SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue1Ons ongehoorde soort: beskouings oor die Werk van Antjie Krog - Louise ViljoenHengelo is Afrika: de Afrikaanse literatuur in Nederland in 2009 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.55 n.1 Pretoria Mar. 2015

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N1A10 

AKTUEEL

 

Redakteursnota: Afrikaans as universiteitstaal

 

 

Ina Wolfaardt-Gräbe

Januarie 2015

 

 

Afrikaans as universiteitstaal

In die vorige uitgawe, Jrg. 54(4), Desember 2014, is belangstellendes uitgenooi om standpunte oor, onder meer, Afrikaans as wetenskapstaal en die herstandaardisering van Standaardafrikaans te debatteer. Ter aanvulling word in hierdie afdeling opsommings/elektroniese aanbiedings van lesings oor Afrikaans as universiteitstaal geplaas. Die lesings is aangebied tydens 'n daglange simposium wat deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns te Pretoria op 24 Julie 2014 georganiseer is.

Die sprekers het toegestem dat die statistiese gegewens opsommenderwys bekend gestel kan word. Sommige van die lesings mag later in artikelvorm gepubliseer word.

Hiermee word weer eens 'n vriendelike uitnodiging aan navorsers gerig om in volgende uitgawes van die Tydskrifvir Geesteswetenskappe op enige van die aspekte of standpunte rondom die status van Afrikaans as wetenskaps/universiteitstaal kommentaar te lewer - hetsy by wyse van repliek en/of 'n eie volwaardige artikel.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License