SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue4Afrikaans as property, and the question of restandardisation"We are people. My children have faces." The natural environment and the conceptualising of the self in My Children Have Faces (Carol Campbell) author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912

Tydskr. geesteswet. vol.54 n.4 Pretoria Dec. 2014

 

NAVORSINGS-  EN OORSIGARTIKELS

 

Moet Afrikaans geherstandaardiseer word?

 

Should Afrikaans be restandardised?

 

 

Gerda Odendaal

Departement Afrikaans en Nederlands Universiteit Stellenbosch godendaal@sun.ac.za

 

 


OPSOMMING

Dit word gedoen deur eerstens 'n oorsig te gee oor die redes waarom Standaardafrikaans veral sedert die 1980's nie as verteenwoordigend van die totale Afrikaanse spraakgemeenskap beskou word nie. Drie redes word hiervoor aangevoer, waaronder die oormatige vernederlandsing van Afrikaans tydens standaardisering, die miskenning van die Engelse invloed op Afrikaans deur middel van anglisismejag, en die miskenning en uitsluiting van ander variëteite van Afrikaans gedurende die standaardiseringsproses.

Trefwoorde: herstandaardisering, standaardisering, Standaardafrikaans, gepolitiseerd, vernederlandsing, anglisisme, diglossie, variëteit, elite-uitsluiting, marginalisering, demokratisering, bemagtig, inklusief


ABSTRACT

Given the international tendency towards democracy, the relevance of standard languages, which are undeniably ideological and discriminatory in nature, is increasingly being questioned. In the Afrikaans speech community the legitimacy of Standard Afrikaans has been questioned since the 1980s due to its association with apartheid. In recent times this awareness of the politicisation of Standard Afrikaans has led some Afrikaans linguists to ask the question whether or not Afrikaans should be restandardised. In an attempt to provide an answer to this question, this paper investigates whether or not restandardisation is desirable from a sociolinguistic viewpoint. This is done by giving an overview of why Standard Afrikaans is not seen as being representative of the entire Afrikaans speech community since the 1980s, why it is necessary that the standard be redefined, and lastly, what the restandardisation of Afrikaans would entail in outline.
There are various reasons why Afrikaans is not representative of the entire Afrikaans speech community, the first being that standardisers relied heavily on Dutch during the standardisation process. By introducing many Dutch loan words into Afrikaans and relying heavily on the Dutch morphosyntacticpattern, the natural development of Afrikaans was disturbed. This Dutchification of Standard Afrikaans gave the standard an artificial nature which made it difficult for speakers of Afrikaans to learn. As a result of anti-British sentiments after the South African War, the standardisation of Afrikaans was also characterised by opposition against Anglicisms in Afrikaans. An attempt was made to remove as many traces of English influence on Afrikaans as possible, thereby denying the real language contact situation. This anti-English attitude further alienated speakers from the standard and led to diglossia in the Afrikaans speech community. Lastly, the vernacular varieties of Afrikaans, especially those spoken by coloured speakers of Afrikaans, were disregarded during standardisation. Not only was Standard Afrikaans appropriated as a "white man's" language, but it was also based on Eastern Cape Afrikaans, which was mainly spoken by white speakers of Afrikaans. The stigmatisation of the vernacular varieties of Afrikaans led to discrimination against the speakers of these varieties on a social, educational and economic level. Vernacular speakers were marginalised as they were often excluded from all language domains for higher functions and have difficulty acquiring the standard language. Seeing as standardisation inhibits variation and strives towards uniformity of linguistic form, one could argue that the standard language cannot be representative of the entire speech community. This view on the standard language as a seemingly innocent variety ignores the fact that standardisation is ideologically motivated, as it favours the elite in a given speech community. This elitist situation is, however, no longer tenable in a democratic society. At the same time, one cannot deny that standard languages play an important role in the political, economic and educational life of a speech community. As democratising language planning, restandardisation can play an important role in resolving this tension in the standard language. As deliberate language planning from above and from below, aimed at revising the form and function of a standard language and influencing the linguistic behaviour of a speech community in order to create a democratic standard, restandardisation is aimed at correcting some social injustice or another in the speech community by standardising the language from a broader varietal base, thereby making the standard language more inclusive and empowering all speakers. This implies that Standard Afrikaans should be redefined in order to include all varieties of Afrikaans, as well as lessening the influence of Dutch on Afrikaans and giving recognition to the influence of English on Afrikaans. Although the Dutch burden on Standard Afrikaans has been lifted to a certain extent over the past years, there are Dutchisms in Afrikaans which make the language unnecessarily formal and alienate speakers. The restandardisation of Afrikaans thus entails that Dutch should no longer be used as norm for Afrikaans. Over the years there has also been greater realism with regard to the influence of English on Afrikaans, but there are still many English loans missing in Standard Afrikaans which have been prevalent in the vernacular for many years. The restandardisation of Afrikaans should lead to a greater acceptance of English influence on Afrikaans, as English often has an enriching effect on Afrikaans. Disregard of this influence may alienate speakers to such an extent that they decide to use English because they have difficulty acquiring Standard Afrikaans. Lastly, there has also been an increased acceptance of other varieties of Afrikaans into the standard. However, much still needs to be done, since especially coloured speakers of Afrikaans feel like strangers in their own language. Standard Afrikaans should be broadened to include not only lexical items from the vernacular varieties of Afrikaans, but also give recognition to grammatical differences. Restandardisation would further require that norms be determined in a democratic manner, so that all speakers may have a say in the structure of the standard. In this way, restandardisation can be utilised to reform Standard Afrikaans in order to serve the entire speech community, thereby reflecting the democratic ideals of society.

Keywords: restandardisation, standardisation, Standard Afrikaans, politicised, Dutchification, Anglicism, diglossia, variety, elite closure, marginalisation, democratisation, empower, inclusive


 

 

1. INLEIDING

Sedert die aanbreek van die laat-modernetyd,1 wat ook beskiyf word as demokratisering (Kristiansen 2009), word standaardtale wêreldwyd toenemend bevraagteken vanweë die gepolitiseerdheid daarvan (sien Odendaal 2012:184-187). Dit is volgens Parakrama (1995:162) duidelik dat die standaardtaal teen minderheidsgroepe en gemarginaliseerde groepe diskrimineer, aangesien dit gewoonlik op die variëteit gebaseer is wat deur die ekonomiese, politieke en kulturele of sosiale elite in die samelewing verkies word en hulle dus daardeur bevoordeel word (Schiffman 1998:369; Willemse 2012:66; Alexander 2013:93-94). Ook in die Afrikaanse spraakgemeenskap word die geldigheid van die standaard veral sedert die 1980's bevraagteken.2 So dui Willemse (2012:66) daarop dat Standaardafrikaans "die stempel van sosiale, kulturele en politieke voorkeure" dra deurdat Afrikanernasionalisme Afrikaans "feitlik eiendomlik opgeëis" het. Met die beëindiging van apartheid het al hoe meer mense egter begin besef dat Afrikaans nie langer sou kon voortbestaan indien dit nie losgemaak word van sy verbondenheid met Afrikanernasionalisme nie. Dit is na aanleiding van hierdie toenemende bewustheid van die gepolitiseerdheid van Standaardafrikaans dat Alexander (2009a:5; 2012:10) die volgende vrae stel:

Kan ons Afrikaans herstandaardiseer of herskep? Behoort ons dit te doen? Is dit goed genoeg om doodgewoon die taal te 'demokratiseer', soos Christo van Rensburg 'n paar jaar gelede voorgestel het? Het ons nie dalk hier voor ons 'n historiese geleentheid om die standaard in 'n meer buigsame vorm te giet nie, een waarin daar onder meer 'n groter, meer verteenwoordigende ruimte geskep word vir die bydrae van Kaaps, Oranjerivier-Afrikaans en ander variante, nie alleen wat betref die leksikon van die taal nie maar ook sy sintaksis, sy morfologie en sy fonologie?

In antwoord op hierdie vrae van Alexander word daar in hierdie beskouende artikel vanuit 'n sosiolinguistiese oogpunt ondersoek ingestel na die wenslikheid van die herstandaardisering van Afrikaans. Dit word gedoen deur 'n oorsig te gee oor die redes waarom Standaardafrikaans veral sedert die 1980's nie as verteenwoordigend van die totale Afrikaanse spraakgemeenskap beskou word nie, waarom dit nodig is dat die standaard verandering moet ondergaan, en laastens wat die herstandaardisering van Afrikaans in breë trekke sou behels.

 

2. IS STANDAARDAFRIKAANS ALMAL SE TAAL?

Standaardafrikaans het volgens Grebe (2009:129) 'n konstruksie van taalentrepreneurs geword wat die natuurlike groei van die taal strem. Dit kan aan verskeie faktore toegeskryf word, waarvan een die oorgekultiveerdheid van Standaardafrikaans is, wat volgens Ponelis (1992:80; 1994:118) veral daaraan toegeskryf kan word dat daar vroeër veels te swaar op Nederlands as voedingsbron vir Standaardafrikaans gesteun is. Die miskenning van die Engelse invloed op Afrikaans wat gekenmerk is deur oordrewe anglisismejag in Standaardafrikaans, het verder tot die konstruksie van Standaardafrikaans bygedra (Ponelis 1992:82; 1994:120).

Een van die primêre faktore wat egter 'n groot groep omgangstaalsprekers van Standaardafri-kaans vervreem het, is die kunsmatige skeiding wat tussen Standaardafrikaans en die omgangsvariëteite van Afrikaans geskep is. Die vernaamste skeiding is dié een wat tydens die apartheidsera tussen sogenaamde "Beskaafde Afrikaans" en "Kleurlingafrikaans"3 geskep is (vgl. Rademeyer 1938 en Le Roux 1939:46). Dit is dan veral bruin Afrikaanssprekendes se taalgebruik wat by die vorming van Standaardafrikaans uitgesluit is. Kleur is volgens Ponelis (1987:4) as politieke begrip verantwoordelik vir die felste nietalige skeiding binne die Afrikaanse taalge-meenskap, te wete tussen wit sprekers (sogenaamde Afrikaners4) en bruin sprekers. In die oorsig wat volg, sal daar gekyk word hoe hierdie drie aspekte bygedra het om 'n standaard van Afrikaans daar te stel wat nie verteenwoordigend is van die totale Afrikaanse spraakgemeenskap nie.

2.1 Die vernederlandsing van Afrikaans

Volgens Willemse (2009) is Afrikaans "teruggesnoei" deur die proses van standaardisering en die aanvaarding van 'n bepaalde vorm van Afrikaans aan die begin van die twintigste eeu:

Die Afrikaanse taalvorm wat vandag sonder twyfel Germaanse taalkenmerke vertoon, is nie uit-en-uit 'n organiese gegewe nie, maar een wat doelbewus in 'n bepaalde rigting genavigeer is. (Willemse 2011:6)

Hierdie perspektief word deur Mühlhäusler (1999:128) gedeel, wat meen dat Afrikaans nie 'n "natuurlike" taal is nie, deurdat dit die gevolg is van menslike inmenging in die vorm van standaardisering en beplanning.

Daar is tydens die standaardisering van Afrikaans sterk gesteun op die taal se Nederlandse wortels en Nederlandse vorme het tot 'n groot mate in Standaardafrikaans neerslag gevind. Dat die band tussen Nederlands en Afrikaans vir die opstellers van die eerste Afrikaanse woordelys en spelreëls van besondere belang was, blyk byvoorbeeld uit die voorwoord waarin daar gemeld word dat "Hollands [...] die onmisbare bron [is] waaruit Afrikaans moet put, oral waar voorlopig nie deur eie taalmiddels in die behoeftes kan voorsien word nie" (Le Roux, Malherbe & Smith 1917:iii). So is talle leenwoorde van Nederlands oorgeneem wat tot die grootskaalse vernederlandsing van Afrikaans gelei het (Roberge 2003:31).

'n Studie waarin Uys (1983:177-218) die taalgebruik wat in die briewekolomme van Transvaalse koerante van 1866 tot 1900 voorgekom het, vergelyk met Standaardnederlands aan die begin van die twintigste eeu en Standaardafrikaans sedert 1925, dui op die vernederlandsing wat in die twintigste eeu in Afrikaans plaasgevind het. Waar vorme soos doet, gaat, slaat en staat byvoorbeeld kenmerkend was van Transvaalse Afrikaans van die negentiende eeu, is hierdie vorme deurgaans as doen, gaan, slaan en staan gestandaardiseer in ooreenstemming met die aanvaarde Nederlandse vorme van die twintigste eeu (Uys 1983:215; sien Uys 1983 vir 'n meer gedetailleerde bespreking in hierdie verband).

Met die 1933-Bybelvertaling is Afrikaans ook in ooreenstemming met Nederlands gebring deurdat moeilik verstaanbare Nederlandse konstruksies dikwels gebruik is (Stell 2008:32). Beskou byvoorbeeld die eerste vers van Psalm 1 in die 1933-vertaling:

Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie

Die ooreenkoms van die 1933-vertaling met die Nederlandse Statebybel is opmerklik:

Welgelucksalich is de man, die niet en wandelt in den raet der godtloosen, noch staet op den wech der sondaren, noch sitt in't gestoelte der spotteren.

Dat dit in die 1933-vertaling nie bloot gaan om 'n baie formele vorm van Standaardafrikaans nie, maar dat daar gestreef is om so ná as moontlik aan Nederlands te bly, word duidelik wanneer 'n mens dit met dieselfde vers in die 1983-vertaling vergelyk:

Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie.

Hieruit is dit duidelik dat daar uiteindelik geleidelik wegbeweeg is van die sterk Nederlandse invloed (vgl. par. 4).5

Die gedrukte media het ook tot die band tussen Afrikaans en Nederlands bygedra (vgl. Ponelis 1993:51-54; Stell 2008:32). Die algemene strategie soos voorgeskryf in grammatikaboeke was om terug te val op die Nederlandse morfosintaktiese patroon, soos die aandrang op die behoud van die onderskeid tussen "swak" en "sterk" voltooide deelwoorde wat as attributiewe adjektiewe optree, byvoorbeeld "die aangewysde persoon" teenoor "die aangewese persoon", waar laasgenoemde die aanbevole standaardvorm is6 (Stell 2008:32). Daar is ook 'n terugkeer na Nederlandse eienskappe bepleit, ten koste van die Afrikaanse vorme wat reeds in die gesproke taal bestaan het (sien bv. Steyn 1987 vir 'n bespreking van Gustav S. Preller en ander Transvaalse joernaliste en skrywers se oproep om die uitbreiding van die imperfektum in die Afrikaanse skryftaal).

De Villiers (1985:34) dui daarop dat doelbewuste ontlening, soos met die vernederlandsing van Afrikaans, 'n nodige en regverdigbare proses is in die uitbreiding van die standaardvariëteit. Dat Nederlands in dié proses ook 'n belangrike rol gespeel het "as skans teen verengelsing" "[i]n 'n poging om die voortbestaan van Afrikaans te verseker in 'n tydvak waarin daar nog nie sprake van 'n eie Afrikaanse politieke substruktuur was nie", is nie te misken nie (Uys 1983:157):

Alleen 'n gevestigde kultuurtaal, Nederlands, gerugsteun deur 'n politieke onderbou, sou in staat wees om teen 'n ander gevestigde kultuurtaal, Engels, stand te hou. (Uys 1983:157)

Indien ontlening egter ten koste van bestaande taalvorme plaasvind met die doel om die status van die ontlenende taal daardeur te verhoog, lei dit daartoe dat die standaardvariëteit heelwat van sy natuurlike aard inboet (De Villiers 1985:34). So dui Uys (1983:171) daarop dat baie tipiese "Boere-Afrikaanshede" in die proses moontlik in die slag gebly het ten gunste van Nederlandse spreek-woorde en uitdrukkings. Sodoende het baie omgangstaalvorme nooit deel van die skryftaal geword nie en is die natuurlike groeilyn van Afrikaans versteur (Van Rensburg, in Coetzee 1982:283). Hierdie proses was volgens Willemse (2009) dus 'n "inborstrokking" [lees: inperking] van Afrikaans.

Dit laat volgens Uys (1983:175) die vraag ontstaan of die Nederlandse patroon nie dikwels onnodig bygehaal is waar dit nie noodwendig waarde tot Afrikaans toegevoeg het nie:

Behou ons nie in dié proses allerlei hiperkorrekte skryftaalvorme, vorme wat geen juiste weergawe van die Afrikaanse taal is nie? Doen ons dit net ter wille van die verband met Nederlands èf word die eie vorme as "te plat" beskou, omdat hulle hul eie ontwikkelingsloop geneem het en dus te ver van Nederlands afgewyk het? [...] Gelyk gegee, die aanvanklike teruggryp na Nederlands het 'n doel gedien - 'n doel waarin Afrikaans tot volle wasdom kon kom; maar waarom moet ons vandag nog aan hierdie verskynsel toegee?

2.2 Miskenning van die invloed van Engels op Afrikaans

Hierdie taalgrens tussen Afrikaans en Engels was volgens Van der Waal (2012a:459) een van die sentrale aspekte in die konstruksie van Standaardafrikaans en het daartoe gelei dat baie Engelse ontlenings wat dekades reeds in die omgangstaal gevestig is, swaar gestigmatiseer en uit Standaardafrikaans geweer is (Van Rensburg 1991:18). Donaldson (1991:82) noem as voorbeeld hiervan die volgende: A.N.E. Changuion het reeds in 1844 die gebruik van een in uitdrukkings soos 'n mooi een waargeneem, maar in 1978 het J.P. Botha en J.M.H. van Aardt steeds die gebruik daarvan ontmoedig - 134 jaar later.

Coetzee (1982:282) dui daarop dat Engelse woorde voor die amptelike erkenning van Afrikaans vrylik deur Afrikaanssprekendes gebruik en verafrikaans is. In dié tyd is Engels nie as 'n bedreiging vir Afrikaans beskou nie, maar dit is aangewend om leemtes in die Afrikaanse woordeskat te vul (Coetzee 1982:282). Ná die Suid-Afrikaanse Oorlog7 (1899-1902) het Afrikaans egter die taal geword wat geassosieer is met die bevrydingstryd teen Britse oorheersing en dit was aan die voorpunt van die Afrikaners se stiyd om bevryding en gelykheid op ekonomiese en politieke gebied (Donaldson 1991:63, 143). Die vyandiggesindheid tussen Afrikaans- en Engelssprekendes en hulle begeerte om Afrikaans en Engels met verskillende kulture te vereenselwig, het daartoe gelei dat Afrikaanse taalkundiges en leksikograwe 'n poging aangewend het om Afrikaans linguisties te "suiwef' (Gouws 1993:62). Anti-Engelse ingesteldhede het vanaf die 1930's skerp toegeneem en 'n sterk puristiese taalbeweging het nie net die aandag op die Engelse invloed op die Afrikaanse leksikon en sintaktiese strukture gefokus nie, maar het ook lede van die ontwikkelende Afrikaanse spraakgemeenskap aangemoedig om die gebruik van Engels in alle amptelike en privaat gesprekke te vermy8 (Deumert 2004:274-275). So het die instellings betrokke by die taalbeplanning van Afrikaans op alle vlakke die invloed van Engels op Afrikaans aktief teengestaan (McCormick 2006:99). Gevolglik is Afrikaanssprekendes volgens Willemse (2011:6) vir jare "belas met 'n nasionale taalstryd wat dateer uit die tyd van die 19de en vroeg-20ste eeuse Britse imperium".

Die standaardisering van Afrikaans het 'n doelbewuste poging behels om die taal van anglisismes te "suiwer", deurdat natuurlike ontlenings aan Engels tot 'n groot mate deur die kontroleproses tydens standaardisering uit die standaardvariëteit van Afrikaans geweer is (De Villiers 1985:35; Roberge 2003:31). Gouws (1993:51) sê in hierdie verband:

Die ideaal om Afrikaans as onafhanklike taal naas die wêreldtaal Engels te laat ontwikkel, het 'n puristiese drang laat ontstaan wat gelei het tot talle pogings om die werklikheid van die taalkontak-situasie te ontken en om die invloed van Engels op Afrikaans te minimaliseer of te neutraliseer.

In die stryd teen Engels is daar ook dikwels weer teruggegryp na Nederlands (De Villiers 1985:38), deurdat die vernederlandsing van Afrikaans "as kruk teen Engelse en Britse oorheersing gebruik" is (Willemse 2013:77). Laasgenoemde is 'n aanduiding van die hegte band tussen die vernederlandsing van Afrikaans (sien par. 2.1) en die miskenning van die invloed van Engels op Afrikaans.

Net soos wat Nederlands in die beginjare van die standaardisering van Afrikaans 'n belangrike rol gespeel het in die kodifisering en uitbreiding van die taal, sou 'n mens kon aanvoer dat die anti-Engelse ingesteldheid van standaardiseerders 'n nodige en regverdigbare proses was in die uitbou van Afrikaans as selfstandige taal naas Engels. So dui Ponelis (1994:126-127) byvoorbeeld daarop dat "[d]ie massale Engelse invloed op Afrikaans [...] 'n oorweldigende uitwerking [het] op die selfstandigheid van Afrikaans". Die norm "anders wees as Engels" het egter daartoe gelei dat 'n groot deel van Afrikaans se gemeenskaplike Germaans Romaanse erfgoed as anglisisties afgeskryf is, wat tot onsekerheid en taalverarming by Afrikaanssprekendes gelei het (Coetzee 1982:282; Van Rensburg 1983:137; Combrink 1986:59). Daarom meen Ponelis (1998:66) dat, alhoewel dit "inderdaad nodig [is] om die selfstandigheid van Standaardafrikaans te probeer behou", dit "[a]an die ander kant [...] onverstandig [is] om lank gevestigde Engelse ontlenings, wat nou onder die naam van Anglisismes bestiy word, konsekwent te stigmatiseer". Voorbeelde wat hy in dié verband noem, is "taalfoute" soos Blaffende honde byt nie, 'n kans vat, iets met iemand in gemeen hê, iemand 'n guns doen, op diens wees en met moord wegkom, wat volgens hom "onvoorwaardelik as korrek" beskou moet word (Ponelis 1998:66).

Volgens Steyn (1980:332) lei 'n puristiese ingesteldheid tot taal ook gewoonlik tot soveel reëls en beperkings dat dit die taal styf maak en die sprekers afskrik om dit te gebruik. In 1946 maak Kempen (in Donaldson 1991:71) die stelling dat daar al soveel anglisismes "ontdek" is, dat die gewone Afrikaanse taalgebruiker nie eens meer sy buurman kan groet sonder dat daar 'n anglisisme insluip nie. Die oordrewe anglisismejag het dus aanleiding gegee tot 'n al hoe groter wordende gaping tussen die Afrikaanse standaardtaal en die omgangstaal (De Villiers 1985:38). Daar kan gesê word dat daar 'n diglossiese verhouding tussen die Afrikaanse standaardtaal en omgangstaal bestaan (Ponelis 1992:80; 1994:118; 1998:5-6).

'n Toestand van diglossie heers in 'n taal wanneer daar 'n gaping tussen die standaardtaal en omgangstaal ontwikkel het, sodat die standaard- en omgangstaal, alhoewel hulle verwante taalvorme is, tog ingrypend van mekaar verskil (Ponelis 1992:79-80; 1994:117-118). Ponelis (1992:82; 1994:121) meen dat die verwydering tussen die standaard van Afrikaans en die omgangstaal om verskeie redes te betreur is. Die diglossiese situasie is eerstens ongunstig aangesien dit die standaard lossny van die omgangstaal en die verryking van die standaard deur die omgangstaal bemoeilik. Dit is vir die gesonde groei van 'n standaardtaal noodsaaklik dat daar 'n organiese band met die omgangstaal bestaan, omdat die standaardtaal voortdurend deur die omgangstaal verryk word en so 'n verbondenheid die toeganklikheid van die standaard verhoog (Ponelis 1992:79, 82; 1994:117, 121). 'n Diglossiese toestand sal ook die verwerwing van geletterdheid in Standaardafrikaans belemmer en bemagtiging deur middel van Afrikaans kompliseer (Ponelis 1992:82; 1994:121). Omdat die standaard nie op 'n natuurlike wyse aangeleer word nie, sal die standaard nooit geïnternaliseer word nie, wat linguistiese onsekerheid by lede van die spraakgemeenskap sal veroorsaak - 'n toestand wat nadelige gevolge vir die lewenskragtigheid van die taal kan inhou (De Villiers 1985:114).

Naas diglossie, het taalpurisme nog negatiewe gevolge vir Afrikaans ingehou. Dit het daartoe bygedra om "suiwer" Afrikaans as die nasionale taal van opgevoede wit Afrikaners te vestig (Deumert 2004:275). Engels-Afrikaanse kodewisseling is toenemend met bruin sprekers van Afrikaans geassosieer en is binne die Afrikanergemeenskap as 'n teken van lae sosiale status beskou en as 'n "onsuiwer" gebruik van Afrikaans afgewys (Deumert 2004:275; Van der Waal 2012b:7). Dit blyk byvoorbeeld uit die volgende uitspraak van Le Roux in Die Taalgenoot van 1932 (in Donaldson 1991:65-66):

Vandag tref ons die mees onsuiwere Afrikaans nog maar net by kleurlinge, verengelstes en half-opgevoedes, en helaas! by amptenare. [...] Deur sy bontheid doen sterk gemengde taal net so pynlik aan soos die veelkleurige doek van 'n kaffermeid.

Die bruin Afrikaanssprekendes se kodewisselingspraktyke is afgemaak as "gemixte taal" en dit het tot die marginalisering van hierdie sprekers bygedra (Deumert 2004:275-276). Sulke sienings oor kodewisseling dui egter volgens Van der Waal (2012b:7) op 'n wanbegrip van die waarde wat dit vir sprekers inhou; dit is 'n strategie om hulle sosiale gebondenheid aan 'n sosiale orde uit te druk wat nie deur wit nasionalistiese oorwegings verdeel word nie.

2.3 Miskenning van die ander variëteite van Afrikaans

Dit is onbetwisbaar so dat Standaardafrikaans van die begin af reeds doelbewus 'n rassekwessie gemaak is en dat hierdie Afrikaans inderdaad 'n witmanstaal was, soos wat baie Afrikanernasionaliste in die daaropvolgende jare trots sou verkondig. So het S.J. du Toit, leier van die Eerste Taalbeweging, dit duidelik gemaak dat hy hom in sy baanbrekende literêre werke doelbewus aan die taal van die Boere gehou het. Dertig jaar later het C.J. Langenhoven na Afrikaans verwys as "die enigste witmanstaal wat nie onmiddellik oor die see kom nie" en nog 'n voorvegter vir Afrikaans, J.H.H. de Waal, het na Afrikaans verwys as "de taal van de Afrikaander".9 So is Afrikaans, volgens Willemse (2012:69) "van vroeg af gekonstrueer as deel van 'n opkomende etnolinguistiese identiteit, Afrikanernasionalisme".

Van Rensburg (1992:189) meen dat die variëteit wat die basis vir huidige Standaardafrikaans gevorm het,10 genaamd Oosgrensafrikaans,11 slegs 'n "wit" taal is. Deelname aan die besluit-nemingsprosesse rakende Afrikaans is beperk tot die taal van wit Afrikaanssprekendes en hulle kulturele liggame12 (Van Rensburg 1999:81). Dit het skynbaar, aldus Van Rensburg (1999:81), nie by hulle opgekom dat Afrikaans ook uit verskeie ander variëteite bestaan nie, en dat die sprekers van Oosgrensafrikaans hoofsaaklik wit was, terwyl die sprekers van die ander variëteite nie wit was nie en oor geen politieke mag beskik het nie. Afrikaans is dus in sy wit middelklasvariëteit gestandaardiseer (Giliomee 2005:279; Van der Waal 2009:2).

Die verskeidenheid wat Afrikaans sedert sy ontstaan getoon het, is om ideologiese redes uit die beskouing van Afrikaans gedefinieer, sodat Afrikaans as voertuig van wit nasionalisme gemitologiseer is (Stander & Jenkinson 1993:30; Du Plessis 2001:70). Dit het tot gevolg gehad dat die sosiolektiese vorme van Afrikaans 'n ondergeskikte posisie in die standaardisering van Afrikaans ingeneem het (Stander & Jenkinson 1993:30). Variante taalvorme wat van die standaardvorme verskil het, is in die proses gestigmatiseer deurdat kenmerke van ander variëteite as niestandaardvorme uit die taalgebruik van normerende instansies geweer is (Kotzé 2009:4; 2010:162). So is Standaardafrikaans van baie van sy "slawewoorde" "gereinig" en van sy "Kleurlingskap" "gesuiwer" deurdat baie Maleis-Polinesiese leksikale items byvoorbeeld nie as deel van Standaardafrikaans erken is nie13 (Pokpas 1991:24; Davids 1994:45). Ook om hierdie rede is Standaardafrikaans volgens Willemse (2012:66) "nie 'n neutrale kennisgegewe nie" aangesien dit "histories die spore van die bewuste onderbeklemtoning en selfs die voortgesette verswyging van 'n aansienlike deel van die Afrikaanse spraakgemeenskap" dra.

Buiten diglossie en die negatiewe implikasies daarvan (sien par. 2.2), het die marginalisering van die ander variëteite van Afrikaans ook bepaalde negatiewe sosiale, opvoedkundige en ekonomiese gevolge vir die sprekers van dié variëteite ingehou (Van de Rheede 2012:120). Eerstens het dit tot gevolg gehad dat omgangstaalsprekers dikwels hulle eie variëteite as mindere Afrikaans beskou (het) (Hendricks 2012:6). Dit is een van die faktore wat in baie gevalle daartoe gelei het dat omgangstaalsprekers van Afrikaans opgehou het om Standaardafrikaans te gebruik en so ver gegaan het om Engels as kultuurtaal te gebruik (Ponelis 1987:10; 1998:69). Dit is dus duidelik dat standaardisering 'n prys het, naamlik die moontlike vervreemding van variëteitsprekers (Ponelis 1987:10).

Die vervreemdende effek wat Standaardafrikaans op baie variëteitsprekers van Afrikaans het, het ook nog 'n ander ernstiger kant. Standaardafrikaans voldoen net aan die helfte van sy sprekers se behoeftes op onderwysgebied, aldus Van Rensburg (1992:187). Die verskille tussen Standaardafrikaans en ander variëteite van Afrikaans het veral daartoe gelei dat 'n groot groep Afrikaanssprekende leerders agterkom dat hulle 'n ander "taal" moet aanleer, waaraan hulle taalvaardigheid onder andere gemeet word, wanneer hulle na 'n Afrikaanse skool gaan (Van Rensburg 1992:187). Daar kan, in die woorde van Bamgbose (2000:16), na die variëteitsprekers van Afrikaans as die "magteloses" verwys word, aangesien kinders nie deur middel van hulle moedertaalvariëteit onderrig in die skool ontvang nie. Dit kan daartoe lei dat hulle sukkel om in die skoolomgewing aan te pas, wat 'n negatiewe invloed op hulle kognitiewe en affektiewe ontwikkeling kan hê (Batibo 2005:115). Webb (1996:182) waarsku dat 'n mens nie die sosiopsigologiese gevolge verbonde aan die dwang om op skool 'n variëteit te gebruik wat struktureel en affektief van jou moedertaalvariëteit verskil, moet onderskat nie. Hierdie sosiopsigologiese gevolge sluit dinge in soos taalonsekerheid, 'n gebrek aan selfvertroue, lae selfbeeld, en uiteindelike skolastiese mislukking (Webb 1996:182). Southwood en Van Dulm (2009:3) dui byvoorbeeld in 'n studie daarop dat al die taaltoetse wat ontwikkel is vir gebruik met Afrikaanssprekende kinders,14 nie vir sprekers van Kaapse Afrikaans ontwikkel is nie, wat meebring dat tipies ontwikkelende kindersprekers van Kaapse Afrikaans verkeerdelik as taalgestremd gediagnoseer word wanneer hierdie toetse met hulle uitgevoer word (Southwood & Van Dulm 2009:9). De Villiers (1985:107) dui daarop dat 'n groot gedeelte van hierdie kinders vir die res van hulle lewe, ten spyte van onderrig in die standaardvariëteit, steeds gepenaliseer word vir hierdie onvermoë om die standaard suksesvol te hanteer.

Standaardafrikaans is verder binne die Afrikaanse spraakgemeenskap aangewend om die hegemonie van wit moedertaalsprekers van Afrikaans te help onderhou deur middel van wat Myers-Scotton (1990:25) "elite-uitsluiting" (elite closure) noem. Dit verwys na die geneigdheid van die sosiopolitieke elite om diegene wat nie die dominante taalvariëteit magtig is nie, uit effektiewe deelname in ekonomiese en politieke arenas en dus uit magsposisies in die spraakgemeenskap uit te sluit deur sekere taalvoorwaardes daar te stel (Myers-Scotton 1990:25, 27; Chick & Wade 1997:272). As gevolg van die vernederlandsing en de-anglisering van Afrikaans, het daar 'n diglossiese situasie binne die taal ontstaan (sien par. 2.2). Maar omdat wit Afrikaanssprekendes tot 1994, en selfs tot 'n groot mate daarna, beter opvoedingsgeleenthede as hulle bruin eweknieë gehad het, kon die wit Afrikaanssprekendes beter toegang tot die elitevariëteit en gevolglik die sosio-ekonomiese voordele en politieke mag kry, terwyl bruin sprekers van Afrikaans tot 'n groot mate hieruit uitgesluit is (Chick & Wade 1997:272). So is elite-uitsluiting dus aangewend vir die sosiale mobilisering van wit Afrikaanssprekendes (Myers-Scotton 1990:40).

 

3. MOET STANDAARDAFRIKAANS ALMAL SE TAAL WEES?

In die literatuur word standaardisering dikwels gedefinieer as 'n proses waaruit daar uit 'n toestand van variëteitverskeidenheid 'n eenheidstaal ontstaan wat deur soveel moontlik sprekers verstaan en gebruik word (Van der Wal 1995:1; Kotzé 2012:32). Die standaardvariëteit verskaf'n eenvormige manier waarop daar gekommunikeer kan word en sodoende 'n geïnstitusionaliseerde norm wat in die massamedia, onderwys, ensovoorts, aangewend kan word (Webb & Sure 2000:65). Die standaardvariëteit dien dus as breër, bodialektiese kommunikasiemedium, 'n tipe lingua franca (De Villiers 1985:42). Die primêre taalkundige gevolg van suksesvolle standaardisering is 'n hoë mate van eenvormigheid van struktuur. Dit word bereik deur die onderdrukking of inhibering van taalkundige verandering en "opsionele" variasie (Milroy 1999:26-27). Hoe eenvormiger die standaardtaal is, hoe toegankliker is dit vir moedertaalgebruikers, maar ook vir vreemdtaliges wat die taal wil aanleer (Ponelis 1992:72; 1994:107).

Gegewe die bodialektiese en eenvormige aard van die standaardvariëteit, kan 'n mens vra of dit hoegenaamd geldig is om te praat van 'n verteenwoordigende standaardvariëteit. 'n Mens sou enersyds kon argumenteer dat die eenvormigheidsvereiste impliseer dat standaardvariëteite in wese nie al die variëteite van 'n taal kán akkommodeer nie, en andersyds dat die standaardvariëteit as bodialektiese vorm die besit is van almal wat dit gebruik. Sulke argumente wil die standaard egter as 'n onskuldige variëteit voorhou wat nie deur ideologiese oorwegings onderlê word nie. So dui die eenvormigheidsvereiste uit die staanspoor daarop dat standaardisering nie deur toleransie gekenmerk word nie (Kotzé 2011:749). Diegene wat die standaardvariëteit in 'n onskuldige lig sien, vergeet dat die standaard ook die variëteit van 'n taal is wat 'n bepaalde status en aansien in die spraakgemeenskap geniet deurdat die sprekers dit as die "goeie" of "korrekte" vorm beskou en waarna sprekers hulle taalgebruik wil rig (De Villiers 1985:27; Odendal 1994). Dit is gewoonlik die variëteit wat ten eerste as die enigste vorm van 'n bepaalde taal beskou word, byvoorbeeld Standaardafrikaans word gelyk gestel aan Afrikaans (Ponelis 1998:4). Dit is volgens Kotzé (2011:749-750) dus duidelik dat standaardisering "'n gunstige raamwerk skep vir die ontstaan van 'n talige elite" waar eerstetaalsprekers van die standaard as gevolg van hulle meerdere gebruikskennis van die standaard bevoordeel word, terwyl daar teen diegene gediskrimineer word wat nie sodanige kennis van die standaard het nie, maar dit "moet baasraak om toegang te verkry tot kennis en opwaartse mobiliteit in die gemeenskap". Net so is Standaardafrikaans "nie 'n onskuldige, waardevrye gegewe nie", aldus Willemse (2012:81).

Die elitistiese aard van die standaard is egter nie 'n houdbare situasie in 'n demokratiese samelewing waar gelyke beregtiging vooropgestel word nie. Standaardisering belemmer meestal die oogmerke van demokratisering, deurdat dit nie gelyke geleenthede aan die sprekers van alle variëteite voorsien "om hulle deur middel van die taalmedium wat hulle die beste beheers, ten volle in staatkundige verband te kan uitdruk en uitleef' nie, aldus Kotzé (2011:749-750). Alexander (2009b:3) dui daarop dat die moontlikheid om die taal te gebruik waarin 'n mens die vaardigste is, bemagtigend is, terwyl dit ontmagtigend is indien 'n mens nie daardie taalvorm kan gebruik nie:

Being able to use the language(s) one has the best command of in any situation is an empowering factor and, conversely, not being able to do so is necessarily disempowering. The self-esteem, self-confidence, potential creativity and spontaneity that come with being able to use the language(s) that have shaped one from early childhood (one's mother tongue(s)) is the foundation of all democratic polities and institutions. To be denied the use of this language is the very meaning of oppression. (Alexander 2013:96)

Beteken dit dat ons in die toekoms sonder 'n standaardtaal sal moet klaarkom? Odendal (1992:21) dui daarop dat 'n taal se kanse op oorlewing, asook verdere uitbouing en opbloei, versterk word indien die taal oor 'n gestandaardiseerde variëteit beskik. Die noodsaaklikheid van standaardtale in die lewe van moderne gemeenskappe is ook nie weg te redeneer nie. Die standaardvariëteit is onder andere die variëteit wat aangewend word om die hoër funksies in die politieke, ekonomiese en opvoedkundige lewe van die spraakgemeenskapte te vervul (Webb 2010:197; Kotzé 2011:749).

Aan die een kant het ons dus 'n standaardvariëteit wat nie langer van nut is in 'n demokratiese samelewing nie, aangesien dit nie verteenwoordigend is van die totale Afrikaanse spraakgemeenskap nie. Maar aan die ander kant benodig ons, veral in 'n veeltalige land soos Suid-Afrika, 'n standaard vir die hoër funksies van Afrikaans. Volgens Agamben (in Krog 2004:5) verkeer alle tale in spanning. Aan die een kant word daar na vernuwing en transformasie gestreef en aan die ander kant word daar na stabiliteit en handhawing gestreef. Die vraag is egter hoe hierdie spanning binne Afrikaans opgelos kan word. Kotzé (2011:757) dui daarop dat demokratisering en standaardisering nie binêre opposisie hoef te verteenwoordig nie. Herstandaardisering, as demokratiserende taalbeplanning, het hierin 'n belangrike rol te speel (Sien ook Odendaal 2012).

 

4. MOET ONS HERSTANDAARDISEER?

As doelbewuste taalbeplanning van bo en van onder wat daarop gemik is om die vorm en funksie van 'n standaardtaal te hersien en die taalgedrag van 'n spraakgemeenskap te beïnvloed ten einde 'n demokratiese standaard daar te stel, behels herstandaardisering die regstelling van een of ander sosiale ongeregtigheid in die spraakgemeenskap deur die standaardisering van die betrokke taal op 'n breër variëteitbasis sodat die standaardtaal meer inklusief gemaak word om daardeur alle sprekers te bemagtig (Odendaal 2012:197; sien Odendaal 2012 vir 'n meer gedetailleerde bespreking van hierdie definisie van herstandaardisering). Wanneer ek dit dus het oor die herstandaardisering van Afrikaans, gaan dit daaroor dat Standaardafrikaans geherdefinieer of verbreed moet word ten einde die politieke onregte wat in die taal self ingebed is, reg te stel, met ander woorde dat sprekers nie onnodig benadeel word omdat hulle taalgebruik weens politieke redes nie deel uitmaak van die standaard nie (vgl. par. 2.3). Dit gaan uiteindelik om die demokratisering van Standaardafrikaans sodat alle sprekers van Afrikaans wat aanvanklik by die standaardiseringsproses uitgesluit is, ook 'n tuiste in die standaardtaal sal vind en hulle daardeur bemagtig sal word (Sien ook Odendaal 2012). Dit gaan dus in herstandaardisering nie net om die herdefiniëring van die taal nie, maar ook om die regstelling van politieke onregte wat in die taal self ingebed is, of soos Du Plessis (1992:18) dit stel:

Daar is in sowel die korpus as die status koloniale dorings wat bly sit en wat ons een vir een sal moet uittrek.

Herstandaardisering is nie slegs die "lippetaal-erkenning" van die Afrikaanse variëteitverskeidenheid nie, maar 'n ernstige hersiening van die Afrikaanse taalvorm ten einde ruimte te maak vir die rykheid van Afrikaans se variëteite (Pokpas 1991:24); "'n doelbewuste proses van insluiting en verruiming van Standaardafrikaans" (Willemse 2012:65). Dit sou verder ook behels dat die vernederlandsing van Afrikaans teengewerk word en dat die invloed van Engels op Afrikaans groter erkenning in die taal moet geniet.

Veral op die gebied van erge Nederlandismes is daar al groot vordering in die standaardisering van Afrikaans gemaak. 'n Voorbeeld hiervan is woorde soos abonnement, invité, kade, keuken, leuk, nu, pindakaas, plunje en sinaasappel, om maar enkeles te noem, wat nog in Tweetalige Woordeboek/Bilingual Dictionary (1984) voorkom, maar nie meer in sy opvolger Pharos Afrikaans-Engels/English-Afrikaans Woordeboek/Dictionary (2005) opgeneem is nie (sien Schoonheim 1998:54 vir nog voorbeelde in hierdie verband). Ofskoon 'n groot hoeveelheid van die Nederlandse ballas in Standaardafrikaans afgeskud is, is daar volgens Eksteen (1985:182) nog heelwat spelgebruike wat die Nederlandse tradisie in Afrikaans bestendig. Die diepgaande invloed van Nederlands op Afrikaans is byvoorbeeld te sien in die handhawing van v en f, en ei en y in die Afrikaanse ortografie,15 hoewel die onderskeid nie in Afrikaans so prominent is soos in Nederlands nie (vgl. Eksteen 1985:186; Van Rensburg 1991:26-27; 1992:193). Die invloed word ook in die leksikon waargeneem met die behoud van woorde soos briewebesteller, felisitasie, felisiteer, gebroeders, gewente, grint, pardon, telefoneer en eiwit in die 2009-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls,16 asook woorde soos giraf, keuwel, leuter, luifel, moedervlek, omraster, parasol en visite17 in die Pharos Afrikaans-Engels/English-Afrikaans Woordeboek/Dictionary (2005) (vgl. Schoonheim 1998:54). In die herstandaardisering van Afrikaans moet daar dus eerstens gekyk word na die vernouing van die gaping tussen Standaardafrikaans en die spraakgemeenskap deur die uitskakeling van Nederlandismes wat die taal onnodig styf en formeel maak en sodoende die taal van die sprekers vervreem. Odendal (1973:30) meen dat Nederlands nie aan Afrikaans kan voorskryf hoe dit daar moet uitsien nie en dat dit hoog tyd is dat normeerders soos grammatika- en woordeboekskrywers nie Nederlands as norm vir Afrikaans gebruik nie. Die herstandaardisering waarom dit vir Du Plessis (1992:27) gaan, is dat Afrikaans nie bloot as 'n verlengstuk van Nederland en sy Europese herkoms gesien moet word nie, maar dat Afrikaans juis histories kon oorleef omdat dit 'n stuk van Afrika kon opneem, en ook tans steeds in Afrika hoort.

Daar is oor die jare ook na groter realisme in Standaardafrikaans beweeg deurdat toenemend meer woorde van Engelse afkoms in normeringsbronne en woordeboeke opgeneem is. Tog word Afrikaans al hoe meer deur Engels beïnvloed vanweë die noue verwantskap waarin hierdie twee tale in Suid-Afrika ontwikkel. Die volgende woorde en uitdrukkings word egter steeds as anglisismes aangedui: dien (afslaan), oppak (ingee/breek), angstig (gretig/begerig), boek (bespreek), op diens, en so aan, refleksiewe gebruik van geniet, haarself (in sinne soos "Sy het haarself afgevra"), inluister (bv. na die radio), volume (jaargang), lees (in sinne soos "Dit lees soos volg"), mal gaan (oor iets), meen (beteken), Jou mes inhê vir iemand, as sulks uit en uit jou voete vind.18

'n Baie nugterder benadering tot die Engelse invloed op Afrikaans is volgens Ponelis (1998:66) nodig, aangesien Engels dikwels 'n venykende invloed op Afrikaans het (Slabber 1991:18). In navorsing wat deur De Wet (1997:389-391) onderneem is oor Afrikaanssprekendes se persepsie van die omgangsvariëteite en standaardvariëteit van Afrikaans en die gebruik van anglisismes, het respondente onder andere aangedui dat hulle Standaardafrikaans in baie opsigte as té formeel, outyds, onnatuurlik en selfs snobisties en lagwekkend beskou, en hulle verkies gevolglik in die praktyk heelwat Engelse woorde in Omgangsafrikaans bo "suiwer Afrikaanse" ekwivalente. Dit maak daarom nie sin om "Anglisismes fanaties uit te ruk en te probeer elimineer" nie, aangesien dit taalgebruikers van Afrikaans sal vervreem en dit nodig is om die selfstandigheid van Standaardafrikaans te probeer behou (met ander woorde dat sprekers nie oorskakel na Engels as kultuurtaal omdat hulle nie die Afrikaanse ortografiese standaard kan baasraak nie) (Slabber 1991:18; Ponelis, in Gouws 1993:59; Ponelis 1998:66).

Die nóú taalkontaksituasie waarin Afrikaans en Engels in Suid-Afrika verkeer, konfronteer herstandaardiseerders egter ook met die vraag tot watter mate die invloed van Engels op Afrikaans in die standaard erken moet word en taalgrense in stand gehou moet word. Met ander woorde, waar hou Afrikaans op en begin Engels? Hierdie taalkontaksituasie, soos weerspieël in die toenemende Afrikaans-Engelse kodewisseling in veral stedelike Wes-Kaapse Afrikaans en Noord-Kaapse Afrikaans, asook die grootskaalse vermenging van Afrikaans en Engels in Kaapse Vernakulêre Afrikaans, is volgens Stell (2012) die primêre uitdaging vir Afrikaanse taalbeplanners wat hulle met die herstandaardisering van Afrikaans bemoei. Dit is daarom belangrik dat herstandaardiseerders ook hierdie kwessie met omsigtigheid moet oorweeg, maar nie moet toelaat dat hierdie anglisismevrees hulle verhoed om hoegenaamd met die vraag van taalgrense te worstel en sodoende die verryking van Afrikaans deur Engels te verhoed deur Afrikaans in 'n kunsmatige Nederlandse vorm te dwing nie.

Alhoewel daar oor die jare heen ook 'n groter oopgesteldheid ontwikkel het vir Afrikaans in sy volle draagwydte ten opsigte van alle variëteite van Afrikaans, byvoorbeeld deur die insluiting van woorde uit die Afrikaanse Moslemgemeenskap (Hendricks 2010), dui Le Cordeur (2010:5) daarop dat baie bruin Afrikaanssprekendes "steeds soos bywoners in hul eie taal voel". Volgens Hendricks (2014:17) word die standaardiseringsgeskiedenis van Afrikaans gekenmerk deur 'n gewilligheid om die standaardvariëteit te verryk deur ontlenings aan Suid-Afrikaanse Afrikatale, ander tale van die wêreld (Duits, Frans, Russies, ens.) en tot 'n mate selfs Engels, maar 'n traagheid om items uit die histories gemarginaliseerde variëteite van Afrikaans op te neem. "Dis as't ware 'n geval van 'n omarming van die ander, maar 'n miskenning of geringskatting van die eie", aldus Hendricks (2014:17). Woorde soos saimde ("dieselfde"), promis ("belowe/belofte"), davarent ("verskillende"), ghamixte ("gemengde"), laik ("hou van"), fair ("regverdig"), gewees was/is/'et, en maskie ("miskien"), waarvan sommige reeds in 1844 deur Changuion in sy Proeve van Kaapsch Taaleigen aangeteken is en vandag steeds gebruik word, ontbreek egter nog in normeringsbronne (Davids 2011:124, 248). Ook woorde uit Kaapse Afrikaans soos ietse (mv. van iets) en skoonbroer (na analogie van skoonsuster) en uitdrukkings soos dik hou, kaart skiet, stuk sny en sout hou, of die Namakwalandse onlekker is soek in hierdie bronne (Willemse 2011:8; 2012:82). Daarom behoort die gelykstelling van die verskillende variëteite van Afrikaans volgens Van de Rheede (2012:124) prioriteit te wees vir almal wat belang het by die bevordering en handhawing van Afrikaans in 'n demokratiese samelewing.

Alhoewel ander sosiolinguiste soos Ponelis (1998:68) oorweging geskenk het aan die moontlikheid om Afrikaans te herstandaardiseer deur die dialektiese basis van Standaardafrikaans in ooreenstemming met die suidwestelike (Kaapse) variëteit van Afrikaans te verander, is ek van mening dat só 'n drastiese stap nie haalbaar is nie. Alhoewel die verkaapsing van die standaard Standaardafrikaans toegankliker sal maak vir 'n groot aantal Afrikaanssprekendes, sal dit eweneens gebruikers van die ander variëteite vervreem (Ponelis 1998:68). Mense is gewoonlik traag om verandering te aanvaar, en des te meer indien daardie verandering te ingrypend of drasties is. Deur die positiewe aspekte van die bestaande standaard te behou, is daar 'n groter kans dat die spraakgemeenskap uiteindelik die voorgenome veranderinge aan die standaard sal aanvaar en dus die nuwe standaard sal gebruik. Dit sou myns insiens ook onprakties en kortsigtig wees om die bestaande standaard as geheel te skrap. In die woorde van Kotzé (2011: 3) wil 'n mens "tog nie die standaardisasie (of herstandaardisasiewiel) weer uitvind en kompulsief uit jou eie foute leer as daar iets uit ander se ondervinding te leer is nie". Hendricks (2014:16-17) som die standpunt wat in hierdie artikel gehuldig word goed op wanneer hy die volgende sê:

Dit gaan myns insiens nie daaroor dat die huidige standaardvariëteit laat vaar moet word en dat, as 'n radikale historiese regstellingsaksie, óf Suidwestelike Afrikaans óf Noordwestelike Afrikaans as basis moet dien vir die totstandbring van 'n nuwe standaardvariëteit nie. So 'n rewolusionêre stap hou in elk geval die risiko in dat Afrikaans as geheel sal inplof (Hendricks 2011:113). Waaroor dit hier wel gaan, is dat die huidige standaardvariëteit uitgebrei of verryk kan word deurdat veral variante en/of innovasies vanuit Suidwestelike Afrikaans óf Noordwestelike Afrikaans, d.i. die twee dialekte wat blykens Ponelis aan die begin van die twintigste eeu as basis vir standaardisering gediskwalifiseer is, vryelik en toenemend toegang tot die standaardvariëteit sal verkry.

Dit sou behels dat die basis van Standaardafrikaans verbreed word deur meer kenmerke van die ander variëteite van Afrikaans in die standaard in te voer, deur bestaande en nuwe wisselvorme en uitdrukkings as volwaardige Afrikaans te aanvaar, en deur die amptelike erkenning van hierdie vorme in woordeboeke en normeringsbronne (Van Rensburg 1991:24; 1992:190; Swanepoel 1995:48; Van de Rheede 2012:115; Willemse 2012:84). As ons Afrikaans wil begunstig, moet ons die standaardtaal volgens Combrink (1991a:13; 1991b:9; 1991c:4) so soepel moontlik maak. Dit geld die aanvaarding van morfologiese verskynsels, soos samestellings wat in -goed eindig (bv. Antie Sara-goed), dubbele meervoude (bv. emmerse), dubbele verkleining (bv. nessietjie), die gebruik van die suffiks -lik om adjektiewe te vorm (bv. anderlik, huidiglik), die verbuiging van attributiewe adjektiewe wat andersins nie verbuig word nie (bv. 'n ope deur, 'n arme man), naamwoorde in die enkelvoud wat andersins as meervoud gebruik word (bv. "'n klomp skaap"), asook die erkenning van leksikale items wat oor verskillende betekenisse in verskillende variëteite van Afrikaans beskik (bv. aantreklik - "mooi/sieklik"; agterent - "boude/einde"; ontuis -"ongemaklik/nie tuis nie") en die erkenning van idiomatiese uitdrukkings uit ander variëteite van Afrikaans (bv. 'n hand met 'n gat hê - "spandabelrig wees"; kieriegeld - "staatspensioen"; buitetronk - "opgeskorte vonnis") (Bosch 2000:57-58). Hiermee saam moet taalnorme op 'n demokratiese wyse bepaal word, deurdat die hele spraakgemeenskap seggenskap het in die infrastruktuur van die taal (De Villiers 1985:37, 52; Sonn 1990:5-6; Stander & Jenkinson 1993:36; sien ook Odendaal 2012:196). Sodoende sal die negatiewe stigma wat aan die niestandaardvariëteite van Afrikaans kleef en die negatiewe houdings jeens hierdie variëteite bestry kan word, en sal dit vir alle lede van die spraakgemeenskap makliker word om die standaardvariëteit te gebruik (Van Rensburg 1997:50; Webb 1997:228; Huss & Lindgren 2011:7; sien ook Odendaal 2012:193).

 

5. SLOT

Gegewe die veranderde sosiopolitieke werklikheid in Suid-Afrika waar Afrikaans nie meer ’n voorvereiste of selfs wenslik is vir sosiale mobiliteit nie, waarsku Willemse (2012:87) dat “ons ernstig [sal] moet besin” oor hoe Standaardafrikaans in die toekoms gaan lyk:

Ons moet voortgaan om die geskiedenis van eensydigheid, selfsug en eksklusiwiteit af te lê. Ons moet ons gedeelde verantwoordelikheid aanvaar om Afrikaans oop te herkonseptualiseer. (Willemse 2012:87)

In hierdie artikel is ’n poging aangewend “om Afrikaans oop te herkonseptualiseer” deur eerstens ’n oorsig te gee van argumente wat oor die jare aangevoer is waarom Standaardafrikaans nie verteenwoordigend is van die totale Afrikaanse spraakgemeenskap nie, waarna die noodsaaklikheid van ’n standaardvariëteit vir Afrikaans uitgelig is. Hierdie spanning tussen die ontoereikendheid van die standaard aan die een kant en die noodsaaklikheid vir ’n standaard aan die ander kant, is uiteindelik opgelos deur te dui op die belangrike rol wat herstandaardisering hierin te speel het. Daar is in breë trekke aangedui hoe herstandaardisering ingespan kan word om Standaardafrikaans te hervorm ten einde die totale Afrikaanse spraakgemeenskap tot diens te wees en sodoende die demokratiese ideale van die samelewing te weerspieël. In ’n opvolgartikel sal daar meer gedetailleerde voorstelle gemaak word oor die wyse waarop die herstandaardisering van Afrikaans prakties aangepak kan word.

 

BIBLIOGRAFIE

Alexander, N. 2009a. Afrikaans as a language of reconciliation, restitution and nation building. Paper presented at the "Roots" conference. 22-23 September, University of the Western Cape, Bellville. Alexander, N. 2009b. The value of multilingualism. Paper presented at the "International conference on language policy, planning and support in higher education: Challenges of multilingualism". 17-20 November, Spier Wine Farm, Stellenbosch.         [ Links ]

Alexander, N. 2012. Om Afrikaans te herskep. In K.K. Prah (red.). VeelkantigerAfrikaans. Streeksvariëteite in die standaardvorming. Kaapstad: CASAS, pp. 5-15.         [ Links ]

Alexander, N. 2013. Thoughts on the New South Africa. Johannesburg: Jacana.         [ Links ]

Bamgbose, A. 2000. Language and exclusion: The consequences of language policies in Africa. London: Transaction.         [ Links ]

Batibo, H.M. 2005. Language decline and death in Africa: Causes, consequences and challenges. Clevedon: Multilingual Matters.         [ Links ]

Bosch, B. 2000. Ethnicity markers in Afrikaans. International Journal of the Sociology ofLanguage, 144:5168.         [ Links ]

Bosman, D.B., Van der Merwe, I.W. & Hiemstra, L.W. (oorspronklike reds.); Joubert, P.A. & Spies, J.J. (reds.: agste uitgawe).1984.8Tweetalige Woordeboek/BilingualDictionary. Kaapstad:Tafelberg. Carstens, W.A.M. 1993. Inleiding tot die sosiolinguistiek IV: Die ontwikkeling en onderskeiding van Afrikaans se standaardvariëteite. Tydskrif vir Taalonderrig, 27(2):114-143.         [ Links ]

Chick, J.K. & Wade, R. 1997. Restandardisation in the direction of a new English: Implications for access and equity. Journal of Multilingual and Multicultural Development, 18(4):271-284.         [ Links ]

Coetzee, A.E. 1982. 'n Heroriëntering van die begrip standaardtaal en 'n voorstudie van die ontwikkeling van standaard-Afrikaans gedurende die 20e eeu. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 22(4):271-289, Desember.         [ Links ]

Combrink, J.G.H. 1984. Afrikaans in Afrika. In K.P. Prinsloo & M.C.J. van Rensburg (reds.). Afrikaans: stand, taak, toekoms. Pretoria: HAUM Opvoedkundige Uitgewery, pp. 43-58.         [ Links ]

Combrink, J.G.H. 1986. Taalnorme vir Afrikaans. Die Taalpraktisyn, 2:46-62.         [ Links ]

Combrink, J.G.H. 1991a. Makliker om Afrikaans korrek te skryf met nuwe Woordelys. Die Burger, 8 Mei:13. Combrink, J.G.H. 1991b. Korrekte taal makliker met nuwe Woordelys. Die Volksblad, 10 Mei:9. Combrink, J.G.H. 1991c. Skryf maklik reg met Woordelys. Die Oosterlig, 13 Mei:4.         [ Links ]

Davids, A. 1994. The contribution of the slaves to the genesis of Afrikaans. In V. February (red.). Taal en identiteit: Afrikaans en Nederlands. Kaapstad: Tafelberg, pp. 39-53.         [ Links ]

Davids, A. 2011. The Afrikaans of the Cape Muslims. Pretoria: Protea.         [ Links ]

Deumert, A. 2004. Language standardization and language change: The dynamics of Cape Dutch. Amsterdam: John Benjamins.         [ Links ]

De Villiers, A. 1985. Standaardafrikaans en Omgangsafrikaans in Pretoria. Ongepubliseerde MA-tesis. Pretoria: Universiteit van Pretoria.         [ Links ]

De Wet, J.P. 1997. Afrikaans: 'n Ideologiese besinning in 'n multilinguistiese Suid-Afrikaanse bestel. Ongepubliseerde D.Litt. et Phil.-proefskrif. Pretoria: UNISA.         [ Links ]

Donaldson, B.C. 1991. The influence of English on Afrikaans. A case study of linguistic change in a language contact situation. Pretoria: Academica.         [ Links ]

Du Plessis, H. 1992. En nou, Afrikaans? Pretoria: J.L. van Schaik.         [ Links ]

Du Plessis, H. 2001. Die ontwikkeling van die Afrikaanse variasietaalkunde. In A. Carstens & H. Grebe (reds.). Taallandskap. Pretoria: Van Schaik, pp. 69-80.         [ Links ]

e-HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse taal [CD-ROM].         [ Links ] 2009. Beskikbaar: Pearson Education SA [2014, 10 September].

Eksteen, L.C. 1985. Die rol van die Akademie in die standaardisering van die Afrikaanse spelling. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 10:169-200.         [ Links ]

Giliomee, H.B. 2004. Die Afrikaners - 'n Biografie. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Giliomee, H.B. 2005. 'n Algemeen geldende basis vir Afrikaans? Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 45(2):276-282.         [ Links ]

Gouws, R.H. 1993. Normatiewe leiding in woordeboeke: 'n Nuwe benadering. Lexikos, 3:49-66.         [ Links ]

Grebe, H. 2009. Wij spreken zo niet onder ons - Taalstandaardisasie en die konstruksie van identiteit. LitNet Akademies, 6(1), Maart:128-141.         [ Links ]

Grebe, H. 2010. Die Oosgrenshipotese as geografiese en teoretiese konstruk. LitNet Akademies, 7(3):195-211.         [ Links ]

Hendricks, F. 2010. Persoonlike onderhoud.         [ Links ] [Klankopname op CD]. 21 April, Wellington.

Hendricks, F. 2012. Die aard en konteks van Kaaps: 'n Verledetydse, eietydse en toekomsperspektief. Referaat gelewer by die simposium "Kaaps in fokus". 19-20 Julie, Universiteit van Wes-Kaapland, Bellville.         [ Links ]

Hendricks, F. 2014. Met Ponelis op die spoor van Praatafrikaans. Referaat gelewer by die Fritz Ponelis-gedenklesing. 24 Julie, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch.         [ Links ]

Huss, L. & Lindgren, A.-R. 2011. Introduction: Defining language emancipation. International Journal of the Sociology of Language, 209:1-15. Joseph, L.H. 1991. Ghoema vir meer humanitêre Afrikaans. Karring, 6(3), November:16-19.         [ Links ]

Kapp, P. 2009. Draer van 'n droom. Hermanus: Hemel & See Boeke.         [ Links ]

Kotzé, E. 2009. Hoe standaard kan 'n taal wees? Perspektiewe op die teenstrydighede van Afrikaans. Referaat gelewer by die kongres "Roots". 22-23 September, Universiteit van Wes-Kaapland, Bellville.         [ Links ]

Kotzé, E. 2010. Destandaardisasie en herstandaardisasie. Gelyklopende prosesse in die nuwe Suid-Afrika? In M. van der Wal & E. Francken (reds.). Standaardtalen in beweging. Amsterdam: Stichting Neerlandistiek VU, pp. 153-169.         [ Links ]

Kotzé, E. 2010. Onderhoud gevoer tydens Taalkommissie-sitting op 21 April. Wellington.         [ Links ] [Digitale opname in besit van navorser].

Kotzé, E. 2011. Demokratisering en standaardisering - Teenstrydige doelwitte vir inheemse tale? Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 51(4):746-757.         [ Links ]

Kotzé, E. 2012. Standaardisering en 'mainstreaming' - die kloutjie by die oor. In K.K. Prah (red.). Veelkantiger Afrikaans. Streeksvariëteite in die standaardvorming. Kaapstad: CASAS, pp. 30-43.         [ Links ]

Kristiansen, T. 2009. The nature and role of language standardisation and standard languages in late modernity.         [ Links ] [Online]. Available: http://dgcss.hum.ku.dk/exploratoryworkshops/proposal/ (2014, 5 August).

Krog, A. 2004. Só maak die taaldebat wel saak. Rapport, 19 September: 5        [ Links ]

Le Cordeur, M. 2010. Ek doen wat ek doen omdat ek wil. Rapport, 4 April:5.         [ Links ]

Le Roux, J.J. 1939. Praatjies oor ons Taal. Kaapstad: Nasionale Pers.         [ Links ]

Le Roux, T.H., Malherbe, D.F. & Smith, J.J. 1917. Afrikaanse woordelijs en spelreëls. Bloemfontein: Het Volksblad-drukkerij.         [ Links ]

McCormick, K. 2006. Afrikaans as a lingua franca in South Africa: The politics of change. International Journal of the Sociology of Language, 177:91-109.         [ Links ]

McLachlan, J.D. 2012. Bondige oorsig van die standaardiseringsgeskiedenis van Afrikaans. In K.K. Prah (red.). VeelkantigerAfrikaans. Streeksvariëteite in die standaardvorming. Kaapstad: CASAS, pp. 16-29.         [ Links ]

Milroy, J. 1999. The consequences of standardisation in descriptive linguistics. In T. Bex & R.J. Watts (eds). Standard English: The widening debate. London: Routledge, pp. 16-39.         [ Links ]

Mühlhäusler, P. 1999. More on non-canonical creoles. Journal ofPidgin and Creole Languages, 14:121-130.         [ Links ]

Myers-Scotton, C. 1990. Elite closure as boundary maintenance: The case of Africa. In B. Weinstein (ed.). Language policy and political development. Norwood, New Jersey: Ablex, pp. 25-42.         [ Links ]

Nienaber, P.J. & Heyl, J.A. (reds.). s.a. Pleidooie in belang van Afrikaans. Deel II. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.         [ Links ]

Odendaal, G. 2012. Restandardisation defined as democratising language planning. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 42:183-203.         [ Links ]

Odendal, F.F. 1973. Aspekte van taal. Kaapstad: Nasou.         [ Links ]

Odendal, F.F. 1992. Standaardafrikaans en Statusafrikaans. Aambeeld, 20(1), Junie:18-23.         [ Links ]

Odendal, F.F. (red.). 19943. Verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse taal (HAT). Johannesburg: Perskor.         [ Links ]

Parakrama, A. 1995. De-hegemonizing language standards: Learning from (post)colonialEnglishes about 'English'. London/New York: Macmillan/St. Martin's Press.         [ Links ]

Pharos Afrikaans-Engels/English-Afrikaans Woordeboek/Dictionary. 2005. Kaapstad: Pharos.         [ Links ]

Pieterse, H.J. 1994. Taalpolitiek en "Alternatiewe Afrikaans". Ongepubliseerde D.Litt. et Phil.-proefskrif. Pretoria: UNISA.         [ Links ]

Pieterse, H.J. 1995a. Alternative Afrikaans. Language Matters, 26:59-84.         [ Links ]

Pieterse, H.J. 1995b. "Alternatiewe Afrikaans": 'n Historiese oorsig en tipologie. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, Supplement 26, November:133-162.         [ Links ]

Pieterse, H.J. 1998/1999. Hegemonie, Standaardafrikaans, "Alternatiewe Afrikaans" en "Aktuele Afrikaans". Tydskrif vir Letterkunde, 36(4)/37(1), November/Februarie:59-73.         [ Links ]

Pokpas, L. 1991. Hoe lyk Afrikaans in 'n bevryde Suid-Afrika? Democracy in Action, Februarie/Maart:24.         [ Links ]

Ponelis, F.A. 1987. Die eenheid van die Afrikaanse taalgemeenskap. In H. du Plessis & T. du Plessis (reds.). Afrikaans en taalpolitiek: 15 Opstelle. Pretoria: HAUM, pp. 3-15.         [ Links ]

Ponelis, F.A. 1992. Standaardafrikaans in oorgang. In V.N. Webb (red.). Afrikaans ná apartheid. Pretoria: J.L. van Schaik, pp. 69-89.         [ Links ]

Ponelis, F.A. 1993. The development of Afrikaans. Frankfurt am Main: Peter Lang.         [ Links ]

Ponelis, F.A. 1994. Standaardafrikaans in oorgang. In V. February (red.). Taal en identiteit: Afrikaans en Nederlands. Kaapstad: Tafelberg, pp. 106-128.         [ Links ]

Ponelis, F.A. 1998. Standaardafrikaans en die Afrikaanse taalfamilie. Universiteit van Stellenbosch Annale, 1998(1):1-80.         [ Links ]

Prah, K.K. (red.). 2012. Veelkantiger Afrikaans. Streeksvariëteite in die standaardvorming. Kaapstad: CASAS.         [ Links ]

Rademeyer, J.H. 1938. Kleurling-Afrikaans: Die taal van die Griekwas en Rehoboth-Basters. Amsterdam: Swets & Zeitlinger.         [ Links ]

Roberge, P.T. 2003. Afrikaans. In A. Deumert & W. Vandenbussche (eds). Germanic standardizations: Past to present. Amsterdam/Philadelphia: John Benjamins, pp. 15-40.         [ Links ]

Schiffman, H.F. 1998. Standardization or restandardization: The case for "Standard" Spoken Tamil. Language in Society, 27(3):359-385.         [ Links ]

Schoonheim, F. 1998. Een studie naar aspecten van de invloed van de Nederlandse lexicografie op Afrikaanse woordenboeken. Ongepubliseerde magistertesis. Stellenbosch: Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

Slabber, C. 1991. Afrikaans word vryer...en steak bly steak. Die Burger, 26 Mei:18.         [ Links ]

Sonn, F.A. 1990. D.F. Malherbe-gedenklesing 9: Die toekoms van Afrikaans. Acta Varia, 1:1-15.         [ Links ]

Southwood, F. & Van Dulm, O. 2009. Die poeliesman het 'n gun: Die prestasie van Kaapssprekende plattelandse leerders op 'n Afrikaansmedium taaltoets wat dialek-neutraal sou wees. LitNet Akademies, 6(3), Desember:1-15.         [ Links ]

Stander, M. & Jenkinson, A.G. 1993. Geïnstitusionaliseerde taal binne 'n nuwe bedeling. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 11(1):30-37, Februarie.         [ Links ]

Stell, G. 2008. Deviance from academic norms in standard spoken Afrikaans: The profile presented by '7de Laan speech'. Unpublished PhD dissertation. Brussels: Vrije Universiteit Brussel.         [ Links ]

Stell, G. 2012. [Persoonlike korrespondensie]. 28 September.         [ Links ]

Steyn, J.C. 1987. Trouwe Afrikaners. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.         [ Links ]

Steyn, J.C. 1980. Tuiste in eie taal: Die behoud en bestaan van Afrikaans. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Swanepoel, P. 1995. Fö djou aais ounlie. Insig, 31 Maart:48.         [ Links ]

Taalkommissie (van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns). 2009 (Tiende, verbeterde en omvattend herbewerkte uitgawe). Afrikaanse woordelys en spelreëls. Kaapstad: Pharos Woordeboeke.         [ Links ]

Uys, M.D. 1983. Die vernederlandsing van Afrikaans. Ongepubliseerde D.Litt.-proefskrif. Pretoria: Universiteit van Pretoria.         [ Links ]

Van de Rheede, C. 2011. Die rol van Afrikaanse poniekoerante soos die Son in die belyning van geografiese variëteite van Afrikaans met die hoofstroom. In K.K. Prah (red.). Veelkantiger Afrikaans. Streeksvariëteite in die standaardvorming. Kaapstad: CASAS, pp. 112-124.         [ Links ]

Van der Waal, C.S. 2009. Identity politics and language policy: The 'taaldebat' (language debate) about the place of Afrikaans at Stellenbosch University. Paper presented at the "International conference on language policy, planning and support in higher education: Challenges of multilingualism". 17-20 November, Spier Wine Farm, Stellenbosch.         [ Links ]

Van der Waal, C.S. 2012a. Creolisation and purity: Afrikaans language politics in post-apartheid times. African Studies, 71(3), December:446-463.         [ Links ]

Van der Waal, C.S. 2012b. Purity and creolisation in post-apartheid Afrikaans culture and identity. Paper presented at the "Stellenbosch Forum". 3 May, Stellenbosch University, Stellenbosch.         [ Links ]

Van der Wal, M.J. 1995. De moedertaal centraal. Standaardisatie-aspecten in de Nederlanden omstreeks 1650. Den Haag: Sdu.         [ Links ]

Van Eeden, E.S. 1999. 'n Oorlog met vele name - standpunte en realiteite oor "dié Oorlog" (1899-1902) in Suid-Afrika. Literator, 20(3):175-199.         [ Links ]

Van Rensburg, C. 1991. Wat van 'n Nuwe Afrikaans? Acta Academica, 23(3):13-33.         [ Links ]

Van Rensburg, C. (red.). 1997. Afrikaans in Afrika. Pretoria: J.L. van Schaik.         [ Links ]

Van Rensburg, M.C.J. 1983. Nie-standaardvorme, variasiepatrone en Afrikaans uit die vorige eeu. In G.N. Claassen & M.C.J. van Rensburg (reds.). Taalverskeidenheid. 'n Blik op die spektrum van taalvariasie in Afrikaans. Pretoria/Kaapstad/ Johannesburg: H & R-Academica, pp. 134-161.         [ Links ]

Van Rensburg, M.C.J. 1989. Soorte Afrikaans. In T.J.R. Botha (reds.). Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde (2de, hersiene uitgawe). Pretoria/Kaapstad: Academica. pp. 436-467.         [ Links ]

Van Rensburg, M.C.J. 1992. Die demokratisering van Afrikaans. In VN. Webb (red.). Afrikaans ná apartheid. Pretoria: J.L. van Schaik, pp. 181-197.         [ Links ]

Van Rensburg, M.C.J. 1999. Afrikaans and apartheid. International Journal of the Sociology of Language, 136:77-96.         [ Links ]

Viljoen, H., et al. 2013. Piekfyn Afrikaans -'n Geïntegreerde taalteks. Leerderboek Graad 9 Huistaal. Pretoria: Best Books.         [ Links ] [Intyds]. Beskikbaar: http://books.google.co.za/books?id=eYhRBAAAQBAJ&pg=PP1&lpg=PP1&dq=%22Piekfyn+Afrikaans+Leerderboek+Graad+9&source=bl&ots=dfWuMDJ yCC&sig=6LfeiA98LSyODimrcOy-KJD-SKU&hl=en&sa=X&ei=HcgqVPaVGcGd7ga6-4G4CA&ved=0CEMQ6AEwBQ#v=onepage&q=%22Piekfyn%20Afrikaans%20Leerderboek%20 Graad%209&f=false (2014, 30 September).

Webb, V. 1996. English and language planning in South Africa: The flip-side. In V. de Klerk (ed.). Focus on South Africa. Amsterdam: John Benjamins, pp. 175-190.         [ Links ]

Webb, V. 1997. Afrikaans in een democratiserend Zuid-Afrika. Ons Erfdeel, 40(2):225-236.         [ Links ]

Webb, V. 2010. Standaardafrikaans: 'n Vurk in die pad? 'n Taalpolitieke perspektief. In M. van der Wal & E. Francken (reds.). Standaardtalen in beweging. Amsterdam: Stichting Neerlandistiek VU, pp. 193214.         [ Links ]

Webb, V & Sure, K. (eds). 2000. African voices. An introduction to the languages and linguistics of Africa. Cape Town: Oxford University Press Southern Africa.         [ Links ]

Willemse, H. 2009. Praat Saam: Waarheen ontwikkel Afrikaans? [Klankopname].         [ Links ] 3 November.

Willemse, H. 2011. Afrikaanse variëteite: Voorlopige kantaantekeninge by die veelkantige storie van Afrikaanssprekenheid. Referaat gelewer by die simposium "Mainstreaming Afrikaans regional varieties". 24-25 Januarie, Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere, Pinelands.         [ Links ]

Willemse, H. 2012. Om 'n veelkantiger Afrikaans te bedink. In K.K. Prah (red.). Veelkantiger Afrikaans. Streeksvariëteite in die standaardvorming. Kaapstad: CASAS, pp. 64-89.         [ Links ]

 

 

Gerda Odendaal is verbonde aan die Universiteit Stellenbosch waar sy sedert 2013 'n nadoktorale genoot in die Departement Afrikaans en Nederlands is. Sy behaal in 2012 haar PhD aan dieselfde universiteit nadat haar magister studie na 'n doktorale studie omgeskakel is. As toppresteerder in die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe ontvang sy twee keer 'n Rektorstoekenning vir Uitnemende Prestasie in Akademie. Verskeie beurse en vakpryse is ook aan haar toegeken. Sedert 2009 doseer sy deeltyds Afrikaanse taalkunde op voorgraadse en nagraadse vlak, in die besonder sosiolinguistiek en taalbe-planning. Sy hou haar ook besig met navorsing in die historiese taalkunde en leksikografie, en woon gereeld plaaslike en internasionale kongresse by.
Gerda Odendaal is affiliated to Stellenbosch University where she is a postdoctoral fellow at the Department of Afrikaans and Dutch since 2013. She obtained her PhD at the same university in 2012 after her Master's study was upgraded to a doctoral study. As top student in Stellenbosch University's Faculty of Arts and Social Sciences, she received a Rector's Award for Excellence in Academic twice in a row. She has also been awarded various other prizes and bursaries. Since 2009 she teaches Afrikaans linguistics at undergraduate and postgraduate level part-time, particularly sociolinguistics and language planning. Her other areas of interest include historical linguistics and lexicography, and she regularly attends local and international conferences.
1 Hierdie term, wat deur sosioloë gebruik word om eietydse geskiedenis te beskryf, beskryf die tydperk wat gekenmerk word deur die ondermyning van maghebbers, die verspreiding van mag en die reg van individue om aan openbare debatvoering deel te neem (Kristiansen 2009).
2 Vgl. "Alternatiewe Afrikaans", Pieterse (1994), (1995a), (1995b), (1998/1999); "Nuwe Afrikaans", Van Rensburg (1991), (1992); "Aktuele Afrikaans", De Wet (1997); "Veelkantiger Afrikaans", Prah (2012).
3 Hierdie term word met voorbehoud gebruik, aangesien ek daarvan bewus is dat hierdie term as vernederend deur bruin sprekers van Afrikaans ervaar kan word. Ek vereenselwig my ook geensins met hierdie en soortgelyke raspejoratiewe nie.
4 Afrikaners word in hierdie artikel gebruik soos dit hoofsaaklik in die eerste helfte van die twintigste eeu gedefinieer is, naamlik enigiemand wie se hoogste lojaliteit aan Suid-Afrika was en wat Hollands/ Afrikaans sy of haar regmatige plek in die land gun, maar wat hoofsaaklik gedui het op wit Afri-kaanssprekendes wat die Gereformeerde geloof aangehang het (Giliomee 2004:307).
5 Sien Uys (1983:238-254) vir 'n meer gedetailleerde bespreking oor die taal van die Bybel as voorbeeld van vernederlandsing.
6 Hierdie onderskeid word byvoorbeeld steeds in skoolhandboeke aan leerders geleer (vgl. Viljoen et al. 2013: Afdeling 3, Aktiwiteit 2).
7 Daar bestaan nog ses ander name vir hierdie oorlog. Aangesien elk van die sewe benamings 'n moontlike ideologiese perspektief kan weerspieël, is daar om praktiese redes in hierdie artikel volstaan met die oudste gebruiksvorm (Vgl. Van Eeden 1999).
8 Vergelyk in hierdie verband Die Handhaaf en Bou!-kongres van 1929 wat aanbevelings gemaak het aan lede van die pas gestigte Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) vir die gebruik van Afrikaans in die alledaagse lewe. Hierin word verskeie situasies genoem waar lede "uitsluitlik Afrikaans [sal] besig" (Deumert 2004:275).
9 Sien onder meer Giliomee (2004:320); Alexander (2009a:4), (2012:9-10); Davids (2011:86-87); McLachlan (2012:20); Nienaber & Heyl (s.a.:3)].
10 In 'n meer onlangse studie bevraagteken Grebe (2010) of Standaardafrikaans wel op Oosgrensafrikaans gebaseer is. Vir die doel van hierdie artikel is die benaming en klassifikasie van verskillende variëteite van Afrikaans egter nie soseer van belang nie. Wat hier eerder van belang is, soos in par. 2.3 aangedui, is dat 'n spesifieke sprekersgroep van Afrikaans, naamlik bruin sprekers van Afrikaans, by die standaardisering van Afrikaans uitgesluit is.
11 Oosgrensafrikaans, ook bekend as Oostelike Afrikaans en Voortrekkerafrikaans, is die variëteit wat deur die Voortrekkers en eerste burgers van die noordelike republieke (waaronder die Transvaal en die Oranje-Vrystaat), gepraat is. Dit is egter só genoem omdat Oosgrensafrikaans daardie variëteit van Afrikaans is wat tussen ongeveer 1770 en 1840 aan die destydse oosgrens van die Kaapkolonie gepraat is (Van Rensburg 1989:462; Van Rensburg, aangehaal in Carstens 1993:137).
12 Prof. Ernst Kotzé, die voormalige voorsitter van die Taalkommissie, meen dat daar nie gesê kan word dat bruin mense by die standaardisering van Afrikaans uitgesluit word as daar nie 'n belangstelling by hulle is om betrokke te raak nie (Kotzé 2010). Ponelis (1998:67) dui egter daarop dat die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns nooit daarin kon slaag om in 'n inklusiewe Afrikaanse organisasie te ontwikkel nie, wat daartoe gelei het dat die Taalkommissie ook aan legitimiteit ontbreek. Alhoewel die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns hulle reeds in 1978 oopgestel het vir alle sprekers van alle rassegroepe van Afrikaans, het hierdie oopstelling 'n omslagtige proses behels wat met teenkanting binne Akademiegeledere begroet is, wat bruin genomineerde lede gekrenk het en ander afgeskrik het om tot die Akademie toe te tree (Kapp 2009:96; sien Kapp 2009:81, 92-96, 377-395 vir 'n uitvoerige bespreking hiervan). Die vraag kan dus gevra word of bruin Afrikaans werklik geblameer kan word vir 'n onwilligheid om by die standaardiseringspraktyke van die Taalkommissie betrokke te raak, gegewe die negatiewe elitistiese en uitsluitende beeld wat die Akademie en sy Taalkommissie oor die jare onder bruin Afrikaanssprekendes gekry het, asook dié liggaam se onwilligheid om die taalgebruik van hierdie deel van die Afrikaanse spraakgemeenskap as standaard te erken.
13 Vergelyk in hierdie verband byvoorbeeld die lys woorde uit die skryftaal van die Afrikaanse Moslem-gemeenskap wat eers in die 2009-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls, wat allerweë as "[d]ié normeringsbron vir skriftelike Standaardafrikaans" beskou word (Taalkommissie 2009:agterblad), opgeneem is.
14 Hierdie taaltoetse is die volgende: Toets vir Mondelinge Taalproduksie (Vorster 1980), Afrikaanse Semantiese Taalevalueringsmedium (Pretorius 1989) en Afrikaanse Reseptiewe Woordeskattoets (Buitendag 1994) (Southwood & Van Dulm 2009:3).
15 Let daarop dat daar nie in hierdie artikel voorgestel word dat daar weggedoen moet word met die onderskeid tussen v en f en ei en y in die Afrikaanse ortografie nie. Hierdie onderskeid is reeds vir dekades in Afrikaans bestendig en kan moontlik tot groot teenstand vanuit Afrikaanse geledere lei, wat uiteindelik daartoe kan lei dat enige ander herstandaardiseringspogings kan misluk. Só 'n ortografiese verandering kan ook moontlik ingrypende gevolge vir die Afrikaanse literêre kanon inhou, aangesien dit 'n vervreemdende uitwerking op 'n volgende geslag leser kan hê.
16 Die Afrikaanse woordelys en spelreëls word allerweë as "[d]ié normeringsbron vir skriftelike Standaardafrikaans" beskou (Taalkommissie 2009:agterblad).
17 Hierdie lemmas is meestal met die leksikografiese etikette rare of obsolete gemerk.
18 Hierdie woorde is almal in die e-HAT van 2009 as anglisismes aangedui. Volgens die "Voorwoord by die vyfde uitgawe" is die Handwoordeboek van die Afrikaanse taal "[a]s 'n standaardwoordeboek [...] veral gerig op die standaardvariëteit van Afrikaans, maar dit bied ook 'n beperkte weergawe van taalgebruik van ander variëteite van Afrikaans" (e-HAT2009). Die feit dat hierdie woorde en uitdrukkings as anglisismes aangedui word en die gebruik daarvan ontmoedig word, dui daarop dat dit nog nie as deel van die standaard erken word nie.