SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue4The ACVV as welfare pioneer: from welfare for poor whites to contemporary challenges for inclusive developmental social workFiduciary language between Pan-metaphorism, Pan-literalism and the double language thesis author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Bookmark

    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.51 no.4 Pretoria Dec. 2011

     

    NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS

     

    Kyk terug na die toekoms: nuusobjektiwiteit en niklas luhmann se konsep van die realiteit van die massamedia1

     

    Looking back towards the future: news objectivity and niklas luhmann's concept of the "reality of the mass media"

     

     

    Arnold S de Beer

    Departement Joernalistiek, Universiteit van Stellenbosch E-pos: asdebeer@sun.ac.za

     

     


    OPSOMMING

    Die hedendaagse vloed van ontwikkelinge op die informasie- en kommunikasie tegnologie-terrein bring sowel die praktyk van mediawerk as die teoretiese begrip daarvan in gedrang. Makro-, meso- en mikro-mediateorieë en -modelle wat in die tweede helfte van die vorige eeu as gangbare heuristiese weergawes van die "mediawerklikheid" voorgehou is, word deur die omvang en invloed van nuwe (sosiale) media omvergewerp. Tradisionele mediateoretiese benaderings soos die hekwagter- en nuusvloeimodelle maak in die wêreld van Twitter, Facebook en YouTube paradigmaties nie meer sin nie. Gevolglik word die "heilige koei" van die joernalistieke praktyk, naamlik die aanvaarding dat nuus objektief is en die "werklikheid" derhalwe getrou weergee, ernstig bevraagteken. Huidige mediateoretiese benaderings verskaf oënskynlik nie voldoende antwoorde op die voorafgaande probleemsituasie nie. Die werk van die Duitse sosioloog Niklas Luhmann word aangebied as 'n potensiële benadering om hierdie probleemsituasie aan te spreek en te ontleed.

    Trefwoorde: Funksionalisme; konstruktivisme; Niklas Luhmann; nuus en objektiwiteit; nuusrealiteit; nuusteorie; waarneming


    ABSTRACT

    Since the mid-20th century the theoretical study of journalism, and at that stage, its main component, news, has shown promising signs of becoming an "autonomous field" with a serious enough, if not alto gether coherent, body of scholarly literature and an ongoing process of research output. However, the internet revolution of the 21st century and the tumultuous descent of new (social) media on a rather unsuspecting traditional media world changed not only the stereotyped notions of media theory and production, but also the very notion of news itself, and consequently of news objectivity.
    The normative and historical study of news can be traced back to the very beginning of the newspaper in the 17th century, whilst modern journalism theory finds its social scientifi c roots in the application of functionalist theory in the mid-1950s in terms of news production, e.g. gatekeeper and later agenda-setting studies. These models became prototypes of what journalism and the study of news could achieve on an empirical level.
    However, at the turn of the millennium theory building in journalism was still appro priating theoretical building blocks from other disciplines, especially from sociology and political studies. What seemed missing was a clear theoretical focus on the role of journalism through its basic function, namely news, both in terms of macro-scale developments, as well as everyday life. In this context, journalism researchers seemed to draw progressively from the contribution of three European sociologists: Jürgen Habermas (public sphere), Pierre Bourdieu (field theory) and Niklas Luhmann (systems theory).
    The first two theorists are well known in the English speaking world and their work have been utilised widely. The third is almost un known in the non-German speaking media world, even though considered by some as arguably not only the foremost German sociologist, but also as internationally the most important social theorist of the 20th century. Internationally journalism and media studies journals, however, make little reference to Luh mann, with almost no reference at all in the South African journals.
    What makes Luhmann important to the discussion of journalism and news, and thus also to this article, is his contribution to a new paradigmatic understanding of the role the media plays in portraying "reality". And more to the point, is Luhmann's contribution to finally lay to rest the long-held (and cherished) notion in journalism practice and in positivistic journalism theory, that the media can report the "news reality objectively".
    This article then sets out to introduce the work of Niklas Luhman (2000)2 as it relates to journalism theory, and in particular to news production and the Anglo-American jour nalistic ideal of "objectivity".
    The departing point is that in some quarters journalism scholars still argue that it is possible to report the news "objectively". This "fact" is then utilized as a basis for not only research, but also for journalism textbooks and the way journalism students are educated on the role of the media in society and in the way that they should report the news, as though it is a given that the news the audience will receive will be "objective".
    Arguing (ironically) initially from a systems and functionalist point of view, Luhmann turns the Anglo-American journalistic standard-bearing concept of "news objectivity" on its head by introducing the concept of autopoesis, emphasizing the self-constructing of "news reality", not only by media organisations and their journalists, but also by the audience. Luhmann does not only do this on micro- or meso-level, but on macro-level as well. As he states in The reality of the mass media (2000:1): "Whatever we know about our society, or indeed about the world in which we live, we know through mass media. ... On the other hand, we know so much about the mass media [i.e. its inability to portray "reality"] that we are not able to trust these [news] resources.3
    According to Luhmann the mass media creates to all intents and purposes its own reality through the latent and manifest effect of the functional differentiation of modern society and the recursively stabilized functional mechanisms that the media employs to produce news. It is this "media reality" which appears to the media itself, as well as to others [i.e. the audience, or media users] to be the reality that in, traditional journalistic terms, can be conveyed "objectively". However, this "media reality" is a self-generated transcendental illusion (Luhmann 200:5).
    The manner then in which the illusion of "objective news" came to be the prime standard bearer and raison d'être of professional journalism is assessed in the first part of this article, whilst in the second part Luhmann's media reality paradigm as a counter-argument is explored. The purpose and outcome of the article is to contribute to the academic as well as the didactical and practical discussion about the untenability of the idea of news ever being "objective".

    Key words: Constructivism; functionalism; news and objectivity; news theory; news reality; Niklas Luhmann; perception


     

     

    TER INLEIDING

    Vir 'n samelewingsinstelling soos die massamedia wat deur kenner en leek as een van die invloedrykste (indien nie dié invloedrykste) verskynsels van die vorige en huidige eeu beskou word, bestaan daar verstommend genoeg geen algemeen-omvattende paradigmatiese struktuur nie. Na meer as honderd jaar word nog steeds met horte en stote aan teoretiese uitgangspunte en modelle gebou, en dan nog boonop met geapproprieerde leengoed uit hoofsaaklik die sosiologiese en die politieke wetenskappe. Dit is ook die stand van sake vir sover dit die tradisioneel kardinale element van die massamedia, naamlik nuus en sy gepaardgaande benoeming, "objektief", betref. In hierdie artikel sal betoog word dat nuus, ook in sy nuwerwetse sosiale media-vorm, nie langer as "objektief" beskou kan word nie, soos nog dikwels die geval in sowel die teorie as die praktyk is. Dié argument sal gevoer word teen die agtergrond van die tradisionele beskouing dat nuus inderdaad "objektief" kan, en inderdaad behoort, te wees. Die teenstellende standpunt van die Duitse sosioloog Niklas Luhmann4 sal in dié verband inleidend en kortliks aan die orde gestel word.

    Die wyse waarop objektiewe nuus as die raison d'être van die praktiserende professionele joernalistiek ontwikkel het, word in die eerste deel van die artikel as onderdeel van joernalistieke nuusnavorsing beskryf. In die tweede helfte word Luhmann se media-realiteitsparadigma as teenargument beskryf.5

    Die doel en uitkoms van die artikel is dan 'n poging om 'n bydrae tot die akademiese, sowel as die praktiese, diskoers oor nuusobjektiwiteit te lewer. In dié opsig word in die spore gevolg van outeurs wat deur die verlede te herondersoek, poog om 'n lig op die hede en die toekoms te werp.6

     

    'N KORT OORSIG VAN JOERNALISTIEKE EN NUUS NAVORSING

    Joernalistiek in Europa, en veral die studie van nuus, kan tot die 17de eeuse Duitsland teruggevoer word met die ontstaan van die eerste dag- en weekblaaie aan die begin van dié eeu. Die eerste (sover bekend) doktorale navorsingsprojek oor die pers, en meer spesifiek nuus, het in 1690 uitgeloop op 'n proefskrif deur Tobias Peucer oor De relationibus novellis (letterlik: "Oor nuwe beriggewing") aan die Universiteit van Leipzig (De Beer, Van Ryneveld & Schreiner 2000).

    Heelwat normatiewe en deskriptiewe navorsing het in die 18de en die 19de eeu in hoofsaaklik Duitsland, Nederland, Engeland en Amerika gevolg, met veral Duitse sosioloë soos Karl Bücher en Max Weber wat oor die rol van die joernalis en die joernalistiek in die samelewing geskryf het (Hardt 1979). Dit was egter eers teen die middel van die 20ste eeu dat die sosiaal-wetenskaplike ondersoek na die joernalistiek, en dan veral nuus, op koers begin kom het. Die hoofrede hiervoor was die ontwikkeling van die sosiologie en sosiale sielkunde na die twee wêreldoorloë en meer spesifiek die invloed wat funksionalisme onder leiding van Talcott Parsons en Robert Merton verwerf het (Swingewood 2000; Martindale 1965). Een van die seminale bydraes in dié verband was dié van Charles Wright (1964) waarin hy aan die hand van veral Merton (1957) aangetoon het dat die media as (sub-)sisteem van die samelewing vier basiese funksies vervul, naamlik om 'n oorsig (surveillance) van die omgewing te bied (nuusberiggewing); om die inligting te korreleer en te vertolk (soos gevind in bv. hoof- en agtergrondartikels); om die inligting oor te dra (verspreiding van nuus) en om vermaak te verskaf en inligting daaroor weer te gee (wat in die 21ste eeu toenemend met nuus verstrengel sou word in die vorm van sg. "infotainment"). Soos Luhmann later sou aantoon, geskied hierdie mediafunksies in wisselwerking met ander samelewingsisteme soos die politiek en die ekonomie.

    Vir die grootste deel van die tweede deel van die 20ste eeu het afgeleide en verbandhoudende funksionele modelle die studie van nuus oorheers. Primêr in dié verband was die hekwagter- (White 1958) en ook die agendastellingsmodel (McCombs & Shaw 1972). Albei modelle was nog grootliks gebaseer op die vroeëre sender-medium-ontvanger-vloeimodel, naamlik dat inligting in die vorm van nuus na die media stroom, waar "hekwagters" (bv. subredakteurs) besluit "wat gaan in en wat val uit" en die gedagte dat die media nie noodwendig die publiek kan oorreed om 'n bepaalde standpunt te aanvaar nie, maar dat die media die nuusonderwerpe op die openbare agenda plaas waaroor die publiek (kan) dink (McQuail & Windahl 1986).7 Hierdie en ander funksionalistiese modelle het die prototipes geword as aanduiding van waartoe teoriebou en empiriese navorsing in die joernalistiek in staat was, en wat veral ook daarop gerig was om tot 'n beter begrip van die ontwykende term "nuus" te kom (vgl. De Beer 1981; 1995; 2009).8

    Funksionalistiese nuusmodelle het met die draai van die millennium omtrent volledig vir kritiese mediateorie, waaronder politieke ekonomie, plek gemaak (McQuail 2010). Een van die gevolge hiervan was die ontstaan van nuwe insigte oor die aard en toepassing van nuus, soos dit byvoorbeeld in praktykteorie (practice theory) beskryf word as die wyse waarop mense elke dag met nuus "omgaan" (Postill 2010).9

    In Suid-Afrika het die studie van nuus nie enige noemenswaardige vordering getoon nie. Anders as in die geval van ander geestes- en sosiaal-wetenskaplike studierigtings oor die afgelope halfeeu (soos onder meer vergestalt in die vyf dekades van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe se uitgawes),10 toon die SA kommunikasie-, media- en joernalistieke dissiplines maar 'n skraal oes aan navorsingsuitsette oor nuus as die mees fundamentele element van wat tot heel onlangs nog as die massamedia, of die perswese, bekend gestaan het.11

    Die internet-revolusie van die 21ste eeu en die oorweldigende impak van die nuwe "sosiale" media12 op die tradisionele media (perswese, televisie, radio) het nie net stereotipiese konsepte oor mediateorie en nuusproduksie ingrypend verander nie, maar ook die begrip nuus self. Dit is veral sedert die draai van die millennium dat media-teoretici, net soos hul beroepseweknieë in die media-wêreld, totaal onkant deur die omvang en invloed van die sosiale media gevang is (Van Dijk 2006). Waar nuus voorheen deur 'n bepaalde regime van redaksionele roetine en beheer gevorm is, is dit nie meer (noodwendig) van toepassing in die nuwe sosiale media van blogs en ander internet-media nie.

    Wat nou meer as ooit nodig blyk, is 'n sterk teoretiese fokus op die rol van die joernalistiek en sy (tot nog toe) mees basiese funksie, naamlik nuus. Dit geld nie net vir ontwikkelinge op makro- en meso-skaal nie, maar ook vir die alledaagse mikro-gebruik van sosiale media naas die tradisionele media. In 'n periode waarin miljarde stukkies nuttelose inligting oor die internet stroom, is dit noodsaaklik om te bepaal waar en hoe inligting in die vorm van nuus nog tot singewing in die samelewing kan bydra (Lyon 2005). Dit is dan ook veral sedert die laaste dekade van die vorige eeu en sedert 2000 dat media en joernalistieke teoretici toenemend in dié verband aandag aan die werk van drie Europese sosioloë met betrekking tot die media gee, naamlik Jürgen Habermas (die media en die openbare sfeer, 1989), Pierre Bourdieu (joernalistieke veldteorie, 1998; Benson & Neveu, 1998; vgl. ook Williams) en Niklas Luhmann (die realiteit van die media, 2000).

    Die eerste twee teoretici is nie net in die geestes- en sosiale wetenskappe in die Engelstalige wêreld bekend nie, maar hul werk word ook wyd in media- en joernalistieke studies aangewend (vgl. bv. Rabinow 1991; McQuail 2010). Die derde sosioloog, Luhmann, is nog feitlik onbekend in die nie-Duitssprekende media-wêreld (Thornhill 2000:174), hoewel hy deur Duitssprekende tydgenote as moontlik nie net die voorste Duitse sosioloog nie, maar waarskynlik ook internasionaal as een van die belangrikste sosiale teoretici van die 20ste eeu beskou word (Hornung 1998).13

    Engelstalige internasionale joernalistieke vaktydskrifte toon oor die algemeen weinig verwysings na Luhmann, terwyl sy naam slegs enkele kere in die vyf Suid-Afrikaanse kommunikasie-en media-tydskrifte voorkom.14 'n Uitsondering is die insiggewende en omvattende artikel van Van den Bulck (1999) oor die sosiale konstruksie van realiteit.

    Wat die invloed van Luhmann belangrik vir die bespreking van die joernalistiek en veral nuus maak, en derhalwe ook vir hierdie artikel, is sy bydrae tot 'n nuwe paradigmatiese begrip van die rol wat die media speel in die weergee van die "nuusrealiteit". Meer spesifiek van belang vir hierdie artikel is Luhmann se bydrae om finaal die idee 'n nekslag toe te dien dat nuus "objektief" weergegee kan word.15

    Maar eers moet die geskiedenis van en motivering vir nuusobjektiwiteit aan die orde gestel word.

     

    DIE NOODSAAKLIKHEID VAN 'N TEORETIESE KENNISBASIS VIR DIE JOERNALISTIEK

    Soos vroeër aangedui, bestaan daar 'n taamlik algemene siening, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die buiteland, dat die joernalistiek 'n groot gebrek aan 'n inherente, konsekwente en samehangende sisteem van kennis vertoon. Sommige navorsers meen dan ook dat die joernalistiek nog oor geen algemeen-erkende teoretiese verwysingsraamwerk en oor geen eenduidige, wetenskaplike vakliteratuur en ondersoekmetode beskik nie. Dié situasie word vererger deur die voortdurende veranderende informasietegnologie en verbruikers kultuur waaraan die joernalistiek onderworpe is (Deuze 2007).

    Volgens dié benadering bevind die joernalistiek hom inderdaad nog op die vlak waar hy 'n wetenskaplik-rasionele vertrekpunt tot wetenskapsvorming kortkom waardeur probleme en vrae ten opsigte van begrips- en teorievorming en uitsprake ten opsigte van daaglikse joernalistieke aktiwiteite op wetenskaplik-aanvaarbare wyse gepostuleer kan word. Dit geld in die eerste plek vir die identifisering, waarneming, verwerking en verspreiding van nuus, en die daarmee gepaardgaande kwessie van nuusobjektiwiteit.

    Vir bogenoemde standpunt oor die gebrek aan 'n teoretiese basis vir die joernalistiek is daar 'n aantal redes.

    Anders as die natuurwetenskaplike wat gewoonlik teenstrydighede of onvoorspelbare bevindinge volgens ongeïdentifiseerde veranderlikes, ontoereikende kontrole, onvoldoende data, steekproeffoute en ondersoekerseffekte kan verklaar, beskik die joernalis nie oor dieselfde instrumentarium nie. Inderwaarheid moet die joernalis voortdurend worstel met wat Nilson (1979) die onsekerheidsbeginsel in die professies noem.

    Kennisonsekerheid bring mee dat die joernalis voortdurend beskrywings en vertolkings in nie-wetenskaplike taal moet doen van situasies en teenstrydighede in 'n kennisraamwerk wat hom tot dubbelsinnige betekenis verleen. Hy16 het met 'n klassifisering en vertolking van kennis te doen wat onvoldoende is; waarin die reëls vir vertolking voorlopig en nie eksak is nie en waarin sy navorsingstegnieke vanweë aspekte soos tyd- en ruimtevereistes nie voldoende geoperasionaliseer kan word nie (vgl. bv. Broersma 2010).

    Die uiteinde hiervan is dat die ontvanger van die joernalis se kennisinsameling- en verwerkingsproses nie die waarborg van volkome vakkundige deskundigheid het nie. Dié probleem word vererger deurdat die hedendaagse beroepsjoernalis wel deskundig met betrekking tot die vaardighede van sy beroep kan wees, maar ondanks die toenemende proses van spesialisasie, nie noodwendig deskundig met betrekking tot die materiële en abstrakte objekte waaroor hy verslag doen nie (Wentink 1972:86; Luhmann 2000).

    Die aard van die joernalistiek is uiters kompleks, nie net omdat die aantal veranderlikes in die nuusproses so groot is nie, maar ook omdat die interafhanklikheid tussen hierdie veranderlikes self 'n veranderlike is (Fauconnier 1973:75). Die probleem is nie net tot die veranderlikes per se beperk nie, maar slaan ook op die diversiteit van sosiale gebeurtenisse waarbinne die veranderlikes geleë is en wat as sodanig vir 'n wye reeks van konseptualiserings vatbaar is. Die koms van sosiale media het dié proses ingrypend versnel en vermeerder (McQuail 2010; Deuze 2010).

    Dat daar meer duidelikheid oor die nuusproses op teoretiese en praktiese vlak noodsaaklik is, word vervolgens verder aan die hand van die ontwikkeling van nuusteorie bespreek.

     

    NUUSTEORIE EN DIE EISE VAN DIE ELEKTRONIESE ERA

    Dekades lank al bestaan die algemene neiging hier en in die buiteland onder praktiserende joernaliste om joernalistieke onderrig te wil verskraal tot die blote aanleer van bepaalde vaardighede, soos die skryf van 'n nuusberig en die daarmee gepaardgaande vermoë om te tik/ woordverwerking te doen.

    In die joernalistieke beroepslewe is 'n joernalis wat nuus op praktykgerigte wyse kan identifiseer, evalueer en effektief beskryf, sy gewig, by wyse van spreke, in goud werd. Wat die konseptueel-teoretiese grondslae van nuus is, is egter 'n saak waaroor weinig joernaliste hulle waarskynlik bekommer en daar is moontlik betreklik min joernaliste wat hulle op abstrak-teoretiese vlak daaroor kan verantwoord. Oor die algemeen kan aanvaar word dat die meeste joernaliste steeds aspekte van nuus, soos tradisionele nuuswaardes, onbewustelik aanleer en deur 'n proses van sosialisering internaliseer.

    Navorsing uit die vorige en huidige eeu (Breed 1956; Deuze 2000) toon dat joernalistieke kriteria vir die evaluering van nuus dan ook grootliks subjektief is en dat joernaliste dit moeilik vind om die kriteria wat hulle wel gebruik, te verbaliseer of te verduidelik. Onder gewone omstandighede word nuus steeds ook met nie-wetenskaplike en oneksakte begrippe soos 'n groot, 'n flou of selfs 'n lekker (nuus-) storie in die joernalistieke praktyk aangedui (vgl. De Beer 1977; Deuze 2007).

    Hoewel daar duidelik bewys is dat die beplanning, insameling, verwerking, verspreiding van en behoefte aan nuus as besondere vorm van informasie die laaste aantal jare op 'n tegnies-praktiese vlak geweldige vordering ondergaan het, is 'n basiese probleem vir die teoretiese joernalistiek dat die wetenskaplike analise van die fundamentele meganismes van nuus nog nie tot sy reg gekom het nie, ondanks werk wat op die terrein deur sosioloë soos Tuchman (1978) en medianavorsers soos Deuze (2007) met betrekking tot byvoorbeeld die rol van roetine in die nuusproses aangetoon is. Die algemene gebrek aan belangstelling by praktiserende joernaliste in joernalistieke navorsing mag 'n bydraende faktor wees (vgl. bv. die interaksie tussen akademiese en praktykgerigte beroepe soos geneeskunde, die regswese en ingenieurswese teenoor die praktiserende joernalistiek waar belangstelling in bv. joernalistieke vaktydskrifte minimaal is).

    Die begrip nuus

    Die verskynsel nuus leen hom dus nie tot 'n maklike omskrywing nie. Soos Luhmann later sou betoog, bestaan "objektiewe" nuus nie konkreet in die werklikheid buite die individu nie (Molotch & Lester 1974:101-112) en is dit ook nie in 'n gebeurtenis of tendens per se geleë nie. Nuus in die Westerse opset is 'n subjektiewe verslag17 in die media oor 'n gewoonlik aktuele, kontingente gebeurtenis wat na (en in sommige gevalle antisiperend voor) bepaalde gebeurtenisse of tendense tot vergestalting kom. Nuus is derhalwe nie identiek aan 'n nuusgebeurtenis nie. Dit is 'n poging deur die individuele joernalis en die media-organisasie om die essensiële raamwerk van daardie gebeurtenis in 'n berig of 'n artikel te rekonstrueer. Dit word binne 'n besondere joernalistieke verwysingsraamwerk en volgens 'n bepaalde nuusbeleid gedefinieer. Hierdie verwysingsraamwerk word beïnvloed deur onder meer die mediumsoort, die interne nuusbeleid, nuuswaardes, die redaksionele organisasie, die aard van mededinging van ander media, die aard en behoeftes van die ontvangers, die struktuur van die samelewingsverband en interaksie met ander samelewingsisteme (bv. die politieke sisteem wat sensuur op nuus kan toepas), en sou Luhmann byvoeg, afhangend in die eerste plek, van die waarnemer se waarneming van die media se waarneming van die nuusgebeure.

    Nuus is dus nie 'n eenduidige of enkeldimensionele begrip wat volgens joernalistieke tradisie bloot tot die praktiese of vaardigheidsvlak gereduseer kan word en dan maar sito-sito aangeleer of verwerf kan word om in die praktyk "objektief" weergegee te word nie.

    Objektiwiteit en realiteit

    Byna 'n eeu lank het die joernalistiek in die Westerse wêreld, en meer spesifiek binne die Anglo-Amerikaanse konteks van gehalte-koerante, hom op die objektiwiteit van sy nuusbeoordeling en -aanbieding geroem. Onder die joernalistieke konsepte waarmee die nuwe millennium tegemoetgegaan is, is daar min wat so in die branding staan as juis die joernalis - en talle navorsers en joernalistieke handboek-outeurs se aanspraak dat die joernalistiek se professionaliteit geleë is in die mate waarin daar objektief oor nuus verslag gedoen word (Janowitz 1975:618; Sanders 2003; Calcutt 2011). Die joernalis moet volgens die tradisionele beskouing van objektiwiteit as 'n onbetrokke waarnemer die nuus insamel, verwerk en weergee sodat dit konkreet en sensories verifieerbaar kan wees (Atkins 1977:27). Dié standpunt het die kanon geword waarvolgens geslagte van joernaliste in die Anglo-Amerikaanse konteks onderrig en opgelei is, en op grond waarvan die joernalistiek skynbaar bedryf is (Beatty 2006; Hampton 2008).

    Sedert die vorige eeu word die "feit" van "nuusobjektiwiteit" aangewend om nie net geslagte van studente in die praktiese joernalistiek te onderrig nie, maar ook as basis gebruik vir navorsing oor nuus en in populêr-wetenskaplike werke as sine qua non beskryf.

    Waarskynlik die voorste navorsingsprotagonis vir die konsep nuusobjektiwiteit is die Amerikaanse joernalistiek-professor Michael Schudson. Vir Schudson (2003) is daar weinig twyfel dat nuusobjektiwiteit dié essensiële voorwaarde van die professionele joernalistiek is. Enkele aanhalings uit Schudson se werk18 gee dié standpunt weer (vgl. ook Streckfuss 1990):

    • Objectivity is the chief occupational value of journalism. It is more than a moral ideal, it is a set of reporting and editing practices, and an observable pattern of news writing (Social norms 2001).

    • Social scientists who study the news, will find in (journalists') sense of professionalism, an allegiance to objectivity ... (The Sociology of News Production 1997).

    • The value of objectivity is upheld specifically against partisan journalism in which newspapers are the declared allies or agents of political parties and their reporting of news is an element of partisan struggle. (The objectivity norm in American journalism, Journalism 2001).

    Hoewel objektiwiteit deur die jare ontwikkel het as die vernaamste onderskeidingskenmerk wat die joernalis in staat gestel het om oënskynlik op 'n "professionele" wyse nuus te evalueer, te skryf en aan te bied (Tuchman 1973:123 en ook 1971/72:672), is dit opvallend dat joernaliste self betreklik weinig oor die konsep van objektiwiteit krities ondersoek gedoen het. Objektiwiteit in die joernalistiek het derhalwe nie as 'n professionele standaard per se ontwikkel nie, maar as 'n soort konvensie of organisatoriese imperatief waarvolgens die joernalis sy werk doen. As sodanig het dit nie 'n gedissiplineerde verwysingsraamwerk aan die algemene joernalis gebied nie en ook nie aan hom die volle geleentheid tot kritiese teoretiese perspektiewe en evaluering gegee wat die kwaliteit van sy werk betref nie. Wat in werklikheid gebeur het, was dat objektiwiteit as 'n soort roetine-konsep ontstaan het waarvolgens joernaliste 'n post hoc-rasionaal gehad het waarvolgens hulle hul beroepsoptrede kon regverdig (Allan & Zelizer 2004).

    In sy blog, "The Myth of Objectivity in Journalism: A Commentary", gee Richard F. Taflinger (1996), van die joernalistieke skool aan die Washington State University, 'n betreklik standaardweergawe van die tradisionele siening oor nuusobjektiwiteit, voor hy voortgaan om aan te dui waarom nuusobjektiwiteit nie moontlik is nie:

    The oft-stated and highly desired goal of modern journalism is objectivity, the detached and unprejudiced gathering and dissemination of news and information. Such objectivity can allow people to arrive at decisions about the world and events occurring in it without the journalist's subjective views influencing the acceptance or rejection of information.

    Vir die praktiese sowel as die akademiese joernalistiek bied die problematiek rondom die kwessie van objektiwiteit twee kernvrae: Wat behels die realiteit waarvolgens joernaliste nuusevaluering doen en wat is die invloed en omvang van die druk waarbinne hierdie beslissings gedoen word?

    Daar word egter reeds sedert die vorige eeu in die joernalistieke en mediawetenskap en in groot dele van die praktiese joernalistiek aanvaar dat objektiwiteit as 'n positivisties-verifieerbare begrip in die joernalistiek onmoontlik is (vgl. bevindinge van Drew 1973 en Atkins 1977). Soos 'n gewese redakteur van Die Burger, P.J. Cillié (1967:5), aantoon, is die joernalistiek en sy hantering van nuus geen neutrale of objektiewe spieëlbeeld van die werklikheid nie:

    Die koerant, in sy geheel gesien, is veel nader verwant aan 'n skildery, 'n impressionistiese skildery, as aan 'n spieëlbeeld of 'n foto. Ons selekteer en aksentueer, ons kan nie anders nie.

    As sodanig is navorsingsbevindings dat 'n objektiewe joernalistiek nie moontlik is nie, of dat dit 'n blote mite is, 'n aanduiding dat die joernalis voortdurend tussen twee antagonistiese pole moet beweeg (Thomas & Smalley 2008). Aan die een kant is daar die joernalis se geneigdheid om sy eie leefwêreld en dit waaroor hy verslag doen, in harmonie met sy eie waardesisteem te hou, en aan die ander kant word sy lewens- en wêreldbeskouing beïnvloed deur die druk van omstandighede in die waargenome "werklikheid" soos hulle hul voordoen binne die konteks van die sisteem waarin die joernalis werk. Daar sou dus aanvaar kon word dat elke joernalis se beskouing van 'n nuusgebeurtenis net so subjektief is as die leser (hetsy redakteur of koerantleser) se voorkeur wanneer hy daardie berig sou lees (Roshco 1975:46).

    'n Basiese probleem in die proses van die rekonstruering van die nuusrealiteit deur middel van nuusberigte is ook dat die woorde wat gebruik word om die nuusgebeure te vergestalt, arbitrêr van aard is. Soos Richards (1936:69) en ook Brooks (1978:64) dit stel, het woorde per se nie betekenis nie, maar kommunikeerders gee betekenis aan woorde soos bepaal deur hul eie sosiale, sielkundige en ander omgewings- en agtergrondsfaktore. Of, soos Luhmann dit sou stel, elke ontvanger van 'n nuusberig sal dus sy eie unieke persoonlike betekenis aan die woorde van 'n nuusberig gee.

    Kortom, een van die belangrikste probleme waarmee die nuusmedia en die ontvangers van nuusberigte met betrekking tot die objektiwiteitsbeginsel te doen kry, is dat albei se begrip van die realiteit met die oorspronklike waargenome nuusgebeure in ooreenstemming gebring moet word. Iets wat volgens Luhmann (kyk later) nie moontlik is nie.

     

    NIKLAS LUHMANN SE KONSEP VAN MEDIA-REALITEIT EN -OBJEKTIWITEIT

    Die vertrekpunt van hierdie artikel is dus dat ondanks die besware teen relativisme (vgl. Antonites 2006 en Duvenage 2006), die tradisionele uitgangspunt oor nuusobjektiwiteit nie water hou nie, omdat dit nie 'n konkrete, neutrale en objektiewe beeld van die werklikheid kan weergee nie, juis omdat daar nie 'n waarheidsgedrewe waarneming en weergawe van 'n werklikheid gegee kan word nie.

    Luhmann baseer sy siening oor die media en die skepping van realiteit op 'n radikale konstruktivistiese epistemologie (vgl. Scholl 2011). In hierdie paradigma word die moontlikheid van (nuus-)objektiwiteit en (nuus-)neutraliteit uitgesluit. In dié opsig staan Luhmann se sisteemsiening teenoor dié van die positivistiese en empiristiese tradisies.

    Sisteemteorie

    Vir Luhmann organiseer die samelewing homself deur die delegering van gedifferensieerde funksies aan gespesialiseerde sosiale sisteme. Elke sisteem verrig sy eie funksies wat nie deur ander sisteme verrig kan word nie. In die moderne samelewing is sisteme nie meer gesegmenteer of gestratifiseer nie, maar is hulle hiërargies gestruktureer. Dit bring mee dat afsonderlike sisteme vir verskillende en eksklusiewe funksies bestaan. So byvoorbeeld verrig die politiek die oorkoepelende besluitnemingsfunksies van die samelewing; die ekonomie versprei goedere en dienste; die wetenskap verskaf kennis van en oor die samelewing en die regsisteem verskaf regspraak. Die mediasisteem, daarenteen, verskaf inligting (of kommunikasies, soos Luhmann dit noem).

    Soos in elke ander sisteem, word die inhoud van die mediasisteem vanuit die sisteem self gereguleer deur self-organisasie en die media se eie konstruksie van die realiteit. Gevolglik bestaan die "realiteit" van die media (met ander woorde die massamedia se reële realiteit) uit sy eie outopoëtiese optrede. Binne so 'n sisteem is 'n joernalis nie in staat om onderskeid te kan tref tussen die voorwaardes vir die bestaan van reële objekte teenoor die voorwaardes vir eie kennis nie, omdat die joernalis nie toegang tot sulke reële objekte het nie, behalwe deur waarneming en sy kennis van daardie objekte.

    Outopoësis en nuus

    Ironies genoeg kom Luhmann (2000) juis uit 'n sisteem-teoretiese benadering van waar 'n mens sou kon verwag dat hy 'n positivistiese benadering tot nuus sou hê. Niks kan verder van die waarheid wees nie. Luhmann (2000) werp die hele idee van nuusobjektiwiteit omver deur sy aanwending van die begrip outopoësis, naamlik die self-konstruksie van 'n eie "nuusrealiteit", nie net in en deur mediaorganisasies en hul joernaliste nie, maar ook deur die ontvangers van media-boodskappe. Hoe min vertroue 'n mens in die media kan stel om die nuus "objektief" oor te dra, word in sy bekende uitspraak skerp aangedui (Luhmann 2000:1):

    Whatever we know about our society, or indeed about the world in which we live, we know through mass media... On the other hand, we know so much about the mass media [i.e. its inability to portray "reality"] that we are not able to trust these [news] sources.19

    Volgens Luhmann skep die media vir alle praktiese doeleindes sy eie realiteit deur die latente en manifeste effek van die funksionele differensiasie van die moderne samelewing en deur die rekursiewe stabiliserende funksionele meganismes wat die media aanwend om nuus te produseer. Dit is hierdie "media-realiteit" wat die media waarneem en wat weer op sy beurt deur ander (bv. die gehoor of mediagebruikers) waargeneem word, en dan in tradisionele sin as "objektiewe nuus" bestempel word. Maar soos Luhmann (2000:5) aantoon, is hierdie "media-realiteit" slegs 'n selfgegenereerde "transendentale illusie".

    Anders as in die geval van mediateoretici en joernaliste wat die konsep (nuus-) realiteit aan normatiewe voorveronderstellings soos waarheid, billikheid en betroubaarheid koppel, stel Luhmann nie hierin belang nie. Die rol van die media in die produksie van 'n nuusrealiteit word van alle normatiewe elemente gestroop. Die kerntaak wat die media het, is om deel te neem aan die self-reproduksie van die samelewing en die voortsetting van 'n refleksiewe kultuur deur kommunikasie. Dit gebeur (Hardt 2000) omdat die media in sy eie realiteit funksioneer, en hierdie realiteit in die vorm van nuus, advertensies en vermaak aan die samelewing oordra. Die samelewing is weer op sy beurt afhanklik van hierdie media-konstruksies van realiteit om die nodige inligting te verkry om homself te reproduseer, terwyl sosiale en politieke stabiliteit behou word.

    Die media het dus die eksklusiewe funksie in die samelewing om nuus as 'n vorm van inligting te verskaf, en in die proses leiding aan die samelewing en individue se selfpersepsie te gee. In dié opsig beskou Luhmann die samelewing nie as 'n netwerk van individue wat deur hul norme en handelinge verbind word nie, maar as die totaliteit van alle kommunikasies. Só ken hy verskillende gedifferensieerde funksies aan samelewingsisteme toe, byvoorbeeld opvoeding en die reg. Waar nuus as funksie van die mediasisteem bloot waarneming en oordrag verteenwoordig sonder enige normatiewe voor- of afkeuring, beteken ekonomiese kommunikasie gewoon geld, want dit maak die interaksie tussen kopers en verkopers moontlik en onderlê die hele ekonomiese sisteem met sy eie spesifieke ekonomiese funksies (EWB 2004).

    Waarneming

    Waarneming in die tradisionele objektiewe nuustradisie voorveronderstel dat die joernalis as waarnemer van die "nuusrealiteit" so 'n "waarheidsgetroue" beeld as moontlik van die nuusgebeure moet gee. In Luhmann se radikale konstruktivistiese siening is dit epistemologies en ontologies nie moontlik nie, deurdat die waarnemer slegs 'n eie self-produserende waarneming van die nuusgebeure kan inneem en weergee. Vir Luhmann (2000:7) gaan dit nie daaroor of die nuusrealiteit verwring word al dan nie, maar of die kommunikasie oor die nuusonderwerp oorgedra word. Daar is dus nie 'n nuusrealiteit nie; slegs die media se konstruksie van realiteit soos deur sy waarneming bepaal (Aguado 2009).

    Van den Bulck (1999:6) stel bogenoemde punt deeglik wanneer hy aan die hand van Luhmann se radikale konstruktivistiese siening aantoon dat realiteit wel bestaan, en dat regstreekse ervaring daarvan moontlik is, maar dat (nuus-)persepsie en (nuus-) vertolking nooit regstreeks inherent deel van die ervaring as sodanig is nie. Die (nuus-) realiteit is nie iets wat 'n mens verwerf of deel van jouself kan maak nie. Soos alle mense, prosesseer joernaliste indrukke van die realiteit in 'n beeld van daardie realiteit. Wat as "realiteit" beskou word, is slegs eie kennis oor daardie realiteit. Realiteit (of dit nou 'n motorongeluk, 'n politieke toespraak of 'n sonsondergang is) "spring nie as realiteite in 'n mens se kop in nie"; sou Luhmann kon betoog.

    Nuuswaardes

    Een van die kontradiktoriese elemente in die strewe na tradisionele nuusobjektiwiteit was dat daar terselfdertyd, sowel in die teorie as in die praktyk, verskillende nuuswaardes geïdentifiseer is (De Beer 1977). So byvoorbeeld het Amerikaanse navorsers aangetoon dat die intrinsieke karakteristieke eienskappe van nuuswaardes konflik, voortgang, rampe, gevolge, prominensie en nuutheid insluit. (Die aanvaarding van die feit dat die toepassing van verskillende nuuswaardes inherent deel van die nuusproses is, sou al voldoende rede gewees het om te betoog dat nuus nie objektief kan wees nie).

    Nuuswaardes is sedert die vorige eeu tot groot hoogte in stand gehou deur die toepassing van die tradisionele vyf W's en die H as 'n vorm van nuusberiggewing soos Tobias Peucer reeds meer as 300 jaar gelede aangetoon het (De Beer et. al. 2000): Die mense betrokke by die nuusgebeurtenis (Wie?); die gebeurtenis self (Wat?); die rede of oorsaak (Waarom?); die plek (Waar?); die tyd (Wanneer?) en die wyse (Hoe?). In die proses om nuus "objektief" aan te bied, is hierdie vrae in dalende rangorde in omgekeerde piramide-vorm geskryf.

    In 'n poging om verskillende uiteenlopende nuuswaardes in 'n enkele model saam te vat, het De Beer (2000) aangetoon dat nuuswaardes waarskynlik op twee skale gesien kan word, naamlik op 'n afstand-intensiteitskaal: Hoe nader die nuusgebeurtenis aan die medium/ontvanger is en hoe meer intens die nuussituasie is, hoe hoër sal die nuuswaarde wees (kyk ook De Beer & Botha 2008:234-235):

    Afstandskaal

    • Tyd (hoe nader aan die nuusgebeurtenis, hoe hoër sal die nuuswaarde wees. Dit is dan ook die rede waarom "nuwe" nuus voorrang kry)

    • Proksimiteit (ditto)

    • Sosio-psigologies (ditto)

    Intensiteitskaal

    Status quo (hoe groter die impak op die status quo, hoe hoër sal die nuuswaarde wees)

    • Omvang (dit kan enkelvoudig of meervoudig wees, byvoorbeeld een belangrike openbare figuur, of 'n aantal "gewone mense" wat in 'n ongeluk omkom)

    • Ongewoonheid (sogenaamde human interest, ongewone gebeurtenisse en humoristiese voorvalle).

    Luhmann (2000:25-41) toon aan dat die aanwending van nuuswaardes inderwaarheid 'n betekenisvolle rol speel in die bepaling van die subjektiewe aard van nuus. Sy weergawe van nuuswaardes verskil dan ook nie buitengewoon veel van bogenoemde beskrywing nie:

    Verrassing: Soos in die geval van meeste nuus, moet dit 'n nuwe gebeurtenis wees wat op diskontinuïteit dui. Hoewel nuwe gebeure dikwels as eenmalig gesien word, vind dit normaalweg binne die konteks van bekende gebeure plaas, byvoorbeeld aardbewings, rampe, maatskappye wat bankrot speel, of enige ander gebeurtenis wat 'n bepaalde verloop neem totdat daar 'n uitslag kom.

    Konflik: Vir Luhmann is dit belangrik dat konflik op die waarnemer se onsekerheid oor homself en sy omgewing inspeel. Dit skep 'n bepaalde spanning wat tot voordeel van sowel die media as die publiek is.

    Omvang: Sien bo by die intensiteitskaal.

    Plaaslike relevansie: In dié verband toon Luhmann (2000:29) 'n siniese trek wat nie ongewoon aan beroepsjoernaliste is nie. Hy verwring die bekende definisie dat wanneer 'n hond die posbode byt, dit nie noodwendig nuus is nie, behalwe in plaaslike verband, maar wanneer die posbode die hond byt, mag dit dalk meer belangstelling lok. So skryf hy dat indien 'n trop honde die (Duitse) posbode in repies verskeur, mag dit nuus in die hoofstad Berlyn wees, maar nie noodwendig as dit in Moembaai gebeur het nie. Afstand word dus beïnvloed deur die intensiteit van ongewoonheid.

    Oortreding: Dit sluit van halsmisdaad tot oortredings in verband met "politieke korrektheid" in.

    Afwyking van norme: Getrou aan die funksionalistiese onderbou van sy sisteembenadering, toon Luhmann (2000:31) dat die media 'n belangrike funksie vervul deur met nuusberiggewing by te dra tot die instandhouding en reproduksie van moraliteit in die samelewing. Die tradisionele openbare media speel normaalweg nie 'n skeidsregtersrol tussen wat goed en sleg is nie, maar plaas verskillende moontlikhede op die nuusagenda (kyk vroeër by die agendastellingsfunksie).

    Tematiese herhaling: Deur bepaalde nuustemas te herhaal, skep die media die illusie dat mense byvoorbeeld "weet" wie openbare persoonlikhede is (politici, fi lmsterre ens.) en waaruit hul lewe bestaan. In werklikheid ken hulle natuurlik nie die betrokke mense self nie.

    Aktualiteit: Dit is veral van toepassing in die geval van nuus wat reeds voorheen gebeur het, en nou om bepaalde redes herhaal word. Tipies van hierdie nuuswaarde is die belang van "opvolgstories" (kyk roetine hieronder).

    Uitsprake: Die nuuswaarde word gewoonlik onder ander ingedeel, maar Luhmann (2000:33) toon aan hoe bestaande nuus geleentheid bied om daarop uit te brei deur uitsprake van kommentators te kry.

    Roetine: Al bogenoemde nuuswaardes kry beslag in die daaglikse roetine van die nuusorganisasie (kyk Tuchman 1973). Selfs wanneer daar nie opvallende "groot" nuus is nie, word nuus vir byvoorbeeld die voorblad of binneblaaie deur die media-organisasie gekonstrueer. Binne die mediasisteem word deur sowel die media-organisasie as die ontvangers/medebepalers van die nuuspersepsie aanvaar dat daar manipulasie plaasvind ten einde die mediasisteem deur sy nuuslewering in stand te hou. Soos Luhmann (2000:4041) dit stel:

    The system has to live with the suspicion of [news]manipulation, because this is how it develops its own paradox, the unity of the difference of information and non-information, and feeds it back into the system. No autopoetic system can do away with itself. And in this, too, we have confirmation that we are dealing with a problem of the system's [society and media] code. The [social] system could respond with its everyday ways of operating to suspicions of untruthfulness [in the media], but not to suspicions of manipulation [by the media, because the media is not the news reality, but a constructed and reconstructed observation and interpretation of the news reality - thus a kind of manipulation, and therefore not an objective version of reality].20

     

    SLOT

    Al bogenoemde nuuswaardes plaas Luhmann binne die sisteemkonteks van 'n bepaalde samelewing, maar hy toon aan dat kernnuuswaardes dié van konflik en nuutheid is wat deur die media gekonstrueer, gerekonstrueer en gemanipuleer word. In essensie, bly nuus dus 'n selektiewe waarneming wat nooit identiek aan die nuusgebeurtenis is nie en derhalwe nie as objektief bestempel kan word nie.

     

    BIBLIOGRAFIE

    Aguado, J.M. 2009. Self-observation, self-reference and operational coupling in social systems: Steps towards a coherent epistemology of mass media. Empedocles European Journal for the Philosophy of Communication, 1(1):59-74.        [ Links ]

    Allen, J. 1994. The constructivism paradigm: Values and ethics. Journal of Teaching in Social Work, 8(1):31-54.        [ Links ]

    Antonites, A. 2006. Relativisme as epistemologiese probleem. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 46(1):27-51.        [ Links ]

    Atkins, G. 1977. In search of new objectivity. In Sellers, L.L. & Rivers, W.L. (eds). Mass media issues. Englewood Cliffs, New Jersey: Prentice-Hall.        [ Links ]

    Atwood, R.A. & De Beer, A.S. 2001. The roots of academic research: Tobias Peucer's De relationibus novellis (1690). Journalism Studies, 2(4):485-496.        [ Links ]

    Beatty, J. 2006. Fair and balanced. A history of journalistic objectivity. Journalism and Mass Communication Quarterly, 83(1):207-210.        [ Links ]

    Bechman, G. & Stehr, N. 2011. Niklas Luhmann's theory of the mass media. Society, 48(2):142-147.        [ Links ]

    Benson, R. D & Neveu, E. (eds) 2005. Bourdieu and the journalistic field. Cambridge: Polity.        [ Links ]

    Bourdieu, P. 1998. On Television. Translated by Ferguson, P.P. New York: The New Press.        [ Links ]

    Breed, W. 1973. The information machines - their impact on men and the media. Journalism Quarterly, 44(43-52).        [ Links ]

    Broersma, M. 2010. The unbearable limitations of journalism. International Communication Gazette, 72(1):21-33.        [ Links ]

    Brooks, W.D. 1978. Speech communication. Duduque, Iowa: Brown.        [ Links ]

    Carpenter, S. 2008. How online citizen journalism publications and online newspapers utilize the objectivity standard and rely on external sources. Journalism & Mass Communication Quarterly, 85(3):531-548.        [ Links ]

    Chernilo, D. 2002. The theorization of social co-ordination in differentiated societies: The theory of generalized symbolic media in Parsons, Luhmann and Habermas. British Journal of Sociology, 53(3):431-499.        [ Links ]

    De Beer, A.S. & Botha, N. 2008. News as representation. In Fourie, P.J. (ed.) 2008. Media studies. Policy, management and media representation, vol 2,2nd ed.. Cape Town: Juta, pp. 227-242.        [ Links ]

    De Beer, A.S. 1977. Nuuswaardes en nuuswaardigheid. Johannesburg: De Jong.        [ Links ]

    De Beer, A.S. 1983. Die onderring van die joernalistiek binne kommunikasieverband. Universiteit van die Oranje-Vrystaat, Bloemfontein: Rede uitgespreek by die aanvaarding van die amp van hoogleraar in kommunikasiekunde.        [ Links ]

    De Beer, A.S. 2009. Global news: The fleeting, elusive but essential feature of global journalism. In De Beer, A.S. (ed.). Global journalism: Topical issues and media systems. Boston: Pearson, pp. 165-179.        [ Links ]

    De Beer, A.S., Van Ryneveld, L.F. & Schreiner, W.N. 2000. Leipzig: From Tobias Peucer's 'De relionibus novellis' (1690) to 'Ecquid Novi'. Ecquid Novi: African Journalism Studies, 21(1):6-61.        [ Links ]

    Deuze, M. 2007. Mediawork: Digitial media and society press. Cambridge: Polity.        [ Links ]

    Domingo, D. & Paterson, C. (eds). 2011. Making online news: News ethnographies in the second decade of internet journalism. New York: Peter Lang.        [ Links ]

    Drew, D.G. 1973. Attitude toward a news source, expected reporter source interaction and journalistic objectivity. Unpublished Ph.D. dissertation: Indiana University, USA.        [ Links ]

    Duvenhage, P. 2006. Kritiese teorie en relativisme. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 46(1):15-26.        [ Links ]

    EWB. 2004. Encyclopedia of World Biography.Niklas Luhmann. Encyclopedia.com, http://www.encyclopedia.com [20 Januarie 2011].        [ Links ]

    Fauconnier, G. 1973. Massamedia en samenleving. Antwerpen: Nederlandsche Boekhandel.        [ Links ]

    Görke, A. & Scholl, A. 2006. Niklas Luhmann's theory of social systems and journalism research. Journalism Studies, 7(4):644-655.        [ Links ]

    Gross, P. & Kenny, T. 2008. The long journey ahead: Journalism education in Central Asia. Problems of Post-Communism, 55(6):54-60.        [ Links ]

    Gunaratne, S.A. 2008. Understanding systems theory: Transition from equilibrium to entropy. Asian Journal of Communication, 18(3):175-192.        [ Links ]

    Habermas, J. 1962/1989. The structural transformation of the public sphere: An inquiry into a category of bourgeois society. Translated by Thomas Burger. Cambridge, MA: MIT Press.        [ Links ]

    Hampton, M. 2008. The "objectivity" ideal and its limitations in 20th-century British journalism. Journalism Studies, 9(4):477-493.        [ Links ]

    Hanitzsch, T. 2004. Journalists as peacekeeping force? Peace journalism and mass communication theory. Journalism Studies, 5(4):483-495.        [ Links ]

    Hanson, R.E. 2011. Mass communication: Living in a media world. Washington: CQ Press.        [ Links ]

    Hardt, H. 1979. Social theories of the press: Early German and American perspectives. London: Sage.        [ Links ]

    Hardt, H. 2000. Book review: The reality of the mass media, by Niklas Luhmann (translated by Kathleen Cross). Stanford, CA: Stanford University Press.        [ Links ]

    Herting, S. & Stein, L. 2007. The evolution of Luhmann's systems theory with focus on the constructivist influence. International Journal of General Systems, 36(1):1-17.        [ Links ]

    Holmström, S. 2007. Niklas Luhmann: Contingency, risk, trust and reflection. Public Relations Review. 33:255-262.        [ Links ]

    Hoppenstand, G. 2005. Editorial: Visiting the past's future. The Journal of Popular Culture, 38(3):453-455.        [ Links ]

    Hornung, B.R. 1998. Obituary: Niklas Luhmann (1927-1928). Written for The Research Committee 51 (RC51) on Sociocybernetics of the International Sociological Association (ISA).        [ Links ]

    Janowitz, M. 1975. Professional models in journalism: The gatekeeper and the advocate. Journalism Quarterly, 52:618-626;662.        [ Links ]

    Jansen, N. 1978. Funksionalisme en massakommunikasie: 'n Sinvolle verbintenis? Communicatio, 4(1):3-17.        [ Links ]

    Kaplan, R.L. 2006. The news about new institutionalism: Journalism's ethics of objectivity and political origins. Political Communication, 23(2):173-185.        [ Links ]

    King, M. & Thornhill, C. 2008. 'Will the real Niklas Luhmann stand up, please'. A reply to John Mingers. The Sociological Review, 51(2):276-285.        [ Links ]

    Luhmann, N. 2000. The reality of the mass media. Translated by Kathleen Cross. Cambridge: Polity.        [ Links ]

    Lyon, D. 2005. A sociology of information. In Calhoun, C.J., Rojek, C. & Turner, B.S. (eds). The Sage Handbook of Sociology. London: Sage, pp. 222-235.        [ Links ]

    Martindale, D. (ed.). 1965. Functionalism in the social sciences: The strength and limits of functionalism in anthropology, economics, political science, and sociology. Philadelphia: The American Academy of Political and Social Science.        [ Links ]

    Maturana, H. R. & Varela, F.J. 1992. The tree of knowledge: The biological roots of human understanding. London: Shambhala.        [ Links ]

    Maturana, H. & Varela, F. 1980. Autopoiesis and cognition: The realization of the living. Dordrecht: Reidel.        [ Links ]

    McCombs, M.E. & Shaw, D.L. 1972. The agenda setting function of mass media. Public Opinion Quarterly, 36:176-187.         [ Links ]

    McQuail, D. & Windahl, S. 1986. Communication models for the study of mass communication. London: Longman.        [ Links ]

    McQuail, D. 2011. McQuail's mass communication theory. London: Sage.        [ Links ]

    Merton, R.K. 1957. Social theory and social structure. New York: Free Press.        [ Links ]

    Meyer, S., Ward, P., Coveney, J. & Rogers, W. 2008. Trust in the health system: An analysis and extension of the social theories of Giddens and Luhmann. Health Sociology Review, 17(2):177-186.        [ Links ]

    Molotch, H. & Lester, M. 1974. News as purposive behaviour: On the strategic use of routine events, accidents, and scandals. American Sociological Review, 39:101-112.        [ Links ]

    Mueller, J.E. 2007. Journalistic objectivity: Time to abandon it? Phi Kappa Phi Forum, 87(1):14-18.        [ Links ]

    Nilson, L.B. 1979. An application of the occupational 'uncertainty principle' to the professions. Social Problems, 26:570-581.        [ Links ]

    Poerksen, B. 2008. Theory review the ideal and the myth of objectivity. Journalism Studies, 9(2): 295-304.        [ Links ]

    Poerksen, B. 2009. The end of arbitrariness: The three fundamental questions of a constructivist ethics for the media. Constructivist Foundations, 4(2): 82-90.        [ Links ]

    Porwancher, A. 2011. Objectivity's prophet. Journalism History, 36(4):186-195.        [ Links ]

    Postill, J. 2010. Introduction. Theorising media and practice. In Bräuchler, B. and Postill, J (eds) Theorising media and practice. Oxford: Berghahn.        [ Links ]

    Rasmussen, J. 1998. Constructivism and phenomenology: What do they have in common, and how can they be told apart? Cybernetics and Systems: An international journal, 29:553-576.        [ Links ]

    Richards, I.A. 1936. The philosophy of rhetoric. New York: Oxford University Press.        [ Links ]

    Roschco, B. 1975. Newsmaking. Chicago: University of Chicago Press.        [ Links ]

    Scholl, A. 2011. How constructivist philosophy enriches journalism research. Constructivist Foundations, 6(2): 275-277.        [ Links ]

    Schudson, M. 2003. The sociology of news. New York: Norton.        [ Links ]

    Scott, J. (ed.). 2007. Fifty key sociologists: The contemporary theorists. London: Routledge.        [ Links ]

    Spark, D. & Harris, G. 2011. Practical news reporting. London: Sage.        [ Links ]

    Streckfuss, R. 1990. Objectivity in journalism: A search and a reassessment. Journalism Quarterly, 67(4): 973-983.        [ Links ]

    Swingewood, A, 2000. A short history of sociological thought. London: Palgrave Macmillan.        [ Links ]

    Tempelhoff, J. 2002. Onderweg na 'n verhuidiglikte verlede: Die veranderende aard van geskiedenis as dissipline. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 42(4):282-294.        [ Links ]

    Thomas, E. & Smalley, E. 2008. The myth of objectivity. Newsweek, 151(10):36-38.        [ Links ]

    Thomson, E., White, P.R. & Kitley, P. 2008. "Objectivity" and "hard news" reporting across cultures. Journalism Studies, 9(2):212-228.        [ Links ]

    Thornhill, C. 2000. Political theory in modern Germany: An introduction. Cambridge: Polity.        [ Links ]

    Tuchman, G. 1971/72. Objectivity as strategic ritual: An examination of newsmen's notions of objectivity. American Journal of Sociology, 77:660-679.         [ Links ]

    Tuchman, G. 1973. Making news by doing work: Routinizing the unexpected. American Journal of Sociology, 79:110-131.        [ Links ]

    Tuchman, G. 1978. Making news: A study in the construction of reality. New York: Free Press.        [ Links ]

    Turner, B. & Kearns, J. 2010. Pragmatic objectivity in practice: Reading the globe and mail columns of Christie Blatchford. Journal of Communication, 35(1):63-83.        [ Links ]

    Van den Bulck, J. 1999. Mediation: Toward a media theory of the social construction of reality. Communicatio, 25(1):3-11.        [ Links ]

    Van Dijk, J.A.G.M. 2006. The network society: Social aspects of new media. London: Sage.        [ Links ]

    Von Foerster, H. 1981. Observing systems. Seaside, CA: Intersystems Publications.        [ Links ]

    Wasserman, H. & De Beer, A.S. 2005. A fragile affair: The relationship between the mainstream media and government in post-apartheid South Africa. Journal of Mass Media Ethics, 20(2&3):192-208.        [ Links ]

    Wentink, T. 1972. De journalist in de dagbladorganisatie. Semiprofessionalisme in een burokratiese struktuur. Massacommunicatie, 1(2):75-101.        [ Links ]

    White, D.M. 1958. The 'gatekeeper': A case study in the selection of news. Journalism Quarterly, (27):383-390.        [ Links ]

    Williams, J.J. 2004: Towards a critical research methodology in journalism: Interrogating methodological assumptions, Ecquid Novi: African Journalism Studies, 25(2):257-274.        [ Links ]

    Winthrop-Young, G. 2003. On a species of origin: Luhmann's Darwin. Configurations, 11(3):305-349.        [ Links ]

    Wright, C.R. 1964. Functional analysis and mass communication. In Dexter, L.A. & White, D.M. (eds) People, society, and mass communications.London: Collier-MacMillan, pp. 91-109.        [ Links ]

    Wright, K. 2011. Reality without scare quotes. Journalism Studies, 12(2):156-171.        [ Links ]

     

     

    ARNOLD S DE BEER is buitengewone professor in die joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch en voorheen professor en hoof van die departemente van kommunikasie aan die Vrystaatse Universiteit en van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom-kampus) en ook waarnemende voorsitter aan die Universiteit van Johannesburg (RAU). Hy was redakteur van die Potchefstroom-Nuus, opvoedkundige en godsdiensverslaggewer van Die Transvaler en hoofsubredakteur van Die Burger. In 1980 het hy Ecquid Novi: African Journalism Studies gestig. Die joernaal was die eerste kommunikasietydskrif in Afrika om op die ISI-lys te verskyn. De Beer se navorsing is hoofsaaklik op nuus as mediaverskynsel toegespits, terwyl hy onder meer ook oor joernalistieke onderrig en media-etiek gepubliseer het. Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het die Stalsmedalje aan hom toegeken vir sy bydrae tot die akademiese joernalistiek.
    ARNOLD S DE BEER is Professor Extraordinary, Department of Journalism, Stellenbosch University. Formely: Professor and Head: Department of Communication, North-West University (Potch efstroom) and the Department of Communication, Free State University; Senior Lector and Acting Head at the University of Johannesburg (RAU). Received an international rating (jour nalism and media studies) from the South African National Research Foundation. His research topics include the role of media in South African society; news flow; journalism education, research and publication; and media ethics. Author/co-author of ca. 40 refereed journal research articles; 15 international book chapters and 30 refereed conference papers. Editor: Global Journalism - Topical Issues and Media Systems (Pearson). Founder and managing editor: Ecquid Novi: African Journalism Studies. Founder member and former president, SA Communication Association.

     

     

    1 Hierdie artikel is gebaseer op 'n refereaat, "Looking back towards the future: Journalism theory and Niklas Luhmann's concept of the Reality of the Mass Media", wat by die jaarkongres van die Suid-Afrikaanse Kommunikasievereniging (Sakomm) in Augustus 2011 te Pretoria gelewer is. Erkenning word verleen aan die National Research Foundation se IFRR-program vir finansiële bystand. Dank word ook verleen aan Nick de Vos, MA-kandidaat aan die Universiteit van Stellenbosch, en Nicolette de Beer van die Instituut vir Media-analise in Suid-Afrika (iMasa) vir navorsings- en administratiewe hulp.
    2 Unless stated otherwise, references to Luhmann in this article refer to Luhmann (2000).
    3 My italics.
    4 Tensy anders vermeld, verwys Luhmann in hierdie artikel na sy 2000-vertaalde werk: The reality of the mass media.
    5 Luhmann se uitgebreide oeuvre oor verskeie vakgebiede heen word oor die algemeen as buitengewoon kompleks en abstrak beskryf. Hierdie artikel bied slegs 'n uiters beperkte inleiding tot Luhmann se siening soos dit op die kwessie van nuusobjektiwiteit teen die agtergrond van joernalistieke navorsing van toepassing gemaak sou kon word. Luhmann het sy hoof-teoretiese werk in 1984 geskryf wat eers elf jaar later (1995) onder die titel, Social Systems, in vertaalde vorm gepubliseer is (Görke & Scholl 2006). Die werk waarna in hierdie artikel verwys word, The reality of the mass media (2000), is oorspronklik in Duits in 1996 gepubliseer.
    6 Kyk bv: Tempelhoff (2002): "Onderweg na 'n verhuidiglikte verlede...", en Hoppestand (2005): "Visiting the past's future".
    7 Sien ook dieselfde bron vir ander funksionalistiese nuusmodelle uit dié tydperk.
    8 Die basiese uitgangspunte en voorveronderstellings van hierdie artikel is ontleen aan bogenoemde drie publikasies, en bou daarop voort m.b.t. die kwessie van nuusobjektiwiteit en die werk van Luhmann.
    9 Dit geld ook vir ander anti-positivistiese benaderings vanuit die kritiese hoek wat sou kon beweer dat die bestaan van die nuusrealiteit nie moontlik is nie (vgl. bv. Wasserman & De Beer se teenstellende artikel waarin daar vanuit kritiese en funksionalistiese hoek aan die saak aandag gegee word). Van belang vir die onderhawige artikel is egter dat die kwessie van nuus en nuuswaardes in die joernalistieke praktyk operasioneel steeds hoofsaaklik vanuit 'n positivistiese hoek beredeneer en toegepas word sonder dat die onhoudbaarheid daarvan, soos dan ook deur die kritiese skool aangedui, verdiskonteer word. Soos later bespreek sal word, bied Luhmann (2000) se radikale konstruktivisme en sy siening van die nuusrealiteit 'n antwoord hierop.
    10 'n Sleutelwoord-soektog op www.search.sabinet.co.za en www.scielo.org.za toon geen spesifieke artikels in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe oor die verskynsel nuus as sodanig nie, maar wel na elemente of fasette van nuus (31 artikels); nuusteorie (0); nuus en realiteit (11); mediateorie (1); media en afgeleide realiteit (5) en ook objektiwiteit (21), maar nie spesifiek m.b.t. die ontologiese en epistemologiese probleemstelling van die aard van nuus en objektiwiteit nie.
    11 Die begrip "massa"-media het met die koms van sosiale media 'n betekenisverandering ondergaan, deurdat inligting nie meer primêr deur die media aan die "massa" gestuur word nie, maar toenemend deur individue onderling self via bv. Facebook, YouTube en Twitter, waar dit wel 'n massagehoor kan bereik - of nie bereik nie. Twee aanhalings uit die nuustydskrif Time gee iets hiervan weer: "If a new country is born and no one sees it online, does it really exist?" - met verwysing na die "onsigbaarheid" van Suid-Sudan in die internet-media, soos aangehaal in Time, 178(9):8; en ook "The men who started out in 2001 as Generation Kill (in Iraq) have transformed into Generation iPod", soos aangehaal in Time, 178(10): 14. Kyk ook Deuze (2007).
    12 Kyk voetnoot 10.
    13 Volgens Bechmann & Stehr (2011:259) is Luhmann na sy dood in 1998 in gedenkartikels onder meer bestempel "... as the most important social theorist of the 20th century".
    14 Byvoorbeeld, in Journalism & Mass Communication Quarterly, lank as die mees gesaghebbende joernalistieke vaktydskrif op internasionale vlak beskou, kom volgens 'n ProQuest-woordsoektog slegs twee verwysings na Luhmann voor. In Suid-Afrikaanse kommunikasie- en mediatydskrifte kon 'n internet-woordsoektog twee verwysings in die voorste kommunikasie-teorievaktydskrif, Communicatio, opspoor en geen in Communicare, Communitas of Critical Arts nie.
    15 'n Vakjoernaal se tipiese beperking van die aantal woorde tot 'n skrywer se beskikking, word aansienlik deur die problematiek van Luhmann se geweldige omvangryke oeuvre beïnvloed. Hoewel problematies, word dus nie in hierdie artikel aandag gegee aan die historiese verloop van Luhmann se denke oor die samelewing en veral sy sisteembenadering soos dit na die kubernetiese werk van Von Foerster (1991) en die biologiese insigte van Maturana & Varela (1992) teruggevoer kan word nie. Net so, word Luhmann (2000) se sienings oor self-referensie; self-observasie en samelewingsdifferensiasie, nie per se aan die orde gestel nie, aangesien die fokus op Luhmann se siening van realiteitskepping val soos dit met nuuskonstruksie en veral dan objektiwiteit te doen het.
    16 Verwysings na die manlike vorm sluit mutatis mutandis ook die vroulike vorm in en omgekeerd.
    17 Ondanks teenargumente uit positivisitiese hoek oor die bestaan van nuusobjektiwiteit. Kyk later vir Luhmann se standpunt hieroor.
    18 Vir bronverwysings, sien voetnoot 1.
    19 My hakies
    20 My hakies.