SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue4-2"A miserable patch upon a great wrong": A statistical analysis of concentration camp residentsLandscape endearment as central motive in the poem "tesis in gestapelde sillabeversteuring oor ingebedheid" in Mede-wete (2014) by Antjie Krog author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.56 n.4-2 Pretoria Dec. 2016

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-2a7 

RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

 

Natuurgesentreerde skryfwerk as ekosisteem: 'n Ondersoek na Boomkastele: 'n Sprokie vir 'n stadsmens (Schalk Schoombie). Deel 1

 

Nature writing as ecosystem: An analysis of Boomkastele: 'n Sprokie vir 'n stadsmens (Schalk Schoombie). Part 1

 

 

Susan Meyer

Vakgroep Afrikaans, Opvoedingswetenskappe. Noordwes-Universiteit Potchefstroom. E-pos: Meyer.Susan@nwu.ac.za

 

 


OPSOMMING

In betreklik onlangse navorsing deur David Barnhill word 'n nuwe benadering tot natuurgesentreerde skryfwerk voorgestel. Sy navorsing dui eerstens aan dat daar in die beskrywing van die aard van natuurgesentreerde skryfwerk hoofsaaklik gesteun word op sisteme van klassifikasie. Barnhill wys egter op nadele in die taksonomie-benadering en stel voor dat 'n spesifieke natuurgesentreerde woordwerk beskou word as 'n ekosisteem. Daarmee word bedoel dat die kategorieë waarin natuurgerigte skryfwerk geplaas word wanneer die taksonomie- benadering gevolg word, veelvoudige elemente word in individuele werke en dat hierdie elemente binne elke teks saam- of op mekaar inwerk, soos die organismes in 'n ekosisteem. In hierdie ondersoek word Barnhill se teoretiese gereedskap in Deel 1 uiteengesit en in Deel 2, wat gepubliseer word in die Maart 2017-uitgawe van die tydskrif, getoets. Schalk Schoombie se debuutroman, Boomkastele: 'n sprokie van 'n stadsmens (2015) word bestudeer vanuit die hipotetiese uitgangspunt dat die teks 'n ekosisteem is ten opsigte van die kenmerkende elemente van natuurgesentreerde skryfwerk daarin.

Trefwoorde: Schalk Schoombie, Boomkastele, natuurgesentreerde skryfwerk as ekosisteem, David Barnhill, ekokritiek


ABSTRACT

In the first part of the present study, I explore a new concept of viewing nature writing, introduced by David Barnhill in a relatively recent article titled "Surveying the Landscape: A New Approach to Nature Writing" (2010). In the second part of the study, to be published in the March 2017 edition of this journal, Barnhill's theoretical instrument is put to the test in an analysis of Schalk Schoombie's narrative text Boomkastele.
Nature writing is a prominent genre in the tradition of ecocriticism, which is the study of literature and the environment from an interdisciplinary point of view, where literature scholars analyse texts that illustrate environmental concerns and examine the various ways in which literature treats the subject of nature.
Henry David Thoreau's system of describing nature writing and its qualities has been used extensively, while Thomas Lyon and Patrick Murphy have extended Thoreau's system by developing taxonomies of nature writing. They distinguish a number of main categories of nature writing situated along a spectrum, on one end of which lie those works mostly concerned with information about the natural world and on the other those engaging in more personal, philosophical reflection (Lyon 1989:3-7; Murphy 2005:5). These taxonomies map the rich diversity in this genre, but Barnhill also considers the taxonomy approach of classifying nature writing a disadvantage in that it does not acknowledge the inner complexity and diversity of individual works of writing. Hence the challenge to improve on these taxonomies.
Barnhill calls his scheme an ecosystem, reminding us that such a system involves the interactions between a community and its non-living environment as well as interactions between the elements in it. According to Barnhill (2010:279) each piece of nature writing is an ecosystem in which various elements of nature writing are developed and integrated in a unique way. The abstract categories into which works are placed in a taxonomy become multiple elements within individual works, working in concert with or influencing each other, such as the organisms in an ecosystem. The work of nature rather than the abstract categories takes centre stage. The internal qualities of such works are analysed and described in order to discover the interplay between different elements and how the character of an ecosystem emerges from this. Barnhill (2010:279-282) distinguishes several elements of nature writing: accounts or descriptions of nature, personal experience in nature, social experience of nature, philosophy of nature, spirituality in nature experiences, ecological consciousness, concern with language in representing nature, and ecosocial politics - the latter a term reflecting the interconnectedness of environmental and social issues.
In Part 2 of the study an analysis of Boomkastele puts Barnhill's theoretical instrument to the test. The hypothetical point of departure is that the novel resembles an ecosystem comprising the characteristic elements of nature writing found in it. This method ofapproximation focuses on analysing the internal complexity and diversity of Schoombie's novel and arriving at a more complete understanding and a more nuanced description of this work. Ecosocial criticism is found to be a dominant element in Boomkastele, functioning in support ofvarious other elements, such as ecological consciousness and ecosocial critique.
Barnhill's approach to nature writing creates a sharpened awareness of the qualities that characterise this genre. Applying his method of describing and evaluating texts to Boomkastele has led to the discovery of the interactive connection between diverse elements in the novel, which lends it the nature of an ecosystem and affirms its multifaceted character.

Keywords: Schalk Schoombie, Boomkastele, nature writing, ecosystem approach, David Barnhill, ecocriticism


 

 

INLEIDEND

In 'n betreklik onlangse artikel deur David Barnhill, "Surveying the Landscape: A New Approach to Nature Writing" (2010), word betoog dat dit tyd geword het om met nuwe oë na natuurgesentreerde skryfwerk ("nature writinels oor die g") te kyk, aangesien die sosiale, kulturele en politieke dimensies van hierdie genre dikwhoof gesien word (2010:275). Die tendens dat veral die sosiale dimensie in werk met 'n natuurgerigte fokus en die sosiale relevansie van hierdie genre as 'n geheel geïgnoreer word, motiveer Barnhill (2010:274) om antwoorde te vind op 'n aantal vrae. Eerstens wil hy weet hoe natuurgesentreerde tekste aansluiting vind by ons sosiale wêrelde, by ons familie en vriende. Hy vra ook hoe hierdie soort woordwerke skakel met die waansin en vernielsug wat vloei uit ons ekonomiese sisteme, of met die ondraaglike ongeregtighede wat spruit uit ons sosiale en politieke sisteme. Ten slotte wil hy weet hoe natuurgesentreerde skryfwerk ons kan help om die sosiale en politieke wêreld waarin ons ons bevind, te verstaan en 'n proses van verandering te inspireer.

Boomkastele: 'n sprokie van 'n stadsmens (2015) is die debuutroman uit die pen van Schalk Schoombie1 en is baie relevant vir Barnhill se betoog ten gunste van die erkenning van die sosiale dimensie in natuurgesentreerde woordwerke.

Barnhill se artikel bied 'n nuwe beskouing van die beskrywingsmetode van natuurgerigte skryfwerk, 'n genre wat sentraal staan in die Amerikaanse tradisie van ekokritiek (Tuur & Reitalu 2012:9) en waarvoor daar verder aan in die artikel 'n teoretiese raamwerk gebied sal word. Die vraag "What is nature writing?" word in talle bronne herlei na die teoretiese uitgangspunte van Henry David Thoreau, wat allerweë beskou word as die vader van hierdie tradisie, en na diegene wat in later tye Thoreau se beskouings uitgebrei het deur die ontwikkeling van sisteme van klassifikasie, byvoorbeeld Thomas J. Lyon en Patrick D. Murphy (Burton-Christie 1993:157; Stephenson 1995:170; Barnhill 2010:275). Die beskrywing van natuurgesentreerde skryfwerk deur middel van taksonomieë het egter nadele, waarop later in die artikel gewys sal word, en Barnhill ontwikkel 'n alternatief vir die klassifikasiemodelle wat beskikbaar is.

Sy benadering behels dat 'n spesifieke natuurgerigte woordwerk beskou word as 'n ekosisteem. Daarmee word bedoel dat die abstrakte kategorieë waarin natuurgesentreerde skryfwerk geplaas word wanneer die taksonomie-benadering gevolg word, veelvoudige elemente word in individuele werke en dat daar uit die interaktiewe werksaamheid tussen hierdie elemente 'n gedifferensieerde maar goed geïntegreerde geheel tot stand kom (Barnhill 2010:279). Barnhill se metode van beskrywing steun op die betekenis van die konsep ekosisteem, naamlik 'n omgewing en die organismes daarbinne wat wedersyds invloed uitoefen, oftewel saam- of op mekaar inwerk (Odendal & Gouws 2005:208). Volgens Barnhill (2010:229,279) verraai elke individuele natuurgesentreerde woordwerk die aard van 'n ekosisteem deurdat verskeie elemente van die genre in samehang met mekaar ontwikkel en op 'n unieke manier geïntegreer word tot 'n geheel.

Barnhill (2010:278) waarsku dat die beskrywing van natuurgesentreerde werk deur middel van kategorisering 'n neiging in die hand werk om natuurgesentreerde tekste as enkelvoudig van aard te beskou en om aandag aan die samehang van diverse aspekte daarin te vermy. In die tweede deel van die studie word die teoretiese gereedskap wat Barnhill se benadering bied, benut om tot 'n meer genuanseerde beskrywing van Schoombie se roman te kom.

In Boomkastele word die spanning volgehou deur die navorser se intense emosies en betrokkenheid by die bome en die rusie met die bure wat hieruit spruit. Die gegewe van ontsteltenis oor die lot van bome in woonbuurte wat al digter bebou word, plaas Boomkastele in die sfeer van die stedelike ekokritiek. Stedelike ekokritiek is die vertakking van ekokritiek waar gefokus word op stadservarings en -ruimtes, met die doel om die aandag te vestig op kritieke stadsomgewingskwessies en die verbruikerskultuur in sy geheel (Oppermann 2011). Bennet (2001:33) gebruik ook die term sosiale ekokritiek om te verwys na die groeiende aantal publikasies sedert die middel 1990's wat met stedelike ekologie gemoeid is en toegespits is op die komplekse interaksies tussen sosio-ekonomiese strukture en die digbewoonde ekosisteme van stedelike omgewings - en wat meer dikwels stedelike ekokritiek ("urban ecocriticism") genoem word.

Voordat die aandag in die tweede deel van hierdie studie toegespits word op die natuurgesentreerde aard van Boomkastele en op die ontdekking van elemente wat soos die organismes in 'n ekostelsel funksioneer, word vervolgens eers 'n teoretiese konteks geskep vir die genre van natuurgerigte of -gesentreerde literatuur, ook binne die groter konteks van die ekokritiek.

 

TEORETIESE BEGRONDING

Die konteks van die ekokritiek

Ekokritiek word beskou as 'n sambreelterm vir 'n hele spektrum van literêr-teoretiese benaderings met behulp waarvan ondersoek ingestel word na die uitbeelding van die verhouding tussen die menslike en die niemenslike in die letterkunde en ander kultuurvorms (Glotfelty 1996:xviii; Bennett & Teague 1999:3; Marland 2013:846). Buell (2005:11) beskryf ekokritiek nie as 'n teoretiese raamwerk of metode nie, maar as 'n aanpasbare praktyk wat vraagstukge-drewe eerder as paradigmagedrewe is. Die kwessies en besorgdhede wat hierdie "earth-centered approach to literary studies" motiveer, is, volgens Childs en Fowler (2009:65), "the vast range of 'natural' or non-human phenomena which bears upon human experience - encompassing (among many things) issues concerning fauna, flora, landscape, environment and weather". Bergthaller (2014) beklemtoon dat ekokritiek interdissiplinêr is; dat dit in gesprek tree en raakpunte het met omgewingsgeskiedenis, filosofie, sosiologie, (fisiese) wetenskappe en ekologie, asook met die lewenswetenskappe.

Die ekokritiekbeweging het in Amerika ontstaan, waar die idee van die omgewing as probleem gedurende die 1960's en 1970's die openbare verbeelding aangegryp het, en het uitgebrei tot 'n studieveld wat tans op 'n spektrum van omgewingsverwante probleme fokus, 'n veld "in which the tensions of nature and place, [...] in a global environmental culture can [...] be addressed" (Iovinio 2015:167).

Ekokritiek beklee tans nog 'n randposisie binne die konteks van die Afrikaanse literatuurkritiek (Smith 2014; Steenkamp 2013), hoewel natuursentriese tekste reeds van die vroegste tye af deel vorm van ons literêre korpus. Eugène Marais se sterk natuursensitiewe stem het reeds vroeg in die twintigste eeu opgeklink.2 Sedert die era van die koloniale letterkunde (ongeveer 1900-1930) word gepoog om 'n blik op Afrika te bied deur jag-, velden diereverhale waarin die fokus op diere en die groter Afrika-natuur val.3 Die mens se verbondenheid met die natuur is ook deurlopend teenwoordig in die plaasroman sedert die vroegste publikasiedatums van dié subgenre. Smit-Marais en Wenzel (2006:30) verwys na die "psigiese skakel" tussen (wit) plaasbewoners en die natuur binne die tradisie van die plaasroman, wat so onlosmaaklik deel van die Afrikaanse literêre landskap is.

Die mens-natuurverhouding vorm deel van die sentrale gegewe in 'n korpus tekste wyer as wat moontlik is om hier aan te bied. Selfs duideliker as waar dit in individuele tekste voorkom,4 blyk die rol van die natuur waar dit in sekere skrywers se oeuvres 'n herhaalde tematiese gegewe vorm. Slegs enkeles kan egter hier genoem word. Dalene Matthee se bosromans5 word gekenmerk deur 'n besondere sensitiwiteit vir die ekologie en die oortuigende uitbeelding van die interaksie tussen mens en boswêreld. In verskeie van Piet van Rooyen se vroegste romans word die herhalende tema van spoorsny teen die agtergrond van die Namibiese landskap gevind, met die intense beleefde en verweefde mens-natuursituasie as deel daarvan.6

In Christiaan Bakkes se Stoffel-reeks7 word waargeneem vanuit die ekologies sensitiewe perspektief van die natuurbewaarder, en skerp gekyk na die kwessie van die natuur(bewaring) versus menslike beskawing (benutting) in die Suider-Afrikaanse konteks.

Nieteenstaande die duidelike teenwoordigheid van mens-natuurkwessies in die Afrikaanse verhaalkuns speel ekokritiek nog geen belangrike rol op plaaslike literêre gebied nie. Dit is moeilik om te verklaar, maar Smith (2014) bring hierdie verskynsel in verband met die feit dat dreigende globale ekologiese vraagstukke, hoe ernstig dit ons ook al op die hart gedruk word, internasionaal steeds 'n geringe impak op literatuursisteme het. Sy beaam Cormac Cullinan, internasionaal-erkende Suid-Afrikaanse aardregkenner, se standpunt dat ons meer as ooit tevore van die aarde weet, maar al minder met die aarde in sy oorspronklike integriteit kommunikeer (Smith 2013).

Binne die groter Suid-Afrikaanse literatuurstudieveld is waardevolle studies wel reeds vanuit ekokritiese vertrekpunt onderneem. Julia Martin het moontlik die vroegste poging aangewend om vorm te gee aan 'n Suider-Afrikaanse ekokritiese teorie met haar DLitt-studie (1999): The Jewelled Net: Toward a Southern African Theory: Practice of Environmental Literacy. In navorsingsartikels soos dié van Dan Wylie (2007)8 en Anthony Vital (2008)9 word interessante treë gewaag in die rigting van 'n gelokaliseerde, ekologies-georiënteerde literêre en kulturele kritiek. In 2007 verskyn daar ook twee spesiale uitgawes van Tydskrif vir Literatuurwetenskap wat Suid-Afrikaanse literêre navorsing met 'n omgewingsgerigte fokus bevat. Dieselfde fokus word weerspieël in Henriette Roos (2011:50) se ondersoek na "universele kwessies betreffende die verhouding tussen mens en omgewing wat blyk uit aandag aan die die regionale belange van verskillende dele van die Suid-Afriaanse bevolking".

'n Klein groepie akademici spits hulle op die ekokritiese bestudering van die Afrikaanse letterkunde toe. Marisa Keuris (2007) lees en beoordeel Pieter Fourie se Die koggelaar deur ´n ekokritiese lens. Reinhardt Fourie se MA-verhandeling (2011) is toegespits op 'n postkoloniale en ekokritiese lesing van Marlene van Niekerk se Agaat. Susan Smith se artikels lewer sedert 2012 'n baie belangrike bydrae tot die konkretisering van ekokritiese teorie binne die kader van Afrikaanse literatuurondersoek.10 Sedert 2006 publiseer Susan Meyer gereeld navorsingsresultate van haar verkenning van die analitiese en hermeneutiese moontlikhede wat opgesluit lê in Afrikaanse prosawerke wanneer dit ontsluit word vanuit 'n ekokritiese perspektief.11 En heel onlangs verskyn Corné Coetzee se artikel oor stedelike ekokritiek as lens vir die lees van sewe gedigte met 'n stadsagtergrond.12

Die Afrikaanse literatuurkritiek bied nog geen bydrae tot die belyning van die genre van natuurgesentreerde skryfwerk, waartoe Boomkastele behoort, of 'n eie model van beskrywing ten opsigte daarvan nie. Die bestudering van Schoombie se roman met die doel om Barnhill se teorie daarop toe te pas, kan waardevolle vordering bring op die gebied van die Afrikaanse literêre teorie en kritiek.

Natuurgesentreerde skryfwerk ("nature writing")

Die term natuurgesentreerde skryfwerk lei dikwels tot verwarring, aangesien daar in die Amerikaanse tradisie van hierdie genre soms twee terme gebruik word om na dieselfde soort teks te verwys: natuurgesentreerde skryfwerk ("nature writing") en natuurgeskiedskrywing ("natural history writing"). 'n Beskouing van die verskille tussen hierdie tipes skryfwerk help om lig te werp op die kenmerkende styl en benadering van eersgenoemde. Met natuurgeskiedskrywing word verwys na "writing concerned with the observation of living animals and plants in their natural wild state [ ...] without the slightest deviation from the fundamental concomitant of absolute truth" (Finch 1991:99). Rondom die draai van die negentiende eeu het 'n nuwe term ontstaan, natuurgesentreerde skryfwerk ("nature writing"), en hierdie genre word gekenmerk deur die uitbeelding van 'n persoonlike verbintenis met die tuisomgewing en persoonlike interpretasie van die natuur, maar ook deur getrouheid aan analitiese waarneming en (natuur)wetenskaplike feite (Burton-Christie 1993:157).

Die belangstelling in "the minor beauties of the world" weerspieël 'n belangrike klemverskuiwing ten opsigte van die benadering in die natuurgesentreerde skryfwerk van die twintigste eeu. Daar blyk 'n begeerte om nie slegs die groot wonders van die natuur te ondersoek en te probeer begryp nie, maar ook die minder indrukwekkende, die ongewaardeerde, "the under-foot-but-heretofore-unnoticed" (Burton-Christie 1993:160). Tuur en Reitalu (2012:10) wys op 'n belangrike eienskap in eietydse natuurgesentreerde skryfwerk: "It is [...] the subtle, probing analysis of both the natural world itself and the human person within that world that characterizes the best nature writing." Hulle beklemtoon dat daar in natuurgerigte skryfwerk na getrouheid gestreef word ten opsigte van die wetenskaplike waarheid - "scientific names, data, and explanations are routinely provided as comments to the immediate observations or natural phenomena" (Tuur & Reilatu 2012:10) - terwyl die waarnemer se subjektiewe teenwoordigheid en interpretasie sentraal staan in die uitbeelding van die onderlinge verbintenis van alles in die geskape werklikheid.

Laasgenoemde aspek is van groot belang. Burton-Christie (1993:161) verduidelik dat "nature writers seek to [...] reveal subtle and complex patterns found in relationships among various species, [...] patterns (that) ultimately radiate outward to include the human observer." Uit die bewustheid van hierdie patrone sou 'n groter morele gevoeligheid en dieper vlakke van ekologiese verantwoordelikheid kon kom, "an attempt to find a moral, dignified, decent way of living in the world with regard to other peoples and species", redeneer Burton-Christie (1993:162).

Natuurgesentreerde skryfwerk is dus 'n kombinasie van wetenskaplike verslaggewing en artistieke uitdrukking, 'n poging om met 'n wetenskaplike oog te kyk en met literêre effek te skryf (Lilley 2013; Stephenson 1995:171). Dit sluit verskillende tekstipes in: onder andere essays, memoires, reisbeskrywings, verhale en romans - werke waar die subjektiewe toon en eerstepersoonsbelewing persoonlike kleur aan die feitelike komponent daarin gee (Cowley 2008:10; Stephenson 1995:170).

Oor die afgelope vyftienjaar het 'n opwelling van belangstelling in hierdie soort skryfwerk in Brittanje, soortgelyk aan wat in Noord-Amerika plaasgevind het in die 1970's en 80's, tot die term "new nature writing" gelei (Macfarlane 2013:166; Moran 2014:49). Hierdie sogenaamd nuwe literêre vorm is toegespits op "finding meaning not in the rare and exotic but in our common, unremarkable encounters with the natural world, and in combining both scientific, scholarly observation of nature with carefully drafted, discursive writing" (Moran 2014:49). Stenning en Gifford (2015:1) merk tereg op dat daar oënskynlik nie veel nuuts te vind is in hierdie literêre vorm nie - die gemengde toonaard wat spruit uit die kombinasie van die poëtiese, die wetenskaplike en die analitiese is reeds bekend vir lesers wat vertroud is met die Amerikaanse tradisie van natuurgesentreerde skryfwerk in die twintigste eeu. In Brittanje en Ierland was egter vroeër 'n andersoortige fokus in hierdie literêre tradisie - "less spiritual and more concerned with natural history, perhaps less internally and more externally focused" - wat vir Stenning en Gifford (2015:1) die term "new nature writing" ten dele verklaar.

Modelle en metodes van beskrywing

As voorloper van natuurgesentreerde skryfwerk soos dit vandag beoefen word, geniet Henry David Thoreau wyd erkenning (Burton-Christie 1993:157; Stephenson 1995:170). Thoreau het 'n groot rol gespeel in die gedaanteverwisseling wat natuurgeskiedskrywing ondergaan het om die hedendaagse gestalte van natuurgesentreerde skryfwerk te vertoon, deurdat hy natuurbeskrywing met elemente van die outobiografie, omgewingsgeskiedenis en met etiese aspekte verbandhoudend met die natuuromgewing gekombineer het (Burton-Christie 1993:157). Thomas Lyon steun sterk op Thoreau se nalatenskap wanneer hy tot 'n meer volledige omskrywing van natuurgesentreerde skryfwerk probeer kom deur 'n taksonomie van die verskillende tipes natuurgerigte skryfwerk saam te stel en só groter begrip vir die diversiteit en reikwydte van die genre probeer daarstel. Lyon stel 'n variasie op Thoreau se tentatiewe saam-ordening van elemente voor en ontwerp sewe kategorieë, geplaas op 'n spektrum tussen twee pole: aan die een punt werk hoofsaaklik toegespits op inligting oor die natuurwêreld en aan die ander punt werk wat hoofsaaklik persoonlike reaksies op die natuur en filosofiese interpretasies daarvan uitbeeld (Lyon1989:3).

Lyon (1989:4) waarsku egter dat daar in die pogings om werke te klassifiseer, rekening gehou moet word met die feit dat natuurgerigte skryfwerk nie 'n presiese en ordelike veld is nie, dus kan tekste nie altyd netjies in kategorieë geplaas word nie, "texts often blur and merge across boundaries". Die relatiewe gewig van 'n spesifieke aspek in die teks sal die kategorisering daarvan bepaal. Die doel van hierdie taksonomiemodel is, volgens Lyon (1989:4), nie foutlose klassifisering nie, maar "to show the breadth of the spectrum of nature writing and to help indicate some of the special powers each type within the genre may possess".

Hoewel Lyon se klassifikasiesisteem aanspraak maak op die beginsels van eenvoud en logiese ordening, is die beperkings daarvan ook duidelik. Mark Tredinnick (2003:36) merk byvoorbeeld op dat Lyon 'n belangrike dimensie van natuurgesentreerde skryfwerk oor die hoof sien. Hy argumenteer dat dit deur die poëtiese of liriese aspek van natuurgerigte skryfwerk is, oftewel die literêre dimensie daarvan, dat sulke werk "attempts the hardest of its work, which is its listening, its singing with, its witnessing of places". Tredinnick se kommentaar kan as waardevol beskou word in die opsig dat dit die vraag ter sprake bring of Lyon se sisteem nie die aard van natuurgesentreerde werke, as kombinasie van wetenskaplike waarneming en artistieke uitdrukking, in gedrang bring nie. Sou suiwer feitelike tekste, soos plant- en voëlgidse, 'n plek hê binne hierdie genre, soos Lyon se sisteem suggereer?

Patrick Murphy ontwerp tienjaar later 'n taksonomie wat 'n uitbreiding op Lyon se sisteem van rangskikking behels. Murphy onderskei tussen natuurgerigte skryfwerk ("nature writing") en natuurgerigte skryfwerk van letterkundige aard ("nature literature"), maar sluit aan by Lyon se spektrum van ordening tussen die pole van werk wat hoofsaaklik natuurfeite bied en dié wat persoonlike reaksie op die natuuromgewing weerspieël. Sy onderskeid tussen skryfwerk ("writing") en letterkunde ("literature") berus op die redenasie dat letterkunde hoofsaaklik onderskei word op grond van narratiewe en estetiese elemente, terwyl retoriese strategieë in ander skryfwerk oorheers, selfs al is daar narratiewe tegnieke en estetiese effekte teenwoordig (Murphy 2000:5).

Krities beskou, is die onderskeid wat Murphy tussen die kategorieë van letterkunde en nieliterêre tekste tref, nie juis en noukeurig genoeg geformuleer om 'n betroubare indeling te verseker nie. In gesaghebbende bronne word die konsep van literariteit meer genuanseerd omskryf. Grové (1992:256-258) onderskei drie kenmerke van literêre werke en noem dit fundamentele eienskappe, naas die besondere eienskappe van individuele werke. Soos Murphy beklemtoon Grové die estetiese waarde van literêre tekste en stel dit duidelik dat sulke tekste talle waardes en funksies vir die leser het - polities, religieus, moreel, ensovoorts - maar dit moet aan bepaalde literêr artistieke kriteria voldoen.

Dis eerstens in die aard van die literêre werk dat dit multivalent is; dat dit - anders as enige ander teks - deur meervoudige elemente kommunikeer, sodat geen enkele leser ooit n totale begrip van die literêre werk kan hê nie (Grové 1992:257).13 Tweedens bring Grové (1992:258) die kwessie van taalelemente ter sprake. Betekenis, klank, ritme en sintaksis het in literêre werke 'n ander funksie en organisasie as in 'n werk van nieliterêre aard. In die literêre teks is elke taalkomponent multikommunikatief en deur die proses van taalorganisasie word hulle in bepaalde patrone georganiseer (Grové 1992:258).14 Met die derde fundamentele eienskap van letterkunde, wat Grové (1992:258) konseptuele elemente noem en waarmee verwys word na karakter of persoon, plot, tyd, ruimte en perspektief - soos teenwoordig in prosa sowel as poësie - beklemtoon hy weereens hierdie elemente se kommunikatiewe funksie.

Hoewel daar in Murphy se voorstel omtrent 'n onderskeid tussen literêre en ander skryfwerk in sy klassifikasiemodel dus leemtes bestaan, in die sin dat literariteit nie goed en deeglik gedefinieer word nie, is die insluiting van literêre werk in sy taksonomie 'n duidelike erkenning van die waarde wat die literêre dimensie aan natuurgerigte skryfwerk kan verleen.

Burton-Christie (1993:159) is van mening dat taksonomieë nuttig is in die beskrywing van natuurgesentreerde skryfwerk, omdat dit die verskeidenheid van genres en subtipes, van onderwerpe en ook die verskeidenheid van reaksies op die natuur beklemtoon. Verder bied dit 'n teenwig wanneer natuurgerigte skryfwerk gekritiseer word as naïef, simplisties, oppervlakkig of sentimenteel. Ook Barnhill (2010:278) erken dat taksonomieë die ryk verskeidenheid in hierdie genre beklemtoon, maar beskou die klassifikasie van werk in duidelik gedifferen- sieerde afdelings ook as 'n nadeel. Hy meen dat sisteme van klassifikasie geen erkenning verleen aan die interne kompleksiteit en diversiteit van individuele werke nie, aangesien alle werke in 'n spesifieke kategorie as ongeveer eenders beskou word. Verder word met sisteme van rangskikking geïmpliseer dat werke in een kategorie wesentlik en volkome verskil van werke in 'n ander kategorie (Barnhill 2010:278).

Hieruit spruit vir Barnhill die uitdaging om te verbeter op bestaande taksonomieë. Sy doel is om 'n manier te vind om natuurgesentreerde tekste te beskryf op 'n wyse wat ook die diversiteit in 'n spesifieke werk erken, en 'n bepaalde werk se onderlinge verband met ander tekste uitlig en onderstreep.

Barnhill se benadering: natuurgesentreerde skryfwerk as ekosisteem

Barnhill (2010:279) stel voor dat die natuurgerigte teks beskou word as 'n ekosisteem. Hy verduidelik dat kenmerkende elemente nie behoort te dien as riglyne om die woordwerk te klassifiseer nie, maar dat hierdie elemente beskou moet word waar hulle binne die individuele teks saam- of op mekaar inwerk, dus wedersyds invloed uitoefen, soos die organismes in 'n ekosisteem. Barnhill wil dus eerder die verskeidenheid binne-in die individuele werk ondersoek as die diversiteit wat in die groot kategorieë van werke gevind kan word.

Vervolgens onderskei Barnhill (2010:279-282) 'n aantal elemente wat kenmerkend is van natuurgerigte skryfwerk: natuurbeskrywing en -verslag, persoonlike ervaring van die natuur, sosiale ervarings binne natuuromgewings, filosofiese beskouings van die natuur, spiritualiteit in die natuurbelewing, ekologiese bewustheid en -ingesteldheid, taal as uitdrukkingsmiddel vir natuurbesonderhede en -belewing, en ekososiale politiek.

Terwyl Lyon (1989:7) dit as die belangrikste doel van natuurgesentreerde skryfwerk beskou dat ons aandag uitwaarts gerig word, "to the activity of nature", meen Barnhill dat die genre 'n veel breër doel dien. Hy stem saam met Slovic (1992:3,18) dat werke met 'n fokus op die natuur ook ons aandag behoort te vestig op die binnewêreld van die gees: op ons bewustheid van en reaksie op die natuur, op innerlike refleksie ten opsigte van die omgewingskade wat op die mens se rekening staan asook op positiewe alternatiewe in terme van persoonlike waardes en sosiale strukture (Barnhill 2010:284).

'n Soektog na gebruike of besprekings van Barnhill se model sedert die publikasie van sy artikel lewer baie min op. Pladus (2016) verwys in 'n artikel slegs met behulp van 'n voetnota na natuurgesentreerde skrywerk ("nature writing") en na Barnhill se artikel as voorbeeld van die benadering tot hierdie genre. Noelene Kelly kyk meer krities na Barhnill se teorie in haar Ph.D.-studie. Sy oordeel dat met Barnhill se benaderingswyse nouer aansluiting gevind kan word by die interne struktuur van natuurgesentreerde skryfwerk as wat met taksonomiebe-naderings moontlik is; die teks self is die uitgangspunt in die bestudering daarvan, en nie 'n abstrakte klassifikasieraamwerk nie (Kelly 2013:216). Kelly sien dus as die dubbele wins van Barnhill se benadering dat die interne kompleksiteite van spesifieke tekste geïdentifiseer word, terwyl dié bestuderingswyse ook lei tot die vergelyking van tekste waardeur ooreenkomste sowel as verskille beklemtoon word (Kelly 2013:216). Kelly meen ook dat Barnhill se model baie akkommoderend is ten opsigte van die ontwikkeling in natuurgesentreerde skryfwerk wat die afgelope tyd al meer soos die samesmelting van 'n verskeidenheid van vorms en elemente vertoon, in reaksie op die komplekse en genuanseerde aspekte van die wêreld as fenomeen.

Beoordeel uit 'n eie, kritiese oogpunt, is 'n verdere uitstaande aspek van Barnhill se model die moontlikhede wat dit bied om die kulturele relevansie en betekenis van natuurgesentreerde skryfwerk in te skerp, deur die aandag te vestig op die psigologiese, sosiale, politieke en spirituele dimensies van die genre. Barnhill (2010:284) meen dat dit hieraan toe te skryf is dat natuurgesentreerde skryfwerk, en dan veral die groot werke binne die genre, so boeiend maar ook op sosiale vlak so betekenisvol vir ons tyd en situasie is.

Wanneer 'n natuurgesentreerde teks benader word as 'n ekosisteem, is die doel om vas te stel watter van die kenmerkende elemente teenwoordig is in die spesifieke teksinhoud, op watter wyse hierdie elemente ontwikkel en geïntegreer word asook hoe die onderlinge verbande en wisselwerking tussen elemente beklemtoon word. Hierdie proses word in Deel 2 van die studie aangepak as strategie om Boomkastele te analiseer en te beskryf. Wat hierdie benadering ons bied, is "a vocabulary to analyze what is going on at the inside of nature writing" (Barnhill 2010:276).

Die toepassing van ekokritiese teorie op Afrikaanse tekste is n uitdaging waarvoor nog baie ruimte bestaan. Smith (2015) verwys na die verskynsel dat selfs internasionale ekokritici hulle veel meer geredelik met teorie besig hou as met toepassingsmoontlikhede daarvan binne die literatuur. Op die plaaslike toneel is dit eweneens die bewustelike ontginning en aanwending van ekokritiese wetenskapsbeginsels in literatuurbeskouing en teksanalise wat grootliks ontbreek. Deel 2 van hierdie ondersoek, waarin die teoretiese beginsels van Barhnill se benadering van toepassing gemaak word op Boomkastele, kan dus verruimend inwerk op die huidige, relatief stagnante literatuurteoretiese klimaat in die Afrikaanse letterkunde

 

BIBLIOGRAFIE

Barnhill, D.L. 2010. Surveying the Landscape: A New Approach to Nature Writing. Interdisciplinary Studies in Literature and Environment, 17(2):273-290.         [ Links ]

Bennet, M. 2001. From wide open spaces to metropolitan places: the urban challenge to ecocriticism. Interdisciplinary Studies in Literature and Environment, 8(1):31-52.         [ Links ]

Bennet, M. & Teague, D.W. 1999. The Nature of Cities: Ecocriticism and Urban Environments. Tucson: The University of Arizona Press.         [ Links ]

Bergthaller, H. 2014. What is ecocriticism? http://www.easlce.eu/about-us/what-is-ecocriticism [2 November 2015].         [ Links ]

Buell, L. 2005. The Future of Environmental Criticism: Environmental Crisis and the Literary Imagination. Malden, Oxford, Victoria: Blackwell Publishing.         [ Links ]

Burton-Christie, D. 1993. 'A feeling for the natural world': spirituality and contemporary nature writing. Continuum, 2(2-3):154-180.         [ Links ]

Childs, P. & Fowler, R. 2009. The Routledge Dictionary of Literary Terms. Londen, New York: Routledge.         [ Links ]

Cowley, J. 2008. The new nature writing. Granta: The Magazine of New Writing, 102:7-13.         [ Links ]

Finch, R. 1991. Being at Two with Nature. The Georgia Review, 55(1):97-104.         [ Links ]

Fourie, R. 2011. A postcolonial and ecocritical reading of Marlene van Niekerk's modern plaasroman Agaat. (Dissertation - MA) 93 p. http://lib.ugent.be/fulltxt/RUG01/001/786/761/RUG01-001786761_2012_0001_AC.pdf [20 September 2016]        [ Links ]

Fourie, R. 2013. Is ekokritiek die moeite werd? LitNet Webseminare.<http://www.litnet.co.za/Article/is-ekokritiek-die-moeite-werd>.[10 Februarie 2016].         [ Links ]

Glotfelty, C. 1996. Introduction. In Glotfelty, C & Fromm, H. (eds). The Ecocriticism Reader: Landmarks in Literary Ecology. Athens, London: The University of Georgia Press, pp. xv-xxxvii.         [ Links ]

Grové, A.P. Literatuur. In Cloete, T.T. (red.). Literêre terme en teorieë. Pretoria: HAUM-Literêr, pp. 256-260.         [ Links ]

Iovino, S. 2015. Editorial: Creative Writing and Arts. Ecozon@, 6(1):167-169.         [ Links ]

Kelly, N.J. 2013. Shoulder to the Wind. A Lyrical ecocation of the Bogong High Plains. Melbourne: Victoria University Press. (Thesis - PhD). 294 p.         [ Links ]

Keuris, M. 2007. An ecocritical reading of Pieter Fourie's Die koggelaar. Tydskrif vir Literatuurwetenskap, 23(4):417-131.         [ Links ]

Lyon, T.J. 1989. This Incomparable Land: A Book of American Nature Writing. Boston: Houghton Mifflin.         [ Links ]

Lilley, D. 2013. Recovering Nostalgia in Nature Writing. Alluvium, https://www.alluvium-journal.org/2013/05/13/recovering-nostalgia-in-nature-writing/[23 Oktober 2015]        [ Links ]

Macfarlane, R. 2013. New words on the wild: Robert Macfarlane reflects on the recent resurgence in nature writing. Nature, 498(7453):166-167.         [ Links ]

Marland, P. 2013. Ecocriticism. Literature Compass, 10(11):846-868.         [ Links ]

Moran, J. 2014. A Cultural History of the New Nature Writing. Literature & History, 23(1):49-63.         [ Links ]

Murphy, P.D. 2000. Farther Afield in the Study of Nature-oriented Literature. Charlottesville: University Press of Virginia.         [ Links ]

Odendal, F.F. & Gouws, R.H. (reds.). 2005. Handwoordeboek van die Afrikaanse taal. 5de uit. Kaapstad: Pearson Education.         [ Links ]

Oppermann, S. 2011: "Istanbul is like a Judas tree": Urban ecocriticism and fictions of Istanbul. The Seventh International Congress for Turkish Culture: Istanbul in Turkish and World Literature Proceedings. www.academia.edu/2165056/_Istanbul_is_like_a_Judas_Tree._Urban_Ecology _and_Fictions_of_Istanbul [2November 2013].         [ Links ]

Oppermann, S. 2013. Feminist ecocriticism: The new ecofeminist settlement. Feminismo/s, 22:65-88.         [ Links ]

Pladus, M. 2016 Gender Constructivism and Strategic Essentialism in Reguge. Interdisciplinary Studies in Literature and Environment, 23(2). http://isle.oxfordjournals.org/content/early/2016/06/23/isle.isw040.extract [13 September 2016].         [ Links ]

Roos, H. 1998. Perspektief op die Afrikaanse prosa van die twintigste eeu. In Van Coller, H.P. (red.). Perspektief en Profiel. Band 1. Pretoria: Van Schaik, pp. 21-117.         [ Links ]

Roos. H. 2011. "The war of the worlds": Relocating the boundaries between the human and the non human. Tydskrif vir Literatuurwetenskap, 27(4):50-70.         [ Links ]

Tredinnick, M. 2003. A Place on Earth: an Anthology of Nature Writing from Australië and North America. Sydney: UNSW Press.         [ Links ]

Tuur, K & Reitalu, T. 2012. Botanical nature writing: an ecocritical analysis. Estonian Journal of Ecology, 61(1):9-19.         [ Links ]

Schoombie, S. 2015. Boomkastele: 'n sprokie vir 'n stadsmens. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Slovic, S.1992. Seeking Awareness in American Nature Writing: Henry Thoreau, Annie Dillard, Edward Abbey, Wendell Berry, Barry Lopez. Salt Lake City: University of Utah Press.         [ Links ]

Steenkamp, E. 2013. Ekokritiek: In gesprek met Susan Smith. LitNet Akademies. http://www.litnet.co.za/ekokritiek-in-gesprek-met-susan-smith/ [11 September 2016].         [ Links ]

Smith, S. 2014. Die tasbaarheid en die on(aan)tasbaarheid van literatuurteorie: ekokritiek en die nuwe materialisme. LitNet Akademies. http://www.litnet.co.za/poolshoogte-die-tasbaarheid-en-die-onaantasbaarheid-van-literatuurteorie-ekokritiek/ [11 September 2016].         [ Links ]

Smith, S. 2015. Ekokritiek. By die sien: kennisname en kennisskepping. Versindaba. http://versindaba.co.za/tag/ekokritiek/ [15 September 2016].         [ Links ]

Smit-Marais, S & Wenzel, M. 2006. Subverting the pastoral: the transcendence of space and place in J.M. Coetzee's Disgrace. Literator, 27(7):23-38.         [ Links ]

Stenning, A. & Gifford, T. 2015. Editorial: Twentieth-century nature writing in Britain and Ireland. Green Letters: Studies in Ecocriticism, 17(1):1-4.         [ Links ]

Stephenson, W.C. 1995. A new type of nature writing? The Midwest Quarterly, 36(2):170-177.         [ Links ]

Viljoen, H. 1998. Literatuur, sy aard en sy funksies. In Van der Merwe, C.N. & Viljoen, H. (reds.). Alkant olifant: ´n Inleiding tot die literatuurwetenskap. Pretoria: J.L. van Schaik, pp. 23-54.         [ Links ]

Vital, A. 2008. Toward an African Ecocriticism: Postcolonialism, Ecology and Life and Times of Michael K. Research in African Literatures, 39(1):88-94.         [ Links ]

Wylie, D. 2007. //Kabbo's challenge: Transculturation and the question of a South African ecocriticism. Journal of Literary Studies, 23(3):252-70.         [ Links ]

KREATIEWE WERKE

Bakkes, C. 1998. Die lang pad van Stoffel Mathysen. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Bakkes, C. 2000. Stoffel in die wildernis. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Bakkes, C. 2002. Skuilplek. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Bakkes, C. 2004. Stoffel by die afdraaipad. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Bakkes, C. 2007. Stoffel se veldnotas. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Bakkes, C. 2010. Stoffel in Afrika. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Barnard, C. 1999. Boendoe. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Botes, A. 2007. Sabbatsreis. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Campbell, C. 2013. Karretjiemense. Kaapstad: Umuzi.         [ Links ]

Coetzee, C. 2003. Toewaaisand. Pretoria: Pretoria Boekhuis.         [ Links ]

Du Plessis, H. 2009. Verbrande paradys. Pretoria: Lapa.         [ Links ]

Heese, M. 2014. Vuurklip. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Kotze, E. 1986. Halfkrone vir die nagmaal. Pretoria: Academica.         [ Links ]

Kotzé, W.D. 2003. Kalahari-kind. Pretoria: Pretoria Boekhuis.         [ Links ]

Kotzé, W.D. 2006. Kalahari-joernaal. Pretoria: Pretoria Boekhuis.         [ Links ]

Marais, E. 1938. Burgers van die berge. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

Marais, E. 1938. Die siel van die mier. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

Matthee, D. 1984. Kringe in h bos. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.         [ Links ]

Matthee, D. 1987. Moerbeibos. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.         [ Links ]

Matthee, D. 2003. Toorbos. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.         [ Links ]

Muller, P. 2007. Desembers. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.         [ Links ]

Pieterse, P. 2005. Manaka, plek van die horings. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Stockenström, W. 2004. Die kremetartekspedisie. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Strachan, A. 2010. Dwaalpoort. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.         [ Links ]

Van der Vyver. Stiltetyd. 2006. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Van Heerden, E. 2006. Die swye van Mario Salviati. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.         [ Links ]

Van Rooyen, N. 2007.Chinchilla. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Van Rooyen, P. 1994. Die spoorsnyer. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.         [ Links ]

Van Rooyen, P. 1995. Agter 'n eland aan. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.         [ Links ]

Van Rooyen, P. 1997. Die olifantjagters. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.         [ Links ]

Van Rooyen, P. 2001. Gif. Pretoria: Pretoria Boekhuis.         [ Links ]

 

 

 

Susan Meyer is 'n senior lektor in Afrikaans aan die Fakulteit Opvoedingswetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom. Sy het in 1990 die graad MA in Afrikaanse letterkunde verwerf aan die Universiteit van Pretoria en in 1993 die DLitt et Phil-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika. Sedert 2003 doseer sy Afrikaanse letterkunde vir onderwysstudente en is sy deel van die Navorsingseenheid Tale en Literatuur in Suid-Afrikaanse konteks aan die Noordwes-Universiteit. Haar navorsingsbelangstelling lê hoofsaaklik by die ekokritiese benadering tot die eietydse Afrikaanse prosa en by die analitiese en hermeneutiese moont-likhede wat opgesluit lê in die ontsluiting van tekste vanuit 'n ekokritiese perspektief. Sy fokus graag op die literêre vergestalting van mens-natuurverbintenisse en op die wyses waarop mens-like lewe en identiteit beïnvloed word deur die natuurlike omgewing. Sy ondersoek die wye spektrum van menslike reaksies op die natuur, die talle dimensies waarin en die gevarieerde wyses waarop die mens met die natuur in interaksie tree en betekenis daaraan toeken, soos uitgebeeld in hedendaagse Afrikaanse narratiewe. Haar navor-singsresultate word gepubliseer in verskeie akademiese vaktydskrifte en sy lewer referate by nasionale sowel as internasionale konferensies.
Susan Meyer is a senior lecturer in the Faculty of Education Sciences at North-West University, Potchefstroom. She obtained a MA degree in Afrikaans literature at the University of Pretoria in 1990 and the D Litt et Phil degree at the University of South Africa in 1993. She lectures Afrikaans literature and is part of the Research Entity Language and Literature in South African context at the North-West University. Her research interests include an ecocritical approach to contemporary Afrikaans prose, resulting in her exploration of the analytic and hermeneutical possibilities disclosed in an ecological reading of literary texts. She focuses on aspects of the literary manifestation of the relation between man and nature, and the ways in which human life and identity are influenced by the natural environment. She investigates all facets of human reactions to nature, the full scope of dimensions and the varied ways in which humans interact with nature and allot meaning to nature as portrayed in contemporary Afrikaans narratives. Her research results in regular publications in academic journals and she delivers papers at conferences nationally and internationally.
1 Schoombie is ook dramaturg en wenner van die Anglo Gold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys (2012) vir sy verhoogstuk Liefde, Anna. Ander opgevoerde toneelstukke uit sy pen sluit in: Opentoe (2008), Samoerai (2008), Risiko (1212) en Gepiekel (2014).
2 Enkele van Marais se belangrike werke is Die siel van die mier (1938), Burgers van die berge (1938).
3 Enkele skrywers van hierdie soort verhale was G.R. von Wielligh, die Hobson-broers, P.J. Schoeman en Sangiro (Roos 1998:28-31).
4 Ek bestudeer die afgelope dekade die Afrikaanse prosatoneel met aandag aan 'n wye spektrum van natuurinvloede en mens-natuurinteraksies wat in eietydse tekste uitgebeeld word. Ek betrek in my navorsing onder andere die volgende tekste: Boendoe (Chris Barnard), Toewaaisand (Christoffel Coetzee), Manaka, plek van die horings (Pieter Pieterse), Kalahari-kind en Kalaharijoernaal (Willem D. Kotzé), Chinchilla (Nanette van Rooyen), Stiltetyd (Marita van der Vyver), Sabbatsreis (Annelie Botes), Desembers (Petra Muller), Verbrande Paradys (Hans du Plessis), Dwaalpoort (Alexander Strachan), Die kremetartekspedisie (Wilma Stockenström), Die swye van Mario Salviati (Etienne van Heerden), Karretjiemense (Carol Campbell), Vuurklip (Marié Heese) en kortverhale uit Halfkrone vir die nagmaal van E. Kotze.
5 Hulle is Kringe in'n bos (1984),Moerbeibos (1987) en Toorbos (2003).
6 Die belangrikstes hiervan is Die spoorsnyer (1994), Agter ´n eland aan (1995), Die olifantjagters (1997) en Gif (2001).
7 Hierdie reeks bestaan uit Die lang pad van Stoffel Mathysen (1998), Stoffel in die wildernis (2000), Skuilplek (2002), Stoffel by die afdraaipad (2004), Stoffel se veldnotas (2007) en Stoffel in Afrika (2010).
8 Wylie (2007) ondersoek die moontlikheid of die verwoording van die San-wêreldbeskouing, spesifiek die ekologiese strategieë en inheemse kennissisteme soos opgeteken in tekste van Alan James en Antjie Krog, 'n gelokaliseerde basis vir 'n Suid-Afrikaanse ekokritiek kan verskaf. Hy beredeneer die betekenisimplikasies daarvan om 'n ekologies-georiënteerde literêre kritikus in Suid-Afrika te wees en pas Fernando Oritz se idee van transkulturaliteit toe in 'n poging om ons land se diverse kultuurgeskiedenisse byeen te bring (Wylie 2007:266-7).
9 Vital (2008) ondersoek J.M. Coetzee se roman Life and times of Michael K as voorbeeld van die fokus op die verweefdheid van postkoloniale en ekologiese denke.Vir hom is die idee van 'n Afrika-ekokritiek te koppel aan vrae omtrent die spesifieke betekenisse wat plaaslik aan die natuur toegeken word, en oor wat dit omtrent die mense hier se hede en verlede verraai (Vital 2008:88).".
10 In 2012 verskyn "Die aard van ekopoësie teen die agtergrond van die ekokritiese teorie met verwysing na enkele gedigte van Martjie Bosman (LitNetAkademies 9(2):500-523), en "Plek en ingeplaaste skryf. 'n Teoretiese ondersoek na ingeplaaste skryf as ekopoëtiese skryfpraktyk" (LitNet Akademies9(3): 887-928). In 2014 publiseer Smith "Ekokritiek en die nuwe materialisme. 'n Ondersoek na die nuwe materialisme in enkele gedigte van Johann Lodewyk Marais uit die bundel In die bloute" (LitNet Akademies 11(2):749-74), en in 2015 verskyn "Plek as liggaam en liggaam as plek. Tendense van die nuwe materialisme en interaksie tussen mens en plek in enkele tekste uit Verweerskrif van Antjie Krog" (LitNet Akademies 12(2): 1-14).
11 Ongeveer 16 gepubliseerde artikels sien sedert 2006 die lig. My mees onlangse navorsingsresultate is dié in 2015 gepubliseer onder die volgende titels: "Die allesomvattende materiële dimensie van ons bestaan: aspekte van die nuwe materialisme in Vuurklip (Marié Heese)" (LitNet Akademies 12(2):69-89),en "'n Alternatiewe beskouing van die natuur se andersheid in Halfkrone vir die Nagmaal (E. Kotze)" (Tydskrif vir Letterkunde, 52(2):102-116. In 2014 het ook verskyn: "'Ons ís mense. My kinders hét gesigte.' Die natuurlike omgewing en die konseptualisering van die self in Karretjiemense (Carol Campbell)" (Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 54(3):675-692), en "Ingeplaaste skryf as vergestalting van ekokritiese ingesteldheid in die verhaalkuns van Petra Muller (Literator, 35 (2):1-12).
12 Coetzee se artikel is in 2015 gepubliseer onder die titel "Huisies aan die Rand: Ekokritiek en in die besonder stedelike ekokritiek as lens vir die lees van sewe gedigte met Johannesburg as agtergrond", in LitNet Akademies 12(3): 1-50.
13 Viljoen (1998:50) noem hierdie eienskap heteronomie: die teks is afhanklik van lesers wat in dialoog daarmee tree; ten spyte van die grense van die teks is dit oop vir 'n groot aantal interpretasies - op grond van die leser se eie metodes van interpretasie, voorkennis en die bril van eie historisiteit, norme en beskouings.
14 Viljoen (1998:50) verwys na taalintensiteit en -kompleksiteit, die wyse waarop literêre skrywers taalelemente so ver as moontlik "uitbuit" om doelbewus iets kunstigs te produseer. Literêre taal is, volgens hom, heg gestruktureer, vol ekwivalensie, woordspelings ensovoorts; "taalgebruik en vormgewing [wat]in die literêre werk tot nuwe ervarings lei, kan vervreem en in 'n nuwe lig stel" (Viljoen 1998:50).

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License