SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número2The causes of loneliness and the factors that contribute towards it: a literature reviewA principal's perspective on professional development: a single case study índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.51 no.2 Pretoria Jun. 2011

 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

 

Indikatore vir 'n maatskaplikewerk-intervensieplan vir straatkinders

 

Indicators for a social work intervention plan for street children

 

 

S. Louw; R.P. Reyneke

Departement Maatskaplike Werk, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein. reynrp@ufs.ac.za

 

 


OPSOMMING

Die artikel beskou die straatkindverskynsel vanuit 'n ekologiese perspektief ten einde indika tore daar te stel wat vir 'n intervensieplan met straatkinders belangrik is. Die ekologie se raam werk bied 'n holistiese en sistemiese perspektief wat die totaliteit van die straat kind in ag neem aangesien die verskynsel op die mikro-, meso-, ekso- en makro vlak bestudeer word. Die indikatore vir die intervensieplan wat daargestel word, is dus omvattend ten op sigte van elke aspek van die straatkind se leefwêreld. Die artikel beskryf die konseptuele raamwerk van die studie, sowel as die kwalitatiewe en kwantitatiewe ondersoeke waarby ses straatkinders en tien organisasies wat dienste aan straatkinders lewer, betrek is. Daarna word die geïdentifiseerde indikatore vir 'n intervensieplan uiteengesit en aanbevelings gemaak oor hoe dit in die praktyk geïmplementeer kan word. Daar word tot die gevolgtrekking geraak dat die grootste behoeftes ten opsigte van die mikrosisteem die behoef tes van versorging, genesing, bou van verhoudinge en ont wikkeling van die straatkind is. Die mesovlak word gekenmerk deur die sterk behoefte van die straatkind om te behoort. Hier speel die gesin/familie, skool, opleiding en die portuurgroep 'n belangrike rol in die kind se ontwikkeling. Die straatkind se grootste behoeftes op die eksovlak is dié van hoop en ontwikkeling, terwyl die makrosisteem die funksie van beskerming asook ontwikkeling het.

Trefwoorde: Maatskaplike werk, straatkinders, ekologiese perspektief, inter ven sieplan, programindikatore, kwalitatiewe navorsing, kwantitatiewe navorsing, transaksies en verwantskappe, verliese, ondersteuningsisteme


ABSTRACT

This article examines the street child phenomenon from an ecological perspective in order to obtain indicators which are important for an intervention plan for street children. The eco logical perspective is utilised as a framework for the investigation since it provides a complete holistic and systematic framework and does not proceed in a linear dimension of merely cause and effect. The advantage of this perspective is that the street child can be considered holistically and that a comp rehensive intervention plan, including every aspect of the child, could be compiled.
The literature study focused on four different levels of the ecological perspective, namely the micro, meso, exo and macro-levels, although a detailed discussion of these levels is not included in this article.
The empirical investigation exploited quantitative and qualitative research methods. Organisations currently delivering services to street children completed questionnaires that focused on the content of their particular programs. These programs were evaluated against the background of the conceptual framework. Only 21.3% of the organisations returned their responses.
The researchers undertook six case studies using qualitative research. In order to ensure that these children were not traumatised through the process of gathering information for the case studies, measures were put in place to provide sufficient support to the participants. Approval for the study was also acquired.
The micro-system is based on physiological aspects, cognition, social and emotional aspects, and personality. The street child has usually been exposed to severe trauma and losses. The child is deprived of "normal" family life and interventions are required in order to provide the child with care, healing, development of self, and the building of relationships.
In the meso-system, the systems closest to the street child are included, viz. the family, school, and peer group. In this system, it was found that the children had suffered many losses. In particular, there are no family structures in the world of the street child. The school, an important system for the development of the child and for training her/him for the labour market, does not play a role because the street children do not attend school. The peer group has taken over this important role in the child's bonding and support on the street. It was found that the child should receive specific interventions which will stimulate his/her feeling of belonging and will also address education as well as the development of life skills.
Regarding the exo-system, specific attention was given to the community, the public, the police services, health, social services, religious institutions, business, and habitat. It was found that this system does not provide sufficient support to the street child. A support system should thus be created as part of the intervention in order to stimulate and support the child's development.
The macro-system is, for the purpose of this study, represented by legislation/policies, culture, politics, and religion. In South Africa, the macro-system is directed towards the protection and development of structures and policy with respect to children. The execution of this policy is hampered by deficient manpower and finances. The macro-system must be applied in such a manner that the street child is protected and her/his development facilitated.
When analysing the final product it can be concluded that the intervention with the street child ren should be handled by a specialist team, as well as by members of the community. In the micro-system, the interventions should be directed specifically at the micro-system, i.e. care, healing, bond ing with other systems, and the development of the child. Regarding the meso-system, focus should be on development of the feeling of belonging, training, and further develop ment of life skills. Regarding the exo-system, the interventions should be handled by means of a multidisciplinary team as well as community members and resources, all directed to support. The development of the support system will then contribute to creating hope in the child. In the macrosystem the intervention is directed at safeguarding the street child and developing systems and policies which would be advantageous to the street child. The ecological perspective offers a comprehensive framework within which the street child may be treated holistically.

Key concepts: Social work, street children, ecological perspective, intervention plan, program indicators, qualitative research, quantitative research, transactions and relationships, losses, support systems


 

 

1. INLEIDING

In 2001 is bere ken dat 40% van straatkinders tussen drie- en agtienjarige ouderdom haweloos is. Die ander 60% werk slegs op die strate om hul gesinne te ondersteun. Dit is nie vir hulle moontlik om skool by te woon nie en hulle word beskou as kinders wat onder besonder moeilike omstandighede lewe. Die kinders is slagoffers van kriminaliteit, seksuele wanpraktyke, verwaarlosing, verslawing en menseregteskendings (Shaw 2001). In 2004 was daar vol gens UNICEF-skattings meer as 100 miljoen straatkinders in die wêreld. Die meeste van hulle is in ontwikkelende lande (Abaana.org 2004; KIT 2004). Om betroubare statistiek aangaande die voorkoms van die straatkindverskynsel in Suid- Afrika te bekom, blyk problematies te wees. In 2007 rapporteer Ward (2007:235) dat daar meer as 10 000 kinders is wat deel van die verskynsel uitmaak. Gedurende 2007 was daar 4 586 straatkinders in skuilings en invalsentrums in Suid-Afrika (Departement Maatskaplike Ontwikkeling, 2007). Hierdie getal sluit dus nie kinders in wat op straat is maar nie by skuilings of invalsentrums inskakel nie. In Bloemfontein, waar die studie uitgevoer is, reken Pretorius en Louw (2008) dat daar gemiddeld tussen 50 en 80 straatkinders per maand op straat is. Tans word die syfer 'n bietjie laer geskat maar die gebrek aan betroubare statistiek maak dit onmoontlik om te bepaal hoeveel kinders daar tans op die strate van Bloemfontein is (Van Kraayenburg 2011).

Ekonomiese groei, oorlog, armoede, verlies van tradisionele waardes, gesinsgeweld, ouers se alkoholisme, psigiese misbruik en persoonlike redes dra tot die straat kind verskynsel by (Le Roux 1996:3). Persoonlike redes word nie deur Le Roux (1996) verder om skryf nie, maar kan moontlik verbind word met die feit dat som mige kinders deur die belofte van opwinding en vryheid gelok word. Die meerderheid word egter deur desperaat heid en die besef dat hulle nêrens an ders het om te gaan nie na die strate gedryf. Hulle het 'n behoefte aan 'n beter manier van lewe. Straatkinders is arm en die gebrek aan hul basiese behoeftes, soos byvoorbeeld voedsel, skuiling, klere en gesond heid sorg, dra daartoe by dat hulle hul self na die strate wend om te oorleef (Le Roux 1996:3).

 

2. NOODSAAK VIR DIE STUDIE

Vanuit die navorsers se betrokkenheid by die straatkindverskynsel blyk dit dat daar heelwat programme en projekte bestaan om straatkinders te help. Desnieteenstaande ver meerder die aantal straatkinders daagliks. Suid-Afrika het deur die jare gebruik gemaak van die mediese model vir dienslewering wat primêr op remediëring en nie op voorkoming nie fokus. Tans word die ontwikkelingsgerigte model benut wat op die bevordering van maatskaplike funksionering en menslike kapasiteit fokus. Maatskaplike eenheid sowel as deelname en gemeenskapsbetrokkenheid in maatskaplike welsynsdienste word aangemoedig (Patel 2005:322). Ongelukkig blyk dit dat die skuif na die ontwikkelingsgerigte model nog nie genoegsaam plaasgevind het nie. Die gevolg is dat daar steeds met liniêre uitgangspunte gewerk word en dat daar nie genoeg gedoen word ten opsigte van die voorkoming van die verskynsel nie. Intervensiepraktyke vir straatkinders behoort dus ook aan die ontwikkelingsparadigma te voldoen.

'n Verdere probleem is dat die kinders projekte manipuleer en by voorbeeld van een program of voedingspunt na 'n ander beweeg om te kyk hoeveel hulle uit die pro gram me kan kry (Smit & Liebenberg 2000:26). Intussen word daar nie werklik aan gesins integrasie aandag geskenk nie, 'n uitkoms wat vir veral maatskaplike werkers van kritieke belang is. Dienste en programme dra dus eer der by tot 'n gemak liker straatlewe sonder dat die probleem verminder word en die kind op straat suksesvol by sy/haar gesin teruggeplaas word (Smit & Liebenberg 2000:26). In 'n poging om straatkinders suksesvoller te hanteer, is daar gedurende die laaste aantal jare deur middel van beleid en prioritisering van dienste gepoog om van hierdie wyse van diens lewering weg te beweeg; gesin- en gemeen skaps integrasie word eerder voorgeskryf (Children's act, 38/2005 en Children's Amendment Act, 42/2007). Die probleem is egter dat instansies nie altyd van betroubare holistiese intervensieprogramme gebruik maak om die beleid uit te voer nie, daarom dan ook die nodigheid vir hierdie studie.

Dit blyk dat die regering tans ook 'n groter bydrae tot die verbetering van die straat kinddilem ma lewer. Die Vrystaatse De par te ment Maatskaplike Ontwikkeling noem dat daar in 2003 in Suid-Afrika geen wet like of statutêre raamwerk bestaan het wat eks plisiet op straat kinders en hul gesinne gerig was nie (Depar tement Maatskaplike Ont wik ke ling van die Vry staat 2003:3). In die Vry staat se Depar te ment Maat skap like Ontwikkeling se strategiese plan ne tussen 2004 en 2006 is doelwitte ten opsigte van straat kinders egter 'n prio riteit. Dit vorm deel van die voor siening van sorg, ondersteuning en beveiliging van risiko kinders en is ook 'n poging om die vorige programme sonder 'n geïnte greerde holistiese diens teen te werk. Die staat se nuutste beleids dokument, naam lik die Children's Act (38/2005) en die Children's Amendment Act (42/2007) maak op 'n volle diger wyse vir straat kinders voorsiening deurdat daar spesifiek na 'n straat kind as 'n sorgbehoewende kind ver wys word en riglyne vir die registrasie van 'n invalsentrum op gestel is. Spe sifie ke wetgewing betreffende die straatkind is nood saak lik ten einde besker ming en ontwikkeling te bevorder.

Maatskaplike werk is een van die professies wat as gevolg van 'n gerigtheid op mense verhoudinge, sosiale interaksie en die verbetering van lewenskwaliteit en lewens om stan dig hede aandag aan die straatkindverskynsel behoort te skenk. Die maatskaplike werker is verder ook een van die primêre diensverskaffers wat uitvoering aan die Children's Act en dan spesifi ek dienslewering aan sorgbehoewende kinders moet gee. Die gebrek aan 'n weten skaplik gefun deerde riglyn vir intervensieprogramme vir straatkinders strem hierdie diens lewe ring. Die doel van hierdie ondersoek is om die straatkindverskynsel vanuit 'n ekologiese pers pektief te onder soek en sodoende indikatore vir 'n weten skap lik gefundeerde maatskaplike werk-intervensieprogram te identifiseer wat die maatskaplike werker en ander professionele persone in staat sal stel om 'n beter diens, wat gesinshereniging insluit, aan die sorgbehoewende kind te lewer.

 

3. KONSEPTUELE RAAMWERK

Die ekologiese sisteem is gedurende hierdie studie as die konseptuele raamwerk benut. Aangesien die hele ekologiese model nie hier ten volle bespreek kan word nie, word daar slegs aan die verskillende vlakke van die model aandag geskenk. In die model gaan dit oor die ontwikkeling van die mens en die omgewing, en spesifiek die inter aksie tussen die twee. Die ekologiese omgewing word verstaan as 'n stel in mekaargeskakelde strukture, elkeen binne die daaropvolgende, soos 'n stel Russiese poppe (Bronfenbrenner 1979:3). Die Russiese poppe pas binne-in mekaar en elkeen hou verband met die ander. Die ekologiese omgewing is ook so inmekaar geskakel. Die model vestig die straatkind as 'n ontwikkelende persoon wat 'n aktiewe rol in die altyd groterwordende wêreld speel. Dit dui aan dat menslike gedrag en in ter per soon like verhoudinge alleenlik verstaan kan word as dit geanaliseer word vanuit 'n pers pek tief wat die vier analisevlakke inkorporeer, naamlik die individuele of mikro vlak, die gesin en naaste beïnvloedingsisteem of mesovlak, die groter sosiostruk turele sisteem of eksovlak en die kulturele konteks, naamlik die makrovlak. Elk van die sisteme is direk of indirek op die verskillende vlakke in interaksie met mekaar. Die straatkind, gesin en gemeenskap is dus in interaksie met mekaar en beïnvloed mekaar op komplekse wy ses (Shaffer 2002:59). Die kerngedagte is dat die straatkind en gesin in gesluit is in 'n maatskaplike omgewing en 'n kulturele milieu wat 'n groot invloed op hul ontwikkeling en funksionering uit oefen (Maphatane 1994:24). Alhoewel die vlak ke dus verder of nader aan mekaar is, is daar steeds die wedersydse beïn vloeding. Die vier verskillende vlakke word kortliks bespreek.

3.1 MikrovlakM

Die heel binneste vlak is die stelsel naaste aan die straatkind. Hier bestaan komplekse verhoudings tussen die kind en haar/sy direkte omgewing (Bronfenbrenner 1979:514). Dit gaan op hierdie vlak om 'n omgewing met spesifieke fisieke kenmerke waar die deelnemers bepaalde aktiwiteite (spesifieke rolle soos ouer, dogter, onderwyser) binne bepaalde tydsperiodes uitvoer. Mikro sisteme is dinamiese sisteme waar elke persoon 'n invloed uitoefen op en beïn vloed word deur ander persone wat teenwoordig is (Shaffer 2002:60). Konsepte soos selfbeeld, selfrespek, bekwaamheid, aanpassing en lewensgang word op hierdie vlak gevind.

3.2 Mesovlak

Die volgende vlak is die mesovlak en beweeg reeds weg van die straatkind self en vereis dat daar nie op die individuele omgewing nie maar wel op die verhoudinge tussen sisteme gefokus word. Sodanige onderlinge verbondenheid kan vir die verdere ont wik keling van die kind bepalend wees (Bronfenbrenner 1979:3). Sterk en ondersteunende interaksie tussen die mesosisteme kan 'n straat kind se ontwikkeling optimaliseer. 'n Kind wat byvoorbeeld as kleuter sekere emo sionele bande met sy ouers opgebou het, is goed voorberei om deel te neem aan aktiwiteite en saam te werk met ander kinders as s/hy in dagsorg en later in die skool geplaas word (Schaffer 2002:61). Die mesovlak is 'n sisteem van mikrosisteme en sluit hierdie on derlinge verhoudinge binne die onmiddellike omgewing in (Bronfenbrenner 1979:515). Dit behels onder andere 'n straatkind se verhoudings met haar/sy gesinslede, skool en portuurgroep.

Op hierdie vlak veral kan konsepte soos transaksies (Germain & Gitterman 1980:1), aanpassing (Germain & Gitterman 1996:8), verwantskap (Germain & Gitterman, 1996:14-15), stressors (Germain & Gitterman 1980:7), asook habitat en nis1 (Balgopal & Vassil 1983:25) sterker as op die ander vlakke neerslag vind. Die konsepte kan egter nie tot sekere terreine beperk word nie, aangesien wis sel werking altyd plaasvind.

3.3 Eksovlak

Die derde vlak handel oor die effek of invloed van en wisselwerking tussen gebeurtenisse in die sisteme waarin die straatkind nie eers teenwoordig hoef te wees nie (Bronfenbrenner 1979:3). Dit wil voorkom asof daar in elke samelewing of sub kultuur 'n bloudruk van die organisasie of enige tipe sisteem bestaan. Indien die blou druk verander, het dit tot gevolg dat die struktuur van die sisteem in 'n same le wing merkbaar kan verander en veranderinge in gedrag en ontwikkeling kan ver oorsaak. 'n Ernstige ekonomiese krisis in 'n samelewing kan byvoorbeeld 'n positiewe en negatiewe impak op die ontwikkeling van kinders hê - wat die kinders lewenslank beïnvloed. Die soort impak, naamlik negatief of positief, hang af van hoe oud die kind was toe die gesin hierdie finansiële krisis ondervind het. Die eksovlak plaas die klem op maatskaplike strukture wat breër is as bloot die individu se onmiddellike omgewing en die invloed wat hierdie breër maatskaplike strukture op die aktiwiteite binne die individu se onmiddellike om gewing uitoefen (Schoeman 1999:76). Voorbeelde hiervan is reeds hierbo genoem.

Volgens Balgopal & Vassil (1983:25) is die ekosisteem enige area van die natuur, wat lewende organismes en 'n nielewende substansie insluit, wat onafskeidbare, in ter afhanklike interaksie met mekaar het. Dit behels die beginsel van inter afhank lik heid en wederkerigheid tussen strukture. 'n Ekosisteem is die basiese fundamentele een heid van die ekologie aangesien dit sowel organismes as die omgewing insluit. Dit bevat die twee essensiële elemente vir bestaan, naamlik 'n organisme of individu en 'n omgewing. Die doel van die ekosisteem is om te oorleef en om in 'n gesonde staat te verkeer. Hieruit word afgelei dat isolasie nie gesond is nie, maar dat wederkerige eïnvloeding en wisselwerking die mens se gesondheid en ontwikkeling aanmoedig en bewerkstellig. Dit beteken dus dat konsepte soos transaksie, aanpassing, habitat en nis en sosiale en tegnologiese besoedeling in hierdie sisteem groter klem behoort te ontvang.

3.4 Makrovlak

Die laaste vlak, naamlik die makrosisteem, word deur Bronfenbrenner (1979:515) beskryf as die kultuur, subkulture, beleid, politieke strukture, ekonomiese, maatskaplike en opvoedkundige sisteme wat die ander vlakke omvat en beïnvloed. Die mikro-, meso- en eksovlak bied dan die konkrete manifestasies van die beïnvloeding van die makro vlak. Hierdie makrosisteme is draers van inligting en ideologieë wat sowel eksplisiet as implisiet betekenis en motivering aan sekere instansies, maatskaplike netwerke, rolle, aktiwiteite en hulle wederkerige verhoudinge bied (Schoeman 1999:76). Ontwikkeling vind altyd plaas in 'n makrosisteem, naamlik 'n kulturele of subkulturele konteks waarbinne die mikrosisteem, mesosisteem en ekso sisteem geleë is (Schaffer 2002:60).

Die ekologiese perspektief word spesifiek binne die verskillende vlakke verklaar. Die in teraksie tussen die verskillende vlakke, van die mikrovlak tot die makrovlak, dra by tot die ontwikkeling of aftakeling van 'n persoon. Hierdie wis sel werking beïnvloed die individu, gesin en gemeenskap se ontwikkeling en funksionering.

 

4. NAVORSINGSPROBLEEM, NAVORSINGSVRAAG EN NAVORSINGS-METODIEK

'n Verkennende en beskrywende ondersoek ten opsigte van straat kinders is gedoen om elemente te identifiseer wat tydens dienslewering aan die straatkind aandag behoort te geniet. Die bestudering van die verskynsel moet lei tot die identifisering van indikatore wat tydens 'n maat skap like werk -intervensieprogram benut kan word. Dit bied aan die maatskaplikewerkpraktyk realistiese moontlikhede ten opsigte van diens lewe ring. Die holis tiese en sistemiese aard van die ekologiese perspektief is benut aangesien die raamwerk toepaslike inligting en strategieë vir die hantering van die straatkind bied.

Die navorsingsprobleem wat die studie rig, is die wedersydse beïn vloeding van faktore in die ekologiese ontledingsisteem wat aanleiding gee tot die straatkindverskynsel, die instandhouding daarvan en die implikasies van wedersydse beïnvloeding vir die formulering van 'n wetenskaplik gefundeerde maatskaplikewerk-intervensieprogram.

Die navorsingsvraag wat hierdie studie rig, is om te bepaal uit watter indikatore 'n wetenskaplik gefundeerde maatskaplikewerk-intervensieprogram vir straatkinders moet bestaan.

In die ondersoek word die gekombineerde navorsingsmetode gebruik en is daar in die verskillende fases van die navorsingsproses van kwantitatiewe en kwalitatiewe metodes gebruik gemaak (De Vos et al. 2007:361). Die proses wat gevolg is, word in Figuur 1 uiteengesit en sal ook uit die daaropvolgende gedeeltes duidelik word. De Vos et al. (2007:360) is van mening dat die kombinering van die metodes die navorser kan help om triangulasie te bevorder. Vir die navorsing word die kwalitatiewe metode dominant en die kwantitatiewe metode minder dominant benut. Laasgenoemde word net aanvullend benut, wat beteken dat die metode uit 'n kleiner steekproef en minder vraelyste as gewoonlik bestaan.

4.1 Kwalitatiewe navorsingsontwerp en data-insameling

Die kwalitatiewe strategie wat primêr benut word, is gevallestudies. Creswell (2009:13) sien 'n gevallestudie as 'n strategie van ondersoek waartydens die navorser 'n program, gebeurtenis, aktiwiteit, proses of een of meer individue in diepte bestudeer. Die navorser kollekteer indiepte inligting deur gebruik te maak van 'n verskeidenheid data versamelingsprosedures. Henning, Van Rensburg en Smit (2004:3) is van mening dat 'n gevallestudie die navorser toelaat om die onderwerp holisties waar te neem en te interpreteer. Tydens die navorsing is daar van ses gevallestudies gebruik gemaak.

In die geval van die kwalitatiewe navorsing is daar ook van 'n steekproef gebruik gemaak wat baie minder gestruktureerd en minder kwantitatief van aard is (De Vos et al. 2007:327). 'n Doelgerigte steekproef is gebruik, want Patton (2002:244) noem dat die grootte van die steekproef afhang van wat die navorser wil weet, die doel van die onder soek, dit wat benutbaar is, die geloofwaardigheid van die studie asook watter hulpbronne en tyd vir die afhandeling van die navorsing beskikbaar is.

Vyf seuns is in samewerking met die maatskaplike werker van Kidz Care Trust, Bloemfontein, vir die gevallestudies geïden tifiseer. Hierdie organisasie bied 'n program vir straatkinders aan. Die deelnemers moes aan die volgende kriteria voldoen:

• tussen die ouderdom van 9 en 15;

• verkieslik Afrikaans en/of Engels magtig;

• ten minste 'n maand op die straat, maar nie langer as ses maan de nie; en

• betrokke wees by 'n program wat vir straatkinders aangebied word.

Die rasionaal vir die seleksie was dat die kinders wel aan die straatlewe blootgestel moes gewees het, maar dat die kind tog ook nie so lank daaraan blootgestel was dat s/hy nie meer genoeg same inligting oor die familie en gesin kon bied nie. Voorts is die ouderdom en taal gesele k teer ten einde onderhoudvoering makliker en betroubaar te maak. 'n Straatwerker was deurentyd by die onderhoude teenwoordig en het waar nodig gehelp om moeiliker konsepte aan die kinders te tolk. Daar kon dus seker gemaak word dat die kinders en die onderhoudvoerder mekaar korrek verstaan.

Vyf gevallestudies is oorspronklik gedoen, maar uiteindelik is 'n sesde gevallestudie bygevoeg. Die rede hiervoor is dat daar bepaal wou word of daar 'n verskil bestaan tussen die kinders wat reeds by 'n program betrokke is en kinders wat nog nie by so 'n program betrokke is nie. Die kind wat vir hierdie vergelyking geselekteer is, is met behulp van 'n straatwerker geïdentifiseer en het aan al die kriteria vir seleksie voldoen, behalwe dat hy nie by 'n formele program vir straatkinders ingeskakel het nie. Data-triangulasie het ook hierdeur plaasgevind (Lincoln & Guba 1985:301). Aangesien dieselfde inligting by herhaling gevind is en die versadigingsbeginsel bereik is, is daar met die gevallestudies volstaan (Greef 2007:294). Hierdie inligting is verreken in die data wat volg.

Ten einde teoretiese triangulasie (Duffy 1993:143) te kon bewerkstellig, is die temas en onderwerpe wat tydens elke gevallestudie gedek moes word vanuit die literatuur studie bepaal en hoofsaaklik in vyf afdelings ingedeel, naamlik transaksies ten opsigte van verskillende sisteme, ontleding van die mikrovlak, bepaling van transaksies en aan pas sings ten opsigte van die mesovlak, bepaling van transaksies en aanpassings ten opsigte van die eksovlak en invloed vanaf makrovlak.

Tydens die gevallestudies is inligting op verskillende wyses bekom. By die meeste van die kinders was dit toepaslik om verskillende metodes (nie slegs onderhoudvoering nie) te benut, aangesien die inligting wat bekom moes word nie eenvoudig was nie. Hierdeur is ook metodologiese triangulasie bevorder (Duffy 1993:143). Teken en spel is by die onderhoudvoering gevoeg sodat die kinders makliker kon aandui wat hul le situasies is en wat dit vir hulle beteken.

Die data bestaan uit onderhoude, notas, video-op names en refleksies wat geanaliseer en geprosesseer is. Patton (2002:306) se aanwysing is benut deur on middellik ná die onderhoud die gesprek, waarneming en belewenis van die onder houd te dik teer ten einde sowel 'n sensoriese as bewustelike ervaring van die onderhoud te kry. Sulke in ligting was baie nuttig en bied meer as net woorde (Henning et al. 2004:77).

Die analise van die data wat uit die gevallestudies verkry is, is ryker gemaak deurdat die onderhoudvoerders by herhaling na die video's van die onderhoude gekyk en aantekeninge gemaak het. Die maatskaplike werker wat betrokke was by die analise van data (vir trian gu lasie doeleindes) het ook die notas en video's bestudeer en saam met die navorser na temas en ver bande gesoek. Aantekeninge is gemaak ten einde herhalings en temas op te spoor.

Vertroubaarheid in kwalitatiewe metodes hang grootliks af van die vaardigheid en bevoegdheid van die navorser, aangesien laasgenoemde self die meetinstrument is (Viljoen 2005:278). Die navorser het op verskillende maniere vertroubaarheid verseker deur byvoorbeeld van 'n konseptuele raamwerk en literatuurstudie gebruik te maak en die onderhoude daarop te skoei. Dit dui op teoretiese triangulasie (Duffy 1993:143). Daar is verder gebruik gemaak van verskeie datainsamelingsmetodes en die versadigingsbeginsel is toegepas (Walliman 2004:264 en Greef 2007:294). Die navorser se langtermynbetrokkenheid by die straatkind en die benutting van lidkontrole dra verder tot vertroubaarheid by (Lincoln & Guba 1985:301). Die rou data is deur 'n onafhanklike maatskaplike werker nagegaan om triangulasie te verhoog nadat 'n protokol met riglyne vir data-analise voorsien is (Duffy 1993:143). Daar is ook met die interpreteerder vergader om konsensus oor temas en kategorieë te bereik.

4.2 Kwantitatiewe data-insameling vir 'n beperkte kwantitatiewe navorsing

'n Vraelys is na aanleiding van 'n literatuurstudie2 saamgestel ten einde die straatkind op die vier ekologiese vlakke, naamlik mikrovlak (ouderdom en geslag), mesovlak (kon tak met ouers, skoolinligting en die portuurgroep), eksovlak (benutting van ander departe mente en dissi plines) en makrovlak (wetgewing-implikasies) verder te verken en te beskryf ten einde die kwalitatiewe gedeelte van die navorsing te ondersteun. Die vraelys is gedurende 'n loodsondersoek getoets en 'n aantal veranderinge is aangebring ten einde verwarring by sekere van die vrae uit te skakel. Aangesien hierdie 'n verkennende en beskrywende studie is, is daar van beskrywende statistiek gebruik gemaak om die bevindinge te beskryf. Daar is gemeen dat dit nie nodig is om die vraelys statisties te toets nie, aangesien dit 'n klein deel van die navorsing behels en dit hoofsaaklik gebruik is om triangulasie van die kwalitatiewe navorsing te bevorder.

Die vraelys wat opgestel is vir kwalitatiewe doeleindes het bestaan uit vrae wat inligting verlang ten opsigte van identifiserende besonderhede, inligting oor die spesifi eke program, samewerking met rolspelers, die gesondheid van die kinders, versorging en dienslewering; mesofaktore soos byvoorbeeld die familie, skool en portuurgroep en makrofaktore soos kultuur, Godsdiens en wetlike aspekte wat die kinders raak. Die vrae het bestaan uit geskaleerde- sowel as oop vrae en het in totaliteit uit 93 items bestaan. Aangesien daar so min respondente was, is die verwerking van die resultate met MS Excel gedoen (Kruger, De Vos, Fouche & Venter, 2007:218). Slegs die belangrikste resultate word weergegee.

Vraelyste is uitgestuur na 47 organisasies waarvan die adresse op die lys van die National Alliance for Street Children is. Laasgenoemde word deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling erken en benut as organisasie met meerdere kennis en 'n oorkoepelende struktuur vir straatkindprojekte. Tien ingevulde vraelyste is terugontvang. Die reaksie persen tasie was dus 21,3%. Strydom (2007:196) noem dat die terugvoer op 'n steekproef van 47, 64% moet wees ten einde verteenwoordigend te wees. Aangesien hierdie 'n beperkte kwantitatiewe stuk navorsing was en dit ge blyk het dat daar nie meer respondente was wat bereid was om die vrae lys te in te vul nie, is die inligting in die vraelyste wat terugontvang is as voldoende beskou om te interpreteer, alhoewel nie verteenwoordigend nie.

 

5. RESULTATE VAN DIE KWALITATIEWE ONDERSOEK

Hierdie gedeelte fokus op die ses gevallestudies wat gedoen is. Ekologiese konsepte wat tydens die insameling van inligting gebruik is, word oorhoofs benut om geïdentifiseerde subtemas te kategoriseer en te bespreek.

5.1 Transaksies en verwantskappe

'n Mens se hele menswees en lewe word deur wederkerige transaksies bepaal. Menslike behoeftes en probleme ontstaan deur die transaksies tussen mense en hulle omgewing (Germain & Gitterman 1980:1). In die gevallestudies kan patrone waargeneem word waar tran saksies tussen die gesin/familie en die straatkind deel van die behoeftes van die straat kind uitmaak.

Verwantskap is gebaseer op die gehegtheidsteorie wat aandui dat verwantskap die aan gebore vermoë by mense is om verbintenisse te vorm. Gehegtheidsgedrag begin reeds by die baba, maar bly dwarsdeur volwassenheid belangrik, alhoewel dit vir elke mens tot 'n paar persone beperk is (Germain & Gitterman 1996:15).

By die betrokke deelnemers is daar net een seun wat weet wie sy pa is en waar hy is. Drie van die seuns weet nie wie hulle pa is nie en twee seuns se pa's is oorlede. Hierdie gebrek aan 'n vaderfiguur moet 'n bepaalde invloed op die kinders hê en moontlik ook daartoe bydra dat verwantskappe moeilik gevorm word (vgl. Swart 2005:19).

Kenmerkende patrone soos dood/verwerping het by deelnemers voorgekom en gevoelens van behoort aan is nie sterk ontwikkel nie. Gebrekkige vertroue is ook kenmerkend van hierdie kinders. Vervolgens word hierdie temas kortliks bespreek.

5.1.1 Dood en verlies

Dood en verlies is 'n tema wat by al die gevallestudies na vore gekom het. Tabel 1 dui die verliese aan betekenisvolle persone aan.

Alhoewel daar tog betekenisvolle persone in die kinders se lewens was, het hulle hulle verloor deur die dood of deurdat hulle die gesin weens aanrandings verlaat het - "When he was drunk he beats me".

Hierdie gevallestudies bevestig navorsing ten opsigte van die gesin en familie wat daar op dui dat straatkindgesinne disfunksioneel is en dat geweld algemeen voorkom (vgl. Duyan 2005:454 en Grundling & Grundling 2005:183).

Kenmerkend van straatkinders is dat hierdie gebrekkige transaksies en swak ver want skap pe deel is van hul lewens. Gebrekkige gesinsbande kan daartoe lei dat die straat kind in 'n ander groep na bande soek en dit op straat vind.

'n Program ten opsigte van die kinders se verliese is noodsaaklik vir hulle herstel, want dit kan nie net geïgnoreer of vergeet word nie (Fitzgerald 2008:1).

5.1.2 Gevoel van behoort aan

'n Leemte in hierdie kinders se raamwerk is dat hulle nie positiewe transaksies met hulle gesin en familielede het nie. Verder ervaar hulle nie dat hulle behoort nie. (Germain & Gitterman 1996:17). Die kinders is gelukkig in die skuiling/sentrum, maar voel nie werklik dat hulle daar hoort nie. Die straat kan dit ook nie aan die kinders bied nie. 'n Pro gram wat 'n gevoel van behoort aan bewerkstellig, identifiseer waar die kind verhoudings, wat betrou baar, warm, liefdevol en nie kortstondig is nie, kan opbou (Schofield & Beek 2006: 349). Skui lings bied 'n tydelike heenkome. Die behoefte aan 'n plek van aan vaar ding en liefde is 'n prio riteit in die straatkind se lewe.

5.2 Ondersteunigsisteme

Aansluitend by die transaksies en verwantskappe is die tema ondersteuningsisteme deur lopend tydens die gevallestudies geïdentifiseer.

Ondersteuningsisteme kan met die mesovlak en eksovlak van die eko logie se pers pektief verbind word. Die mesovlak is die tweede vlak in die menslike ontwikkelingsisteem en beweeg verder van die straatkind na mense en sisteme buite haar/homself - soos die gesin. Die ekso vlak verwys weer na stelsels waarin die straatkind nie aktief deelneem nie, maar wat haar/hom wel affekteer, byvoorbeeld die kerk en gesondheidsdienste (Bee & Boyd 2006:46). Hierdie sisteem sluit formele en informele maatskaplike strukture in en speel 'n belangrike rol in die gedrag van kinders.

Spesifieke ondersteuningsisteme wat hoofsaaklik by die straatkind betrokke is, is onder andere die skool, maats/portuurgroep, die polisie, die publiek, die gesondheidstelsel, gods diens/reli gieuse instellings, 'n straatkinderprogram (skuiling, invalsentrum) en die staat.

5.2.1 Die skool

Die skool is 'n sisteem wat positief deur straatkinders beleef word. Die deel nemer wat nie by 'n skool ingeskakel is nie (sesjarige ouderdom), het aangedui dat hy graag sal wil skoolgaan en genoem dat hy sonder skoolonderrig nêrens sal kom nie.

Dit het uit die onderhoude duidelik geword dat die skool 'n bepaalde roetine in die kind se lewe skep. Verder bied dit aan die kind doel en betekenis, aangesien dit so 'n kind se toe koms kan bepaal, naamlik inskakeling in die formele en informele arbeidsmark - "Ek wil skool toe gaan - ek het nie 'n toekoms op straat nie". Die kinders verstaan ook goed dat hulle toekoms tot 'n groot mate van skoolbywoning afhang.

Skoolbywoning vorm 'n belangrike deel van die intervensieprogram vir die straatkind. Deurlopende kontak met skole moet plaasvind ten einde opleidings- en ont wik ke lings behoeftes te bepaal (Bronfenbrenner 1979:210 en Pretorius & Louw 2008).

Ten spyte van die voordele wat dit vir hulle daaglikse bestaan inhou, het dit toekomswaarde wat tot die verkryging van werksgeleenthede kan bydra. Juis hierom is dit noodsaaklik dat die straatkind wel skool bywoon. Naas die familie/gesin het die skool ook die sterk ste sosia lise ringsinvloed in die lewe van die kind. Skole is betrokke daarby om kinders te leer wat hulle vir effektiewe interaksie in 'n komplekse wêreld nodig het.

5.2.2 Maats/portuurgroep

Die portuurgroep is 'n belangrike ondersteuningsnetwerk van die straatkind en speel 'n groot rol in die kind se ontwikkelingsproses (vgl. Louw & Louw 2007:260). Alhoewel die portuurgroep vir die kind basiese aanvaarding en ondersteuning bied, plaas dit ook groot druk op die kind om met die groepswaardes te konformeer - "Die maatjies van die straat is lekker, maar die straat is nie lekker nie".

Ten spyte van rusies en ernstige gevegte is maats vir die straatkind baie belangrik (Smit & Liebenberg 2000:25) - "The boys on street - they love to fight". Die groep vorm 'n waardevolle geleentheid tot die aanleer van bepaal de lewensvaardighede en lewenswaardes.

5.2.3 Die polisie

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) vorm deel van die ondersteuningsnetwerke vir die straatkind. Ten spyte van beriggewing oor die mishandeling van straatkinders deur SAPD-lede (Moeng 2008:6; Serrao 2008:11) rapporteer 'n kind dat daar tog lede van die mag is wat gedul dig is en ondersteunend optree.

Twee deelnemers het die volgende oor die polisie te sê gehad: "The police spray us in the eyes when we smell glue" en "The police - they said I must go back to my home". 'n Mens kan aflei dat die SAPD, wat veronderstel is om deel van die onder steunings netwerk vir die straatkind te vorm, in die praktyk nie altyd as ondersteunend beleef word nie. Die rede kan moontlik daarin geleë wees dat SAPD-lede gewoonlik slegs optree wan neer daar moei lik heid is. Die beeld en optrede van SAPD-lede kan positief veran der word indien noue same werking ten opsigte van die beplanning vir en programme aan straatkinders gebied word.

5.2.4 Die publiek

Die publiek en die gesindheid van die publiek speel 'n groot rol ten opsigte van die in stand houding van die straatkindverskynsel (Maphatane 1994:28). Al die straatkinders wat by die onderhoude betrek is, beaam die positiewe gesindheid van die publiek - "Ons vra kos, dan gee hulle vir ons".

Die publiek word as 'n ondersteuningsbron beskryf. Hulle is vriendelik en help die kinders in hulle nood. Williams (1996:222) verwys na die verskillende reaksies van die publiek en dat som mige lede van die publiek aggressief teenoor die straatkinders is. Hier die groep het dit eg ter nie beleef nie.

'n Deelnemer het genoem dat hy geld van die publiek kry wat hy dan benut om gom te koop en nie kos nie. Dit laat hom blykbaar beter slaap. Hierdie opmerking toon dat die publiek se bydrae dikwels die verskynsel aanmoedig en dus 'n ander benadering vra. Die wyse waarop die publiek 'n ondersteuningsnetwerk vir die straatkinders vorm, sal gewysig moet word na 'n positief helpende ondersteuningsnetwerk en nie een wat daartoe lei dat hulle die kinders onwetend na die straat lok nie.

5.2.5 Die gesondheidstelsel

Die mens se liggaam en gesondheid is 'n integrale deel van die mens en so ook van die straat kind. Beskikbare gesondheidsdienste, sowel as die kennis wat binne die gesond heid sektor beskikbaar is, kan 'n sterk ondersteuningsdiens vir die straatkind vorm.

Vanuit die gevallestudies is dit egter opmerklik dat nie een kind werklik van die waarde van gesondheidsdienste kennis dra nie. Die helfte van die deelnemers het al per geleentheid die munisi pale kliniek besoek, maar weet verder niks daarvan nie. Hierdie resul tate ver skil egter van die resultate van die diensverskaffers. Tydens die onder hou de het die helfte van die kinders genoem dat hulle nie kennis van MIV/Vigs en dwelms het nie.

5.2.6 Godsdienstige/religieuse instellings

Godsdiens vorm die basis van 'n mens se geloof en godsdienstige instellings vorm onder steuningsnet werke. Dit blyk dat geen deelnemer werklik 'n verbintenis met 'n godsdienstige groep het nie. Die helfte van die kinders is wel positief teenoor die kerk, maar daar bestaan nie 'n ondersteuningsband nie.

In die meeste van die straatkindprogramme word gerapporteer dat daar goeie samewerking met godsdiens tige instellings is. Hierdie terugvoer verskil van dít wat direk van die kinders ontvang is. Die verskille kan moontlik toegeskryf word aan die feit dat mense betrokke is, maar nie noodwendig aan die kinders openbaar dat hulle vanuit 'n spesifieke gods diens instel ling 'n bydrae lewer nie. Voedsel- en ander skenkings word ook soms deur kerke gemaak en dan is die kinders ook nie noodwendig daarvan bewus waar die skenkings vandaan kom nie. Die kinders kan by godsdienstige instellings wat hulle ondersteun, betrokke raak deur vir hulle bedankingsbriewe te skryf. Dit kan 'n groter bewustheid oor die bron van hulle ondersteuning by hulle skep. As godsdiensgroepe direk by straatkinders kan inskakel, kan dit ook 'n by drae lewer ten op sigte van straatkinders se gevoel van behoort aan. Godsdiens op sig self bied ook aan die kind hoop.

5.2.7 Straatkindprogramme

Programme behoort 'n breë ondersteuningsnetwerk vir die straatkind te vorm. Daar is verskillende pro gramme wat ten doel het om die straatkind te help, soos byvoorbeeld straat werk, invalsentrums ("drop-in"), gesinsherenigingsdienste en sentrums. Die deelnemers ervaar positiewe verhoudinge tussen die personeel van die straatkinderprogram en hul leself.

Inspraak in en deelname deur kinders in dienste en beplanning is 'n positiewe verpligting ten op sigte van dienslewering (Children's Amendment Act (42/2007), Art 208 (6)). Volgens die deelnemers vind inspraak nie plaas nie. Hulle toon ook nie 'n begeer te tot inspraak nie en sal dus leiding moet ontvang. Inspraak en deelname is 'n verdere indi kator wat deel sal moet vorm van die intervensieplan en waartoe die ondersteuningdienste 'n verpligting het.

Die ondersteuningsnetwerke is noodsaaklik vir effektiewe dienslewering aan straat kinders. Die ontwikkeling en opbou van ondersteuningsnetwerke versterk die totale gemeenskap.

5.3 Die kind se gedrag

'n Verdere algemene tema wat in die gevallestudies na vore gekom het, is die kinders se gedrag. Die subtemas word kortliks bespreek.

5.3.1 Manipulerende gedrag

Die straatkind is meester daarvan om mense se simpatie te wek (Swart 2005:55). Die kinders het insig in die feit dat hulle 'n uitstekende vaardigheid in manipulerende gedrag het en hulle benut dit waar nodig. Hierdie manipulerende gedrag bied ook aan die kinders 'n voor deel deurdat hulle kan steel en leuens vertel sonder dat die skuldige werklik aan die kaak gestel word. Hierdie negatiewe vaardighede is uitstekend ontwikkel ten einde hulle oor lewing te verseker.

5.3.2 Lokus van kontrole

Alhoewel 'n interne lokus van kontrole (Richter 1988:11; Richter 1989:217) met heelwat oorgawe deur die betrokke kinders aangebied word, kan dit nie net as so eenvoudig aan vaar word nie. Die kinders moet vaardighede aanleer wat hulle innerlike motivering ver sterk. Waar des en norme vorm deel van die uitbouing en versterking van positiewe gedrag. Hierdie vaardighede kan nie net deur aktiwiteite soos sokker en tuinmaak ont wik kel word nie, maar vra terapeutiese insette, asook ontwikkelingsgeörienteerde groep werk deur vak kun diges met 'n gesindheid van aanvaarding en nieveroordeling.

5.3.3 Onverskillige gedrag

Die straatkinders stel hulle bloot aan onverskillige, gevaarlike gedrag. Al die betrokke kinders maak hulle skuldig aan dwelmmisbruik of het hulle daaraan skuldig gemaak. Hulle gebruik veral gom algemeen - "When using the glue I get warm and I forget the bad things".

Ten opsigte van die kinders se kennisraamwerk het nie een van die deelnemers kennis van die skade wat gomsnuif kan veroorsaak nie. Hulle weet wel dit is verkeerd, maar kan nie sê waarom en wat dit aan hulle doen nie. Hulle besef nie dat dit 'n kind se fisiese gesondheid en kognitiewe aspekte beïnvloed nie (Mako 2000:167; Hewitt 2008:13).

Die kinders noem almal dat hulle nie aan seksuele praktyke blootgestel is nie. Tog het twee aan gedui dat seks en geld met mekaar verband hou. Vermoedelik is die kinders skaam oor hulle seksuele praktyke. Volgens die literatuur word beraam dat 'n kind wat op straat leef, 'n hoë risiko vir blootstelling aan seksuele misbruik en gevolglik MIV/Vigs het (Mako 2000:167; Evans 2002:58). Die helfte van die kinders het genoem dat hulle min ken nis het van MIV/Vigs. Hierdie inligting verskil van die diensverskaffers wat aandui dat gesond heids dien ste in 80% van hulle programme inligting oor MIV/Vigs oordra.

 

6. RESULTATE VAN DIE KWANTITATIEWE ONDERSOEK

Die resultate van die kwantitatiewe gedeelte van die ondersoek word vervolgens kortliks bespreek.

6.1 Identifi serende besonderhede

Die "National Alliance for Street Children" het ten tye van die navorsing nie oor adresse van organisasies in die Wes- en Oos-Kaap beskik nie. Daar is wel vraelyste aan organisasies in al die ander provinsies gestuur. Die responskoerse van die vier provinsies waarvan vraelyste terug ontvang is, word in Tabel 2 aangedui. Die hoogste responskoers was vanuit die Vrystaat.

Die vraelyste is ingevul deur persone wat in verskillende ampte direk by die straatkindprogramme betrokke is (Tabel 3). In die meeste gevalle is die vraelyste deur hulpwerkers voltooi.

Vier van die betrokke organisasies wat aan die studie deelgeneem het, bestaan langer as tien jaar, vyf is tussen vyf en tien jaar oud en een is jonger as vyf jaar.

Die programme wat ten opsigte van straatkinders aangebied word, beskryf die volgende as hulle hooftake of prioriteite: voorkoming en vroeë intervensie, gedragsbeheer, assessering, lewensvaardighede, bestuur, versorging, onderwys, personeelontwikkeling, gesinshereniging, professionele maatskaplikewerkdienste, skuiling, berading, straatwerk en uitreik (Figuur 2).

Die klem van dienslewering val grotendeels op die meer vakkundige gedeelte, naamlik assessering, terapie en beraad. Voorkomingsdienste vorm net 4% van die prioriteitstake.

6.2 Die mikrosisteem van die straatkind

Volgens 60% van die organisasie-respondente het die kinders op straat nie verminder nie. Dit stem ooreen met sowel die Suid-Afrikaanse as internasionale tendens dat die straat kind getalle steeds groei. Respondente dui aan dat hulle by dienste aan 1 250 seuns en 363 dogters betrokke is. Die jongste kind in die programme wat tydens die onder soek aangebied is, was vyf jaar oud.

6.3 Die mesosisteem van die straatkind

Ayuku et al. (2004:295) en Grundling en Grundling (2005:183) se stelling dat straatkinders dikwels nog kontak met hulle gesinne het, is bevestig deurdat 66% (N=9) van die res ponden te aan gedui het dat meer as 60% van die straatkinders nog kwartaalliks kontak met hulle gesin ne het. Hierdie resultaat kan positief in programme benut word.

In die studie het 80% van die respondente die uitsonderlike waarde van skoolinskakeling en skool bywoning aangedui. Sestig persent van hierdie respondente ondervind egter probleme om die straat kind by skole in te skakel weens onder andere gebrekkige dokumentasie (bv. geboor tesertifikate), onvoldoende fondse, kinders wat te oud is vir die graad waarin hulle geplaas moet word, swak samewerking van die kind en vol skole.

Almal is dit egter eens dat die inskakeling by 'n skool 'n positiewe impak lewer aangesien dit aan kinders die geleentheid tot 'n toekomsverwagting en verdere sukses in die lewe bied. Die skool vorm verder 'n ondersteuningstelsel en lê veral klem op roetine, per soon like higiëne, dissipline en gemeenskapsdeelname. Hierdie sake dra by tot die ont wik keling van die kind se lewensvaardighede wat nie noodwendig altyd in die ouerhuis oorgedra word nie.

Die programme benut die portuurgroep ten einde die aanleer van vaardighede te bevorder en te ontwikkel. Die portuurgroep dien as inoefeningsgeleentheid. Die professio nele persoon wat gebruik maak van die groep as metode vir die aanleer en ontwik ke ling van hierdie vaardighede sal bewus wees daarvan dat negatiewe sosiale vaardighede ook binne 'n por tuurgroep beoefen kan word en sal sorg dra dat negatiewe waardes nie oorgedra word nie.

6.4 Die eksosisteem van die straatkind

Die respondente het almal aangedui dat hulle met ander dissiplines saam werk. Vrywilligers is aangedui as baie belangrike rolspelers in die aanbieding van dien ste. Maatskaplike werk, onderwys en die polisie is die belangrikste rolspelers in die dien s te aan straatkinders. Deur die samewerking van rolspelers kan in verskillende lewens behoef tes van die kinders voorsien word.

Verskeie rolspelers is by die programme betrokke. Die Departemente van Binnelandse Sake en Justisie sowel as die kor poratiewe wêreld word deur 30% van die respondente beskou as die instansies wat 'n groter rol by straatkinders kan speel. In al die programme is maatskaplike werkers betrokke.

6.5 Die makrosisteem van die straatkind

Ten opsigte van die makrosisteem oordeel die respondente dat rolspelers kennis en vaar dig heid ten opsigte van verskille in kultuur, godsdiens en in 'n mindere mate politiek benodig. Die invloed van die makrosisteem op die straatkind word deur rolspelers erken.

Die erkenning van verskille in kultuur en godsdiens demonstreer 'n nieveroordelende houding, maar bied ook aanvaarding vir die individu wat kosbare insette ten opsigte van die kind se gevoel van behoort aan kan bied. In die opleiding/indiensopleiding van die rolspelers moet die inligting oor verskille en ook blootstelling aan verskille in kultuur en gods diens bydra tot aanvaarding en begrip om 'n gevoel van behoort aan te versterk.

Die Children's Amendment Act (42/2007) maak vir die registrasie van inval sen trums en sentrums/skuilings as jeugsorgsentrums voorsiening. Die res pon den te voel almal dat hierdie nuwe byvoeging in die wet wel prakties uitvoerbaar is en ook bepaal de voordele inhou, soos die beskerming van die kinders, beter subsidiëring en same werking tus sen rolspelers.

Volgens die Children's Act (38/2005) moet 'n straatkind sorgbehoewend bevind word en sta tutêr in alternatiewe versorging geplaas word. Die meerderheid respondente (77%) (N=9) voel dat dit 'n prakties uitvoerbare reëling is en volgens 90% van die res pondente hou die statutêre plasing van die kinders wel voordele in. Twee van die respondente noem dat die tekort aan maatskaplike werkers, lang hoflys te en gebrek aan fondse waarskynlik 'n negatiewe invloed op die imple mentering van die wet sal hê (vgl. UNICEF 2007:30 & Giese 2007:19).

 

7. GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

In die voorafgaande gedeelte is daar vanuit die raamwerk van die ekologiese perspektief se verskillende vlakke van die belangrikste indikatore geïdentifiseer wat vir 'n om vat tende intervensieplan aan die straatkind nodig is. Die gevolgtrekking word gemaak dat 'n program vir straatkinders oor sekere elemente moet beskik ten einde effektiewe intervensies te kan lewer. In hierdie gedeelte word 'n samevatting gegee van die elemente wat uit hierdie navorsing geïdentifiseer is, en aanbevelings word deur die outeurs gemaak oor hoe die elemente in die praktyk gestalte kan vind.

Die kernelemente van die voorgestelde intervensieplan, wat geïdentifiseerde temas vanuit die navorsing insluit, word op som mender wys in Tabelle 4 tot 7 uiteen gesit. Dit is in die voorafgaande bespreking hanteer.

Daar kan verder tot die gevolgtrekking gekom word dat die intervensie met die straatkind deur 'n span kundiges sowel as gemeenskapslede hanteer moet word en nie alleen deur die maatskaplike werker nie. Die intervensies moet gerig wees op die verskillende vlakke van die ekologiese sisteem. Hierdie indikatore bied 'n volledige raamwerk vir intervensie in terme waarvan die straatkind as totaliteitswese hanteer kan word.

Daar word dan aanbeveel dat instansies wat dienste lewer aan straatkinders van bogenoemde indikatore gebruik sal maak wanneer hulle dienste beplan en implementeer ten einde te poog om die kinders wat wel op die straat beland, so gou en effektief as moontlik terug te plaas by hulle gesinne. Die benutting hiervan behoort te lei tot die verhoging van gesins- en gemeenskapsintegrasie, minder manipulasie van programme deur die kinders en die lewering van 'n professionele diens deur veral maatskaplike werkers.

 

8. SLOTSOM

Daar kan tot die slotsom gekom word dat die ekologiese perspektief 'n nuttige raamwerk vorm vir die identifisering van indikatore vir 'n intervensieprogram vir die straatkindverskynsel.

Die vier vlakke/sisteme van die betrokke perspektief is geanaliseer en daardeur is indikatore vir 'n inter ven sie plan vir elke vlak aangebied. Die vlakke is in wisselwerking met mekaar en het nie rigiede begrensing nie. Ten opsigte van die mikrosisteem is die grootste behoef tes van die straat kind die versorging, genesing, bou van verhoudinge en ont wikkeling van die kind. Basiese en nievakkundige dienste sowel as terapeutiese spesia lisdienste word benodig.

Die mesovlak word gekenmerk deur die sterk behoefte van die straatkind om te behoort. Die skool, algemene opleiding en portuurgroep is belangrike ontwikkelingsareas van die kind op hier die vlak. Die gesin/familie, skool en portuurgroep vorm die grootste hulpbronne ten op sigte van die hantering van die behoeftes op mesovlak. As gevolg van die gebrek aan gesins lede/familie moet die gemeenskap ook betrek word met die oog op die behoefte van behoort aan. Die gemeenskap behoort as 'n terapeutiese sisteem benut te word. Die skool voor sien in die straatkind se opleiding- en ontwikkelingsbehoeftes.

Die straatkind se grootste behoeftes, wat aan die eksovlak gekoppel kan word, is dié van hoop en ontwikkeling. Die gemeenskap, publiek, SAPD, gesondheidsdienste, maat skap like dienste, godsdienstige instellings, en sakeondernemings kan aan die kind hoop en ontwikkeling bied. Maatskaplike werkers kan deur middel van gemeen skaps ont wik ke ling en terapeutiese ondersteuning aan die kind se ontwikkeling werk en sodoende sy/haar hoop vir die toekoms versterk.

Alhoewel die makrosisteem as buitenste beïnvloedingsvlak die verste van die straatkind geleë is, het dit die funksie van beskerming en ontwikkeling. Sisteme wat bepalend vir die straatkind se sekuriteit, beskerming en verdere ontwikkeling is, is wette/beleid ten opsigte van die kind, godsdiens, politiek en kultuur.

Die ekosistemiese perspektief bied heelwat moontlikhede en besondere uitdagings aan die in ter vensieplan vir die straatkind. Sisteme en vlakke vorm 'n geheel en die wis sel werkende transaksies en verbintenisse behoort ingespan te word tot voordeel van die straat kind en hantering van die straatkindverskynsel. Hierdie is nie 'n korttermynproses nie, maar verg jarelange insette deur die gemeenskap en professionele persone wat met hierdie kinders werk.

 

BIBLIOGRAFIE

Abaana.org. 2004. Resources:Statistics. http://www.abaana.org/resources/statistics.cfm. [27 April 2004]         [ Links ].

Ayuku, D.A., Kaplan, C., Baars, H. & De Vries, M. 2004. Characteristics and personal social networks of the on-the-street, off-the-street, shelter and school children in Eldoret, Kenya. International Social Work, 47(3): 293 - 311.         [ Links ]

Balgopal, P.R. & Vassil, T.V. 1983. Groups in Social Work: an ecological perspective. New York: Macmillan.         [ Links ]

Bee, H. & Boyd, D. 2006. Lifespan Development. 4th ed. Boston: Allyn & Bacon.         [ Links ]

Bronfenbrenner, U. 1979. The Ecology of Human Development: Experiments by Nature and Design. USA: Harvard University Press.         [ Links ]

Creswell, J.W. 2009. Research design: Qualitative, quantitative, and mixed methods approaches. 3rd ed. Los Angeles: Sage.         [ Links ]

Depar tement Maatskaplike Ontwikkeling van die Vry staat sien Free State Depart ment of Social Development.         [ Links ]

De Vos, A.S., Strydom, H., Fouche, C.B. & Delport, C.S.L 2007. Research at Grass Roots. 3rd Impression. Pretoria: Van Schaik Publishers.         [ Links ]

Duffy, M.E. 1993. Methodological triangulation. In Leedy, P.D. (ed.), Practical research: planning and design. New York: Macmillan.         [ Links ]

Duyan, V. 2005. Relationships between the sociodemographic and family character istics, street life experiences and the hopelessness of street children. Childhood, 12(4): 445 - 459.         [ Links ]

Evans, R. 2002. Poverty, HIV and barriers to education: street children's experiences in Tanzania. Gender and Development, 10(3): 51 - 62.         [ Links ]

Free State Department of Social Development. 2003. Guidelines on the identification of and management of young children who are on the street. Circular 4 of 2003.         [ Links ]

Fitzgerald, H. 2008. The grieving Child - Children, adolescents and Grief. http:www.journeyofhearts.org/grief/kids_grief.html. [02 Februarie 2009]         [ Links ].

Germain, C.B. & Gitterman, A. 1980. The Life Model of Social Work Practice. New York: Columbia University Press.         [ Links ]

Germain, C.B. & Gitterman, A. 1996. The Life Model of Social Work. Advances in Theory and Practice. 2nd ed. New York: Columbia University Press.         [ Links ]

Giese, S. 2007. Setting the scene for social services: The gap between service need and delivery. S.A. Child Gauge (2007/2008). Children's Institute, University of Cape Town, pp. 17 - 22.         [ Links ]

Greef, M. 2007. Information collection: Interviewing. In De Vos, A.C.; Fouche, C.B., Strydom, H, & Delport, C.S.L. (eds). Re search at Grassroots. Pretoria: Van Schaik Publishers.         [ Links ]

Grundling, J. & Grundling, I. 2005. The concrete particulars of the every day realities of street children. Human Relations, 58(2):173 - 180.         [ Links ]

Henning, E., Van Rensburg, W. & Smit, B. 2004. Finding your way in qualitative research. Pretoria: Van Schaik Publishers.         [ Links ]

Hewitt, T. 2008. The glue that binds. Daily News. 28 May 2008.         [ Links ]

KIT. 2004 Street children Overview. http://www.kit.nl/specials/html/scstreetchildren. [27 April 2004]         [ Links ].

Kruger, D.J., De Vos, A.S., Fouche, C.B. & Venter, L. 2007. Quantitative data analysis and interpretation. In De Vos, A.C.; Fouche, C.B., Strydom, H, & Delport, C.S.L. (eds). Re search at Grassroots. Pretoria: Van Schaik Publishers.         [ Links ]

Le Roux, J. 1996. Street children in South Africa; Findings from interviews on the background of street children in Pretoria, South Africa. http://pangaea.org/street_children/africa/safrica2.htm. [02 Mei 2003]         [ Links ].

Lincoln, Y. S. & Guba, E.G. 1985. Naturalistic enquiry. London: Sage.         [ Links ]

Louw, D & Louw, A. 2007. Die ontwikkeling van die kind en adolessent. Bloemfontein: ABC-drukkers.         [ Links ]

Mako, M.K. 2000. Streetwise: A Psychological Analysis of the lives of street children. PhD Thesis, University of the North.         [ Links ]

Maphatane, M. 1994. Understanding support systems for black street children and their families: An ecological perspective. Maatskaplikewerk Praktyk / Social Work Practice, 94(2): 22 -30.         [ Links ]

Moeng, K. 2008. Food first, then we talk politics. The Times. 23 June 2008.         [ Links ]

Patel, L. 2005. Social Welfare and Social Development in South Africa. Southern Africa, Cape Town: Oxford University Press.         [ Links ]

Patton, M.Q. 2002. Qualitative Research and Evaluation Methods. 3rd ed. Sage Public ations Inc.         [ Links ]

Pretorius, S. & Louw, L. 2008. Gesprek op 07/03/2008. Pretorius is bestuurder van Kidz Care en Louw maatskaplike werker van Kidz Care.         [ Links ]

Richter, L.M. 1988. Thinking on your feet in the street. Discussion of a study to determine the educational potential of a group of "street children" in Johannesburg. Pretoria: Institute for Behavioural Science, University of South Africa.         [ Links ]

Richter, L.M. 1989. Descriptions of self, family and society given by street children in Johan nesburg. Pretoria: University of South Africa.         [ Links ]

Schoeman, H.P. 1999. 'n Ekologiese Perspektief op geweld teenoor vroue in saamwoon- en huweliksverhoudinge. PhD. (Maatskaplike Werk), Universiteit van die Vrystaat.         [ Links ]

Shaffer, D.R. 2002. Development Psychology: Childhood and adolescence. USA. 6th Edition.         [ Links ]

Schofield, G & Beek, M. 2006. Attachment handbook for foster care and adoption. New York: Palgrave.         [ Links ]

Serrao, A. 2008. This is our home. STAR. 3/7/2008.         [ Links ]

Shaw, G.B. 2001. Street children - Community children. www.pangaea.org/streetchildren/kids.htm. [30 Julie 2008]         [ Links ].

Smit, A.G. & Liebenberg, L. 2000. The innercity street child: A profile of the dilemma and some guidelines. Social Work/Maatskaplike werk, 36(1): 25-34.         [ Links ]

South Africa. 2005. Children's Act no 38 of 2005. Pretoria: Government Printers.         [ Links ]

South Africa. 2007. Children's Amendment Act no 42 of 2007. Pretoria: Government printers.         [ Links ]

Strydom, H. 2007. Sampling and sampling methods. In De Vos, A.C.; Fouche, C.B., Strydom, H, & Delport, C.S.L. (eds). Research at Grassroots. Pretoria: Van Schaik Publishers.         [ Links ]

Swart, M. 2005. 'n Verkennende ondersoek na maatskaplikewerkprogramme vir straat kinders. Magister verhandeling. Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

UNICEF. 2007. Reforming Child Law in South Africa: Budgeting and implementation plan ning. Pretoria.         [ Links ]

Van Kraayenburg, M. 2011. Gesprek op 14/01/2011. Van Kraayenburg is die provinsiale direkteur van Nicro in die Vrystaat.         [ Links ]

Viljoen, A. 2005. 'n Gestaltgroepwerkprogram in Maatskaplike Werk vir toesighoudende, geskeide ouers. PhD Departement Maatskaplike Werk. Universiteit van die Vrystaat. April 2005.         [ Links ]

Walliman, N. 2004. Your research project: A step-by-step guide for the fi rst-time researcher. London: SAGE Publications.         [ Links ].

Ward, C.L. 2007. Monitoring child well-being. In Dawas, A., Bray, R., Van der Merwe, A. (eds). A South African Rights-Based Approach. Pretoria: HSRC Press.         [ Links ]

Wette sien South Africa.         [ Links ]

Williams, C.G. 1996. Street children and abuse of power. Africa Insight, 226 (3): 221-229.         [ Links ]

 

 

SUSAN LOUW behaal die BDiac-graad einde 1978 aan die Hugenote-Kollege en begin werk by die NG Kerk se Maatskaplike Dienste, CMR, in die Noord-Kaap. Buiten een jaar, is sy die heeltyd as maatskaplike werker in diens by dié Kerk se Maatskaplike Dienste - tans reeds vir 'n dienstermyn van ±29 jaar. Die poste wat beklee word, omsluit die volle spektrum van maatskaplike werk soos hofwerk, voorkomingsprogramme en groepwerk. Later jare is ook praktykopleiding aan studente gegee en toesig (supervision) aan maatskaplike werkers onderrig. Die afgelope tien jaar beklee sy die pos van Direkteur: Gesin- en Gemeenskaps dienste by die NG Maatskaplike Dienste Vrystaat. Susan het die grade Honneurs en Magister in Maatskaplike Werk aan die Vrystaatse Universiteit verwerf en begin 2009 ook die PhD in Maatskaplike Werk aan hierdie instansie voltooi.
SUSAN LOUW obtained the degree of BDiac at the Huguenot College at the end of 1978 and started work with the Dutch Reformed Church's Social Services, the Christian Social Council in the Northern Cape. Except for one year, she has been continuously in the service of this Church's Social Services as a social worker, and is currently still in their employment, spanning a period of approximately 29 years. The posts she has held cover the whole spectrum of social work including court appearances, preventative programmes and group work. In later years practical training was also given to fi nal year students and supervision to qualifi ed social workers provided. For the past ten years she has held the position of Director: Family and Community Services at the NG Social Services, Free State. Susan obtained her Honours and Masters Degrees in Social Work at the University of the Free State and at the beginning of 2009 she also completed the PhD in Social Work at this University.

ROELF REYNEKE is die departementele voorsitter van die Departement Maatskaplike werk aan die Vrystaatse Universiteit. Hy is aktief in die NROveld waar hy onder andere 'n bestuurslid is van Kindersorg Bloemfontein en Childline Vrystaat, voorsitter van die Streekraad van die Vrystaatse Streek van die Nasionale Raad vir Kindersorg Suid-Afrika asook 'n lid van die Nasionale Raad van die beweging. Hy is die voorsitter van die Vrystaatse tak van die NASW (SA) en was ook 'n lid van die Nasionale Raad van die assosiasie. As akademikus spesialiseer hy in gemeenskapswerk, avontuur-gebaseerde terapie, herstellende praktyke, toesig (supervision) en bestuur. Hy het al verskeie artikels gepubliseer en referate gelewer by nasionale en internasionale konferensies.
ROELF REYNEKE is the departmental chairperson of the Department of Social work at the University of the Free State. He is active in the NGO fi eld where he is amongst others a board member of Child Welfare Bloemfontein and Childline Free State. He chairs the Free State Regional Board of the SA National Council for Child Welfare and is a member of the National Board of this organisation, as well as chairperson of the Free State Branch of the NASW (SA) and he was a National board member of this association. Academically he specialises in community work, adventure-based therapy, restorative practices, supervision and management. He has published articles and presented papers at national and international conferences.

 

 

1 Weens beperkte spasie word die konsepte nie nader bespreek nie.
2 Die uitgebreide literatuurstudie vorm nie deel van die artikel nie.

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons