SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue2-2Capacity-building of informal community-based organisations in the South African welfare sector: The contribution of established social service organisations"There can be no freedom without education." Laying the foundations for black education in South Africa, 1952-1968 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.56 n.2-2 Pretoria Jun. 2016

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-2a6 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS

 

'n Vergelyking van polisiekultuurhoudings van mans en vrouens in die Suid-Afrikaanse Polisiediens oor 'n tien jaar tydperk

 

A comparison of police culture attitudes of men and women in the South African Police Service over a ten year period

 

 

Jèan Steyn

Skool vir Toegepaste Geesteswetenskappe. Universiteit van KwaZulu-Natal E-pos: steynj@ukzn.ac.za

 

 


OPSOMMING

Huidige etnograwe (Cockcroft 2013; O'Neill, Marks & Singh 2007; Sklansky 2005) argumenteer dat nuwe ontwikkelinge in polisiëring die polisie verander het, en dat konvensionele kennis van polisiekultuur gevolglik irrelevant is. Meer spesifiek, hierdie navorsers impliseer dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) baie van die polisiekultuurkaraktertrekke verander het met betrekking tot sinisme teenoor en isolasie van die publiek.
Hierdie navorsingsartikel is 'n poging om by te dra tot die bespreking deur te bepaal of die polisiekultuuraanwysers solidariteit, isolasie en sinisme onder amptenare van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) geslagsneutraal is, en ook om vas te stel of lede se houdings verander het oor 'n tien (10) jaar periode (Januarie 2005 - Junie 2014). Deur gebruik te maak van 'n 30-item polisiekultuurtema-vraelys het die studie bevind dat kadette in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), wat hulle basiese opleiding by die ses (6) SAPD basiese opleidingsfasiliteite (Pretoria, Chatsworth, Oudtshoorn, Graaff-Reinet, Phillippi en Bisho) in Januarie 2005 begin het, die organisasie met vooropgestelde idees oor die polisiekultuurtemas solidariteit, isolasie en sinisme betree het. Nóg die periode van kollege-/akademie-opleiding (Januarie 2005 - Junie 2005), nóg die opeenvolgende tydperk van veldopleiding (Julie 2005 - Desember 2005), het enige noemenswaardige veranderinge in die respondente se houdings teweeg gebring. Nege (9) jaar later het hierdie houdings versterk tot 'n algehele gemiddeld van byna sewentig persent (69.85%). Oor die duur van die projek (tien jaar) is bevind dat vroulike rekrute, wat later as volwaardige polisiebeamptes in die Polisiediens opgeneem is, hulle oor die algemeen sterker met die waardes van solidariteit, isolasie en sinisme in die polisiekultuur vereenselwig het as hulle manlike eweknieë.

Trefwoorde: Suid-Afrika, polisie, polisiëring, polisiekultuur, polisiekultuurtemas, solidariteit, isolasie, sinisme, man, vrou


ABSTRACT

A comparison of police culture attitudes of men and women in the South African Police Service over a ten year period
Contemporary ethnographers (Cockcroft 2013; O'Neill, Marks & Singh 2007; Sklansky 2005) argue that new developments in policing have changed the police, and that traditional understanding of police culture, as a consequence, is no longer relevant. More specifically, these researchers imply that the South African Police Service (SAPS) has changed many of the traits of police culture with regards to cynicism of and isolation from the public. The research paper attempts to contribute to this narrative by determining whether indicators evincing attitudes of police culture themes of solidarity, isolation and cynicism amongst South African Police Service (SAPS) officials are gender neutral as well as showing a change over a ten (10) year period (January 2005 - June 2014). By making use of the 30-item police culture themes questionnaire, designed by Steyn (2005), the study established that South African Police Service (SAPS) cadets who commenced their basic training at the six (6) basic training institutes in South Africa (Pretoria, Chatsworth, Oudtshoorn, Graaff-Reinet, Phillippi and Bisho) in January 2005, entered the organisation with predispositions in furtherance of police culture themes of solidarity, isolation and cynicism. The period of "college/academy training" (January 2005 - June 2006) did not significantly counteract these tendencies, neither did the subsequent "field training" (July 2005 - December 2005). Nine (9) years on, and these attitudes intensified to an overall average of seventy percent (69.85%). The study further found that for the duration of the project (10 years), female trainees and their ensuing conversion to fully-fledged police officials had mostly stronger values exhibiting police culture solidarity, police culture isolation and police culture cynicism, compared to their male counterparts.

Keywords: South Africa, police, policing, police culture, police culture themes, solidarity, isolation, cynicism, male, female


 

 

INLEIDING

Die motivering om verandering in polisie-agentskappe wêreldwyd te weeg te bring (byvoorbeeld in Australie, Kanada, Groot Brittanje, Japan, Nieu-Zeeland, Suid-Afrika, Nigerië, Botswana, Uganda, Rwanda, Sierra Leone, en die Verenigde State van Amerika) gaan hand aan hand met 'n gevoel van disillusie in die militêre- en para-militêre modelle van tradisionele polisiëring (O'Neil, Marks & Singh 2007; Chan 1997; Manning 1997; Bayley & Shearing 1994). Terwyl tradisionele polisiëring op arrestasies, vinnige voertuie en lukraak metodes van misdaadopsporing fokus, is die nuwe visie van polisiëring een van verantwoording teenoor die publiek en die skep van 'n kernvennootskap tussen die polisie en die gemeenskap (Cockcroft 2013; O'Neil, Marks & Singh 2007). Die oneffektiwiteit van tradisionele polisiëringsmetodes, asook die kreatiwiteit van die gemeenskap om kriminele aksies te verhoed en om sosiale beheer toe te pas, word erken (Chan 1997:49). Die "bloudruk vir die toekoms" van polisiëring behels nie 'n gefragmenteerde bemoeiing met polisiepraktyke of die beeld van die polisie nie, maar dit vereis eerder 'n dramatiese wegbreek van tradisionele polisiëring. Volgens Bayley en Shearing (1994:143) moet die polisiediens, in 'n poging om kompeterend te wees en om die hulpmiddele te bekom wat nodig is om hulle rol in die toekoms te vervul, ook 'n perspektief na buite hê. Hulle moet voortdurend sensitief bly vir ontwikkelings en tendense in die omgewing, reageer op en verdraagsaam wees teenoor veranderings, innoverend en kreatief wees in hulle pogings om probleme op te los, en meer toeganklik tot en verantwoordbaar teenoor die gemeenskap en die Regering wees. Tot uitvoering van hierdie ideale het die destydse Suid-Afrikaanse nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit, Dr. Sidney Mufamadi, die volgende gesê ten opsigte van die proses van transformasie van 'n outokratiese na 'n demokratiese staatsbestel: "Die filosofie van gemeenskapspolisiëring moet die hele organisasie bemagtig en deurspoel. Die veranderinge wat in die polisiekultuur geskied is moontlik die mees betekenisvolle uitdaging wat die nuwe regering in die gesig staar" (Departement van Veiligheid en Sekuriteit, 1994).

Vir hierdie veranderings om daadwerklik en volhoubaar te wees, is dit essensieel dat die kredo van demokratiese polisiëring deur die standpunte van die polisie se organisatoriese kultuur uitgedra word; dit moet 'n verandering aan die vooropgestelde idees van elke polisiebeampte ten opsigte van die organisasie, asook die omgewing waarin dit funksioneer, insluit. In 'n poging om hierdie daadwerklike veranderinge te weeg te bring, pas die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) 'n nasionale beleid toe wat geslagsgelykheid en verteenwoordiging van die groter samelewing in die personeelsamestelling van die organisasie verseker. Alpert, Dunham en Stroshine (2006) is van mening dat 'n vermeerdering in die verskeidenheid polisiestrukture, met die doel om vrouens in te sluit, 'n versplintering en selfs 'n vernietiging van die homogene polisiekultuur te weeg mag bring. In besonder mag dienslewering deur vrouens die sogenaamde hiper-manlike persepsie oor polisiekultuur afkraak, met die gevolg dat dit 'n alternatiewe, "sagter" manier van polisiëring tot gevolg mag hê (Miller 2003). Die insluiting van vrouens in die polisiediens mag ook as teenvoeter vir die polisiekultuur van sinisme binne en isolasie van die publiek dien (Paoline, Myers & Worden 2000). In hierdie verband beweer die Nasionale Sentrum vir Vrouens en Polisiëring (2009) in die Verenigde State van Amerika (VSA) en die Police Chief Magazine (2009), dat vroulike polisielede dikwels beter kommunikasievaardighede as hulle manlike eweknieë openbaar, en dat hulle beter vaar wanneer die publiek se samewerking met en vertroue in gemeenskapspolisiëring beding moet word.

In teenstelling hiermee verklaar Brogdan en Shearing (1993) dat dit onwaarskynlik is dat die polisiekultuur sal transformeer indien dit sou afhang van 'n beleid wat slegs fokus op verandering in personeeltoekenning. Westmarland (2012), Sutton (1992), Heidensohn (1992) en Young (1991) ondersteun hierdie standpunt, en beweer dat vrouens wat in manlik-georiënteerde polisiestrukture opgeneem word, enersyds hulleself vereenselwig met die "manlikheid" van die polisiekultuur, en dat hulle gevolglik hulle "vroulikheid" as polisiebeamptes verloor; en andersyds, dat hulle die meer tradisionele, kantoor-gerigte posisies in die Diens beklee en dat hulle gevolglik hulle professionele status as polisievroue inboet.

Hierdie artikel lewer verslag oor 'n ondersoek wat gedoen is na die polisiekultuurtemas solidariteit, isolasie en sinisme onder 'n steekproef beamptes in die SAPD in terme van Van Maanen (1975) en Manning (1989) se stadia van polisiekultuur sosialisering, naamlik: (1) keuse [choice] -aan die begin van die basiese opleiding van polisielede (Januarie 2005); (2) opname [admittance] - aan die einde van die basiese opleidingstydperk in die polisiekollege (Junie 2005); (3) kontak [encounter] - aan die einde van die veldopleidingstyperk (Desember 2005); en (4) metamorfose [metamorphosis] - tien jaar na aansluiting as lid van die SAPD (Junie 2014).

 

POLISIEKULTUURTEMAS SOLIDARITEIT, ISOLASIE EN SINISME

Polisiekultuur kan beskryf word as 'n samevloeiing van temas wat voortspruit uit beroepsgerigte aktiwiteite in die polisiediens. Die woord "samevloeiing" hou verband met die Engelse term "confluence", en is 'n metafoor wat die samevloeiing van waterstrome in 'n opgaargebied beskryf.

Die term "kultuurtema" beliggaam die vermenging van kultuurelemente deur middel van metodes wat areas binne beroepsaktiwiteite toelig (Manning 1989). Crank (2004) beweer dat temas uit die vermenging van vele kultuurelemente bestaan. Eerstens is hierdie temas gedrag-spesifiek omdat hulle uit alledaagse gedragspatrone soos roetine en gewone polisiewerk spruit. Tweedens is kultuurtemas die manier waaroor daar oor alledaagse altiwiteite besin word, asook die sentimente wat met spesifieke aktiwiteite geassosieer word.

Solidariteit

Een van die kragtigste aspekte van die etiek van polisiekultuur - dit is, hoe betekenis en logiese denke uit alledaagse ervarings spruit - is die gevoel van solidariteit wat lede in die polisiediens ervaar. Manning (1977), Willis (1990), Christopher (1991) Skolnick en Fyfe (1993), Chan (2003) en Crank (2004) is dit eens dat solidariteit 'n kragtige band tussen polisiebeamptes vorm; dit is die gom wat polisiekultuur heg. Solidariteit is die fondasie van groepsidentiteit in die polisiediens; dit pen groepsgrense af en beskerm polisiebeamptes teen eksterne wanpersepsies (Crank 2004; Chan 2003). Coser (1956) en Crank (2004) verklaar verder dat polisiesolidariteit 'n produk van konflik en antagonisme tussen verskillende eksterne groepe (soos die publiek, die howe, die media, politici, en die polisiebestuur) is, omdat hierdie groepe ooglopend die polisie se gesag, en die werk wat hulle op 'n daaglikse basis doen, uitdaag. Dit is ook 'n feit dat die gevaar (werklik of denkbeeldig) wat aan polisiewerk gekoppel is, sterk lojaliteit en kameraderie onder polisielede aanwakker; hulle neem dan 'n "een vir almal en almal vir een"-houding aan, wat versterk word deur 'n amper militaristiese gevegsgereedheid en 'n gees van afwagting wat onder polisiebeamptes heers. 'n Sterk gevoel van lojaliteit ontwikkel ook wanneer lede in die polisiediens saam gevare trotseer en dreigende misdaad afweer.

Isolasie

'n Aansienlike aantal navorsingsprojekte in die voorafgaande vyf en veertig (45) jaar beklemtoon dat polisielede geneig is om 'n gevoel van isolasie te beleef. Hulle voel geïsoleerd van hulle vorige vriende, die publiek, die regstelsel, en selfs van hulle huweliksmaats en families (Skolnick 1966; Drummond 1976). Polisielede stel hulleself bloot aan isolasie in 'n poging om hulself teen werklike of denkbeeldige gevaar te beskerm, en isolasie is ook dikwels 'n gevolg van die verlies aan persoonlike en professionele outonomie en sosiale verwerping (Skolnick 1966:18). Terselfdertyd word polisiebeamptes van ander persone vervreem as gevolg van administratiewe faktore soos skofwerk, afdae gedurende die week, en hoftye. Nog 'n faktor wat polisielede van ander persone vervreem, is hulle gesagsposisie. Daar word van hulle verwag om verskeie wette, wat met 'n puriteinse moraliteit vereenselwig word, toe te pas, soos byvoorbeeld om dronkenskap hok te slaan. Sommige polisiebeamptes raak egter self beskonke en loop dan die risiko om van hipokrasie of skynheiligheid beskuldig te word. Dit lei dan daartoe dat polisielede eerder met persone in hulle eie werksomgewing sosiaal verkeer, of dat hulle verkies om alleen te wees, wat natuurlik die kringloop van isolasie versterk (Kingshott & Prinsloo 2004).

Sinisme

In 1967 skryf Arthur Niederhoffer insiggewend oor die houding van sinisme wat hy in sy loopbaan as 'n polisiebeampte in die Departement in die New York Stadspolisie waangeneem het. Niederhoffer definieer sinisme as: 'n gevoel van afgryse, jaloesie, magtelose vyandigheid en bitterheid wat as 'n gemoedstoestand in individuele polisiebeamptes manifesteer. Sinisme in die polisiediens omsluit die lewe, die wêreld, mense in die algemeen, en die polisiesisteem self. Dit hou verband met verskeie probleme wat met polisiewerk verband hou (Niederhoffer 1967). As dit nie aangespreek word nie, lei sinisme tot 'n verlies aan vertroue in die werk wat die polisie moet doen, wat weer lei tot vervreemding, ontevredenheid met werksomstandighede, en korrupsie. Volgens Crank (2004:324) ontstaan sinisme vroeg in 'n polisielid se beroepslewe en bereik dit die hoogste vlakke in die vierde of vyfde jaar in die polisiediens, wanneer beamptes hulle die minste aan korrupsie steur.

 

DOELWITTE VAN DIE STUDIE

Verskeie polisie-instansies wêreldwyd, insluitend die SAPD, het die aantal vroulike polisielede in die polisiediens aangevul met die doel om isolasie van en sinisme teenoor die publiek te bekamp. Die huidige studie was 'n poging om die vordering wat in hierdie verband gemaak is te ondersoek.

Dit is gedoen deur vas te stel of die polisiekultuurtemas solidariteit, isolasie en sinisme onder 'n verteenwoordigende steekproef polisiebeamptes in die SAPD bestaan en, indien wel, of hierdie faktore geslagsneutraal is en verander na aanleiding van Van Maanen (1975) en Manning (1989) se stadia van polisiekultuur sosialisering: (1) keuse [choice] - aan die begin van basiese polisie-opleiding (Januarie 2005); (2) opname [admittance] - aan die einde van die basiese opleidingstydperk in die polisiekollege (Junie 2005); (3) kontak [encounter] - aan die einde van die veldopleidingstydperk (Desember 2005); en (4) metamorfose [metamorphosis] - tien jaar na aansluiting as lid van die SAPD (Junie 2014).

 

OPERASIONALISERING VAN RELEVANTE KONSEPTE

Kultuur, organisatoriese kultuur en polisiekultuur is almal komplekse begrippe en moeilik om te definieer as gevolg van hul abstrakte wetenskaplike, vae en nie-essensiële aard. Volgens Hall en Neitz (1993) het die studie van kultuur uit die etnografieë van primitiewe kulture ontstaan. Oorspronklik is kultuur as 'n breë geheel gesien as bestaande uit gebonde, geïsoleerde en stabiele sosiale entiteite wat as "kulture" beskryf is. Hierdie kulture is beskou as 'n maatstaf waarmee die lewenswyses van mense gemeet is (Redfield 1939). Wesenlik is die studie van kultuur egter 'n studie van wat dit beteken om essensieel mens te wees. Schein (2004) beskryf kultuur as: 'n patroon van gemeenskaplike en basiese aannames wat deur 'n groep mense aangeleer word wanneer hulle eksterne aanpassings moet maak en interne probleme moet oplos. Wanneer hierdie oplossings effektief is, en dus geldig en aanvaarbaar is, word dit aan nuwe lede oorgedra as die korrekte manier om te dink en te voel ten opsigte van 'n betrokke probleem.

Schraeder, Tears en Jordan (2005) sien 'n verband tussen kultuur en organisatoriese kultuur deur aan te dui dat laasgenoemde eie aan 'n bepaalde organisasie is, dat dit uit objektiewe en subjektiewe dimensies bestaan, en dat dit gemoeid is met tradisie en die aard van gemeenskaplike idees en verwagtinge binne 'n organisatoriese stelsel. Volgens Crank (2004) is kultuurstudie 'n kanaal waardeur verskillende kulture ondersoek kan word en waardeur polisiekultuur in besonder belig kan word. Crank (2004) beskryf kultuur as "shared sense making"; dit wil sê as 'n raamwerk waarbinne 'n betrokke groep sinvol kan bestaan. 'n Sinvolle bestaan impliseer idealistiese, gedrags-, materialistiese, sosiale, strukturele, en opkomende faktore, soos (1) idees, kennis (wat korrekte, verkeerde of onbevestigde feite insluit) en maniere van dinge doen; (2) gedragspatrone, simbole en rituele; (3) mensgemaakte artefakte (wat die media insluit); (4) sosiale en organisatoriese strukture; en (5) die produkte van sosiale aksies. Laasgenoemde kan 'n impak hê op konkrete interpersoonlike en intersosiale kontak, wat weer aangewend kan word om betekenis aan die eerste vier elemente van kollektiewe begripsvorming te gee.

Roberg, Crank en Kuykendall (2000) sien beroeps- en organisatoriese kultuur as daardie beroepsgebaseerde beginsels en morele standaarde wat deur die meeste polisiebeamptes binne hul besondere soewereine werksomgewing gedeel word. Aan die ander kant word polisie-subkultuur gesien as die waardes wat deur die breë gemeenskap aan die polisie oorgedra word (Roberg, Crank, & Kuykendall 2000). Afhangend van die elemente waaroor besin word, kan elemente binne polisiekultuur (soos waardes, idees en etiek) terselfdertyd soortgelyk of verskillend wees. Die komponente van polisiekultuur word ook verder gekompliseer wanneer vooropgestelde idees die waarnemer beïnvloed.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is op 27 Januarie 1995, in terme van afdeling 214 van die Tussentydse Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (1993), in die lewe geroep. Die SAPD is die Staat se enigste nasionale polisiediens en word, in terme van afdeling 205 van die Grondwet van die Republike van Suid-Afrika (SA 1996), getaak om misdaad te verhoed, teen te staan en te ondersoek; om openbare vrede te handhaaf; om die bevolking van die Republiek en hulle besittings te beveilig; en om die wet te handhaaf en toe te pas.

In hierdie studie word na 'n beampte van die SAPD verwys as 'n persoon wat amptelik by die polisiediens as 'n rekruut ingeskryf is, opleiding aan 'n polisiekollege voltooi en geslaag het (d.w.s. 6 maande kollege-opleiding en 6 maande ervaring in die veld - Januarie 2005 tot Desember 2005), in terme van die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens (1995) in diens geneem is, en tydens die studieperiode (Januarie 2005 - Junie 2014) as lid van die SAPD in een van die nege (9) provinsies van die Republiek van Suid-Afrika diens gedoen het.

'n Dertig-item (30) vraelys, waarin Manlik [male] en Vroulik [female] as die operasionele keuse van geslag deur die respondente aangedui moes word, is gebruik om die polisietemas solidariteit, isolasie en sinisme onder 'n steekproef polisielede oor 'n tien-jaar (10-jaar) tydperk te meet.

Hoostuk 6 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (1996) bekragtig die bestaan van nege (9) provinsies in Suid-Afrika, naamlik Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Noordwes, Noord-Kaap, Limpopo en Wes-Kaap.

Houdings is verteenwoordigend van die perseptuele evaluerings (gunstig of ongunstig) wat gespruit het uit die respondente se stellings ten opsigte van die polisiekultuurtemas solidariteit, isolasie en sinisme, wat deur middel van 'n 30-item vraelys gemeet is.

Stadia van sosialisering in die polisiekultuur: Volgens Van Maanen (1975) gaan polisierekrute deur verskillende stadia van sosialisering voordat hulle die polisiekultuur se idees, houdings en waardes ten volle aanvaar. Die beginpunt van hierdie proses is "afwagtende sosialisering", of keuse, wanneer rekrute hulleself voorberei voordat hulle ten volle in die organisasie opgeneem word. Tydens hierdie fase "interpreteer" die rekrute die waardes, houdings, vaardighede en kennis van die organisasie voordat hulle daarmee vereenselwig. Keuse word gevolg deur 'n fase wat Manning (1989) as opname in die organisasie definieer. Hierdie fase vind hoofsaaklik tydens die vroeë maande van opleiding plaas (d.w.s. in die polisiekollege). Hierdie is dikwels 'n baie moeilike tyd in die rekrute se lewens, veral as hulle verwagtinge van die beroep en die organisasie onrealisties was. Die nuwelinge se ervarings gedurende die opnametydperk word deur faktore soos die omgewing, die organisasie, die groep, die taak, asook faktore wat hulle as individue raak, beïnvloed. Die opnamefase word deur 'n periode van kontak, of veldopleiding, gevolg. Gedurende hierdie fase word die nuweling aan die kompleksiteite van die polisiebeampte "op straat" blootgestel. Die finale fase is 'n proses van metamorfose; dit gebeur wanneer die lid vir 'n afsienbare tyd aan die organisasie blootgestel is.

 

NAVORSINGSMETODIEK

Hierdie was 'n longitudinale studie wat van kwasi-eksperimentele vooraftoets/agternatoets herhalende metodes gebruik gemaak het.

Tydperk 1: vooraftoets (keusefase) - aan die begin van die basiese opleiding van die betrokke rekrute (Januarie 2005);

Tydperk 2: eerste agternatoets (opnamefase) - aan die einde van die rekrute se basiese opleiding in 'n polisiekollege (Junie 2005);

Tydperk 3: tweede agternatoets (kontakfase) - aan die einde van die rekrute se veldopleiding in polisiestasies (Desember 2005);

Tydperk 4: derde agternatoets (metamorfosefase) - tien (10) jaar nadat die respondente die SAPD as rekrute/werknemers betree het (Junie 2014).

In terme van Faktor 1, het die faktoranalise statisties beduidende ladings (met >0.70 ooreenstemming) vir items (vrae) 23, 24, 21, 29, 27 en 30 getoon. Items 21, 23 en 24 kan meer spesifiek gegroepeer word ten opsigte van die respondente se persepsies oor betroubaarheid en getrouheid onder lede van die publiek, terwyl items 27, 29 en 30 die respondente se houdings teenoor die gevolge van hierdie eienskappe vir interaksie tussen die polisie en die gemeenskap uitgelig het. Die verhoudingsrigting tussen Faktor 1-ladings dui aan dat die respondente wat die publiek as gewoonlik bedrieglik en onbetroubaar beskou het, ooreenstemmend ook nie geglo het dat die publiek en die polisie goed sal saamwerk nie, en andersom.

Vrae wat statistiese verwantskappe in Faktor 2 ondersoek het, was items 29 en 30 (wat ook op Faktor 1 van toepassing was), asook item 25. Laasgenoemde het die respondente se persepsies oor die gemeenskap se vertroue in die polisie bepaal, terwyl vrae 29 en 30 die respondente se houding teenoor die gevolge van hierdie verhouding tussen die polisie en die gemeenskap bepaal het. Die resultate het getoon dat die respondente wat geglo het dat die publiek nie die polisie vertrou nie, ook van mening was dat die polisie en die publiek mekaar nie vertrou nie, en andersom.

Meningsopname

Soos deur die literatuur aanbeveel,1 is 'n dertig-item (30-item) vraelys ontwerp om die SAPD-respondente se houdings en persepsies ten opsigte van die polisiekultuurtemas solidariteit, isolasie en sinisme te ondersoek. 'n Fokusgroep, wat uit bestuurders in die SAPD en akademici in polisiewetenskap bestaan het, is gebruik om rigting aan die studie te gee.

Die individuele items in die vraelys is as gesloteantwoordvrae op 'n vyf-punt Likertskaal gestruktureer en is van hoog na laag tussen die opsies "stem sterk ooreen" (5) en "stem geensins ooreen" (1) versprei. Die 30-item self-verslagvraelys is in rangorde gemeet, wat beteken dat die skale onderling uitsluitend, onderling volledig, en in rangorde geplaas is. Elke opsie is 'n numeriese waarde toegeken sodat die verskille in die respondente se antwoorde geïdentifiseer kon word. Verskillende waardes is slegs aan items 22, 25 en 28 toegeken as gevolg van die rigting van die stellings. Alhoewel die itemskaal in rangorde gerangskik is, is die numeriese data volgens 'n intervalleskaal geanaliseer, sodat die kategorie-orde van die respondente se antwoorde bepaal kon word en sodat die spesifieke gewigte en frekwensies van die respondente se antwoorde teen en tussen tydperke 1, 2, 3 en 4 bepaal kon word.

'n Loodsstudie is in Desember 2004 gedoen. Een honderd (100) aktiewe SAPD-beamptes, wat in die Durbanse Metropool gestasioneer was, is by hierdie loodsstudie betrek. Die faktoranalise (VERIMAX-tegniek) het nege (9) faktore geïdentifiseer waarvan vier (4) aan die latente eiewaardekriterium (ook bekend as die eigenwaarde-een maatstaf of die Kaisermaatstaf voldoen het, met 'n eigenwaarde groter as 1.0 (soos aangedui in Tabel 1)).

 

 

Faktor 3 is gekenmerk deur 'n hoë lading (met >0.70 ooreenstemming) ten opsigte van items 2, 6, 5, 11 en 12. Hierdie items belig grotendeels waarom die respondente geglo het dat die polisie mekaar moet ondersteun. Respondente wat geglo het in 'n gemeenskaplike doel onder polisielede (raak ontslae van siegte elemente) en wat buitestaanders as onnodige kritici van die polisie gesien het, het ook geglo dat polisielede mekaar moet ondersteun; as gevolg van hierdie siening het hulle verkies om sosiaal met persone in die polisiediens te verkeer, eerder as met persone van buite. Items 14, 16, 23, 24 en 28 was statisties beduidende maatstawwe in terme van Faktor 4. Hierdie items het die omvang van die sosiale omgang tussen polisielede en persone van buite gemeet, asook die redes hiervoor. Die respondente wat aangetoon het dat hulle min met persone buite die polisediens gesosialiseer het sedert hulle opleidingsfase in die polisiediens, het ook aangedui dat die redes daarvoor gevind kon word in die gebrek aan samewerking met en ondersteuning vir die polisie deur die howe; skofwerk en spesiale take; en die persepsie dat, ten spyte van die feit dat die publiek ontvanklik vir die opinies en voorstelle van die polisie is, hulle [die publiek] steeds nie betroubaar is nie en dat hulle oor die algemeen oneerlik is, en andersom.

In terme van faktoranalises was daar oor die algemeen 'n hele paar van die vrae wat nie statisties beduidend in terme van enige van die vier (4) faktore (met eigenwaardes >1.0) was nie. Sommige van hierdie items was egter statisties beduidend in terme van meer as een (1) faktor. Hierdie bevinding was 'n aanduiding van 'n vermenging/samevoeging van meer algemene multi-dimensionele en spesifieke maatstawwe ten opsigte van houding en gedragspatrone.

'n Besondere uitdaging vir die operasionalisering van die polisiekonstrukte solidariteit, isolasie en sinisme het verband gehou met hulle struktuurlose en dus multi-dimensionele aard. Omdat die literatuur nie duidelik aandui hoe elke item met die ander moet vergelyk nie, is aanvanklik besluit (d.w.s. vir die vooraftoets, eerste agternatoets en tweede agternatoets) om 'n saamgestelde meetinstrument vir elke skaal te skep (skaal vir solidariteit - items 1-10; skaal vir isolasie - items 11-20; skaal vir sinisme - items 21-30). Uit die aard van die longitudinale studie is aanvaar dat elke item die verwagte temas (solidariteit, isolasie en sinisme) sou meet. Dieselfde prosedure is vir die derde agternatoets (Junie 2014) gevolg. 'n Kritiese vraag wat ontstaan het oor die meting van die konstrukte is of elke item, soos deur die literatuur uitgewys, beduidende sigwaarde sou toon ten opsigte van die meting van die omvang van solidariteit, isolasie en sinisme in polisiekultuur.

Verteenwoordigende Steekproef

Soos in Tabel 2 aangedui (Tydperk 4 - Junie 2014), was die respondente verteenwoordigend van al die nuweling SAPD-lede wat met hulle basiese opleiding in Januarie 2005 begin het. Die groot uitvalling tussen Tydperk 3 en Tydperk 4 kan, onder andere, deur die feit dat die deelnemers teen Tydperk 4 nie meer studentekonstabels was nie, verklaar word. Nog 'n faktor wat die laer vlak van deelname kon beïnvloed, is dat teen die tyd dat die derde agternatoets gedoen is, is slegs negentien (19) van die Tydperk 3-deelnemers gedurende hierdie tydperk bevorder: vyftien (15) is bevorder van Konstabel na Sersant en vier (4) is bevorder van Sersant na Adjudant Offisier. Volgens Statistics South Africa (2013) was die steekproef verteenwoordigend van die nasionale bevolkingsamestelling van die Swart etniese bevolkingsgroep (nasionale bevolking 79.8%; steekproef 79.63%). Die geslagsverspreiding in die SAPD was ietwat onder dié van die nasionale bevolking, aangesien die statistieke getoon het dat 34.48% (SAPD Jaarverslag, 2013/2014) van die 51% (Statistics South Africa 2013) vroulike lede van die bevolking in die SAPD werksaam was ten tye van die studie.

 

 

Administrasie van die ondersoek

Omdat die projek van twee herhalende maatstafontwerpe in twee (2) verskillende omgewings gebruik gemaak het, is die administrasie van die ondersoek tussen twee meetinstrumente afgewissel. Die vooraftoets en die eerste agternatoets is in die ses (6) basiese opleidingsinrigtings van die SAPD (hierna verwys as die BOIP), wat dwarsoor die land gevestig was, toegepas. Elke Bevelvoerende Offisier, wat om hulle samewerking genader is, het dit toegestaan. Oorkoepelende toestemming om die studie te doen is van die SAPD Hoofkantoor: Strategiese Navorsingsafdeling ontvang. Die volgende prosedure is vir elke fase van die ondersoek gevolg:

(1) Al die rekrute is in 'n saal byeengebring waar hulle van 'n tafel, stoel en swart rolpuntpen voorsien is.

(2) Die nuwelinge is ingelig oor die aard van die ondersoek, hulle vrywillige deelname, en die vertroulike aard van die projek, omdat alle data slegs vir navorsingsdoeleindes gebruik sou word.

(3) Rekrute wat die vrywillige deelname dokument onderteken het is voorsien van die vraelys, wat hulle in hulle eie tyd in die saal kon voltooi. (Alhoewel die vrywillige aard van die ondersoek aan die rekrute verduidelik is, is die hoë vlak van deelname op hierdie stadium moontlik 'n aanduiding dat hulle die projek nie as "vrywillig" bejeën het nie. Die vooraftoets is net nadat die rekrute vir opleiding by die BOIP's aangemeld het afgelê, wat in 'n baie vroeë stadium van aapassing in die para-militêre stelsel van die polisie-kolleges was).

(4) Nadat die vraelyste voltooi is, is dit deur beamptes in die BOIP's ingeneem, waarna dit verpak en deur 'n koerier na die navorsingsleier geneem is.

Die tweede agternatoets het 'n verandering in die metode vereis omdat die studentekonstabels op hierdie stadium na verskillende polisiestasies in 'n groot verskeidenheid areas in die nege (9) provinsies van die land oorgeplaas is. Tydens hierdie fase van die projek is die samewerking van die onderskeie toesighoudende Veldopleidingsoffisiere in die areas versoek. Dit is toegestaan en met dank aanvaar. 'n Soortgelyke proses soos dié in die opleidingskolleges is toegepas, veral met betrekking tot die deelnemers se skriftelike, vrywillige toestemming. Nadat die studentekonstabels vrywillig ingestem het om met die projek voort te gaan, het hulle die vraelys voltooi. Dit is dan saam met die getekende toestemmingsvorm aan die stasieadministrateur oorhandig. Hiervandaan is die vorms na die gebiedskantore geneem, waar dit deur die hoofnavorser afgehaal is, of van waar dit na die hoofnavorser geneem is.

'n Aangepaste metode is ook gevolg vir die derde agternatoets (September 2013 - Junie 2014). In hierdie tydperk is die agternatoetsdeelnemers telefonies gekontak en versoek om weer eens vrywillig aan die projek deel te neem deur vrae oor die telefoon te beantwoord.

 

ANALISE EN BEVINDINGS

Soos vroeër bespreek, moes die besluit geneem word of die data op mikrovlak geanaliseer moes word, en of saamgestelde maatstawwe wat uit algemene multi-dimensionele konstrukte bestaan geskep moes word. Die analises is eerstens op die makrovlak aangepak, waar die vrae ontleed is om te bepaal of daar enige aanwysers van die teenwoordigheid van geslagsneutraliteit en verandering in terme van die polisiekultuurtemas solidariteit, isolasie en sinisme onder SAPD-rekrute, wat hulle basiese opleiding in BOIP's in Januarie 2005 begin het, bestaan. Ten einde die vrae betekenisvol te beantwoord, moes die vraag gevra word: "Hoe geïsoleerd en sinies moet die polisie in werklikheid wees voordat die afleiding gemaak kan word dat die polisiekultuurtemas solidariteit, isolasie en sinisme genoegsaam teenwoordig is?" Hierdie besluitnemingsproses is gekenmerk deur 'n beperkte mate van wispelturigheid, maar dit was noodsaaklik dat die tendense in genoegsame mate teenwoordig moes wees voordat 'n defnitiewe afleiding gemaak kon word. Gedurende die eerste drie (3) assesserings (Januarie 2005, Junie 2005 en Desember 2005) is 'n inklusiewe gemiddelde waarde van laer as drie en twintig (23 - 54%) per individuele respondent ten opsigte van 'n spesifieke kultuurtema gekies as 'n kriterium op 'n skaal van tien (10) uit 'n moontlike vyftig (50), waar die laagste waarde die sterkste teenwoordigheid van 'n betrokke polisiekultuurtema gedemonstreer het (Meyer & Steyn 2009) - byvoorbeeld, tema 1: solidariteit (items 1 - 10). Met die bepaling van die laaste waardes, (Tydperk 4, Junie 2014), is die waardes wat aan die opnameskale toegeken is, omgekeer.

Met ander woorde, 'n afsnyskaal van nie minder nie as twee en twintig (22), op 'n skaal van nul (0) tot 'n moontlike veertig (40), waar die hoogste waarde die grootste teenwoordigheid gedemonstreer het, is vir Tydperk 4 gebruik.

Tabel 3 illustreer die gemiddelde waardes, asook die gemiddelde persentasies, van die respondente se antwoorde per tema per Tydperk.

 

 

In die algemeen kan dit van Tabel 3 en Tabel 4 afgelei word dat die kohort SAPD-kadette, wat hulle basiese opleiding by die ses (6) opeleidingskolleges (Pretoria, Chatsworth, Oudtshoorn, Graaff-Reinet, Phillippi en Bisho) in Januarie 2005 begin het, die organisasie met vooropgestelde idees, wat betref die polisiekultuurtemas solidariteit, isolasie en sinisme, betree het (Steyn 2006). Hierdie houdings is daarna óf gehandhaaf, óf versterk gedurende die periode van basiese opleiding aan die polisieakademie (Januarie 2005 - Junie 2005), asook gedurende die praktiese- of veld-opleidingstydperk (Julie 2005 - Desember 2005). Nege (9) jaar later het hierdie houdings versterk tot 'n gemiddelde waarde van amper 70% (69.85%). 'n Verhoging van agt persent (8.45%) vir solidariteit (items 1 - 10), agt persent (8.2%) vir isolasie (items 11 - 20), en sewe en 'n half persent (7.5%) vir sinisme (items 21 - 30) is waargeneem. Tabel 3 belig ook die waarneming dat vroulike rekrute, wat later as volwaardige lede in die polisiediens opgeneem is, meestal oor die hele 10-jaar tydperk sterker waardes t.o.v. die polisiekultuurtemas solidariteit, isolasie en sinisme as hulle manlike eweknieë gedemonstreer het. Die uitsonderings was Tydperke 2 en 3 vir solidariteit en Tydperk 4 vir isolasie, waar die manlike lede slegs een persent (1.15%) hoër waardes demonstreer.

 

 

Tabel 5 toon aan dat die respondente se reaksies op die ondersoek die voorafbepaalde afsnypunt van 'n gemiddelde waarde van 22 (55%) vir beide mans en vrouens vir alle items bereik het. Die uitsondering was item 15, waar die gemiddelde waarde egter steeds bo die middelpunt was. Daar was egter verskille in graad (4%> variansie) en soort. Wat laasgenoemde betref, het die manlike respondente 'n gemiddelde standpunt in die bevestiging van die isolasietema in item 15 ingeneem, terwyl die vroulike respondente 'n meer positiewe houding t.o.v. die item openbaar het. Graadverskille is ook waargeneem vir items 4, 10, 20 en 27. Vir die meeste van hierdie items het die manlike respondente 'n meer robuuste standpunt van ondersteuning ingeneem. Die uitsondering was item 4, waar die vroulike respondente die botoon gevoer het.

 

 

Tabel 6 dui aan dat, op mikrovlak, manlike en vroulike polisiebeamptes met 10 jaar ervaring in die SAPD glo dat hulle beroep, wat in gevaarlike en onveilige omstandighede uitgevoer moet word, hoë vaardighede en morele doelwitte vereis, en dat slegs unieke individue, wat in die breë gemeenskap gewerf word, die taak sal kan verrig. Sulke persone moet toegerus wees met die nodige eienskappe wat deur polisiewerk vereis word, soos byvoorbeeld gehardheid en 'n suspisieuse natuur. Groepe buite die polisiediens (bv. die publiek, mediaverteenwoordigers en politici) het min respek en begrip vir die spesiale omstandighede waarin die polisie hulle werk moet verrig, soos byvoorbeeld lae besoldiging, kritiek wat op skewe persepsies gebaseer is, en ondeurdagte voorskriftelikheid. Polisielede isoleer hulleself van buitestaanders (soos vorige vriende, familielede, die gemeenskap, die howe, en polisiebeamptes met hoë range), en verkies om met hulle eweknieë in die polisiediens te assosieer. Hulle neem aan dat die meeste mense jok wanneer hulle deur polisiebeamptes ondervra word, dat die meeste mense sal steel as hulle weet dat hulle nie betrap sal word nie, dat lede van die publiek onbetroubaar en oneerlik is en nie werklik bereid is om ander te help nie, dat die gemeenskap min respek vir polisiebeamptes en die werk wat hulle doen het, en dat die meeste mense ontoeganklik teenoor die gevoelens en aanbevelings van die polisie is.

Vroulike polisierekrute, wat uiteindelik as volwaardige lede van die polisiediens in diens geneem is, het meestal sterker waardes teenoor die polisiekutuurtemas solidariteit, isolasie en sinisme openbaar as hulle manlike eweknieë. Dit blyk uit nie-ewekansige kwalitatiewe studies (Prokos & Padavic 2002) dat, in sommige gevalle, vroulike lede as buitestaanders in die polisiediens beskou en hanteer word, hoofsaaklik as gevolg van die manlik-georiënteerde waardes en etos wat steeds die polisiekultuur deurspoel. Voorbeelde hiervan is die gebruik van geslagspesifieke taal in beide die interne en eksterne operasionele omgewings in die polisiediens, 'n oorbeklemtoning van geslagsverskille, die weerhouding van vroulike lede van aktiwiteite waar manlike lede spesiale bande smee, en 'n weerstand teen die gesag van sterk vroue in die polisiediens. In teenstelling met hulle manlike eweknieë, kan hierdie geslagsgebaseerde isolasie 'n dubbele lading op die skouers van vrouens in die polisiediens plaas; hulle word nie alleenlik van die breër gemeenskap geïsoleer nie, maar beleef ook gevoelens en situasies van isolasie binne die organisasie self.

 

GEVOLGTREKKING

Hierdie artikel is ingelei met verwysing na aspekte wat deur die literatuur uitgelig is en wat hopelik rigting sou gee aan die ondersoek in terme van polisiekultuurtemas. Die navorser het die volgende spesifieke vrae gevra: (1) "Het die aanstelling van meer vrouens as polisiebeamptes daartoe bygedra dat die eienskappe van die polisiekultuurtemas isolasie van en sinisme teenoor die publiek ingekort word?" (2) "Is daar aanduidings van die teenwoordigheid van die polisiekultuurtemas solidariteit, isolasie en sinisme onder 'n steekproef SAPD-lede?" Indien sulke aanduidings wel bestaan het, is gepoog om te bepaal of hulle neutraal was in terme van geslag en verandering, met verwysing na Van Maanen (1975) en Manning (1998) se stadia van polisiekultuursosialisering, naamlik: (1) keuse [choice] - aan die begin van basiese polisie-opleiding (Januarie 2005); (2) opname [admittance] - aan die einde van die basiese opleidingstydperk in die polisiekollege (Junie 2005); (3) kontak [encounter] - aan die einde van veldopleiding (Desember 2005); en (4) metamorfose [metamorphosis] - nege jaar nadat basiese opleiding voltooi is (Junie 2014).

Hierdie studie gee erkenning aan die feit dat daar 'n legio ander items is wat gebruik kon word om die polisiekultuurtemas solidariteit, isolasie en sinisme te ondersoek, maar hierdie weglatings moet nie as 'n beperking gesien word nie. Alle keuses ten opsigte van die maatstawwe wat gebruik is, is uiteindelik benaderings van die ware konstruk. Dus veronderstel hierdie studie geensins dat daar 'n direkte korrelasie tussen houding en gedrag is nie, en ook nie dat die gevolgtrekkings veralgemeen en dus op die SAPD as geheel van toepassing gemaak kan word nie.

Na aanleiding van die data-analises en die bevindinge, kom hierdie artikel tot die gevolg-trekking dat die verteenwoordigende monster van SAPD-lede, wat met hulle basiese opleiding in Januarie 2005 begin het (d.w.s. volgens Van Maanen (1975) en Manning (1989) se keuse-fase van polisiekultuur sosialisering), ongeag hulle geslag, vir opleiding aangemeld het met voorop-gestelde idees wat die polisiekultuurtemas solidariteit, isolasie en sinisme ondersteun het. Hierdie sentimente is óf volgehou, óf versterk ten tye van hulle basiese opleiding (Van Maanen (1975) en Manning (1989) se opname-fase van die polisiekultuur sosialisering), asook tydens hulle veldopleiding (Van Maanen (1975) en Manning (1989) se kontak-fase van polisiekultuur sosialisering). 'n Verdere nege (9) jaar van ervaring in die polisiediens (Van Maanen (1975) en Manning (1989) se metamorfose-fase van polisiekultuur sosialisering) het min bygedra om hierdie standpunte te verander; dit is eerder bevestig en versterk. Hierdie studie het dus tot die gevolgtrekking gelei dat die aanwending van meer vrouens in die polisiediens nie veel bygedra het om die tendens van sinisme teenoor en isolasie van die publiek teen te werk nie. Inteendeel, soos aangedui deur Westmarland (2012), Brogdan en Shearing (1993), Heidensohn (1992), Sutton (1992) en Young (1991), bestaan die mootlikheid dat vrouens wat vir die polisiediens gewerf word, eerder mettertyd hulle vroulikheid inboet as polisiebeamptes.

'n Onverwagte bevinding was nie net die aanvanklike sterker houding van vrouens ten opsigte van die polisiekultuurtemas solidariteit, isolasie en sinisme in teenstelling met dié van hulle manlike eweknieë nie, maar ook dat hierdie houdings onder vroue in 'n groter mate as dié van mans versterk en verstewig is na 10 jaar in die polisiediens. Hierdie bevinding verleen gewig aan die begrip van 'n "koesterende kultuur" wat mettertyd binne die polisiekultuur ontwikkel in terme van die behoud en vaslegging van die polisiekultuurtemas solidariteit, isolasie en sinisme. Die veronderstelling is dat polisieorganisasies lede werf (ongeag geslag) wat reeds met die persoon-likheidseienskappe, waardes en houdings toegerus is wat die organisasie se kultuur en die voorop-gestelde idees van sy werknemers siklies versterk. Hierdie studie weerspreek dus huidige etnograwe (Cockcroft 2013; O'Neill, Marks & Singh 2007; Sklansky 2005) se gewilde standpunt dat die konvensionele eienskappe van polisiekultuur verouderd, onlogies en ontoepaslik is as gevolg van ontwikkelinge in polisiëring.

Die bevindings van hierdie studie mag hervormingsgesind en veroordelend voorkom as gevolg van die teenstrydighede wat hierbo uitgewys is, maar die doel hiervan is verklarend eerder as beskuldigend. Die navorser beskou die polisiekultuurtemas solidariteit, isolasie en sinisme as bewustelike, normale strategies wat aangewend word om te oorleef en om fisiese en emosionele bedreigings en leed die hoof te bied.

 

BIBLIOGRAFIE

Alpert, G.P., Dunham, R.G. & Stroshine, M.S. 2006. Policing: continuity and change. Long Grove, Illinois: Waveland Press.         [ Links ]

Bayley, D.H. & Shearing, C.D. 1996. The future of policing. Law & Society Review, 30(3): 585-606.         [ Links ]

Brogden, M. & Shearing, C. 1993. Policing for a new South Africa. London: Routledge.         [ Links ]

Chan, J. 1997. Changing police culture. Cambridge: Cambridge University.         [ Links ]

Chan, J. 2001. Negotiating the field: new observations on the making of police officers. The Australian and New Zealand Journal of Criminology, 34(2):114-133.         [ Links ]

Chan, J. 2003. Fair Cop: learning the art of policing. Toronto: University of Toronto.         [ Links ]

Christopher Commission. 1991. Report of the independent commission on the Los Angeles Police Department. Los Angeles: The Commission.         [ Links ]

Cockcroft, T. 2013. Police culture: themes and concepts. London: Routledge. Constitution of the Republic of South Africa. 1996. Act No 108. Pretoria: Government Printer.         [ Links ]

Coser, L. 1956. The functions of social conflict. New York: The Free Press.         [ Links ]

Crank, J.P. 2004. Understanding police culture. (2nd ed). Florida: Anderson.         [ Links ]

Drummond, D.S. 1976. Police culture. Beverly Hills: SAGE.         [ Links ]

Fielding, N.G. 1988. Joining forces: police training, socialization and occupation competence. London: Routledge.         [ Links ]

Hall, J.R. & Neitz, M.J. 1993. Culture: sociological perspectives. Englewood Cliffs: Prentice-Hall.         [ Links ]

Heidensohn, F. 1992. Women in control? Oxford: Clarendon.         [ Links ]

Interim Constitution of the Republic of South Africa. 1993. Act No 200. Pretoria: Government Printer.         [ Links ]

Kingshott, B. & Prinsloo, J. 2004. The universality of the "police canteen culture". Acta Criminologica, 17(1):1-16.         [ Links ]

Lonsway, K., Moore, M., Harrington, P., Smeal, E. & Spillar, K. 2003. Hiring & retaining women: the advantages to law enforcement agencies. National Center for Women & Policing. Online. Available at: http://www.womenandpolicing.com/pdf/NewAdvantagesReport.pdf (accessed 16 October 2014).         [ Links ]

Manning, P.K. 1977. Police work. Cambridge: MIT Press.         [ Links ]

Manning, P.K. 1989. The police occupational culture in Anglo-American societies. New York: Garland.         [ Links ]

Manning, P.K. 1997. Police work: the social organisation of policing. 2nd ed. Prospect Heights: Waveland.         [ Links ]

McNulty, E. 1994. Generating common-sense knowledge among police officers. Symbolic Interaction, 17: 281-294.         [ Links ]

Meyer, M.E. & Steyn, J. 2009. Nurturing isolation in the South African Police Service: a comparison of male and female recruits. Policing: An International Journal of Police Strategies & Management, 32(1):108-127.         [ Links ]

Meyer, M.E., Steyn, J. & Gopal, N. 2013. 'Exploring the public parameter of police integrity'. Policing: An International Journal of Police Strategies & Management, 36(1):140-156.         [ Links ]

Miller, J. 2003. Police corruption in England and Whales: an assessment of current evidence, Online Report 11/03. London: Home Office, Research, Development and Statistics Directorate.         [ Links ]

Mufamadi, S. (former Minister for Safety and Security). 1994. Media Release by the Minister of Safety and Security. 25 May. Cape Town.         [ Links ]

Niederhoffer, A. 1967. Behind the shield. New York: Doubleday Anchor Books.         [ Links ]

O'Neill, M., Marks, M. & Singh, A. 2007. Police occupational culture: new debates and directions. London: Elsevier.         [ Links ]

Paoline III, E.A., Myers, S.M. & Worden, R.E. 2000. Police culture, individualism, and community policing: evidence from two police departments. Justice Quarterly, 17: 575-605.         [ Links ]

Prokos, A. & Padavic, I. 2002. 'There oughtta be a law against bitches': Masculinity lessons in police academy training. Gender, Work and Organisation, 9 (4): 439-459.         [ Links ]

Redfield, R. 1939. The folk society and culture. The American Journal of Sociology, 45: 731-742.         [ Links ]

Reuss-Ianni, E. & Ianni, F. 1983. Two cultures of policing: street cops and management cops. New York: Transaction Books.         [ Links ]

Roberg, R., Crank, J. & Kuykendall J. 2000. Police and society. 2nd ed. Los Angeles: Roxbury.         [ Links ]

Schein, E.H. 2004. Organizational culture and leadership. 3rd ed. San Francisco, California: Jossey-Bass.         [ Links ]

Schraeder, M., Tears, R.S. & Jordan, M.H. 2005. Organizational culture in public sector organisations: promoting change through training and leading by example. Leadership and Organizational Development Journal, 26(6):492-502.         [ Links ]

Shearing, C. & Ericson, R. 1991. Culture as figurative action. British Journal of Sociology, 42: 481-506.         [ Links ]

Sklansky, D.A. 2005. 'Police and democracy'. Michigan Law Review, 103:1699-1830.         [ Links ]

Skolnick, J.H. & Fyfe, J.J. 1993. Above the law: police and the excessive use of force. 3rd ed. New York: The Free Press.         [ Links ]

Skolnick, J.H. 1966. Justice without trial. New York: John Wiley & Sons.         [ Links ]

Skolnick, J.H. 1994. Justice without trial: law enforcement in democratic society. 3rd ed. New York: Wiley.         [ Links ]

South African Police Service Act. (1995). Act No 68. Pretoria: Government Printer.         [ Links ]

Steyn, J. & De Vries, I.D. 2007. Exploring the impact of the SAPS basic training institutes in changing the deviant police culture attitudes of new recruits. Acta Criminologica, 20(1):1-34.         [ Links ]

Sutton, J. 2002. Women in the Job. New York: SAGE.         [ Links ]

Tuomey, L.M. & Jolly, R. 2009. Step up to law enforcement: a successful strategy for recruiting women into the law enforcement profession. The Police Chief. Online. Available at: http://www.policechiefmagazine.org/magazine/index.cfm?fuseaction=display_arch&article_id=1820&issue_id=62009 (accessed 24 January 2015).         [ Links ]

Van Maanen, J. 1975. Police socialization: a longitudinal examination of job attitudes in an urban police department. Administrative Science Quarterly, 20: 207-228.         [ Links ]

Van Maanen, J. 1976. Breaking in: socialization to work. Chicago: Rand McNally.         [ Links ]

Westmarland, L. 2012. Gender and policing. London: Routledge.         [ Links ]

Willis, P. 1990. Common culture: symbolic work at play in the everyday cultures of the young. Boulder: Westview.         [ Links ]

Young, M. 1991. An Inside Job. Oxford: Claredon.         [ Links ]

 

 

 

Jean Steyn is tans die akademiese leier van navorsing in die Skool vir Toegepaste Geesteswetenskappe (wat die dissiplines Kriminologie en Forensiese Studies, Sielkunde, Maatskaplike Werk, en Kommunikasie, Media en Samelewing insluit) binne die Kollege vir Geesteswetenskappe aan die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN). Voor-heen het Jéan die posisie van medeprofessor in die Departement van Veiligheid en Sekuriteitsbestuur by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) vir net meer as 'n dekade beklee. Hy was ook voor sy akademiese loopbaan 'n funksionele lid en bevelvoerder in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) vir tien jaar. Jéan het 'n doktors-, meesters en BA-graad in Polisiëring; asook 'n BA, met Sielkunde en Kriminologie, sowel as 'n Nasionale Diploma in Polisiebestuur. Hy het opgetree as voorsitter van die Polisieportefeulje van die Kriminologie en Viktimologie Vereniging van Suider-Afrika, sowel as Hoofredakteur van die Suider-Afrikaanse Tydskrif vir Kriminologie (Acta Criminologica). Hy is 'n erelid van die Internasionale Polisie Vereniging en die Polisie Vereniging van Suid-Afrika (POLSA). Jéan is ook professioneel geregistreer by die Suid-Afrikaanse Raad vir Personeelpraktyk (SABPP) en die Veiligheid en Sekuriteit Sektorale Onderwys- en Opleidings-owerheid (SASSETA). Hy het verskeie navorsings-toekennings, waaronder beste Fakulteit Geestes-wetenskappe junior navorser van die jaar, asook Fakulteit Geesteswetenskappe senior navorser van die jaar ontvang. Hy het talle artikels in hoë-impak joernale nasionaal en internasionaal gepubliseer, sowel as boeke, en hoofstukke in boeke. Hy spesialiseer in openbare polisie organisatoriese ontwikkeling, en meer spesifiek, die polisiekultuur.
Jèan Steyn is currently the Academic Leader of Research in the School of Applied Human Sciences (including the disciplines of Criminology and Forensic Studies, Psychology, Social Work, and Communication, Media and Society) within the College of Humanities at the University of KwaZulu-Natal (UKZN). Before taking up this position, Jéan was employed as an associate professor by the Department of Safety and Security Management at the Tshwane University of Technology (TUT) for just over a decade. Prior to this, he was a functional member and commander in the South African Police Service (SAPS) for ten years. Jéan holds a doctorate, masters and bachelor's degree in policing, a Bachelor of Arts majoring in psychology and criminology, and a National Diploma in police management. He has acted as chair of the Policing Portfolio of the Criminology and Victimology Society of Southern Africa as well as editor-in-chief of the Southern African Journal of Criminology (Acta Criminologica). He is an honorary member of the International Police Association (IPA) and the Police Association of South Africa (POLSA). Jéan is also professionally registered with the South African Board of Personnel Practice (SABPP) and the Safety and Security Sector Education and Training Authority (SASSETA). He has received multiple research awards, including best Faculty of Humanities junior researcher of the year, as well as Faculty of Humanities senior researcher of the year. Having published numerous articles in high-impact and accredited national and international journals, books and chapters in books, Jéan has also presented various papers and on occasion chaired conferences and symposiums around the world. His research specialisation is public police organisational development, and more specifically - police culture.
1 Kyk Niederhoffer (1967); Van Maanen ( 1976); Reuss-Ianni & Ianni (1983); Bayley & Bittner (1989); Manning (1989); Shearing & Ericson (1991); McNulty (1994); Skolnick (1994); Chan (2001) en Crank (2004).

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License