SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión impresa ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.52 no.2 Pretoria jun. 2012

     

    Voorwaardelike konstruksies met indien soos gebruik in wetenskaplike tydskrifte (deel 2: gemerkte konstruksies)

     

    Conditional constructions using "indien" in scientific journals (Part 2: Marked constructions)

     

     

    Johanna J.E. MesserschmidtI; Hans J. MesserschmidtII

    IDepartement Kurrikulumstudie, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein messerjj@gmail.com
    IIDepartement Rekenaarwetenskap, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein hansepos@gmail.com

     

     


    ABSTRACT

    This paper is the second part of a two-part description of the use of the Afrikaans conjunction "indien" (if) in scientific journals. The research framework, the data corpus and the nature of the conditional constructions are the same as in Part 1 and are not repeated here. This paper deals with non-basic, i.e. marked constructions and analyses the syntactic, semantic and pragmatic aspects of marked constructions.
    "Indien" constructions are considered to be marked when they contain incomplete clauses or the subordinate clause follows the main clause. In some sentences the clauses are not hypotactically bound. The paper starts with a table giving the frequencies of the placement of the "indien" clause in the sentence.
    The data show that there are different motives for using the marked (q,p) order in sentences. Some cases can be explained by the discourse where a connection with a preceding part is needed. Sometimes the usage is syntactically mandated. Complex sentence structure, deep embedding and a change in the condition type often lead to placement of the subordinate clause near the end of the sentence. Associated adverbs change the meaning of the subordinate clause and the q,p order is semantically motivated in those cases.
    In the data the following factors were identified that caused the q,p order. Cohesion with the preceding discourse through adverbs, pronouns and nouns was noted in the q,p order. The q,p order is also used in definitions and descriptions to draw focus to the term being described or defined.
    In complex sentences the conditional construction is not always dependent on the main verb. Deep embedding or dependency on noun phrases may cause the q,p ordering. "Indien" constructions, where the main clause contains a comparison, tend to have the marked order. When the"indien"-clause is part of an infinitive, it is placed after the main clause. When the "indien" construction is embedded in a relative clause the q,p order is generally used. "Indien" clauses are placed at the end of a sentence if they are embedded in a complement clause of a noun phrase.
    Using "dit" (this) as a preliminary subject of a copulative verb causes the q,p order. Several associated adverbs cause the q,p order. The adverb "slegs" (only) and its less formal synonyms "net", "alleen" and "alleenlik" are often associated with "indien". When a conjunction is preceded by an adverb, the combination can change the type of relationship between the apodosis and the protasis. The construct "slegs indien" (only if) implies multiple possible mental spaces, where only one is accepted. The construct implies a strong condition or restriction. It is possible to regard "slegs indien" as a composite conjunction with a meaning close to "mits" (provided that).
    Other adverbs in the data include "selfs" (even), "ook" (also), "veral" (especially) and "behalwe" (except). "Veral indien" (especially if) implies that more than one mental space exists, but that a particular one is preferred. The corpus contains eleven cases with "veral indien" of which ten exhibit the q,p order An "indien" clause can be placed in a main clause in such a way that the main clause is interrupted. The "indien" clause has a parenthetic character in those cases and is often placed between commas, parentheses or attention hyphens. The binding does not show the typical hypotactic firmness. Most ofthese internal clauses act as post-determiners ofnouns. The purpose of the internal "indien" clauses seems to be to indicate a restriction of the state of affairs in the main clause.
    The data contain sentences where the subordinate clause containing "indien" is shortened to a stock phrase. Examples are "indien nie" (if not), "indien wel" (if so), "indien nodig" (if necessary), "indien ter sake" (if relevant) and "indienprakties uitvoerbaar" (iffeasible). These stock phrases occur in all three possible positions, at the start of the sentence (p,q order), at the end of the sentence (q,p order) or internally embedded in the main clause. The shortening is observed in various degrees and is not always down to a stock phrase. Where the stock phrases occur between commas, the phrase can usually be extended to a complete phrase without changing the meaning of the sentence.
    There is, however, a set of shortened constructions that cannot be extended to complete clauses without changing the meaning of the sentence. In these cases the "indien" constructions are used as a strengthening or weakening of a term. They are incorporated as post-determiners of nouns, adjectives or adverbs.
    The q,p order is used in statements about the past where the "indien" construction describes the conditions under which the event in the main clause happened. Statements in the generic present tense tend to use the q, p order when restricting adverbs are present. Two subcategories that were described in part 1 were not found with the q, p order. These are "academic communications" and statements that make derivations from the state of affairs in the past. Predictions rarely use the q,p order, because of the iconicity in time or causality: p has to hold before q can be considered. No commands using the q,p order were found in the corpus. Questions do exist where the "indien" construction creates a hypothetical mental space to serve as background. Rhetorical questions used to criticise scientific argument are present in the q, p order.
    The paper concludes with an overview diagram ofthe marked "indien" constructions, showing the different types and their relationship in terms of the Theory of Mental Spaces. In conclusion the paper notes that the marked constructions can be categorised in the same broad usage categories than the basic constructions discussed in Part 1. Two sub-categories were only observed with p, q order. Additionally, the p, q order was observed in sentences with different types of clause linking. More research is necessary to investigate the type and strength of the binding between the protasis and the apodosis.

    Key words: indien (if); conditional construction; basic indien construction; marked construction; scientific language; Mental Spaces Theory; protasis-apodosis order; probabilistic continuum


    OPSOMMING

    Hierdie artikel vorm die tweede deel van 'n beskrywing van voorwaardelike konstruksies met indien soos in wetenskaplike tydskrifte aangetref. In die eerste deel is basiese konstruksies onder die loep geneem, terwyl hierdie deel oor gemerkte konstruksies handel. Konstruksies met verkorte bysinne of indien-uitdrukkings word as gemerk beskou. 'n Volledige konstruksie word as gemerk beskou wanneer dit nie met die protasis begin nie. Die agterplasing van die protasis word in terme van diskoersverwante, semantiese en sintaktiese faktore verklaar: posisie van die konstruksie in die groter diskoers, fokus in die sin, betekenisnuansering deur bywoorde, inlywing by sinsdele en inlywing as sinsdele. Dit blyk dat 'n skrywer volgens sy/haar kommunikatiewe doel 'n keuse ten opsigte van die protasis-apodosis-volgorde kan uitoefen, maar dat die keuse soms deur sintaktiese faktore beperk word. Die gebruike van gemerkte indien-konstruksies met hipotaktiese binding, kan soos basiese konstruksies geklassifiseer word volgens die mate van die waarskynlikheid dat 'n stand van sake gerealiseer sal word. Twee van die subkategorieë wat by die basiese volgorde voorkom, is egter nie in die gemerkte volgorde aangetref nie.
    In die beskrywing word na die rol van indien as ruimtebouer verwys en aan die einde van hierdie artikel word 'n oorsig oor die soorte indien-konstruksies in die korpus met verwysing na denkruimtes verskaf. Verdere navorsing is nodig om dieper op die aard en sterkte van die binding tussen protasis en apodosis in te gaan.

    Trefwoorde: indien; voorwaardelike konstruksie; basiese indien-konstruksie; gemerkte konstruksie; wetenskaplike taalgebruik; Teorie van Denkruimtes; protasisapodosis-volgorde; waarskynlikheidskontinuum


     

     

    1. INLEIDING

    Hierdie artikel vorm die tweede deel van 'n tweeledige beskrywing van die gebruik van indienkonstruksies in wetenskaplike tydskrifte. Die funksioneel-kognitiewe teoretiese raamwerk, die samestelling van die korpus en die aard van die konstruksie onder bespreking is in deel 1 beskryf (Messerschmidt & Messerschmidt 2011). Verder is die gebruike van sogenaamde basiese indienkonstruksies met verwysing na 'n waarskynlikheidskontinuum ook daar uiteengesit. In hierdie artikel val die klem op nie-basiese en dus gemerkte konstruksies. Die doel is om te bepaal watter sintaktiese en semantiese kenmerke gemerkte indien-konstruksies toon.

     

    2. GEMERKTE INDIEN-KONSTRUKSIES

    Xrakovskij (2005:10) wys daarop dat die formele/sintaktiese status van voorwaardelike konstruksies 'n belangrike aanduiding vir die indeling in proto-tipiese (basiese) en periferale (afgeleide) konstruksies is. In hierdie artikel word die onderskeid as basies teenoor gemerk beskryf. In die konteks van die onderhawige navorsing word 'n indien-konstruksie as basies of ongemerk gereken wanneer dit aan die volgende kriteria voldoen:

    • Die voegwoord indien word eksplisiet uitgedruk;
    • Die bysin sowel as die hoofsin is volledige sinne;
    • Die bysin word voor die hoofsin geplaas (p, q);
    • Die konstruksie is bipredikatief/biproporsioneel;
    • Die binding is hipotakties.

    'n Voorbeeld van 'n basiese konstruksie is die volgende:

    (1) Indien kinders in terapie byvoorbeeld voel dat hulle aanvaar en gerespekteer word, sal hulle meer ontvanklik wees vir die terapeutiese proses (Vorster & Du Plooy 2005).

    Indien-konstruksies word as gemerk beskou wanneer hulle onvolledige sinne bevat of wanneer die bysin nie voor die hoofsin staan nie. Soos later aangetoon sal word, bind die samestellende sinne in sommige gemerkte indien-konstruksies nie hipotakties nie. Volgens Bosch (1984:95) het die posisie van die indien-inkorporasie (bysin) 'n invloed op die funksionele verhouding tussen die dominante groep (hoofsin) en die inkorporasie. Sy haal Van Es en Van Caspel (1974-1975) aan wat (vir Nederlands) beweer dat die funksie van die bysin van "uitgangsstelling" voor die hoofsin verskuif na "nakomende beperking" met 'n modale karakter na die hoofsin.

    Alvorens die gemerkte konstruksies bespreek word, word 'n oorsig van die plasing van indien-sinne en -frases ten opsigte van hulle hoofsin gegee, soos hulle in die spesifieke korpus voorkom. Die frekwensies word nie gebruik om statistiese veralgemenings te maak nie. Die voorkoms van die voegwoord indien in sy selfnoemfunksie asook geïsoleerde bysinne soos die volgende is buite rekening gelaat.

    (2) Indien die 2,2% anderstalige artikels of artikels met ontbrekende taalinligting uitgelaat word (Mouton 2005).

    Uit die tabel blyk dat verkorte bysinne en frases 'n geringe deel van die data (9,3%) uitmaak en dat daardie soort konstruksies geneig is om 'n inisiële of sinsinterne posisie te beklee. Dit blyk verder dat volledige indien-konstruksies met basiese (p,q-) volgorde die grootste groep vorm. Hulle maak 60,6% van alle volledige indien-konstruksies in die korpus uit. Al wat ons hieruit aflei, is dat indien-konstruksies in die onderhawige korpus die universele neiging volg dat die protasis voor die apodosis geplaas word (Ford & Thompson 1986:354; Xrakovskij 2005:5).

     

     

    3. VOLLEDIGE INDIEN-KONSTRUKSIES MET QP-VOLGORDE

    Uit die data blyk dat die motivering vir die gebruik van die gemerkte volgorde op verskillende vlakke lê. Die volgorde in sommige konstruksies kan vanuit 'n diskoersoogpunt verklaar word, wanneer daar skakeling met die voorafgaande teksgedeelte plaasvind of die fokus op terme of begrippe val (vgl. 3.1 en 3.2). In ander konstruksies is 'n verklaring vanuit die sintaksis moontlik, hoewel die semantiek vanselfsprekend ook 'n rol speel. Ingewikkelde sinstrukture, dieper inlywing en 'n verandering in die soort onderskikking lei tot agterplasing van die bysin (3.3 en 3.4). Geassosieerde bywoorde veroorsaak 'n betekenisverandering en die agterplasing van indien-sinne is dus in dié geval semanties gemotiveerd (3.5). 'n Kombinasie van faktore kom in die volgende voorbeeld voor:

    (3) Opvoeders moet voorts in staat wees om as fasiliteerders op te tree indien daar rassespanning ontstaan (De Wet 2001).

    Die tema onder bespreking is opvoeders, die saamgestelde sin word aan die voorafgaande diskoers gekoppel deur die bywoord voorts en die indien-sin is 'n adjunk van 'n infinitief.

    Die volgende is 'n poging tot klassifikasie van die faktore wat aanleiding tot 'n q,p- volgorde gee.

    3.1 Skakeling met voorafgaande diskoers

    Indien-konstruksies met q,p-volgorde word deur middel van kohesiemiddele soos bywoorde, voornaamwoorde en naamwoorde aan die vorige diskoers geskakel.

    (4) Die kort- en langtermyngeheue word dus negatief beïnvloed, indien feite nie korrek opgeneem of gestoor kan word nie (Koen et al. 2004).

    (5) Eweseer kan 'n staat nie met geloofwaardigheid omgewingsbewaring vir ander voorskryf indien hy aan die tuisfront skuldig is aan erge besoedeling nie (Geldenhuys 2008).

    In (4) bevat die hoofsin die sinsbywoord dus wat 'n gevolgtrekking uit 'n vorige teksgedeelte aandui. In (5) dui eweseer 'n byvoeging tot 'n vorige bewering aan. Ander sinsbywoorde wat voorkom, sluit daarbenewens, daarenteen, derhalwe, gevolglik, nogtans, verder en voorts in. Voornaamwoordelike en naamwoordelike verwysing kom in (6) en (7) respektiewelik voor:

    (6) Hierdie is juis almal verrykende faktore, indien hulle behoorlik benut en ontwikkel word (De Beer 2006).

    (7) Banke behoort bogenoemde inligting in aanmerking te neem indien hul die risiko van 'n voornemende franchisee se finansieringsaansoek moet beoordeel (Smit 2007).

    3.2 Fokus op terme en begrippe

    Definisies en begripsomskrywings is geneig om met q,p-volgorde voor te kom omdat die term wat omskryf word, die fokus kry.

    (8) Hulle verstaan 'n samesmelting skynbaar as "strategies" indien die instellings self die inisiatief neem om saam te smelt (Steyn & Van der Walt 2005).

    (9) 'n Slak is as dood beskou indien dit nie in staat was om die voet terug te trek wanneer dit geprikkel word nie (Reinecke et al. 2009).

    (10) 'n Funksie word kontinu genoem indien dit nie punte wat naby aan mekaar is afbeeld op punte wat ver van mekaar af is nie (Potgieter 2008).

    In die interpretasie van bevindinge kom soortgelyke konstruksies in verduidelikings voor:

    (11) Die mutasie-effek (die verandering in die omvang van die reaksie) kan as onbeduidend geag word indien die moduluswaardes G en G''' met 10% of minder verander (Nmut < 0.1) gedurende die periode wat die eksperiment uitgevoer word (Vorster & Halasz 2004).

    Die werkwoorde wat in die hoofsin van hierdie soort konstruksies voorkom, is kognitiewe werkwoorde wat opinies uitdruk: verstaan, beskou, noem, ag.

    Begrippe word soms bespreek met verwysing na ander skrywers, soos in die onderstaande voorbeeld waar die begrip "geldigheid" bespreek word.

    (12) Volgens Goddard & Melville (2001:47) word geldigheid verhoog indien van 'n bestaande instrument gebruik gemaak word (De Wet & Jacobs 2008).

    Temas waaroor navorsing handel, word herhaaldelik in tekste genoem.Die volgende twee sinne uit 'n artikel oor werkstevredenheid illustreer hoe die skrywer p,q- en q,p-volgorde afwissel volgens diskoersfunksie:

    (13) Indien die werknemer intrinsiek bemagtig voel (of is) om die ingreep te maak, dan volg werkstevredenheid (De Beer et al. 2007).

    (14) Ook in hierdie geval is die formule wat hierbo gebruik is, van toepassing: werkstevredenheid neem toe indien meer terugontvang word uit die werksituasie of die werksrol (arbeidsinsette) as wat in die eerste instansie verwag is, en werkstevredenheid neem af in die omgekeerde situasie (De Beer et al. 2007).

    Temas onder bespreking kry ook dikwels die fokus in regulasies of wette soos in die voorbeeld hieronder, waar 'n beperking op die aanstelling van 'n direkteur gestel word.

    (15) Geen persoon kan as direkteur aangestel word indien hy of sy 'n minister of adjunkminister in die regering, of 'n lid van die parlement of 'n lid van die provinsiale wetgewer is nie (artikel 4(4)(b en c) (Wessels 2007).

    Daar kom voorbeelde in die korpus voor wat reëlmatighede in die fisiese wêreld uitdruk, alhoewel hulle skaars is. In die onderstaande voorbeeld word die gedrag van die gas Argon bespreek. Die konstruksie is meer neutraal as (8) tot (15) hierbo in die sin dat geen menslike beskouing, aktiwiteit of inmenging deurskemer nie.

    (16) As 'n gas ontsnap Ar ook maklik uit minerale en gesteentes indien dit verhit word (Van Aardt 2006).

    3.3 Komplekse sinstruktuur

    Indien-konstruksies is nie altyd afhanklik van die hoofwerkwoord nie. Dieper inlywing of afhanklikheid van meer naamwoordelike konstituente kan tot 'n gemerkte volgorde aanleiding gee. Hierdie neiging kom veral in vergelykings, na infinitiewe en in betreklike bysinne voor.

    3.3.1 Vergelyking in die hoofsin

    Indien-konstruksies met vergelykings in die hoofsin is geneig om in die volgorde q,p voor te kom, byvoorbeeld:

    (17) Handhawing van balans is soveel meer van 'n uitdaging indien jou omstandighede gekompliseerd is bv. met 'n kind met Downsindroom (Eloff & Kriel 2003).

    Bostaande konstruksie kan na 'n basiese indien-konstruksie omgeskakel word.

    (18)Indien jou omstandighede gekompliseerd is, bv. met 'n kind met Downsindroom, is die handhawing van balans soveel meer van 'n uitdaging.

    3.3.2 'n Indien-sin binne 'n infinitief-konstruksie

    Indien-sinne word agter geplaas wanneer hulle deel is van 'n infinitief-konstruksie.

    (19) Voornemende entrepreneurs weet dikwels nie watter faktore om in ag te neem indien hul 'n besluit wil neem om byvoorbeeld 'n onderneming te begin nie (Smit 2007).

    Die indien-sin in bogenoemde voorbeeld tree as adjunk van die werkwoord in die infinitiefvorm op, te wete in ag neem. Die infinitief het naamwoordelike sowel as werkwoordelike eienskappe. Die werkwoordelike eienskappe maak dit moontlik om 'n basiese indien-konstruksie te herwin, terwyl die naamwoordelike eienskappe die agterplasing van die bysin veroorsaak.

    3.3.3 Inlywing in betreklike bysinne

    In beide die onderstaande sinne word die indien-konstruksie in sy geheel in 'n betreklike bysin ingelyf. Sintakties beskou tree die indien-sinne as adjunkte van die voorafgaande werkwoorde in die betreklike bysinne op: kan oplos in (20) en moet volg in (21).

    (20) In hierdie navorsing word gewys op die voordele van die franchisekonsep en die probleme wat dit kan oplos indien die konsep reg verstaan word (Smit 2007).

    (21) Aan die einde van die boek word 'n tabel gegee wat mense moet volg indien hulle blootgestel was aan die virus (De Klerk 2002).

    In (20) druk die indien-sin 'n voorwaarde uit, terwyl daar in (21) geen sprake van 'n voorwaardelike verhouding of veronderstelling is nie. Die indien-sin druk daar die omstandighede uit waaronder die mense 'n sekere tabel moet volg. Dit blyk dat daar grade van voorwaardelikheid is.

    Dit is egter nie die geval dat alle indien-konstruksies wat binne betreklike bysinne voorkom, die gemerkte volgorde vertoon nie. In die onderstaande voorbeeld word die indien-konstruksie met p,q-volgorde in 'n betreklike bysin ingelyf wat op sy beurt deel is van 'n komplementsin met dat. Die soort binding tussen hoofsin en bysin wat hier aangetref word, is verwant aan dié in konstruksies met sinsinterne indien-sinne (vgl. Afdeling 4).

    (22) Waarmee navorsers en programontwikkelaars rekening moet hou, is dat navorsing (...) op 'n beduidende kennishantering tussen mondelinge en geletterde kulture dui, wat indien die bevindinge steekhou, verreken moet word in oorbruggings- en steunprogramme (Johl 2002).

    3.3.4 Inlywing in 'n komplementsin

    Indien-sinne word ook aan die einde geplaas wanneer die indien-konstruksie in 'n komplementsin van 'n naamwoordstuk ingelyf word, byvoorbeeld:

    (23) In die huidige debatte oor Afrikaans as medium van onderrig by die Universiteit van Stellenbosch en ander histories Afrikaansmediumuniversiteite, word dikwels verwys na die feit dat Afrikaans as wetenskapstaal onder druk kan kom indien Engels as voorkeurmedium van onderrig ingestel (sou) word (Mouton 2005).

    Ander voorbeelde in die data van 'n NP + dat konstruksie waarby 'n indien-konstruksies ingelyf is, is "die aanname dat" en "die geloof dat".

    3.4 Inlywing as sinsdeel

    In die onderstaande voorbeelde kom dit as voorlopige onderwerp van 'n kopulatief in die plek van die indien-sin voor. Die indien-sin kan ook as antesedent van dit beskou word. Ponelis (1979:598) is van mening dat voorwaardesinne adjunkte is en daarom nie as onderwerpe kan optree nie.

    (24) Dit sou goed wees indien alle onderwysers daartoe in staat kon wees om die jeug se worstelinge oor hierdie kardinale aangeleenthede verbandhoudend met die Christelike lewensen wêreldbeskouing te begryp en hulle daarmee by te staan (Aucamp & Van Niekerk 2005).

    (25) En dit is nie so 'n vergesogte idee indien kurrikulumbeplanners daarna streef dat onderwysers groter eienaarskap van kurrikula aanvaar nie (Carl 2007).

    Hierdie soort konstruksies kan nie na basiese indien-konstruksies omgeskakel word nie en kom uitsluitlik met 'n agtergeplaaste indien-sin voor. Daar is ook geen sprake van die bipredikatiwiteit of biproposionaliteit van 'n basiese indien-konstruksie of van 'n hipotaktiese binding nie (vgl. Lehmann 1988:181-225; Matthiessen & Thompson 1988:311-321 vir die onderskeid tussen hipotaksis en inlywing). Dit wil voorkom of daar in hierdie soort konstruksies 'n waarde-oordeel oor 'n stand van sake uitgespreek word.

    In die volgende kopulatiefkonstruksie is daar wel 'n "volwaardige" onderwerp teenwoordig en die indien-sin beklee die plek van die kopulatiefpredikaat, terwyl dit 'n adjunk is. Die voegwoord indien sou deur dat vervang kan word, wat die konstruksie "natuurliker" sou maak.

    (26) Die enigste hoop hiervoor is indien die probleemkwessies tot op die been oopgevlek word (Steyn & Steyn 2005).

    Ook hierdie sin kan nie na 'n basiese konstruksie omgeskakel word nie.Alhoewel bogenoemde soort indien-sinne in sommige bronne nog as adjunkte beskou word (bv. Ponelis 1979), is hulle adjunk-funksie minder duidelik.

    Die data toon dat daar 'n geleidelike oorgang van hipotaksis na inlywing is en dat die soort onderskikking onder meer te doen het met die aard van die sintaktiese eenheid waarvan die indien-sin afhanklik is.

    3.5 Geassosieerde bywoorde

    Die gebruik van die bywoord dan,'n korrelaat van indien wat in die hoofsin van basiese konstruksies verskyn, is in deel 1 bespreek. By gemerkte konstruksies is dit veral die bywoord slegs en sy minder formele sinonieme net, alleen (alleenlik), wat met indien geassosieer word. Wanneer 'n voegwoord deur 'n bywoord voorafgegaan word, kan die kombinasie die aard van die semantiese verhouding tussen die protasis en apodosis verander.

    Die konstruksie slegs indien impliseer dat daar verskillende moontlike omstandighede is waaronder die gebeure in die hoofsin kan plaasvind, maar dat slegs een moontlikheid geld en dat al die ander uitgesluit word.Verskillende denkruimtes sou gekonstrueer kon word, maar een word uitgesonder om die bewering in die hoofsin waar te maak (vgl. Dancygier & Sweetser 2006:205, 206 vir only if). 'n Dwingende voorwaarde of sterk beperking word uitgedruk, byvoorbeeld:

    (27) Ricoeur (1996:7-8) maak die punt dat 'n tradisie lewendig bly slegs indien dit onderworpe is aan 'n ononderbroke proses van herinterpretasie (Barnard 2003).

    (28) Hierdie suggesties kom slegs na vore indien jy as leser jou oorgee aan die "spel van die taal", wat die generering van sulke suggesties moontlik maak (John 2002).

    (29) Sodanige herkapitalisering van die Suid-Afrikaanse samelewing kan alleen slaag indien die staat die beginsel en praktyk van burgerskap van gelyke waarde in stand hou (Du Toit 2003).

    (30) Verhoging van omset kan net plaasvind indien entrepreneurs 'n besigheidsgeleentheid identitfiseer wat lewensvatbaar en uitvoerbaar is (Verhoeven et al. 2001).

    Soos uit voorbeelde (28) tot (30) blyk, kan die betrokke bywoorde ook voor die hoofwerkwoord in die hoofsin voorkom. In die helfte van die konstruksies met slegs indien en meer as die helfte van die konstruksies met die ander "beperkende" bywoorde in die data, kom die hulpwerkwoord kan voor in die hoofsin. Die gemerkte konstruksies met beperkende bywoorde vorm 'n prominente groep in die data (113 in totaal). Basiese konstruksies met beperkende bywoorde, soos (31) tot (33) hieronder, kom ook in die data voor, maar hulle is uiters skaars (slegs vier in totaal), byvoorbeeld:

    (31) Slegs indien institusionele prosesse van opinie en wilvorming asook informele netwerke van publieke kommunikasie bemiddel word, dan kan burgerskap vandag meer beteken as die blote samesnoering van kommunitêre belange aan die een kant of 'n passiewe genieting van individuele regte aan die ander kant (Duvenage 2005).

    (32)Alleen indien die mens opgevoed word tot 'n genuanseerde en gedifferensieerde waardering van die universele spanwydte van normatiwiteit in die lewe van alle mense kan vordering gemaak word op die pad van funksionele bemagtiging ... (Strauss 2003).

    (33) Net indien die historiese metodologie bepalend is in historiese navorsing, bestaan daar enige hoop dat mense uit geskiedenis sal leer (Verhoef 2005)

    Die vraag ontstaan of slegs indien as 'n saamgestelde voegwoord met 'n betekenis soortgelyk aan dié van mits in sommige kontekste beskou kan word. Dit is 'n saak wat verdere navorsing vereis. 'n Indien-sin druk nie altyd 'n voorwaarde uit nie, maar dikwels bloot die omstandighede waarin 'n stand van sake geld. Dit verklaar moontlik waarom indien in die voorwaardelike betekenis in heelwat gevalle met beperkende bywoorde versterk word.

    Ander voorbepalings van indien wat in die data voorkom, sluit selfs, ook, veral en behalwe in. Deur veral indien word geïmpliseer dat daar meer as een denkruimte waarin q geld, gebou kan word, maar dat een spesifieke ruimte verkies word. In die korpus kom elf gevalle van konstruksies met veral indien voor, waarvan tien die gemerkte volgorde q,p vertoon. Die voorkoms van die ander voorbepalings is te gering om afleidings oor patrone te maak.

     

    4. INDIEN-SINNE IN INTERNE SINSPOSISIE

    'n Indien-bysin kan sodanig binne 'n hoofsin of hoër sin geplaas wees dat dit daardie sin as 't ware onderbreek. In die onderstaande voorbeelde weerspieël die plasing van die bysin tussen kommas, hakies en aandagstrepe die parentetiese aard daarvan. Die binding met die hoër sin vertoon nie die hegtheid van 'n tipiese hipotaktiese binding nie.

    (34) Dit is juis hier waar selfevaluering, indien dit goed uitgevoer word, 'n baie nuttige doel kan dien (Van Niekerk 2003).

    (35) Indien 'n respondent "ander" sou merk en uitgebrei het op die antwoord, sou die navorser hierdie opsie (indien dit nie nóú aansluit by 'n gegewe moontlikheid nie) by die gegewe moontlikhede insluit (Vorster & Du Plooy 2006).

    (36) Die eerste hiervan is die groeiende besef dat bewaringsprogramme - indien dit enigsins suksesvol wil wees in 'n ontwikkelende land - ingebed moet wees in die sosio-ekonomiese en politieke konteks van 'n streek (Pelser & Sempe 2003).

    Die sinsinterne bysinne tree op as nabepalings van die naamwoorde selfevaluering, opsie en bewaringsprogramme respektiewelik, wat die antesedente van dit in die bysinne is. Die bysinne is bepalings wat ooreenstemming met bystellings of betreklike bysinne vertoon. Verwante betekenisse aan (34) kan soos volg uitgedruk word (meer naamwoordelik in (37) en meer bywoordelik in (38)).

    (37) Dit is juis hier waar selfevaluering wat goed uitgevoer word, 'n baie nuttige doel kan dien.

    (38) Selfevaluering kan juis hier 'n baie nuttige doel dien, indien dit goed uitgevoer word.

    Wanneer (38) met (34) vergelyk word, blyk dit dat die konstruksies met sinsinterne indien-sinne aan konstruksies met q,p-volgorde verwant is. Die funksie van 'n sinsinterne indien-sin is blykbaar om 'n beperking of voorwaarde wat betrekking het op 'n aspek van die stand van sake in die hoofsin uitgedruk, toe te voeg.

    Benewens die voornaamwoorde dit en hulle, wat die meeste voorkom, bevat sinsinterne bysinne ook kombinasies van voornaamwoorde met voorsetsels, soos daaraan, daarby en daarvan. In enkele gevalle is daar geen voornaamwoordelike verwysing nie en staan die indien-sin direk na die naamwoord, byvoorbeeld:

    (39) Verdere inligting oor die verskillende tipes gif, hulle werking, simptome indien iemand gebyt of gesteek word en die behandeling en belangrike kontaknommers word ook verskaf (Dippenaar-Schoeman & Müller 2001).

    In die enkele gevalle waar indien-konstruksies met p,q-volgorde as geheel in betreklike bysinne ingelyf word (vgl. 3.3.3), kan die indien-sinne ook as sinsintern beskou word omdat hulle die betreklike bysin onderbreek, byvoorbeeld:

    (40) Dit is inderdaad onmoontlik om binne die bestek van enkele bladsye reg te laat geskied aan 'n onderwerp wat, indien dit aan statisties gestaafde ontleding en uitvoerige rigoristiese beredenering onderwerp word, 'n dissertasie van honderde bladsye sal verg (Sadie 2002).

     

    5. VERKORTE BYSINNE

    Gevalle waar die bysin in indien-konstruksies verkort is, kom in die data voor. Die verkorte bysin kan soos in die geval van volledige bysinne, voor die hoofsin (p,q-volgorde), na die hoofsin (q,p-volgorde) of binne in die hoofsin of hoër sin voorkom.

    5.1 Volgorde p,q met verkorte bysin

    In die volgende voorbeelde kom verkorte vorme van indien-konstruksies voor. Die voegwoord indien lei 'n onvolledige bysin in wat ook as 'n voorwaardelike of veronderstellende uitdrukking beskou kan word. Die verkorte vorm verteenwoordig die antesedent wat in 'n voorafgaande teksgedeelte voorkom.

    (41) Indien wel, moet kort vlugte telkens onderneem word om bloot by te bly (Butler & Kok 2006).

    (42) Indien nie, watter proses het sy gebruik, en hoe; en op watter wyse manifesteer die orale aard van die bronteks in 'n ander, nie-algemene, nie-vloeiende en nie-standaard Afrikaanse teks waarvan 'n doelteksleser gedeeltelik (of heeltemal) vervreemd kan voel? (Vosloo 2007).

    In konstruksies soos (41) word aangeneem dat die voorafgaande so is, aanvaarbaar is of die juiste afleiding of gevoltrekking is (vgl. Schoonees 1961: WAT, deel IV:518). In konstruksies soos (42) word die teenoorgestelde geval van 'n voorafgaande stand van sake veronderstel - 'n hipotetiese kontras dus.

    Konstruksies soos die bogenoemde kom dikwels in die tweede gedeelte van 'n sin na 'n neweskikkende voegwoord voor om 'n tweede moontlikheid in ' n tweeledige vraag of doelstelling uit te druk. In dié gevalle kom die voorafgaande stand van sake in die eerste gedeelte van die neweskikkende sin voor.

    (43) Die doel van dié navorsing is die konstruksie van 'n sodanige opvoedersperspektief op leerderdissipline in skole in die teikengebied: Gauteng, die Vrystaat en Noordwesprovinsie; ten einde te bepaal of daar 'n dissiplinekrisis binne Suid-Afrikaanse skole bestaan en indien wel, wat die aard en omvang daarvan is (Wolhuter & Van Staden 2008).

    (44) Ons moet besluit of die Universiteit nog by uitstek die plek is waar mense dink en praat en dan doen, en indien nie, hoekom nie? (Combrink 2008).

    (45) Tweedens is gepoog om te bepaal in watter mate die respondente gedurende die voorafgaande twaalf maande aan misdaad blootgestel was, of hulle die misdade gerapporteer het en, indien nie, waarom nie (De Wet 2003).

    (46) Dit is teoreties moontlik dat een of beide van die punte 'n nog kragtiger aanduiding kan wees van klemtoon, en, indien wel so, in een konteks moontlik duideliker as in 'n ander (Wissing 2007).

    Die verkorte indien-konstruksies soos hierbo beskryf, kan vir dieselfde diskoersfunksies as volledige konstruksies met p,q-volgorde gebruik word. Voorbeelde van ooreenstemmende konstruksies met volledige bysinne is die volgende:

    (47) Indien dit nie gebeur nie, is die tipologie gekompromitteer ten gunste van bepaalde posisies (Kruger 2004).

    (48)Indien dit wel moontlik is, bied die nuwe onderwyssisteem die vryheid daartoe? (Aucamp & Van Niekerk 2005).

    5.2 Volgorde q,p met verkorte bysin

    Die volgende is voorbeelde van indien-konstruksies met verkorte bysinne van verskillende lengtes:

    (49) Ek het 'n suspisie dat anti-realiste baie selektief in hulle verwysings na resultate in die natuurwetenskappe is - indien nie ook baie selektief in hulle kennis daarvan nie (Pauw 2007).

    (50) ... dit kan positiewe gevolge inhou indien reg hanteer ... (Carl 2007).

    Die invoeging van die onderstreepte onderwerp (dieselfde as in die hoofsin) en werkwoord kan die bysin volledig maak. Ons het dus hier met 'n gewone ellipsis te doen.

    (51) - indien hulle nie ook baie selektief in hulle kennis daarvan is nie..

    (52) indien dit reg hanteer word.

    In (49) word 'n waarskynlikheid en in (50) 'n voorwaarde uitgedruk. Soortgelyke verskille in semantiese waarde is vir verkorte bysinne in sinsinterne posisie waargeneem en word verder in afdeling 5.3 hieronder bespreek.

    5.3 Verkorte bysin in sinsinterne posisie

    Verkorte indien-sinne kom dikwels in sinsinterne posisie tussen kommas voor. Daar is 'n groep wat ooreenstem met konstruksies met volledige bysinne en na sodanige konstruksies uitgebrei kan word (vgl. Afdeling 4). So kan (53) byvoorbeeld na (54) uitgebrei word:

    (53) In 'n vertaling mag 'n vertaler, indien nodig, iets byvoeg of uitlaat (Naudé 2001).

    (54) In 'n vertaling mag 'n vertaler, indien hy/sy dit nodig ag, iets byvoeg of uitlaat.

    Die indien-uitdrukking verwys nie na 'n voorafgaande stand van sake in 'n groter teksgedeelte nie, maar druk 'n beperking of voorwaarde uit waaronder die stand van sake in die hoofsin geld. Behalwe indien nodig, kom indien moontlik, indien ter sake, indien prakties uitvoerbaar voor.

    Daar is egter ook 'n groep konstruksies waarin 'n verkorte bysin ter versterking of versagting van 'n term gebruik word. In plaas van 'n beperking of voorwaarde, word 'n moontlikheid of waarskynlikheid uitgedruk. In die onderstaande voorbeeld is die verkorte indien-sin nie geïntegreer in die hoër sin nie, maar het slegs betrekking op 'n sinsdeel, nl. die naamwoordstuk Een van die sentrale vrae.

    (55) Een van die sentrale vrae, indien nie dié sentrale vraag nie, binne die huidige en toekomstige onderwyssituasie in Suid-Afrika, is hoe om antwoorde te gee op die werklikheid van toenemende diversiteit (Bitzer & Bezuidenhout 2001).

    Die indien-adjunk bevat 'n sterker term as die naamwoordstuk in die hoofsin, maar as geheel druk die verbinding versagting uit.

    Voorbeelde van soortgelyke konstruksies wat in die korpus voorkom is die volgende: (baie) min/weinig indien enige, baie indien nie alle, (baie) moeilik indien nie onmoontlik nie, soortgelyke indien nie identiese nie, selde indien ooit, swak indien nie die swakste nie, watter xxx indien enige, die meerderheid indien nie alle, hoofsaaklik indien nie uitsluitlik nie.

    Tot dusver is hoofsaaklik aandag aan die plasing van die protasis in gemerkte indienkonstruksies geskenk. Die volgende vraag ontstaan nou: Hoe gebruik die skrywers van wetenskaplike artikels gemerkte indien-konstruksies?

     

    6. GEBRUIKE VAN GEMERKTE INDIEN-KONSTRUKSIES

    In die bespreking tot dusver is reeds na gebruike van groepe gemerkte indien-konstruksies verwys. Samevattend kan genoem word dat sommige van die volledige q,p-konstruksies, naamlik dié waarin hoofsin en bysin hipotakties bind, ooreenkomste met basiese konstruksies vertoon. Die gebruike van hierdie groep konstruksies kan ook op die waarskynlikheidskontinuum geplaas word (Comrie 1986:88-93; Harris 1986:280; Johnson-Laird 1986:65-67): Die breë kategorieë wat vir basiese konstruksies geïdentifiseer is, kom voor.

    6.1 Mededelings oor die verlede

    In die volgende voorbeeld beskryf die indien-sin die omstandighede waaronder die stand van sake in die hoofsin gegeld het.

    (56) Geweld was dus die stakers se oplossing in hulle stryd teen die myneienaars indien daar nie aan hulle eise voldoen is nie (Fokkens & Visser 2003).

    6.2 Mededelings in 'n generiese teenwoordige tyd

    Soos in die geval van basiese indien-konstruksies, maak hierdie groep ook vir die gemerkte konstruksies die grootste kategorie uit. Slegs enkele volgordeneigings in die subkategorieë sal hier bespreek word. Die sterkste voorkeur vir q,p-volgorde is by konstruksies met beperkende bywoorde aangetref. Definisies en begripsomskrywings asook reëlmatighede in die fisiese wêreld is geneig om meer in q,p-volgorde as in p,q-volgorde voor te kom. Regulasies, advies en voorskrifte, asook moontlikhede kom geredelik in beide volgordes voor, afhangende van waar die skrywer die klem plaas. Daar is egter twee subkategorieë gebruike wat nie met q,p-volgorde voorkom nie. Een daarvan is die groep wat as "akademiese kommunikasie" in deel 1 bespreek is, byvoorbeeld:

    (57) Indien ons daaroor nadink is dit opmerklik hoe 'n groot rol hierdie "beelde" gespeel het in die vorming van mense se religieuse identiteit (Wepener & Cilliers 2004).

    'n Volgordeverandering sou hierdie soort konstruksie onaanvaarbaar maak, waarskynlik omdat die verband tussen protasis en apodosis nie sterk is nie en die inhoud van die apodosis dus nie afhanklik van die inhoud van die protasis is nie.

    (58) *Dit is opmerklik hoe 'n groot rol hierdie "beelde" gespeel het in die vorming van mense se religieuse identiteit indien ons daaroor nadink.

    Verklarings of afleidings oor stande van sake in die verlede kom ook nie in q,p-volgorde voor nie, asook konstruksies waar 'n logiese gevolg in die redenasie van die skrywer uitgedruk word:

    (59) Indien 'n IN dus in onbeklemtoonde posisie 'n laer hertzwaarde toon as in 'n beklemtoonde posisie, beteken dit dat dit gereduseer het (Van Huyssteen & Wissing 2007).

    Die afwesigheid van hierdie twee soorte konstruksies in q,p-volgorde kan binne Dancygier en Sweetser (2006) se raamwerk van denkruimtes verklaar word. Indien p bou nie 'n inhoudsruimte nie, maar wel 'n performatiewe ruimte in die geval van (57) en 'n epistemiese ruimte in die geval van (59). Die soort konstruksies word ook nie by Xrakovskij (2005) se prototipiese stellende voorwaardelike konstruksies ingesluit nie.

    6.3 Voorspellings

    Hierdie kategorie kom selde by gemerkte indien-konstruksies voor, waarskynlik vanweë ikonisiteit in tyd of oorsaaklikheid: p moet eers geld voordat q kan geld. In die volgende voorbeeld kom q,p egter wel voor:

    (60) Met die veronderstelling dat 'n gegewe leksikografiese definisie korrek is, sal die naslaanwerk van 'n hoë kwaliteit wees indien dit aan die volgende drie eise beantwoord: (Bergenholtz & Gouws 2007).

    6.4 Hipotetiese stellings

    Teenfeitlikheid kom in die volgende voorbeelde na vore:

    (61) Die drie tuisskoolsituasies in hierdie studie kon kwalik meer uiteenlopend voorgekom het indien hulle sorgvuldig ter wille van verskille gekies was (Oosthuizen & Bouwer 2007).

    (62) Hulle meld soms wel dat hulle nooit die misdaad sou gepleeg het indien hulle nugter was nie (Strydom & Van der Berg 2007).

     

    7. VRAE EN BEVELE IN DIE APODOSIS

    Geen bevele is in die hoofsinne van gemerkte indien-konstruksies aangetref nie. Vrae kom wel voor en word teen die agtergrond van 'n hipotetiese ruimte gestel. Retoriese vrae word in wetenskaplike argumentasie gebruik om kritiek te lewer, byvoorbeeld:

    (63) Sou 'n mens nie die verskynsel onderwysstelsel anders definieer indien daar aanvaar word dat godsdiens ook 'n faktor is wat nie oor die hoof gesien kan of behoort te word nie? (Van Der Walt & Wolhuter 2005).

    Vrae word ook gebruik om navorsing te rig.

    (64) Sou die MST-GP-korrelasie byvoorbeeld hoër wees indien daar 'n verskil van 2 in plaas van 1 tussen die syfers waarin die simbole vir onderskeidelik 'n hoërgraad-en 'n standaardgraadvlak omgeskakel word? (Huysamen 2003).

    'n Voorbeeld van 'n indirekte vraag wat in die data voorkom, is die volgende:

    (65) Die teologiese vraag is natuurlik of daar hoegenaamd sprake van menslike verant-woordelikheid is, en of ons inderdaad kan praat van selfbemagtiging indien ons erken dat die mens grondig in sy/haar hart sondig is (Verster 2008).

     

    8. SAMEVATTING

    Hierdie artikel is die tweede deel van 'n beskrywing van voorwaardelike konstruksies soos dit in wetenskaplike tydskrifte aangetref is. In die eerste deel is die vorm en gebruike van basiese konstruksies beskryf, terwyl in hierdie deel gemerkte konstruksies aan bod gekom het.

    Uit die moontlike parameters om indien-konstruksies as basies teenoor gemerk te klassifiseer, is hoofsaaklik aandag aan vormlike/sintaktiese kenmerke soos die posisie van die bysin ten opsigte van die hoofsin geskenk (vgl. Xrakovskij 2005:10). Dit blyk dat die posisie van 'n konstruksie in die groter diskoers 'n invloed op die volgorde van die protasis teenoor die apodosis het. Die skrywer het 'n keuse in die plasing van die fokus in 'n konstruksie. Die keuse word egter deur sintaktieseensemantiesefaktorebeperk .In figuur 1 word 'no orsigtelike klassifikasie van indienkonstruksies in die korpus met verklarings uit die oogpunt van die Teorie van Denkruimtes, wat die rol van indien as ruimtebouer illustreer, gegee.

    In die figuur dui die verbindingslyne verbande tussen kategorieë aan.Verwysings na voorbeelde in die teks verskyn tussen hakies. In die middel bo is die basiese konstruksies geplaas met volgordevariasies daaronder. Aandieregterkantverskyn indien-uitdrukkings.Dieverbindingslyne vanuit kategorieë in die middelste deel van die figuur dui 'n funksionele verwantskap tussen volledige en onvolledige konstruksies aan. Daar is 'n raam om onvolledige konstruksies as geheel getrek. Aan die linkerkant van figuur 1 verskyn konstruksies wat as gevolg van die teenwoordigheid van beperkende bywoorde'nbetekenisnuansering ondergaan het. Hulle word ookas'n groep omraam.

    In die middelste deel van figuur 1 dui die stippellyne tussen die kategorieë die verskuiwing van die bysin aan. Behalwe die verandering in posisie vind daar ook 'n verandering in die aard van die onderskikking plaas.By sommige van die gemerkte konstruksies is daar sprake van inlywing in plaas van hipotaksis. In die kategorie wat links onder in figuur 1 voorgestel word, kom konstruksies waarin p as sinsdeel van q ingelyf is, voor.

     

    9. GEVOLGTREKKING

    In ooreenstemming met kognitiewe en funksionalistiese sieninge van taal is 'n gebruiksgebaseerde benadering vir die beskrywing van voorwaardelike konstruksies aanvaar, wat dit moontlik gemaak het om konstruksies te beskryf soos hulle gebruik word en nie soos ons dink hulle gebruik word nie.

    Alhoewel die meerderheid indien-konstruksies wat in 1159 artikels in wetenskaplike tydskrifte aangetref is, die prototipiese volgorde van protasis voor apodosis voorkom, het die skrywers tog die vryheid om 'n ander volgorde te gebruik om by die spesifieke doel van die diskoers of die sinskonstruksie te pas. Dit blyk dus dat die struktuur van indien-konstruksies buigsaam en omkeerbaar is, alhoewel daar sekere volgordevoorkeure is.

    Vir die klassifikasie van die gebruike van voorwaardelike konstruksies is die mate van waarskynlikheid dat 'n stand van sake gerealiseer sal word, as parameter gebruik. Vier breë kategorieë is breedvoerig vir basiese konstruksies in deel 1 van die beskrywing bespreek, naamlik mededelings oor die verlede, mededelings in teenwoordigetydvorm, voorspellende stellings en hipotetiese stellings. In deel 2 is aangetoon dat in elk van die breë kategorieë ook gemerkte konstruksies voorkom. By sowel basiese as gemerkte konstruksies verteenwoordig mededelings in teenwoordigetydvorm die grootste kategorie. In hierdie kategorie is daar egter twee subgroepe wat slegs in basiese volgorde voorkom, naamlik afleidings oor stande van sake in die verlede en kommunikatiewe handelinge. In dié soort konstruksies skep indien p, nie 'n inhoudsruimte waarin q geld nie. Hierdie bevinding kan moontlik op die noodsaaklikheid/nut van die oorweging van soorte denkruimtes as parameter vir die klassifikasie van voorwaardelike konstruksies dui. Ander klassifikasieparameters sal in opvolgondersoeke aan bod kom. Die aard van die sterkte van die binding tussen hoofsin en bysin en die aard van die verhouding tussen protasis en apodosis behoort dieper ondersoek te word.

    Dit blyk dat die stand van sake wat in die apodosis beskryf word, dikwels slegs na veronderstelde omstandighede en nie na voorwaardes verwys nie. Hierdie verskynsel verklaar die teenwoordigheid van die prominente groep konstruksies waar indien as 't ware met 'n beperkende bywoord versterk word om 'n voorwaardelike interpretasie te verseker.

     

    BIBLIOGRAFIE

    Databronne

    Aucamp, B.B. & Van Niekerk, E.J. 2005. Die Relevansie van God se Soewereiniteit en Verbond met betrekking tot die Onderwys. Tydskrifvir Christelike Wetenskap 41(1):93-121.         [ Links ]

    Barnard, L. 2003. Klipkastele, sandkastele en sandkasteeltjies. Stilet xv(1):2002-220.        [ Links ]

    Bergenholtz, H. & Gouws, R. 2007. Korrek, volledig, relevant. Dít is die vraag aan leksikografiese definisies. Tydskrifvir Geesteswetenskappe 47(4):568-586.         [ Links ]

    Bitzer, E.M. & Bezuidenhout, S.M. 2001. Problematiek rondom die begrip "transformasie" in hoër onderwys in Suid-Afrika. Tydskrifvir Geesteswetenskappe 41(1):33-40.        [ Links ]

    Butler, H.J.B. & Kok, O.B. 2006. Voedingsassosiasie tussen vee-reiers (Bubulcus ibis) en soogdiergashere in die sentrale Vrystaat. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 25(1):1-18.         [ Links ]

    Carl, A. 2007. Onderwysers in die Wes-Kaap se persepsies en belewing van huidige onderwysveranderinge: vir of teen? Acta Academica 39(3):200-223.         [ Links ]

    Combrink, A.L. 2008. Die universiteit: sy aard en die rol van die intellektueel. Koers 73(1):145-152.        [ Links ]

    De Beer, F. 2006. Demokrasie of demodinamiek - die internet en demokrasie. Tydskrifvir Geesteswetenskappe 46(2):159-170.        [ Links ]

    De Beer, T., Mentz, K. & Van der Walt, H. 2007. Die mate van werkstevredenheid ervaar deur 'n groep Afrikaanssprekende onderwysers. Tydskrifvir Geesteswetenskappe 47(2):192-206.         [ Links ]

    De Klerk B.J. 2002. Vigs: Kerke se roeping moet duidelik uitgespel word. Koers 67(4):461-465.         [ Links ]

    De Wet, C. 2001. 'n Ondersoek na 'n aantal opvoeders se sieninge oor onderwysverwante bronne van rassisme. South African Journal of Education 21(4):247-255.         [ Links ]

    De Wet, C. 2003. Skoolveiligheid en misdaadbekamping: die sieninge van 'n groep Vrystaatse leerders en opvoeders. South African Journal of Education 23(2):85-93.         [ Links ]

    De Wet, C. & Jacobs, L. 2008. Kosgangers se ervarings van bullebakkery: 'n gevallestudie. Acta Academica 40(1):197-235.        [ Links ]

    Dippenaar-Schoeman, A.S. & Müller, G.J. 2001. Medies belangrike spinnekoppe en skerpioene van Suidelike Afrika: 'n nuwe CD-ROM vrystelling. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 20(2):57.        [ Links ]

    Du Toit, P. 2003. Bemagtiging deur middel van gemeenskapskapitaal. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 43(3):225-236.        [ Links ]

    Duvenage, P. 2005. Vryheid, gelykheid en andersheid: oor die brose aard van demokrasie. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 45(4):491-499.        [ Links ]

    Eloff, I. & Kriel, T. 2003. Ouers se konstruering van hul rol by insluitende onderwys van hulle kind met Downsindroom. South African Journal of Education 23(4):328-337.         [ Links ]

    Fokkens, A. & Visser, D. 2003. Die rol van die Unieverdedigingsmag in die onderdrukking van die nywerheidsonluste aan die Rand, 1922. Acta Academica 35(1):124-153.        [ Links ]

    Geldenhuys, D. 2008. Suid-Afrika se internasionale norm-entrepreneurskap. Acta Academica 40(2):1-27.        [ Links ]

    Huysamen, G.K. 2003. Optimalisering van die omskakeling van matrieksimbole vir universiteits toelatingsvereistes. South African Journal of Education 23(1):45-51.        [ Links ]

    Johl, R. 2002. Akademiese geletterdheid: Van studievaardighede tot kritiese geletterdheid. Tydskrif vir Taalonderrig 36(1):41-61.        [ Links ]

    John, P. 2002. Vanaf die enigmatiese na die ongerieflike: Die "gevaarlike kennis" van Eben Venter se Twaalf (2000). Stilet XIV(1):118-134.         [ Links ]

    Koen, M.P., Kotzé, C.J., Kotzé, G.S. & Esterhuyse, K.G.F. 2004. Die waarde van 'n perseptuele stimuleringsprogram vir die Sesotho-sprekende Graad 1-leerder. Tydskrifvir Taalonderrig 38(2):262- 285.        [ Links ]

    Kruger, J.P. 2004. 'n Voorstel vir 'n tipologie van die geloof-wetenskapdebat. Koers 69(3):389-410.         [ Links ]

    Mouton, J. 2005. Afrikaans as wetenskapstaal in Suid-Afrika. Tydskrifvir Geesteswetenskappe 45(3):370-385.        [ Links ]

    Naudé, J.A. 2001. Vertaalkunde vandag: 'n Oorsig. Tydskrifvir Geesteswetenskappe 41(3):177-194.         [ Links ]

    Oosthuizen, L. & Bouwer, C. 2007. Die moeder se vergestalting van die onderwyserrol in tuisskoolonderrig. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 47(1):66-80.         [ Links ]

    Pauw, J.C. 2007. Wetenskap en moraliteit. As jy lieg sal jy steel ook. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 47(2):165-180.        [ Links ]

    Pelser, A. & Sempe, A. 2003. Omgewingsbewaring in 'n nuwe era: 'n Nis vir die geestes- en sosiale wetenskappe. Tydskrifvir Geesteswetenskappe 43(3):164-176.        [ Links ]

    Potgieter, P.H. 2008. Elementêre topologie en berekeningsuniversaliteit. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 27(4):287-293.         [ Links ]

    Reinecke, A.J., Mdzeke, N.P. & Reinecke, S.A. 2009. Kadmium in Valsbaai: Moniteringspotensiaal van die mariene slak, Oxystele tigrina (Mollusca). Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Natuurwetenskap en Tegnologie 28(2):101-118.        [ Links ]

    Sadie, J.L. 2002. Ekonomiese gevolge van Suid-Afrika se demografiese tendense. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 42(2):128-144.        [ Links ]

    Smit, A. 2007. Die bydrae van die franchisebedryf tot die Suid-Afrikaanse ekonomie en die faktore wat die waarde van 'n franchisebedryf beïnvloed. Tydskrifvir Geesteswetenskappe 47(2):181-191.        [ Links ]

    Steyn, H.J. & Van der Walt, J.L. 2005. Samesmelting tussen twee hoëronderwysinstellings: 'n gevallestudie vanuit bestuurder-deelnemer-perspektief. Tydskrifvir Geesteswetenskappe 45(1):55-67.         [ Links ]

    Steyn, M.M. & Steyn, J.J. 2005 Die Rol en Plek van Ideologie in Stadsbeplanningsteorie en die Toepassing daarvan in die Praktyk met behulp van die Urbanistiekkonsep. Tydskrifvir Christelike Wetenskap 41(1):193-217.        [ Links ]

    Strauss, D.F.M. 2003. Die kompleksiteit van bemagtiging. Tydskrifvir Geesteswetenskappe 43(3):249-258.         [ Links ]

    Strydom, H. & Van Der Berg, K. 2007. Behoeftebepaling by verkragters met die oog op die ontwikkeling van 'n intervensieprogram. Tydskrifvir Geesteswetenskappe 47(4):69-85.         [ Links ]

    Van Aardt, W.J. 2006. Beginsels en metodes vir die bepaling van die ouderdom van hominied fossiele en hulle vindplekke. Koers 71(2, 3, 4):587-610.         [ Links ]

    Van Der Walt, J.L. & Wolhuter, C.C. 2005. Godsdiens as 'n moontlike faktor in onderwysstelsels en die beplanning daarvan. Koers 70(1):1-25.         [ Links ]

    Van Huyssteen, G.B. & Wissing, D. 2007. Datagebaseerde aspekte van Afrikaanse reduplikasies. Southern African Linguistics and Applied Linguistics Studies 25(3):419-439. ,        [ Links ]

    Van Niekerk, E.J. 2003. Skoolgebaseerde Selfevaluering as 'n Evalueringsmetode vir Gebruik in Christelike Privaatskole. Tydskrifvir Christelike Wetenskap 39(3):107-129.         [ Links ]

    Verhoef, G. 2005. Slagoffers van 1976: moraliteit en wetenskapsbeoefening in geskiedskrywing. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 45(3):317-326.        [ Links ]

    Verhoeven, C.J., Crous, M.J. & Smit, A.van A. 2001. Faktore wat winsgewende groei in klein en mediumgrootte sakeondernemings beïnvloed. Tydskrifvir Geesteswetenskappe 41(1):41-52.         [ Links ]

    Verster, P. 2008. Selfbemagtiging as Instrument in die Bestryding van Armoede. Tydskrif vir Christelike Wetenskap 44(3 & 4):115-129.         [ Links ]

    Vorster C.M. & Du Plooy, J. 2005. 'n Christelik-reformatoriese Evaluering van Neuro-linguïstiese (sic) Programmering as Psigo-terapeutiese Model. Tydskrifvir Christelike Wetenskap 41(3):189-214.         [ Links ]

    Vorster C.M. & Du Plooy, J. 2006. Kanttekeninge by die Resultate van 'n Empiriese Ondersoek na die Toepassing van Neuro-linguïstiese (sic) Programmering op Kinders in die Suid-Afrikaanse Konteks. Tydskrifvir Christelike Wetenskap 42(1):195-221.        [ Links ]

    Vorster, O.C. & Halasz, L. 2004. Die gebruik van 'n reologiese tegniek in die bepaling van die verhardingsreaksiekinetika van 'n reaktiewe poliësterpoeierdeklaag. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 23(1 & 2):13-21.        [ Links ]

    Vosloo, F. 2007. Antjie Krog se vertaling die sterre sê 'tsau': brug tussen vreemde en bekende. Stilet XIX(2):83-99.        [ Links ]

    Wepener, C. & Cilliers, J. 2004. Portrette wat praat: Gereformeerde "konsistorie-kuns" as locus theologicus. Tydskrifvir Geesteswetenskappe 44(4):333-345.         [ Links ]

    Wessels, B. 2007. Perspektief op die onafhanklikheid van die Bank van Engeland, die Reserwebank van Nieu-Seeland en die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Tydskrifvir Geesteswetenskappe 47(1):13-27.        [ Links ]

    Wissing, D. 2007. Gevorderde akoestiese korrelate van Afrikaanse klemtoon. Southem African Linguistics and Applied Language Studies 26(2):607-624.        [ Links ]

    Wolhuter, C.C. & Van Staden, J.G. 2008. Bestaan daar 'n dissiplinekrisis binne Suid-Afrikaanse skole? Belewenis van opvoeders. Tydskrifvir Geesteswetenskappe 48(3):389-398.        [ Links ]

    Literatuur

    Bosch, A.B. 1984. 'n Sintaktiese ondersoek na die gebruik van onderskikkende voegwoorde en sinsverbindende woorde in Afrikaans. Ongepubliseerde proefskrif: Rhodes Universiteit.         [ Links ]

    Comrie, B. 1986. Conditionals: a typology. In Traugott, E.C., Ter Meulen, A., Reilly, J.S. & Ferguson, C.A. (eds). On conditionals. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

    Dancygier, B. & Sweetser, E. 2006. Mental spaces in grammar: conditional constructions. Cambridge Studies in Linguistics 108. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

    Ford, C.E. & Thompson, S.A. 1986. Conditionals in discourse; a text-based study from English. In Traugott, E.C., Ter Meulen, A., Reilly, J.S. & Ferguson, C.A. (eds). On conditionals. Cambridge: Cambridge University Press.        [ Links ]

    Harris, M.B. 1986. The historical development of SI-clauses in Romance. In Traugott, E.C., Ter Meulen, A., Reilly, J.S. & Ferguson, C.A. (eds). On conditionals. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

    Johnson-Laird, P.N. 1986. Conditionals and mental models. In Traugott, E.C., Ter Meulen, A., Reilly, J.S. & Ferguson, C.A. (eds). On conditionals. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

    Lehmann, C.1988. Towards a typology of clause linkage. In Haiman, J. & Thompson, S.A. (eds). Typological studies in language 18. Clause combining in grammar and discourse. Amsterdam: John Benjamins.         [ Links ]

    Matthiesen, C. & Thompson, S.A. 1988. The structure of discourse and 'subordination'. In Haiman, J. & Thompson, S.A. (eds). Clause combining in grammar and discourse. Amsterdam: John Benjamins.         [ Links ]

    Messerschmidt, J.J.E. & Messerschmidt, H.J. 2011. Voorwaardelike konstruksies met indien soos gebruik in wetenskaplike tydskrifte (Deel 1: basiese konstruksies). Tydskrifvir Geesteswetenskappe 51(2):124-141.        [ Links ]

    Nuyts, J. 2007. Cognitive and Functional Linguistics. In: Geeraerts, D. & Cuyckens, H. (eds). The Oxford Handbook of Cognitive Linguistics. Oxford: Oxford University Press.        [ Links ]

    Ponelis, F.A. 1979. Afrikaanse sintaksis. Pretoria: Van Schaik.        [ Links ]

    Schoonees, P. C. 1961. (hoofred.) Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Pretoria: Die Staatsdrukker. Xrakovskij, V.S. 2005. Conditional constructions: a theoretical description (meaning, calculus, typology).In Xrakovskij, V.S. (ed.) Typology of Conditional Constructions. LINCON Studies in Theoretical Linguistics. Muenchen: LINCON: GmbH.        [ Links ]         [ Links ]

     

     

     

    JOHANNA J. E. (HANNEKE) MESSERSCHMIDT is emeritus professor en navorsingsgenoot van die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy behaal die BSc-graad aan die destydse PU vir CHO. Haar studies in die geesteswetenskappe aan UNISA lei tot die verkryging van die graad DLitt et Phil in Linguistiek. Haar onderrigtaak by die UV het die aanbieding van modules op voor- en nagraadse vlak ingesluit asook studieleiding aan M en D-studente behels. Sy het 'n leidende rol gespeel in internasionale navorsingsprojekte wat in samewerking met Vlaamse universiteite in Mangaung onderneem is. Benewens die deskriptiewe linguistiek sluit haar navorsingsbelangstellings taalverwerwing (Afrikaans en Suid-Sotho), taalonderrig en onderrigtale in.

    JOHANNA J. E. (HANNEKE) MESSERSCHMIDT is professor emeritus and research fellow of the Faculty of Education at the University of the Free State. She obtained the BSc degree at the former PU for CHE. Her studies in the humanities at Unisa led to the DLitt et Phil in Linguistics. Her teaching task at the UFS included modules on undergraduate and post-graduate levels and she also supervised Masters and PhD students. She initiated several international research projects undertaken in Mangaung in co-operation with Flemish universities. Apart from descriptive linguistics her research interests include language acquisition (Afrikaans and Southern Sotho), language teaching and languages of teaching and learning.

     

     

    HANS J. MESSERSCHMIDT is emeritus professor en navorsingsgenoot van die departement Rekenaarwetenskap en Informatika aan die Universiteit van die Vrystaat. Na studie aan die PU vir CHO en UP, behaal hy in 1980 'n PhD in Rekenaarwetenskap aan die Universiteit van die Witwatersrand. In 1978 word die "Professional Excellence Award" deur IBM aan hom toegeken. Hy is vanaf 1987 verbonde aan die UV. Sy navorsingsbelangstelling lê in algoritmes, kunsmatige intelligensie en rekenaarlinguistiek. Hy het verskeie artikels in nasionale en internasionale tydskrifte gepubliseer.

    HANS J. MESSERSCHMIDT is professor emeritus and research fellow of the department of Computer Science and Informatics at the University of the Free State. After studying at the PU for CHE and UP, he obtained a PhD from the University of the Witwatersrand in 1980. In 1978 he received the Professional Excellence Award from IBM. He joined UFS in 1987. His research interests focus on algorithms, artificial intelligence and computational linguistics. He has published several papers in local and international journals.