SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 issue1Practices and strategies that should nurture a quality ethos in higher education institutions author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.53 n.1 Pretoria Mar. 2013

 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

 

Hoe om die geskiedenis van die filosofie weer te gee: 'n Verkenning van wysgerige historiografiese probleme en metodes

 

How to portray the history of philosophy: Exploring philosophical historiographic problems and methodologies

 

 

B.J. van der Walt

Skool vir Filosofie, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom E-pos: benniejvanderwalt@gmail.com

 

 


OPSOMMING

Hierdie artikel behels 'n ondersoek na 'n gepaste metode om die geskiedenis van die filosofie weer te gee. So 'n wysgerige historiografie behels 'n besondere uitdaging aangesien dit die 2500-jarige Westerse denke, honderde individuele filosowe se stelsels en die wye veld van filosofie as sodanig moet dek. Die eerste, inleidende afdeling vestig die aandag op 'n aantal moeilike struikelblokke ofprobleme op die pad van die wysgerige historiograaf. Die tweede afdeling van die artikel gee in voëlvlug 'n oorsig oor verskeie vroeëre en gangbare metodes. Daaronder val die volgende: pogings om individuele filosofieë as vertrekpunt te gebruik, 'n kronologiese aanpak, 'n psigologies-etnografiese metode, indelings in breë tydvakke, vanuit verskillende denkstrominge asook probleem- en lewensbeskoulikgerigte benaderings. Verder word die aandag gevestig op die rol wat elke historiograaf se eie voorveronderstellings in sy verkose metode speel asook die dikwels gepaardgaande terminologiese verwarring tussen verskillende metodologieë. Die derde hoofdeel formuleer, in die lig van al die leemtes wat in die eerste twee geïdentifiseer is, die belangrikste kriteria waaraan 'n wysgerige historiografie behoort te beantwoord. Hierdie maatstawwe sluit die volgende in: konsekwentheid tussen die geskiedskrywer se eie vertrekpunt en sy metode(s); dat dit sowel konsekwent histories as filosofies moet wees; konsekwente probleemgerigtheid, met die gebruikmaking van eenduidige terminologie en dat dit ook prakties beproef behoort te wees. Ten slotte word die aandag daarop gevestig dat so 'n konsekwente historiografiese metode vir die filosofie wel bestaan en afsonderlike bespreking in 'n opvolgartikel verdien.

Trefwoorde: Diakroniese metode, geskiedenis van die filosofie, filosofie, filosofiese bloemlesings, filosofiese historiografie, filosofiese periodes, filosofiese terminologie, filosofiese tipes, ideëgeskiedenis, metodologie, sistematiese wysbegeerte, sinkroniese metode, werklikheidsvisie


ABSTRACT

To design an appropriate methodology to study the approximate 2500years of Western philosophy, inclusive of many individual philosophers, constitutes a quite daunting challenge. Nevertheless, it is of vital importance that it be attempted since one's methodology predetermines one 's final results. While reflecting a scholar's own presuppositions on the one hand, the chosen method should simultaneously not force history into a pre-conceived scheme on the other. Furthermore, in attempting to do justice to its wide field of investigation, the proposed methodology should at the very least be both fully historical and clearly philosophical in nature. Philosophic historiographers of the past, however, tended to emphasise either the historical development or the philosophical problems or ideas. More stumbling-blocks on the way are for example: the influence of broader and narrower views on the field of investigation of philosophy on its historiography; criteria for determining either the importance or unimportance of a specific philosopher or school of philosophy; the choice between either the present-day relevance of its history or faithfulness to the ancient birth of Western philosophy in Greece.
In order to highlight their strengths and weaknesses, the second part of this essay provides a brief survey of various methodologies. Some textbooks on the history of philosophy, or anthologies containing selections from the writings of past philosophers, simply make a selection of those philosophers whom the writer/editor himself regards as of importance. A second group prefers to follow a chronological method. The third employs a kind of psychological-ethnic approach, taking the "soul" of a nation as vantage point, dividing history into, for example, German, French, English and other national philosophies. Many others approach the history of philosophy from the perspective of different epochs and accordingly divide it into pre-modern (ancient), medieval, modern and postmodern eras. Others again, prefer a more detailed division into successive centuries, characterised for example as "the age of belief", "the age of reason" etcetera. Then there are those who further subdivide the centuries into smaller, different philosophical currents. Apart from these synchronic methods, several diachronic methods were also developed. Examples discussed in the overview are various "history of ideas" methods, as well as a worldviewish approach.
In the light of the preceding information, the third main section of the article attempts to formulate essential criteria for a more comprehensive and appropriate historiographical method of research: (1) a historian of philosophy should openly and clearly state the relationship between his own philosophical viewpoint and his method of describing the history of philosophy; (2) it should be consistently philosophical in nature; (3) consistently historical and (4) problem-directed; (5) consistent in the terminology applied and (6) experimentally tested.
The whole exploration is concluded with a brief review as well as the preview of a follow-on article in which the origin, basic contours and critical appraisal of the consistent problem-historical method of philosophical historiography of prof. D.H.Th. Vollenhoven (1892-1975) and his followers will be discussed.

Key words: Diachronie methods, history of philosophy, history of ideas, methodology, philosophy, philosophical currents, philosophical historiography, philosophical periods, philosophical terminology, philosophical types, readers in philosophy, synchronic methods, systematic philosophy, worldview


 

 

1. 'N BESONDERE UITDAGING

As 'n mens sien hoeveel werke oor die geskiedenis van die Westerse, Oosterse en Afrika filosofieë verskyn, mag jy dink dat dit glad nie so moeilik is om sulke boeke te skryf nie. Dit is egter allermins die geval. In alle geval nie indien dié werke werklik verheldering in plaas van verwarring tot gevolg het nie.

Hierdie inleidende gedeelte vestig dus die aandag op van die belangrikste probleme waarvoor enige wysgerige historiograaf- wat sy sout werd is - te staan kom. Sommige probleme wat byna voor die hand liggend is, word slegs aangestip, terwyl ander meer uitvoerig bespreek sal word. Die bedoeling is slegs om op die struikelblokke die aandag te vestig en nie op moontlike oplossings daarvoor nie. Implisiet bevat die lys probleme egter reeds heenwysings na sekere kriteria vir goeie filosofiese historiografie. Die oorsig word beperk tot die Westerse filosofie geskiedenis.

1.1 'n Lang geskiedenis met baie denkers

Die heel eerste probleem is dat die Westerse denkgeskiedenis, beginnende by die antieke Griekse denkers, alreeds meer as 2500 jaar bestaan en talle denkers insluit (volgens Runes, 1955:xxiii toe alreeds 10,000). 'n Volledige, omvattende geskiedenis sou baie boekdele beslaan en is eintlik 'n onhaalbare droom.

1.2 Verskillende visies oor wat filosofie en wat geskiedenis is

Voordat 'n mens dit waag om 'n geskiedenis van die wysbegeerte op te stel, moet 'n mens in die tweede plek duidelikheid hè oor wat jyself onder "filosofie" en "geskiedenis" verstaan. 'n Mens moet eerstens daarvan bewus wees dat wat jy onder filosofie verstaan nie noodwendig die visie van ander huidige filosowe sal wees nie. Bowendien mag daar ook 'n groot verskil bestaan tussen wat jou eie definisie van filosofie is en dit wat jy daaroor by baie ander in die geskiedenis vind. Selekteer jy in so 'n geval alleen uit die geskiedenis van die Westerse denke wat ongeveer met jou eie standpunt ooreenstem?

In die tweede plek het geskiedenis (van die filosofie) 'n dubbele betekenis. Eerstens die primêre geskiedenis soos wat dit oor millennia deur die bydraes van honderde denkers ontstaan het (die veld van ondersoek). Tweedens die sekondêre geskiedenis soos deur die historiograaf weergegee (die resultaat van die ondersoek).

Die belangrike punt hier is dat 'n mens se eie idees oor filosofie sowel as geskiedenis beslis die resultaat vanjou navorsing sal kleur.

1.3 Die omvang van die veld van ondersoek

Verskillende beskouinge oor hoe beperk of breed filosofie beskou word, veroorsaak 'n derde struikelblok. Indien 'n mens filosofie sou beperk tot logika, kenteorie of taalanalise is dit heel moontlik makliker om 'n filosofiegeskiedenis te skryf, omdat die veld van ondersoek taamlik beperk is. Gaan 'n mens egter daarvan uit dat ontologie (werklikheidbeskouing), antropologie (mensbeskouing) en samelewingfilosofie ook op die terrein van die filosoof val, word dit al moeiliker om die hele gebied met gepaste metodes te dek. 'n Voorbeeld van hoe 'n mens se eie te bepaalde visie op die veld van die filosofie jou historiografie kan beïnvloed, is die volgende kritiek van Rorty (1990:49) op die analitiese filosowe:

Analytic philosophers who have attempted 'rational reconstructions' of the arguments of great dead philosophers have done so in the hope of treating these philosophers as contemporaries, as colleagues with whom they exchange views... Such reconstructions, however, have led to charges of anachronism. Analytic historians of philosophy are frequently accused of beating texts into the shape of propositions currently being debated in philosophical journals.

Hoe die veld en taak van filosofie beskou word, verskil byvoorbeeld grootliks in die geval van die ouere, meer rasionalistiese beskouings en die latere, meer irrasionalistiese visies. Volgens eersgenoemde standpunt was die filosofie 'n wetenskap wat sigself met byna tydlose, abstrakte probleme besig sou hou. Volgens laasgenoemde stroming is filosofieë veranderlike, historiese verskynsels, wat nie noodwendig net volgens teoretiese denke en metodes beoefen of beskrywe kan word nie.

1.4 Metodologiese voorveronderstellings

'n Vierde belangrike punt is dat enige soort historiografie (politieke, ekonomiese en ook iilosofiese) duidelike metodes veronderstel. Dit kan dus nie 'n bloot feitelike en kronologiese bymekaarmaak wees van wat in die verlede gebeur het of hoe toe gedink is nie. Hierbo het reeds geblyk dat die geskiedskrywer van die filosofie (as gevolg van die geweldige lang tydperk en breë veld) verplig sal wees om volgens voorafbepaalde kriteria te selekteer. 'n Metode is duidelik nie iets neutraals nie. Daarmee wil 'n mens die materiaal wat jy ondersoek iets laat sê - en ander dinge liewer verdoesel. Elke metode word bowendien ook deur 'n mens se diepere, eie iilosofiese uitgangspunte bepaal - vandaar die groot verskeidenheid van metodologieë.

1.5 'n Maatstafvir belangrik/onbelangrik

'n Vyfde opmerking is dat 'n filosoof se eie visie en metodologie ook bepaal wat hy/sy as belangrike, minder belangrike en onbelangrike figure, probleme en idees in die lang geskiedenis van die wysbegeerte beskou. Op hierdie wyse word byvoorbeeld die "groot" denkers wel behandel, terwyl ander opsy geskuifword.

1.6 By die verre verlede of by die aktuele hede begin?

'n Mens kan ter wille van die relevansie van die eeuelange geskiedenis by jou eietydse probleme begin en as't ware terugwerk in die geskiedenis. Of jy kan van mening wees dat die ontwikkeling van die lang geskiedenis slegs verstaanbaar is deur by die begin te begin. Hoe antwoord 'n mens op hierdie sesde probleem?

Russell (1959:5) staan byvoorbeeld laasgenoemde visie voor omdat huidige filosofiese idees nie skielik vanaf nêrens uit die lug geval het nie en sê: "In some serious sense, all Western philosophy is Greek philosophy". Randall (1983:30,80) stem met Russel saam dat die wysgerige stelsels van die groot figure uit die verlede blywende invloed tot op die hede het. (Dit beteken natuurlik nie dat probleemstellings nie later verbreed, verdiep en selfs vervlak is nie.) Alle filosowe sal egter nie met hom saamstem nie.

In die boek Philosophy in history (1990) worstel drie belangrike hedendaagse filosowe met hierdie probleem: Waar begin'n mens met die geskiedenis? Rorty (1990:49) wys daarop en Taylor (1990:17) stel die dilemma soos volg: Aan die een kant is daar die

... inspiration to sweep away the past and have an understanding of things which are entirely contemporary. The attractive idea underlying this is that of liberation from the dead weight ofpast errors and illusions.

Aan die ander kant is daar die volgende argument:

...philosophy and the history of philosophy are one. You cannot do the first without also doing the second. Otherwise put, it is essential to an adequate understanding of certain problems, questions, issues, that one understands them genetically.

Macintire (1990:31) begin ook sy bydrae ("The relationship of philosophy to its past") deur die twee moontlikhede te kontrasteer:

Either we read the philosophies of the past as to make them relevant to our contemporary problems and enterprises, transmuting them as far as possible into what they would have been if they were part of present-day philosophy, and minimizing or ignoring or even on occasion misrepresenting that which refuses such transmutation... or instead we take care to read them in their own terms, carefully preserving their idiosyncratic and specific character...

Toegepas op vandag sou die dilemma so lui: Asfilosowe definieer ons wat filosofie behels in terme van die nuutste postmodernistiese tendens en laat vroeëre denkers slegs op ons voorwaardes toe tot die filosofiese debat. Of dit nou op distorsie of'n anakronistiese benadering neerkom, is nie belangrik nie! As historiograwe van die filosofie sal ons egter ons uiterste bes doen om die verlede so goed moontlik te verstaan. Indien dit die verlede irrelevant vir vandag maak of as antikwarisme beskou word, is nie ter sake nie!

1.7 Klem op die historiese of die problematiese?

Kies 'n mens 'n bogenoemde dilemma vir 'n historiese benadering, kom jy - 'n sewende punt - voor nog meer probleme te staan. Waarop moet dan die klem val? Moet die historiograaf die geskiedenis van die Westerse denke bloot kronologies (soos wat dit ontwikkel het) volgens die opeenvolgende figure weergee? Moet hy dit in tydperke of strominge probeer indeel? Moet hy die geskiedenis weergee aan die hand van belangrike idees of vraagstukke wat in die verloop opgeduik het? Soos nog (onder hoofafdeling 2 hieronder) sal blyk, is hierdie verskillende benaderings - elkeen met sy eie voordele en leemtes - reeds beproef.

1.8 Verstaanbare en eenduidige terminologie

'n Volgende, agtste uitdaging waarmee die wysgerige historiograaf gekonfronteer word, is die terminologie wat sy/hy behoort te gebruik om die groot aantal probleme en standpunte daaroor so duidelik moontlik te beskrywe. Dieselfde begrip word dikwels in verskillende betekenisse deur verskillende historici gebruik. In werklikheid heers hier 'n Babelse spraakverwarring. Randall (1983:84, 85) merk byvoorbeeld op: "We have suffered from the intellectual consequences of confused and ambiguous ideas, with no single meaning... in philosophy ..."

1.9 'n Duidelike voorafingenome standpunt is nodig

Uit van die reeds genoemde struikelblokke blyk onder andere dat 'n mens nie historiografiese navorsing in die filosofie kan doen sonder om 'n, al is dit bloot 'n voorlopige, eie standpunt in te neem nie. Die sogenaamde neutrale benadering van vroeëre rasionalistiese geskiedskrywers is deur hulle irrasionalistiese opvolgers ontmasker. Maar die irrasionalisties-postmoderne benadering, waarvolgens feitlik enige standpunt aanvaarbaar is, bevredig ook nie.

Tog vind 'n mens beide tendense in meer resente boeke van die filosofiegeskiedenis. In die vooraf tot hulle werk sê Solomon & Higgins (1996:viii) byvoorbeeld: "We tried to keep our own biases out ofthe text - not always successfully".

n Nog meer resente, wyd gebruikte handboek (wat sowel uittreksels uit die geskrifte van die denkers oor die eeue as kommentaar daarop gee) is dié van Melchert (sesde druk, 2011). In sy voorwoord aan dosente sê hy dat dit in die filosofiese gesprek met die geskiedenis daaroor gaan om deur (logiese) argumente verskillende moontlikhede te oorweeg. In sy advies aan studente gaan dit eweneens daaroor dat hulle "good reasons" moet kan gee om 'n bepaalde filosoof uit die geskiedenis se visie te aanvaar ofte verwerp. Aan die einde van die lywige boek gee hy enkele wenke aan studente hoe om 'n filosofiese referaat oor die filosofiegeskiedenis te skryf. Studente moet volgens Melchert (2011:733) volgens die bekende sillogistiese logika (vanaf premisses na 'n konklusie) besluit of 'n betrokke denker se filosofie aanvaarbaar is of nie. Daar mag (vgl. p. 734) geen beroep op 'n buite-outoriteit gedoen word nie. Sy hele logisties-rasionalistiese instelling blyk ook uit die slotsin op die volgende bladsy: "Writing a philosophical paper... is an excellent exercise for developing... a sense for what rationality is really like" [kursivering BJvdW],

Melchert se metode is blykbaar beperk tot immanente kritiek. Daardeur probeer hy as moderne (postmoderne?) denker heel waarskynlik ontkom aan totale relativisme. In sy "Afterword" (pp. 731 en 732) erken hy egter dat hy nie die probleem van relativisme tot die bevrediging van al sy lesers kon oplos nie. Hoewel dit 'n hardnekkige ("intractable") vraagstuk is, is dit volgens hom onmoontlik om nie 'n bepaalde standpunt daaroor te huldig nie. Wat sy eie standpunt is, sê hy egter nie. Moet "neutrale" logiese denke beslis?

Ontkenning van die vroeëre sogenaamde neutraliteitsgedagte beteken myns insiens egter nie dat die enigste ander opsie relativisme is nie. Ten minste nie as 'n mens erken dat jou voorwetenskaplike geloof jou hele lewe - ook jou filosofie - wesentlik beïnvloed nie. Aangesien elke mens van nature 'n religieuse wese is, is so 'n instelling die normale. Al verskil is dat 'n mens se geloof deur twee verskillende normatiewe uitgangspunte bepaal kan word: óf teonomie, óf outonomie. (In 'n opvolgartikel sal dus aangetoon word dat ook 'n eksplisiet Skrifmatige historiografie van die filosofie moontlik is.)

1.10 Geskiedenis van die filosofie nie ignoreerbaar nie

Gesien al die voorafgaande probleme, sou dit nie makliker wees om die geskiedenis liewer te vergeet nie? Al sou geargumenteer kon word dat moderne tegnologiese en natuurwetenskappe beoefen kon word sonder om hulle geskiedenis in ag te neem, is die skrywer daarvan oortuig dat dit nie in die geval van die wysbegeerte moontlik is nie. Rorty (1990:47) sê selfs: "The history ofphilosophy is that part ofphilosophy which is sovereign over the rest ofthe discipline".

Randall (1983:76,77) voeg hierby: "... to fail to learn how to use the past ofphilosophy is to repeat the errors and the follies ofthe past. To use history is the only alternative to remaining its slave... we must understand the past. Only thus can we make it our servant... and not our master". Daar is natuurlik nog baie meer redes waarom kennis van die geskiedenis van die filosofie belangrik is (vgl. bv. Van der Walt 2010:158 e.v.). Daarop sal egter nie hier ingegaan word nie.

Nadat in hierdie eerste hoofafdeling 'n vlugtige opname gemaak is van die moontlike probleme op die pad van die wysgerige historiografie word nou na 'n tweede afdeling oorgegaan. Daarin sal 'n oorsig gegee word van verskillende metodes wat alreeds gebruik is om die lang en ingewikkelde Westerse iilosofiese denke te beskrywe.

 

2. 'N OORSIG VAN WYSGERIGE HISTORIOGRAFIESE METODES

Aangesien daar letterlik honderde handboeke oor die geskiedenis van die Westerse denke sowel as talle bloemlesings ("readers") bestaan, word hier 'n streng seleksie gemaak. Die oorsig begin by die mees elementêre om te beweeg na die meer gekompliseerde metodes en betrek daarby sowel ouere as meer resente werke.

2.1 Belangrike figure as maatstaf

Runes (1955) rangskikin sy boek eenvoudig die ongeveer 400 denkers wathy as die belangrikste beskou in alfabetiese volgorde met daarby seleksies uit hulle werke. Hoewel hierdie werk nie as 'n geskiedenishandboek beskou mag word nie, bly die vraag egter wat Runes se kriterium was om juis hierdie denkers vir sy "reader" uit te kies. Daarbenewens sou 'n mens kon vra of daar dan geen verband tussen die verskillende denkers bestaan nie. Edman & Schneider (1954:x) sê byvoorbeeld: "But the striking fact about the history of philosophical ideas is their recurrent character".

2.2 Kronologie as riglyn

Hoewel Edman & Schneider (1954) se eie seleksie van slegs veertien filosowe ook bevraagteken kan word, behandel hulle die denkers ten minste in kronologiese volgorde en suggereer daarby dat hulle mekaar beïnvloed het. Hoewel die volgende boeke ook die vraagstukke bespreek wat verskillende denkers aanroer, volg ook hulle hoofsaaklik die tydsverloop: Copleston (1953-1956), Sassen (1945, 1946, 1950, 1952, 1957) en Störig (1969). Behalwe oorsig is ook insig in die verband tussen denkers en denkstrominge immers belangrik. Kronologiese benaderings het egter ten minste ingesien dat 'n mens jou beskrywing van die geskiedenis by die begin behoort te begin.

Sommige skrywers probeer hulle handboeke egter aktueel maak (vgl. die probleem onder 1.6 hierbo bespreek) deur vanuit die hede terug te gryp na die verlede. Tarnas (1991:xii) wil dit byvoorbeeld doen "... from the richly complex perspective of the late twentieth century". As middel om studente se aandag te trek, is dit seker nie verkeerd nie. Tog hou, soos reeds genoem, so 'n anakronistiese benadering verskillende gevare in. Is die teenswoordige probleme dieselfde as dié van die verlede? (Klem op die teenswoordige vraagstukke mag vroeëres ignoreer ofvervorm.) Word hedendaagse standpunte dan nie maklik - maar ten onregte - in die verlede ingelees nie? (Plato is op dié wyse al as die eerste eksistensialis getipeer.) Die gangbare denke het ook nie noodwendig die finale waarheid bereik nie.

2.3 'n Psigologies-etnografiese benadering

Ueberweg (1826-1871) se lywige vierdelige Grundriss der Geschichte der Philosophie (1928) is deur baie vir lank beskou as dié standaardwerk oor die geskiedenis van die filosofie. ('n Verkorte Engelse vertaling verskyn reeds in 1872 en die 1928 Duitse uitgawe was reeds 'n twaalfde druk.) Vanuit watter hoek is hierdie werk geskryf?

Band 1 (oor die Antieke filosofie) volg 'n min ofmeer kronologiese lyn. Dit wil lyk ofband 2 (oor die Patristiek en Middeleeue) van (kronologiese) periodisering gebruik maak. Die Middeleeuse filosofie word byvoorbeeld ingedeel in voor-, vroeg-, hoog- en laat-skolastiek. Band 3 (oor die nuwere filosofie tot die einde van die 18e eeu) gebruik egter 'n ander metode, gegrond op 'n vae "Volkerpsychologie". Die geskiedenis word hier ingedeel in die filosofieë van Italië, Duitsland, Frankryk en Engeland. Die vraag is egter of die filosofieë van die verskillende lande werklik so geïsoleerd van mekaar ontwikkel het. In die geval van band 4 is die metodologie glad nie duidelik nie. Die groot klem op kenteoretiese probleme en metodes verraai egter Ueberweg se eie laat-rasionalistiese (positivistiese) voorveronderstellings.

2.4 'n Indeling in breë tydperke

Talle handboeke (bv. Copleston 1953-1956) verdeel die geskiedenis van die Westerse filosofie in drie hooftydperke: die Antieke, Middeleeuse enModerne. By Le Van Baumer (1978) vindons 'n mengsel van hierdie breë tydperke (bv. "the age of science" en "age of anxiety") met denkklimate, lewensvisies en temas. Meer resente voorbeelde is Solomon & Higgins (1996) en Ferry (2006) wat hierby 'n vierde tydperk, naamlik die postmoderne moes byvoeg.

Laasgenoemde werk sien ook radikale breuke tussen die verskillende periodes. Ander skrywers erken egter dat dit nie so eenvoudig is om die grense tussen die tydperke te bepaal nie, sodat sommige ook oorgangsperiodes invoeg. Die groot vraag is egter of dit regverdigbaar is om sulke lang periodes, wat verskillende denkpatrone opgelewer het, onder een noemer (bv. "modern") te plaas.

2.5 'n Millennium benadering

Hierdie soort handleidings en seleksies verkies 'n fyner indeling in verskillende eeue. Een voorbeeld hiervan is die reeks "Readings in the history ofphilosophy" van Allen (1969), Saunders (1966), Wippel & Wolter (1969), Popkin (1966), Beck (1966), Gardiner (1969) en Weitz (1966). 'n Tweede voorbeeld is die "Mentor-series" van Aiken (1956), Berlin (1956), De Santillana (1956), Fremantle (1955), Hampshire (1956) en White (1955). In laasgenoemde geval word die verskillende eeue ook getipeer (bv. as "age ofbelief', "age ofreason", ens.).

Net soos in die geval van die indeling in tydperke bevat hierdie benadering 'n element van waarheid. Terselfdertyd moet gevra word of 'n hele eeu werklik deur so 'n spesifieke en eenvormige tendens gekenmerk word.

2.6 In verskillende strominge verdeel

Hiervan is die werk van Stegmüller (1979) 'n voorbeeld. Die hedendaagse filosofie (net tot ongeveer 1970) word in ongeveer twintig hoofstrome (soos bv. evidensiefilosofie, fenomenologiese, realistiese en hermeneutiese filosofieë) behandel. Met hierdie benadering hanteer Stegmüller nog steeds 'n soort historiese benadering (sommige strominge volg mekaar op), maar beweeg terselfdertyd weg van die bloot historiese na tipies filosofiese verskynsels, naamlik verskillende normatiewe idees wat vir 'n bepaalde tyd op filosofies-wetenskaplike terrein aanvaar is.

2.7 'n Ideëgeskiedenis benadering

Die meeste lesers sal bekend wees met die omvangryke, sesdelige werk onder redaksie van Horowitz (2005): New dictionary of the history of ideas. Hoewel dit soms handig te pas kan kom, is dit egter nie beperk tot filosofiese idees nie, maar dek dit 'n groot verskeidenheid vakgebiede. Lovejoy (1952) het hierdie benadering eksplisiet op filosofiese gebied toegepas. In byvoorbeeld Lovejoy (1978:3) verduidelik hy dit kortliks en beskryf dan een bepaalde idee ("the great chain ofbeing") soos wat dit deur die geskiedenis ontwikkel het.

Hierdie "history ofideas"-benadering was vir 'n tyd lank baie populèr (vgl. die tydskrifmet dieselfde titel asook Raeper & Smith 1991), maar kritiek daarop het nie uitgebly nie. Volgens Randall (1983:36) klassifiseer Lovejoy die idees sonder om aandag te gee aan die tradisies waarvolgens hulle ontwikkel het: "... he leaves the history of ideas as something self-contained and autonomous...". Elders: "The isolated unit-ideas of Arthur O. Lovejoy's very atomistic conception of intellectual history have always seemed inadequate to historians with a sense of how long-continued are the interrelations between certain ideas" (1983:54, 55).

Die wyse waarop Venter (in bv. 2011, 2012a & 2012b) die metode van ideëgeskiedenis hanteer, oorkom egter hierdie eensydigheid. Filosofiese idees word in hulle historiese konteks behandel.

2.8 Probleembenaderings

Aangesien filosofie, soos dikwels grappenderwys gesè word, nie die antwoorde op alle vrae het nie, maar die vrae op al die antwoorde, met ander woorde met die dieperliggende probleme oor die werklikheid worstel, is dit te verwagte dat metodes wat juis daarop sou fokus na vore gekom het. Boas (1957) beskryf die dominante temas van die moderne filosofie (tot ongeveer 1950). Uit die inhoudsopgawe van sy werk blyk egter alreeds dat hy hom daarin nie konsekwent net tot temas beperk het nie: Temas, filosowe, strominge, tradisies, skole, figure en verskillende filosofiese dissiplines (soos etiek en die filosofie van die geskiedenis) en nog meer word in afsonderlike hoofstukke behandel.

'n Probleemgerigte metode moet 'n bepaalde probleem op 'n kronologiese wyse behandel. 'n Mens sou dit 'n vertikale of diakroniese benadering kon noem teenoor die horisontale of sinkroniese metodes (vgl. hierbo), wat meer op historiese periodes en strominge gerig is. (Vgl. bv. Bril, 1986:11 e.v. en 2005:23 e.v. wat Kuhn se idee vanparadigmas of tipes filosofie en Foucault se gedagte van epistemes of strominge onderskei.)

Uit dieselfde tyd as Boas dateer ook die populêre handboek van Windelband (reeds 'n vyftiende druk in 1957), wat in sy historiografie "die Geschichte der Probleme und Begriffe" wil beklemtoon. Hy ontkom egter nie aan die gevaar dat deur sy problematiese benadering die historiese gefragmenteer raak nie. Die reeds genoemde werk van Melchert (2011) sou in sekere opsigte ook tot hierdie kategorie gereken kon word. Die groot gesprek tussen filosowe deur die eeue gaan volgens hom oor hoe om deur middel van logiese redenering tussen ware en valse probleme te kies.

2.9 Werklikheidsbeskouings as indelingsbeginsel

Eenvoudig gestel, is filosofie die wetenskaplike besinning oor 'n mens se eie en ander se werklikheidsvisies. Die geskiedenis van die wysbegeerte is uit hierdie hoek benader deur onder andere Meyer (1946-1950) in 'n vyfdelige werk oor die verskillende Westerse lewensvisies, naamlik die Antieke, Patristiese, Middeleeuse, die visie vanaf die Renaissance en die hedendaagse (tot na WOII). Die lewensbeskouings word dus weer (vgl. hierbo) volgens groot historiese tydperke en nie primêr volgens inhoudelike verskille ingedeel nie.

'n Meer resente poging op soortgelyke stramien is dié van Tarnas (1991). Hy regverdig ook sy "worldview"-benadering deur te stel dat alle filosofieë die verstaan van die wêreld nastreef. Sy indeling verskil ook nie veel van dié van Meyer nie: die Griekse, Christelike, Middeleeuse en Moderne werklikheidsvisies.

In die geval van Meyer het sy neo-Thomistiese onderrok duidelik uitgehang. Tarnas (1991:xii) beweer egter dat hy sy werk op neutrale of postmoderne(?) wyse aangepak het. "I haved assumed no special priority for any particular conception of reality". So 'n stelling moet bevraagteken word, omdat soos reeds betoog, enige metode op diepere lewensbeskoulike en filosofiese voorveronderstellings gegrond is.

Daarmee word so 'n lewensbeskoulike benadering tot die Westerse denke nie as waardeloos afgemaak nie. Dit is opmerklik hoedat Christelike denkers, veral na die klassieke werk van Niebuhr (1951), tipologieë van nie-Christelike en Christelike lewensvisie opgestel het (vgl. bv. Sire 1977 en vir veel meer werke in dieselfde lyn Naugle 2002 en Van der Walt 2008). Hierdie soort aanpak kan nuttig wees om studente op elementêre wyse in te lei in die komplekse Westerse denkerfenis. In die vorm van 'n ideologiekritiek kan dit ook op sosiaal-ekonomiese gebied toegepas word soos byvoorbeeld gedoen deur Goudzwaard (1984) en Goudzwaard, Vander Vennen & Van Heemst (2008).

2.10 Die rol van die historiograaf se eie voorveronderstellings

Soos reeds vroeër genoem, het die hedendaagse postmoderne denke die vroeëre idee van 'n neutrale benadering in die wetenskap - die geskiedeniswetenskappe inkluis - tereg bevraagteken. Die vraag kan dus nie langer geïgnoreer word wat 'n historiograaf - ook die wysgerige - se eie voorveronderstellings is nie.

Indien 'n mensjou tot die Christelike benaderings op hierdie gebied beperk, sou op heelwat (neo-)Thomistiese benaderings gewys kon word. Vanuit Protestants-Reformatoriese hoek is die oes egter skraal. Net een voorbeeld word hier genoem. Dooyeweerd (1894-1977), 'n Nederlandse filosoof, behandel die verloop van die geskiedenis van die Westerse denke volgens drie religieuse grondmotiewe: die vorm-materie motief by die Grieke, natuur-genade tema gedurende die Middeleeue en dié van natuur-vryheid (of die wetenskaps- en persoonlikheidsideaal) tydens die moderne tyd (vgl. Dooyeweerd 1959). Hierteenoor stel hy 'n vierde, dié volgens hom werklike Christelike grondmotief van skepping, sondeval enverlossing.

Ruimtegebrek laat dit nie toe om Dooyeweerd se metode verder te beskryf en evalueer nie. As 'n pedagogiese middel om eerstejaarstudente in die veel komplekser geskiedenis in te lei, is sy analise wel bruikbaar, maar myns insiens nie vir 'n grondige, wetenskaplike historiografie nie.

2.11 Grootskaalse metodologiese onduidelikheid tot vandag

Indien een saak baie duidelik geword het, is dit dat daar tot op die huidige dag geen konsensus nie maar eerder groot verwarring bestaan oor wysgerige historiografiese metodologie. Neem 'n mens die resente handboek (van duisend bladsye) van Kenny (2010) ter hand, behandel hy (wel met aandag vir die histories-intellektuele agtergrond van die verskillende denkers) die geskiedenis bloot kronologies. Een indelingsbeginsel wat hy volg, is om die verskillende onderafdelings van die filosofie (soos metafisika, antropologie, kenteorie, etiek, politieke filosofie) te behandel.

Soos die titel van sy boek aandui, wil Mitchell (2007) studente help om 'n kits-oriëntasie oor die Westerse filosofie en die belangrikste filosowe te kry. Die werk behandel eers sekere filosofiese dissiplines, dan verskillende strominge en wetenskappe oor godsdiens. Eers in afdeling 5 kom die geskiedenis van die filosofie aan die orde, wat in slegs drie periodes ingedeel word. Onder sy "time-line charts" word 'n hele potpourri van figure, strominge en lande aangebied. Dit alles bymekaargevoeg, skep 'n chaotiese beeld van die geskiedenis.

So gaan die Westerse mens se stryd om sin te maak van sy voorafgaande denkgeskiedenis in verskillende tale voort... Hier voor my op die tafel lê die Duitse sesdelige werk onder redaksie van Speck (1972/1973) en die latere ses bande van Totok (1964-1990) asook die lywige werk in Nederlands oor die hedendaagse wysbegeerte onder redakteurskap van Achterhuis et al. (2005) - almal met verskillende benaderings!

 

3. 'N SAMEVATTING VAN DIE LEEMTES VAN DIE GANGBARE METODES

In die voorafgaande twee afdelings is sekere leemtes van 'n verskeidenheid vroeëre en gangbare metodes van wysgerige historiografie geïdentifiseer. Moontlik sou al die gebreke onder een noemer saamgevat kon word, naamlik 'n gebrek aan konsekwentheid. Gelukkig kom (soos telkens uit die voorafgaande weergawe van die verskillende metodes geblyk het) ook gelukkige inkonsekwensies voor, sodat hulle voorstanders in werklikheid breër en dieper die filosofiegeskiedenis bestudeer en beskryf.

Nogtans is dit belangrik om die aandag eksplisiet op die volgende ses vereistes vir 'n konsekwente wysgerige historiografie te vestig.

3.1 Konsekwentheid in die historiograaf se toepassing van sy eie vertrekpunt

Die kernprobleem hier is die verhouding tussen 'n mens se beskrywing van die primêre geskiedenis en jou eie filosofiese oortuigings. Oor hierdie relasie word die leser van die sekondêre geskiedenisse meestal in die duister gelaat. Historiograwe behoort in hierdie verband hulle kaarte openlik op die tafel te plaas en ook die implikasies van hulle eie filosofiese oriëntasie vir hulle historiese ondersoek te besef en konsekwent deur te trek.

In die hedendaagse, postmoderne tyd bestaan daar tereg die vrees dat 'n mens jou eie visie - soos 'n koekiedrukker - op die geskiedenis kan afdruk. Die wesentlike gevaar mag egter nie daartoe lei dat 'n mens van die veronderstelling mag uitgaan dat jy sonder enige voorlopige standpuntinname die geskiedenis kan lees nie.

3.2 Konsekwent filosofies

In die tweede plek het dit geblyk dat sommige van die metodes wat op die geskiedenis van die filosofie toegepas word nie werklikfilosofiese metodes is nie. Natuurlik kan ook die streng wysgerige metodes (soos byvoorbeeld filologiese, eksegetiese, psigologiese, kultuurhistoriese ens.) as hulpmiddels aangewend word. Maar nie een van hulle is spesifiek en breed genoeg om aan 'n totaliteitsblik op die werklikheid (die veld van ondersoek van die wysbegeerte) reg te laat geskied nie. Die gepaste metode moet dus konsekwent wysgerig wees, want dit gaan oor die geskiedenis van die filosofie.

3.3 Konsekwent histories

Indien dit oor die geskiedenis van die filosofie gaan, behoort die metode terselfdertyd konsekwent histories te wees. Dit beteken in die lig van die voorafgaande dat ad fontes te werk gegaan moet word, dit wil sê by die bron of begin van die Westerse denke 'n aanvang moet neem in plaas daarvan om ter wille van aktualiteit een of ander kontemporêre filosofie as uitgangspunt te neem. Geskiedenis beteken verder ook ontwikkeling (beide negatief en positief), sodat die geskiedenis nie as 'n aantal losstaande probleme, dit wil sê bloot probleem na probleem, behandel mag word nie.

3.4 Konsekwent probleemgerig

Probleme is die kos van alle wetenskaplikes en veral van filosowe. Dit behels al die basiese vrae oor die werklikheid van die gode, die kosmiese werklikheid asook wat die riglyne vir die menslike handele behoort te wees. 'n Metode van filosofiese historiografie mag dus nie anders as konsekwent probleemgerig wees nie. Om werklik 'nprobleem-historiese benadering te realiseer, impliseer dat twee gevare vermy moet word. Aan die een kant deur die probleme so voorop te stel dat die geskiedenis gefragmenteer raak of onvolledig weergegee word, omdat alle denkers nie oor 'n betrokke probleem nagedink het nie. Aan die ander kant deur alleen die historiese verloop te benadruk, sodat belangrike probleme op die agtergrond raak.

3.5 Terminologies konsekwent

Groot skade en baie verwarring is in die "wysgerige historiografie aangerig deur die onnoukeurige gebruik van terme soos "realisme", "monisme", "universalisme", "subjek" en'Objek" enhonderde meer. Dit is dus belangrik dat terme om wysgerige probleme en oplossings te beskryf eenduidig gebruik word en ook deeglik verduidelik word. Sover moontlik moet die filosofiese terme ook aan die geskiedenis self ontleen word. Dikwels kan 'n bepaalde term egter reeds so misbruik, verslete en onduidelik wees dat dit liewer met 'n nuwe vervang behoort te word.

Filosofie is in hierdie opsig nie uitsonderlik nie: Elke wetenskap gebruik vakterme of vakjargon wat vir 'n buitestander dikwels moeilik verstaanbaar is, maar nogtans noodsaaklik vir kommunikasie onder vakgenote is.

3.6 Konsekwente toepassing

Dit is gewens dat wanneer op 'n bepaalde metode besluit is, dit ook konsekwent op die hele geskiedenis van die filosofie toegepas word. (Hierbo is aangetoon dat historiograwe soms verskillende benaderings vir verskillende onderafdelings van die Westerse denke gebruik.)

Hiermee word nie bedoel dat 'n metode vooraf kant en klaar geformuleer moet word nie. Die teendeel is eerder waar: 'n Goeie metode groei slegs langsaam in die toepassing daarvan. Daar moet wel vooraf seker gemaak word dat dit (soos hierbo gestel) by die filosofiese stof pas. Dit moet daarna egter steeds aangepas en verfyn word deur die praktiese bewerking van die filosofiese materiaal. Op hierdie wyse word voorkom dat 'n mens se eie benadering die ryk en ingewikkelde denkerfenis volgensjou eie voorveronderstellings verarm en vervorm.

 

4. 'N TERUG- EN VOORUITBLIK

Hierdie ondersoek het in die eerste plek die aandag gevestig op die belangrikste struikelblokke op die pad van die wysgerige historiograaf. Tweedens is daarop gewys hoe verskillende metodologiese benaderings ontwikkel is om hierdie probleme aan te spreek, maar tog nie heeltemal geslaagd was nie. Die eerste en tweede stap het 'n derde moontlik gemaak, naamlik om enkele belangrike maatstawwe vir die bestudering van die geskiedenis van die filosofie te formuleer. Daaruit blyk dat 'n konsekwente probleem-historiese metode as gepas beskou kan word.

Die vraag is of so 'n benadering wel realiseerbaar is of dalk bloot 'n filosofiese lugkasteel is. Die antwoord is dat dit nie 'n droom is nie, maar werklik bestaan. Dit is in die vorige eeu ontwerp deur die Christelike filosoof Dirk H.Th. Vollenhoven (1892-1978) van Nederland en ook deur verskeie van sy leerlinge gebruik. Dit is nie in hierdie bydrae genoem nie, aangesien dit verdien om in 'n afsonderlike artikel behandel te word. Daarin sal nagegaan word hoe dit ontstaan het, wat dit behels asook wat die reaksies daarop was.

 

BIBLIOGRAFIE

Achterhuis, H., Sperna Weiland, J., Teppema, S. & De Vischer, J. (reds.). 2005. Denkers van nu. Diemen: Veen Magazines.         [ Links ]

Aiken, H.D. (ed.). 1956. The age of ideology; the 19th century philosophers. New York: The New American Library (Mentor Books).         [ Links ]

Allen, R.E. (ed.). 1969. Greek philosophy: Thales to Aristotle. New York & London: The Free Press & Collier-Macmillan.         [ Links ]

Beck, L.W. (ed.). 1966. Eighteenth-century philosophy. New York & London: The Free Press & Collier-Macmillan.         [ Links ]

Berlin, I. (ed.). 1956. The age of enlightenment; the 18th century philosophers. New York: New American Library (Mentor Books).         [ Links ]

Boas, G. 1957. Dominant themes of modern philosophy; a history. New York: The Ronald Press.         [ Links ]

Bril, K.A. 1986. Westerse denkstrukturen; eenprobleemhistorisch onderzoek. Amsterdam: VU Uitgeverij.         [ Links ]

Bril, K.A. 2005. Vollenhoven'sproblem-historical method. Sioux Center, Iowa: DordtCollege Press.         [ Links ]

Copleston, F. 1953-1956. A history of philosophy. (5 volumes.) London: Barns Oates & Washbourne.         [ Links ]

De Santillana, G. (ed.). 1956. The age of adventure; the Renaissance philosophers. New York: New American Library (Mentor Books).         [ Links ]

Dooyeweerd, H. 1959. Vernieuwing en bezinning; om het reformatorische grondmotief. Zutphen: Van den Brink & Co.         [ Links ]

Edman, I. & Schneider, H.W. (eds). 1954. Landmarks for beginners in philosophy. New York: Henry Holt &Co.         [ Links ]

Ferry, L. 2006. Beginnen metfilosofie; met andere ogen kijken naarje leven. Amsterdam: Abeiderspers.         [ Links ]

Fremantle, A. (ed.). 1955. The age of belief; the Medieval philosophers. New York: New American Library (Mentor Books).         [ Links ]

Gardiner, P.L. (ed.). 1969. Nineteenth-century philosophy. New York/London: The Free Press & Collier-Macmillan.         [ Links ]

Goudzwaard, B. 1984. Idols of our time. Sioux Center, Iowa: Dordt College Press.         [ Links ]

Goudzwaard, B., Vander Vennen, W. & Van Heemst, D. (eds). 2008. Hope in troubled times; a new vision for confronting global crises. Grand Rapids, Michigan: Baker Academic.         [ Links ]

Hampshire, S. (ed.). 1956. The age of reason; the 17th century philosophers. New York: New American Library (Mentor Books).         [ Links ]

Horowitz, M.C. (ed.). 2005. New dictionary of the history of ideas. (6 volumes). Detroit, Michigan: Charles Scribner's Sons.         [ Links ]

Kenny, A. 2010. A new history of Western philosophy. Oxford: Oxford Univ. Press.         [ Links ]

Le Van Baumer, F. 1978. Main currents of Western thought; readings in Western European intellectual history. New Haven/London: Yale Univ. Press.         [ Links ]

Lovejoy, A.O. 1952. Essays in the history of ideas. Baltimore: John Hopkins.         [ Links ]

Lovejoy, A.O. 1964. The great chain of being; a study of the history of an idea. Cambridge: Harvard Univ. Press.         [ Links ]

Macintire, A. 1990. The relation of philosophy to its past. In Rorty, R., Scheewind, J.B. & Skinner, O. (eds). Philosophy in history; essays in the historiography of philosophy. Cambridge: Cambridge Univ. Press, pp. 31-48.         [ Links ]

Melchert, N. 2011. The great conversation; a historical introduction to philosophy. (2 volumes.). New York/ Oxford: Oxford Univ. Press.         [ Links ]

Meyer, H. 1946-1950. Abendlandische Weltanschauung. (5 bande.) Paderborn/ Würzburg: Ferdinand Schöningh.         [ Links ]

Mitchell, C.V. 2007. Charts ofphilosophy and philosophers. Grand Rapids, Michigan: Zondervan.         [ Links ]

Naugle, D.K. 2002. Worldview; the history of a concept. Grand Rapids, Michigan: Eerdmans.         [ Links ]

Niebuhr, H.R. 1951. Christ and culture. New York: Harper & Row.         [ Links ]

Popkin, R.H. (ed.). 1966. The philosophy of the sixteenth and seventeenth centuries. New York & London: The Free Press & Collier-Macmillan.         [ Links ]

Raeper, W. & Smith, L. 1991. A brief guide to ideas; turning points in the history of thought. Herts: Lion Publishing.         [ Links ]

Randall, J.H. (Jnr.) 1983. How philosophy uses its past. Westport, Connecticut: Greenwood.         [ Links ]

Rorty, R. 1990. Why do we study the history ofphilosophy? In Rorty, R., Scheewind, J.B. & Skinner, O. (eds). Philosophy in history; essays in the historiography of philosophy. Cambridge: Cambridge Univ. Press, pp. 49-76.         [ Links ]

Runes, D.D. (ed.). 1955. Treasury ofphilosophy. New York: Philosophical Library.         [ Links ]

Russell, B. 1959. Wisdom of the West. Garden City, New York: Doubleday.         [ Links ]

Sassen, F. 1945. Geschiedenis van de wijsbegeerte der Grieken en Romeinen. Antwerpen/Amsterdam: Standaard Boekhandel.         [ Links ]

Sassen, F. 1946. Geschiedenis van de Nieuwere Wijsbegeerte tot Kant. Antwerpen & Nijmegen: Standaard Boekhandel & Dekker & Van de Vegt.         [ Links ]

Sassen, F. 1950. Geschiedenis der Patristische en Middeleeuwse Wijsbegeerte. Antwerpen & Nijmegen: Standaard Boekhandel & Dekker & Van de Vegt.         [ Links ]

Sassen, F. 1952. Van Kant tot Bergson; geschiedenis van de wijsbegeerte der negentiende eeuw. Antwerpen/ Amsterdam: Standaard Boekhandel.         [ Links ]

Sassen, F. 1957. Wijsbegeerte van onze tijd. Antwerpen/Amsterdam: Standaard Boekhandel.         [ Links ]

Saunders, J.L. (ed.). 1966. Greek and Roman philosophy after Aristotle. New York & London: The Free Press & Collier-Macmillan.         [ Links ]

Sire, J.M. 1977. The universe next door; a guide to worldviews. Leicester: Inter-Varsity Press.         [ Links ]

Solomon, R.C. & Higgens, K.M. (eds). 1996. A short history ofphilosophy. New York/Oxford: Oxford Univ. Press.         [ Links ]

Speck, J. (red.) 1972/1973. Grundproblemen der grossenphilosophen. (6 bande.). Göttingen: Vandenhoeck & Ruprecht.         [ Links ]

Stegmüller, W. 1979. Hauptströmungen der Gegenwartsphilosophie. (2 bande.) Stuttgart: Alfred Kroner Verlag.         [ Links ]

Störig, H.J. 1969. Geschiedenis van de filosofie (2 dele). Utrecht/Antwerpen: Het Spectrum. (Uit Duits vertaal deur P. Brommer.         [ Links ])

Tarnas, R. 1991. The passion of the Western mind; understanding ideas that have shaped our world view. London: Pimlico.         [ Links ]

Taylor, C. 1990. Philosophy and its history. In Rorty, R., Scheewind, J.B. & Skinner, O. (eds). Philosophy in history; essays in the historiography of philosophy. Cambridge: Cambridge Univ. Press, pp. 17-30.         [ Links ]

Totok, W. 1964-1990. Handbuch der geschichte der philosophie. (5 bande). Frankfurt am Main: Klostermann.         [ Links ]

Ueberweg, F. 1872. History ofphilosophy from Thales to the present time. (2 volumes, translated by G.S. Morris.) London: Hodder & Stoughton.         [ Links ]

Ueberweg, F. 1928 (12e Aufgabe). Grundriss der Geschichte der Philosophie (4 bande) Berlin: ES Mittler & Sohn.         [ Links ]

Van der Walt, B.J. 2008. The eye is the lamp of the body; worldviews and their impact. Potchefstroom: The Institute for Contemporary Christianity in Africa.         [ Links ]

Van der Walt, B.J. 2010. At home in God's world. Potchefstroom: The Institute for Contemporary Christianity in Africa.         [ Links ]

Venter, J.J. (Ponti) 2011. Einstein: Meetkunde en ervaring/Geometry and experience. Potchefstroom: Vraagteken/Question Mark.         [ Links ]

Venter, J.J. (Ponti) 2012a. Mussolini & Gentile. Potchefstroom: Vraagteken.         [ Links ]

Venter, J.J. (Ponti) 2012b. Ontmoet 'n "personae" genaamd "natuur"; vroeg-moderne konsepsies van die natuurwet - natuurlik, alte bo-natuurlik. Potchefstroom: Vraagteken.         [ Links ]

Weitz, M. (ed.). 1966. Twentieth-century philosophy. New York/London: The Free Press & Collier-Macmillan.         [ Links ]

White, M. (ed.). 1955. The age of analysis; the 20th century philosophers. New York: New American Library (Mentor Books).         [ Links ]

Windelband, W. 1957. Lehrbuch der Geschichte der Philosophie (Fünfzehnte Auflage herausgegeben von H. Heimsoeth.). Tubingen: JCB Mohr (Paul Siebeck).         [ Links ]

Wippel, J.F. & Wolter, A.B. (eds). 1969. Medieval philosophy from Augustine to Nicholas of Cusa. New York & London: The Free Press & Collier-Macmillan.         [ Links ]

 

 

BENNIE VAN DER WALT studeer aan die (destydse) Potchefstroomse Universiteit vir CHO en die Vrije Universiteit van Amsterdam en behaal die grade ThB en DPhil (Filosofie). Vanaf 1970 tot 1974 was hy senior lektor in Filosofie aan die Universiteit van Fort Hare, vanaf 1975 tot 1999 direkteur van die Instituut vir die Bevordering van die Calvinisme, later herdoop tot die Instituut vir Reformatoriese Studie, en (vanaf 1980) ook professor in Filosofie. Sedert sy emeritaat (1999) is hy navorsingsgenoot - tans by die Skool vir Filosofie op die Potchefstroomkampus van die NoordwesUniversiteit. Deesdae skryf hy heelwat artikels virgeakkrediteerde tydskrifte in Afrikaans en publiseer ook monografieë in Engels. Van sy geskrifte is ook vertaal in onder andere Hongaars, Nederlands, Koreaans, Spaans, Portugees, Xhosa en Tswana. Hy het twee eregrade van instellings in Korea en Hongarye asook die Stalsprys (vir Filosofie) van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang.

BENNIE VAN DER WALT studied at the Potchefstroom University for Christian Higher Education and at the Free University of Amsterdam and obtained the degrees of ThB (Theology) and DPhil (Philosophy). From 1970 to 1974 he was senior lecturer in Philosophy at the University of Fort Hare; from 1975 to 1999 he was director of the Institute for Reformational Studies and also (from 1980) professor in Philosophy at the Potchefstroom University for Christian Higher Education. After his retirement (1999) he was appointed as research fellow of the School of Philosophy at the NorthWest University (Potchefstroom Campus). He has written many books and articles in refereed journals. Some of his writings were translated into the English, Dutch, Hungarian, Korean, Spanish, Portuguese, Xhosa and Tswana languages. He received two honorary degrees from institutions in Korea and Hungary and also the Stals Prize (for Philosophy) from the South African Academy for Science and Arts.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License