SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número2-1The contractual dimension of constitutions: new challenges for South Africa? índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.56 no.2-1 Pretoria jun. 2016

 

Redakteursnota

 

 

Die Junie 2016-nommer van die Tydskrifvir Geesteswetenskappe word in twee afsonderlike boeke gedruk:

Jaargang 56, Nommer 2-1 (TGW 56 (2-1))
en Jaargang 56, Nommer 2-2 (TGW 56 (2-2))

Die eerste boek bevat 'n tiental artikels waarin allerlei "monnemente" van Afrikaans terugskouend oor die eerste negentig jaar van Afrikaans as amptelike taal krities ondersoekend aan bod gestel word. Die gasredakteurs van hierdie spesiale temanommer, Ernst Kotzé en Fransjohan Pretorius, verduidelik in hulle Voorwoord dat dit aan die een kant gaan om 'n konkrete monument om iets abstraks te probeer visualiseer - vandaar die afbeelding van die Taalmonument in die Paarl op die voorblad; aan die ander kant word 'n bonte verskeidenheid van virtuele taa/monumente oorsigtelik bekend gestel as bakens op die ontwikkelingspad van Afrikaans - verskillende terreine word gedek, vanaf die historiese en die leksikografiese tot die belangrikheid van 'n digitale ruimte vir Afrikaans. Inderdaad: "monnemente" wat die (Afrikaanse) leser se toegespitste aandag opeis, en tereg bewondering afdwing vir wat vermag kon word.

Die tweede boek bevat 'n twaalftal artikels, eweneens oor 'n verskeidenheid terreine en vakgebiede: die vroeë geskiedenis aan die Kaap aan die hand van enkele briewe; fiskale keuses in die ekonomie en leierskapstyle in die bankwese; polities-regsfilosofiese perspektiewe na aanleiding van twee onlangs verskene boeke; gemeenskapsgebaseerde kapasiteitsbou in die welsynsektor; die grondslae van swart onderwys asook, swart hoërskoolleerders se prestasie; aspekte van voorskoolse onderwys en, les bes, 'n tweetal artikels waarin die soeklig val op literêr-teoretiese aspekte - onderskeidelik psigoanalitiese benaderings en filmteorie. Die tweede aflewering van die Taalrubriek verskyn ook in hierdie tweede boek.

Sommige bydraes word in die Septemberuitgawe gekontinueer: die twee literêr-teoretiese artikels word geïllustreer aan die hand van tekste; en 'n rubriek waar standpunte gedebatteer kan word na aanleiding van die polities-regsfilosofiese artikel word in die vooruitsig gestel.

 

Ina Wolfaardt-Gräbe

Mei 2016

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons