SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão impressa ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.51 no.4 Pretoria Dez. 2011

     

    NAVORSINGS-EN OORSIGARTIKELS

     

    "Is regtig rêrig Duits richtig?1

     

    Is regtig really German richtig?

     

     

    C. Jac Conradie

    Departement Aftikaans, Universiteit van Johannesburg E-pos: jacc@uj.ac.za

     

     


    OPSOMMING

    Die Afrikaanse modale partikels rêrig en regtig in die betekenis "waar(-lik), eg, werklik" is wisselvorme. Rêrig is afkomstig van die reduplikasievorm reg-reg, met antesedente in Maleis en Khoi. Die oorgang van reg-reg na rêrig is moontlik bemiddel deur 'n bry-uitspraak van eersgenoemde. Ofskoon die element reg afkomstig is van Nederlands recht, is 'n vorm soos rechtig feitlik onbekend in Nederlands. Hoogduits richtig, wat hoofsaaklik 'n bloot referensièle betekenis ("reg, nie verkeerd nie") het, het egter ook lank reeds die modale betekenis van Afrikaans regtig. Bowendien kan sowel Duits richtig as Afrikaans regtig versterkend/graadaanduidend, as ontkenningsversagter en as tussenwerpsel of uitroep optree. In die lig van die feit dat Duitsers in die vorrningsjare van Afrikaans 'n betreklik groot deel van die Europese bevolking aan die Kaap uitgemaak het, lyk dit waarskynlik dat die vorm rêrig, met 'n grotendeels nie-Europese herkoms, en regtig, gesteun deur Duits richtig, gekonvergeer het in wat vandag as één leksikale item beskou kan word, met rêrig moontlik enigsins informeler as regtig.

    Trefwoorde: Afrikaans, Duits, Khoi, konvergensie, Maleis, modale partikel, Nederlands, ontkenningsversagting, reduplikasie, tussenwerpsel, versterking


    ABSTRACT

    Afrikaans, Dutch and High German (henceforth A, D and G, respectively) have several modal particles in common. In the case of A regtig/rêrig there is a correspondence with G richtig, but not with D, as rechtig is virtually absent in D. A rêrig, from the reduplication form reg-reg, nevertheless derives from A reg and ultimately from D recht "right". The provenance of A regtig, however, is still in need of an explanation.
    Regtig/rêrig, a modal particle meaning "true/truly, real(-ly), actual(-ly) ", also functions as a reinforcing or scalar particle or as an interjection. As speakers of German settled at the Cape of Good Hope in large numbers from the 17th century onwards, the poss ibility is explored that the A form regtig developed under the influence of G richtig, in a process of convergence with its slightly more informal synonym rêrig.
    As A reg-reg is morphologically based on reg/recht, the functions of A reg(te) and D recht(e) will be delineated to begin with, followed by a discussion of the origins of the reduplicatedform reg-reg and its development towards rêrig, and the relationship between rêrig(e) and regtig(e). Finally, it will be shown that the modal functions of rêrig(e)/regtig(e) are also encountered in G richtig(e-), so that it seems likely that A regtig(e), as far as its form is concerned, arose at the Cape under German influence.
    Semantically, a distinction is first of all made between the referential sense of "right" in contrast to "wrong". In the three syntactic contexts to be distinguished, viz. attributive and predicative adjective and adverb, D employs recht(e), A reg(te) and G richtig(e-). In the modal sense of "true/truly, real(-ly), actual(-ly) " D has obsolete recht(e); D echt(e), which seems to be the general "replacement" of recht(e), is not discussed further. In this sense, A has regte in attributive function, while reg is not encounteredpredicatively and is obsolete in adverbial function. Besides attributive A regte, the forms regtige and rêrige have become common, matched predicatively by regtig and rêrig. The latter forms are the forms used par excellence in adverbial function, i.e. as modal particles, and G richtig is often encountered in this function. Though the distinction between the modal and reinforcing uses is not clear-cut, both A regtig/rêrig and G richtig are employed as reinforcers, as well as being employed as negation mitigators (A nie regtig/rêrig, G nicht richtig) and as interjections.
    A conspicuous difference between D and A, therefore, is that A regte, unlike D rechte, may occur in attributive function in a modal sense. In the other modal and reinforcing (or mitigating) functions D recht and A reg have no role to play.
    The reduplicated form reg-reg is well attested in earlier A. Reduplication as a productive morphological device in A is said to derive from Malay, inter alia. G. S. Nienaber, however, claims that modal reg-reg, as a semantic entity, derives from Khoi - a language which also makes use of reduplication. The Khoi equivalent of A reg-reg "really" is said to form a contrastive pair in Khoi with the equivalent of A glo "allegedly ". Reg-reg was therefore imported into A by Khoi LI speakers transferring to A.
    Regarding the problem of how reg-reg, phonetically [rsxrsx], changed to rêrig, [rersx], I would like to hypothesize that the change was mediated by the uvular pronunciation of r, which is common in areas in the vicinity of Cape Town. A pronunciation [ReyRex] would readily be assimilated to [REREX], which would be converted to [rerexj by speakers with an apical r. Given that regtig [rextsxj was already present as a variant and the tendency of vowel reduction, the schwa in current rêrig [rersx] is readily explained.
    This raises the question of the relationship between regtig and rêrig. While on the one hand rêrig is the result ofa reduplicative process, regtig, on the other, could have been formed according to a familiar pattern for A, viz. the productive -ig suffix affixed to an underlying stem regt-, as in regte (plural and attributive form), regtens, tc. Modal regte in adverbial function was attested in earlier A, and could even have been a "veiled" representation of regtig. It is therefore neither possible to conclude that regtig was derived from rêrig, nor rêrig from regtig.
    The relationship between regtig(e)/rêrig(e), on the one hand, and reg(te) on the other, also merits our attention. It seems that regtig and rêrig are both used as modal particles, function as negative mitigators (hie regtig/rêrig) and as interjections. In referential sense these forms are found neither in adjectival, nor in adverbial function. This semantic field belongs to reg(te) exclusively. Modal usage and adjectival function may be looked upon as a border area. Predicatively we only encounter regtig/rêrig; reg is excluded. Attributively regtige/rêrige compete with reg as slightly less formal or more emotive variants. In conclusion one might say that regtig/rêrig typically have a modal and adverbial origin. From there they spread to an adjectival context where they compete with regte, while retaining their modal sense.
    G richtig(e-) is encountered in both referential and modal functions (including reinforcing and mitigating functions and as interjection) and as adjective as well as adverb. It therefore covers the fields not only of A regtig(e)/rêrig(e) but also of A reg(te), D recht(e) and D echt(e). Though its modal usages are overshadowed by its referential usage, at least in written texts, it seems likely that its presence in spoken G at the Cape during the 17th and 18th centuries facilitated the convergence of a form regtig(e) as variant of rêrig(e) - regtig(e) being similar in meaning to rêrig(e) and moreover in keeping with A derivation.

    Key concepts: Afrikaans, convergence, Dutch, German, interjection, Khoi, Malay, modal particle, negative mitigation, reduplication, reinforcement


     

     

    1. EVLEIDING

    Afrikaans (voortaan A), Nederlands (voortaan N) en Hoogduits (voortaan D) het talle modale partikels gemeen, byvoorbeeld: ook/auch; bloot/blofi, dan/denn, dog/doch, ewe/even/eben, eintlikJ eigenlijk/eigentlich, eenvoudig/einfach, eenmaal/einmal; eers/eerst/erst, nog/noch, nou/nu/nun, so/zo, werklik/werkelijk/wirklich en welAvohl. Ek gaan my tot een van hulle beperk, wat nie eens in N voorkom nie, maar waar N tog 'n belangrike rol speel. Dit is naamlik A regtig/rerig, afgelei van 'n reduplikasievorm van N recht, A reg (met apokopee van [t]): reg-reg. Regtig/rerig is 'n modale partikel met die waarde van "waar, eg, werklik" en kan daarnaas - nie altyd duidelik te onderskei nie - ook graadaanduidend of versterkend optree ("beslis"), en ook as tussenwerpsel of uitroep gebruik word:

    (a) modaal: Ek wil regtig netgesels. (Pouche 2009:256)

    (b) versterkend: Ek moet nou rerig loop. (Venter 2009:194)

    (c) tussenwerpsel: Rêrig, dis mooi daar (HK)

    Regtigwaar en rerigwaar is ook Variante, maar word hier nie verder bespreek nie. Omdat rechtig so goed as onbekend is in N, wil ek vervolgens die moontlikheid bespreek dat A reg-reg/rerig aan die Kaap onder Duitse invloed tot regtig omvorm is. Duitsers het vanaf die laat 17de eeu en veral in die loop van die 18de eeu in groot getalle na die Kaap gekom,2 ofskoon daar maar enkele aantoonbare D ontlenings in A is: jaarhonderd, hekel, sweis en enkele ander. Die reduplikasievorm reg-reg het nou nagenoeg verdwyn en regtig(e) en rerig(e) kan - met 'n klein verskil in formaliteitsgraad - as sinonieme beskou word. Die vraag is nou of daar voldoende ooreensteimriing tussen A regtig en D richtig bestaan om D invloed op A waarskynlik te maak.

    Omdat reg-reg morfologies gebaseer is op A reg, uit N recht, word eers gekyk na die funksies van A reg(te) en N recht(e). Die ontstaan van die reduplikasievorm reg-reg en sy ontwikkeling tot rerig kom daarna aan die orde, gevolg deur 'n bespreking van die verhouding tussen rerig en regtig. Ten slotte word getoon dat die modale funksies van reriglregtig ook in D richtig aangetref word, wat dit waarskynlik maak dat regtig as vorm onder Duitse invloed aan die Kaap tot stand gekom het.

     

    2. AFRIKAANS REG(TE) EN NEDERLANDS RECHT(E)

    Dat N recht die leksikale bron is vir A rerig kan nie betwyfel word nie, maar dat A rerig en uiteindelik regtig uit N recht/ A reg alleen verklaar kan word, is onwaarskynlik. Ek gaan vervolgens in op die vorm- en funksionele verspreiding van recht(e)lreg(te), omdat die vorms wel in N en vroee A modale funksies toon wat met die van reriglregtig ooreenstem. Die verspreiding van die N en A vorms word in Tabel 1 aangedui.

    In hierdie tabel, wat ook die A en D vorme bevat waarna verder verwys word, word 'n globale onderskeid getref tussen (a) 'n referensiele betekenis wat vir N beskryf word as "zoals het normaal beschouwd kan worden" (VD'50) of "zoals het zijn moet" (GK), in teenstelling met "verkeerd", "fout" en (b) 'n modale waarde "waar, echt", waardeur die spreker die waarheid van sy uitspraak bevestig. As so 'n bevestiging oorgaan in aandrang sonder meer, is daar sprake van (c) die versterking of 'n hoe graad van dit waarna verwys word. Let daarop dat die grens tussen (b) en (c) nie skerp getrek kan word nie; (d) verwys na die spesiale geval waar die betrokke vorm as 'n kwalifikasie van die ontkenningspartikel (NEG) beskou kan word en (e) na die vorm se gebruik as tussenwerpsel of uitroep. Die hele reeks waardes van (b) tot (e) dui op 'n subjektiewe ingesteldheid van die spreker ten opsigte van die inhoud van die uiting en is dus almal in 'n mindere of meerdere mate "modaal".

    Soos uit die N voorbeelde 2,12 en 17 - alle voorbeelde word genommer soos in Tabel 1 - sal blyk, tree N recht(e) enAregfte) as adjektief of bywoord of nie in modale of versterkende funksie op nie, öf is dit verouderd.

    In betekenis (a) kom N rechte/ A regte in attributief adjektiwiese funksie en N recht/ A reg predikatief en as bywoord voor. Met 'n modale waarde - (b) - is N rechtfe) verouderd in attributiewe funksie:

    2. N een rechte gauwdief (VD'50; nie meer in VD'02; GK "vrijwel verouderd"); Mnl. Reinaert is een recht mordenere (Verdam 1964)

    maar in Ais die volgende steeds moontlik:

    3. A 'n regte dokter (WAT) (evaluerend); 'n regte geitjie (WAT) (emotiewe oordeel); Sy is nou voorwaar vir my 'n regte Sarie van die Sewentigs (HK)

    Predikatief is N recht en A reg uitgesluit. As bywoord is die vorms albei verouderd, ofskoon rechte nog in Mnl. voorkom:

    12. Mnl. het was rechte sijn geval: het was bepaald een buitenkansje voor hem (Verdam 1964)

    13. A na ontbijt het die mense eers reg begin aankom naar die huis (WAT, sitaat uit 1914)

    As versterkende bywoord - (c) - is N recht en A reg - maar ook regte - verouderd:

    17. N het is recht jammer (VD'50, "verouderd"); recht gelukkig (GK)4

    18. A ik is zoo reg bly om jou te zien (WAT, 1861)

    19. A 'n regte mooi [musiek-]stuk (WAT, 1906); die noins ontvang hom regte koel (WAT, sitaatuit 1878)

    'n Opmerklike verskil tussen N en A is dat A regte, anders as N rechte, as attributiewe adjektief modaal kan optree. In die orige modale en versterkende (of versagtende) funksies speel N recht en A reg nagenoeg geen rol (meer) nie, maar daar moet mee rekening gehou word dat die nou verouderde A regte, soos in (19), 'n vroee* weergawe van A regtige kan wees.

    Vervolgens kyk ons na die ontwikkeling van rerig uit N recht/ 'A reg.

     

    3. HERKOMS VAN AFRIKAANS RÊRIG

    Die vorm reg-reg is dikwels uit die 19de en selfs 20ste eeu opgeteken:

    (d) Maar van gister af, is hier nou reg-reg winter. (familiebrief, 1973)

    Die reduplikasievorm is nie vreemd nie; daar word algemeen aangeneem dat A sy veelvuldige gebruik van reduplikasievorme te danke het aan Oosterse tale, soos die Maleis wat deur die slawe aan die Kaap gebruik is (Raidt 1994a). Die vroegste vermelding van reg-reg is van M.D. Teenstra, 'n Hollandse besoeker aan die Kaap, wat dit in sy publikasie van 1825 as illustrasie van Kaapse taal, juis 'n slaaf 'in die mond le:

    (e) Ja sueur! die aap al te danig listig, rech! rech! hij niet spreek, om hij geen boodschap doen wil nie (Raidt 1991:154)

    Rech! rech! kan hier 'n reduplikasie van N recht as modale partikel wees wat as tussenwerpsel nog nie sintakties geintegreer is nie.

    A rerig is as vorm ongetwyfeld die produk van geredupliseerde reg-reg en tree dan ook later in die lig van die geskiedenis.5 Die oudste optekenings van rerig, gespel as rerrig, deur Raidt (1994b:301), is afkomstig van twee uitgawes van die tydskrif 77*e Friend uit 1864 en 1865. In (f) tree rerrig ook as tussenwerpsel op:

    (f) Dat lijken voor mij maar te danig snaaks, maar rerrig hülle het hier soo banja krulle en dinge...

    G.S. Nienaber, 'n kenner van Khoi, betoog dat reg-reg/rerig wat sy funksie betref, uit Khoi afkomstig is, as deel van 'n semanties/pragmatiese paar wat sekerheid van die spreker ten opsigte van sy mededeling, in teenstelling met hoor-se, uitdruk. Hierdie teenstelling, wat in Khoi bestaan het, sou dan deur sprekers van die taal op reg-reg/rerig en glo (uit gelove 'es mij) oorgedra gewees het namate hülle sprekers van A begin word het. Reduplikasie kom ook in Khoi voor en Nienaber (1991:130) wys op 'n aantal gevalle vanaf 1830 waar regreg voorkom in fiktiewe Khoi-sprekers se A:

    (g) Nou, kyk, sjeur, ik zal voor sjeur nou regreg zegge hoe het toegegaan is... (1830)

    (h) Ik word regreg kwaad as ik denk dat dat waar is... (1830)

    (i) Hij maak geen spulletjes, maar hij sla regreg.6 (1844)

    Of reg-reg/rerig van die Khoi-Khoin of uit die Ooste afkomstig is, is nie verder ter sake nie. Dit is wel van belang om die vormlike verhouding tussen reg-reg en rerig duideliker te stel. In die lig van die feit dat reg-reg vroeer opgeteken is as rerig en reg-reg 'n duidelike reduplikasievorm is, kan die aanname gemaak word dat dit rerig voorafgaan. Maar hoe kom ons klankmatig van [rexrax] tot [rerox]? Nienaber (1991:136-0) dink hier aan "jotasering" van die eerste velere konsonant, wat byvoorbeeld 'n stemhebbende frikatief [Y] kon gewees het. 'n Ander oplossing is myns insiens te soek in die feit dat Kaapse sprekers vir 'n groot gedeelte bry. Reg-reg word dan so iets soos [ReyRex], met assimilasie tot [ReRex], wat vir 'n spreker met tongpunt-[r] - wat tans die meeste sprekers van A verteenwoordig en die uitspraak met die meeste aansien is - dan weer [rerex] word. Ook die re-re-vorme,7 wat deur die WAT as omgangstaal en verouderd aangedui word, kan die gevolg van bry wees.

    'n Verdere probleem is die van die sjwa in die slotsillabe van rerig, in die lig van die feit dat dit uit die vol vokaal van [rex] ontwikkel het. Hier dink Nienaber (1991:136) aan 'n heranalise uit die suffiksvokaal van regtig - in A gewoonlik sjwa. Rerig en regtig bestaan al so lank saam dat dit goed moontlik is dat regtig rerig kon beinvloed het. Die sjwa van rerig het dan volgens Nienaber (1991:136) onder die invloed van die sjwa van regtig ontstaan; ter wille van die statusverhoging van rerig is "die tweede komponent onder swak betoning en deur affiniteit met die slotelement van regtig... verander en heranaliseer". Die verhouding tussen rerig en regtig word vervolgens van naderby bekyk.

     

    4. AFRIKAANS RERIG EN REGTIG

    Die moontlike invloed van regtig op rerig roep nou die probleem van die oorsprong van regtig en sy verhouding tot rerig op. Nienaber (1991:136) wys daarop dat "(d)ie opvatting dat rerig dieselfde is as regtig... baie wyd verbreid (is)" en daar heers selfs 'n opvatting (ook onder kundiges) dat rerig van regtig afgelei is.8 Die verskil tussen rerig en regtig le vir Nienaber (1991:137) in grade van subjektiwiteit. Regtig is naamlik volgens 'n vir Abekende model gevorm: produktiewe -zg-suffiks met regt as onderliggende stam, vgl. regte as attributiewe adjektief en as meervoud van die substantief.

    Ons kan dus nög aflei dat regtig uit rerig afgelei is, nog dat rerig uit regtig afgelei is, ondanks die feit dat die laaste opvatting verklaar waarom regtig as meer formeel of minder subjektief as die gemoedelike rerig ervaar word. Die herkoms van regtig bly steeds duister.

    Gaan ons uit van regte as opgetekende bywoord (in die betekenis "werklik") in A, soos in

    19. A 'n regte mooi [musiek-]stuk9 (WAT, sitaat uit 1906)

    dan word spontane afleiding waarskynliker: regtig staan morfologies taamlik na aan regte. Die vraag is dan waarom dit nie ook in Nederlands gebeur het nie, waar rechte ook as bywoord opgeteken is:

    12. Mnl. het was rechte sijn geval: "het was bepaald een buitenkansje voor hem" (Verdam 1964)

    Dit is ook moontlik dat die verouderde regte as Afrikaanse bywoord/partikel 'n "verduisterende" spelling van regtig was, dus öf regte word regtig (voller afleiding), 6f regtig word gespel as regte.

    Om terug te keer tot die verhouding regtig -rerig. HAT beskryf regtig as "werklik waar, inderdaad, rerig", en rerig (as geselstaal gemarkeer) as "waarlik, werklik, inderdaad, regtig; baie uitstekend, erg". Vir regtige verwys WAT na reg (II5b) in die betekenis "tipiese, wäre of werklike", en voeg by dat dit normaalweg attributief gebruik word. As bywoord kan dit "inderdaad, ongetwyfeld of in 'n hoe mate" beteken, of "in werklikheid of soos dit feitelik juis is" of "hoegenaamd, heeltemal of totaal" - waar dus "werklik, waar" as modale waarde, en 'n graadaanduiding herken kan word. Dit is ten slotte ook 'n tussenwerpsel of uitroep met meerdere betekenisnuanses. Die gebruike van rerig (ook as geselstaal aangedui) soos in WAT beskryf, loop parallel aan die van regtig.

    A regtig(e)lrerig(e) het dus feitlik 'n komplementere verspreiding met N recht(e)/A reg(te)10 en kom slegs in attributiewe konteks naas A regte voor, vgl.

    3. A 'n regte dokter (WAT) (evaluerend); 'n regte geitjie (WAT) (emotiewe oordeel); Sy is nou voorwaar vir my 'n regte Sarie van die Sewentigs (HK)

    naas

    4. A 'n regtige kunstenaar, regtige berou, 'n regtige spook, ens. (WAT); 'n regtige huisie vir poppe (HAT)

    5. A 'n rêrige dominee (WAT); dis tyd dat ek die rêrige storie begin skryf (Kombuis 2009:29); Die afgelope naweek se koue front het egter die eerste rêrige sneeu gebring (Beeld, 22/4/2008); Ek glo nie aan kamstige mense nie - ek glo aan rêrige mense (IS, Jans Rautenbach); Dit was treffend om nä die film voor die rêrige skildery te staan (IS, Litnet)

    Dat regtige as "werklike" of "egte" begryp kan word, blyk uit voorbeelde soos

    A om ingesluit te wees by Sy werklike regtige menswees (IS); As dit jou regtige, egtige11 eie gesig is (IS); lewers in my lewe wil ek nog regtige sneeu sien en... 'n regtige White Christmas beleef (IS)

    Daarbenewens kom A regtig/rerig voor:

    (i) as predikatiewe adjektief:

    8. A "Is jy regtig?" (- "Regtig wat?" - "So groot") (Haasbroek 2009:12); Die Holocaust... was dit regtig? (IS)

    9. A... maar so weet ons ook nie of Superman rêrig was nie (sitaat WAT, "ook soms predikatief)

    (ii) as modale bywoord:

    14. A Nee dit is regtig baie mooi. (SK); Sy was in alle opsigte verbode. Régtig verbode. (Coetzer 2009:320); Klara staan onseker buite; sy weet nie of sy regtig wil ingaan nie (Joubert 2009:64); Hy was regtig ernstig siek (HAT)

    15. A "Is daar rêrig water in daai kraan?" (Coetzer 2009:141); ek weet hy's nie rêrig-rêrig12 aggressief nie (Greeff 2006:168); Glo jy rêrig alles? (HAT)

    (iii) versterkend:

    20. A "Molly", sê hy, régtig bly om haar stem te hoor (Karsten 2009:168); sy het dit regtig nie goed gesny nie (SK); Hettie Smit het regtig baie moeite gedoen (SAUK); Dit is nou die een ding in my lewe waaroor ek regtig jammer is (SAUK); woorde wat regtig gewild raak, verarm die taal (IS)

    21. A as jy voel jy's nou rêrig bang (Haasbroek 2009:46); die tekens lyk rêrig goed! (Haasbroek 2009:101); Dis rêrig lekker gewees (HK); Wanneer 'n mens rêrig, rêrig, rêrig graag iets wil hê (IS)

    (iv) as bepaling van die ontkenning:

    23. A dit was nie regtig so vreeslik warm nie (SK); dan is ek nie regtig beskikbaar nie (SAUK); My geliefdes hou nie regtig van my boeke nie (IS)

    24. A maak nie rêrig saak nie (IS)

    (v) en as tussenwerpsel:

    26. A Hy's mooi, regtig(,) hy's mooi (SK); Regtig dit is baie nuttig! (IS)

    27. A Rêrig, dis mooi daar (HK).

    Uit die aangehaalde voorbeelde blyk dit dat regtig en rêrig as modale partikel en versterkend optree, asook as negatiefversagter (nie regtig/rêrig) en tussenwerpsel. In referensiêle sin kom hierdie vorme nóg in adjektiwiese, nóg in adverbiale funksie voor; dit is die terrein van A regfte). Die modale gebruik en adjektiwiese funksie vorm hier 'n grensgebied. Predikatief tref ons slegs regtig/rêrig aan; reg is uitgesluit. Attributief ding regtige/rêrige as enigsins minder formele/meer emotiewe variant met regte mee. Samevattend kan ons konstateer dat regtig/rêrig (i) tipies modaal van oorsprong is en (ii) uit die bywoordelike konteks afkomstig is, vanwaar dit na die adjektiwiese konteks versprei het en attributief met regte in kompetisie getree het, maar steeds met 'n modale waarde.

     

    5. INWERKING VAN DUITS RICHTIG?

    Soos vroeêr vermeld, kon A regtig onder invloed van D richtig13 ontstaan het.14 A. Pannevis (ca. 1880) het selfs rigtig, met i in die eerste sillabe; hy gee "waarlyk" as betekenis aan (Van der Merwe 1971:109). D richtig(e-) kom in ongeveer alle funksies en kontekste van sowel N recht(e)l A reg(te) as A regtig(e)lrerig(e) voor, met name in die betekenis "reg, nie verkeerd nie" in attributief adjektiwiese konteks (1), in predikatief adjektiwiese konteks (7) en as bywoord (11):

    1. D Dafür war er genau der richtige Mann. (DWDS, 1999)

    (Daarvoor was hy presies die regte man.)

    7. D Ist es richtig, dass die heutige Jugend von Mozart... (DWDS, 1932)

    (Is dit reg dat vandag se jeug van Mozart...)

    11. D gar nicht so schwer, seine Mitmenschen richtig zu behandeln (DWDS, 1932)

    (glad nie so moeilik om sy medemense reg te behandel nie)

    Met die modale waarde "waar/ware, eg(te), werklik(e)" tree richtig(e-) in dieselfde kontekste op, soos onderskeidelik uit (6), (10) en (16) blyk:

    6. D Wie ein richtiger Vogel Strauß hatte ich eben die Augen zugemacht (DWDS, 1902) (Soos 'n regte volstruis het ek net my oe toegemaak) Mein richtiger Vater war Möbelhersteller (DWDS, 1999) (My regte pa was 'n meubelmaker)

    Sie war eine richtige Mutter. (DWDS, 1999) (Sy was 'n wäre moeder)

    10. D So richtig diese Erkenntnis ist, so bedenklich ist der Plan... (DWDS,1932) (So opreg soos hierdie bekentenis is, net so bedenklik is die plan...) es ist richtig daß die Kriminalität zugenommen hat (DGD) (dit is waar dat die kriminaliteit toegeneem het)

    16. D doch keine Sünde, wenn man einander richtig lieb hat (LP, HC Andersen) (tog geen sonde as mense mekaar regtig liefhet nie) "Wann wird's mal wieder richtig Sommer?" (IS, naam van lied, vertaal as "When will there be a proper summer again?") (Wanneer word dit 'n keer weer regtig somer?) Nach dem Reden wird der Durst erst richtig schön, der Durst auf Bier... (DWDS, 1974) (Na die gepraat word die dors eers regtig behoorlik, die dors na bier) Um den Unterschied von brutto und netto auch richtig sichtbar zu machen,...(DWDS, 1978) (Om die verskil tussen bruto en netto ook werklik sigbaar te maak...) warum geht es dann erst jetzt richtig los in Deutschland? (DWDS, 1999) (waarom begin dinge dan nou eers regtig gebeur in Duitsland?)

    Richtig tree versterkend op in

    22. D Da wollen wir mitsammen auf den Berg gehen und uns einmal richtig satt essen (uit "Das Lumpengesindel", Grimm 1812-15)15

    (Toe wil ons saam die berg uitklim en ons 'n keer regtig dik eet)

    mir ist richtig behaglich zumute (LP, HC Andersen) (ek voel regtig behaaglik)

    Da wurde er richtig wild und schrie und tobte (DWDS, 1999) (toe het hy regtig wild geword en gegil en gebrul)

    Ihr wart ein richtig heißes Team! (DWDS, 1999) (Julie was 'n regte kookwaterspan!)

    Daher war heute endlich mal wieder so richtig viel Platz im Zug (IS)

    (Daarom was daar vandag eindelik weer 'n keer regtig baie piek in die trein)

    as ontkenningsbepaler in

    25. D ich habe jahrelang nicht richtig niesen können (LP, K Tucholsky 1929)

    (ek kon jare lank nie regtig nies nie)

    was viele Franzosen noch nicht richtig realisiert haben (DWDS,1986

    (wat baie Franse nog nie regtig kon waarmaak nie)

    Die gehören wohl einfach nicht richtig zum "Volk" (DWDS,1999)

    (Hülle behoort eenvoudig nie regtig tot die "volk" nie)

    en as tussenwerpsel in

    28. D Er war in grünem Wams, richtig! (LP, A Willibald, 1798-1871)

    (Hy het 'n groen baadjie aangehad, regtig!)

    als Ausruf: richtig! (Grimm & Grimm 1893) (as uitroep: regtig!)

    Met 'n modale rerig uit reg-reg, leksikaal verwant aan N recht! A reg, in komplementäre verspreiding met hoofsaaklik nie-modale N rechtfe)/ A reg(te),waar regtig 'n reelmatige afleiding van A reg sou wees en daar tewens 'n byna gelykluidende, modale rerig aanwesig is, kan D richtig - vormverwant aan regtig en funksioneel verwant aan rerig - aanleiding gegee het tot die vormkonvergensie van A rerig met 'n meer formeel klinkende regtig. Enersyds het N rechtfe)/ A reg(te) vanuit 'n referensiele betekenis 'n modale waarde ("egte", ens.) wat in attributief adjektiwiese konteks optree, ontwikkel; andersyds het die A modale bywoord regtiglrerig tot dieselfde attributief adjektiwiese konteks uitgebrei, met as resultaat 'n funksionele konvergensie, soos blyk uit die reeds aangehaalde voorbeelde (4) en (5), wat hier ten dele herhaal word:

    4. A 'n regtige huisie vir poppe (HAT)

    5. A Die afgelope naweek se koue front het egter die eerste rêrige sneeu gebring (Beeld, 22/4/2008)

    Regtigelrerige is hier 'n wisselvorm van regte, maar met modale ondertone. Die modale waarde van albei wisselvorme kan teruggevind word in soortgelyke kontekste waarin D richtig as "wäre, egte" optree, byvoorbeeld:

    6. D Sie war eine richtige Mutter. (DWDS, 1999) (Sy was 'n wäre moeder)

    In die kognitiewe of semantiese funksie (a), kortweg aangedui as "reg, nie verkeerd nie", is N rechtfe)/ Aregfte) in komplementere verspreiding met D richtigfe). Dit is ook verreweg die mees frekwente gebruik van die woord in Duits en het kennelik geen invloed op Afrikaans gehad nie. Origens het D richtig(e-) en A regtig(e)/rerig(e) 'n feitlik identieke verspreiding van modale en ander funksies in die verskillende sintaktiese kontekste, byvoorbeeld:

    as modale partikel:

    16. D "Wann wird's mal wieder richtig Sommer?" (IS) (Wanneer word dit 'n keer weer regtig somer?)

    14. A Sy was in alle opsigte verbode. Régtig verbode. (Coetzer 2009:320)

    versterkend/graadaanduidend:

    22. D Da wurde er richtig wild und schrie und tobte (DWDS, 1999)

    (toe het hy regtig wild geword en gegil en gebrul)

    20. A Dit is nou die een ding in my lewe waaroor ek regtig jammer is (SAUK)

    as ontkenningversagter.

    25. D Die gehören wohl einfach nicht richtig zum "Volk". (DWDS,1999)

    (Hülle behoort eenvoudig nie regtig tot die "volk" nie)

    23. A dit was nie regtig so vreeslik warm nie (SK)

    as tussenwerpsel:

    28. D Er war in grünem Wams, richtig! (LP, A Willibald, 1798-1871)

    (Hy het 'n groen baadjie aangehad, regtig!)

    26. A Hy's mooi, regtig(,) hy's mooi (SK)

    In predikatief adjektiwiese gebruik kom A regtig byna nie voor nie en reg glad nie; attributief is regtige wel moontlik:

    6. D Sie war eine richtige Mutter. (DWDS,1999) (Sy was 'n ware moeder)

    4. A 'n regtige kunstenaar, regtige berou, 'n regtige spook, ens. (WAT)

    Alternatiewe sou wees: 'n regte/ware kunstenaar, ware berou, 'n regte spook. Attributief is regtige die "nuweling" - die afgeleide van die bywoord en in mededinging met regte.

     

    6. GEVOLGTREKKING

    Die paradigma van hierdie leksikale item blyk die resultaat te wees van 'n konvergensie vanuit verskeie rigtings, soos in Tabel 2 skematies aangedui word.

    Anders gestel: Geerfde reg(te) neem die terrein vanuit die adjektiwies-kognitiewe hoek in, en die ontleende en omvormde rerig/regtig neem die terrein vanuit de adverbiaal-modale hoek in; hülle ontmoet mekaar op adjektiwies-modale gebied, met regte as die meer formele - en waarskynlik meer gebruiklike - en regtige/rerige as die meer emotiewe variant, soos blyk uit die teenstelling tussen 'n regte (dit wil se gekwalifiseerde) dokter en 'n rerige dokter (nie 'n speel-speel-dokter nie).

     

    BIBLIOGRAFIE

    Afkortings

    DGD: Datenbank Gesprochenes Deutsch

    DWDS: Digitales Wörterbuch der deutsche Sprache

    GK: Koenen & Drews (1986)

    HAT: Odendal & Gouws (2005)

    HK: "Hoofkorpus" in Kroes (1982)

    IS: Internet-woordsoektog (Google) op richtig, 31/3/2011        [ Links ]

    Mnl.: Middelnederlands

    LP: Literatur Pinselpark SAUK: "SAUK-korpus" in Kroes (1982) SK: "Spontane korpus" in Kroes (1982)        [ Links ]

    VAW: Labuschagne & Eksteen (2010)        [ Links ]

    VD'50: Kruyskamp & De Tollenaere (1950)

    VD'84: Geerts & Heestermans (1984)

    VD'02: Van Sterkenburg et al. (2002)

    WAT:Bothaetal.(2009)

    WNT: Heeroma (1947)

    Botha, W.F. et al., reds. 2009. Woordeboek van die Afrikaanse taal, deel 13 (R). Stellenbosch: Büro van die WAT.        [ Links ]

    Coetzer, W. 2009. Skerpioen. Pretoria: Lapa.        [ Links ]

    De Kadt, E. 2002. German Speakers in South Africa. In Mesthrie, R. (ed.) Language in South Africa. Cambridge: CUP, pp. 148-60.        [ Links ]

    Datenbank Gesprochenes Deutsch, http://dsav-wiss.ids-mannheim.de/DSAv/SUCHE/ANTWORT.HTM [6 Oktober 2010].        [ Links ]

    Digitales Wörterbuch der deutschen Sprache des 20. Jh., Das. Berlin-Brandenburgische Akademie der Wissenschaften, http://www.dwds.de[14 Julie 2010].        [ Links ]

    Ernst, P., red.1970. Kinder- und Hausmärchen, Band 1, gesammelt durch die Brüder Grimm. München & Leipzig: G. Müller.        [ Links ]

    Fouche, J. 2009. Ed van inligtingstelsels. Pretoria: Lapa.        [ Links ]

    Geerts, G. & Heestermans, H., met medewerking van C. Kruyskamp. 1984. Van Dale Groot woordenboek van de Nederlandse taal. Utrecht/Antwerpen: Van Dale Lexicografie.        [ Links ]

    GreefT, R. 2006. Palazzo van die laaste dans. Kaapstad: Kwela.        [ Links ]

    Grimm, J. & W. 1812-15. Kinder- und Hausmärchen, (internetteks)        [ Links ]

    Grimm, J. & Grimm, W. 1893. Deutsches Wörterbuch 8. Leipzig: S. Hirzel.        [ Links ]

    Haasbroek, P. J. 2009. Die ander vennoot. Kaapstad: Human & Rousseau.        [ Links ]

    Heeroma, K. 1947. Woordenboek der Nederlandsche taal, deel 12. 's-Gravenhage/Leiden: M. Nijhoff/A.W Sijthoff.        [ Links ]

    Heibig, G. 1988. Lexicon deutscher Partikeln. Leipzig: Verlag Enzyklopädie.        [ Links ]

    Joubert, I. 2009. Anderkant Pontenilo. Kaapstad: Tafelberg.        [ Links ]

    Karsten, C. 2009. Seisoen van sonde. Kaapstad: Human & Rousseau.        [ Links ]

    Koenen, M.J. & Drews, J.B. 1986. Wolters' woordenboek eigentijds Nederlands. Groningen: Wolters-Noordhoff.        [ Links ]

    Kombuis, K. 2009. Die tyd van die kombi 's. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

    Kroes, H. 1982. Die frekwensiebepaling van die kernwoordeskat en sekere strukture van die Afrikaanse spreektaal. Ongepubliseerde navorsingsverslag, Randse Afrikaanse Universiteit, Johannesburg.        [ Links ]

    Kruyskamp, C. & De Tollenaere, F. 1950. Van Dale 's Nieuw groot woordenboek der Nederlandse taal, 7e druk. 's-Gravenhage: M. Nijhoff.        [ Links ]

    Labuschagne, F.J. & Eksteen, L.C. 2010. Verklarende Afrikaanse woordeboek. Kaapstad: Pharos Woordeboeke.        [ Links ]

    Literatur Pinselpark, http://www.pinselpark.de/linkphp/sonst/suche.php?dt=back&q=richtig 7 April 2011].        [ Links ]

    Mansvelt, N. 1884. Proeve van een Kaapsch-Hollands idioticon. Kaapstad.        [ Links ]

    Nienaber, G.S. 1991. Is die modale bywoord rerig rerig Afrikaans? Tydskrif vir Geesteswetenskappe 31(2):128-40.         [ Links ]

    Odendal, F.F. et al. 19943 Verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse taal. Midrand: Perskor.        [ Links ]

    Odendal, F.F. & R.H. Gouws (reds.) 2005. Verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse taal. Kaapstad: Pearson Education South Africa.        [ Links ]

    Raidt, E.H. 1991. Afrikaans en sy Europese verlede. Kaapstad: Nasou.        [ Links ]

    Raidt, E.H. 1994a. Oor die herkoms van die Afrikaanse reduplikasie. In Raidt, E.H. (red.) Historiese taalkunde. Johannesburg: Witwatersrand University Press.        [ Links ]

    Raidt, E.H. 1994b. Taalvariasie in negentiende-eeuse Afrikaans. In Raidt, E.H. (red.) Historiese taalkunde. Johannesburg: Witwatersrand University Press.        [ Links ]

    Rölleke, H., red. 1980. Ausgewählte Kinder- und Hausmärchen. Stuttgart: Reclam.        [ Links ]

    Sprach-Brockhaus, Der. 1968. Deutsches Bildwörterbuch für jedermann, 7. Auflage.Wiesbaden: F.A. Brockhaus.        [ Links ]

    Van der Merwe, H.J.J.M. (red.) 1971. Vroee Afrikaanse woordelyste (heruitgawe). Pretoria: J.L. van Schaik.         [ Links ]

    Van Sterkenburg, P. et al. (reds.) 2002. Van Dale Groot woordenboek hedendaags Nederlands. Utrecht/ Antwerpen: Van Dale Lexicografie.        [ Links ]

    Venter, E. 2009. Santa Gamka. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

    Verdam, J. 1964. Middelnederlandsch handwoordenboek. 's-Gravenhage: M. Nijhoff.        [ Links ]

    Verwijs, E. & Verdam, J. 1907. Middelnederlandsch woordenboek. 's-Gravenhage: M. Nijhoff.        [ Links ]

    Von Wielligh, G.R. 1925. Ons geselstaal. Pretoria: J.L. van Schaik.        [ Links ]

    Wahrig, G. 2000. Deutsches Wörterbuch. Gütersloh/München: Bertelsman Lexikon Institut.        [ Links ]

     

     

    JAC CONRADIE is in 1975 as lektor in die Departement Afrikaans-Nederlands aan die Randse Afrikaanse Universiteit, Johannesburg, aangestel met Taalgeskiedenis en Sintaksis as vernaamste leeropdragte, en tree in 2009 af as professor in die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg, die opvolger van RAU, waar hy sedertdien op tydelike grondslag as dosent en navorser werksaam is.
    Benewens 'n verskeidenheid artikels oor taalkundige onderwerpe soos modaliteit, die verhouding tussen Afrikaans en Nederlands, reduplikasie en ikonisiteit in taal wat in verskillende vaktydskrifte plaaslik en oorsee verskyn het, is hy outeur van 'n handboek Taalgeskiedenis (1986), mede-outeur (met W.F. Jonckheere) van 'n teksuitgawe van die Middelnederlandse mirakelspel Mariken van Nieumeghen (1992) en medeouteur (met Werner Abraham) van Präteritumschwund und Diskursgrammatik (2001). Hy is ook hoofredakteur van Signergy (2010), 'n bundel opstelle oor ikonisiteit in taal en die letterkunde, en oprigter (in 1990) van die Suider-Afrikaanse Tydskrifvir Middeleeuse en Renaissancestudies.
    JAC CONRADIE was appointed as lecturer in the Department of Afrikaans-Nederlands at the Rand Afrikaans University, Johannesburg, in 1975, and assigned Language History and Syntax as principal teaching fields. In 2009 he retired as professor in the Department of Afrikaans at the University of Johannesburg, the successor of RAU, where he has since been working on a temporary basis as lecturer and researcher.
    Besides a variety of articles on linguistic subjects such as modality, the relationship between Afrikaans and Dutch, reduplication and iconicity in language which appeared in various local and overseas journals, he is the author of a textbook Taalgeskiedenis (1986), co-author (with W.F. Jonckheere) of a text edition of the Middle Dutch miracle play Mariken van Nieumeghen (1992) and co-author (with Werner Abraham) of Präteritumschwund und Diskursgrammatik (2001). He is also the principal editor of Signergy (2010), a collection of essays on iconicity in language and literature, and founder (in 1990) of the Southern African Journal of Medieval and Renaissance Studies.

     

     

    1 'n Verkorte weergawe van hierdie artikel verskyn in die handelinge van die 12de kongres van die Internasionale Vereniging vir Germanistiek, Warskou, 2010. Met dank aan die Nasionale Navorsingstigting (NRF) vir geldelike steun en aan Ronél Smit vir hulp met die soektog na en kontrole van Duitse voorbeelde. En, les bes, hartlik geluk aan die Tydskrif met 'n halfeeu se voortreflike diens aan die Afrikaanse taal- en letterkunde.
    2 Volgens De Kadt (2002:148) word bereken dat "at the end of the eighteenth century more than half of the white population of the Cape was of German descent". Hierdie koloniste is spoedig geassimileer.
    3 Volgens WNT slegs een maal (as bywoord) by Huygens aangetref, in die betekenis "volgens recht, wettig", dus nie werklik in ooreenstemming met die betekenisonderskeidings wat hier aangeneem word nie.
    4 Die afwesigheid van N rechtig en selfs recht in verskillende funksies is waarskynlik toe te skryf aan die verbreiding van echt, vgl. vir (b) in tabel 1: dat is nu echt iets voor hem; vir (c): echt van iemand houden; vir (d): was je teleurgesteld? niet echt (GK).
    5 Volgens Mansvelt (1884) is re-reg of rerrig "eintlik" recht-recht, en dieselfde as rechtig, wat "zeker, gewis, werkelijk, in ernst" is (Van der Merwe 1971:196-7).
    6 A. Pannevis (ca. 1880) verklaar reg reg as "waarlyk" en gee as voorbeeld 'n ontkennende sin: ik weet reg reg nie waar hy is nie, ik weet waarlyk niet waar hy is (Van der Merwe 1971:109).
    7 Volgens Von Wielligh (1925:190) word rere gebruik "vir reg-reg".
    8 Sien bv. Von Wielligh (1925:190): "rerig... vir regtig"..
    9 Vgl. ook in die woordelys van H. Kern (1890): regte: zeer; hij was regte skaam, hij schaamde zieh zeer, en die van A. Pannevis (ca. 1880), wat regte jraai verklaar as "recht fraai"- albei in Van der Merwe (1971:47).
    10 Die verwisselbaarheid van hierdie vorme blyk daaruit dat onder die opskrif "regtige mans" in 'n internetsoektog na regte (31/3/2011) nulle soos volg omskryf word: "Daar is tans heelwat advertensies in die omtrek oor wat presies 'n regte [my kurs.] man moet wees."
    11 Die geleentheidsvorm egtige kom meermale in die kollokasie regtige-egtige voor.
    12 Vir geredupliseerde rerig, sien ook WAT (R, p.224.2); voorbeelde van geredupliseerde regtig is nie gevind nie.
    13 Wahrig (2000) beskryf richtig in adverbiale gebruik as "tatsächlich" en "sehr". Sprach-Brockhaus (1986) gee ook albei hierdie betekenisse aan, maar het ook nog: "so, wie es sein soll, stimmend, genau, wahr". Ek sou wou onderskei tussen "tatsächlich" [in feite] as modale waarde en "sehr" as versterkend of graad-aanduidend. Heibig (1988:197) onderskei tussen die gebruik as adjektiefbepaler ("Der Film war richtig aufregend") en as versterker: "(v)erstärkt die im Bezugswort ausgedrükte Eigenschaft (= geradezu, wirklich, sehr, in hohem Maße)" - "Er war richtig erschrokken".
    14 Ofskoon onderstaande D voorbeelde oorwegend uit die moderne periode afkomstig is, is daar tog voldoende gevalle uit vroeër tye om dit waarskynlik te maak dat D richtig reeds in byvoorbeeld die 18de eeu oor die betrokke modale funksies beskik het. 'n Vasstelling van wanneer die modale funksies in die geskiedenis van D ontwikkel het, kan egter nie hier onderneem word nie.
    15 Latere weergawes het hier recht in plaas van richtig, vgl. Rölleke (1980:43) en Ernst (1970:53).