Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
-
Citado por Google
-
Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Tydskr. geesteswet. vol.55 no.1 Pretoria Mar. 2015
http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N1A10
AKTUEEL
Redakteursnota: Afrikaans as universiteitstaal
Ina Wolfaardt-Gräbe
Januarie 2015
Afrikaans as universiteitstaal
In die vorige uitgawe, Jrg. 54(4), Desember 2014, is belangstellendes uitgenooi om standpunte oor, onder meer, Afrikaans as wetenskapstaal en die herstandaardisering van Standaardafrikaans te debatteer. Ter aanvulling word in hierdie afdeling opsommings/elektroniese aanbiedings van lesings oor Afrikaans as universiteitstaal geplaas. Die lesings is aangebied tydens 'n daglange simposium wat deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns te Pretoria op 24 Julie 2014 georganiseer is.
Die sprekers het toegestem dat die statistiese gegewens opsommenderwys bekend gestel kan word. Sommige van die lesings mag later in artikelvorm gepubliseer word.
Hiermee word weer eens 'n vriendelike uitnodiging aan navorsers gerig om in volgende uitgawes van die Tydskrifvir Geesteswetenskappe op enige van die aspekte of standpunte rondom die status van Afrikaans as wetenskaps/universiteitstaal kommentaar te lewer - hetsy by wyse van repliek en/of 'n eie volwaardige artikel.