SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue2-1A preliminary investigation into the state of education after 1994 in selected schools in the Western CapeThe profile of the adult male as a mentor for adolescent boys from the West coast author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.56 n.2-1 Pretoria Jun. 2016

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-1a5 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS / RESEARCH AND REVIEW ARTICLES (1): OOR MONNEMENTE GEPRAAT - AFRIKAANS SE EERSTE NEËNTIG JAAR

 

Enkele minder bekende Afrikaanse woordeboek-monumente

 

A few lesser known Afrikaans dictionary monuments

 

 

Rufus H. Gouws

Departement Afrikaans en Nederlands Universiteit van Stellenbosch E-pos: rhg@sun.ac.za

 

 


OPSOMMING

Woordeboeke weerspieël nie net die woordeskat van 'n taal nie, maar dra ook by tot die standaardisering van 'n taal. Dit geld sowel woordeboeke waarin algemene taal as dié waarin die vaktaal bewerk word. Die Afrikaanse leksikografiese praktyk vertoon 'n uitgebreide tipologiese verskeidenheid, wat bekende en minder bekende woordeboeke en woordeboeksoorte insluit. Elke woordeboek kan aanspraak maak op monumentstatus, alhoewel talle woordeboeke se rol in die leksikografiese ontwikkeling van Afrikaans nie genoegsaam erken word nie. In hierdie artikel is die fokus op enkele minder bekende woordeboeke wat wel monumente van en vir Afrikaans is. Daar word aandag gegee aan woordeboeke wat gemeenskapsgedrewe produkte is en onder meer blyke gee van die kreatiewe woordskeppingskrag van die Afrikaanse taalgemeenskap. Daarbenewens word daar ook gewys op vernuwende leksikografiese produkte wat saamgestel is om aan spesifieke leksikografiese behoeftes van hulle teikengebruikers te voldoen.

Trefwoorde: algemene woordeboeke, buitetekste, geïntegreerde benadering, gemeenskapsprojekte, gidselemente, leksikografiese funksies, neologismes, raamstruktuur, standaardisering, teksproduksie, vaktaalwoordeboeke, woordeboektipologie, woordelyste


ABSTRACT

Dictionaries reflect the actual use of a given language, they also contribute to the documentation and eventual standardisation of the language. This applies to dictionaries that have the language for general purposes as its subject matter, but also to dictionaries that focus on different languages for special purposes. The lexicographic practice of Afrikaans displays a comprehensive collection of dictionaries that represent a broad typological spectrum. This collection includes both better and lesser known dictionaries and dictionary types. As a container of knowledge, each dictionary can be regarded as a monument of the language treated in that dictionary. However, many dictionaries do not receive the recognition they deserve as practical language instruments, because their typological category puts them beyond the day to day dictionary experience of the majority of people.
This paper pays attention to products from both the lexicographic practice and the field of dictionary research, also known as metalexicography, that have become monuments within the broad field of lexicography. Metalexicographic publications receive only scant attention. The primary discussion is directed at the lexicographic practice, with the main focus on the contribution of a few lesser known Afrikaans dictionaries. In this regard, two major classes are distinguished, i.e. community projects and innovative products.
Within the first category, the attention is focused on a dictionary that displays the creativeness of members of the Afrikaans language community in the formation of neologisms. It is shown that although these neologisms may not become part of the standard variety of the language, they do emphasise the creative nature of Afrikaans - and this dictionary gives evidence of this wordformation products. A second dictionary in this category represents a product with the genuine purpose to make people aware of a language that is becoming extinct and to reflect something of the people and the culture of this language. This community-driven dictionary has an innovative, genuine purpose, showing how members of the Ju\ 'hoan speech community, as well as people from the English and Afrikaans speech communities, compiled a selection of core vocabulary items from the Ju\ 'hoan lexicon, arranged in thematic categories that reflect important aspects from their daily life. The use ofpictorial illustrations as guiding elements of the articles results in an interesting article structure and allows access from picture to word. The members of the speech community were not only involved in the planning and compilation of the dictionary, but their artists created the pictorial illustrations that reflect something of the world view of the community.
In the second category, a few dictionaries are mentioned because of their innovative approach. One dictionary is discussed in more detail, i.e. a bilingual dictionary with Afrikaans and English as language pair, but which was compiled specifically for English speaking users who want to learn Afrikaans. The target user and the genuine purpose of the dictionary were identified in an unambiguous way. This dictionary adheres to an integrated approach that sees a creative use of a frame structure with a variety of outer texts. It successfully negotiates a transtextual functional approach to outer texts, and supplies the envisaged target users with data from which information can be retrieved to satisfy both communicative and cognitive needs. The selection of outer texts adds to the comprehensive knowledge transfer made available in this dictionary. Thispolyfunctional dictionary was planned in such a way that dictionary and grammar are integrated into a single source. The lexicographers clearly identified the needs and reference skills of their target users, and the outer texts complement the lexicographic treatment and enhance the nature and extent of information retrieval in this dictionary.
Although the focus in this article remains on lexicographic practice, the discussion is done within a theoretical framework, i.e. the general theory of lexicography, which looks at dictionary structures, and function theory, emphasising the importance that the compilation of any dictionary needs to be preceded by an identification of the function(s) the dictionary has to address.

Keywords:community projects, dictionary typology, frame structure, general dictionaries, guiding elements, integrated approach, lexicographic functions, neologisms, outer texts, specialised dictionaries, standardisation, text production, word lists


 

 

1. INLEIDEND

Algemene taalgebruikers beskou 'n woordeboek dikwels as die belangrikste bron van veral taalkundige inligting, maar ook as 'n gesagsbron (vergelyk onder meer Wells 1973 en Odendal 1978). Op grond van hierdie gesag van woordeboeke, ten regte of ten onregte, is 'n woordeboek n instrument wat 'n bepaalde status verleen aan die taal wat daarin bewerk word. Woordeboeke weerspieël die werklike taalgebruik wat 'n spesifieke taal kenmerk, en as sodanig sien gebruikers dit as 'n toonbeeld, 'n bewys van die gevestigdheid van die betrokke taal. Woordeboeke word monumente wat ter erkenning van en ter ere van n taal opgerig word.

Juis omdat daar aan woordeboeke n bepaalde gesag toegeken word, en omdat woordeboeke, ondanks hulle ander bydraes, wel n sekere preskriptiewe rol vervul, is woordeboeke ook van wesenlike belang by die standaardisering van taal. Hierdie belang van woordeboeke is in die metaleksikografiese literatuur reeds uitvoerig bespreek (vergelyk onder meer Gallardo 1980 en Zgusta 1989). Gallardo (1980) toon ook aan dat daar normaalweg 'n volgorde is waarin nuwe woordeboeksoorte tot 'n taal toegevoeg word. Voordat die standaardiseringsproses voltooi is, sal 'n taal veral oor een of meer tweetalige woordeboeke beskik, veral woordeboeke waarin die algemene taal en nie die vaktaal nie, bewerk word, terwyl eentalige verklarende woordeboeke tipies is van 'n reeds gestandaardiseerde taal. Ook in die ontwikkeling van die Afrikaanse woordeboekversameling is hierdie onderskeid aantoonbaar. Dit blyk onder meer uit Van der Merwe (1971) se weergawe van 'n aantal vroeë Afrikaanse woordelyste wat tipies Afrikaanse woorde bevat, dikwels met hulle Nederlandse ekwivalente of 'n kort betekenisparafrase in Nederlands as bewerking. Hierdie lyste, asook ander tweetalige woordeboeke, het die verskyning van volwaardige eentalige verklarende Afrikaanse woordeboeke, sowel as die samestelling van n verskeidenheid ander Afrikaanse woordeboektipes voorafgegaan.

'n Uitgebreide woordeboektipologie het metterjare die Afrikaanse leksikografiese praktyk gekenmerk, en n omvattende versameling woordeboeke en woordeboeksoorte is tot beskikking van 'n uiteenlopende gebruikersgroep gestel. Vergelyk onder meer Zgusta (1971) en Gouws (2014) vir 'n bespreking van woordeboektipologie. Woordeboeke wat op die algemene taalgebruik gerig is, die verstektipe-woordeboek, is uitgebrei om woordeboeke in te sluit wat die taalgebruik van spesifieke gebruikersgroepe weergee. Hier het die pedagogiese opdrag van woordeboeke gelei tot die daarstelling van skool- en later ook aanleerderwoordeboeke, met aanleerderwoordeboeke wat een van die belangrikste ontwikkelings in die leksikografiese praktyk van die laaste kwart van die vorige eeu was. Naas woordeboeke wat primêr vir die oordrag van taalkundige data voorsiening maak, dit wil sê algemene woordeboeke, het woordeboeke met die leksikon van verskillende vakgebiede as teiken na vore getree om 'n tipologiese kategorie te vestig wat op 'n groot gebruikersgroep se vakspesifieke behoeftes gerig is. By die beoordeling van die woordeboeke en woordeboeksoorte van enige taal is dit belangrik dat die rol van vakwoordeboeke nie geringgeskat mag word in vergelyking met die rol van algemene woordeboeke nie. Vakwoorde-boeke is eweneens van wesenlike belang vir die sukses van 'n taal se leksikografiese aanbod en bewerking, ondanks die feit dat hulle bydrae dikwels nie genoegsaam erken en in ag geneem word wanneer daar oor woordeboeke gepraat word nie. Volgens Kilgarriff (2012:27) is die verhouding tussen woordeboeke wat die algemene taal bewerk en vakwoordeboeke te vergelyk met die ooreenkoms tussen internasionale lughawens en plaaslike vliegvelde. Hierdie vergelyking mag juis wees, maar dit onderskat die belangrike rol van vakwoordeboeke in die uitbreiding van 'n taal as wetenskapstaal. Die Afrikaanse leksikografiepraktyk is ruimskoots verryk en uitgebrei deur 'n wye versameling vakwoordeboeke - wat monumente is van Afrikaans se status as gevestigde wetenskapstaal.

Daar bestaan ook talle ander woordeboeke wat nie gereeld gebruik word deur die algemene lede van die Afrikaanse taalgemeenskap nie, of dikwels hoegenaamd nie geken word nie. Die monumentstatus van sulke woordeboeke mag nie ontken word nie. In hierdie artikel gaan enkele van hierdie woordeboeke bespreek word.

 

2. LEKSIKOGRAFIESE ONTWIKKELING, TAALSTANDAARDISERING EN DIE WERKLIKE DOEL VAN WOORDEBOEKE

'n Oorsig oor die ontwikkeling van die leksikografiese praktyk en die doel van leksikograwe met hulle woordeboeke gee blyke van die rol van woordeboeke as taalstandaardiseringsinstrumente, maar wat steeds gerig is op die behoeftes van spesifieke gebruikersgroepe. Met vroeë woordeboeke wou leksikograwe die taal vasvang en weergee, maar ook veel meer as dit bereik. Die tematies geordende woordeboeke van die Middeleeue en vroeër het probeer om woorde in temas te groepeer en op hierdie manier kennis oor te dra. Die skolastici wou kennis organiseer, sorteer en klassifiseer, en hulle het gepoog om die sogenaamde omne scibile (= alles wat wetenswaardig is) vas te vang - vergelyk in hierdie verband McArthur (1986:52 e.v.). As "tesourus", dit is die skatkamer van die taal, lewer woordeboeke mettertyd bewys daarvan hoe n gegewe taal wat genoegsaam ontwikkel is, in n bepaalde vorm opgeteken en bewaar kan word - en hoe die standaardvariëteit van so n taal in veral sy algemene een- en tweetalige woordeboeke aangebied en sodoende gevestig en uitgebou word.

Woordeboektitels is dikwels veelseggend ten opsigte van dit wat die leksikograaf met die betrokke woordeboek beoog het. Vergelyk in hierdie verband titels soos die volgende: Ianua Linguarum ("Die poort van Tale") (Bathe 1615), Ianua Linguarum Reserata ("Die poort van tale ontsluit"') (Komensky 1631). In hierdie verband moet die titel van die boek waarin die eerste Afrikaanse woordeboek, dié van Changuion (1844), as aanhangsel verskyn, nie geringgeskat word nie. Die woordeboek Proeve van Kaapsch Taaleigen is 'n byvoegsel tot Changuion se boek De Nederduitsche taal in Zuid-Afrika hersteld. In sy inleidende opmerkinge stel Changuion die hoofdoel van sy boek duidelik, naamlik om

... het Nederduitsch, voor zoo ver de taal, die in deze Kolonie gesproken wordt, dien naam dragen mag, van deels geheel vreemde, deels verminkte woorden en spreekwijzen te zuiveren, of althans den weg daartoe aan te wijzen.

Changuion wou, aldus Van der Merwe (1971:viii), met sy boek

die Hollandse taal so 'n hegte grondslag gee aan die Kaap dat Afrikaans (Kaapsch Taaleigen) geen ingang sou kon vind nie.

Met sy Proeve van Kaapsch Taaleigen, n woordeboek met ongeveer 400 lemmata, wou hy die taal van die Kapenaars suiwer. Hier kom 'n puristiese, preskriptiewe en standaardiseringsbenadering sterk na vore, iets wat vandag steeds kenmerkend van baie woordeboeke is. Changuion wou, ironies genoeg, met hierdie eerste Afrikaanse woordeboekmonument eerder n bydrae tot die Hollandse dialekstudie lewer (vergelyk weer eens Van der Merwe 1971:viii) as om Afrikaans te bevorder.

Soos Changuion se woordeboek nie as afsonderlike publikasie verskyn het nie, maar as aanhangsel in 'n ander boek, was daar in die vroeë ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie ook ander woordeboeke wat as deel van 'n groter boek verskyn het. Soos die geval met Changuion, was daar ook ander gevalle waar die leksikograwe nie altyd 'n positiewe houding gehad het teenoor Afrikaans, die taal wat in hulle woordeboeke bewerk is nie. Een so 'n woordelys was dié van Tromp (1879a), wat n hoofstuk was in sy boek Herinneringen uit Zuid-Afrika ten tijde der Annexatie van de Transvaal (Tromp 1879b). Alhoewel hierdie monument wel ter erkenning van Afrikaans was, was dit geensins tot verering van Afrikaans nie. Hy begin sy hoofstuk met die volgende woorde (vergelyk Van der Merwe 1971:23):

De Afrikaansche taal, is zeker wel het leelijkste en meest vermengt dialect, dat ooit bestond.

En dan:

Dat de taal belangwekkend en de aandacht overwaard is, is zeker, maar dat zij leelijk, misvormd en wanluidend is, is nog zekerder. (Van der Merwe 1971:24)

Die motivering vir die opstel van sy woordelys stel Tromp self so:

Voor de aardigheid zal ik hier een lijst van de gebruikelijkste en eigenaardigste woorden en uitdrukkingen invoegen.(Van der Merwe 1971:26)

Deur hierdie optekening en bewerking, al is dit net "voor de aardigheid" gedoen, is nog 'n deel van die leksikon vasgevang en sodoende het so n beperkte woordelys ook meegedoen aan die vaslegging en uiteindelike standaardisering van Afrikaans.

Hierdie publikasies het ook daartoe bygedra dat die Afrikaanse leksikografie gevestig is en algaande uitgebrei het om vandag n veelsydige en multifunksionele tipologiese verskeidenheid te vertoon waarin die algemene en gespesialiseerde leksikon van Afrikaans omvattend aangebied en bewerk word.

Uit die titels van n aantal Afrikaanse woordeboeke wat n opname en bewerking van die standaardvariëteit van die algemene gebruikstaal as teiken het, kan die woordeboeksoort, die teikengebruiker en die aard van die leksikale gerigtheid dikwels afgelei word. Vergelyk in hierdie verband titels soos Basiswoordeboek van Afrikaans (Gouws et al. 1994), Grondslagfasewoordeboek (Gouws, Ronél et al. 2010), Aanleerderswoordeboek/Learner 's Dictionary (Du Plessis 1993) en Kernwoordeboek/Concise Dictionary (Pheiffer et al. 2007).

As vakgebied met sowel 'n praktiese as 'n teoretiese komponent (onderskeidelik die praktyk van woordeboekmaak en die teoretiese besinning oor die leksikografie, ook bekend as woordeboeknavorsing of metaleksikografie) vertoon die ontwikkeling van die leksikografie verskillende fases. Die praktyk is veel ouer as die teorie - vergelyk onder meer McArthur (1986), Gouws (1989), Gouws, Schweickard & Wiegand (2013) - maar met die koms van die teoretiese leksikografie was daar ook verskillende fases, met die klem op onderskeidelik die taalkundige inhoud van woordeboeke, die strukture van woordeboeke en die funksies van woordeboeke. Vergelyk in hierdie verband Gouws (2005a).

Alhoewel die Afrikaanse leksikografie in vergelyking met tale wat deel gehad het aan die vroeë ontwikkeling van die leksikografie, 'n laat toetrede tot sowel die leksikografiese praktyk as die metaleksikografie gemaak het, is al die fases wat elders in die leksikografiese ontwikkeling geld, ook in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie te bespeur.

In hierdie artikel word enkele aspekte van die Afrikaanse leksikografie bespreek. Daar word aangedui dat 'n verskeidenheid woordeboeke en metaleksikografiese bydraes 'n wesenlike rol daarin gespeel het - en steeds speel - om Afrikaans as 'n gestandaardiseerde taal met n breë tipologiese en subtipologiese verskeidenheid algemene en vakspesifieke gebruiksmoontlikhede te vestig en te weerspieël. Dit geld in sowel die eentalige as die twee- en meertalige leksikografie waar elkeen van hierdie woordeboeke, asook die metaleksikografiese bydraes, 'n eiesoortige monument vir en van Afrikaans is, en gesamentlik ook die feesviering rondom die negentigjarige erkenning van Afrikaans as amptelike taal regverdig. Hierdie artikel poog egter nie om 'n uitvoerige oorsig te gee van die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie nie; dit is 'n onderwerp wat uitvoerig bespreek word in onder meer Gouws (1986; 2003; 2005; 2008; 2013) en Heestermans (1990). Daar word slegs aan enkele aspekte aandag gegee.

 

3. MONUMENTE GROOT EN KLEIN

In sowel die Afrikaanse praktiese as teoretiese leksikografie is daar talle produkte wat met reg op monumentstatus kan aanspraak maak. Een van die belangrike vroeë teoretiese bydraes wat rigtinggewend in verdere metaleksikografiese gesprekke was, was Boshoff (1926), waarin kriteria aangebied is vir die beplanning en opstel van 'n standaardwoordeboek van Afrikaans. Indien dié kriteria met meer erns deur destydse praktiserende leksikograwe benader is (vergelyk Grobler 1978) sou daar na alle waarskynlikheid n beter gehalte standaardwoordeboek in die vroeë fases van die eentaligewoordeboekpraktyk gewees het, iets waaraan Afrikaans mank gegaan het in n stadium van sy standaardiseringsproses toe eentalige woordeboeke leidende rolspelers moes wees. Dié metaleksikografiese monument is ongelukkig nie gou genoeg gevolg deur 'n ooreenstemmende monument in die leksikografiepraktyk nie. Veral die opstellers van die WAT - dit is die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, wat in 1926 begin is - sou veel by hierdie voorstelle van Boshoff kon baat, en dit sou spoedig tot die beplande standaardwoordeboek kon lei. Ná Boshoff se werk was daar talle ander metaleksikografiese bydraes wat 'n teoretiese basis help skep het vir 'n verbeterde leksikografiese praktyk - vergelyk onder meer Combrink (1962; 1979), Odendal (1961a; 1961b; 1962; 1979) en Eksteen (1962;1965).

In hierdie artikel val die klem nie op die teoretiese leksikografie nie, maar eerder op die Afrikaanse leksikografiepraktyk. Dit is ook nie bekende monumente, soos die WAT (Schoonees et al. 1951-), Tweetalige Woordeboek/Bilingual Dictionary (Bosman et al.1984), Groot woordeboek/ Major Dictionary (Eksteen 1997), HAT (Luther et al. 2015) of die Pharos Afrikaans-Engels/ English-Afrikaans Woordeboek/ Dictionary (Du Plessis 2005) wat hier bespreek word nie, maar eerder n paar woordeboeke met n beperkter aanslag en omvang en wat tot dusver minder aandag in die teoretiese gesprek gekry het. Die aandag is vervolgens op enkele Afrikaanse woordeboeke, wat in twee hoofkategorieë val, te wete gemeenskapsprojekte en vernuwende projekte. Die woordeboeke wat bespreek word, word as Afrikaanse leksikografiese projekte beskou, selfs waar dit om twee- of meertalige woordeboeke gaan. Dat Afrikaans as een van die behandelde tale optree, kwalifiseer 'n woordeboek as behorende tot die Afrikaanse woordeboekversameling.

3.1 Gemeenskapsprojekte

Hausmann (1989:13) se onderskeid tussen woordeboekkultuur en gebruikersvriendelikheid in die leksikografie is steeds relevant en geldig. "Woordeboekkultuur" verwys daarna dat 'n bepaalde gemeenskap by die leksikografie moet aanpas, dit wil sê woordeboekvaardighede en kennis van die gebruik van woordeboeke moet bekom, terwyl "gebruikersvriendelikheid" impliseer dat die leksikografie by die gemeenskap moet aanpas. Woordeboeke is praktiese instrumente en moet daarom bruikbaar wees. Volgens die gebruikersperspektief, 'n benadering wat die afgelope dekades reeds 'n bepalende invloed in die leksikografie het en die idee van gebruikersvriendelikheid voorop stel (vergelyk onder meer Hartmann 1989 en Van der Merwe-Fouché 1999) moet die leksikograaf in die beplanning van enige woordeboek 'n duidelik geïdentifiseerde teikengebruiker hê, en vertroud wees met sowel die leksikografiese behoeftes as die naslaanvaardighede van daardie teikenge bruiker.

In die praktyk was dit egter nie so maklik om op n ondubbelsinnige manier te kon vasstel wat die werklike behoeftes van n bepaalde teikengebruiker is nie, omdat die potensiële gebruikersgroep van n bepaalde woordeboek dikwels nie duidelik genoeg aantoonbaar was nie, en leksikograwe hulle nie noodwendig in ag geneem het nie. Gevolglik verwys Wiegand (1977:59) reeds na die gebruiker as die "bekannte Unbekannte", die bekende onbekende. Baie navorsing is sedertdien gedoen om maniere vas te stel waarop die behoeftes van gebruikers beter bepaal kon word: Vergelyk in hierdie verband onder meer Wiegand (1998), en Lew (2011), en vir die ontwerp van woordeboeke wat op die spesifieke gebruikers se behoeftes gerig is, byvoorbeeld Otto (1989).

Woordeboeke word deur leksikograwe saamgestel wat ag slaan op die vermeende behoeftes van hulle gebruikers. In die onlangse leksikografiese praktyk word die teikengebruikers van woordeboeke soms die geleentheid gegun om deel te neem aan die leksikografiese proses vir die daarstelling van 'n woordeboek wat op hulle behoeftes gerig is. Vergelyk in hierdie verband onder meer die werk aan verskillende Wiki-produkte, waar gebruikers help met die leksikografiese bewerking en veranderinge aan bestaande inskrywings kan aanbeveel. Die aanlyn leksikografie maak dit ook moontlik vir gebruikers om kommentaar op woordeboeke te lewer, wat daartoe lei dat leksikograwe deurlopend veranderinge aan hulle woordeboeke kan aanbring. Die toepassing van die beginsel van "gelyktydige terugvoering" (vergelyk De Schryver & Prinsloo 2000) gee aan gebruikers die geleentheid om kommentaar op woordeboekmateriaal te lewer terwyl die woordeboek saamgestel word. Dit maak dit vir die leksikograwe moontlik om aanpassings te maak selfs voordat die woordeboek voltooi is.

Woordeboeke bly egter meestal produkte wat die uitvoering van n plan van die leksikograaf is. In enkele gevalle word woordeboeke op n ander manier beplan en gemaak. Gebruikers besluit om n bepaalde woordeboek te maak, of die behoeftes van n bepaalde taalgemeenskap of gebruikersgroep noop iemand wat nie n opgeleide leksikograaf is nie, om aan die samestelling van n woordeboek te begin werk. Ook in en vir Afrikaans bestaan daar sulke woordeboeke, en hulle vorm n reeksie leksikografiese monumente waarvan die waarde en bydrae tot die leksikografiese praktyk nooit onderskat mag word nie. Vervolgens word twee sulke woordeboeke kortliks bespreek. Die status van die leksikograaf en die metaleksikografiese oordeel oor so 'n woordeboek is nie hier van bepalende belang nie. Wat wel ter sake is, is die bydrae wat dit binne die bepaalde sprekersgroep maak.

3.1.1 Die "Wildewoordeboek"

Wildewoordeboek (Van Niekerk et al. 1997) is n onkonvensionele woordeboek wat nie deur gevestigde leksikograwe beplan of gemaak is nie, maar wat 'n skat van data bevat wat wys op die kreatiewe vermoë van Afrikaans. Dié woordeboek is die regstreekse gevolg van die behoefte aan n gepaste Afrikaanse woord in 'n bepaalde gebruiksituasie. Luidens " 'n Wilde woord vooraf', die voorteks geskryf deur die hoofsamesteller, is dié woordeboek saamgestel na aanleiding van n vraag van 'n opvoeder van die Hoërskool Richardsbaai by 'n debatsaand in 1993 aan die hoofsamesteller, toe sy wou weet wat "'n lékker Afrikaanse woord" vir die Engelse "lucky draw" sou wees. Sy voorstel aan haar was: "Vra die kinders; hulle is kreatiewer as ons ..." Dit het gelei tot n kompetisie, die Laat-Afrikaans-groei-kompetisie, wat voorstelle opgelewer het soos n gelukpluk(kie), gelukkie-plukkie, nommerpas en pryspret. 'n Laat-Afrikaans-leef-kompetisie is daarna uitgebrei na 'n afdeling vir laerskoolleerders in KwaZulu-Natal maar later ook veel wyer, en is toe die Laat-Afrikaans-groei-kompetisie genoem.

Wildewoordeboek bevat meer as 1500 nuutskeppinge wat as deel van die kompetisie versamel is. Die woordeboek is die produk van taalskepping vanuit 'n wye geografiese verspreiding, en kan met reg as n gemeenskapsprojek beskou word. Talle woorde is die voorstelle van leerders uit die laerskool, maar senior leerders en selfs volwassenes het ook daartoe bygedra. Baie van die nuutskeppinge getuig van humor en selfs stuitigheid, en behoort veral tot die informele register van Afrikaans.

Die woordeboek het 'n eenvoudige artikelstruktuur met enkelwoorde sowel as meerwoordige leksikale items, byvoorbeeld you must be joking, en selfs hier en daar 'n kollokasie, byvoorbeeld oorvol minibus/motor, as makrostruktuurelemente. Hierdie lemmata word meestal in Engels verstrek, soms met 'n Afrikaanse glos, koteksaanduiding of kort omskrywing onmiddellik ná die lemma. Hierdie ondersteunende inskrywings, soos die lemmata ook in vet aangebied, is meestal in Afrikaans, byvoorbeeld dice (met motorfiets), stick ( ... vir ete), trim (hare). Alle lemmata is egter nie in Engels nie. Die woordeboek bevat ook Afrikaanse lemmata soos brandsiek brak, inwoner van Gauteng, informele drag. In sommige artikels sluit die bewerking n illustrasie-prentjie in - vergelyk die artikels van die lemmatekens bungee jump, relax en scrap-yard. Die verstekbewerking is Afrikaanse ekwivalente vir die Engelse lemmata, of nuutskeppingsinonieme vir die Afrikaanse lemmata. Hier gee die woordeboek blyke van die kreatiwiteit van die kompetisiedeelnemers met voorstelle soos die volgende:

backfire tru-knor, hoesproes, pypknal

cute wipgat, soenig, beertjiemooi

face-lift hysbakkies

hangover slingerkop, oggendroes, klopkop

nerd fundivakie, briljantjie, dik-brilkind

once in a blue moon die dag wanneer mans swanger word, as Afrika vrede het

price boom prysplof, pryshyser

spiral perm frilkrul, kronkelkapsel, draaikrul, noedelhare

Die samestellers van Wildewoordeboek stel dit duidelik in die woord vooraf dat baie van die woorde in hierdie woordeboek nooit 'n "normale" woordeboek sal haal of omgangstaal sal word nie - die verstrekte nuutskeppings sal "waarskynlik slegs pretwoorde of modewoorde bly." Anders as woordeboeke wat tot die breë kategorieë van algemene verklarende en vertalende woordeboeke behoort, probeer Wildewoordeboek se samestellers nie die werklike taalgebruik weerspieël nie, maar veel eerder die werklike skeppingskrag van die taal. Dit is n woordeboek wat voorstelle vir oorweging en moontlike gebruik aan die hand doen. Dit is nie n deskriptiewe, preskriptiewe of selfs proskriptiewe woordeboek nie (vergelyk Bergenholtz & Gouws 2010) maar n woord-skeppingswoordeboek waar die leksikograaf gewoon die voorstelle van lede van die Afrikaanse taalgemeenskap weergee. Hierdie tipologiese benadering om tot die publikasie van n gemeen-skapswoordskeppingswoordeboek te lei, verteenwoordig n eiesoortige bydrae tot die Afrikaanse leksikografie. Dit sal interessant wees om oor 'n verdere dekade vas te stel hoeveel van die woorde wat hier opgeneem is, wel die standaardvariëteit van Afrikaans gehaal het.

Wildewoordeboek bied as gemeenskapswoordeboek 'n leksikografiese bewerking wat die resultaat is van n kompetisie om nuutskeppings te vorm. Dit is nie die eerste Afrikaanse leksikografieprojek waar 'n kompetisie ter sprake is nie. Postma (1896) se woordelys, vir die eerste keer gepubliseer in Van der Merwe (1971), is vergesel van 'n brief aan ds. S.J. du Toit waarin hy sê:

Dit is mij doel om hiermee te compiteer vir die prijs vir 'n lys van suiwer gesmede Afrikaanse woorde. (Van der Merwe 1971:53)

Hierdie woordelys, nie n gemeenskapsprojek nie, maar die werk van n individuele leksikograaf, bied nie nuutskeppings, soos Wildewoordeboek nie, maar eerder woorde wat volgens die samesteller in die omgewing van Burgersdorp en in die Vrystaat en Transvaal bekend was. Alhoewel Van der Merwe n groot rol gespeel het in die rangskikking in verskillende rubrieke van die woorde in Postma se lys, bied dié woordelys n insiggewende versameling woorde, en die tematiese klassifikasie weerspieël 'n deelversameling van die Afrikaanse leksikon op 'n manier wat aansluit by die makrostrukturele ordening van die heel vroeë woordeboeke (vergelyk McArthur 1986). Die tematiese rubrieke in Postma se Afrikaanse woordgebruik is onder meer "Algemeen", "Woorde in di dire en insekte wêreld", "Woorde in di plante wêreld", "Ambagte", "Boere", "Fisse", "Minerale", "Siektes".

Hierdie lys van Postma wys nogmaals daarop dat ook die vroeë Afrikaanse woordelyste en produkte 'n wesenlike leksikografiese bydrae gelewer het, en met reg deel van 'n verskeidenheid Afrikaanse leksikografiese monumente is.

3.1.2 Die Jul'hoan Tsumkwe Dialect / Prentewoordeboek vir kinders / Children's picture dictionary

Nog 'n andersoortige woordeboek wat uit eie reg monumentstatus verdien, is die drietalige Jul'hoan Tsumkwe Dialect/Prentewoordeboek vir kinders /Children'spicture dictionary. Hierdie besondere woordeboek is die resultaat van 'n samewerkingsprojek tussen lede van die Namibiese Jul'hoan uit die Tsumkwestreek en akademici uit verskillende vakgebiede (vergelyk die inligtingsbrosjure in hierdie woordeboek). Dié woordeboek bied in elke artikel 'n illustrasieprent as gidselement aan die linkerkant van die artikel. Vir hierdie illustrasieprent word daar dan Jul'hoansi-, Afrikaanse en Engelse ekwivalente verskaf. Die illustrasieprente met hulle bewerking wat die gebruiker van die prentjie na die woord lei, is verdeel in temas uit die alledaagse lewe en kultuur van die Jul 'hoansi-taalgemeenskap, te wete "Diere", "Voëls", "Insekte, reptiele en goggas", "Tuiste en die gesin", "Jag", "Versamel", en "Dans".

Die woordeboek het n raamstruktuur (vergelyk Kammerer & Wiegand 1998) met verskeie voortekste, waaronder n inleiding wat agtergrond oor die ontstaan, beplanning en samestelling van dié woordeboek verstrek, en 'n teks waarin die uitspraak van die Jul 'hoan-klik- en ander klanke bespreek word. n Waardevolle agterteks bied n lysting van die verskillende tematiese afdelings, met n lys van die woorde wat in die betrokke veld val in elk van die drie tale. Hierdie lyste is alfabeties georden volgens die alfabetwaarde van die Afrikaanse woorde. n Ingeslote interaktiewe CD bied die uitspraak van elke Jul 'hoan-woord, asook 'n foto- en videogalery.

Dit is 'n gemeenskapswoordeboek, want die samestellers het hulp van die Jul 'hoan-gemeenskap gekry by die keuse van lemmas maar, heel belangrik, ook by die ontwerp en uitleg van hierdie woordeboek. In die metaleksikografiese gesprek word die belang van die uitleg van 'n woordeboek reeds lank erken (vergelyk onder meer Almind & Bergenholtz 2000). Die artikeluitleg van hierdie woordeboek is sodanig dat die illustrasieprente dominante aanduiders in die artikel is met betrekking tot plasing en grootte. Die gebruik van illustrasieprente as gidselemente van elke artikel verteenwoordig 'n nietradisionele benadering tot die makro- en artikelstruktuur wat gewoonlik gekenmerk word deur verbale gidselemente.

Die illustrasieprente is deur lede van die Jul'hoan-gemeenskap gedoen. Daardeur raak hulle medeleksikograwe van hierdie woordeboek. Die manier waarop die prente geteken is, weerspieël iets van die kunstenaarsaanslag van lede van hierdie gemeenskap en versterk die gemeenskaps-gedrewe aard van hierdie woordeboek. Dit is reeds merkbaar uit die illustrasies op die buiteblad van dié woordeboek:

 

 

Elke leksikograaf moet by die beplanning van elke woordeboek 'n werklike doel vir die betrokke woordeboek formuleer en dit in die samestelling deurvoer - vergelyk Wiegand (1998:229). In navolging van Wiegand sê Gouws (2014:380) dat

die werklike doel van n woordeboek daarin geleë is dat dit gebruik word sodat daar, aan die hand van die leksikografiese data in die woordeboek, inligting ontsluit kan word oor bepaalde aspekte van taalkundige uitdrukkings wat tot die onderwerpsgebied van die betrokke woordeboek behoort.

Die werklike doel van n woordeboek kan ook verder strek as die blote onttrekking van inligting uit die data ten opsigte van daardie leksikale items wat deur die lemmatekens verteenwoordig word.

In die "Foorberig" van die baanbrekende tweetalige Afrikaanse woordeboek Patriotwoordeboek/ Patriot Dictionary (Anoniem (S.J. du Toit) 1902/04) sê die uitgewers, die opstellers van hierdie "Foorberig", dat hulle hoofdoel met die woordeboek was

om samewerking te beforder tussen di twe hoofrasse, Afrikaners en Engelse, in ons land: dat hulle wederkerig mekaars tale in sofêr ken dat hulle mekaar kan ferstaan ...

Die rudimentêre mikrostruktuur van die Jul'hoan Tsumkwe Dialect/Prentewoordeboek vir kinders / Children's picture dictionary is 'n bewys daarvan dat inligtingonttrekking deur middel van 'n uitvoerige leksikografiese bewerking nie die werklike doel van die leksikograwe met hierdie woordeboek was nie. Op die ingeslote inligtingsbrosjure sê die samestellers dat hierdie projek gemeenskapsgedrewe is "met die oogmerk om die Jul'hoan-kultuur te dien."

Die redaksionele span bestaan uit 'n verskeidenheid lede, ook vanuit die Jul'hoan-gemeenskap, en hulle doel met die woordeboek was verder ook om bewustheid van die Jul 'hoan-taal en -kultuur aan te wakker en om te verhoed dat hierdie taal, 'n bedreigde taal, uitsterf. Op die agterste buiteblad word die volgende boodskap in al drie die tale oorgedra: "Hou jou mense, jou taal en jou kultuur na aan mekaar." Deur hierdie boodskap en die praktiese uitvoering daarvan deur middel van die woordeboek, is hierdie leksikografiese produk 'n monument vir elk van die tale wat daarin verskyn- ook vir Afrikaans.

3.2 Vernuwende projekte

Binne verskillende tipologiese en subtipologiese kategorieë het Afrikaans vernuwende leksikografiese produkte gelewer wat die krag en gesofistikeerdheid van die Afrikaanse leksikografie en die gevestigdheid van algemene en vakspesifieke Afrikaans beklemtoon. Enkele voorbeelde van sulke vernuwende produkte is

die tweetalige woordeboek Prisma groot woordenboek Afrikaans en Nederlands, ook bekend as ANNA (=Afrikaans-Nederlands/Nederlands-Afrikaans) (Martin et al. 2011), 'n lees- en raadplegingswoordeboek met 'n unieke, geïntegreerde makrostruktuur,

die vakwoordeboek Wörterbuch zur Lexikographie und Wörterbuchforschung/Dictionary of Lexicography and Dictionary Research (Wiegand et al. 2010), 'n veeltalige vakwoordeboek met Afrikaans as een van die tale waarin ekwivalente vir die leksikografiese terme verstrek word, en

Annerlike Afrikaans (Prinsloo 2009), die insiggewende woordeboek van Afrikaanse kontreitaal.

3.2.1 Die "Longman-HAT-Afrikaans Dictionary and Grammar for English Speakers"

In hierdie artikel word slegs een woordeboek in die kategorie van vernuwende projekte kortliks bespreek, naamlik die Longman-HAT-Afrikaans Dictionary and Grammar for English Speakers (Luther et al. 2011). Reeds in die titel van hierdie woordeboek word die aangewese teiken-gebruikersgroep geïdentifiseer, naamlik Engelssprekende gebruikers. Dit word ook in die titel aangedui dat hierdie boek sowel 'n woordeboek as 'n grammatika is.

Gouws (2012) pleit ten gunste van n benadering van geïntegreerde woordeboekgebruik, waar n woordeboek n raamstruktuur vertoon met verskillende tekste met relevante data, waaraan die gebruikers inligting kan onttrek ter bevrediging van hulle leksikografiese behoeftes. So 'n benadering vereis dat daar vir die betrokke woordeboek 'n duidelik geïdentifiseerde teikengebruiker moet wees, en dat die leksikograaf vertroud moet wees met die leksikografiese behoeftes, maar ook die naslaanvaardighede, van hierdie gebruikersgroep. n Geïntegreerde benadering kan ook verder gevoer word as die aanbieding van voor- en agtertekste, wat tipies by n woordeboek wat tot n bepaalde tipologiese kategorie behoort, ingesluit word. n Gevorderder vlak van integrasie kan daartoe lei dat die woordeboek as een van n reeks naslaanbronne deel van n naslaanpakket vorm, met n mediostruktuur wat die gebruiker van die woordeboek na ander naslaanbronne lei. Met verwysing na vakleksikografie, wys Gouws (2013a) op nog 'n fase in die geïntegreerde benadering, naamlik waar n vakwoordeboek as buiteteks van n handboek aangebied kan word om aan die gebruiker vanuit die handboek kitstoegang tot die relevante data in die woordeboek te gee.

Die Longman-HAT-Afrikaans Dictionary and Grammar for English Speakers is 'n voorbeeld van die praktiese toepassing van bepaalde teoretiese beginsels met betrekking tot die geïntegreerde benadering. In hierdie artikel word die sentrale tekste van hierdie woordeboek nie bespreek nie; die aandag is slegs op die buitetekste.

3.2.1.1 Leksikografiese funksies in die buitetekste

In die huidige ontwikkeling van die teoretiese leksikografie staan die erkenning van die waarde van leksikografiese funksies sentraal (vergelyk Tarp 2008). In die beplanning en samestelling van enige woordeboek moet die leksikograaf vroegtydig besluit wat die funksie(s) van die beplande woordeboek sal wees. Die hooffunksies is die kommunikatiewe funksies, naamlik teksproduksie, teksbegrip en vertaling, en die kognitiewe funksie. Die Longman-HAT-Afrikaans Dictionary and Grammar for English Speakers se teikengebruikersgroep is duidelik geïdentifiseer, en die struktuur van die woordeboek, die leksikografiese bewerking in die artikels van die sentrale tekste, en die verskillende buitetekste van hierdie woordeboek is gerig op die behoeftes van die aangewese teikengebruiker. Die inhoud en struktuur dra daartoe by dat hierdie woordeboek aan sowel die kommunikatiewe as die kognitiewe behoeftes van teikengebruikers voldoen en daardeur die betrokke funksies kan vervul.

Die Longman-HAT-Afrikaans Dictionary and Grammar for English Speakers bevat 'n twee-rigtingwoordeboek met Afrikaans en Engels as taalpaar. As didaktiese bron vir Engelssprekendes wat Afrikaans wil leer, bevat die geïntegreerde buitetekste, dit wil sê daardie buitetekste wat ter bereiking van die werklike doel van die woordeboek ingesluit word (vergelyk Bergenholtz, Tarp & Wiegand 1999), 'n verskeidenheid data waaraan die gebruikers relevante inligting ter bevrediging van hulle spesifieke behoeftes kan onttrek. Hierdie buitetekste, in Afrikaans en Engels aangebied, is onder meer n prentjiewoordeboek waarin prentjies oor n verskeidenheid temas ("Liggaam", "Werkwoorde van beweging (liggaam)", "Werkwoorde van beweging (hande)", "Geluide" en "Voorsetsels") van Afrikaanse en Engelse byskrifte voorsien word ter vervulling van sowel die kommunikatiewe as die kognitiewe funksies. n Volgende buiteteks bevat n tematiese woordeboek met woorde en uitdrukkings vir temas soos "Noodsaaklike frases", "Getalle", "Tyd", "Inkopies", "Sport" en "Reis en vervoer". Die buiteteks "Essensiële kommunikasie" is afgestem op teks-produksie, en gee aan die gebruikers leiding oor die gepaste taalgebruik in kommunikasiesitiuasies, waar dit byvoorbeeld gaan om raad vra, versoeke en uitnodigings rig, verskoning vra, aanwysings vra, oor die telefoon praat en toestemming vra. Vir die teikengebruiker van hierdie woordeboek is hierdie leiding van onskatbare waarde.

Die kognitiewe funksie van die woordeboek word ook in die buitetekste gehandhaaf met 'n uitvoerige afdeling "Kitsgids: Suid-Afrika & Namibië". Hier word data soos die amptelike tale, die provinsies, die geldeenheid, die leuse en die nasionale volkslied aangebied.

´n Transtekstuele benadering tot leksikografiese funksies (vergelyk Gouws & Steyn 2005) word suksesvol in hierdie woordeboek toegepas.

3.2.1.2 Die grammatika

Talle Afrikaanse woordeboeke vertoon 'n raamstruktuur en in die pedagogiese leksikografie word buitetekste dikwels gebruik ter bevrediging van die teikengebruikers se kommunikatiewe en kognitiewe behoeftes. Dit is nie die belangrikste vernuwende waarde van die Longman-HAT-Afrikaans Dictionary and Grammar for English Speakers nie. Die benutting van die raamstruktuur om 'n buiteteks aan te bied, met 'n grammatika, gerig op die behoeftes van die spesifieke teikengebruikers, wys op die suksesvolle toepassing van 'n gevorderde vlak van geïntegreerde woordeboekgebruik.

Die "Grammar Guide", 'n uitgebreide buiteteks met sy eie voortekste om 'n gedeeltelike sekondêre raamstruktuur te vorm, se metataal is slegs Engels, omdat dit op Engelssprekende gebruikers gerig is. Hierdie buiteteks bevat data wat tipies in 'n grammatikahandboek aangetref word, maar die geïntegreerde aanbod in hierdie woordeboek verhoog die toegang daartoe, en dra by tot 'n veeldoelige geïntegreerde naslaanbron en inligtingswerktuig. 'n Kort oorsig oor Afrikaans word gevolg deur afdelings waarin onder andere die klankstelsel van Afrikaans, spelling en woordeskat, sinne en paragrawe bespreek word. Hierdie buiteteks beslaan nie minder nie as 122 bladsye, en bied toegang tot data met groot toegevoegde waarde vir Engelssprekendes wat Afrikaans leer.

Die Longman-HAT-Afrikaans Dictionary and Grammar for English Speakers is 'n woordeboek wat die Afrikaanse leksikografiepraktyk vernuwend verryk en eiesoortige monumentstatus verdien.

 

4. TEN SLOTTE

Woordeboeke is houers van inligting, maar is ook produkte wat die ontwikkeling van 'n taal, sy kreatiewe vermoë, en iets van die kultuur en die wêreldsiening van die taalgemeenskap weerspieël en kan help vestig. Afrikaans beskik oor 'n woordeboekversameling wat oor 'n breë front data beskikbaar stel wat gebruikers in talle verskillende gebruiksituasies kan help in hulle soektog na inligting. Naas 'n groot aantal bekende woordeboeke, is daar ook talle minder bekende woordeboeke waarin hulp gevind kan word en wat bydra om die leksikon van Afrikaans omvattend op te teken en te bewerk. Hierdie woordeboeke speel 'n rol in die leksikografiese vergestalting van Afrikaans wat nie onderskat mag word nie, en wat, soos bekender en omvattender woordeboeke, deel vorm van die leksikografiese monumentreeks van Afrikaans.

 

LTERATUUR

WOORDEBOEKE

Anoniem (S.J. du Toit) 1902/1904. Patriotwoordeboek/Patriotdictionary. Paarl: D.F. du Toit. (Ook in Van der Merwe 1968. Patriotwoordeboek Heruitgegee. Pretoria: J.L. van Schaik.         [ Links ]).

Bathe, W. 1615. Ianua Linguarum.         [ Links ]

Bosman, D.B. et al. (reds.) (19848). Tweetalige woordeboek/Bilingual Dictionary. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Changuion, A.N.E. 1844. Proeve van Kaapsch taaleigen. In Changuion, A.N.E. 1844. De Nederduitsche taal in Zuid-Afrika hersteld. Rotterdam: J. van der Vliet. (Ook in Van der Merwe, H.J.J.M. 1971: 2-18.         [ Links ]).

Du Plessis, M. 1993. Tweetalige Aanleerderswoordeboek. Bilingual Learner's Dictionary. Afrikaans-Engels/ English-Afrikaans. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Du Plessis, M. (red.). 2005. PharosAfrikaans-Engels/English-Afrikaans Woordeboek/ Dictionary. Kaapstad: Pharos.         [ Links ]

Eksteen, L.C. et al. (reds.). 1997.14Groot Woordeboek/Major Dictionary. Kaapstad: Pharos.         [ Links ]

Gouws, R.H., Ponelis, F.A. & Feinauer, A.E. 1994. Basiswoordeboek van Afrikaans. Pretoria: J.L. van Schaik.         [ Links ]

Gouws, Ronél et al. (reds.). 2010. GrondslagfasewoordeboekAfrikaans/English. Kaapstad: Maskew Miller Longman        [ Links ]

Jones, Kerry L. et al. (reds.). 2014. Jul'hoan Tsumkwe Dialect/Prentewoordeboek vir kinders/Children's picture dictionary. Pietermaritzburg: University of KwaZulu-Natal Press.         [ Links ]

Komensky, A. 1631. Ianua Linguarum Reserata.         [ Links ]

Luther, J. et al. (reds.). 2011. Longman-HAT-Afrikaans Dictionary and Grammar for English Speakers. Kaapstad: Pearson.         [ Links ]

Luther, J. et al. (reds.). 2015. Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Kaapstad: Pearson.         [ Links ]

Martin, W. et al. (reds.). 2011. Prisma groot woordenboek Afrikaans en Nederlands. Houten: Prisma.         [ Links ]

Pheiffer, F. et al. (reds.). 2007. Kernwoordeboek, Concise Dictionary Afrikaans-Engels/English-Afrikaans. Kaapstad: Pharos.         [ Links ]

Postma, W. 1896. Afrikaanse woordgebruik. In Van der Merwe, H.J.J.M. (1971): 51-57.         [ Links ]

Prinsloo, A. 2009. Annerlike Afrikaans. Pretoria: Protea Boekhuis.         [ Links ]

Schoonees, P.C. et al. (red.). 1951 - Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Stellenbosch: Buro van die WAT.         [ Links ]

Tromp, T. M. 1879a. De Afrikaansche Taal. In Van der Merwe, H.J.J.M. 1971: 21-28.         [ Links ]

Van Niekerk, F. et al. (reds.). 1997. Wildewoordeboek. Pretoria: J.P. van der Walt.         [ Links ]

Wiegand, H.E. et al. (eds). 2010. Wörterbuch zur Lexikographie und Wörterbuchforschung/Dictionary of Lexicography and Dictionary Research. Berlyn: De Gruyter.         [ Links ]

ANDER BRONNE

Almind, R. & Bergenholtz, H. 2000. Die ästhetische Dimension der Lexikographie. In Fix, U. & Wellmann, H. (Hrsg.). 2000. Bild im Text - Text im Bild. Heidelberg: C. Winter, pp. 259-288.         [ Links ]

Bergenholtz, H. & Gouws, R.H. 2010. A Functional Approach to the Choice between Descriptive, Prescriptive and Proscriptive Lexicography. Lexikos 20: 26-51.         [ Links ]

Bergenholtz, H. Tarp, S. & Wiegand, H. E. 1999. Datendistributionsstrukturen, Makro- und Mikrostrukturen in neueren Fachworterbuchern. In Hoffmann, L. et al. (Hrsg.). 1999. Fachsprache/Languages for Special Purposes. An International Handbook of Special-Language and Terminology Research. Berlyn: De Gruyter, pp. 1762-1832.         [ Links ]

Boshoff, S.P.E. 1926. 'n Standaardwoordeboek van Afrikaans. Gedenkboek ter ere van die G.R.A. Potchefstroom, pp. 307-328.         [ Links ]

Changuion, A.N.E. 1844. De Nederduitsche taal in Zuid-Afrika hersteld. Rotterdam: J. van der Vliet.         [ Links ]

Combrink, J. G. H. 1962. 'n Prinsipiële beskouing oor WAT IV. Tydskrifvir Geesteswetenskappe 2(4): 199-221.         [ Links ]

Combrink, J. G. H. 1979. Die sesde deel van die WAT. Standpunte 140 (32/2): 49-64.         [ Links ]

De Schryver, G-M & Prinsloo, D.J. 2000. The Concept of "Simultaneous Feedback": Towards a New Methodology for Compiling Dictionaries. Lexikos 10: 1-31 .         [ Links ]

Eksteen, L. C. 1962. 'n Inleidende studie van die metodes van die leksikografie. Onuitgegewe tesis. Universiteit van Pretoria.         [ Links ]

Eksteen, L. C. 1965. Die leksikale definisie. 'n Leksikografiese ondersoek. Onuitgegewe proefskrif. Universiteit van Pretoria.         [ Links ]

Gallardo, A. 1980. Dictionaries and the Standardization Process. In Zgusta, L. (ed.). 1980. Theory and Method in Lexicography. Columbia: Hornbeam Press, pp. 59-69.         [ Links ]

Gouws, R.H. 1986. Afrikaans Lexicography. In Hartmann, R.R.K. (ed.). 1986: The History ofLexicography. Amsterdam: John Benjamins, pp. 75-83.         [ Links ]

Gouws, R.H. 1989. Leksikografie. Kaapstad: Academica.         [ Links ]

Gouws, R.H. 2003. Oor patriotte en ander leksikografiese vernuwers. In Botha, W.F. (red.). 2003. 'n Man wat beur. Stellenbosch: Buro van die WAT: 71-85.         [ Links ]

Gouws, R.H. 2005. Lexicography in Africa. In Brown, K. (red.). Encyclopedia of Language & Linguistics. 2nd Edition. Oxford: Elsevier 2005, pp. 95-101.         [ Links ]

Gouws, R.H. 2005a. Meilensteine auf dem historischen Weg der Metalexikographie. Lexicographica 21: 158-178.         [ Links ]

Gouws, R.H. 2008. "Om die vonnis van kortstondigheid te besweer". Die WAT as herinneringsplek. In Huigen, S. &. Grundlingh, A. (reds.). 2008. Van Volksmoeder tot Fokofpolisiekar. Stellenbosch:SUN PRESS, pp. 159-167.         [ Links ]

Gouws, R.H. 2012. Towards a system of integrated dictionary use. In Karpova, O & Kartashkova, F. et al. (eds). 2012. Multi-disciplinary Lexicography: Traditions and Challenges of the XXI-st century. Cambridge: Cambridge Scholars Publishing, pp. 134-144.         [ Links ]

Gouws, R.H. 2013. Aspects of Afrikaans lexicography. Gouws, R.H. et al. (reds.). 2013. Dictionaries. An International Encyclopedia ofLexicography. Supplementary Volume: Recent Developments with Focus on Electronic and Computational Lexicography. Berlyn: De Gruyter, pp. 827-835.         [ Links ]

Gouws, R.H. 2013a. Establishing and developing a dictionary culture for specialised lexicography. Jesensek, V. (ed.). 2013. Specialised Lexicography. Berlyn: De Gruyter, pp. 51-62.         [ Links ]

Gouws, R.H. 2014. Leksikografie. In Carstens, W.A.M. en Bosman, N. (reds.). 2014. Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde. Pretoria: Van Schaik, pp. 373-407.         [ Links ]

Gouws, R.H. Schweickard, W. & Wiegand, H.E. 2013. Lexicography through the ages: From the early beginnings to the electronic age. Gouws, R.H. et al. (eds). 2013. Dictionaries. An International Encyclopedia ofLexicography. Supplementary Volume: Recent Developments with Focus on Electronic and Computational Lexicography. Berlyn: De Gruyter, pp. 1-24.         [ Links ]

Gouws, R.H. & Steyn, M. 2005. Integrated outer texts: a transtextual approach to lexicographic functions. In Barz, I., Bergenholtz, H., Korhonen, J. (eds). 2005. Schreiben, Verstehen, Übersetzen und Lernen: Zu ein- und zweisprachigen Wörterbüchern mit Deutsch. Frankfurt a.M./Bern/New York/Paris: Peter Lang, pp. 127-136.         [ Links ]

Grobler, H. 1978. 'n Voorlopige toepassing van S.P.E. Boshoff se kriteria vir 'n groot woordeboek op WAT I-VI. Klasgids 12(4): 29-46.         [ Links ]

Hartmann, R.R.K. 1989. Sociology of the Dictionary User: Hypothesis and Empirical Studies. In Hausmann, F.J. et al. (eds). 1989: 102-111.         [ Links ]

Hausmann, F.J. 1989. Die gesellschaftlichen Aufgaben der Lexikographie in Geschichte und Gegenwart. In Hausmann, F.J. et al. (eds). 1989. Wörterbücher. Dictionaries. Dictionnaires. An International Encyclopedia ofLexicography. Berlyn: De Gruyter, pp. 1-19.         [ Links ]

Hausmann, F.J. et al. (eds). 1989-1991. Wörterbücher. Dictionaries. Dictionnaires. An International Encyclopedia ofLexicography. Berlyn: De Gruyter.         [ Links ]

Heestermans, H. 1990. Lexikographie und Lexikographie des Afrikaans. In: Hausmann, F.J. et al. (eds). 1989-1991: 2010-2022.         [ Links ]

Kammerer, M. & Wiegand, H.E. 1998. Über die textuelle Rahmenstruktur von Wörterbüchern. Präzisierungen und weiterführende Überlegungen. Lexicographica 14: 224-238.         [ Links ]

Kilgarriff, A. 2012. Review of Fuertes-Olivera and Bergenholtz, e- Lexicography: The Internet, Digital Initiatives and Lexicography. Kernerman Dictionary News 20: 26-29.         [ Links ]

Lew, R. 2011. 'User studies: Opportunities and Limitations.' In K. Akasu and S. Uchida (eds). Asialex2011 Proceedings. Kyoto: Asian Association for Lexicography, pp. 7-16.         [ Links ]

McArthur, T. 1986. Worlds of reference. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

Odendal, F. F. 1961a. Leksikografiese probleme I. Standpunte 14 (6): 53-61.         [ Links ]

Odendal, F. F. 1961b. Leksikografiese probleme II. Standpunte 15 (1): 49-54.         [ Links ]

Odendal, F. F. 1962. Leksikografiese probleme III. Standpunte 16: 48-55.         [ Links ]

Odendal, F. F. 1978. Die gesag van die woordeboek. In Snyman, H. (red.). 1978. Uitvier windstreke. Kaapstad: Nasou, pp. 65-77.         [ Links ]

Odendal, F. F. 1979. Plus positief en plus negatief. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 19 (1): 24-41.         [ Links ]

Otto, A.N. 1989. Kriteria vir 'n Afrikaanse aanleerderwoordeboek Ongepubliseerde proefskrif. Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

Tarp, S. 2008. Lexicography in the Borderland between Knowledge and Non-knowledge. General Lexicographical Theory with Particular Focus on Learner's Lexicography. Tübingen: Max Niemeyer.         [ Links ]

Tromp, T. M. 1879b. Herinneringen uit Zuid-Afrika ten tijde der Annexatie van de Transvaal. Leiden: E.J. Brill.         [ Links ]

Van der Merwe, H.J.J.M. 1971. Vroeë Afrikaanse Woordelyste. Pretoria: J.L. van Schaik.         [ Links ]

Van der Merwe-Fouché, M. 1999. Gebruikersperspektief in die Leksikografie. Onuitgegewe proefskrif. Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

Wells, R.A. 1973. Dictionaries and the authoritarian tradition. Den Haag: Mouton.         [ Links ]

Wiegand, H.E. 1977. Nachdenken über Wörterbücher: Aktuelle Probleme. In Drosdowski, G., Henne, H. & Wiegand, H.E. Nachdenken über Wörterbücher. Mannheim: Bibliographisches Institut: 51-102.         [ Links ]

Wiegand, H.E. 1998. Wörterbuchforschung. Berlyn: De Gruyter.         [ Links ]

Zgusta, L. 1971. Manual of Lexicography. Den Haag: Mouton.         [ Links ]

Zgusta, L. 1989. The Role of Dictionaries in the Genesis and Development of the Standard. In Hausmann, F.J. et al. (eds). 1989-1991: 70-79.         [ Links ]

 

 

 

Rufus Gouws is Professor in Afrikaanse taalkunde in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy navorsing fokus primêr op die metaleksikografie en woordeboek-navorsing - 'n gebied waarin hy op nasionale en internasionale vlak wyd publiseer. Hy is 'n redakteur van twee toonaangewende internasionale tydskrifte in die leksikografie, te wete Lexikos en Lexico-graphica, asook van die boekreeks Lexicographica Series Maior. Gouws is 'n NNS-geëvalueerde navorser en die ontvanger van verskeie beurse, pryse en toekennings, onder meer die SA Akademie se CJ Langenhovenprys vir Taalwetenskap. Hy vul sy werk in die teoretiese leksikografie aan met aktiewe deelname aan die leksikografiepraktyk as redakteur/ mederedakteur van verskillende woordeboeke, onder meer die bekende Afrikaanse woordeboek HAT, die internasionale Wörterbuch zur Lexikographie und Wörterbuchforschung/Dictionary of lexicography and dictionary research en ANNA, die vernuwende woordeboek met Nederlands en Afrikaans as taalpaar.
Rufus Gouws is Professor of Afrikaans linguistics in the Department of Afrikaans and Dutch at the University of Stellenbosch. In his research he focuses primarily on metalexicography and dictionary research - a field in which he publishes widely nationally as well as internationally. He is editor of two renowned international journals on lexicography, namely Lexikos and Lexicographica, as well as the book series Lexicographica Series Maior. Gouws is a NRF rated researcher and the recipient of a number ofprizes and awards, inter alia the CJ Langenhoven prize for Linguistics, awarded by the South Aftican Academy for Science andArts. He complements his work in the field of theoretical lexicography with active participation in the practice of lexicography in his capacity as editor or co-editor of various dictionaries, among which the well-known Afrikaans dictionary HAT, the international Wörterbuch zur Lexikographie und Wörterbuch-forschung/Dictionary of lexicography and dictionary research and ANNA, the innovative dictionary pairing Afrikaans and Dutch.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License