel word in 'n onverwisselbare volgorde, en die reeks of serie,3 wat betrekking het op die herhaling van 'n tema in diskontinue tyd en ruimte in 'n verwisselbare volgorde, blyk die basis te wees vir 'n besinning ten opsigte van die strukturering van en verskille tussen kortverhaalbundels met sterk onderlinge skakeling.

Soos reeds genoem, word die term eenheidsbundel in die Afrikaanse literatuurtradisie dikwels as sambreelterm gebruik vir bundels waarin daar 'n bepaalde kohesie tussen die afsonderlike verhale voorkom. Botes en Cochrane (2011:146) wys daarop dat die term eenheidsbundel as oorkoepelende term vir twee tipes tekste gebruik word:

[.].. enersyds om te verwys na kortverhaalbundels waarin enkele bindingselemente (soos 'n gedeelde tema) tussen die onafhanklike kortverhale nagespeur kan word en wat daartoe lei dat die bundel 'n sekere geheelindruk by die leser skep; en andersyds om te verwys na versamelings tekste waarin daar 'n spesifieke spanning tussen die outonome korter tekste en die koherente groter geheel tot stand kom en wat as gevolg van hierdie spanning op so 'n wyse met mekaar skakel dat die betekenis van die bundel as geheel groter is as die som van die betekenisse van die individuele korter tekste. Hierdie tweede tipe bundel, wat in Afrikaans onder die noemer van die eenheidsbundel bekend staan, word in internasionale kritiek as 'n afsonderlike genre - die kortverhaalsiklus - beskou.

Van Coller (1980:11) wys daarop dat die begrip siklus teruggevoer kan word na die Griekse term kuklos wat "kring" beteken: "Hieruit volg logies dat die term siklus gebruik word om 'n groep verhale of gedigte te tipeer wat kring om die sentrale tema, gebeure of figuur" [Van Coller se kursivering]. Volgens Van Coller (1980:12) impliseer die "kring om" dat daar 'n middelpunt is, "'n sentrale kern wat naas die sentrale gebeure of persoon [] ook 'n sentrale tema of motief kan wees. []. Hierdie in sigself geslote geheel bestaan uit dele wat 'n samehang vertoon, gekenmerk word deur 'n sterk vormwil en in 'n bepaalde verband gegroepeer is." Van Coller (1980:12-13) verduidelik voorts dat genoemde dele telkens die grondmotief ontwikkel of herhaal, maar dat geen enkele deel die sentrale of oorkoepelende tema ten volle uitdruk nie. Met betrekking tot die herhalende eienskappe in die kortverhaal, noem Smith (2011:2) dat hierdie werke dus nie siklies is in die sin dat dit altyd op dieselfde wyse begin en eindig nie, of dat dit deur simmetriese stadiums gaan nie. Kortverhaalsiklusse verskil van die lied- of sonnetsiklus, wat gekarakteriseer word deur 'n organiese verwantskap met tyd en wat simmetriese herhalings tot gevolg het. Die verbindingstrukture in die kortverhaalsiklus dien as asse waarom die verhaal draai Smith (ibid.). Volgens Van Coller (1980:13-14) is die "omloop" of "kringloop" 'n dinamiese proses, waarin die begintoestand na die deurloop van 'n paar frases, weer bereik word. Hierdie proses sou, volgens hom, egter eerder 'n spiraalbeweging as sirkelbeweging genoem kon word, aangesien dit in wese 'n terugkeer na 'n vroeë stadium is wat gevolglik die ontwikkeling laat voortstu. Dit is belangrik dat hierdie omloop, of kringloop, ook nie bloot 'n terugkeer na die beginstadium is nie. 'n Standhoudende kern word voortdurend in "chronologiese, onverwisselbare volgorde" ontwikkel en herhaal om, nadat die ontwikkeling voltrek is, in 'n gewysigde vorm na die beginpunte terug te keer. Deur hierdie proses word 'n totaalbetekenis daargestel "wat in geen een van die afsonderlike dele ten volle gerealiseer is nie" (ibid.). In 'n neutedop word dus verwys na 'n groep verhale wat aan mekaar verbonde is ten einde die gevoel van 'n groter geheel te skep.

Soos reeds genoem, is daar op die internasionale front verskillende benaminge vir kortverhaalbundels waarin daar 'n tipe kohesie tussen die verhale bestaan. Die mees algemene hiervan word vervolgens kortliks bespreek.

2.1 Die kortverhaalroman (saamgestelde roman)

Belén en Lucas (1996:239) beskou die kortverhaalsiklus as 'n fragmentariese genre, wat 'n hibried tussen die roman en die kortverhaal is: "it exists on the borderline between both forms, combining their normatives and thus subverting them".4 Dunn en Morris (1995:5, 7) stel die term saamgestelde roman voor, aangesien dit die geheel beklemtoon, terwyl die term kortverhaalsiklus nie voorsiening maak vir werke wat nie tradisioneel as stories, fiksie of prosa beskou word nie. In hierdie verband word verwys na die insluiting van ander tekssoorte soos gedigte, kort dramas en selfs rituele, seremonies en resepte. Die term saamgestelde roman word dan soos volg deur genoemde skrywers geformuleer:

The composite novel is a literary work composed of shorter texts that - though individually complete and autonomous - are interrelated in a coherent whole according to one or more organising principles. (Dunn & Morris 1995:xiii)

Ook in die Afrikaanse literatuur is daar kortverhaalbundels wat veel nader aan die roman staan, wat die "grys gebied tussen kortverhaal[bundel] en roman verken" (Snyman 2011:6). Ferreira (2012) noem dat hierdie tipe roman ook as die roman in schuifjes, roman à tiroir of miniroman bekend staan. Tog word die sikliese ordening van hierdie tipe dikwels negeer en word dit in die Afrikaanse literatuurtradisie onder die sambreelterm eenheidsbundel eerder as kortverhaalsiklus geklassifiseer (daar is reeds verwys na Botes en Cochrane se verduideliking dat die sambreelterm eenheidsbundel dikwels as sambreelterm vir twee tipes tekste gebruik word). Ook Uys (2012:13-15) gebruik die sambreelterm eenheidsbundel wanneer hy verwys na kortverhaalbundels met 'n baie meer bewustelik integrale wisselwerking tussen die afsonderlike verhale en die geheel wat deur "sterk romanagtige karaktertrekke, tematies en struktureel," gekenmerk word. Tekstuele en strukturele eenheid word deur karakteroorvleueling en duidelike tematiese skakelings tussen verskillende verhale, asook deur middel van die herhaling van dieselfde motiewe oor verhaalgrense heen, teweeggebring. Die vertellende instansie mag ook bydra tot die algehele bundeleenheid. Hierdie bundels laat 'n geheelindruk, aangesien dit inhoudelik en struktureel 'n hegte eenheid vertoon wat klaarblyklik in 'n kategorie tuishoort wat iewers tussen die roman en die kortverhaalbundel lê (ibid.). Die feit dat daar iets inherent verhaalmatigs in die siklus as struktuurbeginsel skuil (Strydom 1976:15), versterk die eis dat die kortverhaalroman as 'n subgenre van die kortverhaalsiklus eerder as van die eenheidsbundel beskou kan word.

2.2 Die kortverhaalsekwens

Luscher (1989:148-149) verkies die term kortverhaalsekwens en beskryf die genre soos volg: "a volume of stories, collected and organized by their author, in which the reader successively realizes underlying patterns of coherence by continual modifications of his perceptions of pattern and theme". Volgens Luscher (1989:148) is elke verhaal, binne die konteks van die sekwens, dus nie 'n volledig afgeslote formele ervaring nie:

The volume as a whole becomes an open book, inviting the reader to construct a network of associations that binds the stories together and lends them cumulative thematic impact.

Die verskil tussen die kortverhaalsiklus, en die kortverhaalsekwens kan, volgens Ferguson (2003:2), na die terme siklus en sekwens teruggevoer word. "Siklies" beteken om in die rondte te gaan ten opsigte van tyd, met inagneming van 'n tema, met 'n terugkeer na die punt van oorsprong. Daarteenoor vind skakeling tussen sekwense deur ontwikkeling van tyd of tema van een plek na 'n ander plaas (ibid.).

Botes en Cochrane (2011:131) bemerk egter die volgende leemtes in die gebruik van die term:

Luscher se voorkeur vir die benaming sequence (reeks) eerder as cycle is dus gebaseer op die leser se interpretasie van die tekste as 'n groeiende geheel, wat volgens hom opvolgend is. Hoewel dit so is dat die leser stelselmatig (soos die leesproses van teks tot teks verloop) 'n interpretasie van die geheel vorm, beteken dit nie dat dit 'n lineêre proses vooropstel nie. Die patrone wat in die groter geheel tot stand kom, het byvoorbeeld dikwels tot gevolg dat vroeëre interpretasies van vorige dele van die geheel gewysig word deur 'n outonome teks wat later in die groter geheel aangebied word. Dikwels moet 'n kortverhaalsiklus as eenheid herlees word om die betekenis van die geheel (wat deur die afsonderlike eenhede geskep word) te laat realiseer [Botes & Cochrane se kursivering].

2.3 Die kortverhaalsamestelling

Silverman het die term kortverhaalsamestelling voorgestel (Lundén 1999:14) en definieer dit soos volg: "'a group of stories written by one author, arranged in a definite order, and intended to produce a specific effect. Though every story of the composite can be understood in isolation, the stories have an added dimension when seen as co-ordinate parts of the larger whole'" (Silverman in Lundén 1999:14). Botes en Cochrane (2011:132) ag die term egter as ontoereikend om die verskil tussen 'n kortverhaalsiklus en minder hegte kortverhaalbundels soos die eenheidsbundel aan te dui. Die term samestelling dui volgens genoemde skrywers ook nie op die spesifieke mate van kohesie tussen die verskillende verhale in 'n kortverhaalsiklus nie. Lundén (1999:32) is egter van mening dat die kortverhaalsamestelling waarskynlik die narratiewe metode is waardeur die kenmerke van twee gevestigde genres, naamlik die kortverhaal en die roman, op die mees eksplisiete en doelbewuste wyse gekombineer word:

To see the genre of the short story composite as extending over a spectrum with a gradual transition from one sub-genre to another is a sensible approach. It allows for various structural patterns to emerge without the rigidity of exact boundaries. []. I would [] suggest that the short story composite within it forms four general structural patterns, [] the cycle, the sequence, the cluster, and the novella. I suggest these terms in the belief that they are descriptive of the structural configuration they are meant to denote [] (Lundén 1999:36-37 [Lundén se kursivering]).

Lundén (1999:37) noem dat beide die siklus en die sekwens deur 'n betreklike hoë graad van eenheid en samehang gekarakteriseer word. Volgens Lundén (ibid.) verwys die term siklus na 'n kortverhaalsamestelling wat siklies georganiseer is en waarin daar in die laaste verhaal 'n finale ontknoping en 'n terugkeer na die begin is. Met die term sekwens verwys Lundén (ibid.) na 'n sekwensiële narratiewe patroon waar een storie, soos in 'n ry, tot die ander toegevoeg word, "locking into it, but, taken together, not exhibiting a strong sense of unity and closure".

In 'n vergelyking met die tradisionele roman bemerk Lundén (1999:40) die volgende:

[] it would appear that the only two distinctive features of the short story composite in relation to the novel are the closed structure of each of the interdependent stories in combination with the significant temporal and special gaps between them; chapters or segments/sections of novels, traditional or experimental, are more open-ended, deliberately seeking linkage and coherence with other parts of a more or less continuous narrative. [] in comparison with the traditional novel, the short story composite exhibits a greater polyphony and openness, but these are less distinctive features when we speak also of later developments of the novel.

Matheny (2012:1) noem dat, ten spyte van die feit dat daar konsensus onder kritici ten gunste van die term kortverhaalsiklus is, ook sy die term kortverhaalsamestelling verkies aangesien dit volgens haar die multi-gefasetteerde aard van die genre se narratiewe struktuur reflekteer - iets wat nie tot siklisiteit of sekwensialiteit ingekort kan word nie.

'n Sterk vormwil, as een van die kenmerke van die siklus waarna daar vroeër verwys is, maak egter wel deel uit van al bostaande genre-definisies. In sy definiëring van die kortverhaalsamestelling verwys Silverman (in Lundén 1999:14) spesifiek na 'n definitiewe volgorde met die oog op 'n spesifieke effek, terwyl die "kumulatiewe impak" waarna Luscher (1989:148) in sy beskrywing van die kortverhaalsekwens verwys, uiteraard ook onderworpe aan 'n bepaalde verhaalordening is.

Alhoewel Botes en Cochrane (2011:122) se artikel 'n uiters waardevolle bydrae tot die genre van die kortverhaalsiklus lewer, is daar tog 'n gevoel dat die siklus/reeks-onderskeiding meer prominensie kon verdien. In die afdeling "Teoretiese uitgangspunte (Die onderskeid tussen eenhede, siklusse en reeks in die kortprosa)" word die onderskeid tussen die eenheidsbundel en die kortverhaalsiklus soos volg saamgevat: "Die mate van koherensie in die eenheidsbundel is meestal beduidend minder as in die kortverhaalsiklus, want by die eenheidsbundel skep die gedeelde tema, stemming of verteltegniek hoogstens 'n geheelindruk, maar sonder dat die afsonderlike verhale binne bundelverband 'n bykomende betekenis of interpretasiemoontlikheid verkry wat verlore gaan wanneer die verhale in isolasie gelees word" (Botes & Cochrane 2011:122). Soortgelyke beskrywings waarin die mate van "spanning tussen outonomie en koherensie", sonder enige direkte verwysing na 'n onverwisselbare volgorde, as die belangrikste onderskeidende kriteria in die definiëring van die eenheidsbundel en die kortverhaalsiklus gebruik word, word ook aangetref in Botes en Cochrane (2011:123, 124, 135).

Uit die oorsigtelike ondersoek na die verskillende benaminge vir kortverhaalbundels waarin daar 'n tipe kohesie tussen die verhale bestaan, blyk dit dus dat baie van die terme oorvleuel en by implikasie een definisie uitsluit (kyk Matheny 2012:ii). Smith (2011:5) is van mening dat die beste oplossing sou wees om die kortverhaalsiklus as 'n sub-genre wat met sommige ander genres "stoei" te onderskei. Aangesien dit geregverdig is om die siklus as 'n hibride te beskryf, konstitueer dit ook 'n afsonderlike sub-genre waarna Smith (ibid.) as 'n genre oor genre verwys.

 

3. EENHEIDSMERKERS IN DIE KORTVERHAALSIKLUS EN EENHEIDSBUNDEL

Eenheidskeppende elemente in kortverhaalbundels met 'n eenheidskarakter sluit tyd, ruimte, karakter, gebeurtenis en struktuur in. Hierdie elemente vorm gewoonlik patrone, wat kan dui op 'n progressie binne die siklus - 'n simboliese patroon of 'n patroon van karakterontwikkeling wat periodiek sy herverskyning in die siklus maak. Dit vorm die betekenisvolle elemente wat tot die siklus bydra, maar moet naas ander elemente soos die titel van die versameling, die narratiewe tegniek, die volgorde waarin die verhale gerangskik is, die algemene tematiek en die oorkoepelende simboliese struktuur bestudeer word (Smith 2011:10; Forkner 2012:7). Forkner (2012:8) waarsku dat die teenwoordigheid van slegs een van die genoemde elemente nie 'n bundel as 'n siklus kan tipeer nie. Soos in enige (prosa)siklus is daar altyd spanning tussen die enkelteks (en die selfgenoegsaamheid daarvan) en die sikliese geheel.5

3.1 Volgorde van verhale

Die doelbewuste organisasie van verhale beïnvloed die lees van die versameling (Forkner 2012:19). Volgens Forkner (2012:8-9) kan die volgorde van die verhale meer as enige ander element (byvoorbeeld karakter, simboliek en tema) die ware struktuur van 'n siklus ontsluit. Daar is altyd ten minste een verhaal wat sodanig geplaas is dat dit die siklus saamsnoer. In sommige gevalle kan twee of meer verhale as saambindende sleutelverhale optree. Hierdie verhale dra groter gewig, dui op die uiteindelike progressie of stagnasie van sekere karakters of temas en vorm die ruggraat van die siklus. Lynch (1991:97) noem dat, in die herverskyning van patrone in 'n verhaalsekwens (kyk 2.2), waarin temas en motiewe progressief deur die loop van die bundel ontwikkel, die eerste en laaste verhale van kardinale belang is. Die laaste verhaal is waarskynlik die kragtigste, aangesien die patrone van herverskyning en ontwikkeling wat in die openingsverhaal in die vooruitsig gestel is, hier tot volle uitdrukking kom. Volgens Lynch bepaal die openingsverhale van siklusse waarin ruimte as eenheidskeppende element optree, gewoonlik die plasing van die daaropvolgende verhale op sodanige wyse dat ruimte as een van die belangrikste akteurs in die siklus voorgestel word.

Verhale kan egter ook chronologies geplaas word ten opsigte van tydsverloop (verhoging of verlaging van die ouderdomme van die karakters), of volgens 'n ruimteverandering. In hierdie geval ondersteun elke verhaal ook die oorkoepelende struktuur. Die eerste en laaste verhale is egter gewoonlik van besondere belang, aangesien die siklus daardeur bekendgestel en afgesluit word. Hierdie verhale funksioneer dus as die fondasies waarop die siklus rus (Forkner 2012:8-9).

Belén en Lucas (1996:244) noem dat dit kenmerkend van die postmoderne siklus is om chronologie te verbreek. Hierdeur word ruimte aan die skrywer gelaat om verskillende weergawes van dieselfde gebeurtenis te gee. Hierdie herskrywing kan plaasvind deurdat dieselfde verteller of protagonis vanuit verskillende stadiums van sy of haar lewe terugkyk.

Ingram (1971:19-20) beweer dat in die kortverhaalsiklus die rangskikking van die verskillende tekste 'n skrywerskeuse (abstrakte outeurskeuse) is. Op grond hiervan onderskei Ingram (1971:17) tussen die volgende:

Saamgestelde siklusse, waarin die skrywer van meet af aan die bundel as 'n siklus bedoel het;

gerangskikte siklusse, waarin die kortprosa na die voltooiing van die bundel deur die skrywer of redakteur bymekaar gevoeg is, en

voltooide siklusse waarin die skrywer deur die loop van die skryfproses bewus geraak het van sekere bindingsmotiewe in die individuele tekste en dit toe, tydens die voltooiingsproses, verder uitgebrei het.

3.2 Die siklus- of bundeltitel en verhaaltitels

Oor die bundeltitel berig Bekker (1970:111) - enigsins moeisaam - soos volg:

Ons het [] hier 'n volwaardige eenheidsbevrediging van die bundeltitel en van daaruit verbreed die bundel verder. Dit lyk na 'n [] tussenstadium van verdigtende bundeling van die hooflyne van die bundel. Waar met binnegroeperinge gewerk word wat uiteraard verwydering kan bring, kan so 'n tussenstasie 'n waardevolle bindingsmiddel in 'n ruim oppervlak word.

Volgens Bekker (1970:110) is die siklustitel nie bloot 'n luukse nie:

[] die siklustitel bring 'n onvermoede ekstra, hy lê 'n potensialiteit [] bloot. Of anders gestel: die suggestie word tot spraak gebring. Hoewel hy nie in die selfstandige bestaan van die individuele []-situasies ingryp nie, kan hy as interne gemene deler tog by 'n bepaalde voltrekking en ondanks sy gedistansieerdheid, instemmend aanwesig wees.

Dit is juis die titel, volgens Bekker (1970:117), wat die "die punt [is] waardeur 'n stel strale gaan".

Bekker (1970:109) identifiseer 'n bepaalde ontwikkelingspatroon wat in die titels van gedigte bespeur kan word - iets wat dus ook in die kortverhaalsiklus van toepassing sou kon wees. Nog 'n eenheidskeppende element waarna Bekker (1970:51) verwys, is die aanwesigheid van 'n bepaalde metriese patroon of "ritmiese substraat" in die onderskeie titels. Volgens Uys (2012:93) kan daar ook strukturele eenheid tussen titels wees. As voorbeeld hiervan verwys hy na aparte verhale wat eenwoordtitels het.

3.3 Kruisverwysings tussen verhale: ruimte

Kruisverwysings tussen verhale kan ook bydra tot strukturele eenheid in 'n bundel (Uys 2012:95). As voorbeelde word genoem die gebruikmaking van anekdotes en grappe, of bloot vlugtige verwysings. Uys (2012:214) wys voorts daarop dat kruisverwysings onder andere die volgende komponente kan behels:

Tekstuele aanduidings dat dieselfde geografiese ruimte as 'n reël in die bundel geld, en

tekstuele aanduidings dat die verskyning van sommige karakters nie tot 'n enkele verhaal beperk word nie.

Nagel (2004:17) beskou ruimte as een van die eenheidsmerkers wat die meeste in die kortverhaalsiklus voorkom. Klassieke werke waarin eenheid hoofsaaklik deur plek bewerkstellig is, sluit volgens Lynch (1991:94) in Scott se Village of Viger (1896), James Joyce se Dubliners (1914), Anderson se Winesburg, Ohio (1919) en George Elliott se The kissing man (1962), wat in 'n naamlose dorp gebaseer op Strathroy, Ontario, afspeel. Verdere voorbeelde waarna Lynch verwys, is Hugh Hood se Around the mountain (1967) wat in Montreal afspeel, Hodgin se Spit Delaney's Island (1976), en Sandra Birdsell se Night travellers (1982) en Ladies of the house (1984), wat albei in die fiksionele gemeenskap van Agassiz, Manitoba, afspeel.

Wanneer ruimte as eenheidsmerker funksioneer, speel die meeste van die korter verhale gewoonlik in dieselfde fisiese, psigologiese of simboliese ruimtes af en word prominente bakens regdeur die siklus aangetref om die gebeure deur 'n kontinue ervaring van plek saam te snoer (Nagel 2004:17).

Uys (2012:266) vestig die aandag daarop dat ruimte na die vertelruimte verwys, maar ook na die fisiese, geografiese ruimte wat as 'n gemeenskaplike leefruimte in 'n bundel aangebied kan word. Voorts identifiseer Uys (2012:215) nie slegs geografiese name as eenheidskeppende elemente in 'n bundel nie - daar word ook na spesifieke ruimtelike merkers verwys. As voorbeelde word woorde soos bo-strate, park en berg genoem. Al sou karakters tot verskillende verhale behoort, kan 'n gemeenskaplike ruimte tot veralgemening bydra deurdat die aangeduide ligging hulle as verteenwoordigers van ander karakters in die bundel betrek.

3.4 Kruisverwysings tussen verhale: karakteraanwending

'n Belangrike eenheidskeppende element in die kortverhaalsiklus is karakteraanwending (Forkner 2012:7; Smith 2011:10). Sodanige karakters is dikwels uit dieselfde gesin. Ten opsigte van oorvleuelende karakters wys Uys (2012:245 246) daarop dat, benewens die feit dat karakters in afsonderlike verhale in 'n bundel herhalend kan voorkom, hulle ook verteenwoordigend van ander karakters in die bundel kan wees, en dat karakters in die verskillende verhale met mekaar in verband gebring kan word asof hulle spieëlbeelde van mekaar sou wees.

Dunn en Morris (1995:15) identifiseer die gebruik van sowel 'n enkele protagonis as die gebruik van 'n meer komplekse kollektiewe protagonis as belangrike wyses tot eenheidskepping in 'n bundel.

3.5 Vertelsituasie

Die wyse waarop die vertelsituasie hanteer word, kan ook bydra tot eenheidskepping in 'n bundel. Ten opsigte van die vertelsituasie as eenheidskeppende element, word veral gefokus op vertelfokus, die fokalisasie van die verteller, perspektiewe en die vertelwyse (Uys 2012:247).

Uys (2012:248) wys op 'n algemene verskynsel in ou vorme van die roman waarvolgens die hoofverhaal en die ingebedde stories in 'n verduidelikende verhouding teenoor mekaar staan met een storie wat die toestande in die ander storie(s) verduidelik en sodoende 'n eksposisionele rol vervul. Sodanige tegniek kan ook in diens van bundeleenheid aangewend word.

3.6 Gemeenskaplike tekstuele patrone: motiewe, sluitingsmomente

Dunn en Morris (1995:15) noem tekstuele patrone as koherensiemerkers in 'n kortverhaalbundel. Hieronder word twee tipes geïdentifiseer: storiepatrone en motiefpatrone. Volgens Dunn en Morris (ibid.) skakel storiepatrone, soos motiewe, ook met die tema van die teks en gaan dit om ooreenstemmende intrigelyne wat die leser deur identiese of ooreenstemmende aksie of struktuur in elke verhaal as 'n eenheid kan herken.

Uys (2012:96) identifiseer voorts dat eenheid in die kortverhaalbundel ook deur ooreenkomste in die sluiting (of afwesigheid van sluiting) van die afsonderlike verhale in die bundel teweeggebring kan word.

3.8 Intertekstualiteit

Dit is egter nie slegs teksinterne aspekte wat 'n wisselwerking tussen verskillende verhale bewerkstellig nie. Ook intertekstualiteit kan 'n prominente rol hierin speel (Uys 2012:38). Intertekstualiteit binne 'n siklus verskaf nie slegs leidrade ten opsigte van die verbindings tussen verhale nie, maar onderstreep ook die hooftemas (Forkner 2012:19).

 

GEVOLGTREKKING

Uit resensies wat as resepsieprodukte na aanleiding van Naudé se teks verskyn het, het dit aan die lig gekom dat kritici deur die bank vol lof is vir S.J. Naudé se debuutbundel Alfabet van die voëls. 'n Belangrike kriterium in die beoordeling van letterkundige werke is uiteraard vernuwing - 'n aspek wat in Naudé se teks uit bepaalde normverskuiwings op die vlak van die genre waargeneem kan word.

Die feit dat ontologiese grense tussen verhale in Naudé se kortverhaalbundel bevraagteken word ('n aspek wat meer uitgebreid in die tweede deel van hierdie tweedelige studie aangespreek word), het 'n ondersoek na die vraag rondom 'n onsekerheid of 'n vaagheid met betrekking tot 'n benaming vir 'n entiteit (die kortverhaalsiklus) waaroor daar al dekades lank in die Afrikaanse (en internasionale) literatuur berig word, genoodsaak. Uit die oorsigtelike ondersoek is bevind dat baie van die terme wat algemeen gebruik word in die verwysing na kortverhaalbundels waarbinne daar 'n tipe kohesie tussen die verhale bestaan, oorvleuel en by implikasie dus een definisie uitsluit. Miskien verskaf Forrest Ingram se 1971-definisie van die kortverhaalsiklus 'n antwoord, omdat dit steeds wyd aanvaar word (Ferguson 2003:2). Ingram (1971:19) definieer die kortverhaalsiklus as 'n bundel kortverhale wat sodanig deur die skrywer verbind word, dat die leser se agtereenvolgende ervarings op verskillende vlakke van die geheel sy/haar ervaring van elke komponent betekenisvol wysig. Alhoewel dit nie 'n perfekte term is nie en aangesien daar baie variante bestaan, ag ook Smith (2011:2) die term kortverhaalsiklus as die mees beskrywende vir die genre weens die klem wat dit op die kortverhaal en die herhalende eienskappe plaas.

Uit die artikel blyk dit dat die kortverhaalsiklus by uitstek 'n grensoorskrydende sub-genre, of soos reeds genoem, in Smith (2011:5) se woorde, "'n genre oor genre" is:

As a versatile, provisional form, the short story cycle privileges plurality and openness. It contests boundaries and enacts the possibility of multiple beginnings and renewable identities. (Lister 2007:2)

 

BIBLIOGRAFIE

Anderson, S. 2009 [oorspronklik 1919].         [ Links ] Winesburg, Ohio. Barcelona: Acantilado.

And Other Stories. 2015. The alphabet of birds by SJ Naudé. http://www.andotherstories.org/book/the-alphabet-of-birds/ [22 September 2015].         [ Links ]

Aucamp, H. 1978. Kort voor lank: opstelle oor kortprosa. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Barret, A.I. 2015. Book review: Guns, oil and tenderness. The Africa Report 9 Januarie. http://www.theafricareport.com/Books/book-review-guns-oil-and-tenderness.html [23 September 2015].         [ Links ]

Behr, M. 1993. Die reuk van appels. Kaapstad: Queillerie.         [ Links ]

Bekker, P. 1970. Die titel in die poësie. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Belén, M. & Lucas, M. 1996. Weaving, patchwork and bricolage: women's crafts/ women's texts. Many Sundry Wits Together:239-246.http://ruc.es/dspace/bitstream/2183/9563/1CC_27_art_30.pdf [15 Julie 2013].         [ Links ]

Birdsell, S. 1982. Night travellers. Winnipeg: Turnstone Press.         [ Links ]

Birdsell, S. 1984. Ladies of the night. Winnipeg: Turnstone Press.         [ Links ]

Bonthuys, M. 2016. 'n Vergelykende ondersoek na die toekenning van debuutpryse vir Afrikaanse en Nederlandstalige poësie, 1990-2009. (Ongepubliseerde Ph.D.-proefskrif.) Universiteit van Stellenbosch, Stellenbosch.         [ Links ]

Border poetics. s.j. Liminality. http://borderpoetics.wikidot.com/liminality [6 Junie 2014].         [ Links ]

Botes, N. & Cochrane N. 2011. Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: deel 1: teoretiese uitgangspunte. LitNet Akademies Jaargang 8(2):112-151.         [ Links ]

Brink, André P. 1989. Vertelkunde. 'n Inleiding tot die lees van verhalende tekste. Pretoria: Academica.         [ Links ]

Burger, W. 2012. Boeke-wenners. Hannes Haasbroek en SJ Naudé wen South African Literary Awards. Vrouekeur. Ons blog! Kom lees saam. http://www.vrouekeur.co.za/artikel.aspx?id=49841&h=Boeke-wenners [22 September 2015].         [ Links ]

Carter, R. s.j. The alphabet of birds. Publishers Weekly. http://publishersweekly.com/978-1-908276-445 [16 November 2015].         [ Links ]

Coetzee, C. 2015. Review: SJ Naudé, The alphabet of birds. Africa in Words 6 Julie. http://africainwords.com/2015/07/06/review-sj-naude-thealphabet-of-birds/ [23 September 2015].         [ Links ]

Cuell, T. 2015. Review: The alphabet of birds - SJ Naude. Workshy Fop 15 Januarie. http://workshyfop.blogspot.co.za/2015/01/review-alphabet-of-birds-sj-naude.html [10 November 2015].         [ Links ]

De Goede, R. 1993. Skoop. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

De Vries, A. 2011. Abraham de Vries in gesprek met Nina Botes en Neil Cochrane oor generiese merkers in die kortverhaalsiklus. LitNet.http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=print_article&news_id=110760&... [25 Oktober 2012].         [ Links ]

Dickson, D.J. 2015. Reading for pleasure. This month's selection of leisure reading, chosen by the Journal's book review editor. The Journal. http://www.journalonline.co.uk/Magazine/60-3/101901.aspx [23 September 2015].         [ Links ]

Dunn, M. & Morris, A. 1995. The composite novel: The short story cycle in transition. New York: Twayne.         [ Links ]

Elliot, G. 1962. The kissing man. Toronto: New Canadian Library.         [ Links ]

Erasmus-Alt, J. 2016. Grensoorskryding in Alfabet van die voëls deur S.J. Naudé en Sondag op 'n voëlplaas deur Johann Nell. (Ongepubliseerde Ph.D.-proefskrif.) Fakulteit Geesteswetenskappe. Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein.         [ Links ]

Ferguson, S. 2003. Sequences, anti-sequences, cycles and composite novels: the short story in genre criticism. Journal of the Short Story in English 41:103-117. http://jsse.revues.org/index312html [19 April 2013].         [ Links ]

Ferreira, J. 2012. Alfabet van die voëls stel hoë eise. LitNet 13 Februarie. http://www.litnet.co.za/Article/alfabet-van-die-vols-stel-ho-eise [26 Februarie 2014].         [ Links ]

Forkner, B. 2012. Short story cycles of the Americas. A transitional post-colonial form: a study of V.S. Naipaul's Miguel street, Ernest Gaines's Bloodline, and Gabriel Garcia Marquez's Los funerales de Mama Grande. (Ongepubliseerde Ph.D.-proefskrif.) Louisiana Staatsuniversiteit, Landbou-kundige en Meganiese Kollege, Interdepartementele Program vir Vergelykende Literatuur. http://etd.Isu.edu/docs/available/etd-05312012-221734/unrestricted/forkner [15 Junie 2016].         [ Links ]

Galgut, D. 2014a. Arctic summer. Kaapstad: Umuzi.         [ Links ]

Galgut, D. 2014b. The alphabet of birds by SJ Naudé. I love books 3 November. http://www.ilovebooks.co.za/the-alphabet-of-birds-by-sj-naude/ [23 September 2015].         [ Links ]

Hay, C. 2015. A review of The alphabet of birds by SJ Naudé. The Literary Review 8 Januarie. http://www.theliteraryreview.org/book-review/a-review-of-the-alphabet-of-birds-by-sj... [23 September 2015].         [ Links ]

Hodgin, J. 1977 [oorspronklik 1976].         [ Links ] Spit Delaney's Island. Toronto: Macmillan of Canada.

Hood, H. 1967. Around the mountain. Montréal: Peter Martin Associates.         [ Links ]

Ingram, F.L. 1971. Representative short story cycles of the twentieth century: studies in a literary genre. The Hague: Mouton & Co.         [ Links ]

Johnson, M. 2015. The alphabet of birds by SJ Naudé casts a spell. Akanos 21 Januarie. http://www.akanos.co.uk/michael/the-alphabet-of-birds-by-s-j-naude-casts-a-spell/ [23 September 2015].         [ Links ]

Joyce, J. 1914. Dubliners. London: G. Richards.         [ Links ]

Kirkus Review. s.j. Kirkus review. The alphabet of birds. https://www.kirkusreviews.com/book-reviews/sj-naude/alphabet-of-birds/ [23 September 2015].         [ Links ]

Ley-Lange, A. 2015. The alphabet of birds. We Love This Book 8 Januarie. http://www.welovethisbook.com/review/alphabet-birds [23 September 2015].         [ Links ]

Lister, R. 2007. Female expansion and masculine immobilization in the short story cycle. Journal of the Short Story in English 48 Spring 2-11. http://jsse.revenues.org/index682.html [3 April 2013].         [ Links ]

Loots, S. 2011. Sirkusboere. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Lundén, R. 1999. The united stories of America: Studies in the short story composite. Amsterdam, Atlanta: Rodopi.         [ Links ]

Luscher, R.M. 1989. The short story sequence: an open book.In Lohafer en Clarey (eds). Short story theory at a crossroads. Baton Rouge: Louisiana State University.         [ Links ]

Lynch, G. 1991. The one and the many: English-Canadian short story cycles. Canadian Literature Fall: 91-104.         [ Links ]

Maroela Media. 2011. Alfabet van die voëls.5 Desember. http://maroelamedia.co.za/blog/afrikaans/boeke/alfabet-van-die-voels/ [22 September 2015].         [ Links ]

Maroela Media. 2011. Sirkusboere. 11 Oktober. http://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/sirkusboere/ [13 Maart 2017].         [ Links ]

Matheny, K.G. 2012. The short story composite and the roots of modernist narrative. (Ongepubliseerde Ph.D.-proefskrif.) Departement Engels, Universiteit van Alabama, Alabama.         [ Links ]

McIndoe, R. 2014. The alphabet of birds by S.J. Naudé:book review. The Skinny 31 Desember. http://theskinny.co.uk/books/book-reviews/the-alphabet-of-birds-by-s-j-naude [23 September 2015].         [ Links ]

Morrel, P. 2005. Short stuff: short stories and the short story cycle. Voordrag vir die fiksie-skrywers van Sentraal-Arkansa, Maart. Broken water. http://www.brokenwater.com/lectures.html [11 April 2013].         [ Links ]

Mukherjee, N. 2014. The lives of others. New York, London: W.W. Norton & Company.         [ Links ]

Nagel, J. 2004. The contemporary American short-story cycle: The ethnic resonance of genre. Baton Rouge: Louisiana State University Press.         [ Links ]

Naudé, S.J. 2011. Alfabet van die voëls. Kaapstad: Umuzi.         [ Links ]

Naudé, S.J. 2012. Reviews: Die tirannie van die simulacrum. SLiP. Stellenbosch Literary Project 1 Maart. http://slipnet.co.za/view/reviews/die-tirannie-van-simulakrum/ [13 Maart 2017].         [ Links ]

Naudé, S.J. 2015. The alphabet of birds. And Other Stories Publishing.         [ Links ]

Oates, J.C. 2015. The alphabet of birds by SJ Naude. Lonesome Reader 20 September. http://lonesomereader.com/blog/2015/9/18/the-alphabet-of-birds-by-sj-naude-1 [23 September 2015].         [ Links ]

Ratiani, I. 2007. Theory of liminality. Litinfo. Georgian Electronic Journal of Literature Volume 1(1).http://www.litinfo.ge/issue-1/ratianiirma.htm [28 Julie 2014].         [ Links ]

Rautenbach, A. 2015. Anneke Rautenbach on The alphabet of birds. Pata Pata Time. The Los Angeles Review of Books. https://lareviewofbooks.org/review/pata-pata-time [16 November 2015].         [ Links ]

Rimon-Kenan. 1983. Narrative fiction: contemporary poetics. London, New York: Routledge.         [ Links ]

Scott, D.C. 1896. Village of Viger. Boston: Copeland and Day.         [ Links ]

Schimke, K. 2014. Review: The alphabet of the birds. Not now, darling 14 Desember. http://notnowdarling.co.za/review-the-alphabet-of-the-birds? [23 September 2015].         [ Links ]

Smith, J.J. 2011. One story, many voices: problems of unity in the short-story cycle. (Ongepubliseerde Ph.D.-proefskrif.) Departement Engels aan die Kollege van Kunste en Wetenskappe, Indiana Universiteit, Indiana.         [ Links ]

Smuts, J.P. 2005. Die Akademie se letterkundepryse. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 45(1):1-14.         [ Links ]

Snyman, M. 2011. Roman kort 'n eenduidige naam. Rapport (Boeke-bylae) 6 Maart: 6.         [ Links ]

Strydom, L. 1976. Oor die eenheid in die digbundel, 'n tipologie van gedigtegroepe. Pretoria, Kaapstad: Academica.         [ Links ]

Uys, H.M. 2012. Die problematiese afbakening tussen sommige kortverhaalbundels en die roman in Afrikaans, aan die hand van geselekteerde tekste. (Ongepubliseerde Magisterverhandeling.) Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch, Stellenbosch.         [ Links ]

Van Coller, H.P. 1980. Etienne Leroux as siklusbouer. (Ongepubliseerde Ph.D.-proefskrif). Fakulteit Lettere en Wysbegeerte, Randse Afrikaanse Universiteit, Johannesburg.         [ Links ]

Van Coller, H.P. 1992. Grensliteratuur. In T.T. Cloete (red.). Literêre terme en Teorieë. Pretoria: HAUM-Literêr, pp. 153-156.         [ Links ]

Van Coller, H.P. 2010. 'n Kritiese blik op enkele van die literêre pryse van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 50(4):484-501.         [ Links ]

Van Coller, H.P. 2012. Sirkusboere. Tydskrif vir Letterkunde 49(1):176-177.         [ Links ]

Van den Berg, C. 2010. Verhale om aan te smul. Volksblad 9 Oktober: 7.         [ Links ]

Van den Berg, C. 2011. Onder skuil dieper, donker worstelings. Volksblad 29 Oktober: 7.         [ Links ]

Van der Merwe, C. 2011. Sirkusboere: 'n Boeiende en vermaaklike historiese roman. LitNet 6 Oktober. http://www.litnet.co.za/sirkusboere-n-boeiende-en-vermaaklike-historiese-roman/ [13 Maart 2016].         [ Links ]

Van Gennep, A. 1960 [oorspronklik 1908].         [ Links ] The rites of passage. Chicago: The University Press.

Van Niekerk, J. 2012. Alfabet van die voëls. Tydskrif vir letterkunde 49(2):167-168.         [ Links ]

Venter, E. 1997. Foxtrot van die vleiseters. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Viljoen, L. 2011a. Resensie: Sonja Loots - Sirkusboere (2011). Academia.edu vir Die Burger 17 Oktober. https://www.academia.edu/12434692/Resensie_Sonja_Loots_-_Sirkusboere_2011_[13 Maart 2017].         [ Links ]

Viljoen, L. 2011b. Taal van 'n kortverhaal. Rapport 6 November: 6.         [ Links ]

Vladislavić, I. 2012 [oorspronklik 2001].         [ Links ]The restless supermarket. Kaapstad: Umuzi.

Vladislavić, I. 2013 [oorspronklik 2011].         [ Links ] Double negative. And Other Stories Publishing.

Vladislavić, I. 2014. Ampersand. Advanced praise by Ivan Vladislavić for The alphabet of birds by SJ Naudé. And Other Stories. http://andotherstoriespublishing.tumblr.com/post/75889083919/advanced-praise-by-iv... [23 September 2015].         [ Links ]

 

 

 

JOANITA ERASMUS-ALT is 'n musiek-onderwyseres verbonde aan die Hoërskool Fichardtpark en navorsingsgenoot aan die Universiteit van die Vrystaat. In 2006 verwerf sy 'n meestersgraad in musiek aan die Universiteit van die Vrystaat. In 2013 word twee van haar kortverhale onder LitNet se top 15 kortverhale van die jaar geplaas. Met die voltooiing van 'n M.A.-graad (kreatiewe skryfwerk) (met lof), ontvang sy in 2013 die Gerhard Beukes-prys vir skeppende skryfwerk van die Universiteit van die Vrystaat. In 2016 verwerf sy 'n Ph.D.-graad in die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Vrystaat met 'n proefskrif getiteld "Grensoorskryding in Alfabet van die voëls deur S.J. Naudé en Sondag op 'n voëlplaas deur Johann Nell".
JOANITA ERASMUS-ALT is a music teacher at Fichardt Park High School and a research fellow of the University of the Free State. In 2006 she obtained a masters degree in music from the University of the Free State. In 2013 two of her short stories were published under LitNet's top 15 short stories of the year. With the completion of a M.A.-degree (creative writing) (with distinction), she was awarded the Gerhard Beukes prize for creative writing from the University of the Free State in 2013. In 2016 she obtained a Ph.D.-degree in the department Afrikaans and Dutch from the University of the Free State with a thesis titled "Grensoorskryding in Alfabet van die voëls deur S.J. Naudé en Sondag op 'n voëlplaas deur Johann Nell".

 

 

HENDRIK PETRUS (HENNIE) VAN COLLER, navorsingsgenoot van die Universiteit van die Vrystaat en buitengewone professor aan die Noordwes-Universiteit, is redakteur van die nuwe driedelige Perspektief en profiel. 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Hy is 'n poësievertaler (Bandelose gedigte van Luuk Gruwez, 2007) en 'n gepubliseerde digter (Soom, 2012). Sy belangrikste publikasies is die bundels opstelle, Tussenkoms en Tussenstand. Hy publiseer veral oor literêre geskiedenis, o.a. 'n hoofstuk in die Cambridge South African Literary History. Hy is tans voorsitter van die Letterkundekomissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 'n vorige voorsitter van dié akademie en ook lid van ASSAf.
HENDRIK PETRUS (HENNIE) VAN COLLER, a research fellow of the University of the Free State and extraordinary professor at the Northwest University, is the editor of Perspektief en profiel. 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis. He is a translator of poetry (Bandelose gedigte by Luuk Gruwez, 2007) and a published poet (Soom, 2012). His most important publications are two books of literary essays, Tussenkoms and Tussenstand. His numerous publications on literary history includes a chapter in the Cambridge South African Literary History. Currently he chairs the literary commission of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns and is a former president of this academy. He is also a member of ASSAf.
1 Soos dit uit Deel 1 van hierdie tweedelige studie sal blyk, het 'n redelike aantal resensies as resepsieprodukte na aanleiding van S.J. Naudé se debuutwerk, Alfabet van die voëls (2011),verskyn. Kritici is deur die bank vol lof vir hierdie bundel. Vernuwing is uiteraard 'n belangrike kriterium in die beoordeling van letterkundige werke - 'n aspek wat in Naudé se teks uit bepaalde normverskuiwings op die vlak van die genre waargeneem kan word. Die feit dat ontologiese grense tussen verhale in Naudé se kortverhaalbundel bevraagteken word, het 'n ondersoek na die vraag rondom 'n onsekerheid of 'n vaagheid met betrekking tot 'n benaming vir 'n entiteit (die kortverhaalsiklus) waaroor daar al dekades lank in die Afrikaanse (en internasionale) literatuur berig word, genoodsaak. Dit lyk daarom gewens om hierdie bundel te bespreek (kyk Deel 2) eers ná 'n genologiese oorsig van moontlike tipes verhaalbundels.
2 Alhoewel 'n redelike aantal resensies na aanleiding van Loots se Sirkusboere verskyn het en die waarde-oordele deur die bank positief was (sien onder andere Van der Merwe 2011; Papenfus in Maroela Media 2011; Viljoen 2011a, Naudé 2012 en Van Coller 2012), het Loots se teks nie naastenby dieselfde mediadekking, ook internasionaal, as dié van Naudé se teks ontvang nie en is dit ook nog nie, soos Naudé se teks, vertaal nie.
3 Op grond van hierdie onderskeid is dit nodig om ook kortliks te verwys na die kortverhaalreeks. Botes en Cochrane (2011:124-125) wys daarop dat, in die geval van die kortverhaalreeks, die effek soortgelyk kan wees aan dié van die twee sambreel-genres waarna reeds verwys is, naamlik die eenheidsbundel óf die kortverhaalsiklus, "veral as die reeks binne 'n enkele kortverhaalbundel aangebied word". In teenstelling met die genoemde twee genres beïnvloed die kortverhaalreeks "egter nie noodwendig bundeleenheid nie (ook omdat opeenvolgende tekste in 'n reeks nie noodwendig in dieselfde bundel voorkom nie), hoewel verhaalreekse dikwels in eenheidsbundels - waarin die eenheid op 'n bykomende aspek van die dele berus - voorkom".
4 Lundén (1999:11-12) spreek hom egter uit teen hierdie gedagte: "During the twentieth century, the critics who did see it as a distinct genre were frustrated by its evasive nature and by the subsequent difficulty of defining it. [
]. Like the prose poem, it was often looked upon as a hybrid form, and was as such often denied legitimacy. []. Seeking to establish some sort of legitimacy for the hybrid genre, many critics have felt obliged to emphasize its unity and coherence in order to make it resemble the novel, which still enjoys privileged status. In this legitimization process much of the genre [] has been lost. The tension between variety and unity, separateness and interconnectedness, fragmentation and continuity, openness and closure has been, if not ignored, at least given less attention than it deserves."
5 Kyk ook: Ingram (1971:19) se opmerking: "Every short story cycle displays a double tendency of asserting the individuality of its components on the one hand and of highlighting, on the other hand, the bonds of unity which make the many into a single whole."

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons