SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión impresa ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. v.51 n.4 Pretoria dic. 2011

     

    NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS

     

    Die semiosis van die (on)natuurlike en die (ab)normale: oor verwondering en onttowering in die kognitiefsemantiese definiëring van die kategorie mens

     

    The semiosis of the (un)natural and the (ab)normal: on wonder and disenchantment in the cognitive semantic definition of the category HUMAN

     

     

    Piet Swanepoel

    Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria E-pos: swaneph@unisa.ac.za

     

     


    OPSOMMING

    Daston (1998) sluit haar makronarratief van die opkoms en val van die kategorieë van die (on)natuurlike en die (ab)normale tussen die Vroegmoderne periode en die Wetenskaplike Rewolusie af met die opmerking dat die geldigheid daarvan nog aan mikronarratiewe getoets moet word. Die hoofdoel van hierdie artikel is om aan te dui watter lig twee minder bekende tekste uit die korpus Nederlandse natuurhistoriese tekste op hierdie kwessie werp. Die fokus val op hoe Adriaen Coenen (1514-1587) hierdie kategorieë kon gekonseptualiseer het op basis van sy visensiklopedie Visboeck (1577-1579). Sy empiriese ontologie en epistemologie maak volgens Florike Egmond en Peter Mason (cf. Egmond & Mason 1992, 2000) van Coenen 'n voorloper van die epistemiese oorgang van die Vroegmoderne periode en die Wetenskaplike Rewolusie. In hierdie artikel word aangetoon dat, alhoewel Coenen nie soos sy Middeleeuse voorgangers hierdie kategorieë op emblematiese wyse benader het nie, hy nogtans die natuur as "boek" gelees het waarin die Skepper Hom aan die mensdom openbaar. Om hierdie aansluiting by sy voorgangers duidelik te maak, word daar 'n ontleding aangebied van die eerste bestiarium in Nederlands, naamlik Jacob van Maerlant se Der naturen bloeme (ca. 1270). Die interpretasieproses (semiosis) word uiteengesit en daar word aangedui hoe die relevante kategorieë gedefinieer is teen die Groot Ketting van Bestaan, 'n teorie van die essensie van kategorieë en die "plaaslik-lokale" religieuse, morele, estetiese waardes, ens. van Van Maerlant se teikengehoor. In die ontleding van Visboeck word daar aangetoon hoe Coenen op meerdere epistemologiese strategieë gesteun het by die interpretasie van die betrokke kategorieë. Hy was deeglik daarvan bewus dat prioritisering van sig allerlei gevare ingehou het omdat ook die duiwel mense se interpretasie van natuurkategorieë kon bepaal. Die slotsom van die artikel is dat in die epistemiese oorgang van een periode in die geskiedenis na 'n ander meerdere en komplekse ontologiese en epistemologiese uitgangspunte die wêreldbeskouing van 'n individu kan bepaal en dat die besondere konseptualisering van die (on)natuurlike, (ab)normale en wonderlike in diens staan van die poging om sin te maak van die kategorie MENS.

    Trefwoorde: Semiosis, (on)natuurlike kategorieë, (ab)normale kategorieë, wonder(like) kategorieë, bestiarium, Middeleeue, Vroegmoderne Periode, Wetenskaplike Rewolusie, makrogeskiedenis, mikrogeskiedenis, makronarratief, mikronarratief, Jacob van Maerlant, Der naturen bloeme, Adriaen Coenen, Visboeck


    ABSTRACT

    Daston (1998) concludes her macronarrative of the rise and fall of the categories of the natural and unnatural between the Early Modern Period and the Scientifi c Revolution (15001700) with the remark that this narrative should be supplemented with local conceptions (i.e. micronarratives) of these categories.
    The main goal of this article is to indicate what contribution two works within the neglected corpus of Dutch natural histories can make to "fill in" the local details of such a macronarrative. The focus falls on how Adriaen Coenen (1514-1587) could have perceived these categories as evidenced by his marine encyclopaedia Visboeck ("Fish book"; 1577-1579). Florike Egmond and Peter Mason (cf. Egmond & Mason 1992, 2000) have indicated that Coenen prioritised an empirical epistemological approach to the (un)natural and (ab)normal, and not an emblematic one such as his forerunners of the bestiary tradition of the Dutch Middle Ages. Egmond and Mason therefore conclude that Coenen should be seen as a forerunner of the Early Modern Period of the Scientific Revolution. As is argued in this article, although Coenen did not have an emblematic world view (as defined for example by Ashworth 1990), he did read nature as a "book" (general revelation) to determine what it revealed about God to humankind.
    To place Coenen's epistemological and ontological perspectives on these categories in the right perspective, an analysis is provided in Section 3 of the typical bestiary approach as evidenced in the first bestiary in Dutch, namely Jacob van Maerlant's Der naturen bloeme ("The best from nature") (ca.1270). The focus falls on Van Maerlant's treatment of the (un)natural, the (ab) normal and the wonderful in God's creation. Entries from Der naturen bloeme are provided to debunk the myth that natural historians of the bestiary tradition had no regard for the materiality of objects but simply tried to fathom their symbolical meanings. The process of "interpreting" the semantic layers of natural-kind categories is discussed in line with the theoretical approach outlined in Section 2 of this article, namely the semiological, hermeneutic and cognitive semantic aspects of the semiosis of categories. It is indicated how the categories of the (un)natural, (ab)normal and wonderful are defined relative to the hierarchy inherent in the Great Chain of Being, its associated theory of the essences of kinds, and local, temporal and culture-specifi c sets of, for example, religious, moral, and aesthetic values.
    Adriaen Coenen's epistemological and ontological approach in Visboeck to the categories under discussion are discussed in more depth in Section 4. Despite the fact that he prioritised an empirical epistemology, it is also indicated that Coenen relies on a number of epistemological strategies: the principle of auctoritas (like his forerunners from the Middle Ages) and simple referential procedures. He also acknowledges the fact that the evidence of vision itself could be highly fallible, and that whatever interpretations one may make of natural categories they could also be the work of the devil himself.
    Obsessed with all that is strange and wonderful, Coenen devotes a number of the articles in his "encyclopaedia" to monsters of all kinds, also stressing their role as "warnings from God". Above all, Visboeck is evidence of Coenen's ability to see in nature how God, as almighty Creator, reveals himself to man. The final conclusion is that the hypothesised macronarrative of (clear) epistemic breaks between historical periods does not hold up when one analyses micronarratives such as that of Van Maerlant's Der naturen bloeme and Coenen's Visboeck. In the cross-over from one period to the other (Middle Ages, the Early Modern Period and the Scientifi c Revolution) a variety of ontological and epistemological positions were possible, all positions finally aimed at trying to fathom the category HUMANKIND.

    Key concepts: Semiosis, (un)natural categories, (ab)normal categories, wonder(ful) categories, bestiary, Middle Ages, Early Modern Period, Scientific Revolution, macrohistory, microhistory, macronarrative, micronarrative, Jacob van Maerlant, Der naturen bloeme, Adriaen Coenen, Visboeck, epistemology, ontology


     

     

    1. INLEIDING

    Daston (1998) sluit haar bespreking van die opkoms en ondergang van die ontologiese kategorieë van die natuurlike en die onnatuurlike (of: die buite- en bonatuurlike, met as geassosieerde kategorieë die normale, die abnormale en die wonderbaarlike)1 in die Vroegmoderne periode (1500-1700) af met die opmerking dat dit inderdaad 'n tipiese makronarratief ("grand narrative") is wat nog met "lokale" besonderhede (dit is mikronarratiewe) aangevul moet word. Alhoewel meer lokale besonderhede oor die konseptualisering (en dus ontologiese status) van die (on)natuurlike kategorieë verskaf word in Daston en Parks (sien Daston & Parks 1998) se bekende werk oor wonders en verwondering in die natuurlike historie, fokus hulle veral op die konseptualisering van hierdie kategorieë deur meestal bekende en geleerde natuurhistorici, natuurfilosowe, teoloë - oor die algemeen, "geleerdes" van allerlei soort.

    Een van die vernaamste punte van kritiek van mikrohistorici op sulke makronarratiewe en op die periodisering waarop dit steun,2 is juis dat hulle as veralgemenings nie rekenskap gee van die verskeidenheid en kompleksiteit van benaderings tot die (on)natuurlike, bo- en buitenatuurlike en die (ab)normale as kategorieë nie; en in die besonder nie van hoe die man op straat oor hierdie kategorieë gedink het, emotief daarop gereageer het en hoe hierdie konstrukte hulle daaglikse handel en wandel geraak het nie.

    Die makronarratief van ons empiriese kennis en die funksie van die natuur, van die natuurlike, bonatuurlike, onnatuurlike, die normale en die wonderbaarlike as natuurkategorieë, is ook een so 'n veralgemening wat nie die kompleksiteit van die uitbreiding van ons kennis van die natuur dek nie. Gewoonlik spring sulke verhale van die natuurkunde van Aristoteles (384-322 VC (die Klassieke Tydperk)) na die empirisme van Bacon (1561-1626; (die Wetenskaplike Rewolusie)). Die bydraes van Laatmiddeleeuse natuurhistorici asook dié van die Vroegmoderne periode, en veral die komplekse sieninge wat hulle van die natuur gehad het, word in sulke verhale gewoon weggelaat. As argument hiervoor word aangevoer dat die teosentriese benadering van hierdie natuurondersoekers en die wydverspreide praktyk om te steun op reeds bestaande bronne in hulle natuurbeskrywings nie veel tot ons empiriese kennis van die natuur bygedra het nie. Hierdie weglating laat ons dus met 'n beeld van die ontwikkeling van ons empiriese kennis van die natuur as synde een wat liniêr en progressief verloop het, met duidelike epistemiese verskuiwings tussen die verskillende periodes (sien byvoorbeeld ook Ashworth 1990; Egmond, Jorink & Vermij 1999; Foucault 1969 en Mason 2009).

    Egmond en Mason het egter in verskeie publikasies aangetoon dat hierdie makronarratief, en veral die soort binêre teenstellings waarop daar gesteun word (geleerd vs. niegeleerd; objektiwiteit vs. subjektiwiteit, bygeloof of teosentrisme; wetenskaplike saaklikheid/afstandelikheid vs. vermaak, hoë kultuur vs. lae kultuur, ens.) nie stand hou as mens die geskrifte van die minder bekende natuurhistorici in ag neem nie, maar dan individue met basiese praktiese kennis van hulle veld, soos Adriaen Coenen of Ambroise Paré. (Sien Egmond 1997, 2005; Egmond & Mason 1992, 1996, 1997, 2000).

    In Egmond en Mason (1992, 2000) word daar byvoorbeeld gewys op die feit dat Adriaen Coenen (1514-1587) se manuskripte Visboeck (1577-1579; voortaan afgekort tot VB) en Walvisboek(1584-1585) getuig van sy prioritisering van 'n empiriese epistemologie - dus dat hy eintlik 'n voorganger van die Wetenskaplike Rewolusie was - en die feit dat hy nie, soos sy Middeleeuse voorgangers in die bestiariumtradisie, 'n emblematiese siening van die natuur gehad het nie (sien die bespreking in afdeling 3). Ter ondersteuning hiervan voer hulle aan dat hy slegs een keer in VB na die simboliese duiding van 'n spesie verwys, en dan ook net indirek as hy Willem van Oranje hulle "pelikaan" noem wat hulle van die Spaanse onderdrukking moet bevry ("den Edelen Prins van Orangen Onsen vromen pellicaen van Hollant en Zeelant"; VB, f.41).3

    Lees mens egter VB deur, dan is dit wel duidelik dat Coenen hom weliswaar nie op die tradisonele emblematiese betekenis van natuurkategorieë in die bestiariumtradisie beroep nie, maar dat hy nogtans die natuur as openbaring van God geïnterpreteer het - en daarin het die kategorieë van die (on)natuurlike, (bo)natuurlike en (ab)normale 'n kardinale rol gespeel. In hierdie opsig sluit Coenen aan by, maar verskil ook baie duidelik van, sy Middeleeuse voorgangers. Terselfdertyd kan daar ook aangetoon word dat Coenen in die samestelling van VB wel by sy tydgenote, in die besonder by Gesner, aangeleun het, maar ook wesentlik van die emblematiese benadering van Gesner4 en natuurhistorici soos Aldrovandi verskil het. Kortom: 'n prioritisering van 'n empiriese epistemologie in die bestudering van die natuur sluit nie uit dat mens ook die natuur kan ondersoek oor wat dit vir die mens oor God self kan openbaar nie - 'n komplekse epistemologiese uitgangspunt wat bewys dat alle mense nie noodwendig - en dan nog op 'n spesifieke tydstip - die natuur slegs empiries objektief of teosentries-simbolies benader (het) nie. Verskeie epistemologiese variasies is en was dus moontlik.

    In hierdie artikel word daar verder ingegaan op hierdie mikrohistoriese blik op die aard en verskuiwing in die epistemologieë van minder bekende natuurhistorici uit ons Nederlandse erfskat. In die navorsing oor die werk van natuurhistorici is daar nog weinig aandag gegee aan die bydraes van die vroeë Nederlandse natuurhistorici wat hulle tekste in Nederlands saamgestel het (dit wil sê in die volkstaal in plaas van Latyn).5 Nog minder word daar historiese navorsing gedoen oor die natuurlike historie as 'n vorm van (semantiese) kategorisering. Soos sal blyk, val die klem in hierdie artikel dan ook nie op die historiografie van die beoefening van die natuurwetenskap nie - die uitgangspunt is taalkundig. In die besonder word daar vanuit die kognitiewe semantiek gekyk na die inhoud, struktuur en funksie van die kategorieë van die (on)natuurlike, bo- en buitenatuurlike, die (ab)normale en die wonderlike en die onvermydelike ontologiese en epistemologiese kwessies wat daarmee saamgaan.

    Om die kompleksiteit en verskille in die kategorisering van hierdie natuurkategorieë in VB duideliker in perspektief te stel, word daar in afdeling 3 eers 'n ontleding aangebied van hierdie kategorieë in die Middeleeuse Nederlandse bestiarium Der naturen bloeme (ca. 1270) (voortaan afgekort tot: DNB) van Jacob van Maerlant (ca.1230-1288) - die eerste bestiarium in Nederlands6 - voor daar in afdeling 4 in meer besonderhede ingegaan word op die kategorisering, interpretasie en representasie van die natuur in Coenen se Vroegmoderne ensiklopedie VB.

    Die semiotiese/hermeneutiese prosesse wat in hierdie twee tekste ter sake is, word in meer besonderhede bespreek in afdeling 2.

     

    2. KATEGORISERING EN INTERPRETASIE

    As teoretiese vertrekpunt vir hierdie navorsing word daar gesteun op kernaannames van die kognitiewe semantiek oor kategorisering (sien Kövecses 2006), Peirciaanse semiosis (sien byvoorbeeld die oorsig van Atkin 2010) en hermeneutiese teorieë, metodes en interpretasiepraktyke (sien vir 'n eenvoudige uiteensetting Demeterio 2001). Vir die doeleindes van die ontledings in hierdie artikel kan die interpretasieproses in die volgende, vereenvoudigde diagram weergegee word:

    In Diagram 1 word die resultaat van die interpretasie van die natuur (die perseptuele invoer) weergegee as 'n kategorie/konsep (of groter konseptuele eenhede soos skemas, basiese narratiewe strukture of wêreldbeelde). Mentale representasies van hierdie aard is die uitkoms van komplekse prosesse van betekenisgewing, en hulle funksioneer in die semiotiek as die betekenis (letterlik en/of figuurlik) waarheen die perseptuele invoer as teken verwys. Die bestaan van hierdie mentale representasie vooronderstel die bestaan van 'n interpretant of leser. Hier word verder onderskei tussen die invoerdata wat as inset dien vir kategorisering/interpretasie, wat óf 'n persoon se eie belewing van die natuur kan wees, haar afleidings daaroor, óf enige ander multimodale representasie daarvan, dit is die teken, teks of multimodale representasies wat geïnterpreteer moet word om uiteindelik die betekenis of waarheid daarvan vas te stel. Die derde been van hierdie semiotiese driehoek is 'n representasie van die mentale representasie van die leser/skrywer. Hierdie uitsetrepresentasie word van die insetrepresentasie onderskei om rekenskap te kan gee van die feit dat iemand soos Coenen byvoorbeeld sy eie waarneminge plus representasies van ander in sy eie mentale representasies verwerk het en dan op sy beurt weer in VB weergegee het. Ter illustrasie: in Egmond en Mason (2000) het die outeurs in detail die representasies nagespeur van al Coenen se representasies (waterverfskilderye) van die kategorie MENS (Inuïet, die edelliede van Kalikoet, die Pliniaanse monsterrasse, watermense, ens.), en die outeurs dui ook duidelik aan hoe Coenen se eie representasies van dié van sy bronne verskil of daarmee ooreenkom en wat hy met hierdie verwerkings van die oorspronklike representasies heel waarskynlik te kenne wou gee.

    Die interpretasie van nielinguistiese multimodale representasies (of multimodale representasies waarin die linguistiese aspek figureer) as "tekste" is sedert die sewentigerjare 'n algemene verskynsel in verskillende dissiplines. (Sien byvoorbeeld Bal 1990; Crang 1998; Tuan 1974, 1979.) Die interpretasie van multimodale tekste - waarvan die natuur en die kategorieë daarvan 'n goeie voorbeeld is - is 'n dissipline waarin daar op verskillende teorieë, metodologieë en ontledingspraktyke gesteun word (sien byvoorbeeld Alpers 1983; Kress & Van Leeuwen 2006 en O'Toole 2011).

    In ooreenstemming met die kognitiewe semantiek word daar aanvaar dat daar geen een-opeen-relasie tussen enigeen van die drie komponente van die hermeneutiese/semiotiese driehoek is nie, maar 'n komplekse wisselwerking (sien Kövecses 2006). Wat die relasie tussen inset- en uitsetrepresentasies betref, is reeds vermeld dat Coenen die representasies in sy bronne meestal op kreatiewe wyse hergebruik het in sy eie waterverftekeninge in VB. Hierdie soort intertekstualiteit vorm 'n inherente kenmerk van die dokumentasie in die natuurlike historie van die tyd (sien byvoorbeeld Egmond & Mason 2000 en Mason 2009 oor die hersirkulasie van prototipiese representasies van natuurlike spesies).

    Die kognitiewe semantiek verwerp die soort naïewe realisme waarin mentale representasies gelyk gestel word aan die invoer van menslike waarneming (dit is wat aangedui word as insetrepresentasie in Diagram 1); insgelyks word sterk variante van semantiese konstruksionisme verwerp (sien Lakoff 1987 en Kövecses 2006). Terselfdertyd word daar aanvaar dat 'n mens se mentale representasies (bestaande kategorieë, skemas, 'n wêreldbeeld, ens.) 'n rol in jou eie waarneming en interpretasie van insetdata speel. Sien ter illustrasie byvoorbeeld Spolsky (2009) se ontleding van hoe gevestigde godsdienstige kategoriekomplekse (as kognitiewe, emotiewe en motoriese gehele) gevestig geraak het in Katolieke rituele en hoekom dit juis vir die Hervormers in die sestiende eeu besonder moeilik was om bestaande Katolieke opvattinge en godsdienstige praktyke verander te kry.

    Benewens die gesitueerdheid en beliggaamdheid van die betekenis van mentale representasie (sien Kövecses 2006) word daar in Diagram 1 ook voorsiening gemaak vir die impak van kontekstuele veranderlikes op 'n interpretant/leser se interpretasie van die natuur. Die Spaanse besetting van die Nederlande, die beeldestorm in Holland, die Hervorming en die opkoms van die Protestantisme is byvoorbeeld belangrike persoonlik-kontekstuele veranderlikes waarna Coenen in VB verwys. (Sien ook Freedberg 1982.)

     

    3. DIE (ON)NATUURLIKE, (AB)NORMALE EN DIE WONDERLIKE IN DER NATUREN BLOEME

    Aan die basis van die hermeneutiese omgang met die natuur in die bestiariumtradisie lê die aanname dat God Hom openbaar aan die mens in sy Woord (die Bybel; die besondere ("specified") openbaring) en in sy Skepping (die natuur; die algemene openbaring). 'n Tweede aanname is dat aangesien altwee tekste deur dieselfde outeur geskep is, hulle mekaar nie onderling sal weerspreek nie. Die natuur is dus, soos die Bybel, letterlik en metafories "gelees" vir die waarhede wat dit oor God self aan die mens geopenbaar het. Gegee die sondeval, is die mens as interpretant egter feilbaar en sy interpretasievermoë beperk. In sy interpretasies van enige van die twee "boeke" sou hy dus foute kon maak. Joseph (1998:205) formuleer dit so:

    The means with which they sought truth often seem naive. But truth was rarely mystifi ed by personal ambition or national pride. Their dogmas were not spun to disenfranchise portions of humanity in order to prove their own worth. They sought to understand the condition of humanity. They did this in an aggressively semiotic fashion; they interpreted the signs of God as best as they could apprehend such signs. But they understood that one couldlie as well as tell the truth and that signs could be misread as well as properly read. It is a modern conceit to think that Medieval man was an intellectual fool. We like to think that he walked around in a speculative universe of mystic revelation.

    Dit is ook 'n oorveralgemening om te beweer dat die Middeleeuers net op die simboliese waarhede van natuurlike spesies gefokus het (sien byvoorbeeld Cronin 1941; Von Christoph 1988 en White 1947) en as't ware deur die materialiteit van die wesens gekyk het om die simboliese betekeniswaardes agter die oppervlakte te ontsyfer. Ontledings van die afsonderlike inskrywings in DNB laat blyk dat die spesies (en dus as inset vir hulle kategorisering) omskryf word in terme van kenmerke soos hulle morfologie, habitat, voeding, voortplanting, antropomorfiese karaktertrekke, natuurlike antipatieë of simpatieë, hoe hulle gevang kan word, en hulle nut as voedsel of medisyne - kenmerke dus wat soos in enige hedendaagse woordeboek of ensiklopedie as die eerste, maar dan letterlike laag van betekenis onderskei sal word (ongeag die bron en status van hierdie inligting; sien Swanepoel 2004). As 'n tweede betekenislaag is daar dan die simboliese betekenis onderskei, en dié kon, soos in die geval van gangbare modelle vir Bybelinterpretasie, enige van die drie soorte nieletterlike betekenis omvat: algemene geloofswaarhede (byvoorbeeld as teken van die genade en voorsienigheid van God), spesieke dogmas van die kerk (byvoorbeeld die maagdelike geboorte van Christus), of morele gedrag (byvoorbeeld optrede teenoor jou naaste of seksuele gedrag).7 'n Tipiese voorbeeld uit DNB is die inskrywing oor die beer waarin 'n magdom gegewens oor die beer en sy gedrag verskaf word, onder meer dat 'n berin haar vormlose welpies tot lewe lek en dat bere, wat hulle sekslewe betref, 'n voorbeeld vir goeie gedrag sou wees vir skaamtelose mense.

    (1) Beer

    Ursus, de beer, is een gevaarlijk dier, angstaanjagend en woest. Gevild lijkt een beer sprekend op een mens. Zijn kracht schuilt in zijn voorpoten en in zijn lenden, zijn kop is zwak en kwetsbaar.

    Pasgeboren berewelpen zijn nauwelijks groter dan een muis en zien eruit als vormeloze klompjes vlees (de enige herkenbare lichaamsdelen zijn de klauwen), maar na de geboorte worden de jongen in vorm gelikt door de moeder. Beren paren op dezelfde manier als mensen, schrijft Plinius. Solinus voegt daraan toe dat de mannetjes hun vrouwtjes met rust laten als ze drachtig zijn. Het komt ook zeer zelden voor dat iemand getuige is van de geboorte van berejongen. Er zijn mannen en vrouwen zonder enig schaamtegevoel, die wel een voorbeeld mogen nemen aan deze dieren!

    Als beren geen hol hebben, maken ze een leger op een afgelegen, onopvallende plaats in het woud.

    De vrouwtjes zijn sterker dan de mannetjes, net als bij de luipaard.

    Beren eten vruchten, knollen en vlees. In Scandinavië komen bovendien witte beren voor die waken in het ijs maken, de zee in duiken en vis vangen. In andere boeken lees ik dat beren kreeften en mieren eten als ze ziek zijn.

    Ze hebben weinig bloed, behalve in hun hart. Hun adem is schadelijk en giftig.

    Beren jagen op herten, everzwijnen en wilde stieren. Stieren vangen ze door zich erop te storten en zich aan de rug vast te klampen. Dan grijpen ze de horens om het dier tegen de grond te werpen en ze bijten het dood voordat het zich weer kan oprichten...

    (DNB, Burger 2002:23-24.)

    Thomas (1983:61) omskryf die interpretasieproses onderliggend aan die "vertaling" van die letterlike betekenislaag na die morele toe as een waarin die mens gangbare kategorieë en waardes van 'n bepaalde samelewing op die natuur projekteer en dan "teruglees" as synde 'n kritiek op of versterking van 'n bepaalde waardeoordeel, morele voorskrif of geloofsopvatting, hetsy meer of minder natuurlik, soos geïllustreer in die beerinskrywing hier bo.

    Wat as natuurlik (en normaal), onnatuurlik/buitenatuurlik (abnormaal/ongewoon) of as bonatuurlik ('n wonderwerk) beskou is, is deur meerdere faktore bepaal. Die eerste was die Ketting van Bestaan waarvolgens die hele skepping hiërargies in deels oorvleuelende kategorieë georden is en elke kategorie in terme van essensiële kenmerke gedefinieer is (sien Lovejoy 1936; Lakoff &Turner 1989 en Swanepoel 2004). Soos Thomas (1983:30 e.v.) aandui, is die kategorieë MENS en DIER baie duidelik uiteengehou in die Middeleeue en die talle morele lesse in 'n bestiarium soos DNB was juis daarop gemik om die dierlike in die mens in bedwang te hou en om die fragiele grens tussen die twee kategorieë in stand te hou. Oortredings van kategoriegrense is as abnormaal en onnatuurlik beskou.

    Die buitenatuurlike is in die tweede plek gedefinieer deur afwykings van wat as die prototipiese lid van 'n kategorie beskou is. Die Pliniaanse rasse is 'n bekende voorbeeld van fi sieke afwykings van wat as die morfologie van die normale mens beskou is (sien byvoorbeeld Mason 1991, 2009 en Wittkower 1942).

    Die tweede vorm van abnormaliteit was wesens wat 'n versnit van twee kategorieë (MENS + DIER) was. Ná Van Maerlant dus in DNB die lewensverloop van die "normale" mens geskets het, gaan hy oor na die bespreking van die "abnormale" monsterrasse (wat benewens morfologiese afwykings van die prototipiese mens ook versnydings van die DIER- en MENS-kategorieë verteenwoordig).8 Ten opsigte van die kategorie van monstermense is die sentrale vraag of hulle voldoen aan wat as twee essensiële kenmerke van die mens gesien is/word, naamlik die besit van rede en van 'n siel:

    (2) Wonderbaarlijke volkeren

    Dit deel behandelt de wonderbaarlijke volkeren van deze wereld. Nu zult u zich afvragen of al deze mensen van onze voorvader Adam afstammen. Het antwoord hierop luidt nee, tenzij Adelinus gelijk heeft als hij schrijft dat centauren geboren worden uit de paring van mensen met dieren. De geleerden brengen hiertegen in dat dit meer dan eens mag zijn voorgekomen, maar dat zulke monsters niet lang in leven kunnen blijven.

    In het Leven van de Heilige Paulus, de eerste kluizenaar, vertelt de Heilige Hieronymus hoe de Heilige Antonius een wonderwezen ontmoette toen hij Paulus bezocht in de woestenij. Het was een man met geitehoeven en met twee horens als van een bok op zijn voorhoofd. Hij sprak: 'Ik ben een sterfelijk wezen en als afgezant van mijn volk verzoek ik u of u tot God wilt bidden voor ons die in deze wildernis wonen, want wij weten dat Hij is gekomen tot heil en verlossing van de mensen.'

    De Heilige Hieronymus lijkt met deze schone woorden te zeggen dat dit wezen net als de mens met rede begiftigd was. Toch wil ik allerminst beweren dat een ras van wezens die zo sterk op dieren lijken, van Adam af zou kunnen stammen: al lijkt hun lichaam voor een deel op dat van een mens, het is mijn vaste overtuiging dat zij geen onsterfelijke ziel hebben ontvangen. Het zal ook niemand verbazen dat wezens die zo veel met de mens gemeen hebben, enigszins beschikken over verstandelijke vermogens; gezien de toevallige uiterlijke gelijkenis komen ze misschien ook inwendig gedeeltelijk met mensen overeen.

    (DNB, Burger 2002:12-13.)

    Alhoewel die Pliniaanse rasse ook as "monsterwesens" gesien is (sien Mason 1991, 2009; Wittkower 1942), is dit geen verrassing dat daar in DNB na hulle as "wonderwezens" verwys word nie, want die kategorie van wonder (die bonatuurlike wat deur God bewerkstellig is) is juis ook dit wat buite die natuurlike orde of gewone gang van sake val. Soos al deur verskeie navorsers aangetoon (vgl. byvoorbeeld Bynum 1997; Kleine 2007; Parks & Daston 1981; Wittkower 1942) was die Middeleeue 'n era van die wonder. Vandaar dan ook dat wonder/wonderlik 'n woord is wat tot oorvloedens toe in DNB voorkom, ook as dit gaan om die kategorie monsters. 'n Goeie voorbeeld is "Xiphias, die alle andere wonderbaarlijke monsters overtreft" en

    het menselijk voorstellingsvermogen verre te boven gaat. Het monster is zo groot dat iedereen het zou aanzien voor een speling der natuur als hij het zag. In geen enkel opzicht lijkt het op viervoetige dieren, vogels, vissen of op andere monsters. De xiphias is groter dan alle andere levende wezens, zodat men God, Die alles geschapen heeft, er wel met recht voor mag loven. Zijn kop is wonderbaarlijk groot, zijn bek een afgrond als de muil van de hel, zijn ogen branden als het hellevuur en ook de rest van zijn lichaam is zo vervaarlijk dat iedereen kan zeggen dat hij nog nooit in zijn leven zo 'n monster zag.

    (DNB, Burger 2002:91.)

    In bostaande word sulke afwykings nie as net "speling der natuur" gesien nie, maar as wesens wat deur God geskape is en van sy grootheid getuig. Opvallend hier is die verwysing na die monster se brandende oë en sy enorme bek - in die Middeleeue 'n algemene siening van die hel, as die duiwel wat die siele van sondaars verorber (sien Beal 2002).9

    Die wonderlike het egter ook in ander vorme as kategorieoorskrydings voorgekom. Hiervan was ongewone natuurverskynsels, oorskrydings van menslike sig (visioene) en wonderbaarlike genesings tipiese vorme.10 Dus is nie net die opposisie MENS-DIER in die bestiarium gebruik om die kategorie MENS te definieer in die Middeleeue nie (sien Thomas 1983:40), maar ook enige oorskrydings van die kategorie PROTOTIPIESE MENS of 'n versnit van die MENS-DIERkategorieë.

    Die fokus op die wonder, wonderlike of wonderbaarlike, daareenteen, het naas verwondering (en komplekse emosies en nuuskierigheid) ook die vraag na die waarheid van die wonderlike na vore geroep. Bewysvoering vir die waarheid van die wonderlike wat in die Middeleeuse bestiarium beskryf is, is 'n saak wat gevolglik reeds as topos in die proloog aan die orde gestel word. Die status van die outeurs en hulle tekste, of net die tekste self waarop die samestellers van die bestiaria gesteun het, was een van die venaamste vorme van bewysvoering vir die geldigheid of waarheid van die beskrewe wonderlikhede (bewysvoering op basis van auctoritas). 'n Tweede algemene topos van die proloog was dat die samesteller hom as mindere voorgehou het in die aangesig van die meerdere kennis van die outeurs van sy/haar bronne (sien Egmond & Mason 2000: 319, voetnoot 33).

     

    4. DIE (ON)NATUURLIKE, (AB)NORMALE EN DIE WONDERLIKE IN VISBOECK

    In ooreenstemming met DNB, begin VB met 'n proloog waarin Coenen allerlei wonderwekkende dinge ten tonele voer in 'n poging om sy teikenleser se geloof in hulle waarheid en bestaan te gebruik om te argumenteer vir die waarheid en bestaan van al die wonderlikhede wat hy oor die seelewe (en nog vele meer) in VB opgeneem het. Van die nou al bekende Pliniaanse monsterrasse (sien die bespreking hierbo) merk hy byvoorbeeld die volgende op: "Men vint veel wonderlijcke monsteren die in Indien zijn. Alsoe ons veel lant bereijsers bescrijvende sijn. Aldus verwondert u dan niet soo zeere datter vremde monsteren ende visschen zijn inder zee ende meeren" (VB, f.9v). Naas hierdie monsters voer hy ook nog die volgende verwonderenswaardige dinge ten tonele: diere uit die Nuwe Wêreld, watervalle en vuurspuwende berge ("Daer sijn bergen die altijt brandende sijn. Dit dunckt onse Hollanders wonder sijn" (VB, f.10)); dus juis dit wat vir die gewone Hollander "vreemd" maar tog waar is omdat die meeste van hierdie wonders geneem is uit die destyds algemeen bekende Cosmographia van Sebastiaan Münster; gevolglik kry die waarheid van sy data verdere ondersteuning vanuit die status van die outeur en 'n bekende teks. Soos hy tereg meld (VB, f.10), is daar op land soveel diere wat as wonderlik beskou word, maar hoeveel te meer van hierdie wonders moet hulle nie in die see bevind nie, al is dit baie moeiliker om die see te ondersoek.

    Coenen prioritiseer egter empiriese waarneming as die vernaamste bewys vir die waarheid/ bestaan van dit wat hy beskryf; slegs waar hy iets nie self waargeneem het nie, dokumenteer hy sorgvuldig wie die outeur is of wie pa staan vir die waarheid van 'n verhaal. In VB (f.13) meld hy dat hy daarin menige gewone maar ook baie vreemde visse opgeneem het sodat lesers moontlik sou kon dink dat dit alles leuens en fabels is. Hy gee sy lesers egter die versekering dat indien hy self nie hierdie vreemde dinge gesien het nie "sette ic mijn autoers ende ander scrijvers die mede van deser materie ghescreven hebbe". Ook maak hy sy doel duidelik met die opneem van die bekende en onbekende, wonderlike en monsteragtige in sy proloog bekend, naamlik om te bewys "mijn guede leser datter veel wonderlijcke dinghen inder zee zijn hem zij gheloeft den scepper van dien Godt Almachtich inder euwicheit gepresen Amen" (VB, f.13).

    In die praktyk pas hy byvoorbeeld hierdie uitgangspunt toe in sy besluit oor die bestaan al dan nie van die "vreemde dinghen ofte geesten of selsame goede duivelen die onse visgers noemt hoesgen (of hoesgen Nicker)" (VB, f.169). Alhoewel die inwoners van Scheveningen allerlei verhale oor hierdie geeste te vertelle het, maak hy dit af as oumanspraatjies omdat hy self nog nie hierdie geeste gesien het nie ("Ende al dit was van seggen van oude luijden maer noijt en conde ic gewete die of die es dan geboert Ten es bij mijnen tijden bij warheijt niet gesciet" (VB, f.169)). Coenen gaan egter verder en verdoem hierdie bygelowigheid as synde 'n oorblyfsel van Katolieke teologie:

    Aldusdanige wanghelovicheijt is veel als men wel meer bevint. Int paeusdom gesciet alser soe crancken gelove van dat heijlige evangelje geweest es doer de ongeleerde geestelijckheijt die om haer giericheijt dat paeus gebot met zijn leringhe te veel gheloef gegeven hebben. Met siet nu dusdanighe boeselinghe ende alffgedrochte niet ghescien Godt danck ende lof gepresen Amen.

    (VB, f.169.)

    Nogtans is Coenen bereid om as 'n omvattender epistemologiese uitgangspunt die standpunt te aanvaar dat elke landdier - die mens ingesluit - sy eweknie in die see het omdat hy daagliks met hierdie ooreenkomste tussen land-, lug- en seewesens te make gekry het :

    Maer datter vremde selsamen visschen ende monsteren in de zee zijn die gelijckenisse als menschen ende ander gedierten opt lant gelijckenisse hebben dat vinden wij dagelicx waerachtich.

    (VB, f. 287.)

    Alhoewel Coenen die Latynse name van verskeie spesies geken het, en 'n gerespekteerde kenner van mariene spesies was, volg hy ook die topoi om te meld dat hy geen Latinis is nie en in sommige gevalle dat hy die interpretasie van sekere verskynsels liewers aan die geleerdes oorlaat. Later meld hy onomwonde dat VB die produk is van sy "simpel verstant" (VB, f1v). By Coenen is dit egter 'n kardinale vraag of die mens, hy in die besonder, die natuur as God se skepping enigsins kan deurgrond (=interpreteer) - 'n kernvraag wat aan die orde gestel word in die Bybelboek Job (sien Beal 2002). Al reaksie wat die mens op die wonderlike werke van God en sy voorsienigheid kan hê, is om Hom te loof en te prys:

    Hier wort verhaelt wt den bijbel wt dat boock Job indat 38 capittel bescreven daer Godt selfs verhaelt van zijn wonderlijke wercken die zeer groot sijn ende oick niet op te gronderen en sijn. Want sij sijn onbegrijpelijck Aldus als wij van sijn wonderlijcke wercken hooren ofte sien niet beters dan hem daer af te loven prijsen ende eer te bieden Ende hem vreesen met een kinderlijcke vrindelijcke vrese want hij almachtich ende goet es Want wij fier als wij wel willen in mercken dat alle firmamenten des hemels alle ghewas der aerden alle beesten inder velden wilt en tamme alle voogelen des luchts alle vische inde wateren dit alle tot onsen menschen behoefticheid ons gegeven heeft Aldus hier omme ic dit boock vergadert vanden vischen omdat wij Godt almachtich van alle zijn mindelijcke gaven tot allen tijdens als wij sijn wondern sien ende van sijn smakelijcke visschen smaken hem dar altijt mogen loven prijsen nu ende tot allen tijden dits mijn begeeren Amen.
    Aldus es mijn begeren
    Niet te gronderen
    Maer Goedt altijt te eeren
    Ende zijn glorij te vermeeren.

    Oor die werklike betekenis van die see-/chaosmonster Leviatan in Job het Coenen hom in die besonder vanweë die meerduidigheid van hierdie monster (sien Beal 2002) nie uitgelaat nie, maar uitsprake hieroor oorgelaat aan die geleerdes:

    aldus na mijn simpel verstant ende vermaen
    laet ic die geleerde daer mede begaen
    die daer ghenoech sullen an vinden
    eer zij sullen comen tot een parfeckt inden

    (VB, f.239.)

    Naas die bekende outeurs waarop hy hom beroep (sien Egmond 2005), steun hy ook op die status van ander ampsdraers om in te staan vir die waarheid van ander wonderlikhede. Een hiervan is 'n tonyn wat gevind is met 'n hele seetoneel met skepe daarop geteken "geattesteerd door mr Johan Frutuoso notaris te Gibraltar op 13 mei 1565" (VB, f.41 ).

    Naas uitsonderlike seewesens, soos die eerste poelomp (seekat) wat hy gesien het, buitengewone natuurgebeurtenisse, soos die stranding van walvisse en die verskyning van komete, is die grootste kategorie van die abnormale, maar soms ook wonderlike, die kategorie monsters wat in VB voorkom. Hierdie groot kategorie het 'n tipiese familieooreenkomsstruktuur waarin elke monster sommige, maar nie al die kenmerke nie, van die klas as geheel besit.11 Miskien is die kenmerke wat in 'n onbekende pamflet aan die man van die eerste Inuïetvrou wat in Europa gesien is, toegedig word, tekenend van die algemene konsepsie (kenmerke) van die mens-monsters wat in VB geskets word. Hy word naamlik beskryf as 'n man wat twaalf voet lank was (= 'n reus) wat twaalf mense in twaalf dae doodgemaak het om hulle te eet (= menslike vyand, kannibalisties), as synde seksueel promisku omdat hulle vroue getatoeëer was sodat hulle mans hulle tussen die ander kon uitken, en dat hulle heidene was (sien Egmond & Mason 2000:312).

    Baie van hierdie kenmerke word ook toegeskryf aan die vegters van Kalikoet (vreemde drag en eetgewoontes, seksuele promiskuïteit, duiwelsaanbidding, ens.; VB, f.408r). Ewe monsteragtig, synde die duiwel geïnkarneer, is die god van Kalikoet wat op sy troon sit (met 'n pouslike hoed) en siele verorber (VB, f.236r-237r).12 Die sterk fokus op die grootte van die monsters, hulle groot bekke en vlammende oë herinner sterk aan die beskrywing van Xiphias in DNB hierbo. Die grootte, groot kop, vlammende oë, groot bek en hermafroditisme is ook kenmerkend van die monster wat die dorpie Santos in Brasilië bedreig het, en tog deur die "ridder" en die dorpelinge verdryf word (sien Illustrasie 1).

     

     

    Ander bekende monsters wat in VB voorkom is die meerminne en meermanne (kategorievermenging van MENS en VIS), verskeie drake, met as hul eweknie, verskeie seeslange wat almal die mens vyandig gesind is en hom konstant bedreig (sien Illustrasie 2 ).

     

     

    Ook die oerchaosmonster van die Bybel, naamlik Leviatan, word ten tonele gevoer binne die konteks van Job 38. Coenen gee egter geen illustrasie van hierdie monster nie, want volgens sy bronne is Leviatan "zijn werck een gheestelijck bedriven. Niet een zeevische off een wereltsche draecke. Aldus waer zijn fyguere van mijn qualijck te maken" (VB, f. 238v.). Nogtans waag Coenen binne die konteks van Job 40 en 41 om Leviatan te sien as 'n

    zee duvel overmits zijn grote craft ende stercheijt als die scriftuer seijt die hem Godt almachtich toelaet. Men bevint dat die groote vischen als walvischen ende hillen ende groote potshoofden ende meer ander groote vischen die ic in dit boock sommighe ghescreven hebbe seer groote crachte hebben.

    (VB, f. 239.)

    Op basis van sy grootte en krag vergelyk Coenen Leviatan ten slotte ook met die ander groot visse in VB: walvisse, hille en potshoofde, wat hy per geleentheid ook as "monsters" tipeer.

    Hermafrodiete, liggaamlik gestremdes en ander wesens met liggaamlike afwykings van die prototipiese menskategorie word ook ten tonele gevoer, maar soos uitsonderlike natuurgebeure, is ook hulle gesien as "waarskuwinge" van God aan die mens (VB, f.77r).14

    Coenen was maar al te bewus van die feit dat mens se sig jou kan bedrieg ('n sterk tema in die sestiende eeu; sien Clark 2007) en dat die wonder like, abnormale en buitengewone, daardie dinge waarna hy so begerig was, ook werke van die duiwel kon wees. Oor die watergeeste meld hy byvoorbeeld (VB, f.287) dat hulle slegs in die nag verskyn het; dus moes hulle kwade geeste gewees het wat die lig van God haat: "Dese zeeduijvels voorscreven quamen altijt inden avont ende bij nacht. Aldus moetent quade geesten wesen die dat licht haten Godt Almachtig is dat ewiche licht laeten wij dat beminnen ende zijn waerheijt ons door Jesum Christum"(VB, f. 287).

    Soos die Spanjaarde wat die Nederlande beset het, het hierdie monsters deel uitgemaak van 'n landskap van vrees (sien Tuan 1979), maar, soos die Middeleeuer, het Coenen - op grond van die feit dat daar so baie monsters in die Bybel voorgekom het - hulle gesien as deel van God se Skepping, as manifestasie van sy mag.

    God het Hom aan Coenen in verskeie ander dinge en gebeure openbaar, soos in die transformasie van 'n ruspe in 'n vlinder, die wyse waarop Hy alles met 'n doel gemaak het, selfs die oënskynlik nuttelose kwal, maar bowenal in die wyse waarop Hy in die behoeftes van mens en dier voorsien het. Kortom: vir Coenen het daar agter die skans van die materialiteit van die wêreld om hom, altyd 'n goddelike lig deurgeskyn, ook deur al die kategorieë van die onnatuurlike en die abnormale.

     

    5. TEN SLOTTE: OOR 'N BETOWERDE EN 'N ONTTOWERDE WÊRELD

    In sy boek Before disenchantment gee Peter Mason (sien Mason 2009) 'n omvattende beeld van die (re)presentasie van (bestaande en niebestaande) eksotiese diere, mense en plante in verskeie wêrelddele in die Vroegmoderne periode en van die "awe, wonder and enchantment" waarmee die Vroegmoderne mens die kosmos beleef het (Mason 2009:222).

    Maar verwondering is nie al emosie wat die natuur by die Vroegmoderne mens opgewek het nie. Angs was die ander een, en dan 'n angs wat mens op onvoorspelbare oomblikke in die konfrontasie met die natuur kon oorval. Die Kanadese fi losoof Charles Taylor (2009) noem dat die Vroegmoderne wêreld 'n "betoverde" een was, 'n wêreld met "'magische' elementen - van praktijken die uitgaan van het bestaan van geesten in de kosmos, goede en slechte, en van hogere machten die aan dingen verbonden zijn (bijvoorbeeld aan relikwieën"). Tydens die Reformasie en die Teenreformasie is daar juis gepoog om hierdie magiese elemente, waaronder die mis, te onderdruk. Ten spyte van die vertroostende gedagte dat God in beheer van die heelal is, kon mens egter nie maklik uit so 'n wêreld ontsnap deur eenvoudig die betekenis van hierdie magiese elemente as oortuigings af te sweer nie. Daarvoor was daar tussen mens en natuur/kosmos net 'n té poreuse grens wat die geeste (as onsigbare wesens, of beliggaamde kragte, of in die vorm van die talle monsters wat die aarde bewandel het) kon deurbreek en 'n wat invloed kon hê op die psigiese en fisiese lewe van de mens.

    Die Vroegmoderne mens het volgens Taylor (2009) in hierdie opsig 'n veel geringer onderskeid tussen liggaam en gees, of tussen mens en die "buitemenslike" getref. 'n Groter graad van animasie/ agentskap is aan buitemenslike dinge toegeskryf. Die resultaat was dikwels 'n wêreld waarin die poreuse self in volkome angs vasgevang is omdat dit so kwesbaar was vir hierdie buitemenslike kragte. Al moes die onnatuurlike, die abnormale, die bo- en buitenatuurlike dien om die kategorie MENS te definieer, het hierdie onderskeidinge op sigself egter nie noodwendig daarin geslaag om die self te pantser nie.

    Taylor (2009) meen wel dat die moderne mens - sy dit met die kontrasstelling van dieselfde (on)natuurlike kategorieë - daarin geslaag het om 'n skerper grens tussen gees en wêreld, tussen gees en liggaam te tref om ons sodoende teen - die dikwels vyandige - buitewêreld te verskans. Soos hy dit stel, het ons 'n "'omsloten' zelf", 'n "begrensd zelf" (Taylor 2009) ontwikkel.

    Wat het die moderne mens in hierdie proses met die wêreld buite hom gemaak? Volgens die groot mite van die Wetenskaplike Rewolusie (om terug te keer na Daston 1998) het ons die natuur gaan "onttower" deur onder meer die ontologiese kategorieë van die onnatuurlike van die Middeleeue en die Vroegmoderne periode uit die natuur weg te definieer. Die onttowering word dikwels ook geskets as 'n proses waarin religie buite die hele interaksie tussen mens en natuur gestel word. Maar volgens Taylor (2009) het die onttowering egter nie die menslike behoefte aan 'n betowerde wêreld weggeneem nie. Sommige vul dit aan met vorme van religiositeit; ander, soos Asma (2009) dit skets, met 'n fantasiewêreld bevolk met monsters, soos in die alom- en immer gewilde monsterfilms of videospeletjies, waarop ons van buite af en gepantser met 'n omslote self kan inloer.15 Soos die Middeleeuers van Van Maerlant en die mense van Coenen se Vroegmoderne periode skep die mens van vandag ook sy komplekse web van semantiese natuurkategorieë, want daarsonder kan ons geen begrip vorm van wat die kategorie MENS uiteindelik beteken nie. In die woorde van Vandenbroeck (1987): enige representasie van die ANDER (die onnatuurlike, die abnormale) word uiteindelik 'n ingewikkelde "vertoog" oor wat normaal en natuurlik aan die moderne SELF is.

     

    BIBLIOGRAFIE

    Alpers, S. 1983. The art of describing. Dutch art in the seventeenth century. London: Penguin Books.        [ Links ]

    Ashworth, W. 1990. Natural history and the emblematic world view. In Kindberg, D. & Westmann, R. (eds) Reappraisals of the Scientific Revolution. Cambridge: Cambridge University Press, pp. 303-332.        [ Links ]

    Asma, S. 2009. Monsters. An unnatural history of our worst fears. Oxford: Oxford University Press.        [ Links ]

    Atkin, A. 2010. Peirce's theory of signs. Stanford Encyclopedia of Philosophy. http://plato.stanford.edu/entries/peirce-semiotics [15 Julie 2011].        [ Links ]

    Bal, M. 1990. De-disciplining the eye. Critical Inquiry, 16:506-531.        [ Links ]

    Bates, A. 2005. Emblematic monsters: Unnatural conceptions and deformed births in Early Modern Europe. Amsterdam, New York: Rodopi.        [ Links ]

    Beal, T. 2002. Religion and its monsters. New York/London: Routledge.        [ Links ]

    Burger, P. 2002. Jacob van Maerlant, Het boek der natuur. http://www.dbnl.org/tekst/maer0002der01_02 [15 Julie 2010].        [ Links ]

    Bynum, C. 1997. Wonder. The American Historical Review, 102(1):1-26.        [ Links ]

    Chandler, J., Davidson, A.I. & Harootunian, H. (eds) 1994. Questions of evidence. Proof, practice and persuasion across the disciplines. Chicago/London: The University of Chicago Press.        [ Links ]

    Clark, S. 2009. Vanities of the eye. Vision in Early Modern European culture. Oxford: Oxford University Press.        [ Links ]

    Coenen, A. 1581 Een Visboeck. Ongepubliseerde ms., Koninklijke Bibliotheek, Den Haag, nr. 78 E 54 (1577-1579). Transkripsie: Florike Egmond.        [ Links ]

    Coenen, A. 2003. Het Walvisboek. Walvissen en andere zeewezens beschreven door Adriaen Coenen in 1585. Redactie en inleiding Florike Egmond en Peter Mason met commentaar door Kees Lankester. Zutphen: Walburg Pers.        [ Links ]

    Cohen, J. 1994. The limits of knowing: Monsters and the regulation of Medieval popular culture. Medieval Folklore, 3:1-37.         [ Links ]

    Crang, M. 1998. Cultural geography. London, New York: Routledge.        [ Links ]

    Cronin, G. 1941. The bestiary and the medieval mind: some complexities. Modern Language Quarterly, 11:191-198.         [ Links ]

    Daston, L. 1994. Marvelous facts and miraculous evidence in Early Modern Europe. In Chandler, D, Davidson, A.I. & Harootunian, H. (eds) Questions of evidence. Proof, practice and persuasion across the disciplines. Chicago/London: The University of Chicago Press, pp. 243-281.        [ Links ]

    Daston, L. 1998. The nature of nature in Early Modern Europe. Configurations, 6(2):149-172.         [ Links ]

    Daston, L. & Parks, K. 1998. Wonders and the order of nature 1150-1750. Cambridge, Massachusetts: The MIT Press.        [ Links ]

    De Grazia, M. 2007. The Modern divide: from either side. Journal of Medieval and Early Modern Studies, 37(3):453-467.        [ Links ]

    Demeterio, F. 2001. Introduction to hermeneutics. The idea of hermeneutics. Department of Philosophy and Human Resource Development, San Beda College, Mendiola, Manila, Philippines. http://www.curraghlabs.org/teaching/j08/zombies/docs/demeterio-intro.pdf [ 14Julie 2011].        [ Links ]

    Egmond, F. 1997. Een bekende Scheveninger. Adriaen Coenen en zijn Visboeck van 1578. Den Haag: Centrum voor Familiegeschiedenis van Scheveningen.        [ Links ]

    Egmond, F. 2005. Het Visboek. De wereld volgens Adriaen Coenen 1514-1587. Zutphen: Walburg Pers.        [ Links ]

    Egmond, F., Jorink, E. & Vermij R. (reds.) 1999. Kometen, monsters en muilezels. Het veranderende natuurbeeld en de natuurwetenschap in de zeventiende eeuw. Haarlem: Arcadia.        [ Links ]

    Egmond, F. & Mason, P. 1992. De walvis en de poelomp. De kosmologie van een zestiende-eeuwse strandvonder. Volkskundig Bulletin, 18:170-223.        [ Links ]

    Egmond, F. & Mason, P. 1996. Skeletons on show. Learned entertainment and popular knowledge. History Workshop, 41:92-116.        [ Links ]

    Egmond, F. & Mason, P. 1997. The mammoth and the mouse. Microhistory and morphology. Baltimore, Maryland: The Johns Hopkins University Press.        [ Links ]

    Egmond, F. & Mason, P. 2000. "These are people who eat raw fish": Contours of the etnographic imagination in the Sixteenth century. Viator, Medieval and Renaissance Studies, 31:311-360.        [ Links ]

    Foucault, M. 1969. The archaeology of knowledge.Translated by A.M. Sheridan Smith. London & New York: Routledge.        [ Links ]

    Freedberg, D. 1982. The hidden God: Image and interdiction in the Netherlands in the Sixteenth Century. Art History, 5(2):133-153.        [ Links ]

    Gilmore, D. 2002. Monsters, evil beings, mythical beasts, and all manner of imaginary terrors. Philadelphia: University of Pennsylvania Press.        [ Links ]

    Ginsburg, C. 1980. The cheese and the worms. The cosmos of a sixteenth-century miller. London. Translated by John and Anne Tadeschi.        [ Links ]

    Gravestock, P. 1999. Did imaginary animals exist? In: Hassig (ed.) 1990. Mark of the beast. The Medieval bestiary in art, life, and miniature. New York: Garland, pp.119-141.        [ Links ]

    Hassig, D. (ed.) 1999. Mark of the beast. The Medieval bestiary in art, life, and miniature. New York: Garland.        [ Links ]

    Joseph, R. 1998. Anthropology and the Middle Ages. Semiotica, 63(1-2):205-220.        [ Links ]

    Keltner, D. & Haidt, J. 2003. Approaching awe, a moral, spiritual, and aesthetic emotion. Cognition and Emotion, 17(2):297-314.        [ Links ]

    Kleine, U. 2007. Wunder im Mittelalter: Christliche Weltdeutung und Glaubenspraxis. Paper read at the "Studientag Wunder, Wunderzählungen, Wunderglaube". Erbacher Hof, Mainz, 03.02.2007.        [ Links ]

    Kövecses, Z. 2006. Language, mind, and culture: A practical introduction. Oxford: Oxford University Press.        [ Links ]

    Kress, G. & Van Leeuwen, T. 2006. Reading images. The grammar of visual design. London, New York: Routledge.        [ Links ]

    Lakoff, G. 1987. Women, fire, and dangerous things. What categories reveal about the mind. Chicago, London: The University of Chicago Press.        [ Links ]

    Lakoff, G. & Turner, M. 1989. More than cool reason: A field guide to poetic metaphor. Chicago: Chicago University Press.        [ Links ]

    Legrand, L. 1982. Issues in the Roman Catholic approach to Bible hermeneutics today. Indian Journal of Theology, 31(3-4):192-202. http://www.biblicalstudies.org.uk/pdf/ijt/31-3-4_192.pdf [15 September 2011].        [ Links ]

    Lovejoy, A. 1936. The Great Chain of Being: A study of the history of an idea. Cambridge, Massachusetts: Harvard University Press.        [ Links ]

    Magnússon, S. 2003. "The singularization of history": Social history and microhistory within the postmodern state of knowledge. Journal of Social History, 36(3):701-735.        [ Links ]

    Mason, P. 1991. Half a cow. Semiotica, 85(1/2):1-39.        [ Links ]

    Mason, P. 2009. Before disenchantment. Images of exotic animals and plants in the early modern world. London: Reaktion Books.        [ Links ]

    Nischik, T-M. 1986. Das Volkssprachliche Naturbuch im späten Mittelalter: Sachkunde und Dinginterpretation bei Jacob van Maerlant und Konrad von Megenberg. Tübingen: M. Niemeyer. (Series: Hermaea, n.F., Bd. 48.)        [ Links ]

    O'Toole, M. 2011. The language of displayed art. London, New York: Routledge. (Second edition.)        [ Links ]

    Parks, K. & Daston, L. 1981. The study of monsters in sixteenth- and seventeenth-century France and England. Past & Present, 92:20-54.        [ Links ]

    Razovsky, H. 1996. Popular hermeneutics: Monstrous children in English Renaissance broadside ballads. Early Modern Literary Studies, 2(3):1-34.        [ Links ]

    Schneider, S.1999. Monsters as (uncanny) metaphors. Freud, Lakoff, and the representation of monstrosity in cinematic horror. Other Voices, 1:3. www.othervoices.org/1.3/sschneider/monsters.html [15 Oktober 2009].        [ Links ]

    Shiota, M. & Keltner, D. 2007. The nature of awe: Elicitors, appraisals, and effects on selfconcept. Cognition and Emotion, 21(5):944-963.        [ Links ]

    Spolsky, E. 2009. Literacy after Iconoclasm in the English Reformation. Journal of Medieval and Early Modern Studies, 39(2):305-330.        [ Links ]

    Swanepoel, P. H. 2004. Wonderbaarlike volke en monsterdiere in Der naturen bloeme van Jacob van Maerlant en die kognitiewe verankering van denkbeeldige kategorieë in die Middeleeuse lewens- en wêreldbeskouing. Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans, 11(2):162-181.        [ Links ]

    Swanepoel, P. 2008. "Ic hebt gescreven ende ghemaect na mijn simpel verstant' - seleksie- en ordeningsbeginsels in Adriaen Coenen se sestiende-eeuse visensiklopedie Visboeck. Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans, 15(1):59-83.        [ Links ]

    Taylor, C. 2009. Het poreuse zelf. Trouw, 16 Mei 2009, pp.76-77.        [ Links ]

    Thomas, K. 1983. Man and the natural world. Changing attitudes in England 1500-1800. London: Allan Lane.        [ Links ]

    Tuan, Y-F. 1974. Topophilia. A study of environmental perception, attitudes and values. Englewood Cliffs, Prentice-Hall.        [ Links ]

    Tuan, Y-F. 1979. Landscapes of fear. Oxford: Basil Blackwell.        [ Links ]

    Vandenbroeck, P. 1987. Beeld van de Andere, vertoog over het Zelf. Over wilden en narren, boeren en bedelaars. Ministerie van de Vlaamse Gemeenschap, Koninklijk Museum voor Schone Kunsten, Antwerpen.        [ Links ]

    Van Oostrom, F. 1996. Maerlants wereld. Amsterdam: Prometheus.        [ Links ]

    Veenstra, J. 1995. Voortekenen in de Middeleeuwen: Interpretatie en kritiek. Groniek Historisch Tijdschrift, 1995:139-151.        [ Links ]

    Verner, L. 2005. The epistemology of the monstrous in the Middle Ages. New York, London: Routledge.        [ Links ]

    Verwijs. E. (red.). 1878. Jacob van Maerlant, Naturen bloeme. Groningen: J.B. Wolters.        [ Links ]

    Von Christoph, G. 1988. Gab es im Mittelalter Fabelwesen? Wirkendes Wort, 38:156-171.        [ Links ]

    White, L. 1947. Natural science and naturalistic art in the Middle Ages. The American Historical Review, 52(3):421-435.        [ Links ]

    Williams, D. 1996. Deformed discourse. The function of the monster in medieval thought and literature. Montreal: McGill University.        [ Links ]

    Wittkower, R. 1942. Marvels of the East: a study in the history of monsters. In: Wittkower, R. 1977. Allegory and the migration of symbols. Boulder, Colorado: Westview Press, pp. 45-74.        [ Links ]

     

     

    PIET SWANEPOEL het studeer aan die (destydse)Potchefstroomse Universiteit vir CHO waar hy diegrade BA, BA Honneurs (Afrikaans-Nederlands), Honneurs (Algemene Taalwetenskap) en MA(Afrikaans-Nederlands) behaal het. Na 'n studieverblyf van 'n jaar aan die Universiteit van Utrechtbehaal hy die graad DLitt aan die Universiteit vanStellenbosch onder die promotorskap van prof. F.Ponelis met 'n proefskrif oor die Afrikaansesintaksis. Hy het van 1975-1978 Afrikaanse taalkunde en algemene taalwetenskap gedoseer aandie PU vir CHO en is sedert 1980 dosent aan die Universiteit van Suid-Afrika in die DepartementAfrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, waarhy Afrikaanse taalkunde en teksontwerp doseer. Vir die periode 1994-2004 was hy departementele voorsitter. Sy navorsing fokus op temas op diegebied van die sintaksis, kognitiewe semantiek,leksikografie en teksontwerp - temas waaroor hyal uitgebreid in Afrikaans en Engels gepubliseer het in geakkrediteerde plaaslike en internasionaletydskrifte en boekpublikasies. Hy is outeur van Definisies in vakkommunikasie (RGN) en mederedakteur (saam met Hans Hoeken van dieRadboud-Universiteit in Nijmegen, Nederland) vandie onlangs verskene boekpublikasie Adaptinghealth communication to cultural needs: Optimizing documents in South African health communication on HIV/AIDS (Benjamins). Hierdie publikasie is 'n uitvloeisel van 'n SANPAD-projekwaarvan hy die navorsingskoördineerder was, watgehandel het oor die effektiwiteit van die ontwerp van ondersteunende materiaal vir MIV/Vigsvoorligtingsveldtogte in Suid-Afrika.
    PIET SWANEPOEL studied at the former Potchefstroom University for Christian Higher Education(now North-West University) where he obtained the degrees BA, BA Honours (Afrikaans-Dutch), Honours (Linguistics) and MA (Afrikaans-Dutch). After a year of study at the University of Utrechthe obtained his DLitt from the University ofStellenbosch with Prof. F. Ponelis as his promoter. He taught Afrikaans Linguistics and Linguistics at Potchefstroom University for CHE during 19751978. Since 1980 he has been a lecturer in the Department of Afrikaans and Theory of Literature at the University of South Africa where he teaches Afrikaans Linguistics and Document Design.During 1994-2004 he was the Chairman of theDepartment. His research focuses on themes withinthe disciplines of Syntax, Cognitive Semantics,Lexicography and Document Design - themes onwhich he has published numerous articles and bookcontributions in Afrikaans and English. He isauthor of Definisies in vakkommunikasie ( Definitions in subject communication; HSRC ) and co-editor with Hans Hoeken of the Radboud University in Nijmegen, of the recently published Adapting health communication to cultural needs:Optimizing documents in South African healthcommunication on HIV/AIDS (Benjamins). This publication is the outcome of a SANPAD project, of which he was the coordinator, on the effi cacy of the design of text materials used in South African HIV and AIDS campaign materials.

     

     

    1 Daston (1998) gaan uitgebreid in op hoe die natuurlike, buitenatuurlike en bonatuurlike in die Vroegmoderne periode gekonseptualiseer is. Soos hier betoog word, is dit egter konseptualisering van die "geleerdes" van die tyd.
    2 Vir kritiek op die makrohistoriese benadering, sien byvoorbeeld Egmond & Mason (1997), Ginsburg (1980) en Magnússon( 2003). De Grazia (2007) lewer onder meer kritiek op die periodisering waarop daar in die makrohistoriese benadering gesteun word.
    3 Volgens oorlewering wek die pelikaan sy kleintjies weer tot lewe met sy eie bloed (sien Burger 2002:78).
    4 Oor die emblematiese benadering in die natuurbeskrywing van Gesner sien Ashworth (1990).
    5 'n Uitsondering hierop is byvoorbeeld Nischik (1986) se vergelyking tussen Jacob van Maerlant se Der naturen bloeme (die eerste bestiarium in Nederlands) en Konrad van Megenberg se Das Buch der Natur (1349) (die eerste bestiarium in Duits), wat beide verwerkings is van Thomas van Cantimpré se De natura rerum.
    6 Oor die ontstaan, inhoud, struktuur en bronne van Der naturen bloeme sien die uitgebreide bespreking van Swanepoel (2004), Van Oostrom (1996) en Verwijs (1878). In hierdie artikel word ter wille van 'n beter begrip van die oorspronklike Middelnederlandse teks aangehaal uit die moderne Nederlandse vertaling van Peter Burger (2002).
    7 Legrand (1982) noem die vier betekenislae waarvolgens die Skrif gelees kan word: die letterlike (wat het gebeur), die allegoriese (wat mens moet glo), die morele (wat jy moet doen) en die anagogiese (dit waarnatoe ons neig).
    8 Oor die vraag na die geloof in die werklike bestaan van hierdie wonderwesens/monsterrasse, sien Gravestock (1999) en Von Christoph (1988).
    9 Vir 'n uitgebreide bespreking van die funksies van die monster in die Middeleeue en Vroegmoderne periode, sien ook Bates (2005), Cohen (1994), Gillmore (2002), Verner (2005) en Williams (1996).
    10 Sien Keltner & Haidt (2003) en Shiota & Keltner (2007) se ontleding van die verwondering as 'n morele, geestelike en estetiese emosie wat ontlok word deur bedreiging, skoonheid, uitsonderlike vermoëns en die bonatuurlike; sien ook Kleine (2007) wat die struktuur van die "wonderbaarlike genesing" in die Middeleeue as 'n uitgebreide skema in besonderhede bespreek.
    11 Sien in hierdie verband ook Asma (2009) se bespreking van die kategorie MONSTER as 'n prototipiese kategorie.
    12 Sien Egmond & Mason (2002:326, vn.63) oor die gebruik tydens die Hervorming om die pous met duiwelse attribute te representeer.
    13 Die plasing van Illustrasie 1 en Illustrasie 2 uit Adriaen Coenen se Visboeck geskied met die toestemming van die Koninklijke Biblioteek, Den Haag.
    14 Sien in hierdie verband Razovsky (1996) oor hoe die populêre hermeneutiek in die sestiende eeu ingespan is om in balladeformaat 'n uitleg van die betekenis van misvormde geboortes te gee.
    15 Oor die gebruik van monsters as metafore, sien Asma (2009), Gillmore (2002) en Schneider (1999).