SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número3Liplappen and Nonna's: Presentation of a comparative study to be conductedDutch language speakers' contributions to the maintenance and recognition of Afrikaans 1870-1920 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.54 no.3 Pretoria sep. 2014

 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS

 

Die skryf van 'n Nederlandse literatuurgeskiedenis: generiese kenmerke as wetmatighede?*

 

The drafting of a Dutch literary history: Generic characteristics as positivistic traits?

 

 

H.P. van Coller

Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, Universiteit van die Vrystaat, E-pos: vcollerh@ufs.ac.za

 

 


OPSOMMING

Die skryf van geskiedenis as 'n vorm van historiese representasie het nog altyd baie teoretiese besinning ontlok en die besef het posgevat dat weens die narratiewe aard daarvan 'n sogenaamde "objektiewe" weergawe van die verlede onmoontlik is.
In die literatuurwetenskap het die literêre geskiedskrywing benaderings tot die letterkunde op die voet gevolg. Veral die teorieë van Pierre Bourdieu (1993) wat die konsep die "literêre veld" postuleer, gee in die afgelope jare aanleiding tot literatuurgeskiedenisse wat die klem plaas op die institusionele aard van die letterkunde en veel meer die klem plaas op "institusies" soos uitgewers, biblioteke, tydskrifte en die institusionele "inbinding" van tekste en outeurs.
Die ontvangs van literatuurgeskiedenisse gaan gewoonlik gepaard met 'n verwoording van die eie (metodologiese) uitgangspunte of (literatuur)opvattings van resensente of kommentators. Daarom is die selfstandige skryf van 'n literatuurgeskiedenis geen geringe taak nie. Nie net noodsaak dit diepgaande teoretiese besinning op grond van, maar ook kennis van, voorafgaande literatuurgeskiedenisse en hul samestellers/skrywers se uitgangspunte.Uit navorsing vir die skryf van 'n tweedelige Nederlandse literatuurgeskiedenis in Afrikaans blyk dit duidelik dat in literêr historiese oorsigte van die Nederlandse letterkunde daar nie net 'n "stabilisering" van feite, indelings (soos periodes) en selfs interpretasies sigbaar is nie; ook waarde-oordele is dikwels 'n eggo van voriges. Evaluerings van 'n bepaalde skrywer of teks in 'n literatuurgeskiedenis verskil weinig van dié in die heel eerste resensies en kensketsings van bepaalde skrywers reflekteer weer dikwels poëtikale uitsprake van die betrokke skrywer self. Hierdie soeke na konsensus binne die literêre veld geskied nie net vanweë die feit dat daar dikwels 'n gedeelde wetenskaplike paradigma en literatuuropvatting bestaan nie, maar ook uit strategiese oorwegings. Wat toenemend gebeur in historiese representasies is dat die fokus in die literêre geskiedskrywing nie meer is op die eie tyd en die heersende literatuuropvattings en -oordele van nou nie, maar van tóé. Die verlede word in hierdie proses noulettend morfologies gerekonstrueer. Uiteraard is dit 'n relativistiese; selfs historisistiese metode wat die begrip letterkunde (maar ook begrippe soos "goed", "sleg" en "groots") afhanklik maak van 'n bepaalde tyd en ruimte.
Wat dus opval uit die bestudering van die Nederlandse letterkunde is dat daar bepaalde raakvlakke bestaan met die Afrikaanse letterkunde én dat daar (op bykans neo-positivistiese wyse) bepaalde "wetmatighede" óf generiese kenmerke in enige literêre sisteem of literêre veld aanwesig is:
Die evolusie van die Afrikaanse letterkunde vertoon ooreenkomste wat die fases daarvan betref met die Nederlandse letterkunde;
Die literêre sisteem is 'n oop sisteem;
Dit is weerstandig, onafhanklik en relatief selfgenoegsaam;
Institusies soos uitgewerye en biblioteke is van die grootste belang in die literêre veld;
Letterkunde is 'n verbuikersitem en dus 'n ekonomiese entiteit wat onderhewig is aan ekonomiese wette;
Literêre sisteme (en literêre kanons) beskerm hul kerne op dieselfde wyse as wetenskap-like paradigmas (kyk Lakatos 1970). Dit verg daarom dikwels dieselfde strategieë van skrywers(groeperinge) om deur die beskermende lae binne te dring;
Nuwe skrywersgroepe (soos die Nederlandse tagtigers en die Afrikaanse dertigers) institusionaliseer mettertyd hul eie poëtikale opvattings;
Spilfigure is van die grootste belang in die evolusie van literatuur;
Die evolusie van letterkunde hou verband met die literêre tradisie al is dit as reaksie daarteen;
Literêre evolusie is dikwels 'n pendulum-beweging tussen die pole van maatskaplike betrokkenheid en fiksasie op die eie medium;
Literêre waarde-oordele stem dikwels ooreen binne bepaalde tydperke, maar ook in die Westerse Literêre Kanon. Dit is ook die gevolg van die sinjalering van inherente eienskappe van die objek. Dit wil voorkom asof nie alle literêre produkte dieselfde potensiaal het om (in verskillende tydperke) dieselfde estetiese waardering/reaksie te ontlok nie.
Either there were aesthetic values, or there are only the over-determination of race, class, and gender. You must choose, for if you believe that all value ascribed to poems or plays or novels and stories is only a mystification in the service of the ruling class, then why should you read at all rather than go forth to serve the desperate needs of the exploited classes? (Harold Bloom 1994:522)

Trefwoorde: Nederlandse literatuurgeskiedenis, literêre sisteem, literêre veld, literêre kritiek, kanon, kanonisering, intrinsieke waarde, evaluering, historisisme, relativisme


ABSTRACT

The writing of history as a form of historical representation has always elicited theoretical discussion. Eventually the realisation dawned that due to the inherent narrative qualities of historical representation an "objective" rendering of the past is impossible. Within the realm of literary criticism approaches to literature profoundly influenced literary history. Especially the theories of Pierre Bourdieu pertaining to the concept of the Literary Field had an enormous impact on literary history in recent years. Subsequently, the emphasis shifted to the institutional aspect of literature and publishers, libraries, journals, literary affiliations seemingly warranted much more attention.
The reception of literary histories affords the opportunity for reviewers to voice their own literary and methodological beliefs. The drafting of a literary history is therefore fraught with danger and it also necessitates theoretical contemplation and an intimate knowledge of the work of forerunners.
Research with the object of drafting a Dutch literary history led me to certain conclusions. There is often a "stabilisation" of facts, periodisation and even interpretations and evaluations of texts and authors alike. Evaluations of the latter in literary histories often only deviate marginally from those in the very first reviews and rubrications of a specific author often stem from his own initial characterisation of his own work. This striving towards concensus within the Literary Field can not only be contributed to a shared scientific paradigm and conception of literature; it is often a strategic stance. Increasingly current historical representations shift the emphasis to the past and to the then current conceptions of literature; even validation of their evaluations. In the process the past is "morphologically" reconstructed. This approach is not only relativistic in nature but also historistic; even a concept like literature (and epitheta like "good", "bad" and "great") are increasingly seen as dependent on, even confined to a specific time and space. A consequence is that a concept like "intrinsic value" not only becomes suspect, but also superfluous.
Researching Dutch literature it became clear that there are quite a few apparent similarities between Dutch and Afrikaans literature and that certain generic traits can be discerned that can almost be seen (in neo-positivistic terms) as inherent and recurring:
The evolution of Afrikaans literature is similar (in the main) to the most important phases in the evolution of Dutch literature;
The literary system is an open one;
It is robust, independent and relatively autonomous;
Institutions like libraries, publishers, etc. are of the utmost importance in the Literary Field;
Literature is also a commodity and subject to the laws governing any economic system;
Literary systems (and literary canons) protect their centres (kernels) in a way comparable to that of scientific paradigms (cf. Lakatos 1970). Penetration of all the protective layers often necessitates the same strategies by authors and groups of authors;
New generations / schools of authors (like the Dutch "tagtigers" and the Afrikaans "dertigers") eventually institutionalise their conceptions of literature;
Pivotal figures are of the utmost importrance within the evolution of literature;
The evolution of literature can not be seen in isolation. It is always linked to the literary tradition even if it is in part only a reaction to it;
Literary evolution is often a pendulum movement between the poles of involvement with society and its problems and a fixation on the medium itself;
Literary evaluations stabilise within certain periods and also in what is known as the Western Literary Canon (Bloom 1994). This is also attributable to the recognition of or attention to qualities inherent to the object. It seems that not all literary objects (texts) have the same potential for evoking aesthetical reaction or appreciation in the same or even in different periods.

Key words: Dutch literary history, literary system, Literary Field Concept, literary criticism, canon, canonisation, intrinsic value, historicism, relativism


 

 

INLEIDENDE OPMERKINGS

Die skryf van geskiedenis as 'n vorm van historiese representasie het nog altyd baie teoretiese besinning ontlok, dalk veral na 1973 toe Hayden White se gerugmakende werk oor die narratiewe geskiedskrywing verskyn het. Daardeur is die skryf van geskiedenis "wie es eigentlich gewesen" soos Leopold von Ranke (1824) dit gestel het, dus 'n sogenaamde "objektiewe" weergawe van die verlede, onomstootlik geproblematiseer. Deur die voorstelling van geskiedskrywing as 'n narratiewe konstruksie is veral beklemtoon dat daar 'n hoë mate van vryheid gegun word aan die skrywer van die narratief wat betref inhoud, styl, toon, tematisering en strukturering. Soms is so ver gegaan dat daar metodologies gesproke kwalik nog 'n verskil gemaak is tussen geskiedskrywing en die skryf van 'n roman.

In die literatuurwetenskap het literatuurgeskiedenisskrywing ook toenemend aandag ontvang. In breë trekke het die literêre geskiedskrywing benaderings tot die letterkunde op die voet gevolg. Die neo-positivistiese benadering tot literatuur (met klem op "kontroleerbare" feite) het aanleiding gegee tot literatuurgeskiedenisse wat veral klem geplaas het op feite ten aansien van skrywers, bewegings en tekste. Later verskuif die fokus na 'n veel meer formalistiese of outonomistiese klemplasing (die sogenaamde wêreld-in-woorde) en nog later na die ontvangs van werke en "verwagtingshorisonne" van lesers. Literuurgeskiedenisse soos dié van Anbeek (1990) met die klem op normveranderinge en deurbreking van verwagtinge is duidelik hieraan skatpligtig. Klem op die kontekstuele en sistemiese aard van literatuur vind neerslag in die sogenaamde "New Historicism" (kyk: Greenblatt 1980) en die aanvaarding van veral die teorieë van Pierre Bourdieu (1993) wat die konsep die "literêre veld" postuleer, gee aanleiding tot literatuurgeskiedenisse wat die klem plaas op die institusionele aard van die letterkunde en veel meer die klem plaas op "institusies" soos uitgewers, biblioteke, tydskrifte en die institusionele "inbinding" van tekste en outeurs.

Dit is daarom kwalik verwonderbaar dat daar telkens na die verskyning van 'n nuwe literatuurgeskiedenis 'n lewendige bespreking (soms selfs polemiek) ontstaan het. Dit was die geval met die literatuurgeskiedenisse van Kannemeyer (1978; 1983; 1988; 2000; 2005a), Anbeek (1990; 1997; 1999), Chapman (1996; 2003), Heywood (2004), Van Coller (1998; 1999; 2006); Attwood en Attridge (2012) én met bykans elkeen van die afsonderlike dele van die nuwe Nederlandse literatuurgeskiedenisprojek onder leiding van die Nederlandse Taalunie. Die ontvangs van die genoemde literatuurgeskiedenisse gaan gewoonlik gepaard met 'n verwoording van die eie (metodologiese) uitgangspunte of (literatuur)opvattings van resensente of kommentators (kyk byvoorbeeld Van Vuuren oor Chapman (Van Vuuren 1995) en Kannemeyer (2005b) oor Haywood).

Die publikasie, veral die selfstandige skryf van 'n literatuurgeskiedenis is derhalwe geen geringe taak nie. Nie net noodsaak dit diepgaande teoretiese besinning op grond van, maar ook kennis van voorafgaande literatuurgeskiedenisse en hul samestellers/skrywers se uitgangspunte en hulle voortbou op mekaar. Soms word daar boonop 'n "ikonoklastiese" literatuurgeskiedenis geskrywe, soos die een van Vaessens (2013) waar juis afstand geneem word van die sogenaamde "voortgangersperspectief" (Vaessens 2013:10) en literatuur relatief a-histories beskou word met behulp van transhistoriese "frames" of interpretatiewe raamwerke.

Die afgelope jare (veral die tydperk van byna 'n jaar waarin ek in Brussel by die Vlaamse Academie gewerk het), het ek my besig gehou met die voorbereiding én skryf van 'n Nederlandse literatuurgeskiedenis in Afrikaans. Hierdie projek staan onder my redaksionele leiding met vooraanstaande Neerlandici as medeskrywers van profiele. Die redaksionele komitee bestaan uit proff. Dirk de Geest en Geert Claassens (KUL) en Heilna du Plooy (NWU). Daar word 'n tweedelige publikasie voorsien: 'n oorsig in deel 1 van die Nederlandse literatuur vanaf die Middeleeue tot vandag en 'n deel 2 wat 'n aantal profiele van seminale skrywers ná tagtig omvat wat geskryf word deur kenners in Suid-Afrika, Nederland, België, Pole en Engeland. Metodologies beskou is dit dus 'n kombinasie van die tekstuele en kontekstuele (institusionele) benaderings wat veral in die Neerlandistiek nie net twee navorsingstradisies met hul eie vrae en uitgangspunte verteenwoordig nie, maar ook dikwels juis gekombineer word (kyk: Dorlijn, e.a. 2009: 33). Maar dit is wel belangrik om te onthou dat die literêre kritikus en die literatuurhistorikus se take verskil: "De laatste moet noodzakelijkerwijze de individualiteit [...] tekortdoen, de verschillen verdoezelen en nuances opofferen om literaire stromingen [en periodes] te kunnen aangeven" (ibid. 2009:51).

Die bestudering van teoretiese besinning oor die historiese representasie van die Nederlandse letterkunde (en 'n hele aantal van hierdie representasies) gedurende hierdie tyd was waardevol én openbarend. Dalk ook oorweldigend, want ek het gou besef dat die sistematiese bestudering van alle primêre bronne onmoontlik was. Enersyds vanweë die omvang; andersyds weens die talle literatuuroorsigte en evaluerings van hierdie primêre bronne: die uitdrukking "soveel hoofde, soveel sinne" is beslis hier van toepassing. Daar bestaan talle narratiewe weergawes van die Nederlandse literatuurgeskiedenis en die uitdaging is om daartussen verantwoorde keuses te maak wanneer jy self 'n literêre oorsig skryf. Enersyds op basis van ooreenstemming tussen weergawes ('n vorm van intersubjektiwiteit); andersyds op die inherente kwaliteit van 'n bepaalde narratiewe weergawe, wat Taalhandelingsteoretici die perlokusie of korrekter die perlokusionêre krag genoem het (kyk: Austin 1975:92, 93; Stubbs 1983:152); die potensiële oortuigingskrag wat in 'n taaluiting (die lokusie) opgesluit lê. Voeg daarby jou eie kennis en oordeel én die perspektief waaruit jy as ondersoeker kyk (nl. die van die Afrikaanse letterkunde) en dan raak die buitelyne van 'n benadering sigbaar.

Gelukkig val enkele dinge van meet af aan op: literatuurhistorici kaart toenemend bekende terrein en net soos dit sinloos is vir 'n reisiger om te probeer om telkens 'n nuwe kaart te teken wanneer daar met 'n reis begin word, so is dit futiel in enige dissipline om die geskiedenis en stand van die wetenskaplike dissipline - dus veral die teoretiese besinning daaroor - te negeer. Ook in die literatuurgeskiedenis kan vorige historiese oorsigte nooit links laat lê word nie en is dit 'n wetenskaplike én etiese verantwoordelikheid om die werk van voorgangers nougeset te erken. Die afwesigheid van enige vorm van erkenning en selfs 'n bronnelys, stempel byvoorbeeld Kannemeyer (2005) se jongste literatuuroorsig as onwetenskaplik. Wetenskapsbeoefening is nou eenmaal soos die bou van 'n toring - jy bou voort, hoewel jy soms ook die fondamente moet verstewig.

Om die waarheid te sê, uit my navorsing is dit duidelik dat in literêr historiese oorsigte van die Nederlandse letterkunde daar nie net 'n "stabilisering" van feite, indelings (soos periodes) en selfs interpretasies sigbaar is nie; ook waarde-oordele is dikwels 'n eggo van voriges (kyk ook: Rosengren 1985 en 1987; Van Coller & Van Niekerk 2002:270 en Verboord 2003:264). In hierdie verband is dit opvallend dat die evaluering van 'n bepaalde skrywer of teks in 'n literatuurgeskiedenis dikwels weinig verskil van dié in die heel eerste resensies, wat Rosengren (1985 en 1987) se stelling in hierdie verband bevestig. Kensketsings van bepaalde skrywers reflekteer weer dikwels poëtikale uitsprake van die betrokke skrywer self. Daaruit is reeds duidelik dat daar nie net 'n enorme verantwoordelikheid lê op literêre kritici nie maar dat literêre kritici geneig is om mekaar se oordele te onderskrywe en selfs woordeliks oor te neem. Hierdie soeke na konsensus binne die literêre veld, soos deesdae na die hele terrein van die letterkunde verwys word, geskied nie net vanweë die feit dat daar dikwels 'n gedeelde wetenskaplike paradigma en literatuuropvatting bestaan nie, maar ook uit strategiese oorwegings. Wat toenemend gebeur in historiese representasies is dat die fokus in die literêre geskiedskrywing nie meer is op die eie tyd en die heersende literatuuropvattings en -oordele van nou nie, maar van tóé. Die verlede word in hierdie proses noulettend morfologies gerekonstrueer. Uiteraard is dit 'n relativistiese metode wat die begrip letterkunde afhanklik maak van 'n bepaalde tyd en ruimte, maar waarin ook begrippe soos "goed" en "sleg"; selfs "groots", tyd-ruimtelik verankerd is. Daardeur word 'n begrip soos inherente waarde nie net bevraagteken nie, maar op losse skroewe geplaas. Wat ook meer en beter uit die verf kom in eietydse literêr-historiese weergawes is hóé letterkundige werke, skrywers en verbruikers van hierdie werke almal ingebed is binne bepaalde maatskaplike en sosiale strukture of sisteme. Die "sirkulasie" van letterkunde het nooit onafhanklik gestaan van byvoorbeeld religieuse, politieke en ekonomiese faktore nie: die vertaling uit Latyn en Frans in die Middeleeuse Nederlande het veral 'n politieke en sosiale agtergrond - dié tale het status geniet as tale van dominante beskawings. Die invloed van die Engelse Arthurromans hou waarskynlik ook (kyk ook Van Oostrom 2013:45 en 57) verband met handel tussen die Vlaamse en Engelse stede en die heerskappy/oorheersing van die Rooms Katolieke Kerk het óók die aard van die Middeleeuse (Middel-Nederlandse) letterkunde bepaal.

Wat dus opval uit die bestudering van die Nederlandse letterkunde is dat daar bepaalde raakvlakke bestaan met die Afrikaanse letterkunde én dat daar (op bykans neo-positivistiese wyse) bepaalde "wetmatighede" óf generiese kenmerke in enige literêre sisteem of literêre veld aanwesig is (en vir die doel van my artikel onderskei ek nie nou sistematies tussen hierdie begrippe wat weliswaar verskil, maar ook raakvlakke het nie). Waarvan ek wel oortuig is, is dat wat dikwels "'n letterkunde" genoem word met die implikasie van 'n willekeurige versameling van tekste en outeurs in 'n losse chronologiese verband, veel eerder beskryf kan word as 'n sisteem met 'n hiërargiese ordening en vaste komponente.1 In hierdie verband is teoretici soos Von Bertalanffy (1968); Bourdieu (1983) en (1992); Luhman (1984); Schmidt (1989) en (1997) en Even-Zohar (1990) belangrik en nuttig om byvoorbeeld die aard van (literêre) strategieë en posisie-innames te verduidelik. Tog dink ek al hoe meer dat veral by Bourdieu die mededingende aspek, die "stryd" én selfs strategiese keuses binne 'n literêre veld oorbeklemtoon word en staan ek toenemend afkerig van my eie vroeëre opvatting dat kanons uitsluitend magsinstrumente is en dat die begrip "intrinsieke waarde" bloot 'n sinoniem vir eie smaak en of literatuuropvatting sou wees. Dit het my opgeval dat waarde-oordele dikwels ooreenstem en dat dit ook die gevolg kan wees van die sinjalering van eienskappe van die objek en nie nét vanweë eksterne en selfsugtige prestigeoorwegings van beoordelaars nie (kyk ook Raat 2004).

Ek sou vervolgens graag 'n aantal "wetmatighede" op 'n rytjie wou sit/ 'n lysie wou maak wat uiteraard die status geniet van hipotetiese aannames:

1. Daar is reeds verskeie modelle op tafel geplaas wat op 'n neo-positivistiese wyse die evolusie van letterkunde beskrywe en bykans voorspel. Brink (1991) se toepassing van Amuta (1989) en Ashcroft et al. (1989) se teorieë met 'n empiriese basis, is die daarstelling en gebruikmaking van so 'n model. Die fases in dekolonisering wat hy onderskei, is in sy geval bykans 'n werkhipotese om die ontwikkeling van die Afrikaanse letterkunde te beskrywe. Van Coller en Odendaal (2005) benut ook hierdie model in hul vergelyking van die Afrikaanse en Nederlandse literêre sisteme. Jerzy Koch (2013:6, 7) maak gebruik van 'n ander model in sy beskrywing van die Afrikaanse letterkunde in sy benutting van Gieorgi Gatsjef (1929-2008) se term "verhaaste ontwikkeling" (wat ook volgens hom deur Gerrit Dekker (1937) in sy Afrikaanse literatuurgeskiedenis gebruik is). Dit kom daarop neer dat die letterkundes van klein tale dieselfde ontwikkelingsgang vertoon as dié van die groot Wes-Europese literature, maar dan in 'n gekondenseerde vorm. Hoewel daar bepaald wetmatighede bestaan in die ontwikkeling van verwante tale (bv. die sogenaamde Germaanse klankverskuiwing), geld dit waarskynlik nie vir alle tale nie. Alle letterkundes sou ook nie dieselfde fases vertoon nie, maar daar is wel opvallende parallelle tussen enersyds die Afrikaanse en andersyds die Nederlandstalige letterkundes.

As daar sprake kan wees van wetmatigheid in die ontwikkeling van onderskeidelik die Nederlandstalige en die Afrikaanse letterkundes of literêre sisteme sou ek eerder vyf fases wou onderskei:

(1.1) 'n aanvanklike fase waarin oorlewering meestal mondeling geskied, anonimiteit veelvuldig voorkom en die literatuur in diens staan van die religieuse, die politieke en dergelike "eksterne" faktore. Dit is 'n periode van de facto kolonisering: die opkomende Afrikaanse (volks)taal en kultuur was ondergeskik aan Nederlands en Engels in Suid-Afrika en die Nederlandse volkstaal aan Latyn en Frans tydens die Middeleeue. In hierdie tydperk is die volkstaal nog nie gestandaardiseer nie en is dit wat status, maar ook wat gebruiksmoontlikhede betref, ondergeskik aan die dominante tale. Veral die kulturele elite gebruik die taal van die koloniseerder of ander kulture met meer prestige (kyk ook Pleij 2007:727).

(1.2) In 'n volgende fase kry ons "appropriasie van die dominante kultuur se modelle en tradisies" (Van Coller & Odendaal 2005:9) en (literêre) werke en modelle word daaraan ontleen. Dit geskied deur vorme van herskrywing: adaptasie, vertaling, aemulatio en ander vorme van intertekstualiteit. In die Nederlandstalige literatuur is die ridderroman, die Arthurroman, die graallegendes, die pikareske roman en die brief- en reisroman (Van den Berg & Couttenier 2009: 117, 121), voorbeelde van maar net enkele sub-genres wat ontleen is aan ander tale en letterkundes. In die Afrikaanse letterkunde bestaan daar eweneens talle voorbeelde: T.F. Burgers se navolging van Hildebrand se Camera obscura in sy realistiese dorpsketse Dorp in het onderveld (Burgers 2004), S.J. du Toit en G.A. von Wieligh se gebruikmaking van die Europese reisverhaal, vertaling van bekende Englelse gedigte deur Reitz en Celliers en selfs die vertalings deur Totius van die Nederlandse psalms.

(1.3) Die opkoms van 'n geldende nasionalisme waarin gestrewe word na 'n eie identiteit en dit wat eiesoortig is. Dit moet ook beskerm word teen invloed van die voormalige koloniseerder. Taalpurisme is een gevolg, maar ook die skep van 'n eie literêre tradisie.

Dit is inderdaad die groeiende nasionalismes in die verskillende lande wat bydra tot 'n koersverandering in die letterkunde, maar dit is ook duidelik dat eksterne faktore hierin 'n rol speel: politieke emansipasie beteken nie altyd taalemansipasie nie, soos in die geval van die onafhanklikheid van België (Van den Berg & Couttenier 2009:22). Tog hou groeiende kulturele self-bewussyn in dat tale gestandaardiseer word, die kunstenaar sy identiteit vestig deur "ondertekening" van sy produk, aanspraak maak op eiendomlikheid en dat die estetiese besef versterk word.

(1.4) 'n Fase van byna gehele emansipasie waarin selfvertroue toeneem en die eie literêre sisteem nie meer so angsvallig beskerm hoef te word nie.

(1.5) 'n Fase waarin onafhanklikheid so toegeneem het dat die eie literêre tradisie en kernaspekte daarvan (modelle, temas, stylsoorte, sub-genres, seminale outeurs en tekste) toenemend op parodiërende wyse herskryf word, maar dikwels kreatiewe groeipunte raak. Die plaas- en dorpsroman is 'n sprekende voorbeeld hiervan in die Afrikaanse letterkunde en die neo-romantiek, die moderne generasieroman in die Vlaamse en die eietydse Calvinistiese roman in die Nederlandse prosa.

2. 'n Literêre sisteem kan beskrywe word as 'n "oop" sisteem omdat dit in interaksie staan met omringende sisteme soos die politieke, ekonomiese, religieuse en dergelike sisteme. Dit word derhalwe beïnvloed deur die historiese konteks, maar oefen op sy beurt ook invloed uit daarop. Hoewel Renders (2010) in 'n resensie van Over grenzen hom krities uitlaat oor sisteemdenke het Schmidt (1997:119) reeds in 1996 verklaar dat geen akademikus wat literêre tekste bestudeer los van hul kontekste, ernstig opgeneem sou kon word deur die akademiese gemeenskap nie. En vir Schmidt is hierdie konteks gestruktureerd en samehangend en vorm dit inderwaarheid 'n sisteem.2

3. Literatuursisteme is weerstandig én outonoom deurdat dit nie ander sisteme "volg" in die sin van blote weerspieëling of herhaling van ander sisteme nie. Boonop reageer verskillende sisteme anders op dieselfde "impulse" of historiese gebeure. In hierdie verband kan slegs gekyk word na die wyse waarop belangrike politieke waterskeidings (soos die Anglo-Boereoorlog, die Tweede Wêreldoorlog en selfs apartheid) literêre beslag gekry het in die Afrikaanse, Suid-Afrikaanse Engelse en inheemse of outochtone Suid-Afrikaanse literatuursisteme. 'n Goeie voorbeeld in hierdie verband in die Nederlandse letterkunde is die radikaal verskillende wyse waarop die Belgiese onafhanklikheid in 1830 en die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) gerepresenteer is in die Noord- en Suid-Nederlandse literatuur-sisteme terwyl dit in hierdie laaste geval boonop gegaan het om naasliggende lande en letterkundige representasies in dieselfde taal.

4. Institusies soos uitgewers, tydskrifte, universiteite, skole, biblioteke en koerante is van die allergrootste belang in die literêre sisteem en het op bepaalde momente nie net die letterkunde "bepaal"; selfs "gered" nie, maar as't ware die stroom verlê, dus die rigting van 'n spesifieke letterkunde bepaal. Die rol van Christoffel Plantijn kan as voorbeeld dien: as voorloper wat bepaalde soort tekste betref: eers in Antwerpen en later in Leiden (Porteman & Smids-Veldt 2008:69, 82, 132). Skole is een institusie wat deur byvoorbeeld die keuse van tekste en skrywers bepaalde literatuuropvattings deurgee en geslagte lesers beïnvloed.

5. Letterkunde is 'n verbruikersitem, dus ekonomiese entiteit. Dit blyk die duidelikste uit die wyse waarop in ons eie tyd tekste en skrywers bemark word en hoe boekbekendstellings en literêre tafelgesprekke in die proses benut word. Die toetrede van bepaalde sake-instellings wat deur hulle borgskappe aan literêre pryse hul handelsname vestig, is 'n bekende prosedure in veral Engeland en die Europese vasteland, maar selfs die situasie in Suid-Afrika met o.a. 'n Louis Luyt-prys, CNA-prys en Rapportprys vir letterkunde in die verlede toon aan in hoe 'n mate ekonomiese belange verweef raak met die literêre. Sonder 'n kunspatronaat was die letterkunde ook van meet af aan gedoem. Dit was aanvanklik die kloosters met hulle kopiëste (herskrywers) wat as beskermhere vir die letterkunde opgetree het, later is ook die ander twee sosiale klasse van die Middeleeue by hierdie patronaatskap betrek. Skrywers soos Jacob van Maerlant kon sy monumentale oeuvre kwalik geskryf het sonder die hulp van borge (kyk Van Oostrom 2006:502 e.v.; Pleij 2007:467-472). Na die opkoms van die burgery in die latere Middeleeue en die vestiging van 'n stadskultuur het ook hierdie sosiale klas toenemend opgetree as beskermhere vir die kuns deur o.a. borgskappe en opdragwerke. Op 'n heel ander vlak was die rol van die bemiddelde wynboere in die Paarl tydens die stigting van die GRA sonder wie se finansiële insette 'n drukkery, 'n koerant en tydskrif kwalik tot stand sou gekom het. Die bemaking van Jannie Marais (wat sy geld gemaak het op die diamantvelde) aan die Universiteit van Stellenbosch, om o.a. 'n biblioteek te bou waarin later belangrike dokumente van Afrikaanse skrywers opgeneem is, was dus ook tot voordeel van die Afrikaanse letterkunde en hou verband met 'n letterkundige patronaatskap. En dan praat ons nie eers van D.J. Opperman wat met die hulp van o.a. 'n Anton Rupert oorsee kon toer en later daaroor 'n bundel die lig laat sien het nie. In al die bostaande gevalle was geld altyd gekoppel aan 'n ander doelstelling, soos in die laaste aan Afrikaner nasionalisme.

Maar ook die bemarking van die letterkunde in die mees verwyderde vorm daarvan, naamlik deur positiewe berigte, resensies en kritiese besprekings kan ook in ekonomiese verband gesien word. Sonder die bemiddelingswerk van 'n Gerrit Dekker, H.A. Mulder, Jan Greshoff, J. du P. Scholtz, F.E.J. Malherbe en andere sou die vestiging van die dertigerbeweging veel moeisamer verloop het en waarskynlik in bepaalde kringe veel meer teenstand uitgelok het. Die wyse waarop Van Wyk Louw gebruik gemaak het van die populêre pers om sy eie poëtikale denkbeelde uit te dra (bv. in Die Huisgenoot, Die Jongspan, Die Afrikaanse Kinderensiklopedie) is 'n voorbeeld van hoe die letterkunde baat kan vind by ekonomiese instrumente. D.W. Fokkema en Elrud Ibsch (1987:24 e.v.) skryf uitvoerig oor die rol van "bemarkers" in hul boeke oor die modernisme in Europese konteks. Hulle stelling is dat geen beweging 'n goeie kans het om te slaag indien die binneste sirkel van skrywers nie as't ware omring word deur ander konsentriese sirkels waarbinne bevriende resensente, kritici en uiteindelik ook kultuur-historici 'n belangrike rol speel nie. Hierdie hipotese word versterk wanneer gekyk word na die tagtigerbeweging in Nederland en ook die dertiger- en sestigerbeweging in Suid-Afrika. Hoewel die uitgawe van klassieke tekste, leestekste, en versamelde werke ook 'n wetenskaplike basis het word die uitgawe daarvan ook dikwels bepaal deur ekonomiese oorwegings, veral van uitgewers. Dit is egter 'n feit soos 'n koei dat sonder heruitgawes (herskrywings) baie tekste in die vergetelheid sou geraak het en uit die kanon sou verdwyn het.

6. Volgens die wetenskapsfilosoof Lakatos (1970) beskerm wetenskaplike paradigmas nougeset hulle kerne en sal eerder wysigings op die periferie toelaat om sodoende evolusionêre veranderinge te bewerkstellig. Dit is ook die geval met literêre sisteme en waarskynlik die belangrikste konkretisering daarvan nl. die literêre kanon waar wysigings op die periferie makliker toegelaat sal word as in die kern. Wanneer gekyk word na die Nederlandstalige letterkunde verskil die strategieë om die kanon binne te dring of te wysig nie noemenswaardig van praktyke binne die Afrikaanse literêre veld nie. Nuwe opkomende groeperings soos die Nederlandse tagtigers of vyftigers en andersyds die Afrikaanse dertigers en sestigers volg duidelik dieselfde strategieë. Om hulleself aanvanklik te vestig, vernietig hulle hulle voorgangers (skrywers, digters en hul literêre apologete). Dit geskied veral deur polemiese stellinginnames, neerhalende kritiek en soms travestieë soos die berugte Julia-geval en Van Wyk Louw se "Mooi prosa". Julia was 'n gedig wat in 1885 verskyn het van die skrywer Guido. Na redelik lowende kritiek verskyn daar die volgende jaar 'n publikasie De onbevoegdheid der Hollandsche kritiek van Willem Kloos en Albert Verwey waarin hulle onthul dat hulle die skrywers was van die - volgens hulle - patetiese gedig en derhalwe die gevestigde kritici roskam. Frederik van Eeden se Grasspretjes (met as skrywer Cornelis Paradijs) is nog so 'n parodie. Van Wyk Louw se "Mooi prosa" verskyn in 1938 in Lojale verset en is 'n vernietigende parodie van die skryfstyle van E.C. Pienaar, F.E.J. Malherbe, T. J. Haarhoff en Abraham H. Jonker.

7. 'n Nuwe groepering of skool of beweging "institusionaliseer" na hulle aanvaarding binne die literêre sisteem hulle eie eksplisiete eksterne poëtika. Dit gebeur o.a. deur die gebruikmaking van institusies en instrumente soos universiteite waar bepaalde tekste voorgeskryf word, biblioteke waar bepaalde boeke aangekoop word, maar hierdie poëtika word ook uitgedra deur koerante en tydskrifte en deur sogenaamde "populariseerders" d.w.s. resensente en kritici wat dikwels ook verbonde is aan die institusies of 'n verwantskap het met die bepaalde instrumente.

J.J. Oversteegen is in die Nederlandse literatuurwetenskap waarskynlik naas A.L. Sötemann dié grondlegger van die begrip "Poëtica", hoewel hy later kies vir "literatuuropvatting" wat om verskeie redes vir hom 'n noukeuriger term is. Hy omskryf dit as "de beschrijving van de denkbeelden van een (groep) auteur(s) of een (groep) lezer(s) omtrent de aard en functie van de literatuur, uitgebreid met een beschrijving van de strategieën als deze een programmatisch karakter hebben" (Oversteegen 1982: 66).

Daar sou 'n saak uitgemaak kon word dat die opeenvolging van literatuuropvattings soos bo beskrywe 'n bruikbare manier is om bepaalde aspekte van die evolusie in 'n literêre sisteem te beskrywe en derhalwe ook in 'n literatuurgeskiedenis te kan benut. Omdat literatuur-opvattings beide skrywers en kritici insluit en selfs mag lei tot nuwe teorievorming (kyk: Laan 2010:24) staan hierdie begrip en sy uitwerking nie so ver as Wellek en Warren (1976:265) se opvatting van periodisering nie. Met so 'n benadering sou Sötemann nie vrede hê nie. Poëtika (soos hy dit genoem het) val dikwels nie saam met praktyk nie en skrywers met totaal verskillende poëtikale opvattings se werk toon ooreenkomste. Sy voorstel vir periodisering is ongelukkig vaag, naamlik konsentrasie op "Periode-styl" (ibid. :27), stilistiese ooreenkomste wat op sy beurt weer herinner aan Fokkema (1981) se "periodekode" (kyk ook Fokkema & Ibsch 1987:30 e.v.) en die onderliggende seleksie- en kombinasieprinsipes van so 'n periode. Maar 'n ander rede om versigtig te wees om te groot prominensie te gee aan literatuuropvattings as 'n uitgangspunt vir 'n literatuurgeskiedenis is dat dit tog verwantskap vertoon met die "intentional fallacy": wat skrywers glo en beoog, gebeur nie altyd in die praktyk nie (kyk ook De Nooy 2006:188 en 197). Boonop is die literêre veld nie homogeen nie en vertoon dit dikwels konkurrerende literatuuropvattings wat gelyktydig naas mekaar bestaan en soms meeding (kyk: Van Coller & Odendaal 2003). Desondanks neem dit nie weg dat ons beeld van die literêre verlede sterk gevorm is deur uitsprake van skrywers oor hulle eie werk nie (Laan 2010:37; Gruttemeier 2001).

8. Uit die Nederlandse literatuurgeskiedenis blyk dat die skrywersgestalte belangrik is en nie net noodwendig in die romantiese konkretisering daarvan as die begaafde profete-figuur nie. Die oorgang van 'n orale na 'n skrifkultuur en daarmee saam die verandering van volkskuns na kuns het ook te make met die selfbewuste skepper (skrywer) wat na vore tree. Die oorheersing van die estetiese funksie ten opsigte van o.a. die pragmatiese verwysende en dergelike om saam met Jakobson (1960) te praat, hou ook hiermee verband. Dit is oor-duidelik dat figure soos Van Maerlant, Van Veldeke, Ruusbroec, Hadewich inderdaad kernrolle binne die Nederlandse literêre evolusie gespeel het. Hierdie funksie van die "spilfiguur" (kyk ook De Wet 1994) is egter nie net dié van die skeppende skrywer nie, maar dikwels ook weggelê vir 'n teoretikus of kritikus of selfs filosoof wat op bepaalde tye die rigting van 'n letterkunde bepalend kan beïnvloed. Hier kan Busken Huet,3 maar ook Ter Braak en Du Perron as voorbeelde dien, maar ook 'n Antonisssen of Brink.

9. Uit die voorafgaande mag dit lyk asof 'n wisseling ten aansien van poëtika 'n totale breuk met die literêre tradisie impliseer. Dit moet egter genuanseer word, want 'n breuk veronderstel ook diepgaande kennis van dit wat voorafgegaan het en 'n travestie is, hoe vreemd dit ook al mag klink as vorm van intertekstualiteit ook 'n implisiete eerbetoning aan die oorspronklike. Literêre tradisie blyk van die grootste belang te wees binne 'n literêre geskiedenis en hier kan gewoon verwys word na die denkbeelde van drie verskillende groot digters in drie verskillende letterkundes: T.S. Eliot (1921), Martinus Nijhoff (1926) en NP van Wyk Louw (1938:182; 1986:172 e.v.). Indien 'n literêre sisteem (veral in sy aanvangsfase) nie oor 'n literêre tradisie beskik nie, word dit geskep, onder andere deur appropriasie van ander literêre sisteme. Dit kan bv. geskied op grond van historiese en taaloorwegings soos die Afrikaanse literêre sisteem die Middelnederlandse letterkunde en die Sewentiende eeuse letterkunde as "eie" verlede herskep. Maar ook op grond van kulturele en nasionale redes, soos alle Nederlandse geskrifte wat 'n sogenaamde "Suid-Afrikaanse bewustheid" adem en sedert 1652 in (of oor) Suid-Afrika geskryf is as "eie" literêre verlede verklaar is (kyk onder andere Conradie (1934)). Dit kan ook gebeur op basis van taal- en geografiese verwantskap sodat die Noord-Nederlandse letterkunde belangrike groeimomente in die Middelnederlandse letterkunde, wat plaasgevind het in Suid-Nederland as hul eie literêre verlede aanvaar het. Vertaling is 'n vorm van "import" ter verstewiging van die eie literêre sisteem, maar is ook 'n manier om die tradisie te help vestig. Vergelyk slegs Chaucer se "vertaling", "adaptasie" of intertekstuele skatpligtigheid aan Boccacio.

10. In die literatuurgeskiedenis het ek telkens iets van 'n pendulum-beweging raakgelees: tussen letterkunde wat maatskaplik betrokke is (en dit beteken ook die skrywers van die GRA-tydperk) óf letterkunde as besinning op die letterkunde self: deur bewuste bevraagtekening van of aansluiting by 'n tradisie óf as diepgaande besinning oor en ondersoek van die eie medium.

11. Dit bring my by my slotsamevatting en insig wat waarskynlik gaan stuit op hewige teenkanting in 'n relativistiese era. Vir 'n literatuurwetenskaplike soos Vaessens sal dit klink na die opwarming van 'n "essensialisitiese" kyk na letterkunde, wat skatpligtig is aan die modernistiese "frame" (Vaessens 2013:305, 318). Hy onderskryf naamlik Rockwell se siening in sy skildery The Connoisseur (1962): "kwaliteit [is] niet (of niet alleen) een eigenschap van het kunstwerk. Kwaliteit is iets wat aan dat kunstwerk kan worden toegekend door mensen met eigenschappen en belangen" (Vaessens 2013: 406). Ek het daarteenoor daarvan oortuig geraak dat literêre kanons as referensie en ykpunt binne 'n literêre sisteem/kollektiewe literêre geheue nie net die produk is van eksterne faktore nie.

Dikwels word beweer dat die kanon as bisarre magspel bloot die voorkeure weerspieël van 'n politieke en kulturele elite. "Of literatuur al dan niet tot de canon behoort, heeft niet zo zeer te maken met intrinsieke kenmerken, het is ook een eufemisme voor goed/slecht. Canon betekent alleen dat iets (genre, kenmerk) door de literaire smaakmakende gemeente als 'waardevol' beoordeeld wordt" Ghesquiere 2007:21). Snyman (2012) is nog meer seker van haar eie standpunt: "Ek kon nog nooit oortuig word dat die term letterkunde enigiets anders is as 'n konstruksie wat deur hekwagters in stand gehou word nie." Snyman gebruik die term "hekwagters" verkeerd, want dit hou verband met toegang tot die kanon en nie tot die veel breër begrip letterkunde nie.4 Letterkunde en kanon is geen sinonieme nie, want alle werke wat geklassifiseer word as letterkunde behoort ook nie tot die kanon nie (kyk: Van Coller 2009:85). Desondanks is dit duidelik dat Snyman ook beweer dat die kanon eweneens 'n konstruksie is wat geen verband hou met bepaalde (estetiese) kwaliteite nie.

Fokkema (1987:13) se waarskuwing lyk my toepaslik: "Een canon, die het verleden toeganklijkt maakt en structureert, wordt wel beïnvloed door de heersende poëtica, maar zou zijn functie verliezen als hij uitsluitend door de heersende poëtica zou worden bepaald."

Weer eens word die verskil tussen verlede en hede egter ook as 'n dichotomiese verhou-ding gesien: "zij of wij?". Maar waarom kan beide nie dalk gelyk hê nie? Die skrywer Aldous Huxley het een keer gepraat van "die beste skildery in die wêreld", 'n kwalifikasie wat hy bewus gebruik het om mense daarop attent te maak dat daar 'n absolute standaard van intrinsieke kunswaarde bestaan. Groenewegen (2012:184) wat hierna verwys, noem dit ietwat neerhalend die droom van elke kunskritikus: 'n meetinstrument waardeur die koring van die kaf onderskei kan word. Die vraag is of die tyd nie so 'n meetinstrument is nie: nie alle kunsprodukte oorleef die verbygaan van die tyd nie.

Wat die verbygaan van die tyd oorlewe is dít wat kritici laat oorlewe: "The Canon [...] has become a choice among texts struggling with one another for survival" (Bloom 1995). En dit waaraan hulle 'n mate van permanensie verleen, hou ook verband met 'n voortdurende proses van vergelyking en yking. "De literatuurkritiek5 is een van de instituties die een bijdrage levert aan het canoniseringsproces, dat werkt als een gigantische literaire distilleerkolom met als resultaat dat van vele boeken die er verschijnen na verloop van tijd slechts enkele titels overblijven" (Bel 2004:115). Die oortuiging het by my posgevat dat literêre kwaliteit ook deeglik in die spel kom deurdat nie alle skrywers die geskiedenis oorlewe nie: "Nothing is so essential to the Western Canon as its principles of selectivity which are [...] founded upon severe artistic criteria" (Bloom 1995:22). Fokkema en Ibsch (1987:6) beweer iets soortgelyks hoewel op uiters versigtige wyse.: "Although in agreement with Mukařovský, we assume that any text can have an aesthetic function, it cannot be denied that certain texts have a greater chance than other texts to produce an aesthetic effect among a particular group of readers." Ten spyte van deeglike navorsing en nougesette rekonstruksie van die negentiende eeuse letterkunde sal Couttenier en Van den Berg (2009) heel waarskynlik nie daarin slaag om die meeste skrywers en tekste wat hulle vermeld te "red" nie.

Daarmee bedoel ek dat hierdie skrywers en tekste heel waarskynlik nie meer gelees, gedoseer en selfs as verwysingspunt dien nie. Jessurun d' Oliveira (2004:31) se uitspraak is na my gevoel waar, al pas ek dit ook aan: "Ook al kan men maar zelden ware of onware uitspraken doen over de betekenis [en waarde] van een tekst, er blijft een breed gebied van meer of minder plausibele uitspraken over, en daarover valt intersubjectief nog heelwat te zeggen en te aanvaarden." En hierdie konsensus bestaan wel deeglik onder kritici; daarom is dit ook so belangrik vir die literatuurgeskiedenis. "Wie een beeld wil geven aan de literatuur van een bepaalde periode zonder daarbij te vervallen in een projectie van de eigentijdse smaak en visie van de literatuurgeschiedschrijver op het verleden, heeft aan de literaire kritiek een goede bron. De recensies laten niet alleen zien welke teksten op een bepaald moment wel of niet als serieuse literatuur worden beschouwd (en dat varieert nogal in de loop der tijden) maar levert ook een toelichting op die keuze" (Bel 2004:116).

Waarskynlik die belangrikste rede waarom die begrip "inherente waarde" bevraagteken word, is omdat (die wetenskaplikheid of betroubaarheid) van kritiek as hermeneutiese praktyk bevraagteken word. Ten spyte van talryke pogings om daaraan 'n wetenskaplike onderbou te gee (soos byvoorbeeld deur J.J.A. Mooi 1963, 1973 en 1979) het die opvatting (in elk geval in die Nederlandse en Afrikaanse literatuurwetenskap) posgevat dat kritiek subjektief is en nie kan beantwoord aan eise vir wetenskaplikheid nie. Ten spyte daarvan is daar oorweldigende bewys dat daar dikwels 'n stabilisering van kritiese oordele plaasvind (bykans verwant aan intersubjektiwiteit) binne bepaalde periodes en dat kritiese spilfigure (soos Busken Huet, Rob Antonissen, André P. Brink) gevolg word deur ander kritici. Dit veral omdat hulle oordele gesien word as betroubaar ("geldig") én dat die geskiedenis bepaalde oordele as't ware bekragtig: oor die bestaan van 'n klassieke Westerse literêre kanon sou daar nie so veel getwyfel kon word nie; oor die inhoud daarvan wel.

Dit is veral die estetiese kwaliteit wat tekste die tyd laat oorlewe en dit lyk asof sekere tekste oor die inherente waarde beskik om telkens binne ander historiese tye en heersende poëtikas 'n bepaalde waardering te geniet by kritici. Wellek en Warren (1976 [1948]) in navolging van Steven Pepper skryf dit toe aan tekskwaliteite ("the amount and diversity of material integrated"). Gelykluidende epiteta lê vir die gryp en is in die afgelope dekades veral totaal gediskrediteer. Jansen (2004) laat hom byvoorbeeld besonder geringskattend uit oor die idee van "coherentie" (dus verwant aan "eenheid" en "integrasie") as maatstaf vir literêre kwaliteit of as onderskeidende kenmerk van poësie. Hy versuim egter om enige ander alternatiewe kwaliteit te noem, want sy voorstel om "betekenislijnen" te soek impliseer steeds 'n subjektiewe konstruksie én klink na die soeke na eenheid in ander gedaante.

Elke narratief is verankerd in tyd en ruimte en as jy 'n letterkunde kan sien as 'n bepaalde narratiewe vorm in die sin dat dit 'n ontwikkelende sisteem is met bepaalde handelings-momente en rolspelers (karakters) wat ook as 'n literatuurgeskiedenis "vertel" kan word, is ruimte en tyd ook hier van die grootste belang.

Ghesquiere (2007:163) beweer dat herkenbaarheid (van die werklikheid) lei tot 'n positiewe beoordeling van 'n boek in die geval van jeugliteratuur. Dit gaan na my gevoel om meer as net herkenbaarheid; eerder deurgronding daarvan. My kennismaking met die Nederlandse literatuur het my onder die indruk gebring dat die werklike groot skrywers van ruimte 'n plek maak en van tyd 'n moment. Dit sluit aan by Van Rees en Dorleijn se stelling dat literatuur 'n antwoord is op die eie tyd en sy nood en uitdagings, maar ook aansluit by die tradisie.6 Daarmee bedoel ek dat die werklike groot skrywer beskik oor 'n historiese bewussyn deurdat hy/sy hom/haar doelbewus binne 'n tradisie plaas en kreatief daarop reageer. Terselfdertyd is daar 'n skerp bewussyn van die eietydse tyd en ruimte in die wydste sin van hierdie woorde deurdat hy/sy in staat is om op 'n unieke wyse daaraan beslag te gee. Daarom oorleef werklike groot skrywers en boeke die tyd waarin hulle geskrywe is en verkry daarmee 'n status wat in die verlede geringskattend genoem is monumentaal.

Hoewel bostaande geen afdoende antwoord bied op een van die groot strydpunte in die literatuurwetenskap nie, het die studie van die Nederlandse letterkunde en die gevolglike konfrontasie met die Afrikaanse letterkunde my oortuig dat die bostaande moontlik 'n verklaring bied waarom sekere skrywers die tyd oorlewe en ander in die vergeethoek beland.

 

BIBLIOGRAFIE

Amuta, C. 1989. The Theory of African Literature. London & New Yersey: Zed Books.         [ Links ]

Anbeek, Ton. 1999 (1990/1997). Geschiedenis van de literatuur in Nederland, 1885-1985. Amsterdam/ Antwerpen: De Arbeiderspers.         [ Links ]

Ashcroft, B., Griffiths, G. & Tiffin, H. 1989. The empire writes back. London & New York: Routledge.         [ Links ]

Attwell, David & Attridge, Derek. 2012. The Cambridge History of South African Literature. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

Austin, J.L. 1975 (1962). How to do things with words. Oxford: Clarendon Press.         [ Links ]

Beekman, Klaus. 2004. Literatuurkritiek in de wetenschap. In Van Deel, Mathijsen & De Vriend. Kijk op kritiek. Essays voor Kees Fens. Amsterdam: EM. Querido Uitgeverij BV: 198-211.         [ Links ]

Bel, Jacqueline. 2004. Scheldkanon met een boodschap. Over Van Deyssel, canonisatie, literatuurgeschiedenis en de crisis in de kritiek. Van Deel, Mathijsen & De Vriend 2004:108-118.         [ Links ]

Bloom, Harold. 1994. The Western Canon. The books and school of the ages. New York: Harcourt Brace & Co.         [ Links ]

Bourdieu, Pierre. 1992. Opstellen over smaak, habitus en het veldbegrip. Gekozen door Dick Pels. Amsterdam: Van Gennep.         [ Links ]

Bourdieu, Pierre. 1993. The field of cultural production. Essays on art and literature. Edited and introduced by Randal Johnson. Cambridge: Polity Press.         [ Links ]

Brink, André P. 1991. Afrikaans: Op pad na 2000. Tiende D.F. Malherbe-gedenklesing. 15 Mei 1991. Bloemfontein: Universiteit van die Vrystaat.         [ Links ]

Burger, Willie & Van Vuuren, Helize. 2002. Sluiswagter by die dam van stemme. Pretoria: Protea Boekhuis.         [ Links ]

Burgers, Thoman Francois. 2004 (1866-1868 Toonelen uit een dorp). Dorp in het onderveld. Zuid-Afrikaanse verhalen. Praamstra, Olf (samensteller). Amsterdam: Athenaeum - Polak & Van Gennep.         [ Links ]

Chapman, Michael. 2003 (1996). Southern African Literatures. Pietermaritzburg: University of Natal Press.         [ Links ]

Conradie, E.J. 1934. Hollandse Skrywers uit Suid-Afrika. Deel 1. Pretoria: De Bussy.         [ Links ]

De Nooy, Wouter. 2006. Eenheid door polarisering. Het Nederlandse literaire veld tussen 1970 en 1980. In: Dorleijn & Van Rees 2006:185-197.         [ Links ]

De Wet, K. 1994. Eiendoms Onbeperk. Die onvoltooide groot gesprek met D.J. Opperman in die Afrikaanse poësie. Ongepubliseerde PhD-proefskrif. Universiteit van Botswana.         [ Links ]

Dorlijn, Gillis J. & Van Rees, Kees (reds.). 2006. De productie van literatuur. Het Nederlandse literaire veld 1800-2000. Nijmegen: Uitgeverij Vantilt.         [ Links ]

Dorlijn, Gillis J., De Geest, Dirk, Rymenants, Koen & Verstraeten, Pieter. 2009. Kritiek in Crisistijd. Literaire kritiek in Nederland en Vlaanderen tijdens de jaren dertig. Nijmegen: Uitgeverij Vantilt.         [ Links ]

Even-Zohar, Itamar. 1990. "Polysystem Studies". Poetics Today 11(1): 1-94.         [ Links ]

Eliot, T.S. 1919. Tradition and the individual talent. In: Lodge, David. 1972: 69-77.         [ Links ]

Fens, Kees. 1994. De cirkel als uiting van rechtlijnigheid. Volkskrant 12-9-1994 (pagina nie vermeld nie).         [ Links ]

Fokkema, D.W. 1981. De vergelijkende literatuurwetenschap en het nieuwe paradigma. Forum der letteren 23:179-194.         [ Links ]

Fokkema, D.W. & Ibsch, Elrud. 1987. Modernist conjectures. A mainstream in European literature. London: C. Hurst & Co.         [ Links ]

Ghesquiere, Rita. 2007 (negende druk). Het verschijnsel jeugdliteratuur. Voorburg: ACCO Leuven.         [ Links ]

Groenewegen, Hans. 2012. Met schrijven zin verzamelen. Over poëzie in de Lage Landen. Amsterdam: Wereldbibliotheek.         [ Links ]

Grunberg, Arnon. 1998. De troost van de slapstick. Essays. Amsterdam: Nijgh & Van Ditmar.         [ Links ]

Grüttemeier, R. 2001. Kanttekeningen bij het beeld van J.C. Bloem. Voortgang 20: 165-178.         [ Links ]

Heywood, Christopher. 2004. A History of South African literature. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

Jakobson, Roman. 1960. Concluding statement: Linguistics and Poetics. In: Style in Language. (Ed.)Thomas A. Sebeok. Cambridge: M.I.T. Press, Massachusetts, pp. 350-377.         [ Links ]

Jessurun d'Óliveira, H.U. 2004. De oude dichter en de jonge criticus. In Van Deel, Mathijsen & De Vriend, 2004:20-37.         [ Links ]

Joosten, Jos. 2004. Coherentie als literaire norm in moderne en postmoderne poëzie. In Van Deel, Mathijsen & De Vriend 2004:186-197.         [ Links ]

Kannemeyer, J.C. 1978. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur. Deel I. Kaapstad & Pretoria: Academica.         [ Links ]

Kannemeyer, J.C. 1983. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur. Deel II. Kaapstad & Pretoria: Academica.         [ Links ]

Kannemeyer, J.C. 1988. Die Afrikaanse literatuur 1652-1987. Pretoria & Kaapstad: Academica.         [ Links ]

Kannemeyer, J.C. 2000. Op weg na 2000. Tien jaar Afrikaanse literatuur. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Kannemeyer, J.C. 2005. Die Afrikaanse literatuur 1652-2004. Kaapstad/Pretoria: Human & Rousseau.         [ Links ]

Koch, Jerzy. 2013. Dinamika van die geskiedenis van die Afrikaanse literatuur. 'n Buitestander se blik. Ongepubliseerde voorlesing by die Jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Stellenbosch, 13 September 2013.         [ Links ]

Laan, Nico. 2010. "De studie van literatuuropvattingen" in Van Bork & Laan (2010:11-50).         [ Links ]

Lakatos, Imri. 1970. Falsification and the methodology of scientific research programmes. In: Lakatos, I. & Musgrave, A. (eds). Criticism and the growth of knowledge. Cambridge: Cambridge Universigty Press, pp. 91-196.         [ Links ]

Lodge, David (ed.). 1972. Twentieth Century Literary Criticism. A Reader. London: Longman.         [ Links ]

Louw, N.P. van Wyk. 1939a. Berigte te velde. Opstelle oor die idee van 'n Afrikaanse nasionale letterkunde. Pretoria: J.L. van Schaik.         [ Links ]

Louw, N.P. van Wyk. 1939b. Lojale verset: Kritiese gedagtes oor ons Afrikaanse kultuurstrewe en ons literêre beweging. Kaapstad/Bloemfontein/Port Elizabeth: Nasionale Pers Beperk.         [ Links ]

Louw, N.P. van Wyk. 1986. Versamelde prosa 2. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Luhman, Niklas. 1984. Soziale Systemen. Grundriss einer allgemeine Theorie. Frankfurt am Main: Suhrkamp.         [ Links ]

Mooij, J.J.A. 1963. Over de methodologie van het interpreteren van literaire werken. Forum der letteren 3:143-165.         [ Links ]

Mooij, J.J.A. 1973. Problemen rondom literaire waarde-oordelen. De Gids 136:461-473.         [ Links ]

Mooij, J.J.A. 1979. De motivering van literare waarde-oordelen. In: Tekste en lezer. Opstellen over algemene problemen van de literatuurstudie. Amsterdam: Athenaeum-Polak & Van Gennep, pp. 253-278.         [ Links ]

Oversteegen, J.J. 1982. Beperkingen. Methodologische recepten en andere vooronderstellingen en vooroordelen in de moderne literatuurwtenschap. Utrecht: H&S.         [ Links ]

Pleij, Herman. 2007. Het geveleugelde woord. Geschiedenis van de Nederlandse literatuur 1400-1500. Amsterdam: Uitgeverij Bert Bakker.         [ Links ]

Porteman, Karel & Smits-Veldt, Mieke B. 2008. Een nieuw vaderland voor de muzen. Geschiedenis van de Nederlandse literatuur 1560-1700. Amsterdam: Uitgeverij Bert Bakker.         [ Links ]

Raat, G.F.H. 2004. Orkestratie in de literatuurwetenschap. Over de institutionele analyse. In Van Deel, Mathijsen & De Vriend 2004:207-222.         [ Links ]

Rosengren, Karl Erik. 1985. Time and literary fame. Poetics 14:157-172.         [ Links ]

Rosengren, Karl Erik, 1987. Literary criticism: future invented. Poetics 16:295-325.         [ Links ]

Schmidt, S.J. 1989. Die Selbstorganisation des Sozialsystems im 18 Jahrhundert. Frankfurt am Main: Suhrkamp.         [ Links ]

Schmidt, Siegfried J. 1997. A systems-oriented approach to literary studies. Canadian Review of Comparative Literature: 119-136.         [ Links ]

Senekal, Burgert A. 2013. The literary representation of alienation and identity in counterinsurgencies: Vietnam and Namibia/Angola. Ongepubliseerde PhD-proefskrif. Bloemfontein: Universiteit van die Vrystaat.         [ Links ]

Snyman, Marita. 2012. Reaksie op "Literatuur in de marge. Die plek van middelmoot-literatuur" deur H.P. van Coller. Litnet Akademies. Akademiese-gesprekruimte. http://www.litnet.co.za/Article/litnet-akademies-maritha-snyman-gesels-oor-die-plek-van-middelmoot-literatuur.         [ Links ]

Stubbs, M. 1983. Discourse analysis. Oxford: Basil Blackwell.         [ Links ]

Vaessens, Thomas. 2013. Geschiedenis van de moderne Nederlandse literatuur. Nijmegen: Uitgeverij Vantilt.         [ Links ]

Van Bork, G.J. & Laan, N. (reds.). 2010. Van romantiek tot postmodernisme. Opvattingen over Nederlandse literatuur. Bussum: Uitgeverij Coutinho.         [ Links ]

Van Coller, H.P. & Odendaal, B.J. 2003. Kleur kom nooit alleen nie (Antjie Krog) en Die burg van Hertog Bloubaard (Henning Pieterse): 'n poëtikale beskouing. Deel 1. Stilet 15(1):16-35.         [ Links ]

Van Coller, H.P. & Odendaal, B.J. 2003. Kleur kom nooit alleen nie (Antjie Krog) en Die burg van Hertog Bloubaard (Henning Pieterse): 'n poëtikale beskouing. Deel 2. Stilet 15(1):36-64.         [ Links ]

Van Coller, H.P. & Odendaal, B.J. 2005. Die verhouding tussen die Afrikaanse en Nederlandse literêre sisteme. (I). Stilet XVII: 3, September: 1-17.         [ Links ]

Van Coller, H.P. & Van Niekerk, Angelique. 2002. Vertelstrategieë in Verliesfontein. In: Burger, Willie & Van Vuuren, Helize, 2002:249-270.         [ Links ]

Van Coller, H.P. (red.). 1998. Deel 1. Perspektief en profiel. 'n Afrikaanse literatuurgfeskiedenis. Pretoria: Van Schaik UItgewers.         [ Links ]

Van Coller, H.P. (red.). 1999. Deel 2. Perspektief en profiel. 'n Afrikaanse literatuurgfeskiedenis. Pretoria: Van Schaik UItgewers.         [ Links ]

Van Coller, H.P. (red.). 2006. Deel 3. Perspektief en profiel. 'n Afrikaanse literatuurgfeskiedenis. Pretoria: Van Schaik UItgewers.         [ Links ]

Van Deel, T., Mathijsen, Marita & De Vriend, Gerard. 2004. Kijk op kritiek. Essays voor Kees Fens. Amsterdam: EM. Querido Uitgeverij BV        [ Links ]

Van den Berg, Willem & Couttenier, Piet. 2009. Alles is taal geworden. Geschiedenis van de Nederlandse literatuur 1800-1900. Amsterdam: Uitgeverij Bert Bakker.         [ Links ]

Van Oostrom, Frits. 2006. Stemmen op schrift. Geschiedenis van de Nederlandse literatuur van het begin tot 1300. Amsterdam: Uitgeverij Bert Bakker.         [ Links ]

Van Oostrom, Frits. 2013. Wereld in woorden. Geschiedenis van de Nederlandse literatuur 1300-1400. Amsterdam: Uitgeverij Bert Bakker.         [ Links ]

Verboord, Marc. 2003. Classification of authors by literary prestige. Poetics 31:259-281.         [ Links ]

Von Bertalanffy, Ludwig. 1968. General systems theory: Foundations, development, applications. New York: George Braziler.         [ Links ]

Wellek René & Warren, Austen. 1976 (1948). Theory of Literature. Middlesex: Penguin Books.         [ Links ]

White, Hayden. 1973. Metahistory: The Historical Imagination in Nineteenth Century Europe. Baltimore: John Hopkins University Press.         [ Links ]

 

 

Hennie van Coller, uitstaande professor en departementshoof van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat, het onder meer die samestelling en redigering waargeneem van die driedelige Afrikaanse literatuurgeskiedenis Perspektief en profiel wat in die afgelope dekade gepubliseer is. Tans werk hy o.a. aan 'n heruitgawe van hierdie publikasie én aan 'n nuwe Nederlandse Literatuurgeskiedenis. Voorts is hy 'n poësievertaler (Bandelose gedigte van Luuk Gruwez, 2007) en literêre resensent, en daar het reeds meer as 'n honderd wetenskaplike artikels en 'n veertigtal boekhoofstukke uit sy pen verskyn, asook 17 boeke wat deur hom geskryf (o.a. die bundels Tussenkoms en Tussenstand, sowel as die digbundel Soom) of geredigeer is. Naas navorsing oor kanonisering-(sprosesse), trauma verwerking in literêre werke en aspekte van literêr-sistemiese en -intersistemiese funksioneri ng doen hy veral navorsing oor die literêre geskiedenis - 'n hoofstuk deur hom het ook verskyn in die Cambridge South African Literary History. Hy was voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en is lid van ASSAf.
Hennie van Coller is Distinguished Professor and Head of the Department of Afrikaans and Dutch, German and French at the University of the Free State. An important contribution on his list of publications is his overseeing of the composition and editing of the triple Afrikaans literary history, Perspektief en profiel, which was published in the course of the past decade. Currently he is working on a re-issue of this publication, as well as on a new Dutch Literary History. Furthermore, he is a translator of poetry (Bandelose Gedigte by Luuk Gruwez, 2007), and literary critic, and has published more than a hundred scientific papers and forty book chapters; as well as 17 books either written (e.g. Tussenkoms, Tussenstand and the collection of poems Soom) or edited by him. Besides research on canonisation (processes), trauma processing in literary works, and literary aspects of systemic and intersystemic functioning, he does research mainly on literary history - a chapter written by him was published in the Cambridge South African Literary History. He was chairman of the South African Academy for Science and Arts and is a member of ASSAf.
* Erkenning word verleen aan die European Institutes for Advanced Studies (EURIAS) en die Nasionale Navorsingstigting (NNS/NRF) vir finansiële steun.
1 Kees Fens (1994) se waarskuwing is egter ook belangrik: "Soms verdenk ik sociologen [...] ervan de laatste naturalisten te zijn: in hun uitgaan van en daardoor ontdekken van onvermijdelijke samenhangen, die weer onvermijdelijk gedrag van individuen meebrengen, maar ook veronderstellen" (Beekman 2004:198).
2 'n Oorsig van sisteemdenke word gegee in Senekal (2013:19 e.v.).
3 Huet is volgens Kees Fens die eerste en ook grootste Nederlandse literatuurkritikus wat verskeie kritici na hom in die skadu stel (Van Deel, Mathijsen & De Vriend 2004: 61).
4 Bloom (1995:29) sê in hierdie verband: "One breaks into the canon only by artistic strength which is constituted primarily by an amalgam: mastery of figurative language, originality, cognitive power, knowledge, exuberance of diction."
5 Ten spyte van wat die Nederlandse skrywer Arnon Grunberg (1998) van kritici sê: "Er zijn critici die én kunnen schrijven én kunnen denken. Ze zijn heel zeldsaam, net een uitgestorven vogelsoort. Dan zijn er er critici die wel kunnen schrijven maar niet kunen denken [... ] Er zijn critici die wel kunnen denken maar niet kunnen schrijven [... ] Verder zijn er critici die noch kunnen schrijven noch kunnen denken. Zij zijn veruit in de meerderheid" (Beekman 2004:202).
6 Louw (1939a:17) beweer dat onmiddellikheid die stempel bly van groot literatuur: "Die skrywer moet alle toevalligheid van omgewing en stand van hom afstroop om alleen die essensiële te kan sê [...] Woord- en vormsuiwerheid is die tegniese kant van dieselfde saak." Deurgronding van die eie tyd is die opdrag; nie aktualiteit per se nie.

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons