SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número2The reenchantment of a disenchanted worldThe Sea (2011) by Reza de Wet: A Slave Drama? índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912

Tydskr. geesteswet. vol.54 no.2 Pretoria Jun. 2014

 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

 

Ekonomie en meertaligheid: 'n herbesinning oor die Suid-Afrikaanse taalbeleid

 

Economics and multilingualism: reconsidering language policies for South Africa

 

 

Theo van der Merwe

Departement Ekonomie Universiteit van Suid-Afrika Pretori. E-pos: vdmert@unisa.ac.za

 

 


OPSOMMING

Daar word geargumenteer dat taal meer as net 'n kommunikasiemiddel is en dat die kulturele aspek of intrinsieke waarde van taal nie geïgnoreer mag word nie. Die koste van meertaligheid word dikwels oorbeklemtoon, terwyl die sosiale voordele onderskat en selfs oor die hoof gesien word. Dit het daarom nodig geword om meertaligheid in Suid-Afrika vanuit 'n ekonomiese perspektief te ontleed. Meertaligheid skep 'n positiewe eksternaliteit en die sosiale welvaart van Suid-Afrika kan verhoog word indien die sosiale voordele van meertaligheid die koste oorskry.
Eentaligheid bevoordeel hoofsaaklik die elite en lei tot die verdere uitsluiting van minderbevoorregtes. Verder weerspreek dit ook die Suid-Afrikaanse Grondwet. Sensus 2011 word gebruik om aanbevelings oor 'n werkbare en bekostigbare meertalige beleid vir Suid-Afrika te maak, aangesien dit 'n meer objektiewe norm is. Vier amptelike tale, naamlik Afrikaans, Engels en die Nguni- en Sotho-tale, word vir nasionale regeringsvlak aanbeveel, bepaal deur die aantal eerstetaalsprekers van die onderskeie tale. Die Nguni- en Sotho-tale word saamgegroepeer in ooreenstemming met 'n aanbeveling van Alexander. Drie tot vier tale word as amptelike tale op provinsiale vlak aanbeveel ten einde Engels as lingua franca te akkommodeer.
Hierdie voorstelle verteenwoordig 'n meer praktiese, uitvoerbare en bekostigbare taalbeleid en sal boonop verseker dat die huidige amptelike tale steeds as amptelike tale op ten minste een van hierdie twee owerheidsvlakke gebruik word. Belangegroepe sal egter druk op die regering moet uitoefen om te verseker dat meertaligheid verwesenlik word, gegewe die onverskilligheid van die regering in dié verband tot dusver.

Trefwoorde: billikheid, eentaligheid, ekonomie, fiskale ruimte, lingua franca, markmislukking, meertaligheid, positiewe eksternaliteit, sosiale welvaart, Suid-Afrika, taalbeleid, veeltaligheid


ABSTRACT

Economics of language is a relatively small branch of economics that has been receiving more attention lately. South Africa is a multilingual and multicultural society, but surprisingly, South African economists have not paid much attention to this topic so far. The main reason for this indifference may be that South Africa, as a developing country, faces the typical challenges characteristic of such countries, for example high levels of poverty and unemployment, a skewed distribution of income and high crime levels, which may cause language issues to appear of secondary importance.
It is, however, argued in this paper that multilingualism is an important matter and that the development of a viable and affordable language policy for South Africa is important for a progressive and stable South Africa. Multilingualism is defined as the use of more than two languages. The current language policy of 11 official languages as specified by the South African Constitution is not viable or affordable, with the result that English is the main beneficiary. It is important to have a lingua franca for inclusive communication and nation building, but not at the expense of the other South African languages. Monolingualism mainly benefits the elite and contributes to the social exclusion of the poor. Furthermore, it also contradicts the South African Constitution.
Contrary to views held by some economists, language is more than just a medium of communication or technology; it has important cultural elements or intrinsical value that must not be ignored. The cost implications of multilingualism are usually overemphasised, while the benefits are ignored or underestimated. In public economics this is known as a positive externality, an example of a market failure, because if left to the market, the optimal amount of the good (multilingualism) will not be produced. It is therefore inter alia, argued that multilingualism is a positive externality. This creates scope for government to intervene by implementing language policies to improve allocation efficiency. If such market failures are not addressed properly, they will be detrimental to the social welfare. If social benefits exceed the costs, the social welfare of society will be improved. It must, however, be kept in mind that government also fails.
The fiscal scope for South Africa to increase government expenditure is limited due to the severe demands it is already experiencing, especially those created by functions such as education, health, social assistance, public law and security, to mention only a few important functions. These demands will not change in the foreseeable future, and it is therefore imperative that language policies enhancing multilingualism must be affordable and viable.
It is also indicated that despite general beliefs that English is the language of trade and the internet, this position is changing rapidly. Evidence shows that the ability to use the language of trading partners can be beneficial for trade, other languages, and especially Mandarin, are also making inroads on the internet. Notwithstanding the convictions of individuals such as Van Parijs that the use of a lingua franca will enable poor individuals to mobilise themselves and participate in deliberations at the global level, it is unlikely that this argument will hold for developing countries. In developing countries the use of one language only often benefits the elite mainly and could broaden the economic divide between "haves" and "have-nots", because poor individuals often do not know English, French or Portuguese at all, or sufficiently, due to no, little, or poor educational opportunities. In an effort to level the playingfield and to promote equity, government and other institutions will have to promote multilingualism, but obviously, multilingualism on its own will not necessarily create a more equitable society.
In order to recommend a more practical, viable and affordable language policy, language demographic data of Census 2011 have been used in this paper as a more objective norm. The number of first-language speakers of the official languages is used to identify languages which should be used at national level. The Nguni and Sotho languages are grouped together in accordance with a proposal by Alexander, which recommends that the difference between languages and dialects (varieties) should be taken into account.
It is therefore recommended that Afrikaans, English, the Nguni and Sotho languages be used as the official languages at national level. The same procedure is followed for the provincial level. In this case, however, some provinces will have to use four official languages to inter alia make provision for English as lingua franca. At provincial level the language with the most first language speakers could be used, as long as the standardisation of the written Nguni and Sotho languages is not jeopardised.

Key concepts: economics, equity, fiscal scope, language policies, lingua franca, market failure, monolingual, multilingual, positive externality, social welfare, South Africa


 

 

"Vryheid en handhawing van 'n taal gaan saam. Hy wat ander nie wil laatpraat nie, sal self stom bly. " Marthinus Versfeld

 

1. INLEIDING

Taalstudies is interdissiplinêr van aard en gewoonlik die fokus van dissiplines soos die sosiologie, sosiolinguistiek en taalopvoeding. Taalekonomie as studieveld is deur Marschak (1965) geïnisieer. Volgens Grin (2003:2) lê taalekonomie op die rand van hoofstroomekonomie. Hoewel dit tans 'n relatief klein studieveld is wat meer aandag verdien (Lamberton 2002:xi), het interessante literatuur reeds in die veld verskyn (Grin 2006:77). Belangstelling in hierdie onderwerp word gewoonlik geprikkel deur die taalomgewing van die navorser. Waar taaldiversiteit voorkom, is taal dikwels 'n belangrike politieke, ekonomiese en sosiale aangeleentheid, wat toegeskryf kan word aan potensiële konflik en die bedreiging van sommige tale (Grin 2003:3).

Taalaangeleenthede het sover weinig aandag van ekonome in Suid-Afrika gekry. Een verklaring is dat Suid-Afrika as ontwikkelende land voor groot sosio-ekonomiese uitdagings te staan kom, soos hoë vlakke van werkloosheid, armoede en 'n ongelyke verdeling van inkomste en rykdom, om net enkele aangeleenthede uit te lig. Daar is ook potensiaal vir taalkonflik, hoewel dit wil voorkom asof baie Suid-Afrikaners redelik onverskillig staan teenoor die oorlewing van inheemse tale, met die uitsondering van enkelinge en sommige groeperinge (Le Cordeur 2011:6).

In hierdie artikel word geargumenteer dat 'n lewensvatbare, bekostigbare en realistiese taalbeleid tot politieke, ekonomiese en maatskaplike stabiliteit sal bydra. Die uitgangspunt is dat die voordele van meertaligheid dikwels onderskat word, hoofsaaklik as gevolg van probleme om sosiale voordele te identifiseer en te meet. Daar word ook aangevoer dat die bevordering van meertaligheid die sosiale welvaart van 'n gemeenskap kan verhoog, mits die voordele die koste oorskry (Grin 2006:86). Die oogmerk is verder om meertaligheid in Suid-Afrika te bevorder en om aanbevelings te maak vir 'n meer realistiese taalbeleid. Die meertaligheidsvoordeelbeginsel word beklemtoon, eerder as die kwantifisering van voordele en koste, wat in verdere navorsing ondersoek kan word. Hierdie artikel kombineer positivistiese en normatiewe sake en die doelwit is nie om die grense van taalekonomie te verskuif nie, maar om 'n uitvoerbare oplossing vir die probleme van meertaligheid in Suid-Afrika aan die hand te doen.

Eerstens word aandag aan definisies geskenk, gevolg deur 'n breë skets van die meertaligheidskonteks van Suid-Afrika. Die bepalings van die Suid-Afrikaanse Grondwet word daarna uitgelig en deur argumente vir meertaligheid gevolg. Laastens word die taaldemografie van Suid-Afrika gebruik om 'n meer realistiese taalbeleid aan te beveel.

 

2. DEFINISIES

In 'n artikel van Marschak (1965) getitel "Economics of language" word geargumenteer dat slegs die mees doeltreffende tale uiteindelik sal oorleef. Vir hom beteken doeltreffendheid die vermoë om inligting in die kortste moontlike tydsbestek weer te gee (Vaillancourt 1983:162). Grin (2006:78) omskryf taalekonomie as

... the paradigm of theoretical economics [which] uses the concepts and tools of economics in the study of relationships featuring linguistic variables; it focuses principally, but not exclusively, on those relationships in which economics variables also play a part.

Vir Zhang en Grenier (2012:29) is taalekonomie "a branch of economics that uses economic theory, principles and methods to study language ... acts". Taalekonomie word dus breedweg gedefinieer as die toepassing van ekonomiese teorie en beginsels op taalsake.

Meertaligheid word gewoonlik gedefinieer as die (algemene) gebruik van meer as twee tale in 'n bepaalde geografiese gebied, in teenstelling met die gebruik van slegs een taal (eentaligheid) of twee tale (tweetaligheid) in so 'n gebied. Gorter et al. (2005-2011:5/45) is van mening dat "it would be difficult to find a country which is completely monolingual because multilingualism is the rule not the exception" en dat die meeste mense in die wêreld meer as een taal praat en gevolglik ten minste tweetalig is. Vir die doeleindes van hierdie artikel verwys meertaligheid na die gebruik van meer as twee tale, terwyl die term tweetaligheid vanself spreek. Lingua franca word omskryf "as any language widely used for communication between people with different mother tongues" (Van Parijs 2011:9).

 

3. DIE TAALKONTEKS VAN SUID-AFRIKA

Suid-Afrika beskik nie oor 'n meerderheidstaal nie - dit beteken dat nie een van die tale deur meer as vyftig persent van die bevolking as eerstetaal gebruik word nie. Die Nguni-tale (Zoeloe, Xhosa, Swati en Ndebele) het meer as 22 miljoen eerstetaalsprekers en die Sotho-tale (Suid-Sotho, Sepedi en Tswana) meer as 12 miljoen. Verskeie tale het 'n groot aantal tweedetaalsprekers, soos Afrikaans, Engels, en die Nguni- en Sotho-tale, terwyl Engels dikwels as lingua franca dien.

Voor die oorgang na 'n volle demokrasie in 1994 was tweetaligheid die amptelike taalbeleid van Suid-Afrika (RSA 1961). Die koloniale tale Engels en Nederlands (1912), en later Afrikaans en Engels (1925) was amptelike tale van die voormalige Unie van Suid-Afrika, terwyl Afrikatale meestal afgeskeep is - hoewel van hierdie tale as medium van opvoeding gebruik is (Heugh 2008:359), by skole onderrig of aan universiteite gedoseer is. Die Soweto-studenteopstand van 1976 was onder meer te wyte aan die ondeurdagte taalbeleid van die Nasionale Party-regering wat swart leerlinge verplig het om sommige van hulle vakke, te wete rekeningkunde en wiskunde (wat as moeilike vakke bekend staan), deur die medium van Afrikaans te neem (Giliomee 2013:111). Dit het taalaangeleenthede in groot mate verpolitiseer en het tot vandag toe 'n invloed op houdings jeens meertaligheid.

Tydens die onderhandelinge vir die oorgang na 'n volle demokrasie is verskeie taalmodelle op die tafel geplaas, maar uiteindelik het die Grondwet voorsiening gemaak vir 11 amptelike tale. Alexander (1998:271-72) wys daarop dat die gebruik van 11 amptelike tale 'n politieke kompromis was en nie gegaan het oor of hulle tale of dialekte is nie. Hy bepleit dat die Nguni- en Sotho-tale veral vir geskrewe doeleindes gestandaardiseer word. Die groot aantal amptelike tale het in die praktyk noodwendig tot die feitlik uitsluitlike gebruik van Engels as openbare taal gelei - dit is net nie uitvoerbaar of bekostigbaar om 11 amptelike tale gelyk te behandel nie. Grin (2003:39) merk tereg op dat 'n gemeenskap nie beter daaraan toe sal wees as onbeperkte diversiteit nagestreef word nie. Daar kan geargumenteer word dat 'n realistiese taalbeleid eenheid en vooruitgang kan bevorder, terwyl 'n gebrek aan so 'n beleid tot konflik en uitsluiting kan bydra. In 'n komplekse omgewing kan die versoeking groot wees om slegs 'n lingua franca vir amptelike doeleindes te gebruik (in Afrika die koloniale tale Engels, Frans of Portugees). So 'n benadering kan egter ernstige negatiewe implikasies vir laer-inkomstegroepe inhou as hulle die lingua franca nie goed bemeester het nie, en kan tot verdere ekonomiese uitsluiting bydra. Dit tas ook die menseregte en menswaardigheid van anderstaliges aan en is teenstrydig met die Grondwet.

Die posisie van Engels word versterk deur sy rol op internasionale vlak. Die hegemonie van Engels hou ernstige implikasies vir ander tale in. Selfs tale met 'n groot aantal sprekers en 'n ryk kulturele erfenis soos Duits, Frans, Italiaans en Spaans word deur Engels uitgedaag. Lawrence Summers (New York Times, 20 Januarie 2012), 'n voormalige president van Harvard Universiteit en sekretaris van die VSA Tesourie het die volgende oor die nut van die bestudering van buitelandse tale opgemerk: "English's emergence as the global language ... make[s] it less clear that the substantial investment necessary to speak a foreign language is universally worthwhile". Taal word dus as menslike kapitaal beskou en die vraag is of investering in 'n buitelandse taal 'n netto positiewe opbrengs vir studente sal lewer; dit wil sê of die voordele die koste sal oorskry (Vaillancourt 1989:168). Summers toon 'n gebrek aan waardering vir taal as 'n kulturele instrument wat verskillende vensters op die wêreld oopmaak (Van Wyk Louw 1955:78).

'n Navorsingsvertakking van taalekonomie fokus op die invloed van taalvaardigheid op arbeidsinkomste (Grin 2006:80). Indien die bemeestering van 'n taal individue in staat stel om beter te kommunikeer, behoort hulle potensiële inkomste te verhoog (Van Parijs 2011:12). Die status van Engels as internasionale taal kan 'n rede wees waarom sommige Europese universiteite van hul kursusse in Engels begin aanbied, hoewel Pennycook (2007:91) aanvoer dat Engels besig is om in 'n "plurality of languages" te ontwikkel. Desnieteenstaande is die posisie van Engels in die geglobaliseerde wêreld sterk gevestig en kan Suid-Afrika hierdie tendens nie vryspring nie. 'n Relatief beduidende gedeelte van die elite toon 'n voorkeur vir Engels, of staan onverskillig of antagonisties teenoor meertaligheid. Dr. Mamphela Ramphele (Sunday Times, 8 Maart 2009) merk op dat: "[e]lites, young and old, seem to equate sophistication with the use of English with as much of a non-African accent as possible". Die implikasies vir meertaligheid is ooglopend.

Taalverplasing (die vervanging van een taal deur 'n ander) word soms as 'n onvermydelike resultaat van globalisering beskou. Daar is 'n geneigdheid, veral by hoë-inkomstegroepe van alle rasse, om hulle kinders in Engelse private skole te plaas vir beter werksgeleenthede plaaslik en oorsee. So 'n besluit hou dikwels groter implikasies in as wat ouers besef. Dit kan byvoorbeeld beteken dat Engels as huistaal gebruik moet word om te verseker dat kinders die taal behoorlik bemeester om bevredigend op skool te presteer, met negatiewe gevolge vir meertaligheid. Hier kan die waarskuwing van Ramphele (Sunday Times, 8 Maart 2009) ter harte geneem word: "If language is not only the medium of communication, but also a means of cultural heritage transmission between generations, how are our children to know who they are and what heritage they bring to South Africa's diversity?"

Taalverplasing kan as 'n natuurlike proses beskou word wat wyd voorkom. Van die meer as 6 000 tale wat tans gepraat word, het meer as die helfte minder as 10 000 sprekers en gaan hulle, sonder enige ondersteuning, uitsterf (Unesco ongedateer:1). Volgens 'n raming van Krauss (1992:7) kan 90 persent van alle tale uiteindelik uitsterf. Taalverplasing is dikwels 'n relatief stadige proses en nie so duidelik waarneembaar nie. In die geglobaliseerde wêreld, waar die internet en sosiale media 'n belangrike rol speel, kan die proses bespoedig word. Gelukkig maak dit taalverplasing ook meer sigbaar en kan voorkomende maatreëls getref word. Die wêreldwye web is egter nie net slegte nuus vir meertaligheid nie - dit skep ook geleenthede vir tale om vooruit te gaan en dienste aan sprekers te lewer wat oorsee werk of geëmigreer het.

Die taaldiversiteit van Suid-Afrika maak 'n lingua franca noodsaaklik - eerstens, sodat individue oor taalgrense heen kan kommunikeer, en tweedens, sodat 'n nasionale gedeelde identiteit bevorder kan word. Kraus (2007:62) beklemtoon die rol van 'n lingua franca om te verseker dat die infrastruktuur doeltreffend bedryf word. 'n Lingua franca moet egter nie tot diglossie lei nie (wat na duidelik afsonderlike funksionele domeine vir tale verwys (Kraus 2007:66)) omdat dit meertaligheid kan ondermyn.

 

4. DIE GRONDWET EN MEERTALIGHEID

Gorter et al. (2005-2011:12/45-13/45) dui onder meer aan dat die status van 'n taal in die gemeenskap deur sy ekonomiese posisie (of dié van sy sprekers), sosiale status (status onder ander en dié van die eie taalgroep), demografie en institusionele ondersteuning (ondersteuning deur instellings en georganiseerdheid van die taalgroep) bepaal word. Grin (1992:73) het sekere faktore geïdentifiseer wat die oorlewing van 'n minderheidstaal bepaal, naamlik taalhouding, persentasie sprekers en verwagtings. In hierdie afdeling word gefokus op institusionele onder-steuning en die erkenning van 'n taal, terwyl taaldemografie in afdeling 6 aandag kry.

Die Suid-Afrikaanse Grondwet, wat die resultaat van langdurige onderhandelinge was, word deur kenners as baie progressief beskou (Brand & Heyns 2005). Volgens die Oxford advanced learner's dictionary is 'n "constitution [a] system of government, laws and principles according to which a state is governed". 'n Grondwet is dus die hoogste reg van 'n land en alle ander wette moet ooreenstem met die bepalings van hierdie wet.

Die oogmerke van die Suid-Afrikaanse nasie ten opsigte van meertaligheid word in artikel 6 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, uitgestippel. Hierdie artikel lui:

6 (1) Die amptelike tale van die Republiek is Sesotho sa Leboa, Sesotho, Setswana, siSwati, Tshivenda, Xitsonga, Afrikaans, English, isiNdebele, isiXhosa en isiZulu.

   (2) Gesien die historiese inkorting van die gebruik en status van die inheemse tale van ons mense, moet die staat praktiese en daadwerklike maatreëls tref om die status van dié tale te verhoog en hulle gebruik te bevorder.

   (3) (a) Die nasionale regering en provinsiale regerings kan enige bepaalde amptelike taal vir regeringsdoeleindes aanwend met inagneming van gebruik, doenlikheid, koste, streeksomstandighede en die ewewig van die behoeftes en voorkeure van die bevolking as geheel of in die betrokke provinsie; maar die nasionale regering en elke provinsiale regering moet minstens twee amptelike tale gebruik (my beklemtoning) (RSA 1996).

Bogenoemde aanhaling toon ondubbelsinnig die erns oor meertaligheid en die progressiwiteit van die Grondwet in dié verband (Beukes 2011:1). Die Grondwet bepaal ook dat 'n Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) ingestel word om:

   (5) (a) die ontwikkeling en gebruik [te] bevorder en omstandighede [te] skep vir die ontwikkeling en gebruik van -

(i) alle amptelike tale ... (RSA 1996).

Artikel 6.3(a) van die Grondwet maak dit duidelik dat die oogmerk nie is om alle tale te alle tye te gebruik nie, maar ten minste twee of meer tale moet op owerheidsvlak gebruik word. Daar is reeds aangetoon dat nie veel vordering ten opsigte van meertaligheid in Suid-Afrika gemaak is nie. PanSAT, wat in 1996 tot stand gekom het, het tot dusver nie aan die verwagtinge voldoen nie. Tekortkominge is die pas van dienslewering, "dat dit 'n waghond sonder tande is" en oor gebrekkige finansiering beskik (Beukes ongedateer:1) (Perry 2004). Heugh (Le Cordeur 2013) se kritiek is meer snydend:

[i]t is a matter of dark irony that in a country whose Constitution enshrines diversity, especially linguistic diversity and linguistic equity, that such principles are entirely ignored in practice. The more the indigenous African languages are ignored the less capital they command.

'n Progressiewe grondwet beteken weinig as dit nie tot die inwoners spreek of deur die regering gerespekteer word nie.

Die erkenning van 'n taal kan positiewe implikasies vir die status en prestige daarvan inhou. Fidrmuc (2011:4) merk tereg op dat sodra 'n taal amptelike status in die Europese Unie (EU) kry, bevorder dit nie net die posisie van die taal nie, maar ook indirek dié van sy sprekers. Dit toon dat amptelike erkenning en ondersteuning die reputasie en verwagtings van 'n taal kan verbeter en uiteindelik tot die oorlewing daarvan bydra.

 

5. EKONOMIESE ARGUMENTE

In 'n neutedop bestudeer die ekonomie die optimale gebruik van beperkte middele. Skaarsheid is dus 'n belangrike kenmerk en daarom moet die mensdom keuses maak - of, soos 'n voormalige Sowjetleier, Nikita Chroesjtjof, opgemerk het: "Economics is not a subject that greatly respects one's wishes". In 'n volmaak mededingende ekonomiese stelsel wat voldoen aan streng aannames sal markkragte bepaal watter goedere en dienste geproduseer en verbruik word. Dit word bepaal deur die voorkeure van verbruikers, wat nut maksimaliseer, en produsente, wat wins maksimaliseer. Hierdie optrede lei outomaties tot die optimale toedeling van bronne, maar nie noodwendig tot die maksimalisering van sosiale welvaart nie. Laasgenoemde neem die voorkeure van die gemeenskap in ag. Die vraag wat opduik, is of die owerheid moet ingryp indien markkragte tot die gebruik van slegs een taal lei.

In die owerheidsekonomie geld die beginsel dat wanneer markmislukkings voorkom, dit ruimte skep vir owerheidsinmenging in die ekonomie om die toedeling van bronne te verbeter (Musgrave & Musgrave 1989). Markmislukkings bestaan uit:

owerheidsgoedere (met eienskappe soos nie-mededingendheid en nie-uitsluitbaarheid, wat beteken dat minder van die goedere nie beskikbaar is indien dit verbruik word nie (byvoorbeeld verdediging) en individue nie maklik van voordele uitgesluit kan word nie (byvoorbeeld 'n straatlig)

onvolmaakte mededinging

eksternaliteite (sosiale voordele en koste word nie in markpryse gereflekteer nie)

onvolmaakte inligting

hoë transaksiekoste.1

Grin (2003:32-35) argumenteer dat al dié bogenoemde markmislukkings op taal van toepassing is. In hierdie artikel val die fokus egter hoofsaaklik op positiewe eksternaliteite (kyk afdeling 5.1). Owerheidsinmenging kan geregverdig word indien sekere linguistiese omgewings sosiaal bo ander linguistiese omgewings verkies word en ten minste een markmislukking tydens taalproduksie voorkom. In so 'n omgewing kan die daarstel van taalbeleid ekonomies sin maak (Grin 2003:31), wat wanpersepsies weerlê dat taalbeleid nie 'n ekonomiese aangeleentheid is nie.

5.1 'n Positiewe eksternaliteit

Die direkte koste van meertaligheid word deur markpryse verkry, wat die berekening van koste relatief maklik maak. So byvoorbeeld is vertaalkoste, die koste van tolkdienste en die salarisse en lone van werknemers wat vir meertalige dienste gebruik word, geredelik beskikbaar. Grin (2002:10-21) tref 'n onderskeid tussen privaat en sosiale markwaarde en nie-markwaarde. Markwaarde word deur markpryse of 'n ander aanwyser geopenbaar, soos die voordele wat dit vir 'n verkoper inhou as in die taal van die klante gekommunikeer kan word. Nie-markvoordele verwys na die voordeel van blootstelling aan 'n ander kulturele omgewing en sosiale kontak met lede. Hierdie indirekte voordele is dikwels versteek en dus moeilik berekenbaar.

Sosiale voordele en koste wat nie deur markpryse gereflekteer word nie, staan as eksternaliteite bekend. Die sosiale nadeel wat deur 'n goed (byvoorbeeld besoedeling) veroorsaak word, is 'n negatiewe eksternaliteit. 'n Positiewe eksternaliteit verwys na sosiale voordele wat deur produsente buite rekening gelaat word en dikwels tot die ondervoorsiening van 'n goed of diens lei (Hyman 2014:95). Voorbeelde van so 'n positiewe eksternaliteit is dat individue met die owerheid in hulle moedertaal kan kommunikeer en onderrig daarin kan ontvang, waardeur abstrakte konsepte beter begryp kan word, persoonlike vooruitgang bevorder kan word en hulle hulle(self) beter verstaanbaar kan maak. Dit behoort ook die ekonomiese deelname en die kollektiewe selfbeeld van die betrokke groepe te verbeter. In so 'n geval is dit dus vir die owerheid nodig om in te meng om toedelingsdoel-treffendheid, byvoorbeeld deur middel van taalbeleid, te bevorder.

Church en King (1993:337) het 'n model ontwikkel wat aantoon dat die bemeestering van 'n nuwe taal die voordele laat toeneem, omdat die aantal sprekers terselfdertyd toeneem. Dit staan as 'n netwerkeksternaliteit bekend. Hierdie model ondersteun die idee dat 'n meerderheidstaal monopolistiese eienskappe het en dat minderheidstaalsprekers tweetalig moet wees. Een aanname van hierdie model is egter dat tale slegs "kommunikasietegnologieë" is. Nuwe sprekers verhoog nie net die waarde van 'n taal nie, maar dit hou ook finansiële implikasies vir die moedertaalsprekers in, byvoorbeeld vanweë 'n verandering in die loonkoers. Hierdie waardes is egter moeilik kwantifiseerbaar. Grin (2003:34) merk ook op dat eksternaliteite "justify support for the learning of a common language" indien die kommunikasiebehoeftes van die gemeenskap beklemtoon word, wat weer taaldiversiteit benadeel.

Vir die doeleindes van 'n koste- of voordeelontleding wat die geldwaarde van sosiale voordele beraam, wys Gorter et al. (2005-2011:26/45) daarop dat die toekenning van geldwaarde aan "cultural assets in general, and multilingualism in particular, is today among the most pressing and challenging issues confronting economists".

Gorter et al. (2005-2011:31/34-40/45) identifiseer en bespreek verskeie waardasie-instrumente om die voorkeure of voordele van meertaligheid te kwantifiseer. Hulle identifiseer twee metodes: eerstens, geopenbaarde voorkeurtegnieke, wat verwys na werklike markgedrag; en tweedens, verklaarde voorkeurtegnieke, wat fokus op die voornemens van verbruikers. Waardasietegnieke bestaan uit drie klasse:

sosiale-koste- of voordeelontledings, insluitende eksterne voordele en koste wat die reiskostetegniek gebruik (dit meet die bereidwilligheid om te betaal en gebruik werklike koste), of die hedonistiese prystegniek (wat die koste en voordele, insluitende eksternaliteite, in berekening bring)

opnamemetodes (gebeurlikheidswaardasiemetodes ["contingent"] of die latente vraag na kultuurgoedere word nagespoor)

multi-kriteria-ontledings, prys- en niepryseffekte en kwantitatiewe en kwalitatiewe effekte word in berekening gebring.

Die koste en voordele is een van die gronde waarop een taalomgewing beter as 'n ander beskou kan word. Weereens is die kwantifisering van voordele meer problematies, en Grin (1999:19) wys daarop dat menseregte en geregtigheid geherinterpreteer moet word om deel van totale welvaart uit te maak.

5.2 Sosiale welvaart

Vroeër is aangetoon dat taalbeleid deur die owerheid gebruik kan word om markmislukkings te hanteer. Grin (2003:28) wys daarop dat die oogmerk van taalbeleid is om welvaart te verhoog of om sosiale welvaart te maksimaliseer, wat die welvaart van alle individue in berekening bring en aan Pareto-optimaliteit voldoen. 'n Paretoverbetering beteken dat die posisie van een individu slegs verbeter kan word indien niemand anders benadeel word nie. Hier is normatiewe aangeleenthede (of waarde-oordele) dus ter sprake.2 'n Elementêre Bergson-Samuelson sosiale-welvaartsfunksie kan aangedui word as:

W = W(Z1, Z2,....,Zn).

Sosiale welvaart (W) bestaan uit W wat 'n reële waardefunksie van alle veranderlikes verteen-woordig en waar die zi's en W gekies word om die etiese waardes van die gemeenskap, of die individue waaruit dit bestaan, te verteenwoordig3 (Mueller 2003:563). Indien sommige lede van die gemeenskap meertaligheid as 'n verbetering van hulle nut beskou, terwyl ander onverskillig daarteenoor staan, sal beleid wat dit bevorder sosiale welvaart verhoog.4

Die Suid-Afrikaanse regering se onverskilligheid jeens PanSAT, 'n direkte uitvloeisel van die Grondwet, en die gebrek aan wesenlike mag van dié instelling om meertaligheid te bevorder of af te dwing, skep ernstige bedenkinge oor die regering se verbintenis tot meertaligheid. The Star (15 June 2012) rapporteer so daaroor: "[e]ducation analysts ... say that the promotion of multilingualism in schools barely goes beyond policy documents". Tydens 'n ANC-konferensie in Desember 2012 is besluit dat dit van 2014 verpligtend sal wees vir skoolkinders om 'n inheemse taal te leer (Le Cordeur 2013). Dit mag ondeurdag wees om hierdie besluit so vinnig te implementeer, maar as meertaligheid die erns van die regering is, moet daar daadwerklik opgetree word.

5.3 Die fiskale ruimte

Volgens die Grondwet is "koste" 'n faktor wat in berekening gebring moet word wanneer oor 'n taalbeleid besluit moet word (RSA 1996). Indien meer as een taal gebruik word, is daar bykomende koste-implikasies (byvoorbeeld vir vertaling, publikasies en die aanstelling van tweetalige amptenare). Volgens Fidrmuc (2011:4) kos die 23 amptelike tale die EU meer as 1 miljard per jaar. Indien die EU bekommerd is oor bekostigbaarheid, is dit des te meer 'n faktor wat ontwikkelende lande in berekening moet neem.

As 'n ontwikkelende land het Suid-Afrika te kampe met ernstige druk op fiskale bronne. In die finansiële jaar 2009/10 het die besteding van die gekonsolideerde algemene owerheid 38,2 persent van die bruto binnelandse produk (BBP) uitgemaak (Suid-Afrikaanse Reserwebank 2013:63), vergeleke met 50,6 persent vir EU-lede (27 lande) in 2010 (Eurostat 2013). Om 'n ontwikkelende land met ontwikkelde welvaartstate te vergelyk, kan bevraagteken word, maar gee tog 'n aanduiding van ordegroottes. Die data van ontwikkelende lande is egter dikwels nie beskikbaar of betroubaar nie. Die syfers toon dat owerheidsbesteding in Suid-Afrika reeds op relatief hoë vlakke is.

Tabel 1 verskaf 'n funksionele verdeling van die gekonsolideerde nasionale en provinsiale owerhede en bestaansbeveiligingsfondse vir Suid-Afrika, uitgedruk as 'n persentasie van die totale besteding vir geselekteerde finansiële jare. Vanuit 'n fiskale perspektief beskou, is dit belangrik dat 'n omgewing geskep word wat geskik vir ekonomiese groei is; dit wil sê die owerheidsektor moet nie die privaatsektor verdring nie, sodat ekonomiese groei armoede en werkloosheid oor die langer termyn kan verminder, terwyl die owerheid terselfdertyd daarna moet strewe om 'n minimum bestaanspeil vir die mees kwesbare individue te verseker.

Tabel 1 gee 'n aanduiding van die bestedingsprioriteite van die regering. Onderwys beklee die nommer-een-posisie en behoort dit in die afsienbare toekoms te handhaaf. In die tweede plek is maatskaplike beskerming (ingesluit maatskaplike bystandsprogramme vir arm en behoeftige mense - vir 'n ontwikkelende land het Suid-Afrika 'n relatief omvattende maatskaplike veiligheidsnet). Daar kan geargumenteer word dat Suid-Afrikaners nie genoegsame waarde vir hulle belastingbydrae kry nie, byvoorbeeld, die teleurstellende resultate van die onderwys vergeleke met die uitset van ander lande.

Besteding aan meertaligheid is waarskynlik onbeduidend, weens die lae prioriteit wat dit geniet. Ontspanning, kultuur en godsdiens, een van die kleinste bestedingsitems, sluit besteding aan meertaligheid en sport in. Dit is egter moontlik dat vertalingskoste en ander koste van meertaligheid verskuil is in die besteding aan ander funksies. Dit behoort nietemin nie beduidend te wees nie. Gegewe die eise wat aan die skatkis gestel word, is daar nie groot ruimte vir besteding aan meertaligheid nie.

5.4 Taal as 'n neutrale "goed"

Die wanopvatting dat taal 'n neutrale "goed" is, verdien verdere aandag. Volgens hierdie beskouing is taal 'n ekonomiese goed soos enige ander verbruikersgoed, en kan so 'n taal sonder beduidende koste vir 'n ander taal verruil word. Diegene wat hierdie beskouing huldig, is van mening dat eentaligheid die wêreld minder kompleks sal maak; vir hulle is taal bloot 'n neutrale kommunikasiemedium, 'n onsydige medium vir die oordrag van inhoud (Cohen 2012:2).

In teenstelling hiermee maak Gorter et al. (2005-2011:31/45) die volgende opmerking oor die belangrikheid van taal: "[a] language is a crucial part of the heritage of a specific community, shapes and builds its identity in the same way as its physical heritage does". Grin (2003:36) maak die sober opmerking: "... when something is valuable in the eyes of social actors, this is usually reflected in their behaviour".

Net soos wat die mensdom oor die oorlewing van bedreigde spesies begaan is, behoort daar besorgdheid te wees oor die voortbestaan van 'n taal, want nie net kulturele rykdom is op die spel nie, maar ook kosbare kennis wat oor die eeue heen versamel is - of soos Gorter et al. (20052011:11/45) dit formuleer: "[t]he death of a language is a significant loss because they imply a loss of inherited knowledge. Cultures are transmitted through languages and languages also reflect the history of the people who have used them".

5.5 Eentaligheid, handel en die internet

Fidrmuc (2011:14) meen dat dit voortydig en polities onaanvaarbaar vir die EU is om in hierdie stadium eentaligheid te implementeer (die implikasie is dat dit wel in die toekoms kan gebeur). Hierdie opmerking beklemtoon onbedoeld die belangrike rol van politieke druk en openbare mening in die bevordering van meertaligheid. Fidrmuc (2011:14) voer konvensionele ekonomiese argumente aan vir die gebruik van slegs een, of 'n beperkte aantal tale vir die EU, 'n argument wat in die maksi-min-beginsel van Van Parijs (2011) geëggo word, wat later aandag kry. Fidrmuc (2011:14) beskou eentaligheid of beperkte meertaligheid as 'n aansporing vir individue om belangrike tale aan te leer om sodoende hulle ekonomiese posisie te verbeter. Dit behoort tot beter studie- en werkgeleenthede te lei vir individue wat bereid is om binne die EU te migreer.

Fidrmuc (2011:14) voer ook aan dat minder tale handeldryf behoort te bevorder. Ten spyte van 'n algemene opvatting dat Engels die handelstaal is, is daar toenemende bewuswording by uitvoerlande dat meertaligheid internasionale handel kan bevorder, veral as onderhandelinge in die taal van die handelsvennote geskied. Na raming kan 9 persent van die BBP van Switserland aan die meertaligheid van dié land toegeskryf word (Brammertz 2009). 'n Ander studie (Habib 2001) het bevind dat klein en medium-grootte ondernemings wat in die taal van hulle handelsvennote kan kommunikeer, 'n komparatiewe voordeel teenoor hulle mededingers geniet.

Tussen 2000 en 2009 het die oorwegende gebruik van Engels op die internet van 51 persent tot 29 persent afgeneem, terwyl Mandaryns van 5 persent tot 20 persent gestyg het (Habib 2011:2). Die internet vergemaklik ook die beskikbaarheid van sekere kultuurgoedere, byvoorbeeld buitelandse rolprente en musiek, vir 'n wyer gehoor (Nunberg 2000:303), wat positief vir meer-taligheid is.

5.6 Meertaligheid en billikheid

Om maatskaplike geregtigheid op 'n globale vlak te probeer bevorder, het Philippe van Parijs (2011:14) die Rawls-maksi-min-kriterium (wat die maksimalisering van die nut van die individu met minimum nut bepleit) op taalbeleid van toepassing gemaak. Volgens hom vra individue van verskillende nasionaliteite en tale die volgende vraag as hulle bymekaar kom: "which language is best known by the member . who knows it least well[?]". Hierdie taal word dan die "language of maximal minimal competence". Van Parijs (2011:27) is van mening dat Engels die lingua franca vir kommunikasiedoeleindes moet word en dat dit internasionale mobilisering vir en beraadslaging oor maatskaplike geregtigheid sal bevorder. Dit is egter onwaarskynlik dat armes in ontwikkelende lande genoegsame geleenthede sal kry om 'n lingua franca behoorlik te bemeester.

Eentaligheid kan sosiale uitsluiting in ontwikkelende lande in die hand werk. Pierre Alexandre (Alexander 1999:10) argumenteer dat die postkoloniale elite in Afrika wat Engels en Frans magtig is, oor "kulturele kapitaal" beskik wat hulle ekonomies bevoordeel bo hul landsgenote wat nie oor hierdie kennis beskik nie. Volgens Alexander (1999:11) kan taalbeleid 'n groot impak op die sosio-ekonomiese stratifikasie van 'n land uitoefen. Eentaligheid kan ongelykheid aanhelp en sosiale uitsluiting onbepaald laat voortduur, aangesien anderstaliges per definisie van materiële vooruitgang uitgesluit word.

 

6. DIE TAALREALITEITE VAN SUID-AFRIKA

6.1 Engels as lingua franca

Volgens data ontleen aan Sensus 2011 kan die rol van Engels as lingua franca in Suid-Afrika toegeskryf word aan ander redes as die aantal eerstetaalsprekers. Engels is deur die Britse imperiale ryk uitgedra, waarvan Suid-Afrika deel was. Hierdie imperiale geskiedenis het die posisie van Engels bepaal en, soos Gupta (Alexander 1999:12) tereg opmerk: "[it] has nothing to do with the popular perception of mythical or inherent linguistics of the language". Somtyds word die indruk ook gewek dat Engels minder politieke bagasie as ander tale het, so al asof die imperiale verlede en die vergrype bloot net oor die hoof gesien word. Alexander (2013:84) verwys dan ook na "the fallacy of the ideological neutrality of the English language in our multilingual new South African reality".

Engels is tans die internasionale taal en lingua franca van Suid-Afrika, 'n feit wat nie wegge-redeneer kan word nie, veral "when efficient and inclusive communication is the sole concern" (Van Parijs 2011:14). As multikulturele en meertalige gemeenskap benodig Suid-Afrika 'n inklusiewe taal vir kommunikasie, maar dit moet nie ten koste van ander tale geskied nie. Die internasionale posisie van Engels kan in die toekoms in gedrang kom, aangesien die meeste van sy 500 miljoen sprekers dit slegs as 'n tweede taal gebruik. In die VSA praat 37 miljoen mense Spaans tuis, terwyl Mandaryns dubbeld soveel sprekers as Engels het (Cohen 2012:5). Mandaryns geniet toenemend aansien vanweë die ekonomiese opbloei van China, en die posisie daarvan kan selfs verbeter indien die Chinese ekonomie momentum behou.

6.2 'N MEER REALISTIESE TAALBELEID

Die Use of Official Languages Act (RSA 2012), wat in Julie 2012 ná 'n gesloer van 16 jaar aanvaar is, bepaal dat nasionale staatsdepartemente drie tale moet gebruik, met inagneming van die posisie van voorheen benadeelde tale.

Die Grondwet identifiseer "gebruik" van 'n taal as 'n aspek wat verreken moet word op nasionale en provinsiale vlak as oor taalbeleid besluit word. Sensus 2011 word as vertrekpunt gebruik om 'n meer realistiese, uitvoerbare en bekostigbare taalbeleid aan te beveel. Die fokus op sensussyfers kan gekritiseer word, Makoni en Mashiri (2007:65) praat selfs van 'n "sensusideologie" wat op die geloof geskoei is dat Afrikatale ingesluit en beheer kan word. Vir hulle is die grense tussen hierdie tale baie meer vloeibaar as wat 'n blote telling kan openbaar. Desondanks is die sensussyfers oor eerstetaalsprekers 'n belangrike en relatiefbetroubare bron vir taalbeplanning en die gebruik van amptelike tale in Suid-Afrika.5

Vroeër is geargumenteer dat taalbeleid sosiale welvaart kan verhoog, en soos Grin (2003:28) aandui: "(w)hether this is explicitly stated or not, the goal of all language policy is to increase 'welfare'". Hy is 'n voorstander van beleid wat die hoogste netto voordele sal oplewer en sê "society is likely to be best off not when it tries to eliminate diversity, nor when it attempts to embrace limitless diversity" (Grin 2003:39).

Tabel 2 toon die aantal eerstetaalsprekers in Suid-Afrika van die 11 amptelike tale, gebaretaal, en "ander" tale aan. Hierdie tabel toon dat sewe van die amptelike tale meer as 3,5 miljoen eerstetaalsprekers het. Hierdie tale is Afrikaans, Engels, Sepedi, Suid-Sotho, Tswana, Xhosa en Zoeloe (in alfabetiese volgorde). Die kleinste amptelike taal is Ndebele met net meer as 'n miljoen sprekers.

 

 

Daar is reeds vroeër na Alexander se beskouing verwys dat die 11 amptelike tale 'n politieke kompromis was. Hy argumenteer vir die harmonisering en standaardisering van die geskrewe Nguni- en Sotho-tale, wat nie slegs studie van dialekte behoort te stimuleer nie, maar ook stamverskille op die agtergrond behoort te skuif en ekonomies sin maak (Alexander 1998). Hy voorsien dat akademiese beplanners toenemend harmonisering sal bepleit (Alexander 1998:272). Hierdie harmonisering beteken dat die Nguni- en Sotho-tale en hul variëteite in twee taalgroepe saamgegroepeer word. Tabel 3 toon dat die Nguni-tale meer as 22 miljoen en die Sotho-tale meer as 12 miljoen eerstetaalsprekers het.

 

 

6.3 Nasionale amptelike tale

Die getal eerstetaalsprekers kan as 'n meer objektiewe norm gebruik word om te bepaal watter tale op owerheidsvlak gebruik moet word. So 'n benadering is nie vergesog nie, aangesien die Wes-Kaapse Regering reeds een van die provinsiale owerhede is wat drie amptelike tale gebruik, te wete Afrikaans, Engels en Xhosa (Wes-Kaapse Taalbeleid ongedateer:1). Die beleid is onder meer geskoei op die aantal eerstetaalsprekers in hierdie provinsie (kyk tabel 4).

Daar word aanbeveel dat hoogstens vier tale amptelike status op nasionale owerheidsvlak moet geniet, te wete Afrikaans, Engels, die Nguni- en Sotho-tale. Dit sal nie meertaligheid waarborg nie, maar dit meer uitvoerbaar en bekostigbaar maak en behoort sosiale welvaart te verhoog. So 'n benadering is versoenbaar met die gees van die Grondwet, aangesien al 11 amptelike tale ten minste op een van die twee owerheidsvlakke gebruik sal word.

6.4 Provinsiale amptelike tale

Indien die nege provinsies 'n soortgelyke benadering volg, kan die Nguni- of Sothotaal gebruik word wat die meeste in die besondere provinsie gepraat word, mits standaardisering van die geskrewe taal nie agterweë gelaat word nie. Tabel 4 toon die drie tale met die meeste eerstetaal-sprekers in die onderskeie provinsies wat as amptelik oorweeg behoort te word (die Nguni- of Sothotaal met die meeste eerstetaalsprekers word tussen hakies getoon). Die laaste kolom maak voorsiening vir 'n vierde taal, Engels as lingua franca, en vir Afrikaans in Gauteng, wat relatief naby aan die getal Engelse eerstetaalsprekers lê.

Tabel 4 toon dat die Sotho-tale volgens die aantal eerstetaalsprekers die dominante taal in vier provinsies is, die Nguni-tale in drie provinsies en Afrikaans in twee provinsies. Die taalgroep met die tweede meeste sprekers per provinsie is Nguni in drie provinsies, die Sotho taalgroep in twee provinsies, Afrikaans in twee provinsies en Engels en Tsonga in een provinsie elk. Die taal(groep) met die derde meeste eerstetaalsprekers is Engels in drie provinsies, Afrikaans en Nguni in twee provinsies en Tsonga en Venda in een provinsie elk.

Volgens hierdie voorstel sal Engels nie as amptelike taal in vyf provinsies gebruik word nie. Vir inklusiewe kommunikasiedoeleindes word aanbeveel dat die betrokke provinsies vier amptelike tale, ingeslote Engels, gebruik. Indien die tale in die derde posisie deur Engels vervang sou word, sal Venda nie enige amptelike status geniet nie, wat vanuit 'n meertaligheidsperspektief nie aanvaarbaar is nie. 'n Soortgelyke benadering kan vir ander owerheidsfere gebruik word.

Hierdie aanbeveling kan meertaligheid 'n werklikheid maak indien die regering hom daartoe verbind. Dit sal die status van plaaslike tale verhoog en aan hulle ook 'n mate van beskerming bied, hoewel Grin (1992:87) waarsku: "(m)ere protection is always insufficient when the language appears to be in a 'decline area'" - in so 'n omgewing moet 'n taal daadwerklik bevorder word. Om te verseker dat die regering wel meertaligheid bevorder, sal taalgroepe en belangegroepe georganiseer moet word om druk op die owerheid uit te oefen.

 

BIBLIOGRAFIE

Alexander, N. 1998. The political economy of the harmonisation of the Nguni and the Sotho languages. Lexikos 8 (AFRILEX-series):269-275.         [ Links ]

Alexander, N. 1999. English unassailable but unattainable: the dilemma of language policy in South African education. Paper presented at the 14th English Language Education Trust Annual Conference for Teachers of English, at the former University of Natal, Durban, 4 August. http://paulroos.co.za/wpcontent/blogs.dir/22/files/2012/07/Paper3.pdf [25/02/2013].         [ Links ]

Alexander, N. 2013..Thoughts on the new South Africa. Johannesburg: Jacana Media (Pty) Ltd.         [ Links ]

Beukes, A. Undated. The first ten years of democracy: language policy in South Africa. Unpublished paper read at 10th Linguapax Congress on Linguistic Diversity, Sustainability and Peace, 20-23 May, Barcelona.         [ Links ]

Beukes, A. 2011. Language policy analysis. The Insights of a 21st Century Student. http://violetapashova.wordpress.com/2011/05/20/language-policy-analysis/ [13/03/2014]        [ Links ]

Brammertz, C. 2009. Language without borders. The European economy - no chance on the global market without multilingualism. http://www.goethe.de/cgi-bin/print-url.pl7url [18/03/2013].         [ Links ]

Brand, D & Heyns, C. 2005. Socio-Economic Rights in South Africa. Pretoria: Pretoria University Law Press.         [ Links ]

Church, J. & King, I. 1993. Bilingualism and network externalities. Canadian Journal of Economics/Revue canadienne d'Economique, xxvi(2):337-345.         [ Links ]

Cohen, P. Fall 2012. Dissent: a quarterly of politics and culture. The Rise and Fall of the American Linguistic Empire. http:www.dissentmagazine.org/article/the-rise-and-fall-of-the-american-linguistic-empire [25/02/2013].         [ Links ]

Eurostat European Commission. 2013. Eurostat statistical books. Government finance statistics, summary tables - 1/2013, Data 1997-2012. Luxembourg: Publications Office of the European Union.         [ Links ]

Fidrmuc, J. 2011. The economics of multilingualism in the EU. Working Paper no.11-04. Brunel University:West London. http://www.brunel.ac.uk/about/acad/sss/depts/economics [25/02/2013].         [ Links ]

Giliomee, H. 2013. Die laaste Afrikanerleiers: 'n opperste toets van mag. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Gorter, D., Cenoz, J., Nunes, P., Riganti, P., Onofri, L., Puzzo, B. & Sachdeva, R. 2005-2011. Sustainable development in a diverse world: position paper of research task 1.2. Cultural diversity as an asset for human welfare and development. http://www.susdiv.org/uploadfiles/RT1.2_PP_Durk.pdf [25/02/ 2013].         [ Links ]

Grin, F. 1992. Towards a threshold theory of minority language survival, KYKLOS, 45(1):69-97.         [ Links ]

Grin, F. 1999. Economics. In J.A. Fishman (ed.). Handbook of Language and Ethnic Identity. New York: Oxford University Press, pp 9-24.         [ Links ]

Grin, F. 2002. Using language economics and education economics in language education policy. Reference study for: Guide for the development of language education policies in Europe. From Linguistic diversity to plurilingual education. Strasbourg: Council of Europe. http://www.coe.int/t/dg4/linguistic/source/grinen.pdf [10/03/2014].         [ Links ]

Grin, F. 2003. Language planning and economics. Current Issues in Language Planning, 4(1):1-66.         [ Links ]

Grin, F. 2006. Economic considerations in language policy. In T. Ricento, (ed.). An introduction in language policy. Maiden/Oxford: Blackwell, pp. 77-94.         [ Links ]

Habib, I.B. 2011. Multilingual skills provide export benefits and better access to new emerging markets. http://sens-public.org/spip.php?article869&lang=fr [25/02/2013].         [ Links ]

Heugh, K. 2008. Language policy and education in Southern Africa. In S. May & N.H. Hornber (eds). Encyclopaedia of language and education: vol 1. 2nd edition. New York: Springer.         [ Links ]

Hyman, D.N. 2014. Public finance: a contemporary application of theory and policy, 11th edition. South Western: Cengage Learning.         [ Links ]

Kraus, P.E. 2007. Intercultural recognition and linguistic diversity in Europe. In D. Castiglione, & C. Longman (eds). The language question in Europe and diverse societies: political, legal and social perspectives. Oxford: Hart Publishing, pp. 61-80.         [ Links ]

Krauss, M. 1992. The world's languages in crisis. Language, 68(1):4-10.         [ Links ]

Lamberton, D.M. 2012. Introduction, language: a social technology. In D.M. Lamberton (ed.). The economics of language. Cheltenham, UK: An Elgar Reference Collection.         [ Links ]

Le Cordeur, M. 2011. Moedertaalgebaseerde tweetalige onderwys: 'n moontlike oplossing vir Suid-Afrika se geletterdheids- en syferkundigheidsprobleme. LitNetAkademies, 8(3):435 - 461.         [ Links ]

Le Cordeur, M. 9 Januarie 2013. Beeld. Tale as batebestuur. Johannesburg.         [ Links ]

Marschak, J. 1965. Economics of language. Behavioral Science, 10(2):135-40.         [ Links ]

Mueller, D.C. 2003. Public Choice III. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

Musgrave, R.A. & Musgrave, P.B. 1989. Public Finance in Theory and Practice. New York: McGraw-Hill.         [ Links ]

Nunberg, G. 2000. Will the internet always speak English? The American Prospect, March 27-April 10.         [ Links ]

Oxford advanced learner's dictionary of current English. 1978. A.S. Hornby (ed.). Oxford: Oxford University Press.         [ Links ]

Pennycook, A. 2007. The myth of English as an international language. In S. Makoni & A. Pennycook (eds). Disinventing and Reconstructing Language. Clevedon: Multilingual Matters Ltd, pp.90-115.         [ Links ]

Ramphele, M 8 March 2009. Here, mother tongue clashes with her mother's tongue. Sunday Times. Johannesburg.         [ Links ]

RSA (Republiek van Suid-Afrika). 1961. Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Nr 32 van 1961. Pretoria: Staatsdrukker.         [ Links ]

RSA (Republiek van Suid-Afrika). 1996. Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Nr 108 van 1996. http://www.justice.gov.za/legislation/constitution/SAConstitution-web-afr.pdf [11/03/2014].         [ Links ]

RSA (Republic of South Africa). 2012. Use of Official Languages Act. Act No.12 of 2012. Cape Town. Government Gazette 568(35742):1-12.         [ Links ]

Statistieke Suid-Afrika. 2012. Census 2011. http://www.statssa.gov.za/Census2011/Products/Census_2011_Census_in_brief.pdf [25/02/2013].         [ Links ]

Suid-Afrikaanse Reserwebank. 2013. Government finance statistics of South Africa. Supplement to the South African Quarterly Bulletin. Pretoria.         [ Links ]

The Star. 15 June 2012. http://www.iol.co.za/the-star/language-still-an-issue-1.1319718 [12/11/2012].         [ Links ]

Summers, L.H. 20 January 2012. The New York Times. What you (really) need to know. http://nytimes.com/2012/01/22/education/edlife/the-21st-century-education.html [25/02/2013].         [ Links ]

Unesco. Undated. Endangered languages. http://www.unesco.org/new/en/culture/themes/endangered-languages [05/11/2012].         [ Links ]

Vaillancourt, F. 1983. The economics of language and language planning. Language Problems and Language Planning, 7:162-178.         [ Links ]

Vaillancourt, F. 1989. The economics of language: an empirical validation of some theoretical predictions. Slovene Studies, 11(1-2):167-175.         [ Links ]

Van Parijs, P. 2011. Linguistic justice for Europe and for the world. Oxford: Oxford University Press.         [ Links ]

Van Wyk Louw, N.P. 1955. Maskers van die erns. Johannesburg: Afrikaanse Pers.         [ Links ]

Weskaapse Taalbeleid. Ongedateer. http://www.westerncape.gov.za/assets/departments/cultural-affairs-sport/wes-kaapse_taalbeleid.pdf [03/03/2014]        [ Links ]

Zerbe, R.O. & McCurdy, H.E. 1999. The failure of market failure. Journal of Policy Analysis and Management 18(4):558-578.         [ Links ]

Zhang, W & Grenier, G. 2012. How can language be linked to economics? A survey of two strands of research. Working Paper #1206E. Ottawa: University of Ottawa, Department of Economics.         [ Links ]

 

 

Theo Van Der Merwe doseer ekonomie in die Departement Ekonomie aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa). Sy spesialisgebied is owerheidsekonomie, in besonder bestaansbeveiligingsaangeleenthede, waaroor hy artikels gepubliseer en referate gelewer het. Hy was vir meer as sewe jaar voorsitter van die Departement Ekonomie aan Unisa.

Theo Van Der Merwe lectures economics in the Department of Economics at the University of South Africa (Unisa). His field of specialisation is public economics, especially social security issues, in which he has published articles and delivered papers. He was chair of the Department of Economics at Unisa for more than seven years.

 

 

1 Die owerheid misluk egter ook (kyk afdeling 3 vir voorbeelde ten opsigte van taalbeleid), gevolglik kan aangevoer word dat die owerheid omsigtig moet wees met die hantering van markmislukkings: die voordele moet ten minste die koste oorskry. Zerbe en McCurdy (1999) bevraagteken die markmislukking-benadering en argumenteer dat transaksiekoste eerder in berekening geneem moet word. Die ideaal is sekerlik dat die betrokke gemeenskappe self besluit oor taalbeleid, maar die hoë transaksiekoste skep weliswaar 'n rol vir die owerheid.
2 Positiviste wat die ekonomie "vry van waardeoordele" wil hou, is dikwels teen so 'n benadering gekant.
3 Hoewel enige veranderlike in ag geneem kan word wat die welstand van die gemeenskap raak (dus ook taal), konsentreer ekonome meestal op ekonomiese veranderlikes (Mueller 2003:563).
4 Uiteraard impliseer hierdie stelling empiriese verifikasie, wat veronderstel dat hierdie inligting geredelik beskikbaar is en dat individue hul voorkeure eerlik sal openbaar. Soos aangetoon in afdeling 5.1 val dit egter buite die bestek van hierdie artikel.
5 Daar kan geargumenteer word dat tweede-, derde- en selfs vierdetaalsprekers en so meer ook in berekening gebring moet word. Sensus 2011 verskaf egter nie hierdie inligting nie. Sou hierdie inligting beskikbaar wees, behoort dit nie enige noemenswaardige invloed op die aanbevelings uit te oefen nie. 'n Aanname dat die meeste individue Engels as hul tweede taal sou aandui, is sekerlik nie vergesog nie. Dit is een van die redes waarom die rol van Engels as lingua franca erken word.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License