SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 issue3Co-operative government and municipal service delivery: realities and challengesA preliminary impact study of a university, school and private sector partnership project: hope for disadvantaged students through mentorships author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Bookmark

    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.52 no.3 Pretoria  2012

     

    NAVORSINGS EN OORSIGARTIKELS RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

     

    Hoër onderwys as navorsings- en studiegebied in Suid-Afrika: 'n Historiese en tematiese perspektief

     

    Higher education as a field of study and research in South Africa: a historical and thematic perspective

     

     

    Eli BitzerI; Annette WilkinsonII

    IFakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Stellenbosch E-pos: emb2@sun.ac.za
    IISentrum vir Onderrig en Leer, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein

     

     


    OPSOMMING

    Hierdie artikel ondersoek veral drie aspekte rakende die hoër onderwys as 'n navorsings- en studiegebied in Suid-Afrika. Eerstens word 'n aantal momente uit die geskiedenis van hoëronderwysstudie geskets - veral voor 1994. Daarna word die studieveld beoordeel teen die agtergrond van bestaande internasionale tematiese karterings van die studieveld buite die Verenigde State van Amerika - meer spesifiek teen dié van Malcolm Tight, 'n gerekende hoëronderwyskundige in die Verenigde Koninkryk. Derdens word 'n aantal aangeleenthede aan die orde gestel met die oog op die uitbreiding en verdere ontwikkeling van hierdie veld van studie en navorsing in Suid-Afrika.

    Trefwoorde: Hoër onderwys; navorsingsterrein; studieveld; hoër onderwys in SuidAfrika; temas in hoër onderwysnavorsing; navorsing in hoër onderwys


    ABSTRACT

    This contribution addresses three issues concerning higher education as a field of study and research in South Africa. It starts off by tracing a number of moments in the historical development of higher education studies and research in South Africa - particularly in the period prior to the 1994 transition of political power. Next, the question of what the field of higher education studies and research entails internationally, is explored. The thematic categorisation of Malcolm Tight from the United Kingdom is used to determine international publication trends as derived from his analysis of406 articles in 17 selective academic journals for the period 2002 - 2003. Tight identified eight major categories or clusters of publications in the field of higher education research. These were: (1) Teaching and learning in higher education; (2) Curriculum planning and design; (3) Student learning experiences; (4) Quality in higher education; (5) Systems and policies in higher education; (6) Institutional management; (7) Academics and academic work; (8) Knowledge and the nature of knowledge in higher education. For the South African position, three different analyses ofstudies and articles on higher education were explored. The first included an analysis by Muller (1998), who analysed 371 titles of research projects as well as master's and doctoral titles that were registered on the Nexus database of the National Research Foundation for the period 1993 -1997. A second analysis, by Uys and Frick (2009), comprised the abstracts of 1237 articles which were published in the South African Journal of Higher Education in the period 1987- 2007. Although not directly comparable to Muller's, this analysis indicated similar as well as different clusters of research undertaken. A third analysis, by Wilkinson and Van Jaarsveldt (2009), comprised 159 articles published by the South African Journal of Higher Education between 2006 and 2007 as one section of their research. The other section looked at 382 titles of master's and doctoral theses as registered on the database of the National Research Foundation for the period 2006 - 2007. From a comparison between the international analysis by Tight on the one hand and the three South African analyses on the other, it was concluded that while the Tight mapping was largely confirmed by the South African anlyses, two further local themes have emerged and another seems to be evolving. The new themes are (9) Transformation in/of higher education and (10) Higher Education and community involvement. A theme that seems to be evolving, is research on the role and use of electronic information and communication systems in higher education, while research on quality issues in higher education seems to be on the downturn or, at least, not growing. Finally, the authors have highlighted a number of issues for possible future exploration in order to extend and promote higher education as a field of research and studies in South Africa. These include the continuing and pressing question of student access to higher education, the relationship of higher education to other levels of post-school education and the effects of the economic downturn worldwide on higher education institutions and systems. It is also suggested that a more accurate and continuous mapping of the field can assist policy makers, study leaders and postgraduate students in making more informed choices on selecting and funding research priorities and topics in the field of higher education studies and research.

    Key concepts: Higher education; field of research; field of study; higher education in South Africa; themes in research on higher education; research in higher education


     

     

    INLEIDING

    Hoër onderwys word wêreldwyd dikwels gesien as stelsels in volksbesit, maar in werklikheid is hoëronderwysinstellings, hul programme, organisasie en bestuur grootliks verskillend en uniek. Hierbenewens is hoëronderwysinstellings dikwels diep gewortel in die kulturele en politieke kontekste waaruit hul ontspring (OECD 2008; Schwarz & Teichler 2000). Dit maak derhalwe baie sin om hoër onderwys as fenomeen te bestudeer vanuit 'n veelheid van oogpunte en perspektiewe. Verder, namate hoëronderwysvoorsiening wêreldwyd uitbrei, neem die belangstelling in die studie van hierdie fenomeen toe ten einde beter te begryp watter voordele en implikasies hierdie vlak van onderwys vir gemeenskappe, die breëre samelewing, asook nasionale en internasionale belange inhou (Brennan & Teichler 2008).

    Aanvanklik is hoër onderwys as 'n onderwerp van navorsing en studie hoofsaaklik bestudeer vanuit die perspektief van formele (graad)programme wat oor die fenomeen van hoër onderwys aangebied is. Hierdie programme of kwalifikasies, ten einde hoëronderwyskundiges en navorsers in die veld van hoër onderwys vir universiteite as leiers en bestuurders (administrators) op te lei, is hoofsaaklik deur universiteite in die VSA ontwerp en aangebied ten einde aan die vraag vir hoëronderwysbestuurders te voldoen (Dressel & Mayhew 1974). 'n Verdere intensivering van sodanige pogings het egter uitgeloop op die publikasie van naslaanwerke oor hoër onderwys (Knowles 1977; Clark & Neave 1992), navorsingsartikels oor hoëronderwysaangeleenthede in handboekformaat (Smart 1985; 2008) en omvattende werke en verslae oor belangrike hoëronderwyskwessies (Teichler & Sadlak 2000; Schwartz & Teichler 2000).

    In Suid-Afrika was daar berigte oor hoër onderwys as 'n aktiewe, maar relatiewe ongeordende studieveld - veral voor die politieke oorgang in 1994 - gekenmerk deur akademici in die veld van hoëronderwysstudie sonder statuur en deur aanbevelings sonder geldige navorsingsbevindinge (Strydom 2002). By terugskouing is hierdie stand van sake deur verskillende outeurs bevestig (Kraak 1999; Le Grange 2002; Muller 2000), maar daar is ook geaigumenteer dat die ondersoekveld van hoër onderwys grootliks versterk is sedert die oorgang na 'n demokratiese regering - onder meer deur verskillende beleidsinisiatiewe en gepaardgaande navorsing en publikasies (CHE 2004).

     

    ONTWIKKELING VAN DIE STUDIEVELD VAN HOËR ONDERWYS

    Na afloop van die relatiewe vreedsame proses van oorgang na 'n demokratiese bestel in SuidAfrika in 1994 het 'n groot aantal beleidsdokumente, publikasies, konferensies en inisiatiewe die lig gesien in die veld van hoëronderwysstudie en -navorsing (Bitzer &Wilkinson 2009). Dit mag redelik akkuraat wees om te beweer dat die nuutverkose ANC regering die status quo op alle vlakke van onderwys, wat hoër onderwys insluit, so vinnig en radikaal moontlik wou verander.

    Hoewel dit te begrype was teen die agtergrond van baie jare se onderdrukking van die aspirasies van en geleenthede vir veral swart mense, behels radikale verandering ook risiko's. Die mees prominente hiervan was 'n gebrek aan finansies en kundigheid vir die implementering van nuwe post-apartheidsbeleidsinisiatiewe in hoër onderwys. Een bekende voorbeeld is die ideologies gedrewe, bykans koorsagtige en nou mislukte implementering van die Uitkoms-gebaseerde Onderwys (UGO) filosofie op skoolvlak, wat ook sterk neerslag in hoër onderwys gevind het. Ander voorbeelde is die sluiting van kolleges vir onderwysersopleiding, die afskaffing van technikons, asook 'n groot aantal gedwonge amalgamasies tussen universiteite. Die meeste van hierdie inisiatiewe het in baie gevalle onderwyskundig min sin gemaak en miljoene addisionele rande gekos (Jansen 2003). Aan die positiewe kant egter, wat die studie van hoër onderwys betref, het nuwe beleidsaspekte, navorsingsinisiatiewe en projekte beslag gekry wat tot publikasies en studiegeleenthede in die veld van hoër onderwys aanleiding gegee het.

    Ontwikkelinge voor 1994

    Histories vertoon die veld van hoëronderwysstudie en -navorsing 'n aantal interessante momente. Die eerste aanduidings van geïnstitusionaliseerde naskoolse onderwys en navorsing daaroor het gepaardgegaan met die stigting van die "Zuid Afrikaanse Athenaeum" of ZAA in Kaapstad op 1 Oktober 1829 (Coetzee & Van Rooy 1949:17). Teen 1837 ontvang die ZAA volle kollege status en word studente geëvalueer teen die Universiteit van London se eksterne eksamens. Die ZAA was ook die voorloper van die eerste volwaardige eksamineringsliggaam vir hoër onderwys in Suid-Afrika, naamlik die Universiteit van die Kaap van Goeie Hoop (UKGH - later die Universiteit van Kaapstad) wat sy beslag in 1873 gekry het. Hierdie geskiedenis, asook dié van 'n aantal kolleges wat ter stigting by die UKGH geaffilieer was, is volledig opgeteken deur Metrowich (1929) in 'n BEd-tesis aan die Universiteit van Kaapstad - waarskynlik een van die eerste volledige gedokumenteerde verwysingsbronne van hierdie aard.

    Vanuit 'n historiese perspektief is Metrowich (1929) se studie van die ontwikkeling van hoër onderwys in Suid-Afrika in die periode 1873 tot 1919 van seminale belang, aangesien dit nie slegs historiese feite weergee nie, maar ook die problematiek van die vroeëre onderwysstelsel, sowel as die chroniese gebrek aan fasiliteite en finansies uitlig. Hierbenewens beklemtoon sy studie ook pogings tot hoëronderwyshervorming in beide die periode voor en na die Anglo-Boereoorlog (1899 - 1902) sowel as die periode tot Uniewording in 1910.

    Ten einde sleutelmomente in hoër onderwys egter beter te verstaan, is dit nodig om bronne te vermeld wat nie noodwendig slegs beleid oor hoër onderwys uitspel nie. Een so 'n bron is dié van Malherbe (1929), 'n toenmalige dosent in Opvoedkunde aan die Universiteit van Kaapstad. Malherbe het 'n publikasie van meer as 500 bladsye die lig laat sien oor Suid-Afrikaanse onderwys in die tydperk wat strek van1652 tot 1922. Die bibliografie van Malherbe se boek bevat verwysings na hoogs interessante dokumente en publikasies oor hoër onderwys, maar sy werk dui eweneens op 'n baie ongeorganiseerde veld van bykans toevallige studie en navorsing oor hoër onderwys as onderwerp van studie.

    'n Meer sistematiese studie oor aspekte van die hoër onderwys blyk uit die navorsingsverslae van die Suid-Afrikanse Raad vir Opvoedkundige en Sosiale Navorsing (later die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing) sedert 1938 (SACESR 1938). Onderwerpe wat in die vroeëre jare van die Raad nagevors is, sluit titels in soos: Die leervermoë van die Suid-Afrikaanse inheemse bevolking, Die opvoedbaarheid van die Suid-Afrikaanse inheemse bevolking en Die verhouding tussen die toetree-ouderdom en die akademiese sukses van universiteitstudente. In laasgenoemde studie deur Malherbe en Cook (1938) word 'n inklusiewe perspektief geneem op nege bestaande (Blanke) universiteite in Suid-Afrika. Vergelykende werk, wat ook die deelname van buitelandse navorsers ingesluit het, het gepoog om antwoorde te verskaf op vrae soos: Wat is die ouderdom van studente wat toetree tot hoër onderwys? Is daar tendense merkbaar betreffende universiteitstoetrede en -bywoning? Vaar jonger toetreders beter as oueres? Maak 'n na-matriekjaar 'n verskil aan universiteitsukses? Hierdie relatief omvattende studie was waarskynlik nie alleen een van die eerste goed gedokumenteerde studies oor universiteitsukses wat van inter-institusionele opname-navorsingstegnieke gebruik gemaak het nie, maar dit het ook navorsingsresultate op 'n gesofistikeerde wyse gerapporteer.

    Een van die eerste beduidende bydraes tot studie en navorsing in hoër onderwys - veral betreffende onderrig en onderrigmetodiek - was die werk van Coetzee en Van Rooy (1949), getiteld Beginsels en metodes van die Hoër Onderwys. Hierdie boek is wyd gebruik aan veral toenmalige Afrikaanse universiteitskampusse as 'n bron vir die ontwikkeling van personeel ten einde hul onderwysvaardighede te verbeter en op te skerp. Veral van besondere waarde was onderwerpe soos die ontwikkeling van die universiteitswese (veral in die Westerse wêreld), die rol en plek van die universiteit in die samelewing, die student-dosent verhouding (relasie) in hoër onderwys, die rol van dissiplines in die universiteitskurrikulum en onderrigbeginsels en -metodes. Coetzee en Van Rooy het goed daarin geslaag om 'n raamwerk te skep vir onderwysontwikkeling aan universiteite, maar ook 'n gemotiveerde navorsingsagenda daargestel wat veral in die jare sestig beslag gekry het.

    Rondom 1960 en republiekwording in 1961, terwyl die Nasionale Party stewig in beheer van apartheidspolitiek was, is 'n hele aantal nuwe universiteite in Suid-Afrika gevestig (onder meer die Universiteit van Zululand, die Universiteit van die Noorde te Turfloop, die Universiteit van Durban-Westville vir Indiërs, die Randse Afrikaanse Universiteit en die Universiteit van Port Elizabeth) - meesal om die verklaarde beleid van "afsondelike ontwikkeling" stukrag te gee. Terselfdertyd het debatte en geskrifte oor politiek en regeringsinmenging in hoër onderwys verhewig. Kwessies soos rasgebaseerde hoër onderwys (Behr 1969; 1970), die rol en funksies van die universiteit (Versveld 1962), universiteit en samelewing (Thom 1965), studente-opstande (Gouws 1973) en akademiese vryheid (Esterhuyse 1973) is wyd nagevors en gepubliseer.

    Ook van besondere belang vir navorsing en studie in hoër onderwys was 'n boek deur Pauw (1975), Die Westerse Universiteit, waarin 'n analise gemaak is van die karakteristiek van die Westerse universiteit (as model vir die Suid-Afrikaanse universiteit) met toepassings op die Suid-Afrikaanse universiteitswese van die 1960/70's. Hoewel dit 'n uiters belangrike bydrae in daardie stadium tot die literatuur oor hoër onderwys gemaak het, het Pauw se werk ongelukkig twee sake nie goed belig nie. Eerstens het hy die onstuimige politieke konteks in Suid-Afrika, en veral die rol van protespolitiek in hoër onderwys, grootliks geïgnoreer. Tweedens het hy slegs die Westerse universiteit as verkenningsraamwerk benut en geen aandag aan universiteite in ontwikkelende lande geskenk nie. Hierdie twee leemtes was prominent, maar ter versagting het Pauw wel 'n bylae ingevoeg oor die werk en bevindinge van die sogenaamde Van Wyk De Vries Kommissie van Ondersoek na Hoër Onderwys (VWdVK), wat deur die Nasionale Party Regering onder leiding van regter J van Wyk de Vries aangestel is in 1968. Ongelukkig het (of kon) hierdie verslag, wat 'n aantal belangrike kwessies aangespreek het (onder meer akademiese vryheid, die regsposisie van universiteite met betrekking tot die Staat, die instel van adviesliggame oor hoër onderwys, universiteitsfinansiering en studente-onrus), nie die wesenlike strukturele problematiek van 'n versnipperde, polities gedrewe hoëronderwysstelsel in oënskou geneem nie.

    Op 'n praktiese vlak was een van die VWdVK se aanbevelings die verbetering van deur-vloeikoerse van voorgraadse studente - veral eerstejaarstudente - aan universiteite. Benewens ander aspekte wat uitgelig is, het navorsing oor voorgraadse studentesukses en veral die oorsake van druip- en uitvalkoerse besondere aandag ontvang. Hiervolgens het talle inisiatiewe in terme van projekte en publikasies beslag gekry tussen 1975 en 1990. Byvoorbeeld: Die toenmalige Randse Afrikaanse Universiteit se Buro vir Universiteitsonderwys het talle artikels en kort navorsingsverslae gepubliseer in hul plaaslike Bulletin vir Dosente. Dit is gevolg deur talle ander universiteite wat soortgelyke institusionele projekte onderneem het en die resultate in plaaslike dosente-bulletins gepubliseer het. Hierdie inisiatiewe is opgevolg deur die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Navorsing en Ontwikkeling in Hoër Onderwys (SAVNOHO) in 1979 en die Tydskrifvir Hoër Onderwys (SATHO) in 1987, finansieel gesteun deur die Komitee vir Universiteitshoofde (KUH). Laasgenoemde tydskrif is tans (2012) steeds 'n belangrike publikasiemedium vir navorsing oor hoër onderwys in Suid-Afrika.

    Aan die ander kant van die (politieke) spektrum van Suid-Afrikaanse hoër onderwys, meesal onder aanvoering van die "liberale" Engelsmedium universiteite, was daar akademiese personeel en studente wat hoogs krities en selfs militant uitgesproke was oor die doen en late van die "konserwatiewe" Afrikaanse universiteite. In sy oorsig oor akademiese ontwikkeling in Suid-Afrika verduidelik Scott (2009) hoe dosente aan hierdie universiteite openlik die status quo uitgedaag het deur swart studente aan sogenaamde Wit, Indiër en Kleurling-kampusse, met Engels as onderrigtaal, te akkommodeer. Akademiese ontwikkelingseenhede aan instellings soos die Universiteit van Durban-Westville, die Universiteit van Wes-Kaapland en die universiteite van Kaapstad, Witwatersrand, Rhodes en Natal het hierin die voortou geneem en onder meer die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Akademiese Ontwikkeling (South African Association for Academic Development) gestig in 1985. Tans funksioneer hierdie vereniging in 'n nuwe gedaante as die Hoër Onderwys Leer en Onderrig Vereniging van Suider-Afrika (Higher Education Learning and Teaching Association of Southern Africa). Talle navorsingsprojekte oor hoër onderwys is deur laasgenoemde vereniging geloods en die resultate daarvan bekendgestel - onder meer in buitelandse hoëronderwystydskrifte en die Tydskrifvir Onderwys (Journal of Education) wat reeds vir 23 jaar in Suid-Afrika deur die Universiteit van Natal uitgegee word.

    In die laat tagtiger- en vroeëre negentigerjare het minstens twee belangrike ontwikkelinge besondere momentum verleen aan studie en navorsing oor hoër onderwys. Die eerste was die stigting van die eerste Eenheid vir Navorsing oor Hoër Onderwys (ENHO) aan die Universiteit van die Vrystaat, finansieel gesteun deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. Die aanvanklike werk van die ENHO het hoofsaaklik gefokus op gehalteversekering en leierskap in hoër onderwys (Bitzer 2009), maar later is ook besonder belangwekkende werk gepubliseer oor onderwerpe soos toegang tot hoër onderwys, streeksamewerking tussen verskillende soorte onderwysinstellings en vergelykings met internasionale stelsels van studentetoegang en studentesukses aan universiteite. Een besondere bydrae van die ENHO was om navorsers in die studie van hoër onderwys op te lei wat institusioneel, sowel as aan ander hoëronderwyssinstellings, bydraes kon lewer tot die uitbou van die studieterrein.

    'n Tweede belangrike ontwikkeling was die totstandkoming van die Naskoolse Onderwys Navorsingsgroep (Post-secondary Research Group) onder die leiding van Cloete en Nkhulu (NEPI 1992). Bestaande uit 21 navorsers van verskillende agtergronde en ondersteun deur die Nasionale Onderwys Koördineringskomitee van die ANC, het hierdie groep 'n groot bydrae gelewer tot die totstandkoming van die sogenaamde NEPI (National Education Post-secondary Initiative) verslag in 1992, wat 'n hele aantal belangrike hoëronderwyskwessies op die agenda vir debat en navorsing geplaas het in aanloop tot die oorgang na 'n demokratiese regering in 1994. Hierdie ondersoek het ook gedien as die voorloper van die Nasionale Kommissie oor Hoër Onderwys wat in 1996 beslag gekry het onder voorsitterskap van professor Jairam Reddy, gevolg deur die Wet op Hoër Onderwys (101 van 1997) en talle beleidsdokumente en publikasies in die post-1994 era.

     

    KARTERING VAN DIE VELD VAN HOËRONDERWYSSTUDIE EN -NAVORSING

    Die voorgaande agtergrondoorsig, wat enkele hoofmomente uitlig oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis van studies en navorsing op die terrein van hoër onderwys, lei noodwendig tot die vraag na hoe die studieterrein van hoër onderwys tans daar uitsien - veral in die lig van bestaande buitelandse karterings van die ondersoekveld. Die volgende vrae het derhalwe 'n ondersoek in hierdie verband deur die skrywers gerig: Wat is die huidige (tematiese) kartering van hoër-onderwysstudie en -navorsing in Suid-Afrika? Is daar bepaalde beklemtonings in Suid-Afrika in vergelyking met internasionale karterings? Is daar bewyse van unieke huidige en toekomstige beklemtonings in hoëronderwysstudie en -navorsing, gegewe die sosio-politiese ontwikkelinge in Suid-Afrika oor die afgelope byna twintig jaar na 1994? Meer duidelikheid oor hierdie vrae kan moontlike leemtes aandui, sowel as 'n rigtingwyser dien, vir die identifisering van toekomstige studie- en navorsingsonderwerpe en -temas.

    Temas in hoëronderwysstudie en -navorsing

    Met die oog op vergelyking tussen internasionale en Suid-Afrikaanse karterings, is die analise van Tight (2003; 2004; 2004a), wat in die Brits-Europese konteks onderneem is, waarskynlik die mees akkurate. Tight het 406 gepubliseerde artikels in die 17 mees prominente akademiese tydskrifte in die studieveld van hoër onderwys vir die tydperk 2000 - 2003 ontleed. Hierdie tydskrifte publiseer slegs artikels in Engels, is hoogs selektief en word almal buite die VSA uitgegee. Tight se analise het die volgende agt tematiese kategorieë van ondersoek in hoër onderwys prominent uitgelig:

    1. Onderrig en leer in hoër onderwys - insluitend studentebenaderings tot studie, studente-leerstyle en dosente-onderrigstrategieë.

    2. Kurrikulumbeplanning en ontwerp - insluitend assessering van leer, die assessering van kompetensie, tegnologie in leer, kurrikulumevaluering en die beplanning van nagraadse programme.

    3. Studente-ervarings - insluitend studente-toegang, diversiteit, studente-sukses en staking van studies, werkgeleenthede en buite-klas ervaringe van studente.

    4. Gehalte - insluitend die evaluering van programme, evaluering van instellings, evaluering van leeruitkomste en standaarde, gradering ("rating") van instellings en die effektiwiteit van moniteringstelsels.

    5. Sisteme en beleid - insluitend massa-onderwys, befondsing, nasionale beleidstudies, globalisering en die rendement op belegging in hoër onderwys.

    6. Institusionele bestuur - insluitend institusionele outonomie, institusionele leierskap, departementele (middelvlak) bestuur, institusionele-/organisasiestrukture, samesmeltings, bemarking en die verhouding tussen hoëronderwysinstellings en die arbeidsmark.

    7. Akademiese werk - insluitend akademiese loopbane, oriëntering van nuutaangestelde akademiese personeel, akademiese mobiliteit, professionalisering, akademiese rolle, akademiese ontwikkeling, vroue in die akademie en beroepsbevrediging.

    8. Kennis - insluitende die aard van navorsing en generering van kennis, dissiplines en inter-/multi-/transdissiplinariteit, kennisvorme en die aard en rol van die universiteit.

    Tight (2003:7-8; 2004: 6) beskryf sy tematiese klassifikasie as "indicative and useful" met die moontlikheid dat ander navorsers selfs meer, minder of verskillende tematiese kategorieë sou kon identifiseer deur 'n ander seleksie van tydskrifte of kombinasies van tydskrifte te benut. Die skrywers is egter van mening dat Tight se kartering deeglik, omvangryk en akkuraat gedoen is, maar tog genoeg plooibaarheid laat ten einde die byvoeging van onderwerpe of, andersyds, die byvoeging, weglating of samevoeging van bepaalde tematiese kategorieë moontlik te maak. Teen hierdie agtergrond het die skrywers drie tematiese klassifikasies van gepubliseerde materiaal oor hoër onderwys in die Suid-Afrikaanse konteks ondersoek.

    Suid-Afrikaanse tematiese klassifikasies van gepubliseerde navorsing oor hoër onderwys

    Die Suid-Afrikaanse klassifikasies wat ontleed is, is gebaseer op onderwerpe van ondersoek wat op die Nexus databasis van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) geregistreer is sowel as wat in artikels in geakkrediteerde akademiese tydskrifte oor hoër onderwys gepubliseer is. Beide hierdie databronne kan as geldig en betroubaar gereken word, aangesien dit empiries-verifieerbare inligting bevat. Die analises wat benut is, is dié van Muller (1998), Uys en Frick (2009) en Wilkinson en Van Jaarsveldt (2009).

    Die analise van Muller (1993 - 1997)

    In een van die eerste analises van hierdie aard in Suid-Afrika het Muller (1998) 'n ontleding gemaak van 371 titels van navorsingsprojekte, tesisse en proefskrifte wat tussen 1993 en 1997 op die Nexus databasis van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) geregistreer was. Twee temas van ondersoek wat prominent in hierdie analise uitgestaan het, was studenteleer (26% van die titels) en kurrikulumontwikkeling (22% van die titels). Dit is gevolg deur temas wat elk nie meer as 10% van die oorblywende totaal uitgemaak het nie. Sulke temas het ingesluit onderwyspraktyke en -metodes in hoër onderwys, tegnologie in hoër onderwys, studente-oorbruggingsprogramme, akademiese personeelontwikkeling en institusionele beheer ("governance") van hoëronderwys-instellings.

    Wat in Muller se ontleding uitgestaan het, was die swaar navorsingsklem enersyds op die leer en onderrig van studente en andersyds op die ontwerp en evaluering van leerprogramme/ kurrikula. Wat ook opvallend was, was die duidelike gebrek aan onderwerpe oor klemverskuiwings in die onderwysbedeling sedert 1994. Die vraag ontstaan derhalwe waarom die radikale veran-deringe in die Suid-Afrikaanse samelewing en onderwys, meegebring deur nuwe wetgewing en transformasie, nie sterker in navorsingstemas in hoër onderwys gereflekteer is nie. Die navorsing van Uys en Frick (2009) werp ietwat meer lig op dié saak, aangesien die analise waarskynlik té kort sedert 1994 onderneem is om omvangryke navorsing in hierdie verband aan te dui.

    Die analise van Uys en Frick (1987- 2007)

    Deur gebruik te maak van onderwerpmodellering het Uys en Frick 'n totaal van 1 237 opsommings (abstrakte) ontleed van artikels wat in die Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Hoër Onderwys gepubliseer is in die tydperk tussen 1987 en 2007. Hierdie studie het die elektroniese tel van sleutelterme in artikelopsommings behels deur die benutting van CAT ("Computer Analysis Toolkit") sagteware met die aanname dat veranderinge in die breë Suid-Afrikaanse samelewing en spesifiek in hoër onderwys deur navorsing en publikasies in hierdie tydskrif gereflekteer sou word.

    Vanuit Uys en Frick se analise het 'n totaal van 50 breë onderwerpe na vore getree - elk geassosieer met bepaalde sleutelwoorde en -frases. Die volgende tien temas het geblyk die mees prominente te wees vir die tydperk van 20 jaar wat deur die analise gedek is (nie noodwendig in numeriese orde nie):

    1. Institusionele verandering (veral soos dit verband hou met die Nasionale Plan vir Hoër Onderwys en transformasie);

    2. Faktore wat studenteprestasie beïnvloed; Vergelyk Bitzer E M & Bezuidenhout S M. 2000. Hoër Onderwys en diversiteit: 'n Oop gesprek. Acta Academica, 32(2): 145-166, asook: Bitzer E M & Bezuidenhout S M. 2001. Problematiek rondom die konseptualisering van die begrip "transformasie van hoër onderwys" in Suid-Afrika. Tydskrifvir Geesteswetenskappe (Journal of Humanities), 41(1): 33-40.

    3. Leerteorieë;

    4. Institusionele navorsing (algemene institusionele problematiek);

    5. Gehalteversekering;

    6. Akademiese personeel en personeelontwikkeling;

    7. Akademiese prestasie en faktore wat met prestasie van studente verband hou;

    8. Onderwysersopleiding;

    9. Nagraadse studieleiding;

    10. Die evaluering van onderrig en onderrigeffektiwiteit.

    Hoewel hierdie analise nie direk met dié van Muller vergelyk kan word nie, aangesien die bron (nagraadse studieverslae vs. gepubliseerde artikels) en die tydperk (1993 - 1997 vs. 1987 - 2007) verskil, is twee waarnemings tog moontlik. Eerstens was die klem op institusionele navorsing en die sturing ("steering") en transformasie van hoër onderwys nie enigsins sigbaar in Muller se analise nie, maar wel in dié van Uys en Frick (Tema 1). Tweedens het die hoë prioriteit aan kurrikulum en kurrikulumontwikkelingsaspekte in Muller se analise sterk gekontrasteer met die oënskynlike gebrek aan 'n navorsingsklem op kurrikula en kurrikulumontwikkeling in die analise van Uys en Frick. Hierdie waarnemings is egter verder verfyn en geverifieer deur twee verdere ondersoeke, naamlik dié van Wilkinson en Van Jaarsveldt (2009).

    Die analises van Wilkinson en Van Jaarsveldt (2003 - 2008)

    • Wilkinson en Van Jaarsveldt (2009) het, ten einde moontlike leemtes in die studieveld (en dus geleenthede vir navorsingstemas) uit te wys, twee analises onderneem. 'n Eerste analise van 159 artikels soos gepubliseer deur die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Hoër Onderwys (SATHO) tussen 2006 en 2007, sowel as retrospeksie op die analise van Uys en Frick, het tot die volgende waarnemings gelei:
    • Die tematiese klassifikasie van Tight (2003; 2004; 2004a) is in 'n groot mate toepaslik bevind vir die kategorieë wat in Suid-Afrikaanse gepubliseerde artikels oor hoër onderwys na vore getree het. Die subkategorieë soos deur Tight aangedui, was egter nie deurgaans toepaslik nie en unieke Suid-Afrikaanse beklemtonings is uitgewys.
    • Internasionale tendense, soos 'n navorsingsklem op gehalte en institusionele oudits, is bevestig, maar met 'n kwyning in belangstelling onder navorsers oor die tema van gehalteversekering was reeds sigbaar.
    • Die toenemende klem op die rol en benutting van inligtings- en kommunikasietegnologie in hoër onderwys het sterker na vore getree in navorsingsonderwerpe en was besig om stewiger te vestig as navorsingstema.
    • Teen 2006/7 was die transformasie van hoër onderwys en aangeleenthede wat daarmee verband hou 'n navorsingstema wat besondere belangsteling ontlok het. Daardie tendens is waarskynlik aan die toeneem (of minstens nog nie aan die afneem nie) soos wat politieke en gemeenskapsdruk op hoëronderwysinstellings (veral in Suid-Afrika) om volledig te transformeer1 toeneem. Dit mag ook 'n addisionele kategorie van navorsing oor telematiese onderwys aandui.
    • 'n Klem op die verband tussen hoer οnderwys en gemeenskapsveranwoordelikheid blyk 'n verdere unieke Suid-Afrikaanse klem in navoringsonderwerpe oor hoër onderwys te dra wat nie in Tight se klassifikasie voorgekom het nie.

    In hul tweede analise het Wilkinson &Van Jaarsveld (2009) die onderwerpe van 382 meesters en doktorale studies ontleed wat op die NNS databasis geregistreer was en tussen 2003 en 2008 voltooi is.Figuur ltoon eiebevindingevanhierVie analise.

    Die verspreiding van navorsingsonderwerpe oor die temas soos gelys in Figuur 1 toon sterk ooreenkomste met die analise van Uys en Frick (2009), maar belangriker, die tendense wat in die vroeëre analise van Muller (1998) uitgewys is, is grootliks deur hierdie analise bevestig. Byvoorbeeld, studente-aangeleenthede in hoër onderwys het steeds 'nhoë navorsingsprioriteit geniet (ongeveer 20%),terwyl kurrikulum en onderrig (gesamentlik ongeveer 16%) eweneens prominent was. Nuwe onderwerpe het egter verband gehou met inheemse kennissisteme, navorsing oor HIV en VIGS in hoëronderwys , hoëronderwys in Afrikaenstud entetoegang tothoëronderwys. Wat opvallend afwesig was in al die betrokke analises, is enige noemenswaardige navorsing oor die finansiering van hoër onderwys en die problematiek van finansies in die toegang tot hoër onderwys-veral vir studente vanuit minder bevoorregte groepe.

     

     

    Gevolgtrekking oor die drie stelle analises

    Die drie stelle analises hierbo reflekteer 'n verskeidenheid temas en onderwerpe betrokke in hoëronderwysstudies en -navorsing in Suid-Afrika, maar dit dui eweneens op die realiteit en potensiaal vir trans- en multidissiplinêre navorsing oor die verskynsel en problematiek van hoër onderwys. Voorts was die ooreenstemming met die internasionale analise van Tight (2003; 2004; 2004a) ooglopend - veral ten opsigte van temas wat nie noodwendig gekoppel is aan nasionale prioriteite en tendense nie. Dit sluit in studente- en akademiese aangeleenthede, onderrig en leer, institusionele bestuur en gehalteversekering in hoër onderwys.

    Die toepaslikheid van Tight se kartering is dus grootliks bevestig, maar dui waarskynlik, wat die Suid-Afrikaanse konteks betref, op minstens twee nuwe of addisionele tematiese kategorieë van ondersoek. Die eerste kategorie dui op toenemende navorsing oor die oorgangsperiode in hoër onderwys sedert 1994 en sluit onderwerpe in soos demokratisering, transformasie, gelyk-waardigheid, veranderinge in die landskap van hoër onderwys en betrokkenheid by Afrika en Afrika hoër onderwys. Die tweede dui op navorsing oor die groter belangstelling in en betrokkenheid by samelewingsbehoeftes, dienslewering deur kennisverwerwing en kennistoepassings binne ontwikkelende gemeenskappe, die benutting van diensleer in kurrikula sowel as onderwerpe wat hoër onderwys met aspekte van gesondheid en menslike welsyn verbind soos HIV en VIGS, onderwys binne gemeenskapsverband, omgewingskwessies en volhoubaarheid, en inheemse kennissisteme.

    Wat ook opvallend is, is dat die navorsingsklem op gehalte en gehalteverbetering in hoër onderwys ietwat teruggesak het ten gunste van inligting- en kommunikasietegnologie in hoër onderwys, asook die rol van globalisering en internasionalisering van hoër onderwys. Samevattend kan dus gesê word dat die kartering van ondersoektemas in hoër onderwysstudies en -navorsing, soos deur Tight (2003; 2004; 2004a) voorgestel, grootliks aanvaar of bevestig is deur die drie Suid-Afrikaanse analises, maar dat, wat Suid-Afrika betref, minstens twee nuwe tematiese kategorieë in hierdie kartering bygevoeg sou kon word, naamlik (a) Transformasie van/in hoër onderwys en (b) Hoër Onderwys en sosio-ekonomiese betrokkenheid. 'n Voorgestelde kartering van die studieterrein in Suid-Afrika sou dus daar kon uitsien soos in Figuur 2 hieronder aangedui.

     

     

    Die voorgestelde toevoegings hierbo is gebaseer op drie empiriese analises en poog om die tendense in hoëronderwysstudie en -navorsing binne 'n internasionale raamwerk te plaas. Uiteraard dui dit nie noodwendig die huidige gapings en tekortkominge in die studieveld aan nie en derhalwe is opvolgnavorsing noodsaaklik ten einde die kartering van vergelykende gegewens volledigheids-halwe by te hou. Intussen is daar ook nuwe gebeure in hoër onderwys in Suid-Afrika wat navorsers waarskynlik sal stimuleer en motiveer om oor bepaalde onderwerpe in hoër onderwys navorsing te doen. Om slegs drie onlangse voorbeelde te noem: Die kwessie van toegang tot hoër onderwys, die gebrek aan voldoende studiegeleenthede en die verwante tragiese gebeure by die Universiteit van Johannesburg wat tot lewensverlies gelei het (University World News 2011), is een so 'n voorbeeld. Situasies en gebeure van hierdie aard, sowel as die aanleidende oorsake daartoe, sal waarskynlik die problematiek van toegang tot en studiegeleenthede vir studente in Suid-Afrika deeglik onder die (navorsings-) vergrootglas plaas.

    'n Tweede voorbeeld is die inhoud en implikasies van voorstelle rondom die voorsiening van naskoolse onderwysgeleenthede in Suid-Afrika soos onlangs voorgestel deur die gepubliseerde Groenskrif oor Naskoolse Onderwys (RSA 2012). Gegewe die buitengewone groot getalle jongmense wat geensins naskools studeer of enige opleiding ontvang nie (tans na beraming tot 3,5 miljoen), word die massafisering van naskoolse onderwys in Suid-Afrika in die Groenskrif voorgestel - ook wat hoër onderwys betref. Daar word in die vooruitsig gestel dat die deelnamekoers van die huidige ongeveer 15% van 18-25 jariges van die bevolking sal verhoog na 23% in 2025. Hierdie uitbreidings sal geweldige eise aan hoër en ander vlakke van onderwys stel en waarskynlik deeglik in navorsingsonderwerpe reflekteer.

    'n Derde tendens is die veranderinge in die voorsiening en finansiering van hoër onderwys, wat tans wêreldwyd deur ekonomiese knellings en insinkings beïnvloed word (Breneman 2002; Douglass 2010). Groter finansiële bydraes tot universiteitskostes deur studente, beperkings op die voorsiening van werkgeleenthede, besnoeiings deur (veral Westerse) regerings op hoër onderwys-uitgawes en toenemende steun op kennis as basis vir ekonomiese ontwikkeling en groei bring nuwe vraagstukke na vore wat waarskynlik 'n impak sal hê op hoëronderwysnavorsingsagendas en temas wêreldwyd, sowel as in Suid-Afrika.

     

    TER AFSLUITING

    Teen die agtergrond van enkele historiese grepe is die vraag gevra na hoe die veld van studie en navorsing in hoër onderwys internasionaal daar uitsien, veral wanneer die kartering van gepubliseerde navorsing in oënskou geneem word. Die gesaghebbende klassifikasie van Tight (2003; 2004; 2004a) vertoon agt kategorieë van navorsingstemas wat dien as 'n tentatiewe kartering van die veld - veral soos dit blyk uit gerapporteerde navorsing in gesaghebbende akademiese vaktydskrifte buite die VSA. Daar is ook ondersoek ingestel na hoe die Suid-Afrikaanse kartering vergelyk met Tight se klassifikasie en of daar bepaalde unieke navorsingstemas na vore tree (of besig is om na vore te tree) binne die plaaslike (Suid-Afrikaanse) konteks. Hiervoor is minstens drie analises (Muller 1998; Uys & Frick 2009; Wilkinson & Van Jaarsveldt 2009) benut wat grootliks die kartering van Tight bevestig het, maar ook twee nuwe tematiese kategorieë, sowel as een moontlike klemverskuiwing aangetoon het.

    Finaal sou gevra kon word watter betekenis sodanige ondersoek het vir beleidmakers, nagraadse studente, studieleiers en navorsers in die veld van hoër onderwysstudie en -navorsing. Antwoorde hierop is belangrik gegewe die feit dat minstens 14 universiteite in Suid-Afrika altesaam 10 meestersgraadprogramme en 5 doktorale programme met verskillende inhoude en beklemtonings in hoër onderwys as studie- en navorsingsveld aanbied (Wilkinson & Marais 2011). Meesal wentel sodanige programme rondom die spesialisterreine van studieleiers, institusionele voorkeure of problematiek, of bloot pragmatiese (en dikwels isoteriese) onderwerp-keuses van studente. Daar blyk ook relatief min samewerking tussen instellings te wees in hierdie studieterrein, alhoewel daar tans pogings is om in streeksverband beter saam te werk en duplisering van studieprogramme en navorsing te beperk (CHEC 2011).

    Teen hierdie agtergrond is dit hoogs wenslik dat studie en navorsing aangepak word met inagneming van 'n kartering van die veld hoër onderwys ten einde 'n bepaalde studie of projek in die studieveld te kan posisioneer. Wanneer die parameters van 'n studieveld bekend is, kan dit aansienlik bydra tot die professionalisering daarvan sowel as die uitbreiding (grensverskuiwing) van die betrokke kennisveld.

    Dis duidelik dat hoër onderwys as studie- en navorsingsterrein in Suid-Afrika tans baie beter gevestig is as twintig of dertig jaar gelede, maar die studieterrein blyk steeds erg versnipperd te wees tussen verskillende programme, universiteite, staatsinstellings en staatsondersteunde instellings. Hoewel daar tekens is van professionele verenigings, groeperinge wetenskaplikes en statutêre liggame wat leiding verskaf in die bestudering van en prioriteitsbepaling vir navorsing in hoër onderwys (bv. die Vereniging vir Leer en Onderrig in Hoër Onderwys in Suider-Afrika/HELTASA, die Vereniging vir Institusionele Navorsing/SAAIR, die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele persone in Senior Studente-aangeleenthede/SAASSAP, die Suid-Afrikaanse Akademie/ SA Akademie, die Akademie vir Wetenskap in Suid-Afrika/ASSAf , die Raad op Hoër Onderwys/ CHE, Hoër Onderwys Suid-Afrika/HESA en die Nasionale Departement van Hoër Onderwys en Opleiding/DHET), is die veld van studie en navorsing oor hoër onderwys steeds hoogs gefragmenteerd sonder enige koherente kennisbasis of algemeen erkende navorsingsmetodologiese benaderings. Die kartering of kategorisering van enige veld van studie is 'n komplekse aange-leentheid - hoofsaaklik omrede dit grootliks post hoc en retrospektief geskied. Dit bly egter 'n noodsaaklike hulpmiddel om aan navorsers, nagraadse studieleiers, nagraadse studente en beleidmakers aanduidings te verskaf van historiese tendense, beklemtonings in navorsing, verskuiwing van kennisgrense en die moontlike uitskakeling van duplisering en verkwisting van hulpbronne vir navorsing - veral in Suid-Afrika, 'n land met 'n spektrum van dringende bestedingsprioriteite.

     

    BIBLIOGRAFIE

    Behr A. L. 1969. University colleges for Non-Whites. Johannesburg: Institute for Race Relations. Memo No. 7/69.        [ Links ]

    Behr A. L. 1970. Some aspects of education in South Africa for the seventies with special reference to our Indian community. Stanger: Unpublished address to the Stanger Branch of the South African Indian Teachers' Association. 12 September.         [ Links ]

    Behr A. L. & MacMillan R.G. 1971. Education in South Africa. Pretoria: JL van Schaik. Second edition.         [ Links ]

    Bitzer E.M. 2009. Journeying with higher education studies and research: A personal perspective. In Bitzer (ed.). Higher education in South Africa: A scholarly look behind the scenes. Stellenbosch: Sun Media Publishers.        [ Links ]

    Bitzer E.M. & Wilkinson, A.C. 2009. Higher education as a field of study and research. In Bitzer (ed): Higher education in South Africa: A scholarly look behind the scenes. Stellenbosch: Sun Media Publishers.        [ Links ]

    Breneman D.W. 2002. For colleges, this is not just another recession. The Chronicle of Higher Education. 14 Junie.        [ Links ]

    Brennan J. & Teichler U. 2008. The future of higher education and of higher education research. Higher Education, 56(3): 259 - 264.         [ Links ]

    CHEC (Cape Higher Education Consortium). 2011. Proposal for a postgraduate diploma in higher education studies in the Western Cape. Cape Town: Cape Higher Education Consortium. Unpublished document.        [ Links ]

    Clark B. & Neave G. R. (eds). 1992. The encyclopedia of higher education. Volume 2. Oxford: Pergamon Press.        [ Links ]

    Coetzee J. Chr. & Van Rooy D. J. 1949. Beginsels en metodes van die hoër onderwys. Pretoria: J L van Schaik Ltd.        [ Links ]

    CHE (South African Council on Higher Education). 2004. South African higher education in the first decade of democracy. Pretoria: Council on Higher Education.        [ Links ]

    Douglass AE. 2010. Higher education budgets and the global recession: Tracking varied national responses and their consequences. Berkeley: Centre for Studies in Higher Education, University of California at Berkeley.        [ Links ]

    Dressel P. L. & Mayhew L. B. 1974. Higher education as afield of study. San Francisco: Jossey Bass. Esterhuyse W. P. 1973. Akademiese Vryheid [Academic freedom]. Bulletin vir Dosente, 6(1): 1 - 5. Stellenbosch: Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

    Gouws S. J. L. 1973. Studente-opstande in pedagogiese perspektief. Johannesburg: Randse Afrikaanse Universiteit.        [ Links ]

    Jansen J.D. 2003. How mergers shape the institutional curriculum. Education and Change 7(2): 3-19         [ Links ]

    Knowles A. S. (ed.). 1977. The international encyclopedia of higher education. San Francisco: Jossey-Bass Publishers.        [ Links ]

    Kraak A. 1999. Investigating new knowledge production: A South African higher education case study. Paper at the international conference: Re-organising knowledge, transforming institutions - Knowing, knowledge and the university in the twenty-first century. Amherst, University of Massachusetts. 17 - 19 September.        [ Links ]

    Kruger B. 1966. The pear tree blossoms: The history of the Moravian Church in South Africa 1737-1869. Genadendal: Genadendal Press.         [ Links ]

    Le Grange L. L. 2002. Challenges for higher education transformation in South Africa: integrating the local and the global. South African Journal of Higher Education, 16(1):67-73.        [ Links ]

    Malherbe E. G. 1923. Education in South Africa. Cape Town: University of Cape Town Press.         [ Links ]

    Malherbe E. G. & Cook P. A.W. 1938. Relationship of entrance age of university students to their academic success. Pretoria: South African Council for Educational and Social Research.         [ Links ]

    Metrowich F.C.1929. The development of higher education in South Africa, 1873 - 1927. Cape Town: University of Cape Town Press.         [ Links ]

    Muller A. 1998. Trends in research in higher education. Unpublished presentation. Bloemfontein: Unit for Research into Higher Education. 11 March.         [ Links ]

    Muller J. 2000. What knowledge is of most worth for the millennial citizen? Cape Town: University of Cape Town: Unpublished paper.        [ Links ]

    NEPI (National Education Policy Initiative). 1992. Post-secondary education. Cape Town: Oxford University Press/NECC.        [ Links ]

    OECD (Organisation for Economic Cooperation and Development). 2008. Tertiary Education for the Knowledge Society. Thematic Review of Tertiary Education: Synthesis Report. Paris: OECD.         [ Links ]

    Pauw J.R. 1969. Eerstejaar op die kampus. Johannesburg: Boekhandel De Jong. Pauw JR. 1975. Die Westerse universiteit. Johannesburg: Boekhandel De Jong.        [ Links ]

    RSA (Republic of South Africa). 2012. Green paper on post-school education and training. Pretoria: Department of Higher Education and Training.         [ Links ]

    SACESR (South African Council for Educational and Social Research). 1938. Research Series. Pretoria: South African Council for Educational and Social Research         [ Links ]

    Schwarz S. & Teichler U. (eds). 2000. The institutional basis of higher education research. Dordrecht: Kluwer Academic.        [ Links ]

    Scott I. 2009. Academic development in South African higher education. In Bitzer (ed.). Higher education in South Africa. A scholarly look behind the scenes. Stellenbosch: Africa Sun Media, pp. 21-50.         [ Links ]

    Smart J. C.(ed.). 1985. Higher Education: Handbook of theory and research. Volume 1. Dordrecht: Springer.         [ Links ]

    Smart J. C. (ed.). 2008. Higher Education: Handbook oftheory and research. Volume 23. Dordrecht: Springer.         [ Links ]

    Strydom A. H. 2002. Globalisation and higher education studies in South Africa. South African Journal of Higher Education, 16(1):91-98.         [ Links ]

    Teichler U & Sadlak J. 2000. Higher education research: Its relationship to policy and practice. Issues in Higher Education Series. Paris: International Association of Universities.        [ Links ]

    Thom H. B. 1965. Universiteit en maatskappy . Stellenbosch: Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

    Tight M. 2003. Researching higher education. Berkshire: Society for research into Higher Education & Open University Press.        [ Links ]

    Tight M (ed.). 2004. The Routledge-Falmer Reader in Higher Education. London: Routledge-Falmer.         [ Links ]

    Tight M. 2004a. Research into Higher Education: an a-theoretical community of practice. Higher Education Research and Development, 23(4):395-411.         [ Links ]

    UNESCO (United Nations Educational Scientific and Cultural Organization). 1998. World Conference on Higher education in the 21st century. WCHE Thematic debates. Retrieved on 5 March, 2011 from http://portal.unesco.org/education/en/ev         [ Links ]

    Uys J. W. & Frick B. L. 2009. SAJHE reviewed. An analysis of publication trends in the South African Journal ofHigher Education (1987 - 2007). Unpublished Report. Stellenbosch: Stellenbosch University.         [ Links ]

    Versveld M. 1962. Rondom die middeleeue. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.        [ Links ]

    Wilkinson A.C. & Marais N. 2011. Opname oor die aanbieding van nagraadse programme in hoëronder- wysstudies en navorsing aan Suid-Afrikaanse Universiteite. Ongepubliseerde verslag.        [ Links ]

    Universiteit van die Vrystaat, Sentrum vir Hoëronderwysstudies en Ontwikkeling.         [ Links ]

    Wilkinson A. C. & Van Jaarsveldt D. E. 2009. Trends in South African higher education studies and research. Preliminary findings. Unpublished report. Bloemfontein: University of the Free State, Centre for Higher Education Studies and Development.        [ Links ]

     

     

    Eli bitzer is 'n gewese president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Navorsing en Ontwikkeling in Hoër Onderwys (SAVNOHO), 'n raadgewende redakteur vir Suid-Afrikaanse en buitelandse wetenskaplike tydskrifte en 'n koördineerder van akademiese personeelontwikkelings- en ander projekte in hoër onderwys. Hy begelei meesters en doktorale studente aan die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Die jongste twee boeke waarvan hy as redakteur opgetree het is Higher Education in South Africa: A scholarly look behind the scenes en Curriculum Inquiry in South African Higher Education: Some scholarly affirmations and challenges. Professor Bitzer is 'n NNS-beoordeelde navorser in die gevestigde navorser kategorie en was ook die ontvanger van die rektor se toekenning vir navorsingsprestasie in hoër onderwys aan die Universiteit van Stellenbosch.

    Eli Bitzer is a past president of the South African Association for Research and Development in Higher Education (SAARDHE), a consulting editor of South African and international scientific journals, and co-ordinator of staff development and other higher education projects. He supervises masters and doctoral students in higher education at the Centre for Higher and Adult Education in the Faculty of Education, Stellenbosch University and has recently edited two books: Higher Education in South Africa: A scholarly look behind the scenes and Curriculum Inquiry in South African Higher Education: Some scholarly affirmations and challenges. Professor Bitzer is also an NRF-rated researcher in the established researcher category and has received the rector's award for excellence in higher education research at Stellenbosch University.

     

     

    Annette Wilkinson is professor en navorser verbonde aan die Sentrum vir Onderrig en Leer aan die Universiteit van die Vrystaat (UV). Tot en met 2010 was sy hoof van die afdeling Hoëronderwysstudie aan die UV. Sy beskik oor 'n BSc-graad en 'n PhD in Didaktiek. Haar wetenskaplike bydraes sluit 'n groot aantal artikels, boekbydraes en navorsingsverslae in. Sy is 'n ervare studieleier vir meerstersgraad- en doktorale studente. Oor die jare het sy haar toegewy aan vernuwing in onderrigleer en die ontwikkeling van navorsingskapasiteit onder doserende personeel in die sentrale deel van Suid-Afrika. Haar huidige navorsing is gerig op nagraadse studieleiding en verskeie aspekte van die bevordering van akademieskap in onderrig en leer in hoër onderwys.

    Annette Wilkinson is a professor and researcher at the Centre for Teaching and Learning at the University of the Free State (UFS). Until 2010 she was head of the division Higher Education Studies at the UFS. She holds a BSc and a PhD in Didactics. Her scholarly contributions include a large number of articles, book contributions and research resports. She is an experienced supervisor for master's and doctoral students. Over the years she has committed herself to teaching and learning innovation and the development of research capacity among lecturing staff in the central part of South Africa. Her current research is directed at postgraduate supervision and various aspects of the advancement of the scholarship of teaching and learning in higher education.

     

     

     

    1 Vergelyk Bitzer E M & Bezuidenhout S M. 2000. Hoër Onderwys en diversiteit: ’n Oop gesprek. Acta Academica, 32(2): 145-166, asook: Bitzer E M & Bezuidenhout S M. 2001. Problematiek rondom die konseptualisering van die begrip “transformasie van hoër onderwys” in Suid-Afrika. Tydskrif vir Geesteswetenskappe (Journal of Humanities), 41(1): 33-40.