SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue1"Koos says..." : A critical discourse analysis of the meta-capital of a prominent South African media tycoonThe First World War as factor in the South African entry into the international community author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.56 n.1 Pretoria Mar. 2016

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n1a11 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS

 

Schreiner vs. Joubert: Hul vernuwende rol in die Suid-Afrikaanse literatuursisteem

 

Schreiner vs Joubert: Their innovating role in the South African literary system

 

 

H.P. van Coller; Marian Human-Nel

Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans Universiteit van die Vrystaat E-posse: vcollerh@ufs.ac.za; HumanNelMJ@qwaqwa.ufs.ac.za

 

 


OPSOMMING

Die doel van hierdie artikel is om die wedersydse werking tussen literatuur en die samelewing te illustreer aan die hand van twee konkrete literêre voorbeelde. Daar word in hierdie verband gekyk na die invloed van die maatskappy op dit waaroor hierdie gekose skrywers op 'n gegewe moment skryf en die invloed van die sosiopolitieke omstandighede op die beoordeling van sodanige tekste. Binne die literêr-sistemiese benadering wat hier gevolg word, met die aanname dat die literêre teks slegs een (hoewel belangrike) aspek is van 'n literêre sisteem, word ook gekyk of die tekste en die ontvangs daarvan weer 'n uitwerking het op die maatskappy/sosiale of sosiopolitieke omgewing waaroor daar geskryf is. Die werk van twee alombekende Suid-Afrikaanse vroueskrywers, Olive Schreiner (1855-1920) en Elsa Joubert (1922-), spesifiek Schreiner se teks, The Story of an African Farm (1883), en Joubert se baanbrekende roman, Die swerfjare van Poppie Nongena (1978), word gebruik om hierdie resepsie-ondersoek1 te loods. Daarom is die fokus ook op die ontvangs van hierdie tekste deur hekwagters2 in die literêre veld3 tydens die onderskeie resepsie-periodes.4 Daar word tot die slotsom gekom dat beide skrywers onderskeidelik met elk van hierdie romans literêre verwagtings deurbreek het, literêre vernuwing gebring het, en naas literêre waardering, ook erkenning gekry het van 'n breër (lesers)publiek. Ten slotte word op η vergelykende wyse aangedui hoe hierdie literêre normdeurbreking nie net bygedra het tot vernuwing van die afsonderlike literatuursisteme nie, maar ook die sosiopolitieke sfeer in Suid-Afrika beïnvloed het.

Trefwoorde: Literatuur en samelewing, literêre sisteem, literêre prestige, realisme verwagtingshorison, normdeurbreking, maatskaplike en sosio-politieke gebeure, Poppie, African Farm


ABSTRACT

This article is an illustration of the reciprocity between literature and society and their mutual interdependence. The underlying hypothesis is that literary texts are not a random selection but form part of a system. This (literary) system is a hypothesised construct, and owing to the internal relations there should be a hierarchical structure - which infers a competition as far as positions are concerned - and the system (although not necessarily hermetically closed) has a boundary. Critics stress the fact that a system should be described as interdependent rather than merely interconnected or interwoven and that the interdependence of entities within the system is the basic focus of systems theory. Cultural (or literary) systems are open systems because they cannot function in isolation and are dependent on their economic, political, etc. environment for their continuing existence and survival. A cultural field is for Bourdieu a representative social space of cultural activity where different hierarchically arranged institutions, rules, rituals, conventions, categories, etc. produce (and legitimize) discourses and activities. In his terminology a cultural field is a network of relations between groups and individuals that are in constant flux and in contestation for what he terms "capital" and the distribution thereof. The extent of power that belongs to any said individual is determined by his or her position within the field and the capital that he or she owns. According to Bourdieu the field of power is divided between competing groups and polarised between the holders of economic and political power, who are dominant over all, and the holders of "cultural capital", who are structurally subordinate, but with the (symbolic) power to legitimize or discredit the dominant group. In this article it is illustrated that the two exemplary texts, A story of an African Farm, 1883 (by Olive Schreiner) and Die swerfjare van Poppie Nongena, 1978 (by Elsa Joubert) indeed deeply influenced the political field in South Africa. Both novels are seminal texts in the canon of South African literature and both focus on the plight of women. Where Schreiner 's text is mainly concerned with male domination, Joubert's text also focusses on racial domination. And both novels make a strong case for a feministic consciousness. In this article society is seen as the starting point, that which is represented by both auhors, that which influences the reception of both novels and that which in the final analysis is deeply influenced by the novels. This inter-connectedness of texts, authors, publishers and reviewers is a central thesis of all systems-related theories: Even-Zohar (1990:43-44) defines a producer as groups or social communities engaged in the production of "products" which can be "an utterance, a text, an artifact, an edifice, an 'image ' or an 'event'". The production of these "cultural items" is closely linked to what he calls reportorium, "the aggregate of rules and materials which govern both the making and handling or production and consumption of any given product" (p. 39), the "shared knowledge necessary for producing (and understanding) a 'text'" (p.40). This article focusses on the reception1 of the two novels by gate keepers2 in the Literary Field3 within the specific periods4. The conclusion is that both novels can be seen as watershed-novels due to the fact that they transgressed the horizon of expectation (Jauss), that they were norm-breaking novels that brought about fundamental literary innovation and enjoyed a great deal of recognition, not only by literary critics but by society at large. In conclusion, a comparative approach reveals that literary transgression of norms not only fundamentally changes and enhances literary systems, but also society at large.

Key words: Literature and society, literary system, literary prestige, realism, horizon of expectation, breaking of literary norms, social and socio-political events, Poppie, African Farm


 

 

1. INLEIDING: DIE LITERÊRE SISTEEMTEORIE

Von Bertalanffy (1901-1972) wat een van die grondleggers van die sisteemdenke was, bestempel die sisteem as "a set of elements standing in interrelations"; "the functional elements hypothesized by the system approach are considered as interdependent and correlated" (Von Bertalanffy 1968). Ook uit die beskrywing van (Even-Zohar 1990:85) en Schmidt (1992:216) kan afgelei word dat die sisteem 'n hipotetiese konstruksie is met interne verhoudings en samehang; gerangskik in hiërargiese orde en met grense. Vir Schmidt (1992:220-221) is dit die estetiese konvensie wat die belangrikste is en die literêre sisteem se grense "are produced and maintained because agents develop differentiating criteria allowing them to distinguish between what, for them, is literary and non literary".

Schmidt (1992:215-216) onderskei vier "rolle", naamlik: literêre produksie, literêre verspreiding, literêre resepsie en literêre prossessering. Laasgenoemde sluit herskrywing, parafrasering en evaluering in. Even-Zohar (1990:43-44) beskryf 'n produsent as enige individu of groep wat produkte (soos tekste) skep. Die skep van hierdie kulturele produkte hou verband met die reportorium, "the aggregate of rules and materials which govern both the making and handling or production and consumption of any given product" (p. 39), the "shared knowledge necessary for producing (and understanding) a 'text'" (p.40).

Pierre Bourdieu (1986; 1994), die bekende Franse smaaksosioloog, het die begrip van die relatief outonome Literêre Veld geskep. Dit het sy eie hiërargie en wette en kan gesien word as vergelykbaar met die literêre sisteem. Binne hierdie veld is daar verhoudings én konflik, omdat daar meegeding word om "kapitaal" wat in die Literêre Veld sinoniem is met prestige, status en outoriteit. Die Literêre Veld is deel van die Kulturele Veld wat weer deel vorm van Sosiale en Politieke Velde. Al is die laasgenoemde velde magtiger, beskik die Literêre Veld en die groepe daarin oor simboliese mag wat ook die ander groepe raak. Só kan 'n roman wat skynbaar slegs 'n papierproduk is, die Politieke Veld nie net raak nie, maar ook verander. Hiervan is daar genoeg voorbeelde in die geskiedenis: ook Schreiner en Joubert se romans het soos ons sal aanvoer 'n kragtige uitwerking gehad.

1.1 Olive Schreiner (1855-1920)

Sy was die negende van twaalf kinders uit die huwelik van Rebecca Lyndall (1818-1903) en sendeling Gottlob Schreiner (1814-1876). Sy word groot in uiters armoedige omstandighede en ervaar as negejarige dogtertjie die traumatiese dood van haar kleinsus. Omdat haar ouers nie meer vir haar en haar broer kon sorg nie, word hulle in die sorg van h Afrikanergesin op h plaas buite Graaff-Reinet in die Oos-Kaap geplaas. Die onderrig wat sy aan die eenvoudige plaaskinders bied en hul reaksie daarop, word ook vir haar 'n emosionele en intellektuele ervaring. Sy pen haar ervarings neer in h teks, The story of an African farm, waarmee sy in 1883 debuteer. Haar begeerte om in 'n mediese rigting te studeer neem haar na Brittanje waar sy in kontak kom met radikale sosiale bewegings. Sy keer later terug na Suid-Afrika, nie as mediese dokter nie, maar as skrywer, pasifis en feminis en bemoei haar lewenslank met veldtogte teen Britse imperialisme, etnosentrisme en rassisme. Haar uitgesprokenheid oor maatskaplike kwessies word later ook vervat in onder andere Trooper Peter Halkett of Mashonoland (1897) en Women and Labour (1911) - h teks waarna later ook verwys word deur M.E.R., bekende skrywer en baanbreker vir die Afrikanervrou (sien 3. van hierdie artikel). Olive beleef as volwasse vrou verskeie terugslae: haar huwelik met Havelock Ellis was nie gelukkig nie; haar enigste dogtertjie sterf sestien uur na haar geboorte, maar dit was veral haar voortdurende asma-aanvalle wat haar werksaamhede as skrywer en menseregtevegter in die wiele gery het. Sy sterf in 1920 alleen in h klein woonstel in Wynberg en word sonder h religieuse seremonie langs haar dogtertjie begrawe - op h koppie wat uitkyk oor die Karooplaas waaroor sy geskryf het in The story of an African farm.

1.2 Elsa Joubert (1922-)

Burger (2015:519) maak die volgende belangrike opmerking oor Elsa Joubert se skrywerskap: "Om aan die een kant 'vasgebind' te wees aan jou mense, aan jou vaderland, jou volk, en om aan die ander kant 'n morele kompas te volg wat wegwys van 'n uitsluitende en onderdrukkende nasionalisme, is 'n spanning wat sentraal staan in Joubert se oeuvre." Elsa Joubert is gebore in 1922 in die Paarl in 'n huis waar die vader 'n stoere nasionalis en die moeder Engelssprekend was. Dit verlei 'n mens byna om die problematisering van en soeke na identiteit en 'n sterk feministiese inslag in haar werk na hierdie biografiese feit te herlei, soos dikwels ook gedoen word met Elisabeth Eybers - ook gebore in 'n huis met 'n vaderlandsliewende vader en Engelse ma, óók in haar werk dikwels behep met (vroulike) identeit.

Joubert skryf in 'n Wonderlike geweld (2005), die eerste deel van haar outobiografie, uitvoerig oor haarjeug en die (ideologiese) kragte wat op haar ingewerk het, haar Hugenote-erfenis en veral die nawerking van die taalstryders wat ten nouste verbind is met die Paarl waar die Genootskap vir Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875 gestig is. 'n Patriot is iemand wat lief is vir sy land, beweer die vader en sy neem haar voor om ook eendag skrywer én patriot te wees (Burger 2015:521). Op 'n ironiese wyse bereik sy beide doelwitte, maar die invulling van die begrip "patriot" geskied op 'n eiesoortige wyse: toenemend handel haar werk oor uitreik na die ander, medemenslikheid eerder as chauvinistiese eiebelang en die nastrewe van 'n breër Suid-Afrikanerskap eerder as eng Afrikaner-nasionalisme.

Joubert ervaar reeds op 'n relatief jong ouderdom as student 'n onvrede met die Nasionale Party weens sy kleurbeheptheid. Haar lewensloop is ook in 'n ander opsig merkwaardig. In 'n tydperk toe Europa gewoonlik die bestemming was van reisende jong dames "van goeie herkoms", voer haar reise haar na afgeleë gebiede, onder andere in Afrika en omstreke. Sy reis meestal alleen in 'n verbete poging nie net om "uit die patroon te breek nie", maar ook om al reisende haarself te ontdek (kyk ook Burger 2015: 523). D.Z.J. van den Berg wys ook in sy proefskrif (1993) in hoe 'n mate Joubert se reise grondstof bied vir haar belletristiese prosa en hoe daar dikwels bykans van 'n simbiotiese verhouding sprake is tussen reisverhale en romans. Tog is daar ook 'n duidelike ontwikkeling in haar reisprosa wat aanvanklik nog in die teken staan van verslae tipies van die koloniale reisiger soos Sangiro voor haar (Van Coller 1998:60). Burger (2015:525) wys daarop dat net soos Antjie Krog se latere reis na Timboektoe, vind daar 'n hartsverandering plaas by Joubert, 'n hartsverandering "van 'n vrou wat uit hoogs individuele omstandighede iets ervaar van deelname aan 'n groter menswees as die uitsluitende, eng Afrikanernasionalisme [...] om uit te kom by wat Said (1994:215) 'n 'integrerende mensbeskouing' noem."

 

2. TEORETIESE BENADERING TOT DIE WERKLIKHEID

Beide Schreiner en Joubert se tekste word in die algemeen beskou as 'n reaksie op die maatskaplike konteks waarin die skrywers hul onderskeidelik bevind het. Sterker selfs: ontbloting van die "waarheid" omtrent die werklikheid van die tyd word die basis waarop hierdie twee tekste skynbaar berus:

Joubert (15 Des 2004:argief.litnet) verklaar self dat die rede waarom die boek Die swerfjare van Poppie Nongena (1978) so "'n groot impak gehad het, was dat amper elke leser geweet het wat daar staan - is die waarheid". Schreiner weer, maak die volgende uitspraak:

(...) the gift of the creative imagination untrammeled by contact with any fact, may spread their wings. But, should one sit down to paint the scenes among which he has grown, he will find that the facts creep in upon him. Those brilliant phases and shapes which the imagination sees in far-off lands are not for him to portray. Sadly he must squeeze the colour from his brush, and dip it into the grey pigments around him. He must paint what lies before him. (Iron, R - skuilnaam van Schreiner Junie 1883)

Thomas Vaessens staan in sy werk 'n maatskappy-betrokkenheid van skrywers voor; trouens, letterkunde word deur hom beskou as h dinamiese diskursiewe kunsvorm wat voortdurend in interaksie is met die samelewing/maatskaplike omgewing wat op sy beurt deur ´n spesifieke diskoers en ideologie gestruktureer word. Letterkunde bestaan dus in 'n sosiale raamwerk en nie in 'n vakuum nie en dit wil selfs voorkom of die estetiese nie noodwendig die primaat geniet nie: "Schrijvers moeten geëngageerd zijn. Of ze mooie zinnen kunnen schrijven, is niet zo belangrijk" (Kyk: Peeters 2009; Vaessens 2009). Die geskrewe teks moet ook vir die breër publiek leesbaar wees en nie net vir sogenaamde "fynproewers" nie. Vaessens sien literatuur as 'n tipe "subkultuur" waar die idee van "hoge kunst" verander moet word tot 'n kultuur wat gebaseer is op "die smaak en die stem van die volk" (Peeters 2009). Tog gee Vaessens (2013) genoeg voorbeelde wat toon dat hy die vermeende "objektiwiteit" van die realisme bevraagteken; dit bly steeds 'n representasie van die werklikheid wat onder meer seleksie veronderstel. Die realisme word dikwels vergelyk met die uitvinding van die fotografie as 'n tegniese ontwikkeling, maar juis "(d)at zetten schrijvers aan het denken over het werklijkheidsgehalte van hun werk". 'n Realistiese teks veronderstel dat die romanskrywer die werklikheid (her)skep.

Literatuur kan natuurlijk nooit de werklijkheid tonen, zoals een foto dat kan. Het blijft een creatie in taal. Maar juist door dicht tegen de werklijkheid aan te schuren, kan het de lezer aan het denken zetten. (Cloostermans 2013:88)

2. 1 Realisme

Lukâcs (1885-1971), die neo-marxistiese literatuursosioloog, gaan uit van die standpunt dat "de politieke en maatschappelijke bevrijding van de wereld [zich steeds krachtiger] ontvouwt [...], maar de nevels van de reactie vertroebelen nog altijd het denken van groter volksmassas. Deze situasie legt een grote verantwoordelijkheid op aan de literatuur. Een heldere politieke en maatschappelijke visie is voor de schrijver niet voldoende; voor hem is de literair heldere kijk evenzeer onmisbaar" (Lukâcs 2001:21). Die roman word gesien as die verbeelding van die sosiale werklikheid eerder as wat dit die verbeelding van individuele of persoonlike lewens is. Daar word druk op die skrywer geplaas en wel wat betref die wyse waarop die sosiale werklikheid of die maatskappy deur skrywers in hul tekste weergegee word. Die skrywer kry die rol van "realistische artistieke vormgewing" opgelê en dit sluit 'n morele verantwoordelikheid in: "de literaire eerlijkheid" (Lukâsc 2001:17, 18). Hiervolgens veronderstel realisme dat die skrywer méér as die sosiale werklikheid van sy tyd moet weergee; dat die skrywer daartoe in staat sal wees om hom-of haarself die kragte te verbeel wat op hierdie werklikheid sal inwerk om die nodige verandering mee te bring en dat letterkunde in staat moet wees om as 't ware 'n distillaat te wees van sosiale konflikte van sy tyd. Letterkunde verkry sodoende 'n funksionele rol in die samelewing en word ook aan die sosiopolitieke omstandighede van die tyd gekoppel: "het grote realisme is geroepen om in de democratische vernieuwing van de naties een ongekende leidende rol te spelen" (Lukâcs 2001:20). Daarom werk die letterkunde soms ontstellend of selfs destabiliserend op bestaande betekenisse in die samelewing in. Volgens hierdie histories-materialistiese literatuursosiologiese beskouing het literatuur inderwaarheid twee uiteenlopende funksies: dit "moet waarheidsgetrouw weergeven wat zij tegelijkertijd dient te verander" (Van Luxemburg et al. 1983:99). Verandering is moontlik wanneer die teks 'n lesersreaksie aktiveer.

2.2 Verwagtingshorison

'n Lesersreaksie word volgens resepsie-estetici kritici bepaal deur die verwagtingshorison waarmee die leser lees. Jauss (1921-1997) sien die verwagtingshorison as die literêre sowel as die histories-kulturele agtergrond waarmee lesers tekste benader. Twee hoof-verwagtingshorisonne word onderskei: die een wat in die teks self vervat is en die verwagtinghorison van die betrokke sosiale konteks of samelewing van die leser wat deur die werk ingedra word. Op grond van vorige leeservarings tree die leser in dialoog met die teks. 'n Gesprek/diskoers kom sodoende tot stand. Die verhouding "teks-leser" wat hieruit voortspruit, beteken die bestaan van verwagtingshorisonne waar die wisselwerking tussen teks en leser beskou word as die punt waar literêre ervaring en lewenservaring nader aan mekaar gebring word. Jauss se begrip "verwagtingshorison" is hewig gekritiseer, juis omdat dit uiters moeilik is om dit empiries vas te stel (kyk onder andere Mandelkow 1978:40). Volgens Mandelkow is daar eintlik verskeie verwagtingshorisonne wat gelyktydig bestaan: ten opsigte van skrywer, werk en die periode.

Tussen teks en leser ontstaan voorts, volgens Jauss, h estetiese afstand wat bepalend vir die estetiese waarde van die teks is. 'n Evaluasiebasis word gevorm wanneer horisonooreenstemming, -opheffing en -omvorming plaasvind. Omdat daar geen presiese korrelasie tussen die fenomeen wat in die literêre teks beskryf word en die objekte in die wêreld van die werklike leser se lewe bestaan nie, ontstaan 'n verrassingselement - hoe groter die "verrassing", hoe waardevoller is die teks. Daarom sal die estetiese waarde van die teks ook afhang van die mate waarin die werk die leser verras. Die grootte van die verrassingselement dra by tot die toetrede van die teks tot die kanon5 (Jauss 2001:194). Dit is veral hierdie siening van Jauss wat aanleiding gegee het tot hewige polemieke omdat die logiese konsekwensie daarvan is dat 'n onverstaanbare teks dus as die "beste" gereken sou kon word. Desondanks is sy gehanteerde normdeurbreking nuttig as 'n manier om verskillende verwagtingspatrone aan te dui. Jauss huiwer dan ook nie om die verwagtingshorison "intrinsiek literêr" te noem nie (Jauss 1978:74).

2. 3 Normdeurbreking

Dit is ook Jauss (1970) wat verduidelik dat hierdie verrassing die grootste is wanneer die teks daargestelde norme deurbreek. Die verrassing veroorsaak egter 'n spanningsverhouding tussen "de afwijkende (vernieuwende) impulsen en de gecanoniseerde literaire traditie" (De Geest 1996:22):

Vernieuwing is dus niet uitsluitend een esthetische categorie. Factoren als innovatie, verrassing, overtreffen, herordening en vervreemding, waaraan de formalistische theorie uitsluitend betekenis hechtte, kunnen het niet helemaal verklaren. Vernieuwing wordt ook een historische categorie, wanneer de diachrone analyse van de literatuur verder wordt doorgevoerd. (Jauss 2001:203)

Die verbreking van bestaande norme beteken verandering. Wanneer bestaande norme deur nuwe norme vervang word, vind vernuwing van die sisteem plaas. Daarom veronderstel litera-tuurgeskiedskrywing nie slegs die sinchroniese en diachroniese opeenvolging van sisteme nie, maar is dit ook ingebed in die algemene geskiedenis van die samelewing waarin dit voorkom. Wanneer normdeurbreking dan 'n antwoord op maatskaplike kwessies gee, vervul literatuur sy "maatschappij-vormende funksie":

De maatschappelijke functie van de literatuur wordt pas daar als authentieke mogenlijkheid manifest waar de literaire ervaring van de lezer deel uitmaakt van de verwachtingshorizon van zijn dagelijks leven, vorm geeft aan zijn wereldbeeld, en daardoor ook weer op zijn maatschappelijk gedrag inwerkt. (Jauss 2001:211)

 

3. SCHREINER: OPENBARING VAN 'N SOSIALE WERKLIKHEID

Ondanks die gangbare siening in die negentiende eeu dat "(l)iterature cannot be the business of a woman's life, and it ought not to be" (Southey 1837), slaag Olive Schreiner daarin om aan die einde van die negentiende eeu 'n "onkonvensionele lewensfilosofie (te) ontwikkel en dit (te) verkondig met 'n vrymoedigheid wat vir daardie era ongebruiklik was. Toe haar eerste boek verskyn, het haar stem 'n ongebruiklike klank besit wat dadelik die aandag getrek het" (Schoeman 1989:431).

In 1883 the English-speaking world was startled by the appearance of a brilliant new literary star. A young South African woman had produced a first novel that made her famous almost overnight. It was The Story of an African Farm. The Story of an African Farm was published under the pen-name of Ralph Iron: in those days women authors were still fighting for acceptance. The book was a protest against society's hypocrisy and its attitude to women -(...). (Reader's Digest 1981:218)

Van der Merwe en Viljoen (1998:36) wys daarop dat die "Suid-Afrikaanse Engelse skryfster Olive Schreiner (1855-1920) 'n sterk pleidooi vir hierdie idee gelewer" het. Die realiteit van die onderdrukkende posisie waarin die Suid-Afrikaanse vrou haar bevind, vorm die kern van wat as 'n feministies georiënteerde teks beskou kan word. Schreiner (1883) skroom nie om dit wat sy as die "werklikheid" ervaar, neer te skryf nie. Die minderwaardige posisie van vroue in die patriargale verhouding is die "werklikheid" wat sy wil oopskryf. Dit wil voorkom of African Farm - wat na meer as 'n eeu steeds in aanvraag is, dus naby staan aan die samelewing wat sy wou representeer.

When Ralph Iron's Story of an African Farm first appeared in January 1883 it was welcomed for its bold address to contemporary issues: the status of religious belief and the status of women. Schreiner's novel, with its sensitivity to all forms of oppression - sensitivity central to South African fiction - rightly linked the oppression of childish consciousness by an authoritarian patriarchal dogma to the social curtailment of female consciousness. (Clayton 2004:7)

Dit is derhalwe duidelik dat sy die verwagtingshorison van lesers soos vroeër geformuleer aan die hand van Mandelkov op verskillende vlakke deurbreek het. Nie net was haar feministiese boodskap in die teks verrassend nie; die feit dat daar 'n vrou haar skuilhou agter die naam van die outeur Ralph Iron, het later bygedra tot 'n verdere deurbreking van lesersverwagting. In 'n sekere sin kan dit in verband gebring word met die bekende Engelse misdaadskrywer, P.D. James, wat aanvanklik aangesien is as man, juis omdat sy gevoel het dat vroulike misdaadskrywers se werk aan bepaalde verwagtings moes voldoen.

Stereotipering binne die Afrikaanse literatuur en van die Afrikaanse literatuursisteem op sigself is vir 'n groot deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis veral geassosieer met die tipe waardes wat gewoonlik in 'n moderne Westerse samelewing 'n bevoorregte posisie het en "vanselfsprekend" voorgestel word as "blanke, manlike, Westerse, heteroseksuele waardes" (Malan 1992:242). As deel van die Suid-Afrikaanse samelewing is die Afrikanerman tradisioneel gesien as "boer" en die Afrikanervrou as "volksmoeder". Hierdie geslagsrolle word in die Afrikaanse literatuur as kultuurproduk van die Afrikaner weerspieël. Binne die raamwerk van die "volks-konsep" kom geslagsrolle na vore in die "patriargale ruimte, waarin erfopvolging oorheers, patriargale waardes domineer en die vaderfigure dikwels dominerend is". 'n Gestereotipeerde beeld van die man word geplaas teenoor 'n gestereotipeerde beeld van die vrou. Van Coller (1995) dui aan hoe die "Afrikaanse plaasroman" as "ideologiese refleksie van die politieke en sosiale werklikheid in Suid-Afrika" gelees kan word. Hierin word die boere uitgebeeld as die "forse, primitiewe figure (...) met sterk aardse drifte, gestrenge godsdienstigheid, gebondenheid aan die seisoene en aan die aarde, liefde vir die grond, ensovoorts" (kyk Van Coller 1995:23, 24, 26). Hierteenoor staan "vrouefigure dikwels in die teken van voortplanting en word hulle gereduseer tot enersyds die dienende Martas en andersyds die sterk pioniersvrou" (Van Coller 1987:29).

Binne die Suid-Afrikaanse literatuursisteem word dié gestereotipeerde rolle binne die patriargale bestel vir die eerste keer weerspieël in African Farm. Alhoewel daar verskeie standpunte oor die realisme en die rol van die verbeelding daarin bestaan, word die karakters deur Schreiner in African Farm geskep as betreklik outobiografies beskou. Schoeman (1989) wys onder andere daarop dat die karakter Lyndall by uitstek 'n "outobiografiese figuur" is. Enersyds word aangedui dat Schreiner se voorkoms en haar beskrywings van Lyndall se voorkoms sodanig ooreenkom dat dit "geen moeite kos om Lyndall te sien in die gedaante wat op die foto's en in die beskrywings van Olive gedurende die sewentigerjare vasgelê" is nie. Andersyds is karaktereienskappe, soos "volslae onbedagsaamheid en egoïsme", deel van beide Olive as skryfster en haar karakter Lyndall. Uit navorsingwerk oor die persoon Olive en haar skryfwerk word veral African Farm uitgesonder as 'n outobiografiese werk - ten opsigte van die ruimte, maar veral ten opsigte van haar karakters - "in dié sin dat Olive haar diepste oortuigings in hulle beliggaam het" (Schoeman 1989:422).

Die rol van die man in die Suid-Afrikaanse (Boere-) samelewing aan die einde van die 19e eeu word kort en kragtig in African Farm uiteengesit :

"'I don 't believe in a man who can't make a woman obey him.'" (Schreiner 2004:193)

Hierteenoor word die rol van die "volksmoeders", wat die idee van moederskap met die behoeftes van die volk kombineer, deur Schreiner se volksmoederkarakter, Tant' Sannie, weergegee:

"'I am very gladyou are going to be married, my child, 'said Tant'Sannie... 'marriage is the finest thing in the world. I've been at it three times, and if it pleased God to take this husband from me I should have another. There's nothing like it, my child; nothing. '

'Perhaps it might not suit all people, at all time, as well as it suits you, Tant' Sannie, ' said Em. There was a little shade of weariness in the voice.

'Not suit every one! said Tant' Sannie. 'If the beloved Redeemer didn't mean men to have wives what did He make women for? That's what I say. If a woman's old enough to marry, and doesn't, she's sinning against the Lord - it's a wanting to know better than Him. What, does she think the Lord took all that trouble in making her for nothing? It's evident He wants babies, otherwise why does He send them? Not that I've done much in that way myself, ' said Tant' Sannie sorrowfully; 'but I've done my best.'...

'There's nothing like being married,' said Tant' Sannie, as she puffed towards the door. 'If a woman's got a baby and a husband she's got the best things the Lord can give her; if only the baby doesn't have convulsions. As for a husband, it's very much the same who one has. Some men are fat, and some men are thin; some men drink brandy, and some men drink gin; but it all comes to the same thing in the end; it's all one. A man's a man, you know. '" (Schreiner 2004:274)

Stereotipering van die Afrikanerman sowel as die Afrikanervrou kan hieruit afgelees word. M.E.R. (volgens Steyn) wys op die uitwerking van hierdie teks op die samelewing wanneer sy aandui dat daar miskien nog "óu mense" is wat Olive Schreiner nie vir haar African Farm kan vergewe nie:

Die boek gaan oor die Karooplaas van 'n 'Boer woman', tannie Sannie, 'n growwe walglike karikatuur van 'n mens. Die paar Afrikaners in die boek is ook grof, dom, onbeskaaf. Die boek het baie aandag getrek in Engeland en die VSA, en so het 'n nare beeld van wat aangeneem word as die tipiese Afrikaner die Engelssprekende wêreld ingegaan. Ek dink sy uitwerking is steeds nog van krag. 'n Skrywer weet nooit wie en hoe hy gaan tref nie. Wat vir ons in hierdie boek so onvergeetlik was en so pynlik getref het, was dat die Afrikaner, wat as individu beskryf is, hier en oorsee aangeneem is as tipe. Die afstootlike halfgeskoolde 'tant Sannie' word herhaaldelik beskryf as 'the Boer woman'. 'n Kwaai fout: 'n misdaad eintlik. (Steyn 2004:497, 498)

Aan die ander kant word die gesagsposisie van mans soos verwoord deur 'Tant Sannie', tog bevestig in ondersoeke soos onder andere dié van Britz en Pienaar (2002), Van Coller (1995) en Van der Merwe (1994). Aan die einde van die neëntiende eeu het die Afrikanerman binne die Suid-Afrikaanse samelewing voor 'n krisis te staan gekom. Binne die Suid-Afrikaanse samelewing, sowel as binne die Afrikaanse literatuursisteem, sou sodanige stereotipering daartoe bydra dat dit vir die Afrikanerman moontlik was om mag te verkry. Met die oorgang tot die twintigste eeu was dit vir die Afrikanerman noodsaaklik om hierdie mag te behou, want die "patriargale opset moes bewaar word indien die ontwikkeling van Afrikaans tot handhawing en versterking van 'n onafhanklike, Christelik-Afrikaanse volkskultuur moes lei" (Britz & Pienaar 2002:223):

Traditional gender roles are connected to Afrikaner nationalism and Afrikaner religion, the two other foundations of Afrikaner ideology. The gender role is necessary for the survival of the (white) Afrikaner; and it is defended by references to the Bible, especially to the letters of Paul. So we have three closely linked elements in the dominant tradition of Afrikaner thinking, namely group identity (Nationalism), traditional gender roles and Christian religion. We could call this ideological combination: nationalistic patriarchal Christianity; and perhaps put the 'christianity' in inverted commas. (Van der Merwe 1994:52)

Die verwoording van vroue se ondergeskikte posisie in hierdie patriargale opset in African Farm, plaas Schreiner in 'n leidende rol ten opsigte van die emansipasie van die Suid-Afrikaanse vrou. Deur haar bydrae tot die realisme, toon Schreiner - eie aan die realisme - h besorgdheid met en geïnteresseerdheid in die lewe van gewone mense, veral die van die vrou:

She had a passion for the cause of women, which gives immortal value to her Story of an African Farm. (Generaal J.C. Smuts oor Olive Schreiner in Friedlander 1967:19)

Met verdere inagneming van die volgende aanhalings uit African Farm, wil dit tog voorkom of die Afrikanervrou nie altyd haar rol maar net aanvaar het nie. Dit is veral deur die karakter Lyndall wat feministiese oortuigings verwoord word:

"It is delightful to be a woman; but every man thanks the Lord devoutly that he isn t one."

"What would knowledge help me? The less a woman has in her head the lighter she is for climbing. I once heard an old man say, that he never saw intellect help a woman so much as a pretty ankle; and it was the truth.'"

"Men are like the earth and we (women) are the moon; we turn always one side to them, and they think there is no other, because they don t see it - but there is." (Schreiner 2004:175, 176, 186)

Wanneer Lyndall sê: "We are only the wood, the knife that carves on us is the circumstance" (Schreiner 2004:240), word aangesluit by die klassieke beeld van die vrou wat in 'n burgerlike samelewing geïdeologiseer word om haarself die reg op individualiteit en selfverantwoordelikheid te ontsê en die patriargale dominering van alle aspekte van 'n sosiokulturele en sosiopolitiese bestaan te aanvaar. Dit word saamgevat in die bekende stelling van De Beauvoir (1972:301): "One is not born a woman, one becomes one"; 'n siening wat deur die gebruikmaking van die karakter Lyndall alreeds deur Schreiner daargestel is:

"- if I might but be one of those born in the future; then, perhaps, to be born a woman will not to be born branded ... But we are cursed ... born cursed from the time our mothers bring us into the world till the shrouds are put on us. Everything has two sides - the outside that is ridiculous, and the inside that is solemn." (Schreiner 2004:176)

Hierdie teks is gelaai met dit wat op daardie stadium van die geskiedenis van Suid-Afrika, sowel as binne die Suid-Afrikaanse literêre sisteem, sosiaal onaanvaarbaar was. Clayton (2004:7) toon aan dat "Schreiner's story and Lyndall's story are the same story, linked by (the) awareness that any preordained fate removes an element of free will, individual choice, and liberty of movement". Giliomee (2004:631) bevestig hierdie stelling: "(s)oos Olive Schreiner geskryf het, was die Boerevroue feministe lank voordat dit in Europa mode geword het" (Giliomee 2004:631). Nogtans slaag African Farm daarin om die samelewing soos dit daar uitgesien het aan die einde van die negentiende eeu te verras. Sosiale druk het Olive Schreiner as vroulike skrywer genoodsaak om haar agter 'n manlike naam te verskuil.

Victorian England was interested in what the novel said. The fact that it was set in the distant Karoo instead of Piccadilly gave it an added charm, as did the soon discovered fact that the literary armour of Ralph Iron concealed a vulnerable and ardent colonial girl. (Clayton 2004:8)

Die aanvanklike resepsie van die teks was gerig op die betekenisstruktuur - waaroor en waarin die vertelling afspeel en plaasvind. Dit was die kriteria waarvolgens literêre waarde aan die teks toegevoeg is en waarvolgens dit in 'n hiërargie van literêre tekste binne 'n nie-Afrikagerigte literêre veld geplaas is. Die openbaring dat die skrywer van die teks "'n vrou" is en nie "'n man" soos aanvanklik voorgegee is nie, veroorsaak 'n totaal ander resepsie van dieselfde teks.

A certain glamour was added to judicious morality and literary talent. As soon as there was glamour and femininity there was also patronage: the novel became 'more remarkable' for being the work of a young woman, but it also betrayed the faults of a beginner; there were 'faults of proportion and perspective', or the story was too vague, the characters were 'minds rather than bodies'. These criticisms persisted until recently. (Clayton 2004:8)

'n Veranderde benadering deur kritici tot dieselfde teks tree in werking wanneer daar besef word dat dit eintlik 'n "vroueteks" is. Die "glamour" wat nou daaraan toegevoeg word, is eintlik 'n degradering of veralgemening van die teks (of waarskynlik 'n popularisering, wat op hierdie stadium nie 'n kriterium vir die bepaling van die "literêre" was nie) en ontneem dit sy "uniekheid" en in 'n mate ook "literariteit".6 Verder word daar selfs op tegniese vlak fout gevind wat met die aanvanklike beoordeling van die "manneteks" nie bygedra het tot die plasing daarvan in 'n hiërargie van literêre werke nie. Dit is Clayton (2004:10) wat in die voorwoord tot die hersiene uitgawe van African Farm opmerk: "The history of the novel's criticism provides a wonderful illustration of the maxim that we should trust the tale and not the teller".

Met African Farm openbaar Schreiner 'n werklikheid wat later deel word van 'n daadwerklike poging om die sosiale bestel te verander. Haar betoog vir die vrou as deel van die werkersklas word verwoord in haar alombekende Woman and Labour (1911).

Instead of becoming a parasite, the woman should be absorbed, as an equal, into the labour market. Olive Schreiner was equally critical of male and female attitudes. (Reader's Digest 1981:218)

Alhoewel Schreiner die patriargale bestel aanval met African Farm en Woman and Labour (1911), word nie sy of haar tekste binne die Engelse literatuursisteem misken nie. Binne die Afrikaanse literatuursisteem neem dit bykans honderd jaar voordat Afrikaanse vroueskrywers dit waag om hul stem teen die patriargale bestel dik te maak. Steyn (2004:498) sien ooreenkomste tussen Schreiner en M.E.R. - een van die eerste Afrikaanse vroueskrywers wat tot optrede oorgaan:

M.E.R. was altyd gesteld daarop om 'n saak in sy volle waarheid te stel; eintlik byna net soos Schreiner. 'Sy het tog die Waarheid aanbid met haar hele oorlaaide hart', skryf sy in 1955 aan Hennie Aucamp oor Olive Schreiner. Nie net in 1958 nie, maar in die jare twintig het M.E.R. vir Olive Schreiner in die bresse getree. Dit was in 'n artikel oor Thoughts on South Africa - The life of Olive Schreiner van S.C. Cronwright-Schreiner. Sy wys daarop dat Schreiner nâ tant Sannie anders oor die Afrikaner geskryf het. In 1899 het Schreiner 'weer die Boervrou geneem as tipe van wat die hoogste en die edelste in die vrou is en het dit voorgestel op 'n manier wat myn insiens enige beskrywing in The Story of an African Farm oortref'. As verdere verdediging van Schreiner se roman vertel M.E.R. in 1923 in haar bespreking van Stories, dreams and allegories van 'n Britse fabriekswerkster wat haar spaargeld, uit 'n karige weekloon gespaar, na 'n pro-Boer-familie gebring het om dit na die vroue in die konsentrasiekampe te stuur. Die betrokke dame het haar gevra wat haar beweeg het om die geld te gee, en die antwoord was: 'Nou, ek het Olive Schreiner se Story of an African Farm gelees en ek wil graag iets doen vir haar mense.'

Met hierdie teks verkry Schreiner feitlik oornag literêre prestige.7 Alhoewel dit waaroor sy geskryf het vir h groot deel van die Suid-Afrikaanse gemeenskap van haar tyd as destabiliserend ervaar is, is sy tog as pionier gesien. Wat van belang is, is die plek wat sy met haar romans in die Suid-Afrikaanse letterkunde van haar tyd ingeneem het en die bydrae wat sy daartoe gelewer het.

(S)pesifiek met The Story of an African Farm, wat in 1883 in druk verskyn het, het Olive Schreiner naamlik die grondlegger of in elk geval die inisieerder geword van 'n letterkunde wat nie net in Suid-Afrika of deur Suid-Afrikaners geskryf is of Suid-Afrikaanse karakters, tonele of temas bevat nie, maar waarin Suid-Afrika self tot wesenlike element verwerk is. (Schoeman 1989:434)

 

4. JOUBERT: OPENBARING VAN 'N SOSIO-POLITIEKE WERKLIKHEID

Die verskyning van Elsa Joubert se roman Die swerfjare van Poppie Nongena aan die einde van 1978 was een van die opspraakwekkendste gebeurtenisse in die moderne Afrikaanse prosa. (Roos 1998:80)

Hierdie roman is bekroon met verskeie literêre pryse soos die Louis Luyt-prys en die W.A. Hofmeyr-prys, word in 2012 aangewys as een van die beste honderd boeke uit Afrika, verskyn as vervolgverhaal in Rapport én die verhoogproduksie trek ook landswyd (én oorsee) vol sale.

Burger (2015:530) skryf volledig oor hoe Joubert haar huishulp, Eunice Ntsatha, se storie op band opgeneem het in haar moedertaal, Afrikaans, en dit later gerekonstrueer het. Feite is noulettend gekontroleer en Joubert het probeer om die oorspronklike Afrikaans wat invloede van IsiXhosa en Engels getoon het, te behou. Uiteraard is outentisiteit 'n baie belangrike aspek in so 'n teks wat die nie-fiksionaliteit van die storie vooropstel.

Appropriasie van die stem van "die Ander" lei maklik tot beskuldigings van paternalisme en opportunisme; aan die ander kant is dit belangrik dat skrywers soos Karel Schoeman en Joubert hul posisie gebruik om stem aan die misdeeldes te gee. Burger (2015:530) maak in hierdie verband gebruik van Gyatri Spivak se begrip "subaltern" om te verwys na die onderwerpte persoon wat nie blank is nie en nie deel vorm van 'n onderdrukte groep nie. Omdat Joubert stem gee aan "Poppie"/Eunice is die werk nie net dokumentäre fiksie nie, maar kan dit ook gesien word as "ego-dokument" soos Jacques Presser hierdie tekste genoem het (Wolfswinkel 1994:136) waarin inderwaarheid die outobiografie van Eunice beslag kry. Daardeur skakel dit meteen met nie net die Afrikaanse ego-dokumente van veral vroue oor byvoorbeeld die Anglo-Boereoorlog (18991902) nie, maar met 'n veel meer universele tendens van "getuienisse", veral oor traumatiese gebeurtenisse (kyk byvoorbeeld Van de Berg 2009). Oor die Tweede Wêreldoorlog het daar in Nederland in die afgelope jare 'n stortvloed van ego-dokumente verskyn, geeneen so bekend as die dagboeke van Anne Frank (1947) en Etty Hillesum (2004) nie.

Dit is veral Joubert se hantering van die vertelstem wat in die resepsie baie (uiteenlopende) aandag en evaluering gekry het. Die eerste kritikus wat hom uiters negatief hieroor uitlaat, is Gerrit Olivier (1979:13) wat veral die vertelsituasie skerp kritiseer. Hy vind byvoorbeeld dat Joubert een van twee "logiese uitweë" moes gekies het "of 'n eerstepersoonsroman met Poppie aan die woord, of 'n 'onbetrokke' verteller wat algemeen-beskaafde Afrikaans praat en aan Poppie soms die woord gee". Olivier (op cit.) het ook besware teen die struktuur van die roman en sê: "Omdat die ordenende hand van die verteller in so 'n groot mate ontbreek, maak Die swerfjare 'n nogal rommelige en fragmentariese indruk." Richard Rive (1980) reageer skerp op Olivier se resensie en beweer dat die boek sy eie (narratologiese) patroon bepaal en dat Poppie eintlik in die sentrum van alles staan. Voorts beskuldig hy Olivier van politieke naïwiteit en onverskilligheid.

In Olivier se repliek (1980) verwerp hy al die laasgenoemde beskuldigings oortuigend, maar krabbel kwaai terug oor sy eie vroeëre oordeel wat hy self nou "erg eensydig" noem. Hy sinjaleer nou ook die wyse waarop die verteller "die taalgebruik van Poppie sy eie maak" en noem dit selfs "voortreflik". Desondanks herhaal hy baie van sy besware teen die vertelwyse wat hy "slordig" noem, omdat die verteller Poppie soms loslaat en mededelings maak oor die gedagtewêreld van ander karakters. Dit lyk asof Olivier die verteller as personaal sien en nie as ouktorieel nie. Olivier dui dan ook verskeie "breuke" in die perspektief aan.

L.S. Venter (1984) maak 'n voortreflike analise van die vertelwyse in hierdie roman waarin hy die vertelwyse knap vind. Hy wys daarop dat daar 'n persoonlike verhouding bestaan tussen die verteller en die romanpersoon "én dit wil die intieme Afrikaansheid van hierdie relasie onderstreep" (Venter 1984:114). Poppie staan "van die eerste woord van die roman af as vertellerkarakter op die voorgrond, en nie as reflektor-karakter nie" [...] Wat met die beginsin ["'Ons is Gordonia-boorlinge' sê Poppie"] in die kleine te kenne gegee word, is dat ons in Die swerfjare met 'n sóórt roman te make het, naamlik met 'n diëgetiese roman en sy 'berichtende Erzählung'."

Steward van Wyk (1992:40) eggo Venter en praat in hierdie verband van 'n "gerepresenteerde outeurs-bewussyn" en die "gerepresenteerde karakterbewussyn". Volgens hom vind daar in die roman 'n versmelting plaas van die wit skrywer en die swart verteller (Burger 2015: 532). Dit staan bekend as 'n "interferensieteks" in die woorde van Schmidt (1973). Volgens Burger (ibidem.) verdoesel Joubert nie haar teenwoordigheid nie en openbaar sy haar as bevoorregte wit vrou wat nie net Poppie se storie medieer nie, maar ook aandadig is aan haar lot.

Elsa Joubert neem 'n prominente plek in die Afrikaanse literatuursisteem in - nie net as 'n vrou onder ander vroueskrywers nie, maar veral omdat sy 'n leidende rol speel in die totale sfeer van Suid-Afrikaanse skrywers wat die "hier en nou" van die sosiopolitieke konteks in hulle skryfwerk vergestalt. Brink (1982:178) wys op 'n "besondere kenmerk van die dekade Sewentig"; dat skrywers sedert hierdie periode "toenemende" belangstelling toon om onder andere "die land se politieke spanning en oorlogklimaat" by hul tekste in te sluit.

Twee van die belangrikste skrywers in Afrikaans, John Miles en Elsa Joubert, word dikwels gekarakteriseer as by uitstek betrokke prosaïste. In hul uitbeelding van sosiopolitieke realiteite, die bykans uitsluitlike fokus op die swart/wit-verhouding in 'n Afrika-konteks, die afwysing van 'n eksklusiewe Afrikaner-nasionalisme en die ontginning van bestaande dokumentêre materiaal, is hulle werk beslis aktuele letterkunde. (Roos 1998:80)

Joubert slaag nie net daarin om 'n dominante posisie in die literatuursisteem van Afrikaans in te neem nie, maar lewer 'n bydrae tot 'n totaal nuwe dimensie binne die sisteem. Haar invloed kring sodanig uit dat sy daarin slaag om in die volgende dekades binne die sisteem te bly. Die teks Die swerfjare van Poppie Nongena (1978) slaag daarin om in sowel die literêre sfeer as onder die Suid-Afrikaanse leserspubliek soveel aandag te trek dat rekordverkoopsyfers bereik word. Dit word een van die grootste verkopers in die geskiedenis van die Afrikaanse roman. Verder word dit duidelik dat kriteria rondom die "waarskynlike leser" onderhewig is aan sosiale veranderinge en dat dit in die Afrikaanse literatuursisteem alreeds besig was om te gebeur.

Uit die besonder hoë verkoopsyfers en die intense mediakommetaar (dit is ook in verskeie tale vertaal en as toneelstuk verwerk) het dit geblyk dat die boek 'n opmerklike impak op die gewone Afrikaanse leser gehad het, en in 'n groot mate die toenemende konflik tussen staatsbeleid en die visie uitgedra deur die letterkunde, verwoord het. (Roos 1998:81; kyk ook Van Niekerk 1999:407)

Daar is reeds gewys op die talle pryse wat Joubert met hierdie roman verower het. Daarby kan nog gevoeg word die Hertzogprys en twee eredoktorate waarby dié roman swaar geweeg het. Die literêre prestige wat sy daardeur verwerf, was gegrond op "haar besondere hantering van die Afrika-aktualiteit en van die tydgenootlike politieke kwessies, reeds sedert haar debuut in 1948, waardeur Joubert die verwagtingspatroon deurbreek het en in werklikheid een van die eerste betrokke outeurs in Afrikaans word" (Roos 1998:102). Binne die Suid-Afrikaanse samelewing word die Afrika-aktualiteit van die tyd as 'n "ideologiese skaakmat" beskryf. Volgens Giliomee (2004) was 'n "kombinasie van politieke arrogansie en kulturele onsekerheid (...) die aanleidende oorsaak van die Soweto-opstand" op 16 Junie 1976, "wat 'n keerpunt in apartheid was. Vir die Afrikaanse kulturele establishment was dit belangrik dat Afrikaans sy "regmatige" plek ook in swart hoërskole inneem:

Die kwessie van Afrikaans was die direkte aanleiding tot die proteste van die Soweto-leerlinge (...). Dit was duidelik dat ideologie eerder as opvoedkundige oorwegings die deurslag gegee het. (Giliomee 2004:530, 531)

Waarskynlik veral as gevolg van sensuur wat gedurende die sewentiger- en vroeë tagtigerjare geweldig streng toegepas was, is die prosateks as betrokke literatuur veral deur die verligte skrywer gebruik om in diens van die gemeenskap te staan deurdat dit eintlik die mees direkte pogings word om die werklike sosiopolitieke situasie aan 'n oningeligte publiek bekend te stel (kyk Weideman 1982:1-8):

"Twee jaar nadat ek begin werk het, het die Soweto-opstande uitgebreek en dit het versprei na Kaapstad. Weer het dieselfde angs om die keel wat my na Sharpeville gepak het, my beetgekry. Dit was die Voorsienigheid wat die vrou wat Poppie sou word, op die oggend van die tweede Kersdag 1976 na die bloedige opstande by Nyanga-Oos na my laat kom het om vir my te sê: Ek wil vir jou vertel.

"Nou het dit vir my nie meer gegaan om literatuur nie.

"Vriende wat gedeeltes van die Poppie-verhaal gelees het, het vir my gevra: wat skryf jy, 'n roman, 'n feiteverslag, 'njoernalistieke stuk, 'n sage? In watter taal skryfjy dit, want Afrikaans soos ons literatuur dit ken, is dit sekerlik nie. Ek het nie omgegee nie. Die begrip Literatuur was weggespoel in die dwingendheid van die waarheid wat moes vertel word. "Vir die eerste keer in my skrywende lewe het ek werklik nie omgegee oor literatuur nie, ek wou nou net die lewe van die een swart vrou probeer werklikheid maak." (Joubert 1985:205)

Betrokke literatuur was dus eintlik die enigste manier om die ware werklikheid aan die publiek oor te dra. Afrikaanse literatuur verkry hier 'n duidelik joernalistieke funksie en is dit waarskynlik die rede dat die Afrikaanse leserspubliek (asook anderstalige lesers, aangesien haar werk vertaal is) gedurende hierdie tydperk eintlik meer betrokke by die literêre was as wat ooit besef is.

"Ek dink die groot basis van kommunikasie tussen leser en skrywer is nie net daarin gesetel hoe hy skryf of wat hy skryf nie, maar in wat hom so erg pla dat hy daaroor moet skryf en of hy so skryf dat die geldigheid van die ding wat hom pla, oorgedra word aan die leser, hom saamvat, (dat) dit hom ook kan pla." (Joubert 1985:138)

Joubert se betrokkenheid plaas haar in h leidende rol as vroueskrywer. Vernuwing in die werk van vroueskrywers kom na vore deurdat vroue nou nie meer slegs die ideologiese skaakmat van die patriargale bestel beskryf nie, maar buite die huis begin beweeg en deel word van die sosiopolitieke ideologiese skaakmat - net soos wat Poppie 'n pion van die ideologiese sosiopolitieke skaakmat van die tyd en sosiopolitieke omstandighede word: "In Die swerfjare van Poppie Nongena bly Poppie reisend. Sy is nêrens tuis nie: nie in Mdantsane nie en ook nie in die Kaap nie". Sosiopolitieke omstandighede van die tyd word die "Afrika-aktualiteit" soos beskryf deur Joubert (kyk Van der Spuy & Van Vuuren 2007:120).

"Nou is daar nie meer tyd om buite ons land te kyk nie. Nou's dit op die been af, na binne. Nou's dit hier vlak by ons, dis die hier en die nou.

"Dit was vir my die oomblik van waarheid.

"Vier jaar later het ek Die Swerfjare van Poppie Nongena gepubliseer en dit was my stelling oor hoe ek dinge in ons land sien, oplaas.

"My werk het altyd gereageer op direkte konflik van buite."

(Joubert 1985:204)

Joubert skroom nie om 'n politieke standpunt in te neem nie, veral nie in die afwysing van 'n eksklusiewe Afrikaner-nasionalisme nie: "Die swerfjare van Poppie Nongena kan hier as waterskeiding gesien word, want dit is met hierdie roman dat die kritiek op die apartheidsisteem openlik word en waar die minderwaardige behandeling van die meerderheid Suid-Afrikaners op grond van hul velkleur ontbloot word. Waar sy haar romans buite Suid-Afrika geplaas het, is sy hierna bereid om haar romans in Suid-Afrika te laat afspeel" (Van der Spuy & Van Vuuren 2007:127).

"Ek dink die tyd was ryp vir die boek, daar was geen teenstand nie, geen haatbriewe of haatoproepe nie, ek dink die lesers het ook besef dis die waarheid wat sy lees, want sy of hy ken dit uit hulle eie agterplaas." (Joubert 1985:205)

Volgens feitlik al die resensies is "van die boek gesê dat die Afrikaner nooit weer kan sê: 'Maar ons het nie geweet nie'":

Nou het Elsa Joubert ''n boek geskryf - ''n aangrypende, onvergeetlike boek - wat die sluier tussen die witmens en die swartmens in Suid-Afrika afruk. (Marie Dryer, resensie op internet, 1978)

Alhoewel Joubert reeds in 1948 haar debuut maak en sedertdien al besig was om "betrokke literatuur" te beoefen, is dit egter nou, in die sewentigerperiode waar dit wat sy skryf, saamval met die kriteria van die literêre veld van die tyd. Sy verdien literêre prestige omdat haar werk inpas by die literatuuropvatting van rolspelers in die literêre veld van die tyd. Verder slaag sy in der waarheid daarin om soos die mans binne die Afrikaanse literatuursisteem te skryf.

 

5. OOREENKOMSTE: SCHREINER VS. JOUBERT

Beide Joubert (1978) en Schreiner (1883) tree op as ideologiese baanbrekers binne die Suid-Afrikaanse literatuursisteem - onderskeidelik gedurende die einde sewentiger-, vroeë tagtigerjare van die eeu waarin hulle leef, en ook binne die konteks van die samelewing van die tyd waarin hulle skryf. Verskeie parallelle of ooreenkomste is ten opsigte van die resepsie van die twee tekste waargeneem:

5.1 Aanvanklik kry beide vroue dieselfde soort reaksie wanneer besef word dat hul skryfwerk die werk van 'n vrou is. Enersyds is daar ten opsigte van African Farm "an added charm, as did the soon discovered fact that the literary armour of Ralph Iron concealed a vulnerable and ardent colonial girl" en andersyds word aangedui dat "een van die redes waarom daar so 'n ophef rondom Die swerfjare van Poppie Nongena (gemaak word), was omdat dit juis 'n vrou was wat "dit waag om die spesifieke roman te skryf en op hierdie manier kritiek te lewer". Wat egter verder uit beide vroue se tekste na vore kom, is dat die sosiopolitieke omstandighede van die tyd en die verbreking van ideologiese grense wat op daardie stadium vir hulle as vrou en mens gestel was, in 'n groot mate verantwoordelik is vir die erkenning wat hulle ontvang.

5.2 Maatskaplike omstandighede waaroor Schreiner skryf en dié waaroor Joubert skryf, word h bakermat vir beide skrywers. Schreiner word die eerste Suid-Afrikaner/Suid-Afrikaanse vrou wat die plaas as ideologiese domein van die blanke Afrikanerman beskryf en kritiek daarop lewer deur teen die patriargale ideologie in te skryf. Honderd jaar later word Joubert die eerste Afrikanervrou wat Suid-Afrika as ideologiese domein van die blanke Afrikanerman beskryf en kritiek daarop lewer deur teen sowel die patriargale norme as die apartheidsideologie in te skryf. Net soos Schreiner haar hoofkarakter Lyndall gebruik om die skade wat die manlike bestel aan vroue doen bloot te lê, doen Joubert dit met Poppie enersyds; en andersyds kom hieruit ook voor die minderwaardigheid/verlaging en vernedering wat die twee verskillende karakters of die vrou as mens in hul onderskeie gemeenskappe ervaar het.

5.3 Deur te skryf ervaar beide vroue 'n mate van bevryding. Ten opsigte van Schreiner dui Schoeman (1989) aan: "Waarom die Karoolandskap van Suid-Afrika so sterk tot Olive Schreiner gespreek het, is natuurlik 'n komplekse persoonlike saak, maar wanneer dit kom by die gebruik wat sy veral in African Farm daarvan gemaak het, lyk dit duidelik dat sy dit gesien het as simbool van 'n liggaamlike sowel as geestelike vryheid en ongebondenheid wat nóg sy in die werklikheid van Suid-Afrika in die sewentiger jare (van die neëntiende eeu) nóg Lyndall in die konteks van die roman ooit kon geniet" (Schoeman 1989:462, 463). Ook Joubert se stem vind uiting in haar skryfwerk en daardeur ervaar sy bevryding. Joubert sê: "Die skryf daarvan het vir my 'n groot rus of bevryding gebring" (Joubert 1985:205).

5.4 Beide skrywers spreek h maatskaplike situasie aan. Beide wil "die waarheid en die vryheid" deur hul tekste in hulle verskillende sosiale omstandighede "dien". Weideman (1982:3) toon aan dat sodanige betrokkenheid verband hou met "die individu se verantwoordelikheid vir die aard van die gegewe situasie; 'n verantwoordelikheid wat meebring dat die skrywer aantastinge van die waardigheid van die mens aan die lig bring en bewustelik daarteen rebelleer om so deur sy solidariteit met die onderdrukte, die waarheid en die vryheid te dien". Gordimer (1980) wys daarop dat Schreiner "(raised) the consciousness of the oppressed from out the colonial nightmare, and that of the oppressor from out the colonial dream, and telling the world what she, uniquely, knew about the quality of human life deformed by those experiences". Gelykluidend hiermee dui Van der Merwe (1994) ten opsigte van Joubert aan: "(t)he author is politically aware, and highlights the suffering which the pass laws brought to black people in South Africa". Joubert bevestig: "Die gevoel het al hoe sterker by my toegeneem: die swart woonbuurte langs ons stede is die onkenbare wat roep om geken te word, wat dwingend geken moet word" (Joubert 1985:204).

 

6. GEVOLGTREKKING

Letterkundige tekste vorm 'n (belangrike) onderdeel van enige literêre sisteem of van die Literêre Veld. Omdat die literêre sisteem/Literêre Veld deel vorm van ânder sisteme of velde (soos vroeër geargumenteer) oefen letterkundige tekste dikwels invloed uit en vervul veral seminale tekste ook h wesenlike funksie in die samelewing.

Die literêre verandering wat gedurende die periode 1976 tot 1989 waargeneem kan word, het op 'n dikwels parallelle wyse verband gehou met bepaalde sosiopolitieke gebeurtenisse. (Roos 1998:76)

Die verbrokkeling van die sosiale dimensie van mag soos dit in die samelewing van die tyd (na 1975) voorkom, hou verband met die sogenaamde paradigmaverskuiwinge in die Afrikaanse literatuursisteem. Die feit dat daar ook sprake was van 'n veranderende politieke situasie met veel meer kritiek op die apartheidsbestel het waarskynlik 'n beduidende uitwerking gehad op die wyse waarop 'n teks soos Poppie ' n dominante posisie in die hiërargie van literêre tekste verkry het. Poppie het inderwaarheid nie net bygedra tot verskuiwings in die Afrikaanse literatuursisteem nie; dit het ook die Suid-Afrikaanse politieke sisteem diepgaande beïnvloed. "Veertien jaar nâ die boek se verskyning het Danie van Niekerk, besturende direkteur van die uitgewers gesê: "Ek dink die boek het meer as enige ander Afrikaanse boek gedoen om die Afrikaners tot inkeer te bring. Dit het nooit ophou verkoop nie" (Giliomee 2004:554).

The literary writer does not merely point to the future, but often strives to realize the future predicted. He/she does not operate from a neutral stance, but has to choose a point of view and, consciously or unconsciously, influences or tries to influence the reader to accept the implied stance of the book. Danie van Niekerk, formerly editor of Tafelberg Publishers, expressed the view that Elsa Joubert's Poppie Nongena, so widely read and generally appreciated, more than any other Afrikaans book made the Afrikaner turn away from apartheid. Predicting the future, preparing the way - there may be quite some truth in the confident statement by Shelley, that the poets are the true legislators of the world. (Van der Merwe 1994:120; Beukes 1992:302)

Johl (1986) wys daarop dat die kontekstuele verskuiwing na die Afrika-gerigte teks aanleiding gegee het tot 'n toenemende belangstelling in die "pragmatiese funksie van literatuur". Afrikaanse literatuur se funksionele bydrae tot die transformasie binne die samelewing het die wedersydse beïnvloeding tussen die literêre en die politieke sfeer beklemtoon. Van Coller (1995:197) waarsku egter dat alhoewel "dit bykans vanselfsprekend is dat letterkunde 'nie die gevolg is van waardevry idees nie, maar ingebed in ons sosiale lewe' (is), volg dit nie daarom netso logies dat die Afrikaanse letterkunde die gevolg is van wat gerieflikheidshalwe 'die Suid-Afrikaanse geskiedenis' genoem word nie".

Hierdie (resepsie-)ondersoek toon egter dat literatuursisteme - hier ter sprake die Afrikaanse literatuursisteem en Engelse literatuursisteem - as produkte van die Suid-Afrikaanse samelewing gesien kan word. Wanneer hierdie deelsisteme van dieselfde groter sisteem met mekaar vergelyk word, kan veranderinge ten opsigte van waardebepaling binne 'n literatuursisteem direk in verband gebring word met die veranderende politieke motiewe van die regering van die tyd as sosiale magstruktuur (kyk Willemse 1999:4). Deur gebruikmaking van die komparatisme is ook aangedui hoe dieselfde teks in verskillende periodes verskillend ontvang word. Uit die bestudering van die insiggewende voorwoord tot die herdrukte uitgawe (2004) van African Farm (kyk Clayton 2004:720) word dit duidelik dat:

Political judgements have their rights - in South Africa literary judgements are political judgement - but they tell us more about the tightening of a political climate than they do about Schreiner's novel.

The process is well illustrated in two different judgements of Schreiner's position within South African fiction, offered in 1973 and 1980, by Nadine Gordimer. In 1973 Gordimer praised African Farm's movement beyond the question: 'What does a man make of life in South Africa?' to the eternal question: 'What is the life of man?'

The novel's intellectual curiosity, its 'glorious irrelevancies', its feminism, are seen as strengths stretching the novel beyond the simply parochial, reminding us that though we live within a particular set of social laws and ideals we 'have not contracted out of wider human condition'.

But in 1980 Gordimer sees Schreiner's feminism as irrelevant to the actual problem of the country, argues that 'her wronged sense of self, as a woman' was secondary within her historical situation, and judges her far more firmly for abandoning the quest to find a form of fiction adequate to contain 'the South African experience' (as if this experience were monolithic and unchanging). Gordimer concludes that Schreiner's failure to develop her 'synthesis of life and work' meant that she could not succeed in 'raising the consciousness of the oppressed from out of the colonial nightmare, and that of the oppressor from out of the colonial dream.' If anyone has the right to this judgement it is Gordimer, with her own politically sensitive and finely honed fictional oeuvre, but such judgement forgets that the very freedom which gives a modern woman writer the right to education and self-expression had to be earned in its time, and that people like Schreiner helped to earn it for others. Their circumstances were deeply crippled; African Farm is precisely about the desire for self-fulfilment and the forces which made it almost impossible.

The point to be made here is that in the years between Gordimer's first and second judgement neither Schreiner nor her novel changed; political pressures on and within South Africa did. (Clayton 2004:13)

In hierdie artikel is aangedui dat literêre verandering op 'n parallelle wyse in verband met bepaalde sosiopolitieke gebeurtenisse gebring kan word; dat "evaluering met verloop van sosiale en literêre omstandighede verander" (kyk Willemse 1999:4), maar veral watter invloed sosiale/maatskaplike en sosio-politieke gebeure - die werklikheid - op literatuur kan hê.

Not only did the values in Afrikaans literature change; in the political crises of the seventies and the eighties, Afrikaans literature was used as a means of changing the values prevalent in society. Afrikaans literature not only reflected some of the changes in Afrikaner ideological thinking, it also helped to effect the changes desired. (Van der Merwe 1994:8,9)

Nie net het Schreiner en Joubert 'n normdeurbrekende bydrae gelewer tot vernuwing in die afsonderlike literatuursisteme nie, maar ook in die sosiopolitieke omstandighede van die Suid-Afrikaanse samelewing van hul tyd. Hul romans, Schreiner se The Story of an African Farm (African farm) en Joubert se Die swerfjare van Poppie Nongena (Poppie) was dus inderdaad gebeurtenisse met n groot sosiale impak.

 

BIBLIOGRAFIE

Beukes, Marthinus & Gouws, Tom. 1998 & 1999. Ginogenese as diskoers van maggestaltegewing van die Nuwe Vrou in Griet skryf 'n sprokie (Marita van der Vyver). Tydskrif vir Letterkunde, November 1998/ Februarie 1999, 36(4)/37(1): 85-94, 85-97.         [ Links ]

Brink, André P. 1982. Die jongste tydvak: 1967-1977. In: Nienaber, P.J. 1982. Perspektief en profiel. 'n Geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. Johannesburg: Perskor, pp. 165-216.         [ Links ]

Bourdieu, Pierre. 1986. The Forms of Capital. In: Richardson, 1986: 241-258.         [ Links ]

Bourdieu, Pierre. 1994. De regels van de kunst. Wording en structuur van het literaire veld. Translated by Rokus van Hofstede. Amsterdam: Van Gennep.         [ Links ]

Bourdieu, Pierre. 2005. Pierre Bourdieu (1930-2002) from "The field of Cultural Production, Or: The Economic World Reversed" The field of Cultural Production (1983). In: Morrisey, Lee (ed.). 2005. Debating the canon: A reader from Addison to Nafisi. New York: Palgrave MacMillan, pp. 103-110.         [ Links ]

Britz, Ettienne & Pienaar, Delene. 2002. Die representasie van die vrou in die verse van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging. Stilet, 14(2) September: 217-225.         [ Links ]

Buursink, Marijke, Hupperetz, Karel, Licher, Edmund, De Roo, Koos & Schönau, Walter. 1978. De wetenschap van het lezen. Tien jaar teorie de literaire receptie. Assen / Amsterdam: Van Gorcum.         [ Links ]

Burger, Willie. 2015. Elsa Joubert. In: Van Coller, 2015: 519-540.         [ Links ]

Clayton, Cherry. 2004. Introduction. In: Schreiner, Olive. The Story of an African Farm. First published in 1883 by Chapman & Hall, London. Jeppestown: AD Donker, pp. 7-20.         [ Links ]

Cloete, T.T. (red.). 1992. Literêre terme en teorieë. Pretoria: HAUM-Literêr.         [ Links ]

Cloostermans, Mark. 2013. Weg met de (literaire) evolutietheorie. Thomas Vaessens herziet de Nederlandse literatuurgeschiedenis. Staalkaart, Augustus-Oktober, 421: 86-89.         [ Links ]

De Beauvoir, S. 1972. The second sex. Harmondsworth: Penguin. Transl. H.M. Parshley.         [ Links ]

De Geest, Dirk. 1996. Literatuur als systeem, literatuur als vertoog. Bouwstenen voor een functionalistische benadering van literaire verschijnselen. Leuven: Uitgeverij Peeters.         [ Links ]

Dijkstra, Katinka. 1989. Canonvorming in de literaire communicatie: Indicator voor de analyse van de literair-kritische canon. Spektator tijdskrift voor Nederlandistiek, 18(3), Januarie:159-168.         [ Links ]

Even-Zohar, I. 1990. Polysystem studies. Poetics Today, 11(1):27-44; 1-94.         [ Links ]

Frank, Anne. 1947. Het achterhuis. Het dagboek van Anne Frank.         [ Links ]

Friedlander, Zelda (ed.). 1967. Until the heart changes. A garland for Olive Schreiner. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Giliomee, Hermann. 2004. Die Afrikaners. 'n Biografie. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Gordimer, Nadine. 1980. "The Prison-house of Colonialism": Review of Ruth First and Ann Scott's Olive Schreiner. The Times Literary Supplement, London. 15 August 1980. In: Berkman, Joyce Avrech. 1989. The healing imagination of Olive Schreiner. Beyond South African Colonialism. Oxford: Plantin Publishers, pp. 95-98.         [ Links ]

Hillesum, Etty. 2004. Het verstoorde leven. Dagboek van Etty Hillesum. 1941-1943. Amsterdam: Balans.         [ Links ]

Jauss, H.R. 1978. Het partiële karakter van de receptive-estetische methode. In Buursink e.a., 1978: 63-78.         [ Links ]

Jauss, H.R. 2001. Literatuurgeschiedenis als uitdaging aan de literatuurwetenschap. In: Van Heusden, B., Steffelaar, W., Zeeman, P. (reds). Literaire cultuur. Tekstboek. Nijmegen: Open Universiteit Nederland, Heerlen & Uitgeverij SUN, pp. 185- 218. Vert. Sytze Steenstra.         [ Links ]

Johl, Ronél. 1986. Kritiek in krisis: Vryheid vir die teks. Durban: Butterworth.         [ Links ]

Joubert, Elsa. 1978. Die swerfjare van Poppie Nongena. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Joubert, Elsa. 1985. 'n Klein bietjie geestesenergie. Malan, Charles & Smit, Bartho (reds.). Skrywer en Gemeenskap.Tien Jaar Afrikaanse Skrywersgilde. Pretoria: HAUM-Literêr, pp. 137-140.         [ Links ]

Joubert, Elsa. 1985. Rassekonflik: hoe dit my werk raak. In: Malan, Charles & Smit, Bartho (reds.). Skrywer en Gemeenskap.Tien Jaar Afrikaanse Skrywersgilde. Pretoria: HAUM-Literêr, pp. 200-206.         [ Links ]

Joubert, Elsa. 2005. 'n Wonderlike geweld. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Lukács, Georg. 2001. Voorwoord bij 'Balzac en het Franse realisme'. In: Van Heusden, B., Steffelaar, W., Zeeman, P. (reds). Literaire cultuur. Tekstboek. Nijmegen: Open Universiteit Nederland, Heerlen & Uitgeverij SUN. 10-21. Vert. Sytze Steenstra.         [ Links ]

Malan, Charles. 1992. Kultuurkritiek. In: Cloete, T.T. (red.): Literêre terme en teorieë. Pretoria: HAUM-Literêr, pp. 241-244.         [ Links ]

Malan, Charles & Smit, Bartho (reds.). 1985. Skrywer en Gemeenskap.Tien Jaar Afrikaanse Skrywersgilde. Pretoria: HAUM-Literêr.         [ Links ]

Mandelkow, Karl Robert. 1978. Problemen van de werkingsgeschiedenis. In: Buursink e.a., 1978:47-62.         [ Links ]

Morrisey, Lee (ed.). 2005. Debating the canon: A reader from Addison to Nafisi. New York: Palgrave MacMillan.         [ Links ]

Nienaber, P.J. 1982. Perspektief en profiel. 'n Geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. Johannesburg: Perskor.         [ Links ]

Nelson, Cary & Grossberg, Lawrence (eds). 1988. Marxism and the interpretation of culture. Urbana, Il.: University of Illinois Press.         [ Links ]

Olivier, Gerrit. 1979. "Politieke" prosa uit 1978. Standpunte. Derde reeks 32(2): 12- 22.         [ Links ]

Peeters, Carl. 2009. Thomans Vaessens' literaire populisme. Vrij Nederland.htm., 16 Mei 2009.         [ Links ]

Reader's Digest. 1981. South Africa's Yesterday's. Kaapstad: The Reader's Digest Association South Africa.         [ Links ]

Richard Rive en Gerrit Olivier. 1980. Reaksie en repliek. Standpunte. 33(3): 57-63.         [ Links ]

Roos, H. 1998. Perspektief op die Afrikaanse prosa van die twintigste eeu. In: Van Coller, H.P. (red.). Perspektief en Profiel. 'n Afrikaanse Literatuurgeskiedenis 1. Pretoria: J.L. van Schaik, pp. 21-117.         [ Links ]

Rossouw, Mabel A. 1992. In: Cloete, T.T. (red.): Literêre terme en teorieë. Pretoria: HAUM-Literêr, pp. 427-429.         [ Links ]

Said, Edward. 1994. Culture and imperialism. New York: Vintage Books.         [ Links ]

Schmid, W. 1973. Der Textaufbau in der Erzählungen Dostoevskijs. München: Fink.         [ Links ]

Schmidt, S.J. 1992. Conventions and Literary Systems. In: Ibsch, etc. 1992:413-424.         [ Links ]

Schoeman, K. 1989. Olive Schreiner: 'n Lewe in Suid-Afrika (1855-1881). Kaapstad: Juta & Co.         [ Links ]

Schreiner, Olive. 1883. The Story of an African Farm. London: Chapman & Hall.         [ Links ]

Schreiner, Olive. 1991. The Hunter. In: Reader's Digest. South Africa's Yesterdays. Kaapstad: The Reader's Digest Association South Africa, pp. 9-15.         [ Links ]

Schreiner, Olive. 2004. The Story of an African Farm. First published in 1883 by Chapman & Hall, London. Jeppestown: AD Donker.         [ Links ]

Smuts, J.C. 1967. General J.C. Smuts on Olive Schreiner. In: Friedlander, Zelda (ed.). Until the heart changes. A garland for Olive Schreiner. Kaapstad: Tafelberg, p.19.         [ Links ]

Spivak, Gayatri Chakravorty. 1988. "Can the subaltern speak?" in Nelson e.a., 1988: 271-313.         [ Links ]

Steyn, J.C. 2004. Die 100 jaar van M.E.R. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Vaessens, Thomas. 2009. De Revanche van de roman. Literatuur, authoriteit en engagement. Nijmegen: Vantilt.         [ Links ]

Vaessens, Thomas. 2013. Geschiedenis van de moderne Nederlandse literatuur. Nijmegen: Uitgeverij Vantilt.         [ Links ]

Van Coller, H.P. & Van Jaarsveld, G.J. (reds.). Woorde as dade. Taalhandelinge en letterkunde. Durban: Butterworth-Uitgewers.         [ Links ]

Van Coller, H.P. 1995. Die Afrikaanse plaasroman as ideologiese refleksie van die politieke en sosiale werklikheid in Suid-Afrika. Stilet, 7(2):22-31.         [ Links ]

Van Coller, H.P. 1995. Tussen nostalgie en parodie: die Afrikaanse prosa in die jare negentig (Deel 1). Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 35(3), September:197-208.         [ Links ]

Van Coller, H.P. 1998. Die reisverslag van 'n post-kolonialistiese reisiger: Die reise van Isobelle deur Elsa Joubert. Literator, 19(3):53-68.         [ Links ]

Van Coller, H.P. (red.). 1998. Perspektief en Profiel. 'n Afrikaanse Literatuurgeskiedenis 1. Pretoria: J.L. van Schaik.         [ Links ]

Van Coller, H.P. (red.). 1999. Perspektief en Profiel. 'n Afrikaanse Literatuurgeskiedenis 2. Pretoria: J.L. van Schaik.         [ Links ]

Van Coller, H.P. 2001. N.P. van Wyk Louw as kanoniseerder. (Deel 1). Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 41(1):63-71.         [ Links ]

Van Coller, H.P. (red.). 2015. Perspektief en profiel. 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis. (Nuwe verbeterde en bygewerkte uitgawe). Pretoria: Van Schaik Uitgewers.         [ Links ]

Van de Berg, J.P.C. 2009. Die representasie van trauma in die letterkunde, met spesifieke verwysing na die Holocaust in die Nederlandse letterkunde. Ongepubliseerde Ph D-proefskrif. Bloemfontein: Universiteit van die Vrystaat.         [ Links ]

Van der Berg, D.Z.J. 1993. Elsa Joubert: 'n kommunikatiewe benadering. Ongepubliseerde Ph. D.-proefskrif. Pietermaritzburg: Universiteit van Natal.         [ Links ]

Van der Merwe, C.N. 1994. Breaking Barriers. Stereotypes and the changing ofvalues in Afrikaans writing. 1875 - 1990. Amsterdam, Atlanta, GA: Radopi.         [ Links ]

Van der Merwe, Chris N. & Viljoen, Hein. 1998. Alkant Olifant. 'n Inleiding tot die literatuurwetenskap. Pretoria: J.L. van Schaik.         [ Links ]

Van der Spuy, Alicia & Van Vuuren, Helize. 2007. Elsa Joubert as postkoloniale skrywer: 'n herwaardering. Stilet, 19(1). Maart:115-132.         [ Links ]

Van Heusden, B. 2001. Literaire cultuur. Handboek. Nijmegen: Open Universiteit Nederland, Heerlen & Uitgeverij SUN.         [ Links ]

Van Luxemburg, Jan; Bal, Mieke; Wetsteijn, Willem G. 1983. Inleiding in die Literatuurwetenschap. Derde hersiene uitgawe. Muiderberg: Coutinho.         [ Links ]

Van Niekerk, Annemarie. 1999. Die Afrikaanse vroueskrywer - van egotekste tot postmodernisme (18de eeu-1996). In: Van Coller, H.P. (red.). Perspektief en Profiel. 'n Afrikaanse Literatuurgeskiedenis 2. Pretoria: J.L. van Schaik, pp. 305-443.         [ Links ]

Van Wyk, S. 1992. Ideologie en styl in Die swerfjare van Poppie Nongena. Hulle praat liefste Afrikaans. Karring 4: 35-40.         [ Links ]

Venter, L.S. 1984. "Ons is Gordonia-boorlinge, sê Poppie". 'n Mikro-analise. In: Van Coller & Van Jaarsveld, 1984:112-116.         [ Links ]

Verboord, Marc. 2003. Classification of authors by literary prestige. Poetics 31:259- 281.         [ Links ]

Viljoen, Louise. 1998. Die vroue-reisiger: Elsa Joubert se reisverhale Water en woestyn en Die verste reis en haar roman Die reise van Isobelle. Tydskrif vir Letterkunde 35(2): 7-21.         [ Links ]

Von Bertalanffy, Ludwig. 1968. General systems theory: Foundations, development, applications. New York: George Braziller.         [ Links ]

Weideman, G. 1982. Die teks as korrektief. Enkele gedagtes oor 'betrokkenheid' en 'universaliteit' in die literatuur en die literatuurstudie. Logos, 2(1):1-8.         [ Links ]

Wellek, R & Warren, A. 1963. The Theory of Literature. London: Harcourt, Brace & World.         [ Links ]

Willemse, Hein. 1999. 'n Inleiding tot buite-kanonieke Afrikaanse kulturele praktyke. In: Van Coller, H.P. (red.). Perspektief en Profiel. 'n Afrikaanse Literatuurgeskiedenis 2. Pretoria: J.L. van Schaik, pp. 3-20.         [ Links ]

Wolfswinkel, Rolf. 1994. Tussen landsverraad en vaderlandsliefde: de collaboratie in naoorlogse prosa. Amsterdam: Amsterdam University Press.         [ Links ]

 

 

 

Hendrik Petrus (Hennie) van Coller, navorsingsgenoot van die Universiteit van die Vrystaat en die Noordwes-Universiteit is redakteur van die nuwe driedelige Perspektief en profiel: 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Hy is 'n poësie-vertaler (Bandelose gedigte van Luuk Gruwez, 2007) en 'n gepubliseerde digter (Soom, 2012). Sy belangrikste publikasies is die bundels opstelle, Tussenkoms en Tussenstand. Hy publiseer veral oor literêre geskiedenis, o.a 'n hoofstuk in die Cambridge South African Literary History. Hy is tans voorsitter van die Letterkundekommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 'n vorige voorsitter van diè akademie en ook lid van ASSAf.
Hendrik Petrus (Hennie) van Coller, a research fellow of the University of the Free State and the Northwest University is the editor of Perspektief en Profiel: 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis. He is a translator of poetry (Bandelose gedigte by Luuk Gruwez, 2007) and a published poet (Soom, 2012). His most important publications are two books of literary essays, Tussenkoms and Tussenstand. His numerous publications on literary history includes a chapter in the Cambridge South African Literary History. Currently he chairs the literary commisson of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns and is a former president of this academy. He is also a member of ASSAf.

 

 

Marian Human-Nel is tans lektor aan die Universiteit van die Vrystaat, Qwaqwa-kampus. Hier spesialiseer sy in die onderrig van Afrikaans vir nie-moedertaalsprekers. In 2001 voltooi sy haar Meestersgraad: Uitdagings binne die onder-rigkonteks van Afrikaanse literatuur in 'n veeltalige samelewing, wat 'n aanduiding is van haar passie vir die ontwikkeling van Afrikaans as Afrikataal. Gedurende 2009 ontvang sy haar PhD: Die impak van sosio-politieke verandering op die plek van vroueskrywers in die Afrikaanse literêre kanon, onder die leiding van prof. Hennie van Coller. Haar navorsingswerk is veral gerig op die Litera-tuursosiologie en veral dan op die invloed van sosio-politieke gebeure op die werk van Afrikaanse skrywers.
Marian Human-Nel is currently a lecturer at the University of the Free State, Qwaqwa campus. She specialises in teaching Afrikaans to non-mothertongue speakers. In 2001 she completes her Masters degree: Challenges in the context of teaching Afrikaans literature in a multilingual community, which is an indication of her passion for the development of Afrikaans as African language. During 2009 she receives her PhD: The Impact of sociopolitical change on the Place of women writers in the Afrikaans literary canon, under the supervision of prof. Hennie van Coller. Her research focusses on Literature sociology and especially the influence of socio-political happenings on the work of Afrikaans writers.
1 Resepsie-ondersoek veronderstel "reproduksie, verwerking, aanpassing, assimilasie en die gestaltegewing of konkretisering" van die teks deur die leser daarvan (Rossouw 1992:427).
2 Hekwagters/gatekeepers/evalueringsinstansies - "The institution includes at least part of the producers, 'critics' (in whatever form), publishing houses, periodicals, clubs, groups of writers, government bodies (like ministerial offices and academies), educational institutions (schools of whatever level, including universities), the mass media in all its facets, and more" (Even-Zohar 1990:37).
3 "Constructing an object such as the literary field requires and enables us to make a radical break with the substantialist mode of thought (... ) which tends to foreground the individual, or the visible interactions between individuals, at the expense of the structural relations - invisible, or visible only through their effect - between social positions that are both occupied and manipulated by social agents, which may be isolated individuals, groups or institutions" (Bourdieu 2005:105).
4 Periode/stroming - "A time section dominated by a system of literary norms, standards, and conventions, whose introduction, spread, diversification, integration, and disappearance can be traced. Thus a period is not a type of class but a time section defined by a system of norms embedded in the historical process and irremovable from it. An individual work of art is not an instance in a class, but a part of which, together with all the other works, makes up the concept of the period. It thus itself modifies the concept of the whole" (Wellek & Warren 1963:265).
5 Kanonisering is nes byvoorbeeld standaardisering, 'n proses van insluiting en uitsluiting wat gegrondves is in die magspel. Hierdie magspel betrek alle verhoudings: intellektueel, institusioneel, sosiaal en polities (Van Coller 2001:67).
6 "De waarde die aan literaire teksten wordt toegekend, wordt daardoor als contingent beschouwd; deze is daarmee niet als inherente eigenschap in teksten aanwezig, maar afhankelijk van de sociale context" (Dijkstra 1989:160).
7 "This implies that a classification by 'literary prestige' is preferable to classification by 'literary quality'. Using the term 'quality' suggests that it is possible to establish the intrinsic value of texts, while using the term 'prestige' implies that the classification of authors in the literary field is a socially determined process" (Verboord 2003:262).

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License