SciELO - Scientific Electronic Library Online

vol.56 issue3The role perceptions of educational interpreters in South AfricaThe experience of active involvement in an online Facebook support group, as a form of support for individuals who are diagnosed with Multiple Sclerosis author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand



Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.56 n.3 Pretoria Sep. 2016 



ʼn Jungiaanse siening van sinchronisiteit in perdeondersteunde psigoterapie


A Jungian perspective on synchronicity in equine-assisted psychotherapy



Carel Van Wyk

Maatskaplike Werk Universiteit van die Vrystaat Bloemfontein E-pos:




Außerhalb der Analytischen Psychologie ist Synchronizität generell nicht als therapeutische Verfahrensweise bekannt. Auffallend ist ein Schweigen in der Literatur hinsichtlich Synchronizität, ganz besonders in Verbindung mit pferdegestützter Psychotherapie. Die Unbekanntheit der Synchronizität bei pferdegestützter Psychotherapie führt unter anderem dazu, dass man Synchronizitätsereignisse als schiere Zufälle abtun kann und der Therapeut / die Therapeutin und der Pferdekenner / die Pferdekennerin sie nicht, mit Blick auf ein therapeutisches Verfahren mit dem Klienten / der Klientin, erkennen können. Daher besteht der Zweck dieses Artikels darin, das Stillschweigen in der Literatur in Bezug auf Synchronizitätsereignisse bei pferdegestützter Psychotherapie unter die Lupe zu nehmen. Es wurden Literaturrecherchen bezüglich pferdegestützter Psychotherapie und Synchronizität unternommen. Die Begriffe "synchronicity" und "equine-assisted psychotherapy" wurden getrennt als Schlagworte für die elektronische Literaturrecherche eingesetzt, da eine Kombination der Begriffe keine positiven Ergebnisse erbrachte. Synchronizität und pferdegestützte Psychotherapie werden aufeinander abgestimmt. Dieses erfolgte anhand eines Praxisbeispiels. Das Praxisbeispiel veranschaulicht, wie sich eine Synchronizität mit einem Pferd ereignete. Das synchronistische Ereignis wird auf der Basis der Jungschen Sichtweise über Synchronizität analysiert. Somit wird ein Verstehen von Synchronizität bei pferdegestützter Psychotherapie entwickelt und der Weg für weitere Forschungsmöglichkeiten geebnet.

Schlagworten: Archetyp; Carl Gustav Jung; Jungsch; Analytische Psychologie; Kausalität; kollektives Unbewusste; Synchronizität; wesentlicher Zufall / bedeutsame Koinzidenz / sinnvolle Koinzidenz; pferdegestützte Psychotherapie; Spiegeleffekt


Synchronicity is not generally known in therapeutic modalities except for analytical psychology. Although there is a variety of literature sources on synchronicity and equine-assisted psychotherapy as entities in and of themselves, there is a dearth of information about the phenomenon of synchronicity as experienced during equine-assisted psychotherapy. The fact that this phenomenon is largely undocumented leads to synchronistic occurrences being labelled as mere coincidence. Consequently, the therapist and the horse behaviour specialist may fail to therapeutically process a synchronistic event with the client. This article thus aims to address the mentioned dearth in the literature by subjecting this phenomenon to scrutiny. Since a digital search of the literature yielded no search results for the combination of "synchronicity" and "equine-assisted psychotherapy"*, separate searches were undertaken for each of these terms. In the classic Jungian view, synchronicity is defined and described as the simultaneous, acausal occurrence of a psychic and a physical condition which is embedded in the constellation of archetypes found in the collective unconscious. "Sinngemäβe Koinzidenz" (concurrent/analogue coincidence) is translated from German into English as "meaningful coincidence", while meaningful coincidence instead translates to "sinnvolle Koinzidenz". This has resulted in a situation where the meaningfulness of a synchronistic event is emphasised over the ontology, the latter being Jung's intended focus with this phenomenon. Similarly, in this article, the focus does not fall on the ontology of synchronicity, but rather on how it manifests within the framework of equine-assisted psychotherapy. A distinction is made between equine-assisted psychotherapy and equine-facilitated therapies. In the first-mentioned form of equine therapy the horse is utilised as a tool, while in equine-facilitated therapies horses are regarded as fully fledged co-therapists. Equine-assisted psychotherapy (EAP) is distinguished from other forms of equine therapy due to the utilisation of prey-predator dynamics and the horses' instincts during therapeutic sessions. The present article describes the phenomenon of synchronicity as it manifests within equine-assisted psychotherapy by means of an example from practice. In this example, the client undergoing equine-assisted psychotherapy as a member of a developmental group session voiced a preference for one horse over another since it seemed lighter and thus more capable of flying away from her existing problems. At precisely this time the heavier horse jumped a fence for no apparent reason. This synchronistic occurrence is analysed in terms of the Jungian view of synchronicity by explaining that two psychic conditions occurred simultaneously and acausally, and that this held meaning for the person who experienced it. Thus, an understanding of synchronicities is developed through equine-assisted psychotherapy and the way is paved for possible further research. It is envisaged that a mixed-methods research design may be applied to collect qualitative as well as quantitative information on synchronicity with the ultimate aim of developing a model for future analysis of synchronistic events in equine-assisted psychotherapy.

Keywords: analytical psychology; archetype; causality; Carl Gustav Jung; collective unconscious; equine-assisted psychotherapy; Jungian; meaningful coincidence; mirroring effect; synchronicity




Carl Gustav Jung (1875-1961) het die begrip "sinchronisiteit" (betekenisvolle toeval) geskep en ontwikkel. Sinchronisiteit is mettertyd in die algemene spreektaal (Kirsch 2007:154) en algemene kultuur (Hopcke 2009:287) opgeneem. Verskillende vertolkings van die betekenis van sinchronisiteit kom tussen die algemene publiek en die wetenskaplike siening daarvan voor, met verdere vertolkings binne elk van hierdie twee denkstrome. Dit blyk ook dat sinchronisiteit nie ʼn algemene en bekende wetenskaplik-psigoterapeutiese hoofstroomonderwerp buite die veld van die Jungiaanse teorie en analise is nie, waarskynlik omdat dit dikwels as ʼn misterieus-esoteriese verskynsel gesien word. Dit het tot gevolg dat betreklik min wetenskaplike navorsing daaroor buite die veld van analitiese sielkunde gedoen word. Dit blyk dat sinchronisiteit veral nie in perdeondersteunde psigoterapie bekend is nie (Van Nuys 2014) en gevolglik word dit ook nie wetenskaplik in hierdie terapeutiese modaliteit verken, beskryf en verklaar nie. Sinchronistiese voorvalle word dus nie altyd as sodanig tydens terapeutiese sessies deur die terapeut en/of perdekenner herken en terapeuties deur hulle met die kliënt behandel nie. Sodoende kan die kliënt ʼn geleentheid vir persoonlike groei ontneem word.

Die doel van die artikel is derhalwe om ʼn verkennende begripsondersoek na sinchronisiteit in perdeondersteunde psigoterapie te bied. Na die beskrywings van sinchronisiteit en perdeondersteunde psigoterapie word dit deur middel van ʼn praktykvoorbeeld opgehelder.



ʼn Begripsontledingartikel behels onder andere die verduideliking en verryking van bestaande begrippe in verskillende raamwerke (Troskie-de Bruin 2015:2). Die bestaande begrippe "sinchronisiteit" en "perdeondersteunde psigoterapie" word in hierdie begripsartikel verryk, deurdat sinchronisiteit vanuit ʼn Jungiaanse siening in die raamwerk van perdeondersteunde psigoterapie afgestem word.

"Academic Search Complete" ("EBSCO host Web"), ʼn aanlyn verwysingsisteem wat toegang tot volteks- en algemene databasisse verleen (EBSCOhost 2014), is gebruik om die literatuursoektogte te doen. Literatuursoektogte het nie resultate vir sinchronisiteit in perdeondersteunde psigoterapie gelewer nie. In die literatuursoektog is alle databasisse in EBSCOhost gekies en geen beperking is op die soektogkeuses gemaak nie. Om die soektog na sinchronisiteit in die raamwerk van perdeondersteunde psigoterapie te doen is "and" gebruik, en afknotting (*) is vir die begrip "equine-assisted psychotherapy" gebruik om die verskillende verbuigings daarvan in te sluit. Aanhalingstekens is aangewend om aan te dui dat losstaande woorde een begrip vorm. Die soektogte is in Engels gedoen.

Trefwoorde vir die aanvanklike soektog was: synchronicity and "equine-assisted psychotherapy*", maar dit het nie enige resultate opgelewer nie. Die trefwoorde vir die soektog is uitgebrei na: synchronicity and "equine-assisted counselling*"; synchronicity and "horse therapy"; synchronicity and "therapeutic horse riding"; synchronicity and "horse riding for the disabled"; synchronicity and hippotherapy. Hierdie trefwoorde het ook nie toepaslike resultate gelewer nie. In die daaropvolgende soektogte is die begrippe "synchronicity" en "equine-assisted psychotherapy*" afsonderlik gebruik en alhoewel dit verskeie resultate opgelewer het, was dit nie altyd toepaslik vir die doel van hierdie artikel nie.

Oorspronklike bronne en ander literatuurbronne waarvan die skrywers professionele persone en/of Jungiaanse analiste en/of geregistreerde terapeute is, is sover moontlik benut. Indien skrywers se kwalifikasies, byvoorbeeld as "engel-in-menslike-gedaante", "diere-heler", "dierekommunikeerder" of slegs as "spreker", "outeur" en/of "ry-instrukteur" beskryf is, is die literatuurbron nie gebruik nie. Dusdoende is gepoog om literatuur van ʼn akademiese aard te gebruik en grysliteratuur is vermy. Alhoewel oorspronklike Jungiaanse literatuur gebruik word om sinchronisiteit te beskryf, is daar gewaak teen ʼn fundamentalistiese Jungiaanse ingesteldheid, waarteen Tracey (2001:138) waarsku. Daar word daarenbowe op die oorspronklike Jungiaanse beskouing van sinchronisiteit toegespits om ʼn gewilde/Nuwe-Era-ingesteldheid te vermy, aangesien daar wesenlike verskille tussen genoemde twee beskouinge is.

Aangesien ʼn praktykvoorbeeld gebruik word om sinchronisiteit in perdeondersteunde psigoterapie op te helder, is die volgende etiese grondbeginsels nagevolg: ingeligte toestemming; geen misleiding nie; en naamloosheid (Christians 2011:65-66). Ingeligte toestemming vir die gebruik van inligting is per elektroniese pos en tydens ʼn aangesig-tot-aangesig-onderhoud van die persoon wat in die praktykvoorbeeld beskryf word, verkry. Aangesien die doel vir die gebruik van die inligting verduidelik is en die moontlikheid van die publisering van die inligting in vakwetenskaplike tydskrifte genoem is, het misleiding van die persoon nie plaasgevind nie.

Die belangrikste beperking van ʼn begripsontledingsartikel is waarskynlik die gebrek aan wetenskaplike bewyse. Hierdie beperking kan toekomstig onder die loep geneem word deur die gemengdemetodesnavorsingsparadigma met die verkennende opeenvolgende gemengdemetodenavorsingsontwerp (Creswell & Clark 2011:plek 944) vir verdere navorsing te gebruik.



Sinchronisiteit word vervolgens beskryf en daarna word aangedui wat sinchronisiteit nie is nie. Hierdie gedeelte word afgesluit deur die eienskappe van sinchronisiteit saam te vat.

3.1 Beskrywing van sinchronisiteit

Jung (1969a:421-422) het met huiwering oor sinchronisiteit geskryf ("In writing this paper I have, so to speak, made good a promise which for many years I lacked the courage to fulfil".) en hy lig sy lesers in dat sy bespreking van sinchronisiteit nie volledig is nie. Alhoewel Jung die idee van sinchronisiteit bekend gemaak het om fantasie, toordery en bygeloof aangaande sekere gebeure wat nie sonder meer verklaar kan word nie te verduidelik (Fordham 1973:xi), was sy uitdaging om wetenskaplike inligting aangaande sinchronisiteit te verkry om redelike afleidings daaromtrent te kon maak (Jung 1969a:449).

Nachman (2009:305) en Yiassemides (2011:451) noem dat daar min stelselmatige ondersoeke aangaande sinchronisiteit gedoen is en dat daar nie ʼn wetenskaplike verklaringsmodel vir sinchronisiteit bestaan nie. Dekades later vind Jung (1969a:449) se uitdaging weerklank in die werk van Vassiliou (2009:18). Sy (Vassiliou 2009:18) skryf die uitdagings om sinchronisiteit wetenskaplik te ondersoek, aan die uitsonderlike eienskappe (sien 3.3) daarvan toe. Hierdie eienskappe van sinchronisiteit het steeds tot gevolg dat dit nie onder laboratoriumomstandighede geskep kan word nie. Dit kan dus nie wetenskaplik volgens tradisionele kwantitatiewe navorsingsontwerpe ondersoek word nie. Tog noem Jung (1969a:232) dat sinchronisiteit uitgelok kan word deur ʼn persoon in ʼn staat van onbewustheid of ʼn beswyming te plaas. Hy verduidelik egter nie hoe dit gedoen kan word nie.

Vanuit ʼn wetenskaplike oogpunt is oorsaaklikheid belangrik, maar nie noodwendig vanuit ʼn filosofiese oogpunt nie, aangesien oorsaaklikheid die wêreldomvattende intersamehang opbreek en dit bemoeilik die eenheidsbegrip van die wêreld (Jung 1970:464). Volgens Jung (1966:56) kan die oorsaaklikheidsbeginsel egter nie gebruik word om alle openbaringe van die onbewuste te verklaar nie, vandaar sy skepping van die begrip "sinchronisiteit". Daar is sekere gebeure wat nie oorsaaklik verbind kan word nie, maar wat deur ʼn ander beginsel, naamlik gelyktydigheid, verbind word. Hierdie verbindingsbeginsel behels die relatiewe gelyktydigheid in die plaasvind van die gebeure, met ander woorde sinchronisiteit. Jung (1969a:525; 2009:220) se gesigte gedurende 1913 en 1914 aangaande die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog kan as voorbeeld van gebeure wat nie oorsaaklik verbind kan word nie, dien. Hy het die gesigte aan die hand van die beginsel van nie-oorsaaklike geordendheid, wat onderliggend aan betekenisvolle toeval is, verklaar. Sinchronisiteit was vir Jung die konstellasie van ʼn argetipe wat die relativisering van tyd en ruimte tot gevolg het (Jung 1969a:525; 2009:220). Gesigte het nie die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog tot gevolg gehad nie, met ander woorde daar is ʼn nie-oorsaaklike samehang tussen die gesigte en die oorlog, maar die psige was op een of ander wyse reeds "bewus" van die uitbreek van die oorlog. Geordendheid kom voor, aangesien die gesigte voor die oorlog ervaar is, maar tyd en ruimte het relatief geword, omdat die oorlog "gesien" is, voordat dit uitgebreek het. Hier word die beginsel van gelyktydigheid, soos hierna verduidelik, nie in berekening gebring nie, want die drome het voor die uitbreek van die oorlog plaasgevind. Behalwe vir die relatiwiteit van tyd en ruimte, noem Sharp (1991:132) dat "'n graad van onbewustheid" ook ʼn onderdeel van sinchronisiteit is. Die "graad van onbewustheid" verwys na die rol van die konstellering van ʼn argetipe, aangesien argetipes in die onbewuste, en spesifiek in die kollektiewe onbewuste (Jung 1969b:4-5), voorkom. Wanneer ʼn argetipe in die kollektiewe onbewuste om een of ander rede gekonstelleer word, kan dit in sinchronisiteit manifesteer.

Jung (1969a:520;531) beskryf sinchronisiteit ook as "ʼn betekenisvolle toeval van twee of meer gebeure (simboliese parallelle), waar iets anders as die moontlikheid van toeval betrokke is"; met ander woorde, die twee of meer gebeure vind gelyktydig plaas, maar dit is nie toevallig dat hierdie gebeure op dieselfde tydstip plaasvind nie en daarom hou dit betekenis in. Dit is dan "betekenis" wat hierdie nie-oorsaaklike gebeure met mekaar verbind (Mansfield et al. 1998:11). Hierdie "betekenis" kan nie deur die oorsaaklikheidsbeginsel verklaar word nie (Jung 1966:56). Von Franz (1964:226) lê die klem op die woord "betekenisvol". Dit is "toevallig" dat die gebeure tegelykertyd plaasvind, maar die toeval hou ʼn betekenis van een of ander aard in.

Aan die ander kant is Giegerich (2012:500-502) weer van mening dat die begrip "betekenisvol" op die ontologie van sinchronisiteit van toepassing is, en nie op hoe dit deur mens ervaar word nie; die betekenisgewing wat die mens wat dit ervaar aan die voorval toeskryf, kan nietemin vir hom/haar betekenisvol wees. Main (2007:362) wys ook op Jung se beperkte bespreking van sinchronisiteit in die kliniese opset. Main (2014:174) sluit aan by Giegerich (2012) se betoog deurdat hy daarop wys dat Jung (en Pauli) ten doel gehad het om met die beginsel van sinchronisiteit ʼn meer holistiese begrip van wetenskap te ontwikkel. Hierdie skrywers is dit dus eens dat Jung hom toegespits het op die ontologie van sinchronisiteit en watter gevolge dit moontlik vir die breër wetenskap kon inhou. Vir Jung (in Main 2014:176) het wetenskap tydens die skryf van sy werke uit ʼn trits van beginsels van tyd, ruimte en oorsaaklikheid bestaan en hy wou sinchronisiteit as ʼn vierde beginsel bekendstel. In albei betoë (Giegerich 2012 en Main 2014) word daar nie verwys na die moontlike "betekenisvolheid" wat die sinchronisiteit vir die mens wat dit beleef, inhou nie.

Ter ondersteuning van sy betoog, wys Giegerich (2012:500-502) op die vertaling van die woord "betekenisvol" uit Duits na Engels. Jung het die woorde "sinngemäße Koinzidenz" in die oorspronklike Duitse teks gebruik en nie die woorde "sinnvolle Koinzidenz" nie, om sinchronisiteit te beskryf. "Sinngemäße Koinzidenz" is as "meaningful coincidence" in Engels vertaal, met die gevolg dat sommige mense aanneem dat "betekenisvolle" eerstens na die betekenis wat die gebeurtenis vir die mens wat dit ervaar, verwys. Die begrip "sinngemäße Koinzidenz" verwys eerder na "ooreenstemmende" of ʼn "analoog" (vgl. Giegerich 2012:500-502). In die oorspronklike kewerdroom-voorbeeld van ʼn sinchronisiteit kom die woordgebruik van Jung ook na vore. ʼn Vroulike pasiënt het tydens ʼn analitiese sessie vir Jung van ʼn droom vertel waartydens ʼn heilige skarabee aan haar (tydens die droom) oorhandig is. Op daardie spesifieke oomblik wat die pasiënt dit aan Jung vertel het, het ʼn kewer teen die vensterruit van sy studeerkamer vasgevlieg en volgens hom was dit "the nearest analogy to a golden scarab that one finds in our latitude ..." (Jung 1969a:438; Giegerich 2012:502). Daar is dus ʼn ooreenkoms tussen die heilige skarabee waarvan Jung se pasiënt gedroom het en die kewer wat teen Jung se studeerkamervensterruit vasgevlieg het, terwyl die pasiënt besig was om die droom aan Jung oor te vertel. Hoewel Giegerich (2012:506) die positiewe terapeutiese gevolge wat die sinchronisiteit vir Jung se pasiënt ingehou het as ʼn "blote stukkie inligting" afmaak, kan die feit dat Jung (1969a:439) dit duidelik uitlig, nie weg geargumenteer word nie. Jung (1976:69) verduidelik ook dat vanuit ʼn Oosterse siening die vraag, "Wat beteken dit dat hierdie dinge saam gebeur?", gestel kan word. Hier is dus ʼn duidelike toespitsing op die betekenis van die gebeure en nie op die ontologie van sinchronisiteit nie. Ofskoon Jung hom op die ontologie en epistemologie van sinchronisiteit toegespits het, kom dit voor asof sommige post-Jungiane hulle op die kliniese toepassing daarvan in terapie toespits (Fawcett 2009:244). Jung (1969a:485) wys ook daarop dat gelyktydigheid en betekenis die sinchronisiteitsbeginsel heg en dat betekenis ʼn onontbeerlike maatstaf vir sinchronisiteit is.

Jung stel dit verder dat sinchronisiteit die teenwoordigheid van twee psigiese toestande inhou (Jung 1969a:441;444-445). Die twee verskillende psigiese toestande kom gelyktydig voor. Die eerste psigiese toestand word as die normale, moontlike en oorsaaklik-verklaarbare gesien, terwyl die tweede psigiese toestand as die kritieke gebeurtenis gesien word wat nie op ʼn oorsaaklike wyse van die eerste psigiese toestand afgelei kan word nie. Die plaasvind van gebeurtenis X het dus nie die ontwikkeling van gebeurtenis Y tot gevolg nie. Sinchronisiteit het derhalwe ʼn psigonatuurlike ontologie (Shamdasani 2011 in Jung 1960|2011:ix) aangesien dit die psigo vernatuurliking van materie is (Jung 1969c1:109). "Psigiese toestand" kan as "natuurlike produk" gesien word, wat sonder die inmenging van die menslike psige kan ontstaan (Jung 1969a:502) en waar die misterieuse nie noodwendig ʼn rol speel nie (Giegerich 2012:504).

3.2 Wat sinchronisiteit nie is nie

Jung (1969a:424) noem dat ʼn vermenigvuldiging van soortgelyke gevalle en sinchronisme nie sinchronisiteit is nie. Sinchronisme is bloot die gelyktydige plaasvind van twee gebeure (Jung 1969a:441), terwyl sinchronisiteit ʼn eenwording van psigiese en natuurlike gebeure in ooreenstemming met lynvormige tyd is (Yiassemides 2011:460). ʼn Sinchronisiteit is eweneens nie ʼn projeksie nie, omdat daar ʼn oorsaak vir projeksies gevind kan word, terwyl ʼn sinchronisiteit nie ʼn waarneembare oorsaak het nie (Jung 1969a:452-453).

Sinchronisiteit as verskynsel is bykans algeheel deur die Nuwe Era-beweging opgeneem (van Kralingen 2015). Tacey (2001:19) waarsku juis teen dié beweging se vat-en-los benadering tot Jung se teorie. Hierdie vat-en-los benadering het waarskynlik tot gevolg dat bykans alle gebeure wat nie verklaar kan word nie, deur genoemde beweging as sinchronisiteit bestempel word. Alle gebeure waarvan die oorsaak nie bekend is nie, kan egter nie as ʼn sinchronisiteit verklaar word nie (Jung 1969a:518).

3.3 Eienskappe van sinchronisiteit

Ter opsomming van die begrip "sinchronisiteit" word na die verskillende eienskappe daarvan verwys:

Nie-oorsaaklik (Jung 1969a:421;441;445-446;518, Jung 1969c:168);

tyd en ruimte word relatief (Jung 1969a:435-436);

hang saam met argetipes van die kollektiewe onbewuste (Jung 1969a:437;440;481;511; 515); sinchronisiteit het sy oorsprong in die psigoïede argetipe wat beteken dat die transendentale eienskap van die argetipe betrokke is (Jung 1976:508; Reiner 2006:570). "Psigoïede" in Jungiaanse terme beteken dat die argetipe ʼn tweeledige aard het: dit is vasgelê in die psigiese sowel as die natuurlik-materiële dimensies (Yiassemides 2011:452). In sinchronisiteit word hierdie tweeledige aard van die argetipe vergestalt. Dus, materie beskik inherent oor betekenis (Main 2014:176) en nie net die menslike psige nie.

blote toeval dat die gebeure saam plaasvind, is statisties hoogs onwaarskynlik (Jung 1969a:437);

mate van onmoontlikheid (Jung 1969a:440);

afhanklik van affekte (Jung 1969a:447-449);

ʼn paar teengesteldes met oorsaaklikheid aan die een kant en sinchronisiteit aan die ander kant, met ander woorde: oorsaaklikheid Ö sinchronisiteit (Jung 1969a:514). Oorsaaklikheid en sinchronisiteit lê dus op ʼn kontinuum;

ekwivalensie/van dieselfde soort te wees ("Gleichartigkeit") of konformiteit

("Konformität") wat die afwesigheid van ʼn psigiese faktor aandui (Jung 1969a:502,516; Giegerich 2012:502);

het oneindige verskeidenheid in hulle fenomenologie (Jung 1969a:530);

die kern van sinchronisiteit is vir Main (2004:51) tydsverloop,

nie-oorsaaklikheid, betekenisvolheid en waarskynlikheid (nie blote toeval nie).



Voordat die praktykvoorbeeld van ʼn sinchronisiteit weergegee word, word verduidelik wat perdeondersteunde psigoterapie behels. Perdeondersteunde psigoterapie word meer breedvoerig bespreek, aangesien dit die spesifieke perdeterapiemodel is, waarbinne sinchronisiteit in hierdie artikel bespreek word. Die ander vorme van perdeterapie word slegs genoem.

4.1 Vorme van perdeterapieë

ʼn Onderskeid word tussen perdeterapieë waar daar perd gery word en perdeterapieë waar perdry nie van primêre belang is nie, soos volg gemaak:

Hippoterapie, terapeutiese perdry en perdry vir gestremdes (Coates 2008:137-138; Kruger & Serpell 2010:35) is voorbeelde van subklasse van perdeterapieë waar perd gery word.

Perdeondersteunde en perdegefasiliteerde perdeterapieë is voorbeelde van perdeterapieë waar die klem nie op perdry is nie (Hallberg 2008:xxxii-xxxiii; Shambo et al. 2013:plek 464). In eersgenoemde geval word die perd meer soos ʼn gereedskapstuk deur die terapeut aangewend, terwyl die perd in die tweede geval as ʼn volwaardige medeterapeut gesien word, waar die kliënt onder andere mettertyd ʼn verhouding met die perd ontwikkel (Shambo et al. 2013:plek 464). Volgens Hallberg (2008:xxxii) staan die menslike terapeut in perdegefasiliteerde terapie as't ware terug vir die perd om die terapeutiese werk met die kliënt te doen. Perdeondersteunde psigoterapie ("equine-assisted psychotherapy" afgekort as "EAP" in Engels), die toespitsing van hierdie artikel, is een subklas van die perdeondersteunde terapieë en word vervolgens verder bespreek.

Greg Kersten is die persoon wat die begrip "perdeondersteunde psigoterapie" gedurende die 1990's geskep het (O.K. Corral Series 2015). Hierdie vorm van perdeterapie is vir mense met emosionele probleme ontwikkel. Die perdeterapieaktiwiteite vind op die grond plaas (Spiotta-DiMare 2014:plek 226).

Perdeondersteunde psigoterapie is uniek in die veld van perdeterapieë om die volgende redes: Eerstens vind dit in ʼn terapeutiese spanverband plaas, waar ʼn geregistreerde professionele terapeut en ʼn perdekenner kliënte en perde deur middel van perdeterapieaktiwiteite met mekaar in kontak bring (Mandrell 2006:53; EAGALA 2009:17; Boyce 2016:243). Tweedens word daar nie per se op veiligheidsaspekte toegespits nie. Die hantering van veiligheidsaspekte word eerder as ʼn deurlopende proses gesien (EAGALA 2009:41). Derdens is daar die moontlikheid van liggaamlike gevaar eie aan perdeondersteunde psigoterapie, as gevolg van die terapeutiese benutting van die veg-vlug-dinamika van die perd-mens-interaksie (Hallberg 2008:331;337).

4.2 Verloop van perdeondersteunde psigoterapeutiese sessies

In perdeondersteunde psigoterapie bestaan die terapeutiese span uit ʼn professionele terapeut en ʼn perdekenner. Die terapeut is veral verantwoordelik vir die opstel van terapeutiese behandelingsplanne, die byhou van prosesnotas, asook die beoordeling van die vordering wat die kliënt maak. Tydens die terapeutiese sessies behels die vernaamste take van die perdekenner die vertolking van die perde se gedrag aan die terapeut, om die terapeutiese sessie op die perde toe te spits, asook om die liggaamlike veiligheid van mens en perd te verseker.

Die terapeut en die perdekenner is gesamentlik verantwoordelik vir die beplanning van die perdeaktiwiteite vir die kliënte (vgl. EAGALA 2009:17-18). Hulle sal dus gesamentlik besluit watter soort perdeterapieaktiwiteit die mees gepaste sal wees om ʼn terapeutiese doelwit te bereik. Bestaande perdeterapieaktiwiteite kan benut word of nuwe aktiwiteite, wat op die kliënt se spesifieke behoeftes ingestel is, kan deur die terapeutiese span ontwikkel word (EAGALA 2009:57). Daar bestaan dus nie ʼn afgebakende aantal perdeterapieaktiwiteite nie en volgens EAGALA (2009:57) is die moontlikhede om perdeterapieaktiwiteite te ontwikkel "onbeperk".

Tydens terapeutiese sessies kommunikeer die terapeutiese span perdeterapieaktiwiteite aan die kliënt. Tydens of nadat die kliënt die aktiwiteit afgehandel het, word die terapeutiese verwerking deur die terapeutiese span gedoen. Die terapeutiese verwerking van die perdeterapieaktiwiteit geskied op vier vlakke (Mandrell 2006:132-136). Hierdie vier vlakke behels die terapeutiese verwerking van die uitvoer van die aktiwiteit, die terapeutiese verwerking van die perd se nieverbale gedrag, die terapeutiese verwerking van die kliënt se verbale en nieverbale gedrag en laastens die terapeutiese verwerking van die wisselwerking tussen die kliënt en die perd en hoe hierdie aspekte op die kliënt se omstandighede van toepassing is (Mandrell 2006:132-136). Die terapeutiese verwerking kan ook, wat Ogden (1994 in Marlo & Kline 1998:17) as in-aksie-vertolking beskryf, omsluit. Alhoewel bogenoemde beskrywing lynvormig is, vind dit in praktyk sirkelvormig plaas; die terapeutiese span werk dus nie volgens ʼn kronologiese merklys nie, maar die psigologiese proses van die kliënt word gevolg.

Sinchronisiteite kan gedurende ʼn terapeutiese sessie plaasvind (Nachman 2009:298; Hopcke 2009:288), in die geval van die huidige studie, word ʼn sinchronisiteit bespreek wat tydens ʼn perdeondersteunde psigoterapeutiese sessie plaasgevind het. Volgens Jung verleen sinchronisiteit stukrag aan individuasie (Read & Crowley 2009:214), want dit wakker simboliese denke by die kliënt aan en dit prikkel sy belangstelling in sy psigiese prosesse (Marlo & Kline 1998:16). Daar is egter sekere omstandighede, soos in die geval van psigose, waar sinchronisiteite nie met ʼn kliënt behandel behoort te word nie (Marlo & Kline 1998:19; Nachman 2009:304-305;309). Die hantering van ʼn sinchronisiteit met ʼn kliënt word onder meer bepaal deur die kliënt se ego-struktuur, fantasieë, oordrag, persoonlikheid, terapeutiese behoeftes en die simboliese betekenis wat die sinchronisiteit vir die terapeutiese intervensie inhou (Marlo & Kline 1998:20). Dit bly dus die terapeut se verantwoordelikheid om te besluit om sinchronisiteite met ʼn kliënt terapeuties te behandel al dan nie.

4.3 Redes waarom perde in terapie gebruik word

Perde word onder andere in psigoterapie gebruik, as gevolg van die volgende eienskappe waaroor hulle beskik: argetipiese simboliek word aan perde geheg; perde is groot en kragtige diere; hulle is sosiale diere met sekere rolle in ʼn trop; en perde is sensitief vir mense se nieverbale kommunikasie omdat hulle prooidiere is (Rector 2005:plek 628;639; EAGALA 2009:15; Bachi 2014:plek 5800-5833).

Jung (1954:159 &1956:274-282) noem dat die perd ʼn algemene argetipe in mites is en hy dig verskeie simboliese eienskappe aan die perd toe, waaronder die volgende: simbool van die onbewuste; dierlike instinkte van die mens; moederargetipe-simbool; towery; heldersiendheid; padvinder as ruiter verlore is; primitiewe seksualiteit; duiwel; spoed; vuur en lig; tyd; en psigogids tussen die bewuste en die onbewuste. Die terapeutiese verhouding word deur Jung as vas hermeticum (verseëlde glasfles waar misterieuse veranderinge plaasvind) beskryf (Jung 1953:236; Marlan 2006:plek 6755). Omdat "perd" ook ʼn argetipe is, kan die perd tydens perdeondersteunde psigoterapeutiese sessies as vas hermeticum van verskeie projeksies van kliënte dien, wat deur die terapeutiese span geprosesseer kan word.

Aangesien perde sensitief vir menslike nieverbale kommunikasie is, kan hulle kliënte se emosies, denke en gedrag weerspieël (vgl. von Borstel et al. 2007 in McGreevy & McLean 2010: plek 2837-2853; Trotter 2012: plek 1274-1289; Bachi 2013:192; Shambo et al. 2013: plek 2148-2162). Die spieëlwerking-eienskap van perde word egter nie deur alle perdeterapeute aanvaar nie (Erica 2003).



ʼn Praktykvoorbeeld word gebruik om aan te dui hoe ʼn sinchronisiteit tydens ʼn perdeondersteunde psigoterapeutiese sessie plaasgevind het. Om verwarring tussen spieëling en sinchronisiteit uit te lig, word spieëling eers met ʼn voorbeeld beskryf en daarna word sinchronisiteit met behulp van die praktykvoorbeeld opgehelder.

5.1 Spieëling

Volgens Jung (1956:274-275) kom dit voor asof daar ʼn "innige verbintenis" tussen perd en ruiter bestaan en dat die een se lot ook die ander se lot is. Daar is dus op ʼn onbewuste vlak ʼn vervlegtheid tussen die mens en sy/haar perd.

Jung (1963:144) beskryf ʼn pasiënt wat hom eenmalig en naamloos besoek het, aangesien sy haar beste vriendin vermoor het om met dié se man te trou. Na die moord het die pasiënt verskeie probleme ervaar en sy het beleef dat haar perde se gedrag na die moord teenoor haar verander het. Jung (1963:144) beskryf dit soos volg:

This lady was a passionate horsewoman and owned several riding horses of which she was extremely fond. One day she discovered that the horses grow nervous under her. Even her favourite shied and threw her. Finally she had to give up riding. ... Sometimes it seems as if even animals and plants "know" it.

Main (2007:363) hou bogenoemde as ʼn voorbeeld van ʼn sinchronisiteit voor, maar die skrywer het ʼn ander vertolking daarvan. In bogenoemde voorbeeld van Jung en sy pasiënt wat haar vriendin vermoor het (eerste psigiese toestand), is daar ʼn moontlike oorsaaklike verklaring vir die perde se gedrag (tweede en kritieke psigiese toestand) en daarom kan dit nie as sinchronisiteit bestempel word nie. Die pasiënt kon byvoorbeeld biopsigososiale simptome soos angs en spanning na die moord wat sy gepleeg het, ontwikkel het en die perde kon daarop gereageer het. Relativisering van tyd en ruimte kom ook nie in hierdie voorbeeld voor nie. Die perde se reaksie kan gevolglik aan die hand van hulle spieëlwerking-eienskap verklaar word, want die perde het slegs die ruiter se angs weerspieël. Jung (1963:143) het bogenoemde voorbeeld ook nie in die raamwerk van sinchronisiteit verskaf nie, maar in die bespreking van sy psigiatriese aktiwiteite en hoe die menslike psige op misdaad reageer.

5.2 Sinchronisiteit

Die sinchronisiteit ter sprake het tydens die eerste perdeterapieaktiwiteit van ʼn perdeondersteunde psigoterapeutiese groepsessie voorgekom. Die groeplede het uit professionele vroulike persone bestaan. Dit was ʼn ontwikkelingsgerigte groep wat deur die skrywer gefasiliteer is. Die tema van die groep was verhoudinge vanuit ʼn Jungiaanse siening wat op die boek van Hollis (1998) gegrond was.

Die naam van die perdeterapieaktiwiteit wat aan die kliënte gekommunikeer is en waartydens die sinchronisiteit plaasgevind het, is "Waarneming en nadergaan". EAGALA (2009:71), noem dat hierdie aktiwiteit vir individue, gesinne en groepe geskik is. Die mikpunt van die aktiwiteit is onder andere die ontwikkeling van insig in oortuigings, persepsies en gedrag van die kliënt. Leer vind op ʼn metaforiese vlak plaas omdat die kliënt parallelle tussen die perd en sy/haar eie lewe maak. Die terapeutiese span nooi die kliënt(e) uit om die perde waar te neem en kan die volgende vrae tydens die terapeutiese verwerking van die aktiwiteit (sien 4.2) aan die kliënt(e) stel: "Watter perd is die meeste soos jy en waarom?"; of: "Watter perde is die meeste soos ... en waarom?" Vervolgens kan die kliënt(e) uitgenooi word om nader na die perd wat hy/sy/hulle gekies het, te gaan en om die perd selfs te streel.

Die perde was in ʼn ring en die groeplede het aan die buitekant van die ring gestaan toe bogenoemde perdeterapieaktiwiteit aan hulle deur die terapeutiese span gekommunikeer is. Die terapeutiese verwerking (sien 4.2) het begin nadat die groeplede die perde waargeneem het. Die groeplede is die kans gebied om te verduidelik met watter perd hulle hulself vereenselwig en om welke rede.

ʼn Groeplid het genoem dat sy baie van ʼn sekere wit perd in die trop hou. Sy was egter van mening dat die wit perd te groot en vet is om van haar probleme weg te vlieg. Daarop het sy ʼn fyner geboude, maerder bruin perd gekies; die groeplid was van mening dat die bruin perd makliker van haar probleme sou kon wegvlieg. Op daardie bepaalde tydstip het die groot, vet, wit perd oor die 1.2m hoë heining, wat die perdering omhein, gespring. (Hier skiet Jung (1954:159) se woorde, " carries one away like a surge of instinct" in sy beskrywing van die simboliek van die perd, ʼn mens te binne.)

Die groeplid het haar eerste reaksie na bogenoemde gebeurtenis op ʼn latere stadium soos volg onthou: "Oorbluf deur die onverwagsheid van die beweging, het ek begin lag", en verder: "Ek het so baie professionele rolle in my lewe gespeel - dosent, studieleier, prestasiebestuurder, opleier, besigheidsraadgewer, bemarker, navorser, en geeneen het my hierop voorberei nie." In ʼn opvolgsessie het die groeplid genoem dat sy haarself die aand na die voorval in haar slaapkamer afgesonder het om oor sekere kwessies in haar lewe te besin.

Bogenoemde voorval kan as ʼn voorbeeld van ʼn sinchronisiteit gesien word: Twee psigiese toestande het voorgekom. Die een psigiese toestand is die gewone of natuurlike. In hierdie praktykvoorbeeld kan die groeplid se versugting en projektering op die perde om van probleme weg te kom, as die eerste psigiese toestand gesien word. Die tweede psigiese toestand behels die kritieke en onverklaarbare gebeurtenis - die groot wit perd, en nie enige ander perd in die ring nie, wat op daardie bepaalde tydstip oor die 1.2m hoë heining gespring het. Genoemde tweede psigiese toestande kan nie op ʼn oorsaaklike wyse aan die eerste psigiese toestand gekoppel word nie, maar aangesien dit op dieselfde tydstip plaasgevind het, maak dit die voorval betekenisvol en dus ʼn sinchronisiteit. Die voorval het verder spontaan plaasgevind. Niemand het die betrokke perd laat skrik of met opset oor die ring se heining gejaag nie. Tyd en ruimte het verder relatief geword, want al was die perd ongeveer 20m weg van die betrokke groeplid, het die perd oor die heining van die ring gespring op die bepaalde tydstip wat die groeplid van "wegvlieg" gepraat het.

As Giegerich (2012:500-502) reg vertolk word, sou Jung as wetenskaplike moontlik vra: Wat het op ʼn psigonatuurlike vlak plaasgevind dat die onwaarskynlike perd oor die heining spring, terwyl die groeplid se gesprek oor wegvlieg van probleme handel? Bogenoemde sinchronisiteit is dus ʼn "sinngemäße Koinzidenz" soos deur Jung beskryf, maar dit was ook ʼn "sinnvolle Koinzidenz" aangesien dit ʼn sekere subjektiewe, persoonlike betekenis vir die groeplid wat dit beleef het, ingehou het en sy sekere aspekte van haar lewe as gevolg van die sinchronisiteit in heroënskou geneem het. Die psigoïede argetipe is dus gekonstelleer.



Sinchronisiteit, volgens die Jungiaanse siening, is die gelyktydige plaasvind van twee psigiese toestande, waar die een psigiese toestand die gewone en die tweede psigiese toestand die onverklaarbare, kritieke toestand is. Soos sinchronisiteite in die alledaagse lewe kan voorkom, kan dit ook tydens terapeutiese sessies plaasvind. Daar is deur middel van ʼn praktykvoorbeeld aangetoon hoe sinchronisiteit sigself in ʼn perdeondersteunde psigoterapeutiese sessie kan openbaar.

Hierdie studie is deur die stilte in die literatuur aangaande sinchronisiteite in perdeondersteunde psigoterapie aangespoor. Daar is begin om die stilte aangaande hierdie verskynsel te verbreek, deur bogenoemde begrippe te beskryf en met ʼn praktykvoorbeeld toe te lig. Die bydrae van hierdie artikel is dus die instemming van sinchronisiteit op perdeondersteunde psigoterapie (sien Figuur 1).

Die terapeutiese rol wat sinchronisiteit in perdeondersteunde psigoterapie kan speel, en hoe dit die individuasieproses van die kliënt kan ondersteun, kan toekomstig kwalitatief en kwantitatief wetenskaplik ondersoek word.



Bachi, K. 2014. Equine-facilitated psychotherapy: Practice, theory, and empirical knowledge. In Parish-Plass (ed.). Animal-assisted psychotherapy. Theory, issues, and practice. West Lafayette: Purdue University Press, plek 5755-6288. Kindle ed.        [ Links ]

Bachi, K. 2013. Application of attachment theory to equine-facilitated psychotherapy. Journal of Contemporary Psychotherapy, 43:187-196.         [ Links ]

Boyce, S. 2016. In Ferreira (ed.). Psychological assessment. Thinking innovatively in contexts of diversity. Cape Town: Juta, pp. 242-261.         [ Links ]

Coates, M. 2008. Connecting with horses: The life lessons we can learn from horses. London: Rider.         [ Links ]

Creswell, J.W. & Clark, P.V. 2011. Designing and conducting mixed methods research. 2nd ed. London: Sage. Kindle ed.        [ Links ]

Christians, C.G. 2011. Ethics and politics in qualitative research. In Denzin & Lincoln (eds). The Sage handbook of qualitative research. 4th ed. Los Angeles: Sage, pp. 61-80.         [ Links ]

EBSCOhost. 2014. What is EBSCOhost? EBSCO Support. [17 December 2014].         [ Links ]

EAGALA. Sien Equine Assisted Growth and Learning Association.         [ Links ]

Equine Assisted Growth and Learning Association. 2009. Fundamentals of EAGALA model practice: (Un)training manual. Supplemental material to the EAGALA equine assisted psychotherapy and learning training and certification program.6th ed. Santaquin: EAGALA.         [ Links ]

Erica. 2003. Psycho-babble [customer review]. 11 January, Amazon.com [10 December 2014].         [ Links ]

Fawcett, J. 2009. Editorial: Creating synchronicity in treatment and in other human relationships. Psychiatric Annals Online, 39(5):224.         [ Links ]

Fordham, M. 1973. Editorial preface. In Jung. 1960|2011. Synchronicity: An acausal connecting principle. From the collected works of C.G. Jung. vol. 8. Bollingen series XX. Princeton: Princeton University Press, pp. vii-ix.         [ Links ]

Giegerich, W. 2012. A serious misunderstanding: Synchronicity and the generation of meaning. The Journal of Analytical Psychology, 57(4):500-511.         [ Links ]

Hallberg, L. 2008. Walking the way of the horse: Exploring the power of the horse-human relationship. New York: iUniverse.         [ Links ]

Hollis, J. 1998. The Eden project: In search of meaning of the Magical Other: A Jungian perspective on relationship.Toronto:Inner City Books.         [ Links ]

Hopcke, R.H. 2009. Synchronicity and psychotherapy: Jung's concept and its use in clinical work. Psychiatric annals, 39(5):287-293.         [ Links ]

Jung, C.G. 1933. Modern man in search of a soul. San Diego: A Harvest/HBJ Book.         [ Links ]

Jung, C.G. 1953. Psychology and alchemy. The collected works of C.G. Jung,Vol. 12. 2nd ed. Bollingen series XX. Princeton: Princeton University Press.         [ Links ]

Jung, C.G. 1954. The practice of psychotherapy: Essays on the psychology of transference and other subjects. The collected works of C.G. Jung,Vol. 16. 2nd ed. Bollingen series XX. Princeton: Princeton University Press.         [ Links ]

Jung, C.G. 1956. Symbols of transformation: An analysis of the prelude to a case of schizophrenia. The collected works of C.G. Jung,Vol. 5. 2nd ed. Bollingen series XX. Princeton: Princeton University Press.         [ Links ]

Jung, C.G. 1963. Memories, dreams, reflections. London: Flamingo.         [ Links ]

Jung, C.G. 1966. The spirit in man, art, and literature. The collected works of C.G. Jung, Vol. 15. Bollingen series XX. Princeton: Princeton University Press.         [ Links ]

Jung, C.G. 1969a. The structure and dynamics of the psyche. The collected works of C.G. Jung,Vol. 8. 2nd ed. Bollingen series XX. Princeton: Princeton University Press.         [ Links ]

Jung, C.G. 1969b. Archetypes and the collective unconscious. The collected works of C.G. Jung, Vol. 9 Part 1. 2nd ed. Bollingen series XX. Princeton: Princeton University Press.         [ Links ]

Jung, C.G. 1969c. Aion. Researches into the phenomenology of the self. The collected works of C.G. Jung,Vol. 9 Part 2. 2nd ed. Bollingen series XX. Princeton: Princeton University Press.         [ Links ]

Jung, C.G. 1970. Mysterium Coniunctionis: An inquiry into the separation and synthesis of psychic opposites in alchemy. The collected works of C.G. Jung,Vol. 14. 2nd ed. Bollingen series XX. Princeton: Princeton University Press.         [ Links ]

Jung, C.G. 1976. The symbolic life: Miscellaneous writings. The collected works of C.G. Jung,Vol. 18. Bollingen series XX. Princeton: Princeton University Press.         [ Links ]

Jung, C.G. 2009. The red book / Liber Novus. New York: W.W. Norton & Company.         [ Links ]

Kirsch, T.B. 2007. The legacy of C.G. Jung. In Casement (ed.). Who owns Jung? London: Karnac, pp. 153-167. Kindle ed.        [ Links ]

Kruger, K.A. & Serpell, J.A. 2010. Animal assisted interventions in mental health: definitions and theoretical foundations. In Fine (ed.). Handbook on animal-assisted therapy: Theoretical foundations and guidelines for practice. 3rd ed. Amsterdam: Elsevier, pp. 332-48.         [ Links ]

Main, R. 2004. The rupture of time: Synchronicity and Jung's critique of modern Western culture. New York: Brunner_Routledge.         [ Links ]

Main, R. 2007. Synchronicity and analysis: Jung and after. European Journal of Psychotherapy and Counselling, 9(4):359-371.         [ Links ]

Main, R. 2014. The cultural significance of synchronicity for Jung and Pauli. The Journal for Analytical Psychology, 59:174-180.         [ Links ]

Mandrell, P.J. 2006. Introduction to equine-assisted psychotherapy: A comprehensive overview. Maitland: Xulon.         [ Links ]

Marlan, S. 2006. Alchemy. In Papadopoulos (ed.). The handbook of Jungian psychology: Theory, practice and applications. New York: Routledge, location 6152-6955. Kindle ed.        [ Links ]

Mansfield, V., Rhine-Feather, S., & Hall, J. 1998. The Rhine Jung Letters: Distinguishing parapsychological from synchronistic events. The Journal of Parapsychology, 62:3-25.         [ Links ]

Marlo, H. & Kline, J.S. 1998. Synchronicity and psychotherapy: Unconscious communication in the psychotherapeutic relationship. Psychotherapy, 35(1):13-22.         [ Links ]

McGreevy, P. & McLean, A. 2010. Equitation science. Chichester: Wiley-Blackwell. Kindle ed.        [ Links ]

Nachman, G. 2009. Clinical implications of synchronicity and related phenomena. Psychiatric Annals, 39(5):297-308.         [ Links ]

O.K. Corral Series. 2015. Equine-assisted history. [24 March 2016].         [ Links ]

Read, T. & Crowley, N. 2009. In Cook, Powell & Sims (eds). Spirituality and psychiatry. London: RCPsych Publications, pp. 212-232.         [ Links ]

Rector, B.K. 2005. Adventures in awareness: Learning with help of horses. Bloomington: authorHouse. Kindle ed.        [ Links ]

Reiner, A. 2006. Synchronicity and the capacity to think: a clinical exploration. Journal of Analytical Psychology, 51:553-573.         [ Links ]

Shambo, L., Young, D. & Madera, C. 2013. The listening heart. The limbic path beyond office therapy. A manual for "The Heal Model TM" of equine-facilitated psychotherapy and learning. Chehalis: HEAL (Human-equine Alliance for Learning). Kindle ed.        [ Links ]

Shamdasani, S. 2011. Foreword to the 2010 edition. Reading Jung after the Red Book. In Jung, C.G. 1960|2011. Synchronicity: An acausal connecting principle. From the collected works of C.G. Jung, Vol. 8. Bollingen series XX. Princeton: Princeton University Press, pp. vii-ix.         [ Links ]

Sharp, D. 1991. Jung lexicon: A primer of terms and concepts. Toronto: Inner City Books.         [ Links ]

Spiotta-DiMare, L. 2014. Therapy horses: Horses that heal. New York: Enslow. Kindle ed.        [ Links ]

Tacey, D. 2001. Jung and the New Age. East Sussex: Brunner-Routledge.         [ Links ]

Troskie-de Bruin, C. 2015. Article writing retreat. ASEV Research and Development Consultants. (Course material).        [ Links ]

Trotter, K.S. 2012. Harnessing the power of equine assisted counselling: Adding animal assisted therapy to your practice. New York: Routledge. Kindle ed.        [ Links ]

Van Kralingen, A. 2015. Is it meaningful or random? Part 1 - A rational perspective. The Centre for Applied Jungian Studies. [15 July 2015].         [ Links ]

Van Nuys. D. 2014. Equine-assisted psychotherapy and synchronicity. e-mail. 8 December.         [ Links ]

Vassiliou, H. 2009. Meaningful coincidence in art therapy: An exploration of art therapists' perceptions of synchronicity in their clinical practice. Montreal, Quebec: Concordia University. (Dissertation - MA in Creative Art Therapies).         [ Links ]

Von Franz, M. 1964. In Jung (ed.). Man and his symbols. London: Picador, pp. 157-254.         [ Links ]

Von Rüst McCormick, A. & McCormick, M.D. 1997. Horse sense and the human heart: What horses can teach us about trust, bonding, creativity and spirituality. Deerfield Beach: Health Communications.         [ Links ]

Yiassemides, A. 2011. Chronos in synchronicity: manifestations of the psychoid reality. Journal of Analytical Psychology, 56:451-470.         [ Links ]




CAREL VAN WYK was vir twaalf jaar werksaam by die Kinderleidingkliniek te Welkom. Kinders tot en met graad 12 met enige psigososiale uitdagings, byvoorbeeld alle vorme van mishandeling, egskeiding, skolastiese uitdagings en gedragsprobleme, is terapeuties deur hom gehanteer. Carel het dikwels maatskaplike werk forensiese assesserings gedoen en hy het ook as deskundige getuie in streekhowe getuig. Hy het Ontwikkelingsielkunde deeltyds op honneursvlak in die Departement Sielkunde aan Vista Universiteit, Welkomkampus, aangebied. Carel is sedert 2006 as lektor by die Departement Maatskaplike Werk by die Universiteit van die Vrystaat werksaam. Hy doseer op voor- en nagraadse vlak vakke soos Maatskaplike Werk met die Kind, Maatskaplike Werk met Gesinne, Gevorderde Kliniese Gevallewerk, Forensiese Maatskaplike Werk en Navorsingsmetodologie. Hy beplan om sy PhD-studie in maatskaplike werk oor sinchronisiteit in perdeondersteunde psigoterapie te doen. Hy beplan om genoemde verskynsel primêr vanuit die Jungiaanse siening te verken, te beskryf en te verklaar.
CAREL VAN WYK worked at the Child Guidance Clinic in Welkom for twelve years. Children up to Grade 12 with any psychosocial challenge, for example, all forms of abuse, divorce, scholastic challenges and behavioural problems were handled by him. Carel often did forensic assessments and he also testified as expert witness in regional courts. He lectured Developmental Psychology part-time at Honours level in the Department of Psychology at Vista University, Welkom Campus. Since 2006, Carel has been employed as lecturer in the Department of Social Work at the University of the Free State. He teaches modules such as Social Work with the Child, Social Work with Families, Advanced Clinical Casework, Forensic Social Work, and Research Methodology at undergraduate and postgraduate levels. He plans to do his PhD study in Social Work on synchronicity in equine-assisted psychotherapy. He plans to investigate, describe and explain the said phenomenon primarily from the Jungian paradigm.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License