SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número2-1Ubuntu values: societal and educational expectationsThe constitution, education authorities and the road ahead for single medium Afrikaans schools índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.57 no.2-1 Pretoria Jun. 2017

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-1a8 

ARTICLES

 

Opname- en elimineringskriteria vir die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls: Die geval emeritus. Deel 2

 

Inclusion and elimination criteria for the Afrikaanse Woordelys en Spelreëls: The case of emeritus. Part 2

 

 

GB (Gerhard) Van Huyssteen

Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT) Potchefstroomkampus Noordwes-Universiteit E-pos: gerhard.vanhuyssteen@nwu.ac.za

 

 


OPSOMMING

Sedert 2006 het die Taalkommissie (TK) begin om formele riglyne vir die opname of eliminering van lemmas in die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) saam te stel; dié riglyne is deur Van Huyssteen (2017b - kyk Deel 1 in hierdie uitgawe) in ʼn operasionaliseringsraamwerk geformaliseer. Die doel van hierdie artikel is om die operasionaliseringsraamwerk uitvoerig aan die hand van ʼn gevallestudie, te wete die geval emeritus, te illustreer. In die eerste elf stappe word vrae beantwoord wat die makrostrukturele status van die lemma in die woordelysgedeelte van die AWS raak, naamlik of emeritus opgeneem moet word of nie. Agt van dié vrae kan positief beantwoord word en dien as motivering vir die opname van emeritus as lemma. Die laaste ses stappe se vrae het betrekking op die mikrostrukturele hantering van emeritus, naamlik hoe dit in die AWS opgeneem moet word. Op sterkte van die analises word tot die gevolgtrekking gekom dat emeritus soms as selfstandige naamwoord (met slegs die meervoud emeriti) in Afrikaans funksioneer, maar meestal as prenominale adjektief (byvoorbeeld emeritus aartsbiskop).

Trefwoorde: Afrikaans; Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS); eliminerings-kriteria; leksikografie; normatiewe taalkunde; opnamekriteria; ortografie; Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK); Taalkommissie (TK)


ABSTRACT

Since 2006, the Language Commission ("Taalkommissie"; TK) endeavoured to compile formal guidelines for the inclusion or elimination of lemmas in the Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS); these guidelines have been formalised as an operationalisation framework by Van Huyssteen (2017b - see Part 1 in this edition). The purpose of this article is to illustrate the application of this framework, using the lexical item emeritus as a case study. The history of emeritus in the various editions of the AWS is discussed, and it is illustrated that its lexicographic treatment in AWS10 does not provide the end-user with any clear answers as to how emeritus should be used in combination with other nouns (titles). Moreover, its treatment in several other Afrikaans dictionaries varies considerably, leaving end-users with even more uncertainty. It therefore necessitates a systematic analysis of this lexical item, using various macro- and microstructural criteria.
In the first eleven steps, questions regarding the macrostructural status of the lemma emeritus in the word-list part of the AWS are considered, with the overarching question being whether emeritus should be included in the AWS or not. Based on data from various corpora and dictionaries, eight of the questions are answered positively, and it is demonstrated that emeritus occurs frequently enough in written Standard Afrikaans to justify its inclusion as a lemma in the AWS. Even though the plural form emeritusse (introduced in AWS4as a variant plural form of emeriti) occurs in various Afrikaans dictionaries (but not in dictionaries of any other Germanic languages), it is shown that it does not occur at all in any of the corpora, and could therefore be excluded as a word-form in contemporary written Standard Afrikaans.
In the six last steps of the operationalisation framework questions regarding the microstructural treatment of a lemma are considered, with the overarching question being how emeritus should be treated in the AWS. Data from a few other Germanic languages show that emeritus functions both as noun (with the possible exception of Frisian) and adjective in these languages. As an adjective, it occurs mostly postpositively in English, German, Swedish, Danish, and Norse, while occurring mostly prepositively in Dutch and Frisian. An analysis of Afrikaans corpus data clearly shows that emeritus occurs statistically significantly as a prepositive adjective (e.g. emeritus aartsbiskop "emeritus archbishop") in written Standard Afrikaans, and that its postpositive occurrence is rather improbable. In combination with other nouns (titles) the only probable competing construction is a coordinating compound with emeritus as left-hand constituent (e.g. emeritus-aartsbiskop).
The article concludes with a summative table of all criteria considered, and gives reasons why and how the entries of emeritus in AWS10 were changed in AWS11 to reflect its usage in contemporary written Standard Afrikaans more accurately.

Key words: Afrikaans; Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS); elimination criteria; inclusion criteria; lexicography; normative linguistics; orthography; Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK); Taalkommissie (TK)


 

 

1. INLEIDING

Die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS; 1917; 1918; 1921; 1931; 1937; 1953; 1964; 1991; 2002; 2009; 2017) het oor ʼn tydperk van meer as honderd jaar ontwikkel, waarvan die elfde, hersiene uitgawe in 2017 verskyn het. As ʼn bron wat organies gegroei het en deur verskeie individue en Taalkommissies (TK's) saamgestel is, het daar tot en met 2006 geen formele woordeboekkonseptualiseringsplan vir die AWS bestaan nie (Van Huyssteen 2017b). Sedertdien het die TK begin om ʼn stylgids saam te stel waarin kwessies soos die volgorde van etikette, alfabetisering, volgorde van los-, vas- en koppeltekenskryfvorme, inkortings, tipografie, en so meer aangeraak word, asook riglyne vir die TK waarin opname- en elimineringskriteria vir lemmas in die woordelysgedeelte van die AWS bespreek word. Geen van beide is tot op datum van publikasie van hierdie artikel formeel deur die TK goedgekeur of in die openbare domein beskikbaar nie.

Van Huyssteen (2017b) gebruik van die inligting in laasgenoemde dokument om ʼn operasionaliseringsraamwerk vir die woordelysgedeelte van die AWS te formuleer. Hy tipeer die AWS (ʼn tipe spelling-/ortografiewoordeboek) as ʼn beperkte, eentalige, sinchroniese, linguisties-ensiklopediese naslaanbron, waarin norme vir die gebruik van hedendaagse, geskrewe, formele Standaardafrikaans neergelê word. Verskeie opname- en elimineringskriteria wat die omvang van die woordelysgedeelte in die AWS bepaal, word bespreek en aan die hand van verskeie voorbeelde toegelig.

Die doel van hierdie artikel is om die gebruik van hierdie operasionaliseringsraamwerk uitvoerig te illustreer aan die hand van ʼn gevallestudie, te wete die geval emeritus. In die volgende afdeling word die operasionaliseringsraamwerk ter verwysing weer aangebied. In afdeling 3 word die problematiek met betrekking tot emeritus aan bod gestel, waarna dit sistematies aan elk van die kriteria geanaliseer en beoordeel word. Die artikel word afgesluit met voorstelle vir verdere ondersoek.

 

2. OPERASIONALISERINGSRAAMWERK

In aansluiting by Gouws (1989), wys Van Huyssteen (2017b) daarop dat lemmas in die AWS ʼn dubbele rol as woordeboekinskrywings vervul, naamlik as makro- én mikrostruktuurelemente:

As makrostruktuurelemente verteenwoordig die lemmas daardie versameling woordeskatelemente wat leksikografies bewerk moet word en funksioneer elke lemma as die kop van ʼn woordeboekartikel. As mikrostruktuurelement vorm elke lemma ʼn onderdeel van ʼn woordeboekartikel. Wat dié optrede betref, is ʼn lemma leksikografies gelykwaardig aan die ander inskrywings van die betrokke artikel. (Gouws 1989:75)

In ʼn ortografiewoordeboek soos die AWS bevat die lemma sélf die inligting waarna die gebruiker primêr soek, naamlik hoe om ʼn leksikale item te spel/skryf, of wat die status van ʼn bepaalde leksikale item in Standaardafrikaans is. Die vraag oor wat opgeneem moet word, is dus gelyktydig ook die vraag hoe dit opgeneem moet word (of vice versa: Die besluit oor hoe gespel moet word, is gelyktydig ook die vraag oor wat gespel moet word). Só gesien kan daar twee interafhanklike kategorieë van kriteria onderskei word, naamlik kriteria wat:

(a) die makrostruktuur van die AWS bepaal (d.i. of ʼn leksikale item enigsins oorweeg moet word vir opname/skrapping); en

(b) betrekking het op die lemma as mikrostrukturele element in die AWS (d.i. hoe ʼn leksikale item opgeneem moet word).

Van Huyssteen (2017b) bespreek talle kriteria in elk van die twee kategorieë en bied ʼn opsomming in die vorm van ʼn tabel (kyk Tabel 1) aan waarin die kriteria aan die hand van ʼn aantal vrae geoperasionaliseer word. Hoe meer ja-antwoorde op die makrostrukturele vrae verkry word vir ʼn voorgestelde leksikale item, hoe groter sou die kans wees dat die leksikale item in die AWS opgeneem kan word. Die antwoorde op die mikrostrukturele vrae verskaf leiding oor hoe die inskrywing uiteindelik in die AWS daar sal uitsien.

In die volgende afdeling word die geval emeritus aan die hand van elk van hierdie vrae (kriteria) beoordeel. Dit dien aan die een kant as illustrasie van die toepassing van hierdie operasionaliseringsraamwerk, en aan die ander kant as materiaal om die metodologie krities te evalueer.

 

3. TOEPASSING: DIE GEVAL "EMERITUS"

Van AWS1 tot AWS3 word slegs die lemma emeritus (sonder enige verdere bewerkings) opgeneem, en dit is dus onduidelik of bedoel word dat emeritus as naamwoord of adjektief gebruik word. Vanaf AWS4 word die lemma wél van meervoude (emeritusse of emeriti) voorsien, waaruit die naamwoordelike aard daarvan blyk. In AWS8 en AWS9 word emerituspredikant (met meervoud) naas emeritus opgeneem, maar geen ander verbindings met emeritus nie. In AWS10 verskyn vier inskrywings:

(1) emeritus, -se of..riti

(2) emeritus (b.nw.), -

(3) emerituspredikant of emeritus predikant, -e

(4) predikant-emeritus, predikante-emeritus, of predikant emeritus, predikante emeritus

Uit (1) en (2) blyk dit dat die TK van AWS10 emeritus as sowel ʼn naamwoord as adjektief beskou, en dat dit dus sowel los as vas van ʼn ander naamwoord geskryf kan word, en sowel pre- as postnominaal gebruik kan word (soos in (3) en (4) geïllustreer word). By die koppeltekenskryfwyse in (4) is dit nie duidelik of die koppelteken ʼn leesbaarheidskoppelteken is (vergelyk reël 12.1.c in AWS11), en of dit op ʼn neweskikkende verhouding tussen die twee woorddele van die samestelling dui nie (vergelyk reël 12.7 in AWS11). Wanneer ʼn skrywer na Desmond Tutu sou verwys, sou die skrywer kon aflei dat enige van die volgende skryfwyses korrek is:

(5) emeritus Desmond Tutu

(6) emeritusaartsbiskop Desmond Tutu

(7) emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu (indien die skrywer ʼn leesbaarheidskoppelteken ingevolge 12.1.c in AWS11 nodig ag)

(8) emeritus aartsbiskop Desmond Tutu

(9) aartsbiskop-emeritus Desmond Tutu

(10) aartsbiskopemeritus Desmond Tutu (indien die koppelteken in (4) ingevolge 12.1.c in AWS11 ʼn leesbaarheidskoppelteken geag te word)

(11) aartsbiskop emeritus Desmond Tutu

In kombinasie met ʼn ander naamwoord (titel) is enige skryfwyse dus volgens AWS10 moontlik - die skrywer kan doen wat hy/sy wil, al is daar nie ʼn spesifieke reël wat al die wisselvorme kondoneer nie (soos byvoorbeeld reël 15.6 in AWS11 wat Hertzogprys, Hertzog-prys, Hertzog-Prys en Hertzog Prys toelaat). Die vraag ontstaan of hierdie toedrag van sake met die taalwerklikheid klop, en of daar dalk duideliker riglyne vir ʼn meer eenvormige skryfwyse verskaf sou kon word. Die vraag kan aan die hand van die vrae in Tabel 1 beantwoord word om te illustreer waarom (3) en (4) in AWS11 geskrap en (1) en (2) soos volg gewysig is:

(12) emeritus, -se of..riti

(13) emeritus (attr.), - (- aartsbiskop/predikant/professor)

 

 

Op sigself staande lewer emeritus kennelik spelprobleme op. ʼn Googlesoektog met <emmeritus> lewer 13 trefslae op, waarvan sommige in veronderstelde geredigeerde tekste soos op die webwerwe van OFM (2011a; 2011b) en Pretoria FM (2015).

Die kombinasie van emeritus met ʼn ander naamwoord lewer ook veel variasie in korpusse op, soos hier onder aangetoon sal word. Ter illustrasie, let op die volgende drie skryfwyses uit ongeveer dieselfde periode by dieselfde nuusnetwerk (Netwerk24) [telkens met my beklemtoning - GBVH]:

(14) Die Tutu-stigting het verlede Donderdag bekend gemaak dat Mpho, dogter van emeritus-aartsbiskop dr. Desmond Tutu (85), uittree (Netwerk24 2016)

(15) Dit kan ook gerugte wees wat sommer eensklaps 'n virale feit word, soos onlangs by ons: aartsbiskop-emeritus Desmond Tutu se "afsterwe". (Rabe 2016)

(16) Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu is Woensdag uit die hospitaal ontslaan en sal verder tuis aansterk. (Germishuys 2016)

As veronderstel word dat subredakteurs by publikasies soos dié wel die AWS raadpleeg, illustreer hierdie voorbeelde dat die AWS nie duidelike leiding aan subredakteurs gee nie. Dit regverdig dus ook ʼn herbewerking van die opnames soos dit in AWS10 verskyn het.

 

 

Die kombinasie van emeritus met aartsbiskop is struktureel meerduidig. In emeritus aartsbiskop is emeritus ʼn prenominale attributiewe adjektief en in aartsbiskop emeritus ʼn postnominale attributiewe adjektief; in beide gevalle word dit los geskryf en word die meervoud by aartsbiskop aangedui. In die koppeltekengevalle is dit onduidelik of die koppelteken ʼn neweskikkende betekenisverhouding aandui (hy is én ʼn emeritus én ʼn aartsbiskop, met die meervoud aartsbiskop-emeriti of emeritus-aartsbiskoppe, soos in die geval van byvoorbeeld skriba-kassiere), ʼn onderskikkende verhouding (in welke geval daar ook twyfel sou kon bestaan oor die meervoudsvorming: aartsbiskoppe-emeritus of aartsbiskop-emeriti of emeriti-aartsbiskop of emeritus-aartsbiskoppe), en of dit ʼn leesbaarheidskoppelteken is (aangesien byvoorbeeld aartsbiskopemeritus verkeerdelik in lettergrepe as *aarts-bis-ko-pe-me-ri-tus verdeel sou kon word).

 

 

Kombinasies met emeritus kom dikwels in Standaardafrikaanse tekste voor, soos sal blyk uit die frekwensietellings hier onder. Ook sou ʼn skrywer kon twyfel of emeritus ʼn erkende Standaardafrikaanse woord is, en of rustende, afgetrede of gepensioeneerde nie eerder in prenominale adjektiwiese funksie gebruik moet word nie. Boonop sou daar onsekerheid kon wees of emeritus as naamwoord én adjektief in Afrikaans erken en gebruik word: Tot en met AWS9 is emeritus slegs as naamwoord in die woordelys opgeneem; vanaf AWS10 word die adjektiwiese funksie ook aangedui.

 

 

Voorbeelde (14) tot (16) hier bo illustreer duidelik dat die woord nie verouderd is nie, maar gereeld in hedendaagse publikasies gebruik word. Dit word ook in geen van die geraadpleegde woordeboeke (sien hier onder) as verouderd/verouderend geëtiketteer nie.

 

 

Daar bestaan geen ander Afrikaanse alternatief vir emeritus as naamwoord nie. Sonder toegang tot emeritus moet ʼn skrywer dus gebruik maak van naamwoordfrases soos rustende predikant, afgetrede dosent of gepensioeneerde professor.

 

 

Hoewel die woord emeritus veral in akademiese en kerkkontekste gebruik word, is dit ʼn woord wat dikwels en algemeen in die media gebruik word. Die woord is daarom nie van spesifieke sosiokulturele belang, of as sosiaal, politiek of kultureel sensitief gemerk nie.

 

 

In geen van die woordeboeke wat geraadpleeg is (sien hier onder), word emeritus as gewestelik geëtiketteer nie. Dit is boonop ʼn woord wat in ander tale gebruik word.

 

 

Ten einde te besluit op die spelling of skryfwyse van ʼn bepaalde leksikale item, kan korpusfrekwensie as 'n kriterium (in samehang met ander kriteria) gebruik word. Die TK gebruik meestal die TK-korpus (Taalkommissie 2011), wat uit ongeveer 57 miljoen woorde bestaan, maar doen ook soektogte in ander korpusse soos dié wat op die webwerf van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) (2016) beskikbaar is, die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT 2016) as korpus, die Afrikaanse korpus van Projekt Deutscher Wortschatz (2016; voortaan Leipzigkorpus) en ander soortgelyke hulpbronne.

Die frekwensies F en frekwensieklasse N van emeritus en verbindings daarmee soos gesamentlik voorkom in al die korpusse wat op VivA se Korpusportaal beskikbaar is, asook die Leipzigkorpus word in Tabel 2 weergegee. Die frekwensieklas N (na onder afgerond) van ʼn woord word bepaal deur:

Die frekwentste woord (die in beide die VivA-korpusversameling en Leipzigkorpus) se frekwensieklas is 0, terwyl ʼn woord in frekwensieklas 1 ongeveer die helfte so frekwent soos die is. ʼn Hapaxlegomenon soos hoogleraarspos se frekwensieklas is 23. Om ʼn indruk te kry van die frekwensieklas waarin emeritus val, vergelyk ander algemeen bekende en gebruikte woorde in die TK-korpus wat in dieselfde frekwensieklas val, soos amnestie, beboet, leeromgewing, mikrofoon, onderbreking, ontplooiing, ontvoering, ensovoorts.

Met betrekking tot die meervoudsvorm van emeritus, sien ons uit Tabel 3 dat slegs emeriti in taalgebruiksdata voorkom. In weerwil van die wisselvorm emeritusse wat in 1931 in die AWS ingevoer is en vervolgens neerslag gevind het in ander woordeboeke soos die WAT en HAT6, kom dié vorm gewoon nie in taalgebruiksdata voor nie. Die enigste voorbeeld van emeritusse in lopende teks wat met ʼn Googlesoektog gevind kon word, is in die titel van 'n brief wat op LitNet verskyn het:

(17) God, godsdiens, grade en "emeritusse"! (Van Huyssteen 2008)

Die feit dat die skrywer emeritusse tussen aanhalingstekens skryf, sou ook op sy eie onsekerheid (of moontlik ironie) kon dui. Let ook daarop dat slegs emeriti as meervoudsvorm in geraadpleegde Engelse, Nederlandse en Duitse woordeboeke voorkom, sonder enige ander moontlike wisselvorme (kyk hier onder).

Indien van die makrostrukturele kriteria sou aandui dat emeritus wel as naamwoord en adjektief gebruik word, sal dié onderskeid ten minste aangedui moet word. Ten einde die valensiepotensiaal van emeritus aan te dui, sou dit ook nuttig wees om hoë frekwente samestellings/kollokasies op te neem (of ten minste as voorbeeldmateriaal tussen hakies).

 

 

Nóg emeritus, nóg enige verbindings daarmee word in die reëlgedeelte van die AWS aangetref.

 

 

Die vooronderstelling in hierdie artikel is dat daar geen ruimtelike beperkings is nie, gegewe dat die AWS hede ten dag elektronies beskikbaar is.

 

 

Met betrekking tot die kombinatoriek van emeritus is daar drie potensiële vrae wat taalkundig beantwoord moet word:

1. Fungeer emeritus as naamwoord of adjektief in kombinasie met titels? Indien dit as naamwoord fungeer, vorm dit ʼn neweskikkende of apposisiekompositum (Van Huyssteen 2017a:197) met ʼn ander titel en moet dit ingevolge reël 15.3 (AWS11) vas geskryf word; indien ʼn adjektief, moet dit as naamwoordfrase ingevolge reël 15.1 (AWS11) los geskryf word, of as attribuutkompositum met ʼn koppelteken vas geskryf word. Hierdie vraag is die belangrikste en is bepalend of vraag 2 of 3 daarna gestel moet word.

2. Naamwoord: Indien dit ʼn kompositum met ander titels vorm, watter tipe kompositum - semosintakties gesien (vergelyk Van Huyssteen 2017a:197) - word gevorm? Indien dit ʼn neweskikkende kompositum is (d.i. [ [a]Ni - [b]Nj]Nk [SEMiENSEMj]k, soortgelyk aan skrywer-digter) moet dit ingevolge reël 12.7 (AWS11) met ʼn koppelteken geskryf word en sal die meervoud byvoorbeeld emeritus-aartsbiskoppe of aartsbiskop-emeriti wees. As die kombinasie as ʼn apposisiekompositum (d.i. [ [a]Ni [b]Nj]Nk [SEMjISSEMi]k, soortgelyk aan sleutelwoord) geïnterpreteer word, sou die koppelteken opsioneel wees. Op die morfosemantiese vlak (Van Huyssteen 2017a:197) moet ook bepaal word of emeritus die kern (aartsbiskopemeritus) of bepaler (emeritusaartsbiskop) in so ʼn samestelling is.

3. Adjektief: Indien dit ʼn woordgroep met titels vorm, moet bepaal word of die adjektief prenominaal (emeritus aartsbiskop) of postnominaal (aartsbiskop emeritus) optree. Indien dit as ʼn saamgestelde rangbenaming met die kern aan die linkerkant (d.i. [ [a]N - [b]ADJ ]N, soos posmeester-generaal) gesien word, is aartsbiskop-emeritus in dié patroon die enigste moontlikheid en sal die meervoud ingevolge reël 14.12 (AWS11) aartsbiskoppe-emeritus (net soos posmeesters-generaal) wees. Laasgenoemde konstruksie is egter nie produktief in Afrikaans nie en kan dus eintlik as moontlikheid uitgesluit word (en boonop word meervoudsvorme soos aartsbiskoppe-emeritus of predikante-emeritus in geen van die korpusdata of ander woordeboeke aangetref nie).

Die eerste vraag kan vanuit twee perspektiewe beantwoord word. Aan die een kant kan toetse vir woordstatus, met alle beperkinge van dien (Van Huyssteen 2017a:184, 186), aangelê word. In terme van omstelbaarheid blyk uit die ondersoekte korpusdata (kyk hier onder) dat emeritus nooit as predikatiewe adjektief (*die aartsbiskop is emeritus) optree nie.1 Dit is wel vervangbaar met ander adjektiewe (byvoorbeeld die rustende/afgetrede/gepensioeneerde aartsbiskop, asook die aartsbiskop is rustend/afgetrede/gepensioeneerd (HAT6 2015), maar nie met ander naamwoorde nie (byvoorbeeld ??pensioenarisaartsbiskop of ??aartsbiskoppensioenaris). As dit as adjektief beskou word, blyk dit vrywel mobiel in pre- of postnominale posisie te wees (kyk frekwensieondersoek hier onder), maar dat dit wel onskeibaar is: die Anglikaanse emeritus aartsbiskop blyk uit die korpusondersoek moontlik te wees (drie gevalle in VivA se Korpusportaal), maar *die emeritus Anglikaanse aartsbiskop nie. Ofskoon dit sou kon suggereer dat emeritus dus eerder as naamwoord in komposita gesien moet word (dus emeritusaartsbiskop of aartsbiskopemeritus), kan die ewe waarskynlike analise as frasenaam (Booij 2010) ook geld. Vanuit dié beskouing is daar dus geen klinkklare antwoord nie, hoewel ʼn interpretasie as adjektief dalk waarskynliker lyk.

Aan die ander kant kan emeritus diachronies en sinchronies vanuit ʼn taalvergelykende perspektief beskou word. In Latyn beteken emeritus "veteraan soldaat", die verlededeelwoordvorm van emerere "om diens te voltooi" (EtymOnline 2016). In Collins English Dictionary (2003) word aangedui dat dit in Engels normaliter as postnominale adjektief (Eng. "a professor emeritus") gebruik word, en dit word deur verskeie ander woordeboeke bevestig (waaronder The American Heritage® Dictionary of the English Language 2009). Dieselfde geld ook Duits waar die adjektief postnominaal gebruik word: Professor emeritus (Duden 2016). Uit ʼn vergelyking met inskrywings op Wikipedia (2016) blyk dit ook ten minste waar te wees vir Sweeds, Deens en Noors (as voorbeelde van nog Germaanse tale). Die situasie ten aansien van Fries is onduidelik: Die Wurdboek van de Fryske Taal (WFT 2016) dui die woordsoort van emeritus as adjektief aan, maar in die voorbeeldmateriaal word slegs die naamwoordelike gebruik geïllustreer. Die inskrywing op Wikipedia (2016) wil egter laat blyk dat dit as adjektief prenominaal gebruik word: emearitusdûmny; emearitus professor.

Met betrekking tot Nederlands dui Van Wijk (1936) aan dat emeritus slegs as naamwoord gebruik kan word, terwyl Philippa et al. (2003-2009) weer slegs op die adjektiwiese gebruik daarvan dui, so te sien vanweë die feit dat emeritus in Latyn ʼn deelwoord is. Die Woordenboek der Nederlandse Taal (WNT 2007) dui aan dat emeritus sowel naamwoordelik as adjektiwies gebruik kan word en dui eksplisiet die koppeling emeritus-predikant (sonder verdere verklaring) aan. In die Woordenlijst Nederlandse Taal (Nederlandse Taalunie 2016b) word emeritus as naamwoord én adjektief opgeneem; daarnaas verskyn ook emeritus hoogleraar, emeritus pastoor en emeritus predikant.

Op die webwerf van die Nederlandse Taalunie se taaladviesdiens (Nederlandse Taalunie 2016a) verskyn ʼn uitgebreide artikel oor emeritus [my vetdruk - GBVH]:

Een hoogleraar die met pensioen is, is een gepensioneerd hoogleraar. Vaak heeft hij het recht gekregen om de titel emeritus hoogleraar te voeren (vergelijk ereleraar en eresecretaris). Emeritus is hier een bijvoeglijk naamwoord - daarom staat er geen koppelteken tussen emeritus en hoogleraar. Het bijvoeglijk naamwoord kan ook als zelfstandig naamwoord voorkomen: een emeritus, een emerita, twee emeriti. ... In combinatie met, bijvoorbeeld, prof. dr. kan de afkorting van emeritus - em. - op drie plaatsen staan: prof. dr. em., prof. em. dr. en em. prof. dr. Alle drie die mogelijkheden komen in de praktijk voor. Titulatuurgidsen geven geen uitsluitsel over de volgorde. Wegens de ondubbelzinnigheid en de parallellie met de volledige aanduiding emeritus hoogleraar (cf. emeritus procureur-generaal, emeritus predikant, emeritus Kamervoorzitter enzovoort) gaat de voorkeur naar em. prof. dr.

Dit is duidelik dat daar dus in Nederlands (ten minste in amptelike kringe) ʼn sterk voorkeur is vir die prenominale adjektiwiese gebruik, soos ook die geval in Fries is. In alle Germaanse tale wat ondersoek is, blyk dit dus dat emeritus in kombinasie met titels as adjektief beskou word; in Nederlandse en Fries gaan die voorkeur uit vir die prenominaal adjektiwiese interpretasie, terwyl Engels, Duits, Sweeds, Deens en Noors die postnominale skryfwyse voorstaan. Van de Velde (2009:202) toon aan dat die attributiewe adjektief in Protogermaans "zich vrij op zinsniveau bewogen", maar dat "acteropplaatsing van adjectieven rond 1100 volledig verouderd is want postnominale positie is dikwijls onderworpen aan allerlei beperkingen." Die postnominale skryfwyse van emeritus in Germaanse tale kan dus enigsins as gemerk beskou word, maar nie as "verkeerd" nie.

Vir Afrikaans - as Germaanse taal - sou enige van die twee opsies dus ten minste taalkundig korrek wees. Die twee konstruksieskemas (Van Huyssteen 2017a) in (18) en (19) sou beide moontlik kon wees.

(18) [ [emeritus]ADJ [x]N ]NP [AFGETREDE SEMN]

(19) [ [x]N [emeritus]ADJ]NP [AFGETREDE SEMN]

 

 

Indien aanvaar word dat emeritus as adjektief in Afrikaans fungeer, geld die losskryfwyse soos bepaal word in reël 15.1 (AWS11). As die adjektiwiese funksie egter verwerp word, word dit as ʼn samestelling vas aan ʼn ander titel geskryf soos bepaal word in reël 15.2 (AWS11).

 

 

Enige van die skryfwyses is moontlik ingevolge die konvensies van die Afrikaanse ortografie en verteenwoordig dus nie ʼn uitsondering nie.

 

 

Afrikaanse woordeboeke interpreteer emeritus op ʼn verskeidenheid wyses. Uit beide die WAT (Figuur 1) en HAT6 (Figuur 2) se voorbeeldmateriaal by die adjektief gee hulle erkenning aan sowel die pre- as postnominale gebruik daarvan.

 

 

 

 

Die HAT6-gebruiker wat op soek is na skryfwyseleiding, kan egter verwar word deur die onverklaarde sublemmas by die naamwoordelike gebruik, aangesien HAT6 duidelik te kenne gee dat emerituspredikant en emeritusprofessor ook aanvaarbaar is (naas die adjektiwiese gebruik). Die twee onverklaarde sublemmas lyk identies op die hantering in Verklarende Afrikaanse Woordeboek (VAW9 2010; Figuur 3).

 

 

Die inskrywing in Pharos Afrikaans-Engels/Engels Afrikaanse Woordeboek (PAEEA 2005; Figuur 4) sluit ook hierby aan en laat die gebruiker aflei dat ʼn vasskryfwyse (emerituspredikant) die korrekte vertaling is vir die Engelse pastor emeritus. Wat nog meer verwarrend is, is dat emerituspredikant ʼn sublemma van die adjektiwiese gebruik van emeritus is.

 

 

Die Afrikaans/Japannese Woordeboek (2015; Figuur 5) gee slegs erkenning aan die skryfwyse emeritus-professor, terwyl die Pharos Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands (ANNA 2011; Figuur 6) slegs die naamwoordelike gebruik erken - sonder enige leiding oor hoe om dit in kombinasie met ander titels te gebruik.

 

 

 

 

Uit bostaande is dit duidelik dat bykans alle geraadpleegde woordeboeke van mekaar verskil in hulle hantering van emeritus. Nie net verskil die woordeboeke van mekaar nie, maar word die eindgebruiker ook dikwels met meer vrae as antwoorde gelaat indien hy/sy selfs net een van die woordeboeke (byvoorbeeld HAT6 of PAEEA) sou raadpleeg. Vir leiding met betrekking tot die wyse van opname in die AWS kan die TK dus eintlik moeilik steun op ander woordeboeke.

 

 

In Van Huyssteen (2017b) stel ek voor dat die keusemodel van Wallis et al. (2012:4) as statistiese raamwerk gebruik kan word, veral in gevalle waar besluit moet word oor variante ortografiese vorme. Binne dié raamwerk is die waarskynlikheid P dat ʼn bepaalde vorm n1 uit die totale aantal werklike keuseopsies ni gekies sal word:

Waar F(n1) die totale aantal gevalle (ongenormaliseerde frekwensie) van die eerste ortografiese variant is, F(n2) van die tweede variant, ensovoorts. Die waarskynlikheid P word uitgedruk as ʼn waarde tussen 0 (onwaarskynlik) en 1 (volkome waarskynlik). Aangesien daar met waarskynlikhede gewerk word, kan ook met die gemiddeld van waarskynlikhede oor verskillende korpusse heen gewerk word. Die enkelsteekproef-z-toets (Wallis 2013a; 2013b) kan gebruik word om ʼn aanduiding te kry of die waarskynlikheidsverspreiding enigsins ook statisties beduidend is (indien dit nie op die oog af duidelik is nie). Indien |z|> 1,95996 is, is die verskil in frekwensie statisties beduidend en kan die twee vorme nie eintlik as wiskundig/statisties waarskynlike wisselvorme gesien word nie.

Teen dié agtergrond kan die kombinasie van emeritus met ander titels as ʼn 2x3-keuseruimte voorgestel word:

emeritus kan links of regs van die titel staan (2 opsies); en

emeritus kan los van, met ʼn koppelteken vas, of sonder ʼn koppelteken vas aan die titel geskryf word (3 opsies).

Vir doeleindes van hierdie artikel is emeritus in kombinasie met aartsbiskop in al die korpusse op VivA (2016) se Korpusportaal en die Leipzigkorpus (Projekt Deutscher Wortschatz 2016) ondersoek, asook data wat met ʼn Googlesoektog (sien Bylae) versamel is. Die frekwensies word in Tabel 4 aangebied, en die waarskynlikhede in Tabel 5.

Uit alle keusemoontlikhede is die waarskynlikheid van emeritus aartsbiskop in die VivA-korpusse die hoogste (P = 0,503), maar steeds eintlik nie prakties beduidend nie: Dit het dit maar steeds slegs ʼn 50%-kans om gekies te word - d.i. soortgelyk aan die opskiet van ʼn onsydige muntstuk. Die verskil tussen emeritus aartsbiskop en sy naaste kompeterende vorm, emeritus-aartsbiskop, is statisties beduidend (z= 3,794733, p= 0,0001), wat impliseer dat dié twee statisties gesproke nie as wisselvorme gesien kan word nie. As ʼn mens na die gesamentlike waarskynlikhede in die VivA-korpusse kyk (in die TOTAAL-kolom en -ry), blyk die kans dat emeritus links in plaas van regs van aartsbiskop sal staan veel groter te wees (P = 0,825). Insgelyks, as daar na die totale waarskynlikhede vir los, met koppelteken vas, of vas gekyk word, blyk die kans effens groter te wees dat dit los geskryf sal word (P = 0,640) - ten minste waarskynliker as ʼn gelyke kans by die opskiet van ʼn onsydige muntstuk.

Indien die Leipzig- en Googledata in ag geneem word, blyk dieselfde tendens ten opsigte van links teenoor regs waar te wees: Vir die links geplaaste opsie is P = 0,909 en P = 0,757 onderskeidelik (kyk die "TOTAAL"-ry in Tabel 5). As ʼn mens die gemiddeld van waarskynlikhede in die drie datastelle neem (kyk die "Gemiddeld"-ry in Tabel 5), is dit duidelik dat die gevalle waar emeritus links van aartsbiskop staan veel waarskynliker is (P = 0,830) as gevalle waar dit regs daarvan staan.

In die Googledata - waarvan ʼn mens kan veronderstel dat dit meer ongeredigeerde tekste bevat as die korpusse in VivA se Korpusportaal (Van Huyssteen 2016) - is die los-, koppelteken- en vasskryfwyses egter meer eweredig versprei, met die koppeltekenskryfwyse effens waarskynliker (P = 0,437) as die res. Ook in die Googledata verskil die frekwentste vorm (emeritus-aartsbiskop) statisties beduidend van die naas frekwentste vorm (emeritus aartsbiskop) (z = 3,112539, p = 0,0019), wat beteken dat ook hulle nie statisties gesproke as wisselvorme gesien kan word nie.

Soos in die Googledata is die koppeltekenskryfwyse die waarskynlikste (P = 0,537) in die Leipzigdata. Ook emeritus-aartsbiskop (frekwentste vorm) verskil statisties beduidend van die naas frekwentste emeritus aartsbiskop (z = 2,5, p =0,012), en hulle kan dus nie statisties as wisselvorme gesien word nie.

Die losskryfwyse is gemiddeld (kyk die "Gemiddeld"-kolom in Tabel 5) oor die drie datastelle heen die waarskynlikste van alle moontlikhede (P = 0,483), ofskoon dit ongeveer gelyk is aan die kanse by die opskiet van ʼn onsydige muntstuk. Die enigste ander kompeterende skryfwyse is met ʼn koppelteken (P = 0,439).

Deur soortgelyke vergelykings te doen met emeritus en byvoorbeeld professor, leraar en predikant, kan ʼn meer omvattende beeld verkry word van emeritus se gedrag in werklike taalgebruiksdata. Vir doeleindes van hierdie artikel word volstaan met die VivA- en Leipzigkorpusdata, aangesien dit uit die aartsbiskop-data (kyk Tabel 4 en Tabel 5) geblyk het dat die Leipzigkorpus en Googledata tot ʼn redelike mate ooreenstemmende spreiding vertoon. In Tabel 6 word die frekwensies van emeritus in kombinasie met ander titels (uitgesonderd aartsbiskop) weergegee, en in Tabel 7 die ooreenstemmende waarskynlikhede. In die twee individuele datastelle sien ons hier ander spreidings as in die aartsbiskop-data: In die VivA-data is vorme soos emeritus-predikant en emeritus-professor die waarskynlikste (P = 0,388), terwyl emeritus aartsbiskop die waarskynlikste is; in die Leipzigdata is presies die teenoorgestelde waar, met emeritus aartsbiskop as die waarskynlikste vorm (P = 0,437).

As ons egter na die gemiddelde kyk (vergelyk die "Gemiddeld"-kolom en -ry in Tabel 5 en Tabel 7), sien ons wel naastenby dieselfde spreiding: Die linkerkantse plasing van emeritus is telkens die waarskynlikste (onderskeidelik P = 0,830 en 0,884), soos ook die los geskrewe vorm (onderskeidelik P = 0,483 en 0,488). As ons al die data kombineer (kyk Tabel 8 en Tabel 9) word hierdie patroon nog sterker duidelik met die gemiddelde waarskynlikheid vir die linkerkantste plasing van emeritus as P = 0,876 en die los geskrewe vorm as P = 0,544.

Die afleidings wat uit hierdie dataondersoek gemaak kan word, is dat emeritus waarskynliker as prenominale adjektief as enige van die ander keuseopsies funksioneer, soos in die konstruksieskema in (18) beskryf word. Die enigste ander kompeterende konstruksie is waar emeritus as naamwoord geïnterpreteer word en dan met ander titels in neweskikkende komposita (byvoorbeeld emeritus-aartsbiskop of emeritus-professor) verbind. ʼn Skryfwyse (en interpretasie) is dus in die volksmond aan die ontluik, in weerwil van normgewende bronne. Daar is egter telkens aangetoon dat dié kompeterende vorme statisties beduidend van mekaar verskil en dus statisties gesproke nie as wisselvorme beskou kan word nie; met ʼn normatiewe doelstelling voor oë moet besluit word of die verskil ook prakties beduidend is. Daar moet ook in gedagte gehou word dat die koppeltekenskryfwyse nóg in enige AWS, nóg in enige gesaghebbende woordeboek (met die uitsondering van die Afrikaans/Japannese Woordeboek 2015) geperpetueer word.

 

 

Uit die voorafgaande bespreking kan die volgende algemene gevolgtrekkings saamgevat word:

Taalkundig gesproke blyk beide die prenominale en postnominale adjektiwiese gebruik van emeritus in Germaanse tale moontlik te wees, met ʼn voorkeur vir die prenominale gebruik in Nederlands en Fries. In al die ondersoekte tale, met die moontlike uitsondering van Fries, kan emeritus ook as selfstandige naamwoord gebruik word.

Korpusdata bevestig dat emeritus ook statisties beduidend as prenominale adjektief in Afrikaans gebruik word en baie onwaarskynlik postnominaal voorkom. In kombinasie met ander titels is die enigste kompeterende konstruksie ʼn neweskikkende kompositum met emeritus as linkerlid.

Afrikaanse woordeboeke se interpretasie en hantering van emeritus in kombinasie met ander titels is wyd uiteenlopend, wat ook ʼn aanduiding is van die onsekerheid wat bestaan met betrekking tot die skryfwyse van emeritus in sulke kombinasies. In die naamwoordelike gebruik gee al die ondersoekte tale se woordeboeke slegs erkenning aan die oorspronklike Latynse meervoudsvorm (emeriti), terwyl dit blyk dat die gegermaniseerde meervoudsvorm (emeritusse) slegs in Afrikaanse woordeboeke voorkom.

Alles in ag genome dien dit as motivering waarom die volgende inskrywings in AWS11 opgeneem is:

(29) emeritus, ..riti

(30) emeritus (attr.), - (- aartsbiskop/predikant/professor)

 

4. SLOT

In hierdie artikel is die operasionaliseringsraamwerk wat deur Van Huyssteen (2017b) voorgestel is, stap vir stap aan die hand van die geval emeritus geïllustreer. In die eerste elf stappe (kyk Tabel 10) is vrae beantwoord wat die makrostrukturele status van die lemma emeritus in die woordelysgedeelte van die AWS raak, naamlik of emeritus opgeneem moet word of nie. Agt van dié vrae kan positief beantwoord word en dien as motivering vir die opname van emeritus as lemma. Die laaste ses stappe se vrae het betrekking op die mikrostrukturele hantering van emeritus, naamlik hoe dit in die AWS opgeneem moet word. Deur alle kriteria gebalanseerd in ag te neem, kan uiteindelik gemotiveer word waarom die inskrywings van emeritus in AWS11 gewysig is van AWS10.

 

ERKENNING

Erkenning vir die kritiese beskouing van hierdie navorsing oor emeritus word gegee aan die TK wat AWS11 saamgestel het. Dank ook aan Ernst Kotzé en Tom McLachlan vir hulle perspektiewe in persoonlike gesprekke. Alle denk- en berekeningsfoute moet egter voor my deur gelê word.

 

BYLAE

Ten einde konsekwentheid tussen verskillende Googlesoektogte te verseker, word streng by die volgende protokol gehou:

1. Doen soektogte na vergelykbare vorme op dieselfde dag, vanaf dieselfde IP-adres, op dieselfde rekenaar/toestel, met dieselfde webblaaier, vanaf dieselfde Googledomein (byvoorbeeld google.com, en nie google.co.za nie, of andersom) en met private soekmodus (byvoorbeeld "Incognito"-modus in Chrome, of "In Private"-modus in Internet Explorer). Dit is ʼn bekende feit (vergelyk byvoorbeeld McEvoy 2015) dat Googlesoektogresultate dramaties kan verskil afhangende van faktore soos die tipe toestel, webblaaier, ensovoorts. Vergelykbaarheid word ten minste tot ʼn mate verseker deur soveel as moontlik veranderlikes konstant te hou.

2. Plaas alle soekterme tussen dubbele aanhalingstekens, selfs al is dit enkelwoordsoekterme, byvoorbeeld <"emeritusaartsbiskop"> of <"emeritus aartsbiskop">. Afhangende van die basis van vergelyking met ander korpusse, soek ook vir geïnflekteerde vorme, byvoorbeeld <"emeritusaartsbiskoppe">.

3. Sluit woordeboek- en vertaalenjinresultate uit deur sulke domeine eksplisiet uit die soektog weg te laat, byvoorbeeld deur middel van <-site:majstro.com>,<-site:woordelys.co.za>, ensovoorts.

4. Neem in ag dat die Googlesoekalgoritme koppeltekens as spasies hanteer en dat soekresultate nie kassensitief is nie. In ʼn soektog met <emeritus-aartsbiskop> sal resultate met emeritus-aartsbiskop, emeritus aartsbiskop, EMERITUS AARTSBISKOP en Emeritus aartsbiskop op dieselfde bladsy gevind word. In stap 7 hier onder moet desnoods verskillende teksdokumente geskep word, indien los- en koppeltekenskryfwyses, of hoof- en kleinlettergevalle met mekaar vergelyk word.

5. Vertoon slegs resultate vir bladsye geskryf in Afrikaans.

6. Kopieer al die teks op die eerste soekresultaatbladsy en plak dit in ʼn platteksredigeringsprogram (byvoorbeeld Notepad++). Herhaal vir elke soekresultaatbladsy tot op die bladsy waar die boodskap vertoon word wat vermeld dat sommige resultate weggelaat word, aangesien dit baie soortgelyk is aan die resultate wat reeds vertoon is.

7. In die platteksredigeringsprogram, merk alle reëls wat die onderhawige soekterm bevat (byvoorbeeld in Notepad++ deur middel van [Search> Mark {Bookmarkline}> Mark All]. Verwyder alle reëls wat nie die soekterm bevat nie (byvoorbeeld in Notepad++ deur middel van [Search>Bookmark>RemoveUnmarkedLines]). Indien los- en koppeltekenskryfwyses, of hoof- en kleinlettergevalle met mekaar vergelyk word, skep desnoods aparte dokumente vir die onderskeie soorte.

8. Lees deur die oorblywende data en verwyder ruis, waaronder URL's waarin die soekterm kan voorkom, teks uit ander tale wat deur Google as Afrikaans beskou is, ooglopende dupliserings en teks van ongewenste webwerwe. (Laasgenoemde kan ook vooraf geëlimineer word, soos aangedui in stap 3 hier bo.)

9. Verkry frekwensiegetalle deur vir die onderhawige geval te soek (byvoorbeeld in Notepad++ deur [Search>Find>FindAll in CurrentDocument] en dan die aantal waar te neem).

 

BIBLIOGRAFIE

Afrikaans/Japannese Woordeboek. 2015. Kaapstad: Pharos. (In PharosAanlyn [Webdiens]). Beskikbaar by: http://www.pharosaanlyn.co.za. Geraadpleeg op: 2016-11-30.

ANNA: Pharos Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands. 2011. Kaapstad: Pharos. (In Pharos Aanlyn [Webdiens]). BeskikbSaar by: http://www.pharosaanlyn.co.za. Geraadpleeg op: 2016-11-30.

AWS1: Le Roux, T.H., Malherbe, D.F. & Smith, J.J., in opdrag van die Suidafrikaanse Akademie vir Taal, Lettere en Kuns. 1917. Afrikaanse woordelijs en spelreëls. 1e uitgawe. Bloemfontein: Het Volksblad-Drukkerij.         [ Links ]

AWS2: Le Roux, T.H., Malherbe, D.F. & Smith, J.J., in opdrag van die Suidafrikaanse Akademie vir Taal, Lettere en Kuns. 1918. Afrikaanse woordelijs en spelreëls. 2e uitgawe. Bloemfontein: De Nationale Pers.         [ Links ]

AWS3: Bosman, D.B., Le Roux, T.H., Malherbe, D.F. & Smith, J.J., in opdrag van die Suidafrikaanse Akademie vir Taal, Lettere en Kuns. 1921. Afrikaanse woordelys en spelreëls. 3e uitgawe. Bloemfontein: Die Nasionale Pers.         [ Links ]

AWS4: Boshoff, S.P.E., Bosman, D.B., Le Roux, T.H., & Malherbe, D.F., in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Taal, Lettere en Kuns. 1931. Afrikaanse woordelys en spelreëls. 4e uitgawe. Bloemfontein, Kaapstad & Stellenbosch: Nasionale Pers.         [ Links ]

AWS5: Boshoff, S.P.E., Bosman, D.B., Hiemstra, L.W., Le Roux, T.H., & Malherbe, D.F., in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Taal, Lettere en Kuns. 1937. Afrikaanse woordelys en spelreëls. 5e uitgawe. Bloemfontein, Kaapstad & Pretoria: Nasionale Pers.         [ Links ]

AWS6: Taalkommissie (samest.), in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. 1953. Afrikaanse woordelys en spelreëls. 6e uitgawe. Kaapstad, Bloemfontein & Johannesburg: Nasionale Boekhandel.         [ Links ]

AWS7: Taalkommissie (samest.), in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. 1964. Afrikaanse woordelys en spelreëls. 7e uitgawe. Kaapstad & Johannesburg: Tafelberg-Uitgewers.         [ Links ]

AWS8: Taalkommissie (samest.), in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. 1991. Afrikaanse woordelys en spelreëls. 8e uitgawe. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

AWS9: Taalkommissie (samest.), in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. 2002. Afrikaanse woordelys en spelreëls. 9e uitgawe. Kaapstad: Pharos.         [ Links ]

AWS10: Taalkommissie (samest.), in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. 2009. Afrikaanse woordelys en spelreëls. 10e uitgawe. Kaapstad: Pharos.         [ Links ]

AWS11: Taalkommissie (samest.), in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. 2017. Afrikaanse woordelys en spelreëls. 11e uitgawe. Kaapstad: Pharos.         [ Links ]

Booij, G.E. 2010. Construction morphology. Oxford: Oxford University Press.         [ Links ]

Collins English Dictionary. 2003. New York: Harper Collins Publishers. (In The Free Dictionary Pro by Farlex. Weergawe 2.1.0.17. [Toepassing]). Beskikbaar by: https://www.microsoft.com/en-gb/store/apps/windows. Geraadpleeg op: 2016-11-30.

Duden - Die deutsche Rechtschreibung. 2014. 26e uitgawe. Berlin: Bibliographisches Institut GmbH. (In Duden Wörterbücher für Windows. Weergawe 4.1.73.0.         [ Links ] [Toepassing]). Beskikbaar by: https://www.microsoft.com/en-gb/store/apps/windows.Geraadpleeg op: 2016-11-30.

EtymOnline. 2016. Etym Online etymological dictionary.         [ Links ] [Toepassing]. Beskikbaar by: https://www.microsoft.com/en-gb/store/apps/windows. Geraadpleeg op: 2016-11-30.

Germishuys, G. 2016. Tutu uit hospitaal ontslaan. 21 September. Beskikbaar by: http://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/tutu-uit-hospitaal-ontslaan-20160921. Geraadpleeg op: 2016-12-02.         [ Links ]

Gouws, R.H. 1989. Leksikografie. Pretoria: Academica.         [ Links ]

HAT6: Luther, J., Pheiffer, F. & Gouws, R.H. (reds.). 2015. Handwoordeboek van die Afrikaanse taal. 6e uitgawe. Kaapstad: Pearson. (In VivA Woordeboekportaal. Weergawe 1.2. [Toepassing]). Beskikbaar by: https://www.microsoft.com/en-gb/store/apps/windows. Geraadpleeg op: 2016-11-30.

McEvoy, M. 2015. 7 Reasons Google search results vary dramatically. Beskikbaar by: http://www.webpresencesolutions.net/7-reasons-google-search-results-vary-dramatically/. Geraadpleeg op: 2016-12-16.         [ Links ]

Nederlandse Taalunie. 2016a. Taaladvies. Beskikbaar by: http://taaladvies.net. Geraadpleeg op: 2016-12-16.         [ Links ]

Nederlandse Taalunie. 2016b. Woordenlijst Nederlandse Taal. Beskikbaar by: http://woordenlijst.org. Geraadpleeg op: 2016-12-16.         [ Links ]

Netwerk24. 2016. Tutu se dogter tree uit as direkteur van stigting, verhuis na Nederland. 01 Desember. Beskikbaar by: http://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/tutu-se-dogter-tree-uit-as-direkteur-van-stigting-verhuis-na-nederland-20161130. Geraadpleeg op: 2016-12-02.         [ Links ]

OFM. 2011a. Tutu: Ek gaan terugsit en SA se jonges dophou. 10 Maart. Beskikbaar by: http://www.ofm.co.za/article/national/96868/tutu-ek-gaan-terugsit-en-sa-se-jonges-dophou Geraadpleeg op: 2016-12-23.         [ Links ]

OFM. 2011b. Tonge klap steeds oor Tutu-Dalai Lama debakel. 8 Oktober. Beskikbaar by: http://www.ofm.co.za/article/national/99577/tonge-klap-steeds-oor-tutu-dalai-lama-debakel Geraadpleeg op: 2016-12-23.         [ Links ]

PAEEA: Pharos Afrikaans-Engels/Engels Afrikaanse Woordeboek. 2005. Kaapstad: Pharos. (In PharosAanlyn [Webdiens]). Beskikbaar by: http://www.pharosaanlyn.co.za. Geraadpleeg op: 2016-11-30.

Philippa, M., Debrabandere, F., Quak, A., Schoonheim, T. & Van der Sijs, N. 2003-2009. Etymologisch woordenboek van het Nederlands. Amsterdam: Amsterdam University Press.         [ Links ]

Pretoria FM. 2015. Pretoria FM Geloftefees. Beskikbaar by: http://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2015/12/Pretoria-FM-Geloftefees.pdf. Geraadpleeg op: 2016-12-23.         [ Links ]

Projekt Deutscher Wortschatz. 2016. Afrikaans corpus. Leipzig: Universität Leipzig, Abteilung Automatische Sprachverarbeitung. Beskikbaar by: http://corpora.uni-leipzig.de/en.         [ Links ]

Rabe, L. 2016. Gevaar voor: fopnuus dreig! 29 November. Beskikbaar by: http://www.netwerk24.com/Stemme/Aktueel/gevaar-voor-fopnuus-dreig-20161125. Geraadpleeg op: 2016-12-02.         [ Links ]

Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. 2011. Taalkommissiekorpus 1.1. Potchefstroom: CTexT, Noordwes-Universiteit.         [ Links ]

The American Heritage® Dictionary of the English Language. 2000. 4e uitgawe, bygewerk in 2009. Boston: Houghton Mifflin Company. (In TheFree Dictionary Pro by Farlex. Weergawe 2.1.0.17. [Toepassing]). Beskikbaar by: https://www.microsoft.com/en-gb/store/apps/windows. Geraadpleeg op: 2016-11-30.

Van de Velde, F. 2009. De nominale constituent: structuur en geschiedenis. Leuven: Leuven University Press.         [ Links ]

Van Huyssteen, G.B. 2016. Die ortografiese realisering van komposita met en afleidings van multiwoordeiename. LitNet Akademies. 13(3):424-456.         [ Links ]

Van Huyssteen, G.B. 2017a. Morfologie. In: Carstens, W.A.M. & Bosman, N. (reds.). Kontemporêre Afrikaanse taalkunde. 2e uitgawe. Pretoria: Van Schaik, pp.177-214.         [ Links ]

Van Huyssteen, G.B. 2017b. Die aard, doel en omvang van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 57(2-1):323-345.         [ Links ]

Van Huyssteen, J. 2008. God, godsdiens, grade en "emeritusse"! 7 Mei. Beskikbaar by: http://argief.litnet.co.za/article.php?news_id=37854 Geraadpleeg op: 2016-12-23.         [ Links ]

Van Wijk, N. 1936. Franck's etymologisch woordenboek der Nederlandsche taal, met een Supplement van C.B. van Haeringen. Den Haag: Martinus Nijhoff.         [ Links ]

VAW9: Labuschagne, F.J. & Eksteen, L.C. Verklarende Afrikaanse woordeboek. 9de uitgawe. Kaapstad: Pharos. (In PharosAanlyn [Webdiens]).         [ Links ] Beskikbaar by: http://www.pharosaanlyn.co.za. Geraadpleeg op: 2016-11-30.

Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA). 2016. Korpusportaal. Beskikbaar by: http://viva-afrikaans.org. Geraadpleeg op: 2016-11-30.         [ Links ]

Wallis, S. 2013a. Comparing frequencies within a discrete distribution. Beskikbaar by: https://corplingstats.wordpress.com/2013/05/20/comparing-frequencies/. Geraadpleeg op: 2016-12-02.         [ Links ]

Wallis, S. 2013b. Goodness of fit measures for discrete categorical data. Beskikbaar by: http://www.ucl.ac.uk/english-usage/staff/sean/resources/gofmeasures.pdf. Geraadpleeg op: 2016-12-02.         [ Links ]

Wallis, S., Bowie, J. & Aarts, B. 2012. That vexed problem of choice. Some reflections on experimental design and statistics with corpora. In International Conference on Advances in Mechanics Engineering (ICAME 33), Leuven. Beskikbaar by: http://www.ucl.ac.uk/english-usage/staff/sean/resources/vexedchoice.pdf. Geraadpleeg op: 2016-07-06.         [ Links ]

WAT: Woordeboek van die Afrikaanse Taal. 2016. Stellenbosch: Buro van die WAT. (In VivA Woordeboekportaal. Weergawe 1.2. [Toepassing]). Beskikbaar by: https://www.microsoft.com/en-gb/store/apps/windows. Geraadpleeg op: 2016-11-30.

WFT: Wurdboek van de Fryske Taal. 2016. Leiden: Instituut voor Nederlandse Lexicologie. Beskikbaar by: http://gtb.inl.nl/. Geraadpleeg op: 2016-11-30.         [ Links ]

Wikipedia: The free encyclopaedia. 2016. Wikimedia Foundation, Inc. Beskikbaar by: http://en.wikipedia.org. Geraadpleeg op: 2016-11-30.         [ Links ]

WNT: Woordenboek der Nederlandsche Taal. 2007. Leiden: Instituut voor Nederlandse Lexicologie. Beskikbaar by: http://gtb.inl.nl/. Geraadpleeg op: 2016-11-30.         [ Links ]

 

 

 

GERHARD VAN HUYSSTEEN is professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit. Hy dien sedert 2005 op die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en is tans voorsitter van dié liggaam. Vanaf 2009-2014 dien hy ook op die paneel van mensetaaltegnologiekundiges van die Departement Kuns en Kultuur. Hy is onder andere ontvanger van die Elizabeth Eybers-beurs, die CL Engelbrecht-prys vir taalkundenavorsing vir sy aandeel in die publikasie van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls, en die Stalsprys vir multi- en interdissiplinêre spanwerk. Hy het al verskeie grootskaalse, internasionale multimiljoenrandprojekte gelei, waaronder projekte vir Microsoft, MTN en die Suid-Afrikaanse regering. Van Huyssteen is veral bekend vir sy bydrae as taalkundige in die ontwikkeling van tekstegnologietoepassings en verskeie elektroniese hulpbronne vir Afrikaans, asook as konseptualiseerder, samesteller en beoordelaar van die kykNET-program Op die Spel.
GERHARD VAN HUYSSTEEN is professor in Afrikaans linguistics and language technology at the North-West University. Since 2005, he served in the "Taalkommissie" (Language Commission) of the "Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns" (South African Academy for Science and Arts), and is currently chair of this commission. He has also served in the Human Language Technology Expert Panel of the Department of Arts and Culture from 2009-2014. He is the recipient of, among others, the Elizabeth Eybers Bursary, CL Engelbrecht Award for linguistic research for his contribution to the publication of the Afrikaanse Woordelys en Spelreëls, and the Stals Award for multi- and interdisciplinary team work. He has initiated and led numerous large-scale, international, multimillion rand projects for institutions like Microsoft, MTN and the South African government. Van Huyssteen is known for his contribution as a linguist in the development of text technology applications and various resources for Afrikaans, as well as conceptualiser and developer of the kykNET programme Op die Spel.
1 In die WAT, onder betekenis II van die lemma emeritus as selfstandige naamwoord, is die volgende poëem opgeneem: “Die ou dominee is al jare emeritus.” Ofskoon die gebruik van emeritus in hierdie geval as predikatiewe adjektief geïnterpreteer sou kon word, volstaan ek by die WAT se kategorisering daarvan as selfstandige naamwoord.

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons