SciELO - Scientific Electronic Library Online

vol.56 issue1Dollarisation as economic solution for the Zimbabwean demiseStudent teachers' interpretation and use of learning theory concepts author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand



Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.56 n.1 Pretoria Mar. 2016 



Aspek in Afrikaans: 'n Teoretiese beskrywing


Aspect in Afrikaans: A theoretical description



Adri Breed

Afrikaans en Nederlands, Skool vir Tale Noordwes-Universiteit Potchefstroom E-mail:




Die Afrikaanse werkwoordstelsel onderskei tussen verlede, hede en toekoms (met ander woorde tussen verskillende tempusbetekenisse), maar is meerduidig met betrekking tot grammatikaal-aspektuele betekenis. Die Afrikaanse werkwoord spesifiseer nie op 'n verpligte wyse 'n onderskeid tussen perfektiewe, anterior- of imperfektiewe betekenis nie. Die ongemerkte stamvorm (in die hede) en die het ge-vorm (in die verlede) word gebruik om hierdie verskillende aspektuele betekenisse uit te druk. Afrikaans kan derhalwe geklassifiseer word as 'n nie-aspektuele taal (vergelyk Bylund 2013:932). Die aspektuele meerduidigheid van Afrikaans het 'n verreikende effek op die wyse waarop hierdie taal se grammatika in die Afrikaanse akademiese literatuur beskryf of verstaan word. Daar bestaan onder sommige skrywers die siening dat die werkwoordelike vorm van Afrikaans onvoldoende is om sekere aspektuele nuanses en betekenisse uit te druk (vergelyk Brink 1976:93; De Villiers 1962:250; Du Toit 1940:250; Meyer 2010; Paul 2010; Visser 2012; Wybenga 1983:1). Beskrywings soos "maklik", "vereenvoudig", "sonder 'n werklike sisteem" en "problematies" is al gebruik om die Afrikaanse grammatikale temporele uitdrukking te beskryf (vergelyk Anon 2010; Britz 2002; De Villiers 1962:59). Die aanname bestaan selfs by sommige skrywers dat Afrikaans "geen aspek het nie" (vergelyk Van der Merwe 1968a:281). 'n Moontlike rede vir hierdie sienings is die feit dat die uitdrukking van aspek in Afrikaans nog nie voldoende nagevors of beskryf is nie. Die enkele bestaande publikasies oor die onderwerp bied nie 'n goeie verduideliking van die begrip "aspek" nie, en dui nie voldoende die verskillende wyses waarop aspek in Afrikaans uitgedruk kan word, aan nie. Hierdie artikel probeer die tweeledige leemte vul deur eerstens 'n algemeen-teoretiese beskrywing van aspek aan te bied, en tweedens op 'n sistematiese wyse aan te toon watter linguistiese strategies in Afrikaans aangewend word om aspektuele betekenis uit te druk.

Trefwoorde: anterior, aspek, imperfektief, perfektief, perfektum, tempus


The Afrikaans verb system distinguishes between past, present and future tense, but is ambiguous with regard to aspectual interpretation. Whereas English has different formal ways to specify aspectual meaning (for example the differences between the past situations indicated by drank, has drunk, had drunk and was drinking) the het ge past tense can be used in Afrikaans for all four these aspectual past tense meanings (namely het gedrink). Afrikaans is therefore regarded as a non-aspectual language (cf. Bylund et al. 2013:932).
The aspectually ambiguous nature ofthe Afrikaans verb system has a far-reaching effect on the manner in which the Afrikaans grammar in the Afrikaans academic literature is described or understood. Firstly, there is a view that the verbal form of Afrikaans is inadequate to express certain aspectual nuances and meanings in the same way as, for instance, English (cf. Brink 1976:93; De Villiers 1962:250; Du Toit 1940:250; Meyer 2010; Paul 2010; Visser 2012; Wybenga 1983:1). Secondly, expressions such as "easy", "simplified", "lacking a real system" and "problematic" have been used to describe temporal expression in Afrikaans (cf. Anon 2010; Britz 2002; De Villiers 1962:59). Some scholars even assume that Afrikaans "has no aspect" (cf. Van derMerwe 1968a:281).
However, these statements are contentious as it is indeed possible to distinguish between different aspectual meanings in Afrikaans. Although verb inflection is not really used to make these distinctions, other linguistic strategies such as phrasal and lexical constructions can be employed.
A possible reason for the above-mentioned views is the fact that Afrikaans aspectual expressions have not yet been researched or described adequately. In fact, since 1940, only ten Afrikaans publications on aspect have been published (cf. Breed 2012:7-14). However, in my opinion, these publications do not offer a good explanation of the different ways in which aspect can be expressed in Afrikaans, and therefore fail to contribute to a better understanding of aspectual expressions in Afrikaans.
This article endeavours to fill the dual void by offering a general theoretical description of aspect in Afrikaans, and secondly by systematically presenting the different linguistic strategies that are used in Afrikaans to express aspectual meaning.
By means of a search on the "Digitale Bibliografie van die Afrikaanse Taalkunde (DBAT)", ten Afrikaans publications were found that offer a theoretical description or definitions of aspect, i.e. Broos (1960), De Villiers (1942, 1948, 1951, 1962, 1968), Labuschagne (1968), Louw (1987), Potgieter (1982), Scholtz (1940), Van der Merwe (1968b), Van Niekerk (1997) Visser (1968) and Wybenga (1983). This literature is useful to form an overall conceptual framework of aspect in Afrikaans, and also to identify some aspectual expressions in Afrikaans. However, it is inadequate to serve as theoretical framework for the description of aspect in Afrikaans for the following reasons:
The publications on Afrikaans aspect do not seem to have taken cognisance of contemporary international research findings on aspect in general.
It is difficult to understand and distinguish the definitions and classifications of aspectual meanings made in the Afrikaans literature. There is little agreement between the definitions or classifications given in the different publications for the various aspectual meanings (e.g. the conative, causative, iterative, momental, punctual, ingressive and inchoative), and the description and classification of the perfective and imperfective meanings given in the relevant publications do not agree with contemporary international views on aspect (for example those of Binnick 1991; Bybee et al. 1994; Bybee 2003, Comrie 1976,1985; Dahl 1985; Langacker 1991; McCawley 1971).
I consider the classification and definitions offered in the literature for aspectual meanings in Afrikaans unclear, incongruous and mostly incompatible. Apart from some references to Lyons (1977) and Jespersen (1965), non-South African sources on aspect are seldom referred to.
It is still not clear which constructs or methods are being used by Afrikaans speakers to express aspectual meaning.
According to the received linguistic view of grammatical aspect, it has to do with the point of view from which a situation is perceived. A situation can be viewed from two perspectives. Firstly, it can be viewed as a whole, with the boundaries of the situation included, for example The dog drank the water. This approach is called the perfective aspect. Secondly, a situation can be viewed with a focus on the internal temporal structure of the situation, for example The dog is drinking the water. This approach is called the imperfective aspect. All other aspectual meanings, (for example the habitual aspect such as Elephants eat leaves or the frequentative aspect such as He visits her often) can be regarded as a subtype of one of these two aspectual distinctions.
A further distinguishable temporal-aspectual construction, namely the perfect or the anterior, is also relevant to this discussion. The anterior does not stand as a structure in opposition to the perfective or imperfective, but involves multiple points in time and should therefore be dealt with slightly differently than simply to be categorised as grammatical aspect. The two terminologies, namely the perfective and the perfect are often confused with each other or treated as synonyms, but are inherently different. In some traditions, the perfect is rather regarded as a tense category (cf. Comrie 1976:52). The anterior specifies that a process in the past has an effect on a subsequent situation, as it results in a state situation. The expression does not reveal anything about the situation itself, but places the situation in a particular context. Further descriptions and classifications of subtypes are addressed in the article.
Although Afrikaans does not use verb inflection to distinguish aspectual meaning as in English, five linguistic strategies are used to specify aspectual meaning, namely i) lexical constructions such as adverbs and conjunction; ii) affixation; iii) reduplication; iv) passive constructions; and v) periphrastic constructions.

Keywords: anterior, aspect, imperfect, perfect, tense




Tempus1en aspek is dimensies van die konstruering van temporele situasies. Tempus bied die deiktiese temporele inligting van 'n situasie aan (dit is die hede, verlede en toekoms), terwyl aspek nie die deiktiese temporele inligting (byvoorbeeld die duur, frekwensie, oogpunt en interne temporele struktuur) aanbied nie. Sekere tale, soos Engels, het 'n werkwoordelike stelsel wat op verpligte en niemeerduidige wyse tussen tempus en 'n aantal aspektuele betekenisse onderskei. Hierdie tale staan bekend as aspektuele tale. Ander tale, soos Afrikaans, maak nie op verpligte wyse hierdie onderskeid nie, en word as nie-aspektuele tale geklassifiseer. Bylund et al. (2013:932) verduidelik dat beide sogenaamde aspektuele en nie-aspektuele tale van leksikale en perifrastiese strategieë kan gebruik maak om aspektuele betekenis te spesifiseer, maar dat nie-aspektuele tale (soos Afrikaans) verskil van aspektuele tale (soos Engels) op twee wyses: "First, [non-aspectual languages] do not encode aspectual contrasts on an obligatory scale, and second, the constructions used to convey such contrasts typically have limited application and are only combinable with certain verb types". Vergelyk die volgende Engelse voorbeelde:

(1) The dog drank the water. (Simple Past)2

(2) The dog was drinking the water. (Past Progressive)

(3) The dog had drunk the water. (Past Perfect)

(4) The dog drinks the water. (Simple Present)

(5) The dog is drinking the water. (Present Progressive)

(6) The dog has drunk the water. (Present Perfect)

Engels maak, soos genoem, op verpligte wyse van verskillende vormlike konstruksies gebruik om hierdie deiktiese en niedeiktiese temporele onderskeibare betekenisse uit te druk. Die tempus van voorbeeldsinne (1) tot (3) (dus deiktiese temporele inligting) is verlede tyd, terwyl die tempus van voorbeeldsinne (4) tot (6) hedetyd is. Die aspektuele betekenis van hierdie sinne is egter ook duidelik. Sinne (2) en (5) dui byvoorbeeld onderskeidelik aan dat die hond op 'n gegewe oomblik (hetsy in die verlede of die hede) besig was of is om water te drink, en sinne (3) en (6) dui byvoorbeeld aan dat die hond op 'n tydstip in die verlede die water gedrink het, en dat die resultaat van hierdie aksie nog relevant is of was vir 'n tydperk daarna.

Die Engelse spreker is egter beperk ten opsigte van watter konstruksies gebruik kan word om sekere aspektuele betekenis uit te druk, aangesien daar aspektuele ooreenkomste moet wees in die hoofsin en bysin(ne) van 'n saamgestelde sin. Dit is die rede waarom sinne (7) en (8) as ongrammatikaal gereken word. In (7) is dit semanties en grammatikaal nie toelaatbaar om 'n anteriorkonstruksie soos has drunk te gebruik in 'n simple past-konteks (wat deur drank geïmpliseer word) nie. Eweneens kan 'n situasie nie as voortgeset aangebied word (soos in sin (8) deur was drinking geïmpliseer word) in 'n afgehandelde of voltooide situasie nie (soos deur had mopped geïmpliseer word).

(7) *The dog has drunk the water and the cat drank the milk.3

(8) *The dog was drinking the water while I had mopped the floor.

In Afrikaans word hierdie verskillende aspektuele betekenisse egter nie noodwendig op 'n eksplisiete wyse aangedui nie. Sinne (1) tot (3) en (6) kan byvoorbeeld almal vertaal word as (9), en sinne (4) en (5) kan vertaal word as (10):

(9) Die hond het die water gedrink.

(10) Die hond drink die water.

Waar Engels dus van verskillende werkwoordvorme gebruik maak om die aspektuele betekenis in die verlede te spesifiseer (soos drank, was drinking, en had drunk in sinne (1) tot (3)), gebruik Afrikaans die enkele aspektueel meerduidige het ge-verledetydvorm (soos het gedrink in sin (9)). Net so gebruik Engels verskillende vorme van die werkwoord vir hierdie aspektuele onderskeid in die hede (soos drinks, is drinking en has drunk in sinne (4) tot (6)), terwyl Afrikaans slegs die aspektueel meerduidige stamvorm van die werkwoord gebruik (soos drink in sin (10)). Afrikaans kan immers hierdie twee werkwoordvorme (te wete die het ge-vorm vir die verlede en die ongemerkte stamvorm vir die hede) gebruik om die genoemde aspektuele betekenisse te impliseer, soos geïllustreer word in die onderstaande sinne:

(11) Die hond het die water gedrink, en die kat het die melk gedrink. (Simple past)4

(12) Die hond het die water gedrink terwyl ek die vloer gewas het. (Past Progressive)

(13) Die hond het die water gedrink en was dus nie meer dors nie. (Past Perfect)

(14) Die hond drink die water, en die kat drink die melk. (Simple Present)

(15) Die hond drink die water terwyl ek die vloer was. (Present Progressive)

(16) Die hond het die water gedrink en is dus nie meer dors nie. (Present Perfect)

In Breed (2013:3-5) word aangetoon dat die aspektueel meerduidige aard van die Afrikaanse werkwoordsisteem 'n verreikende effek het op die wyse waarop die Afrikaanse grammatika in die Afrikaanse akademiese literatuur beskryf of verstaan word. Eerstens bestaan daar onder sommige taalkundiges en skrywers die siening dat die werkwoordelike vorm van Afrikaans onvoldoende is om op soortgelyke wyse as byvoorbeeld Engels sekere nuanses en betekenisse uit te druk (vergelyk Brink 1976:93; De Villiers 1962:250; Du Toit 1940:250; Meyer 2010; Paul 2010; Visser 2012; Wybenga 1983:1).Tweedens is uitdrukkings soos "maklik", "vereenvoudig", "sonder 'n werklike sisteem" en "problematies" al gebruik om die Afrikaanse tydsuitdrukking te beskryf (vergelyk Anon 2010; Britz 2002; De Villiers 1962:59). Die aanname bestaan by party outeurs dat Afrikaans "geen aspek het nie" (vergelyk Van der Merwe 1968a:281).

Hierdie stellings is egter aanvegbaar, want, soos later in die artikel aangetoon sal word, is dit wel moontlik om 'n onderskeid te maak tussen verskillende aspektuele betekenisse in Afrikaans (vergelyk ook Breed 2013:6). Hoewel daar nie van werkwoordinfleksie5,6 gebruik gemaak word om hierdie onderskeidings te maak nie, word ander linguistiese strategies aangewend om hierdie onderskeidings te maak. Hierdie strategieë word in Afdeling 4 van die artikel bespreek.

'n Moontlike rede vir die sienings en beskrywings wat hierbo aangetoon is, kan toegeskryf word aan die feit dat aspek in Afrikaans nog nie voldoende nagevors of beskryf is nie. Behalwe vir enkele publikasies, naamlik Breed (2013), wat aantoon wat die verskil tussen temporele en aspektuele betekenis in Afrikaans is, en Breed en Brisard (2015) en Breed en Van Huyssteen (2014; 2015), wat hoofsaaklik op die beskrywing van die drie perifrastiese progressiewe7 konstruksies fokus, het daar vanaf 1940 tot op hede maar tien publikasies in Afrikaans verskyn wat aspektuele betekenis bespreek (vergelyk Breed 2012:7-14). Boonop, soos in Afdeling 2 aangetoon sal word, bied hierdie laasgenoemde publikasies myns insiens nie 'n goeie definisie van verskillende aspektuele betekenisse nie, en ook nie 'n voldoende verduideliking van die verskillende wyses waarop aspektuele betekenis in Afrikaans uitgedruk kan word nie. Die bestaande literatuur dra derhalwe nie genoegsaam by tot 'n beter begrip van aspektuele uitdrukking in Afrikaans nie (vergelyk ook Butler 2016 se opmerking oor die beskrywing van deelwoord in die Afrikaanse literatuur).

Die doel van hierdie artikel is derhalwe nie om nuwe navorsing oor aspek in Afrikaans aan te bied nie, maar eerder om 'n tweeledige teoretiese leemte in die Afrikaanse taalkunde te vul. Eerstens word daar gepoog om 'n teoretiese beskrywing van grammatikale aspek aan te bied. Hierdie beskrywing moet resoneer met 'n algemeen-tipologiese beskouing van aspek en dit behoort bruikbaar en relevant te wees vir Afrikaanse navorsers en studente wat tans op tempus en aspek, asook ander relevante studieonderwerpe, wil werk. Tweedens word die mees prototipiese linguistiese strategieë wat in Afrikaans (as nie-aspektuele taal) aangewend word om verskillende aspektuele betekenisse te onderskei en te spesifiseer, sistematies uiteengesit en met voorbeelde toegelig.



Met behulp van 'n soektog op die Digitale Bibliografie van die Afrikaanse Taalkunde (DBAT) is, náás die van Breed en medeouteurs, tien publikasies gevind waarin 'n teoretiese beskrywing of definisies van aspek aangebied word, te wete Scholtz (1940), De Villiers (1942, 1948, 1951, 1962, 1968), Broos (1960), Van der Merwe (1968a; 1968b), Visser (1968), Labuschagne (1968), Potgieter (1982), Wybenga (1983), Louw (1987) en Van Niekerk (1997).

Die literatuur wat beskikbaar is rakende aspektuele uitdrukking in Afrikaans, is nuttig om 'n oorsigtelike begrip te vorm van aspektuele begrippe, en verder ook om enkele aspektuele uitdrukkings in Afrikaans te identifiseer. Dit is egter om die volgende redes onvoldoende om as teoretiese beskrywing van aspek te dien:

Eerstens is die vername teoretiese ontwikkeling binne verskillende paradigmas wat hulle met aspek besig hou, nie juis in die Afrikaanse literatuur bestudeer nie, en gevolglik is vername insigte uit daardie werk nie benut om Afrikaans beter te verstaan nie. Die mees sentrale (oftewel "klassieke") bronne oor aspek, sowel as onlangse en internasionale navorsing wat vanuit 'n taaltipologiese perspektief oor aspektuele betekenis gedoen is, byvoorbeeld dié van Robert Binnick (o.m. 1991; 2005; 2006; 2012), Joan Bybee (o.m. 1995; 2003), Bernard Comrie (o.m. 1976; 1985) en Östen Dahl (o.m. 1985; 2001; 2006; 2007), word nie gereflekteer in die Afrikaanse literatuur nie. Hoewel 'n hele aantal van hierdie toonaangewende bronne reeds gepubliseer was vóór die Afrikaanse bronne oor aspek verskyn het, is daar, behalwe vir enkele verwysings na Lyons (1977) en Jespersen (1965), deurgaans selde verwys na nie-Suid-Afrikaanse bronne oor aspek. Dit wil voorkom asof die Afrikaanse literatuur oor aspek in hierdie opsig as 'n "teoretiese eiland" funksioneer. Dit kan tot gevolg hê dat daar verkeerdelik die idee geskep word dat die aspektuele kategorieë van Afrikaans taalspesifiek en uniek is, en anders ingedeel en beskryf behoort te word as ooreenstemmende betekenisse of konstruksies in ander tale.

Tweedens is dit moeilik om die definisies en indelings wat in die Afrikaanse literatuur van aspektuele betekenisse gemaak word, te verstaan of te onderskei. Hoewel daar in meerdere of mindere mate ooreenstemming is tussen die definisies wat aangebied word vir duratiewe en perfektiewe aspek, word ander kategorieë van aspektuele betekenisse (byvoorbeeld die konatief, kousatief, iteratief, momenteel, punktueel, ingressief en inchoatief) in die onderskeie bronne verskillend geïnterpreteer. Dit blyk dat elke navorser 'n eie indeling maak van aspektuele betekenisse, maar in dié verband die indeling van Scholz (1940) as basis gebruik. Oor die algemeen is die indeling en definisies wat in die literatuur vir aspektuele betekenisse in Afrikaans aangebied word dus onduidelik, nie-ooreenstemmend en meestal onversoenbaar. Hierdie probleem is egter nie slegs op die Afrikaanse literatuur van toepassing nie. Louwrens (1994:117-118) dui byvoorbeeld aan dat die wyse waarop aspek in Bantutale beskryf word, ook teoreties ontoereikend is. Die hoop is dus dat hierdie artikel ook vir ander taalstudies nuttig sal wees.

Dit lyk asof die mees aanvaarde definisie wat in die bestaande Afrikaanse literatuur vir perfektiwiteit gebruik word, stel dat dit aandui dat 'n situasie "voltooi is of word" (vergelyk byvoorbeed Scholtz 1940:154, Van der Merwe 1968a:265-281,Visser 1968:36-37, Labuschagne 1968:19-24 en Wybenga 1983:32). Verder word duratiwiteit en imperfektiwiteit in 'n hele aantal bronne as sinonieme van mekaar aangebied (vergelyk Scholtz 1940:158, Van der Merwe 1968a:265-281, Visser 1968:36-37en Wybenga 1983:29-35). Soos egter aangetoon sal word, word perfektiwiteit in hierdie artikel gedefinieer as 'n oogpunt wat die begin- en eindpunte van die situasie insluit. Dit gaan dus volgens hierdie beskouing nie soseer oor die voltooidheid van die situasie nie, maar eerder oor die begrensdheid van die situasie. Dit wil dus voorkom asof die genoemde outeurs die twee onderskeibare aspektuele betekenisse, naamlik die perfektief en die perfektum, aan mekaar gelykstel of selfs met mekaar verwar. Soos daar verder ook aangetoon sal word, staan imperfektiwiteit en perfektiwiteit teenoor mekaar. Duratiwiteit word verder as 'n tipe progressiewe imperfek beskou. Imperfektiwiteit word in hierdie artikel gedefinieer as 'n oogpunt wat 'n situasie beskou as onbegrens, en die fokus is derhalwe op die interne temporele struktuur van die situasie. In hierdie artikel het imperfektiwiteit (oftewel duratiwiteit, soos in sommige bronne daarna verwys word), anders as wat in die meeste Afrikaanse bronne oor aspek gestel word, dus nie uitsluitlik te make met die duur van die situasie nie.

Derdens bespreek die genoemde literatuur die begrip "aspek" hoofsaaklik vanuit 'n taalfilosofiese perspektief en bied 'n oppervlakkige bespreking van spesifieke aspektuele konstruksies. Die verskillende wyses waarop aspek in Afrikaans uitgedruk word, word nêrens sistematies in die bestaande Afrikaanse literatuur bespreek of met voorbeelde toegelig nie.

Uit die voorafgaande kritiese bespreking van die bestaande Afrikaanse literatuur oor aspek in Afrikaans, is twee leemtes duidelik: eerstens moet die analise en beskrywing van aspek in Afrikaans in die kontemporêre algemene linguistiese diskoers ingebed word, en tweedens moet 'n omvattende empiriese studie van die verskillende uitdrukkingswyses van aspek in Afrikaans gedoen word.

In die opvolgende gedeelte word derhalwe 'n nuwe Afrikaanse bespreking van aspek aangebied.



Die wyse waarop aspek in die Afrikaanse taalkunde aangebied word, behoort nie teenstrydig te wees met die wyse waarop dit in internasionale, taaltipologiese en toonaangewende literatuur oor aspek omskryf word nie. Vir dié doel word daar in hierdie gedeelte van die artikel hoofsaaklik gesteun op sekere sentrale publikasies oor aspek, onder meer dié van McCawley (1971), Comrie (1976; 1985), Dahl (1985), Langacker (1991), Binnick (1991), Bybee et al.(1994) en Bybee (2003).

Grammatikale aspek8 het te make met die oogpunt van waaruit die situasie beskou word. In die literatuur word drie terme, te wete oogpuntaspek (viewpoint aspect), aspektuele oogpunt (aspectual viewpoint) en grammatikale aspek (grammatical aspect), as sinonieme gebruik. In hierdie artikel word die term aspek gebruik.

'n Situasie kan vanuit twee perspektiewe beskou word. Eerstens kan dit as 'n geheel beskou word, met die grense van die situasie ingesluit. Hierdie beskouing word omskryf as die perfektiewe aspek. Tweedens kan 'n situasie beskou word met 'n fokus op die interne temporele struktuur van die situasie. Hierdie oogpunt staan bekend as die imperfektiewe aspek. Vergelyk die volgende Engelse sinne:9

(17) Q: What were you doing while the others were working?

A: I was eating.

(18) Q: Are you hungry?

A: I have already eaten.

(19) Q: What did you do two hours ago? A: I ate an apple.

(17) tot (19) dui dieselfde situasie aan, naamlik "om te eet", maar die situasie word deur verskillende konstruksies in die onderskeie sinne beskryf. Die gebruik van die verskillende konstruksies in die onderskeie sinne dui eerstens op die verskil in die interne temporele struktuur, en tweedens op die oogpunt van waaruit die situasie beskou word. In (17) word gefokus op die progressie van die situasie, oftewel die verskillende fases van "besig wees om te eet". Die betekenis wat in hierdie konstruksie uitgedruk word, is die imperfektiewe betekenis. In (18) is die fokus van die gesigspunt eerder op die gevolge van die eetproses. Aangesien die spreker reeds geëet het en tans versadig is, word die perfektum-, oftewel die anterior betekenis hier uitgedruk. Laastens, in (19) is die fokus op die totale proses van "om 'n appel te eet". Die betekenis hier is perfektief.

Tradisioneel word daar hoofsaaklik tussen twee vorme van grammatikale aspek onderskei, naamlik die imperfektief en die perfektief (Comrie 1976:7). Hoewel 'n anterior perspektief soos

(18) duidelik onderskeibaar is van die perfektiewe (voorbeeldsin (19)) en imperfektiewe betekenis (voorbeeldsin (17)), behoort die anterior betekenis nie tot dieselfde vlak van onderskeid as tussen perfektief en imperfektief nie. Soos aangetoon sal word, staan die anterior nie as 'n opposisiestruk-tuur teenóór die perfektief of imperfektief nie, maar betrek meerdere tydpunte en moet dus 'n bietjie anders hanteer word as om dit bloot as grammatikale aspek te kategoriseer. Die genoemde eienskappe van perfektiewe en imperfektiewe aspek, sal in die opvolgende gedeeltes bespreek word. Verder, vanweë heelwat misverstande wat kan ontstaan uit die vormlike ooreenkoms tussen die twee terme perfektief (perfective) en perfektum (perfect), is dit noodsaaklik om aan te toon wat die verskil tussen hierdie twee betekenisse is.

3.1 Die perfektief

Die perfektiewe oogpunt sluit die begin- en eindpunte van 'n situasie in, en word as 'n begrensde situasie beskou (Langacker 1991:89). (20) en (21) is voorbeelde van sinne met 'n perfektiewe hedetydsbetekenis, en (22) en (23) het perfektiewe verledetydsbetekenis.10

(20) He kicks me in the stomach.

(21) He lïkesme.

(22) He kicked me in the stomach.

(23) He liked me.

Langacker (1991:89) skematiseer die perfektiewe verlede- en hedetyd soos in Figuur 1.



Die blok met skuinsstrepe stel die oomblik van spraak voor. Die geprofileerde reguit streep op die tydlyn (T) dui die verwysingspunt aan, met ander woorde die tydstip waarvandaan die situasie beskou is. Die golwende lyn dui 'n dinamiese proses aan, dus (byvoorbeeld (20) en (22)). Die reguit streep bo die golwende lyn, stel 'n statiese situasie voor (byvoorbeeld (21) en (23)). Die begin-eneindpunteisingesluitby die proses,aangesien daarvanuit'nperfektiewe beskouingas geheel na die situasie gekyk word.

3.2 Die imperfektief

Die imperfektiewe aspek beskryf 'n voortgesette situasie. Die fokus van 'n imperfektiewe oogpunt is op die vordering of deurlopendheid van die proses. Anders as 'n perfektiewe beskouing, is die begin-eneindpuntevan diesituasienienoodwendigingesluitby die fokuspuntnie (Smith1997:95). Volgens Langacker (1991:86) beskryf 'n imperfektiewe proses die uitbreiding van 'n stabiele situasie oor tyd heen. Hy identifiseer dan verder bepaalde eienskappe van die imperfektief (Langacker 1991:87). Eerstens is die verskillende fases van 'n imperfektiewe situasie almal identies. Derhalwe is enige komponent van die proses verteenwoordigend van die geheelproses. Om hierdie rede kan gestel word dat die imperfektiewe situasie intern homogeen is. Tweedens: as gevolg van die stabiele aard van 'n imperfektiewe proses, is die imperfektiewe proses temporeel onbegrens. Sinne (24) en (25) is voorbeelde van imperfektiewe hedetyd, en (26) en (27) is voorbeelde van imperfektiewe verledetydsinne:

(24) He is jogging in the courtyard.

(25) ?He is liking me.11

(26) Thedogwas drinkingthe water.

(27) ?He was loving me.

Langacker (1991:89) konseptualiseer die imperfektiewe verlede- en hedetyd soos in Figuur 2.



Ooreenstemmend met die verduideliking virFiguur 1,word die oomblik van spraak voorgestel deur die blok met skuinsstrepe. Die geprofileerde streep op die tydlyn (T) dui die verwysingspunt aan. Die boonste geprofileerde reguit lyn dui, soos reeds genoem, 'n statiese en stabiele situasie aan. Die begin- en eindpunte is (soosaangedui deur die stippellyne aan die begin en einde van die boonste reguit lyn) uitgesluit by die imperfektiewe perspektief op die situasie, aangesien die situasie stabiel en onveranderend is. Die fokus is verder op die voortgesette proses.

Comrie (1976) se indeling enbeskrywingvan die verskillende kategorieë van die imperfektief is vir 'n aantal jare as primêre indeling beskou in literatuur oor grammatikale aspek. Comrie (1976)onderskei tussen habituele en kontinuatiewe imperfektiewe, en verdeel kontinuatiewe aspek verder in progressiewe en nieprogressiewe aspek. Bybee et al. (1994:139) vind egter Comrie seindeling problematies, aangesien dit moeilik isom die resultate van 'nomvattende tipologiese data-ondersoek aan die hand van hiérdie indeling te groepeer. Bybee et al. (1994:139) kon nie konstruksiesvindwat voldoenaanComrie se vereistes vir 'n progressief wat uitsluitlik met dinamiese werkwoorde kombineer nie.

Our conclusion, then, regarding Comrie's classification and definition of aspectual opposition is that a gram-type for each node [...] does not exist. We have strong evidence for progressive, habitual,pastimperfective, imperfective, and presentascross linguistic gram-types in our material, but a clear distinction between a progressive which is restricted to dynamic verbs and a continuous which is not does not emerge from our data. (Bybee et al. 1994:139)

Die kritiekteen Comrie se onderskeiding van verskillende imperfektiewe vereis dat die verskillende subkategorieë van die imperfektief hersien moet word. Bybee et al. (1994) se onderskeidings kan soos volg opgesom word: In die imperfektiewe aspek kan twee subkategorieë onderskei word, naamlik imperfektiewe met progressiewe betekenis en imperfektiewe met habituele betekenis. Onder elk van hierdie kan ook verdere onderskeidings getref word. Onder progressiewe imperfektiewe kan konstruksies onderskei word wat iteratiewe, frekwentatiewe en kontinuatiewe betekenisse uitdruk. Onder habituele imperfektiewe kan daar onderskei word tussen konstruksies wat statiese (stative) betekenisse (oftewel toestande) en generiese (general of gnomic) betekenisse uitdruk.

'n Toestandsituasie ontstaan egter deur die gebruik van werkwoorde wat prototipies statiese betekenisse uitdruk (byvoorbeeld die koppelwerkwoord is in ek is bly). Wat Bybee et al. (1994:139140) dus as statiese imperfektiewe kategoriseer, stem myns insiens eerder ooreen met die leksikaal-aspektuele kategorie12 van toestande (vergelyk Smith 1994:20 en Vendler 1957) en hoort nie binne hierdie grammatikaal-aspektuele indeling van imperfektiwiteit nie. Verder spesifiseer Bybee et al. (1994) nie waar aspektuele betekenisse wat spesifieke fases van 'n progressiewe aksie aandui, ingedeel behoort te word nie. Daar bestaan immers konstruksies wat spesifiseer dat 'n situasie 'n aanvang neem, soos byvoorbeeld begin (Afrikaans) en start (Engels), sowel as konstruksies wat aandui dat 'n situasie beëindig word of afloop, soos byvoorbeeld hou op (Afrikaans) en stop (Engels). Om hierdie rede word daar in hierdie studie 'n bykomende tipe progressiewe betekenis onderskei, naamlik fase-spesifiserende betekenis.

Die definisies wat in hierdie artikel aangebied word, is gebaseer op Bybee et al. (1994); Dahl (1985) en Comrie (1976; 1985) met enkele byvoegings of wysigings, en sal later in die artikel skematies voorgestel word (vergelyk Figuur 3):



3.2.1 Habituele en generiese aspek en toestande

Habituele aspek word gebruik om situasies wat op verskillende geleenthede herhaal word, aan te dui, byvoorbeeld sin (28). Situasies wat as "gebruiklik" of as 'n "gewoonte-handeling" beskryf kan word, sou as habituele aspek geklassifiseer kon word. Habituele betekenis kan beide in die hede- of verlede tyd uitgedruk word. (Bybee et al. 1994:127).

(28) Ek het altyd hiernatoe gekom om skoene te koop.

Die onderskeid tussen die habitueel, toestand en algemene of generiese betekenisse, is egter nie altyd so duidelik nie. Die verskil tussen 'n generiese stelling (29) en habituele stelling (30) word deur die volgende twee voorbeeldsinne geïllustreer:

(29) Dogs pant to cool off. (Bybee et al., 1994:152)

(30)My dog pants to cool off (Bybee et al., 1994:152)

Beide (29) en (30) maak karakteriserende stellings oor die subjek, en albei se geldigheid strek verby die oomblik van spraak. Die verskil tussen die twee sinne is egter dat (29) 'n generiese, eerder as 'n spesifieke subjek het, soos in (30) die geval is.

Deur die gebruik van 'n progressiewe konstruksie word die situasie aangebied as voortgeset, durend of aan die gang, byvoorbeeld (31). Selfs 'n situasie wat in die verlede afspeel, kan aangebied word as 'n progressief, aangesien die beëindiging van die situasie nie deel uitmaak van die perspektief of gesigspunt van die progressiewe konstruksie nie.

(31) Die kind is besig om die bal op die veld rond te skop.

Progressiewe konstruksies word prototipies saam met dinamiese werkwoorde gebruik - met ander woorde by werkwoorde waar die spreker aandui dat die aksie of handeling 'n konstante inset van energie vereis (Bybee et al. 1994:126). Daar word soms in die literatuur oor aspek na die progressiewe aspek verwys as "duratiewe" of "kontinuatiewe" aspek (Bybee et al. 1994:126), maar hierdie twee aspektuele betekenisse, tesame met iteratiewe en fase-spesifiserende aspektuele betekenisse, behoort eerder as tipes progressiewe geklassifiseer te word, en nie as sinonieme vir die progressief nie.

3.2.3 Kontinuatief

Konstruksies met kontinuatiewe betekenis druk uit dat die subjek "aanhou om die aksie te beoefen", byvoorbeeld (32). Die kontinuatief word dikwels gelykgestel aan die progressief. Hierdie twee konstruksies verskil egter wel van mekaar, aangesien die kontinuatiewe aspek ook met statiese werkwoorde gekombineer kan word. Progressiewe konstruksies kombineer uitsluitlik met dinamiese werkwoorde (Bybee et al. 1994:126). Die kontinuatief word ingesluit by die progressiewe betekenis, maar spesifiseer verder ook dat die agent van die aksie doelbewus besig is om die aksie aan die gang te hou.

(32) Die kinders hou aan om stout te wees.

3.2.4 Iteratief

Iteratiewe dui aan dat 'n situasie op 'n gegewe oomblik herhaal word, byvoorbeeld (33). Iteratiewe aspek verskil van die habituele en frekwentatiewe aspekte, aangesien habituele aspek aandui dat 'n dinamiese situasie gewoontelik herhaal word, en frekwentatiewe aspek dat 'n situasie op verskillende tydstippe herhaal word. Iteratiewe aspek word soms ook repetatiewe of herhaaldelike aspek genoem (Bybee et al. 1994:126).

(33) Die kraan drup-drup die hele dag.

3.2.5 Frekwentatief

Frekwentatiewe betekenis dui aan dat 'n situasie frekwent plaasvind gedurende die genoemde tydsperiode (Bybee et al. 1994:126), byvoorbeeld (34). Frekwentatiewe betekenis sluit habituele betekenis in, maar spesifiseer verder die gereeldheid van die situasie.

(34) Ek kom gereeld na hierdie plek toe.

3.2.6 Fase-spesifiserende betekenisse

Enige konstruksie wat op 'n bepaalde fase van die progressiewe situasie fokus, kan as fase-spesifiserende betekenis geklassifiseer word, byvoorbeeld (35) tot (38).

(35) Ek is op die punt om te begin huil. (Pre-inchoatiewe aspek)

(36) Ek begin werk. (Inchoatiewe aspek)

(37) Ek hou op werk. (Eindigende aspek)

(38) Ek is op die oomblik besig om te werk. (Punktuele aspek)

In (35) word aangetoon dat 'n bepaalde aksie binnekort 'n aanvang gaan neem (dus die pre-inchoatiewe aspek), in (36) het die aangeduide aksie pas 'n aanvang geneem, en die fokus op die beginfase van die situasie (dus die inchoatiewe aspek). Die gesigspunt van (37) is op die beëindiging van die situasie (dus eindigende aspek, ooreenstemmend met die Engelse term cessative aspect), en in (38) word gefokus op 'n spesifieke oomblik waartydens die aksie uitgevoer word (oftewel punktuele aspek).

3.3 Die perfektum of anterior

Comrie (1976:56) gee die prototipiese definisie van die anterioraspek as "the continuing relevance of a previous situation". As gevolg van die verwarrende ooreenkoms tussen die twee terme, te wete perfektief en perfektum, gebruik navorsers soos Bybee (2003) eerder die term anterior om die perfektumaspek aan te dui. In hierdie artikel word daar ook van die term anterior gebruik gemaak.

Anders as die perfektief en imperfektief, spesifiseer die anterioraspek η verdere aspektuele betekenis, te wete dat die proses van die verlede 'n effek het op 'n tydperk daarna, aangesien dit die ontstaan van 'n toestandsituasie tot gevolg het. Bo en behalwe gesigspunt, maak die anterioraspek dus ook temporele (oftewel tempus-) inligting bekend. Juis oor die insluiting van deiktiese inligting by die gesigspunt wat deur die anterior aangebied word, word die anterior dikwels eerder as 'n tempuskategorie geklassifiseer, en nie as grammatikale aspek nie (vergelyk Comrie 1976:52).

Soos geïllustreer word in die verduideliking oor die onderstaande voorbeeldsinne (sinne (39) en (40)), maak die anterioruitdrukking niks bekend van die situasie self nie, maar plaas eerder die situasie in 'n bepaalde konteks (Comrie 1976:52-56).

(39) I have lost my knife. (Comrie 1976:52)

(40) I lost my knife. (Comrie 1976:52)

Sonder verdere konteks, impliseer sin (39) dat die mes waarskynlik steeds weg is, terwyl sin (40) slegs aandui dat die mes op 'n bepaalde oomblik in die verlede weggeraak het. Die "gevindheid-status" van die verlore mes is nie relevant in die tweede sin nie, terwyl daar 'n betekenisimplikasie in (39) is dat die gevolg van die situasie in die verlede (die mes wat weggeraak het), uitgeloop het op 'n toestandsituasie (dat die mes weg is). Sin (39) bied 'n voorbeeld van anterioraspek, terwyl (40) 'n perfektiewe betekenis het.

In die meeste tradisies word die anterior as 'n aspektuele kategorie beskou, maar die anterior druk, anders as die perfektief en imperfektief, die verhouding tussen meerdere tydpunte uit. Enersyds druk dit die tyd uit waarop 'n situasie in die verlede plaasgevind het, en andersyds druk dit die tyd uit van die toestand wat volg of voortvloei uit die situasie in die verlede (Comrie 1976:52-6). 'n Sin soos (39) sluit immers die hede én die verlede in: die mes het in die verlede weggeraak, maar dit is nou, in die hede, steeds weg. Die resultaat van 'n aksie wat in 'n oomblik in die verlede uitgevoer is, is op 'n tydstip ná daardie oomblik steeds relevant. Die anterior is dus eerder 'n tempus-aspektuele kategorie, en nie uitsluitlik 'n grammatikaal-aspektuele kategorie soos die perfektief en imperfektief nie.

Comrie (1976:56-61) onderskei vier gebruike van die anterior, naamlik die resultaatsanterior (perfect of result), die ervaringsanterior (experiential perfect), die aanhoudendheidsanterior (perfect of persistent situation) en die anterior van die onlangse verlede (perfect of recent past). Hierdie gebruike stem grootliks ooreen met die gebruike van die English Present Perfect, wat McCawley (1971:104) onderskeidelik voorstel as universeel (universal), eksistensieel (existential), toestand (stative) en "hot news".

3.3.1 Resultaatsanterior

Die resultaatsanterior stem sterk ooreen met die perfektumgebruik wat McCawley (1971:104) as "staties" (stative) benoem. Daar word na die situasie verwys asof dit die gevolg van 'n vorige situasie is. Byvoorbeeld die antwoord op die vraag Is John here yet?, sal eerder soos (41) beantwoord word, en nie soos (42) nie. Dit is derhalwe 'n afgehandelde situasie wat 'n "blywende

effek" het, byvoorbeeld (43).

(41) Q: Is John here yet?

A: Yes, he has arrived. (Comrie 1976:56-61)

(42) Q: Is John here yet?

A: *Yes, he arrived. (Comrie 1976:56-61)

(43) Hy het die huis gebou.

3.3.2 Ervaringsanterior

Die ervaringsanterior word in die literatuur ook genoem die eksistensiële perfektum (sien McCawley 1971:104) en onbepaalde verlede tyd (indefinite past). Hierdie anteriortipe dui aan dat die bepaalde situasie ten minste een onbepaalde keer in die verlede gebeur het, en dat hierdie verledetydsituasie nog in die hede geldig is, byvoorbeeld (44) en (45).

(44) Bill has been to America. (Comrie 1976:59)

(45) Ek het al vantevore saam met hom gewerk.

3.3.3 Aanhoudendheidsanterior

'n Anteriorkonstruksie kan gebruik word om aan te dui dat die situasie in die verlede begin het, maar steeds in die hede volgehou word. Só bekom die anterior 'n universele ("universal") betekenis wat steeds aanhou of voortduur (McCawley 1971:104), byvoorbeeld (46) en (47).

(46) We have lived here for years. (Comrie 1976:60)

(47) Ek en Anthony het nog altyd saamgestaan.

3.3.4 Anterior van onlangse verlede

Hierdie anterior dui temporele nabyheid aan. McCawley (1971:104) noem hierdie gebruik "hot news'" en dit dui aan dat iets pas gebeur het, byvoorbeeld:

(48) Malcolm X has just been assassinated. (McCawly 1971:104)

(49) Haar debuutalbum, As I Am, het pas verskyn.

3.4 Samevatting: Aspektuele kategorieë

Op grond van bogenoemde bespreking, kan 'n skema aangebied word wat verskillende betekenisse wat in die linguistiese literatuur onderskei word, asook hulle onderlinge samehang aandui.



Soos vroeër verduidelik, word Afrikaans geklassifiseer as 'n nie-aspektuele taal, aangesien aspektuele betekenis nie op verpligte (oftewel geobligatorifiseerde) of gegrammatikaliseerde wyse op die werkwoordstuk gespesifiseer word nie. Verder, soos genoem, kan beide aspektuele en nie-aspektuele tale aspektuele betekenis deur ander linguistiese strategieë, byvoorbeeld op leksikale of perifrastiese wyses, uitdruk. Die vraag kan derhalwe gevra word op watter spesifieke wyses Afrikaans dan, as nie-aspektuele taal, hierdie aspektuele betekenis uitdruk. Hoewel daar in die bestaande literatuur 'n hele aantal van hierdie linguistiese strategieë om aspek in Afrikaans uit te druk voorgestel word, word daar, soos reeds genoem, nêrens op omvattende en sistematiese wyse 'n bestekopname gemaak van die strategieë wat Afrikaans dan inderwaarheid aanwend om aspektuele betekenis uit te druk nie.

Breed (2013:6-7) identifiseer vyf linguistiese strategieë om aspektuele betekenis uit te druk naamlik i) leksikale konstruksies soos bywoorde en voegwoorde ii) affiksering iii) reduplikasie van konstruksies) passifisering; en v) perifrastiese konstruksies.

Die eerste vier sinne is voorbeelde van n leksikale konstruksie (oftewel die woord se oorspronklike en letterlike betekenis) wat gebruik word om aspektuele betekenis uit te druk.

(50) Hy skud hand en drink sy bier klaar. (Eindigend)

(51) Groot beleggers dreig al klaar om pad te gee. (Progressief)

(52) Die motor is al in 1996 klaar betaal, maar sy het eers vanjaar

vasgestel dat die sessie op die polis nie gekanselleer is nie. (Anterior)

(50) Terwyl ek hier skryf, sien ek deur die venster 'n man daar buite loop. (Progressief)

Die adjektief klaar word telkens vir 'n ander aspektuele betekenis gebruik. In (50) word die bywoord klaar gebruik om die beëindiging van die aksie "om bier te drink" aan te dui, dus eindigende aspek. In (51) druk klaar, tesame met die bywoord al, uit dat 'n bepaalde aksie ("beleggers wat padgee") reeds 'n aanvang geneem het, dus progressiewe aspek, en in (52) dui klaar aan dat die bepaalde aksie van "om die motor af te betaal" reeds afgehandel is, met ander woorde anterioraspek. Voegwoorde soos terwyl kan ook gebruik word om aan te dui dat 'n handeling progressiefis (vergelyk voorbeeld (53)), aangesien dit twee aksies as gelyktydig aanbied (byvoorbeeld "ek skryf" en "ek sien iets" wat op dieselfde oomblik plaasvind).

Sinne (54) en (55) is voorbeelde van geaffikseerde konstruksies met aspektuele betekenis. Die -ery en -ing in (54) impliseer dat die aksie van "afskryf" herhaaldelik uitgevoer word, dus word iteratiewe betekenis uitgedruk. Die -ende in (55) is 'n teenwoordige deelwoord-suffiks (participium praesens) en dui aan dat die geskiedenis tans besig is om duideliker te word of te "ontvou" en dus word progressiewe betekenis uitgedruk (vergelyk Butler 2016 vir 'n omvattende bespreking van die deelwoord).

(54) Afskrywery en kopiëring van ander persone se werk word as 'n baie ernstige oortreding beskou. (Iteratief)

(55) En vandag is dit 'n stuk ontvouende geskiedenis wat die

nagevolge is van die liegstories deur soortgelyke Irakse "bronne". (Progressief)

In (56) is n voorbeeld van reduplikasie met aspektuele betekenis. Die reduplikasie van die werkwoord spring dui daarop dat die aksie van spring 'n paar keer herhaal word, en dat die totale aksie van "naderkom" uit 'n reeks kleiner aksies bestaan. Hierdie gebruik kan as iteratiewe aspek gekategoriseer word. Van Huyssteen & Wissing (2007:422) dui aan dat, naas iteratiwiteit, ook nog drie ander aspektuele betekenisse deur reduplikasie uitgedruk kan word, naamlik i) voltooidheid, oftewel die anterior (byvoorbeeld "fluit-fluit, my storie is uit"); ii) onvoltooidheid, oftewel pre-inchoatiwiteit volgens die definisie wat in hierdie artikel aangebied word (byvoorbeeld '"n stertriem wat wil-wil13 insny"); en iii) voortdurendheid, oftewel progressiwiteit volgens die definisie wat in hierdie artikel aangebied word (byvoorbeeld "hulle het stadig en wei-wei aangestap" ).

(56) Die diertjie kom spring-spring nader, die grysbruin lyfie boog en blink in die son wat tussen die naaldlose takke van die

groot dennebome deurskyn. (Iteratief)

In sinne (57) en (58) word die sinne in die passief aangebied om aspektuele betekenis te spesifiseer. In (57) word die hedetydspassief gebruik om te beklemtoon dat die inligting op die huidige oomblik geïgnoreer word, dus progressiewe aspek. In verledetydspassief word in (58) gebruik om aan te dui dat 'n proses "om leiers te identifiseer" reeds afgehandel is, en hierdie sin is dus 'n voorbeeld

van anterioraspek.

(57) Alle ander inligting word geïgnoreer. (Progressief)

(58) Vooraanstaande leiers is geïdentifiseer wat belangrike bydraes, ook by wyse van geskrifte, tot die Christendom in Afrika gemaak het. (Anterior)

Sinne (59) en (60) kan as voorbeelde gesien word as sinne met perifrastiese14 aspektuele konstruksies. Die hoofwerkwoord van sin (59) is groei, maar die konstruksie hou aan dui aan dat die aksie voortgesit word, en is η voorbeeld van kontinuatiewe aspek. Besig om te (wees)15in sin (60) is 'n algemene perifrastiese konstruksie in Afrikaans om progressiewe betekenis uit te druk, en in hierdie sin dui dit aan dat "hulle aan die arriveer is".

(59) Die dier hou aan groei na metamorfose voltooi is. (Kontinuatief)

(60) Hulle is te besig om te arriveer. (Progressief)

Uit hierdie voorbeelde is dit duidelik dat, hoewel Afrikaans as 'n nie-aspektuele taal gereken word en hoewel die Afrikaanse werkwoord nie noodwendig geïnflekteer of geaffikseer word om aspektuele betekenis uit te druk nie, Afrikaans wel aspektuele onderskeidings met behulp van 'n verskeidenheid linguistiese strategies maak.



Die doel van hierdie artikel was om η tweeledige teoretiese leemte in die Afrikaanse taalkunde te vul. Eerstens is η teoretiese beskrywing van aspektuele betekenisse en kategorieë aangebied, en tweedens is aangetoon op watter linguistiese wyses hierdie aspektuele betekenisse in Afrikaans, as nie-aspektuele taal, uitgedruk word.

Daar is ruimte vir verdere navorsing oor aspek in Afrikaans. 'n Ondersoek sou vanuit 'n sinkroniese en diakroniese perspektief aangepak kon word om byvoorbeeld te bepaal i) hoe vergelyk aspektuele uitdrukkingswyse in Afrikaans met dié van ander nie-aspektuele tale soos Nederlands; ii) in watter mate is aspek in Afrikaans geobligatorifiseer16; en iii) hoe het spesifieke aspektuele uitdrukking in Afrikaans (byvoorbeeld die wyse waarop anterioraspek uitgedruk word) verander of ontwikkel.



Anon. 2010. 'n Beknopte grammatika van die Afrikaanse taal. [1 Apr. 2012].         [ Links ]

Binnick, R.I. 1991. Time and the verb: a guide to tense and aspect. Oxford: Oxford University Press.         [ Links ]

Binnick, R.I. 2005. The Markers of Habitual Aspect in English. Journal of English Linguistics, 33(4): 339 369.         [ Links ]

Binnick, R.I., 2006. Used To and Habitual Aspect in English. Style, 40(1,2):33-46.         [ Links ]

Binnick, R.I. (ed.). 2012. The Oxford Handbook of Tense and Aspect. Oxford: Oxford University Press.         [ Links ]

Breed, C.A. 2012. Die grammatikalisering van aspek in Afrikaans: n Semantiese studie van die perifrastiese progressiewe konstruksies. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit. [PhD-proefskrif].         [ Links ]

Breed, C.A. 2013. Die hedetyd is iets van die verlede: 'n Taalkundige motivering vir die 'hedetydskryfkuns- tradisie' in Afrikaans. Literator 34(2):1-9.         [ Links ]

Breed, C.A. & Brisard, F. 2015. Postulêre werkwoorde as progressiewe merkers in Afrikaans en Nederlands. Internationale Neerlandistiek, 53(1):3-28.         [ Links ]

Breed, C.A. & Van Huyssteen, G.B. 2014. Aan die en besig in Afrikaanse progressiwiteitskonstruksies: die ontstaan en ontwikkeling (1). Tydskrifvir Geesteswetenskappe, 54(4):1-18        [ Links ]

Breed, C.A. & Van Huyssteen, G.B. 2015. Aan die en besig in Afrikaanse progressiwiteitskonstruksies: 'n korpusondersoek (2). Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 55(2): 251-269.         [ Links ]

Brink, A.P. 1976. Aspekte van die nuwe prosa. Pretoria: Academica.         [ Links ]

Britz, E. 2002. Boeke: laelandse skrywers maak kennis met taalsuster. Beeld, 18 Maart. [ 1 April 2012].         [ Links ]

Broos, J.A.R. 1960. Aspek: 'n driedimensionale interpretasie. Pretoria: Unisa. [Proefskrif - PhD].         [ Links ]

Butler, A. 2016. Die deelwoord as 'n ánder vorm van die werkwoord. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(1):81-101.         [ Links ]

Bybee, J.L. 1995. Spanish tense and aspect from a typological perspective. In P. Hashemipour, R. Maldonado and M. van Naerssen (eds). Studies in language learning and Spanish linguistics in honor of Tracy Terrell. San Francisco: McGraw Hill, pp. 442-457.         [ Links ]

Bybee, J.L. 2003. Aspect. In Frawley (ed). International encyclopedia of linguistics. 2nd ed. Oxford: Oxford University Press, pp. 157-158.         [ Links ]

Bybee, J.L., Perkins, R.D. & Pagliuca, W. 1994. The evolution of grammar: tense, aspect and modality in the languages of the world. Chicago: University of Chicago Press.         [ Links ]

Bylund, E, Athanasopoulos, P. & Oostendorp, M. 2013. Motion event cognition and grammatical aspect: Evidence from Afrikaans. Linguistics, 51(5):929-955.         [ Links ]

Comrie, B. 1976. Aspect: an introduction to the study of verbal aspect and related problems. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

Comrie, B. 1985. Tense. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

Conradie, C.J. 1998a. Preteritumverlies in vroeë Afrikaans. Tydskrifvir Geesteswetenskappe, 38(1):6-20.         [ Links ]

Conradie, C.J. 1998b. Tempusgebruik in Afrikaanse narratiewe. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 16(2):37-43.         [ Links ]

Conradie, C.J. 1999. Preterite loss in early Afrikaans. Folia Linguistica, 33(1):19-38.         [ Links ]

Conradie, C.J. 2016. Willens en wetens: perspektiewe op die Afrikaanse werkwoord wil. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(1):7-24        [ Links ]

Dahl, O. 1985. Tense and aspect systems. Oxford: Basil Blackwell.         [ Links ]

Dahl, O. 2001. Tense, Aspect, and Mood, Linguistics of. In International Encyclopedia of the Social & Behavioral Sciences: Pergamon Press.         [ Links ]

Dahl, O. 2006. Tense, Mood, Aspect: Overview. vol. 12. Encyclopedia of Language & Linguistics, ed. by Keith Brown. Oxford: Elsevier, pp. 577-689.         [ Links ]

Dahl, O. 2007. Towards an ecological semantics of tense and aspect. In L 'aspect dans les langues les theories: similitudes et differences - Aspect in languages and theories: similarities and differences, ed. by Daniele Monticelli and Anu Treikelder Tartu: Tartu Ülikool, pp. 111-124.         [ Links ]

De Villiers, M. 1942. 'n Bydrae tot die sintaksis van die werkwoord in Afrikaans. Kaapstad: Universiteit van Kaapstad. (Proefskrif - PhD).         [ Links ]

De Villiers, M. 1948. Woordsoort, werkwoorde en tye. Kaapstad: Nasionale Pers.         [ Links ]

De Villiers, M. 1951. Werkwoordvorme in Afrikaans in die verlede tyd. Kaapstad: Nasionale pers.         [ Links ]

De Villiers, M. 1962. Die aanduiding van tyd in Afrikaans. Standpunte, 44(2):53-61.         [ Links ]

De Villiers, M. 1968. Die grammatika van tyd en modaliteit. Kaapstad: Balkema.         [ Links ]

Du Toit, F.G.M. 1940. Eugene Marais, sy bydrae tot die Afrikaanse letterkunde. Amsterdam: Swets en Zeitlinger.         [ Links ]

Heine, B. & Kuteva, T. The genesis of grammar: a reconstruction. Oxford: Oxford University Press.         [ Links ]

Jespersen, O. 1965. The philosophy of grammar. Chicago: The University of Chicago Press.         [ Links ]

Kirsten, J. 2012. Laaste spore van Nederlands in Afrikaanse werkwoorde. Vanderbijlpark: Noordwes- Universiteit. [MA-verhandeling]        [ Links ]

Kirsten, J. 2013. Totius en die standaardisering van vroeg-moderne Afrikaanse werkwoorde. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 53(1):60-75.         [ Links ]

Kirsten, J. 2016. Veranderinge in adverbiale tydsverwysing in Afrikaans van 1911 tot 2010. Tydskrif vir Geesteswetenskape, 56(1):45-61.         [ Links ]

Labuschagne, F.J. 1968. Iets oor aspek: lingologies gesien. Taalfasette, 6:17-26.         [ Links ]

Langacker, R.W. 1991. Concept, image and symbol: the cognitive basis of grammar. Berlin: Mouton de Gruyter.         [ Links ]

Lehmann, C. 2002. Thoughts on Grammaticalization. Vol. 2. (revised edition). Erfurt: Arbeitspapiere des Seminars für Sprachwissenschaft der Universität Erfurt.         [ Links ]

Louw, J.P. 1987. Verbale aspek: 'n misvatting? Suid-Afrikaanse tydskrif vir taalkunde, 5(4):46-56.         [ Links ]

Louwrens, L.J. 1994. Aspect as an essential sub-category of the verb in Northern Sotho. South African Journal of African Language Studies. 14(3):116-127.         [ Links ]

Lyons, J. 1977. Semantics. Cambridge: Syndicate Press of the University of Cambridge.         [ Links ]

McCawly, J.D. 1971. Tense and time reference in English. In Fillmore & Langendoen (eds). Studies in linguistic semantics. New York: Holt, Rinehart and Winston, pp.97-113.         [ Links ]

Meyer, D. 2010. SkryfNet XXII: Deon Meyer se eerste verslag. Litnet. [29 November 2010].         [ Links ]

Paul, C. 2010. Misdaadfiksie - Trippe, trappe, t(r)one. Litnet. [3 Maart 2012].         [ Links ]

Potgieter, F. du T. 1982. Taal breek deur die tydsgrens: 'n vergelykende studie oor tydsaanduiding in Latyn, Engels en Afrikaans: progressief en regressief. Unie, 78(7):186-190.         [ Links ]

Scholtz, H.v.d.M. 1940. Taal en taalverskynsels. Kaapstad: Nasou.         [ Links ]

Smith, C.S. 1997. The parameter of aspect. 2nd ed. London: Kluwer Academic.         [ Links ]

Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. 2011. Taalkommissiekorpus 1.1. Noordwes-Universiteit: CTexT.         [ Links ]

Tatevosov, S. 2002. The parameter of actionality. Linguistic typology, 6:317-401.         [ Links ]

Van der Merwe, H.J.J.M. 1968a. Afrikaans: sy aard en ontwikkeling. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

Van der Merwe, H.J.J.M. 1968b. Aspek as uitdrukkingsmiddel van handeling. Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika.         [ Links ]

Van Huyssteen, G.B. & Wissing, D. 2007. Datagebaseerde aspekte van Afrikaanse reduplikasies. Southern African Linguistics and Applied Language studies, 25(3):419-439.         [ Links ]

Van Niekerk, J. 1997. Leksikale aspek en temporele spesifikasie. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 15(3):98-103.         [ Links ]

Vendler, Z. 1957. Verb and times. The philosophical review, 66(2):143-160.         [ Links ]

Visser, A.J.J. 1968. Aspek (die verloop van 'n handeling) in Afrikaans. Unie, 65(1):36-38.         [ Links ]

Visser, M. 2012. Resensie: So lig soos 'n klip deur Jacques Pretorius. ... and that is your theory: blogspot. [2 Junie 2012].         [ Links ]

Wybenga, D.M. 1983. Grammatiese tydsvergestalting in Afrikaans: 'n linguistiese ondersoek aan die hand van enkele Afrikaanse kortverhale. Potchefstroom: PU vir CHO. [PhD-proefskrif]        [ Links ]



    Adri Breed is dosent in Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchef-stroomkampus. In 2007 voltooi sy haar Meesters-graad in Afrikaanse letterkunde (Skryfkuns) aan die NWU en in 2012 haar PhD in Afrikaanse taalkunde. Sy spandeer ongeveer tien maande van haar studietydperk in Antwerpen, België. Adri was vir etlike jare by die ATKV-Skryfskool betrokke as fasiliteerder. In haar vrye tyd hou sy haarself besig met vryskut videoproduksies en regiewerk en sy skryf ook graag gedigte, teaterstukke en draaiboeke wanneer die geleentheid hom voordoen.
    Adri Breed is a lecturer in Afrikaans linguistics at the North-West University (NWU). She completed her Master's degree in Afrikaans Literature (Creative Writing) in 2007 and her PhD in Afrikaans linguistics in 2012, both at the NWU. She spent almost ten months of her study term in Belgium. Related interests include freelance video productions, editing, as well as, on occasion, writing poetry, drama and film scripts.
    1 Hierdie artikel is gebaseer op 'n gedeelte uit die studie van Breed (2012), begelei deur Frank Brisard en Gerhard van Huyssteen, wat deur die Nasionale Navorsingstigting, Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek en Noordwes-Universiteit befonds is. Die twee anonieme keurders word ook bedank vir hul waardevolle bydrae tot die verbetering van die artikelinhoud.
    2 Die verskillende aspektuele betekenisse word in Afdeling 3 van die artikel bespreek. Voorbeeldsinne (1) - (16) is geneem uit Breed (2013), waar die meerduidigheid van aspektuele konstruksies in Afrikaans ook kortliks bespreek word. Alle ander voorbeeldsinne is geneem uit die Taalkommissiekorpus (2011), tensy anders aangedui.
    3 Die asterisk (*) word deurgaans gebruik om aan te dui dat 'n bepaalde voorbeeldsin ongrammatikaal is.
    4 Die Engelse terme word aangewend ter wille van duidelikheid en vergelykbaarheid met voorbeeldsinne (1) tot (6).
    5 Oor die sogenaamde "preteritumverlies" kan veral Conradie (o.m. 1998a; 1998b; 1999) en verder ook Kirsten (2012; 2013; 2016) geraadpleeg word.
    6 Sommige modale hulpwerkwoorde, sowel as enkele werkwoorde soos en wees, word wel geïnflekteer om die verlede tyd aan te dui. Aangesien hierdie werkwoordvorme egter as uitsonderings gereken kan word en ook nie spesifiek aspektuele betekenis uitdruk nie, word dit nie betrek by die argument van die artikel nie.
    7 Die drie perifrastiese progressiewe konstruksies, is naamlik die aan die V wees, besig wees om te V en sit/staan/lê/loop en V.
    8 Leksikale aspek dui verskillende situasietipes aan (vergelyk Vendler 1957; Smith 1997; Comrie 1976; Tatevosov 2002:317). Leksikale aspek is onderskeibaar van grammatikale aspek deurdat eersgenoemde te make het met die inherente, semantiese eienskappe van 'n situasie, wat uitgedruk word deur spesifieke werkwoorde. So sal die situasie Johan ken Russies as 'n "toestand" die konseptuele kenmerke van statiwiteit, atelisiteit en duratiwiteit het. Aan die ander kant kan die situasie Die man loop in die straat as 'n "aktiwiteit" geklassifiseer word, aangesien dit 'n dinamiese, ateliese en durende situasie is. 'n Volledige bespreking van die onderskeid tussen grammatikale en leksikale aspek, word aangebied in Breed (2012:31-42). geklassifiseer word, aangesien dit
    9 Vanweë die aspektueel meerduidige aard van Afrikaanse tempuskonstruksies, word die meeste voorbeelde in hierdie afdeling in Engels aangebied, om sodoende die verskillende betekenisonderskeidings voldoende te kan illustreer.
    10 Bybee et al. (1994:83) verduidelik dat die verskil tussen die perfektiewe konstruksie en eenvoudige verledetydskonstraksie (simple past), afhang daarvan of daar in die spesifieke taal 'n verpligte verledetydsimperfektiefkonstruksie is. Met ander woorde, indien die konstruksie (byvoorbeeld drank in Engels) nie gebruik kan word om imperfektiewe betekenis te impliseer nie, en dat 'n imperfektiewe konstruksie (soos was drinking) dus gebruik moet word om die betekenis te aktiveer, sou die konstruksie (drank) dus as 'n perfektiewe konstruksie geklassifiseer word. Indien die konstruksie (byvoorbeeld het gedrink in Afrikaans) egter ook gebruik kan word om imperfektiewe betekenis uit te druk, sou die konstruksie (het gedrink) as 'n verledetydskonstruksie geklassifiseer word. Dit is dus duidelik dat Afrikaans, in teenstelling met Engels, geen perfektiewe konstruksie het nie, en beide perfektiewe en imperfektiewe verledetydsbetekenis word deur die het ge-konstruksie uitgedruk.
    11 Die vraagteken (?) word gebruik om aan te dui dat die betekenis van die bepaalde voorbeeldsin semanties gemarkeerd is. Met ander woorde, verdere interpretasie is nodig om die sin as grammatikaal te aanvaar (byvoorbeeld in (25) word die statiese werkwoord like in die progressief aangebied om dit as
    ʼn oordrewe of tydelike situasie voor te stel)
    12 Vergelyk weer Voetnota 8.
    13 Vergelyk Conradie (2016) vir 'n verdere bespreking van wil-wil.
    14 ´n Perifrastiese konstruksie kan beskryf word as 'n grammatikale konstruksie wat betekenis uitdruk deur vry, losstaande morfeme. Dit verskil egter van leksikale konstruksies, aangesien die items in perifrase reeds begin afstand doen het van hul oorspronklike, letterlike betekenis en grammatikale betekenis bygekry het. Aanhou het byvoorbeeld die oorspronklike leksikale en hoofwerkwoordelike betekenis van "vashou" of "aanraak", en het vanaf 'n leksikale konstruksie gegrammatikaliseer tot 'n perifrastiese konstruksie wat kontinuatiewe aspek uitdruk.
    15 Die drie perifrastiese progressiewe konstruksies, te wete die besig om te- die aan die- en sit/staan/lê/ loop en-konstruksies word omvattend in Breed (2012) bespreek.
    16 Obligatorifikasie is wanneer die gebruik van 'n taalkundige struktuur tydens 'n proses van grammatikalisering al hoe meer algemeen en selfs verplig begin voorkom. 'n Konstruksie kan byvoorbeeld aanvanklik nie-verpligtend wees, maar oor tyd só frekwent begin gebruik word dat dit naderhand verpligtend word om die konstruksie te gebruik. Obligatorifikasie kan dus op 'n diachroniese "skaal" gemeet word (vergelyk Heine & Kuteva 2007:34; Lehmann 2002:124). Breed & Brisard (2015) het byvoorbeeld gevind dat die gebruik van die perifrastiese progressiewe konstruksies in Afrikaans (naamlik die besig om te V-, aan die V- en VPOS en V-konstruksie, "meer geobligatorifiseer" is as die ooreenstemmende Nederlandse konstruksies (naamlik die bezig te V, aan het V en VPOS te V-konstruksies).

    Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License