SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número2Innovative public sector education and training in a developing South Africa: the impact of and responses to globalisation índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.54 no.2 Pretoria jun. 2014

 

Redakteursprys vir die beste artikel

 

 

Die afgelope jare kon die TGW-redaksie reeds artikels nomineer om in aanmerking te kom vir die ATKV-prys. Dit is met groot genoegdoening dat ons kan bekend maak dat daar vanaf vanjaar ook, onafhanklik van die ATKV-prys, 'n prys ingestel word vir die beste artkel wat gedurende die voorafgaande jaar (ofjare) in die Tydskrifvir Geesteswetenskappe gepubliseer is. Die waarde van die prys beloop R10 000 per jaar en word bekostig uit 'n skenking deur prof OBW Greeff aan die Akademie.

Die tydperk vir oorweging van artikels sal dieselfde wees as dié vir oorweging van die jaarlikse ATKV-toekenning vir artikels in Afrikaans in die geesteswetenskappe. Die prys word daarom vanjaar toegeken vir die beste artikel wat in enige van die vier uitgawes van Jaargang 51 (2011) in die tydskrif verskyn het. Die redaksiekomitee wat die moeilike taak gehad het om die 41 artikels wat gedurende 2011 gepubliseer is, te beoordeel met die oog op die ATKV-prys vir 2014, het die volgende artikel deur prof D P (Danie) Goosen van die Departement Godsdienswetenskap by Unisa voorgelê vir oorweging:

Die Teoretiese Lewe. Perspektiewe vanuit die Tradisie (Desember 2011)

In hierdie artikel besin die outeur oor die verskuiwing vanaf teoretiese na praktiese kwessies in die hedendaagse (postmoderne of ekonomiese) universiteitswese, met die klem op praktiese uitdagings (bestuur, strategiese beplanning, bemarking, ens.) ten koste van wat die tradisie (klassieke akademie, Middeleeuse klooster, moderne universiteit) as die "teoretiese lewe" beskou het. Die slotsom van die artikel is dat verwaarlosing van die teoretiese sal lei tot verdere agteruitgang van die universiteitswese - "sonder 'n verbintenis tot die teoretiese lewe sal hy homself nog as 'n produktiewe deel van die kennisindustrie kan beskryf, maar kwalik as 'n 'universiteit'".

Die prys word in September vanjaar tydens die bekroningsplegtigheid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan prof Goosen toegeken.

Hiermee die redaksie se hartlike gelukwense aan Danie Goosen - terselfdertyd ons dank aan prof Oppel Greeff vir die bekostiging van die prys "ter aansporing en aanmoediging vir outeurs in die geesteswetenskappe wat in Afrikaans publiseer".

Ina Wolfaardt-Gräb}
Redakteur: Tydskrif vir Geesteswetenskappe
13 Mei 2014

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons