SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número4-2Learning approaches and academic achievement among EMS-education studentsHermeneutics, systems, and states índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.56 no.4-2 Pretoria dic. 2016

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-2a10 

AKTUEEL DEBAT

 

Redakteursnota

 

 

Die debat oor politieke, regsfilosofiese en gemeenskapsaspekte van die moderne staat word in hierdie rubriek voortgesit.

In die Junie 2016-nommer van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe het Andries Raath, in 'n diskoers met Danie Goosen en Koos Malan, die politieke en regsfilosofiese implikasies van politieke kommunitarisme van nader bekyk.

In die September 2016-nommer tree Danie Strauss toe tot die debat deur aan te voer dat die tekortkominge van sowel individualistiese (atomistiese) as universalistiese (holistiese) benaderings ondervang kan word "indien erns gemaak word met die ontiese beginsels van soewereiniteit-in-eie-kring en universaliteit-in-eie-kringg".

In hierdie uitgawe lewer sowel Danie Goosen as Koos Malan repliek op die vorige twee standpunte, soos verwoord deur Andries Raath (Junie 2016) en Danie Strauss (September 2016) onderskeidelik.

Alle lesers van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe word weer eens hartlik uitgenooi om deel te neem aan die debat. Beperk u debatsbydraes tot hoogstens 2 000 woorde. Indien u sou verkies om liewer uitvoeriger by wyse van 'n navorsingsartikel te reageer, sal dergelike bydraes aan die gewone keuringsprosedure onderhewig wees.

 

Ina Wolfaardt-Gräbe

Oktober 2016

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons