SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número1Sustainability reporting in the mining sector: identifying critical issuesThe interactive approach to reading instruction: an alternative to traditional ways of teaching reading índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.56 no.1 Pretoria Mar. 2016

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n1a6 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS

 

Die deelwoord as 'n ánder vorm van die werkwoord1

 

The participle as a different form of the verb

 

 

Anneke Butler

Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Vaaldriehoekkampus E-pos: Anneke.Butler@nwu.ac.za

 

 


OPSOMMING

Uit 'n literatuuroorsig het dit duidelik geblyk dat daar min ooreenstemming is oor hoe die deelwoord in Afrikaanse bronne beskryf word (vergelyk ook Breed 2016). Hierdie teenstrydighede kan saamgevat word in drie basiese kwessies: onjuiste terminologiegebruik en formulerings; die onderskeid tussen fleksie en afleiding, in die besonder of die vorming van deelwoorde gesien word as fleksie of afleiding; en die erkenning of nie van die deelwoord as 'n vorm van die werkwoord. Hierdie drie punte staan natuurlik nie los van mekaar nie, inteendeel, hulle is variasies van dieselfde basiese kwessie: die onderskeid tussen fleksie en afleiding. In 'n poging om die verskillende beskrywings van die deelwoord op te los, word daar in die artikel voorgestel om die deelwoordvorm van die werkwoord te onderskei van die perifrastiesekonstruksievorme (PK-vorme) in die verledetyd- en passiefkonstruksies.
Deur die fleksie-afleiding-onderskeid as 'n konseptuele glyskaal eerder as 'n absolute binêre onderskeid te sien, is volledig versoenbaar met die voorstel om die deelwoord as 'n ánder vorm van die werkwoord te beskryf. Die fyner onderskeid tussen kontekstuele en inherente fleksie is konsekwent met die onderskeid tussen die verskillende vorme van die werkwoord. Die PK-vorme van die werkwoord stem in alle opsigte ooreen met kontekstuele fleksie en die deelwoordvorm volkome met inherente fleksie.
Die voorgestelde onderskeid tussen die deelwoordvorm en die PK-vorme van die werkwoord word ten slotte gemotiveer met uitgebreide beskrywings van die verskillende vorme vanuit n kognitiewe beskrywingsraamwerk. Die verskillende karakteriserings van die verskillende werkwoordvorme word duidelik geïllustreer op sowel die fonologiese as die semantiese pole.

Trefwoorde: deelwoord, onvoltooide deelwoord, voltooide deelwoord, vorm van die werkwoord, perifrastiesekonstruksie, passiefkonstruksie, verledetyd- konstruksie, kognitiewe beskrywingsraamwerk


ABSTRACT

Afrikaans is an inflection-poor language and, as expected, a literature review revealed that little agreement exists on how the participle in Afrikaans should be analysed and described. These differences are reflected in three basic issues, namely:
a) inaccurate terminology use and vague formulations;
b) controversy in arguments about the morphological process (including the distinction between inflection or derivation) responsible for the formation of participles; and
c) inconsistency in the recognition of the participle as a form of the verb and whether the form of the verb that is used with auxiliaries (het in the past tense and word/is in the passive) should be regarded as participles.
The incongruences above are in fact all variations of the same basic problem: the distinction between inflection and derivation. In an attempt to solve the vague and conflicting descriptions of the participle in Afrikaans, this article proposes a distinction between the participle form of the verb and the form of the verb that is used in periphrastic constructions (PC) - i.e. the past tense and the passive (Figure A).

Grammatical analyses and descriptions of Afrikaans are relatively outdated. Before the publication of Kontemporêre Afrikaanse taalkunde (Carstens & Bosman) in2014,thelastrevised grammar was published more than a decade ago. Therefore, new theoretical insights have not yet been applied to the description of the participle in Afrikaans.
Jenkinson (1993:117-118) and Van Huyssteen (2014:184) argue that the inflection-derivation distinction in Afrikaans should not be seen as an absolute distinction, but rather as conceptual gradience, as described in cognitive linguistics. In this regard Tuggy (1985:210-213) states that an inflection-derivation continuum can be viewed as a form of categorisation that reflects a more natural interpretation ofhumancognition.
Booij (2002:19-20; 2006:660) elaborates on this idea by distinguishing contextual inflection from inherent inflection. This distinction supports the distinction between the participle form and the PC form of the verb. The PC form of the verb correlates fully with contextual inflection, whereas the participle form correlates fully with inherent inflection. This finer distinction is also compatible with Langacker's (1987:145; 2008:119-120) view that the participle shows an intermediatecharacter thatissituatedsomewherebetween processes and atemporal relations.
From the view of a cognitive descriptive framework, the participle form and the PC form of the verb are compared on both the phonological and the semantic poles. Since the present participle form of the verb cannot be confused with the PC form of the verb, the comparison is made specificallybetween the past participleform (a) and the PCform(b)ofthe verb.
(a) Afrikaans
ge- kook - te eier
PTCP- boil- PTCP egg
“boiled egg”
(b) Afrikaans
Ek het . eier ge- kook.
I AUX an egg PST- boil.
"boiled an egg."
On the phonological pole, the past participle form of the verb is often used in syntactic constructions with a copula verb, while the PC form of the verb in past tense constructions is always used with the auxiliary het, and with word/is in passive constructions. Furthermore, the word final -d/-t deletion rule in Afrikaans is complete in the PC form, but not in the participle form. This implies that the PC forms of the verb are never formed by the ambifix ge-V-d/-t (like the participle form) but only with the prefix ge-V.
The difference on both the phonological and semantic poles is clear when a prototypical construction schema of a participle form (c) is compared to that of a PC form (d) by making use of the formalism of construction morphology (Booij 2010a:28).
(c) [ge [V]id/t]
[completed state of SEMi ].j
[PTCP [V]i PTCP]Aj
[completed state of SEM ].
(d) [ge [V]vj
[PST 'of SEMi ].j
[PST [V]i]Vj
[PST of SEMi ].
Although the morphological structure ofthe various forms differs, they are often seen as the same form because the participle form is often used without the -d/-t It is, however, only when the past participle is used pre-nominally that the -d/-t is realised. Yet, examples exist of past participle forms where the use of the -d is compulsory and they are key in the distinction between the different verb forms. In (e), (f) and (g) the English form of the verb is consistently confused. That is not the case with Afrikaans. In Afrikaans, the PC forms in the past tense (e) and passive (f) would be ungrammatical if -d was used, and (g) would have a different meaning without the -d - i.e. that someone confused the speaker and not that the speaker experienced confusion.
(e) JD se notas het my verwar.
JD's notes confused me.

(f) Ek word maklik deur JD se notas verwar.
I am easily confused by JD's notes.

(g) Ek is só verward vandag.
I am so confused today.
On the semantic pole, diagrammatic illustrations are presented to demonstrate the difference between the semantic characterisations of the participle form and the passive form of the verb. Both these forms have process bases that are transformed to atemporal relations as a result of summative scanning. Another similarity is the reversed trajectory-landmark organisation. The difference, though, is that the participle form only profiles the final state of the process, while the passive form profiles all the states of the process as they unfold. Adding to this difference, the passive form of the verb needs the auxiliary as another component structure in the resulting composite structure of the passive construction where the auxiliary (word/is) retemporalises the specific content of the passive form (Langacker 2008:125).
The participle form and the past tense form of the verb are also distinguished on the semantic pole. Afrikaans does not have the same perfect construction as Dutch or English. When one needs to express a perfect aspectual contour in Afrikaans, one has to make use of adverbs. The past tense construction in Afrikaans (het + ge-V) originated from the Dutch perfect construction and developed into an exclusive tempus marker (Ponelis 1993; Conradie 1999). Consequently, the past tense construction in Afrikaans is a fixed, conventional unit that includes the construction as a whole: auxiliary + past tense form of the verb. The construction marks the verb as preceding the moment of speech.

Key words: participle, present participle, past participle, form of the verb, periphrastic construction, passive construction, past tense construction, cognitive descriptive framework


 

 

 

1. INLEIDING

Tussen 2010 en 2013, tydens 'n annoteringsprojek van CTexT (Noordwes-Universiteit) van 60 000 Afrikaanse tekseenhede, het die ontwikkelaars en annoteerders telkens voor moeilike vrae te staan gekom met betrekking tot die annotering van die deelwoord. Een van die hoofredes hiervoor is dat beskrywings van die deelwoord in bronne oor Afrikaans teenstrydige beskrywings bied en dat, afhangend van watter beskrywing in hierdie bronne gevolg word, verskillende annoterings gelewer word. Eers wanneer 'n duidelike beeld gevorm is van wat presies 'n deelwoord is, kan riglyne vir praktiese annotering daargestel word.

Hierdie artikel bied eerstens 'n opsomming van die bestudering van Afrikaanse bronne wat die verwarring uitwys van hoe die deelwoord beskryf word. Die beskrywings van die deelwoord in Afrikaans word ook teen die agtergrond geplaas van hoe die deelwoord in Nederlands en Engels beskryf word. Die onsekerheid word dan opgelos deur 'n voorstel dat daar in Afrikaans onderskei moet word tussen die deelwoordvorm van die werkwoord, en die perifrastiesekonstruksievorme (PK-vorme) van die werkwoord in verledetyds- en passiefkonstruksies.

Ten slotte word die deelwoordvorm van die werkwoord en die PK-vorme van die werkwoord met mekaar vergelyk vanuit 'n kognitiewe beskrywingsraamwerk. Hierdie vergelyking dien as motivering daarvoor om die deelwoord as 'n ánder vorm van die werkwoord, benewens die PK-vorme, te sien.

 

2. DIE TERM "DEELWOORD"

Naas "deelwoord" kan ons ook sinonimies "partisipium" gebruik. Die Latynse participium is 'n leenvertaling van die Griekse term metochë wat die antieke Grieke gebruik het om die adjektiwiese vorm van die werkwoord te benoem. Metochë druk 'n "sharing element" uit (Matthews 1997:267) en is gebruik om na deelwoorde te verwys juis omdat hierdie woordklas gelyktydig deel het aan sowel die werkwoordkategorie as 'n ander kategorie, byvoorbeeld adjektiewe.

Afrikaans het verder twee stelle sinonimiese woordpare vir tipes deelwoorde. Die een stel, teenwoordige en verlede deelwoorde, impliseer 'n tempusverwysing wat misleidend is. Teen-woordige deelwoorde kan ook in verledetydskonstruksies voorkom (1a) en verlede deelwoorde kan ook in teenwoordigetydskonstruksies voorkom (1b). Daarom gebruik ek voortaan onvoltooide en voltooide deelwoorde wat eerder die aspektuele verskil as die tempusverwysing vasvang.

1a Die nuus was werklik ontstellend.

1b Die verduideliking is geslaagd.

 

3. ONVERSOENBARE BESKRYWINGS VAN DIE DEELWOORD

Buiten die aandag wat De Villiers (1948:95-108) en Van Schoor (1983:212-220) aan die deelwoord gee, sowel as die uitgebreide reëls in die AWS (2009:62-64, 162-167), bestaan daar slegs skrapse en versplinterde beskrywings van die deelwoord wat in die verbygaan en tussendeur ander beskrywings gegee word.

Uit 'n literatuuroorsig is dit duidelik dat daar 'n aantal spesifieke aspekte aangaande deelwoorde is waaroor bronne verskil. Hierdie verskille kan saamgevat word in drie basiese kwessies: onjuiste terminologiegebruik en formulerings; die onderskeid tussen fleksie en afleiding en veral of die vorming van deelwoorde beskou word as fleksie of afleiding; en die erkenning of nie van die deelwoord as 'n vorm van die werkwoord. Die punte van inkongruensie staan natuurlik nie los van mekaar nie, inteendeel, hulle is variasies van dieselfde basiese kwessie: die onderskeid tussen fleksie en afleiding.

3.1 Onjuiste terminologiegebruik en formulerings

In Nederlandse en Engelse bronne word spesifieke terme gebruik om die onderskeid tussen die verskillende morfologiese prosesse, afleiding of fleksie, duidelik te laat blyk. In Engels word conjugation gebruik om spesifiek te verwys na die fleksievervoeging van werkwoorde, declension na die verbuiging van naamwoorde en derivation vir afleidingsprosesse (Matthews 1997:68, 93, 179). In lyn hiermee verduidelik die Algemene Nederlandse spraakkunst (ANS 1985:25) fleksie as vormverandering van dieselfde woord (lewer dus verskillende vorme) wat verbuigings (by naamwoorde en adjektiewe) en vervoegings (by werkwoorde) lewer. Afleiding, daarenteen, word verduidelik as woordvorming (lewer dus nuwe woorde).

Dit blyk dus duidelik dat terminologiegebruik besonder betekenisvol is wanneer morfologiese prosesse beskryf word. Tog is die terminologiegebruik in sommige Afrikaanse bronne verwarrend, soos geïllustreer in die volgende verwysings. Aan die een kant impliseer Kempen (1982:141) fleksiewerking as hy aanvoer dat 'n deelwoord in 'n byvoeglikenaamwoordfunksie van 'n werkwoord gevorm is. Later skryf hy dat die deelwoord 'n byvoeglike naamwoord is wat van 'n werkwoord afgelei is: hier impliseer hy weer afleiding (Kempen 1982:160). Nóg later stel Kempen (1982:262) dat deelwoorde vorme van die werkwoord is: weer fleksiewerking. Hierdie verwarrende woordkeuses is nie tot Kempen beperk nie. Ook die AWS (2009: 567, 574) en Carstens (2011:277278) skryf dat die deelwoord 'n woord is wat van 'n werkwoord afgelei is. Gevolglik is dit baie moeilik om enige betroubare afleiding oor bronne se siening van die deelwoord te maak. Dit word soms onmoontlik om te bepaal of bronne die deelwoord as 'n vorm van die werkwoord (fleksie) sien en of die deelwoord liewer as afleiding gesien moet word.

3.2 Fleksie of afleiding

Booij (2006:654) se verduideliking van fleksie en afleiding sluit aan by Matthews (1997:93,178) en die ANS (1985:25) se terminologieverklaring van morfologiese prosesse. Hy verduidelik dat die onderskeid tussen fleksie en afleiding 'n funksionele onderskeid tussen twee verskillende morfologiese prosesse is. Die totstandkoming van verskillende vorme van dieselfde lekseem word as fleksie gesien; die totstandkoming van verskillende lekseme word as afleiding gesien.

Om hierdie twee verskillende morfologiese prosesse in Afrikaans te illustreer, kan ons sê dat lopende (2a) n voorbeeld van n onvoltooide deelwoord is wat van die werkwoord loop vervoeg is met behulp van die fleksiemorfeme -end [PTCP] en -e [ATTR].2 Daarteenoor kan ons sê dat loperige (2b) n voorbeeld van n adjektief is wat van die werkwoord loop afgelei is deur die afleidingsmorfeem -erig (en dan verder deur die fleksiemorfeem -e in die attributiewe posisie verbuig word). Die verskil tussen lopende en loperige is dat lopende n ander vorm van die werkwoord loop is wat semanties interpreteer kan word as "iets wat loop". Loperige het nie dieselfde semantiese interpretasie van "iets wat loop" nie, maar eerder 'n interpretasie van "iets wat oor die kwaliteit of moontlikheid beskik om te loop", maar dit beslis (nog) nie op die oomblik doen nie.

2a Die lopende water maak my rustig.

2b Die loperige deeg laat my gril.

Op 'n skaal van morfologiese kompleksiteit (Booij 2002:19) is Afrikaans 'n sterk gedeflekteerde taal, eerder 'n analitiese taal (Jenkinson 1993:116), omdat baie van die fleksievorme reeds verdwyn het. Booij (2010b:548) gebruik die term "fleksie-erosie" om na die verlies van 'n fleksiesisteem te verwys.

Bronne oor Afrikaans verwys op uiteenlopende wyses na fleksie en afleiding met betrekking tot die deelwoord in Afrikaans. Die aanname dat morfeme van meet af aan in twee tipes verdeel kan word, naamlik fleksie- en afleidingsmorfeme, blyk nie so voor die hand liggend te wees nie. Aan die een kant voer Combrink (1974:29-30; 1989:233; 1990:30-31) aan dat die onderskeid tussen fleksie en afleiding 'n "nikswerd Latinisme" is wat nie vir Afrikaans geld nie. Volgens Du Toit (1986:101) kan deelwoorde onder sowel fleksie as afleiding ingedeel word. Hy sien die verledetydsvorm van die werkwoord as fleksiewerking en die adjektiwiese gebruik van deelwoorde as afleiding. De Villiers (1983:68-69, 72-73, 80, 111-112, 161) se hantering van fleksie en afleiding is met tye intern teenstrydig en verwarrend. Dit kom voor asof hy deelwoorde in die verledetydsvorm en die passiefvorm as fleksie sien en dan 'n onderskeid tref tussen die voltooide en onvoltooide deelwoorde in adjektiwiese gebruik: die adjektiwiese gebruik van voltooide deelwoorde is fleksie en dié van onvoltooide deelwoorde is afleiding. Aan die ander kant bestempel Van Schoor (1983:209) deurgaans fleksiewerking by deelwoordvorme.

Jenkinson (1993) bespreek in sy artikel, Die probleem van fleksie en afleiding in Afrikaans, dieselfde onsekerheid en spektrum opinies. Die rede wat hy hiervoor aanvoer, is dat nie alle taalkundiges hierdie onderskeid erken nie (Jenkinson 1993:111-115). Hy wys ook daarop dat daar nie altyd van dieselfde stel kriteria gebruik gemaak word om tussen fleksie en afleiding te onderskei nie (Jenkinson 1993:108-111) en dat die onderskeid vir 'n analitiese taal, soos Afrikaans, problematies sal bly juis omdat daar so min fleksiekategorieë in Afrikaans is (Jenkinson 1993:116). Aansluitend hierby, toon Groenewald en Van Huyssteen (2008) aan hoe min internasionale taalkundiges saamstem oor die kriteria wat aangelê kan word vir fleksie (Groenewald & Van Huyssteen 2008:70), asook hoe Afrikaanse taalkundiges van mekaar verskil oor die fleksiekategorieë vir Afrikaans (Groenewald & Van Huyssteen 2008:72).

Die gevolgtrekking waartoe Jenkinson (1993:117-118) en Van Huyssteen (2014:184) kom, is dat die onderskeid tussen fleksie en afleiding eerder as 'n konseptuele glyskaal gesien moet word, soos wat dit reeds in die kognitiewe linguistiek beskou word, as n absolute tweedeling.

3.2.1 Tuggy se onderskeid tussen fleksie en afleiding

Vanuit 'n kognitiewe perspektief voer Tuggy (1985:210) aan dat 'n fleksie-afleiding-kontinuum 'n vorm van kategorisering voorstel wat meer natuurlik is aan menslike kognisie. Eerder as 'n absolute onderskeid, is 'n meer akkurate beskrywing van die fleksie-afleiding-onderskeid om fleksie en afleiding as pole op 'n kontinuum te sien sodat daar ruimte gelaat word vir morfeme om iewers tussen die pole te val (Tuggy 1985:209).

Na analogie van Tuggy (1985:210) kan ons sê dat die verledetydsvorm gedoen 'n prototipiese fleksievorm is, terwyl doenlik 'n prototipiese voorbeeld van afleiding is. Volgens Tuggy (1985:211) sal 'n fleksievorm soos gedoen waarskynlik nooit oorweeg word as 'n aparte woordeboekinskrywing nie, teenoor 'n afleiding soos doenlik wat wel gelys sal word. Tuggy (1985:210-213) onderskei tussen fleksie en afleiding deur te verwys na produktiwiteit, voorspelbaarheid en betekenisverandering.

In terme van produktiwiteit is fleksiemorfeme baie meer produktief as afleidingsmorfeme. Die meeste werkwoorde neem ge- in verledetydskonstruksies, terwyl -lik slegs met sekere werkwoorde verbind om deverbale adjektiewe te vorm. Vanuit n kognitiewe perspektief kan ons dit stel dat ge-V 'n gevestigde konstruksieskema vir Afrikaanssprekendes is, en as gevolg van herhaalde gebruik word gevestigde sowel as nuwe uitdrukkings toegelaat. Hierteenoor is die konstruksieskema V-lik minder frekwent met 'n beperkte promiskuïteit (in 'n mindere mate gevestig) en laat dit ook nie nuwe uitdrukkings in dieselfde mate toe nie (Tuggy 1985:210-212). Wanneer 'n nuwe werkwoord soos google gebruik word, word het gegoogle sonder enige inspanning gevorm, terwyl googleagtig moontlik éérder as googlelik gevorm sal word. Indien googlelik gebruik word, sal dit inspanning verg om te verstaan.

Die tweede onderskeid tussen fleksie en afleiding behels die voorspelbaarheid van die morfeem. Fleksiemorfeme is tipies meer voorspelbaar in terme van funksie en betekenis as afleidingsmorfeme. Elke keer wanneer ge- gebruik word in die verledetydskonstruksie, het dit dieselfde betekenis en daarom is dit vir sprekers maklik om nuwe uitdrukkings dadelik te verstaan (Tuggy 1985:212-213). Hierteenoor bind -lik nie eksklusief aan sommige werkwoorde nie, dit kan ook aan naamwoorde bind en die betekenis van -lik is ook nie noodwendig vas nie. Die betekenis van -lik in adellik kan geparafraseer word as "soos adel", maar in doenlik sal dit eerder as "kan gedoen word" of "moontlik om te doen" geparafraseer word in plaas van "soos doen".

Die mate waartoe die morfeme die betekenis van die stam verander, is ʼn derde onderskeid tussen fleksie en afleiding. Fleksiemorfeme het ʼn minimale effek op die betekenis van die stam terwyl afleidingsmorfeme ʼn groot effek het (Tuggy 1985:213). Die semantiese inhoud van doen en gedoen is basies dieselfde. Die ge- in gedoen wat saam met het gebruik word, verskaf slegs ekstra inligting om die spreker te help om te verstaan dat dit in die verlede tyd is. Hierteenoor is daar ʼn groot verskil tussen doen en doenlik waar -lik die stam se betekenis in so mate verander dat doenlik "kan gedoen word" beteken en sinonimies met "moontlik" vervang kan word.

Die meeste morfeme sal in enige kontinue voorstelling bondel rondom die twee pole en kan derhalwe as prototipiese voorbeelde van fleksie- of afleidingsmorfeme gesien word. Tog sal daar wel voorbeelde wees wat op grond van hierdie drie maatstawwe iewers tussenin val sonder om duidelik deel van die een of die ander groep uit te maak (Tuggy 1985:214,219). Deelwoorde is juis goeie voorbeelde om te illustreer hoe morfeme in die tussengebied kan val (Figuur 1).

 

 

Die ge-morfeem in verledetyds- en passiefkonstruksies sal, anders as die ge- betrokke by deelwoorde, bondel rondom die fleksiepool. Dit versterk my vermoede dat ons 'n duideliker onderskeid behoort te tref tussen die perifrastiese-konstruksievorme (PK-vorme) van die werkwoord en die deelwoordvorme van die werkwoord(Figuur 3).

 

 

 

 

3.3.2 Fleksieof afleidingvolgens Booij

Booij(2006:655)wys opdriekwessieswaaroorlinguiste debatteer as dit gaan oor die onderskeid tussen fleksie en afleiding, naamlik: die formele kriteria waarvolgens die onderskeid gemaak word; tiperende eienskappe van beide fleksie en afleiding; en die volgorde van morfeme. Vir Booij (2002:19-20; 2006:660) lê die oplossing egter daarin om fleksie verder te onderskei in terme van inherente en kontekstuele fleksie.

Kontekstuele fleksie is fleksie wat deur die sintaktiese konteks vereis word (Booij, 2002:20) soos ge- in verledetydkonstruksies van Afrikaans (bv. geskryf). Ander voorbeelde van kontekstuele fleksie in Afrikaans sou meervouds- (bv. drie idees, baie papiere, verskillende memoranda) en verkleiningsvorme (klein nessie, babavoëltjie) wees wat ook deur die sintaktiese konteks vereis word. Inherente fleksie, daarenteen, voeg morfosintaktiese eienskappe met 'n onafhanklike semantiese waarde toe aan die stam van die woord (Booij 2002:19). Die vorming van deelwoorde kan as 'n tipe inherente fleksie gesien word, aangesien dit ekstra inligting tot die werkwoordbasis toevoeg (bv. aspektualiteit - voltooid: ontwikkelde lande of onvoltooid: ontwikkelende lande) en ook omdat die sintaktiese konteks nie die vorm bepaal nie. Indien die deelwoord prenominaal gebruik sou word, word die attributiewe -e juis deur die sintaktiese konteks bepaal en daarom sal dít dan kontekstuele fleksie wees. Vir Booij (2006:660) is die belangrikste onderskeid hier dat slegs inherente fleksie soms verdere woordvorming soos afleidings en samestellings kan toelaat, soos gebreektes (s.nw.) van gebreekte (dw.).

Die siening dat deelwoordmorfeme 'n intermediêre karakter tussen prosesse en atemporele verhoudings toon (Langacker 1987:145; 2008:119-120) en Booij (2002:79) se eie siening dat die deelwoord 'n fleksiekategorie van werkwoorde is wat voorkom in transkategoriale konstruksies, is beide versoenbaarbaar met inherente fleksie wat tussen die prototipiese fleksie-afleiding-pole lê.

Met hierdie kontinuum (Figuur 2)in gedagte, kam onsweer die teenstrydige sienings van Afrikaanse bronne oor fleksie en afleiding nagaan. Die verskillende skrywers van bestaande Afrikaanse bronne het hulle menings gelug in 'n tyd toe 'n absolute onderskeid tussen fleksie en afleiding die norm was in tradisionele en strukturele beskrywings van Afrikaans wat op hulle beurtweerteruggevoer kan word na die tradisie van Latynse en Griekse grammatikabeskrywings. Eers met insig in die nondiskrete aard van linguistiese kategorieë wat deur die kognitiewe taalkunde ontwikkel is, was dit moontlik om die oënskynlike botsings in 'n samehangende beskouing te integreer. Deur die fleksie-afleiding-onderskeid meer geleidelik te sien en om 'n verdere onderskeid tussen kontekstuele en inherente fleksie te tref, kon Afrikaanse taalkundiges bes moontlik minder teenstrydig hieroor geredeneer het. Combrink (1989:233, 1990:30-31) ontken juis 'n absolute onderskeid tussen fleksie en afleiding, Du Toit (1986:101) se aanvoeling om 'n onderskeid te tref tussen verskillende vorme van die werkwoord neig reeds in die rigting van 'n kontinue onderskeid eerder as 'n absolute onderskeid, en Van Schoor (1983:209) is reg om deelwoorde as fleksie te sien. Die belangrikste kwessie wat na vore kom uit 'n kontinue siening van fleksie en afleiding, en spesifiek met Booij se onderskeid tussen kontekstuele en inherente fleksie, is dat dit die verledetyds- en passiefkonstruksies as ánder vorme van die werkwoord, onderskeibaar van die deelwoordvorm,uitwys(sien afdeling 4).

3.3 Die deelwoord as 'n vorm van die werkwoord

Byna die helfte van die bronne wat bestudeer is, sien die deelwoord as 'n vorm van die werkwoord, maar slegs De Villiers (1983:111) en Van Schoor (1983:212) verduidelik dié vorm van die werkwoord verder as n woord wat gelyktydig twee woordklasse dien.

Daar bestaan in die meeste Nederlandse en Engelse bronne geen twyfel dat die deelwoord 'n vorm van die werkwoord is nie. In dié tale is "vormkategorie" of "vorm van die werkwoord" die aanvaarde vertrekpunt om deelwoorde te beskryf (Booij 2002:54; ANS 1984:422-423; Huddleston 1988:40; Bibber et al.1999:392; Huddleston & Pullum 2005:29; OALD2010:1070).

Volgens Booij (2002:69) het die "perfect participle form of the verb" twee funksies wat saam met die relevante hulpwerkwoorde gebruik word, naamlik (i) om perfektiewe aspek, byvoorbeeld heeft gewerkt; of (ii) passiewe betekenis, byvoorbeeld worden gewerkt, uit te druk. Die Nederlandse taalunie (Taalunieversum 2013) onderskei ook tussen die basiese gebruike: dit kan voorkom as deel van die gesegde (3a), maar dit kan ook as byvoeglike naamwoorde gebruik word (3b).

3 a Hij is met vlag en wimpel voor zijn examen geslaagd.

3b Hij nam met zijn secretaresse de lopende zaken door.

Huddleston (1988) beskryf die deelwoord spesifiek as 'n vorm van die werkwoord wat kenmerke van beide werkwoorde en adjektiewe vertoon: "it is in 'part' like a verb, in 'part' like an adjective" (Huddleston 1988:40). Die Longman grammar of spoken and written English (LGSWE) (Bibber et al. 1999:392, 394-396) verwys na die vier morfologiese variante (vorme) van leksikale fleksie by swak werkwoorde (regular verbs) en n verdere morfologiese vorm by sterk werkwoorde (irregular verbs): die basisvorm, die suffiks -(e)s;die suffiks -ing; die suffiks -ed; en sterk werkwoorde as sterk verlede deelwoorde.

Beide Huddleston (1988:38-40) en Huddleston en Pullum (2005:32-35) stem saam met die morfologiese variante wat LGSWE (Bibber et al. 1999) lys, maar hanteer die verledetydsvorm as n aparte variante vorm. Hulle verklaar hierdie ekstra vorm deur daarop te wys dat die verlededeelwoordvorm en die swak werkwoordvorm in baie gevalle met die verledetydsvorm van daardie werkwoorde ooreenstem. By sterk werkwoorde, daarenteen, is daar nie dieselfde ooreenstemming nie (Huddleston 1988:39; Huddleston & Pullum 2005:33-34), met die gevolg dat daar dan n verdere morfologiese variant voorkom. Die twee werkwoordvorme in Engels wat die deelwoord betrek, word volgens Huddleston en Pullum (2005:32-33) onderskei as 'n gerund-participle en n past participle. n Gerund ("gerundium" in Afrikaans) is n werkwoordvorm wat funksioneel dieselfde as n selfstandige naamwoord is; en n deelwoord is n werkwoordvorm wat funksioneel dieselfde as 'n adjektief is. In Engels word een woordvorm, "shape" (Huddleston & Pullum 2005:32), gevorm met -ing, vir beide bogenoemde vorme gebruik (spesifiek die teenwoordige deelwoord in hierdie geval) en vandaar die term gerund-participle. Daar word ook na die gerund as die ing-vorm van die werkwoord verwys juis omdat nie een van die oorgeërfde terme volledig daarin slaag om na hierdie vorm te verwys nie.

Wat dus hier aan die lig kom, is dat een (skrif-)vorm van die werkwoord meerdere funksies kan hê. In Engels kan dieselfde vorm van 'n woord, byvoorbeeld developed, gebruik word as die verlede tyd van 'n swak werkwoord (4a) of as 'n deelwoord in 'n adjektiwiese funksie (4b).

4a She developed a solid plan.

4b Developed countries should help us.

Daar is drie waardevolle bydraes wat Nederlandse en Engelse bronne lewer om lig te werp op die teenstrydige sienings in die Afrikaanse bronne. Vanuit die staanspoor sien Nederlands en Engels die deelwoord as 'n vorm (of vormkategorie) van die werkwoord. Tweedens kry ons groter insig in wat met 'n vorm van die werkwoord bedoel word: dat dit 'n morfologiese vorm of variant van die woord is wat apart staan van die funksie waarin dit gebruik word. Ons weet ook dat: "... different inflectional forms of a verb may share the same shape" (Huddleston & Pullum 2005:33). Dit is dus moontlik dat dieselfde skryfvorm in verskillende vormkategorieë geregverdig kan word. Laastens word die deelwoord op twee maniere gebruik: as n vorm van die werkwoord wat in konstruksies gebruik word om die verlede tyd of die passiefvorm uit te druk, óf waar die deelwoord alleen voorkom as adjektief met verbale eienskappe.

 

4. VERSKILLENDE VORME VAN DIE WERKWOORD

In die -volgende twee tabelle word werkwoordparadigmas van onderskeiddik n swak (Tabel 1) en 'n sSerk (Tabel 2) werkwoord gegee. Die verskil tussen die paradigmas is dat die verledetydsvorm van n swak werkwoord in Engels presies dieselfde as die voltooide deelwoordsvorm lyk, terwyl die vorme met 'n sterk werkwoord verskil. Verder kry ons dit slegs in Afrikaans dat daar beide 'n sterk en n swak vorm van voltooide deelwoorde van dieselfde werkwoord bestaan, byvoorbeeld gebreekte koppie en gebroke hart.

 

 

 

 

Die grys dwarslyne in die tabelle dui die deelwoordvorme aan, terwyl vorme van die werkwoord wat presies dieselfde morfologiese vorm as die deelwoordvorme het, donker gemerk is.

Uit beide werkwoordparadigmas kan ons sien dat daar telkens in Engels en Nederlands 'n duidelike vormlike ooreenkoms is tussen die vorm van die werkwoord in n adjektiwiese funksie en die vorm in passiewe en perfektumkonstruksies. Dit is egter nie die geval in Afrikaansnie en dit kan nóg beter verduidelik word met voorbeelde waar die adjektiwiese gebruik van die vorm van die werkwoord en kie vorm vag die werkwoord in konstruksies nooit dieselfde vorm het nie. Waar Engels konsekwent confused gebruik wanneer dit adjektiwies (5b) en (5d), passief (5f) of in die verlede tyd (5h) gebruik word, gebruik Afrikaans verward in die adjektiwiese funksie (5a) en (5c), maar verwar in die passiewe (5e) en verledetydskonstruksies (5g).

5a Die verwarde persoon frons.

5b The confused person frowns.

5 c Jan is verward.

5d Jan is confused.

5e Jan word/is deur die deurmekaar aanwysings verwar.

5f Jan is/was confused by the disorganise O directions.

5g Die deurmekaar aanwysings het Jan verwar.

5h The disorganised directions confused Jan.

Dit wil dus voorkom asof dit in Afrikaans nodig is om 'n onderskeid te tref tussen deelwoordvorme van die werkwoord en vorme van die werkwoord wat in perifrastiese konstruksies voorkom (Figuur 3).

 

5. VERGELYKING TUSSEN DIE VOLTOOIDE DEELWOORDVORM EN DIE PK-VORME

Aangesien dit juis die voltooide deelwoordvorm en die PK-vorme van die werkwoord is wat met mekaar verwar word, word hulle voorts van mekaar onderskei. Vanuit 'n kognitiewe beskrywingsraamwerk, kan hierdie vorme op beide die fonologiese en semantiese pole met mekaar vergelyk word om sodoende die onderskeid tussen dié vorme te beskryf.

Tabel 3 gee n opsomming van die verskil tussen die deelwoordvorm en die PK-vorme. Die grys gemerkte blok in Tabel 3 toon die enigste plek waar daar moontlik n verwarring tussen die deelwoordvorm en die PK-vorme kan wees.

 

 

5.1 Vergelyking op die fonologiese pool

Die predikatiewe gebruik van voltooide deelwoorde in n adjektieffunksie word altyd saam met n koppelwerkwoord in 'n sin gebruik, terwyl die PK-vorm van die werkwoord altyd saam met 'n hulpwerkwoord voorkom. In die verledetydskonstruksie word die werkwoordvorm saam met het (hulpwerkwoord van tyd) gebruik, en in die passiefkonstruksie word die werkwoordvorm saam met word (vir 'n duratiewe lesing) of is (vir 'n voltooide lesing) gebruik (beide hulpwerkwoorde van vorm).

Die woordfinale -d/-t-skrappingsreël in Afrikaans (Combrink 1990:24-25) is volkome voltrek in die PK-vorme van die werkwoord, maar nie by die deelwoordvorm nie. Dit beteken dat die PK-vorme van die werkwoord deurgaans glad nie deur ge-V- d/-t gevorm word nie, maar slegs deur ge-V. Die verskil is duidelik indien n mens die prototipiese konstruksieskema van n deelwoordvorm (6a) vergelyk met dié van n PK-vorm (6b).

6a [ge [V]i d/t]Aj [voltooide staat van SEMi ]j

6b [ge [V]Vj [PST van SEMi ]j

Wanneer die voltooide deelwoord attributief gebruik word, is daar nie verwarring nie, aangesien die -d/-t dan realiseer. Verwarring tussen die vorme ontstaan eers wanneer die deelwoordvorm in die predikatiewe posisie sonder die -d/-t gebruik word, want dan lyk die vorme op die oog af dieselfde.

Al onderskei die AWS (2009) nie tussen die PK-vorme en 'n deelwoordvorm nie, en al gebruik die AWS (2009:162) die term "deelwoord" om na beide vorme te verwys, onderskei die reëls sélf duidelik tussen die vorme. AWS-reël 11.5 (2009:62) is 'n sterk leidraad om tussen die PK-vorme en die deelwoordvorm te onderskei.

Reël 11.5 betrek slegs die PK-vorme: "Voltooide deelwoorde3 in werkwoordfunksie (dus PK-vorme) word altyd sonder -d aan die einde gespel ..." (AWS 2009:62). Die deelwoordvorme word betrek in die opmerking by die reël wat deelwoorde in 'n adjektief-of bywoordfunksie (dus deelwoordvorme) in twee groepe deel waar die slot-d verpligtend of opsioneel is.

Reëls 11.6 tot 11.11 (AWS 2009:63-64) beantwoord die vraag wanneer die deelwoordvorm -d of -t neem. Al hierdie reëls is duidelik slegs van toepassing op die deelwoordvorm en nie die PK-vorme nie.

Alhoewel sterk voltooide deelwoorde nie binne die fokus van hierdie artikel val nie, is sterk voltooide deelwoorde tog deurslaggewend vir die onderskeid tussen n deelwoordvorm en PK-vorme. Sterk voltooide deelwoorde word nooit as n vorm van die werkwoord in n werkwoord-funksie gebruik nie. Net so is predikatiewe deelwoordvorme met n verpligte -d ewe bepalend vir die onderskeid tussen die verskillende vorme van die werkwoord. Vergelyk die drie voorbeeldsinne met trou. Sinne (7a) en (7b) sal beide ongrammatikaal wees indien die werkwoordvorm getroud gebruik sou word. Sin (7c) sou 'n ander betekenis hê indien die -d weggelaat sou word: met die -d beteken die sin dat hulle vir twee jaar in die eg verbind was (getroud), en sonder die -d sal die sin beteken dat hulle vir twee jaar eerlik en opreg (getrou) teenoor mekaar was voor hulle geskei het.

7a Die magistraat het Jan en San getrou.

7b Jan en San is deur die magistraat getrou.

7c Jan en San was vir twee jaar getroud voor hulle geskei het.

Dieselfde geld verwar. Sinne (8a) en (8b) sal ongrammatikaal wees indien verwar met 'n -d gebruik sou word; en sin (8c) sou n ander betekenis hê sonder die -d: iemand verwar die "ek" en nie dat die "ek" in 'n toestand van verwardheid verkeer nie.

8a JD se notas het my verskriklik verwar.

8b Ek word maklik deur JD se notas verwar.

8c Ek is só verward vandag!

Soms word die gebruik van die -d/-t bepalend vir betekenisonderskeiding by ge-lose vorme van die deelwoord, al is die -d/-t in die betrokke woord opsioneel. Byvoorbeeld, wanneer 'n mens 'n lys maak met die doel om take wat voltooi is, neer te skryf, kan mens byvoorbeeld slegs voltooi boaan skryf. Die moontlikheid bestaan dan dat voltooi verkeerdelik geïnterpreteer kan word as 'n lys take wat nog voltooi moet word, in plaas van take wat reeds voltooi is. Indien die opskrif "voltooid" is, sal daar geen onsekerheid wees oor wat bedoel word nie. Dieselfde kan gebeur met betaal. Indien mens "betaal" langs 'n bedrag skryf, kan dit geïnterpreteer word dat die bedrag nog uitstaande is, of dat betaling ontvang is. Indien daar "betaald" staan, sal daar geen verwarring wees dat die betaling ontvang is nie.

Ten slotte behoort die riglyne oor die gebruik al dan nie van ge- by die fonologiese karakterisering van die deelwoord ingesluit te word. Aangesien beide die deelwoordvorm en die PK-vorme in sommige gevalle met of sonder ge- gevorm word, geld AWS-reëls 17.1 tot 17.6 (2009:162-165) beide vorme.

5.2 Vergelyking op die semantiese pool

Die morfologiese struktuur van die PK-vorme, te wete die verledetydsvorm en die passiefvorm, lyk altyd presies dieselfde op die fonologiese pool. Tog het hulle verskillende karakteriserings op die semantiese pool wat beide ook verskil van die semantiese beskrywing van die deelwoord.

5.2.1 Die passiefkonstruksie

Alhoewel die morfologiese struktuur van die deelwoordvorm [ge-V-d/t] en dié van die passiefvorm [ge-V] van mekaar verskil, word hulle gereeld met mekaar verwar wanneer die deelwoordvorm in die predikatiewe posisie sonder -d/-t gebruik word. Sin (9a) is duidelik in die passiewe vorm: Oupa het die deur gesluit. Dieselfde interpretasie is nie so voor die hand liggend in (9b) sonder die eksplisiete identifisering van die agent (deur Oupa) nie. Sonder konteks is dit onmoontlik om te bepaal of (9b) 'n passiewe sin is wat fokus op die proses wat reeds voltrek is (waar Oupa reeds die deur gesluit het) en of dit n teenwoordige stelling is waar die laaste toestand van n proses uitgedruk word (ongeag wie die deur gesluit het, word daar gefokus op die feit dat die deur gesluit is, nie oop is nie). In werklike gebruiksinstansies sal die onduidelikheid grootliks verdwyn.

9a Die buitedeur is deur Oupa gesluit.

9b Die buitedeur is gesluit.

Vergelyk die voorbeeldsinne in (10), waar die agent in die passiefkonstruksies doelbewus weggelaat is om die verwarring te illustreer. Sin (10a) is ingesluit om konteks te verleen aan die passiewe sin (10b), waar Geert nou besig is om die stoep te vee. In die passiewe sin (10c) het Geert klaar die stoep gevee. Vandat Geert klaar die stoep gevee het in (10c), kan mens nou in (10d) dit stel dat die stoep skoon is, dat dit gevee is, dat die stoep nie meer vuil is nie. As die wind begin waai en die stoep weer vol blare en stof waai, dan kan (10e) uitdruk dat die stoep gevee wás, maar nou nie meer is nie - dit is weer vuil. Sin (10e) is die verlede tyd van (10d).

10a Geert vee die stoep. [aktiewe sin in die teenwoordige tyd]

10b Die stoep word gevee. [teenwoordige passiefkonstruksie]

10c Die stoep is gevee. [verlede passiefkonstruksie]

10d Die stoep is gevee. [voltooide deelwoord in die teenwoordige tyd]

10e Die stoep was gevee. [voltooide deelwoord in die verlede tyd]

Aangesien (10c) en (10d) presies dieselfde lyk, is dit moeilik om sonder enige konteks tussen hulle te onderskei. Tog verskil sowel die aard van die "is" as die aard van die werkwoordvorm. Sin (10c) is 'n voltooide passiefkonstruksie wat bestaan uit die hulpwerkwoord is en die passiefvorm gevee, en in (10d) is gevee n statiewe voltooide deelwoord wat saam met die koppelwerkwoord is gebruik word.

Vanuit n bkognitiewe eskrywingsraamwerk, word diagramme gebruik om die semantiese karakterisering van die werkwoordvorm in die passiefkonstruksie te illustreer. Beide die deelwoordvorm (Figuur 4a) en die passiefvorm (Figuur 4b) het 'n prosesbasis. Opsommende skandering hef die opeenvolgende skandering van die prosesbasis op (vgl. die tydlyne in Figuur 4a en Figuur 4b wat nie meer geprofileer is nie) sodat die temporele prosesbasisse getransformeer word tot atemporele verhoudings. n Verdere ooreenkoms tussen die deelwoordvorm en die passiefvorm is dat daar sprake is van omgekeerde trajektor-landmerk-organisering. Die trajektor (tr) by die passiefvorm is, net soos by die deelwoordvorm, altyd die deelnemer waarop die krag van die landmerk (lm) uitgevoer word of wat die verandering ondergaan.

 

 

ʼn Duidelike verskil tussen die deelwoordvorm en die passiefvorm is dat die deelwoordvorm slegs die finale toestand van die proses profileer, terwyl die passiefvorm al die state van die proses profileer soos dit ontvou. Dit is belangrik om daarop te let dat die passiefvorm op sy eie glad nie meer ʼn proses is nie, aangesien die profilering van die temporele aard deur die opsommende skandering opgehef is. Eers wanneer die passiefvorm en die hulpwerkwoord as komponentstrukture in die saamgestelde struktuur van die passiefkonstruksie optree (Figuur 5), verleen die hulpwerkwoord (word/is) temporaliteit aan die passiefvorm se meer spesifieke inhoud (Langacker 2008:125).

 

 

Samevattend kan die ge-morfeem van die passiefvorm soos in Figuur 6 voorgestel word. Die ge- is afhanklik van die werkwoordstam (daarom is die agtergrond gearseerd) en die uitbreidingspeil wys dat die werkwoord [V] as uitbreidingsterrein dien. Die ge- van die passief is ook afhanklik van die hulpwerkwoord van vorm (word/is) om die passiefvorm te retemporaliseer: die balk op die tydlyn gearseerd met . uitbreidingspeil na die hulpwerkwoord.

 

 

5.2.2 Die verledetydkonstruksie

Afrikaans het nie dieselfde perfektumkonstruksie as Nederlands (of Engels) nie. Indien Afrikaans n perfektum of voorverlede aspektuele kontoer wil uitdruk, maak ons onder andere gebruik van bywoorde soos klaar of reeds (vergelyk ook Kirsten 2016). Die verledetydskonstruksies in Afrikaans en Nederlands verskil ook radikaal van mekaar.

Nederlands het 'n eie verledetydskonstruksie, maar die uiterlike bou van die perfektumkonstruksie in Nederlands (hebben + ge-V- d/t) lyk op die oog af baie soos die verledetydskonstruksie in Afrikaans (het + ge-V). Dit kan histories verklaar word deurdat die Nederlandse basis van 'n perfektiewe konstruksie in 'n verledetydskonstruksie vir Afrikaans ontwikkel het (Ponelis 1993; Conradie 1998). Die hulpwerkwoord het in Afrikaans het oor tyd sy semantiese en aspektuele karakter verloor om, soos by die perfektumkonstruksie, terug te kyk na die voltooide ervaring vanuit 'n sekere verwysingspunt (R) en het ontwikkel om uitsluitlik as 'n tempusmerker binne die verledetydskonstruksie te dien (Figuur 7).

 

 

Anders as die perfektumkonstruksie in Nederlands, het die verledetydskonstruksie in Afrikaans reeds n gevestigde konvensionele waarde en dit betrek die perifrastiese konstruksie as n geheel: hulpwerkwoord + verledetydsvorm. Die uitdrukking van die verlede tyd lê nie opgesluit in die hulpwerkwoord of die werkwoordvorm as komponente nie, maar wel in die saamgestelde verledetydstruktuur. Die verledetydkonstruksie in Afrikaans het gegrammatikaliseer (sien die verduideliking van die evolusie van het in Breed 2012:65-68). Die verledetydskonstruksie (het + ge-V) funksioneer eenvoudig as n semantiese onontleedbare geheel om die werkwoordstam te merk as voorafgaande in verhouding tot die tyd van spraak.

In die voorstelling van die verledetyds-ge- (Figuur 8) is ge- afhanklik van die werkwoordstam (daarom is die agtergrond gearseerd) en die uitbreidingspeil wys dat die werkwoord [V] as uitbreidingsterrein dien. Die verledetyds-ge- is terselfdertyd ook afhanklik van die hulpwerkwoord van tyd (het) om die verledetydsvorm te merk: die balk op die tydlyn is gearseerd met ʼn verdere uitbreidingspeil na die hulpwerkwoord.

 

 

SAMEVATUNG

Uit die Afrikaanse literatuur is dit duidelik dat weinig taalbronne ooreenstem oor die aard van ʼn deelwoord. Die grootste verwarring tussen die bronne is geleë in die vae onderskeid tussen fleksie en afleiding. Om die fleksie-afleiding-onderskeid eerder op ʼn kontinuum as ʼn absolute binêre onderskeid te sien, dra reeds geweldig by tot die oplossing van die verwarring. Booij (2002:19-20; 2006:660) se verdere onderskeid tussen kontekstuele en inherente fleksie bied die verklaring dat die deelwoordvorm van die werkwoord ʼn ander tipe fleksievorm as die PK-vorme van die werkwoord is.

Dit is daarom nodig dat Afrikaans die deelwoordvorm van die werkwoord as 'n ánder vorm van die werkwoord sien as die PK-vorme. n Argument vir hierdie onderskeid is aangebied deur n vergelyking tussen die vorme vanuit n kognitiewe beskrywingsraamwerk waar die vorme op sowel die fonologiese as semantiese pole gekarakteriseer is. Die vergelykings op beide die pole het bevestig dat die deelwoordvorm van die werkwoord nie dieselfde vorm van die werkwoord is as die PK-vorme van die werkwoord nie. Inteendeel, al vertoon die PK-vorme van die werkwoord altyd dieselfde vorm op die fonologiese pool, verskil hulle ook op die semantiese pool.

 

BIBLIOGRAFIE

ANS:Algemene Nederlandse spraakkunst. 1984. Groningen: Wolters-Noordhoff.         [ Links ]

AWS: Afrikaanse woordelys en spelreëls. 2009. 10de uitg. Kaapstad: Pharos.         [ Links ]

Biber, D., Johansson, S., Leech, G., Conrad, S. & Finegan, E. 1999. Longman grammar ofspoken and written English. London: Longman.         [ Links ]

Booij, G. 2002. The morphology of Dutch. Oxford: Oxford University Press.         [ Links ]

Booij, G. 2006. Inflection and derivation. In Encyclopedia of Language & Linguistics, 2de uitg., 5:654-661.         [ Links ]

Booij, G. 2010a. Construction morphology. Oxford: Oxford University Press.         [ Links ]

Booij, G. 2010b. Construction morphology. Language and linguistics compass, 4(7):543-555.         [ Links ]

Breed, C.A. 2012. Die grammatikalisering van aspek in Afrikaans: n semantiese studie van perifrastiese progressiewe konstruksies. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit. (Proefskrif - PhD).         [ Links ]

Breed, A. 2016. Aspek inAfrikaans: 'n teoretiese beskrywing. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(1):62-80.         [ Links ]

Butler, A.P. 2014. Die deelwoord in Afrikaans: perspektiewe vanuit n kognitiewe gebruiksgebaseerde beskrywingsraamwerk. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit. (Verhandeling - MA).         [ Links ]

Carstens, W.A.M. 2011. Norme vir Afrikaans - enkele riglyne by die gebruik van Afrikaans. 5de uitg. Pretoria: Van Schaik Uitgewers.         [ Links ]

Combrink, J.G.H. 1974. In Odendal (red.). Taalkunde - n lewe. Kaapstad: Tafelberg. pp. 21-30.         [ Links ]

Combrink, J.G.H. 1989. In Botha, Ponelis, Combrink & Odendal (reds.). Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde. Pretoria: Academica, pp. 220-254.         [ Links ]

Combrink, J.G.H. 1990. Afrikaanse morfologie. Pretoria: Academica.         [ Links ]

Comrie, B., Haspelmath, M. & Bickel, B. 2008.The Leipzig glossing rules: conventions for interlinear morpheme-by-morpheme glosses. University of Leipzig: Department of Linguistics of the Max Planck Institute for Evolutionary Anthropology & the Department of Linguistics. http://www.eva.mpg.de/lingua/pdf/LGR08.02.05.pdf [18 April 2014].         [ Links ]

Conradie, J.C. 1998. Preteritumverlies in vroeë Afrikaans. Tydskrifvir Geesteswetenskappe, 38(1):6-20.         [ Links ]

Conradie, J.C. 1999. Preterite loss in early Afrikaans. Folia Linguistica, 33(1-2):19-38.         [ Links ]

De Villiers, M. 1948. Woordsoorte, werkwoorde en tye. Kaapstad: Nasionale Pers Beperk.         [ Links ]

De Villiers, M. 1983. Afrikaanse grammatika vir volwassenes. Kaapstad: Nasou Beperk.         [ Links ]

Du Toit, P.J. 1986. Taalleer vir onderwyser en student. Pretoria: Academica.         [ Links ]

Groenewald, H.J. & Van Huyssteen, G.B. 2008. Outomatiese lemma-identifisering vir Afrikaans. Literator, 29(1):65-91.         [ Links ]

Huddleston, R. 1988. English grammar - an outline. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

Huddleston, R. & Pullum, G.K. 2005. A student's introduction to English grammar. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

Jenkinson, A.G. 1993. Die probleem van fleksie en afleiding in Afrikaans. Suid-Afrikaanse tydskrif vir taalkunde, 11(18):100-122.         [ Links ]

Kempen, W. 1982. Samestelling, afleiding en woordsoortelike meerfunksionaliteit in Afrikaans. Kaapstad: Nasou Beperk.         [ Links ]

Kirsten, J. 2016. Veranderinge in adverbiale tydsverwysing in Afrikaans van 1911 tot 2010. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(1):45-61.         [ Links ]

Langacker, R.W. 1987. Foundations of cognitive grammar - volume I: theoretical prerequisites. Stanford: Stanford University Press.         [ Links ]

Langacker, R.W. 2008. Cognitive grammar: a basic introduction. Oxford: Oxford University Press.         [ Links ]

Langacker, R.W. s.a. The functional organization of English clauses. San Diego: University of San Diego.         [ Links ]

Matthews, P.H. 1997. The concise Oxford dictionary of linguistics. Oxford: Oxford University Press.         [ Links ]

OALD: Oxford Advanced Learner's Dictionary. 2000. 6de uitg. Oxford: Oxford University Press.         [ Links ]

Ponelis, F. 1993. The development of Afrikaans. Frankfurt: Peter Lang.         [ Links ]

Tuggy, D. 1985. The inflectional/derivational distinction. Workpapers of the Summer Institute of Linguistics at the University of North Dakota XXIX. Grand Forks: Summer Institute of Linguistics, pp. 209-222.         [ Links ]

Van Huyssteen, G.B. 2014. In Carstens & Bosman (reds.). Kontemporêre Afrikaanse taalkunde. Pretoria: Van Schaik Uitgewers, pp. 171-208.         [ Links ]

Van Schoor, J.L. 1983. Die grammatika van standaard-Afrikaans. Kaapstad: Lex Patria.         [ Links ]

Taaluniversum. 2013. Taaladvies. http://taaladvies.net/taal/advies/term/25/deelwoord [25 November 2013].         [ Links ]

 

 

 

Anneke Butler is 'n dosent in Akademiese Geletterdheid by die Skool vir Tale aan die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus. In 2014 behaal sy haar Meestersgraad in Algemene Taal- en Literatuurstudie. Haar verhandeling, getiteld Die deelwoord in Afrikaans: perspektiewe vanuit 'n kognitiewe gebruiksgebaseerde beskry-wingsraamwerk, ondersoek die onderskeid tussen deelwoordvorme van die werkwoord en perifras-tiesekonstruksievorme (in verledetyd- en passief-konstruksies) van die werkwoord in Afrikaans. Haar ander navorsingbelangstellings betrek die ontwerp en ontwikkeling van leermateriaal en taaltoetsing.
Anneke Butler is a lecturer of Academic Literacy in the School of Language at the Vaal Triangle Campus of North-West University. She received her Master's degree in General Linguistics and Literary Studies in 2014. Her dissertation, titled Die deelwoord in Afrikaans: perspektiewe vanuit n kognitiewe gebruiksgebaseerde beskrywings-raamwerk, investigates the distinction between the participle forms of the verb and the periphrastic construction forms (in past tense and passive constructions) of the verb in Afrikaans. Her other research interests include the design and development of learning material as well as language testing.
1 Uit die MA-verhandeling, Die deelwoord in Afrikaans: perspektiewe vanuit n kognitiewe gebruiks-gebaseerde beskrywingsraamwerk, onder leiding van prof. Gerhard van Huyssteen aan die Potchef-stroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Met verdere erkenning aan proff. Gerhard van Huyssteen en Bertus van Rooy sowel as die twee anonieme keurders van die artikel vir hulle konstruk- tiewe kommentaar.
2 Ek volg die Leipzig-reëls om morfeme te glos (Comrie, Haspelmath & Bickel 2008).
3 Myns insiens behoort die AWS hier eerder "vorme van die werkwoord" as "deelwoorde" te gebruik.

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons