SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número4The influence of misperceptions on the history of South Africa: The BaPhalane ba Ramokoka land claim as case studyThe South African Land Issue - is there a solution? índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.52 no.4 Pretoria Dez. 2012

 

NAVORSINGS EN OORSIGARTIKELS RESEARCH AND REVIEW ARTICLES (1)

 

Agt stellings oor die geskiedenis van moderne grondbesit in die Mpumalanga Laeveld

 

Eight statements on the history of modern land tenure in the Mpumalanga Lowveld

 

 

JWN Tempelhoff

Skool vir Basiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit Fakulteit Lettere, Vanderbijlpark johann.tempelhoff@nwu.ac.za

 

 


OPSOMMING

Sedert die 1990s het heelwat geskiedenisnavorsing op die terrein van grondbesit in Suid-Afrika plaasgevind. Dit was grootliks die resultaat van maatreëls deur die regering om voorheen benadeelde Suid-Afrikaners ekonomies op te hef en ook die geleentheid te gun om grond te verkry wat, na alle waarskynlikheid, onregmatig van hulle vervreem is. In die artikel word gefokus op teoretiese aspekte van die dissipline van geskiedenis en die vraagstelling na die toekoms waarop grondbesitters en grondeisers antwoorde soek wanneer die navorsing van historici oorpeins word. Nadat 'n uiteensetting gegee word van sommige van die nuwere tendense in terme van multi-, inter-, en transdissiplinêre navorsing, kompleksiteit en akteur-netwerkteorie, word ingegaan op die geskiedenis van grondbest in die Laeveld van die Mpumalangaprovinsie. Agt teoretiese stellings word gemaak wat op 'n empiriese filosofiese grondslag verantwoord word, na aanleiding van die geskiedenis van grondbesit in die gebied. In die gevolgtrekking word 'n vergelykende benadering gebruik wat daarop dui dat 'n proses van etnogenese moontlik in die toekoms nodig sal wees om knelpunte met berekking tot die bestaande grondbesitstelsel in 'n staat van ekwilibrium te laat oorgaan.

Trefwoorde: Mpumalanga, Laeveld, multi-, inter-, en transdissiplinariteit, akteur-net-werkteorie, etnogenese, geskiedenis van moderne grondbesit, vergelykende geskiedenis, metodologie.


ABSTRACT

Since the 1990s considerable historical research has been done on the history of land tenure in South Africa. Much of the work has a bearing on the issue of land claims and restitution in the aftermath of South Africa's transition to a multiracial democracy. The government focused on the socio-economic development ofthe country and gave special attention to the upliftment ofpreviously disadvantaged South Africans. It became legal for South Africans to claim the right to land on which they had formerly lived. Many had been removed in terms of controversial racial policies of the former government. For obvious reasons both land owners and land claimants have since 1994 contracted historians to shed some light on the history of land tenure pertaining to single entities, and sometimes also large tracts of land. In addition, it was also expected of historians to try and shed some light on the future, based on their historical research findings.
In the article attention is given to some new trends in the discipline of history in which the future features prominently. There seems to be broad support amongst theorists for the integration of natural and human/social sciences and technology studies in contemporary research.
Furthermore, multi-, inter-, and transdisciplinary research methodologies require of historians to take note increasingly of ongoing changes in scientific thinking with a view to synchronising our contemporary knowledge with an understanding of the past. Reference is made to complexity, actor-network theory (ANT) and a return to universal history. Within the framework of an empirical philosophical approach to the history of land tenure in the Lowveld of Mpumalanga eight theoretical statements are posited on the evolution of land tenure in Mpumalanga. These include:
    • private ownership of land is legally justified in South Africa;
    • the emergence of modern land tenure in Mpumalanga is the result of customary practices formalised in the nineteenth century;
    • land tenure can be understood in terms of our comprehension of assumptions about materialism;
    • lack of integration in former times undermined the legitimacy of black land ownership;
    • land tenure in the Lowveld should be seen as part of an ecology that includes the Middle Veld, Highveld and Drakensberg escarpment;
    • land is an actor and part of a network of interactions that emerged historically;
    • the value of land is constantly subject to entropy determined by its usefulness; and
    • traditionally land as a production factor was a mediatory actant, but since 1994 it has been transformed into a remediating actant.
The final section of the article features a brief assessment of the manner in which European land tenure and Roman Law were transformed in the transition from classical times to the Middle Ages in Europe in the 3rd to 4th centuries CE. On the frontiers of the former empire erstwhile Roman citizens and their offspring had to find consensus on the legal tenets of land tenure in consultation with foreigners who settled in parts of the former empire. Many elements of Roman Law remained intact in parts of Europe. This was made possible by what Innes describes as processes of ethnogenesis. Contemplating the future of land tenure in Mpumalanga's Lowveld it is suggested that attention be given to the peripheral deconstruction of land tenure in a transforming commons in which negotiated processes of ethnogenesis, could potentially lead to a state of equilibrium.

Key words: Mpumalanga, Lowveld, multi-, inter- and transdisciplinarity, actor-network theory, ethnogenesis, history of modern land tenure, comparative history, methodology


 

 

INLEIDING: EEN OOG OP DIE VERLEDE, 'N ANDER OP DIE TOEKOMS

Die evolusie van moderne grondbesit in Suid-Afrika is gekoppel aan 'n geskiedenis wat in Wes-Europa, die Verenigde state van Amerika en ook in koloniale invloedsfere in Afrika en Asië sedert die sewentiende eeu ontluik het. In 'n tydperk van snelle globalisering word grondbesit, veral in ontwikkelende lande van die wêreld, gekenmerk deur grondvergrype,1 en pogings deur pro-nasionalistiese regimes - byvoorbeeld Zimbabwe - om grondbesettings toe te laat.2 Ofskoon knelpunte bestaan oor beleidsdoelwitte om sosio-ekonomiese historiese regstellings van verontregting te maak,3 is die aanduidings dat Suid-Afrika steeds algemeen aanvaarde praktyke ten opsigte van die reg op private grondbesit handhaaf. Dit is egter so dat ontwikkeling in Afrika gekenmerk word deur snel veranderende omstandighede. Gevolglik is Suid-Afrikaanse grondbesitters - veral sakelui wat in die land se markekonomie bedrywig is - voortdurend daarop bedag dat kennis geneem word van moontlike tendensveranderinge. Analitiese berekenings word dan gebruik om kennis te neem van beleggings- en ontwikkelingsmoontlikhede. In baie gevalle word ook van die geskiedenis gebruik gemaak.

Sedert die 1990s het die fokus van heelwat geskiedenisnavorsing in Suid-Afrika in die rigting van grondeise en restitusie beweeg. Die opdrag aan navorsers het grootliks gewentel om die versoek dat in die belang van beide grondeisers en grondbesitters navorsing onderneem word om letterlik die mikrogeskiedenis van grond, teen die agtergrond van 'n meer omvangryke geheelbeeld, na te gaan en dan te beskryf in terme van daardie grond wat wettig besit word. In die proses is ruim voorsiening gemaak vir diepgaande navorsing op 'n verskeidenheid terreine wat regstreeks tot 'n beter begrip oor die evolusie van grondbesit in Suid-Afrika aanleiding gegee het. Die werk van onder meer Feinberg,4 Berg5 asook Changuion en Steenkamp6 is enkele voorbeelde van die verkennende velde wat ondersoek is. In die proses is heelwat lig op gedetailleerde aspekte van die Suid-Afrikaanse geskiedenis gewerp.

Daarmee saam is vrae aan die geskiedenis gestel wat geneig het om nuwe en selfs andersoortige eise aan die dissipline te stel. In baie opdragte is die onderliggende vraagstelling tans: "Wat kan ons verwag?" Ofskoon opdraggewers intens belang stel in die geskiedenis van 'n besondere eiendom, of gedeeltes van eiendomme, is daar aanduidings, uit gesamentlike samesprekinge met regsadvisieurs en eienaars, dat hulle eintlik ook heelwat meer te wete wil kom van wat verwag kan word in die toekoms. Van historici word dus ook letterlik verwag om 'n aanduiding te gee van wat in die toekoms kan gebeur. Tradisioneel was historici skugter om te waag om ook in die kristalbal van die toekoms te kyk.

 

UITEENSETTING

Vir die doeleindes van hierdie bespreking sal gelet word op die geskiedenis van grondbesit, veral in die Laeveldstreek van die Mpumalangaprovinsie. Die teoretiese fokus, wat eerste ter sprake kom, sal gebaseer word op moontlike nuwe perspektiewe oor die geskiedenis van grondbesit. Daarna word agt stellings gemaak wat op teoretiese grondslae berus en in die praktyk aan die historiese ontwikkeling van grondbesit in Mpumalanga gekoppel word. Die benaderingswyse kom neer op 'n empiriese metafisika7 wat ten doel het om vanuit 'n andersoortige perspektief na die verlede te kyk.

 

'N NUWERE BENADERING TOT DIE GESKIEDENIS

Daar is tans aanduidings dat die tradisionele benadering tot die verstaansmetode van geskiedenis, gebaseer op 'n sekulêre hermeneutiek, steeds hoog aangeslaan word. Terselfdertyd is daar historici wat meen dat aspekte van die toekoms ook in geskiedskrywing aangespreek behoort te word. Die redenasie van voorstanders van 'n benadering wat ook ruimte skep vir 'n toekomsblik, kom essensieel daarop neer dat heelwat vordering in die moderne wetenskapsbeoefening gemaak is. Gevolglik behoort historici ook kennis te neem van tendense oor 'n spektrum van multi-, inter-, en transdissiplinêre benaderings tot wetenskapsbeoefening, om vas te stel in welke mate samewerking en nuwe metodologiese idees in werking gestel kan word. Christian, wat die herlewing van 'n universalistiese trajek tussen die verlede en die toekoms raaksien, propageer onder meer 'n makrogeskiedenis wat met biologie en geologie korrespondeer.8 In die geledere van wetenskapsfilosowe word selfs besin oor 'n posthumanistiese geskiedskrywing wat deel uitmaak van 'n terrein wat sterk op die geskiedenis van tegnologie en wetenskap konsentreer.9 Ofskoon daar steeds historici is wat teen overte "voorspelling" gekant is, redeneer hulle asimmetries in verhouding tot die toekoms, deur daarop te wys dat ons weliswaar in die toekoms sal weet hoe ons vandag dink.10

Tans, wil dit voorkom, is diskoersanalise en semiotiek wat in die era van die postmoderniteit betekensivolle eise aan konvensionele wetenskaplike geskiedenis gestel het,11 steeds nie vergete nie. Sosiale konstruktivisme het net meer dimensies van komplekse interpretasie en verstaan bygevoeg.12 In die besonder word geredeneer, na aanleiding van die werk van Deleuze en Guattari, dat geskiedenis gebaseer is op 'n genealogie van despotisme wat op klassestrukture floreer.13 Daarmee saam is nasionale geskiedskrywing onder verdenking en die historikus word gedesentreer in 'n wêreld wat toenemend aan globaliseringsprosesse uitgelewer is.14 Vir die grootste deel van die twintigste eeu het die metodologie van geskiedenis in die skadu verkeer van 'n dichotomie wat deur formulerings oor induksie en deduksie bepaal is. Teen die einde van die twintigste eeu is geredeneer dat eerder empiriese vertrekpunte vooropgestel word om 'n perspektief te ontwikkel van dit wat in die werklikheid gefundeer is.15 Onder meer word die vraag van relevansie aan die 16de eeuse Renaissance gestel. Geykte humanistiese denke word aan kritiek uitgelewer. Byvoorbeeld, Gambattista Vico (1668-1744) word opnuut gelees om die resepsieproses van die hermeneutiek te begryp in 'n era toe denkers van die "nuwe" Westerse beskawing hul klassieke geskiedenis herontdek het.16

Die behoefte om meer uit die veelkantige dimensies van die verlede te verstaan, is steeds sterk in historiese denke gesetel. Tog is dit duidelik dat daar 'n aandrang is op 'n groter soeke na algemene grondslae wat eenvormige verklarings uit die diversiteit van die verlede kan bied.17 Dikwels is dit nie noodwendig net historici18 wat die pas op die terrein aangee nie, maar eerder toekomskundiges, ekonome en staatsleerkundiges.19 Die vraag is dan gewoonlik: "Wat het in die verlede gebeur?", "Hoe kan betreklik kort- of langtermynvoorspellings gemaak word?" en "Op welke manier kan die geskiedenis opnuut by die soeke na relevante kennis ingeskakel word?" Daar is heelwat verkenning oor dissiplinêre grense heen. Op die terrein van byvoorbeeld kompleksiteitstudies en transdissiplinariteit, word tegnologiestudies met die natuur- en menswetenskappe gekombineer om op integrasie- en wordingsprosesse (emergences) te konsentreer. Die doelwit is dan om, benewens organiese, ook anorganiese ontluikingsprosesse te verstaan.20 Kompleksiteit word gebruik om onafhanklik en op 'n afstand van beide "harde" moderniteit en postmoderniteit, skakeling tussen uiteenlopende benaderingswyses te bewerk- stellig.21

 

GRONDBESIT IN DIE LAEVELD VAN MPUMALANGA

Grondbesit in die Laeveld (grootliks van Mpumalanga- en 'n gedeelte van die Limpopoprovinsie) verskil nie noodwendig van ander landstreke van Suid-Afrika nie. Die gebied, in interaksie met aanliggende streke, soos byvoorbeeld die Middel-, en Hoëveld, en ook die Drakensbergse eskarp, het 'n bepaalde geïntegreerde rol gespeel in die wyse waarop die mens as akteur wat grond besit, 'n bestaan in die Laeveld voer. Vir die doeleindes van dié bespreking sal 'n aantal stellings gemaak word wat met empiriese gegewens oor die geskiedenis van grondbesit in veral die Mpumalanga Laeveld korrespondeer.

Stelling 1: Die private besit van grond in Suid-Afrika is wetlik regverdigbaar

Die bestaande stelsel van besitreg in Suid-Afrika is gelegitimeer in die onderhandelingsproses wat die totstandkoming van 'n nuwe veelrassige demokratiese stelsel in 1994 voorafgegaan het. Die feit dat die beginsel van 'n regstaat onderskryf is deur die nuwe grondwet van 1996,22 en daarmee saam die reg op private besit,23 beteken dat kulturele toe-eiening plaasgevind het wat wesentlik deel is van die historiese ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse samelewing.

Te midde van heelwat spekulasie oor die moontlike nasionalisering van grond om reg te laat geskied aan voorheen benadeelde Suid-Afrikaners, is daar rede om te glo dat 'n "versteurde revolusie"24 soortgelyk aan die proses wat in Zimbabwe in 1997 begin het, nie in Suid-Afrika sal plaasvind nie.

Die verstaan van grondbesit is deel van 'n tipiese komplekse probleem wat verdien om empiries en teoreties ondersoek te word in die konteks van onder meer die tweede wet van termodinamika (in die besonder rondom entropie)25 en self-regulerende sisteme.26 Terselfdertyd word kennis geneem van die uniekheid en die diversiteit van grondbesit in Suid-Afrika, met die wete dat 'n sterk tradisionele vorm van inheemse kommunale besit geld, asook 'n verskeidenheid moderne vorme aan die orde is. Vir die doeleindes van hierdie bespreking geld hoofsaaklik die beginsels wat in die grondwet uitgespel is.

Stelling 2: Die ontluiking van moderne grondbesit in Mpumalanga is die resultaat van gebruike wat in die negentiende eeu posgevat het

Die ontstaan van pioniersrepublieke in die binneland van Suid-Afrika, tydens en ná die Groot Trek (1836-1854), het deel uitgemaak van die ontluikingsproses van moderne grondbesit in Suid-Afrika. Ofskoon die institusionalisering van staatsdepartemente om die proses sentraal te administreer betreklik laat in die trans-Vaalse gebied gestalte aangeneem het, is die erkenning van 'n grondbesitstelsel reeds vroeg in Volksraadsbesluite en wetgewing aanvaar. Daar was ook sterk ooreenkomste met opvattings oor die grondbesitstelsel wat sedert die agtiende eeu in die Kaap en later in die Oranje-Vrystaat aan die orde was.27

In die geval van die teenswoordige Mpumalanga is die grondbesitstelsel reeds in 1845 geformaliseer.28 Die inskakeling van die Republiek Lydenburg by die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) in 1849,29 het deel uitgemaak van die integrasieproses van 'n pioniersbestuurstelsel wat met enkele onderbrekings tot aan die einde van die negentiende eeu aan die orde was. Om grond te besit, was verteenwoordigend van:

  • sekuriteit in die afwesigheid van likiede kapitaal;
  • 'n vorm van "kapitaal" (eintlik 'n ruilmiddel) wat gebruik kon word om goedere en dienste te verkry wat nie vrylik op die republikeinse grensterreine beskikbaar was nie;
  • vergoeding vir burgers wat dienste aan die staat gelewer het;
  • 'n essensiële element in die strategiese beplanning om blanke beheer op oorwegend swartbewoonde grensterreine te verseker;
  • 'n manier om seker te maak dat 'n permanente blanke bevolking op ontwikkelende geslote grensterreine vestig; en
  • 'n sleutel tot die ontwikkeling van handel en nywerheid in 'n samelewing wat tot aan die einde van die negentiende eeu hoofsaaklik landelik was.30

Die toenemende belangstelling in grondbesit in Mpumalanga vanaf die 1860s hou regstreeks verband met die ontwikkeling van die Britse kolonie van Natal. Goedkoop grond en rooskleurige nedersettingskemas was van die grootste trekpleisters wat mense na Suid-Afrika getrek het. Ter plaatse het die geleentheid hom voorgedoen vir avontuurlustige kolonialiste om anderkant die Natalse grense te gaan soek na winsgewende bestaansomstandighede op die grense van die Boererepublieke. Een faset daarvan het gewentel om prospekteerwerk wat deur ontdekkingsreisigers soos onder meer Karl Mauch (1837-1875), gedoen is. Mauch was vir menige prospekteerder 'n rolmodel.31 'n Ander faset van trekkrag van die landstreek het gewentel om die verkryging van grond en dan omstandighede wat voordelig was vir winsneming wat met grondspekulasie gepaardgegaan het. Reeds vroeg in die 1870s is die goudvelde van Mpumalanga, met die kerngebied Pilgrim's Rest, oopgestel. Tot aan die einde van die negentiende eeu, sou die mynboubedryf een van die sleutelrolspelers in die eiendomsmark in Mpumalanga wees. Die omvang daarvan moet ook teen 'n breër Britse koloniale agtergrond gesien word. Christopher het vasgestel dat Britse investering in grond in alle wêrelddele vanaf die 1870s opvallend toegeneem het. Byvoorbeeld, in 1885 was net nege maatskappye op die Britse effektebeurs geregistreer wat nagenoeg 336 000ha grond in ander wêrelddele besit het. Teen 1913 was daar 345 maatskappye wat in totaal 23,1 miljoen hektaar in ander wêrelddele besit het.32 Grond in Mpumalanga was deel daarvan.

Die diversifisering van die Suid-Afrikaanse samelewing in die twintigste eeu het die land se grondbesitstelsel in ooreenstemming gebring met die sosio-ekononiese grondslae wat tipies in moderne kapitalistiese state aan die orde was. Die verskil was dat in die geval van Suid-Afrika was grondbesit vir die grootste deel van die twintigste eeu grootliks slegs vir blankes beskore. Swartmense is weens die evolusie van die beleidsrigtings van segregasie (1905-1948) en apartheid (1948-1994) grootliks daarvan weerhou om vrylik die verkryging van grond in vrye besit na te streef.33

Stelling 3: Grondbesit kan verstaan word in die konteks van begrip vir opvattings omtrent materialisme

Om grond te besit kan vereenselwig word met materialisme - 'n wesentlike element in die Westerse filosofiese denke waar hierdie denkwyse gewoonlik as konkurrent van idealisme voorgehou word. Konsepsies van materialisme is reeds in die klassieke geskiedenis deur Plato en Aristoteles aangeraak. Die gedagte van die liggaam en die siel, is soos die dichotomie tussen materie en die idee wat voorstellings van die werklikheid of realiteit moontlik maak. Saam daarmee bestaan 'n bepaalde epistemologie wat die singewing aan gespesifiseerde materiële besit gee. Dit is egter 'n epistemologie wat voortdurend in 'n proses van skakeling met die menslike werklikheidsbesef verkeer en nouliks by 'n vasgestelde ontologie kan uitkom. Vir die doeleindes van hierdie gesprek word volstaan by die materialisme van Deleuze en Guattari, wat gebaseer is op die idees van Marx, Bergson en Freud. Deleuze se materialisme, in die besonder, hou verband met die konsepsie van virtualiteit wat gebaseer word op die materialistiese behoefte om te besit.34 Die materie wat besit word, is nooit perfek nie, en het altyd leemtes en tekortkomings binne die raamwerk van materiële kragte en nie-organiese voorstellings van die lewe.35 Aanpassings word ook voortdurend gemaak in die soeke na perfeksie. Hierdie uitgangspunt is van wesentlike belang vir die gesprek oor grondbesit. Grondbesit is gebaseer op 'n virtuele voorstelling van verwagtinge, wat gebaseer is op opbrengs, voorstellings oor ideale ruimtes, en hoe materiële ruimte benut kan word. Die menslike respons op die omgewing wat besit kan word, is gewoonlik in terme van aksies wat verband hou met grondverbetering of afstanddoening van besitreg deur middel van verkope, aankope en spekulasie.

Die virtualiteit van grondbesit spreek duidelik uit die verskynsel van grondbesit wat met seisoenstrekke (transhumance) vanaf die 1840s tot die 1960s in Mpumalanga verband hou. 36 Die verskynsel van seisoenstrekke - 'n vorm van nomadisme - is ingevoer om enersyds die lewe vir die eienaars van Hoëveldse plase meer draaglik te maak. Andersyds was daar ook funksionele beweegredes. Hulle het in die koue wintermaande as veeboere na die Laeveld gereis en hul vee daar laat wei en ook gejag.37 Teen die einde van die winter is teruggetrek na die Middel- en Hoëveld waar hulle met landbou-aktiwiteite voortgegaan het.

Daar is 'n regstreekse verbinding tussen titelregistrasies van grond wat gedurende die 1840s in die destydse Lydenburgse Republiek geregistreer is. Tussen die maande Mei en Julie is bykans geen grondtransaksies geregistreer nie. Grafiese voorstellings van die tendens dui op 'n komvormige boog.38 Die kontroleregister van die registrateur van aktes vir die distrik Lydenburg, gedurende die tydperk 1850 tot 1868 bevestig 'n soortgelyke tendens.39

Seisoentrekke dui op mobiliteit en belangrike migrasiepatrone wat regstreeks met grondbesit en die vestiging van grondbesitgebruike in Suid-Afrika verband hou. Die aard van grondbesit in die tydperk 1845 tot die 1860s is gekenmerk deur vae afbakenings van die leningsplaas in die Laeveld. Die "idee" van 'n plaas in die "Onderveld" ('n alternatiewe negentiende-eeuse benaming vir die Laeveld) het moontlik meer betekenis en inhoud gehad as 'n bepaalde stuk grond wat afgebaken is en herhaaldelik die volgende winter weer opgesoek is. Dit was vir alle praktiese doeleindes 'n stuk grond met voordelige weiding en wildlewe wat nie noodwendig elke jaar dieselfde was nie.

Die fisiese manifestasie van virtuele besit is teen die 1860s ingeperk namate grond 'n waardeverandering ondergaan het. Die veeboere het egter steeds hul stelsel van seisoenstrekke in stand gehou. Die seisoenstrek was teen die twintigste eeu deel van 'n lewenswyse wat 'n permanente gebruikskarakter aangeneem het. Daarmee saam het die beginsel van grondbesit -asook die verskynsel van die afwesige grondbesitter - 'n gebruik geword wat daadwerklik in aanmerking geneem moet word in teenswoordige opvattings oor grondbesit.

Belangrik is om te beklemtoon dat die virtualiteit van grondbesit verander het in die 1860s as gevolg van grondspekulasie en maatskappye wat betrokke was by plaaslike mynbou- en boerdery-aktiwiteite. Eienaars sou voortaan toenemend binne die paramaters van bepaalde opvattings oor materiële besit hulle regte uitoefen om effektiewe eienaarskap van grond op te eis.

Die verskynsel van seisoenstrekke na en van die Laeveld het in ander gedaantes tot op die hede bly voortbestaan. Veral in die wintermaande is grondbesitters steeds geneig om hul eiendom in die Laeveld vir die gebruiklike wintervakansie te besoek.40

Menslike sentimente wat aan die besit van grond gekoppel word, is ook 'n wesentlike deel van materialisme. Hierdie verskynsel is veral aanwesig by grondbesitters wat oor 'n lang tydperk in 'n bepaalde gebied grond besit. Wanneer daar sprake is van opeenvolgende geslagte wat die grond moet besit, impliseer dit dat die sentiment agter die besit van grond ook 'n empiriese metafisika verteenwoordig wat gebaseer is op herinneringe en die besef van die betekenis van grond vir toekomstige geslagte wat die sentiment moet behou om die grond te besit. Hierdie besef is bepaald aanwesig in gesprekke wat gevoer is met grondbesitters wat reeds 'n geruime tyd in Mpumalanga 'n verhouding met die omgewing opgebou het.41

Stelling 4: Gebrek aan integrasie het die legitimiteit van swart grondbesit ondermyn

Soos tipies die geval op 'n oop grensterrein, het die blankes en hul swart bure in betreklike harmonie - maar op 'n afstand van mekaar - geleef. Blankes het van meet af aan nie naby aan swart gemeenskappe gevestig nie. Uit die grondregistrasies van plase tussen 1846-1868 (twee verskillende datastelle) is vasgestel dat minder as 10 persent van blanke nedersetters in die nabyheid van swart gemeenskappe gewoon het.42 Waar blankes naby aan swartes gewoon het, was die permanensie van hul teenwoordigheid dikwels die resultaat van bystand wat aan plaaslike swart gemeenskapsleiers gegee is om gesag in hul onderskeie gebiede te handhaaf. In die geval van die Nkomativallei het burgers van die ZAR, asook Nederlandse nedersetters43 grond bewoon, nadat hulle die grond ontvang het in ruil vir dienste wat hulle aan die Swazi-hoof Mswati gelewer het. Hul teenwoordigheid het ook as aantrekkingskrag vir ander voornemende blanke nedersetters gedien.44 In die geval van die Nkomati-nedersettingsproses is die aanduidings dat, ofskoon die blanke grondbesitters op goeie voet met die swart hoof was, dit nie beteken het dat die bewoonde plaas noodwendig teenaan 'n swart gemeenskap sou wees nie. Daar is voortdurend op 'n afstand van mekaar gebly.

Vanaf die 1870s was swartmense geneig om verblyf op te soek op grond wat aan maatskappye behoort het. Namate die republikeinse owerheid met 'n lokasiestelsel hutbelasting op swart grondbewoners gehef het, was daar 'n neiging in die geledere van sommige swartmense om op blanke grond verblyf te soek. Vir die maatskappye het die teenwoordigheid van swartmense op hul grond beteken dat die mense huurgeld (rent tenancy) betaal het en ook bereid sou wees om as trekarbeiders op byvoorbeeld die Witwatersrandse myne te werk.45 Die proses van trekarbeid het dermate ingeburger geraak dat dit teen die twintigste eeu 'n gevestigde gebruik was.46 Met die uitvaardiging van die Naturelle grond wet van 1913, was bykans geen grond vir die bewoning van swartmense in Mpumalanga beskikbaar nie. Die Beaumontkommissie, wat opdrag van die regering gehad het om voorstelle te maak oor reservate vir swartmense in die gebied tussen Bosbokrand in die Laeveld en Sabie op die Hoeveld, het misluk, grootliks as gevolg van verset aan die kant van blanke grondbesitters.47

Ofskoon die regering by wyse van wetgewing en beleidsmaatreëls vanaf 193648 en later met die konsolidasie van die tuislande van Lebowa, Gazankulu en Kangwane,49 meer grond tot die beskikking van swart gemeenskappe gestel het, was daar voortdurend verset aan die kant van blanke grondbesitters om swart grondbesit toe te laat. Die gebrek aan integrasie tussen rasse oor die kwessie van grondbesit in die Laeveld van Mpumalanga,50 soos letterlik ook die geval in ander dele van Suid-Afrika, het grootliks tot die disintegrasie van swart grondbesit aanleiding gegee. Hierdie toedrag van sake sou eers ná 1994 in veral die landelike gebiede van Suid-Afrika aangespreek word.

Stelling 5: Grondbesit in die Laeveld moet gesien word as deel van 'n ekologie wat die Hoëveld en Drakensbergse eskarp insluit

Grondbesit kan nie in afsondering van die interaksie tussen die mens en die ruimtelike omgewing verstaan word nie. Vir die doeleindes van hierdie gesprek word ekologie in veral twee kontekste gesien, te wete, 'n ekologiese sisteem wat in die natuurgeskiedenis gevestig is en betrekking het op die morfologie van die streek, die fauna en flora, die biodiversiteit van alle lewensvorme en voortdurend veranderende klimaatsomstandighede.

Die mens is regstreeks deel van die ekologie en nie noodwendig verhewe bo die natuur nie. Jörg sinspeel trouens daarop dat die mens, in 'n poging om 'n lewende begrip van die natuur te kry, die voorbeeld van die natuur moet volg en so beweeglik en buigsaam soos die natuur self moet word.51 Daar is wel sprake van 'n sosiale ekologie52 waarin die veerkragtigheid van die mens se teenwoordigheid in die stelsel geïnterpreteer kan word as deel van 'n kultuurgenetiese evolusieproses wat bevorder word deur faktore wat 'n weerstandigheid teen terugslae bevorder. 'n Begrip vir hierdie komplekse proses wat afspeel, is ineengeweef met die geskiedenis. Byvoorbeeld, prosesse wat ingevoer is soos diversifikasie in die landbou en veeteelt, die ontwikkeling van primêre en sekondêre nywerhede en ook die evolusie van konsensus binne die gemeenskap oor bepaalde sosio-ekonomiese (kulturele gebruike) binne die streeksamelewing, vorm alles deel van 'n sosiale ekologie wat regstreeks deel van die natuurlike ekologie uitmaak.53

Wanneer die natuurlike ekologie van die Laeveld in ag geneem word, is daar sprake van 'n sistemiese laagland met bepaalde biosfere van lewende organismes en anorganiese gesteentes wat ontstaan het nagenoeg 3,4 miljard jaar gelede met die verskuiwing van tektoniese plate wat voorheen deel was van Gondwanaland.54 Die mees uitstaande elemente in die geografiese voorstelling van die streek is die Laeveld, Hoëveld, Middelveld en die eskarp van die Drakens-bergreeks wat 'n daadwerklike invloed op die ekologiese sisteem oor 'n groot spektrum van fisiese en klimaatsveranderlikes uitoefen. Daar bestaan 'n voortdurende korrespondensie tussen die Laeveld en teenaanliggende ruimtes.

Die sosio-ekonomiese optredes van mense in die diverse ekosisteem van die streek, is die resultaat van migrasie- en nedersettingspatrone wat die afgelope nagenoeg twee millennia aan die orde is. Vir die doeleindes van hierdie studie is dit egter belangrik om te verstaan wat die motivering was vir die kulturele toe-eieningsproses wat rondom grondbesitpatrone in die streeksamelewing posgevat het.55

Die bestaande historiese rekord dui daarop dat groot dele van die Laeveld tot aan die einde van die negentiende eeu nie voortdurend deur menslike nedersetters bewoon was nie. Ook blyk dit dat daar ten minste in die negentiende eeu, anders as in ander dele van die destydse ZAR, geen lokasies in die Laeveld afgebaken was nie.56 In baie opsigte was veral die Laeveld 'n ylbewoonde land waar omstrede grense getrek is, soos byvoorbeeld die grensafbakenings tussen Swaziland en die destydse Transvaal wat in die 1880s plaasgevind het,57 en ook die grensafbakening tussen Transvaal en Mosambiek voor die einde van die negentiende eeu.58

Veranderende klimaatsomstandighede wat teen die helfte van die negentiende eeu aan die orde was,59 het die menslike aanwesigheid in sommige dele van die Laeveld aansienlik benadeel, as gevolg van onder meer endemiese siekte-omstandighede wat die gebied periodiek vir permanente nedersetting ontoeganklik gemaak het. Hier word byvoorbeeld gedink aan malaria en tsetsevlieg wat 'n invloed op menslike mobiliteit in die streek uitgeoefen het.60 Ofskoon daar bewyse is dat plaaslike gemeenskappe wat lank in die gebied woonagtig was, geneig was om 'n weerstand teen sommige endemiese siektes te ontwikkel,61 moet aanvaar word dat die verskynsel net in 'n beperkte mate relevant was. Veeboere was sedert prekoloniale tye skugter om in gebiede rond te beweeg waar endemiese siektetoestande die gesondheid van mens en dier bedreig het.62 In 'n landstreek soos die Laeveld van Mpumalanga sou hulle waaksaam wees. Die immuniteitsindroom moet dus met omsigtigheid gebruik word.

Die meeste kennis wat ons het oor die prekoloniale tydperk, word terugherlei na die agtiende-en negentiende-eeuse Difaqane wat, benewens sekere sosio-ekonomiese dryfvere (soos die ontluiking van slawerny aan die Ooskus), 'n daadwerklike resultaat van klimaatsveranderings-prosesse kon wees. Konflik tussen die noordwaartsbewegende Zoeloegemeenskappe onder die leiding van Soshangane, hul onderlinge konflik met onder andere Swazi-gemeenskappe in die bergagtige gebiede en konflik en absorpsie wat veroorsaak is deur kontak met proto-Sotho-gemeenskappe in die streek, is gekenmerk deur 'n tydperk van relatiewe sosio-ekonomiese en politieke onstuimigheid.63 Die koloniale ekologie van Portugese invloed in Mosambiek het tot aan die einde van die negentiende eeu met as hoogtepunt die oorlog teen Gungungunyane in 1895-1896 ook 'n daadwerklike invloed op migrasietendense van die streeksamelewing in die Laeveld uitgeoefen.64

Stelling 6: Grond is 'n akteur en deel van 'n netwerk van interaksies wat histories ontluik het

Net soos die mens 'n bepaalde akteur in die geskiedenis van grondbesit is, kan die grond ook as akteur met 'n bepaalde agentskapsrol gesien word. 'n Bepalende faktor in die agentskapskapstatus van grond is die interaksies wat mense onderling in enige ekologiese milieu met mekaar deel. Gevolglik kan, in terme van akteur-netwerkteorie (ANT), aan materiële objekte 'n waarde toegeken word wat hulle daartoe in staat stel om in eie reg 'n agentskapsinvloed op die sosiale politieke ekologie uit te oefen waarin mense hulle bevind.65

Byvoorbeeld, in die Laeveld is by verre die grootste enkele stuk grondgebied die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) wat in 1926 as die eerste nasionale park van Suid-Afrika geproklameer is.66 Dié grondgebied, wat vanaf die Krokodilrivier in die suide tot teenaan die noordgrens van Suid-Afrika op die Limpoporivier strek, beïnvloed tot op die hede die status en waarde van private grond in die Laeveld. Grondbesitters heg besondere waarde aan hul eiendom teenaan die wildtuin. Die teenwoordigheid van die natuurlewe in die NKW speel dus 'n mediasierol as aktant wat 'n gesogte drama - dié van die ongerepte natuur met 'n menigte wilde diere - voortdurend uitspeel.

Die rol van die grond in privaatbesit het wesentlik verander oor die jare. Voordat die NKW in die 1960s omhein is, was grond in privaatbesit teenaan die wildtuin 'n gesogte jagveld.67 Vanaf die 1980s, met die ontluiking van 'n bewaringsbewustheid, het die grond in private besit 'n metamorfose ondergaan. Wat voorheen by uitnemendheid jagplase was, is in private reservate omskep waar grondbesitters hulle op wildboerdery en ekotoerisme toespits. Die statuswaarde van private grondbesit teenaan die wildtuin het ook verder verdiep en in betekenis toegeneem toe die grensdrade tussen die NKW en reservate soos die Sabie Sand Wildtuin, weer eens in die negentigerjare weggeneem is.68 Grond as akteur in die netwerk van ekologiese interaksies in die Laveld kan dus nie oor die hoof gesien word nie.

Stelling 7: Die waarde van grond is voortdurend onderhewig aan entropie wat deur bruikbaarheid bepaal word

Die tweede wet van termodinamika, wat gebaseer is op die omskrywing van entropie, bepaal dat die beweging van hitte van 'n koel na 'n warm ruimte nie sonder transformasie plaasvind nie. Daarmee saam hang ook die beginsel dat die entropie van 'n geïsoleerde stelsel die geneigdheid het om toe te neem totdat daar in 'n staat van ekwilibrium oorgegaan word.69

Wanneer gelet word op die evolusie van grondbesit in Mpumalanga is dit duidelik dat die menslike toe-eieningsproses van besit op grond sedert die negentiende eeu voortdurend bepaal is deur die funksionele waarde wat aan die grond gekoppel kan word. In die aanvangsjare was grond 'n vorm van kapitaal wat 'n bestaansekonomiese lewenswyse moontlik gemaak het. Vanaf die laat-1860s het die waarde van grond toegeneem na aanleiding van gerugte oor die moontlike mynboupotensiaal daarvan. Terselfdertyd het die skaapboerdery vooruitgang gemaak, na aanleiding van die toenemende vraag na wol wat in die Britse kolonies vir uitvoerprodukte (benewens wol ook wildsprodukte, soos velle en horings) bestaan het.70 Teen 1884 het die soektog na goud in die Laeveld tot die stigting van stedelike nedersettings soos Barberton (1884) en Leydsdorp (1889) aanleiding gegee.71

Prosesse is ook in werking gestel om by wyse van nedersettingskemas soos die McCorkindale-nedersetting op die Hoëveld72 en die Milnernedersetting vir Britse oud-soldate by Witrivier73 'n blanke teenwoordigheid in 'n oop grensterrein te bevorder. Die owerheid wou grondbenutting verhoog. Beide skemas het min welslae behaal. Entropies was hierdie ondernemings disfunksioneel deurdat die inisiatief nie van binne die bestaande ruimtelike milieu van bewoning posgevat het nie. Die dryfkragte daaragter was onvolhoubaar.

'n Meer dinamiese proses van entropiese waardering van die potensiaal van die grond het gewentel om inisiatiewe wat grootliks op maatskappygrond onderneem is.

Die houtbedryf in Mpumalanga het reeds in die 1870s beslag gekry nadat die goudvelde van Pilgrim's Rest oopgestel is. Vuurmaakhout, mynstutte en boumateriaal was in groot aanvraag.74 In die boomryke klowe in die Drakensberge is geelhoutbome uitgekap. 75 Teen die 1880s is begin om die bome in die Barbertonse Laeveld uit te kap en plaaslike houtkappers het aan myne op die Hoëveld en aan Johannesburgse hardeware handelaars hout vir konstruksiedoeleindes uit die valleie van plaaslike riviere soos die Nkomati, Elands en Krokodil gelewer.76 Tussen 1915 en 1920 is ook die houtbronne van Schoemanskloof, langsaan die vallei van die Elandsrivier uitgekap.77

Teen die begin van die twintigste eeu het kommersiële bosbou in Mpumalanga posgevat. Van meet af aan was private grondbesitters aan die stuur van bosbou. Die staat het nie soos in die geval van die Kaapkolonie daadwerklik die leiding in die bosboubedryf geneem nie. In die destydse Transvaal het die staat se bosboubedrywighede eers in die 1920s op dreef gekom.78 Die Transvaal Gold Mining & Estates (TGME) het die leiding geneem. Hoofsaaklik wattel-, bloekom- en dennebome is aangeplant. Teen die 1930s het die maatskappy reeds meer as 12 000ha onder bome gehad.79

In die sestigerjare van die twintigste eeu het bosbou ook 'n nuwe wending geneem. As gevolg van die afname in die vraag na mynstutte, het die houtbedryf omgeskakel na veral voorsiening in die vraag na papierproduksie. Teen die 1980s was Suid-Afrika een van die wêreld se voorste papierproduserende lande. In die Elandsriviervallei het Sappi 'n groot aanleg ingerig en 'n wesentlike koersverandering in die bosboubedryf van die streek in die hand gewerk.80

Sitrusboerdery in die Laeveld het in die 1880s, na aanleiding van die voorbeeld van besproeiingsontwikkeling in die Kaapkolonie, beslag gekry. Die eerste plantasies is aangelê in die omgewing van Barberton en het stelselmatig uitgebrei na Witrivier, die Krokodilrivier en later ook na

Nelspruit.81 In die twintigste eeu het die bedryf aansienlike vooruitgang gemaak en genoteerde Johannesburgse maatskappye het 'n belangrike rol gespeel met die stigting van die "South African Fruit Growers Exchange" in 1961. Bystand van owerheidsweë het onder meer ingesluit navorsing om boerderytegnieke en die gehalte van produksie te verbeter. Teen die 1980s was die Laeveldse sitrusboere deel van "Outspan International" wat met behulp van die staat in die buiteland sitrus bemark het. In die 1990s is die bedryf ten volle geprivatiseer.82

Die suikerbedryf in die Laeveld het in 1965 beslag gekry met die totstandkoming van Selati, 'n suikerproduksie-onderneming wat tans saam met Hullet en Illovo een van die groot produsente van suiker in Suid-Afrika is.83 Hierdie bedryf het grootliks ontluik na aanleiding van die beskikbaarheid van groot hoeveelhede water wat vir besproeiingsdoeleindes onttrek word uit die riviere wat deur die Laeveld na die Indiese oseaan vloei.

Ook op die terrein van veeteelt, veral beesboerdery in die Laeveld, het grond in die besit van mynmaatskappye 'n waardevermeerderingsproses ondergaan. Ofskoon die marginale waarde van grond in die Laeveld tot in die helfte van die twintigste eeu betreklik laag was,84 het die "Transvaal Consolidated Lands Company" (TCL) in die 1920s die waagstuk aangegaan om meer as 30 000 hektaar grond in die Laeveld aan te koop wat gebruik is vir beesboerdery. Die doelwit was om vleis vir die snel-ontwikkelende Witwatersrandse gebied te produseer. Vir die mynboumaatskappye was dit goedkoper om self vleis vir hul werkers te produseer as om dit op die ope mark aan te koop.85 Winsgewende beesboerdery was later verantwoordelik vir die uitfasering van die ekonomiese afhanklikheid in die Laeveld van die seisoenale skaapboerdery. Beesboerdery het ook die oorgang na wildboerdery en ekotoerisme, soos reeds hierbo bespreek, vergemaklik.

Mynbou het onteenseglik die waarde van grond in Mpumalanga van 'n wesentlike belangrike waarde voorsien. Aan die begin van die 21ste eeu is nagenoeg 80 persent van Suid-Afrika se steenkool vir uitvoer en die opwekking van elektrisiteit in Mpumalanga geproduseer.86 Goud-produksie wat in die 1870s vir die eerste instroming van nywerheidsnedersetters na Pilgrim's Rest verantwoordelik was, het teen die begin van die twintigste eeu afgeplat. Enkele groot maatskappye het aan die stuur van die bedryf gestaan, maar daar is ook voorsiening gemaak vir klein pros-pekteerdersinisiatiewe.

Aan die begin van die twintigste eeu was daar in die Suid-Afrikaanse goudmynbedryf belangrike rolspelers wat van mening was dat die goudneerslae van die land in die afsienbare toekoms uitgeput sou word. Ander het weer geredeneer dat alternatiewe vorme van mynbou en die doelbewuste verlegging van produksiekostes moontlik die leeftyd van die goudmynbedryf sou verleng.87 Die swak ekonomiese omstandighede in die tydperk na afloop van Wereldoorlog 1 (1914-'18) het ook meegebring dat daar in die mynbousektor 'n mate van sinisme bestaan het. Die ontdekking van groot neerslae van metale deur die platinumgroep in die Bosveldkomgebied, in die omgewing van Rustenburg, in die vroeë 1920s saam met neerslae in die omgewing van die Merenskyrif in die Steelpoortberggebied, het aan die mynbou 'n nuwe lewe gegee. Daar was vurige wedywering tussen mynboumaatskappye om grond plaaslik aan te koop.88 Die ontginnings- proses in Mpumalanga het egter heelwat langer geneem om behoorlik op dreef te kom. Teen die begin van die een-en-twintigste eeu was platinummynbou een van die belangrikste bedryfsektore in groot dele van Mpumalanga.

Uit bostaande is dit duidelik dat grond in Mpumalanga voortdurend aan waarderingsprosesse uitgelewer is. Die energie wat met produksie gepaardgegaan het was aan verandering uitgelewer. In die hitte van momente van winsgewende produksie het grond as 'n dinamiese akteur uitgestaan.

Stelling 8: Die produksiefaktor arbeid was tradisioneel 'n mediator-aktant, wat in die tydperk ná 1994 begin het om die rol van 'n remediërende aktant uit te speel

Die agentskapsrol van arbeid as produksiefaktor in die ekonomiese ontwikkeling van Mpumalanga sedert die negentiende eeu is merkwaardig. Grondbesitters het gesteun op arbeid as 'n aktant-mediator89 om die waarde van hul eiendom te verhoog en benutting meer doeltreffend te maak. Die grondbesitters as akteurs en hul arbeiders, as aktante, het gesamentlik daaraan gewerk om grond as latente akteur opbrengste te laat lewer.

Die mediasierol van arbeid het 'n korrespondensie tussen die grondbesitter as dinamiese akteur en die grond as latente akteur bewerkstellig. Die ontginning van die beskikbare natuurlike hulpbronne, soos onder meer minerale en die effektiewe gebruik van die beskikbare watervoorraad om landbouproduksie te bewerkstellig, het 'n interaksie tussen die mens en die grond as akteurs bewerkstellig wat net as gevolg van die mediasie van arbeid verrig kon word.

Die rol van arbeid in die streeksamelewing was ook voortdurend aan verandering uitgelewer. Tot in die 1860s het tradisionele boerderybedrywighede die aard van arbeid bepaal. Vanaf die 1870s, met die eerste mynbou-aktiwiteite in Mpumalanga (1873), die Diamantvelde (1870) en Witwatersrand (1886) is nuwe eise aan arbeid gestel. In ruil vir werkverrigting het die arbeider lone ontvang wat in 'n ontluikende kapitalistiese ekonomie na willekeur aangewend kon word.90 Die ironie is dat hoofsaaklik swart arbeiders grootliks daarvan weerhou is om kapitaal in grond te bestee. Vir alle praktiese doeleindes het hulle steeds in 'n fase van tradisionele grondbenutting (kommunale grondbesit) verkeer.

Daar is reeds hierbo op die rol van arbeid gesinspeel in die ontwikkeling van Mpumalanga. In die Laeveld het mense bewoningsreg gekry as hulle in die diens van eienaars op die grond gewoon het. Baie het hulle dienste gratis aan grondbesitters beskikbaar gestel in ruil vir verblyf (arbeidsverblyfreg/labour tenancy) op die grond.91 Trekarbeiders, wat dikwels permanent in die Laeveld gevestig het, eerder as om terug te keer huis toe in 'n naburige staat of kolonie, was deel van die mensemateriaal wat gebruik is om in samewerking met die arbeidsinsette van die grondbesitter die eiendom te ontwikkel. Verhoudings tussen mense op die plaas was merendeels goed.92 Daardeur is die grond verbeter en die waarde van die belegging in grond het verhoog. Grond van die mynboumaatskappye is produktief gehou deur werkers wat die plase geadministreer het waarop groot getalle swartmense bloot as huurders aangebly het. Die voortgesette benutting van die grond en herbevestiging van die reg op besit is daardeur bevestig. Regstreeks en onregstreeks het arbeid op die grond, soos byvoorbeeld die bedrywighede van 'n handelshuis,93 of 'n boerdery- onderneming, beteken dat 'n mediasieproses aan die gang was wat akteurs daarop bedag gemaak het dat die groter sisteem legitiem was.

Die nadraai was dat met die omskakeling na 'n nuwe veelrassige demokratiese bestel het arbeid, wat vir ruim langer as 'n eeu as aktant die drama van die mens in interaksie met die grond uitgespeel het, die gestalte van 'n remediërende aktant aangeneem. Daarmee saam het gepaardgegaan 'n mediasie-agentskapsrol van owerheidsweë vir die regering om morele reg te laat geskied. Die voortgesette steun van die staat om 'n regstellingsproses van ekonomiese ontwikkeling vir voorheen benadeelde mense te bewerkstellig, het tot gevolg gehad dat die verskynsel van grondbesit regstreeks tot eise (in baie gevalle twyfelagtige aansprake) op grond en restitusie-aansprake aanleiding gegee het. Die eise en aandrang op restitusie was dan merendeels gebaseer op verblyfregte en dienste wat in vergange jare aan die orde was.

 

TEN SLOTTE: VERGELYKENDE GRONDSLAE?

In 'n poging om by 'n sintese uit te kom van die agt stellings wat hierbo uiteengesit is, sou dit van waarde wees om by wyse van historiese vergelyking by 'n moontlike toekomsprojeksie oor grondbesit in die Laeveld van Mpumalanga uit te kom. Die voorbeeld wat gebruik kan word, is een uit die geskiedenis van Europa. Die oorgang van die klassieke na die Middeleeue in die vierde eeu nC is gekenmerk deur die instroming van uitheemse gemeenskappe na die Romeinse Ryk. Met die agteruitgang van die Romeinse Ryk het bepaalde tradisies egter behoue gebly, maar dié was blootgestel aan omskakeling. Daar was wesentlike prosesse van transformasie in landstreke waar Gote, Visigote, Germane en Vandale inbeweeg het. Romeinse elite-groeperings, uit 'n vorige bestel, het oor 'n tydperk van enkele geslagte met die nuwe mense van buite saamgewerk - soms onder redelike dwang - om konsensus oor die besit van grond te kry. Innes gebruik die term van etnogenese (ethnogenesis) om te verduidelik hoe daar letterlik 'n verinheemsingsproses in die Romeinse besitregstelsel plaasgevind het. Daar was ten minste waardevolle wetgewing wat gebruik kon word vir die nuwe inkomelinge en die bestaande elites van grondbesitters om grondbesit op 'n stewige grondslag as 'n samelewingsinstelling in stand te hou. Innes se uiteensetting is dat dit duidelik is dat die klassieke voorstellings wat John Locke (1632-1704) in die sewentiende eeu oor die evolusie van grondbesit gehad het, vanuit 'n nuwe historiese perspektief heelwat meer kompleks oorkom.94 Hy konsentreer byvoorbeeld op hoe die periferale dekonstruksie van grondbesit plaasgevind het en hoedat die proses ontwikkel het wat oor die tydperk van sowat vier eeue beslag gegee het aan verhoudings tussen leiers, hulle volgelinge, en nuwe nedersetters wat weens prosesse van omvangryke migrasies ingeskakel moes word. Opsluit het 'n proses van sintese gevolg waar 'n "rasionele" bedeling geskep is wat vir mense aanvaarbaar was.

Wanneer dit vir ons moontlik is om miskien vanuit 'n "onderstebo"- perspektief na ons eie geskiedenis te kyk, sou dit tipies impliseer dat in die prekoloniale tye daar 'n bepaalde stelsel van grondbesit aan die orde was. Mense van buite het gekom en die stelsel versteur deur nuwe regeringsisteme en 'n grondbesitstelsel (van elders) daar te stel. Op dieselfde manier moes daar later deur 'n bestaande bewind (vreedsaam) omgeskakel word. Sedert 1994 het Suid-Afrika reeds 'n magdom omskakelings en magsverskuiwings ervaar. In wese het die grondbesitstelsel (met uitsondering van die rasgebaseerde bepalings van weleer) steeds bly voortbestaan. Aansprake op grond, die opeis van besitreg en die aandrang op restitusie, sal waarskynlik nog lank voortduur. Binne 'n potensiële geslote entropiese ruimte, sou dit moontlik sinvol wees om 'n staat van ekwilibrium na te streef. Daardie staat kan bereik word wanneer gemeenskaplike waardes rondom die besitreg van grond in 'n transformerende gemenebes beslag kry. Spontane, maar onderhandelde prosesse van etnogenese sou moontlik die weg daarvoor kan voorberei in die Mpumalanga Laeveld.

 

BIBLIOGRAFIE

Primêre bronne

Staatsargiewe

Nasionale Argiefbewaarplek (NA), Pretoria, Transvaalse Argief (TA), Argief van die Registrateur van Aktes (RAK), Band 2739, Kontroleregister.

Private argiewe

Barlow Rand Agiefbewaarplek (BRA) Sandton, Transvaal Consolidated Land and Exploration Company (TCL).

BRA, TCL, 486/4 Steelpoort Prospecting, 1924/1925: R. Rosenthal.

BRA, TCL, 486/5 Steelpoort prospecting 1925/1925: P.C. Louw.

BRA, TCL, 487/10. WNLA.

BRA, TCL 489/25. Frank Menne.

Sabie Sand Wildtuin Argief (SSWA), Elektroniese leerstelsel (E/F)

SSWA E/F 1769. Varty, M. Story of Sabi Sand Wildtuin, Manuscript, August 1976.

SSWA E/F 1770. Trollip, N. "The Sabie Sand Wildtuin: the first fifty years", Julie 2003.

Tempelhoff Persoonlike Argief (TOA)

TOA19960210c, Onderhoud, Wiggil, P.G. (72). Caskets, Laeveld.

TOA20050929, Onderhoud, Van Niekerk, O.T. (43)/Van Niekerk, A.S. (69). Gedeelte 1 van die plaas Grootkop 617, Badplaas, 29 September 2005.

TOA20050929, Onderhoud, Van Niekerk, O.T. (43)/Van Niekerk, A.S. (69). Gedeelte 10 van die plaas Grootkop 617, Badplaas.

TOA20051220: Beckett, T.W. (61). Uitkomst, Morgenzon.

TOA20070227, Onderhoud, Doyer, K.J. (65). Droogvallei, Carolina.

TOA20070727, Onderhoud, Davel, S.W. (76). Woodstock, Swartruggens.

TOA20091203, Onderhoud, Robson, T.W. Kantore van Werksmans, Sandton.

Sekondêre bronne

Acemoglu, D. & J.A. Robinson. 2012. Why nations fail: the origins of power, prosperity and poverty. London: Profile Books.         [ Links ],

Anon. 1909. The general directory of South Africa for 1909. Kaapstad: Dennis Edwards & Co.         [ Links ]

Bergh, J.S. & H.M. Feinberg. 2004. Trusteeship and black land ownership in the Transvaal during the nineteenth and twentieth centuries. Kleio, 36(1).         [ Links ]

Bergh, J.S. 2005. 'We must never forget where we come from': the Bafokeng and their land in the 19th century Transvaal. History in Africa, 32.         [ Links ]

Bergh, J.S. & F. Morton. 2003. "To make them serve...": The 1871 Transvaal commission on African labour. Pretoria: Protea Boekhuis.         [ Links ]

Besthorn, F.H. 2011. Deep ecology's contribution to social work: a ten-year retrospective. International Journal of Social Welfare, 21.         [ Links ]

Blok, A. & T.E. Jensen. 2011. Bruno Latour: hybrid thoughts in a hybrid world. London & New York: Routledge, Kindle weergawe.         [ Links ]

Bögenhold, D. 2008. Economics, Sociology, History: notes on their loss of unity, their need for re-integration and the current relevance of the controversy between Carl Menger and Gustav Schmoller. Forum for Social Economics, 37(2).         [ Links ]

Bona, G. & J. Protevi. 2006. Deleuze connections. Deleuze and geophilosophy: a guide and glossary. Edinburgh: Edinburgh University Press.         [ Links ]

Bonner, P. & Shapiro, K.A. June 1993. Company town, company estate: Pilgrim's Rest, 1910-1932. Journal of Southern African Studies, 19(2).         [ Links ]

Bornman, H. 2006. Pioneers of the Lowveld, 1995, Tweede druk. Barberton: SA Country Life. Botha, C.G. 1919. Early Cape land tenure. The South African Law Journal, 36.         [ Links ]

Breytenbach, J.H. Julie-Oktober 1940. Die grondstelsel van die Voortrekkers in Natalia. Historiese Studies, 2(1-2).         [ Links ]

Breytenbach, J.H. & Pretorius, H.S. Sonder datum. Notule van die Volksraad van die Suid-Afrikaanse Rerpubliek (volledig met alle bylae daarby): Deel 1 1845-1850. Kaapstad: Cape Times Bpk, in opdrag van die Staatsdrukker, s.d.         [ Links ]

Buro vir Ekonomiese Navorsing insake Bantoe-ontwikkeling (Benbo), 1976. Swart ontwikkeling in Suid-Afrika: die ekonomiese ontwikkeling van die swart volke in die tuislande van die Republiek van Suid-Afrika. Johannesburg: Perskor, pp. 23-24.         [ Links ]

Calás, M.B. & Smircich, L. Oktober 1999. Past postmodernism? Reflections and tentative directions. The Academy of Management Review, 24(4).         [ Links ]

Cartwright, A.P. 1973. Valley of gold. Cape Town: Timmins.         [ Links ]

Changuion, L. & Steenkamp, B. 2011. Omstrede land: die historiese ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse grondvraagstuk, 1652-2011. Pretoria: Protea Boekhuis.         [ Links ]

Cheah, P. 2010. Non dialectical materialism, in D. Coole & S. Frost (eds), New materialisms:ontology, agency, and politics. Durham & London: Duke University Press, Kindle-weergawe.         [ Links ]

Carruthers, E.J. & De V Pienaar, U. 1990. Die vroeë Sabie- en Shingwedzireservaat (1900-1926) en proklamasie van die Nasionale Krugerwildtuin, in U. de V Pienaar (red.), Neem uit die verlede, Pretoria: Nasionale Parkeraad van Suid-Afrika,pp. 370-393.         [ Links ]

Carruthers, E.J. 2007. Nature conservation and natural resource management: 1870s-2000, in P. Delius (ed.), Mpumalanga: history and heritage, Scottsville: University of KwaZulu-Natal Press.         [ Links ]

Carruthers, J. 2003. Friedrich Jeppe: mapping the Transvaal c. 1850-1899. Journal of Southern African Studies, 29(4) (Desember).         [ Links ]

Christian, D. 2010. The return of universal history. History & Theory, 49(4) (Desember).         [ Links ]

Christopher, J.S. 1985. Patterns of British overseas investment in land, 1885-1913. Transactions of the Institute of British Geographers, New Series, 10(4).         [ Links ]

Cohen, S. 2006. History out of joint: essays on the use and abuse of history. Baltimore: Johns Hopkins University Press.         [ Links ]

Coole, D. & S. Frost (eds). 2010. New materialisms: ontology, agency, and politics, Durham & London:Duke University Press, Kindle-weergawe.         [ Links ]

Davenport, T.R.H. & Hunt, K.S. (eds). 1974. Documents on Southern African History: the right to the land and of its development towards the east from the earliest times to 1857, I. Kaapstad: David Philip.         [ Links ]

Davis, N.Z. 2011. Decentering history: local histories and cultural crossings in a global world. History & Theory, 50(2)(May).         [ Links ]

Delius, P. (ed.). 2007. Mpumalanga: history and heritage. Scottsville: University of KwaZulu-Natal Press.         [ Links ] Den Hollander, J. 2011. Contemporary history and the art of self-distancing. History & Theory, 50(4) (December).         [ Links ]

Érdi, P. 2008. Complexity explained. Berlin/Heidelberg: Springer.         [ Links ]

Feinberg, H.M. & Horn, A. 2000. South African territorial segregation: new data on African farm purchases, 1913-1936. Journal of African History, 50.         [ Links ]

Ferguson, N. 2011. Civilization: the six ways the West beat the rest. London: Allen Lane.         [ Links ]

Ferguson, N. 2008. The ascent of money: a financial history of the world. London: Penguin.         [ Links ]

Fukuyama, F., Attli, J., Toffler, A. & H., Lowins, A., Joy, B., Haseltine, W., Sloterdijk, P., Ellul, J., Huxley, A., Watson-Watt, R. & Hutchins, R.M. 2000. Post-human history? New perspectives Quarterly, 17(5), Spesiale uitgawe.         [ Links ]

Fukuyama, F., Attali, J. & Gardels, N. Fall 2004. The beginning of a new history. New Perspectives Quarterly, 21(4).         [ Links ]

Gerwin, M. 2011. Food and democracy: introduction to food sovereignty. Krakow: Alliance of Associations, Polish Green Network.         [ Links ]

Gillis, D.H. 1999. The kingdom of Swaziland: studies in political history. Westport: Greenwood Press.         [ Links ] Hall, R. 2004. A political economy of land reforms in South Africa. Review of African Political Economy, 31(100)(June).         [ Links ]

Hall, R. 2011. Land grabbing in Southern Africa: the many faces of the investor rush. in Review of African Political Economy, 38(128)(June).         [ Links ]

Hocking, A. 1987. Paper chain: the story of Sappi. Bethulie: Hollard.         [ Links ]

Huffman, T.N. 1996. Archaeological evcidence of climate change during the last 2000 years in southern Africa. Quarternary International, 33.         [ Links ]

Fukuyama, F. 2011. The origins of political order: from prehuman times to the French Revolution. London: Profile Books.         [ Links ]

Geyer, R. 2003. Beyond the third way: the science of complexity and the politics of choice. British Journal of Politics and International Relations, 5(2)(May).         [ Links ]

Godwin, A.J.H. 1962. Habitat. In I. Schapera (ed.), The Bantu- speaking tribes of South Africa: an ethnographical survey, 1937. London: Routledge & Kegan Paul Ltd.         [ Links ]

Hahlo, H.R. & Kahn, E. (eds). 1960. The Union of South Africa: the development of its laws and constitution. Kaapstad: Juta & Kie. Bpk.         [ Links ]

Hirsch Hadorn, G., Hoffman-Riem, H., Biber-Klemm, S., Grossenbacher-Mansuy, W., Joye, D., Pohl, C., Wiersmann, U. & Zemp, E. (eds). 2007. Handbook of transdisciplinary research, Springer.         [ Links ]

Hirsch Hadorn, G., Biber-Klemm, S., Grossenbacher-Mansuy, W., Hoffmann-Riem, H., Joye, D., Pohl, C., Wiesmann, U. & Zemp, E. 2007. The emergence of transdisciplinarity as a form of research. In G. Hirsch, et al. (eds), Handbook of transdisciplinary research, Springer.         [ Links ]

Innes, M. 2006. Land, freedom and the making of the Medieval West. In Transactions ofthe Royal Historical Society, Sesde reeks, 16.         [ Links ]

Jörg, T. 2011. New thinking in complexity for the social sciences and humanities: a generative, transdisciplinary approach. Dordrecht: Springer.         [ Links ]

Kriger, N.J. 2007. Liberation from constitutional constraints: land reform in Zimbabwe. SAISRewiew, 27(2).         [ Links ]

Lambin, E.F. & Meyfroidt, P. 2010. Land use transitions: socio-ecological feedback versus socio-economic change. Land Use Policy, 27.         [ Links ]

Latour, B. 2007. Reassembling the social: an introduction to actor-network theory. Oxford: Oxford University Press, Kindle-weergawe.         [ Links ]

Latour, B. 2004. The politics of nature: how to bring the sciences into democracy. Massachusetts: Harvard University Press.         [ Links ]

Latour, B., Harman, G. & Erdélyi, P. 2010. The prince and the wolf: Latour and Hartman at the LSE. Winchester: Zero Books.         [ Links ]

Lowe, P., Whitman, G. & Phillipson, J. 2009. Review: ecology and the social sciences. Journal of Applied Ecology, 46.         [ Links ]

Mathers, E.P. 1970. The goldfields revisited, beingfurtherglimpses ofthegoldfields ofSouthAfrica. Pretoria: Herdruk, Staatsdrukkery.         [ Links ]

Morrell, R. 1986. Randlords and the South African state: confrontation in the Witwatersrand beef markets, 1920-1923. The Journal of African History, 27(3).         [ Links ]

Morin, M. 2008. On complexity. Vertaal deur Robin Postel. New Jersey, Cresskill: Hampton Press Inc.         [ Links ]

Moyo, S. & Yeros, P. 2007. The radicalised state: Zimbabwe's interrupted revolution. Review of African Political Economy, 34(111), Debates on the Left in Southern Africa (March).         [ Links ]

Myburgh, A.C. 1949. The tribes of the Barberton district. In Department of native affairs, Ethnological publications, No. 25, Staatsdrukker, Pretoria.         [ Links ]

Naudé, P. 1954. Boerdery in die Suid-Afrikaanse Republiek, 1858-1899. PhD, Unisa.         [ Links ]

Packard, R. 2001. 'Malaria blocks development' revisited: the role of disease in the history of agricultural development in the Eastern and Northern Transvaal Lowveld, 1890-1960. Journal of Southern African Studies, 27(3)(September).         [ Links ]

Pocock, J.G.A. 1998. The politics of history: the subaltern and the subversive. Journal ofPolitical Philosophy, 6(3)(September).         [ Links ]

Potgieter, F.J. 1959. Die vestiging van die Blanke in Transvaal (1837-1886) met spesiale verwysing na die verhouding tussen die mens en die omgewing. In Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 21(2), Staatsdrukker, Elsiesrivier.         [ Links ]

Pelser, A.N. 1950. Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Republiek, I: wordingsjare. Kaapstad: Balkema.         [ Links ]

Peters, T. Winter 2005. The soul of trans-humanism. Dialog, 44(4): 175-195.         [ Links ]

Pienaar, U. de V. 1990. Die rol van die tsetsevlieg, malaria en die runderpes-epidemie van 1897 in die ontwikkelingsgeskiedenis van die Leveld. In U. de V Pienaar (red.), Neem uit die verlede. Pretoria: Nasionale Parkeraad van Suid-Afrika.         [ Links ]

Pienaar, U. de V. (1990) (red.), Neem uit die verlede, Pretoria: Nasionale Parkeraad van Suid-Afrika.         [ Links ]

Ploeger, J. 1985. Nederlandse landverhuising na Suid-Afrika 1849-1862. Familia, 22(3).         [ Links ]

Richardson, P. & J-J van Helten. 1984. The Development of the South African Gold-Mining Industry, 1895-1918. The Economic History Review, 37(3)(August).         [ Links ]

Schapera, I. (ed.). 1962. The Bantu-speaking tribes of South Africa: an ethnographical survey, [1937]. London: Routledge & Kegan Paul.         [ Links ]

Schirmer, S. 2007. Enterprise and exploitation in the 20th century. In P. Delius (ed.), Mpumalanga: history and heritage. Scottsville: University of KwaZulu-Natal Press.         [ Links ]

Scholtens, J.E. 1960. Law of property. In H.R. Hahlo & E. Kahn (eds). The Union of South Africa: the development of its laws and constitution. Kaapstad: Juta & Kie. Bpk.         [ Links ]

Schlütter,, M., McCalister, R.R.J., Arlinghaus, R., Bunnefield, N., Eisenack, K., Hölker, F., Milner-Gulland,E.J., Müller, B., Nicholson, E., Quaas, M. & Stöven, M. 2012. New horizons for managing the environment: a review of coupled social-ecological systems modelling. Natural Resource Modeling, 25(1)(February).         [ Links ]

Smuts, J.D. 1980. Elandshoek, Solarvale, Koedoeshoek railway. In BP Simmons, First 65years. Nelspruit: Lowveld Farmers' Association.         [ Links ]

Stevenson-Hamilton, J. 1934. The Low-veld: its wildlife and its people. London: Cassel & Kie (Tweede uitgawe).         [ Links ]

Steytler, F.A. September 1957. Van tye wat was - gesprekke met le Roy Gouws. Historia, 2(2).         [ Links ]

Suid-Afrika, Constitution of the Republic of South Africa, 108 of 1996.         [ Links ]

Tempelhoff, J.W.N. Julie 1982. Komatipoort - Oostelike poort van Suid-Afrika. Contree 11.         [ Links ]

Tempelhoff, J.W.N. 1996. Historical perspectives on human industry and the use of land: a report on land claims by the Mapulana in the Lowveld, DLA Cliffe Dekker Hofmeyr, Sandton.         [ Links ]

Tempelhoff, J.W.N. 1997. Die okkupasiestelsel in die distrik Soutpansberg 1886-1899. In Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 60, Staatsdrukker, Pretoria, 1997.         [ Links ]

Tempelhoff, J.W.N. 2005. The historical structure of conciliatory tolerance: an investigation into a land claim on the farm Mooifontein 292 JT, Mpumalanga Province, (1e uitgawe), Werksmans Prokureurs, Sandton.         [ Links ]

Tempelhoff, J.W.N. 2006. An investigation into a land claim on the farm Mooifontein 292JT, Mpumalanga Province, Werksmans Prokureurs, Sandton.         [ Links ]

Tempelhoff, J.W.N. 2006. An overview report on the history of the Nkomati Valley with particular reference to aspects of human settlement, land tenure and the Nkomazi Wilderness, Vol. 1, In opdrag van F Daniel, Badplaas, 2006.         [ Links ]

Tempelhoff, J.W.N. 2008. The evolution of land tenure, labour and transhumance in the Escarpment and Highveld forestry regions of Mpumalanga: an overview report on trends since the 19th century, Werksmans Prokureurs, Sandton.         [ Links ]

Tempelhoff, J.W.N. 2008. Historical perspectives on pre-colonial irrigation in southern Africa. African Historical Review, 40(1).         [ Links ]

Tempelhoff, J.W.N. 2011. Settlement trends and claims to the land on Othawa: a discourse on the history of Sabi Sand Wildtuin, Werksmans Prokureurs, Sandton.         [ Links ]

Trapido, S. 1978. Landlord and tenant in a colonial economy: the Transvaal 1880-1910. Journal of Southern African Studies, 5(1).         [ Links ]

Trevor, T.G. 1906. The physical features of the Transvaal. The Geographical Journal, 28(1)(July).         [ Links ]

Turner, B.S. 2007. Culture, technologies and bodies: the technological Utopia of living forever. Sociological Review, 55(1)(May).         [ Links ]

Unger, M. 2012. Social ecologies and their contribution to resilience. In M. Unger (ed.), The social ecology of resilience: a handbook of theory and practice. New York: Springer.         [ Links ]

Van der Merwe, A.P. 1940. Die voorgeskiedenis van die Republiek Lydenburg, MA, UP.         [ Links ]

Van Warmelo, N.J. 1949. Introduction. In A.C. Myburgh, The tribes of the Barberton district, in Department of native affairs, Ethnological publications, No. 25, Staatsdrukker, Pretoria.         [ Links ]

Wellington, J.H. 1932. Land utilization in South Africa. Geographical Review, 22(2).         [ Links ]

Wilson, S. & Haslam, N. 2009. Is the future more or less human? Differing views of humanism in the posthuman debate. Journal for the Theory of Social Behaviour, 39(2)(June).         [ Links ]

Web-bibliografie

Domanska, E. 6 Junie 2012. "Post-humanism" in R. Harrison, Entitled opinions (about life and literature), iPodcast Stanford.         [ Links ]

Smith, D. & J. Protevi. "Gilles Deleuze", The Stanford Encyclopedia of Philosophy, Winter 2011-uitgawe,         [ Links ]

Edward N. Zalta (ed.). Beskikbaar by URL = http://plato.stanford.edu/archives/win2011/entries/deleuze/.

Geraadpleeg op Trapido, S The South African Republic: class formation and the state, 1850-1900. In Collected Seminar Papers, Institute of Commonwealth Studies, 16:53-65, ISSN 0076-0773 by University of London        [ Links ]

, 16:53-65, ISSN 0076-0773 by University of London,

School of Advanced Studies, 2012. Geraadpleeg op 17 Julie 2012.         [ Links ]

 

 

JÜHANN TEMPELHOFF is professor in Geskiedenis aan Noordwes-Universiteit se Vaalrivierkampus. Hy staan aan die hoof van die navorsingsgroep genaamd die Kulturele Dinamika van Water (CuDyWat), waar navorsers spesialiseer in trans-dissiplinêre strategieë oor die kulturele interaksie tussen die mens en die hidrosfeer. Na die voltooiing van 'n PhD-studie oor die negentiende-eeuse geskiedenis van die okkupasiegrondbesitstelsel in die distrik Soutpansberg, het hy ook ekstensiewe navorsing oor grondbesit in Mpumalanga onderneem.

JOHANN TEMPELHOFF is professor of History at North-West University's Vaal Triangle campus where he also heads the Research Group, the Cultural Dynamics of Water (CuDyWat) in which researchers use transdisciplinary strategies to focus on the cultural engagements between humankind and the hydrosphere. Since completing a PhD on the nineteenth century occupation farm tenure system in the district of Soutpansberg, he has conducted extensive research on the history of land tenure in the Mpumalanga Province.

 

 

1 Gerwin (2011); Hall (2011).
2 Kriger (2007).
3 Hall (2004).
4 Feinberg & Horn (2000:41-60); Bergh & Feinberg (2004:170-193).
5 Bergh (2005:95-115); Bergh & Morton (2003).
6 Changuion & Steenkamp (2011).
7 Kyk onder meer Latour, Harman & Erdélyi (2010).
8 Christian (2010:16-18).
9 Domanska (2012).
10 Den Hollander (2011).
11 Calás & Smircich (1999:649-671).
12 Latour (2007:88-93).
13 Cohen (2006:119-120).
14 Davis (2011:188-202).
15 Bögenhold (2008:85-101).
16 Pocock (1998:219-234); Fukuyama, Attli & Toffler, Lowins, Joy, Haseltine, Sloterdijk, Ellul, Huxley, Watson-Watt & Hutchins (2000:114-115); Fukuyama, Attali & Gardels ( 2004:34-39); Latour (2004); Peters (2005:175-195); Turner (2007:19-36); Wilson & Haslam (2009:247-266).
17 Christian (2010:6-27).
18 Kyk onder meer Ferguson (2008) en (2011).
19 Kyk in hierdie verband na die wyse waarop Acemoglu & Robinson (2012) geskiedenis gebruik om analises van regeringskunde en ontwikkelingstudies te maak; Kyk ook Fukuyama (2011).
20 Hirsch Hadorn et al. (2007:19-42).
21 Geyer (2003:242).
22 South Africa, Constitution of the Republic of South Africa, 108 of 1996, Hoofstuk 2, Afdeling 25.
23 Suid-Afrika, Constitution of the Republic of South Africa, 108 of 1996, Hoofstuk 1.
24 Moyo & Yeros (2007:103-121).
25 Érdi (2008:75-79).
26 Morin (2008:16-19).
27 Sien onder meer Davenport & Hunt (eds) (1974); Tempelhoff (1997:32-36); Pelser (1950:23-4); Botha (1919:149-160); Breytenbach (1940:77-80).
28 Volksraadsresolutie 1, afdelings 1-9, van 2 Augustus 1845, in Breytenbach & Pretorius (1845-1850:1416).
29 Van der Merwe (1940); Wichman (1941:86-101).
30 Tempelhoff (2008:12).
31 Bornman (2006:24).
32 Christopher (1985:456).
33 Kyk Scholtens (1960: 571-621).
34 Kyk Bona & Protevi (2006:110-1); Kyk ook Smith, & Protevi (2011).
35 Cheah, "Non dialectical materialism" in Coole & Frost (eds) (2010:70-91 (Spesifiek pp. 81-89).
36 J. Tempelhoff mondelinge argief (TOA). 20070227 Onderhoud, Karel Jan Doyer (65), Droogvallei, Carolina; TOA20050929, Onderhoud, O.T. van Niekerk (43)/A.S. van Niekerk (69), Gedeelte 10 van die plaas Grootkop 617, Badplaas; TOA20070727, Onderhoud, Schalk Willem Burger Davel (76), op die plaas Woodstock, Swartruggens.
37 Steytler (1957:122); J. Stevenson-Hamilton (1934:176).
38 Data verwerk uit EVR 264, Register van plaasaantekeninge onder Andries Ohrigstad, Spekboomrivier tot waar dit in die Steelpoortrivier inloop, Steelpoortrivier, Magneetshoogte en 'n onbeskryfde terreinafbakening van 39 plase, tussen 1845 en 1848 wat as bylaag gedien het, soos vervat in Bylaag 9/1845 en tot in 1848 op datum gehou is, in J.H. Breytenbach en H.S. Pretorius, Notule van die Volksraad van die Suid-Afrikaanse Republiek (volledig met alle bylae daarby): Deel 1, 1845-1850, Cape Times Ltd, Kaapstad, in opdrag van die Staatsdrukker, s.d., pp. 164-197. Die bylaag ressorteer onder Volksraadsresolutie 1, afdelings 1-9, van 2 Augustus 1845, in J.H. Breytenbach en H.S. Pretorius, Notule van die Volksraad van die Suid-Afrikaanse Republiek (volledig met alle bylae daarby): Deel 1, 1845-1850: 14-16. Kyk ook vir 'n bespreking met grafiese tabelle na Tempelhoff (2008:14-15).
39 Nasionale Argiefbewaarplek (NA), Pretoria, Transvaalse Argief (TA), Argief van die Registrateur van Aktes (RAK), Band 2739, Kontroleregister.
40 TOA 20091203, Onderhoud, Thomas William (Tom) Robson, kantore van Werksmans Prokureurs, Sandton.
41 TOA20050929, Onderhoud, O.T. van Niekerk (43) A.S. van Niekerk (69), Gedeelte 10 van die plaas Grootkop 617, Badplaas; TOA20051220: Thomas William (Tom) Beckett (61), Uitkomst, Morgenzon; TOA20070227, Onderhoud, Karel Jan Doyer (65), Droogvallei, Carolina; TOA 20091203, Onderhoud, Thomas William (Tom) Robson, Kantore van Werksmans, Sandton.
42 Tempelhoff (2008:17).
43 Ploeger (1985:1-60, veral p. 32).
44 TOA20050929, Onderhoud, O.T. van Niekerk (43)/A.S. van Niekerk (69), Gedeelte 1 van die plaas Grootkop 617.
45 Trapido (1978: 31-32; 35-36); Bonner & Shapiro (1993:190).
46 Van Warmelo (1949:9).
47 Tempelhoff (2005:60).
48 Tempelhoff (1996:36-7).
49 Buro vir Ekonomiese Navorsing insake Bantoe-ontwikkeling (Benbo), Swart ontwikkeling in Suid-Afrika:die ekonomiese ontwikkeling van die swart volke in die tuislande van die Republiek van Suid-Afrika: 23-24.
50 Tempelhoff (2011:60-64).
51 Jörg (2011:198).
52 Unger (2012:13-32).
53 Lowe, Whitman & Phillipson (2009:297-305); Vir 'n goeie voorbeeld oor die ontwikkeling van sosiale ekologie as konsep in maatskaplike werk, kyk, Besthorn (2011:248-259); Sosio-ekologiese stelsels (SES) is ook 'n belangrike teoretiese terrein van navorsing waarin veral op modelleringsmetodes gesteun word. Kyk Lambin & Meyfroidt (2010:108-118); Vir van die jongste navorsing kyk, Schlütter, et al. (2012: 219-272).
54 J.W.N. Tempelhoff, An overview report on the history of the Nkomati Valley with particular reference to aspects of human settlement, land tenure and the Nkomazi Wilderness, Vol. 1: 26.
55 Ibid.: 41-43; J.W.N. Tempelhoff, An investigation into a land claim on the farm Mooifontein 292JT, Mpumalanga Province: 8-11.
56 Kyk kaart in L. Changuion & B. Steenkamp (2011:102).
57 Gillis (1999: 29-43).
58 Carruthers (2003: 955-975).
59 Huffman (1996:55-60); Tempelhoff (2008:150-153).
60 U. de V Pienaar, "Die rol van die tsetsevlieg, malaria en die runderpes-epidemie van 1897 in die ontwikkelingsgeskiedenis van die Laeveld" in U. de V Pienaar (red.), Neem uit die verlede: 279-290.
61 R. Packard (2001:591-612).
62 Godwin (1962:36).
63 Tempelhoff (2011:7-23).
64 Tempelhoff (2011: 20-21).
65 Kyk onder meer Blok & Jensen (2011), Kindle weergawe; Latour (2007).
66 Carruthers, in Delius (ed.) (2007:263-267); E.J. Carruthers & U. de V Pienaar, "Die vroeë Sabie- en Shingwedzireservaat (1900-1926) en proklamasie van die Nasionale Krugerwildtuin, in U. de V Pienaar (red.), Neem uit die verlede (1990:370-393).
67 Sabie Sand Wildtuin Argief (SSWA) 1990, Elektroniese leerstelsel (E/F) 1770. N. Trollip, "The Sabie Sand Wildtuin: the first fifty years", July 2003:12.
68 Tempelhoff (2011: 93).
69 Érdi (2008:77).
70 Naudé (1954:28-29); Potgieter (1959:80-81); Steytler (1957:121); TOA, 20070727, Onderhoud, Schalk Willem Davel (76), Woodstock, Swartruggens.
71 Tempelhoff (1997:134).
72 Trapido (2012:58-59). Accessed on 17 July 2012.
73 Bornman (2006:64-66).
74 Cartwright (1973:151).
75 Ibid.
76 Mathers (1970:175); Anon., The general directory of South Africa for (1909: 888-889).
77 Smuts (1980:206-211).
78 Bornman (2006:119-120).
79 Cartwright (2007:152-153); Schirmer (2007:307).
80 Hocking (1987:122, 134); Schirmer (2007:305, 306).
81 Tempelhoff (2005:50-51).
82 Schirmer (2007: 303, 305).
83 Tempelhoff (1982:15).
84 Trevor (1906:60); Wellington (1932:224).
85 Morrell (1986:513-532); SSWA E/F 1769. Varty (1976:1-2).
86 Schirmer (2007:316-317).
87 Richardson & Van Helten (1984:328-330).
88 Barlow Rand Agiefbewaarplek (BRA) Sandton, Transvaal Consolidated Land and Exploration Company (TCL), Sandton. 486/4 Steelpoort Prospecting, 1924/1925: R. Rosenthal; BRA, TCL, 486/5 Steelpoort prospecting 1925/1925: P.C. Louw; BRA, TCL, 487/10. WNLA; BRA, TCL 489/25. Frank Menne.
89 Vir meer oor die mediasie, die mediator, en intermediasie kyk onder meer Latour (2007:56-62).
90 Tempelhoff (1996).
91 Tempelhoff (2008: 41-43).
92 Ibid., i. 39.
93 TOA 960210c, Onderhoud, P.G. Wiggil (72), Caskets, Laeveld.
94 Innes (2006:39-74).

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons