SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.50 n.4 Pretoria Dec. 2010

 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

 

Die verskille tussen Nederland en Vlaandere ten opsigte van Suid-Afrika tydens die apartheidsjare: 'n Ontleding

 

 

The differences between the Netherlands and Flanders with respect to South Africa during the apartheid era: an analysis

 

 

Otto Terblanche

Departement Geskiedenis, Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, Port Elizabeth otto.terblanche@nmmu.ac.za

 

 


Trefwoorde: Nederland, België, Vlaandere, Suid-Afrika, apartheid, Afrikaans, Tweede Wêreldoorlog, Indonesië


ABSTRACT

This article will deal with fi ve differences between the Netherlands and Flanders, the northern, Dutch-speaking regional state of Belgium, with respect to South Africa during the apartheid era.
The Dutch identity cannot be understood without a knowledge of its Calvinist roots. The Netherlands exercised a profound theological influence on South Africa. The Afrikaans Reformed Churches were greatly influenced by the Netherlands. The religious connectedness would play a vital role in the Dutch criticism of apartheid. Dutch theologians, namely Rev J.J. Buskes and Prof. J. Verkuyl, were outspoken in their condemnation of apartheid. Because of its Roman Catholic character Flanders exercised virtually no theological influence on the Afrikaans Reformed Churches.
Moral and ethical motives are deeply embedded in the Dutch national character. The postwar generations of the 1960s and 1970s rediscovered morality. The Netherlands would act as the moral conscience of the world. Action groups would campaign on behalf of the "underdog". The Dutch would have a simplified view of the complex racial question in South Africa. White South Africa would be seen as the negative mirror image of the Netherlands. The Dutch felt a sense of guilt regarding developments in South Africa; that sense of guilt was absent in Catholic Flanders.
Belgium and the Netherlands experienced the Second World War differently. In the Netherlands the memory of the holocaust was more vivid than in Belgium. About 41 per cent of the Jews in Belgium were murdered. In contrast 71 per cent of the Jews in the Netherlands were murdered. The Dutch authorities also played an active role in the deportation of the Jews. The Dutch thus felt a deep sense of guilt after the war. That being the case, they would actively campaign against any form of discrimination or racism. South Africa would then be seen as a scapegoat.
The Belgian colonial adventure in the Congo lasted for only 75 years. The Congo obtained its independence in 1960; however, the Congo did not persist as a moral problem in Belgium. The Belgians were also not consumed with a sense of guilt. The decolonisation of Indonesia was a traumatic process for the Netherlands that lasted for four and a half years. In 1949 the Dutch government was forced to accept the inevitability of Indonesian independence. Western New Guinea was only transferred to Indonesia in 1963.
In October 1961 Dr J.A.H.J.S. Bruins Slot, influential editor of the daily Trouw, came to the conclusion that military action and bloodshed was not the solution to the Indonesian question. Bruins Slot then condemned every form of colonialism and racial discrimination. He condemned apartheid in no uncertain terms. He would also draw parallels between Indonesia and South Africa. He urged the South African government to enter into talks with Mandela and Luthuli.
Flanders always regarded the preservation and strengthening of language and cultural ties with the Afrikaner as of the utmost importance. The Flemish could identify with the language and cultural struggle of the Afrikaner because of their own struggle for cultural and political emancipation. The Afrikaners could also identify with the motives of the Flemish movement. The Dutch language, however, was never threatened in the Netherlands. Because of their commercial spirit the Dutch language was never an issue to them. In the light of their history, the people in Flanders were traditionally more sympathetic towards South Africa and the Afrikaners.

Key terms: The Netherlands, Belgium, Flanders, South Africa, apartheid, Afrikaans, Second World War, Indonesia


 

 

OPSOMMING

Wanneer hierdie onderwerp ontleed word, is daar vyf verskille wat opval: Nederland het vanweë sy Calvinistiese karakter 'n geweldige teologiese invloed op Suid-Afrika uitgeoefen. Vlaandere, daarenteen, is Rooms-Katoliek, en om daardie rede was daar feitlik geen teologiese bande tussen Vlaandere en die Afrikaanse kerke nie. Die Hollandse moralisme het gepaardgegaan met 'n sekere beterweterigheid, arrogansie en onverdraagsaamheid. Die Nederlander was 'n tipiese vingerwysende morele sedeprediker. Dit was nie die geval wat Vlaandere betref nie. Die Nederlanders het in die Afrikaners 'n slegte ewebeeld van hulself gesien. België en Nederland het die Tweede Wêreldoorlog heel verskillend benader. Die persentasie weggevoerde en vermoorde Jode was in Nederland veel hoër as in België. Dit het tot skuldgevoelens in Nederland gelei. Vandaar die emosionele stryd wat hulle sou voer teen rassediskriminasie. Die Belgiese koloniale erfenis in die Kongo het wesenlik anders verloop as dié van Nederland in Indonesië. Die wyse waarop die proses van dekolonisasie in Indonesië verloop het, het tot 'n gewetenskrisis en skuldgevoelens in Nederland gelei. Kolonialisme en apartheid sou daarom sterker veroordeel word. In teenstelling met Nederland, het Vlaandere nog altyd 'n groter begrip getoon vir die strewe van die Afrikaner om sy eie identiteit te bewaar en uit te bou. Die Vlaminge het vanweë hul geskiedenis van 'n stryd teen die dominansie van Frans, meer simpatiek teenoor Afrikaans en die Afrikaner gestaan. In Vlaandere het die anti-apartheidsorganisasies dus op 'n kleiner skaal as in Nederland gefunksioneer.

 

1. INLEIDING

Die bekende Nederlandse historikus, prof. Gerrit Schutte, het in 1986 die volgende stelling gemaak: "Met geen volk ter wereld hebben de Nederlanders zo 'n uitzonderlijke verhouding als met hun neven in zuidelijk Afrika. Historisch gezien verbinden de nauwste banden Afrikaners en Nederlanders."1

Schutte, wat wyd oor Nederlands-Suid-Afrikaanse verhoudinge gepubliseer het, het met verwysing na die Eerste Anglo-Boereoorlog (1880-1881) en die Tweede Anglo-Boereoorlog (1899-1902) gemeld dat dié twee oorloë "riepen in Nederland een ongekende, emotionele proBoer-stemming wakker, die nog tientallen jaren een vruchtbare voedingsbodem bood aan intensieve Nederlands-Zuidafrikaanse betrekkingen".2 Trouens, slegs twee Suid-Afrikaners het 'n helde-ontvangs in Amsterdam gekry: die een was Nelson Mandela en die ander een was president Paul Kruger.3 Hierdie oorloë is intensief in Nederland meegeleef, "met een emotionaliteit die zo groot was dat het af en toe leek of de toekomst van Nederland zelf op het spel stond".4

Die jare van die twee genoemde Boereoorloë is gekenmerk deur wydverspreide pro-Boer entoesiasme en simpatieë in Nederland. Daar was 'n opwelling van 'n romantiese Boereliefde en die publiek is getrakteer op 'n geromantiseerde weergawe van die vryheidstryd van die Boere. Die stamverwantskapsidee, wat omhul is in 'n mistieke waas, het gefloreer. Die gedagte van die Groot Nederlandse stam het veld gewen.5

Talle pro-Boer bewegings en organisasies is in hierdie jare gestig. Alle lae van die samelewing was daarby betrokke. Die entoesiasme op plaaslike, streeks- en nasionale vlak was aansteeklik. Van die groot aantal pro-Boer bewegings wat in die lewe geroep is, was die volgende: Utrechtse Hoofdcomité, Amsterdamse Transvaal Comité, Nederlands-Zuidafrikaanse Vereniging (NZAV) en die Christelijk Nationaal Boeren-Comité (NNBC).6 Die NZAV, gestig in 1881, is vandag nog aktief.

Die Boeresimpatie en -meelewing was veel meer intens in Nederland gewees as in België. Daar was teen die einde van die 19de eeu nie juis noemenswaardige ekonomiese en kulturele betrekkinge tussen België en Suid-Afrika nie. Die Vlaamse historikus, dr. Jan Goris, wat 'n kenner is van Vlaams-Suid-Afrikaanse verhoudinge, het spesifiek melding gemaak van "het romantisch karakter van de Vlaamse Boerensympathie". Volgens hom het die Vlaamse Boeresimpatie hoofsaaklik tot "puur romantische dweperij" beperk gebly. Daarby was die VlaamsSuid-Afrikaanse simpatie hoofsaaklik eenrigtingverkeer: die Vlaminge het wel met die Boere gesimpatiseer, maar in Suid-Afrika was die Vlaminge en België onbekend.7

Die Vlaamse simpatie vir die Suid-Afrikaanse Boere het sy oorsprong gevind in die Vlaamse Beweging. Die Vlaamse Boerevriende het hul steeds beroep op hul taal- en stamverwantskap met die Boere. Die aanhangers van die Vlaamse Beweging ("de flaminganten") het parallelle gesien tussen hul eie taal- en volkstryd en die stryd van die Boere. Die Vlaminge het die Boere geïdentifiseer met die groot helde uit die Vlaamse verlede. Dit het by die Vlaminge 'n groter belangstelling gekweek vir Afrikaner nasionalisme en die Afrikaanse kultuur en letterkunde.8

Dit is belangrik om daarop te wys dat die feit dat die Vlaminge Rooms-Katoliek was, vir hulle geen beletsel was om met die Calvinistiese Boere te simpatiseer nie. Volgens Goris was "het protestantisme van de Boeren een onderwerp waaraan de Vlaamse katholieke Boerenvrienden nooit bijzondere aandacht hebben besteed ...".9 Die liberales sowel as die Katolieke is in Vlaandere, tans die noordelike Nederlandstalige deelstaat van België, meegesleur deur 'n romantiese gevoel van Boereliefde, omdat die Boere taal- en stamverwante was.

Die Nederlanders sowel as die Vlaminge is dus vervul met 'n gevoel van meelewende Boeresimpatie. Die grondslag hiervan was die taal- en stamverwantskap. In die loop van die 20ste eeu, vanweë die Suid-Afrikaanse regering se apartheidsbeleid, het daar egter ooglopende verskille tussen Nederland en Vlaandere ingetree ten opsigte van hul houding jeens Suid-Afrika.10 Hierdie verskille word vervolgens ontleed. Daar is veral vyf verskille wat opval.

 

2. DIE GODSDIENSTIGE FAKTOR

Nederland word tradisioneel as 'n oorwegend Protestantse of Calvinistiese land beskou. Vlaandere, daarenteen, is Rooms-Katoliek, en om daardie rede was daar in die verlede feitlik geen kerklike of teologiese bande tussen Vlaandere en die Afrikaanse kerke nie. Vlaandere het dus in die praktyk feitlik geen kerklike of teologiese invloed op die Afrikaanse gemeenskap uitgeoefen nie. Op godsdienstige vlak was daar derhalwe vir alle praktiese doeleindes géén raakpunte tussen Vlaandere en die Afrikaner nie.

Nederland het egter 'n geweldige teologiese invloed op Suid-Afrika uitgeoefen. Die bekende Afrikaanse teoloog, prof. Willie Jonker, het in dié verband geskryf:

Dit is in Suid-Afrika nog steeds só dat die (Afrikaanse) kerke teologies veral vanuit Nederland gevoed word ... Daar is geen enkele land wat in Suid-Afrika by benadering dieselfde teologiese invloed as Nederland kan uitoefen nie ... Die Afrikaanse kerke dra immers in alles die spore van hulle Nederlandse afkoms en die verwantskap met die Nederlandse kerke is dan ook veel groter as die verskille ...11

Daar is, volgens Jonker, 'n sterk verbondenheid aan die Nederlandse gereformeerde teologie. Die Afrikaanse kerke oriënteer hulle grotendeels "aan wat in die Nederlandse gereformeerde teologie gedink word ... en is dit nog steeds die posisie dat die Nederlandse teologiese boek 'n unieke plek in die Afrikaanse teologiese opleiding en in die Afrikaanse kerklike lewe inneem". Die gevolg is dat die Afrikaanse kerke "hulle hoofsaaklik oriënteer aan die behoudende rigtinge in die Nederlands Hervormde Kerk en aan die Gereformeerde Kerke in Nederland."12

Sedert die middel sestigerjare was daar 'n groot verskuiwing in die geestelike klimaat in Nederland. Die jaar 1968 het in die teken gestaan van die groot studente-opstande in Europa. Studente het in verset gekom teen outoritêre owerhede waar ook al.13Teologiese studente en dosente in Nederland is uiteraard ook deur die gees van die tyd geraak. Jonker was toe professor in die praktiese teologie aan die Theologische Hogeschool in Kampen. Hy vertel dat die studente se gepreokkupeerdheid met die politiek hom dikwels geïrriteer het: "In hulle preke het hulle liewer gepraat oor die probleme van Viëtnam, Biafra of ander brandpunte in die wêreld as oor mense se persoonlike verhouding tot God."14

Teologiese veranderinge het destyds in die Nederlandse kerke na vore gekom, veral as gevolg van die mag van die moderniteit. Teoloë het hulleself vry gevoel om gewaagde en kritiese dinge te skryf en te sê. Sedert die sestigerjare het daar in Europa, aldus Jonker, "'n nuwe soort teologiese denke, bekend as politieke teologie, na vore gekom. Die heil word daarin in terme van politieke bevryding geteken".15

Die nuwe teologiese koers is gekenmerk deur 'n neiging tot vrysinnigheid en 'n horisontalistiese humaniteit. Medemenslikheid is steeds veel belangriker geag. By die Nederlandse kerke was daar 'n algemene beweging na wat in Suid-Afrika "links" genoem word. Die teologiese liberalisme het hom geopenbaar in 'n groter belangstelling in maatskaplike en politieke kwessies.16Die groeiende anti-apartheidsbeweging sou ook weldra aan die orde kom.

Prof. W.F. de Gaay Fortman van die Anti-Revolutionaire Partij het die religieuse verbondenheid met Suid-Afrika sterk beklemtoon:

De Afrikaanse kerken zijn kerken van het patroon van de reformatie naar Calvijn. Sterker dan alle banden van afkomst en taal is de band van de drieslag van die reformatie: het geloof alleen, de genade alleen, de Schrift alleen. Ik ben overtuigd, dat wij verplicht zijn vanuit deze laatste verbondenheid als kerk met onze zusterkerken in Zuid-Afrika te praten. [Daarom], meer dan anderen zijn wij geroepen een poging te doen voor een andere weg in Zuid-Afrika begrip te wekken.17

Kritiek op die apartheidsbeleid sou dus spesifiek vanuit hierdie religieuse verbondenheid uitgespreek word. Die Eerste Kamerlid, dr. W.P. Berghuis, het in 'n toespraak die "bloed- en geloofsverwantschap met het blanke deel van Zuid-Afrika" benadruk. Hy het hom voorts sterk uitgespreek teen die onaanvaarbare aspekte van die apartheidsbeleid. Volgens hierdie Anti-Revolutionaire woordvoerder het 'n mens se hele Christelike oortuiging daarteen in opstand gekom.18

Die Nederlandse kerke het veral ná die Sharpeville-voorval in 1960 'n meer kritiese houding oor die apartheidsbeleid ingeneem. Die Nederlandse Hervormde kerk het byvoorbeeld in 1962 in 'n herderlike skrywe apartheid verwerp omdat dit rasseverskille verabsoluteer. Sosiale en maatskaplike verskille kan opgehef word, maar rasseverskille nooit: "Daarom is rasdiscriminatie zo 'n afschuwelijk iets. Een mens wordt daardoor vastgenageld op zijn ras, voor altijd. Het blanke ras blijft superieur, het niet-blanke inferieur. Tot aan het einde der dagen."19

In dieselfde herderlike skrywe het die Nederlandse Hervormde Kerk ook die volgende beklemtoon: "In Jezus Christus vinden mensen van verschillende volken en rassen elkaar als naar Gods beeld geschapen en in het heilsplan van God opgenomen mensen. Dan is rasdiscriminatie uitgesloten. Het rasverschil is niet meer dominerend ... Als het om het menszijn gaat, zullen wij moeten leren ... dat de kleur van het hart belangrijker is dan de kleur van de huid."20

Veral twee Nederlandse teoloë het vanuit die beginsel van geloofsverwantskap sterk te velde getrek teen apartheid, naamlik ds. J.J. Buskes en prof. J. Verkuyl. Ds. Buskes, Nederlands Hervormde predikant te Amsterdam, het ook bekend gestaan as "de 'rooie' dominee". Hy het in die begin van 1955 'n besoek aan Suid-Afrika gebring om die rassevraagstuk in dié land te bestudeer. In dieselfde jaar het sy boek, Zuid-Afrika's apartheidsbeleid: onaanvaardbaar, verskyn. In die boek het hy onder meer gemeld dat apartheid geen enkele probleem oplos nie: "Het enige resultaat is, dat de thermometer van de vrees, het wantrouwen en de verbittering met de dag stijgt."21

Ds. Buskes het ook 'n leidende rol gespeel in die anti-apartheidsorganisasie, Comité Zuid-Afrika (CZA), wat in 1960 opgerig is. Hy was in 'n stadium selfs die erevoorsitter van die CZA. Hy het in Suid-Afrika bekend gestaan as die "hoofdjagter" (grootste teenstander) van Suid-Afrika in Nederland. In sy bestryding van apartheid gaan dit vir hom om reg en menslikheid: "Ik voel me meer en wezenlijker verbonden met zwarte christenen in Zuid-Afrika dan met de blanken, die niet geloven." Hy het apartheid op grond van sy Christelike oortuigings beslis afgewys. Hy het ook in die redaksie van Tijd en Taak - "onafhankelijk weekblad voor Evangelie en Socialisme" - gedien.22

Prof. J. Verkuyl, bekende sendingfiguur, was hoogleraar in de missiologie en evangelistiek aan die Vrije Universiteit te Amsterdam tot en met sy aftrede in 1978. Hy het apartheid uit 'n Bybelse oogpunt sterk veroordeel. Sy boek, Breek de muren af! Om gerechtigheid in de rassenverhoudingen, het in 1971 verskyn. In hierdie boek, "dat vooral de theologisch-ethische zijde van het rassenvraagstuk benadrukt", het hy aangetoon dat die apartheidsbeleid "in feite niet alleen in een gevaarlijke spanning staat tegenover het Evangelie", maar dat dit ook in stryd is met die boodskap van die Bybel oor rasseverhoudinge.23 Verkuyl was ook een van die stigtervaders van die Werkgroep Kairos wat in 1970 opgerig is as steungroep vir die Christelike Instituut in Suid-Afrika waarvan ds. Beyers Naudé direkteur was.24

Dit is van belang om te wys op die verhouding tussen die 19de eeuse Nederlandse (Kuyperiaanse) neo-Calvinisme en Afrikaner nasionalisme. Dr. Abraham Kuyper (1837-1920), befaamde Nederlandse teoloog, joernalis en politikus, het in dié verband prominent gefi gureer. Hy was die stigtervader van die Anti-Revolutionaire Partij en die Vrije Universiteit te Amsterdam, asook premier van Nederland. Daar was noue bande tussen die Nederlandse Kuyperiaanse neo-Calvinisme, die Gereformeerde ("Dopper") Kerk in Suid-Afrika, die Teologiese Skool te Burgersdorp en die Potchefstroomse Universiteit vir CHO. Ds. S.J. du Toit, prof. J.D. du Toit (Totius), prof. Dirk Postma en prof. Ferdinand Postma het in dié verband noue aansluiting by die gedagtewêreld van Kuyper gevind.25

Die Vrije Universiteit te Amsterdam het vanaf sy stigting in 1880 'n besondere band met Suid-Afrika, en veral met Potchefstroom, gehad. 'n Belangrike deel van die Afrikaner intelligentsia is daar geskool. Die gemene deler was die bande van stamverwantskap en geesverwantskap, "gebaseerd op de gedeelde kerkelijk-religieuze calvinistische traditie", aldus prof. Gerrit Schutte.26 Die Nederlandse historikus, George Harinck, het die belangrikheid wat die dubbele verwantskap in die bilaterale betrekkinge gespeel het, beklemtoon: "De geestverwantschap voedde de saamhorigheid, maar vanaf de jaren vijftig ook de kritiek op het Zuid-Afrikaanse apartheidsbeleid."27

In die Engelstalige geskiedskrywing oor Suid-Afrika word 'n genetiese verband gelê tussen Kuyper se leer van "soevereiniteit in eigen kring" en Afrikaner nasionalisme en apartheid. 'n Noodwendige uitvloeisel van Kuyper se leerstelling was die daarstelling van "een verzuilde maatschappij". Die skeidslyne was religieus en lewensbeskoulik van aard; nóg taal, nóg ras het 'n rol gespeel. Tog het sommige outeurs en kommentators die stelsel van "verzuiling" in verband met die latere apartheidsbeleid gebring.28

In hierdie afdeling is baie klem op Nederland gelê. Die rede is voor die hand liggend. Daar was naamlik geen religieuse verbondenheid tussen Suid-Afrika en Katolieke Vlaandere nie.

 

3. MORELE SEDEPREDIKER

Prof. S.W. Couwenberg, hoofredakteur van Civis Mundi, het daarop gewys dat Nederland in die jare sestig en sewentig van die vorige eeu gekenmerk is deur "een calvinistische domineestraditie, die neigt tot moralisme". Die "Hollandse domineestraditie" het in die teken van moralisme gestaan. Daar is 'n sterk neiging om komplekse vraagstukke te reduseer "tot een simpel zwart-wit schema". Die politiek is dus gekenmerk deur 'n morele gedrewenheid: "Met grote passie trekt men van leer tegen de symbolen van het kwaad in de wereld." Die stryd teen kolonialisme of apartheid was derhalwe ongenuanseerd van aard.29

Volgens Couwenberg het die Hollandse moralisme gepaardgegaan met "een zekere morele arrogantie, intolerantie en zendingsdrang ('gidsland-complex') ... Eenmaal ingenomen morele posities worden met een beginselvaste rechtlijnigheid verdedigd ..." Opvallend is dus "de rigiditeit van het calvinistische moralisme en superioriteitsbesef". Dit is geïllustreer in die Nederlandse verset teen kolonialisme en apartheid. Couwenberg verwys in dié verband na E. Zahn wat die Hollanders in sy boek Das unbekannte Holland "het meest bemoeizuchtige volk ter wereld" genoem het.30

Die Nederlandse identiteit word voorts gekenmerk deur "een opvallend feminiene instelling". Aksiegroepe kom tot stand om in die bresse te tree vir swakkere of verdrukte groepe in die binne-en buiteland. Nederlanders beywer hulle dus baie sterk vir die "underdog". Die anti-apartheidsaksies is derhalwe gekenmerk deur "de neiging tot absolute ongenuanceerde identificatie met de underdog, hand in hand met een even ongenuanceerde moraliserende benadering van het conflict in kwestie". By die Nederlanders was daar dus die morele behoefte om op te kom vir die regte van die onderdrukte swartes (die "underdog"). Die Nederlanders is voortdurend op soek "naar nieuwe onderdrukte of zielige groepen, waarvoor men zich kan inzetten".31

Die skrywer en politieke kommentator, Derk Jan Eppink, het verklaar dat Nederland hom in die jare van die regering-Den Uyl (1973-1977) uitgeroep het tot die morele gewete van die wêreld. Die gevoel was "dat Nederland een voortrekkersrol moest spelen in een ethisch buitenlands beleid. Mensenrechten werden het ijkpunt ..." Die gidslandgedagte het regeringsbeleid geword: "Nederland wilde als klein land de wereld moraliteit bijbrengen."32 Dit was nie die geval in België nie, waar die "communautaire" stryd - die stryd tussen die taalgemeenskappe - 'n oorheersende rol gespeel het.

Die Nederlandse samelewing het 'n behoefte aan en soek graag na temas om 'n morele oordeel oor uit te spreek: "Wie is goed en wie is fout?" Hulle gebruik graag die morele meetlat vir ander lande. Die Nederlander het hom as 'n morele prediker uitgespreek oor die apartheidsbeleid in Suid-Afrika: "Opnieuw een strijdtoneel van goed en kwaad. De zwarten waren per definitie goed, de blanken fout." Eppink het in dié verband opgemerk: "De Nederlandse strijd tegen de apartheid ... had de contouren van een kerkstrijd, waarbij volgelingen elkaar met het eindoordeel om de oren sloegen. In het protestantse Nederland, dat niet een zalvende maar een straffende God kent, is dit ook de stijl en de kern van het politieke debat."33

Die situasie was uiteraard heel anders in Katolieke Vlaandere. Drs. Albert van Roeden, doctorandus in Geschiedenis, het die verskil in uitkyk mooi opgesom: "Kenmerkend voor het katholicisme daarentegen - zeker in de perceptie van niet-katholieken - is het soepeler omgaan met goed en kwaad. Alles kon immers door de kerk worden vergeven. Beneden de Moerdijk wordt het met de moraal niet altijd zo nauw genomen, aldus de noordelijke perceptie. Mutatis mutandis geldt dit dan ook voor Vlaanderen."34

Couwenberg het oor die mentaliteit in Vlaandere die volgende opgemerk: "Ook leeft er minder dan in het Noorden de behoefte de wereld te beleren en te vermanen ... In Vlaanderen heerst meer een sfeer van leven en laten leven en een sterke neiging tot relativeren en pragmatisch manoeuvreren." Die verregaande morele arrogansie en Hollandse skoolmeesteragtigheid is dus afwesig in Vlaandere.35

Die volgende voorbeeld illustreer die verskil mooi. Die minister van Justisie in Den Uyl se kabinet was Dries van Agt, 'n Brabantse Katoliek. Sy verhouding met Den Uyl het heel gou begin te versuur. Hy vertel daaroor: "Joop (den Uyl) was een Hollander en bovendien gereformeerd. Een uit het volk van rechttoe - rechtaan: robuuste en vierkante taal. Die stijl heb ik van huis uit niet meegekregen. Bij ons gaat het omzichtiger toe. Speelser ook. Duidender: je moet ook tussen de regels lezen."36

Die Nederlandse politikus, Frits Bolkestein, het met verwysing na die Nederlandse identiteit opgemerk dat moraliteit 'n konstante faktor gebly het:

The post-war generations of the 1960s and 1970s rediscovered morality. It was felt that the Netherlands should set an example to the rest of the world ... Morality is so deeply embedded in the Dutch national character that even left-wing politicians could be described as "Calvinists without Calvin".37

Van Roeden het ook daarop gewys dat die sekulêre linkse politieke groeperinge in hulle aard "nog steeds behept zijn met Calvinistische trekjes: rechtlijnig, doctrinair en zichzelf moreel superieur achtend. Die kenmerken vonden hun neerslag in de anti-apartheidsbeweging. Apartheid vertegenwoordigde het absolute kwaad dat met alle middelen bestreden diende te worden."38

Eppink was heeltemal korrek toe hy verklaar het dat geen enkele land by Nederland soveel emosies oproep soos Suid-Afrika nie. Suid-Afrika het 'n simbool geword, 'n toetssaak vir goed en kwaad, aldus Eppink. Apartheid Suid-Afrika het veral negatiewe emosies opgeroep, want Nederlanders het in Afrikaners die slegte ewebeeld van hulself gesien. Suid-Afrika het in 'n toenemende mate die toonbeeld geword van alles wat Nederland nie wou wees nie. Belangrike aspekte van die Nederlandse houding ten opsigte van apartheid, sou daarom gekenskets kan word as vorme van negatiewe herkenning: Blank Suid-Afrika as die negatiewe spieëlbeeld van Nederland. Vandaar die volgende bewering van Eppink: "As Nederland wou deurgaan as gidsland van die wêreld, moes hy vinnig sy naam as stamland van Suid-Afrika afskud."39

Nederland se gevoelige verhouding met Suid-Afrika het ook 'n godsdienstige dimensie gehad, aldus Eppink. In dié verband merk hy op: "Nederland het skuldig gevoel oor wat in Suid-Afrika gebeur: Afrikaners was immers hul slegte ewebeeld. 'Skuld, skuld, skuld' is die credo van die Calvinis. In die Katolieke Vlaandere wat op dieselfde Nederlandstalige kultuurtak sit, was Suid-Afrika nooit 'n emosionele onderwerp nie. Die simpatie vir Suid-Afrika was daar altyd groot, selfs in die hoogtydae van apartheid. Die Vlaminge het (in teenstelling met Nederland se skuldbesef) geen skuldgevoel gehad nie."40

 

4. DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG

België en Nederland het die Tweede Wêreldoorlog heel verskillend beleef. Die Duitse inval op 10 Mei 1940 en die daaropvolgende Duitse besetting was vir Nederland 'n groter skok as vir België. België is onder militêre gesag geplaas en is daardeur gevrywaar van die ergste Duitse buitensporighede. Nederland is onder burgerlike bestuur geplaas en is bestuur deur fanatieke Nazi's. In Nederland het die oorlog langer geduur, tot Mei 1945, terwyl dit in België rondom September 1944 ten einde geloop het. Nederland het boonop in die winter van 1944-1945 te make gekry met voedselblokkades. Voedselrantsoene was aan die orde van die dag. Drie-en-'nhalf-miljoen inwoners van die Randstad in die weste van Nederland is met 'n hongerdood bedreig. Ongeveer 22 000 Nederlanders het tydens dié winter van die honger omgekom.41

Van die lande in Noordwes-Europa is Nederland die hardste getref. Vir Nederland het die oorlog op 'n nagmerrie uitgeloop. In die laaste maande van die oorlog is die land leeggeroof deur die Duitsers. Nederland het op die duur 'n groot plundergebied geword. Uit naoorlogse berekeninge blyk dit, aldus Eppink, dat België slegs 8 persent van sy nasionale vermoë verloor het, teenoor Nederland se 33 persent. Die verlies aan menselewens was in Nederland vier keer hoër as in België. Ongeveer 300 000 Nederlanders het tydens die Tweede Wêreldoorlog die lewe gelaat.42 België het materieel veel minder skade as Nederland gely en kon derhalwe gouer van die gevolge van die oorlog herstel.

Die persentasie weggevoerde en vermoorde Joodse inwoners was in België ook laer as in Nederland. In België is van die ruim 60 000 Jode ongeveer 25 000 vermoor, dit is 41 persent. In Nederland, daarenteen, is van die ongeveer 140 000 Jode ruim 100 000 vermoor, dit is 71 persent.43

In Nederland het die herinneringe aan die holocaust dus 'n veel groter rol gespeel as in België. Daarby het die Nederlandse amptenary, polisie en spoorweë aktief meegehelp met die registrasie, opspoor en deportasie van die Jode. Die feit dat Nederland medepligtig was aan die Jodevervolging het tot skuldgevoelens gelei. Vanweë hierdie traumatiese gebeure het Nederland 'n intense weersin ontwikkel in die woord "ras". Vandaar die emosionele stryd wat hulle sou voer teen diskriminasie en rassisme.

Eppink het die Nederlandse gevoeligheid goed saamgevat: "Die Duitse rassewette - soos die verpligte dra van 'n geel ster van Dawid (met die woord 'Jood' daarop) - het diep littekens gelaat in die siele van baie Nederlanders." Die feit dat die rasse-onderskeid in Suid-Afrika in die wet vasgelê is, het die land uiteindelik die status van 'n paria besorg: "In Nederland word die berugte borde 'Net vir Blankes' gevoelsmatig geassosieer met die borde 'Nicht für Juden', opgerig in die Duitse besetting." Daarom het Suid-Afrika soveel emosies in Nederland gaande gemaak.44

'n Briefskrywer van Bussum het sy standpunt hieroor in 1964 onomwonde gestel:

Wij, Nederlanders hebben tijdens de bezetting door het Duitse "Herrenvolk" kunnen proeven wat ras-discriminatie betekent. Kent u de borden nog: "Verboden voor Joden"? In Zuid-Afrika staan ze er nog, anno 1964, d.w.z., "Verboden voor naturellen", in bussen, restaurants, bioscopen. Neen, mijnheer de Hoofdredacteur, daar moeten we, alleen al uit medemenselijkheid, hartgrondig neen tegen zeggen ... Nogmaals: voor apartheid, waar dan ook, bestaat geen enkel goed woord; daarvoor ruikt het teveel naar 40-'45.45

J.J. Kruger, destyds verbonde aan die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK), het gedurende 1963 en 1964 meer as 'n jaar in Nederland gewoon. Hy het ook opgemerk dat die Nederlander "'n gruwende afsku van die woord 'ras' het". Die Duitse besetting en die Jode-vervolging het die Nederlanders "met so 'n afgryse vervul dat hulle die woord 'ras' in elke toonaard verafsku".46 Volgens Leopold Scholtz van Die Burger het "die intensiteit van die Nederlanders se ervaring tydens die Duitse besetting van 1940-'45 en hul identifisering van apartheid daarmee," bygedra tot die vervreemding tussen Afrikaner en Nederlander: "Diep onder die indruk van die dieptes van barbaarsheid waartoe baie Duitsers in die naam van ras gedaal het, het Nederland die náoorlogse wêreld betree met 'n intense weersin in alles wat na rassisme en fascisme ruik."47

Die Sharpeville-skietery in 1960 was 'n waterskeidingsmoment wat Nederlands-Suid-Afrikaanse betrekkinge betref. Dit het beslis 'n uitwerking op die openbare mening in Nederland gehad. Die anti-apartheidsaktivis, Karel Roskam, merk in dié verband op: "The Afrikaners were no longer the heroes of yesterday, but the white minority was now seen to be the perpetrator of heinous crimes. To my generation, who grew up during the German occupation and who were aware of what the Nazi persecution of the Jews was about, the realisation came as a shock that apartheid and anti-Semitism were closely related denials of democracy and human rights."48

Volgens Roskam het die probleem daarin gelê dat "het racisme wordt na de Tweede Wereldoorlog met verachting veroordeeld door het overgrote deel van de wereldbevolking ... maar in Zuid-Afrika bleef het racisme stand houden ..."49

Drs. J. Klatter, redakteur buiteland van Trouw, het hom as volg oor die nuwe tydsgees uitgelaat: "Wij erkennen ook, dat de apartheidspolitiek van de Unie het 'slecht treft', namelijk, nàdat Europa, en de wereld, het oordeel ondergaan hebben van een op rassensuperioriteit gefundeerde orgie, die gevoelige littekens achtergelaten heeft."50 In 1970 het Klatter in 'n onderhoud verklaar: "Maar nu zie je dat rassen-integratie bijna het elfde gebod is geworden van de progressieven. Als je het tegenwoordig over rasverschillen hebt, dan ben je al bijna een fascist. Ik begrijp het best: dat komt door dat enorme trauma na Hitler, we voelen ons allen min of meer medeschuldig."51 Volgens Klatter is die uitmoor van miljoene Jode die oorsaak daarvan "dat 'n alte sware gewig aan die woord 'ras' kleef".52

Die Nederlanders het, veral ná 1945, 'n duidelike afkeer gehad van nasionalisme: "Na die einde van die Tweede Wêreldoorlog, toe nasionalisme en etnisiteit deur die Nazi's tot 'n verskriklike Wagneriaanse klimaks gevoer is, was die reaksie só sterk dat die krag van dié faktor eintlik ontken is," aldus Leopold Scholtz.53 Bolkestein het in dié verband opgemerk: "The term 'national identity' sends many Dutch people into a spin of denial ... The Dutch baulk at the very mention of the words 'nation' or 'nation state'. They claim to have no nationalistic feelings ... 'Nation' leads to 'nationalism', and the Dutch do not buy into that - or so they claim."54 Couwenberg maak dan ook die stelling dat nasionalisme in Nederland "[ heeft] geen wortel kunnen schieten als een prominente politieke of culturele stroming". Die Nederlander is nie nasionalisties nie en dink nie "in bekrompen termen van nasionaal belang en nationale eer" nie. Nasionalistiese slagspreuke "roepen spoedig diepgewortelde weerstanden op".55

Suid-Afrika sou as die sondebok die las van die Nederlanders se skuldgevoelens dra. Die Nederlanders het skuldig gevoel oor die hoë persentasie van hul Joodse medeburgers wat weggevoer en vermoor is. Daarbenewens was daar ook talle Nederlanders wat aktiewe steun aan die Duitse besetter verleen het. "Het verschijnsel zondebok is waarschijnlijk zo oud als de mensheid," aldus die Vlaamse politikus, Wim Jorissen. Hy merk in dié verband op: "Het begrip kennen we uit de Bijbel: iemand die beladen wordt met alle schuld en die boeten moet voor anderen om hen de begoocheling te geven dat hun geweten weer zuiver is."56 Soos die Afrikaanse skrywer, André P. Brink, dit gestel het: "Die wêreld was gretig om sy eie skuldige gewete op 'n sondebok te projekteer. En Suid-Afrika was veel méér as net 'n sondebok ..."57

By die Nederlanders was daar dus sprake van 'n projeksie van die eie tekortkominge en probleme op Suid-Afrika. In die woorde van Piet Cillié, destyds redakteur van Die Burger:

"Emosioneel is die stryd tog gewoonlik die heftigste teen 'n sonde waarvan 'n mens self die kiem dra ... 'Apartheid' het 'n simbool geword, 'n plaasvervangende lasdraer, 'n blits-afl eier, 'n sondebok qui tollis peccata mundi."58

 

5. DIE KOLONIALE ERFENIS

Die Belgiese koloniale verlede het wesenlik anders verloop as dié van Nederland. België het relatief laat op die koloniale toneel verskyn. Die Belgiese Kongo is teen die einde van die 19de eeu deur koning Leopold II as privaat besit verwerf. Die Belgiese staat het die gebied eers in die begin van die 20ste eeu oorgeneem. Die Belgiese koloniale avontuur in die Kongo was betreklik kortstondig (75 jaar). België het hom in 1960 halsoorkop uit die Kongo teruggetrek. Ná onafhanklikheid in 1960 het die jong staat soos 'n kaartehuis ineengestort. Die Belgiese invloed het egter groot gebly in die Kongo, later bekend as Zaïre. Daarby was België vir die Kongo 'n venster op Europa.59

Dit is belangrik om daarop te wys dat die Kongo ná onafhanklikheid nie in België as 'n morele probleem voortgelewe het nie: "Het Belgisch optreden in Midden-Afrika werd niet beheerst door moraaldebatten," aldus Eppink.60 In België en Vlaandere was daar nie juis 'n diepgaande morele debat oor die eie koloniale verlede nie; daar was ook nie veel sprake gewees van verterende skuldgevoelens nie. Vandaar dan die afwesigheid van 'n etiese politiek wat daaruit kon voortvloei. Die Belgiese koloniale avontuur het dus nie 'n groot impak gehad op die Belgiese beleid ten opsigte van Suid-Afrika tydens die apartheidsjare nie.

Die resente Belgiese koloniale geskiedenis het daartoe gelei dat die land 'n skat aan kennis oor Afrika opgedoen het: "Door de eigen ervaringen in Kongo, Rwanda en Burundi is er in Vlaanderen een genuanceerde kijk op de eigenheid en verscheidenheid van een Afrikaanse samenleving," aldus Ward Thielemans, voorsitter van die Vlaams Zuid-Afrikaanse Cultuurstichting (VZACS). Thielemans, 'n voormalige bankier, was nou betrokke by die aanloop na die onafhanklikheid van die Kongo in 1960. Hy vertel: "Ik heb van dichtbij meegemaakt hoe er, ondanks alle voorbereidingen, catastrofale dingen kunnen gebeuren." Ingeligte Vlaminge kan dus die kompleksiteit van Suid-Afrika met groter omsigtigheid beoordeel en benader.61

Nederland was vir drie eeue betrokke by Nederlands-Indië (Indonesië). Indonesië was vir Nederland 'n belangrike bron van welvaart, vandaar die gevleuelde uitdrukking "Indië verloren, rampspoed geboren." Die dekolonisasie van Indonesië was vir Nederland 'n traumatiese proses wat vier-en-'n-half jaar geduur het. Soekarno het die onafhanklikheid van Indonesië in 1945 uitgeroep. Dit was onaanvaarbaar vir die Nederlandse regering. Nederland sou gevolglik twee militêre veldtogte ("politionele acties") loods ten einde sy verlore gesag te herwin, maar tevergeefs. Veral die tweede veldtog het 'n spoor van geweld agtergelaat. Soewereiniteit is uiteindelik einde 1949 formeel aan die Indonesiese regering oorgedra. Nederland sou egter nog beheer uitoefen oor Wes-Nieu-Guinee. Dié gebied is eers in 1963 aan Indonesië oorgedra, nadat Amerika Nederland onder sterk druk geplaas het.62

Vir Nederland was die verwerking van die trauma van die dekolonisasie 'n moeisame en pynlike proses, veral in die lig van die gevoelige nederlaag teen die nasionalistiese Republiek Indonesië (die onwil om die onafhanklikheid van Indonesië onder Soekarno te erken) en die krampagtige vashou en onvrywillige afstand van Nieu-Guinee. Die Nederlandse historikus, Maarten Kuitenbrouwer, verwys na 'n onderhoud waarin prof. H.L. Wesseling in 1988 verklaar het: "Maar het kolonialisme, dat is voor de meesten nog echt een hang up."63 Hierdie "hang up" het saamgehang met die konflikte rondom Indonesië, wat tot 'n gewetenskrisis en 'n debat oor moralisme in Nederland gelei het. Indonesië het dus voortgeleef as 'n morele probleem in Nederland.

Kuitenbrouwer verwys ook na 'n artikel van A.E. Pijpers wat die stelling maak dat Jan Pronk se eerste termyn as minister van Ontwikkelingsamewerking in die kabinet-Den Uyl in die teken gestaan het van "schuld en boete" ten aansien van die koloniale verlede. Volgens Pronk het sy drasties verhoogde hulpaanbod aan die Derde Wêreld getuig van "enig besef van schuld voor het aangedane koloniale leed" en dat dit derhalwe "elementen van boetedoening" bevat het.64 Die Nederlandse solidariteitsbeweging met die Derde Wêreld wat daarmee gepaardgegaan het, het onder meer die klimaat help skep vir die sterk anti-apartheidstandpunte in Nederland. Die trauma rondom Indonesië het as "een mentale schok" vir Nederland gekom. Daarom het sommige hul laat "verleiden tot een openbare schuldbelijdenis" en is daar by andere weer sprake van 'n "overdreven zondebesef," aldus die Nederlandse historikus, Vincent Houben.65

Dit is belangrik om in dié verband te fokus op die rol wat gespeel is deur dr. J.A.H.J.S. Bruins Slot, hoofredakteur van die dagblad Trouw en bekende Anti-Revolutionaire politikus. Die "politieke en geestelijke heroriëntatie en ommezwaai" van Bruins Slot insake die Nieu-Guineekwessie in die najaar van 1961 het bepaald 'n invloed uitgeoefen op sy siening van die rasseproblematiek, en spesifiek van die apartheidspolitiek. Bruins Slot en Nederlandse Gereformeerde politici was in die laat vyftigerjare gekant teen die oordrag van Nieu-Guinee aan Indonesië. In Oktober 1961 het Bruins Slot "een gesprek met Indonesië zonder condities vooraf" bepleit. Hy het toe tot die oortuiging gekom dat militêre optrede en bloedvergieting nie die oplossing bied vir die Indonesiese vraagstuk nie. 'n Visie van Christelike politiek het by hom begin posvat. Vir hom het Nederland se koloniale taak tot 'n einde gekom.66

Soos Bruins Slot dit self in sy outobiografie gestel het: "Je moest van de feitelijke onmogelijkheid van je politiek komen tot de erkenning van de principiële onaanvaardbaarheid van je politiek. Dat betekende dat je oog moest krijgen voor de eigen rechten der Indonesiërs, voor de principiële onaanvaardbaarheid van het kolonialisme, voor het erkennen dat één mens of een groep mensen niet heer is over anderen ..."67 Die feit dat Bruins Slot elke vorm van rassediskriminasie verwerp en apartheid so skerp veroordeel het, het volgens Ben van Kaam, redaksielid van Trouw, voortgespruit uit sy "politieke heroriëntatie". Bruins Slot het verder 'n sterk pleidooi gelewer dat "de laatste resten van koloniale beleid" opgeruim moes word. (Nederlandse Gereformeerdes het apartheid gesien as 'n vorm van interne kolonialisme).68

Premier Biesheuvel het in sy huldeblyk na Bruins Slot se dood gesê dat hy in sy geskrifte "de contouren van een evangelische politiek" getrek het, "uitgaande van de gedachte van wereldwijde solidariteit met de zwakken, verdrukten en hongerigen". By hom het dit gegaan oor "de herkenning van de mens van 'n andere nationaliteit en 'n andere huidskleur als broeder in Christus. Daarmee werd de eigen nationaliteit en het eigen ras minder beduidend", aldus Van Kaam.69

Trouw en Bruins Slot het ook parallelle getrek tussen Indonesië en Suid-Afrika. 'n Vergelyking is getref tussen die nasionalistiese beweging in Indonesië en swart nasionalisme in Suid-Afrika. Bruins Slot het gevoel dat die woord kommunisme minder kwistig in Suid-Afrika gebruik moes word. As illustrasie het hy verwys na die groei van die nasionalistiese beweging in Indonesië tussen die twee wêreldoorloë, en wel onder die leiding van Soekarno en Hatta. Die Nederlandse regering het die ware aard van die verset nie begryp nie. Hulle het geglo dat die versetleiers 'n kommunistiese republiek wou skep. Die kommuniste in Indonesië het wel die vuurtjie aangeblaas, maar die ware aard van die beweging was nasionalisties en nié kommunisties nie.70

In die lig hiervan het Bruins Slot hom afgevra of daar in Suid-Afrika nie ook soms 'n vergissing is oor wie die werklike leiers van die bevolking is nie? En word dit nie in die hand gewerk deur swart nasionalisme met kommunisme te identifiseer nie? Volgens hom moes die Nederlandse regering indertyd met Soekarno gepraat het pleks van hom gevange te neem. Hy het derhalwe geglo dat Suid-Afrika se probleme alleenlik deur middel van 'n gesprek opgelos kon word. Trouw het daarop 'n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om 'n gesprek met Mandela en Luthuli te voer ten einde tot 'n politieke oplossing te kom. Mandela en Luthuli is as swart nasionalistiese leiers gesien wat wel die steun van kommuniste geniet het, maar wie se oogmerke nasionalisties in wese was. Suid-Afrika moes dus nie dieselfde fout maak wat Nederland in Indonesië gemaak het nie.71

 

6. TAAL EN IDENTITEIT

Leopold Scholtz, Media24 se verteenwoordiger in Europa, het die belangrikheid van taal en identiteit beklemtoon: "Taal en identiteit is weliswaar nie die alfa en omega van die lewe nie; maar as dit bedreig word, word dit skielik wel belangrik." Dit geld veral vir Vlaandere. Die Vlaminge kén immers van taalstryd: "Onder die Vlaminge is daar 'n fundamentele konsensus dat hul taal 'n instrument is om hul identiteit mee te bepaal," aldus Scholtz.72

Vlaandere het nog altyd 'n groot begrip getoon vir die strewe van die Afrikaner om sy eie identiteit te bewaar en uit te bou. Die Vlaminge kon dus identifiseer met die taal- en kultuurstryd van die Afrikaner. Volgens die skrywer Derk Jan Eppink is die taalkwessie, die stryd tussen die taalgemeenskappe ("de communautaire strijd") 'n wesenskenmerk van die Belgiese politiek. Hierdie taalstryd is eie aan Vlaandere en het nie in Nederland gewoed nie. In wese was dit 'n stryd van die Nederlandstaliges teen die dominansie van Frans. In hierdie taalstryd het die Vlaams-nasionalistiese beweging hom gerig teen die Belgiese staat wat deur die Franstaliges gedomineer is.

In hierdie verband is dit belangrik om kortliks te verwys na die Vlaamse Beweging van die 19de en 20ste eeu, wat veel meer was as bloot 'n taalbeweging. Dit het as 'n taalstryd begin, maar het mettertyd 'n politieke dimensie aangeneem. Dit word algemeen beskou as 'n proses van ontvoogding, 'n instrument van emansipasie.73 Die ontvoogdingsproses van die Vlaminge het op verskillende vlakke geskied: taal-, politiek en sosio-ekonomies. Dit was dus 'n multidimensionele beweging. In sy wese was dit 'n strewe na groter outonomie, taalkundig, kultureel en staatkundig. Die Afrikaners se taalstryd het eweneens saamgehang met 'n politieke en sosioekonomiese emansipasiestryd. Die Afrikaners kon hul wel deeglik met die leuse van die Vlaamse Beweging, "De taal is gans het volk", identifiseer. In die 19de eeu was die taalbewegings tot 'n groot mate ook nasionale bewegings. 'n Wesenskenmerk van die Belgiese politiek, aldus Eppink, is die feit dat "alles heeft een communautaire dimensie".74

Nederland, daarenteen, "kent geen communautaire breuklijn". Eppink het die verskil tussen die Nederlanders en Vlaminge soos volg saamgevat: "Belgen, vooral Vlamingen, voelen zich verkeerd begrepen en begrijpen niet waarom de Nederlander geen begrip heeft voor hun moeizame emancipatiestrijd, die er immers ook om ging het Nederlands te behouden. Vanuit het niets (zo arm als de Ieren) in de negentiende eeuw is Vlaanderen opgeklommen tot een van de rijkste regio's in Europa en heeft het zijn eigen identiteit moeten afdwingen. Voor Nederlanders is de eigen taal een vast gegeven, aangespoeld bij de schepping van het land en niet omstreden of bedreigd."75

Die Vlaamse kultuurhistorikus, prof. Annick Schramme, het die verskil tussen Nederland en Vlaandere mooi opgesom: "De grotere taalgevoeligheid van de Vlaamse minister voor de verdediging van de Nederlandse taal op Europees vlak was terug te voeren tot de moeizame strijd van de Vlaamse Beweging in eigen land. In Nederland was het taalbewustzijn minder sterk aanwezig (zij hadden niet moeten vechten voor hun taal), waardoor ze gemakkelijker bereid waren tot toegevingen op dit vlak." Opvallend was dus "het betrekkelijk zwakke culturele besef van de Nederlanders ...". By die Nederlanders was daar 'n heel beperkte belangstelling in die emansipasiebeweging van Vlaandere. Die belangrikste oorsaak vir die Nederlandse onverskilligheid was "de angst te worden betrokken in de taalstrijd ...".76

Die verskil word verder toegelig deur die studente-opstande van 1968: "Terwijl het in Nederland vooral een ludieke actie was tegen de gevestigde gezagsstructuren, was de actie 'Leuven Vlaams' (in Vlaanderen) in de eerste plaats een taalkwestie. Het protest bleef beperkt tot 'Leuven Vlaams' en groeide nooit uit tot een uitgesproken opstand tegen het regime als zodanig." Schramme benadruk die feit dat "het jongerenprotest in België in 1968 ... had tevens een communautair karakter, met de eis 'Walen buiten'. Hierdoor kwam de culturele autonomiegedachte in een stroomversnelling".77

Prof. S.W. Couwenberg het die verskille ten opsigte van die Nederlandse en Vlaamse identiteit en mentaliteit mooi saamgevat: "De overheersing van Vlaanderen door vreemde machten bereidde daar de voedingsbodem voor de ontwikkeling van een cultureel en politiek nationalisme, dat in Nederland in die mate nooit van de grond is gekomen. Evenals de Afrikaner cultuur, heeft de Vlaamse zich ontwikkeld onder een constante bedreiging. Zij is daardoor strijdbaarder dan de Nederlandse. Daardoor bestaat in Vlaanderen ook meer begrip voor het Afrikaner verlangen naar handhaving van de eigen identiteit in een nieuw Zuid-Afrika dan in Nederland."78

Nederland ken nie 'n taalstryd nie, omdat die Nederlandse taal nooit bedreig was nie. Nederland het, vanweë sy geografiese ligging, by uitstek 'n handelsland geword. Internasionale handel was vir die Nederlanders van veel groter belang as taalsake. Die Nederlandse taal was vir hulle nooit 'n kwessie nie; dit was vir hulle bloot 'n kommunikasie-instrument, saam met tale soos Frans, Duits en Engels. Die Nederlanders is dus berug om hul louheid ten opsigte van taalkwessies. Die Nederlanders het hul taal in die verlede as iets vanselfsprekends gesien, "so vanselfsprekend soos die son soggens in die ooste opkom", aldus Leopold Scholtz. Daarenteen is die Vlaminge se taalbewussyn deur 'n langdurige taalstryd teen die Franstalige oorheersing gesmee. Die Vlaminge het derhalwe vanweë hul geskiedenis meer simpatiek teenoor Afrikaans en die Afrikaner gestaan.79

Die taalgeleerde, Kas Deprez, het verwys na die proaktiewe rol wat die Vlaamse taalaktiviste gespeel het: "It was mostly the Flemish language and culture activists who insisted on the establishment of the Dutch Language Union (die Nederlandse Taalunie). Actually, every major Pan-Netherlandic initiative originated in Flanders and not in the Netherlands: the Algemeen Nederlands Verbond (1895), the Orde van den Prince (1955), the Stichting Ons Erfdeel (1957), the conferences 'Nederlands in de Wereld' (Brussels, 1991 and 1994). They testify to what has been shown above: the Flemings are the 'soldiers' of Dutch. The Flemings also feel they have to break into the Dutch language and culture policy because they know much better what language struggle and language care are all about."80

Dr. L. van Egeraat, 'n kenner van die Vlaamse instellings, het met verwysing na die Vlaminge se taalbewussyn opgemerk: "... de strijdbaarder cultuur als gevolg van constante bedreiging ervan - daarom het groter begrip voor Zuid-Afrika om een eigen identiteit te handhaven? - en het sterker cultureel zelfbesef."81 Die letterkundige, W.F. Jonckheere, het ook gewys op parallelle tussen Vlaandere en Suid-Afrika. Beide gemeenskappe (Vlaminge en Afrikaners) het hul bedreig gevoel deur 'n veel groter en aggressiewe kultuur. Ironies genoeg het die enorme godsdienstige kloof tussen die Katolieke Vlaminge en die Calvinistiese Afrikaners nie die Vlaamse entoesiasme gedemp nie: "Die groot afstand tussen die twee lande en veral 'n vorm van idealisering het daartoe bygedra dat bepaalde fundamentele verskille oor die hoof gesien is", aldus Jonckheere. Hy wys ook daarop dat die simpatie vir Suid-Afrika in Vlaams-nasionalistiese kringe nooit verminder het nie, selfs nie ten tyde van die kulturele boikot en die anti-apartheidsbetogings nie.82

 

7. SLOTBESKOUING

Vlaandere het in teenstelling met Nederland nooit 'n leidende rol in die stryd teen apartheid gespeel nie. Die Vlaminge het deurentyd 'n groter begrip gehad vir die Afrikaner se stryd om hom as 'n eie volk te handhaaf: "In beide gemeenschappen werd immers een identiek discours over het behoud van eigen identiteit gevoerd, een identiteit die men bedreigd achtte door grote machtsgroepen."83 Die Vlaminge was ook in 'n sekere sin meer vertroud met die toestande in die eertydse Belgiese Kongo as in Suid-Afrika. Suid-Afrika was, ten spyte van die bande van taalverwantskap, buite hul onmiddellike gesigsveld. Vanweë 'n skerper anti-Suid-Afrika openbare mening en pers in Nederland asook grotere maatskaplike betrokkenheid, was die Nederlanders meer gemoeid by die anti-apartheidstryd. Daarby het die Nederlanders ook meer kontak gehad met swart en wit Suid-Afrikaanse dissidente as wat die geval was in Vlaandere.84

Die Afrikaner is gedurende die sewentiger- en tagtigerjare wêreldwyd veroordeel vanweë die brute toepassing van die apartheidsbeleid. In daardie jare was daar beslis groter begrip en meer simpatie vir die Afrikaner se posisie in Vlaandere. Die anti-apartheidsorganisasies het byvoorbeeld in Vlaandere op 'n veel kleiner skaal gefunksioneer as in Nederland. In Nederland was daar veel meer anti-apartheidsorganisasies en het die ongenuanseerde veroordeling van apartheid, die onverdraagsaamheid en arrogante en beterweterige houding van die antiapartheidsaktiviste opgeval. In België was dit veral die Franstalige sosialiste in Wallonië wat 'n verbete stryd teen apartheid gevoer het.

Daarby was die Belgiese regering huiwerig om betekenisvolle en konsekwente ekonomiese sanksies teen Suid-Afrika toe te pas. Brussel het nooit juis so 'n sterk ANC-karakter as Amsterdam gehad nie. Amsterdam het hom reeds in 1985 as anti-apartheidstad uitgeroep. Die Belgiese regering was dan ook aanvanklik huiwerig om die ANC ernstig op te neem.85 Antiapartheidsprotesaksies het dus minder aftrek in België gekry. Mandela se vrylating is minder uitbundig in België gevier as byvoorbeeld in Nederland.

In die jare tagtig (1980-1989) was daar altesame 387 politieke gewelddade in Nederland (vernieling, inbraak, brandstigting, bomaanslae ens.). Verreweg die belangrikste van die politieke motiewe was die anti-apartheidstryd. In dié tydperk het die stryd teen apartheid tot 139 (38,7%) gewelddade gelei. In die jare 1988-1989 het anti-apartheidsgeweld ruim tagtig persent van alle politieke gemotiveerde gewelddade in Nederland uitgemaak, aldus die skrywer Frank J. Buijs.86 Dit was beslis nie die geval in Vlaandere nie.

Die Vlaamse begrip en simpatie vir Suid-Afrika het veral geblyk uit die gebeure rondom die opskorting van die Belgies/Suid-Afrikaanse Kultuurverdrag in 1977. Die Franstalige politici van Wallonië was baie krities oor die werking van die Kultuurverdrag, terwyl die Vlaamse politici die verdrag in stand wou hou. Die Vlaminge was voorstanders van dialoog. Deur middel van kulturele betrekkinge kon invloed uitgeoefen word om te voorkom dat Suid-Afrika volledig geïsoleer word. Die waarde van dialoog is dus benadruk. Tog het die Belgiese regering in Desember 1977 op aandrang van die Franstalige sosialistiese minister van Buitelandse Sake Simonet besluit om die Kultuurverdrag met Suid-Afrika op te skort: "Voor de zoveelste maal hebben de Vlaamse bewindslui de nek moeten buigen onder Franstalige druk ...", aldus die reaksie in die Vlaamse pers.87

Die samestelling van die Belgiese koalisieregering was van deurslaggewende belang wat die houding van België ten opsigte van Suid-Afrika en apartheid betref. Indien die koalisie saamgestel is sonder die sosialiste het daar in regeringskringe in die reël 'n windstilte insake die Suid-Afrikaanse kwessie geheers. Geen sanksies is dan teen Suid-Afrika getref nie. Die oomblik dat sosialiste, en veral Franstalige sosialiste, deel van die koalisie was, het die situasie soos handomkeer verander. Onder druk van die sosialiste het die Belgiese regering dan gevoel dat hy sterker teen Pretoria moet optree. Die opskorting van die Kultuurverdrag dien as illustrasie hiervan.

 

BIBLIOGRAFIE

Bak, P. 1999. Een 'meneer' van een krant: Trouw en Bruins Slot, 1943-1968. Kampen: Kok.         [ Links ]

Bank, J. 1997. An Awkward Anniversary - Indonesia and the Netherlands: Decolonisation Fifty Years On. The Low Countries, 1996-97.         [ Links ]

Bolkestein, F. 2004. Dutch Identity in Europe. The Low Countries, 12, 2004.         [ Links ]

Bruins Slot, J.A.H.J.S. 1963. Kleine partij in grote wereld. Kampen: J.H. Kok.         [ Links ]

Bruins Slot, J.A.H.J.S. 1972. ... en ik was gelukkig: Herinneringen. Baarn.         [ Links ]

Buijs, F.J. 1995. Overtuiging en geweld: Vreedzame en gewelddadige acties tegen de apartheid. Amsterdam: Babylon- De Geus.         [ Links ]

Buskes, J.J. 1959. Hoera voor het leven. Amsterdam: De Brug.         [ Links ]

Couwenberg, S.W. (red.). 1989. Op de grens van twee eeuwen. Kampen: Kok Agora.         [ Links ]

De Boer, S. 1999. Van Sharpeville tot Soweto: Nederlands regeringsbeleid ten aanzien van apartheid, 1960-1977. Den Haag: Sdu Uitgevers.         [ Links ]

De Graaff, B.J.H. 1993. De mythe van de stamverwantschap:Nederland en de Afrikaners, 1902-1930. Amsterdam: SAI.         [ Links ]

De Graaff, B. 1999. Boerenoorlog en de Nederlands nationalisme. Zuid-Afrika, November/Desember 1999.         [ Links ]

De Jongh, E.D.J. 1998. Buskes, dominee van het volk. Kampen: Uitgeverij Kok.         [ Links ]

Deprez, K. & Vos, L. (eds). 2001. Nationalism in Belgium: Shifting Identities, 1780-1995. New York: Palgrave.         [ Links ]

Doolan, P. 1997. Time for Dutch Courage in Indonesia. History Today, March 1997. Encyclopedie van de Vlaamse Beweging¸II. 1975. Tielt: Lannoo.         [ Links ]

Eppink, D.J. 2003. Vreemde buren: Over politiek in Nederland en België. Amsterdam/Antwerpen: Contact.         [ Links ]

Eppink, D.J. 2004. Avonturen van een Nederbelg: Een Nederlander ontdekt België. Tielt: Lannoo.         [ Links ]

Goris, J.M. 1983. België en de Boerenrepublieken:Belgisch-Zuid-afrikaanse betrekkingen, ca. 1835-1895. Retie: Kempische Boekhandel.         [ Links ]

Harinck, G. 2006. De Vrije Universiteit en Zuid-Afrika. Zuid-Afrika, Maart 2006.         [ Links ]

Houben, V. 1996. Wachten op een mentale dekolonisatie: Indonesië en de hedendaagse Nederlandse maatschappij. Ons Erfdeel, Januarie-Februarie 1996.         [ Links ]

Jonckheere, W.F. 1976. Die Vlaamse Beweging. Pretoria/Kaapstad: Academica.         [ Links ]

Jonckheere, W. 1999. Van Mafeking tot Robbeneiland: Zuid-Afrika in de Nederlandse Literatuur 1896-1996. Nijmegen: Vantilt.         [ Links ]

Jonker, W.D. 1968. Betrekkinge tussen Nederland en Suid-Afrika. Jaarverslag van de Nederlands-Zuidafrikaanse Vereniging, 1968.         [ Links ]

Jonker, W. 1998. Selfs die kerk kan verander. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Jorissen, W. 1980. Zondebok Zuid-Afrika: Een Positieve Balans. Tielt/Amsterdam: Lannoo.         [ Links ]

Schramme: Vlaanderen en zijn grote buitenland, pp.265-272.         [ Links ]

Kruger, J.J. 1964. Nederland en Suid-Afrika. Hertzog-annale van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Desember 1964.         [ Links ]

Kuypers, G. 1964. Communism as a method of instigating world revolution and domination. Papers read at the National Congress to combat Communism. Pretoria.         [ Links ]

Mak, G. 2003. Ooggetuigen van de vaderlandse geschiedenis. Amsterdam: Prometheus/Aula.         [ Links ]

Mak, G. 2005. De eeuw van mijn vader. Amsterdam: Olympus.         [ Links ]

Mak, G. 2005. In Europa. Amsterdam/Antwerpen: Atlas.         [ Links ]

Nieuwe Encyclopedie van de Vlaamse Beweging. 1998. Tielt: Lannoo.         [ Links ]

Roskam, K. 1994. Papers of Dutch anti-apartheid organisations, 1959-1994. Bellville: University of the Western Cape.         [ Links ]

Schmidt, B. 1996. Creating Order: Culture as Politics in 19th and 20th Century South Africa. Nijmegen: University of Nijmegen.         [ Links ]

Schramme, A. 1995. Inventaris van het archief van Johan Fleerackers 1931-1989.Leuven: Kadoc.         [ Links ]

Schramme, A. 1999. Vlaanderen en zijn grote buitenland. Tielt: Lannoo.         [ Links ]

Schutte, G.J. 1986. Nederland en de Afrikaners: Adhesie en Aversie. Franeker: T. Wever.         [ Links ]

Schutte, G.J. 1987. The Netherlands, cradle of apartheid? Ethnic and Racial Studies, October 1987.         [ Links ]

Schutte, G.J. 1993. De roeping ten aanzien van het oude Broedervolk: Nederland en Zuid-Afrika, 1960-1990. Amsterdam: SAI.         [ Links ]

Schutte, G.J. 2000. Het Calvinistisch Nederland: Mythe en Werkelijkheid. Hilversum: Verloren.         [ Links ]

Schutte, G. 2005. De Vrije Universiteit en Zuid-Afrika, 1880-2005. Zoetermeer: Meinema.         [ Links ]

Schutte, G.J. 2005. De gereformeerde wereld: Over geestverwantschap, stamverwantschap en contextualiteit. Amsterdam: Vrije Universiteit.         [ Links ]

Smits, A. 1943. Betrekkingen tussen Vlaanderen en Zuid-Afrika. Brugge:Wiek Op.         [ Links ]

South African Democracy Education Trust (ed). 2008. The Road to Democracy in South Africa, I(3). Pretoria: Unisa.         [ Links ]

Terblanche, H.O. 1995. Nederland en Suid-Afrika: Herontdekking van stamverwantskap. Joernaal vir Eietydse Geskiedenis, Desember 1995.         [ Links ]

Terblanche, H.O. 1997. Suid-Afrika en Nederland - Vreemdelinge vir mekaar: Die jare ná 1960. Historia, Mei 1997.         [ Links ]

Terblanche, H.O. 1998. Dialoog met Nederland oor die kwessie van strukturele geweld in Suid-Afrika. Joernaal vir Eietydse Geskiedenis, Desember 1998.         [ Links ]

Terblanche, H.O. 1998. Nederland en die Afrikaner: Gesprek oor apartheid. Port Elizabeth: Universiteit van Port Elizabeth.         [ Links ]

Terblanche, H.O. 1999. Die Tweede Wêreldoorlog en die Indonesiese kwessie as strydpunte in die NederlandsSuid-Afrikaanse debat oor apartheid. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Junie 1999.         [ Links ]

Terblanche, O. 2007. Die De Gaay Fortman-missie: 'n Mislukte poging tot dialoog tussen Nederland en Suid-Afrika, 1963-1965. Historia, Mei 2007.

Terblanche, O. 2009. Die aard van diplomatieke, politieke en kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Vlaandere (1945-1990). Historia, November 2009.

Terblanche, O. 2010. Vlaandere en Suid-Afrika: Normalisering van politieke en kulturele betrekkinge sedert 1990. New Contree, Mei 2010.

Terblanche, H.O. 2010. Vlaandere en Suid-Afrika: Die donker skaduwee van apartheid. Joernaal vir Eietydse Geskiedenis, Junie 2010.         [ Links ]

Van den Bergh, E. 1993. Nederlandse kerken en Zuid-Afrika. Civis Mundi, Oktober 1993.         [ Links ]

Van Kaam, B. 1978. Johannes Verkuyl: Moedig door de muren. VU Magazine, November 1978.         [ Links ]

Van Lakerveld, C. (red.). 1994. Nederland tegen Apartheid. Amsterdam: Sdu Uitgeverij.         [ Links ]

Verkuyl, J. 1971. Breek de muren af! Om gerechtigheid in de rassenverhoudingen. Baarn: Bosch & Keuning.         [ Links ]

Verkuyl, J. 1983. Gedenken en verwachten:Memoires. Kampen:Kok.         [ Links ]

Vriendenkring Johan Fleerackers (red.). 1991. Johan Fleerackers: Herinneringen en Gedachten. Tielt: Lannoo.         [ Links ]

 

 

OTTO TERBLANCHE is in die Paarl gebore en het sy tersiêre opleiding by die Universiteit van Stellenbosch begin waar hy die BA en BA Hons grade in Geskiedenis verwerf het. Sy MA en DPhil grade in Geskiedenis het hy by die Universiteit van Port Elizabeth (UPE) - tans die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) - verwerf. Hy is in 1976 as dosent in Geskiedenis by die UPE aangestel. Hy is sedert 1994 betrokke by navorsingsprojekte in Nederland en België (Vlaandere). Hy het sedertdien wyd gepubliseer oor die politieke en kulturele betrekkinge tussen Nederland/België (Vlaandere) en Suid-Afrika. Sy boek Nederland en die Afrikaner: Gesprek oor apartheid het in 1998 verskyn. Hy is tans medeprofessor in Geskiedenis aan die NMMU.
OTTO TERBLANCHE was born in Paarl and started his tertiary education at the University of Stellenbosch where he obtained the BA and BA Hons degrees in History. The MA and DPhil degrees in History were obtained at the University of Port Elizabeth (UPE) - currently the Nelson Mandela Metropolitan University (NMMU). He was appointed as lecturer in History at UPE in 1976. Since 1994 he has been involved in research projects in the Netherlands and Belgium (Flanders). He has published widely on the political and cultural relations between the Netherlands/Belgium (Flanders) and South Africa. His book Nederland en die Afrikaner: Gesprek oor apartheid was published in 1998. Currently he is an associate professor in History at the NMMU.

 

 

1 G.J. Schutte: Nederland en de Afrikaners: Adhesie en Aversie (Franeker, Uitgeverij T. Wever, 1986), p.7.
2 Schutte: Nederland en de Afrikaners, p.7.
3 G.J. Schutte: De roeping ten aanzien van het oude Broedervolk: Nederland en Zuid-Afrika, 1960-1990 (Amsterdam, SAI, 1993), p.5.
4 Bart de Graaff: "Boerenoorlog en de Nederlands nationalisme" (Zuid-Afrika, November/Desember 1999, p.155).
5 B.J.H. de Graaff: De mythe van de stamverwantschap: Nederland en de Afrikaners, 1902-1930 (Amsterdam, SAI, 1993), pp.1-9.
6 Schutte: Nederland en de Afrikaners, pp.24-43, 73-91.
7 J.M. Goris: België en de Boerenrepublieken: Belgisch-Zuidafrikaanse betrekkingen, ca.1835-1895 (Retie, Kempische Boekhandel, 1983), pp.406-407.
8 Goris: België en de Boerenrepublieken, pp.17-19, 404-408; "Zuid-Afrika", Nieuwe Encyclopedie van de Vlaamse Beweging (Tielt, Uitgeverij Lannoo, 1998), pp.3781-3783; Kyk ook A. Smits: Betrekkingen tussen Vlaanderen en Zuid-Afrika (Brugge, Uitgave "Wiek Op", 1943); "Zuid-Afrika - Vlaanderen", Encyclopedie van de Vlaamse Beweging, Deel 2 (Tielt/Bussum, Uitgeverij Lannoo, 1975), pp.2101-2105.
9 Goris: België en de Boerenrepublieken, pp.404-405.
10 Albert van Roeden: "Apartheid in de ogen van protestants Nederland en katholiek Vlaanderen." Skriftelike mededeling aan skrywer, 12.10.2009.
11 W.D. Jonker: "Betrekkinge tussen Nederland en Suid-Afrika" (Jaarverslag van de Nederlands-Zuid afrikaanse Vereniging, 1968, pp.4-5).
12 Jonker: "Betrekkinge tussen Nederland en Suid-Afrika," pp.5-6.
13 Vir 'n insiggewende ontleding van die studente-opstande in Parys in 1968, kyk André P. Brink: 'n Vurk in die Pad: 'n Memoir (Kaapstad/Pretoria, Human & Rousseau, 2009), pp.299-329.
14 Willie Jonker: Selfs die kerk kan verander (Kaapstad, Tafelberg, 1998), pp.105-108.
15 Jonker: Selfs die kerk kan verander, pp.107-109, 121.
16 Jonker: "Betrekkinge tussen Nederland en Suid-Afrika", pp.7-10.
17 Otto Terblanche: "Die De Gaay Fortman-missie: 'n Mislukte poging tot dialoog tussen Nederland & Suid-Afrika, 1963-1965" (Historia, Mei 2007, p.52).
18 Terblanche: "Die De Gaay Fortman-missie", p.56; Erik van den Bergh: "Nederlandse kerken en Zuid-Afrika" (Civis Mundi, Oktober 1993, pp.160-165); Erik van den Bergh: "'De Heere ziet op zulke dingen': Nederlandse kerken en Zuid-Afrika." In: Carry van Lakerveld (red.): Nederland tegen Apartheid (Amsterdam, Sdu Uitgeverij, 1994), pp.117-132.
19 H.O. Terblanche: Nederland en die Afrikaner: Gesprek oor apartheid (Port Elizabeth, Universiteit van Port Elizabeth, 1998), p.30.
20 Terblanche: Nederland en die Afrikaner, p.33.
21 Van Lakerveld (red.): Nederland tegen Apartheid, pp.11, 43; Schutte: De roeping ten aanzien van het oude Broedervolk, p.10.
22 Terblanche: Nederland en die Afrikaner, pp.89-90, 112-113. Kyk ook J.J. Buskes: Hoera voor het leven (Amsterdam, De Brug, 1959); E.D.J. de Jongh: Buskes, dominee van het volk (Kampen, Uitgeverij Kok, 1998).
23 J. Verkuyl: Breek de muren af! Om gerechtigheid in de rassenverhoudingen (Baarn, Bosch & Keuning, 1971), p.103. Kyk ook J. Verkuyl: Gedenken en verwachten: Memoires (Kampen, Kok, 1983); Ben van Kaam: "Johannes Verkuyl: Moedig door de muren" (VU Magazine, November 1978, pp.15-26).
24 Mensenrechten en verzoening in Zuid-Afrika (Utrecht, Kairos, 1995), pp.3-12; Terblanche: Nederland en die Afrikaner, pp.186-187.
25 Schutte: Nederland en de Afrikaners, pp.154-178; G.J. Schutte: De gereformeerde wereld: Over geestverwantschap, stamverwantschap en contextualiteit (Amsterdam, Vrije Universiteit, 2005), pp.131.
26 Gerrit Schutte: De Vrije Universiteit en Zuid-Afrika, 1880-2005, Deel 2 (Zoetermeer, Uitgeverij Meinema, 2005), p.645.
27 George Harinck: "De Vrije Universiteit en Zuid-Afrika" (Zuid-Afrika, Maart 2006, pp.56-57).
28 Schutte: Nederland en de Afrikaners, pp.185-204; G.J. Schutte: "The Netherlands, cradle of apartheid?" (Ethnic and Racial Studies, October 1987); Bettina Schmidt: Creating Order: Culture as Politics in 19th and 20th Century South Africa (Nijmegen, University of Nijmegen, 1996), pp.117-132, 245-250, 254-258.
29 S.W. Couwenberg (red.): Op de grens van twee eeuwen (Kampen, Kok Agora, 1989), pp. 192, 196-197.
30 Couwenberg (red.): Op de grens van twee eeuwen, pp.197-198.
31 Couwenberg (red.): Op de grens van twee eeuwen, pp.199-200.
32 Derk Jan Eppink: Vreemde buren: Over politiek in Nederland en België (Amsterdam/Antwerpen, Uitgeverij Contact, 2003), pp.111, 125.
33 Eppink: Vreemde buren, pp.283-284.
34 Albert van Roeden: "Apartheid in de ogen van protestants Nederland en katholiek Vlaanderen." Skriftelike mededeling aan skrywer, 12.10.2009.
35 Couwenberg (red.): Op de grens van twee eeuwen, p.205.
36 Eppink: Vreemde buren, p.115.
37 Frits Bolkestein: "Dutch identity in Europe" (The Low Countries, No. 12, 2004, p.93).
38 Van Roeden: "Apartheid in de ogen van protestants Nederland en katholiek Vlaanderen", 12.10.2009.
39 Derk Jan Eppink: "Den Haag verleë, want SA haal hom links in" (Die Burger, 17.5.1990).
40 Eppink: "Den Haag verleë, want SA haal hom links in" (Die Burger, 17.5.1990).
41 Eppink: Vreemde buren, pp.250-253; Geert Mak: Ooggetuigen van de vaderlandse geschiedenis (Amsterdam, Prometheus/Aula, 2003), pp.235-287.
42 Eppink: Vreemde buren, p.253; Geert Mak: De eeuw van mijn vader (Amsterdam, Olympus, 2005), pp.235-337.
43 Mak: De eeuw van mijn vader, p.271; Geert Mak: In Europa (Amsterdam/Antwerpen, Atlas, 2005), p.552. Kyk ook M. Harlaar en J.P. Koster: Stilstaan bij de oorlog: De gemeente Amsterdam en de Tweede Wereldoorlog, 1945-1995 (Bussum, THOTH, 1995).
44 Eppink: "Den Haag verleë, want SA haal hom links in" (Die Burger, 17.5.1990).
45 Bussumse Courant, 26.11.1964.
46 J.J. Kruger: "Nederland en Suid-Afrika" (Hertzog-annale van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Desember 1964); H.O. Terblanche: "Die Tweede Wêreldoorlog en die Indonesiese kwessie as strydpunte in die Nederlands-Suid-Afrikaanse debat oor apartheid" (Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Junie 1999, pp.121-124).
47 Leopold Scholtz: "Twistende neefs raak dalk versoen" (Insig, November 1990).
48 Karel Roskam (ed.): Papers of Dutch anti-apartheid organisations, 1959-1994 (Bellville, University of the Western Cape, 1994), p.63.
49 Karel Roskam: Zuid-Afrika: de toekomst begon gisteren (Utrecht/Antwerpen, Het Spectrum, 1981), p.101; B.J.H. de Graaff: Apartheid: Een aanzet tot begripsbepaling (Amsterdam, SAI, 2000), pp.7-8.
50 Trouw, 3.12.1960.
51 Vrij Nederland, 11.7.1970.
52 Die Burger, 13.12.1963.
53 H.O. Terblanche: "Suid-Afrika en Nederland - Vreemdelinge vir mekaar: Die jare na 1960" (Historia, Mei 1997, pp.106-107).
54 Bolkestein: "Dutch identity in Europe", p.86.
55 Couwenberg (red.): Op de grens van twee eeuwen, p.202.
56 Wim Jorissen: Zondebok Zuid-Afrika: Een positieve balans (Tielt/Amsterdam, Lannoo, 1980), p.13.
57 André P. Brink: 'n Vurk in die Pad: 'n Memoir (Kaapstad/Pretoria, Human & Rousseau, 2009), p.155.
58 Piet Cillié: "Wat is (was?) apartheid?" (Die Suid-Afrikaan, Nr. 5, 1985).
59 Eppink: Vreemde buren, pp.211-218.
60 Eppink: Vreemde buren, p.226.
61 "VZACS - een kennismaking" (Zuid-Afrika, April 2008, pp.70-71).
62 Terblanche: "Die Tweede Wêreldoorlog en die Indonesiese kwessie as strydpunte in die Nederlands Suid-Afrikaanse debat oor apartheid", pp.124-130; Mak: De eeuw van mijn vader, pp.378-386.
63 Maarten Kuitenbrouwer: De Ontdekking van de Derde Wereld: Beeldvorming en beleid in Nederland, 1950-1990 (Den Haag, SDU, 1994), pp.249-250.
64 Kuitenbrouwer: De Ontdekking van de Derde Wereld, pp.249-250; Paul Doolan: "Time for Dutch Courage in Indonesia" (History Today, March 1997, pp.3-5).
65 Vincent Houben: "Wachten op een mentale dekolonisatie: Indonesië en de hedendaagse Nederlandse maatschappij" (Ons Erfdeel, Januarie-Februarie 1996). Kyk ook Jan Bank: "An Awkward Anniversary - Indonesia and the Netherlands: Decolonisation Fifty Years On" (The Low Countries, 1996-97, pp.91-96).
66 Terblanche: Nederland en die Afrikaner, pp.19-20, 31-32.
67 J.A.H.J.S. Bruins Slot: ... en ik was gelukkig: Herinneringen (Baarn, 1972), p.202; Pieter Bak: Een 'meneer' van een krant: Trouw en Bruins Slot, 1943-1968 (Kampen, Kok, 1999), pp.284-290; Co Welgraven: Typisch Trouw: Een autobiografi e van de redactie (Amsterdam, Trouw, 2002), pp.30-33.
68 J.A.H.J.S. Bruins Slot: Kleine partij in grote wereld (Kampen, J.H. Kok, 1963), pp.9, 47-48, 108.
69 Bruins Slot: ... en ik was gelukkig: Herinneringen, pp.11, 16, 20, 45 (Verhaal vooraf deur Ben van Kaam).
70 Trouw, 11.7.1964; Die Burger, 26.11.1964.
71 Trouw, 11.7.1964; Die Burger, 26.11.1964. Kyk ook G. Kuypers: "Communism as a method of instigating world revolution and domination." Papers read at the National Congress to combat Communism (Pretoria, National Congress to combat Communism, 1964), pp.160-173.
72 Leopold Scholtz: "Taalsituasie in Lae Lande sê iets vir Afrikaans ook" (Die Burger, 8.6.2001); Leopold Scholtz: "Identiteit dáárom in Europa weer belangrik" (Die Burger, 2.10.2009).
73 Eppink: Vreemde buren, pp.88-89.
74 Eppink: Vreemde buren, pp.93-94. Kyk ook W.F. Jonckheere: Die Vlaamse Beweging (Pretoria/Kaapstad, Academica, 1976); "Vlaanderen: Een zelfportret, 1302-2002" (Knack, 3 Julie 2002).
75 Eppink: Vreemde buren, p.95.
76 Annick Schramme: Vlaanderen en zijn grote buitenland (Tielt, Lannoo, 1999), pp.46, 73, 100.
77 Schramme: Vlaanderen en zijn grote buitenland, pp.366, 368.
78 Couwenberg (red.): Op de grens van twee eeuwen, p.205.
79 Leopold Scholtz: "Taalsituasie in Lae Lande sê iets vir Afrikaans ook" (Die Burger, 8.6.2001); Leopold Scholtz: "Die Taal kán gedy in Lae Lande" (Die Burger, 8.6.2006).
80 K. Deprez & L. Vos (eds): Nationalism in Belgium: Shifting Identities, 1780-1995 (New York, Palgrave, 2001), p.105.
81 L. van Egeraat: Een Nederlander groet de Vlaamse Staat (Brussel, Grammens, 1989), p.44.
82 W.F. Jonckheere: "Waar het kanon van Transvaal in doorklonk" (Tydskrif vir Letterkunde, Vol. 33, 1995, pp.11, 12, 20).
83 Wilfred Jonckheere: Van Mafeking tot Robbeneiland: Zuid-Afrika in de Nederlandse Literatuur 1896-1996 (Nijmegen, Vantilt, 1999), pp.210-212.
84 Jonckheere: Van Mafeking tot Robbeneiland, pp.210-212.
85 Amandla¸Januarie 1987, p.xv; "Interview met Godfrey Motsepe" (Amandla, Oktober 1988, p.25).
86 Terblanche: Nederland en die Afrikaner, p.210.