SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número2BOOK REVIEWS índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.54 no.2 Pretoria jun. 2014

 

AANKONDIGING ANNOUNCEMENT

 

Uitnodiging - Bydraes oor TT Cloete

 

 

T T Cloete bereik die mylpaal van 90 jaar op 31 Mei. Om hierdie besonderse geleentheid te vier, nooi die redaksie belangstellendes uit om bydraes voor te lê ter huldiging van Cloete se merkwaardige voortgesette produktiwiteit as denker en digter. Sedert die vorige huldiging vir Cloete in hierdie tydskrif, in Desember 2009, het nog vier publikasies die lig gesien - Uit die wit lig van my land gesny, Onversadig, Die ander een is ek en Karnaval en Lent.

U is welkom om enige aspek van, of enige tydperk in die oeuvre van die digter te belig in byvoorbeeld 'n wetenskaplike (artikel) of kreatiewe (gedig) bydrae. Laat ons asseblief teen middel Junie weet of u belang stel om 'n bydrae te lewer en wat die aard daarvan sal wees. Die sperdatum vir inlewering is 15 September, vir oorweging van publikasie in die tydskrif in Desember vanjaar.

Rig alle navrae asseblief aan die redakteur by publikasies@akademie.co.za.

Ina Wolfaardt-Gräbe
Redakteur: Tydskrif vir Geesteswetenskappe
13 Mei 2014

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons