SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue4-1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.56 n.4-1 Pretoria Dec. 2016

 


Ronel Wasserman is a senior lecturer in English at the School of Languages of the Vaal Triangle Campus of the North-West University and a researcher in the research focus area Understanding and Processing Language in Complex Settings (UPSET). She specialises in corpus-based research within the domains of sociohistorical linguistics and World Englishes, especially relating to the grammatical and semantic development of the verb phrase in South African English. Her current research explores the effect of language contact situations in South Africa, in particular regarding the use of modality in Afrikaans and South African English, as well as other South African varieties like Black South African English.
1 My opregte dank aan Bertus van Rooy vir sy waardevolle insette en voorstelle wat bygedra het tot die verbetering en afronding van die argument en voorlegging van hierdie artikel. Ek spreek ook my dank uit teenoor die anonieme keurders vir hul sinvolle kommentaar. Enige foute en tekortkominge bly my eie. Van die data in hierdie artikel is voorgele by die konferensie getiteld Mobility, Variability and Changing Literacies in Modern Times wat in Junie 2014 in Utrecht, Nederland gehou is.
2 Hierdie variëteit word ook dikwels afgekort as WSAfE (White South African English/Wit Suid- Afrikaanse Engels).
3 Hierna word daar bloot verwys na "modaal".
4 (Word ook 'n semi-modaal genoem.) 'n Ten volle gegrammatikaliseerde modale hulpwerkwoord wat nie deel van die prototipiese modale sisteem (bv. kan/kon, mag/mog, ens.) vorm nie, en gewoonlik uit 'n multi-woord konstruksie bestaan, bv. be going to in Engels en behoort te in Afrikaans (sien Collins 2009).
5 Hierdie betekeniskluster is een van drie breë semantiese groeperings binne die (Germaanse) modale sisteem, waarbinne modale en kwasi-modale met verwante betekenisse gekategoriseer kan word. Die ander betekenisklusters is dié van toestemming, moontlikheid en vermoë, asook wilshandeling/wilskrag en voorspelling (sien Biber et al. 1999:485; Collins 2009).
6 Die enigste ander variëteit van Engels wat noue kontak met ander Germaanse tale geniet het tydens sy ontwikkeling is AmE (Trudgill 2004:2;6), maar die skaal en aard van die kontaksituasie met Afrikaans is baie anders vir SAfE (Wasserman 2014:9).
7 Dit is opsluit nie 'n onmoontlike of selfs ongereelde verskynsel nie: Oudnoors en Normandies-Frans het byvoorbeeld 'n sterk invloed op afsonderlik Oud- en Middelengels uitgeoefen, selfs wat grammatika betref, ten spyte van eras van vyandskap tussen sprekers van hierdie tale (Wasserman 2014:79; cf. Baugh & Cable 1978:42-61;107-118; Lass 1987:50-4).
8 Sien Ponelis (1998:47).
9 Vroeëre navorsers was inderdaad nie daarvan oortuig dat die grammatika van SAfE enige aandag verdien nie. Lanham en MacDonald (1979) het byvoorbeeld gevoel dat daar nie veel oor die onderwerp te sê is nie, aangesien SAfE op sigself eintlik net 'n kenmerkende aksent is. Titlestad (1996:168) het verder ook aangevoer dat SAfE, buiten vir sy aksent en 'n klompie gebruiksterme in die omgangstaal, moeilik herkenbaar is.
10 Oor die algemeen deel die Afrikaanse modale die volgende grammatikale ooreenkomste met dié van Engels: hulle neem geen infleksie vir persoon nie, maar inflekteer tot 'n mate vir tempus, aangesien slegs sekere vorme van die preteritum oorgebly het (cf. Ponelis 1979:246).
11 Daar is geen hedendaagse grammatikale verledetydsvorm vir must nie, maar ten spyte van sy hedendaagse verwysing na teenwoordige tyd is must eintlik 'n oorblyfsel van die oorspronklike OudEngelse verledetydsvorm van mote/mot, naamlik moste (OED Online, 2012).
12 Hierdie korpus is ruimhartig deur Johanita Kirsten (NWU) beskikbaar gestel vir gebruik.
13 Die resultate van 'n log-waarskynlikheidstoets word aangedui deur die Griekse hoofletter lambda (Λ), en gebruik die afsnypunte van Λ > 3,84 vir p < 0,05 en Λ > 10,83 vir p < 0,001 (Rayson & Garside 2000) om statistiese beduidendheid te bepaal.
14 Die skryfformules met SAfE mustn 't/must not kom almal in nie-fiksie of verslaggewing voor, en is dus kenmerkend van die meer formele geskrewe register. Afrikaans gebruik nie moenie/moet nie in hierdie konteks nie.
15 Die enkele paar gebruike van "moet [subjek] nie" en "moet nooit... nie" of "must never" in is nie hier in ag geneem nie, omdat die klem op die meer gegrammatikaliseerde vorme geplaas word.

^rND^sAbraham^nWerner^rNDAnon^rND^sBowerman^nSean^rND^sBranford^nWilliam^rND^sBybee^nJoan^rND^sCoetsee^nD.J.^rND^sCoetzee-Van Rooy^nSusan^rND^sCoetzee-Van Rooy^nSusan^rND^sCollins^nPeter^rND^sConradie^nC. Jac^rND^sConradie^nC. Jac^rND^sDe Wet^rND^sFebe^rND^sAlta^rND^sde Waal^rND^nGerhard B.^svan Huyssteen^rND^sGiliomee^nHermann^rND^sGottlieb^nHenrik^rND^sGouws^nRufus H^rND^sHeine^nBernd^rND^sHooper^nA.G.^rND^sHuddleston^nRodney^rND^sJeffery^nChris^rND^sJeffery^nChris^rND^nBertus^svan Rooy^rND^sKirsten^nJohanita^rND^sKirsten^nJ^rND^sLanham^nLen W^rND^sLanham^nLen W^rND^sLass^nRoger^rND^sWright^nSusan^rND^sLeech^nGeoffrey^rND^sLevey^nStephen^rND^nShana^sPoplack^rND^sMair^nChristian^rND^sMair^nChristian^rND^sMair^nChristian^rND^nGeoffrey^sLeech^rND^sMesthrie^nRajend^rND^sMesthrie^nRajend^rND^nPaula^sWest^rND^sMeyers^nE.M.^rND^sMillar^nNeil.^rND^sMortelmans^nTanja^rND^nKasper^sBoye^rND^nJohan^svan der Auwera^rND^sMyhill^nJohn^rND^sPosthumus^nM.J.^rND^sRayson^nPaul^rND^nRoger^sGarside^rND^sRossouw^nRonel^rND^nBertus^svan Rooy^rND^sSchneider^nEdgar W.^rND^sSmith^nNicolas^rND^sTerblanche^nH.J.^rND^sThomason^nSarah G.^rND^sTitlestad^nPeter^rND^sTraugott^nElizabeth Closs^rND^sVan der Auwera^nJohan^rND^nVladimir A.^sPlungian^rND^sVan Rooy^nBertus^rND^sVan Rooy^nBertus^rND^sWasserman^nRonel^rND^nBertus^svan Rooy^rND^1A01^nJohanita^sKirsten^rND^1A01^nJohanita^sKirsten^rND^1A01^nJohanita^sKirsten

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS

 

Veranderinge in adverbiale tydsverwysing in Afrikaans van 1911 tot 20101

 

Changes in adverbial temporal reference in Afrikaans from 1911 to 2010

 

 

Johanita Kirsten

Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Vaaldriehoekkampus E-pos: Johanita.Kirsten@nwu.ac.za

 

 


OPSOMMING

Die tempussisteem van Afrikaans is heelwat vereenvoudig in vergelyking met dié van Nederlands, waaruit dit ontwikkel het, en daarom maak sprekers en skrywers van Afrikaans ook staat op verskeie ander maniere om gebeurtenisse of situasies in tyd deikties te anker, soos adverbia van tyd (byvoorbeeld "toe", "gister", "oormôre") en setselgroepe (byvoorbeeld "in die aand"). Terwyl die tempusstelsel van Afrikaans min opsigtelike verandering toon sedert die standaardisering van Afrikaans, staan sake anders wat die adverbiale elemente se rol in temporele verwysing betref. Die frekwente woorde "nou", "toe" en "dan" verrig verskeie funksies, waarvan temporele verwysing 'n belangrike deel uitmaak. Hierdie artikel ondersoek eerstens die gebruike van die adverbiale gebruike van "nou", "toe" en "dan" in diachroniese korpusse van Afrikaans wat vier periodes (1911-1920, 1941-1950, 1971-1980, 2001-2010) dek, met ongeveer 261 000 woorde per periode. Die gebruike van hierdie woorde toon sterk tekens van verandering, en spesifiek "nou" en "dan" toon 'n radikale vermindering van gebruike. In die tweede plek word moontlike verklarings vir die veranderinge rondom hierdie woorde in die korpus gesoek. 'n Toename in die gebruik van 'n aantal meer spesifieke temporele adverbia (byvoorbeeld "terwyl", "wanneer") dui aan dat adverbiale temporele verwysing se funksionele lading versprei het. Dit sluit ook aan by die groter sosio-kulturele konteks van Afrikaans, wat aanleiding gegee het tot toenemende standaardisering en verformalisering van Afrikaans deur die loop van die twintigste eeu.

Trefwoorde: Afrikaans, tempus, temporele verwysing, absolute temporele verwysing, relatiewe temporele verwysing, temporele adverbia, korpus, diachroniese korpuslinguistiek, gebruiksfrekwensie, verformalisering


ABSTRACT

The Afrikaans tense system simplified somewhat in its development from Dutch, retaining only the present tense (which is unmarked), and a past tense (marked by the auxiliary verb "het" and, usually, the verbal prefix "ge-") based loosely on the Dutch present perfect tense. In order to express more specific and fine-grained temporal reference, speakers and writers of Afrikaans frequently draw on additional linguistic options, including temporal adverbs (for example "toe" (then), "gister" (yesterday), "oormöre" (the day after tomorrow)) and preposition phrases (for example "in die aand" (in the evening)). The tense system of Afrikaans shows few radical changes during the past century, after the standardisation of Afrikaans eliminated the last remnants of the extended Dutch tense system. However, the use of temporal adverbs has been much less stable. This article investigates the use of the temporal adverbs "nou" (now), "toe" (when/then) and "dan" (then) in diachronic Afrikaans corpora that covers a century of language use, including specifically the periods 1911-1920, 1941-1950, 1971-1980 and 2001-2010, with more or less 261 000 words per period, represented by text samples from a variety of written genres. The genres included are: fiction, biographical texts, news reports, informative texts, religious texts, texts from the humanities, texts from the natural sciences, and manuscripts (letters and diary entries).
The abovementioned lexical items ("nou", "toe " and "dan") are some of the most frequently used adverbs in Afrikaans according to the corpora used in this article, and their frequent use is also noted by Van der Merwe (1996:91) - however, temporal reference is not the only functions that these lexical items perform. During the course ofthe twentieth century, the use ofthese lexical items, as temporal adverbs and otherwise, shows some significant changes. Specifically "nou" and "dan" show a radical decline in overall use as well as temporal use, and the different uses of "toe " are also not stable throughout. The lexical item "nou" is used predominantlyfor temporal reference, although its overall use and temporal use decrease significantly. The different types of temporal reference for which "nou" is used do not show significant changes other than reflecting the overall decrease. The overall use of "dan" shows the most radical decrease ofthe three lexical items in question, although the temporal use decreases the least. There are some noticeable changes with regard to the different temporal uses, showing a slight increase in uses referring to the future. The use of "toe" is predominantly temporal throughout, although there is a slight decrease in temporal usage, and some shift to the historical present in the tense accompanying the temporal uses.
One explanation offered for these changes is the increasing use of more specific and less context dependent temporal adverbs, like "terwyl" (while) and "wanneer" (when), which indicates a partial shift in the functional load from the more general temporal adverbs to some that are more specific andfine-grained. While there is not a compensatory increase in one specific temporal adverb to account for the decrease of the abovementioned ones, there are a number of more specific temporal adverbs that show some increase, pointing to a noticeable tendency.
The abovementioned shift towards more specific temporal adverbs also relates to the broader socio-cultural context of Afrikaans during the course of the century, which includes the persistent and ongoing standardisation as well as the expansion of contexts of (formal) use until shortly before the lastperiod. The increasing formality and sophistication ofthe demands put on Afrikaans aided the formalisation of the language, where more formal, specific and seemingly sophisticated options in linguistic expression became more attractive and were used increasingly. This tendency is further confirmed by the decrease of the use of the lexical items "nou" and especially "dan" as discourse markers, as the use of discourse markers is associated with more involved (compared to more informative) language use (Biber 1998:148).

Keywords: Afrikaans, tense, temporal reference, absolute temporal reference, relative temporal reference, temporal adverbs, corpus, diachronie corpus linguistics, frequency, formalisation


 

 

1. INLEIDING EN KONTEKSTUALISERING

Wanneer daar in die linguistiek oor tydsaanduiding gepraat word, is die konsep tempus van besondere belang. Comrie (1985:9) stel dat "tense is grammaticalised expression of location in time" - die gevestigde siening van tempus is dié van 'n deiktiese kategorie wat die temporele verhouding tussen 'n gebeurtenis en 'n deiktiese sentrum (meestal die spraakmoment) aandui (Deo 2012:158; Klein 2008:9). Comrie se spesifikasie van "grammaticalised" verwys daarna dat dié temporele verwysing geïntegreerd in die grammatikale sisteem van 'n taal is, teenoor suiwer leksikale temporele verwysing (Comrie 1985:10). Die onderskeid tussen grammatikale en leksikale temporele verwysing betrek verpligting en morfologiese gebondenheid - duidelik gegrammatikaliseerde tydsaanduiding is beide verplig en morfologies gebonde, en duidelik leksikale tydsaanduiding is nie een van die twee nie; met grensgevalle wat nie sonder meer in een van die twee kategorieë geplaas kan word nie (Comrie 1985:10). Wanneer tale wel tempus bevat, word dit op die werkwoord aangedui - hetsy deur die werkwoord se morfologie, of deur grammatikale woorde wat aan die werkwoord grens (Comrie 1985:12). Die wyse waarop tempus uitgedruk word in 'n spesifieke taal hang grotendeels van die morfologiese tipologie van daardie taal af (Nicolle 2012:370), wat egter nie heeltemal stabiel is nie (Nicolle 2012:371).

In teorie oor tempus word 'n liniêre tydlyn dikwels geïmpliseer (byvoorbeeld Botha 1990), en soms eksplisiet daargestel (Comrie 1985:5). Comrie (1985:36) gebruik die term absolute tempus ("absolute tense") om te verwys na tempusse wat die huidige oomblik as deiktiese sentrum neem.

'n Drieledige onderskeid (verlede, teenwoordig, toekomend) of tweeledige onderskeid (verlede en nie-verlede, of toekomend en nie-toekomend) is absolute tempusse wat gebeurtenisse voor, ná of tydens die huidige oomblik as deiktiese sentrum op die liniêre tydlyn posisioneer.

Daar is egter 'n verdere tipe tempus - Comrie (1985:56) gebruik die term relatiewe tempus ("relative tense") om te verwys na dié tempusse waar die deiktiese sentrum nie noodwendig die huidige oomblik is nie. In die gebruik van relatiewe tempusse word die deiktiese sentrum dikwels bepaal deur die tempus van die naaste werkwoorde met absolute tydsverwysing (Comrie 1985:60).

In Afrikaans word tempus hoofsaaklik analities aangedui, deur die kontras tussen 'n enkele werkwoord (byvoorbeeld gee) en 'n werkwoordkombinasie (byvoorbeeld het gegee) (Ponelis 1979:264). Die terminologie wat in die literatuur gebruik word om na Afrikaanse tempus te verwys, is egter inkonsekwent.

De Villiers (1971:23) let op hierdie probleem, en verkies om byvoorbeeld "verlede tyd" of "teenwoordige tyd" te gebruik wanneer hy na algemene tydsaanduiding verwys, en die name van spesifieke tempusse, byvoorbeeld "presens" of "plusquamperfectum" te gebruik wanneer daarna verwys word. Ponelis (1979:263) beskryf die Afrikaanse tempusstelsel in terme van die "presens" en die "preteritum", waar "preteritum" verwys na "verledetydsverwysing" (Ponelis 1979:264). Conradie (1998:38) gebruik "verledetydsvorme" om te verwys na die restante van die Nederlandse perfektum en preteritum wat in Afrikaans behoue gebly het, en "presens" vir die oorblywende kategorie.

Aan die een kant kan die onderskeid tussen terminologie vir algemene tydsaanduiding en vir tempus sinvol wees, maar die probleem wat onmiddellik opduik is hoe om die tempus wat na die verlede verwys, te benoem - nie "preteritum" of "perfektum" is akkuraat nie, aangesien beide hierdie terme 'n spesifieke betekenis het wat nie die volledige omvang van die Afrikaanse grammatikale verlede tyd insluit nie. Die formulering "verlede tyd" kan gewoon gebruik word, maar dan kan daar nie onderskei word tussen tempus en algemene tydsverwysing nie. Ter wille van ondubbelsinnigheid word terminologie in hierdie artikel soos volg aangewend: "verlede tyd", "teenwoordige tyd" en "toekomende tyd" word gebruik vir algemene tydsverwysing, en "grammatikale verlede tyd" en "presens" word gereserveer vir spesifiek tempus.

Afrikaans se grammatikale verlede tyd is afkomstig van die Nederlandse perfektum, met uitsondering van 'n aantal werkwoorde wat tradisionele preteritale fleksie behou het. Die grammatikale verlede tyd word gevorm deur middel van die hulpwerkwoord het en 'n hoofwerkwoord wat in die meeste gevalle die prefiks ge- neem (Ponelis 1979:264). Die presens is die ongemerkte vorm - dit kan gebruik word om atemporele sinne soos algemene uitsprake en gewoontelike sinne uit te druk (Ponelis 1979:261), asook teenwoordige tyd, en toekomende tyd met die hulpwerkwoorde sal of gaan (behalwe vir werkwoorde wat 'n afsonderlike infinitiefvorm besit - byvoorbeeld "sal werk", maar "sal wees"). Aangesien die tempusstelsel van Afrikaans slegs hierdie twee tempusse differensieer, maak sprekers en skrywers van Afrikaans ook staat op verskeie ander maniere om gebeurtenisse of situasies in tyd deikties te anker, soos adverbia van tyd (byvoorbeeld toe, gister, oormöre) en setselgroepe (byvoorbeeld in die aand) (Van Wyk 2009:3) asook tekstuele binding en samehang (Wybenga 1993:17).

Adverbiale temporele verwysing vorm 'n substansiële deel van tydsaanduiding in Afrikaans, en spesifiek toe, nou en dan het 'n besonder hoë gebruiksfrekwensie (Van der Merwe 1996:91). Hierdie gebruike het al in vorige navorsing aandag geniet,2 waar Van der Merwe (1996) op die spesifieke woorde fokus en ander moontlik 'n afdeling daaraan afstaan. Die prominensie van hierdie gebruike word telkens beklemtoon, hoewel daar deurgaans min of geen aandag aan (potensieel omvangryke) veranderende gebruik geskenk word. Adverbiale temporele verwysing in Afrikaans het egter gedurende die afgelope eeu 'n aantal belangrike veranderinge ondergaan, en hierdie veranderinge is nog nie sistematies beskryf nie. Terwyl dit moontlik vir die algemene taalgebruiker onopgemerk verbygaan, is die veranderinge, die implikasies daarvan, asook die verklaring daarvan relevant vir 'n grondige taalkundige begrip van die temporele sisteem van Afrikaans.

Die belangrikste gebruiksveranderinge (beskryf in afdeling 3) wat toe, nou en dan ondergaan, is 'n afname in algehele gebruik (nou, dan) en veranderinge in temporele gebruik (toe). Ter verklaring van veral die genoemde afnemende gebruike word die toenemende gebruik van 'n aantal meer spesifieke temporele adverbia ondersoek, asook die relevante sosio-kulturele konteks van Afrikaans gedurende die eeu wat ondersoek word. Met die aanvanklike en voortdurende standaardisering van Afrikaans word die verwagting geskep dat daar toenemend wegbeweeg sal word van situasie-afhanklike en betrokke taalgebruik (sien Biber 1998:148). Dit kan verdere implikasies hê in terme van toenemende verformalisering3 van Afrikaans, in teenstelling met die toenemende verinformalisering ("colloquialization") van Engels (Mair 2006:204).

 

2. METODOLOGIE

Die bevindinge van hierdie studie word gebaseer op kwantitatiewe data wat verkry word uit diachroniese korpusse, en met behulp van korpuslinguistiese metodes ondersoek word. Twee belangrike oogmerke van korpuslinguistiese metodes, wat ook die oogmerke van hierdie studie is, is eerstens om te bepaal hoe en hoeveel 'n patroon voorkom, en tweedens om die kontekstuele faktore wat variasie of verandering beïnvloed, te bepaal (Biber et al. 1998:3). Verder leen korpuslinguistiek sigself daartoe dat groot volumes taalgebruik hanteer en geanaliseer kan word, terwyl verskeie kontekstuele faktore bygereken bly (Reppen et al. 2002:viii). Die einddoel is nie om bloot die kwantitatiewe patrone weer te gee nie, maar om funksionele interpretasies te gee vir waarom dié patrone bestaan (Biber et al. 1998:9).

Die empiriese ontwerp van hierdie studie word gebaseer op die model wat deur Mair (2006) en Leech et al. (2010) daargestel word, wat genoem word "comparative corpus linguistics, or more specifically short-term diachronie comparable corpus linguistics" (Leech et al. 2010:24). Dit is wanneer vergelykbare korpusse uit verskillende tydperke gebruik word om variasie of verandering na te gaan. Die sterkpunt van die vergelykende korpusmetodologie is dat dit grondig gebaseer is op waarneembare verskille tussen twee (of meer) korpusse (Leech et al. 2010:32). Die belang hiervan word deur Leech et al. (2010:50) uitgelig:

...one of the messages we wish to convey is that frequency evidence is far more important in tracing diachronic change than has generally been acknowledged in the past.

' n Belangrike konsep in die bogenoemde metodologie is dié van vergelykbaarheid. Wanneer twee of meer korpusse vergelykbaar met mekaar is, beteken dit dat die samestelling van die korpusse dieselfde is, behalwe dat dit verskil in terme van een veranderlike, in terme waarvan dit vergelyk word (Leech et al. 2010:28). Daar is egter beperkings op hierdie metode, soos wat Leech et al. (2010:30) dit stel:

But it is difficult to argue that the comparable corpus methodology can be easily extended indefinitely to longer periods of time - say, of a century or more. This is because comparability depends on stability of the 'genre map' of a language over time.

Dit is juis op grond hiervan dat hierdie ondersoek afgebaken word tot 'n eeu se taalverandering. Mair, wat twintigste-eeuse verandering in Engels bestudeer, definieer "twentieth-century changes in English grammar" as daardie ontwikkelinge waarvoor daar deeglike dokumentasie uit die gegewe korpusse verkry kan word (Mair 2006:83). Hy merk egter op dat, aangesien sy studie beperk is tot 'n enkele eeu, dit onwaarskynlik is dat enige verandering tot voleinding sal ontwikkel in die gegewe tydperk (Mair 2006:83).

Mair (2006:1) se korpusse is saamgestel uit geskrewe bronne, aangesien vergelykbare historiese gesproke data moeilik, indien enigsins, bekombaar is. Verder fokus hy op die standaardvariëteit van Engels, aangesien hy algemene taalverandering wil naspoor, en nie op streeksgebonde of sosiale variasie wil fokus nie (Mair 2006:1). Hy stel pertinent dat "[w]hile this restriction is problematical for many reasons, it is justifiable because of the social prominence of the standard in the present" (Mair 2006:1). Dieselfde oorwegings geld ook vir Afrikaans, en daarom word hierdie studie grootliks op Mair (2006) se model gebaseer. Daar is egter noodgedwonge enkele afwykings.

Eerstens is hierdie studie se korpusse aanpassings van die dertigjaar intervalle wat Mair (2006) gebruik. Aangesien daar geen gedateerde historíese korpusse beskikbaar is vir Afrikaans vir die gegewe tydsraamwerk nie, is die korpusse wat in hierdie artikel gebruik word self versamel en saamgestel.4 Van die bronne wat in die korpusse ingesluit is, is egter skaars en moeilik bekombaar (sien hieronder), en daarom is dit nie prakties haalbaar om slegs bronne uit 'n enkele jaar per korpus te gebruik nie. Ter wille van 'n realistiese tydraamwerk is daar bronne van elke derde dekade ingesamel. Die ingeslote dekades is:

1. 1911-1920

2. 1941-1950

3. 1971-1980

4. 2001-2010

Elke korpus bestaan uit min of meer 261 000 woorde per dekade in vergelykbare hoeveelhede vir elke kategorie, met 'n maksimum van ongeveer 2 000 woorde uit een teks. In een geval van uiterste skaarste (verdere besonderhede hieronder) is 'n absolute maksimum van 5 000 woorde daargestel. Die kategorieë met die woordtelling van elk is soos volg:

Fiksie (±60 000)

Populêre nie-fiksie:

°    Biografíese tekste (±20 000)

°    Verslaggewing (±20 000) ° Informatiewe tekste (±60 000)

°    Religieuse tekste (±20 000)

Akademiese tekste:

°   Geesteswetenskaplike tekste (±30 000)

°   Natuurwetenskaplike tekste (±30 000)

Manuskripte (briewe en dagboeke) (±21 000)

Die tweede afwyking van Mair (2006) en Leech et al. (2010) se model is dat daar ongepubliseerde bronne of manuskripte (briewe en dagboeke) in die korpusse ingesluit is. Al is dit 'n relatief klein proporsie van die korpusse, beoog dit om enigsins ongeredigeerde taalgebruik ook by die studie te betrek. Al die briewe en dagboekinskrywings wat uit privaat versamelings bekom is, is geanonimiseer om die identiteite en persoonlike inligting van enige betrokke partye te beskerm.

Daar is een onvolledige kategorie in een van die korpusse, waar beskikbare Afrikaanse tekste feitlik geheel ontbreek: die Natuurwetenskappe-afdeling in die 1911-1920-korpus bestaan uit slegs 9 260 woorde, aangesien daar slegs twee Afrikaanse tekste in die kategorie opgespoor kon word. Gedurende daardie tydperk het natuurwetenskaplikes in Suid-Afrika grotendeels steeds in Nederlands en andersins Engels geskryf, en daar is amper geen tekste van dié aard in Afrikaans uit daardie dekade beskikbaar nie. In alle gevalle waar data uit hierdie korpus met dié van die ander korpusse vergelyk is, is die korpusgrootte omgewerk na dieselfde totaal as die ander korpusse, en gebruiksgetalle omgewerk in dieselfde verhouding, ter wille van vergelykbaarheid.

In die analise van die data is twee analise-hulpmiddels gebruik. Eerstens is woordelyste (wat frekwensie insluit) en konkordansies van die relevante woorde uit die data onttrek met WordSmith Tools 6.0. Tweedens is tabelle en grafieke wat die resultate van die aanvanklike analises opsom in Microsoft® Excel 2010 saamgestel. Waar daar veranderinge opgemerk is, is daar log waarskynlikheidstoetse vir statistiese beduidendheid uitgevoer - in gevalle waar twee datastelle met mekaar vergelyk is, is 'n waarde van groter as 3.84 as beduidend geneem (wat aandui dat daar slegs 'n 5% kans is dat die verandering aan toeval toegeskryf kan word), en wanneer meer as twee datastelle met mekaar vergelyk is (bv. frekwensieveranderinge oor al vier korpusse heen) is 'n strenger waarde van groter as 6.63 as beduidend geneem (wat aandui dat daar slegs 'n 1% kans is dat die veranderinge aan toeval toegeskryf kan word).

 

3. ADVERBIALE TYDSVERWYSING: ANALISES EN BEVINDINGE

Die beperkte omvang van die Afrikaanse tempussisteem is reeds kortliks bespreek. Dit beteken egter nie dat Afrikaans beperkte moontlikhede bied vir temporele verwysing nie - hierdie artikel fokus op adverbiale temporele verwysing, wat heel dikwels in Afrikaans aangewend word (Van Wyk 2009:3). Van der Merwe (1996:91) beweer dat die woorde nou, toe en dan onder die mees gebruikte leksikale elemente in die Afrikaanse spreektaal tel, en in hierdie studie se korpusse, wat uit geskrewe tekste saamgestel is, tel al drie hierdie leksikale elemente telkens onder die top 70 mees frekwente woorde (uit 22 000-25 000) in elke korpus. Volgens Van der Merwe (1996:91) is nou die mees frekwente van die drie in die spreektaal, met toe in die tweede plek en daarna dan, maar dit blyk meer gekompliseerd te wees in die korpusdata. In ag genome dat hierdie leksikale items ook vir ander funksies gebruik word (Van der Merwe 1996:92; meer daaroor later), word die rou gebruiksgetalle in tabel 1 gegee.

 

 

In terme van die temporele funksies van hierdie woorde, kan daar tussen twee hoofkategorieë onderskei word: aan die een kant is daar die deiktiese verwysingsfunksie (Botha 1990:104; Van der Merwe 1996:91; Van Wyk 2009:47), oftewel absolute tempus in Comrie (1985:36) se terme, wat gebeurtenisse in die verlede, hede of toekoms plaas; aan die ander kant is daar die funksie om relatiewe tempus (Comrie 1985:56) aan te dui, of soos Van der Merwe (1996:91) dit stel, "as temporele verbandleggers in gebeurtenistyd tussen verskillende proposisies in uitings".

Die verskillende gebruike van elk van hierdie leksikale items word vervolgens afsonderlik ondersoek.

3.1 Toe

Die leksikale item toe word vir verskeie ander funksies gebruik buiten temporele verwysing (Conradie 1996:67) - dit word gebruik as 'n adjektief wat die teenoorgestelde van oop beteken (voorbeeld 1), as 'n adverbium wat rigting of bestemming aandui [2], as deel van skeibare werkwoorde [3], as deel van gevestigde vaste uitdrukkings [4] wat moontlik temporele betekenis het, maar nie meer uit die blote som van die onderskeie woorde bestaan nie, en as diskoersmerker (wat interaktief die verloop van 'n gesprek of teks aandui) [5] waarin die temporele betekenis vervaag het.

[1] Denk net hoeveel ergernis 'n mens het als jou plaas nie toe is! (1911-1920, Informatief)

[2] Ons ry na ete en kom huis toe. (1971-1980, Manuskrip)

[3] My tyd laat my nie toe verder te gaan nie. (1941-1950, Natuurwetenskappe)

[4] Die riem wen af en toe weer op. (2001-2010, Fiksie)

[5] Nou toe, ons moet roer. (1971-1980, Fiksie)

Ter wille van 'n volledige beeld van die gebruike van toe, en om die temporele gebruike daarvan te kontekstualiseer, gee tabel 2 die gebruiksgetalle van die verskillende gebruike van toe.

 

 

Wat die totale gebruiksgetalle van toe betref, is daar 'n beduidende daling vanaf die eerste na die tweede periode, waarna dit weer geleidelik toeneem.6 Terwyl al die verskillende gebruike in elke periode teenwoordig is, bly die twee grootste kategorieë deurgaans rigtingaanduiding en temporele verwysing. Terwyl temporele verwysing in getalle en proporsie eers redelik beduidend afneem, waarna dit weer effens toeneem,7 is daar weer 'n proporsionele toename van rigtingaanduiding tot en met die derde periode, waarna dit effens afneem. Temporele verwysing bly deurlopend die grootste proporsie van die gebruike van toe, deurgaans meer as die helfte van die gebruike, maar daar moet kennis geneem word van die substansiële gebruike in ander funksies, veral rigtingaanduiding.

Daar is reeds genoem dat toe op meer as een wyse na tyd kan verwys, onder andere deur absolute temporele verwysing en relatiewe temporele verwysing (Conradie 1996:74), wat grootliks met Nederlandse dialektiese gebruike van toen en verwante vorme ooreenstem (Conradie 1996:74). Wat absolute temporele verwysing betref, plaas toe altyd gebeurtenisse in die verlede tyd (Van der Merwe 1996:97). Wat relatiewe temporele verwysing betref, gaan die gebruik van toe daaroor om verskillende gebeurtenisse in verhouding tot mekaar te plaas (Conradie 1998:42). Daar is egter 'n verdere onderskeid - aan die een kant kan toe gebruik word om opeenvolgende gebeurtenistyd aan te dui, maar ook om oorvleuelende gebeurtenistyd aan te dui (Van der Merwe 1996:101). Terwyl opeenvolgende gebeurtenistyd beteken dat een gebeurtenis per implikasie voltooi is en 'n ander daarop volg, is die konsep van oorvleuelende gebeurtenistyd meer kompleks. Van der Merwe (1996:96) wys uit dat toe op 'n spesifieke tydstip maar ook op tydsduur kan dui, en hier is die konsep van 'n tydraam (sien Van Rooy 2014:166) relevant. Terwyl die gebeurtenisse nie noodwendig in die werklikheid temporeel met mekaar oorvleuel nie, word 'n temporele raam daargestel waarbinne beide van hierdie gebeurtenisse, of 'n gedeelte van elk, ingesluit word. Dit verskil van blote opeenvolging deurdat dit 'n tipe onmiddellikheid impliseer, en dikwels kan slegs die konteks of kennis oor die buitetalige werklikheid aandui of daar werklike oorvleueling of eerder onmiddellikheid bedoel word - daarom word dit as een kategorie gekonseptualiseer. In voorbeeld [6] word toe as absolute temporele verwysing gebruik, terwyl [7] opeenvolging illustreer (soortgelyk as daarna), en [8] oorvleueling.

[6] In mij jong daë was dit glad anders; toe het die ouërs nog wat te sê gehad. (1911-1920, Fiksie)

[7] "Jy kon éérs gehelp en toe by sy voete gaan sit het," kap Martha terug. (2001-2010, Religieus)

[8] Hulle is maar "simpel", maar ek was nie myself toe ek hulle geskryf het nie. (1971-1980, Manuskrip)

Wanneer toe in absolute tydsverwysing gebruik word, val dit saam met die grammatikale verlede tyd. Wanneer dit egter in relatiewe tydsverwysing, beide opeenvolging en oorvleueling, gebruik word, kan die res van die sin in die presens geformuleer word. Hierdie gebruik word die historiese presens genoem, wat per implikasie na die verlede tyd verwys, terwyl sommige of alle relevante sinne in die presens geformuleer word. Voorbeeld [9] illustreer die historiese presens met toe wat opeenvolging aandui, en [10] met oorvleueling.

[9] Kort daarna val weer twee of drie pistoolskote, en toe is dit stil. (1941-1950, Fiksie)

[10] 'n Keerpunt in hierdie ontwikkelingsgeskiedenis werd bereik toe Pestalozzi op die toneel kom. (1911-1920, Informatief)

In tabel 3 word die gebruiksgetalle van die temporele gebruike van toe weergegee.

 

 

Die absolute tydsverwysing bly deurgaans proporsioneel min of meer stabiel. In die verskillende kategorieë van relatiewe tydsverwysing is daar egter duidelike veranderings te bespeur. In beide opeenvolging en oorvleueling is daar 'n beduidende afname in gebruike in die grammatikale verlede tyd,8 en 'n toename in die historíese presens.9 Veral wat oorvleueling betref neem die historiese presens toe om vanaf die tweede kleinste kategorie na by verre die grootste kategorie te verskuif - twee maal soveel soos die tweede grootste kategorie. So 'n toename in die historiese presens met behulp van temporele adverbia in hierdie kontekste toon dieselfde tendense in suidelike Duitse dialekte (Zug 2011:12), so die ontwikkeling is nie geheel onverwags in so 'n na-verwante taal nie. Behalwe vir die afname van die eerste na die tweede periode, is daar dus deur die res van die eeu 'n geleidelike toename in gebruike van die historiese presens ten koste van gebruike in die grammatikale verlede tyd.

'n Verdere onderskeid tussen verskillende wyses waarop toe gebruik word, betrek verskillende woordsoorte - toe kan as 'n onderskikkende voegwoord gebruik word, soos wat voorbeelde [8] en [10] aandui, maar ook as adverbium (insluitend voegwoordelike adverbium). Toe word hoofsaaklik as voegwoord vir oorvleuelende tydsverwysing gebruik, hoofsaaklik as adverbium vir opeenvolgende tydsverwysing, en sedert die tweede periode geredelik as beide vir absolute tydsverwysing. Sien tabel 4 vir verdere besonderhede.

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License