SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número4Being Church in a post-secular paradigmAn analysis of remuneration trends in the South African civil service, 2005 to 2012 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.53 no.4 Pretoria abr. 2013

 

'n Narratiewe postmoderne bemagtigingsbenadering in maatskaplike groepwerk met voorheen benadeelde individue uit agtergeblewe gemeenskappe

 

A postmodern empowerment approach in social group work with previously disadvantaged individuals from underprivileged communities

 

 

M.J. Ubbink; A.A. Roux; H. Strydom

Skool vir Psigososiale Gedragswetenskappe Noordwes-Universiteit Potchefstroomkampus E-pos adresse: marie.ubbink@nwu.ac.za, adrie.roux.@nwu.ac.za, Herman.strydom@nwu.ac.za

 

 


OPSOMMING

Hierdie artikel fokus daarop om maatskaplike werkers toe te rus met insig rakende die bemagtiging van persone vanuit 'n voorheen benadeelde gemeenskap deur gebruik te maak van 'n literatuurstudie oor 'n narratiewe benadering tot maatskaplike groepwerk binne 'n postmodernistiese konteks. Die narratiewe benadering breek weg van 'n outoritêre vorm van gespreksvoering en die verhalende benadering is gepas vir alle kulture. Die narratiewe benadering wag op die ontvouing van die verhaal (wat die persoon se interpretasie is) en die herskryf van die vasgeloopte verhale. Tydens die hulpverleningsproses, behoort gemeenskappe gemotiveer te word om 'n aktiewe rol te vertolk in hul eie ontwikkeling. Die outeurs is van mening dat die gemeenskap se aktiewe deelname aan die identifisering van hulle behoeftes 'n positiewe uitwerking op hul motivering en bemagtiging sal hê. Alhoewel die narratiewe benadering hoofsaaklik gebruik word in terapie, kan dieselfde aannames en beginsels toegepas word binne 'n groepwerk-konteks. Die uitgangspunt van die sosiale konstruksieteorie waarop narratiewe terapie gebaseer is, is dat die "self binne sosiale interaksie gekonstrueer word. Gemeenskapslede word binne die groepwerk-konteks die geleentheid gebied om sin te maak van hul lewens deur lewenservaringe oor te vertel. Maatskaplike groepwerk bied vir die "self'' 'n gedeelte van sy/haar groter sosiale netwerk waarbinne die "self" kan figureer en ontwikkel. Maatskaplike groepwerk met 'n narratiewe grondslag, word verder ook deur 'n postmoderne (eerder as moderne) benadering bestudeer, wat desnieteenstaande meen dat daaglikse gebeure en ervaringe 'n direkte invloed het op die "self en die gemeenskap word dus in verhouding met 'n ingewikkelde netwerk van verhoudings tot ander en die "self beskou. Met self-ontwikkeling en self-bemagtiging in gedagte, word die effek van 'n narratiewe benadering tot maatskaplike groepwerk binne in die maatskaplike werksomgewing gevolglik bestudeer.

Trefwoorde: agtergeblewe gemeenskappe, bemagtiging, maatskaplike groepwerk, postmoderne benadering, voorheen benadeelde individue


ABSTRACT

By means of a literature study, this article focuses on providing social workers with insight regarding the process of empowering people from previously disadvantaged communities through a narrative approach to social group work. Communities ought to be motivated to play a role in their own development and be guided beyond their negativity and helplessness. The researchers believe that the community's active participation during the identification of their own needs, as well as their own subsequent real-life experiences and achievements, will lead to further motivation and empowerment. Although the narrative method is primarily used in therapy, the same assumptions and principles can also be applied in the context of group work. The hypothesis of the social construction theory on which narrative therapy is based, theorises that the "self is constructed within social interaction. Community members are given the opportunity to make sense of their lives through the relation of their life experiences. Social group work gives the "self a piece of the bigger social network in which the "self can develop. Social group work with a narrative base is furthermore also studied through a postmodern (rather than modernistic) approach, which similarly advocates the belief that events and experiences in everyday life have a direct influence on the development of the "self". In contrast with modernism which assumes single truths, postmodernism is founded upon the assumption that there are no absolute truths and that the world is a subjective experience. Community members are thus seen in relation to their complex network of relationships with others and the "self". Empowerment starts with the relevant party, the way in which he/she gives meaning to it as well as the way in which he/she wants to approach it. Complementing the narrative approach, postmodernism regards language as fundamental, seeing that language constructs meaning and also influences the way in which reality is viewed. The "self is seen as a continuously evolving and developing entity. Through postmodernism, the question of "how" the "self plays a role in the way the relevant party creates sense and meaning for himself, is addressed. The "self is seen as a system which seeks and creates meaning through dominant beliefs about the "self (Monk, Windslade, Crocket & Epston,1997:33-34; White, 2007:137). These thoughts place individuals in charge of their own lives by creating alternative ways to understand their "self". Individuals thus create the meaning of their own lives. During therapy, new meanings with regard to the "self" are formed by constructing alternative stories. Individuals make sense of their lives by relating life experiences within their context and relationships with others. Meaning is therefore attached to their lives through the stories they construct about their lives. Thus, life and stories are recursive in relation to each other; each influencing the other. Through interaction and the relaying of narratives, the relevant individual's life develops - which incorporates the idea of empowerment. The construction of a self-narrative contributes to the therapeutic task, the redevelopment ofpersonal narratives and the reconstruction of identity (White & Epston, 1990:15). Therapeutic social group work thus provides individuals with an opportunity to develop their lives through the construction of alternative stories and new meanings. The "self" is described by the researchers as a construct existing of a dynamic self, a social self as well as a preferred self, which are used in combination to attempt a richer description of the way in which individuals make life choices. These three selves influence each other continuously and reciprocally while the circumstances within which a person functions also has an influence. Although the accountability of self-narratives depends on the interpretation thereof by others, the researchers add that the "self" for the individual is dependent on what he/she experiences in different situations. Social work requires an awareness of the developing social self of others, but also carries an awareness of his/her own "self". The "self"of the social worker will have an influence on a relevant empowerment process, but the researchers also describe how the worker's own "self" will simultaneously be influenced. By using the narrative approach, the involved parties are thus given an opportunity of personal empowerment which refers to the individual's own ability to generate development. The immediate needs of the individuals are identified through the intense reality described by the individuals' stories. If social workers consider and manage these descriptions seriously, it equips the relevant individuals with a feeling of control over their lives - with a subsequent increased quality of life. The researchers strongly believe that this experience empowers community members. The narrative approach challenges the social worker to overcome the client's social construction of his situation and needs. By use of externalisation, the individual gets the opportunity to investigate these needs intensely, while he/she is assisted through the process to explore new and unique outcomes. These outcomes for inspired empowerment might be lodged within an individual's skills, talents, work opportunities, values and hopes. The social worker can assist in identifying these outcomes through facilitation of a group of individuals; and by so doing, leading them to improved social functioning. The effects of a narrative approach on social group work within the social work environment are thus studied with the intention of self-development and self-empowerment.

Key Terms: empowerment, postmodern approach, previously disadvantaged individuals, social group work, underpriviledged communities


 

 

1. INLEIDING

Maatskaplike werkers word wêreldwyd daagliks gekonfronteer met die pyn en swaarkry van individue en/of gemeenskappe. Die snelle transformasie van die sosio-politieke toneel sedert 1994 vereis dat maatskaplike werkers midde in dié proses hulle passie vir hul werk verdiep (Kotzé & Kotze 2001:3). Ten einde maatskaplike groepwerk raakvlakke sensitief aan te spreek, behoort maatskaplike werkers bewus te wees van sowel die foute van die verlede as die uitdagende koersverandering van die hede (Kotzé & Kotze 2001:3; Poulin 2005:2-3). Die drievoudige sosio-ekonomiese prioriteite van die regering, naamlik armoede, ongelykheid en werkloosheid bly die raamwerk. Die eienskappe waaroor maatskaplike werkers beskik, behoort hulle daartoe te bemagtig om die problematiek van mense in 'n totaliteitskonteks te kan sien (Kotzé & Kotze 2001:3).

Maatskaplike groepwerk binne die postmoderne perspektief bied 'n alternatiewe wyse van dienslewering wat oorweeg kan word vir die bemagtiging van individue en groepe. In hierdie artikel word 'n postmoderne standpunt oor bemagtiging ingeneem deur die volgende aspekte in die artikel te bespreek: kontekstualisering van die probleem; nadere beskouing van die postmoderne benadering; en veral fokus op die "self" bemagtigsbeginsels, groepwerk en die bemagtigings-metode.

 

2. KONTEKSTUALISERING VAN DIE PROBLEEM

In die Witskrif vir Maatskaplike Welsyn (Suid-Afrika 1997:15) word klem gelê op die noodsaaklike rol wat maatskaplike ontwikkeling en bemagtiging in Suid-Afrika moet speel. Die proses word verder gestu deur die Nasionale Beplanningskommissie se Visie 2030 en die ontledings wat gereeld in die "Social Accounting Matrix" deur STATSSA (2005) bygewerk word. Jacques (2000:361) en Touraine (2007:1) meen dat sosiale ontwikkeling en bemagtiging die gonswoord van sosiale wetenskaplikes geword het. Volgens Coughlan (2000:351) verkeer die rol wat maatskaplike werk ten opsigte van maatskaplike ontwikkeling speel, in gevaar. Maatskaplike werkers moet die nodige aandag skenk aan die verbetering van maatskaplike ontwikkeling en bemagtiging van individue, en dit mag nooit geringgeskat word nie (Toseland & Rivas 2012:xv).

Bemagtiging word deur Potgieter (1998:9) beskou as 'n proses waardeur die persoon gehelp word om sy vermoëns te identifiseer en uit te bou. Maynard, Gilson en Mathieu (2012:1235) beskryf psigologiese bemagtiging as 'n multidimensionele konstruk wat onder andere betekenis, bevoegdheid, deursettingsvermoë en impak op die uitkoms insluit. Om mense te bemagtig in die narratiewe benadering, hou volgens White en Epston (1990:148-149) die volgende in:

Supporting persons from behind is not problematic in this way. The therapist can achieve this position in a general sense by working to identify unique outcomes and directly engaging the person in the performance of new meanings around these. Thus, the person is encouraged to be the privileged author of the new story. The therapist can also achieve this standing-behind posture by taking up a position at the 'baseline' against which all of the changes in the person's life can be thrown into sharp relief. This provides for a more empowering distinction.

Slegs 'n individu self kan hom/haarself bemagtig. Die uitgangspunt van die sosiale konstruksieteorie, waarop narratiewe terapie gebaseer is, is dat die "self' binne sosiale interaksie gekonstrueer word. Die konstruktivisme poog om die mens te verstaan en om die fenomeen wat gevorm word deur mense en die mense se subjektiewe mening of sosiale interaksie te begryp en dit vorm weer die mens se interpretasies, realiteit en wêreldsiening, met ander woorde die self. So word betekenis, volgens Cresswell en Planko (2011:40), gevorm by mense "from the bottom up" - van individuele perspektiewe na wyer perspektiewe en uiteindelik na breër verstaan. Die sosiale konstruksie is deel van die onderbou van die narratiewe terapie. Die narratiewe benadering laat terapeute/ maatskaplike werkers oor mense se lewens as verhale dink.

Met die verhale word sodanig gewerk om die lewensverhale te ervaar op maniere wat betekenisvol en vervullend is (Freedman & Combs 1996:1). Mense deel hulle perspektiewe met ander mense en binne die konteks van die sosiale konstruksie in die gemeenskap kom daar in die individu/e se lewe nuwe betekenis en begrip. Maatskaplike groepwerk is gerig op die groeplede (individue) se behoeftes, maar bied ook die groeplede die geleentheid om 'n "nuwe" werklikheid te konstrueer. Maatskaplike groepwerk word deur Toseland en Rivas (2012:11-12) gedefinieer as:

Goal-directed activity with small treatment and task groups aimed at meeting socio-emotional needs and accomplishing tasks. This activity is directed to individual members of a group as a whole within a system of service delivery.

Die groepwerkmetode van maatskaplike werk leen hom daartoe om mense met die narratiewe benadering te bemagtig in 'n konteks van sosiale konstruksie binne die groep.

Die verhaal van Suid-Afrika sluit die verhaal van apartheid in. Volgens Müller (2000:20-23) is apartheid 'n vernederende verhaal van blankes wat meerderwaardig was en wat gedink het dat hulle die antwoorde het en wat neergesien het op ander (benadeelde individue). Tydens apartheid het die gesprek ten opsigte van ontwikkeling en besluitneming meer plaasgevind in wit gemeenskappe as in nie-Afrikaanse gemeenskappe (agtergeblewe gemeenskappe). Hierdie agtergeblewe gemeenskappe se omstandighede was 'n beeld van magtelose en uitsiglose toestande waarin die mense moes leef en werk. Daar was nie altyd geleenthede vir die benadeelde individue in die gemeenskappe om na wense te ontwikkel en hulleself te bemagtig nie.

'n Probleem ten opsigte van leierskap is geïdentifiseer in 'n agtergeblewe gemeenskap in die Noordwesprovinsie. Dit het tydens die stigting van 'n gemeenskapsforum in die gemeenskap probleme met veral leierskap gereflekteer. Vir die outeurs het dit gelyk asof die "leierskapprobleem" slegs beskou moet word as 'n moontlike werklikheid en nie noodwendig as dié werklikheid nie. Dit wou gevolglik voorkom of die probleem 'n algemene denkbeeld in die gemeenskap is (White & Epston 1990:6-7). Na gesprekke met individue het dit verder geblyk dat die gemeenskapsforum moontlik as 'n oplossing vir hierdie probleem kon dien. Die outeurs wou vasstel wat die werklikheid in die gemeenskap is deur groepwerk as metode en as 'n wyse van bemagtiging tot leierskap in die gemeenskap te konstrueer.

Die navorsers beskou maatskaplike groepwerk met 'n narratiewe grondslag dus as dié metode om te volg om die probleem te hanteer. Transformasieprogramme is egter nie altyd geslaagd nie (Anon 2003a:1) en dit beïnvloed leierskap. In hierdie artikel kom bemagtiging binne die postmoderne benadering onder die vergrootglas in 'n poging om die probleem te hanteer. Die self ontwikkel binne verskillende kontekste van die samelewing. Volgens die konstruktivisme konstrueer die individu (self) sy persepsies van realiteit deur taal, kultuur, agtergrond en die skep van betekenis (Kottler 2001:94). Die begrip "bemagtiging van die benadeelde individu in maatskaplike groepwerk" word deurgaans in hierdie artikel gebruik en sluit die self, vermoëskepping en kapasiteitsontwikkeling in.

 

3. POSTMODERNE DENKE

Postmodernisme is deel van die hedendaagse spreektaal. Volgens Reid (2002:11) is postmodernisme 'n nuwe begrip of interpretasie van die wêreld en skep dit verskillende betekenismoontlikhede. Die postmodernisme is gebaseer op die aanname dat daar nie absolute waarhede bestaan nie en dat die wêreld 'n subjektiewe belewing is. Taal konstrueer ons persepsie en realiteit, verhoudings, mag en motiverings in die vorm van idees en geloof (Poulin 2005:26; Thompson 2011:91-92; Wikipedia 2012). Dit is verkieslik om van "postmoderne denke" te praat vanweë 'n breë basis. Dit staan in teenstelling tot modernisme met vasgestelde enkelwaarhede.

Moderne denke vind dit moeilik om oop te wees vir ander persepsies. Modernisme beklemtoon wetenskaplik objektiewe bewysbare feite, ewigheidsbeginsels en so word moontlike ander kennis oor die saak uitgesluit (Dill & Kotzé 1997:5). Klem word geplaas op individualisme wat ontken dat die self in verhouding tot ander faktore bestaan (Swanepoel 2003:69,71; Van Heerden 1996: 26-27). Postmoderne denke word as 'n denkwyse, eerder as 'n patroon wat vra na die waarheid beskou (Anon 2003c:21; Joubert 2000:24).

Volgens Swanepoel (2003:70-75) is die postmoderne denkwyse die erkenning van verskeidenheid en uniekheid van gebeure (Anon 2003c:21; Swanepoel 2003:75). Die postmoderne denke wil, as dit moontlik is, wegkom van die sogenaamde metanarratiewe ("eksakte waarhede") wat besig is om kredietwaardigheid te verloor (Van Heerden 1999a; Thomson 2011:92). Hiermee word afgewyk van die moderne denke wat geneig is om mense en gebeurtenisse binne grense te plaas en uitsonderings te negeer. Hierdie modernistiese siening word deur die postmoderne verwerp (Joubert 2000:24; Rossouw 1995:45; Thomson 2011:91). Daarteenoor vra die postmoderne denke eerder na klein verhale en die unieke bestaansreg en denkpatrone van persone. Dit gee erkenning daaraan sonder om te veralgemeen, te etiketteer of te diagnoseer (Anon 2004:17; Swanepoel 2003:70,74). Daar bestaan nie soos in ekspertkennis net een korrekte of objektiewe siening nie (Joubert 2000:25,26; Swanepoel 2003:71). Die moontlikheid van ander opsies word oorweeg en sodoende kan geleenthede vir verdere groei geskep word.

Postmoderne denke dink epistemologies. Hoe weet ek wat ek weet? Dit gaan dus oor die nadenke en die hoe en die wat van kennis (Dill & Kotzé 1997:1; Wetherell 1997:v). Volgens Kotzé (1994:22) en Thompson (2011:92) is kennis 'n sosiale konstruk wat uitgedruk word in taal. Erkenning word gegee aan sosiale konsensus, byvoorbeeld om links te ry in Suid-Afrika. Daar bestaan 'n bewustheid van sosiaal gekonstrueerde realiteite en betekenissisteme. Wêreldwyd is daar meer aanvaarding dat daar verskillende waarhede oor 'n saak bestaan (Speedy 2008:15; Neimeyer 1993:221). Die ekstreme postmodernisme kan lei tot relativisme (Dill & Kotzé 1997:16). Swanepoel (2003:74) meen nie dat alles aanvaarbaar is en dat geen keuses ten koste van ander gemaak mag word nie. Tóg laat die postmoderne denke, hoewel nie in sy absolute vorm nie, ruimte vir keuses wat uitgeoefen kan word (Wetherell 1997:v).

Volgens Speedy (2008:15) en Swanepoel (2003:72) handel die postmoderne paradigma primêr oor taal. Dit konstrueer betekenisse en beïnvloed die wyse waarop na die werklikheid gekyk word. Hierdie ondersoek oor bemagtiging - vanuit die postmoderne denke - is deur die navorsers beïnvloed, want dit is die navorsers se sosiale konstruksie (taal) van hul werklikheid oor hierdie navorsing (Speedy 2008:15; Vlok 2001:41). Dié siening is 'n moontlike alternatief vir die verskeidenheid metodes van bemagtiging wat oorweeg kan word.

3.1 Die self

Tydens apartheid was die waarskynlikheid groot dat die self van benadeelde individue en agtergeblewe gemeenskappe aangetas is, veral as Müller (2000:20-23) se opmerking in gedagte gehou word dat apartheid 'n vernederende verhaal van blankes se meerderwaardigheid was. Die selfwaardigheid en menswaardigheid van die agtergeblewe mense is aangetas. Die persone is verneder en voel waarskynlik minderwaardig en sal aan hulleself twyfel indien besluite geneem moet word en hulle nie die vermoë het om oplossings aan te bied vir vraagstukke nie.

Bemagtiging begin by die persoon self en hoe hy/sy betekenis daaraan gee, dit verstaan en dit wil hanteer. Die postmoderne benadering sluit die individu in wat in 'n pluralistiese wêreld leef waarin hy of sy in 'n ingewikkelde netwerk van verhoudings tot ander en die self bestaan (Billington, R., Hockey, J. & Strawbridge 1998:40,41; Klopper 1993:19,21; Speedy 2008:16; en White 2000:7). Behoeftes word bepaal deur individue se ervaring binne hulle persoonlike intense konteks. Die behoeftes moet die stem van die individu, groep of gemeenskap wees. Gray (2003:xx) beweer dat mense (al is hulle mag en sosiale toelaag verhoog) beroof word van hul vermoë om vir hulleself te dink en om hulle eie probleme op te los.

Maatskaplike groepwerk bied vir die self 'n gedeelte van 'n groter sosiale netwerk waarbinne die self moet figureer en kan ontwikkel. Dit moet binne die sosiale konstruksie en konteks verstaan word (Janssen 2010:5). Van die self kan 'n mens sê dat mense betekenis aan hulle lewens gee deur die stories wat hulle oor hulle lewens konstrueer (Wetherell 1997:v). Hierdie lewens is veel ryker as die stories wat hulle daaroor konstrueer. Enersyds konstrueer mense hul lewensverhale gebaseer op hulle ervarings van die lewe, en andersyds vorm dieselfde verhale/stories weer die lewe van mense. Lewe en stories staan dus rekursief in verhouding tot mekaar.

Die mens se verstaan van homself kan ook beskryf word as 'n self-narratief en hul identiteit is bepalend vir die persoon se lewe en verhoudings (waar bemagtiging werklikheid word). As die persoon se gedrag na vore kom, vorm dit die self en beweging van die self. Self-narratiewe vorm nie mense se lewens nie (Kotzé 1992:49; White 2007:80). Daar is dus geen essensiële self nie.

Friedman (soos aangehaal deur Andersen 1995:300) en White (2007:80) meen dat verhoudings die belangrikste rol speel by die identiteit van 'n persoon.

3.2 Postmoderne self

Die ontwikkeling van die self ("persoon", "ek" of "individu") spruit voort vanuit die romantiese periode na die modernistiese tot die postmodernistiese siening van die self. In die romantiese tye is die sefbeskou as onsigbaar. Dit wat as kragte in die persoon beskou is, is persoonlike dieptes en dinamika van die persoonlikheid. Die modernistiese siening van die self het die romantiese siening vervang met die idee dat die self saamgestel is uit die rasionele en kognitiewe. Die self word uitgesonder as 'n entiteit en as 'n bron van gedagtes, taal en betekenis. In die postmoderne diskoers word die self sosiaal gekonstrueer in die domein van sosiale konstruksie (wat betekenis en interpretasie insluit) (Kotzé 1994:48; Reid 2002:11; Speedy 2008:17).

Die herskryf van gesprekke gee riglyne vir die vorming van ander storielyne en dra by om mense se verhale te her-konstrueer na nuwe betekenisvolle lewenstories. Sodoende word die probleem deurdrenkte verhaal herskryf sodat dit harmoniseer met die temas van die individu se lewe (White 2007:128). Die narratiewe benadering geld nie net vir benadeelde individue nie maar vir enige individu wat sy dominante storie wil herskryf.

Die "ek" in die narratiewe benadering is nie 'n stabiele entiteit nie maar verander voortdurend soos die lewe (Monk et al. 1997:39). Die gesprek oor die self vorm 'n narratief wat lewenslank ontwikkel. In die modernisme dui die self op 'n ontologiese entiteit, die "wat"-vraag is prominent, en 'n presiese beskrywing en definiëring van die self is belangrik. Vir die postmodernisme is die hoe-vraag belangrik. Hoe speel die mens se self 'n rol in die wyse waarop hy vir hom sin en betekenis skep? Die self is nie 'n ontologiese substansie nie maar 'n betekenisskeppende sisteem wat betekenis soek, onder andere in dominante opvattings van die self (Monk et al. 1997:33-34; White, 2007:137). Hierdie gedagte plaas mense in beheer van hulle lewens deur voorsiening te maak vir alternatiewe maniere om hulle sefte verstaan (White 2007:137). Mense vorm die betekenis van hulle lewens. Indien die self 'n ontologiese entiteit is, kan die outeur nie die waarde van terapie in 'n persoon se lewe insien nie. Tydens terapie wil daar juis nuwe betekenisse vir die self deur alternatiewe verhale geskep word. Gebeure en ondervindings in die alledaagse lewe het 'n invloed op die self. Die sef is nooit op sigself met homself besig nie, dit staan altyd in verhouding tot ander.

3.2 Die self as 'n narratief

'n Persoon vorm stories oor homself en sy wêreld uit sy individuele of gesinservaring wat die interpretasies van sy unieke sosiale situasie beïnvloed. Die verlede met alle betekenisvolle gebeure is verby en al wat oorbly, is herinneringe wat in stories na vore kom. Herinneringe is selektief geneem uit die werklikhede wat vir die persoon bestaan.

Mense maak sin uit hulle lewens deur lewenservarings oor te vertel in hulle konteks en verhoudings met ander mense (Billington et al. 1998:48; Speedy 2008:21). Van die self kan 'n mens sê dat mense betekenis aan hulle lewens gee deur die stories wat hulle oor hulle lewens konstrueer (Wetherell 1997:v). Hierdie lewens is veel ryker as die stories wat hulle daaroor konstrueer. Enersyds konstrueer mense hul lewensverhale gebaseer op hulle ervarings van die lewe, en andersyds vorm dieselfde verhale/stories weer die lewe van mense. Lewe en stories staan dus rekursief in verhouding tot mekaar.

Die mens se verstaan van homself kan ook beskryf word as 'n self-narratief en 'n persoon se identiteit is bepalend vir die persoon se lewe en verhoudings (waar bemagtiging werklikheid word). As die persoon se gedrag na vore kom, vorm dit die self en beweging van die self. Self-narratiewe vorm nie mense se lewens nie (Kotzé 1992:49; White 2007:80). Daar is dus geen essensiële sefnie want die self is vloeiend omdat nuwe betekenis voortdurend gevorm word deur nuwe interpretasies van die realiteit.

Selwe is sosiaal gekonstrueer deur taal en gaan voort in die narratief (Greene & Lee 2002:180). Oor die algemeen verwys die self-narratief na die individu se eie weergawe van die verhoudings tussen gebeure oor 'n tydperk heen, hoe dit verbintenisse het met die self en reflekteer nie soseer realiteit nie, as wat dit 'n soeke is na die waarheid. Die waarheid is slegs dié waarheid van die persoon self wat op sy interpretasies gebaseer is. Dit word gekenmerk deur 'n verskeidenheid diskoerse wat wissel in dominansie (Dixon 2000:341). Die meer dominante diskoerse in die storie speel 'n groter rol in die vorming van die lewe en die selfvan die persoon as die minder dominante of alternatiewe diskoers (Ubbink 2000:67). Die dominante storie impliseer dus dat ons nooit ons volle ervarings kan vertel nie en daarom bly dit vormloos en ongeorganiseerd. Deur interaksie en voordra van narratiewe ontwikkel mense se lewens en sluit dit aan by die bemagtigingsgedagte. White (2007:80) sê dat die konstruksie van self-narratiewe bydra tot die terapeutiese taak, tot herontwikkeling van persoonlike narratiewe en die rekonstruksie van identiteit (White & Epston 1990:15).

Terapeutiese maatskaplike groepwerk bied die geleentheid aan groeplede om hulle lewens te ontwikkel deur alternatiewe stories en die konstruksie van nuwe betekenis. Die sefword en is ook 'n veelvoudige self.

3.3 Veelvoudige self

Die individu staan in die konstruering van sy lewenstorie altyd in verhoudings met medemense en hulle unieke lewenservarings, wat hulle waardesisteme insluit. Hulle is vennote in die konstruksie van een mens in 'n ander mens se storie. Die identiteit van 'n persoon is dinamies (Botha 1998:100; White 2000:7, 80). Die veelvoudige ervarings in 'n veelvoud van gesprekke vorm 'n veelvoudige self. 'n Persoon vorm sy verskuiwende selwe ooreenkomstig die verskillende verhoudings en gesprekke en "tale" waarin hy beweeg (Anon 2004:17; Janssen 2010:5). Die individu gebruik verskillende stemme in 'n veelheid van gesprekke (Kotzé 1994:49). Die veelheid van selwe is soos verskillende rolle wat die persoon in verskillende kontekste vervul en kan beskryf word as die self in meervoud (White 2000:7). Die verskillende ekke en meervoudigheid van die self woon saam in 'n liefdesgemeenskap. Die mens kan meta-staan in dit wat hy doen en sê. Aan die een kant is hy 'n sisteem wat los is van die samelewing en aan die ander kant is hy deel van die samelewing. Daarom kan maatskaplike groepwerk baie nuttig gebruik word vir bemagtiging en kan die selfvan 'n persoon sy veelheid beoefen. Volgens Toseland en Rivas (2012:275) is die hoofdoel van maatskaplike groepwerk om groeplede te bemagtig, sodat die groeplede beheer neem van hulle lewens binne en buite die groep.

White en Epston (1990:10) het tot die slotsom gekom dat mense nie oor direkte kennis van die wêreld beskik nie. Botha (1998:69,101) is van mening dat 'n persoon meer as een lewenstorie ontwikkel en hoe groter die voorraad van die self-narratiewe is, hoe groter is die persoon se kapasiteit vir verbintenisse met ander mense. Die geldigheid van self-narratiewe hang af van die interpretasie daarvan deur ander. Hiermee stem die navorsers saam, maar voeg by dat die self vir die individu afhang van hoe ander daardie narratiewe interpreteer.

Die self-narratief is afhanklik van interaksie met ander mense en sodoende word die sosiale konstruksie gevorm waar die fokus op die ontwikkeling van 'n sosiale realiteit is (Greene & Lee 2002:180; Janssen 2010:6). Self-narratiewe bestaan, gaan voort of vind herhaaldelik in 'n netwerk van identiteite plaas (White 2000:6-7). Voorkeure kan beskou word as lense wat vir die persoon 'n bepaalde manier van waarneming gee en aan die lewe betekenis verleen. Janssen (2010:6) meen die selfnarratief is nie staties en beperkend nie, maar 'n voortdurende proses.

3.4 Die voorkeur-self

Die voorkeur-self is die navorsers se eie konstruk wat eienaarskap van die mens se binnekennis ("insider knowledge") aanvaar (White 1997:214). 'n Individu se voorkeur-self het 'n biologiese en genetiese sy en die inhoud daarvan word sosiaal gedefinieer. Dit is 'n dinamiese konstruk wat ook deur die omgewingsfaktore beïnvloed word en verander dus na gelang van die konteks.

As hier aan 'n voorkeur gedink word, kan volgens Hinckley (1996:1V) aan links- en regshandigheid gedink word. Die mens is veronderstel om albei hande te gebruik, tog toon hy 'n voorkeur om met 'n bepaalde hand sekere goed te doen. Die inhoud van die voorkeurself wil die manier waarop die mens sy aandag fokus, besluite neem, aandag hanteer en homself ten opsigte van die buitewêreld oriënteer, in ag neem (Coetzee 1997:71; White 2007:102-103).

3.5 Die sosiale self

Diskoerse van die samelewing skryf aan die mens voor hoe hy in bepaalde omstandighede moet optree. Dit kan meebring dat die stem van die mens se voorkeur-self stilgemaak word en hy 'n slagoffer van die stem van die samelewing word. Die sosiale sefword beskou as 'n konstruk wat die persoon self skep, op die wyse waarop hy dink hy behoort te wees om aan die verwagtings van die samelewing te voldoen. Hierdie sosiale self kan beide 'n verruimde of beperkende invloed op die dinamiese self hê.

Figuur 1 verwys na die beskouing van die self in terme van die voorkeur self (A), die sosiale self (B) en die dinamiese self (C).

 

 

Die dinamiese, sosiale, en voorkeurselwe is konstrukte wat poog om 'n ryker beskrywing te gee van die wyse waarop die mens keuses in sy lewe maak. Die drie selwe beïnvloed mekaar voortdurend wederkerig. Die omstandighede waarin mense hulle bevind, sal ook die self beïnvloed. Die vermoëns en ontdekking of herontdekking van mense se sterktes kan meewerk tot die bemag-tiging van die persoon.

Maatskaplike werk vereis 'n bewustheid van die sosiale self van persone wat gevorm word en die maatskaplike werker moet ook bewus wees van sy eie self. Die self van die maatskaplike werker waarvolgens gewerk word, sal 'n invloed op bemagtiging hê, maar die werker se self sal ook beïnvloed word.

 

4. BEMAGTIGINGSBEGINSEL

Bemagtigingsbeginsels wat die verbetering van mense se gedrag, welstand en houding betref, het van 1940 af toegeneem (Maynard et al. 2012:1231-1232). Langenhoven (2001:124) beskryf bemagtiging as 'n voortdurende, fluktuerende, lewenslange transformasie en bevrydende proses wat positiewe verandering in die individu tot gevolg het. Hepworth, Rooney en Larson (2002:438) meen bemagtiging is om mense die kapasiteit te gee om op so 'n wyse interaksie met die omgewing te hê dat hulpbronne uitgeruil word om hulle behoeftes te bevredig en hul lewensfunksionering te verhoog.

In die proses van bemagtiging word die term bemagtiging gekonstrueer wat vir die persoon of maatskaplike werker in die situasie funksioneel is.

Bemagtiging is 'n belangrike komponent van ons tyd omdat almal toegerus wil wees om betekenisvolle bydraes tot hul toekoms te lewer. Die term bemagtiging het sedert 1940 bekendheid verwerf en vele beloftes is daarmee geassosieer en veral binne maatskappye is nie aan al hierdie beloftes voldoen nie (Blanchard, Carlos & Randolph 1999:1). Bemagtiging is op 'n sekere tydstip beskou as 'n populêre gonswoord ("buzz word") (Anon 2012b). Bemagtiging is al goed beskryf en het 'n lang geskiedenis, nogtans word die uitkoms van bemagtiging bevraagteken (Maynard et al. 2012:1231-1232; S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns 2003:1-3). Mohosho (2002:2-6) se navorsing waarin dit gehandel het oor die bemagtiging en ontwikkeling van die jeug tot entrepreneurs in die nuwe Suid-Afrika het gewonder wat die impak daarvan op hulle sosiale sisteem sal wees. Bemagtiging kan 'n groep mense begelei om toegang tot kennis te verkry, te studeer en ook tot finansiële onafhanklikheid te ontwikkel. Rykdom moet nie net 'n eksklusiewe groep insluit of aan sekere groepe uitgedeel word nie, maar versprei word. Die sigbare resultate van bemagtiging sal bemagtiging bevorder en mense motiveer om te leef (Mohosho 2002:56-57).

Met die groep gedifferensieerd in Suid-Afrika, voor 1994, het die verspreiding van status, prestige en mag daartoe gelei dat bepaalde groepe in 'n relatief ondergeskikte posisie teenoor 'n dominante groep gestaan het. Dit het in die praktyk ongelyke lewensgeleenthede meegebring (Rhoodie 1977:177). Om die probleem te hanteer, is bemagtiging na 1994 ondersoek. Volgens Blanchard et al. (1999:1) skep bemagtiging 'n probleem vir sommige mense wat by die tradisionele hiërargiese paradigma vasgehaak en in gebreke gebly het om te verstaan dat daar beweeg moet word na 'n paradigma wat soek na 'n ander manier van hantering as die hiërargiese.

Bemagtiging van alle Suid-Afrikaners is noodsaaklik en wenslik, maar dan moet die begrip reg verstaan en gebruik, en nie misbruik, word nie (Anon 2003b:7). Mense word sogenaamd bemagtig, maar magteloos gelaat en benadeel tot voordeel van ander. Die huidige uitkomste van bemagtiging skep ongemak met omgekeerde rassisme en val nie binne die raamwerk van werklike bemagtiging nie. Dit wil voorkom of mag in bemagtiging tot misverstand lei. Mag word met oorheersing en beheer verbind en dit maak korrupsie, uitbuiting, verdrukking en selfs geweld moontlik.

Wesenlike komponente van bemagtiging is uiteraard nodig om gemeenskappe te bemagtig. Van die komponente sluit onder meer in dat persone in die gemeenskap gehelp word om hulle vermoëns te identifiseer en uit te bou. Die komponente binne die narratiewe benadering is ontwerp om unieke uitkomste te identifiseer, wat aansluit by die persoon (gemeenskap) se verhaal waar nuwe betekenisse die persoon (gemeenskap) kan bemagtig.

Dit moet uit hulle eie behoeftes gebore en self in die gemeenskap hanteer word. Die gemeenskaplike sisteme wat bestaan en/of wat hulle skep, moet deurlopend deur hulle gekoördineer en in stand gehou word.

4.1 Die aard van bemagtiging binne maatskaplike werk

Die maatskaplike werk professie is op bemagtiging gerig. Die International Association of School of Social Work (IASSW) meen:

The social work profession promotes social change, problem solving in human relationships and the empowerment and liberation of people to enhance well-being. Utilising theories of human behaviour and social systems, social work intervenes at points where people interact with their environment. Principles of human rights and social justice are fundamental to social work. (IASSW 2004)

Gray (2003:xx) meen dat maatskaplike werk vrae stel oor goeie maatskaplike werk en sluit bemagtiging daarby in: "...Or does it invite social workers to rethink models of welfare provision and their real outcomes in terms of empowering disadvantaged groups, cut off from the economic mainstream?" Bemagtiging blyk veral belangrik te wees vir mense wat deur die politieke proses ontmagtig is en wat as gevolg daarvan behoeftes ervaar. Wessels (2003:135) wys daarop dat bemagtiging op persoonlike, interpersoonlike en politieke vlak implikasies vir mense inhou. Persoonlike bemagtiging dui op die persoon se eie bevoegdhede om verandering te bewerkstellig. Mense wil in beheer van hulle lewe wees en besin oor die redes waarom dit vir hulle betekenisvol is.

Die bemagtigingsproses begin met beplanning en ontplooiing. Die aanpassings gedurende die tydperk waarin bemagtiging plaasvind, moet goed oorweeg word. Psigologiese bemagtiging fokus op individue of groepe sodat hulle weer in beheer van hulle lewens en selfwerksaamheid kom (Maynard et al. 2012:1231-1232). Gemeenskaplike betrokkenheid is van kardinale belang.

Die onmiddellike behoeftes kom gewoonlik na vore (Pretorius 2003:18). Saleeby (1992:2) meen dat persone hulle intense persoonlike leefwereld met hulle verhale beskryf. Indien maatskaplike werkers hierdie persoonlike beskrywings van die mense ernstig opneem en hanteer, lei dit tot die gevoel dat hulle in beheer kom van hulle lewe en 'n verhoogde lewensgehalte ervaar. Hierdie ervaring bemagtig mense. Met bemagtiging van 'n gemeenskap word aangesluit by die postmoderne gedagte van Swanepoel (2003:15) dat mense hulle "... eie leef ..." kan leef. Wat egter waar is, is dat daar baie verwarring oor "bemagtiging" bestaan.

4.2 Riglyne vir bemagtiging

Die volgende riglyne vir bemagtiging kan oorweeg word:

  • Bemagtig individue, groepe en gemeenskappe sodat mense self hulle situasies hanteer. Voorkom probleme deur sosiale/ekonomiese ontwikkeling.
  • Verbeter lewensgehalte deur netwerke en samewerking tussen gemeenskapslede, sosiale kapitale hulpbronne asook institusionele hulpbronsisteme te vestig.
  • Moedig die sosiale geregtigheid en gelykheid van alle mense aan.
  • Ontwikkel die maatskaplike werk professie met nuwe kennis (DuBois & Miley 2002:56-57).

Die narratiewe benadering bied aan die maatskaplike werker 'n uitdaging om die kliënt se sosiale konstruksie van sy situasie en behoeftes te oorkom. Deur eksternalisering, kry die persoon geleentheid om die behoefte onder die loep te neem. In die proses word saam met die persoon gesoek na unieke uitkomste. Die uitkomste vir bemagtiging kan geleë wees in 'n persoon se vaardighede, talente, beroepsmoontlikhede, waardes en hoop wat die persoon inspireer. Die maatskaplike werker kan hierdie uitkomste deur fasilitering help ontdek.

 

5. GROEPWERK AS BEMAGTIGINGSMETODE BINNE DIE POSTMODERNE BENADERING

Soos reeds vermeld in die artikel is 'n probleem ten opsigte van leierskap geïdentifiseer in agtergeblewe gemeenskappe in die Noordwesprovinsie. Tydens die stigting van 'n gemeenskaps-forum in die gemeenskap is probleme met veral leierskap ondervind. Vir die outeurs het geblyk dat die "leierskapprobleem" slegs beskou moet word as 'n moontlike werklikheid en nie noodwendig as dié werklikheid nie. Dit wou gevolglik voorkom of die probleem 'n algemene denkbeeld in die gemeenskap is (White & Epston 1990:6-7). Na gesprekke met individue het dit verder geblyk dat die gemeenskapsforum moontlik as 'n oplossing vir hierdie probleem kon dien. Die outeurs wou vasstel wat die werklikheid in die gemeenskap is deur groepwerk as metode en as 'n wyse van bemagtiging tot leierskap in die gemeenskap te konstrueer.Volgens Toseland en Rivas (2012:275) is die hoofdoel van maatskaplike groepwerk om groeplede te bemagtig sodat die groeplede beheer neem van hulle lewens binne en buite die groep. Die herskryf van gesprekke deur die narratiewe benadering wat gebed is in die postmoderne, gee riglyne vir die vorming van ander storielyne en dra by om mense se verhale te herkonstrueer na nuwe betekenisvolle lewenstories. Sodoende word die probleem deurdrenkte verhaal herskryf sodat dit harmoniseer met die temas van die individu se lewe (White 2007:128). Die narratiewe benadering geld nie net vir benadeelde individue nie maar vir enige individu wat sy dominante storie wil herskryf. In hierdie agtergeblewe gemeenskap was dit leierskap.

Verskillende toepassings en kontekste bepaal die omskrywing van groepwerk. Die maatskap-like groepwerkmetode word benut om 'n groep individue tot doeltreffende maatskaplike funksionering te begelei (Rootman 1998:11; Toseland & Rivas 2012:3). Die verbetering van maatskaplike funksionering sluit aan by bemagtiging. DuBois en Miley (2002:39,40) bevestig dat daar van kleingroep-interaksie gebruik gemaak word vir sosiale verandering. 'n Verdere beskrywing vanuit 'n elektroniese ensiklopedie (Anon 2012a) en Toseland en Rivas (2012:64) beklemtoon die emosionele groei en persoonlike probleemoplossing in die groepe. Die groei in die narratiewe benadering vind plaas deur taal, kultuur, 'n persoon se agtergrond, lewenservaring en van betekenisgewing (Kottler 2001:94).

Volgens Venter (1992:9,40) bestaan groepe uit individuele lede sonder 'n gedeelde verlede maar wel met 'n gedeelde hede en 'n gedeelde toekoms vir die duur van die groepterapiekonteks. Die groep is 'n dinamiese selfontwikkelende eenheid in 'n proses van skepping en ontwikkeling, sonder definitiewe skeiding en rekursief verbind tot die wyer ekologie. Die groep is meer as die som van sy dele (Wetherell 1997:4,243). Individue gaan oor tot aksie en reageer verskillend in 'n groepsituasie (Enclopedia Mental Disorders, 2012).

Groepwerk word oorweeg vir bemagtiging binne die postmoderne denke. Narratiewe en konstruktivistiese teorieë fokus op hoe groeplede hulle realiteite skep en onderhou deur hulle lewenstories en subjektiewe ervarings (Toseland & Rivas 2012:64). Die individu se wesenlike bestaan kry meer sin deur gebeurtenisse - natuurlik en onnatuurlik - asook deur die wisselwerking tussen die individu aan die een kant en ander mense en instellings aan die ander kant binne die postmoderne benadering (Greene & Lee 2002:180). Winslade en Monk (1999:103) meen die narratiewe benadering beklemtoon die ontwikkeling van 'n gewaardeerde gehoor vir nuwe ontwikkelinge in 'n persoon se lewe. Mense in groepwerk is 'n entiteit met 'n gemeenskaplike geverbaliseerde, ooreengekome probleem binne 'n bepaalde konteks. Die manier van kommunikeer (verbaal/nie-verbaal) gee betekenis aan die interaksie. Die betekenis van die taal word in die groepwerkgesprek onderhandel en kan betekenis rekonstrueer (Toseland & Rivas 2012:64; Venter 1992:43). Die individualisties georiënteerde siening van betekenis van 'n persoon word verruim na 'n verhouding-met-ander (Dill & Kotzé 1997:17). Die lewenstories, ervarings en die betekenis daarvan, vorm mense se lewens en het gevolglik diepgaande effek op die persoon (Toseland & Rivas, 2012:64). Die waarde van groepwerk kom tot uiting in veranderinge in individue en selfs die gemeenskap. Wetherell (1997:12) sê hierdie verduidelikings vestig die aandag op interaksie tussen individue en hulle sosiale konteks en meen dat volwasse gedrag in groepe 'n uitkoms gee aan die persone wat al lank in 'n sosiale netwerk verkeer.

As mense hulle dominante betekenis van hulle lewens bevraagteken, word alternatiewe en voorkeurstories geskep en is die deelnemers in die skepping en refleksie van die stories baie belangrik (Dulwich Sentrum 1997:13). Binne groepe word die geleentheid gebied om mense aan die kant te kry van die persoon wat 'n probleem ondervind en saam en vanuit hierdie vennootskap aandag aan die probleem te skenk. Die geleentheid bied dan aan die persoon 'n ander voorstelling van sy situasie. Reflektering in groepwerk bied aan die groeplede (die maatskaplike werker ingesluit) die moontlikheid tot alternatiewe perspektiewe op hulle verhale en dra by tot nuwe betekenisse. Die "self" van elke groeplid sal in die groepwerk funksioneer.

Verskeie persone word in groepverband met hulle self in die groep ingetrek. Dit bring 'n voortdurende beïnvloeding deur gedeelde ervaringe mee. Die selfidentiteit is inherent deel van die groep. Die groeplede besluit self op die metodologie. Die rekursiewe beïnvloeding van die self en van die verskillende lede van die groep se verskillende selwe op mekaar binne die konteks van groepwerk kan bemagtiging bewerkstellig. Die siening van die self berus op die interne onbewuste optrede van mense wat bepaal word deur die mens se konstruksies van persoonlike ervaring. Die interne wêreld van die mens vind uitdrukking in gedrag en taal. Dit bestaan uit gedagtes, 'n mengsel van geskiedkundige waarhede en bewuste fantasieë asook uit bewuste en onderbewuste konstruksies wat alles tesame beskou word as narratiewe waarhede. In groepwerk stel die maatskaplike werker die groep bekend aan geleenthede wat aanleiding kan gee tot verandering. Tydens groepwerk word die klimaat deur die potensiële struktuur vir metamorfose en terapeutiese perturbasie gefasiliteer (Venter 1992:44; White 2000:7).

Dit help soms om mense van lewenspadkaarte van reise wat ander mense reeds afgelê het, te voorsien. Volgens Swanepoel (2003:70) is die postmoderne paradigma 'n vrymakende benadering wat 'n persoon in staat stel om die geldigheid van ander strukture epistemologies te ondersoek.

Bemagtiging, binne die postmoderne gebied, bied die geleentheid om kapasiteit te ontwikkel. Die maatskaplike werker tree op as fasiliteerder van die proses, maar maak ook deel uit daarvan. Die proses gee geleentheid aan die maatskaplike werker en die groeplede om betrokke te wees by die bemagtigingproses en sodoende hulself en die gemeenskap te bevoordeel.

Is doeltreffende maatskaplike werk nog moontlik met dié huidige werkswyse? Gray (2003:xxi) meen doeltreffende maatskaplike werk bly reaktief binne die konteks en is kultuursensitief, ten spyte van ontwikkelings in die samelewings. Die postmodernistiese benadering bied 'n benadering vir doeltreffende maatskaplike werk. Hierdie werkswyse is op die selfvan die persoon gerig. Die moontlikheid en hoeveelheid van bemagtiging bly die keuse van die individu wat by die bemagtigingsproses betrokke is.

 

6. GEVOLGTREKKINGS

  • Bemagtiging binne die postmoderne denke maak deel uit van die aard van professionele maatskaplike werk - eweneens ook deel van die ontwikkeling van mense met 'n paradigma-skuif van die moderne na die postmoderne en wat as 'n alternatiewe manier vir bemagtiging oorweeg kan word.
  • Die narratiewe benadering is genestel in die postmoderne benadering en die benadering is toeganklik vir alle kulture omdat dit met die individue/gemeenskap se verhaal omgaan en hier sluit dit die benadeelde individue en die agtergeblewe gemeenskappe in vir bemagtiging.
  • Die postmoderne benadering het 'n sensitiwiteit teweeggebring vir 'n groter verskeidenheid terapieë, onder meer narratiewe terapie en sosiale konstruktivisme. Die modernisme was voorskriftelik en dus meer beperkend in terapeutiese groepwerk. Met die narratiewe benadering in maatskaplike groepwerk sluit dit in dat die groeplid die probleem aanbied en dit is die probleem wat hanteer word in die groep. Die persoonlike ervaring van die groeplid word as die outoriteit gesien op die aangebode probleem. Mense vertel hulle lewens/ervaring en die stories is hulle realiteit. Gedrag word nie as abnormaal of patologies gesien nie maar eerder as 'n funksionele manier om unieke omstandighede te hanteer. Die groepleier se rol is in die narratiewe groepwerk benadering dié van fasiliteerder eerder as die van ekspert.
  • Die postmoderne denke en groepwerk kan die menslike karakter en self in die wetenskap na vore bring. Die sefis nooit op sigself met homself besig nie, maar staan altyd in verhoudings met ander en binne 'n bepaalde konteks.
  • Postmoderne denke het vir die navorsers nuwe betekenis aan die verstaanproses gegee, met gepaardgaande verbeterde dimensionele perspektief op 'n saak. Die gemeenskap is saam met die betrokke partye verantwoordelik vir bemagtiging. Mense met hulle unieke lewenservarings en waardesisteme is vennote in die konstruering van een mens in 'n ander mens se storie. Narratiewe verrekenings van die lewe is nooit stabiel of reg nie. Dit is altyd vloeiend. Bemagtiging moet uitkomsgerig wees en moet dieselfde effek hê as 'n klip wat in 'n dam val en die rimpels in die water al verder laat uitkring.

 

BIBLIOGRAFIE

Andersen, T. 1995. Reflecting processes, acts of informing and forming: you can borrow my eyes, but you must not take them away from me! In Friedman, S. The reflecting team in action: Collaborative practice in family therapy. New York: Guilford, pp.11-37.         [ Links ]

Anon. 2003(a). Bemagtigingswet te vaag, kla LP's. Kleinsake Rapport: 11, 1 Jun.         [ Links ]

Anon. 2003(b). Postmodernisme: Wat is dié denke? Beeld: 10, 21 Jul.         [ Links ]

Anon. 2004. Lina Spies ook Afrikaans, postmodernis. Rapport: 17, 11 Apr.         [ Links ]

Anon. 2012(a). Group Therapy. Encyclopedia of Mental Disorders, http:/www.minddisorders.com/Flu-Inv?Group-therapy.html [16 July 2012].         [ Links ]

Anon. 2012(b). Open University. Open learning, http://openlearn.open.ac.uk/mod/oucontent/view.php?id=398072&section=6.1 [ 3 July 2012].         [ Links ]

Billington, R., Hockey, J. & Strawbridge, S. 1998. Exploring Self and Society. London: MacMillan Press Ltd.         [ Links ]

Blanchard, K., Carlos, J.P. & Randolph, A. 1999. The 3 Keys to Empowerment: Release the Power Within People for Astonishing Results. San Francisco. OTHA: Barrett-Koehler Publishers, Inc.         [ Links ]

Botha, A. 1998. Pastor therapy and external marriage affairs: Narrative Approach. Pretoria: University of South Africa.         [ Links ]

Coetzee, M. 1997. 'n Analise van dieMyers-Briggs Type Indicator profile in 'n Postmodernistiese organisasie. Pretoria: Universiteit van Pretoria. (Skripsie - M.A.         [ Links ]).

Coughlan, F. 2000. Trying to read the writing on the wall: immediate and imminent impact of national policy. Social Work/Maatskaplike Werk, 36(4):351-360.         [ Links ]

Cresswell, J.W., Plano Clark, V.L. 2011. Designing and Conducting: Mixed Methods Reseach. London: SAGE Publications Ltd.         [ Links ]

Dill, J. & Kotze, D.J. 1997. Verkenning van 'n Postmoderne epistemologiese konteks vir die praktiese teologie. Acta Theologica, (1):1-23.         [ Links ]

Dixon, G. 2000. Writing ourselves into being; weaving stories of women's identity. In Kotzé, E. ed. 2000. A chorus of voices: Weaving life's narratives in therapy and training. South Africa, Pretoria: Ethics Alive, pp.340-369.         [ Links ]

DuBois, B. & Miley, K.K. 2002. Social work: an empowering profession. London: Allyn & Bacon.         [ Links ]

Dulwich Centre. 1997. The work of the Dulwich Centre Community Mental Health Project. Dulwich Centre Newsletter, (1):1-14.         [ Links ]

Freedman, J. & Combs, G. 1996. Narrative Therapy: The social construction of preferred realities. New York: W.W. Norton Company.         [ Links ]

Gray, M. 2003. Culturally sensitive Social Work or plain "Good Social Work": Are they one and the same? Social Work/Maatskaplike Werk, 39(4):xix-xxi.         [ Links ]

Greene, G.J. & Lee, M. 2002. The Social Construction of Empowerment. In O'Melia M. & Miley, K.K. Pathways to Power: Readings in Contextual Social Work Practice. Boston: Allyn & Bacon, pp.175-201.         [ Links ]

Hepworth, D.H., Rooney, H.R. & Larson, J.R. 2002. Direct Social Work Practice: Theory and Skills. Pacific Grove: Brooks/Cole.         [ Links ]

Hinckley, M. 1996. A marriage enrichment program based on the Myers-Briggs Type Indicator. Johannesburg: Randse Afrikaanse Universiteit. (Mini Dissertation - M.A.         [ Links ]).

International Association of School of Social work, IASSW, 2004        [ Links ]

Jacques, G. 2000. The baby and the bath water: the dilemma of modern social work in Africa. Social work/ Maatskaplike werk, 36(4):361-376.         [ Links ]

Janssen, A. 2010. Exploring African interpretations of the core values of the Choose Life Training Programme by means of narratives. Potchefstroom Campus of the North-West University. (Dissertation - M.A.         [ Links ]).

Joubert, B.F. 2000. The social canonical construction of pastoral therapy in clergy training. Bloemfontein: University of the Free State. (Thesis - Ph.D.         [ Links ]).

Klopper, F. 1993. Postmoderne feminisme: verset teen dominansie, die viering van verskille en 'n respek vir tradisie. Theologia evangelia, XXV(12):17-24.         [ Links ]

Kottler, G.A. 2001. Learning group leadership: An experiential approach. Needham Heights.         [ Links ]

Kotzé, D.J. 1992. Verantwoordelikheid as antropologiese essensie. Pretoria: Universiteit van Pretoria. (Proefskrif - Ph.D.         [ Links ]).

Kotzé, E. 1994. The social construction of a family therapy training programme. Johannesburg: Rand Afrikaans University.         [ Links ]

Kotzé, E. & Kotzé, D. 2001. Telling Narratives: Spellbound Edition. Pretoria: Ethics Alive.         [ Links ]

Langenhoven, H. 2001. The Facilitating role of the Mmabatho ICDL centre in the process of Women empowerment: A Development communication perspective. Potchefstroom: PU for CHE. (Mini Dissertation - M.A.         [ Links ]).

Maynard, M.T., Gilson, L.L. & Mathieu, J.E. 2012. Journal ofManagement, http://jom.sagepub.com/ 201238:1231 [ 28 March 2012].         [ Links ]

Mohosho, M.B. 2002. The impact ofyouth empowerment on entrepreneurial development in the Vaal Triangle Region. Vanderbijlpark: PU for CHE. Vaal Triangle Campus. (M. Comm.         [ Links ]).

Monk, G., Windslade, J., Crocket, K. & Epston, D. 1997. Narrative Therapy in Practice: the archaeology of hope. San Francisco: Jossey-Bass.         [ Links ]

Müller, J. 2000. Reis-geselskap: Die kuns van verhalende pastorale gesprekvoering. Epping: Creda Communications.         [ Links ]

Neimeyer, R.H. 1993. An appraisal of constructivist psychotherapies. Journal of consulting and clinical psychology, 61(2):221-234.         [ Links ]

Potgieter, M.C. 1998. Social work process: development to empower people. Cape Town: Prentice Hall.         [ Links ]

Poulin, J. 2005. Strengths-Based Generalist Practice: A Collaborative Approach. Canada: Thomson.         [ Links ]

Pretorius, J.W.M. 2003. Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Opsommings van referate, http://www.akademie.co.za/referate.htm [21September 2003].         [ Links ]

Reid, J. 2002. 'n Narratiewe dekonstruksie van aggressie by kinders. Vanderbijlpark: PU vir CHO. Vaaldriehoek kampus. (Skripsie - M.A.         [ Links ]).

Rhoodie, N.J. 1977. Sosiale Stratifikasie en Kleurlingskap. Johannesburg: McGraw-Hill Boekemaatskappy.         [ Links ]

Rootman, S.M. 1998. Die beplanning en evaluering van 'n maatskaplike groepwerkprogram vir omgewingsgestremde vroeë adolessente dogters in Schoongesicht-gemeenskap. Potchefstroom: PU vir CHO. (Skripsie - M.A.         [ Links ]).

Rossouw, J.G. 1995. Life in a Postmodern culture. Pretoria: HSRC Publishers.         [ Links ]

Saleeby, D. 1992. Introduction: beginnings of a strengths approach to practice. In Saleeby, D., ed. The strengths perspective in social work practice. New York: Longman, pp. 1-18.         [ Links ]

Speedy, J. 2008. Narrative Inquiry & Psychotherapy. New York: Palgrave Macmillan.         [ Links ]

STATSSA (Statistics South Africa). 2005. Final social accounting matrix, 2005 (updated version), http://www.statssa.gov.za/Publications/Report-04-03-02/Report-04-03-022005.pdf [20 November 2012].         [ Links ]

Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. 2003. Opsommings van referate, http://www.akademie.co.za/referate.htm [21 September 2003].         [ Links ]

Suid-Afrika. 1997. Witskrif vir maatskaplike welsyn.(1108 van 1997.) Staatskoerant: 18166, 8 Aug.         [ Links ]

Swanepoel, H.J. 2003. 'n Kritiese evaluering van White en Epston se narratiewe hantering van die konstruk "Afwykende gedrag". Vanderbiljpark: PU vir CHO. (Proefskrif - Ph.D.         [ Links ]).

Thompson, M. 2011. Philosophy made simple. London: Hodder Education.         [ Links ]

Toseland, R.W. & Rivas, R.F. 2012. An introduction to group work practice. Boston: Allyn & Bacon.         [ Links ]

Touraine, A. 2007. A new paradigm for understanding today's world. Kundli: Polity Press.         [ Links ]

Ubbink, M.J. 2000. Die konstruksie van alternatiewe stories aan die hand van Keirsey se voorkeurteorie: 'n Narratiewe ondersoek binne die Sosiologie. Vanderbijlpark: PU vir CHO. Vaaldriehoek kampus. (Skripsie - M.A.         [ Links ]).

Van Heerden, P.R. 1996. Heilsrealisering in 'n narratiewe diakonale pastoraat. Bloemfontein: Universiteit van die Oranje Vrystaat. (Proefskrif - Ph.D.         [ Links ]).

Van Heerden, P.R. 1999. Sisteemteorie. Lesing gelewer op 31 Julie 1999 as deel van die kursus Magister in huweliks- en gesinsberaad. Vanderbiljpark. (Ongepubliseerd).         [ Links ]

Venter, G.F. 1992. Shifting Paradigms in Group Psychotherapy. Pretoria: University of South Africa. (Skripsie - M.A.         [ Links ]).

Wessels, C.C. 2003. Die opstel en evaluering van 'n Maatskaplike werk bemagtigingsprogram vir gesinne van MIV-positiewe/VIGS-pasiënte. Potchefstroom: PU vir CHO. (Proefskrif - Ph.D.         [ Links ]).

Wetherell, M. 1997. Identities, Groups and Issues. Molton Keynes: The Open University.         [ Links ]

White, M. 1997. Narratives of therapists' lives. Adelaide: Dulwich Centre Publications.         [ Links ]

White, M. 2000. Reflections on Narrative Practice: Essays & Interviews. Adelaide: Dulwich Centre Publications.         [ Links ]

White, M. 2007. Maps of narrative practice. New York: Norton.         [ Links ]

White, M. & Epston, D. 1990. Narrative Means to Therapeutic Ends. New York: Norton.         [ Links ]

Wikipedia. 2012. Post Modernism, postmodernism. http://en.wikipedia.org/wiki/gis [26 Julie 2012].         [ Links ]

Windslade, J. & Monk, G. 1999. Narrative Counselling in Schools: Powerful & Brief. California: Corwin Press, Inc.         [ Links ]

 

 

Marie Ubbink is verbonde aan die Potchefstroom Kampus van die Noordwes Universiteit. In 2012 is sy aangewys as koördineerder van die maatskaplike werk honneursstudente. Sy organiseer die internasionalisering van nagraadse maatskaplike werk studente en tree op as verteenwoordiger van die Skool van Psigososiale Wetenskappe, spesifiek vir maatskaplike werk, op hierdie universiteit se Fasiliteite Komitee. Marie Ubbink se belangstelling in vakverband fokus op maatskaplike groepwerk en narratiewe terapie. Sy het tot dusver leiding gebied aan 2 PhD studente en het verder reeds 2 referate nasionaal en 2 internasionaal aangebied by konferensies.

Marie Ubbink is a staff member at the Potchef-stroom Campus of the North-West University. She was appointed as the Coordinator of social work honour students in 2012. She organises the internationalisation of social work graduate students at this university, and represents the School of Psycho-Social Sciences, specifically for social work, on this university's Facilities Committee. Marie Ubbink is interested in social group work and narrative therapy. She has guided 2 PhD students, while also having presented 2 papers locally and 2 at international conferences.

 

 

Adri Roux, voorheen 'n personeellid van die Noordwes Universiteit se Potchefstroom Kampus, het afgetree in 2010, maar is steeds by dieselfde universiteit op 'n deeltydse basis betrokke. Haar belangstelling in vakverband fokus op HIV en VIGS, maatskaplike groepwerk en werk met kinders en gesinne. Sy is outeur en mede-outeur van 10 geakkrediteerde joernaalartikels en het ook leiding gebied aan 33 Meesters sowel as 5 PhD studente. Dr. Roux was reeds betrokke by die aanbieding van 13 referate by nasionale en 12 by internasionale konferensies.

Adri Roux was previously a staff member of the Potchefstroom Campus of the North-West University and retired in 2010. She is still involved in a part-time capacity at the same university. Her interest regarding subject matter focuses on HIV and AIDS, social group work and work with children and families. She is author and co-author of 10 accredited journal articles, while she has also supervised 33 Master's and 5 Phd students. Dr Roux has participated and presented papers at 13 national and 12 international conferences.

 

 

Herman Strydom was voorheen aan die Universiteit van Pretoria verbonde en is sedert 1987 as mede-professor en sedert 1999 as professor en vakhoof by Maatskaplike Werk aan die Potchef stroomkampus van die Noordwes-Universiteit verbonde. Sy belangstelling in vakverband fokus op MIV en VIGS, gerontologie, misdaad en navorsingsmetodologie. Hy is outeur en mede-outeur van 44 hoofstukke in verskillende hand-boeke en verwante publikasies. Herman Strydom is 'n NNS-gegradueerde wetenskaplike op vlak C3. Hy was ook betrokke by die aanbieding van 82 referate by nasionale en 86 by internasionale konferensies.

Herman Strydom was previously a staff member of the University of Pretoria; he was appointed as associate professor at North West University in 1987 and since 1999 he has been professor and subject head of Social Work at the Potchefstroom Campus of the North-West University. His research foci are HIV and AIDS, gerontology, crime and research methodology. He is author and co-author of 104 accredited journal articles, while he is also author and co-author of 44 chapters in various text books and related publications. Herman Strydom is a NRF-rated scientist on level C3. To date, he has presented 82 papers at national, and 86 at international conferences.

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons