SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número4Attention to the letter... Or: The ability to submit yourself to a piece of paperA simplified model to measure brand loyalty of fast-moving consumer goods índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.55 no.4 Pretoria dic. 2015

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n4a9 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS

 

Die invensie/herinvensie van samelewing

 

The invention/re-invention of community

 

 

C S (Fanie) de Beer

Departement Inligtingkunde. Universiteit van Pretoria. E-pos: fanie.debeer@up.ac.za

 

 


OPSOMMING

Same-lewing is in 'n pynlike krisis van verval en word na die wese, aard en moontlikheid daarvan ernstig bevraagteken. Tog kan die versugting na 'n beter samelewing en 'n ander soort mensheid ons nie ontwyk nie. Die soeke na 'n gesonde of beter samelewing en die voorwaardes daarvoor is dus uiters aktueel. Die vertrekpunt vir 'n besinning oor hierdie voorwaardes is dat die boustene van same-lewing (gemeenskap) individue is wat kan saam-lewe, dit wil sê, nie individue sonder meer nie (die boustene van samelewing nie), maar individue in 'n bepaalde sin met bepaalde kwaliteite en ingesteldhede: outonoom, singulier en individuerend.
Vir die inventiewe handeling van die verwesenliking van same-lewing is die selfstandige individu 'n noodsaaklike voorwaarde. Hierbenewens is die vind van singulariteit, die uniekheid en onvervangbaarheid van die individu eweneens die vind en uitdrukking van sosialiteit en dus van gemeenskap. Hierdie twee kwaliteite kry in individuele lewens beslag deur prosesse van psigies-individuele en kollektiewe individuering wat volwasse-wording en spiritualisering ontsluit en die verlange na herkapasitering met betrekking tot alle menslike vermoëns laat ontwaak. Gevoelvolheid, sorgsaamheid, liefdesingesteldheid, waardegedrewenheid, waarheidsgedrewenheid, sinsbeheptheid, taalsensitiwiteit, wetevolheid, denkvernuf en selfoorskryding, die noodsaaklike voorwaardes vir same-lewingstigting, kom in die proses tot stand.
Die ontluiking van hierdie kapasiteite, die herkapasitering as mobilisering van die geesteskragte van volwasse, outonome, singuliere individue, ensoveel as moontlik van hulle, vir alle terreine, is die noodsaaklike voorwaarde en waarborg vir 'n gesonde same-lewing. Hierdie beweging van herkapasitering is die draer van 'n ware alternatief op die gebiede van onderwys, industrie, ekonomie, sosialiteit, kennis, kultuur, politiek, gesondheid, etiek en volwaardige menswees. So word 'n demo-dinamiese same-lewing, gesmee deur die kragte van individue, as 'n alternatief vir 'n bouvallige demokrasie geïnventeer.

Trefwoorde: same-lewing (gemeenskap), samelewing, herkapasitering, singulariteit, outonomie, individuering, demo-dinamiek, sorg, taal, wete, kennis


ABSTRACT

Society is, generally speaking, in a situation of serious decay, hampered by criminality, violence, corruption, poverty, disaffectivity, and desymbolisation to the point of the pathological. As a result, society's status and, in particular, the possibility of community are deeply questioned. All kinds of adjectives are used to express this status and condition and even the mere possibility, or even absence of possibility, of something like community: inexpressible, inoperative, confronted, disowned, consumed and so forth. At the same time there are some who are less doubtful and express its possibility using terms such as "the coming community" and "the transparent society". Despite the doubtfulness and questionability of community, in the sense of people being together, living together and sharing matters intimately, it seems as if we cannot get rid of the idea of community. Many people still believe in its possibility and keep on dreaming about a better humanity and healthy communities.
The assumption of this article is that society consists of individuals and depending on the quality of individuals community will, in principle, remain a possibility. We can even go further: community is a given but also a task. It does not happen by itself, of course, but must be brought about, must be invented. A sound understanding of the relationship between individuals and the social brings forward the hopeful view that community is a possibility. No room remains open, however, for absolutising either the individual or the social. The social, and communities by implcation, are built on and invented by individuals. Disaffected, de-individualised and desingularised individuals destroy communities as well as societies. They are not capable of inventing. What is needed are autonomous, singular, individuated individuals, non-narcissistic and able to go beyond themselves and their personal interests. Psycho-individual and collective individuation, up to the point of singularisation and maturity, create affected and associated individuals capable of loving themselves, as well as others, individuals who are truth driven, value sensitive, thoughtful, knowledgeable, linguistically competent and meaning obsessed, and enabled to take care of themselves and of others and of a collective future.
Individuals are in possession of immense capacity potential, but desymbolisation, disaffectedness create misery of all kinds as well as the disability to employ or even cultivate these capacities. Recapacitation of individuals, the building blocks of communities, is called for as the single most important condition for building a healthy community and eventual society as well. Psychic and collective individuation is the ultimate condition for this to happen. The capacity to think, to affect, to love, to live, to share is required for the invention of communities. The more thoroughly individuated singular individuals there are the more possible it would become to invent community on a grand scale which may have a definite therapeutic effect and impact on society as well. The engagement of individuals in their full singularity in as many critical areas of society as possible, namely economics, education, health care, culture, knowledge, politics, ethics are urgently required for healthy communities to emerge with immense therapeutic implications not only for themselves, but for the whole of society.
Communities of demo-dynamic individuals do not only exist in dreams but are real possibilities, built on the infinite capacity to relate, to share, to care, and in the effectiveness of relationship, nearness and contact in terms of the law of the heart as expressed in the individuation of language in its closeness to being and truth, in knowing and knowledge to the fullness of intelligence and against stupidity, and in recapacitation to the ultimate of individual spiritual, affective and material potentiality.

Key concepts: community, society, recapacitation, singularity, autonomy, individuation, demo-dynamics, care, language, knowing, knowledge


 

 

In the final account, the ecosophic problematic is that of the production of human existence itself in new historical contexts

Felix Guattari

 

Hierdie artikel word geskrywe teen die agtergrond van 'n begeerte om midde in 'n betreklike siek samelewing te pleit vir 'n gesonde of beter samelewing, om midde in die beangstigende ervaring van gemeenskapsafwesigheid wel te argumenteer vir 'n alternatief wat saam-wees en saam-leef wesenlik moontlik maak. Vir hierdie alternatief word verbygekyk by die gedagte van die mens as 'n kuddedier waarin individualiteit en identiteit verlore gaan sowel as by die gedagte van die individualistiese mensopvatting wat die narcissistiese selfverheerlikende individu verheerlik. Wat raakgesien moet word, is dat same-lewings gebou word op individue vir wie die proses van individuering (psigies en kollektief), gebring tot die punt van selfgenoegsame geestelik volwasse individue wat onderskeibaar is in hulle singuliere kwaliteite op individuele vlak, en wat hulle in staat stel om die grense van die singuliere self te oorskry om sodoende by andere uit te kom. Hierdeur word 'n proses verwesenlik van die vermoë of kapasiteit tot liefde, wat in staat stel tot selfliefde en liefde vir andere. Die vermoë om verantwoordelikheid vir die self, die ander, en vir mekaar, te aanvaar kan slegs verwesenlik word indien volle herkapasitering van individue deurlopend met betrekking tot alle lewensdomeine plaasvind.

 

1. INLEIDING: KWELLINGE OOR 'N GESONDE SAME-LEWING

Die romantiserende dromery oor 'n harmonieuse same-lewing (gemeenskap) is onrealisties sowel binne 'n relatief eenvormige kultuur of selfs groep met dieselfde belangstelling en meer nog in die samevoeging van diverse groepe en kulture. Geen wonder die blote aanvaarding van die sosiale (en daarmee ook same-lewing) word op diepgaande wyse deur baie bevraagteken nie (Joyce 2002). Byvoeglike naamwoorde soos "onteiende" en "onuitspreeklike", maar dan ook "onwerkbare", "verbruikte", "ontwykende", ensovoorts same-lewings, spreek vir sigself in hierdie verband. Weliswaar is daar ander wat same-lewing weer as gegewe aanvaar soos die deursigtige samelewing (Vattimo1992) en die komende gemeenskap of same-lewing (Agamben 2009) en dan die vanself-sprekende oefeninge van Stiegler en medewerkers (2014) om dit nie alleen te fundeer nie, maar veral ook om veel verder te gaan deur te onderskei tussen die sosiopatologiese en die sosioterapeutiese samelewing.

Wat is 'n gesonde samelewing?

Die norm(e) daarvoor? Bestaan daar voorbeelde ofbestaan dit slegs in ons dromery en verbeelding? Pierre Lévy (1997) het minstens een voorbeeld vermeld maar wel 'n archaïese voorbeeld: die Minoïese beskawing teenoor die Mykeense beskawing van die ou Grieke. Volgens hom was die Minoïese beskawing vreedsaam, geweldloos en skeppend, terwyl die Mykeense beskawing gewelddadig, onderdrukkend en destruktief was. Dit is byna onmoontlik om die redes vir hierdie verskille aan te toon, maar dit sou tog sinvol en hoogs betekenisvol wees om te kon vasstel waaraan die verskille toegeskrywe kan word.

In teenstelling tot die dromery en verbeeldingsvlugte belewe ons volgens baie 'n ernstige soort algemene samelewingsverval wat op baie maniere beskrywe kan word. In Nancy (1991:1) se woorde (die eerste sin van sy boek Inoperative Community):

The gravest and most painful testimony of the modern world, the one that possibly involves all other testimonies to which this epoch must answer ... , is the testimony of the dissolution, the dislocation, or the conflagration of community.

Later skrywe hy oor

...the distressed world in which we live: this world at war, torn apart by an atrocious negation of community and a mortal conflagration of ecstacy. In this severe affliction he no longer saw any face, any schema, or even any simple point of reference for community, now that the figures of religious or mystical communities belonged to the past and the too human face of communism had crumbled. (Nancy 1991:22)

Elkeen het 'n eie mening oor wat verkeerd is of oor wat verkeerd geloop het: gedisintegreerdheid, geen samehorigheid, skeptisisme oor gedwonge saam-wees soos vroeëre gedwonge apart-wees, siniese houdinge tussen mense teenoor mekaar oor die moontlikheid van sinvolle saam-wees of saam-lewe; oormatige gewelddadigheid, oneerlikheid, waarheid-loosheid en gees-loosheid. En dan Dupuy se vraag: Het ons van die kwaad vergeet? (2002). Hy skrywe: "Om nie die kwaad te sien vir wat dit is nie is om 'n mens self deel daarvan te maak" (Dupuy 2002:79). Hierby kan ons nog die "kruispaaie in die geskiedenis" waaroor Castoriades dit het byvoeg. Hy skrywe:

I think we are at a crossroads in history, in History with a capital H. One path is now clearly marked, at least as for its general direction. That path leads to the loss of meaning, the repetition of empty forms, conformism, apathy, irresponsibility, and cynicism, along with the growing takeover of the capitalist imaginary of unlimited expansion of 'rational mastery' - pseudo-rational pseudo-mastery - of the unlimited expansion of consumption for consumption's sake, which is to say for nothing, and of technoscience racing ahead on its own, and obviously a party to domination by that capitalist imaginary. (Castoriades 2007:86)

'n Sosiaal-historiese situasie soos dit hier geskets word, maak sinvolle same-lewing onmoontlik. Die lys kan voortgaan en nog veel langer word. Kyk byvoorbeeld na Bauman (2007) oor die verbruik of opgebruik van die lewe.

En tog is hierdie wêreld steeds ons wêreld. Ondanks die verwagting dat die nuwe gedekoloniseerde gemeenskappe - die groei op onverwagte wyse van vorme van synsgemeenskaplikheid deur kanale van inligting, inligtingnetwerke, die nuwe sosiale media, sowel as die totstandkoming van veelrassige samelewings en die utopiese idille van meerkulturele samelewings en gemeenskappe - hierdie wêreld sou omkeer, het niks hiervan enige diepgaande wysiging aan die toedrag van sake bewerkstellig of enige werklike vernuwing van die vraag na gemeenskap en same-lewing ontlok nie, miskien eerder die teenoorgestelde (Kyk Nancy 2014).

Hoe problematies die doenbaarheid van same-lewing, of gemeenskap, of die "verbetering" daarvan ook al mag wees, word besonder goed deur Jean-Luc Nancy in sy boek Dla communauté désavouée (2014) verwoord. Die kernvraag vir hom is:

Hoe om die feit te dink van verbind te wees, sonder om verbind te wees, of, terwyl ons ontbonde is - gekonnekteer, terwyl gediskonnekteer (of gediskonnekteer terwyl deurgaans gekonnekteer) - wat ons aan ons lyf raak (dus intens raak) terwyl dit nie meer moontlik is om terug te keer na die fondamente en totems van verdwene wêrelde nie? Hierdie vraag oorskry, volgens hom, alle politieke, ekklesiologiese, nasionalistiese, kommunitaristiese oorwegings, en nog meer, alle tipe solidariteit, wedersydse ondersteuning en kollektiewe sorg. (Nancy 2014:12)

Problematies is veral die verhouding tussen individu en same-lewing/gemeenskap en veral in die lig van hoe daar oor die individu gedink word. Nancy stel dit so:

Die klem op individualiteit bring 'n skeiding van die gedagte van gemeenskap. Denke oor die subjek verwring maklik denke oor die gemeenskap. Singulariteit, as die artikulering van die besondere uniekheid van die individu in die vermoë tot self-oorskryding, maak die gaping oop vir denke oor gemeenskap. Gemeenskap is gegee. Gemeenskap is 'n taak en nie 'n werk of produk van 'n werk nie; dit is verbind aan die Syn, is transendent, en kan nie verloor word nie. (Nancy 2014:34-35)

Dit moet bedink word - miskien die onmoontlike in ons tyd van humanisme, cartesianisme, tegno-ekonomiese organisasie van mense en tegno-wetenskaplike rasionaliteit wat klop met die individualistiese self-soekende en self-verheffende mens wat alles wil en moet operasioneel en dus beheerbaar en kontroleerbaar maak, terwyl ons tog in die proses besig is om subjekte in en in hul singulariteit te verloor.

Om saam te vat: hierdie kwellinge kom na vore uit wat 'n mens 'n sosiopatologie kan noem - die patos van die lydende same-lewing, of van die afwesigheid van same-lewing. Volgens Stiegler, in verskillende werke, manifesteer hierdie patos soos volg, of, kan dit in die volgende terme geartikuleer word: Simboliese ellende wat eintlik ook op geestelike ellende neerkom: hiper-industrialiteit, die katastrofe van die gevoelvolle, tyd en cinema en die vraag na die wese van die kwaad en onbehaaglikheid. (Stiegler 2014)*

Wangeloof en diskrediet waarvan die dekadensie van industriële demokrasie 'n kernsaak is maar veral manifesteer in die onbeheerbare samelewing van gedisaffekteerde individue: die wanhoop en magteloosheid van die rasionele, die kompleks van Antigone (met die spanning van voorkeur aan liefde teenoor haat), geestelike ellende en redes vir terapie, gedisaffekteerde individue, maar dan ook 'n klem op hoop en politiek: van die selfmoordelike na die noëtiese; die verlore gees van die kapitalisme. Dit is alles sake wat onder hierdie oorkoepelende tema ter sprake gebring word (Stiegler 2013c).

Omdat daar soveel kwellinge oor samelewing bestaan en same-lewing tot 'n groot mate 'n saak van afwesigheid is, word baie vrae oor die moontlikheid en die werklikheid daarvan gestel.

 

2. DIE BEVRAAGTEKENING VAN SAME-LEWING

Vir die doeleindes van hierdie artikel word onderskei tussen enersyds same-lewing (wat ook gemeenskap kan beteken) en op individue wat gemeenskaplike sake en belange volgens eie voorkeur deel, en andersyds samelewing wat dui op saamgevoegde individue hoofsaaklik binne geografiese grense wat sekere dinge noodwendig deel sonder gedeelde belange. Vrae kom na vore soos: Wat is saam-wees en saam-leef, same-lewing, gemeenskap, siviliteit, sosialiteit, regtig in sodanige same-lewing- en samelewingsituasies? Woorde soos vervreemding, identiteit, omgee, liefde moet in hierdie verband dringende oorweging geniet. Die vraag is of 'n soort verbetering, of genesing, hoegenaamd doenbaar of inderdaad moontlik is wanneer dit oor same-lewing gaan, gegee allerlei kompliserende sake van 'n praktiese aard en ook uiteraard die sosiale implikasies van meer teoretiese aangeleenthede.

Sake soos kulturele- en taalverskeidenheid, lewensopvattinge en verwarringe wat dit skep, ideologiese obsessies, persoonlike voor- en afkeure, venynige kritisisme, beterweterigheid, diskriminerende en meerderwaardige houdinge, oriënteringsdiversiteit en selfs lewenshoudinge en -gewoontes wat verskil, mensbeelde en mensopvattinge, geloof en die aftakeling daarvan, maar ook die ekstreme verabsolutering daarvan, speel alles 'n rol in die bepaling van die betekenis van same-lewing. Samelewing en gewelddadigheid, die waarheid, werklikheid, en diepte van belede en bepleite verontregting,die waarheidsgehalte van massahisterie en -opsweping, plaas beperkinge op die moontlikheid van same-lewing en verg eerlike analises. En dan is daar natuurlik die wesenlike aanwesigheid van onvergenoegdheid, haatdraendheid en die kwaad in al die reële gestaltes en vorme daarvan ondanks die wegwensing daarvan. Al hierdie sake verg deurlopende eerlike analise in pogings om antwoorde te vind op die vraag na same-lewing.

Posthumanisme en transhumanisme wat na iets heel nuut en anders soek, beklemtoon hoe belangrik mensbeeld is vir samelewingsbegrip en gemeenskapsbegrip en kom veral in hierdie gedagterigtinge na vore. Inligting/kennissamelewing en die impak daarvan op samelewingsopvattings: kan kennis en inligting definiëringsbeginsels vir same-lewing wees en ook vir samelewing? Verbruikersamelewing: kapitaal, die markte, winsbejag, bedrog, korrupsie, eksploitasie, rykdom, armoede, globalisering - al hierdie sake is hier ter sake. Kan same-lewing en ook samelewing deur 'n enkele lukraak gekose item gedefinieer en bepaal word?

Wat beteken dit om die socius, die sosiale, te bevraagteken? Beteken dit dat daar geen samelewing of sosialiteit en veral same-lewing meer is of behoort te wees nie of kan wees nie, soos wanneer kubernetisiste ook nie meer van werklikheid, maar slegs van "die sogenaamde werklikheid" (wat vir gewone mense die werklikheid is) praat? Soos wat Vattimo (1992:7) na Nietzsche verwys oor afwesigheid van werklikheid:

It may be that in the world of the mass media a 'prophecy' of Nietzsche's is fulfilled: in the end the true world becomes a fable. If we, in late modernity, have an idea of reality, it cannot be understood as the objective given lying beneath, or beyond, the images we receive of it from the media. How and where could we arrive at such a reality 'in itself'? For us, reality is rather the result of the intersection and the 'contamination' of a multiplicity of images, interpretations and reconstructions circulated by the media in competition with one another and without any 'central' coordination.

Dit herinner sterk aan Heidegger se Tijd van het wereldbeeld (1983) wat daarop dui dat die wêreld op 'n sekere stadium 'n prentjie (beeld) geword het. Al wat werklik is, is die abstraksies wat in die tegniese milieu van die kubernetika en kuberkultuur bestaan. Individue as boustene van samelewing (gemeenskap) en samelewing, bly in die slag en is waarskynlik ook slegs prentjies of abstraksies en nie werklik nie.

Heidegger (1973) het die humanisme bevraagteken en by "die eksisterende humanitas" uitgekom. Derrida (1981) het die Cartesiaanse subjekopvatting bevraagteken en by "die gedesentreerde subjek" uitgekom. Nancy (1996) vra wat kom na die subjek en konsipieer dan die individu as singulier-meervoudige wese. En waar is die individu nou? Hierdie bevraagtekening beteken nie die humanitas van menswees word bevraagteken nie, maar wel sekere opvattinge oor en definisies van wat dit beteken om mens te wees - die menslikheid van die mens - en die bevraagtekening word eerder as pogings tot herdefinisie aangewend. Die sogenaamde posthumanisme wil hierby verbygly en sonder om die menslikheid van die mens te artikuleer wil hulle 'n nuwe wese probeer skep, 'n post-mens. Die posthumanisme en transhumanisme maak mense vervangbaar behalwe vir die ontwerpers van hierdie teorieë (die sogenaamde tegno-profete van Lecourt 2003) wat hulle eie ewige bestaan (so glo hulle ) - en teenstrydig soos dit mag klink -probeer verseker. Kyk na Lecourt (2003) en Stiegler (2013a) se kommentaar hieroor en selfs die van Janicaud (2005) wat later bespreek sal word. Hulle wys op moontlike gevaartekens van hierdie bevraagtekening van same-lewing en van die skep van alternatiewe posthumane mensbeelde.

Same-lewing is weliswaar geen maklike tema om te bedink nie. Daar is heelwat hieroor besin en geskrywe en allerlei byvoeglike naamwoorde is gebruik om die problematiese daarvan te beskrywe: onwerkbaar, onuitspreeklik, gekonfronteerd, onteiend, opgebruik, ontwykend - wat almal tekenend van die bevraagtekening is. Wesenlik is dit dit wat ons ontsnap (Nancy 2014: 213). En so is 'n gesonde same-lewing (ons tema) geen vanselfsprekendheid nie en klink dit selfs vergesog. Indien dit nie vanselfsprekend is nie, is invensie nodig. Daar bestaan ook nie eintlik voorbeelde van verwesenlikte same-lewings wat herinvensie 'n moontlikheid maak nie.

Die wesenlike problematiek waarmee ons gekonfronteer word, bespreek Nancy (2001:11) in sy Communauté affrontée op die volgende wyse en terme: So begin die boek:

Die huidige stand van die wêreld is nie dié van 'n oorlog tussen beskawings of selfs tussen godsdienste nie, maar eerder 'n burgeroorlog: dit is die oorlog in die binneste van 'n stad, van 'n welwillendheid, van 'n stadsgewoontelikheid, wat in die proses is van sig te ontplooi tot by die uiterste grense van die wêreld en deur dit te doen tot by die uiterste van hul eie begrippe. In die uiterste raak 'n konsep stukkend, word 'n figuur platgeslaan, ontstaan 'n gaping.

Wat hier met ons gebeur, is die uitputting van die denke van die Een en van 'n unieke bestemming van die wêreld (Nancy 2001:12). Die gaping wat hierdeur ontstaan, is een van sin, waarheid en waarde (p13). Hierdie gaping wat ontstaan roep vrae op want sin, waarheid en waarde is nie meer onbetwisbare gegewene soos ons dit ge-erf het nie. Wat bedoel word met wêreld, is eintlik 'n wêreld van sin wat same-lewing en gemeenskap behels, maar hierdie wêreld het nou verword tot 'n wêreld van verlore sin, leë waarheid en vervalle waardes (Nancy 2001:16) - dáár is die gaping.

Ondanks al hierdie vrae en skerp formuleringe bly die gedagte van gemeenskap, same-lewing, wesenlik tot menswees en kan nie vermy word nie.

 

3. DIE ONONTWYKBAARHEID VAN SAME-LEWING

Die begeerte om iets hieraan te doen, is wel daar: min of meer almal koester dit. Dit lyk nogal na 'n universele behoefte wat mense nie met rus laat nie. Almal skrywe daaroor al is dit net om dit as 'n onmoontlikheid te beskrywe. Edgar Morin, soos aangehaal deur Blanchot (1988:2), verwoord hierdie behoefte egter so: "Ek glo deurentyd in die moontlikheid van 'n ander samelewing en 'n ander mensheid". En dan lewer Blanchot die volgende kommentaar hierop:"Dit mag naïef klink, maar dit gee presies uitdrukking aan dit waaraan ons nie kan ontsnap nie [miskien mag ons ook nie aan hierdie 'geloof' en hoop ontsnap nie]."

Oor hierdie onontwykbaarheid van same-lewing en die soeke daarna skrywe Nancy (2014:20):

Dit gaan nie oor die skuldigmaking of -verklaring van die Weste of die mitiese verheerliking van die Ooste [of selfs Afrika] nie, maar dit gaan om die dink van 'n wêreld wat in en deur sigself stukkend of gebroke is, 'n gebrokenheid wat voortkom uit die agteruitgaande aard van die geskiedenis en wat wel op een of ander manier, vir die ergste [of miskien tog nie so erg nie], vandag sy obskure sin moet konstitueer, 'n sin wat nie verduister is nie maar waarvan die duisterheid wel 'n element is. Dit is moeilik. Dit is nodig. Dit is ons noodsaaklikheid in twee betekenisse van die woord: dit is ons armoede en ons verpligting.

Omdat sin, waarheid en waarde die sin van same-lewing vorm en die afwesigheid daarvan deurgaans mense, alle mense, teister en vir alle mense onmisbaar is, is die problematiek wat dit skep 'n onontwykbare problematiek. Geen beskawing, religie, groep of ras kan die oordeel ontwyk of ontduik nie. Die diep besef hiervan mag juis die gedagte na gemeenskap en die strewe daarna ontsluit en moontlik maak. Ons, die hele menseras, is almal lotgenote en ewe skuldig aan die miskenning van sin, waarheid en waarde waardeur same-lewing gekelder word. Dit is waar die gaping lê.

Die idee van same-lewing, die sosiale, die socius, koinonia is gegewe (ongeag wat dit deur wie ook al genoem word) en is eenvoudig nie wegdenkbaar nie. Selfs diegene wat die sosiale bevraagteken (kyk Joyce 2002) kan nie wegkom van die sogenaamde "ou" en "nuwe" sosiale nie. In allerlei kontekste is en bly mense op mekaar aangewese: kelners en kliënte in restaurante, kassiere en kliënte in supermarkte, verpleegsters en pasiënte in hospitale, dokters en pasiënte in spreekkamers, studente en dosente in universitieite, boere en werknemers op plase, politici en stemmers, ensovoorts. Hierdie is nie maar net doodgewone toevallige verhoudinge nie. Nee, in al hierdie gevalle is mense aangewese op mekaar, selfs afhanklik van mekaar. En in al hierdie gevalle misbruik mense mekaar gereeld vir eie voordeel. Miskien is Michel Serres (2007) reg: mense is noodwendig in 'n parasitiese verhouding met mekaar. Dit is wesenlik menslik, 'n filosofiese antropologie. Same-lewing is desondanks nie wegwensbaar nie; dit is wel moontlik om aan hierdie verhoudinge 'n ander gestalte en gehalte te gee as wat meesal gebeur. Daar kan in die verhoudinge wegbeweeg word van die parasitiese na die terapeutiese.

Wat is die voorwaardes van hierdie "wegbeweeg"? Anders gestel: Hoe kan same-lewing sinvol gemaak en verwesenlik word sodat dit betekenisskeppend vir al die lede kan wees? 'n Mens sou selfs kon praat van die vestiging van 'n funderingsbeginsel vir die socius (Kyk Stiegler et al. 2014). Same-lewing is die saam-leef en saam-wees van individue. Individue is die voorwaarde - enkelinge, alleenwesens skep nie 'n same-lewing nie. Om dus same-lewing te verstaan, moet daar op individue en hulle aard gefokus word. Hier lê die kruks van die saak. Hoe moet individue lyk, hoe moet hulle doen en wees om 'n gesonde same-lewing te vestig?

 

4. DIE VERWESENLIKING VAN SAME-LEWING

4.1 Moontlike toegangsweë

Vir die fundering van die socius, sosialiteit, same-lewing, gemeenskap is 'n verreikende, toereikende en omvattende mensbeeld nodig. Geen vanselfsprekendhede is voldoende nie. Moet die mens in terme van sosialiteit of individuaiteit gedefinieer word soos wat meesal in 'n populêre sin gedoen word? Sinvolle same-lewing is uiters problematies met baie struikelblokke, soos reeds bespreek is. Die verwesenliking van sinvolle same-lewing vereis iets besonders; dit vereis invensie en 'n inventiewe gees. Die inventiewe gees het bepaalde voorwaardes van menswees nodig, soos menslike outonomie, menslike singulariteit, individuering, wat deur Castoriades, Guattari en Stiegler respektiewelik beklemtoon word soos uit die volgende bespreking hoort te blyk.

Dit lyk dus asof die drietal hier kan help. Hulle artikuleer minstens hierdie ander moontlikhede van 'n singuliere en individuerende kollektiewe individualiteit. Hulle skrywe nóg die mens as individu, nóg die sosiale of kollektiewe af, nóg word enige van die twee onnodig verhef tot absolutes. Hulle wil eerder albei op 'n outentieke wyse terugbring in die gesprek oor same-lewing en volledig erken. Hierby moet aangesluit word. Is dit realisties en sinvol om te soek na wat nie te vinde is nie? En tog soek, strewe en hunker almal daarna. Die vraag bly dus: Hoe sou individue gemobiliseer kon word om same-lewing, hoe onseker en selfs riskant ook al, op 'n manier, en veral 'n gesonder manier, moontlik te maak?

Castoriades se klem op "koinonia" is besonder betekenisvol in hierdie verband. Die Griekse woord koinonia (wat beteken gemeenskap, assosiasie, vennootskap, kameraadskap) is gepas en by baie bekend. Castoriades skrywe breedvoerig hieroor. Volgens hom is koinonia eintlik ten diepste afhanklik van outonome individue. Hy skrywe dan:

...a radical transformation of society, if it is possible - and I am profoundly convinced that it is - can only be the work of individuals who want their autonomy, on the scale of society as a whole as well as on the individual level. Consequently, working at preserving and extending the possibilities of autonomy and of autonomous action, and likewise, working both to help shape individuals so that they aspire to autonomy and to increase the number of such individuals, is in itself a creative political work, one whose effects are more important and more lasting than some kinds of superficial agitation. (Castoriades 2007:101)

Vir die inventiewe handeling van die verwesenliking van same-lewing is die selfstandige individu, eerder as bloot agiterende wesens, 'n noodsaaklike voorwaarde.

Vir Guattari is die vind van singulariteit van die individu eweneens 'n vind van sosialiteit - die droom oor en die hunkering na dit wat ons nog altyd ontvlug. Op die vraag hoe om by te dra tot die herinvensie van die sosiale, same-lewing, binne die gegewe krisisse van ons tyd, antwoord hy:

...Ultimately, we will only escape from the major crises of our era through the articulation of a nascent subjectivity, a constantly mutating socius, and an environment in the process of being reinvented. ... Their different styles are produced by ...heterogenesis, in other words processes of continuous resingularization. Individuals must become both more united and increasingly different....By means of these transversal tools, subjectivity is able to install itself simultaneously in the realms of the environment, in the major social and institutional assemblages, and symmetrically in the landscapes and fantasies of the most intimate spheres of the individual. (Guattari 2013:45)

Die vestiging en verwesenliking van same-lewing hang dus op 'n soliede wyse af van die hersingularisering van die individu wat by uitstek 'n ekosofiese wese is wat die logika van entiteite en transversale denke kan beoefen wat albei nodig is vir die invensie van same-lewing. Duidelik word die vraag na subjektiwiteit die leidende gedagte. Hoe kan ons dit produseer, vasvang, verryk en permanent herinventeer? Hoe kan ons werk vir die bevryding van subjektiwiteit, dit wil sê, vir die hersingularisering daarvan? Sy antwoord lui so: "All the disciplines will have to combine their creativity to ward off the ordeals of barbarism, the mental implosion and chaosmic spasms looming on the horizon, and transform them into riches and unforseen pleasures, the promises of which, for all that, are all too tangible" (Guattari 1995:135).

Stiegler worstel met die vraag hoe daardie mens moet wees waartoe die mens getransformeer moet word om sosialiteit te verwesenlik? Die antwoord lê vir hom in "psigiese en kollektiewe individuering". Dit maak die volgende moontlik: Liefde, sorg, lewe, simbool en affektiwiteit is die antwoorde waarby hy uitkom wat vanselfsprekend ook die voorwaarde vir same-lewing is. Hierdie insig kry hy van Simondon (2005) wat hy dan verder ontwikkel. Vir die doel van hierdie bespreking is twee bronne van sentrale belang. Vir die fundering van die socius of same-lewing is die hoofstuk in The re-enchantment of the world: the value of spirit against industrial populism (2014) oor "die her-fundering van die same-lewing" sentraal. Die ander ewe belangrike publikasie is "To love, to love me, to love us" as gedeelte van die boekie Acting out (2009). Die sleutelterm is individuering. Die klem is hier dus duidelik ook op die individu wat deur psigiese individuering die vermoë tot liefde genereer waardeur selfliefde ontwikkel word en wat deur kollektiewe individuering liefde vir die ander genereer.

In die soeke na 'n fundering van same-lewing moet daar dus eerder aan deeglike besinning oor menswees en menslike individualiteit gedink word (in terme van outonomie, singulariteit en individuering) as oor ander enkele sake soos inligting, kennis, verbruikers, risiko, en selfs digitaliteit. Geen hiervan en deugdelike saam-lewe is noodwendig sinonieme nie. In die proses van die verplasing van die klem en fokus van die individu na ander sake gaan die fundering verlore en word die fokus versteur. Waarom kan hierdie sake nóg die fundering, nóg die karakterisering van same-lewing wees? Omdat elkeen van hulle eensydig is; omdat elk van hulle veelvormige betekenis kan hê; omdat dit wissel van betekenis sou selfs die finale ooreengekome betekenis, indien so-iets moontlik sou wees, nogtans nie die fundering kan wees nie. Die fundering van same-lewing kan nie op 'n enkele aspek daarvan aangewese wees nie hoe aantreklik dit ook al mag lyk en hoe dit ook al binne die ideologie inpas. Omdat elk hiervan alreeds voor dit benoem word, of voor dit as benoeming dien, totaal verkrag is. Kennis is eers tot inligting gereduseer voordat daar gepraat is van 'n kennissamelewing - kennissamelewing is dus onmiddellik 'n gereduseerde samelewing (as deel van die de-simboliseringsproses) (Stiegler 2013b, hfst 3). En omdat elk van hierdie sake die prooi van die tydsgees is wat desimbolisering en disindividuering voed en daardeur gevoed word in 'n fatale sirkelbeweging, is desimbolisering en disindividuering ook destabiliserend. Same-lewing is in so 'n konteks 'n onmoontlikheid.

Die besinning oor same-lewing bly op sy beste 'n netelige saak met baie kante, 'n saak wat die besinner maklik ontwyk. Op die flapteks van sy "onteiende gemeenskap", wat 'n kommentaar is op Blanchot se "onuitspreeklike gemeenskap", beklemtoon Jean-Luc Nancy (2014) dat "Blanchot probeer om die baie obskure hart van wat 'n mens 'n gemeenskap kon noem binne te dring (negatiewe gemeenskap en gemeenskap van liefhebbers is sy hooftemas). In der waarheid gaan hy die risiko aan om 'n mite te skets wat bevoeg is om gemeenskap op die onuitspreeklike van elke gemeenskaplike fundering te fundeer. Sodoende stel hy homself bloot aan 'n bespreking wat Nancy probeer open rondom 'n aporie wat genoem word "hart of wet". Die onontwykbare teenstrydigheid is dat gemeenskap (same-lewing) gegewe is, maar terselfdertyd ontwykbaar is of ons bly ontwyk en as sodanig bly dit ons taak en verantwoordelikheid om dit voortdurend te vestig. Teenoor die gedagte van Blanchot dat die illusie of die onmoontlikheid van die liefde neerkom op 'n vlug of verdwyning in die oneindigheid, stel Nancy (2014:164-5) dit dat "die oneindige nie eenvoudig in hierdie vlug en verdwyning bestaan nie: dit is oneindig op 'n baie meer teenwoordige en aktuele wyse, dit is geleë in die effektiwiteit van 'n verhouding, van 'n nabyheid, van 'n kontak". Hierdie "onuitspreeklike gemeenskap" hou wag oor en het 'n wete van "die hart of die wet" van vriendskap en van gemeenskap. "Die hart of die wet: indien die wet nooit hart kan maak nie, kan die hart daarteenoor wet maak, ander kant elke wet. Dit is miskien die onuitspreeklike" (Nancy 2014:58). Hierdie wet van die hart is die een van vriendskap of broederskap wat alleen aan my my solitêre blootstelling openbaar maak, maar wat terselfdertyd ook wel my gedeelde gemeenskap vorm (p53).

4.2 'n Goeie begrip van socius of die sosiale

Vir die verwesenliking van same-lewing is 'n goeie begrip van die sosiale en wat dit alles behels onontbeerlik. Wat nodig is, is die erkenning van die noodsaaklikheid van 'n rekonstruksie van die doelwitte en metodes vir die hele sosiale toneel wat klop met vandag se omstandighede en situasies. Wat inderdaad nodig is, is 'n nuwe soort denke en 'n ander soort logika. Guattari (2012:29) praat van 'n "logika van intensiteite" en 'n "transversale vorm van denke", waarin "die ekosofie van die fantasma" (p38) 'n prominente rol speel. Hierdie ekosofie laat sig nie uitput deur formele logiese patrone of 'n lineêre wyse van denke nie wat ander wêrelde moontlik maak. Hier kom invensie ter sprake. Op hierdie wyse "sou ander wêrelde geskep kon word" (p44). Michel Serres (in Serres & Latour 1995) praat eweneens van die belangrikheid van 'n alternatiewe logika soos ook Henri Atlan (1994). Let op Guattari (2012) se mooi punt in hierdie verband: Ons moet eenvoudig in ander terme as die gebruiklike industriële, ekonomistiese, kapitalistiese terme dink - ook binne universiteite, veral in terme van die huidige definisie van universiteite as besigheidsinstellings of -bedrywe.

[T]hese [existing] conceptual scaffoldings still do not take into account the production of 'primary' subjectivity, because they are deployed on a truly industrial scale, particularly by the media and public institutions. All existing theoretical bodies of this type share the shortcoming of being closed towards the possibility of creative proliferation. (Guattari 2012:37-39)

Die "primêre subjek" is die singuliere individu wat sigself kan oorskry in die rigting van die ander en op pad na same-lewing.

Hierbenewens is die "plasmeteorie"' van Latour in die begrip van die "socius" van ewe groot belang. Hiervolgens ken ons maar 'n klein deeltjie van die omvattende onuitputlike werklikheid - ook die werklikheid van saam te lewe. As gevolg hiervan word ons ook telkens verras deur verwikkelinge wat geheel en al buite die verwagting val. Hy skrywe die volgende in hierdie verband:

What is meant by interpretations, flexibility and fluidity is simply a way to register the vast outside to which every course of action has to appeal in order to be carried out. This is not true for just human actions, but for every activity. Hermeneutics is not a privilege of humans but, so to speak, a property of the world itself. The world is not a solid continent of facts sprinkled by a few lakes of uncertainties, but a vast ocean of uncertainties speckled by a few islands of calibrated and stabilised forms. Do we really know that little? We know even less! Paradoxically this astronomical ignorance explains a lot of things. Why do whole empires like the Soviet one vanish in a few months? Why is it that quiet citizens turn into a revolutionary crowd or that grim mass rallies break down into joyous crowds of free citizens? Generals, editorialists, managers, observers, moralists often say that those sudden changes have a soft impalpable liquid quality about them. That is exactly the etymology of plasma. (Latour 2005: 245)

Vergelyk Malabou (2010) se belangrike drieledige "teorie van plastisiteit" in hierdie verband waarin sy die klem plaas op die ondergaan van vorm, die gee van vorm en die verwringing van vorm. Latour gaan voort:

The small holds the big. Or rather the big can any moment drown again in the small from which it emerged and to which it will return. ...; Whatever the expression, it seems that no understanding of the social can be provided if you don't turn your attention to another range of unformatted phenomena. It's as if at some point you have to leave the solid land and go to the sea. I call this background plasma, namely that which is not yet formatted, not measured, not yet socialized, not yet engaged in metrological chains, and not yet covered, surveyed, mobilized, or subjectified. (Latour 2005:243-244)

En dan breek hy 'n lansie vir die wetenskappe van die gees:

As anthropologists have tirelessly shown, actors incessantly engage in the most abstruse metaphysical constructions by redefining all the elements of the world. Only a researcher trained in the conceptual calisthenics offered by a philosophical tradition could be quick, strong, daring, and pliable enough to painstakingly register what they have to say. How could enquirers listen to a housewife, a clerk, a pilgrim, a criminal, a soprano, and a CEO and still succeed in following what they express if they had no Hegel, no Aristotle, no Nietzsche, no Dewey, no Whitehaead to help them!? (2005:51)

Ook hiervoor (hierdie plasma-teorie) is die nuwe soort denke en die ander soort logika nodig waarna reeds verwys is. Die heersende, algemeen aanvaarde denkwyses en logika is ontoereikend en kan selfs rampspoedig wees omdat dit te enkelvoudig, lineêr en eendimensioneel is om uitdrukking aan die komplekse soepelheid (plasma en plastisiteit) van socius en same-lewing te gee.

4.3 Individu en same-lewing

Dit lyk dus nie of die gedagte van die invensie of herinvensie van same-lewing uit die lug gegryp is nie. Die vertrekpunt hiervoor blyk nie ver anders gesoek te word nie as in die idee van die saam-lewe, saam-koms van individue wat veronderstel dat sowel gesamentlikheid as individualiteit saam as komplementerende entiteite bedink behoort te word. Die gedagte van psigiese en kollektiewe individuering wat deur Simondon (2005) ontwikkel is en deur Stiegler et al. (2014) konstruktief verder geneem word, lyk na 'n goeie en selfs miskien die sinvolste vertrekpunt wat as voorwaarde vir die invensie van same-lewing beskou kan word. Dat individu en samelewing mekaar wedersyds impliseer word duidelik deur Dupuy (1989:258) geformuleer: "Die geheel [samelewing] en die elemente [individue] bepaal mekaar wedersyds. Hierdie wedersydse bepaling verklaar die kompleksiteit van lewende wesens." Die proses van psigiese en kollektiewe individuering as die vestiging of verwesenliking van individuele singulariteit verleen die waarborg vir die moontlikheid van same-lewing. Dit geskied deur hersimbolisering wat die omhelsing van taalvolheid insluit, herkapasitering wat denkvermoë-ontwikkeling en woordeskat-uitbouing insluit, asook herspiritualisering deur die stryd vir intelligensie en teen domme beestelikheid, wat gesamentlik verstaan, volwassewording beteken. Die konvergensie van outonomie, singulariteit, kollektiwiteit en affektiwiteit stig volwasse individue.

Hierdie geestelike volwassenheid maak dit moontlik vir individue om liefde, sorgsaamheid, wete-volheid, affektiwiteit en inter-wetenskaplikheid binne die saam-wees van saam-lewende individue te skep. Die ontwikkeling van hierdie vermoëns is die noodsaaklike voorwaarde vir die verwesenliking van same-lewing as taak. Hiersonder ontaard die saam-lewe gewoonlik in ongekende diaboliese vorme van domheid, bestialiteit, barbaarsheid, vernielsugtigheid en uiteindelik katastrofe wat selfs vir die lyers hieraan ook onherkenbaar is. Omdat die afwesigheid van volwasse houdinge, kwaliteite en kapasiteite eerder die reël as die uitsondering is, is same-lewing nie vanselfsprekend nie en kan dit eerder verongeluk en in die wiele gery word. Geweld, bedrog, onbetroubaarheid, wantroue, disaffektiwiteit, ellendigheid van allerlei aard, eiebelang en selfsug, narsissisme vier hoogty en al hierdie sake maak saam-lewe en gemeenskap haas onmoontlik. Hierdie onmoontlike word beskrywe deur die reeds genoemde woorde. Om dit wat hierdie sterk woorde uitspel te bowe te kom en te troef grens aan die onmoontlike, maar is tog nie onhaalbaar nie. (Vgl Castoriades, Guattari, Nancy en Stiegler, maar ook Agamben en Vattimo se pogings). Die groot vraag bly egter: watter roete om te volg? Om hierdie moontlikheid in volwassenheid te verwesenlik is herkapasitering van individue en soveel moontlik individue dringend nodig. Herkapasitering het as ononderhandelbare voorwaarde die feit dat disindividuering en desimbolisering, die aartsvyande van same-lewing en gemeenskap, oorwin moet word deur individuering (psigies-individueel en kollektief).

Ons kan dus nie same-lewing op desimbolisering- en disindividueringstrategieë baseer nie en ook nie op gedisaffekteerde individue wat dit genereer nie. Wat sou die funderingsbeginsel van same-lewing dan wees? Kennis, inligting, verbruiker, digitaliteit. Dit lyk tog nie moontlik dat 'n enkele faset van iets binne same-lewing dit kan fundeer nie. Dit is dan asof dit moontlik vir iemand sou kon wees om sigself aan eie skoenveters op te lig. Same-lewing veronderstel gesamentlikheid, selfs moontlik gemeenskaplikheid. Dit dui op die saam-wees, die saam-leef van mense op 'n hegte manier. Maar wat of wie is saam in same-lewing? Individue, maar geld dit individue sonder meer? Individue is uiteenlopend, het velerlei belangstellinge, voorkeure en vereistes en is nie noodwendig saam nie of wil nie noodwendig saam wees nie. Dit kom neer op samelewing as die saamgooi van mense (individue) binne bepaalde grense wat baie dinge deel sonder om werklik saam te wees, of om saam te wil wees, en die saam-wees te wil ervaar. So 'n situasie dui veel eerder op vreemdheid en vervreemding ondanks allerlei gemeenskaplikhede.

Individue vorm dus nie sonder meer 'n vanselfsprekende, geskikte fundering nie. Individue kan ook vernietig eerder as om saam te voeg. Om as funderingsbeginsel te geld moet individue sekerlik oor sekere kwaliteite beskik wat saam-lewe en deelgenootskap moontlik maak. Die een is destruktief, diabolies en patologies, gedisaffekteerd en geneig tot infantiele ideologismes; die ander is skeppend, inventief, simbolies, noëties en terapeuties, dit wil sê assosiatief, en geneig om met hul volle kapasiteit terapeuties-inventief te wees. Die hele boek van Stiegler (2013b) gee voorbeelde van hoe individue te werk kan gaan om te herkapasiteer met die oog op same-lewingsvestiging: klem word gelê op aandagtigheid, sorgsaamheid, hersimbolisering, geestesekologie, ideologie-kritiese ingesteldheid, stryd teen domheid en barbarisme, taalverwesenliking in skrifting, leeshandelinge, vokabularisering (woordeskatbouing) as geestelike instrumente teen intelligensie-verlies.

Vanweë die uiteenlopende foci van individue is same-lewing en gemeenskap fragiele begrippe wat sinisme by baie ontlok ondanks die feit dat almal daarna verlang. Vir die fundering moet daar gesoek word na mense met singuliere gerigtheid op die terapeutiese eerder as met 'n diaboliese fokus. Slegs assossiatiewe individue wat ook kollektief ge-individueerd is kan so 'n fundering bied. (Kyk Guattari se opmerkings in dié verband). Die volgende bevorderende eienskappe kan geïdentifiseer word: 1. Sorgsaamheid, liefdevolheid, as kerningesteldhede; 2. denkoriëntering as wesens- en synsoriëntering; 3. Sorg vir die self, die ander, die geslagte en die toekoms; 4. Lewensgevoeligheid, die kuns van te lewe te geleer het, dus die wete-om-te-lewe bemeester het, ten spyte van die pyn om te lewe en nogtans die wete te bevorder; 5 Intellektueel-noëtiese fokus teen alle vorme van onkundigheid, domheid, barbaarsheid (almal vernietigers van alle vorme van saam-leef, saam-wees, saamdoen); 6. Geestelike instrumente en die kapasiteit om dit aan te wend: taligheid, skrifting, leeshandeling, woordeskatvorming.

Same-lewing, gemeenskap, is nie vaste en dus statiese konsepte nie - dit is dinamies. Vandaar ook die baie byvoeglike naamwoorde wat in hierdie verband gebruik word: onuitspreeklike, onwerkbare, onteiende, opgebruikte, maar ook die hoopvolle soos die komende, die deursigtige, en koinonia! Wêreld (same-lewing, gemeenskap) individueer sigself deur die individuering van diegene wat daarin lewe. En 'n wêreld (same-lewing, gemeenskap) word 'n on-wêreld (non-same-lewing, non-gemeenskap) wanneer dit 'n struikelblok word vir die individuering van elkeen en almal. Sodanig is ongelukkig die situasie waarin ons lewe. Dit ontlok 'n baie groot lyding, 'n lyding wat al minder en minder draaglik word, en hierdie lyding verwek self weer 'n groot boel domheid, wat op sy beurt weer disindividuering en die lyding daaraan vererger (Stiegler 2013: XI). Hierdie paragraaf kom dan ook uit 'n boek wat deur die outeur gesien word as 'n geestelike instrument wat in die eerste plek gekonsipieer is om domheid te beveg. Wat is 'n same-lewing wat geteister (verswelg) word deur gewelddadige misdaad anders as 'n samelewing van domheid. Dis sy siekte. Gewelddadigheid is nie die eintlike probleem nie. Die eintlike, die ware probleem, volgens Stiegler is lafhartigheid (lacheté, Fr.), die domheid, of lafhartigheid, wat sig wreek op diegene wat gesien word as diegene wat behoort te kan help, om Dupuy se woorde te gebruik. Dupuy (2012) vestig die aandag hierop na aanleiding van die "mimetiese hipotese" van Girard. Dit verklaar volgens hom die ware bron en inspirasie van die eintlike gewelddadige.

Everything arises from this, the idea that our own desires are not our own, that we desire what others tell us by their own desires is desirable. From this it follows that those whom we take as our models automatically become our rivals. Human violence is not the manifestation of innate aggressiveness: it is the result of a peculiar deficiency, a lack of being that inevitably brings us into conflict with those whom we believe will be able to remedy it. (Dupuy 2012:43)

Volgens Girard het ons 'n era van geweld binnegegaan wat met globalisering verband hou en wat hy 'n kulturele "vallei van die dood" noem, wat uiteraard ook 'n vernietiger van same-lewing is.

Die dringendheid om oor same-lewing te besin kan dus kwalik die probleem van die gewelddadige, die groot vernietiger daarvan veral in ons tyd, miskyk. Hier het ons 'n denke van 'n eie vreemde aard. Geweld tref nie slegs individue nie. Ongelukkig is dit waarop ons konsentreer: a, b of c is vermoor en op grond hiervan word die moordenaar betrag. Maar eintlik tref dit die hart van die samelewing en van same-lewing: soveel naby familie en vriende word diep beseer; gemeenskappe, werkplekke, skoolomgewing, institusionele opsette, ensovoorts sidder van die skok. Die pyn is ontsaglik. Same-lewing is aan flarde! Moordenaars moet dit alles vir hulle rekening neem, dog dit gebeur nie. Eintlik is dit 'n aanslag op menswees as sodanig. Hoe leef ons saam met moordenaars wat tussen ons rondbeweeg, ons dophou en hulle kanse afwag. Die verskynsel van geweld het 'n sosiale impak van onnoembare dimensies en afmetinge op die idee van same-lewing en bly steeds op die agtergrond wanneer sogenaamde moordenaars - met ongelooflike simpatie en begrip - voor stok gekry word. Vir moordenaars word "hervorming", soms byna sentimenteel, bepleit, sonder inagneming van die onherroeplikheid van die dood, soms selfs marteldood, van die slagoffers, met die bykomstige aandrang en eis dat die agtergeblewenes moet "vergewe". Dit laat 'n mens dink aan wat Gunther Anders (1980) lank gelede al geskrywe het dat hy die koms van 'n aardse paradys voorsien "inhabited by murderers without malice and victims without hatred". Dit is ons sosiale situasie.

Daar is 'n verwronge sin van liberaliteit heersend wat die verwesenliking van same-lewing probeer manipuleer waarin ons ons tans bevind maar wat ons in 'n penarie laat beland. Daar is 'n oorbeklemtoning van die regte van geweldenaars maar nie dié van die slagoffers nie. So 'n skeeftrekking verheerlik die gedisaffekteerdes met hulle onvermoë om same-lewing te verwesenlik.

Hierop kan geen samelewing gebou word nie. Dit sou daarop neerkom dat Gunther Anders se standpunt tot fondament van same-lewing verhef word. Klaarblyklike onsin.

Individuering (psigies en kollektief) is duidelik 'n besonder belangrike woord in ons bespreking, maar wat presies beteken dit?

Die individu is nie slegs een (eenheid, totaliteit) nie; dit is uniek (uniekheid, singulariteit). Histories gesproke het individualiteit altyd twee gesigte gehad. Aan die een kant is die individu 'n atoom, iets wat nie verdeel kan word sonder om dit dood te maak nie; aan die ander kant is die individu uniek, iets wat nie vervangbaar is nie. Aan die een kant onderskei die individu sigself as totale eenheid teenoor die omgewing; aan die ander kant, onderskei die individu sig as singuliere eenheid teenoor ander individue. Hierdie twee gesigte is versoenbaar in die lig van die onverdeelbare totaliteit van individu en milieu! (Stiegler 2013:403-404)

Vergelyk Simondon (2005) wat individuering in die lig van die nosies "vorm" en "in-form-asie" verduidelik. Hier kom Malabou (2010) se begrip "plastisiteit" goed te pas. Vormgewing aan individualiteit is nie eens en vir altyd gegee nie. Dit is 'n proses wat positief of negatief, konstruktief of destruktief, kan verloop.

In die verhouding tussen individu en same-lewing word die klem duidelik op individuering geplaas as die grondslag of voorwaarde vir sinvolle saam-wees en saamleef. Die volwassewording wat hiermee veronderstel word, manifesteer veral in die verhouding tot taal, wete en herkapasitering of vermoë-ontwikkeling.

4.4 Individuering en taal

Individuering is belangrik omdat disindividuering op verskeie gronde en wyses aan die orde van die dag is en disaffektiewe individue skep. Dit hou weer verband met de-simbolisering en albei hiervan kan direk met taal in verband gebring word. Heel in die algemeen is die verhouding tussen taal en sosialiteit van sentrale belang (Vgl. Stiegler, Crepon, Gadamer) veral in 'n tyd waarin taal slegs as 'n stuk gereedskap ("tool") gesien word. Hieroor skrywe Stiegler (2013b:84-88) dat taal die afgelope tyd so gely het dat dit nie oordrewe sal wees om van "die martelaarskap van taal" of "die mishandeling van taal" te praat nie, soos dit opgedwing word deur die nuwe proses van transindividuering wat deur psigotegnologieë ....wat tegnologieë van die kontrole van transindividuering is, waardeur die sprekers beroof word van hulle vermoë tot spreke soos ook van hulle vermoë om te luister. Insiggewend is dat dit hier gaan om taal en nie oor 'n spesifieke taal nie. Ons leef in 'n tyd van die vernedering, verwoesting, vulgarisering van taal (met verwysing na Frans, Duits en net sowel na enige ander taal). In die hedendaagse opset het taal (ongeag watter taal) vir die gebruikers slegs 'n stuk gereedskap geword. Die wese van taal gaan dus verlore. Terselfdertyd kan taal, só afgewater, maklik as sondebok uitgekryt word sonder om te besef dat daar van die alternatiewe taal eweseer slegs 'n stukkie gereedskap gemaak is en niks meer nie. Die wese van taal gaan dus verlore in hierdie proses. Hierdie meer-taligheid, waardeur almal in alle tale brabbel tot die minimum verstaanbaarheid toe, en wat maklik verwondering afdwing, is nog geen taalwonder nie. Die pleidooie en verdediginge van taal geskied alles in terme van hierdie taal-ideologie waarin elke taal van die wese daarvan beroof word en slegs tot gebruiksmiddel verklaar word. Ons lewe immers in 'n tyd waarin roof en plunder, in watter vorm ook al, aan die orde van die dag is en hoe vindingryker die rooftog hoe slimmer die rower. Rowerskap verdien in ons tyd verheerliking en lofprysing. Wat kan groter lofprysing verdien as dat daar 'n suksesvolle rooftog op en plundery van taal uitgevoer is. Ons lewe in die era van geweld beweer Girard en dit sluit gewis ook die geweld teen taal in.

Met die "martelaarskap van taal" bedoel Stiegler dat dit sekere gevolge het: Dit is waarom die praktyk van taal benaderd, lui (slordig) en in die finale sin diepgaande vulgêr geword het by elkeen van ons - niemand of byna niemand ontsnap aan die druk afkomstig, aan die een kant, van die effekte van dis-individuering en van desimbolisering, ge-induseer deur die ge-dissosieerde milieus, wat sig gekombineer het en aan die ander kant, afkomstig van die effekte van die advertensiewese en die aktiwiteit daarvan van die besitname of besetting van taal deur die kultuur-industrieë (en polities gedrewe ideoloë) nie. (Stiegler 2013:87-88)

Taal het hier slegs 'n stukkie gereedskap geword (teenoor Heidegger (1973) se gedagte van "taal as die huis van die syn" en veral ook "die huis van die waarheid van die syn"), terwyl taal eintlik die proses van kollektiewe individuering is. Taal as gereedskap alleen kan nie same-lewing stig nie, want same-lewing is 'n synsaangeleentheid en hier verloor taal as gereedskap sy krag. "Die poëtiese, retoriese, prosodiese, pragmatiese, ens. effekte van taal versterk die prosesse van transindividuering, dit wil sê, die deelname aan betekenisgewing as gesamentlike aktiwiteit en gemeenskapsbelewing" (Stiegler 2013b:88).

Die advertensiewese misbruik hierdie effekte van taal vir eie gewin en gevolglik belewe ons hierdeur wat Heidegger (1973:32) beskrywe het as "de overal en snel voortwoekerende verwoesting van de taal" sodat die waarheid van die syn en ons nabyheid aan die syn verlore raak en so ook die moontlikheid van same-lewing en gemeenskap. In aansluiting hierby moet verwys word na Jacques Ellul (1985:155-182) se insiggewende studie oor "die vernedering van die spreke" wat eintlik ook neerkom op die vernedering, devaluasie, disintegrasie, haat en minagting van die woord en van taal (twee sake wat Ellul deurgaans aan mekaar verbind). Hy druk dit sterk uit: "We are all aware of the remarkable phenomenon that has left its mark on our era, the disintegration of language in various ways" (Ellul 1985:158). Ons het in wese hier te doen met die verdwyning van een soort denke ter wille van 'n ander soort denke (p159). Ons opvatting van taal bepaal ons denkwyse. Om die rekenaar ter wille te wees moet taal aangepas word: "All the richness and openness to truth [so nodig vir same-lewing] lie precisely in what must be eliminated in order for the computer to understand" (Ellul 1985:161). Om die wetenskap ter wille te wees, stel Ellul (1985:167) die volgende:

Simple ideas are turned into something absolute by the scientific establishment, so as to crush that remainder of language that is not scientific [See Lecercle (1990) on the 'remainder of language']. By this very process ....such ideas become false, in the same now well-known way that pieces of reality do when science makes a fragment of reality its object and thus alters reality and loses its object!

Weer 'n keer word same-lewing wat steun op die "remainder of language" erg skade berokken - onmoontlik gemaak. Hierdie reduktiewe misbruik van taal (Ellul 1985:167) bring dus ook die belangrikheid na vore om te besin oor individuering en wete in die mate waartoe so 'n samevoeging 'n voorwaarde word vir die stigting van same-lewing en gemeenskap.

4.5 Individuering en wete

Ons ly al lank onder die impak van 'n obsessie met reduksionisme, aan onnadenkendheid oor die wese en diepte van kennis en wete. Wat na vore kom in ons besinning oor taal, wat deesdae niks anders as 'n gebruiksvoorwerp geword het nie, manifesteer ook in ons nadenke oor kennis as dat dit niks anders meer is as 'n bestuurbare gebruiksvoorwerp nie. Die diepsinnigheid van wete, van kennis as dat dit sou beteken om 'n mede-geborene te wees ("connaissance", Fr.), as iets wat ver verby die empiriese strek, kom niks tereg nie (Kyk Atlan 1994 hieroor). Individuering, psigies-individueel en kollektief, en prosesse van hersimbolisering en herspiritualisering wat dit vergesel, dwing ons nie net terug na 'n herwaardering van taal as synsvevulling nie, maar ook terug na die fantasieryke, verbeeldingryke, gewetevolle wete van die menslike gees wat ook affektief en assossiatief te werk gaan. Stiegler (2013b:79-83) beklemtoon egter tot watter mate desimbolisering ook lei tot die verlies aan kennis en wete.

Met die ontwikkeling van die inligtingindustrieë, beklemtoon Stiegler (2013b:80), is dit nie net die tale en die simboliese milieus wat gedesimboliseer en gedisindividueer is nie: dit is die wetes (kennisvorme) - gevorm binne hierdie tale en in hierdie milieus as hulle motiewe of beweegredes - wat gereduseer is tot die status van inligtingstelsels en beskou word as volledig outomatiseerbaar en "algoritmiseerbaar" (berekenbaar). In die lig hiervan sou dit nodig wees om hierteenoor die informasionele sisteme eerder te bedink op die basis van dit wat die wetes konstitueer vir sover hulle presies onreduseerbaar tot inligting is. Daar moet onthou word dat kennis (wete) geïndividueer, geleef en geïnkarneer word in die wetenskaplike (die "wetende") en wat slegs dialogies en simbolies te kenne is: inligting is dit wat gehersimboliseer moet word om kennis, of weer kennis (wete), te word. Daar is slegs wete ondersteun deur die weter, maar hierdie weter is self in dialoog met ander weters en dit wat ons wete noem, is dus 'n proses van kollektiewe individuering (Stiegler 2013b:80). As sodanig is kennis (wete) dit wat Canguilhem (2008:19) soos volg beskrywe: "Knowledge ... is one of the ways by which humanity seeks to take control of its destiny and to transform its being into a duty". Dit gebeur natuurlik nie en kan ook nie gebeur nie wanneer kennis tot inligting gereduseer word. Dat wetes informasioneel word deur die reduksie van wetes tot die status van inligting onderwerp dit aan die beperkinge van handelsware. Die vernietiging van die lewe van die gees lei tot die organisering van die ekonomiese funksionering van wetes met die risiko van dit te vernietig as vorme van "rasionele aandagtigheid" (Kyk Stiegler 2013b:79-83).

Die volgende formulering van Stiegler (2010:110) is in hierdie verband volledig gepas.

Understanding appeared only with the advent of writing, which constructed its object as a knowable object, stripped of mystery. But the object of understanding, of knowledge [knowing] can never fully be reduced to this construction: there is an irreducible inadequacy between knowledge and its object; this inadequacy or incompleteness is inscribed at the very heart of the individuation process that is based on a conception of understanding as desiring its object: the object of knowledge is infinite because it is the object of desire. Plato and Aristotle declare that knowledge is not reducible to a technique, a simple mode of production of its object, since the object of knowledge . is also the object of love and desire. It is object-as affect. The true, the just, and the beautiful have an effect on me, transcending my understanding as such: they transform me. This intrinsic transcendence of the understanding by its object is what requires the individuation of 'the one who knows' by what he knows (its object).

Hierdie transformerende individuering maak die pad oop na same-lewing. Canguilhem (2008) se gedagte van antropogenese, dit wil sê menswording en mensvorming, is uiters betekenisvol in die konteks van individuering as volwassewording. Die soort stigtingsproses is nodig in ons soeke na en verwesenliking van same-lewing. Om same-lewing te verwesenlik, is die ononderhandelbare voorwaarde dat dit slegs kan geskied deur individue wat volwaardig kan herkapasiteer.

4.6 Individuering en herkapasitering

Vir die verlewendiging van die taal, vir die verdieping van gewetevolle wete, vir die bestendiging van die samelewing, vir die opskerping van institusionele opsette, vir die vestiging van verrykende same-lewings (gemeenskappe) word mense benodig wat toegerus is met die mees spesiale vermoëns of kapasiteite waaroor slegs mense beskik - nie masjiene nie en ook nie ander hulpbronne nie of allerlei aangeleerde vaardighede nie. Slegs mense word benodig wie se totale kapasiteite (taal, wete, denke, affektiwiteit) tot volwassenheid toe ontwikkel is. Hierdie kapasiteite is oor lang periodes van despiritualisering, ideologisering, manipulering, patronisering en breinspoeling afgetakel tot by die graad-nul van denke. Daarom is drastiese herkapasitering nodig wat sal meebring dat mense, soveel moontlik mense, op hierdie wyse versterk moet word om as demo-dinamiese eenhede (De Beer 2006) te werk aan en in belang van al bogenoemde sake. Waar sou die beste vertrekpunt wees?

Wanneer individue (singulier en kollektief) gesien word as die fundering van die same-lewing moet besef word watter probleem in dié verband bestaan. Ons het in ons soort samelewing (waarin simboliese ellende, disaffeksie en konsumerisme die toon aangee) hoofsaaklik met gedisaffekteerde individue te doen, daartoe gekondisioneer en gemanipuleer deur allerlei ismes (ideologieë) soos kapitalisme, kommunisme, sosialisme, sciëntisme, konsumerisme, rassisme, ensovoorts. Die gedisaffekteerdheid loop onvermydelik uit op domheid, barbaarsheid, vulgariteit, infantiele ideologismes, wraaksugtigheid, kortsigtigheid, rasionaliseringe, vernielsugtigheid en veel meer. Hierdie gedisaffekteerdheid moet hokgeslaan word, want gedisaffekteerde individue het kapasiteite soos taal, vorme van wete, denke, affektiwiteit, aandag, geestelikheid, sorgsaamheid - almal potensiële kapasiteite - individueel en kollektief verloor, wat op sy beurt weer lei tot die genoemde ellendighede.

Daar moet dus 'n herkapasitering van individue ten opsigte van al hierdie sake verwesenlik word vir same-lewing om te gedy. Ivan Illich (1979) het al lank gelede geskrywe oor "die ont-skoling van die samelewing" wat 'n intense pleidooi was dat daar nuut en vars oor hierdie sake gedink moet word ten einde herkapasitering te verwesenlik. Die gesonde same-lewing sou 'n samelewing wees wat bevolk is met assosiatiewe individue. Dit is individue wat blyke gee van geestelike volwassenheid, begripvolle redelikheid, omvattende denkvernuf, waardegevoeligheid, waarheidsgedrewenheid en sinbeheptheid. Hoe word hierdie vermoëns en sensitiwiteite gekweek? Hoe gebeur herkapasitering? Vorming - Bildung - uitgediende, oudmodiese begrippe, wat nie meer gebruik mag word nie vanweë sogenaamde indoktrinasie, is desondanks die antwoord. Intussen gaan indoktrinasie op allerlei ander maniere en in ander terme steeds skaamteloos voort. Voorbeeld: Ons word geïndoktrineer ten opsigte van menseregte terwyl menslike verantwoordelikhede as die noodsaaklike keersy daarvan verontagsaam word en min of meer geen aandag geniet nie. 'n Manifes is veel eerder hiervoor nodig. Die regte van moordenaars is belangriker as hulle verantwoordelikhede ten opsigte van hulle slagoffers. Kapasitering moet dus nie bloot die klem plaas op gevoeligheid vir die regte van mense nie, maar veral ook 'n gevoeligheid vir hulle verantwoordelikhede, veral van diegene wat so graag tot irrasionaliteit toe op hulle regte aanspraak maak.

Waar sou die beste vertrekpunt wees? Vir herkapasitering sou besinning oor en invensie van die mees spesiale menslike vermoëns die voortou moet neem. En hierdie vermoëns is fenomenaal: intelligensie, denke, gees, taal, affektiwiteit, insig. Daar is baie bewyse hiervoor. Selfs die manifestasie van die mag van die diaboliese sou in die omgekeerde staat daarvan duidelik toon waartoe mense in staat is en kan wees. Die herinvensie van menslike spiritualiteit en intelligensie tot die volle dimensies daarvan sou die ondubbelsinnige vertrekpunt wees. Dit behels ook denke en emosie, wil en handeling. Die herinvensie van spiritualiteit (Stiegler), singulariteit (Guattari), verbeelding (Castoriades), fantasma (Deleuze) alles saamgevoeg en gefokus op inventiewe denke en vermoëns (Serres). Dus die herinvensie van dít in die mens wat die bron is van demodinamiek - die krag van die individu om nuwe leefbaarder wêrelde en gesonder samelewings te skep. Lecourt (2003:48) skrywe oor "die normatiewe inventiwiteit" waardeur mense hulle volle deugdelikheid moet herwin wat ons hiertoe in staat stel en Stiegler (2013 a) beaam dit ondubbelsinnig.

Daar is nie 'n toekoms vir same-lewing, gemeenskap en die gedagte van 'n gesonde samelewing buite om die omvattende proses van die herkapasitering van alle individue ten opsigte van alle domeine nie. Herkapasitering is 'n mobilisering van die geesteskragte van volwasse outonome individue, en soveel moontlik van hulle, vir alle terreine. Slegs hierdie beweging van herkapasitering is die draer van 'n ware alternatief op gebiede van onderwys, industrie, ekonomie, sosialiteit, kennis, kultuur, politiek, gesondheid en etiek. Dit is waarom dit aan die publieke krag van individue sy perspektief van gesamentlikheid moet gee en hierdie krag, nie mag nie, oor alle registers moet ontwikkel (Kyk Stiegler 2013b:326-344 vir 'n bespreking van hierdie gebiede of domeine).

 

5. SLOT: DEMO-DINAMIESE SAMELEWING

Vir hierdie herkapasitering is sekere voorwaardes ononderhandelbaar want dit kan slegs op die volgende rus: herinvensie van menslike geestelikheid; die krag van hersimbolisering; die omhelsing van volwaardige en volle taalkundigheid; en die kultivering van sorgsaamheid en liefde (affektiwiteit). Die beoefening hiervan maak die verwesenliking van herkapasitering moontlik en as sodanig vorm dit die hoeksteen van same-lewing/gemeenskap. Hierin bestaan die ware krag van same-lewing en maak die wete-om-te-lewe 'n ryk werklikheid.

Die tegniese wesens wat ons is, is gestruktureer deur epimetheia (gedagtevolheid); hulle is gepolariseer deur die teenstrydige neigings wat maak dat hulle terselfdertyd neig na domheid en laat wil om hulle te verhef - die twee tye van epimetheia as ervaring. Die groot historiese persoonlikhede [dit kan ons elkeen wees] is diegene wat weet hoe om die verheffing tot hierdie farmakologiese wesens te maak begeer (Stiegler 2013b:334). Die "ander" trek hulle meer dikwels af na middelmatigheid - dit wat hulle by tye selfs na vulgariteit (barbaarsheid ("baseness")) lei. Elk van ons leef permanent deur hierdie geneigdhede wat, in sig teensprekend, van ons dinamiese sisteme maak in metastabiele ewewigtigheid (min of meer bewegend tussen ekwilibrium en disekwilibrium) (Stiegler 2013b:332). Vergelyk hiermee die gedagte van demodinamiek (De Beer 2006).

Aan die een kant wil ons dit wat is, bewaar; aan die ander kant wil ons dit wat is, te bowe gaan: die onderhandeling waarin die sosiale lewe bestaan, geniet ons in ons-self en met ons-self. (Kyk Manifesto 2010 van Ars vir die volgende: Hierdie "ons-self" is dit wat sig produseer in die skoot van die "ons-andere-verhouding": binne en met die groepe, tussen hierdie andere, waarbinne elk van ons lewe en word - oor hierdie subjek gaan dit in die individuering) (Kyk Stiegler et al. 2014:17-28).

Die demo-dinamiese individu is die singuliere, psigies en kollektief geïndividueerde individu - die volwasse-gewordene. Vir diegene gaan dit nie om hul bloot aan te pas nie [dit wil sê om die onderwerping aan 'n bepaalde ideologie nie] of om weerstand te bied nie, maar wel om aan te neem [wat op bewese wyse die beste is] en daardeur te inventeer" (Stiegler 2013b:340), dit wil sê, nuwe en beter wêrelde, same-lewings, gemeenskappe te skep.

 

BIBLIOGRAFIE

Agamben, G. 2009. The coming community. Minneapolis: University of Minnesota Press.         [ Links ]

Anders, G. 1980. Die Antiquiertheit des Menschen (2 vols). München: Beck.         [ Links ]

Atlan, H. 1994. A tort et ä raison: intercritique de la science et du mythe. Paris: Seuil.         [ Links ]

Baumann, Z. 2007. Consuming life. Cambridge: Polity Press.         [ Links ]

Blanchot, M.1988. The unavowable community. Barrytown, NY: Station Hill Press.         [ Links ]

Canguilhem, G. 2008. Knowledge of Life. New York: Fordham University Press.         [ Links ]

Castoriades, C. 2007. Figures of the thinkable. Stanford: Stanford University Press.         [ Links ]

De Beer, C.S. 2006. Demokrasie of demodinamiek, of, die internet en demokrasie. Tydskrif vir geesteswetenskappe, 46(2):159-170.         [ Links ]

Derrida, J. 1981. Positions. Chicago: The University of Chicago Press.         [ Links ]

Dupuy, J-P. 1989. L'autonomie du social, in Encyclopedie philosophique universelle: 1. L'univers philosophique, onder redaksie van André Jacob. Parys: PUF.         [ Links ]

Dupuy, J-P. 2002. Avions-nous oublié le mal? Penser la politique après le 11 Septembre. Paris: Bayard.         [ Links ]

Dupuy, J-P. 2013. The mark of the sacred. Stanford: Stanford University Press.         [ Links ]

Guattari, F. 1995 Chaosmosis: an ethico-aesthetic paradigm. Bloomington: Indiana University Press.         [ Links ]

Guattari, F. 2012. The three ecologies. London: Continuum.         [ Links ]

Heidegger, M.1973. Brief over het humanisme. Tielt: Uitgeverij Lannoo.         [ Links ]

Heidegger, M. 1983. De tijd van het wereldbeeld. Tielt: Uitgeverij Lannoo.         [ Links ]

Illich, I. 1979. De-schooling society. Harmondsworth: Penguin Books.         [ Links ]

Janicaud, D. 2005. On the human condition. London: Routledge.         [ Links ]

Lecercle, J-J. 1990. The violence of language. London: Routledge.         [ Links ]

Lecourt, D. 2003. Humain, post-humain. Paris: PUF.         [ Links ]

Lévy, P. 1997. Collective intelligence: mankind's emerging world in cyberspace. New York: Plenum Trade.         [ Links ]

Malabou, C. 2010. Plasticity at the dawn of writing. New York: Columbia University Press.         [ Links ]

Nancy, J-L. 1991. The inoperative community. Minneapolis: University of Minnesota Press.         [ Links ]

Nancy, J-L. 1996. Être singulier pluriel. Paris: Galilée.         [ Links ]

Nancy, J-L. 2001. La Communauté affrontée. Paris: Galilée.         [ Links ]

Nancy, J-L. 2014. La communauté désavouée. Paris: Galilée.         [ Links ]

Serres, M. 2007. The parasite. Minneapolis: University of Minnesota Press.         [ Links ]

Serres, M. & Latour, B. 1995. Conversations on science, culture, and time. Ann Arbor: University of Michigan Press.         [ Links ]

Simondon, G. 2005. L'Individuation à la lumière des notions de forme et d'information. Grenoble: Éditions Jérôme Millon.         [ Links ]

Stiegler, B. 2009. Acting out. Stanford: Stanford University Press.         [ Links ]

Stiegler, B. 2010. Taking care of youth and the generations. Stanford: Stanford University Press.         [ Links ]

Stiegler, B. 2013a. What makes life worth living: On pharmacology. Cambridge: Polity Press.         [ Links ]

Stiegler, B. 2013b. Pharmacologie du Front national. Paris: Flammarion        [ Links ]

Stiegler, B. 2013c. Disbelief and discredit, Volume 2: Uncontrollable societies and disaffected individuals. Cambridge: Polity Press.         [ Links ]

Stiegler, B. 2014. Symbolic misery: the hyperindustrial epoch. Cambridge: Polity Press.         [ Links ]

Stiegler, B & Ars Industrialis. 2014. The re-enchantment of the world: the value of spirit against industrial populism. London: Bloomsbury Press.         [ Links ]

Vattimo, G. 1992. The transparent society. Cambridge: Polity Press.         [ Links ]

 

 

 

C S (Fanie) de Beer is Emeritus Professor van die Departement Inligtingkunde, Universiteit van Suid-Afrika en is tans Buitengewone Professor in Inligtingkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy het gegradueer in Landbou en Filosofie (doktorale werk) aan die Universiteite van Pretoria en Parys X, Nanterre, Frankryk, onderskeidelik. Hy het Inligtingkunde, Wysbegeerte en Kommunikasiekunde aan verskillende universiteite doseer, navorsing op al hierdie gebiede en verwante subgebiede onderneem, daaroor gepubliseer en konsultasiewerk gedoen oor kennisskepping, -benutting, en -disseminasie. Onder sy publikasies tot op datum tel 6 boeke (as outeur), 5 boeke (as redakteur), 95 wetenskaplike artikels en verskeie navorsingsverslae. Hy doen tans ekstensief navorsing en publiseer oor die volgende temas: die Filosofie en teorie van inligting in die wydste sin van die woord, met besondere klem op die individuele en sosiale implikasies van inligting; navorsings-metodologiese uitdagings; filosofieë en teorieë van tegniek en tegnologie; kennisinvensie, -disseminasie, -benutting en -bestuur; lees- en interpretasieteorieë en die bestaande geletterd-heidsnood; en oor die her-invensie van menslike spiritualiteit, noölogie en die gees van ons tyd.
C S (Fanie) de Beer is Professor Emeritus of the Department of Information Science, University of South Africa and is currently Extraordinary Professor of Information Science at the University of Pretoria. He graduated in Agriculture and Philosophy (doctoral work) at the University of Pretoria and Paris X, Nanterre, France, respectively. He taught Information Science, Communications, and Philosophy, undertook research in all these disciplines and related sub-disciplines and was involved in consultation work in the area of knowledge utilization and information dissemination. To date he has published 6 books (as author), 5 books (as editor), 95 scientific articles, and a number of research reports. He is currently extensively engaged in research and publishes on the following themes: the philosophy and theory of Information in the widest possible sense, with special emphasis on the individual and social implications of information; research-methodological challenges; philosophies and theories of technics and technology; knowledge invention, dissemination, utilization and management; reading and interpretation theories and the existing literacy needs; and on the re-invention of human spirituality, noology and the spirit of our age.
* Tensy anders vermeld, is alle vertalings my eie.

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons