SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue4A critical assessment of a few of the literary prizes awarded by The South African Academy for Science and ArtsA preliminary investigation into the state of education after 1994 in selected schools in the Western Cape author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.50 n.4 Pretoria Dec. 2010

 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

 

Surrogaatekwivalensie in tweetalige woordeboeke met spesifieke verwysing na zero-ekwivalensie in Afrikataalwoordeboeke1

 

Surrogate equivalence in bilingual dictionaries with specific reference to zero equivalence in dictionaries for African languages

 

 

R.H. GouwsI; D.J. PrinslooII

IDepartement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch rhg@sun.ac.za
IIDepartement Afrikatale, Universiteit van Pretoria danie.prinsloo@up.ac.za

 

 


Trefwoorde: surrogaatekwivalensie, zero-ekwivalensie, tweetalige woordeboeke, linguistiese gaping, referensiële gaping, Afrikatale, kulturele terme, vertaalekwivalente, teikengebruiker, leksikografiese funksies, betekenisparafrase, glosse, kommunikatiewe funksie, teksproduksie, teksresepsie


ABSTRACT

The focus in a general bilingual dictionary is on the item presenting translation equivalents for the words represented by the lemma signs. Three major types of equivalent relations prevail, i.e. full equivalence, partial equivalence and zero equivalence. These different relations of equivalence confront lexicographers with different challenges to ensure that the users will be able to achieve an optimal retrieval of information from a given dictionary article. Ideally, suitable translation equivalents in the target language would be available for each source language item. Instances where a suitable translation equivalent is not available occur in any given language pair to be treated as source and target. Adamska-Sałaciak (2006:99) goes as far as to state that "due to interlingual anisomorphism a bilingual dictionary is, strictly speaking, an impossibility" and that "all we can hope to produce are better or worse approximations". Lexicographers have an obligation towards their specific users to ensure a presentation and treatment of translation equivalents that will enable an unambiguous retrieval of information from the data on offer in the comment on semantics of a bilingual dictionary. The nature and extent of this treatment should be determined by the needs and reference skills of the intended target user group, the user situation and the lexicographic functions of the specific dictionary. There are frequent instances in any given language pair where a suitable translation equivalent is not available to be treated as source and target language in a bilingual dictionary. This is known as zero equivalence and can be regarded as the most complex type of equivalence to be dealt with in a bilingual dictionary. A linguistic gap can be identified when the speakers of both languages are familiar with a certain concept, but when one language does not have a word to refer to it, whereas the other language does have such a word. A referential gap can be postulated when a lexical item from language A has no translation equivalent in language B. This would be because the speakers of language B do not know the referent of the lexical item from language A.
This article addresses the various ways in which lexicographers of different dictionaries deal with the lack of equivalence and the subsequent use of surrogate equivalents. There are a number of strategies that the lexicographer can use when dealing with instances of zero equivalence, e.g. the use of glosses, paraphrases, illustrations and even text boxes with lexicographic comments. This article suggests different types of surrogate equivalents based on user needs, and it will be done in accordance with the relevant dictionary functions, i.e. the cognitive function and the communicative functions of text reception, text production and translation. It will be indicated that lexicographic treatment of zero equivalence is a major factor in bilingual dictionaries bridging, for example, Afrikaans or English with African languages. In many cases a substantial part, even a large number of sequential lemmas in any given alphabetical stretch, comprise zero equivalence. Such instances, mostly in respect of cultural terms pose a great challenge to the lexicographer. They vary in nature and complexity and call for different and innovative ways of lexicographic treatment.
In this article the focus will be on the nature and extent of zero equivalence in the African languages, and different types of surrogate equivalents form the basis of the discussion. A distinction will also be made between different levels of surrogate equivalence. The approach is contemplative as well as transformative, with the emphasis on the needs of target users in respect of text reception and text production.
Acknowledging different degrees of complexity in the relation of surrogate equivalence leads to a tiered view of the concept. The first level in the hierarchy provides for linguistic gaps where a mere gloss or brief paraphrase of meaning will suffice. More complicated are the gaps where the surrogate equivalent also has to provide grammatical guidance. The top tier in the hierarchy provides for referential gaps where taboo, culture-specific or sensitive values have to be expressed. The lexicographer has to utilise available treatment options maximally and select the most appropriate one(s) in each case.

Key terms: surrogate equivalence, zero equivalence, bilingual dictionaries, linguistic gap, referential gap, African languages, cultural terms, translation equivalents, target user, lexicographic functions, paraphrase of meaning, glosses, communicative function, text production, text reception


 

 

OPSOMMING

Tweetalige woordeboeke word om die onttrekking van verskillende tipes inligting geraadpleeg. Die datatipe waaraan die gemiddelde en kundige gebruiker van tweetalige woordeboeke die grootste behoefte het en wat daarom die algemeenste teiken van woordeboekraadpleging is, is die vertaalekwivalente, dit is die doeltaalvorme wat vir 'n bepaalde brontaalvorm verskaf word. Die leksikograaf moet vir drie hooftipes ekwivalentverhoudinge voorsiening maak, te wete absolute ekwivalensie, gedeeltelike ekwivalensie en zero-ekwivalensie. Dit is veral gevalle van zeroekwivalensie wat leksikograwe voor die uitdaging stel om op verskillende maniere daarvoor voorsiening te maak dat die gebruikers 'n optimale onttrekking van inligting aan woordeboekartikels behaal. In hierdie artikel word gefokus op die aard en besondere omvang van zeroekwivalensie in die Afrikatale en word verskillende tipes surrogaatekwivalente en benaderingswyses onder die loep geneem. 'n Onderskeid word ook gemaak tussen verskillende vlakke van surrogaatekwivalensie. Die benadering is kontemplatief sowel as transformatief en die behoeftes van die teikengebruikers ten opsigte van teksresepsie en teksproduksie word vooropgestel.

 

1. INLEIDING

Tweetalige woordeboeke word om die onttrekking van verskillende tipes inligting geraadpleeg. Die datatipe waaraan die gemiddelde en kundige gebruiker van tweetalige woordeboeke die grootste behoefte het en wat daarom die algemeenste teiken van woordeboekraadpleging is, is die vertaalekwivalente, dit is die doeltaalvorme wat vir 'n bepaalde brontaalvorm verskaf word. Hierdie werklikheid van die leksikografiese praktyk word ook in die teoretiese leksikografie weerspieël deurdat die verskynsel van ekwivalensie sentraal staan in die metaleksikografiese gesprek. Kromann et al. (1991:2717) stel dit uitdruklik dat "Equivalence is the axis about which the activity of translation turns." In tweetalige woordeboeke is 'n primêre fokus dus op daardie items wat aangebied word as vertaalekwivalente van die leksikale item wat deur die lemmateken verteenwoordig word. Adamska-Sałaciak (2006:99) gaan so ver as om te sê dat die samestelling van 'n tweetalige woordeboek streng gesproke onmoontlik is:

As repeatedly noted throughout, due to interlingual anisomorphism a bilingual dictionary is, strictly speaking, an impossibility: all we can hope to produce are better or worse approximations.

Leksikograwe is dit aan hulle teikengebruikers verskuldig om 'n aanbieding en bewerking van vertaalekwivalente daar te stel wat 'n ondubbelsinnige onttrekking van inligting vanuit die dataaanbod in die semantiese kommentaar sal verseker. Die aard en omvang van die aanbieding sowel as die bewerking van vertaalekwivalente moet bepaal word deur die behoeftes en naslaanvaardighede van die teikengebruikers, die gebruiksituasie, asook die leksikografiese funksies van die betrokke woordeboek. In hierdie verband is dit belangrik om weer eens te besef dat geen enkele woordeboek alles vir almal kan wees nie. Leksikograwe moet in hulle beplanning aan die eiesoortige eise van 'n spesifieke woordeboek en die beoogde teikengebruikers van daardie woordeboek aandag gee. Die behandeling van die begrip ekwivalensie in die teoretiese leksikografie moet eweneens voorsiening maak vir verskillende en uiteenlopende toepassingsmoontlikhede.

In die teoretiese leksikografie,2 word daar vir drie hooftipes ekwivalentverhoudinge voorsiening gemaak, te wete absolute ekwivalensie, gedeeltelike ekwivalensie en zeroekwivalensie. Die voorkoms van hierdie drie tipes ekwivalentverhoudinge stel leksikograwe voor die uitdaging om op verskillende maniere daarvoor voorsiening te maak dat die gebruikers 'n optimale onttrekking van inligting aan woordeboekartikels bereik. Dit sou die ideaal wees dat gepaste vertaalekwivalente in die doeltaal vir elke brontaalitem verskaf moet kan word. In elke taalpaar waarvoor daar tweetalige woordeboeke saamgestel word, gebeur dit egter dat daar nie altyd so 'n gepaste vertaalekwivalent beskikbaar is nie. Hierdie verskynsel waar 'n doeltaalvorm ontbreek as vertaalekwivalent van 'n brontaalitem staan bekend as die verskynsel van zeroekwivalensie. Dit is een van die lastige maar veel voorkomende probleme van die opsteller van 'n tweetalige woordeboek en lei tot 'n komplekse tipe ekwivalentverhouding in woordeboekartikels.

Hierdie bydrae fokus op verskillende maniere waarop leksikograwe van verskillende woordeboeke moet reageer op die gebrek aan ekwivalensie en die daaropvolgende gebruik van surrogaatekwivalente. Verskillende strategieë kan deur leksikograwe gebruik word wanneer daar met zero-ekwivalensie gewerk word, byvoorbeeld die gebruik van glosse, betekenisparafrases, illustrasieprente en selfs tekskassies met leksikografiese kommentaar. Afhangend van die aard, belang vir die teikengebruiker en die kompleksiteit van sulke gevalle kan verskillende kruisverwysingsmoontlikhede ook gebruik word om die gebruiker na woordeboekinterne adresse te verwys, byvoorbeeld ander artikels en/of die buitetekste in die raamstruktuur en/of woordeboekeksterne kruisverwysingsadresse waar meer inligting gevind kan word. Verskillende tipes surrogaatekwivalente word bespreek, met verwysing na die geldende gebruikersbehoeftes asook die relevante woordeboekfunksies, naamlik die kognitiewe funksie en die kommunikatiewe funksies, dit is die vertalings-, teksresepsie- en teksproduksiefunksies.

 

2. VERSKILLENDE BENADERINGS TOT SURROGAATEKWIVALENSIE EN VERSKILLENDE LEKSIKALE GAPINGS

In die teoretiese leksikografie is die gesprek oor surrogaatekwivalensie grootliks beperk tot 'n beskrywing van ekwivalentverhoudinge en die verskillende tipes surrogaatekwivalente. In die beplanning van 'n tweetalige woordeboek is dit belangrik dat leksikograwe moet kennis dra van hoe hierdie verskynsel in bestaande woordeboeke hanteer is. Innoverende leksikografi e vereis egter dat die leksikograaf verder moet gaan as 'n blote kontemplatiewe benadering (Tarp 2000) en 'n transformatiewe benadering moet volg wat voorsiening maak vir nuwe en verbeterde maniere om surrogaatekwivalensie te hanteer.

In die moderne leksikografieteorie word dit belangrik geag om die werklike doel en die leksikografiese funksies van enige woordeboek te identifiseer tydens een van die vroeë presamestellingsfases (vgl. Bergenholtz & Gouws 2007). Die vasstelling van die leksikografiese funksies voorveronderstel 'n duidelike en ondubbelsinnige vasstelling van die teikengebruiker, die gebruikersituasie asook die gebruiksituasie van die beplande woordeboek. Die keuse van leksikale items vir insluiting as lemmata asook elke aspek van hulle behandeling, met inbegrip van die aanbieding van surrogaatekwivalente, moet in ooreenstemming met die vasgestelde leksikografiese funksies gedoen word.

'n Vergelyking van twee tale maak 'n mens gou bewus van die afwesigheid van sekere woorde ter uitdrukking van bepaalde begrippe in 'n bepaalde taal. Hierdie afwesigheid van 'n woord vir 'n bepaalde begrip staan bekend as 'n leksikale gaping. Leksikale gapings is taalspesifi ek. Dagut (1981:64) maak 'n onderskeid tussen twee tipes leksikale gapings wat merkbaar is in die oordrag van 'n teks van die een taal na die ander, te wete gapings wat te wyte is aan linguistiese faktore en dié wat te wyte is aan buite-linguistiese faktore. Hierdie twee tipes gapings staan onderskeidelik bekend as linguistiese gapings en referensiële gapings. 'n Linguistiese gaping ontstaan waar die sprekers van albei die tale vertroud is met 'n bepaalde begrip, maar waar die een taal nie 'n leksikale item het waardeur dit geleksikaliseer word nie, terwyl die ander taal wel oor so 'n leksikale item beskik. 'n Referensiële gaping bestaan waar 'n leksikale item van taal A nie 'n vertaalekwivalent in taal B het nie, omdat die sprekers van taal B nie vertroud is met die referent van die betrokke leksikale item in taal A nie. Referensiële gapings kom dikwels voor wanneer die brontaalvorm 'n kultuurgebonde leksikale item is en die sprekers van die doeltaal nie daardie aspek van die betrokke kultuur deel nie (vgl. Gouws 1989). Die voorkoms van sowel linguistiese as referensiële gapings dwing die leksikograaf om surrogaatekwivalente as woordeboekinskrywings te benut. In die geval van linguistiese gapings weet die leksikograaf dat die sprekers van die doeltaal bekend is met die spesifieke begrip. Gevolglik behoort 'n kort betekenisparafrase voldoende te wees as surrogaatekwivalent. Die voorkoms van 'n referensiële gaping vereis egter 'n omvattender bewerking van die brontaalvorm omdat die doeltaalsprekers nie bekend is met die betrokke begrip waarna die leksikale item verwys nie.

Die Dictionary of Lexicography (Hartmann & James 1998) bied geen bewerking vir die lemma surrogate equivalent nie maar wel 'n kruisverwysing na explanatory equivalent:

 

 

Hier word dus pertinent verwys na kultuurspesifieke woordeskat, wat korrek is, maar dit skep die indruk dat surrogaatekwivalensie beperk is tot kultuurspesifieke woordeskat wat uiteraard nie die geval is in gevalle waar daar bloot 'n leksikale gaping is nie, soos Afrikaans versus Engels padkos > food for the road. Gebruik van die term rather bring ook nie die realiteit na vore dat daar dikwels nie 'n een-tot-een-ekwivalent as alternatief bestaan nie. Vergelyk die voorbeelde vir Afrikatale hieronder, asook Rademeyer (2010).

Besluite oor die aard en omvang van die aanbieding van surrogaatekwivalente moet op 'n woordeboek-spesifieke basis geneem word. Verskillende teikengebruikersgroepe sal 'n behoefte aan verskillende tipes surrogaatekwivalente hê, ter versekering van 'n optimale inligtingsonttrekking aan 'n bepaalde woordeboek. In 'n tweetalige woordeboek met Afrikaans en Engels as taalpaar wat vir die Suid-Afrikaanse omgewing saamgestel word, sal die woord padkos as lemma aan die Afrikaans-Engelse kant opgeneem moet word. Engels beskik nie oor 'n absolute ekwivalent vir hierdie woord nie en die leksikograaf sal 'n surrogaat moet gebruik. Vir die gemiddelde lid van die Afrikaanse en Engelse taalgemeenskappe in Suid-Afrika sal 'n bondige betekenisparafrase soos "food for the road" voldoende wees. In 'n woordeboek wat op leerders in die primêre skool gerig is, sal die betekenisparafrase effens omvattender moet wees.

In die keuse van surrogaatekwivalente moet die kultuurverskille tussen die taalgemeenskappe waarvan die tale as behandelde taalpaar in die woordeboek optree, in aanmerking geneem word. Waar dit nie gedoen word nie, gebeur dit maklik dat nóg semantiese nóg kommunikatiewe ekwivalensie tussen bron- en doeltaal bereik word. In 'n woordeboek met Engels en een van die Ngunitale as behandelde taalpaar moet die Nguni-woord lobola as lemma opgeneem word. Hier het Engels 'n leksikale gaping en die leksikograaf sal 'n surrogaatekwivalent moet aanbied in die behandeling van die lemma lobola. Engels het wel 'n gedeeltelike ekwivalent wat aangebied kan word, naamlik bride's price, maar hierdie gedeeltelike ekwivalent maak nie voorsiening vir die spesifieke kulturele waarde van die lemma nie en die leksikograaf moet liefs bykomende inskrywings voorsien ter aanduiding van 'n omvattender surrogaatekwivalent om 'n ondubbelsinnige oordrag van die brontaalwoord na die doeltaal moontlik te maak. Indien so 'n woordeboek saamgestel is vir gebruik in Suid-Afrika, waar die Engelssprekende woordeboekgebruiker heel moontlik reeds 'n blootstelling aan die begrip lobola gehad het, kan die surrogaatekwivalent minder omvattend wees as in 'n woordeboek wat vir Britse gebruik saamgestel is, waar die tipiese gebruiker geensins vertroud is met die begrip waarna die woord lobola verwys nie. Dit is weer eens belangrik om daarop te let dat 'n generiese benadering tot die behandeling van zeroekwivalensie ondersteun moet word deur woordeboek-spesifieke benaderings waar die gebruikersbehoeftes van die spesifieke woordeboek bepalend is vir die aard en omvang van die surrogaatekwivalente.

Die behandeling van surrogaatekwivalensie vereis 'n sensitiewe benadering aan die kant van die leksikograaf om nie die sprekers van een van die behandelde tale, veral die brontaalsprekers, te na te kom nie. Woordeboeke met Spaans en Engels as taalpaar behandel die Spaanse woord mañana dikwels bloot deur die gee van die Engelse vertaalekwivalent tomorrow. Hierdeur misken hulle die diepgewortelde gewoonte van uitstel, 'n lewenstyl van "ek sal dit later doen", wat uitgedruk word deur die gewoonte van mañana. Ter wille van die nie-Spaanssprekende gebruiker wat óf 'n tweetalige woordeboek óf 'n toeristewoordeboek raadpleeg, is dit noodsaaklik dat die behandeling van mañana verder moet strek as die blote gee van die gedeeltelike ekwivalent tomorrow, alhoewel tomorrow in sekere kontekste wel die aangewese ekwivalent is. 'n Surrogaatekwivalent is nodig om die mañana-gewoonte te verduidelik, maar ook om gebruikers bewus te maak van die sensitiewe aard van hierdie begrip, byvoorbeeld dat daar in sekere Latyns-Amerikaanse lande wetgewing ingevoer is om die gewoonte van mañana te vervang met een wat gekenmerk word deur streng stiptelikheid.

Dieselfde geld vir die woord inhlawulo wat in 2010 besondere prominensie in Suid-Afrikaanse media geniet het. Sommige woordeboeke dui bloot die betekenis aan as die betaling van kompensasie of 'n boete. Sodoende word die dieperliggende betekenis en belangrike kulturele waarde van inhlawulo misken, naamlik 'n man wat 'n meisie buite-egtelik swanger gemaak het se betaling aan haar gesin/familie. Dit is dus 'n boete verskuldig deur die man wat verantwoordelik is vir die buite-egtelike swangerskap aan die gesin/familie van die betrokke meisie. Vergelyk die volgende verduideliking in dié verband:

Zuma said he had acknowledged paternity and paid an undisclosed amount of "inhlawulo" to the mother's family. Sokutu, the ANC spokesman, said "inhlawulo" is a payment traditionally made by the man when an affair results in a child, but he said its payment should not be seen as an admission of wrongdoing. http://cc.bingj.com/cache.aspx?q=inhlawulo&d=420710321055&mkt=en-za&setlang=en-za&w=38bef47,f5dfcb68

Die surrogaatekwivalent wat in die bewerking van mañana en inhlawulo aangebied word, moet veel meer as net 'n bondige betekenisparafrase wees. Hierdie artikel wil op hierdie probleem fokus en daarop wys dat die bewerking van kultuurgebonde woorde dikwels van 'n uitvoerige aard en omvang moet wees indien die leksikograaf daarin wil slaag om die werklike doel van die woordeboek te bereik. Dit geld ook die bewerking van woorde wat aan taboe- of ander registerbeperkings onderhewig is. Juis in sulke gevalle moet surrogaatekwivalente veel sterker gerig wees op die bevrediging van 'n woordeboek se kognitiewe funksies.

 

3. SURROGAATEKWIVALENTE MET 'N KOGNITIEWE FUNKSIE

Die behandeling van byvoorbeeld kultuurgebonde leksikale items stel leksikograwe voor 'n wesentlike uitdaging in hulle poging om kommunikatiewe ekwivalensie te bereik. Vergelyk in hierdie verband voorbeeld (1) ten opsigte van die Afrikaanse bewerking van Xhosa-lemmas uit die Greater Dictionary of isiXhosa, 'n woordeboek in drie dele met Xhosa, Engels en Afrikaans as behandelde tale, met betrekking tot sekere aspekte van die gebruik van surrogaatekwivalente.

(1) The Greater Dictionary of isiXhosa. Volume 2 K to P. (Mini 2003)

ukundyandyazela

ritmies met die voet stamp sodat 'n hol tromgeluid voortkom.

indyebo

1 oorvloedige oes; oorvloedige voedsel; 2 'n rykdom van waardevolle dinge wat voortgebring is deur liggaamlike of geestelike inspanning, bv. 'n bundel gedigte, kennis, ens.: daar is 'n rykdom gedigte in die bundel; 3 rykdom van minerale, bv. goud, diamante, ens.

unoko

'n bietjie, klein getal of hoeveelheid van enigiets bv. gesondheid, hoop, geld, ens.: ek het nog 'n paar beeste oor.

umnqophisi

een van die partye in 'n afspraak, ooreenkoms, verbond, ens.

isinqothole

getroue, lojale dienaar, bv. van die koninklike huishouding, die gemeenskap, die volk, ens.

ukunqoza1

iets af en toe met ongereelde tussenposes doen: hy besoek Fort Hare af en toe.

Die omvattende doeltaalinskrywing is grootliks toe te skryf aan die kultuurgebonde aard van die betrokke Xhosa-leksikale items. In hierdie surrogaatekwivalente is dit nodig om sowel linguistiese as ensiklopediese data te verskaf. Die insluiting van ensiklopediese data is in ooreenstemming met die benadering dat die onderskeid tussen linguistiese en ensiklopediese data wel vir die taalkundige van belang mag wees, maar dat dit irrelevant is vir die leksikograaf. Wat vir die leksikograaf belangrik is, is dat genoeg data oorgedra word ter versekering van 'n ondubbelsinnige onttrekking van die inligting wat die teikengebruiker nodig het. In sommige gevalle is 'n blote feitelike parafrasering voldoende waar gepoog word om die tersaaklike aspekte saam te bind, soos vir Sepedi in vergelyking met Engels in die Engels Afrikaans Sepedi Northern Sotho Terminology and Orthography No. 4 in (2).

(2) Northern Sotho Terminology and Orthography No. 4. (Departement van Onderwys en Opleiding

English Afrikaans Sesotho sa Leboa
abnormal (weather) abnormaal (weer) bjo sa tlwaelegago
bathing-cap baaimus kepisi ya mmese wa go rutha
bound opening omgeboorde slip sekgala se se rokilwego ka mophetho
brothel boordeel (sic) bogwebakathobalano/ngwako wa
herbivorous pla[n]tetend (sic) kgwebo ka thobalano, brothelejago merogo/dimela
humerus humerus,bo-arm been lerapo la sefaka, humeruse
illiteracy ongeletterdheid go se kgone go bala le go ngwala,
incest bloedskande gose tsebe ditlhaka
bohlola   bootswa bja bohlola bja madi, bja madi, inseste
legend legende/fabel nonwane ya pheteletšannete
memorisation memorisering tshwaro ka hlogo, go swara ka hlogo, go tseba ka hlogo
poaching wilddiefstal go tsoma ka bohodu, go utswa
pubis skaambeen go tsoma (diphoofolo)
recession resessie lerapo la pele la noka, pubise
self-conscious selfbewus, verleë theogo ya ekonomi, resešene go se itebale, go ikgopola
soccer sokker kgwele ya maoto, futupolo
tanker tenkwa, tenkskip koloi ya tanka, sekepetanka
thorntree doringboom mohlare wa meetlwa
thunderstorm donderstorm pula ya ditladi, pula ya matlakadibe
upstairs boontoe lebato la ka godimo, apstese
urethra uretra, urinebuis mothapo wa go hlapologa
vermicide wurmgif sehlare sa dibokwana
zigzag slingersteek moroko wa manyokenyoke

Enkele punte van kritiek ten opsigte van die behandeling kan egter wel geopper word. Die Afrikaanse ekwivalent wurmgif is 'n deursigtige kombinasie van wurm plus gif en is 'n geskikte vertaalekwivalent vir vermicide. Die Sepedi-surrogaatekwivalent-frase sehlare sa dibokwana "wurmmedisyne" (medisyne van wurms) is minder suksesvol vir die onervare teikengebruiker, deurdat medisyne nie noodwendig gif impliseer nie. Sepedi het 'n woord vir gif maar die frase mpholo wa dibokwana "wurmgif" is dubbelsinnig in die sin van "gif om wurms dood te maak" versus "wurms se gif (giftige wurms)". Die leksikograaf moes eerder 'n glos aangebied het soos "gif wat wurms doodmaak". Die Sepedi-woord pubise is 'n leenwoord uit Engels wat aangepas is in terme van die fonologiese herhalende konsonant-vokaal- (KV-KV ...) struktuur van Sepedi. Die meeste gebruikers sal waarskynlik steeds nie weet wat pubise beteken nie. Die parafrase lerapo la pele la noka "been aan die voorkant van die heup" gee wel waardevolle betekenisinligting vir die gebruiker. Die vraag is ook wat die waarde van die ondeursigtige kombinasie skaam+been vir die gebruiker is wat nie die betekenis van pubus ken nie. 'n Addisionele glos soortgelyk aan dié van Sepedi sou dalk van meer waarde vir die Afrikaanse teikengebruiker wees.

In al die gevalle in (2) waar 'n glos as deel van die Sepedi-bewerking aangebied word, slaag die leksikograaf nietemin daarin om die betekenis sinvol oor te dra.

 

4. DIE OMVANG VAN ZERO-EKWIVALENSIE EN ONTOEREIKENDE SURROGAATEKWIVALENTE IN AFRIKATAALWOORDEBOEKE

Die omvang van zero-ekwivalensie tussen byvoorbeeld Afrikaans en Afrikatale soos Sepedi blyk uit die willekeurig geselekteerde gedeelte kermis tot kerspit in (3) uit Pukuntšu waar leksikale en referensiële gapings in al vyftien gevalle ter sprake is.

(3) Pukuntšu. (Kriel & Van Wyk 1989)

kermis, monyanya, moletlô.

kermisbed, malaô, bolaô.

kern, nyuklea, thapo, pelwana, kgôkgô, môkô; - van 'n saak, tabataba, kgôkgô ya taba.

kernwapen, sebetša sa nyuklea.

keroseen, parafine.

kerrie, khêri.

kerriekos, dijô tša khêri.

kers, lebônê, kêrêsê, lekgantlêla.

Kersaand, mantšiboa a Krisemose, bošego bjô bokgêthwa.

Kersboom, sehlašana sa Krisemose.

Kersdag, Krisemose, letšatši la matswalô a Morêna.

Kersfees, Monyanya wa Krisemose.

kersie, tšhêri.

Kerslied, sefela sa Krisemose.

kerspit, thapo ya lebônê, thodi.

In al 15 gevalle is daar leksikale en/of referensiële gapings en gevolglik is zero-ekwivalensie ter sprake. Die samestellers wend hulle gevolglik tot verskillende bewerkingsopsies in (3).

Ten opsigte van kerrie word met 'n enkele leenwoord uit Afrikaans volstaan en vir kersie met 'n enkele leenwoord uit Engels. Leenwoorde uit Afrikaans en Engels word ook binne die vertaalekwivalentparadigmas van kern, kernwapen, kerriekos, kers en Kersfees aangebied, vergelyk nyuklea (< nukleus/nuclear), kheri (< kerrie), kerese (< kers), lekgantlela (< candle) en Krisemose (< Christmas) respektiewelik.

Vir kernwapen, kerriekos, Kersaand, Kersboom, Kersdag, Kersfees, Kerslied en kerspit word omskrywings in die vorm van besitskonstruksies aangebied, sebetša sa nyuklea, letterlik: "wapen van kern", dijo tša kheri "kos van kerrie", mantšiboa a Krisemose "aand van Kersfees", sehlašana sa Krisemose "boompie van Kersfees", letšatši la matswalo a Morena "die dag van die geboorte van die Here" monyanya wa Krisemose "fees van Kersfees", sefela sa Krisemose "lied van kersfees" en thapo ya lebone "riem van die lamp" respektiewelik.

Semantiese ontlening vind plaas by kern en kerspit ten opsigte van thapo "riem", pelwana "hart", kgokgo "kroon van 'n waatlemoen", en moko "murg, pit". Ten opsigte van kern word nyuklea, thapo, pelwana, kgokgo en moko as sinonieme aangebied (geskei deur kommas), maar is in werklikheid 'n opstapeling van verwante betekenisonderskeidinge ten einde zero-ekwivalensie te oorkom. Adamska-Sałaciak (2006:130) merk tereg op:

... the meaning which the lexicographer aims at may be either an intersection of the meanings of the near-equivalents or a sum thereof; if more than two near-equivalents are given, we may be dealing with a bit of both.

In die meeste gevalle in (3) is die bewerkings nie baie bevredigend nie. Kheri in beide artikels van kerrie en kerriekos as leksikale ontlening is waarskynlik onvoldoende inligting vir die L2leerder van Afrikaans, nieteenstaande die feit dat dit by die morfologiese struktuur van Sepedi aangepas is. Net so is lebone "lamp, lig" as eerste ekwivalent vir kers onbevredigende semantiese ontleding, en die leksikograwe kan net hoop dat minstens een van die twee leenwoorde uit Afrikaans en Engels (kerese of lekgantlela) aan die L2-leerder bekend is. Die vertaalekwivalente vir kermis en kermisbed as bloot "fees" en "slaapplek" is ook ontoereikend, deurdat geen onderskeid gemaak word tussen byvoorbeeld 'n gewone bed of slaapplek en 'n kermisbed (byvoorbeeld as noodbed waarop meer as een persoon moet slaap, (HAT), Odendal & Gouws 2000) nie. Die vertaalekwivalente monyanya en moletlo "fees" is niediskriminerend omdat hulle nie tussen verskillende tipes feeste onderskei nie.

Die dilemma van die leksikograaf en sy pogings tot die gebruik van verskillende strategieë in die hantering van zero-ekwivalensie kom hier duidelik na vore. Adamska-Sałaciak (2006:127) is verder van mening dat die aanbod van kulturele ekwivalente wat "naby genoeg" aan die brontaalitem is dalk didakties minder effektief is as 'n definisie of selfs die brontaalitem as leenwoord.

Net soos in die geval van (3) is daar ook in (4), 'n seleksie uit 'n willekeurig gekose bladsy uit Greater Dictionary of isiXhosa vir die lemmas izingqika-ngqika, ingqiki-ngqiki, iingqiki-ngqiki en ingqili bevind dat zero-ekwivalensie in alle betekenisonderskeidings vir beide Afrikaans en Engels ter sprake is.

(4) The Greater Dictionary of isiXhosa. Volume 2 K to P. (Mini 2003)

ízì·ngqíkà-ngqíkà b/n -/8: izigede zabantu ababuleweyo, njengasedabini: heaps of slain people (e.g. after a battle). hope gesneuweldes.
ngqikí-ngqikì b/n 9/10: umntu othe fofololo, walala phantsi elutywantsi okanye isilwanyana esithe sabuthisa salala phantsi singenakuvuka ngaphandle kokuba sivuswe: a person who has fallen down helplessly or an animal which has lost its strength due to hunger,lying down helplessly. persoon of dier wat uitgestrek op die grond lê, te swak om op te staan.
ì ì·ngq kì - ngqíkì: ìì·ngqíkà-ngqíkà b/n-/10: 1. The nameless indeterminate crowds in a city; the masses. 1. die naamlose, oneienbare skares in 'n stad;
1. abantu ababonakala nje apha esixekweni abafana nemiduka bengaziwa nokuba ngoonbani na, oongqikana:

2.

3.

= izingqika-ngqika

2.

3.

= izingqika-ngqika
banks of cumulus clouds; big waves in a rough sea. banke donderwolke; groot branders in 'n onstuimige see.
2. = izingqika-ngqika:    
3. iingqimba zamafu; amaza eza engumkhosi xa lulwayo ulwandle:        
 
í·ngqîli b/n 9/-:        
1. ilizwe, isizwe, ilali ebantu babonakalisa ukumanyana ngendlela eluqilima: 1. a country, a nation or a location whose people are completely united; who form a united front. 1. land, volk of woongebied waarvan die mense verenigd is, 'n verenigde front vorm.
2. umzi omkhulu, onobuhlanti obukhulu ngenxa yemfuyo eninzi, owakhiwe ngendlela ebonisa ukwakhwa ngokuqinileyo nobonisa isihomo: 2. a big stately home, with a large kraal and a wealth of livestock, homestead or establishmentwhich represents wealth and security. 2. groot, statige woning, opstal of inrigting wat van prag, waardigheid en veiligheid getuig.

Voorbeelde (3) en (4) toon duidelik dat zero-ekwivalensie op groot skaal in die Afrikatale voorkom en weerspreek derhalwe Adamska-Sałaciak (2006:117) se standpunt dat "zero equivalence, while more frequent, is also relatively rare ...".

Adamska-Sałaciak (2006:24) beklemtoon die feit dat die identifisering van vertaalekwivalente op sigself problematies is deurdat daar selde 'n werklike een-tot-een korrelasie ten opsigte van lemma en vertaalekwivalent bestaan: "bilingual dictionaries have to try and do their job despite the fact that the lexicons of natural languages are resistant to pairwise matching". Hierdie problematiek word in die geval van leksikale gapings in ontledings van die Afrikataalwoordeboeke, deur die gebruik van leenwoorde of vae niediskriminerende enkelwoorde as vertaalekwivalente gemanifesteer.

(5)

a. New English - Northern Sotho Dictionary. (Kriel 1976) ceiling, n., siling, tšhirahlaka

b. Eskom Glossary of Energy Terms. English - Sepedi - Sesotho. (Diale & Neke 2001) Ceiling

The inner upper surface of a room.

Sepedi

Bokagodimo bja ka gare ga phapoši.

Sesotho

Bokahodimo bo ka hare ba phaposi.

In (5b) bied die glos bokagodimo bja ka gare ga phapoši 'n veel beter betekenisomskrywing van plafon as New English - Northern Sotho Dictionary se vertaalekwivalente tšhirahlaka "dakbeskermer" of selfs die leenwoord siling wat waarskynlik onbekend aan die gebruiker is.

Leksikograwe moet besluit watter vorm hulle gebruikers ten beste dien. Alhoewel die leksikografiese funksies van tweetalige woordeboeke te selde eksplisiete vermelding in die voortekste-afdeling kry, blyk dit dat kommunikatiewe funksies die algemeenste voorkom. In hierdie verband rig sommige woordeboeke hulle uitsluitlik op teksresepsie as kommunikatiewe funksie, terwyl ander woordeboeke ook ruimte maak vir teksproduksie as kommunikatiewe funksie. Kultuurverskille tussen bron- en doeltaal en die voorkoms van referensiële gapings behoort leksikograwe te dwing om meer aandag aan die nakoming van die kognitiewe funksie te gee wanneer surrogaatekwivalente verstrek word. 'n Poging om ook die kognitiewe funksie in stede van slegs 'n kommunikatiewe funksie te bevredig, sal leksikograwe noop om vir 'n veel omvattender behandeling van surrogaatekwivalensie voorsiening te maak.

 

5. ZERO-EKWIVALENSIE EN GRAMMATIESE DIVERGENSIE

Alhoewel leksikale gapings dikwels voorkom in gevalle van kultuurverskille tussen tale kan dit selfs hoëfrekwensiewoorde uit die algemene taalgebruik aan 'n gepaste vertaalekwivalent ontbreek. Die behandeling van die woord elke in 'n woordeboek met Engels en Sepedi as behandelde taalpaar is problematies, omdat daar nie 'n enkele ekwivalent vir hierdie woord in Sepedi bestaan nie. Dit is 'n geval waar 'n hoëgebruiksfrekwensiewoord in Engels slegs bevredigend in Sepedi vertaal word deur middel van 'n vreemde kombinasiestrategie van die begrippe 'n sekere/ander een plus 'n ander een wat dan lei tot elke, byvoorbeeld 'n sekere man en 'n ander een =elke man, 'n sekere bees en 'n ander een =elke bees, ensovoorts. Hier word die tipe surrogaatekwivalent deur die aard van die doeltaal bepaal. Wat as surrogaatekwivalent nodig is, is nie 'n tipiese betekenisparafrase nie maar veel eerder die keuse van 'n kombinasie van naamwoordstukke om die tersaaklike betekenis daar te stel. Grammatiese divergensie (vgl. Prinsloo & Gouws 2006), stel verdere uitdagings aan die leksikograaf. So, byvoorbeeld, behoort nonna "man", en kgomo "bees" tot verskillende naamwoordklasse wat elk sy eie stel grammatiese merkers het wat die aard en omvang van die surrogaatekwivalent sal bepaal, vergelyk voorbeeld (6):

(6)    
monna yo mongwe le yo mongwe
('n sekere man en 'n ander een)
kgomo ye nngwe le ye nngwe
('n sekere bees en 'n ander een)

Samestellers van Sepedi-woordeboeke bied dikwels slegs 'n opeenhoping van voorbeelde ter behandeling van every, byvoorbeeld in die New English - Northern Sotho Dictionary"every, adj., mong le mong, nngwe le nngwe, ...". In 'n woordeboek met teksresepsie as funksie en met kundige gebruikers sou so 'n opeenhoping dalk sommige gebruikers tevrede stel. Maar as 'n taalkundige gebruiksinstrument faal so 'n woordeboek om 'n gepaste doeltaalvorm vir die betrokke brontaalvorm te verskaf. In die behandeling van 'n woord soos every moet die leksikograaf bewus wees van die tipe zero-ekwivalensie, en die surrogaatekwivalente wat aangebied word, moet verder as die blote semantiese vlak strek deur die geldende grammatiese konteks te gee wat die gebruiker nodig het om die brontaalvorm op 'n ondubbelsinnige manier te verstaan. Die aard van hierdie surrogaatekwivalente word dus ook deur grammatiese aspekte bepaal.

As gevolg van grammatiese divergensie mag die leksikograaf nie bloot 'n sekere ... en 'n ander as surrogaatekwivalent gee nie. Dit moet aangevul word deur 'n spesifi eke naamwoord sodat die grammatikale merkers van die relevante naamwoordklas aangedui kan word. Hier wyk die leksikograaf dus af van die bondige betekenisparafrase wat tipies gebruik word in die geval van linguistiese gapings, en benut die leksikograaf eerder die grammatiese stelsel van die doeltaal om die bes moontlike begrip van die brontaalvorm, maar ook om 'n behoorlike teksproduksiefunksie te verseker. 'n Blote kontemplatiewe benadering tot surrogaatekwivalensie sal hier nie voldoende wees nie. Die leksikograaf moet 'n transformatiewe benadering volg met vernuwende doeltaalinskrywings om die nodige inligtingsoordrag te verseker. Vergelyk (7) uit Travlang, 'n Engels-Afrikaanse woordeboek waar die semantiese kommentaar tot die gee van drie vertaalekwivalente beperk kon word in teenstelling met voorbeeld (8) vir Sepedi waar die leksikograaf gelyktydig met zero-ekwivalensie sowel as grammatiese divergensie te make het. Meer as net vertaalekwivalente moet gebied word om die gebruiker ten beste te help in sy/haar keuse van 'n gepaste vertaaldoeltaalvorm:

(7) Travlang

every ... almal, elke, elkeen

http://dictionaries.travlang.com/EnglishAfrikaans/dict.cgi?query=every&max=50

(8) Sepedi

every Uitgedruk deur 'n herhaling van "'n sekere/ander" en die morfologie word bepaal deur die naamwoordklas. (kl.1): (monna) yo mongwe le yo mongwe elke man; (kl.3): (monwana) wo mongwe le wo mongwe elke vinger; (kl.5): (lesogana) le lengwe le le lengwe elke jong man; (kl.7): (selepe) se sengwe le se sengwe elke byl; (kl.9): (kgomo) ye nngwe le ye nngwe elke bees.

 

6. 'N HIËRARGIE VAN SURROGAATEKWIVALENTE

Die erkenning van verskillende grade van kompleksiteit in die verhouding van surrogaatekwivalensie lei tot 'n veelvlakkige beskouing van surrogaatekwivalente. Die eerste vlak in die hiërargie maak voorsiening vir linguistiese gapings waar 'n blote glos of 'n bondige betekenisparafrase voldoende hulp aan die gebruiker sal bied, byvoorbeeld in 'n geval soos padkos "food for the road".

Dit raak komplekser in die geval van gapings waar die surrogaatekwivalent ook voorsiening moet maak vir grammatiese leiding, byvoorbeeld monna yo mongwe le yo mongwe "'n sekere man en 'n ander een" soos in voorbeelde (6) en (8).

Referensiële gapings vereis ook 'n komplekser beskrywing wat tipies uit ensiklopediese inskrywings bestaan, soos in die geval van ukundyandyazela, indyebo, unoko, umnqophisi, ens. in voorbeeld (1) hierbo.

Die hoogste vlak in die hiërargie maak voorsiening vir referensiële gapings waar taboe, kultuurspesifieke of sensitiewe waardes uitgedruk word. Hier moet die leksikograaf 'n behandeling toepas waarvan die omvang selfs verder strek as dié van definisies wat in eentalige verklarende woordeboeke aangebied word. Dit blyk byvoorbeeld uit die behandeling van woorde soos mañana, witch, Merlion, inyoga yabafazi, umdodo, inqoloqho, umlaza en ukumetsha in voorbeelde (9) tot (13) in woordeboeke waar die taal waarin die betrokke woord as brontaalvorm optree, daardie woorde as kultuurgebonde of taboevorme bevat. Die leksikograaf moet nie huiwer om alle beskikbare leksikografiese middele aan te wend in die behandeling van surrogaatekwivalensie en waar nodig, kruisverwysings maksimaal te benut nie. Dit dui op 'n drang na volledigheid in die bewerking wat in gedrukte woordeboeke weliswaar deur ruimtebeperkings gestriem word, maar waar elektroniese woordeboeke veel meer akkommoderend is. Die leksikograaf moet ook besluit hoe omvattend en in hoeveel besonderhede die behandeling van sulke lemmas in verhouding tot hulle bestek, kompleksiteit, sensitiwiteit en relevantheid vir die teikengebruiker moet wees. In die geval van mañana kan die omvang van die behandeling byvoorbeeld beperk word tot 'n enkele artikel in die sentrale teks van die woordeboek, maar die leksikograaf kan in die bewerking verder gaan as die blote gee van 'n enkele vertaalekwivalent, wees gelaat deur koteks- en konteksinskrywings, soos in voorbeeld (9):

(9)

mañana ... tomorrow, morning, some indefinite time in the future. Also a habit of procrastination: a life-style of "I'll do things later", indicated by the habit of mañana, cf. African Time.

Vir inyoga yabafazi, umdodo, inqoloqho, umlaza en ukumetsha kan die behandeling in die artikels van die sentrale teks, (vergelyk voorbeelde (10a-e) uit die Greater Dictionary of isiXhosa, Volume 2 (Mini 2003) en Volume 1 (Tshabe 2006)), aangevul word met 'n kruisverwysing na die agtertekste-afdeling van die woordeboek en selfs na woordeboek-eksterne bronne waar bykomende, meestal ensiklopediese, data gevind kan word. Vergelyk in hierdie verband voorbeelde (11a) en (11b) uit die Greater Dictionary of isiXhosa se behandeling van inyoka yabafazi en ukumetsha waar, naas die bewerking in die sentrale teks, 'n uitgebreide bespreking in die agtertekste-afdeling aangebied word.

(10)

a. Inyoka yabafazi

nyôkà yabafazi b/n 9/10: kuthiwa yinyoka emnyama ebengezelayo eneentloko ezimbini, iyinyoka yokuthakatha; ihlala esinqeni embhinqweni emfazini okanye esifazini phakathi; kgl ne-Add 22:

lit: the snake of a woman/ women's snake:

it is said to be of a shiny black colour, to have two heads and to be used for purposes of witchcraft; it is kept on a woman's back within the folds of her skirt or within her vagina; see also Add 22.

Lett: die slang van vroue/ vroueslang: daar word gesê dit is 'n blinkswart, tweekoppige slang wat vir bose towery aangewend word; die eienares bêre dit op haar rug tussen die voue van haar kombers of in haar vagina; sien ook Add 22.

b. Umdudo

um.dùdò b/n 3/4: umxhentso wakwaNtu apho umntu oxhentsayo angqisha ngonyawo abalekise umzimba ewutyityimbisa, iingalo ehuziphakamisela phezulwana lo gama kombelwayo: 1. a traditional dance where stamps down his/her foot to the rhythm of clapping hands 1. 'n tradisionele dans waarin voete gestamp word op die maat van handgeklap.

c. Inqoloqho

í·nqòlòqhó1 b/n 9/-:
isiko ebelisakwenziwa xa ukruxeshe kuthe kwabonakala ukuba udlala umonakalo emboneni nasemazimbeni ngokuthi agrayele phantsi iinkozo zawo; kwakuye kukhethwe iqela lamantombazana asabugcinileyo ubuntombi bawo, ahlale ndawonye, amane ukuvuka ngonyezi ajikeleze amasimi lawo ebhinqe nje izikhaka ezifutshane kuphela, ekhwaza, egxotha ukruxeshe, esithi, " eLubhelu! ", okt " yiya eLubhelu"!; kgl ne-Add 12:

a custom formerly followed to deal with destruction caused by caterpillars to grain crops eg sorghum and mealies: a team of girls (all virgins) were sent through affected fields to call, "eLubhelu!", i.e. "go away, to eLubhelu"!; see also Add 12. 'n gebruik wat vroeër gevolg is as 'n metode van bestryding van 'n ruspeplaag wanneer ruspes die graanoes, sorghum en mielies in die mielie/en sorghumlande bedreig het; 'n aantal jongmeisies, almal maagde, is by 'n bepaalde kraal byeengebring die meisies het bedags, vroeg elke môre, deur die besmette lande geloop terwyl hulle uitroep: "eLubhelu", d.w.s "gaan weg, eLubhelu toe"!; sien ook Add 12.

d. umlaza

úm·lâzà b/n 3/4:
imo yomntu engafanelekanga ebangelwa kukungahlambi emva kokumetsha okanye ukulala nomntu, emva kokuphatha inyama namafutha ayo ezandleni, njl:

ritual uncleanness resulting from sexual intimacy, handling meat with its fats, etc. rituele onreinheid, die gevolg van geslagtelike omgang, die hantering van vleis en vet, ens.

e. ukumetsha

uku·métshà nz/v ...
1. okwentombi engatshatanga okanye umfana ongatshatanga; ukuba nocishi, ukuba nomntu athandana naye; kgl ne-Add 34 (Qul 3): 1. of an unmarried man or woman; have a love affair; see also Add 34 (Vol. 3); 1. van 'n ongetroude man en meisie/vrou: 'n liefdesverhouding hê; sien ook Add 34 (Vol. 3);
2. okomntu otshatileyo (indoda okanye umfazi): ukuthandana namntu wumbi ngoku atshatileyo; ukuknexeza; 2. of a married man or woman; have a love relationship outside the marriage; commit adultery; 2. van 'n getroude man of vrou; 'n buite-egtelik[e] (sic) liefdesverhouding hê; owerspel pleeg;
3. ukuthi ibhinqa nomfo abanobudlelwane bokuthandana njengaku (1 no 2 apha ngentla) balale kunye; banikane isondo, kgl ne-Add 34 (Qul 3): 3. of a man and woman who have a love relationship (as in 1 and 2 above); engage in sexual intercourse; see also Add 34 (Vol. 3). 3. van 'n man en vrou wat 'n buite-egtelike verhouding het (soos in 1 en 2 bo); omgang hê, met mekaar verkeer; geslagsgemeenskap hê; sien ook Add 34 (Vol. 3).

(11)

a. inyoga yabafazi (The Greater Dictionary of isiXhosa Volume 2, Mini 2003), Addendum 22) ... 'n blinkswart, tweekoppige slang wat vir bose towery aangewend word; die eienares bêre dit op haar rug tussen die voue van haar kombers of in haar vagina; voor geslagsgemeenskap word dit verwyder anders sal dit die man aan sy penis byt en sy dood veroorsaak; ... dit kan gestuur word om ingumbane by iemand te veroorsaak waaraan hy sal sterf ... kan ook gestuur word om aan 'n sogende moeder se borste te suip sodat die baba wat aan haar drink, sal sterf.

b. ukumetsha (The Greater Dictionary of Xhosa Volume 3, Pahl 1989), Addendum 34) ... 'n seksspel beoefen wat nie penetrasie of aanraking van die geslagsorgane meebring nie. Hulle ontmoet mekaar volgens afspraak in dekgras of tussen bosse waar hulle met die gesigte na mekaar gekeer op hul sye lê. Die seun of man beweeg sy penis tussen die meisie se bene, sy beskerm haar skaamdeel met haar skaamteskort. Hierdie verkeer tussen die twee geslagte was 'n aanvaarde gebruik by die Xhosas en is deur die ouers van die meisie goedgekeur. Die geslagsorgane mag egter nie met mekaar in aanraking kom nie. Indien dit egter gebeur dat kontak plaasvind tot so 'n mate dat die maagdevlies geskeur word, word van die meisie gesê ilolisile (sien ukulolisa). Indien die meisie swanger word, heet dit itakelwe qv, en nie imithisiwe nie. ... die meisies van die bepaalde ouderdomsgroep ... [gaan] na die kraal van die vader van die man of seun wat die skade aangerig het. Hulle gaan die beeskraal binne en keer 'n bees van hul keuse daar uit. ... [die bees] word op 'n veilige afstand daarvandaan geslag en gebraai ... Hierdie bees word inkomo yesihewula genoem. In die geval van 'n meisie wat swanger raak, word 'n boete van vyf beeste opgelê. ... sy bly voortaan by haar vader se huis as ongehude moeder, inkazana.(Vetdruk ingevoeg.)

Let op die verskillende taboereëls wat hier ter sprake kom en die talle verwante en relevante kruisverwysings na die vetgedrukte kulturele terme wat op hulle beurt zero-ekwivalensiegevalle is.

 

7. OSTENSIEWE ADRESSERING

Prentillustrasie is van onskatbare waarde in die behandeling van referensiële gapings: 'n prentjie is dikwels veelseggender as 'n duisend woorde! Skematiese voorstellings van byvoorbeeld heks en Merlion bied onteenseglik 'n noodsaaklike byvoeging tot die teikengebruiker se verstaan van hierdie begrippe.

(12) witch

Noun

S: (n) enchantress, witch (a female sorcerer or magician)

S: (n) witch (a being (usually female) imagined to have special powers derived from the devil)

S: (n) Wiccan, witch (a believer in Wicca)

S: (n) hag, beldam, beldame, witch, crone (an ugly evil-looking old woman)

wordnetweb.princeton.edu/perl/webwn

(13) Merlion

The Merlion is an imaginary creature with the head of a lion and the body of a fish. Its name combines "mer" meaning the sea and "lion". ...

en.wikipedia.org/wiki/Merlion

 

 

 

 

8. TER AFSLUITING

Leksikale en referensiële gapings, surrogaat- en zero-ekwivalensieverhoudings stel werklike uitdagings aan die innoverende vaardighede en toewyding van leksikograwe. Deur die leksikografieteorie op die leksikografiese praktyk toe te pas en deur erkenning te gee aan die gebruikersperspektief, het hierdie artikel gepoog om leksikograwe by te staan in hulle pogings om woordeboekgebruikers nog beter te dien.

Die verantwoordelikheid teenoor die gebruikers en 'n verbintenis tot die spektrum van leksikografiese funksies van 'n spesifieke woordeboek verhinder die leksikograaf om 'n taboereël te oortree in die geval van ukumetsha of in die gewoonte van mañana te verval wanneer daar met surrogaatekwivalensie gewerk word - anders sal die leksikografiese môre met sy bereiking van semantiese en kommunikatiewe ekwivalensie nooit aanbreek nie.

 

9. BIBLIOGRAFIE

Adamska-Sałaciak, Arleta. 2006. Meaning and the Bilingual Dictionary. The case of Polish and English. Frankfurt am Main: Peter Lang.         [ Links ]

Al-Kasimi, A.M. 1977. Linguistics and bilingual dictionaries. Leiden: E.J. Brill.         [ Links ]

Bergenholtz, H. & Gouws, R.H. 2007. The access process in dictionaries for fi xed expressions. Lexicographica 23: 237-260.         [ Links ]

Bingj.com. http://cc.bingj.com/cache.aspx?q=inhlawulo&d=420710321055&mkt=en-za&setlang=enza&w=38bef4z,f5dfcb68 [16 Februarie 2010]         [ Links ]

Dagut, M. 1981. Semantic Voids as a Problem in the Translation Process. Poetics Today 2(4): 61-71.         [ Links ]

Departement van Onderwys en Opleiding. 1988. Northern Sotho Terminology and Orthography No. 4. Pretoria: Staatsdrukker.         [ Links ]

Diale, R.M. & Neke, S.J. 2001. Eskom Glossary of Energy Terms. English - Sepedi - Sesotho. Johannesburg: Eskom         [ Links ]

Gouws, R.H. 1989. Leksikografie. Kaapstad: Academica.         [ Links ]

Gouws, R.H. & Prinsloo, D.J. 2005. Principles and Practice of South African Lexicography. Stellenbosch: SunMedia.         [ Links ]

Hartmann, R.R.K. & James, G. 1998. Dictionary of Lexicography. London: Routledge.         [ Links ]

Kriel, Theunis J. 1976. The New English - Northern Sotho Dictionary, English - Northern Sotho, Northern Sotho - English. 4th Edition. Johannesburg: Educum.         [ Links ]

Kriel, T.J. & Van Wyk, E.B. 1989. Pukuntšu. Pretoria: J.L. van Schaik.         [ Links ].

Kromann, H.P. et al. 1991. Principles of Bilingual Lexicography. In: Hausmann, F.J. et al (eds) 1989-1991: Wörterbücher. Dictionaries. Dictionnaires. An International Encyclopedia of Lexicography. Berlin: De Gruyter.         [ Links ]

Mini, B.M. (Hoofredakteur). 2003. The Greater Dictionary of isiXhosa. Volume 2 K to P. Alice: IsiXhosa National Lexicography Unit. Universiteit van Fort Hare.         [ Links ]

Odendal, F.F & R.H. Gouws. 2000. HAT Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Vierde uitgawe. Doornfontein: Perskor.         [ Links ]

Pahl H.W. (Hoofredakteur). 1989. The Greater Dictionary of Xhosa Volume 3 Q to Z. Alice: Universiteit van Fort Hare,         [ Links ]

Prinsloo, D.J. & Gouws, R.H. 2006. Lexicographic presentation of grammatical divergence in Sesotho sa Leboa. South African Journal of African Languages 26(4): 184-197.         [ Links ]

Rademeyer, L. 2010. Die behandeling van zero-ekwivalensie in tweetalige woordeboeke. Ongepubliseerde MPhil-tesis. Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

Rettig, W. 1985. Die zweisprachige Lexikographie Französisch-Deutsch, Deutsch-Französisch. Stand. Probleme. Aufgaben. Lexicographica 1: 83-124.         [ Links ]

Speedcommunications. http://www.speedcommunications.com. [1 April 2010]         [ Links ].

Tarp, S. 2000. Theoretical challenges to LSP lexicography. Lexikos 10: 189-208.         [ Links ]

Travlang. http://dictionaries.travlang.com [24 Maart 2008]         [ Links ]

Tripadvisor. http://www.tripadvisor.com . [1 April 2010]         [ Links ].

Tshabe, S.L. (Hoofredakteur). 2006. The Greater Dictionary of isiXhosa. Volume 1 A to J. Alice: IsiXhosa National Lexicography Unit. Universiteit van Fort Hare.         [ Links ]

Wikipedia. http://en.wikipedia.org/ [24 Maart 2008]         [ Links ]

WordNet. wordnetweb.princeton.edu/perl/webwn. [1 April 2010]         [ Links ]

 

 

RUFUS GOUWS is professor in Afrikaanse Taalkunde aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy ook koördineerder is van die nagraadse program in Leksikografie. Sy primêre doseer-, studieleidings- en navorsingsgebied is die teoretiese leksikografie. Hy publiseer wyd in plaaslike en internasionale vaktydskrifte en tree gereeld as spreker by internasionale kongresse en simposia op. Hy was as navorser verbonde aan onder meer die Woordeboeknavorsingsentrum van die Universiteit van Exeter, die Universiteit van Heidelberg en die Sentrum vir Leksikografie aan die Aarhus School of Business. Vir sy leksikografiese navorsing ontvang hy verskeie beurse en toekennings. Hy was die eerste voorsitter van AFRILEX (African Association for Lexicography). Sy werk in die teoretiese leksikografie word aangevul met werk aan verskillende praktiese woordeboeke. Hy is redakteur van die HAT.
RUFUS GOUWS is professor of Afrikaans Linguistics at the University of Stellenbosch and coordinator of the postgraduate programme in Lexicography. His primary field of interest in teaching, supervision and research is theoretical lexicography. He has published widely in local and international scientific journals and regularly participates in international conferences and symposia. He has been involved in a research capacity at, among others, the Dictionary Research Centre of the University of Exeter, the University of Heidelberg and the Centre for Lexicography at the Aarhus School of Business in Denmark. He has received a number of awards and prizes for his research in the field of lexicography. He was the first chairperson of AFRILEX (African Association for Lexicography). His work in the field of theoretical lexicography is complemented by work on various dictionaries. He is editor of the HAT.

DANIE PRINSLOO is Professor in Afrikatale aan die Universiteit van Pretoria. Hy is nasionaal en internasionaal bekend vir sy baanbrekersnavorsing in Afrikataalleksikografie, Sepedi sintaksis en semantiek, Menslike Taaltegnologie en vir verskeie publikasies en kongresreferate. Hy is 'n voormalige voorsitter van AFRILEX (African Association for Lexicography), Hoof van die Departement Afrikatale en voorsitter van die Skool vir Tale. Hy is die ontvanger van verskeie toekennings as Uitnemende Akademiese Presteerder en as 'n UP Denkleier van die eeu van die Universiteit van Pretoria asook 'n PanSAT-toekenning vir sy bydrae tot meertaligheid.
DANIE PRINSLOO is Professor of African Languages at the University of Pretoria. He is well known nationally and internationally for his groundbreaking research in the field of African language lexicography, Sepedi syntax and semantics, Human Language Technology and for numerous publications and conference papers. He is a former Chairperson of AFRILEX (African Association for Lexicography), Head of the Department of African Languages and Chair of the School of Languages. He received several awards as Exceptional Academic Performer, and as a Centenary Leading Mind from the University of Pretoria, and a PanSALB award for his contribution to multilingualism.

 

 

1 'n Volledig aangepaste en uitgebreide weergawe van 'n referaat wat by die 2008 Euralex Kongres gelewer is.
2 Vergelyk onder meer Rettig (1985), Gouws (1989) en Gouws & Prinsloo (2005).

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License