SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue2Aan die and besig in Afrikaans progressive construction: A corpus investigation (2)The effect of an animal-assisted reading programme on word recognition and spelling skills of grade 3 children author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912

Tydskr. geesteswet. vol.55 n.2 Pretoria Jun. 2015

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N2A8 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS

 

Die Suid-Afrikaanse Vloot se sogenaamde omstrede nuwe fregatte: Hulle eerste dekade van diens, 2004-2014

 

The South African Navy's so-called controversial new frigates: Their first decade of service, 2004-2014

 

 

André Wessels

Departement Geskiedenis Universiteit van die Vrystaat E-pos: wesselsa@ufs.ac.za

 

 


OPSOMMING

Nie baie Suid-Afrikaners waardeer die feit dat Suid-Afrika 'n seemoondheid is nie. Gevolglik is vlootgeskiedenis 'n verwaarloosde onderwerp. Toe die Suid-Afrikaanse regering in 1998 aangekondig het dat - as deel van 'n omvattende wapenpakket - onder meer vier nuwe fregatte vir die Suid-Afrikaanse (SA) Vloot aangekoop gaan word, was daar diegene wat die sinvolheid daarvan bevraagteken het. In hierdie artikel word die rol wat die vier Valour-klas-fregatte in die eerste dekade van hul bestaansgeskiedenis (2004-2014) gespeel het, onder die loep geneem en ontleed. Vrae wat aan die orde gestel word, sluit in: Was die besluit om Duitse Meko A-200-fregatte aan te koop geregverdig en die regte keuse? Was die aankoop van die fregatte dus werklik 'n omstrede besluit? Watter funksies het die skepe die afgelope tien jaar in diens van die SA Vloot vervul? Die rol wat die vier Valour-klas-fregatte tydens vlootoefeninge in Suid-Afrikaanse waters met skepe van ander lande gespeel het, word bespreek, soos ook die besoeke van die SA Vlootfregatte aan Suid-Afrikaanse hawens (as deel van die Vloot se plaaslike openbare skakel- en uitreikaksies). Heelwat aandag word aan die fregatte se rol as grys diplomate gewy; met ander woorde, wanneer hulle op buitelandse vlagvertoonvaarte die land oorsee verteenwoordig ten einde bestaande diplomatieke betrekkinge uit te bou of nuwe bande te help smee - en tegelyk ook aan skeepsmaneuvers oorsee deel te neem. Hulle rol tydens teen-seerowerpatrollies in die Mosambiek-kanaal en in soek-en-reddingsaksies word ook belig. Die artikel dui ten slotte aan dat, alles in ag genome, die SA Vloot se nuwe fregatte (en dus ook hul bemannings) hulle in die jare 2004-2014 besonder goed van hul taak gekwyt het en dat die Vloot dit nie kan bekostig om nie oor fregatte te beskik nie.

Trefwoorde: Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag; Suid-Afrikaanse Vloot; oorlogskepe; fregatte; geskiedenis; wapentransaksie; vlootdiplomasie; grys diplomate; transformasie; post-1994 Suid-Afrika


ABSTRACT

Not many South Africans appreciate the fact that South Africa is a maritime country. Consequently, it is no surprise that naval history, including the history of the South African (SA) Navy, is a neglected topic, especially in academic circles. And when, in 1998, the South African government decided to approve an arms package (arms deal) for the South African National Defence Force (SANDF) - which included the acquisition of three submarines and four frigates for the SA Navy - many people questioned the need for new weaponry. The allegations of irregularities and corruption with regard to the arms deal, have added fuel to the fire, and the official enquiry continues to this day (2015). This article focuses on the history of the four "Valour" class frigates that were acquired by the SA Navy as part of the arms deal. Proceeding from the assumption that a littoral country, such as South Africa, with a coastline of some 2 800 km, and with the strategic Cape sea-route on its doorstep, should at least have four frigates in its navy, the purpose of this article is to provide a review and an analysis of the first ten years of service (i.e. from 2004 to 2014) of the "Valour" class frigates in the SA Navy. The acquisition of these four frigates is placed in historical perspective by briefly looking at the history of South Africa's naval forces and the role frigates have played in its past, followed by a discussion of the rationale behind the decision to order four German-designed Meko A-200frigates. Some of the questions that are posed (and discussed), include the following: To what extent have the "Valour" class frigates enabled the SA Navy to take its diplomatic role to another level of excellence? What other functions have these frigates fulfilled in the first decade of their existence? How successful have the ships been in the SA Navy service? Was the acquisition of the frigates really as controversial as some commentators would have it? South Africa's naval forces were established in 1922, but the country acquired its first frigates (three British "Loch" class ships) as late as 1944-1945; i.e. shortly before the end of the Second World War. They were followed by the acquisition of a single British Type 15 frigate (SAS Vrystaat) in 1956. These frigates served the SA Navy with distinction until the early 1960s, when they were replaced by three modern British-built Type 12 frigates. The last Type 12 frigate was withdrawn from service in 1985, and for the next two decades, the SA Navy had to make do without the services of frigate-size combat vessels. Since the late 1960s there have been several attempts to acquire new frigates, but South Africa's growing international isolation (a result of the South African government's policy of apartheid), put paid to all these efforts. However, the dawning of the new truly democratic South Africa in 1994, opened up many new opportunities for the country, including the possibility of buying military hardware abroad. In 1999 a contract was signed with a consortium to build four ultra-modern Meko A-200 frigates for the SA Navy. The ships were laid down at two German shipyards in 2001-2002, launched in 2002-2003, and arrived in Simon's Town in 2003-2004, where their combat suites and weaponry were fitted. Eventually, in 2006-2007, all four ships were commissioned as fully-operational frigates of the SA Navy. Even before being formally commissioned, the ships visited South African ports so that the public could see for themselves on what their income-tax money had been spent and soon the ships would take part in many other activities. In South African waters, the "Valour" class frigates have taken part in joint exercises with visiting warships from countries such as Brazil, Argentina, Uruguay, India, the United States of America and France. As grey diplomats, the SA Navy frigates have also been deployed on several flag-showing cruises, which have taken them to many countries, including those in Africa, in South America and in the Far East (for example the People's Republic of China and Vietnam), as well as the United Kingdom. While showing the flag abroad, the ships have also taken part in joint naval exercises. Since the beginning of 2011 all four of the "Valour" class frigates have also taken turns to participate in counter-piracy patrols in the Mozambique Channel (Operation Copper). From time to time, the ships have fulfilled ceremonial functions (for example in fleet reviews), taken part in search-and-rescue operations, and acted as guardships during the 2010 FIFA World Cup Soccer Tournament. This article clearly indicates that, notwithstanding the controversies surrounding the acquisition process, the SA Navy's four "Valour" class frigates have served the Navy, as well as the SANDF, the country and its people, very well in the years 2004-2014. Thanks to the dedication and professionalism of their commanding officers and crews, they have indeed lived up to expectations. With these frigates in its inventory, the SA Navy has regained its blue-water status, can project power as never before, and can take part in naval exercises with pride and confidence. The SA Navy cannot afford not to have these ships.

Key words: South African National Defence Force; South African Navy; warships; frigates; history; arms deal; naval diplomacy; grey diplomats; transformation; post-1994 South Africa


 

 

1. INLEIDING1

Deur die eeue heen was (en is) die politiek en strategie van seemag van deurslaggewende belang vir lande wat aan oseane grens, en het seemag ook groot invloed op die wêreld se geskiedenis uitgeoefen.2 By 'n groot deel van die Suid-Afrikaanse publiek is daar 'n landgebonde kultuur en ingesteldheid ('n "landrot-mentaliteit") en gevolglik is daar nie altyd begrip vir die feit dat Suid-Afrika eintlik 'n seemoondheid is nie. Baie van die gebeure in Suid-Afrika se veelbewoë geskiedenis is immers bepaal deur magstryde tussen koloniale moondhede oor die beheer van die oseane, en deur die feit dat Suid-Afrika as politieke entiteit as't ware gebore is uit die wedywering tussen Nederland, Brittanje en Frankryk (seevarende moondhede) om beheer oor die wêreld se vernaamste handelsroetes (en dus ook oor die Kaapse seeroete, een van die wêreld se mees strategiese seewurgpunte) te neem.3

Dit is dus ook geen wonder nie - hoewel jammer - dat Suid-Afrikaanse vlootgeskiedenis 'n verwaarloosde onderwerp in akademiese kringe is. In die loop van die afgelope vyftig jaar, het slegs enkele boeke oor die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse (SA) Vloot verskyn, en dié wat wel die lig gesien het, is meesal van 'n populêr-wetenskaplike aard.4 Dit is egter nie net in die literatuur waar die SA Vloot afgeskeep word nie; die Vloot was vir baie dekades ook die stiefkind van Suid-Afrika se gewapende magte. Die Vloot was en is die kleinste van die arms van die Unie-Verdedigingsmag (soos die land se gewapende magte tot 1957 bekend gestaan het), die Suid-Afrikaanse Weermag (1957-1994) en die huidige (post-1994) Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW). Feitlik deurgaans het die SA Vloot ook die kleinste deel van die verdedigingsbegroting ontvang.5 Ten einde die agteruitgang van die SA Vloot te stuit (kyk onderafdelings 2 en 3, infra, vir meer besonderhede), het die nuwe post-1994-regering besluit om - as deel van 'n redelike omvattende en duur wapenpakket - drie nuwe duikbote en vier nuwe fregatte aan te skaf. Hierdie wapenpakket was gou in omstredenheid gedompel.

In hierdie artikel word die fokus op die eerste tien jaar (2004-2014) in die geskiedenis van die SA Vloot se vier nuwe Valour-klas-fregatte geplaas. Uitgaande van die standpunt dat gegewe Suid-Afrika se strategiese posisie (byvoorbeeld as beskermer van die Kaapse seeroete), 'n litorale land soos Suid-Afrika oor 'n blouwaterkapasiteit en dus oor ten minste vier fregatgrootte oorlogskepe behoort te beskik, is dit die doel van hierdie artikel om, onder meer, die aanskaf van die fregatte in historiese perspektief te plaas (kyk onderafdeling 2), te let op die wyse waarop en waarom op die Duitse Meko A-200-skepe besluit is (onderafdeling 3), 'n oorsig te verskaf van die rol wat dié fregatte in die loop van die eerste tien jaar van hulle bestaan in belang van sowel die SA Vloot as die land as geheel gespeel het (onderafdeling 4), en ten slotte hierdie rol te ontleed en te evalueer (onderafdeling 5). Vrae wat aan die orde sal kom, sluit in: Het die SA Vloot werklik die behoefte aan hierdie spesifieke tipe fregatte? Was die Meko A-200 dus die regte keuse? In welke mate het die nuwe fregatte (as grys diplomate) die SA Vloot se diplomatieke rol na 'n ander vlak geneem? Watter ander funksies het die Valour-klas-skepe in die jare 2004 tot 2014 vervul en hoe suksesvol is dit gedoen? Was die aankoop van die fregatte werklik omstrede?

In die lig van die eietydse historiese aard van die tema wat in hierdie artikel onder die loep geneem word, is bronne redelik beperk. Ten einde die fregatgeskiedenis te herstruktureer, is die navorser veral aangewese op nuusberigte soos wat dit in die media (veral koerante, radio en televisie) verskyn. Die SA Vloot se amptelike tydskrif, Navy News, is ook 'n waardevolle bron van inligting. Al die geraadpleegde bronne is vryelik beskikbaar en in die openbare sfeer -insluitende die SANW se amptelike inligtingskanale.6

Vir die doeleindes van hierdie studie word die periode wat beskryf en ontleed word vanaf 17 September 2004 (toe die laaste van die vier nuwe fregatte in Simonstad aangekom het) tot ongeveer 17 September 2014 (dus tien jaar later) geneem.

 

2. HISTORIESE AGTERGROND

Hoewel die Unie van Suid-Afrika se Unie-Verdedigingsmagte (UVM)7 op 1 Julie 1912 tot stand gekom het, was daar aanvanklik geen militêre vloot nie. Hoewel die Suid-Afrikaanse Seediens (SASD) op 1 April 1922 gestig is, is die land se seewaartse verdediging tot 1940 deur die Britse Royal Navy (RN) behartig. Die SASD het slegs oor een klein hidrografiese opmetingskip en twee (nog kleiner) mynveegtreilers beskik, maar as gevolg van finansiële oorwegings - wat met die Groot Depressie verband gehou het - is hierdie skepe in 1933-1934 aan diens onttrek. Toe die Tweede Wereldoorlog in 1939 uitbreek, was die SASD dus eintlik net 'n seemag in naam, met slegs twee offisiere en drie ander matrose, maar uiteraard geen skepe nie.8

Tydens die Tweede Wereldoorlog is 133 geallieerde handelsvaartuie binne 1 000 seemyl (1 852 km) vanaf die Suid-Afrikaanse kus deur vyandelike duikbote gekelder, soos ook 20 handelskepe deur Duitse kaperskepe, en twee deur seemyne. Slegs drie vyandelike duikbote is binne 1 000 seemyl van die Suid-Afrikaanse kus vernietig. Aanvanklik was Suid-Afrika steeds van die RN afhanklik vir seewaartse beskerming, maar met verloop van tyd het die Suid-Afrikaanse Verdedigingsmag Ter See (wat die plek van die SASD ingeneem het) 'n al groter rol ten opsigte van die patrollering van die Suid-Afrikaanse kuswaters gespeel. Dié werk is deur die Suid-Afrikaanse Seemag (SASM) voortgesit toe dié mag op 1 Augustus 1942 tot stand gekom het danksy die samesmelting van die Verdedigingsmag Ter See en die Suid-Afrikaanse afdeling van die Royal Naval Volunteer Reserve. Vir die grootste deel van die oorlog het Suid-Afrika se seemagte van vistreilers en walvisjagters, wat in mynveërs en duikbootjagters omskep is, gebruik gemaak.9

Eers kort voor die einde van die oorlog, het die SASM sy eerste redelike groot oorlogskepe van Brittanje bekom, naamlik die Loch-klas-fregatte Good Hope (9 November 1944 in diens gestel), Natal (1 Maart 1945) en Transvaal (14 Mei 1945). Hulle het vir 'n dekade lank die ruggraat van die SASM en die SA Vloot (laasgenoemde die benaming vanaf 1 Januarie 1951) gevorm. Nadat die Nasionale Party (NP) in 1948 aan bewind gekom het, wou hy die land militêr en andersins meer onafhanklik maak. Gevolglik is die Simonstadse ooreenkoms met Brittanje gesluit, met een van die bepalings dat die Simonstadvlootbasis (wat nog altyd onder RN-beheer was) aan Suid-Afrika oorgedra word - wat toe ook op 1 April 1957 gebeur het. 'n Verdere bepaling was dat die SA Vloot 'n hele aantal bykomende oorlogskepe van Brittanje sou koop. Een van hulle was 'n Tipe 15-fregat, SAS Vrystaat, wat op 29 November 1956 deur die SA Vloot in diens gestel is.10 Na aanleiding van die Simonstadse ooreenkoms is drie nuwe Tipe 12-duikbootjagfregatte vir die SA Vloot in Brittanje gebou: SAS President Kruger (op 3 Oktober 1962 in diens gestel), SAS President Steyn (8 April 1963) en SAS President Pretorius (18 Maart 1964). Hierdie nuwe fregatte het voortgebou op die goeie werk wat die ouer fregatte (en torpedojaers) in en vir die SA Vloot gedoen het, naamlik om die Suid-Afrikaanse vlag in die buiteland te vertoon, aan vlootoefeninge met besoekende oorlogskepe deel te neem, noodlenigings- en ander humanitêre hulpvaarte te onderneem, en ook vanaf 1975 (tydens die Namibiese Vryheidsoorlog) operasionele vaarte langs die kus van Suidwes-Afrika (vandag Namibië) en Angola te onderneem.11

In die lig van die NP se beleid van afsonderlike ontwikkeling (apartheid) het Suid-Afrika veral vanaf die 1960's al hoe meer internasionaal geïsoleerd geraak; iets wat met verloop van tyd ook vir die land se weermag (en in besonder die Vloot) negatiewe gevolge ingehou het. Op 4 November 1977 het die Verenigde Nasies (VN) 'n verpligte wapenboikot teen die land ingestel wat beteken het dat die twee ligte fregatte en twee duikbote, wat in Frankryk vir die Vloot gebou is, nie afgelewer is nie.12 Die SA Vloot het weldra die klem op kus- en haweverdediging laat val, en in 1985 is die Vloot se laaste fregat aan diens onttrek. 'n Projek om plaaslik vier Spaans-ontwerpte fregatte te bou, is weens te hoë koste in 1991 gekanselleer. Pogings om vanaf 1990 tweedehandse fregatte van die Verenigde State van Amerika (VSA) of Nederland te bekom, is om verskeie redes laat vaar. Selfs nog voordat die VN se wapenboikot op 25 Mei 1994 opgehef is, is nie minder nie as 42 opsies van ontwerpe vir fregatte of korvette van skeepsbouers in sewentien lande oorweeg.13

 

3. NUWE FREGATTE VIR DIE NUWE SUID-AFRIKA

Op 27 April 1994 het Suid-Afrika se eerste volwaardige demokratiese verkiesing plaasgevind,14 en op 10 Mei 1994 is Nelson Mandela as die land se eerste swart staatspresident ingehuldig.15 Om middernag, 26-27 April 1994, het die naam van die land se gewapende magte van Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) na Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) verander.16 Suid-Afrika se gewapende magte is sedert 1989, en die Vloot reeds sedert 1985, geweldig afgeskaal. In 1994 was die Vloot steeds 'n 24-romp mag (drie duikbote, nege aanvalsvaartuie, vier mynveërs, vier mynjagters en vier ondersteuningsvaartuie)17 met klein skepe en duikbote wat aan't verouder was. Hierbo is ook reeds aangedui hoedat daar vóór 1994 gepoog is om nuwe skepe (en duikbote) vir die Vloot te bekom, maar sonder enige sukses. Dit was een van die nuwe regering se prioriteite om veral die SA Vloot en Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) van nuwe toerusting te voorsien, maar dít moes teen die geregverdigde eise om (eerder) die klem op ekonomiese ontwikkeling, werkskepping en sosiale opheffing te plaas, opgeweeg word.

Wat die aanskaf van nuwe fregatte of korvette betref, is sedert 1994 verskillende opsies oorweeg. 'n Spaanse ontwerp was in 1995 die voorkeurkeuse, maar die proses is verder gevoer met Duitse, Britse, Spaanse en Franse voorleggings wat uiteindelik op die finale kortlys was.18 Intussen is ook 'n omvattende verdedigingsoorsig voltooi (1998) waarin die aanskaffing van vier fregatte of korvette aanbeveel is.19

Na vele onderhandelinge, is op 18 November 1998 aangekondig dat pres. Nelson Mandela se kabinet besluit het om 'n wapenpakket, wat (destyds) R30,4 miljard beloop het, goed te keur ten einde die SANW te moderniseer. Afgesien van 24 Hawk-opleidingstralers, 28 (later net 26) Gripen-stralers en 30 Agusta ligte helikopters, sou ook drie Tipe 209/1400 MOD(SA)-duikbote en vier Meko A-200-fregatte aangekoop word, en met verloop van tyd ook vier Britse Agusta-Westland Super Lynx 300-duikbootjaghelikopters. Hoewel hierdie helikopters aan boord van die fregatte ontplooi word, behoort hulle aan die SALM en word SALM-lede dus saam met hul helikopters aan boord van SA Vlootskepe ontplooi. Ten einde die aankoop van redelike groot oorlogskepe te regverdig en polities meer aanvaarbaar te maak, is aanvanklik na die fregatte as "patrolliekorvette" verwys.20

In die lig van die rasionalisering waaraan die weermag, en in besonder die Vloot, in die voorafgaande dekade en langer onderworpe was, was die wapenpakket 'n tydige noodboei, maar die pakket was van meet af - en toenemend - aan felle kritiek onderworpe. Die hoë koste verbonde aan die wapenpakket is gekritiseer (afhangende van die Rand se wisselkoers, het dit tot meer as R60 miljard gestyg), die tenderprosedure is bevraagteken, en daar was beweringe van onreëlmatighede in die wapenverkrygingsproses. Die geregtelike ondersoek na die wapentransaksie duur tans (2015) steeds voort.21

Op 3 Desember 1999 is kontrakte vir die bou van die vier meerdoelige fregatte met die European South African Corvette Consortium gesluit (die opsie vir 'n vyfde fregat is nie opgeneem nie). Die oorspronklike totale koste vir die vier skepe het ongeveer R5,5 miljard beloop. Die Meko A-200-fregatte was tien jaar gelede die mees moderne en gesofistikeerde fregatte ter wêreld. Hul vaartbelynde rompe maak hulle feitlik "onsigbaar" vir radar. Die skepe - die grootste fregatte en grootste gevegskepe tot nog toe in diens van die SA Vloot - is 121 m lank, 16,4 m breed en het 'n diepgang van 6,2 m. Hulle volvragverplasing is 3 648 ton. Die CODAG-WARP (Combined Diesel and Gas Turbine - Waterjet And Refined Propellers) aandrywing is rewolusionêr: een GE LM 2 500-gasturbine, twee MTU 16V-dieselenjins en een LIPS LJ 210E-waterstraler (die wêreld se eerste groot oorlogskepe wat waterstraalaandrywing het), wat aan die skip 'n topsnelheid van ten minste 28 knope gee. Die skip se reikafstand is ten minste 7 700 seemyl (teen 15 knope). Die bemanning bestaan uit ongeveer 120 personeel - van meet af 'n meerderheid swart personeel, naas wit, bruin en Asiër personeel, en ook insluitende 'n aantal vroue. Daar is hospitaal- en opleidingsfasiliteite aan boord, bykomende verblyf vir spesiale magte en ruimte om vlugtelinge of mense, wat uit noodsituasies gered is, vir kort periodes aan boord te huisves. Die bewapening bestaan uit een enkelloop Oto Melara 76 mm-kanon op die voordek; een plaaslik-ontwerpte en -vervaardigde LIW dubbelloop 35 mm-kanon op die dak van die helikopterloods; 'n enkelloop 20 mm-kanon op elk van die brugvleuels; agt Exocet MM40 Block 2 oppervlak-tot-oppervlak-missiele (midskeeps); en sestien Denel Umkhonto-lugafweermissiele (met plek vir nog sestien) tussen die 76 mm-kanon en die beheerstruktuur. Elke skip het ook twee Super Barricade-lanseerders (plaaslik ontwerp en vervaardig) vir missielafwering. Daar is ook plek vir vier enkelloop 12,7 mm- of 7,62 mm-masjiengewere, terwyl twee afstandbeheerde 12,7 mm-masjiengewere met verloop van tyd midskeeps geïnstalleer is. Daar is ook ruimte vir die installering van teenduikboot-torpedobuise. Sonar is reeds geïnstalleer. Die skepe is dus in staat om tegelyk teikens op die see-oppervlak, onderwater, asook in die lug op te spoor en onskadelik te stel. Die helikopterloods kan twee Lynx-helikopters huisves, of alternatiewelik een Lynx- en twee onbemande vliegtuie, of een Oryx-helikopter, of een Rooivalk-aanvalshelikopter. Die wapentuig en gevegsuites is eers ná die skepe se aankoms in Simonstad geïnstalleer.22

 

4. DIE VALOUR-KLAS-FREGATTE IN DIENS VAN DIE SA VLOOT, 2004-2014

Gewoonlik word 'n oorlogskip volledig met wapenstelsels en dies meer in die skeepswerf waar dit gebou is, toegerus en amptelik in diens gestel voordat die skip op sy afleweringsvaart vertrek. Aangesien die Valour-klas-vaartuie eers ná hul aankoms in Simonstad volledig toegerus en later amptelik in kommissie (in diens) gestel sou word, het hulle sonder enige wapentuig vanuit Duitsland na Suid-Afrika vertrek. Die wapenstelsels en gevegsuites is eers na die skepe se aankoms in Suid-Afrika aangebring, en wel deur TNA - 'n gesamentlike onderneming van Thales Naval France en African Defence Systems. 'n Beduidende gedeelte van hierdie toerusting is plaaslik in Suid-Afrika ontwerp en vervaardig. Die Amatola (wimpelnommer F145 en vernoem na die bergagtige gebied in die Oos-Kaap waar talle gevegte in die 17de-19de eeu plaasgevind het) is op 2 Augustus 2001 by die Duitse skeepswerf van Blohm+Voss in Hamburg neergelê, op 6 Junie 2002 te water gelaat, en het op 15 Oktober 2003 onder bevel van kapt. Guy Jamieson vanuit Wilhelmshaven vertrek en oor Brest (Frankryk) en Lissabon (Portugal) na Simonstad gevaar, waar hy op Dinsdag, 4 November 2003, aangekom het.23Isandlwana (F146, vernoem na die bloedige veldslag wat op 22 Januarie 1879 tydens die Anglo-Zoeloe-oorlog plaasgevind het), is op 26 Oktober 2001 by die Duitse skeepswerf Howaldtswerke-Deutsche Werft (HDW) in Kiel neergelê, op 5 Desember 2002 te water gelaat, het Kiel op 31 Januarie 2004 verlaat en op 25 Februarie 2004, onder bevel van kapt Karl Wiesner, oor Brest in Simonstad aangekom.24

Die derde fregat, Spioenkop (F147, vernoem na die bloedige veldslag wat op 24 Januarie 1900 tydens die Anglo-Boereoorlog plaasgevind het), is op 28 Februarie 2002 by Blohm+Voss neergelê, op 6 Junie 2003 te water gelaat, het op 4 Mei 2004 op sy afleweringsvaart vanuit Kiel vertrek en op 31 Mei 2004, onder bevel van kapt. Douglas Faure, oor Brest en Rota (Spanje) in Simonstad aangekom.25 Die laaste nuwe fregat, Mendi (F148), se naam het tot omstredenheid gelei. Hy is naamlik vernoem na die burgerlike troepeskip wat op 21 Februarie 1917, ná 'n botsing met 'n ander skip, in die Engelse Kanaal gesink het en tot die dood van 607 van die 805 swart Suid-Afrikaanse werkers van die South African Native Labour Contingent aan boord die skip gelei het. Bygelowige skeepslui sal bedenkinge hê om op 'n skip te dien wat na 'n rampskip vernoem is, maar die naam is in die SA Vloot aanvaar. Die Mendi is op 28 Junie 2002 deur HDW neergelê, op 10 Oktober 2003 te water gelaat en het onder bevel van kapt. Kevin Packer op 20 Augustus 2004 vanaf Kiel vertrek en oor Brest en Rota na Simonstad gevaar waar hy op 17 September 2004 aangekom het.26

In Simonstad is die nuwe skepe so gou as moontlik van wapenstelsels en gevegsuites voorsien, en is uiteindelik soos volg as volwaardige gevegskepe van die Vloot in diens gestel: SAS Amatola, Simonstad, 16 Februarie 2006; SAS Isandlwana, Durban, 27 Julie 2006; Spioenkop, Simonstad, 16 Februarie 2007; en Mendi, Port Elizabeth, 20 Maart 2007.27 Met vier nuwe fregatte tot hulle beskikking (hoewel al vier nie altyd tegelykertyd in diens is nie) kon die SA Vloot voortaan met meer selfvertroue as ooit tevore aan gesamentlike vlootoefeninge deelneem, vlagvertoonvaarte onderneem, patrolleringswerk doen en aan talle ander aktiwiteite deelneem. Die rol wat die Valour-klas-fregatte sedert 2004 in elk van hierdie aksies gespeel het, word vervolgens kortliks (en meesal dus ook eksemplaries) bespreek.

4.1 Gesamentlike vlootoefeninge in Suid-Afrikaanse waters28

Met die aankoop van die vier ultramoderne Valour-klas-fregatte, kon die SA Vloot nou met meer trots aan maneuvers met ander vlote se skepe deelneem. Die Vloot het dan ook nie op hulle laat wag om die nuwe fregatte tydens vlootoefeninge in Suid-Afrikaanse waters te ontplooi nie. Hoewel nog nie bewapen of ten volle toegerus nie, het die Amatola, Isandlwana en Spioenkop reeds vanaf 30 Augustus tot 23 September 2004 aan die SA Vloot se jaarlikse see-oefening, bekend as Operation Red Lion, deelgeneem.29 Kort nadat die Amatola op 16 Februarie 2006 as 'n ten volle operasionele skip van die SA Vloot in diens gestel is, het hy die eerste sodanige fregat geword om saam met twee aanvalsvaartuie aan gesamentlike maneuvers met besoekende oorlogskepe deel te neem, in hierdie geval twee fregatte en twee ondersteuningskepe van Duitsland (Exercise Good Hope II).30 In November 2007 het die Amatola, Spioenkop en Mendi aan Exercise Red Lion deelgeneem;31 in Februarie-Maart 2008 het die Amatola, Isandlwana en Spioenkop saam met Duitse skepe aan Exercise Good Hope III deelgeneem;32 vanaf 2-15 Mei 2008 het die Amatola en Isandlwana aan die eerste IBSAMAR-oefening (tussen die vlote van Suid-Afrika, Indië en Brasilië) deelgeneem;33 en dieselfde twee SA Vlootfregatte het daarna (16 Mei-2 Junie 2008) ook aan ATLASUR VII aan die Kaapse kus deelgeneem, waar ATLASUR die gereelde gesamentlike vlootoefeninge tussen die vlote van Suid-Afrika, Brasilië, Argentinië en Uruguay is.34 In Februarie-Maart 2010 het die Amatola en Spioenkop aan Exercise Good Hope IV deelgeneem;35 en in September 2010 het dieselfde twee fregatte aan IBSAMAR II deelgeneem.36

In Maart 2012 het die Amatola en Isandlwana saam met 'n Duitse fregat aan Exercise Good Hope V deelgeneem;37 in die derde week van September tot begin Oktober 2012 het die Amatola aan ATLASUR IX deelgeneem38 en dieselfde fregat het vervolgens ook aan IBSAMAR III deelgeneem (10-30 Oktober 2012).39 Vanaf 4-12 Maart 2013 was die Spioenkop een van die SA Vlootvaartuie wat aan Exercise Red Lion deelgeneem het.40

4.2 Grys diplomate

Tydens hulle nooiensvaarte (kyk supra) het elk van die nuwe fregatte reeds die Suid-Afrikaanse vlag in die buiteland vertoon en wel in Brest, Lissabon en/of Rota. Oorlogskepe het deur die eeue heen nog altyd 'n belangrike diplomatieke rol vervul. Wedersydse vlagvertoonbesoeke deur hul oorlogskepe getuig van goeie diplomatieke betrekkinge tussen lande. Bestaande bande kan verder versterk word, of nuwe bande kan gesmee word. Wanneer lande se oorlogskepe of duikbote aan gesamentlike vlootmaneuvers deelneem, soos ook aan gesamentlike humanitêre en/of vredesmagoperasies, word bande met ander vlote en lande ook gesmee of verstewig en word wedersydse begrip en vertroue bewerkstellig. Oorlogskepe kan dus as diplomatieke werktuie (grys diplomate) ingespan word en 'n vloot se diplomatieke rol (soos ook oorlogskepe se simboliese waarde en betekenis) mag nooit geringgeskat word nie. Let ook op die samewerking wat in hierdie verband bestaan tussen die SA Vloot (as verteenwoordiger van die Departement van Verdediging) en ander staatsdepartemente, en hoedat die Vloot se diplomatieke rol ook teen die agtergrond van die Afrika-Renaissance-gedagte beoordeel kan word.41

Vir die eerste keer sedert die laaste ou fregat (in 1985) aan diens onttrek is, was die SA Vloot sedert 2004 weer in staat om fregat-grootte gevegskepe as grys diplomate oorsee te ontplooi. Trouens, die laaste keer dat 'n fregat Suid-Afrika vóór 2004 in die buiteland verteenwoordig het, was toe SAS President Kruger die VSA in 1976 besoek het.42 Die nuwe gevegskepe kon met meer selfvertroue en trots as tevore die Suid-Afrikaanse vlag oorsee vertoon - voortbouend op die goeie werk wat in die loop van baie jare noodgedwonge óf deur ondersteuningsvaartuie, óf deur veel kleiner oorlogskepe gedoen moes word.43

SAS Amatola was die eerste nuwe fregat wat volledig toegerus is en is vervolgens vanaf 19 Mei tot 18 Junie 2006 na Wes-Afrika ontplooi met besoeke aan Nigerië (om aan die vieringe ter herdenking van dié land se vloot se 50ste bestaansjaar deel te neem), Kameroen, Gabon en Sao Tomé.44 Op 28 Oktober 2006 het die Isandlwana vanuit Simonstad na Suid-Amerika vertrek om die eerste nuwe SA Vlootfregat te word om aan 'n ATLASUR-oefening deel te neem. Na afloop van ATLASUR VI, het die Isandlwana deur die Straat van Magellaan na Valparaiso in Chile vir EXPONAVAL 2006 gevaar, ook om saam met skepe van Chile, Argentinië, Colombië en Meksiko aan oefeninge deel te neem. Die skip was op 20 Desember 2006 terug in Simonstad.45

Na aanleiding van 'n uitnodiging om vir die eerste keer sedert die vroeë 1960's 'n SA Vlootfregat aan die RN se uiters streng Basic Operational Sea Training (BOST) te laat deelneem, het SAS Amatola op 30 Mei 2007 uit Simonstad vertrek. Die bemanning het die BOST-toets, wat in die omgewing van Devonport by Plymouth in die suide van Engeland gedoen is, suksesvol deurstaan en hul skip was op 25 Augustus 2007 terug in Simonstad.46 Dieselfde dag het die Mendi vanuit Simonstad vertrek om in Rio de Janeiro aan 'n vlootrevue ter viering van die 200ste bestaansjaar van die Brasiliaanse vloot deel te neem. Daarvandaan het die Mendi Ghana besoek alvorens in Oktober na Simonstad teruggekeer is.47 Vanaf 16 September tot 6 Desember 2008 het SAS Spioenkop 'n uitgebreide vlagvertoonvaart na die Verre Ooste onderneem en hawens in Singapoer, die Volksrepubliek van China, Maleisië en Viëtnam besoek - en onderweg terug ook by Indië en Mauritius aangedoen.48 Vanaf 1-29 September 2009 het die Amatola en Mendi, saam met 'n SA Vlootduikboot en -patrollieboot, aan Oefening Golfinho in die omgewing van Walvisbaai in Namibië deelgeneem.49

Vanaf 9 Oktober tot 22 November 2013 het die Spioenkop 'n uitgebreide besoek aan lande langs die weskus van Afrika onderneem en by hawens in Namibië, Angola, Ghana, Nigerië, Senegal en Ekwatoriaal-Guineë aangedoen.50 In September 2014, aan die einde van die eerste tien jaar in die geskiedenis van die Valour-klas-fregatte se diens in die SA Vloot, wat in hierdie artikel onder bespreking is, was die Isandlwana op pad terug van Suid-Amerika waar hy aan 'n ATLASUR-oefening deelgeneem het (vertrek uit Simonstad op 15 Augustus en terug op 23 September 2014).51

Die fregatte is inderdaad die pronkstukke van die SA Vloot en kan - méér as enige ander weermagtoerusting - deur middel van vlagvertoonvaarte, lokale vir diplomatieke en ander funksies en gesamentlike oefeninge, veel vir die land as geheel beteken. Finansiële oorweegredes het ongelukkig tot gevolg gehad dat die SA Vloot die afgelope paar jaar beperkings moes plaas op die aantal, en omvang van, oorsese ontplooiings.

4.3 Besoeke aan Suid-Afrikaanse hawens

Die nuwe fregatte is teen groot onkostes met belastingbetalersgeld aangekoop en dit was (en is) dus niks minder as reg dat die skepe ook aan die algemene publiek vertoon word nie. Besoeke aan plaaslike hawens dien uiteraard ook as belangrike openbare skakel- en werwingsgeleenthede vir die SA Vloot. Menige skoolkind het al op 'n loopbaan in die Vloot besluit na aanleiding van 'n besoek aan 'n besoekende oorlogskip. Nie lank nadat hy in Suid-Afrikaanse waters aangekom het nie, het die Mendi Port Elizabeth, Oos-Londen en Durban in die tydperk 31 Oktober tot 12 November 2004 besoek.52

Enkele voorbeelde van ander fregatbesoeke aan Suid-Afrikaanse hawens, sluit die volgende in: Amatola, Durban, 20-23 Junie 2008, om Wêreld-Hidrografiedag op 21 Junie te herdenk;53 Mendi, Kaapstad, Februarie 2009, ten eerste by geleentheid van 'n internasionale kapelaans-konferensie wat in die Moederstad gehou is en daarna ook vir die ministerskonferensie van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap;54 die Amatola en Isandlwana, Kaapstad, vir die Third Sea Power For Africa-simposium, wat 8-11 Maart 2009 aldaar gehou is;55 en in die laaste week van Junie 2012 het die Amatola, saam met 'n patrollieboot, Oos-Londen besoek om aan dié stad se hawefees deel te neem.56

Skepe soos die Valour-klas-fregatte kan deur besoeke aan Suid-Afrikaanse hawens en deur oop te wees vir besoeke van die publiek 'n bydrae tot die ontwikkeling van meer begrip by die breë publiek ten opsigte van die belangrikheid van hawens en die litorale gebiede (en hulle veiligheid), die waarde van 'n vloot en die uitbou van 'n volwaardige seekultuur en -tradisie lewer.

4.4 Die bekamping van seerowery

Tot onlangs is seerowery met windmakerige (en oorgeromantiseerde) kapers van veral die sewentiende en agtiende eeu verbind.57 Met die ineenstorting van Somalië as funksionele staat, het seerowers dié gebied as basis begin gebruik om op skepe, wat veral deur die Suezkanaal of die Arabiese See na en van Europa en die Ooste vaar, toe te slaan.58 Met verloop van tyd het die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) en die Europese Unie vloottaakmagte op die been gebring wat die seegebied naby Somalië gepatrolleer het ten einde handelsvaartuie te beskerm. Van tyd tot tyd is oorlogskepe van lande soos Japan, die Volksrepubliek van China, Indië en Rusland ook in die gebied ontplooi om met die teenseeroweroperasies te help. Hierdie patrollies was weldra suksesvol en gevolglik het die seerowers begin om teikens elders in die Indiese Oseaan, verder suidwaarts langs die ooskus van Afrika en so ver suid as die Mosambiekkanaal, aan te val. Hierdie toedrag van sake het die Suid-Afrikaanse regering genoop om die SA Vloot te taak om met teenseerowerpatrollies in die Mosambiekkanaal te begin.59

Onder die vaandel van Operation Copper, was die Mendi die eerste fregat en SA Vlootvaartuig om ontplooi te word (Februarie-Mei 2011). Met verloop van tyd het die SANW 'n tydelike basis by die Mosambiekse hawestad, Pemba, ingerig van waar een of meer SALM-vliegtuie of helikopters ook van tyd tot tyd ontplooi word. Soms is daar ook 'n Lynx-helikopter aan boord die fregat wat aan diens is.60 Vervolgens is die Amatola vir patrollering aangewend (Junie-September 2011) en toe weer die Mendi (September-Desember 2011). Daarna was dit die Isandlwana se beurt (Desember 2011-Maart 2012).61 Vanaf 26 Augustus 2013 tot 12 November 2013 was die Isandlwana weer eens weg uit Simonstad om aan Operation Copper (en aan Exercise Oxide, met SA Vlootvaartuie en 'n Franse oorlogskip) in die Mosambiekkanaal deel te neem.62 Vanaf 28 Desember 2013 tot 13 Mei 2014, was die Spioenkop getaak om in die Mosambiekkanaal die wag te hou.63 Die feit dat die fregatte sedert 2011 soveel tyd aan patrollies ter bekamping van seerowery spandeer, beteken dat hulle minder vir ander oorsese ontplooiings beskikbaar is, terwyl die geld wat die SA Vloot aan Operation Copper moet bestee in elk geval beteken dat daar minder geld vir ander werk is.

Van tyd tot tyd is die Vloot se gevegsteunskip, SAS Drakensberg, asook die drie oorblywende patrolliebote (omgeboude voormalige aanvalsvaartuie), by Operation Copper betrek.64 Vir die eerste keer sedert die oorlog in Namibië en in Angola (1966-1989) word SA Vlootvaartuie dus nou weer operasioneel buite Suid-Afrika se gebiedswater aangewend. Só lewer die SA Vloot, en in besonder sy Valour-klas-fregatte, weer 'n waardevolle bydrae tot internasionale pogings om die euwel van seerowery hok te slaan. Die patrolliewerk in die Mosambiekkanaal staan ook in die teken van samewerking en onderlinge hulpverlening tussen Afrika-state.

4.5 Ander rolle

Afgesien van die rolle waarna reeds in onderafdelings 4.1-4.4 hierbo verwys is, kan oorlogskepe en dus ook die SA Vloot se Valour-klas-fregatte vir 'n verskeidenheid ander doeleindes aangewend word. Soos in ander weermagsdele, speel seremonies ook 'n belangrike rol in die Vloot. Wanneer 'n vloothoof of die hoof van 'n weermag aftree, is die gebruik om 'n afskeidsverbyvaart (afskeidsvlootrevue) vir die persoon te hou. 'n Besondere revue, waaraan die Valour-klas-vaartuie deelgeneem het, het op 17 Februarie 2005 in Valsbaai plaasgevind, toe al vier die fregatte (hoewel nog nie ten volle toegerus nie) saam met ander vlootvaartuie, by wyse van 'n verbyvaart afskeid van die uittredende Vloothoof, vise-adm. Johan Retief, geneem het.65 Presies drie maande later (17 Mei 2005) het drie van die fregatte weer in Valsbaai aan 'n verbyvaart deelgeneem - dié keer toe die SA Vloot van die uittredende hoof van die SANW, genl. Siphiwe Nyanda, afskeid geneem het.66 Al vier die fregatte was weer saam ter see op 5 September 2008, maar dié keer as ten volle toegeruste skepe in diens van die Vloot, tydens 'n presidensiële vlootrevue ter ere van die destydse staatspresident, Thabo Mbeki.67 Ongelukkig sal dít waarskynlik die laaste keer wees dat al vier die Valour-klas-fregatte sáám ter see gesien word. Weens tegniese redes en 'n tekort aan voldoende skeepspersoneel is dit nie vir die SA Vloot moontlik om sedertdien al vier fregatte tegelyk in diens te hou nie. Die SANW se begroting is te klein, en in besonder is die geld wat aan die SA Vloot toegewys word, eenvoudig bloot te min om aan al die operasionele vereistes te voldoen. Wanneer een van die fregatte (byvoorbeeld die Amatola in 2014-2015) 'n groot opknapping (in Durban) ondergaan, slurp dít soveel van die Vloot se geld op, dat minder tyd ter see deurgebring kan word. En talle Vlootpersoneel gaan soek groener finansiële weivelde.

Op 3 Mei 2011 het die Isandlwana vanuit Simonstad vertrek om die bemanningslede van die Lai Ching, 'n Taiwanese vistreiler wat in die Suid-Atlantiese Oseaan naby die eiland Tristan da Cunha gesink het, te hulp te snel. Mediese voorrade is met behulp van die fregat se Lynx-helikopter na die eiland geneem en elf oorlewendes is met die skip na Simonstad gebring waar hulle op 11 Mei 2011 aangekom het.68 Toe die vissery-navorsingskip, Africana (wat 2012-2013 onder die SA Vloot se beheer was), op 4 November 2012 enjinprobleme ondervind het, is die Amatola gestuur om dié skip te gaan ondersteun.69 En toe die mas van die Angolese seiljag, Bille, by die aanvang van die Kaap-na-Rio-seiljagvaart op 4 Januarie 2014 gebreek en 'n aantal bemanningslede oorboord geval het, is die Isandlwana se hulp ingeroep om dié seiljag, asook ander bote wat in die stormweer in die moeilikheid beland het, te hulp te snel.70 Ten slotte, toe die FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi Suid-Afrika in Junie-Julie 2010 in rep en roer gehad het, het talle SA Vlootskepe, insluitende die Amatola, Spioenkop en Mendi, as wagskepe in Suid-Afrikaanse hawens opgetree; met ander woorde, om op bystand te wees ingeval 'n krisissituasie sou ontstaan (byvoorbeeld as 'n terreuraanval of iets dergeliks sou plaasvind).71 Toe die VSA se pres. Barack Obama en sy vrou in Junie 2013 as deel van hul besoek aan Suid-Afrika 'n besoek aan Robbeneiland gebring het, was die Spioenkop op gereedheidsgrondslag in Tafelbaai ontplooi ingeval die presidentspaar, om welke rede ook al, vinnig te hulp gesnel moes word.72

 

5. SLOTPERSPEKTIEWE

Die aankoms van die vier fregatte het 'n nuwe era in die geskiedenis van die SA Vloot ingelui. Saam met die drie Heroine-klas-duikbote, vorm die vier tegnologies-gevorderde Valour-klas-fregatte die basis en skerpkant van die SA Vloot en versimboliseer hulle die Vloot se Renaissance ná jare van verwaarlosing weens 'n gebrek aan geld. Die fregatte kan dan ook die Vloot help om, indien nodig, uitdrukking aan sy kernbesigheid te gee, naamlik om "ter see te veg", soos ook aan die Vloot se missie ("ter see te wen") en visie ("alle uitdagings ter see te bowe te kom").73 Hierdie skepe dra daartoe by dat die klein SA Vloot wel 'n gebalanseerde vloot is; 'n vloot wat sy mandaat, om te help om die Republiek van Suid-Afrika se gebiedsoewereiniteit te verseker, kan uitvoer.

Daar kan tereg beweer word dat dit 'n dapper stap was om die gesofistikeerde Meko A-200-ontwerp bo meer konserwatiewe moontlikhede, soos byvoorbeeld die Franse Floréal-klas-patrolliefregatte (wat eintlik nie veel meer as groot patrolliebote is nie) te kies. Die feit dat die wapenpakket in omstredenheid gedompel is, beteken nie dat die SA Vloot nie ten minste vier fregatte moes bekom het nie, of dat dié skepe as sodanig omstrede is en dus van ontslae geraak moet word nie. Trouens, die Meko A-200's voldoen baie goed aan die Vloot se behoeftes en hul baanrekord tydens hulle eerste tien jaar van diens, getuig van 'n goeie keuse en van operasionele sukses.

Met die indiensneming van die Valour-klas-fregatte kan die SA Vloot nou inderdaad meer as ooit tevore met trots aan gesamentlike vlootoefeninge met skepe en duikbote van ander vlote deelneem, hetsy in Suid-Afrikaanse of buitelandse waters. Danksy die nuwe fregatte, het die SA Vloot immers sedert 2004 sy blouwaterstatus herwin. Die Vloot kan nou ook vir die eerste keer in bykans 30 jaar tradisionele grys diplomate (nie bloot gevegsteunskepe of klein vaartuie nie) op vlagvertoonvaarte oor lang afstande ontplooi, waar die grootte en slaankrag van 'n oorlogskip beslis help om diplomatieke boodskappe oor te dra of te versterk. In 2004-2014 kon die Valour-klas ten minste agt vlagvertoonvaarte onderneem en hawens in ten minste twintig lande besoek.74 Vanaf 1964 tot 1974 het die drie Tipe 12-fregatte sewe (meesal korter) vlagvertoonbesoeke aan agt lande gebring, maar die politieke konteks was toe baie anders.75 Die Vloot kan dus nou ook, beter as tevore, mag oor lang afstande projekteer en aan humanitêre noodlenigings-, soek-en-reddings- en ander vredestydse krygsverrigtinge deelneem. Valour-klas-fregatte het ook 'n beduidende rol gespeel om seerowery in die Mosambiekkanaal in toom te hou. Wanneer 'n Valour-klas-fregat 'n Suid-Afrikaanse hawe besoek, lok dit ook met reg belangstelling van die publiek.

Die aankoop van vier nuwe fregatte het Suid-Afrika gehelp om sy posisie as 'n streeks-moondheid te verstewig; om die land se kuslyn, gebiedswaters en eksklusiewe ekonomiese sone beter te kan patrolleer; en het aan die SA Vloot sy duikbootjagvermoë terugbesorg. Uit hierdie studie is dit dus duidelik dat die SA Vloot se vier Valour-klas-fregatte hul waarde oor en oor bewys het. Hulle is deel van die getransformeerde Vloot en bied waardevolle opleidingsgeleenthede aan Vlootlede. Op 22 Februarie 2007 het kapt. Bubele ("Bravo") Kitie Mhlana die eerste swart (en op 35-jarige ouderdom die jongste ooit) bevelvoerder van 'n SA Vlootfregat geword toe hy die bevel van SAS Isandlwana oorgeneem het.76 Sedertdien het kapt. Mhlana ook al die bevel oor die Mendi gevoer, tewyl kapt. Musa Nkomonde in bevel van die Isandlwana en kapt. J.A. Mbotho in bevel van die Mendi geplaas is.77

Die aantal jare wat die SA Vloot se vorige fregatte in diens (hoewel nie noodwendig altyd in kommissie of dus operasioneel nie) was, was soos volg: Good Hope (21 jaar), Natal (27),78 Transvaal (19), Vrystaat (7), President Kruger (20), President Steyn (17) en President Pretorius (21). Hopelik sal die Vloot se Valour-klas-fregatte vir ten minste dertig, en verkieslik veertig jaar die Vloot, Weermag en land dien. Dan sal hulle egter gereeld opgeknap moet word, en sal hul bevelvoerders en bemannings deurgaans goed opgelei en goed gedissiplineerd moet wees, professioneel en toegewyd in alles wat hulle doen. Dit was (ongelukkig) reeds nodig dat die Isandlwana 'n enjinvervanging moes ondergaan (Januarie-Junie 2013),79 en in 2014-2015 was die Amatola in Durban om 'n enjin te laat vervang.80 Die staat moet die nodige fondse voorsien om die Vloot (en die SANW in die algemeen) in stand te hou. Die Vloot het tot in die laat 1990's nog nooit meer as 17% van die totale verdedigingsbegroting ontvang nie, gewoonlik gemiddeld slegs sowat 10%, en teen 1990 het dit so laag as 6,2% gedaal.81 Hopelik sal gehoor gegee word aan die aanbevelings soos in die 2014-Verdedigingsoorsig vervat,82 ten einde te verseker dat ook die SA Vloot sy verskillende rolle na behore kan vervul - en sy fregatte in stand en operasioneel kan hou, soos ook sy ander skepe en duikbote.

Weens Suid-Afrika se strategiese ligging, kan die land nie bekostig om nie oor die dienste van fregatte te beskik nie. Die land word aan drie kante deur die see omsoom en is dus, geografies gesproke, 'n groot skiereiland. Die kuslyn beslaan ongeveer 2 800 km en die land se eksklusiewe ekonomiese sone (wat vir 200 seemyl vanaf die kus die diepsee instrek) beslaan meer as 1,5 miljoen vierkante kilometer (insluitende die sone om Suid-Afrika se Marion- en Prins Edward-eilande in die suidelike Indiese Oseaan) - dus 'n groter gebied as die land se grondoppervlakte van net meer as 1,2 miljoen vierkante kilometer. Verder moet in gedagte gehou word dat ten minste 90% van die land se in- en uitvoere deur die land se hawens gaan, en dat Suid-Afrika streng gesproke 'n seemoondheid is.83 Eintlik benodig die SA Vloot dus méér as net vier fregatte vir sy seewaartse verdediging, die patrollering van sy kuste en van sy ekonomiese gebiedswaters, en vir ander take wat die Vloot van tyd tot tyd opgelê word.

Ten spyte van die SA Vloot se finansiële beperkinge, het die nuwe fregatte egter in die periode 2004 tot 2014 die Vloot in staat gestel om, meer as ooit tevore, aan veelvuldige tipes operasies deel te neem, Suid-Afrika se eksklusiewe ekonomiese sone te patrolleer (en só onder meer die land se visbronne te help beskerm) en mag te projekteer, onder meer deur middel van deelname aan teenseerowerpatrollies en deur vlagvertoonvaarte van stapel te stuur. In die eerste en laaste instansie is fregatte dus deel van die land se duur, maar onontbeerlike veiligheidsnetwerk om die land se soewereiniteit in die vloeibare en onbestendige na-Koue Oorlog-wêreldorde te help verseker. Fregatte vorm 'n kerndeel van die SANW (en SA Vloot) se magsontwerp, wat onafhanklik van 'n direkte militêre bedreiging bedink moet word. Dus moet nie gevra word: "Wat is die bedreiging?" nie. Die vrae wat aan die orde behoort te kom, is eerder: "Wat is Suid-Afrika se belange?" en "Wat moet die SA Vloot doen en waaroor moet die Vloot beskik ten einde die nasionale, streeks- en internasionale belange en beleidsrigtings van Suid-Afrika te ondersteun?" Die Valour-klas-fregatte en hul bemannings het reeds hulle staal getoon, en moet nog verder voortbou op die trotse tradisie wat in die jare 1944 tot 1985 deur die SA Vloot se vorige sewe fregatte daargestel is.

 

BIBLIOGRAFIE

The Argus. 1994. 27 April. Armaments Corporation of South Africa SOC Ltd. 2004. Salvo: Armscor 's Corporate Journal. 1. The Arms Procurement Commission (Armscomm). 2014. www.armscomm.org.za/.../sdpp-transcript-201308 [13 October 2014].         [ Links ]

Beeld. 1994. 26 April, 27 April, 29 April, 11 Mei; 1998. 19 November; 2001. 4 Oktober; 2014. 15 April.         [ Links ]

Bennett, C.H. 2006. Three frigates. Durban: Just Done Productions.         [ Links ]

Bennett, C.H. 2007. Names and badges of the Valour class frigates. Naval Digest, 12, March:5-76.         [ Links ]

Bennett, C.H. & Söderlund, A.G. 2008. South Africa's navy: a navy of the people andfor the people. Simon's Town: SA Navy.         [ Links ]

Die Burger. 2004. 1 November; 2007. 12 Maart; 2013. 9 Oktober; 2014. 6 Januarie. Business Day. 1994. 28 April; 1998. 21 July; 2014. 29 August.         [ Links ]

Cape Argus. 2011. 1 July; 2014. 7 January.         [ Links ]

Cape Times. 1994. 1 November; 2010. 20 April.         [ Links ]

The Citizen. 1998. 21 May; 2007. 23 February, 22 March; 2014. 1 September.         [ Links ]

Daily News. 2007. 4 January.         [ Links ]

Defence Weekly. 2012. 49(36), 5 September.         [ Links ]

Du Toit, A. 1992. South Africa's fighting ships: past and present. Rivonia: Ashanti.         [ Links ]

Edmonds, M. & Mills, G. 1996. Unchartered waters: a review of South Africa's naval options. Johannesburg: SAIIA.         [ Links ]

Feinstein, A. 2011. The shadow world: inside the global arms trade. Johannesburg: Jonathan Ball. Financial Mail. 1998. 27 February.         [ Links ]

Goosen, J.C. (samesteller). 1973. Ons vloot: die eerste vyftig jaar. Kaapstad: W.J. Flesch & Partners.         [ Links ]

Goosen, J.C. (compiler). 1973. South Africa's navy: the first fifty years. Cape Town: W.J. Flesch & Partners.         [ Links ]

Gordon-Cumming, H.R. 2008. Official history of the South African naval forces during the Second World War (1939-1945). Simon's Town: The Naval Heritage Trust.         [ Links ]

Harris, C.J. 1991. War at sea: South African maritime operations during World War II. Rivonia: Ashanti.         [ Links ]

Henshaw, P.J. 1992. The transfer of Simonstown: Afrikaner nationalism, South African strategic dependence, and British global power. The Journal of Imperial and Commonwealth History, 20(3), September: 420-444.         [ Links ]

Holden, P. 2008. The arms deal in your pocket. Johannesburg: Jonathan Ball. The Independent on Saturday. 2008. 21 June, 6 September.         [ Links ]

The International Institute for Strategic Studies (IISS). 1966-2014. The military balance. London: The International Institute for Strategic Studies.         [ Links ]

Jane's Defence Weekly. 2010. 47(36), 8 September.         [ Links ]

Jane's Navy International. 2000. 105(6), July-August.         [ Links ]

Kemp, R. 2010. Pirates. London: Penguin Books.         [ Links ]

Konstam, A. 2008. Piracy. The complete history. Oxford: Osprey Publishing.         [ Links ]

Mahan, A.T. 1960. The influence of sea power upon history 1660-1783. New York: Hill and Wang.         [ Links ]

Manganyi, C. 2013. South African naval diplomacy since 1994. MA dissertation. Stellenbosch: Stellenbosch University.         [ Links ]

Manganyi, C., Liebenberg, I. & Potgieter, T. (eds). 2013. South Africa and Romania: transition to democracy and changing paradigms. Durban: Just Done Productions.         [ Links ]

Maritime Review Africa. 2012. November-December; 2013. September-October; 2014. Supplement: Maritime Security & Surveillance. March-April.         [ Links ]

Marley, D.F. 2011. Modern piracy. A reference handbook. Santa Barbara: ABC-CLIO. The Mercury. 1995. 15 May, 16 May; 1996. 31 January; 1997. 27 August; 1998. 23 March, 19 November; 2000. 19 April; 2001. 25 January; 2003. 5 November, 12 November; 2004. 26 February, 1 June, 22 September, 1 November, 4 November; 2006. 17 February, 22 February, 25 July, 28 July; 2007. 21 March, 20 November, 21 November; 2008. 28 January, 20 February, 5 September, 10 September; 2011. 1 February, 14 February, 29 February, 30 March, 5 May, 10 May; 2012. 27 June, 10 October; 2013. 27 August, 27 November; 2014. 7 January, 8 January, 2 April, 21 May. Naval Forces. 1998. 19(5); 2008. 29(4).         [ Links ]

Navy News. 2003. 22(6); 2004. 23(2), 23(3), 23(5), 23(6); 2005. 24(2), 24(4); 2006. 25(2), 25(3), 25(4); 2007. 26(2), 26(5), 26(6); 2008. 27(2), 27(3), 27(4), 27(5); 2009. 28(1), 28(2), 28(5); 2010. 29(1), 29(2), 29(3); 2011. 30(1), 30(4); 2012. 31(3), 31(4), 31(5), 31(6); 2013. 32(2), 32(4), 32(6).         [ Links ]

Ports and Ships. Shipping and harbour news out of Africa. 2010-2013. http://ports.co.za/news/. Pretoria News. 2007. 23 February.         [ Links ]

Pretoria News Weekend. 2004. 25 September.         [ Links ]

Republic of South Africa, Department of Defence: Defence. http://www.dod.mil.za.         [ Links ]

Republic of South Africa, Department of Defence: SA Navy. http://www.navy.mil.za.         [ Links ]

Salut. 1996. 3(5); 1999. 6(1), January; 2000. 7(12), December.         [ Links ]

SA Nasionale Weermag. Dokumentasiediens, Pretoria. S.a. Logboeke van die drie Tipe 12-fregatte. SA Naval Trust (incorporating Naval Heritage Society). 1999. Naval Digest: Journal ofthe SA Naval Heritage Society, 1, June.         [ Links ]

Saunders, S. (ed.). 2014. Jane's fighting ships 2014-2015. S.l.: IHS.         [ Links ]

SA Vloot. S.a. http://www.navy.mil.za/equipment.mil.za/equipment/valour.htm [3 Oktober 2014].         [ Links ]

SA Vlootmuseum, Simonstad. 2014. Epos, 21 Oktober.         [ Links ]

SA Vlootmuseum, Simonstad. S.a. Good Hope, Natal, President Kruger, President Steyn, President Pretorius, Transvaal en Vrystaat (lêers).         [ Links ]

Scholtz, G.D. 1969. Die Afrikaner en die see. Johannesburg: Voortrekkerpers.         [ Links ]

Sharpe, R. (ed.). 1994. Jane's fighting ships 1994-95. Coulsdon: Jane's Information Group. Sony Pictures. 2013. Captain Phillips.         [ Links ]

South African Defence Review. 2014. http://www.gov.za/documents/detail.php?cid=402524 [3 October 2014].         [ Links ]

South African Soldier. 2002. 9(1), January; 2004. 11(5), May, 11(9), September, 11(11), November; 2005. 12(1), January, 13(5), May; 2006. 13(4), April; 2008. 15(10), October; 2009. 16(4), April; 2010. 17(4), April, 17(11), November; 2012. 19(4), April.         [ Links ]

Southern African Shipping. 2006. 61(3), May. Spindrift/Spun Yarn. 2014. September.         [ Links ]

The Star. 1994. 26 April, 29 April, 11 May.         [ Links ]

Sunday Times. 1994. 15 May; 2000. 31 December.         [ Links ]

Turner, L.C.F. 1961. War in the southern oceans 1939-45. SA Department of the Prime Minister. Union War Histories Series. Cape Town: Oxford University Press.         [ Links ]

Van der Waag, I. 2010. 'The thin edge of the wedge': Anglo-South African relations, dominion nationalism and the formation of the Seaward Defence Force in 1939-1940. Contemporary British History, 24(4): 427-449.         [ Links ]

Veg 2. S.a.:6-9; Veg 4. S.a.:6-9.         [ Links ]

Volksblad. 1994. 27 Desember; 1995. 19 Junie; 1997. 5 April, 19 Mei; 1998. 19 November; 2003. 7 Januarie; 2004. 1 Junie; 2006. 17 Februarie; 2007. 23 Julie.         [ Links ]

Welcome aboard. SAN Meko A 200 Valour class frigate. S.a. Brochure for visitors.         [ Links ]

Wessels, A. 2002. Onwaarskynlike ambassadeurs: vlagvertoonvaarte deur Suid-Afrikaanse oorlogskepe, 1922-2002. Joernaal vir Eietydse Geskiedenis, 27(3), Desember:54-81.         [ Links ]

Williams, R. S.a. Defence in a democracy: the South African Defence Review and the redefinition of the parameters of the national defence debate. www.issafrica.org [16 October 2014].         [ Links ]

The Witness. 2006. 28 July.         [ Links ]

Woodward, P. 2013. Crisis in the Horn of Africa: politics, piracy and the threat of terror. London: I.B. Taurus.         [ Links ]

 

 

 

André Wessels studeer aan die Universiteit van die Vrystaat en behaal die grade BA, BAHonneurs (Geskiedenis) en MA (Geskiedenis) - almal cum laude - asook 'n DPhil in Geskiedenis in 1986. Hy was verbonde aan die Natalse Onderwysdepartement (1980-1983), werksaam by die Raad vir Geestes-wetenskaplike Navorsing (1984-1987) en is sedert 1988 dosent in Geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat, waar hy tans Senior Professor en departementshoof is. Hy is ook 'n Besoekende Professor by die University of New South Wales at the Australian Defence Force Academy (UNSW@ ADFA) in Canberra. Sy navorsing fokus op Suid-Afrikaanse militêre geskiedenis, met besondere verwysing na die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog van 1899 tot 1902, en die geskiedenis van die land se gewapende magte sedert 1912. Hy is die outeur, mede-outeur of redakteur van agt boeke, outeur of mede-outeur van meer as 100 geakkre-diteerde akademiese tydskrifartikels, asook hoof-stukke in boeke, 'n groot aantal boekresensies en talle ander publikasies.
André Wessels studied at the University of the Free State and obtained the degrees BA, BAHonours (History) and MA (History) - all cum laude - as well as a DPhil in History in 1986. He was employed by the Natal Department ofEducation (1980-1983), and worked for the Human Sciences Research Council (1984-1987), and since 1988 he teaches History at the University of the Free State, where he is now a Senior Professor and Head of the Department. He is also a Visiting Professor at the University of New South Wales at the Australian Defence Force Academy (UNSW@ADFA) in Canberra. His research focuses on South African military history, with special reference to the history of the Anglo-Boer War of 1899 to 1902, and the history of the country's armed forces since 1912. He is the author, co-author or editor of eight books, author or co-author of more than 100 articles in accredited academic journals, as well as chapters in books, a large number of book reviews, and several other publications.
1 Die Nasionale Navorsingstigting word bedank vir finansiële ondersteuning, asook die personeel van die Suid- Afrikaanse Vlootmuseum in Simonstad vir hulp verleen tydens navorsing in hul biblioteek en argief. Menings uitgespreek in hierdie artikel is uiteraard dié van die outeur.
2 Kyk in die algemeen die invloedryke boek van A.T. Mahan, The influence of sea power upon history 1660-1783 (New York: Hill and Wang, 1960).
3 Kyk die uitstekende artikels van Leopold Scholtz in Die Volksblad, 27 Desember 1994, p. 3 en 19 Junie 1995, p. 8 en in Salut 3(5), Mei 1996, pp. 24-25. Kyk in die algemeen ook G.D. Scholtz, Die Afrikaner en die see (Johannesburg: Voortrekkerpers, 1969).
4 Kyk byvoorbeeld J.C. Goosen (samesteller), Ons vloot: die eerste vyftig jaar (Kaapstad: W.J. Flesch & Partners, 1973; ook in Engels gepubliseer as South Africa's navy: the firstfifty years. Cape Town: W.J. Flesch & Partners, 1973), en C.H. Bennett en A.G. Söderlund, South Africa's navy: a navy of the people and for the people (Simon's Town: SA Navy, 2008). Oor die rol van Suid-Afrika se vlootmagte tydens die Tweede Wêreldoorlog is daar die gesaghebbende werke van L.C.F. Turner et al., War in the southern oceans 1939-45 (Cape Town: Oxford University Press, 1961) en H.R. Gordon-Cumming, Official history of South African naval forces during the Second World War (1939-1945) (Simon's Town: The Naval Heritage Trust, 2008), asook die meer populêre werk van C.J. Harris, War at sea: South African maritime operations during World War II (Rivonia: Ashanti, 1991).
5 Kyk bv. al die uitgawes (sedert eerste verskyning van inligting oor die SA Weermag) van die gesaghebbende The military balance (London: The International Institute for Strategic Studies, 19662014). Kyk ook onderafdeling 5 en voetnoot 81, infra.
6 Kyk bv. http://www.dod.mil.za; http://www.navy.mil.za.
7 Unie-Verdedigingsmagte (meervoud). Toe die Suid-Afrkaanse Verdedigingswysigingswet in 1922 gepromulgeer is, het die "te" aan die einde weggeval.
8 A. du Toit, South Africa's fighting ships past and present (Rivonia: Ashanti, 1992), pp. 5-7, 9-16; I. van der Waag, "'The thin edge of the wedge': Anglo-South African relations, dominion nationalism and the formation of the Seaward Defence Force in 1939-1940", Contemporary British History, 24(4), 2010, pp. 417-449.
9 L.C.F. Turner et al., War in the southern oceans 1939-45 (Cape Town: Oxford University Press, 1961), passim; H.R. Gordon-Cumming, Official history of the South African naval forces during the Second World War (1939-1945) (Simon's Town: The Naval Heritage Trust, 2008),passim; C.J. Harris, War at sea: South African maritime operations during World War II (Rivonia: Ashanti, 1991),passim; Du Toit, pp. 33-167.
10 SA Vlootmuseum (Simonstad): Good Hope, Natal, Transvaal en Vrystaat (lêers); Naval Digest: Journal of the SA Naval Heritage Society 1, Junie 1999, pp. 1-31; Du Toit, pp. 158-167, 201-205; P. J. Henshaw, "The transfer of Simonstown: Afrikaner nationalism, South African strategic dependence, and British global power", The Journal of Imperial and Commonwealth History 20(3), September 1992, pp. 420-444.
11 SA Vlootmuseum: President Kruger, President Steyn en President Pretorius (lêers). Kyk in die algemeen ook C.H. Bennett, Three frigates (Durban: Just Done Productions, 2006),passim; Du Toit, pp. 220-239. Kyk ook die logboeke van die drie Tipe 12-fregatte by die Dokumentasiediens van die SA Nasionale Weermag, Pretoria.
12 Du Toit, pp. 280-287.
13 M. Edmonds and G. Mills, Unchartered waters: a review of South Africa's naval options (Johannesburg: SAIIA, 1996), pp. 29-51.
14 Kyk bv. The Star, 29 April 1994, p. 10; Business Day, 28 April 1994, p. 8; Beeld, 29 April 1994, p. 5.
15 Kyk bv. The Star, 11 May 1994, p. 1; Beeld, 11 Mei 1994, pp. 1, 5; Sunday Times, 15 May 1994, p. 23.
16 Kyk bv. The Star, 26 April 1994, p. 9; Beeld, 26 April 1994, p. 2 en 27 April 1994, p. 12; The Argus, 27 April 1994, p. 12.
17 R. Sharpe (ed.), Jane'sfighting ships 1994-95 (Coulsdon: Jane's Information Group, 1994), pp. 624628.
18 Kyk bv. Naval Forces 19(5), 1998, p. 36; The Cape Times, 1 November 1994, p. 1; Die Volksblad, 5 April 1997, p. 2 en 19 Mei 1997, p. 1; The Mercury, 15 May 1995, p. 2, 16 May 1995, p. 4, 31 January 1996, p. 4, 27 August 1997, p. 2 en 23 March 1998, p. 4.
19 Kyk bv. Financial Mail, 27 February 1998, p. 35; Business Day, 21 July 1998, p. 2; The Citizen, 21 May 1998, p. 8; R. Williams, "Defence in a democracy: The South African Defence Review and the redefinition of the parameters of the national defence debate", www.issafrica.org (16 Oktober 2014).
20Beeld, 19 November 1998, pp. 1-2; Die Volksblad, 19 November 1998, p. 1; The Mercury, 19 November 1998, p. 1; Salut 6(1), Januarie 1999, pp. 14-19.
21Beeld, 4 Oktober 2001, pp. 1-2 en 15 April 2014, p. 2; Die Volksblad, 7 Januarie 2003, p. 5; The Mercury, 19 April 2000, p. 7 en 25 January 2001, p. 4; Sunday Times, 31 December 2000, p. 2; Business Day, 29 August 2014, p. 4; The Citizen, 1 September 2014, p. 12. Kyk in die algemeen ook bv. A. Feinstein, The shadow world: inside the global arms trade (Johannesburg: Jonathan Ball, 2011); P. Holden, The arms deal in your pocket (Johannesburg: Jonathan Ball, 2008).
22 Kyk gegewens vervat op die SA Vloot se amptelike webwerf: http://www.navy.mil.za/ equipment. mil.za/equipment/valour.htm (3 Oktober 2014). Kyk ook S. Saunders (ed.), Jane's fighting ships 2014-2015 (s.l.: IHS, 2014) p. 762; Salut 7(12), December 2000, p. 18; South African Soldier 9(1), January 2002, pp. 21-23; Jane's Defence Weekly 47(36), 8 September 2010, p. 25; Salvo: Armscor's Corporate Journal 1, 2004, pp. 3-5; Veg 2, s.a., pp. 6-9 en 4, s.a., pp. 6-9; Welcome aboard. SAN Meko A 200 Valour class frigate (brosjure wat besoekers aan boord skepe ontvang); Jane's Navy International, 105(6), July-August 2000, pp. 23-29; Bennett en Söderlund, pp. 81-93.
23 Bennett en Söderlund, p. 81; Navy News 22(6), 2003, pp. 16-23; The Mercury, 5 November 2003, p. 1 en 12 November 2003, p. 9. Wat betref die name van die skepe, kyk deurgaans C.H. Bennett, "Names and badges of the Valour class frigates", Naval Digest 12, Maart 2007, pp. 5-76.
24Navy News 23(2), 2004, pp. 17-27; The Mercury, 26 February 2004, p. 3; South African Soldier 11(5), May 2004, pp. 18-19.
25Navy News 23(3), 2004, pp. 15-22; Die Volksblad, 1 Junie 2004, p. 6; The Mercury, 1 June 2004, p. 4; South African Soldier 11(9), September 2004, p. 5.
26Navy News 23(5), 2004, pp. 21-28; South African Soldier 11(11), November 2004, pp. 18-20; The Mercury, 22 September 2004, p. 6.
27 Saunders (ed.), p. 762; Volksblad, 17 Februarie 2006, p. 2; The Mercury, 17 February 2006, p. 1, 22 February 2006, p. 6, 25 July 2006, p. 8, 28 July 2006, p. 5 en 21 March 2007, p. 4; The Witness, 28 July 2006, p. 1; Navy News 26(2), 2007, pp. 18-19; South African Soldier 13(4), April 2006, pp. 16-18.
28 Vir vlootoefeninge waaraan die fregatte in buitelandse waters deelgeneem het, kyk onderafdeling 4.2, infra.
29Navy News 23(5), 2004, pp. 34-35; Pretoria News Weekend, 25 September 2004, p. 8.
30South African Soldier 12(5), May 2005, pp. 30-31; Navy News 25(2), 2006, pp. 28-31; Southern African Shipping 61(3), May 2006, p. 25.
31The Mercury, 20 November 2007, p. 5 en 21 November 2007, p. 4; Navy News 27(6), 2007, pp. 23-25.
32Naval Forces 29(4), 2008, pp. 52-55; Navy News 28(2), 2008, pp. 18-23; The Mercury, 28 January 2008, p. 4 en 20 Februarie 2008, p. 4.
33Navy News 28(3), 2008, pp. 18-23.
34Ibid. 28(4), 2008, pp. 22-25.
35Ibid. 29(1), 2010, pp. 16-20 en 29(2), 2010, pp. 22-23; South African Soldier 17(4), April 2010, pp. 14-15.
36South African Soldier 17(11), November 2010, pp. 20-22.
37Navy News 31(3), 2012, p. 15; South African Soldier 19(4), April 2012, pp. 14-15.
38Navy News 31(5), 2012, p. 6 en 31(6), pp. 16-18; The Mercury, 10 October 2012, p. 7.
39 http://ports.co.za/news/news_2010_10_05_01.php (3 Oktober 2014); Navy News 31(6), 2012, pp. 20-21; Maritime Review Africa, November-December 2012, pp. 28-29.
40 http://ports.co.za/news/news_2013_03_08_01.php (3 Oktober 2014); Navy News 32(2), 2013, pp. 18-19.
41 Kyk in die algemeen die uitstekende werk van C. Manganyi, South African naval diplomacy since 1994 (M.A., University of Stellenbosch, 2013) vir meer besonderhede, in besonder pp. 11-24, 27-30, 131-132, 154-162.
42 Du Toit, p. 232.
43 Vir die vroeëre geskiedenis van Suid-Afrika se grys diplomate, kyk A. Wessels, "Onwaarskynlike ambassadeurs: vlagvertoonvaarte deur Suid-Afrikaanse oorlogskepe, 1922-2002", Joernaal vir Eietydse Geskiedenis 27(3), Desember 2002, pp. 54-81.
44 Navy News 25(4), 2006, pp. 26-31; The Citizen, 22 March 2007, p. 8.
45 Navy News 26(3), 2007, pp. 26-33; Daily News, 4 January 2007, p. 6.
46 Navy News 26(5), 2007, pp. 20-32; Volksblad, 23 Julie 2007, p. 5.
47 Navy News 26(6), 2007, pp. 18-21.
48 Ibid. 28(1), 2009, pp. 16-19.
49 Ibid. 28(5), 2009, pp. 16-19; The military balance 2010 (London: IISS, 2010), p. 460.
50 Navy News 32(6), 2013, pp. 22-23; The Mercury, 27 November 2013, p. 7; Die Burger, 9 Oktober 2013, p. 4.
51 Spindrift/Spun Yarn, September 2014, pp. 3-4; inligting verskaf deur die SA Vlootmuseum, Simonstad (epos, 21 Oktober 2014).
52 Navy News 23(6), 2004, pp. 22-27; South African Soldier 12(1), January 2005, pp. 16-18; The Mercury, 1 November 2004, p. 5 en 4 November 2004, p. 6; Die Burger, 1 November 2004, p. 9.
53 The Independent on Saturday, 21 June 2008, p. 2; Navy News 28(4), 2008, p. 21; waarnemings deur die outeur.
54 Navy News 28(1), 2009, pp. 2, 8-9.
55 Ibid. 28(2), 2009, p. 13; South African Soldier 16(4), April 2009, pp. 14-16.
56 Navy News 31(4), 2012, p. 23.
57 Vir seerowery in die algemeen, kyk bv. A. Konstam, Piracy. The complete history (Oxford: Osprey Publishing, 2008) en vir meer eietydse (21ste eeuse) seerowery, kyk bv. R. Kemp, Pirates (London: Penguin Books, 2010); P. Woodward, Crisis in the Horn of Africa: politics, piracy and the threat of terror (London: I.B. Taurus, 2013) en D.F. Marley, Modern pirates. A reference handbook (Santa Barbara: ABC-CLIO, 2011).
58 Kyk bv. Maritime Review Africa, September-October 2013, pp. 8-11. Kyk ook die spesiale bylae "Maritime Security & Surveillance" by Maritime Review Africa, March-April 2014. Vir 'n realistiese en grootliks histories-korrekte uitbeelding deur die Hollywood-filmbedryf van seerowery, kyk die rolprent Captain Phillips (2013).
59The Mercury, 29 February 2011, p. 5; C. Manganyi et al. (eds), South Africa and Romania: transition to democracy and changing paradigms (Durban: Just Done Productions, 2013), pp. 190-191, 296-297.
60The Mercury, 1 February 2011, p. 4 en 30 March 2011, p. 5.
61 Kyk bv. Navy News 30(4), 2011, pp. 23-25; The Mercury, 1 February 2011, p. 4 en 14 February 2011, p. 2; asook verskeie berigte by http://ports.co.za (2011-2012); Defence Weekly 49(36), 5 September 2012, pp. 24-28; Manganyi, pp. 67-68.
62Navy News, 32(6), 2013, pp. 18-20.
63The Mercury, 21 May 2014, p. 10.
64 Manganyi, pp. 68-72; http://ports.co.za/news/news_2012_06_22_01.php (22 Junie 2012); Navy News 31(3), 2012, pp. 2, 10; The Mercury, 27 June 2012, p. 10.
65Navy News 24(2), 2005, pp. 18-19.
66Ibid. 24(4), 2005, pp. 28-29.
67Ibid. 27(5), 2008, pp. 1-2, 5-7, 9-18, 20-22, 24-25, 27-34, 42; South African Soldier 15(10), October 2008, pp. 10-12; The Mercury, 5 September 2008, p. 3 en 10 September 2008, p. 4; The Independent on Saturday, 6 September 2008, p. 3.
68Navy News 30(1), 2011, p. 21.
69Ibid. 31(6), 2012, p. 6; The Mercury, 5 May 2011, p. 2 en 10 May 2011, p. 3.
70The Mercury, 7 January 2014, p. 4 en 8 January 2014, p. 1; Cape Argus, 7 January 2014, p. 2; Di Burger, 6 Januarie 2014, p. 1; Navy News 32(6), 2013 [sic], p. 21.
71Navy News 29(2), 2010, pp. 24-25 en 29(3), 2010, pp. 18-22; Jane's Defence Weekly 47(36), September 2010, pp. 21, 24; Manganyi, pp. 74-75.
72 Kyk bv. The Mercury, 27 August 2013, p. 3; www.armscomm.org.za/.../sdpp-transcript-201308 (1 Oktober 2014).
73 Bennett and Söderlund, p. [vi].
74 Kyk weer onderafdeling 4.2, supra. Besoeke aan Mosambiek tydens teenseerowerpatrollies word ni in berekening gebring nie.
75 Wessels, pp. 63-65.
76Navy News 26(2), 2007, pp. 20-21; The Citizen, 23 February 2007, p. 2; Pretoria News, 23 February 2007, p. 12; Die Burger, 12 Maart 2007, p. 4.
77 Kyk bv. Cape Times, 20 April 2010, p. 6; Cape Argus, 1 July 2011, p. 9.
78 Weliswaar net 12 jaar as fregat; vanaf 1957-1972 as hidrografiese opmetingskip.
79 http://ports.co.za/news/news_2013_08_06_01.php (1 Junie 2013); Navy News 32(4), 2013, pp. 20-21.
80 Spesiale bylae, Maritime Review Africa, March-April 2014, p. 5; The Mercury, 2 April 2014, p. 6.
81 Edmonds and Mills, p. 17.
82South African Defence Review 2014, http://www.gov.za/documents/detail.php?cid=402524 (3 October 2014).
83 Bennett and Söderlund, pp. 1-6; Saunders (ed.), p. 760.